wees die verskil - wordpress.com...“ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer...

21
ONTWIKKELINGSPROGRAM vir LAERSKOOL EIKESTAD STELLENBOSCH WEES DIE VERSKIL VIR ONS IS OMGEE EERSTE

Upload: others

Post on 29-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

ONTWIKKELINGSPROGRAM vir

LAERSKOOL EIKESTAD STELLENBOSCH

WEES DIE VERSKIL

VIR ONS IS OMGEE EERSTE

Page 2: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

OPSOMMEND: 1. Waaroor gaan die program: Die program is ‘n geleentheid vir alle graad 7 leerders om leierskapsvaardighede en lewensvaardighede te identifiseer, en te ontwikkel in drie ares nl. Individu – Self, deur Onafhanklikheid, Betrokkenheid by skool en gemeenskap deur dienslewering en Interafhanklikheid, lewer ‘n Nalatenskap deur Kreatiewe Denke en wees ‘n mens van betekenis. 2. Motivering vir inisiëring van Ontwikkelingsprogram: Vir Eikestad is omgee eerste Die program is gebasseer op getoetste beginsels wat ondersteun word deur navorsing en beklemtoon die skool se bestuursbeginsel van inklusiwiteit waar elke leerder as individu benader word. Dit volg ook die skool se benadering van ‘demokrasie waar vry, deursigtig en regverdig en deelname rigtinggewend is’(Dr. B. Aucamp, 2014) Gelyke geleenthede bevorder intrinsieke motivering, hierdie vaardighede vergemaklik die oorgang na hoërskool in ag genome die ontwikkelingsfase van die kind, 12 – 14 jaar, en die negatiewe effek en implikasies van portuurgroepverwerping. 3. Program dinamika: ‘n Ontwikkelingsprogram waar waardes en lewensvaardighede inkorporeer word in, en tot uitbreiding van huidige leerderraadsisteem , leierskapontwikkeling en take soos opgestel deur skool. 4. Verwante navorsing. Inligting vir opstel van program is verkry van die Skolewet, Eikestad se riglyne, FEDSAS riglyne en Navorsing dokumente.

Page 3: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

INHOUDSOPGAWE:

1. Program: Visie en Missie 2. Motivering vir inisiëring: Is dit nodig? 3. Program Dinamiek 4. Riglyne: Ouerbetrokkenheid 5. Ontwikkelingsareas met waardes en vaardighede 6. Belangrike aanhalings uit navorsing 7. Bronnelys: Navorsing dokumente 8. Motiveringsbrief – voorbeeld

Page 4: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

1. PROGRAM: VISIE EN MISSIE Die program bemagtig en gee elke leerder die geleentheid om uitnemend by uitstek te wees deur die bemeestering van vaardighede, bekend en onbekend, die praktiese uitlewing van ons skool se Christelik gefundeerde waardes, die ontginning van talente en lewensvaardighede deur die skep van geleenthede vir uitbreiding van selfkennis en identiteitsvorming, vrywillige betrokkenheid by die skool en breër gemeenskap, in ‘n nie-kompeterende raamwerk. Die ontwikkeling van Mense van Betekenis met ‘n Nalatenskap gemotiveer deur kreatiewe denke wat kan dien as grondslag vir verantwoordelike positiewe lede van ‘n gemeenskap.

LEADERSHIP IS NOT

A POSITION OR A TITLE ,

IT IS

ACTION AND EXAMPLE

Page 5: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

2. MOTIVERING VIR INISIëRING van PROGRAM: IS DIT NODIG?

1. Gelyke geleenthede vir almal, selfbestuur en eie keuse 2. Intrinsieke motivering vs Ekstrinsieke motivering

3. Ontwikkelingsfase: 12 -14 Jariges

4. Portuurgroepverwerping

5. Hulp met oorgang na hoërskool

VOLLEDIGE UITEENSETTING VAN MOTIVERING VIR INISIëRING MET ONDERSTEUNENDE NAVORSING:

1. Gelyke geleenthede deur middel van inklusiwiteit en demokrasie, vir elke leerder om te ontwikkel as individu en bekwaam te word vir ‘n positiewe optimale lewe vorentoe. Leerder leer die beginsel van selfbestuur deur onafhanklik, binne vermoeë, eie keuses te maak EN die verantwoordelikheid wat daarmee saam gaan.

2. Intrinsieke motivering VS Ekstrinsieke motivering

Leerder kies self tov deelname : Leerder het geen keuse tov deelname

“ In die laerskoolleierskapstelsel vind die jukstaposisie neerslag in die feit dat die titel leier of volgeling toegeken moet word aan alle skoolkinders bloot omdat die leierskapaanwysingprosedures jaarliks herhaal word en die kind hom-/haarself nie buite die prosedure kan plaas nie. Dit het implikasies vir die identiteit van elke kind. “ Liebenberg, J.J. 2005

Page 6: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

3. Help leerder met oorgang van laerskool na hoërskool.

Die beginsel van selfbestuur bevorder onafhanklikheid.

4. Die ontwikkelingsfase van die kind, 12-14, ‘n tyd van verwarring.

- Fisiese ontwikkeling en hormonale veranderinge - Kognitief, wie is ek, waar pas ek in, - Emosioneel en Sosiaal, Vriende vervang ouers as bron van

inligting - Sensories en motories

“Die meeste Suid-Afrikaanse laerskole het leierskapmodelle en aanwysingsprosedures wat kulmineer in ’n “formele

leierskapdrukgang” in die 12-13 de jaar van die ontwikkelende

preadolessent. Hierdie tydperk word in die literatuur as ‘n kritiese ontwikkelingstydperk beskryf en dien as basis vir die identiteitsvorming van die adolessente tydperk wat daarop volg.” Roos, V. 2014

“Huidige bevindinge dui daarop dat breinontwikkeling tydens die preadolessente en adolessente tydperk van dieselfde kritiese belang is as gedurende die eerste 2 jaar van ‘n kind se ontwikkeling (Minden, 2004). Areas in die brein wat aspekte beheer soos selfbeheer; beplanning en strategie-ontwikkeling; organisering; inisiëring van fokus van aandag; die stop, begin en verskuiwing van aandag; emosies; oordeelsvermoë; intelligensie; en identiteit (d.i. die frontale en temporale lobbe en corpus callosum), hou nie op ontwikkel voor die ouderdom 18-25 jaar nie.” (American Bar Association, 2003; Gied et al., 1999; Gied, 2004).

5. Negatiewe gevolge van portuurgroepverwerping – uiters belangrik Roos,V. 2014: LEIERSKAP IN PREADOLESENSIE: ‘n Ontwikkelingsperspektief Die invloed van die titel

Die titel skep struktureel twee subgroepe in die skool, met 2 verskillende subkulture en funksioneringsmeganismes. Die titel het ‘n impak op

Page 7: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

kinders wat gekies is en nie gekies is se persepsie van hulleself en dus ook op hulle gedrag. Dit word ondersteun deur talle waarnemings, onder andere die volgende:

“Deur die jaar het baie van hulle [ou vriende] heeltemal verander en onbeskof en windtie geraak.”

“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.”

“Die dag toe die leiers gekies was het meeste van hulle snobs geraak en gedink hulle is beter as jy.”

Die pynlikste van die ervaring van die verkiesing van leiers is dat dit die begin is van ‘n verweringsproses van vriendskappe. Min vriendskappe kan die trek- en stootkragte van die onderlinge subgroepe onaangeraak oorleef. Die volgende aanhalings verwys na hierdie ervaring:

“Hulle het sulke groot attitudes wat suck. Ek het 2 vriende verloor, want hulle is leiers en hulle dink hulle is beter as ander.”

“Dis natuurlik vir my nogmaals erg, omdat al my vriendinne leiers was en nou gaan loop hulle saam as leiers en wat moet ek dan nou doen – al my vriendinne. Ek sou graag ‘n leier wou wees om deel te wees van my vriendinne.

Emosionele implikasies

Die Atlas. ti 5-werktafel maak dit moontlik om ‘n aanduiding te kry van die hooftemas van hierdie groep. Die volgende emosies is geïdentifiseer:

▪ Bly/verlig om nie gekies te wees nie. Die meeste kinders wat steeds die ideaal het om leier te wees is retrospektief verlig dat hulle dit nie geword het nie. Dit hou verband met die take en verwagtings wat aan die leiers gestel is deur die jaar (22 aanhalings – 26 %). Daar is 11 aanhalings (14%) wat hulle begrip en empatie teenoor die gekose leiers uitspreek vir die onreg wat hulle moes ervaar in hulle rolle as leiers.

▪ Woede (15 aanhalings – 19%). ▪ Voel onbelangrik, nie goed genoeg nie (9 aanhalings – 11 %). ▪ Hartseer (9 aanhalings – 11%). ▪ Teleurgesteld/ geskok, minagtend/ sarkasties/ belaglikheid van

model/outoriteite (9 aanhalings – 11%). By sommige vind die emosionele pyn uitdrukking in woede en minagting.

Page 8: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

Aktiewe uitsluiting begin by die aankondiging van leiers, waar die hele skool in ‘n saalbyeenkoms teenwoordig is. Dit word geïllustreer deur die volgende aanhalings:

“Ek weet hoe dit voel om te sit en hulle lees leiers se name en jy weet jy kan nie ‘n leier word nie, maar in jou is nog ‘n gevoel dat miskien, ja miskien, net miskien lees hulle jou naam. En ek weet hoe sleg mens voel as na die name joune nie een van hulle was nie.”

“Die dag toe die leiers gekies was het meeste van hulle snobs geraak en gedink hulle is beter as jy.”

3. PROGRAM DINAMIEK: WEES DIE VERSKIL VOLLEDIGE VERDUIDELIKING EN VERLOOP VAN PROGRAM: 1. Elke graad ses leerder kry die geleentheid aan die einde van die jaar,

in die vierde kwartaal, om te kies of hy/sy deel wil neem aan die program. Elke leerder kry die geleentheid om deel te wees van ‘n kamp of werkswinkel/s aangebied deur ‘n kundige of spesialis voordat hy of sy die keuse maak.

2. Die program bestaan uit drie areas vir ontwikkeling en die uitdaging

is om nuwe vaardighede aan te leer en ook die leerder te help om nuwe talente en vermoeëns te ontdek wat hy of sy self nie van bewus was /is nie.

Area 1: Onafhanklikheid: Individu – self. sien tabel Area 2: Interafhanklikheid: Betrokkenheid by skool en gemeenskap deur vrywillige dienslewering. Sien tabel Area 3: Nalatenskap: ‘n Mens van betekenis, kreatiewe denke Sien tabel BAIE BELANGRIK: Die LEERDER KIES SELF, is self verantwoordelik vir alle en eie besluite, enige aksies en dra volle verantwoordelikheid vir deelname aan die program, aksies en reëlings

Page 9: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

wat nodig sal wees vir die uitvoering van die kriteria en doelwitte gestel. VRYWILLIG, GEEN VERPLIGTING OUERS SE BYDRAE IS SLEGS ONDERSTEUNEND, Ouers word ingelig dat dit belangrik is om nie die taak namens die kind te doen nie. Sien punt 6 Riglyne: Ouerbetrokkenheid Projekte en liefdadigheidsaksies reeds deur skool geloods bv Clothing for Children, House of Grace ens. mag nie deel vorm van deelnemer se gemeenskapsprojek. Deelnemer mag wel deur skool betrokke wees tov dienslewering.

3. Deelnemende leerders skryf ‘n motiveringsbrief gebasseer op die areas van ontwikkeling soos verduidelik in punt 2.

VOORBEELD IS AANGEHEG

4. Deelnemers reël met programbestuurder vir ‘n onderhoud waarin

leerder sy/haar deelname en doelwitte tov die projek/taak/program verduidelik en motiveer. Volgens strategiese beplanning van skool.

Programbestuurder evalueer saam met leerder die Lewensvatbaarheid van die projek en doelwitte. Leerder en ouers word ingelig aangaande die skool se beleid ten opsigte van boelie- en wangedrag, en die impak daarvan op die program. Ouers onderteken die motiveringsbrief as erkenning en ondersteuning.

5. Leerder oorhandig getekende afskrif aan betrokke onderwyser. 6. ‘n Tweede gesprek vind plaas, toon ondersteuning, belangstelling en aanmoediging, volgens skool se strategiese beplanning. 7. Leerder reël met programbestuurder vir ‘n voorlegging, 8. Alle deelnemers wat die program voltooi het en voldoen het aan die vereistes soos voorgeskryf ontvang erkenning in die vorm van ‘n sertifikaat of soos besluit deur bestuur.

Page 10: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

9. Aan die einde van die jaar kry Graad ses en sewe leerders, en die personeel die geleentheid om te stem vir die projek of voorlegging wat hul die meeste beindruk het. Hierdie persoon of meer persone kry spesiale vermelding gebasseer op voldoening aan kriteria en meer spesifiek die ekstra myl geloop, meer gedoen as wat program verwag. Die leerder wat die meeste groei toon tov volwassenheid. LEERDERRAAD: Einde graad 6 kry alle leerders die geleentheid om ‘n Ontwikkelingskamp by te woon ter voorbereiding van die program en die graad 7 jaar. 10. Deelnemende leerders dui aan dat hul op die Leerderraad wil dien, die leerder doen ‘n voorlegging, gebasseer op die motiveringsbrief, aan mede-leerders. Motiveringsbriewe van deelnemende leerders is tot die beskikking van stemmende personeel voor verkiesing. Verkiesing vind plaas op die 50/50 beginsel. Sien beleid Verkose deelnemende leerders kry die kans om op ‘n leerderraad te dien, sodanig word die take soos huidiglik toegeskryf aan die leerderraad wel verrig, en elke leerder wat bereid is, of graag wil, kry die kans om vaardighede te ontwikkel. Indien’n leerder deur die loop van die jaar die potensiaal toon sal hy of sy aangemoedig word om aan die program, deel te neem en om vir die leerderraad te staan. 11. Die leerders wat nie aan die program deelneem nie mag kies om hul medeleerders te help met hul take/projekte. dus word elke leerder betrek indien hy/sy dit verkies. 12. Die skool se dissiplinêre kode is te alle tye van toepassing op alle leerders en mag ‘n impak op die program hê waar leerders hul skuldig maak aan wangedrag, enige vorm van boeliegedrag en intimidasie.

Page 11: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

Die leerder en sy ouers teken op die motiveringsbrief as erkenning van samewerking en dat hul vooraf ingelig is rakende die beleid tov boelie- en wangedrag. Laerskool Eikestad het ‘n Zero-toleransie beleid tov boelie- en wangedrag, maar sal ten alle tye die ouers en leerders met hulp ondersteun. 13. Evaluering van program deur personeel, ouers en leerders, aan die Beheerliggaam.

4. RIGLYNE: OUERBETROKKENHEID: Ouers se rol as primêre opvoeder is een van die sleutels vir sukses. Ouers laat kind toe om self besluite te neem en die verantwoordelikheid te dra vir die keuse gemaak, maar altyd met die nodige insig, ondersteuning en wysheid soos van toepassing op elke individu en soos elke ouer sy kind ken. Ouer doen nie die projek namens die kind nie. Ouers se positiewe gesindheid dien as dryfveer om kind se intrinsieke motivering te versterk. Ouers bemoedig en bevraagteken optredes soos van toepassing en respekteer jou kind se keuse en erken jou kind se passie. Help jou kind om te so op te tree soos wat hy/sy verwag ander teenoor hul sal optree. HELP JOU KIND OM MEER TE WEES AS WAT HY/ SY GEDINK HET HY/SY KAN WEES, HELP HULLE OM TE STREEF NA UITNEMENDHEID.

Page 12: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

5. ONTWIKKELINGSAREAS: WAARDES EN VAARDIGHEDE

ONTWIKKELINGSAREAS DEFINISIE WAARDES EN VAARDIGHEDE

1. ONAFHANKLIKHEID

deur

SELFBESTUUR

Wees proaktief, neem die inisiatief en wees verantwoordelik vir eie besluite en gevolge daarvan. Aanleer van ‘n nuwe vaardigheid.

- Visie - Integriteit - Eerlikheid - Waagmoed - Vertraagde bevrediging - Doelwit stelling - Selfdissipline - Maak keuses - Dankbaarheid - Verantwoordbaarheid - Verantwoordelikheid - Selfrespek/selfdisipline

Page 13: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

2.INTERAFHANKLIKHEID

deur

BETROKKENHEID

Wees betrokke by die skool (25 uur) en die gemeenskap (25 uur) deur dienslewering en diensbaarheid. Stel jouself en jou tyd beskikbaar vir die uitvoering van take.

- Respek vir jouself, ander en besittings

- Strategiese beplanning - Samewerking oor kulture - Nederigheid - Empatie - Beide partye word

bevoordeel - Almal wen - Probeer ander verstaan - Positiewe

probleemoplossing - Toepassing van reels - Omgee

3. NALATENSKAP

deur

KREATIWITEIT

Reël ‘n funksie of ‘n aktiwiteit/ geleentheid vir ‘n groep of ‘n persoon. Wees ‘n mens van betekenis

- Proaktiewe denke - Deursettingsvermoeë - Uitleef van Christelike

beginsels - Outentieke idees - Syfervaardigheid - Onselfsugtigheid - Omgee - Simpatie en empatie - Emosionele intelligensie

Page 14: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

6. BELANGRIKE AANHALINGS: NAVORSING

University of Pretoria etd – Liebenberg, J J (2005)

“Wilzem, 1988; Hendrikz, 1983; Strydom, 1970; Weber, 1985). Hierdie skrywers en baie ander is waarskynlik reg en die argument word ondersteun deur ‘n magdom navorsing. Die probleem van die feodale paradigma, naamlik die jukstaposisie waar “leier” en “volgeling” uitsluitend en as teenoorgesteldes beskou word, bly egter onveranderd. In die laerskoolleierskapstelsel vind die jukstaposisie neerslag in die feit dat die titel leier of volgeling toegeken moet word aan alle skoolkinders bloot omdat die leierskapaanwysingprosedures jaarliks herhaal word en die kind hom-/haarself nie buite die prosedure kan plaas nie. Dit het implikasies vir die identiteit van elke kind. Die invloed van die feodale beskouing is so reusagtig sterk dat kinders die een of die ander moet wees en dus ook is; altans so is die beskouing. Trawick-Smith (1988) ondersteun die standpunt deur te stel dat die aanname dat leierskap en volgelingskap duidelik onderskeibaar en direkte teenoorgesteldes is, inherent aan die benadering is. Ook Follet (1985) spreek sy kommer daaroor uit dat 'n klein persentasie leerders oor die sogenaamde eienskappe van leierskap beskik en spesiale behandeling ontvang om die leiers van die hede en moontlik die toekoms te wees. Hy vra dan met reg of dit in die beste belang van die oorblywende persentasie leerders is, ten spyte van hulle magdom talente, om bloot as volgelinge beskou moet word.”

“Die skool verteenwoordig die gemeenskap in die bewussyn van die kind. Is dit dan reg om 'n klein persentasie leerders oormatig te beloon en deur dit te doen die idee te vestig in die oorblywende groep dat wat ook al hulle prestasie en potensiaal op ander gebiede van die lewe, dit net van minder belang kan wees?”

Page 15: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

“Die verskynsel van kleinlike tirannie het 'n dramatiese negatiewe impak op ondergeskiktes. Die leiers verkry swak ondersteuning en samewerking, ondergeskiktes se selfbeeld verswak, organisasie-eenheid verkrummel, werkprestasie verswak, frustrasievlakke verhoog en stres, reaktiwiteit, hulpeloosheid, en vervreemding van take en pligte verhoog (Ashford, 1994). Die misbruik van mag, oormatige trots en arrogansie is ‘n herhalende tema in leierskap. Baie leiers aanvaar dit as vanselfsprekend dat hulle die reëls van die gewone sterfling mag oortree” (Kets de Vries, 1990)

“Ten spyte daarvan dat ons met kinders werk, wat dikwels nie die gevolge van hul optrede besef nie, of dink voor hulle iets doen nie, sal ons nooit ophou om dit wat verkeerd is aan te spreek nie.” D. Coetzee, 2014

Verwys na Liebenberg, J. (2005) se navorsing soos aangehaal in vorige bladsy. “Deur die geleentheid te skep vir die leerder om self te kies of hy of sy wil deel wees van ‘n prosedure of program beweeg ons weg van die toekenning van titels soos leier en volgeling”

Tim Elmore, stigter en president van Growing Leaders “from ages 11-14, kids lose some of the connections between cells in the part of their brain that enables them to think clearly and make good decisions”

Page 16: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

7. NAVORSING DOKUMENTE: - Liebenberg,J.; Roos,V 2008: Preadolescent leaders: Critical reflections from a well-being perspective - Mclachlan,J. et al 2010: Rejection Sensitivity in Childhood and Early Adolescence: Peer rejection and Protective Effects of Parents and Friends - Mulholland, A.N. 2014: Profile of a Leader - Elmore, T. 2012: Artficial Maturity: The Marks of Maturity - Liebenberg,J.J. 2005: Leierskap in Suid-Afrikaanse Laerskole - Roos,V. 2014: Leierskap in preadolosensie: ‘n Ontwikkelingsperspektief - Rosenbach, W.E. ; Sashkin,M. 2007: The leadership Profile: on becoming a better leader through Leadership that matters. - psychology.jrank.org 2014: Social Competence – Importance of social competence social competence deficits And Peer rejection - Ohio, Dept of Education: Your Child’s Development: Ages 12 – 14 - Ohio, Dept of Education: Helping your child make successful transitions: Middle to High school.

VOORSTELLE IS SAAMGESTEL UIT DIE VOLGENDE DOKUMENTE: -Laerskool Eikestad se Visie en Missie

Page 17: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

-Laerskool Eikestad se Leierskapontwikkeling dokument - September 2013 -Laerskool Eikestad se waardes -Laerskool Eikestad se Grondwet 2009: Doelstellings van die skool en Werksaamhede van die Beheerliggaam -FEDSAS riglyne vir beheerliggaam: = Die Taak van die Beheerliggam: Basiese Beginsels van goeie Beheer en Bestuur KING ll verslag (2007) = Skep van geleenthede vir alle leerders om hul volle potensiaal te bereik = Beheerfunksies: Visualiseer deur waardes Inspireer Rus toe Bring ander se werk in pas met mekaar Strategiese rigting Beheer gegrond in etiek = Algemene funksies: Voorstel van gedragskode vir leerders Verplig om inligting te verstrek - Non Nobis Solum Leadership Programme 2014 – Somerset House - Leierskapontwikkeling dokument 2013 – voorgelê aan Beheerliggaam - Ouermenings en vrae: 2012 - 2014 - Dr. B Aucamp: Uitvoerende Bestuursverslag, Mei 2012 - Mnr. D Coetzee: Kommentaar op boeliegedrag, Aug. 2014

Page 18: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies
Page 19: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

LAERSKOOL EIKESTAD ONTWIKKELINGSPROGRAM

WEES DIE VERSKIL

VIR ONS IS OMGEE EERSTE

DEELNAME MOTIVERINGSBRIEF:

NAAM:…………………………………………………………

Page 20: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

ONTWIKKELINGSAREAS:

1. ONAFHANKLIKHEID: SELFONTWIKKELING: ------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ 2. INTERAFHANKLIKHIED: BETROKKENHEID DEUR VRYWILLIGE DIENSLEWERING: SKOOL:------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ ----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------URE:-------------------- GEMEENSKAP:------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------URE:---------------------- 3: NALATENSKAP: KREATIEWE ORGANISATORIESE VAARDIGHEDE: ------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ ------------------------------------------------------------------------------------------ ------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ 4. DOELWIT/TE BEREIK: ------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ 5. LEERDERTERUGVOER: --------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- ---------------

Page 21: WEES DIE VERSKIL - WordPress.com...“Ek dink net hulle [die leiers] dink net aan hulself en probeer van alles ‘n ‘scene’ en ‘n grap te maak.” “Die dag toe die leiers gekies

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- --------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- LEERDER:_______________________________________________________________ AANVANG:________________________ VOLTOOI___________________________ PROGRAMBESTUURDER:________________________________________________-

Hiermee ondersteun en erken ons, Ouers van Eikestad Laerskool se beleid tov boelie- en wangedrag. Ons is ingelig rakende die impak van wan- en boeliegedrag op die program volgens die gedragskode van die skool wat van toepassing is op alle leerders, indien daar bevind word dat die leerder hom of haarself skuldig gemaak het aan sodanige gedrag. Datum: