aonetwerk.co.za · web viewwanneer verandering, van watter aard ookal, nodig is moet filosofiese...

17
NUUSBRIEF 1 | OKTOBER 2018 | www.aonetwerk.co.za | app.aonetwerk.co.za | [email protected] | +27 82 561 6296 Beste Kollega U ontvang die eerste nuusbrief van die AON omdat u as hoof en onderwysleier ‘n verskil in onderwys in die breë en spesifiek Afrikaanse onderwys in Suid- Afrika maak. Die doel van die nuusbrief is om u op hoogte van die nuutste plaaslike en internasionale onderwysleierskaptendense te hou. In dieselfde asem wil ons die beste praktyk en ervaring op hierdie Dit is goed om aan die einde van die jaar nabetragting te doen - om terug te staan en na die jaar se suksesse én mislukkings te kyk en die lesse uit beide te leer. Een van die kenmerke van uitnemende onderwysleiers is juís dat hulle gereeld reflekteer en voortdurend daarna streef om hulle vaardighede te ontwikkel. Dit is baie belangrik om uself van tyd tot tyd te meet en u eie suksesse te vier. Ondervinding het ons geleer dat dit maar selfde gebeur dat mense erkenning vir goeie werk kry. Benut die kans en groei deur die proses! Daan Potgieter Hoof Uitvoerende Beampte DAAN AAN DIE WOORD

Upload: others

Post on 08-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: aonetwerk.co.za · Web viewWanneer verandering, van watter aard ookal, nodig is moet filosofiese argumente vermy word. Fokus liewer op die gewenste gedrag. Die skrywer is van mening

NUUSBRIEF 1 | OKTOBER 2018| www.aonetwerk.co.za | app.aonetwerk.co.za | [email protected] | +27 82 561 6296

Beste KollegaU ontvang die eerste nuusbrief van die AON omdat u as hoof en onderwysleier ‘n verskil in onderwys in die breë en spesifiek Afrikaanse onderwys in Suid-Afrika maak.

Die doel van die nuusbrief is om u op hoogte van die nuutste plaaslike en internasionale onderwysleierskaptendense te hou. In dieselfde asem wil ons die beste praktyk en ervaring op hierdie platform met onderwysleiers deel. Ons wil u aanmoedig om kommentaar te lewer en ook u persoonlike ervaring en kennis met u kollegas via hierdie kanaal te deel – so verbreed ons die netwerk en sy doelstellings.

Daar is dalk net in u beplanning vir 2019 een of twee wenke en voorstelle wat u kollegas ook van waarde kan vind!

DAAN AAN DIE WOORD

Dit is goed om aan die einde van die jaar nabetragting te doen - om terug te staan en na die jaar se suksesse én mislukkings te kyk en die lesse uit beide te leer. Een van die kenmerke van uitnemende onderwysleiers is juís dat hulle gereeld reflekteer en voortdurend daarna streef om hulle vaardighede te ontwikkel. Dit is baie belangrik om uself van tyd tot tyd te meet en u eie suksesse te vier. Ondervinding het ons geleer dat dit maar selfde gebeur dat mense erkenning vir goeie werk kry. Benut die kans en groei deur die proses! Na aanleiding van die boek deur die onderwysleier en -kundige, TODD WHITAKER, “WHAT GREAT PRINCIPALS DO DIFFERENTLY”, deel ek graag ‘n paar wenke met die AON-hoofde. Ek glo dat die meeste van u reeds met die boek deur Whitaker vertroud is en dat u al met vrug van sy navorsing gebruik het. Die boodskap en praktiese toepasbaarheid van sy boodskappe is egter so sterk, dat ek dit goedgedink het om weer ‘n kort opsomming van die boek met u te deel. Dit spaar u die tyd en natuurlik skep dit ‘n platform waarop ons kan uitbrei, byvoeg en kommentaar lewer na goeddenke. Op dié manier verfris ons ou vaardighede en deel nuwe ervarings.

Sit dus terug, geniet die leesstof en raak deel van die gespeksforum!

Daan PotgieterHoof Uitvoerende Beampte

Page 2: aonetwerk.co.za · Web viewWanneer verandering, van watter aard ookal, nodig is moet filosofiese argumente vermy word. Fokus liewer op die gewenste gedrag. Die skrywer is van mening

NOU JA, WAT ÍS DIT WAT UITNEMENDE HOOFDE ‘ANDERS’ DOEN?

Todd Whitaker, ‘n voormalige skoolhoof en konsultant vir meer as 50 skole, het in sy navorsing besef dat die hoof van ‘n skool ‘n kardinale invloed op die prestasie, geluk en doeltreffendheid van ‘n skool het. Die vraag was: wat doen sekere hoofde dan anders of beter sodat hulle skole bo die normale uitstyg? Effektiewe hoofde doen dinge anders, met die klem op dóén. Internasionale navorsing het 18 kenmerke wat hoofde in uitnemende skole deel, uitgewys. In sy boek deel Whitaker hierdie kwaliteite en vaardighede.

Dit gaan oor MENSE, nie programme1Die kwalitei van ‘n skool word deur die kwaliteit van sy personeeel bepaal. Onderwysleiers staan voor twee keuses: stel nuwe personeel aan óf versterk/verbeter die huidige personeel. In die Suid-Afrikaanse openbare skolekonteks is die eerste oplossing egter nie heeltemal so eenvoudig nie. Net soos effektiewe onderwysers verhoudinge met leerders bou en hulle motiveer om hul beste te lewer, so ook die onderwysleier of skoolhoof met sy/haar personeel. Doen moeite om personeel se vaardighede deur opleiding te versterk en belê in personeelmoraal. Een van die voorstelle wat Whitaker maak is om veral senior personeel met besluitneming te betrek. Hulle kennis en ervaring word om dié manier erken en hul bydrae van waarde geag.

WIE is die veranderlike?2

Page 3: aonetwerk.co.za · Web viewWanneer verandering, van watter aard ookal, nodig is moet filosofiese argumente vermy word. Fokus liewer op die gewenste gedrag. Die skrywer is van mening

In elke skool is daar onderwysers wat die meer dissipline probleme as hul eweknieë het. Whitaker verwys na hulle as die “olifante”, (dalk ‘n bietjie gevaarlik?) Dit is dié onderwysers wat die meeste dissiplinêre probleme het en dikwels ook veroorsaak.

Hiérdie personeel moet geïdentifiseer en mee gereken word. Die beginpunt is om hulle houding teenoor leerders vas te stel. Goeie/uitnemende onderwysers blameer hulself indien leerders nie goed presteer nie en soek voortdurend na maniere om hul onderrigmetodes te verbeter en toon ‘n hoë verantwoordelikheidsin vir wat in hul klaskamer gebeur.

Indien ‘n mens hiérdie beginsel op hoofde sou toepas: Effektiewe hoofde het die gesindheid dat hulle verantwoordelik vir ALLES wat by hul skole gebeur is. Die minder effektiewe hoof sal op ‘n vraag wie vir die skoolklimaat en -kultuur verantwoordelik is, die verantwoordelikheid op die Departement van Onderwys of sy/haar personeel plaas. Die effektiewe hoof se antwoord is: “Ek is!”

Effektiewe hoofde stel hoë verwagtinge en eise aan hulself en neem verantwoordelikheid vir hul eie prestasie.

Hanteer almal met RESPEK, elke dag, altyd.3Die belangrikheid van respek by skole kan nie oorbeklemtoon word nie; onderwysers teenoor leerders én die hoof teenoor onderwysers. Effektiewe onderwysers kies elke leerder as hul ’witbroodjie”.

Op dieselfde manier kan effektiewe hoofde die skoolkultuur met positiewe interaksie met personeel bepaal. Aanprysing en vermelding van prestasies hou personeel gemotiveerd. Dit kan ‘n eenvoudige “dankie”, persoonlike nota of selfs ‘n gesogte parkeerplek vir ‘n week wees.

Personeel wil weet dat hulle ook “belangrik’ is en dat hulle insette raak gesien word!

Baie goeie SELFBEGRIP en -kennis4Uitnemende/effektiewe hoofde wéét wat hulle vaardigehede, sterk- en swakpunte is. Hulle weet presies wie en wat hulle is, wat hulle doen en hoe ander hulle sien. Dit kan (moontlik) in die meeste gevalle van alle hoofde gesê word, maar die hoofde wat daadwerklik aan hulself aandag gee, deur byvoorbeeld verdere studie, vaardigheidsontwikkelingskursusse ensovoorts, is die hoofde wat ‘n beduidende verskil maak.

‘n Eenvoudige manier om uself te toets en te ontwikkel is om elke dag die volgende vrae aan uself te stel:

Wat het ek vandag goed gedoen of hanteer?

Page 4: aonetwerk.co.za · Web viewWanneer verandering, van watter aard ookal, nodig is moet filosofiese argumente vermy word. Fokus liewer op die gewenste gedrag. Die skrywer is van mening

Dit kan (moontlik) in die meeste gevalle van alle hoofde gesê word, maar die hoofde wat daadwerklik aan hulself aandag gee, deur byvoorbeeld verdere studie, vaardigheidsontwikkelingskursusse ensovoorts, is die hoofde wat ‘n beduidende verskil maak.

‘n Eenvoudige manier om uself te toets en te ontwikkel is om elke dag die volgende vrae aan uself te stel:

Wat het ek vandag goed gedoen of hanteer?

Die HOOF is die filter5Die hoof bepaal en beïnvloed die emosionele energievlakke van die personeel en leerders op verskeie maniere. Dit begin by ‘n eenvoudige: ”Hoe gaan dit?” tot die deel van die nuutste nuus.

Dit is baie belangrik dat die hoof selektief moet kies watter inligting en houding hy/sy met die personeel en leerders deel, veral as hy/sy emosioneel of gefrustreerd is. Die hoof se doel moet wees om alle negatiewe ingesteldheid uit te skakel en entoesiasme vir die skool (en lewe!) onder leerders en personeel te bevorder.

Moet jou nie aan onbenullige, negatiewe kommentaar steur nie. Onthou alle probleme en moeilikheid het ‘n rakleeftyd! Die hoof kan ook as die “draer van hoop” gesien word. ‘n Positiewe ingesteldheid is aansteeklik!

Doelgerigte reeks strategieë vir PERSONEELONTWIKKEL6Een van die hoof se belangrikste take is om onderwysers voortdurend tot voordeel van die leerders te ontwikkel. Dit is van kritiese belang vir skoolontwikkeling dat ‘n hoof effektiewe maniere sal vind om onderwysers te ontwikkel.

Die uitnemende hoof aanvaar dat sy/haar personeel reeds hul beste doen, maar dat hulle nóg beter sal doen as hulle weet presies wát om te doen. Een van Whitaker se oplossings of voorstelle is dat onderwysers mekaar moet waarneem. Die personeel wat die meeste ondersteuning en groei nodig het moet in die klas van die “meester’-onderwyser gaan kers opsteek. Dit sal tot voordeel van die hele skool wees en kan ook professionele ontwikkeling tussen departemente stimuleer. Hier is ook heelwat ander strategieë wat kan practise en sinvol geïmplementeer kan word, byvoorbeeld: skaduprogramme vir personeel met ‘n kollega op ‘n hoër posvlak. Stel die BESTE personeel aan7

Page 5: aonetwerk.co.za · Web viewWanneer verandering, van watter aard ookal, nodig is moet filosofiese argumente vermy word. Fokus liewer op die gewenste gedrag. Die skrywer is van mening

Stel baie hoë verwagtinge. Soek na toekomstige onderwysleiers eerder as aansoekers wat by die ‘nie-leierkorps’ van huidige personeel sal inskakel.

Dit is ook baie belangrik om die beste personeel te behou. Dit gebeur te maklik dat die onderwyser/s aan wie ons baie tyd en opleiding spandeer het, afgerokkel word.

Fokus eers op GEDRAG, dan op oortuiging8As ‘n reël wil ons glo dat alle onderwysers dieselfde oortuigings oor sake soos die beste onderwys- en klakamerpraktyk het, maar daar is gewoonlik ‘n paar onderwysers wie se vorige negatiewe ervarings of vrees vir verandering hulle weerstandig teen enige verandering maak.

Wanneer verandering, van watter aard ookal, nodig is moet filosofiese argumente vermy word. Fokus liewer op die gewenste gedrag. Die skrywer is van mening dat onderwysers se oortuigings nie so belangrik as hulle optrede, aksie en gedrag is nie.

Met ervaring en blootstelling aan nuwe praktyk en idees sal personeel se oortuigings weldrae ook verander. Die hoof moet dus veranderingsbestuur kan toepas en die beginsels rondom die toepassing daarvan verstaan. [In ‘n volgende skrywe volg meer hieroor. Die hoof as Veranderingsbestuurder verdien aandag.]

LOJAAL aan wie?9Hoofde word gereeld met dié vraag gekonfronteer - veral met die aanstelling van nuwe personeel. Moet hulle iemand in diens neem of bevorder wat aan hom/haar gaan lojaal sal wees of ‘n talentvolle, eiesinnige persoon?

Die hoof kan ook, waar die belange van ‘n individu teen die belange van die groep opgeweeg word, gekonfronteer word. Daar is etlike sulke scenarios waar die “beste voorneme” van partye bots. Dit is dalk wat die werklike vraag moet wees: “Wat is in belang van al die leerders, al die personeel en in beste belang van die skool?”

‘n Hardkoppige, eiesinnige onderwyser is dalk moeiliker om te hanteer, maar sy/haar lojaliteit teenoor die hoof is ondergeskik. Die belangrikste is om die beste onderwyser in belang van die leerders en skool in die klas te hê.

Verstaan en ondersteun die TOEGEWYDE personeel10

Page 6: aonetwerk.co.za · Web viewWanneer verandering, van watter aard ookal, nodig is moet filosofiese argumente vermy word. Fokus liewer op die gewenste gedrag. Die skrywer is van mening

Die meer effektiewe en toegewyde onderwysers is met reg die bron van energie en krag in enige skool. Hulle is die drywers om ‘n skool in ontwikkelings-, verbeterings en prestasiefase te plaas. Dit is een van die kosbaarste bates van die skool. Dit is húlle wat al die aktiwiteite met oorgawe ondersteun en dryf. Hulle neem verantwoordelikheid vir alles en almal en is die eerste om te reageer op versoeke om hulp.

In sy rol as onderwysleier moet die hoof take delegeeer, aangesien daar take is wat nét hy/sy kan doen, Dieselfde geld vir die toegewyde, prestasiegedrewe personeel. Hierdie personeel moet deur die hoof beskerm word en take wat deur ander personeel uitgevoer kan word, moet nie na hulle gedelegeer word nie. Gedurende die strategiese beplanningsfase moet die hoof daarop ingestel wees om die regte personeel te kies om die regte goed rég te doen.

Neem besluite op grond van die BESTE personeel11Die toegewyde, prestasiegedrewe personeel, is soos genoem een van die grootste bates van die skool. In die skrywer se navorsing blyk dit duidelik dat die uitnemende hoofde insette van die personeel vra alvorens hy besluite neem wat hulle kan raak. Dit is ook belangrik om personeel se terugvoer te kry op besluite wat gemaak is. Die hoof en bestuurspan moet riglyne opstel om dié personeel te identifiseer en geleenthede skep om hulle te betrek.

Die waarde hiervan is dat die res van die personeel reeds vertroue in die “beste” personeel het en daarom makliker inkoop by besluite en verandering. Die erkenning wat op die manier aan personeel gegee word, is van onskatbare waarde. Laat hiérdie personeel toe om met hulle eie inisiatiewe en oplossings kom. (Dink hier byvoorbeeld aan die Heel Skool-ontwikkelingsplan en personeelontwikkeling)

Maak OMGEE ‘n gewoonte.12Effektiewe onderwysleiersontwikkel die vaardigheid om, al is omstandighede hóé moeilik, na die welsyn van leerders en personeeel om te sien. Hy/sy hanteer almal met respek en waardigheid en bly elke dag positief ten spyte van uitdagende omstandighede. Selfs al hou hy/sy nie van ‘n spesifieke leerder/onderwyser nie, tree hy/sy op of hulle doen. Mense onthou soms die kere wat hulle met respek behandel is, maar onthou altyd die kere wat hulle onregverdig of sonder respek hanteer is – selfs al was dit nét een keer. Die onderwysleier weet hoe effektief aanmoediging is en soek geleenthede om dit te doen.

Om effektief te wees moet aanmoediging/aanprysing eerlik, opreg, spesifiek, onmiddelik en persoonlik wees.

Dit is vir die onderwysleier belangrik om aanvaarbare gedrag te kweek en ten alle tye alle mense met respek en waardigheid te hanteer. Dit maak die taak net soveel makliker!

HERSTEL en maak reg – dis die regte ding om te doen!13

Page 7: aonetwerk.co.za · Web viewWanneer verandering, van watter aard ookal, nodig is moet filosofiese argumente vermy word. Fokus liewer op die gewenste gedrag. Die skrywer is van mening

Uitnemende onderwysleiers weet hoe sensitief verhoudinge in ‘n personeelkamer kan wees. Sommige van ons kollegas kan maklik aanstoot gee en onsensitief optree en ander voel maklik te nagekom of seergemaak.

Die hoof is altyd bedag op wat hy/sy doen of sê en sal om verskonmg vra indien hulle dalk enige gevoelens sou seermaak of affronter. Dit is nie nodig om voortdurend emosionele herstelwerk te doen nie, maar effektiewe leiers weet hoe om dit te voorkom. Al lyk dit of daar geen probleme is nie doen die hoof moeite om gesonde verhoudings te bou en vol te hou. Hierdie hoofde het goeie kennis oor sy/haar personeel, hul families en hul belangstellings.

Behou die fokus: OPVOEDENDE onderwys14Ons besef almal die belangrikheid/noodsaaklikheid van toetse en assessering. Dit is ook so dat die beplanning en aflewering van die akademiese program en kurrikulum die hoofsaak is. ‘n Uitnemende onderwysleier besef dat dit nie nét oor die jaag van uitslae en toets van kennis gaan nie, maar ook oor toepassing, interpretasie en kritiese denke. Strategie word ontwikkel om die leerders holisties te ontwikkel.

Die uitgangspunt behoort te wees: “Ons vorm MENSE”, nie individue wat afgerig word om goed te memoriseer en slegs kennis weergee nie.

Stel (hoë) VERWAGTINGS aan die begin van die jaar.15Aan die begin van die skooljaar is dit belangrik dat die hoof duidelike strategieë aan die personeel kommunikeer. Blote openings en administratiewe gesprekke motiveer niemand nie.

Stel hoë verwagtinge aan personeel. Dit is die beste tyd om te praat oor klaskamerprakyk en -bestuur en sinvolle voorstelle te maak. Op hierdie punt van die jaar is daar nog geen negatiewe ervarings of insidente waaroor personeel skuldig of uitgesonder kan voel nie. Die skoolontwikkelingsplan kan hier met groot sukses voorgehou word. Dit maak dit nét soveel makliker om dan later, indien nodig, dit weer met personeel te bespreek indien daar intussen probleme opduik.

Planmatigheid word hierdeur versterk en gedeelde verantwoordelikheid bind personeel op dié manier saam. Dit beteken ook dat daar nie lukraak besluite geneem sal word nie end at daar deurlopend konsekwent opgetree word indien alles nie volgens plan verloop nie. Herbeplanning en aanpassing kan maklik in plek gestel word en so probleemareas en uitdagings ondervang.

Alle skole, ten spyte van grade en grootte, het dieselfde uitdagings. Die uitnemende onderwysleier stel die volgende vrae om sy/haar skool bo die “normale” te laat uitstyg;

Wat is die belangrikste strategie wat ek moet volg om die skool na die volgend vlak te neem? Watter areas benodig spesiale aandag?

Uitnemende hoofde ontwikkel planne om ‘n verskil aan leerders en onderwysers te maak. Whitaker

Page 8: aonetwerk.co.za · Web viewWanneer verandering, van watter aard ookal, nodig is moet filosofiese argumente vermy word. Fokus liewer op die gewenste gedrag. Die skrywer is van mening

Alle skole, ten spyte van grade en grootte, het dieselfde uitdagings. Die uitnemende onderwysleier stel die volgende vrae om sy/haar skool bo die “normale” te laat uitstyg;

Wat is die belangrikste strategie wat ek moet volg om die skool na die volgend vlak te neem? Watter areas benodig spesiale aandag?

Uitnemende hoofde ontwikkel planne om ‘n verskil aan leerders en onderwysers te maak. Whitaker

AAN DIE BEWEEG

Die eerste amptelike, openbare werksaamhede van die AON het tydens die jaarlikse SAOU-hoofde simposium, wat dié jaar vanaf 9 tot 12 September in Port Elizabeth aangebied is, plaasgevind.

Met nagenoeg 900 skoolhoofde van regoor Suid-Afrika was hierdie ‘n uitstekende platform om die AON amptelik bekend te stel.

Ons opregte dank aan mnr’e Chris Klopper en Louis Swanepoel vir dié spesiale vergunning.

Baie dankie ook aan die sowat tagtig skole wat reeds tydens die kongres as AON-skole geregistreer het. Saam maak ons ‘n verskil aan die toekoms van Afrikaanse moedertaalonderrig in ons land!

SAOU-HOOFDE SIMPOSIUM: PORT ELIZABETH

WITZENBERGDISTRIK: HOOFDE-BEKENDSTELLINGMOOI UITSIG PRIMÊR, CERES

Page 9: aonetwerk.co.za · Web viewWanneer verandering, van watter aard ookal, nodig is moet filosofiese argumente vermy word. Fokus liewer op die gewenste gedrag. Die skrywer is van mening

Op Donderdag, 11 Oktober 2018 doen die AON ‘n bekendstellingsbesoek aan ‘n groep hoofde van die Witzenbergstreek. Die sessie is deur mnr. Ronald Bali gefasiliteer en baie goed deur verskeie hoofde van dié streek verteenwoordig. FEDSAS en die Moedertaalinisiatief kry ook tydens die sessie geleentheid om die hoofde toe te spreek. Op hierdie manier vergestalt die AON en sy vennote die netwerk.

MENTORVENNOOT: SNAPSPEL-FINAAL

Agter: Mnr. Andries Domburgh (Mentor Vennoot); Mnr. Rienzi Duvenhage (Mentor Vennoot); Mnr. Gerrie de Villiers (Mentor Vennoot); Daan Potgieter (AON)

Middel: Dr. Dioné Prinsloo (SA Akademie); Me. Rona von Hoepen (Impaq) ; Mnr Marius Joubert (Impaq)

Voor: Mnr. Kobus van den Bergh (Mentor Vennoot)

Op Saterdag, 13 September woon die AON Mentor Vennoot se Snapspel-finaal by.

Dié program is vanaf 2019 een van die AON se vennote en bied die program gratis aan die eerste veertig AON-skole wat belangstelling aandui. Verwys elders in die nuusbrief na meer besonderhede oor Snapspel.

SOLIDARITEIT-GHOLFDAG 2018

Page 10: aonetwerk.co.za · Web viewWanneer verandering, van watter aard ookal, nodig is moet filosofiese argumente vermy word. Fokus liewer op die gewenste gedrag. Die skrywer is van mening

Op Maandag, 22 Oktober 2018 het die AON aan Solidariteit se gholfdag deelgeneem as deel van ‘n bewusmakings- en bekendstellingsprojek.

Met ‘n vol veld was daar baie geleentheid om kortliks die AON aan spelers bekend te stel én Afrikaans deur middel van ‘n gesegde-kompetisie te bevorder.

Baie dankie aan Solidariteit vir die geleentheid!

Jacques Oliver, mnr. Daan Potgieter, Dívan de Nysschen en Ruben Meiring by die AON-bof. Dié drie skrander jongmanne het die gholfspelers met Afrikaanse gesegdes en Springbokkies

vermaak.

SPESIALE AANBIEDINGE EN LEDEVOORDELE

Hierdie afdeling van die nuusbrief gaan deurlopend spesiale aanbiedinge en ledevoordele vir AON-lidskole uit die netwerk kommunikeer. Maak dus seker dat u nie hiérdie afdeling mislees nie!

Page 11: aonetwerk.co.za · Web viewWanneer verandering, van watter aard ookal, nodig is moet filosofiese argumente vermy word. Fokus liewer op die gewenste gedrag. Die skrywer is van mening

MENTORVENNOOT: SNAPSPEL

Wat is die Snapspel?

MentorVennoot en School Solutions het kragte saamgesnoer om 'n interaktiewe besigheidspeletjie vir hoërskoolleerders te ontwikkel en aan te bied, wat die Snapspel genoem word. Die doel van die Snapspel is om werklike besigheidsomstandighede te simuleer, waar die gevolge van besigheidsbesluite wat onder druk geneem word, in finansiële terme gemeet word.

Die leerders kompeteer binne skoolverband in spanne teen mekaar, terwyl die winste/verliese wat elke skool maak ook teen al die ander deelnemende skole gemeet word as deel van die nasionale Snapspel-kompetisie. Die leerders word dus deur praktiese ervaring gelei om te snap wat die kritieke beginsels is om 'n suksesvolle en finansieel gesonde besigheid volhoubaar te bedryf. Daar word dus ‘n veilige omgewing geskep waar die leerders uit hulle foute op hulle eie entrepreneurspad kan leer.

“Die Snapspel-uitdaging is uiters gepas vir alle hoërskoolleerders wat belangstel in die besigheidswêreld. Die praktyk is werklik na die klaskamer toe gebring, waar die leerders leer deur te speel. Die algemene gevoel van my leerders is dat hulle meer in een oggend geleer het, as in die hele jaar in die klas. Dit het my net weer laat besef hoe belangrik die praktiese deel van onderrig is.” Onderwyseres van ‘n Afrikaanse hoërskool in Pretoria.

Ons het reeds in 2016 die Snapspel suksesvol by ses skole in vier provinsies aangebied en in 2017 by 15 skole in ses provinsies. In 2018 gaan ons dit by 20 skole in agt provinsies aanbied.

Hoekom moet skole daaraan deelneem?

Volgens 'n verslag in Die Burger (Augustus 2017) sal twee uit elke drie skoolverlaters in 2017 nie in die arbeidsmark werk kry nie. Ten spyte van hierdie werklikheid fokus die grootste gedeelte van die onderrig kurrikulum op die een skoolverlater wat in die formele sektor geakkommodeer gaan word. Dit laat twee uit drie skoolverlaters dus op hulself, of die staat, aangewese om te oorleef.

Praktiese opleiding in maniere om geld te maak, het dus nou die grootste enkele oorlewingsbehoefte vir skoolgaande jongmense geword.

Hoeveel gaan dit kos?

Daar is geen koste vir die eerste jaar se deelname nie! Daarna sal dit waardeer word indien die skool ‘n R3000 kan bydrae (R125 per deelnemer) kan maak.

Wat word van die skool verwag?

Die skool hoef slegs die datum, kinders en lokaal te verskaf.

Die vernaamste eienskappe van die Snapspel: SNAPSPEL duur hoogstens ses uur en kan enige tyd in die week of naweek aangebied word.

(Binne of buite skoolure) Maksimum 24 leerders mag per sessie deelneem (graad 10 tot -12 word aanbeveel). Die span wat die beste finansiële resultate behaal, is die wenspan. Die winsgewendheid van die spanne se “besighede” word bymekaar getel en vergelyk met al

die ander skole wat deelneem. Die Top3-spanne kwalifiseer vir die finale uitklopronde, wat die nasionale kampioen gekroon sal

word. Alle toerusting en materiaal word verskaf. Ons kan beide Afrikaanse en Engelse leerders akkommodeer.

Dus wat word van u verwag: ses ure, 24 leerders, een klaskamer.

Page 12: aonetwerk.co.za · Web viewWanneer verandering, van watter aard ookal, nodig is moet filosofiese argumente vermy word. Fokus liewer op die gewenste gedrag. Die skrywer is van mening

Hoeveel gaan dit kos?

Daar is geen koste vir die eerste jaar se deelname nie! Daarna sal dit waardeer word indien die skool ‘n R3000 kan bydrae (R125 per deelnemer) kan maak.

Wat word van die skool verwag?

Die skool hoef slegs die datum, kinders en lokaal te verskaf.

Die vernaamste eienskappe van die Snapspel: SNAPSPEL duur hoogstens ses uur en kan enige tyd in die week of naweek aangebied word.

(Binne of buite skoolure) Maksimum 24 leerders mag per sessie deelneem (graad 10 tot -12 word aanbeveel). Die span wat die beste finansiële resultate behaal, is die wenspan. Die winsgewendheid van die spanne se “besighede” word bymekaar getel en vergelyk met al

die ander skole wat deelneem. Die Top3-spanne kwalifiseer vir die finale uitklopronde, wat die nasionale kampioen gekroon sal

word. Alle toerusting en materiaal word verskaf. Ons kan beide Afrikaanse en Engelse leerders akkommodeer.

Dus wat word van u verwag: ses ure, 24 leerders, een klaskamer.

En nou vir die belangrikste vraag: Hoekom moet u skool deelneem?

Wel, ek kan dit nie beter stel as ‘n leerder van Hoërskool Jim Fouché nie: "Eerstens het ek nie geweet wat om te verwag nie, maar ek kon nie so geleentheid miskyk nie. Die Snapspel was nie net 'n speletjie nie, nie net nog 'n ander skool aktiwiteite. Dis uniek. Ek het so baie geleer van besigheidsvaardighede tot van die lewe. Jy het geleer hoe om in 'n span te werk en uit die boks te dink. Om onderdruk te werk maar dit was ook nie net 'n leer geleentheid. Dit was pret. Jy het nuwe kinders ontmoet. Lekker tussen in gesels en gekuier (al was dit onder druk). Ek kan nie dink aan 'n beter ervaring om van die lewe te leer en dit nog te geniet ook. Al wat ek nou nog voor wens dat dit regte geld was want dan was ek en my spanmaats nou R110 000 000 ryker. Maar die Snapspel was 'n verseker 'n wenner en die kinders wat nie daar was nie het uitgemis. Ek sal verseker volgende jaar weer wil speel.”

Kontak School Solutions en word deel van hierdie opwindende program!

Wat gaan u as skool doen om die twee uit drie kinders te help om hulle voor te berei om eendag finansieel onafhanklik te wees?

WAT GEBEUR VOLGENDE?

Page 13: aonetwerk.co.za · Web viewWanneer verandering, van watter aard ookal, nodig is moet filosofiese argumente vermy word. Fokus liewer op die gewenste gedrag. Die skrywer is van mening

AFRIKAANSE TAALRAAD-WERKSESSIE

Wanneer? Vrydag, 9 November en Saterdag, 10 NovemberWaar? SASNEV (Suid Afrikaanse Sentrum vir

Nederland en Vlaandere), Central Square 4, Pinelands, Kaapstad, 7405

Wie? Die deelnemers sluit in verteenwoordigers van NRO’s en lede van onderwysdepartemente wat op hoër-, laer- en voorskoolse vlakke werk (die drie vlakke), met die fokus op bedrywighede in die Wes-Kaap.

Wat? Om die ondersteuning van Afrikaans as vak en Afrikaansmediumonderwys deur NRO’s, departemente en ander rolspelers beter te koördineer, sinergie te ontwikkel en beperkte hulpbronne meer effektief te gebruik.Om ʼn raamwerk vir samewerking te ontwikkel wat in ander streke en provinsies herhaal kan word;Om ʼn vertrekpunt te skep vir beter samewerking met rolspelers wat die ander tale van die land ondersteun, veral die ander inheemse tale.

AON-SAOU-VROEë KINDERONTWIKKELINGSEMINAAR:

BEPLANNINGSESSIE

Wanneer? Donderdag, 15 November 2018Waar? SAOU-hoofkantoor, Serenestraat, GarsfonteinWie? Marésa Vijloen [SAOU-verteenwoordiger en

projekbestuurder]AON-verteenwoordigersRustNeo-verteenwoordiger

Wat? Opvolgbeplanningsessie van Vroeë Kinderontwikkelingseminare in 2019 oor onderwerpe wat nie deur die VVOS ondervang word nie.

Page 14: aonetwerk.co.za · Web viewWanneer verandering, van watter aard ookal, nodig is moet filosofiese argumente vermy word. Fokus liewer op die gewenste gedrag. Die skrywer is van mening