worcester standard 08-09-2011

20
Vandag: Gedeeltelik bewolk. Die wind lig noordwes tot wes. Maks. temp. 23 °C. Vrydag: Gedeeltelik bewolk. Die wind lig noordwes tot wes. Maks. temp. 19 °C. Saterdag: Gedeeltelik bewolk. Die wind lig suidwes. Maks. temp. 19 °C. Sondag: Mooiweer. Die wind lig suidwes tot matig noordwes. Maks. temp. 22 °C. Inligting: SA Weerdiens Sakelui en inwoners is raadop oor haweloses se gedrag 3 Oud-CW atleet en Bosvark presteer internasio- naal 6 Orbit Tour d’ Worcester- bergfietswed- ren is Sondag 20 Raadsvergade- ring loop weer uit op chaos met vrae in die lug 5

Upload: worcester-standard-newspaper

Post on 28-Mar-2016

262 views

Category:

Documents


21 download

DESCRIPTION

Worcester Standard 08-09-2011

TRANSCRIPT

Page 1: Worcester Standard 08-09-2011

Vandag: Gedeeltelik bewolk. Die wind lig noordwes tot wes. Maks. temp. 23 °C. Vrydag: Gedeeltelik bewolk. Die wind lig noordwes tot wes. Maks. temp.19 °C. Saterdag: Gedeeltelik bewolk. Die wind lig suidwes. Maks. temp. 19 °C. Sondag: Mooiweer. Die wind lig suidwes tot matig noordwes. Maks. temp.22 °C. Inligting: SA Weerdiens

Sakelui eninwoners israadop oorhawelosesse gedrag 3

Oud-CW atleeten Bosvarkpresteerinternasio-naal 6

Orbit Tourd’ Worcester-bergfietswed-ren isSondag 20

Raadsvergade-ring loop weeruit op chaosmet vrae indie lug 5

Page 2: Worcester Standard 08-09-2011

2 STANDARD 8 SEPTEMBER 2011 NUUS

Studenteakkommodasie wat sowat 40 mediese studente aan die Universiteit Stellenbosch gaan huisvesword op die hoek van Durbanstraat en die Robertsonpad gebou.

Studente gehuisvesLAURENTIA ROBERTSON

BOUWERK wat sedert Novemberverlede jaar op die hoek van Durban­straat en die Robertson­pad plaas­vind, is deel van die ontwikkeling van’n projek met die doel om landelikegesondheidsorg te verbeter.

Die Universiteit Stellenbosch is tansbesig om homself hier te vestig as deelvan sy Hope­projek waarmee die uni­versiteit beoog om oplossings vir vanSuid­Afrika en Afrika se mees dringen­de uitdagings te vind.

Die Ukwanda Landelike KlinieseSkool wat hier gestig word is een vandie oplossings en spreek die behoeftevir meer gesondheispraktisyns in lan­delike gebiede aan deur hulle in die are­as op te voed.

Uit ondervinding in ander lande blykdit dat studente meer geneig is om inlandelike gebiede te werk as hulle ty­dens hul opleiding in die gemeenskap­pe gevestig is.

Die bouwerk wat tans hier gedoenword, bestaan uit twee geboue – een virstudenteakkommodasie en die anderwat as die akademiese gebou sal dien.Sodra die studenteakkommodasie vol­tooi is, sal dit kapasiteit vir 40 studentehet.

Die akademiese gebou bestaan uitonder meer kantore vir personeellede,seminaar­, rekenaar­ en studielokale,asook ’n ouditorium met 120 sitplekke.

Volgens dr. Frans Krige, projekbe­stuurder, is die area spesifiek gekiesomdat dit naby aan die Worcester­hos­pitaal, waar baie van die leerders hulpraktiese opleiding sal ontvang, geleëis.

Hy sê dat die veiligheid van sy stu­dente van uiterste belang vir die univer­siteit is. Studente kan met redelike vei­ligheid saans tussen die koshuis en hos­

pitaal beweeg.Verder sê Krige dat die universiteit

hoop om ten Januarie volgende jaar syeerste studente in die nuwe akkommo­dasie te verwelkom met die voltooiingvan die akademiese gebou in Mei.

Uit die groep studente sal 18 op Wor­cester hul praktiese opleiding doen metdrie studente op elk van sy vyf buurdor­pe (insluitend Ceres en Robertson).

Die akademiese gebou van die Ukwanda Landelike Kliniese Skool behoort in Mei voltooi te wees.Foto’s: Laurentia Robertson

Dr. Frans Krige, heel regs, projekbestuurder van die Ukwanda LandelikeKliniese Skool, en mnr. Nigel Sedras (voorman) verduidelik vir (van links)mee. Lindsey-Michelle Meyer (projekkoördineerder vir die Ukwanda-sentrumvir LandelikeGesondheid),DeniseLynch (logistiekekoördineer-der van die sentrum) en Hellen Crebo (sekretaresse vir die Ukwanda-lan-delike kliniese skool) meer oor die studenteakkommodasie.

Invest your CSIspend in communityTHE local chamber of commerce is ra­pidly evolving into a representative bo­dy of all businesses in Worcester.

As reported in previous editions ofthe Standard, the Worcester BusinessForum committed itself to a broadermandate, a more inclusive strategy anda more active role in small business andentrepreneurial growth.

Worcester Business has thus laun­ched their new corporate image; onethat reflects a more worldly view oncommerce, industry and investment,one that is fresh and progressive andone that is also more inclusive of thediversity of business interests encoun­tered in the Breede River Valley.

Being involved in the SME RoadShow was one small step, but as a localfacilitator and not one of the chief orga­nisers, more can be done in future.

The corporate social investment(CSI) partner of Worcester Business isthe largest philanthropic organisation

in the province, Community ChestWestern Cape. The joint account hasbeen stagnant for too long; WorcesterBusiness calls on all local businessesto use this opportunity to invest theirCSI spend in the local community.

All funds of the account are disbur­sed to localBreedeValleycharitiesonlyand businesses may even nominate acharity or community project of theirchoosing to be the recipient of theirgrant. For more details, contact: WBTeam Leader of Community & Entre­preneurship Development – Arie Fou­rie: [email protected].

Worcester Business will be laun­ching their newwebsite inmid­Septem­ber. It will showcase the valley as aninvestment destination, promote theGreenWorcester clean­industries cam­paign and describe services, events andprogrammes launched and proposed bythe valley’s business fraternity.

www.worcesterbusiness.co.za

Mafia-saak uitgestelHILDERINE SCHRÖDER

’n VOL hofrol is die rede waarom dieveelbesproke “Mafiamoordsaak” watvroeër vanjaar ’n opskudding op Wor­cester veroorsaak is, eers aanstaandejaar voortgesit word.

Die saak is Maandag (5 September)tot 16 Januarie 2012 uitgestel.

Die twee beskuldigdes, wie se identi­teit aan die Standard bekend is, maarop versoek van hul regsverteenwoordi­ger en polisie vir hul eie veiligheidweerhou word, het met hul koppe om­laag in die hof gesit.

Die twee broers staan tereg op aan­klagte van moord en poging tot moord.

Die saak teen hulle spruit uit ’n voor­val in November verlede jaar waarty­

dens ’n Chinese man, mnr. Yong JieChen, brutaal met ’n kapmes in Lei­poldtlaan doodgekap is. ’n Tweedeman, mnr. Hui Wang, is ook aangevalen ernstig beseer, maar het sedertdienherstel.

Die Standard het later betroubaarverneem dat die oorledene glo bandemetdieChineseMafiagehadhet enook’n internasionaal gesoekte persoonwas. Sy dood spruit glo uit ’n onderon­siewat tussenhom,Wangendie eienaarvan Die Hoek Kafee ontstaan het nadathulle glo by die kafee opgedaag het engeld van die eienaar geëis het.

Die twee beskuldigdes is in verbandmet die voorval in hegtenis geneem.Beide se borgtog van R20 000 elk is totmet hul volgende verskyning verleng.

Vrou doodgebrandHILDERINE SCHRÖDER

’n VROU van Laingsburg is die af­gelope naweek grusaam dood nadatdie huis waarin sy geslaap het deur’n brand verswelg is.

Volgens ao. Lindikhaya Mkhont­wana, woordvoerder van dieLaingsburg­polisie, het ’n plaas­werker op die plaas Elim die afgelo­pe Saterdag (3 September) om­streeks 03:00 rook uit ’n huis sientrek.

Die man het onmiddellik gaan

hulp soek, sê Mkhontwana.Die eienaar van die plaas, voeg

hy by, het hom na die toneel gehaasen kon daarin slaag om ’n 23­jarigeman uit die vlamme te red en methom na die hospitaal te jaag.

Die liggaam van die 22­jarigevrou is met die polisie se aankomsop die toneel in die uitgebrande huisgevind.

Volgens Mkhontwana word geengemene spel vermoed nie en is ’ngeregtelike doodsondersoek ge­open.

Page 3: Worcester Standard 08-09-2011

NUUS STANDARD 8 SEPTEMBER 2011 3

Sakelui en die publiek wat die winkels by Worcester Market-sentrum (voorheen Fruit& Veg) in Porterstraat besoek, word daagliks met dié gesig gekonfronteer. Afgesien vandie maatskaplike probleme wat hier geskep word, benadeel dit hul besigheid, sê sakelui.Foto: Christine Smit

Sakelui raadopoor hawelosesCHRISTINE SMIT

WALGLIK. Smerig. Onaanvaarbaar. Onvei­lig.

Dit is hoe sakelui in ’n winkelkompleks in Por­terstraat, sowel as inwoners wat in die nabyheidwoon, die situasie bestempel waar ’n aantal hawe­loses hul intrek op ’n aangrensende oop perseelteenaan die kompleks gevestig het.

Een van die sakemanne, die eienaar van Wor­cester Market, voorheen Fruit & Veg, mnr. Johanvan Rensburg en sy vrou Thelma, sê die situasieis onhoudbaar enberokken hulondernemingska­de. Sy opinie is ook dié van die ander sakeluiin die res van die kompleks.

Nie net het hulle nie, maar ook inwoners watlangsaan woon, nou genoeg gehad.

Van Rensburg het hom hierdie week uit rade­loosheid weereens tot die Standard gewend nadatdaar, ten spytevanherhaaldebrieweaandieplaas­like owerhede, niks aan die situasie gedoen wordnie.

Die groep hawelose mans en vroue wat hulleal meer as ’n jaar gelede op die oop erf kom vestighet en nou al ’n plankvesting opgeslaan het, isdie rede vir hul ontevredenheid.

Die uiters onhigiëniese toestande wat daarheers, die feit dat daar geen ablusiegeriewe is nie,dronkenskap, die gevloek en onbehoorlike ge­drag noop hulle nou tot optrede.

Van Rensburg sê hulle het al ophou skryf aandie Breedevallei Munisipaliteit, want hulle ont­vang geen reaksie nie.

Daar is skynbaar ook nie ooreenstemming oorwie verantwoordelik is om die haweloses te ver­wyder nie. Die munisipaliteit en die polisie be­skuldig mekaar oor en weer oor wie verantwoor­delik is om die haweloses te verwyder.

Intussen kla ook inwoners, veral vroue wat na­

by woon, dat hulle onveilig voel en dit veral niesaans meer buite die grense van hul erwe kanwaag nie.

Een van die inwoners het reeds verhuis, wantsy wil nie haar kind aan dié situasie blootstel nie.

Me. A. Hendricks, eienaar van ’n haarsalon,sê haar klandisie word lastig geval, vir geld gevraen soms selfs uitgevloek.

Die plek waar openbare telefone op die stoepvoor die winkels aangebring is, word as slaapplekgebruik. Mnr. Benjamin Mowers, bestuurder vandie slaghuis, beaam dit en sê hulle moet soggenseers die stoep was en ontsmet voordat hulle huldeure kan oopsluit.

Verskeie klagtes oor dié situasie is ook al bydie gesondheidsafdeling van die Kaapse Wyn­land Distrikmunisipaliteit (KWDM) ingedien.Hul korrespondensie aan die Breedevallei Muni­sipaliteit rakende dié probleem loop op niks uitnie.

Intussen ruim die KWDM by geleentheid dieperseel op wanneer skoonmaakaksies in dié areaplaasvind.

Mnr. John Levendal, uitvoerende onderburge­meester van die Breedevallei Munisipalitei enlt.kol. M. Pillay van die plaaslike polisie, het dieperseel Dinsdag besoek om hulle te vergewis vandie omstandighede en toekomstige optrede te be­plan. “Ons doen ons plig,” het Levendal hy verse­ker.

Die oop grond waarop die haweloses ingetrekhet, behoort aan die Breedevallei Munisipaliteit.

Volgens die munisipaliteit se woordvoerder,mnr. Johan Botha, word die toekomstige gebruikvan dié erf tans oorweeg. “Die raad is ook in dieproses om aanstellings en die opleiding van per­soneel aswetstoepassingsbeamptes teondersoek.

Volgens Botha sal dit hul taak sal wees omdie onderskeie munisipale ordonnansies toe tepas.

CANSA vergader: Die CANSA­ondersteuningsgroep vergader Dinsdag 13 Septemberom 18:00 by die Worcester Medi­Clinic en het sekere temas wat bespreek word. Hierdie maandse bespreking is CANSA “Smart Choices”. Alle oorwinnaars en familie van kankerpasiënte worduitgenooi. Belangstellendes kan Amelia Niemand by 0 072 455 1611 vir bevestiging van bywo­ning of meer besonderhede rakende die groep bel.

Bahá’i-geloof: Voorleggings en gebede uit die geskrifte van die Bahá’i­geloof en ander gelowesal oor die tema “Die betekenis van lyding” op Dinsdag (27 September) gehou word. Navrae is welkomby 0 023 347 7537.

Woordfees: Die US Woordfees se Versindaba word vanjaar op 23 en 24 September opStellenbosch aangebied. Die gewilde “troebadoer van Worcester”, Floris Brown, word hier vereer.Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans bied ’n profiel aan oor Brown, wat ’n besonderegroot aanhang in Nederland geniet. Charles Beukes en Michael le Cordeur gesels oor die woord­kunstenaar se lewe en loopbaan, waarna die digter geleentheid kry om repliek te lewer.

Page 4: Worcester Standard 08-09-2011

4 STANDARD 8 SEPTEMBER 2011 NUUS

Camara-saak duursteeds voortHILDERINE SCHRÖDER

DIE ondersoekbeampte in die AbelCamara­moordsaak, ao. MatthysCarstens, kon vandeesweek onderstrawwe kruisondervraging geen re­des gee vir gebrekkige tydaandui­dings op waarskuwingsverklaringswat hy van die mans wat tans tereg­staan op mnr. Camara (69) se moordgeneem het nie.

Die binneverhoor om die toelaat­baarheid van bekentenisse wat die be­skuldigdes afgelê het vas te stel, isMaandag (5 September) met Carstensin die getuiebank hervat.

Die vier beskuldigdes, mnre. AshleyManukula, Samora Manisi, ThanduxoKhohlakale en Allie Mphumlo, voer al­mal aan dat die bekentenisse wat hulleafgelê het onder dwang gedoen is náhulle deur polisiebeamptes aangerandis.

Carstens kon vandeesweek geen ver­klaring gee waarom die waarskuwings­verklaringswathyvandiebeskuldigdesafgeneem het in sommige gevalle slegsvyf minute geneem het nie.

’n Waarskuwingsverklaring stel ver­dagtes in kennis van hul regte indienhulle sou besluit om ’n bekentenis afte lê.

Hy kon ook nie verduidelik waaromsekere opsies vervat in dié verklaringnie deurgehaal is en daar nie by dié op­sies geparafeer is nie.

Hy het ook geen verklaring gehad virdie feit dat Khohlakale nie sy waarsku­wingsverklaring onderteken het en

daarmee aangedui het dat hy sy regteverstaan nie.

Carstens het egter ontken dat diewaarskuwingsverklarings eers ná diebeskuldigdes hul bekentenisse afgelêhet saam met ’n stapel ander papierein hul hande gedruk is vir hulle om teonderteken.

Volgens Carstens het hy by tye soos’n buitestander in die ondersoek na Ca­mara se moord gevoel.

Volgens hom is die grootste deel vandie ondersoek, insluitend die arrestasieen ondervraging van die beskuldigdes,asook reëlings ten opsigte van die aflêvan hul bekentenisse, deur die polisiese georganiseerde misdaadeenheid inBellville­Suid hanteer.

Camara isop29Desember2007voorsy kuierplek op Rawsonville doodge­skiet. Hy was ’n gesiene sakeman opRawsonville.

Volgens Carstens het hy die eerstekeer met die onderskeie beskuldigdeste doen gekry ná hulle in hegtenis ge­neem is.

Die ondervraging van al vier die be­skuldigdes, het hy verder getuig, is deurbeamptes van georganiseerde misdaadby hul kantoor in Bellville­Suid han­teer. Volgens hom was hy glad nie bytoe die beskuldigdes ondervra is nie.Dít, het hy bygevoeg, was nie sy eiekeuse nie.

Volgens Carstens was hy geensinsbetrokke by die afneem van enige vandie beskuldigdes se bekentenisse nie enis hy slegs versoek om hul waarsku­wingsverklarings te neem.

Die verhoor duur steeds voort.

Which food with which wine?HILDERINE SCHRÖDER

WHAT do you get when the Breedekloof decides to pairsome of the area’s best wines with the mouth­watering dishesof a talented chef?

The answer would be an unforgettable evening filled notonly with good food and wine, but also great conversationand laughter.

A small group of people were lucky enough to attendthe Breedekloof food and wine pairing event held at OpstalEstate last Friday (September 2).

This was the second time the Food and Wine evening hadbeen hosted, says Ms Melody Botha, Chief Executive Officerof Breedekloof Tourism.

The first was held in 2009 as part of the celebrations forthe 350th anniversary of the wine industry.

“The evening was such a huge success, that we decidedto make it an annual event. Unfortunately, due to unforeseencircumstances, we could not host the event in 2010,” sheadds.

The event was initiated as part of the Breedekloof region’sconstant effort to position itself as “much more than a wineroute”, says Botha.

“We are always looking for new and innovative ways toshowcase our world­class wines.”

The decision to host an event of this nature was madein order to showcase the region’s wines in a different way,she adds. “Our wineries already perform so well at wine

shows such as Veritas, Michelangelo and the Young WineShow and we didn’t want to differ from that, but rather offerguests a fun, interactive evening where they get to taste diffe­rent wines with a specific menu.”

Wineries were asked to enter their wines they thoughtwould best complement a specific menu. This was not acompetition in the sense that wines were awarded first orsecond prize, gold or silver awards, but rather that the bestBreedekloof wines be identified to accompany specificallyselected dishes.

This selection was made by a panel of five judges, MrDuimpieBayly, andMmesWinnieBowman,Ginette deFleu­riot and Anelda Greeff, who tasted the wines which wereentered along with the evening’s menu.

It was then left to the guests to decide which of the wines,served along with each of the dishes, they preferred.

The acclaimed South African­born chef Neill Anthonypulled out all the stops to treat guests to the best with astarter of poached and roasted quail, white onion puree, babycabbage and grain mustard, followed by smoked salmontrout, horse radish chantilly and white bean vinaigrette. Themaindish consistedofbraised lambshoulder, aubergine cavi­ar, fennel, chick peas with whipped lemon curd, salt caramelpeanut brittle and ginger espuma for dessert.

According to Botha, the success of the two events hasled Breedekloof Tourism to consider taking the event to Gau­teng and KwaZulu­Natal later this year. “This is a wonderful­ly different opportunity to showcase our wines,” she adds.

Guests at the Breedekloof Food and Wine event last Friday were treated to mouthwatering dishes, teamedup with the best wines the region has to offer. Photo: Hilderine Schröder

Kivedo lei skool se boomplantseremonieLAURENTIA ROBERTSON

PAULUS het geplant, Apollos het ge­water, maar dit was God wat dit laatgroei het.

Só het rdl. Basil Kivedo, uitvoerendeburgemeester van die Breedevallei Mu­nisipaliteit (BVM), Maandag aange­haal by ’n boomplantseremonie in oor­eenstemming met Boomplantweek bydie Rawsonville Primêre Skool.

“Die hoofdoel van Boomplantweekis om mense aan te moedig om veralinheemse bome te plant en in te lig oordie belangrikheid en waarde van bomein die omgewing,” sê mnr. Morton Ar­

ries, hoof van omgewing en rekreasieby die BVM.

Kivedo het voorts vir leerders ver­duidelik dat ons opdrag gegee is om dienatuur te bewaar. “Daai boompie,” hetna die boom wat hy later sou help plant,verwys, “waak ook oor julle en sal eenvandiedaevir julle skadubied.Soworddit ook deel van Rawsonville Primêr.”

Volgens me. Winifred Hurling,skoolhoof by Rawsonville Laerskool, isboomplantery vir die skool belangrik.Die eerste boom wat op die skool ge­plant is, is destyds deur ’n gewese mi­nister van opvoedkunde mnr. CameronDugmore geplant, het sy gesê.

Vandie leerdershetmet ’nopvoeringoor die belangrikheid van bome ook hultalent en leesvaardigheid ten toon ge­stel.

Die BVM ondersteun vanjaar Boom­plantweek met die volgende boomplan­taktiwiteite wat vir September beplanis:

. Maandag 12 September by Breed­erivier Sekonder

. Dinsdag 13 September by dieWorcester Voorbereidingskool

. Woensdag 14 September by Wor­cester Gimnasium

. Donderdag 15 September by Al­fred Stamper Sekondêr.

Die leerders het ’n opvoering gelewer oor die belangrikheid van bome.Bome bied kos en skuilplek vir diertjies, sowel as suurstof vir die voort-bestaan van die mens. Foto: Laurentia Robertson

Page 5: Worcester Standard 08-09-2011

NUUS STANDARD 8 SEPTEMBER 2011 5

Raadsvergadering stormagtigLAURENTIA ROBERTSON

DIE eerste sitting van artikel 79­ko­mitees in die geskiedenis van dieBreedevallei Munisipaliteit wasDinsdag kort ná sy opening in chaostoe die geldigheid daarvan bevraag­teken is.

Eers ná meer as twee ure van debat­voering, en toe oposisiepartye die ver­gadering verlaat het omdat besluitne­ming in die vergadering volgens dieANC­hoofsweep, rdl. ElizabethBushwana, “eenkantig” is, is die eerste

punt op die agenda aangeraak.Die omstredenheid het begin toe rdl.

Hendrik Bosch Willemse die speaker,rdl Antoinette Steyn, daarvan beskul­dig het dat sy sy (Willemse) se inteli­gensie onderskat.

Hy het gesê die vergadering kan nievoortgaan nie omdat ’n resolusie by ’nvorige raadvergadering ingestel is omeers drie verskillende regsopinies rond­om die wetlikheid van artikel 79­komi­tees, soos vir die raad voorgestel, in tewing.

Tydens Dinsdag se debat het rdl. Pa­trick Marran ook gemeld dat ’n koste­

beraming vir die komitees nie, soosaangevra, ingedien is nie.

Hy het bygevoeg dat die ANC nognie die name van persone wat in die ko­mitees sou dien deurgegee het nie endat dit deelname van die party by dievergadering sou belemmer. Rdl. Frankvan Zyl het gesê dat deur te versuimom so te doen, die ANC net homselfin die voet geskiet het.

Rdl. Ceraj Ismail het weereens symisnoeë te kenne gegee dat hy as demo­kraties verkose wyksraadslid uitgesluitis van sekere komitees waarop hy terug­voer moet gee aan sy kiesers.

In sy repliek op ’n stelling van VanZyl dat die DA die getalle het om dievergadering deur te voer, het rdl. LesRichards versoek dat uitstaande sakeondersoek word voor die vergaderingvoortgaan.

“Selfs meerderheidspartye kan foutemaak,” het hy gesê.

Ná die speaker en die hoofswepe ver­gader het, het rdl. Joseph Januarie rdl.Thys Blom daarvan beskuldig dat hytydens die pouse herhaaldelik na homas ’n boggom (of bobbejaan, soos Janu­arie dit geïnterpreteer en aan die raadoorgedra het) verwys het en Blom as

’n absolute rassis bestempel.Niks is aan die saak gedoen nie om­

dat Blom die beweerde opmerkingskommentaar buite die vergadering ge­maak het.

Die debat het sy hoogtepunt bereiktoe die DA ná ’n kort koukus met ’nvierblad­regsopinie van die SA Plaasli­keregeringsvereniging (SALGA) te­rugkeer. Die DA is weer daarvan be­skuldig dat hy deelnemende demokra­sie as ’n vertoonskerm gebruik.

Daarwasglogeensprakevan ’n regs­opinie in die vergadering tussen diehoofswepe nie.

Fees-pret: DieNGKerkWorcester-NoordseTussenOns-fees wat onlangs gehou is, was ‘n reuse sukses. Daar wasaktiwiteite vir oud en jonk en hope vermaak om ieder en elkure lank besig te hou. Foto: Hilderine Schröder

Plesierige lente: Inwoners van Huis Brevis is verlede Donderdag(1 September) bederf toe die kleingoed van ’n plaaslike dagsorgsentrumvir hulle blomme geneem het. Die kindertjies is deur mee. Susan Spiesen Madelein Stein vergesel. Foto: Verskaf

Page 6: Worcester Standard 08-09-2011

6 STANDARD 8 SEPTEMBER 2011 GEMEENSKAPSNUUS

Wenda Theron in aksie. Foto: Verskaf

Oud-CW-atleetbehaal haar eiebeste oorseeCHRISTINE SMIT

SY hardloop al vandat sy kan onthou ­ en ditwas van kleintyd af en omdat sy uit ’n sportfa­milie kom, het dit mettertyd haar passie ge­word.

Aan die woord is Wenda Theron (23), die Suid­Afrikaanse atleet en oud­Worcesteriet wat pasvan Daegu, Suid­Korea, gekom het waar sy aandie Wêreldatletiek­kampioenskappe deelgeneemhet

’n Onvergeetlike ondervinding, vertel sy in ’ne­pos terwyl sy op die Hong Kong­lughawe oppad terug gewag het.

“Dit was ’n ongelooflike ervaring om op hier­die vlak saam met die bestes in die wêreld te konhardloop. Ek het ’n wyer siening gekry oor watek graag in die toekoms wil bereik,” vertel syoor hoe sy die byeenkoms ervaar het en waar sytot die halfeindronde in die 400 m­hekkies deur­gedring het.

Vir dié vlugvoetige atleet, wat in 2006 hoof­meisie van Worcester Gimnasium was, is presta­sies, podiumplekke en medaljes niks ongewoonnie. Haar lys prestasies is indrukwekend – sy hetdit immers as tjokkertjie begin inryg.

Maar die hoogste vlak wat sy in haar loopbaanbereik het, is volgens haar haar deelname in Dae­gu.

“Ek het my persoonlike beste daar gehardloop

(56,13) en amper ’n perfekte wedloop gehad,”vertel die atleet wat onder andere as Suid­Afrikase Junior Sportvrou van die Jaar bekroon is –benewens verskeie SA rekords wat sy agter haarnaam skryf en medaljes wat sy verower het.

Oor haar oefenprogram is sy nogal geheimsin­nig – “nie iets wat ons vir almal verklap nie”,maar sê dit behels onder meer ’n variasie vanstrek, bande sleep, spoedwerk, sessies in die gim­nasium, uithouvermoë­oefeninge en ander ses­sies. Haar afrigter is Hennie Kotze.

Theron het al die wêreld oor aan kampioen­skappe deelgeneem, waaronder Marokko, Aus­tralië, Mauritius, Namibië, China (Beijing enShenzhen), Burkina Faso, Belgrado (Serwië) enKenia. Maar die afgelope byeenkoms in Daeguwas in ’n klas van sy eie, vertel sy. “Mens voelnogal klein tussen al die groot name.”

Verblyf, kos en oefengeleenthede was onge­looflik en vir almal beskikbaar.

Haar groot droom is om in die finaal by dieOlimpiese Spele te hardloop. As finalejaar­Tuk­kiestudent (sy en haar groot, gesellige huisgesinwoon in Pretoria) is sy besig met haar graad indieetkunde.

Sy het groot lof vir haar gesin – en ’n spesialevriend–wathaar ongelooflikondersteun.Asdaartyd is, lees en kuier sy graag by vriende.

Maar dit is duidelik waar dié begaafde atleetse hart lê – op die atletiekbaan waar ’n blink toe­koms op haar wag.

Vallei staan uit bo anderLÍOMEE VAN DER MERWE

TOERISME verenig kulture met mekaar.Só lui die tema van vanjaar se Toerismemaand

wat verlede Donderdag (1 September) begin het.Belangegroepe van regoor die Kaapse Wynland

het by die Worcester Museum vergader om diemaand se opening saam te vier.

Volgens die uitvoerende burgemeester van dieKaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM),rdl. Neels de Bruyn, bied die Wynland se distrik’n kaleidoskoop van kultuurgroepe wat ’n groottoerisme­aantreklikheid is.

“Kultuurgroepe se verskille moet nie gebruikwordommekaar verder uitmekaar te dryf nie,maardie unieke krag moet eerder gebruik word om ons

diversiteit in eenheid te vier,” het De Bruyn voortsgesê.

Hy glo ook dat die diversiteit van die verskillen­de kultuurgroepe steeds nie genoeg gevier wordnie.

Die besondere skoonheid wat gepaard gaan metdie rykekaleidoskoopvankultuurgroepe,wordookondermyn.

Volgens De Bruyn moet die verskeidenheid inkultuurgroepe oor die land en in die distrik as voor­deel gesien word. “Ons staan uit bo baie ander.”

Verskeie instansieshetproduktewat indieValleivervaardig word, by dié geleentheid uitgestal.

’n Sanger van Robertson, Lizette Janse vanRensburg, het die gehoor bemoedig met haar gees­telike liedere.

By die opening van Toerismemaand verlede Donderdag (1 September) is (van links) rdle.Basil Kivedo (uitvoerende burgemeester van die Breedevallei Munisipaliteit), Jakobus duToit (bestuurder: toerisme in die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit) en Neels de Bruyn(uitvoerende burgemeester van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit). Foto: Verskaf

Page 7: Worcester Standard 08-09-2011

GEMEENSKAPSNUUS STANDARD 8 SEPTEMBER 2011 7

Grace Houseborrel oorHILDERINE SCHRÖDER

VROLIKE kindergelag begroet jou by die deurvan Grace House in Baringstraat.

Skaars twee maande gelede was dié huis nogso te sê leeg. Nou bruis dit egter van energie enpret.

Terselfdertyd is die Worcester Christen Ge­meente sedroomom’nveiligehaweaanweerlosekinders te bied, verwesenlik.

Grace House is nou die tuiste van vier kinders.Die jongste is ’n brose twee maande oud.

Die Pio­egpaar, Wicus en Tonya, wat pleegou­ers vir die kinders is, is ook tydelik Ma en Pavir twee sussies van nege en vyf onderskeidelik,en ’n vierde dogtertjie wat ook vyf jaar oud is.

Diekinders, vertelWicus, komalmalvanhuisein die nabye omgewing.

Sedert die Standard die eerste keer oor GraceHouseberighet, vertelWicus,het sy toekomsdro­me vir die kinders wat by dié pleegsorghuis onderhul vlerke beland, baie verander.

Vroeër wou hulle graag die kinders bystaanvandiedagwat hulle die eerste keer oordiedrum­pel tree tot hul universiteitsloopbaan, sê Wicus.

Nóú mik hulle daarna om die kinders weer te­rug by hul eie gesinne te plaas.

“Ons harte is nou dat die kinders se ouers sesituasie só verander dat hulle weer ’n heel gesinkan wees.”

Dis vir hulle moeilik om nooit seker te weeshoe lank die kinders by hulle gaan wees nie.

“Maar,” sê Wicus, “die Here sal ons nie in diéjob sit as Hy ons nie ook able daarvoor maaknie.”

’nSuksesresepvir ’nhuisvolkinderswatalmalverskillendeagtergrondehet, is roetine, sêTonya.

Die kleingoed hou haar op haar tone, erkensy, maar sy geniet elke oomblik daarvan.

Haar dogter Leonie (15) is haar regterhand,voeg sy by. Die kinders kyk almal op na haaren sy speel ’n groot leidende rol.

Al die kinders, voeg Tonya by, het hul eie kleintakies wat hulle moet doen.

Een sorg dat die jongste spruit se doekesakaltyd gereed is, ’n ander sorg vir die bottel, nogeenvir diekombersiewatmoet saamgaanashulleiewers heen gaan.

En al weet hulle nie aldag wat vir hulle endie kinders in hul sorg voorlê nie, vertrou hullevolkome op die Here.

Dit is vir hulle wonderlik om die Grace Housese kleingoed te sien groei en ontwikkel, maarhulle hoop, bid en vertrou dat daar vir elke hoof­stuk van die lewensverhale waarvan hulle deelis, ’n gelukkige einde sal wees en dat die gesinnewaarvandiékindersdeel is,weerheel engelukkigsal wees.

Leerders móét veilig ryLÍOMEE VAN DER MERWE

SKOOLVERVOER is deesdae vir talle ouers niemeer ’n verligting nie, maar eerder ’n bekom­mernis.

Lig is die afgelope week op die veiligheid vanskoolvervoer gewerp ná die Rheenendal­busrampbuite Knysna.

Me. Helen Zille, die Wes­Kaapse premier, hetook vandeesweek ouers en kinders aangemoedigom enige ongerymdhede aangaande die veiligheidvan busse aan te meld.

Probleme by oplaaipunte moet deur die ouersby die skoolhoof aangemeld word, wat dit weermet die distrikkantoor moet opneem, sê mnr. Clif­

ton Frolick, direkteur van die Kaapse Wynlanddi­strik se onderwyskantoor.

Tog bly die handhawing van dissipline op diebus die skool se verantwoordelikheid.

Die departement van onderwys het ’n leerder­vervoerskemabeleid in plek waarvolgens alle rol­spelers se rolle en verantwoordelikhede duidelikuitgespel word ten einde te verseker dat leerdersveilig vervoer word, meen Frolick. “Werkswinkelsis verlede jaar dwarsdeur ons hele distrik gehouom leerders se veiligheid te verseker.” Hy sê ookdat opvolgsessies reeds na aanleiding van onlangsebusongelukke in die vooruitsig gestel is.

Die departement het streng reëls envoorwaardeswat die toestand van busse voorskryf en gereeldetoetse vir padwaardigheid insluit, asook die verse­

kering dat elke leerder van ’n sitplek op ’n busverseker moet wees.

Daar is ’n voorgeskrewe veiligheidsnagaanlyswat elke skool gereeld in stand moet hou, met dienverstande dat enige gebreke onmiddellik onder dieaandag van die distrikkantoor gebring moet word.

Hierbenewens doen distrikkantoorbeamptesook periodieke businspeksies. Frolick sê indien ditnodig is,moetkontrakteurshul voertuie aan ’npad­waardigheidstoets by ’n geregistreerde toetssen­trum onderwerp.

Hierdie voorwaardes is vervat in die kontraktewat met elke operateur gesluit word, sê Frolick.

“Daar is tans 113 leerdervervoerskemas watdeuronsdistrikbestuurword.Ongeveer2 414 leer­ders word per week in ons distrik vervoer.”

Page 8: Worcester Standard 08-09-2011

8 STANDARD 8 SEPTEMBER 2011 GEMEENSKAPSNUUS

’n Fees vir ’n ieder en ’n elkNAOMI THERON

KOM dans vir ’n goeie doel – en metdieopbrengsvandieBESTofBOTH­feesdans sal die Hoop in Nood­projekeen van die instansies wees wat daar­by gaan baat.

Die BEST OF BOTH­fees en ­dansword op 17 September deur die Vrybur­gers van Worcester, in samewerkingmet die Standard, aangebied. Die Vry­burgers is ’n nie­winsgewende diensor­ganisasie en die geld wat deur projektedeur die loop van die jaar ingesamelword, word aangewend in die vorm vangemeenskapsprojekte en skenkings aanverdienstelike organisasies.

Die Hoop in Nood­projek is op diebeen gebring deur die Vryburgers vanWorcester in samewerking met die In­stituut vir Blindes, die Pionierskool endie Pionierdrukkery om behoeftiges indie gemeenskap te help.

Dansliefhebbers kan ’n bydrae maakdeur BEST of BOTH ­danskaartjies tekoop en die aand te kom geniet. Diedans, wat ’n schnitzel­ete insluit, isslegs R120 per persoon. Die SA kampi­oenboereorkes, die Kaapse Affodille,wat die aand optree, word deur die Gol­den Valley Casino geborg. Die KaapseAffodille speelboeremusiekmet ’nmo­derne aanslag en volgens die mense vanGansbaai en Uilkraalsmond, waar daar’n rukgelede ’n soortgelykedansgehouis, maak hulle die lekkerste dansmu­siek! Die gewilde Karin K, wat ooksaammetdieorkesgaansing,hetvroeërin die musiekbedryf bekendheid ver­werf deur die Cresendo­wenner te weesasdeel vandiegroepTake5, asook indi­vidueel as Karin Olivier. Bespreek joudanskaartjie by Janneke by

0 023 342 8710.Weet jy hoe die plaaslike kelders se

nuwe wyne proe? Dan is 17 Septemberook net die ideale geleentheid om ditvas te stel en ook om jou eie kelder enspensaan tevul endiewyneopdieWor­cester Wyn en Olyfroete te kom proeen te waardeer.

Die BEST of BOTH­fees bied wynevir ’n ieder en ’n elk se smaak. Komproe wat jou welgeval en koop dan teenkelderpryse vir jou privaat versame­ling. Hou jy van vrugtige droë witwyneof gesofistikeerde houtverouderdechardonnay met botter­ en karamelgeu­re? Het jy geweet om ’n rooiwyn te ge­niet is een van die maklikste dinge indie wêreld? Pinotage, ons eie eg­Suid­Afrikaanse kultivar, is heerlik saam metbobotie en kerriehoender. Cabernetsauvignon, shiraz en merlot is ideaalsaam met biefstuk, braaigeregte en pot­jiekos. Uitstekende hanepoot jerepiko,muskadel en port kan ook geproe word.

Moenie van Worcester se eerste CapClassique­wyn, Cravate van De WetKelder, vergeet nie! Hierdie spesialechardonnay­vonkelwyn, geproduseervolgens die Franse sjampanje­metode,sal ook op die BEST of BOTH­fees teproe wees.

Teen slegs R40 per volwassene, wat’n wynglas insluit, kan Saterdag 17September ’n avontuur word van geureen smake.

Moet asseblief nie die kos ter sydestel nie. Die drie olyfplase, WillowCreek, Olivae en Olyfberg, bied hulnuutste olyfprodukte aan.

Verskeie ander kosstalletjies sal ookheerlike items beskikbaar hê soos Adis­hatz French Bistro, Daly­brood, Spik­kel tuisgemaakte produkte en talle an­der lekkernye. Karin K Foto: Verskaf

Page 9: Worcester Standard 08-09-2011

GEMEENSKAPSNUUS STANDARD 8 SEPTEMBER 2011 9

Support for Eden: At this year’s Casual Day Brandvlei ManagementArea sold 300 tickets in support of Eden School for Learners with Special EducationalNeeds (LSEN). R3 000 was collected. From left are wokers of Brandvlei ManagementArea Ms Linda Fortuin (area coordinator of corporate services), Mr Duncan Jackson (dres-sed as one of the Jackson Five), Deneese Padayachee (dressed as Cindy Lauper) andLouwna Laubscher (area coordinator of special programmes). Photo: Supplied

Loslittig! Diepersoneel van Hex-tex het ook hul on-dersteuning vir per-sone met gestremd-hede op Loslitdaggetoon.Foto: Verskaf

Wees ’n rockster:Jy kon jou droom om ’nrockster te wees met van-jaar se Loslitdag uitleef -soos die Breedevallei Ver-eniging vir Persone met Ge-stremdhede (APD) hierwys. Die dag is die inisiatiefvan die Nasionale Raad virPersone met LiggaamlikeGestremdhede inSuid-Afri-ka en geld wat met die ver-koop van kaartjies ingesa-mel word, word aange-wend vir bewusmaking enmaatskaplike dienste watdeur takke soos in Breede-vallei aangewend word.Fo-to: Verskaf

Ruk daai lyfie! Lizette Nieu-woudt van Protektum Makelaarshet met vanjaar se Loslitdag huldegebring aan die koning van rock ’nroll, Elvis Presley. Foto: Verskaf

Op die krukkelys: Die apteekspan van die Worcester Medi-Clinic het Vrydag hulkreatiwiteit uitgeleef. Voor (van links) is Sylvia Arries, Patricia Januarie, Nicky Jones enRita Steyn. Agter is Lizette van West, Charmaine Thiart, Jolene de Kock en Barendinevan Deventer. Foto: Verskaf

Page 10: Worcester Standard 08-09-2011

10 STANDARD 8 SEPTEMBER 2011 HOOFARTIKELBLAD

Die dwaas dink daar is geen God nie.Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is

’n gruwel vir die Here. Daar is nie een wat goeddoen nie.

Van die hemel af kyk die Here die mense deurom te sien of daar één verstandige is, één wat nadie wil van God vra. Almal het afgedwaal, die laasteeen het ontaard; daar is niemand wat goed doennie, selfs nie één nie.

Julle almal wat onreg pleeg, wat my volk opeetasof julle brood eet en wat weier om die Here tedien ­ weet julle dan nie dat daar iets vreesliks metjulle gaan gebeur nie? Omdat God aan die kantvan die regverdiges is, sal daar niks kom van julleplanne teen die hulpelose nie: die Here bly sy toe­vlug.

Psalm 14:1-6

Het ons Vallei sy eie gereg?DIT lyk my daar is ’n vasge­stelde resep waarvolgensTV­aanbieders geregte proe.Kyk maar na programmesoos Pasella en Top Billing.’

Dieaanbiederproediege­reg, wys ’n duim na bo, skudsy kop van noord na suid,dink ’n bietjie aan die gepas­te woord en sê dan iets soos“heerrrlikkk” of “wow” of“mmmmmm”. Vir afwisse­ling maak hy die klassiekeOK­teken ­ ’n sirkel met sylinkerduim en wysvinger endie ander vingers penorent.

En dis daai oomblik wathy oor die saak moet dink

wat my laat asem ophou.Gaan hy vanaand ’n moord­kuil van sy hart maak of syeerlike opinie uitspreek?

Nooit, maar nooit het ’naanbieder iets slegs te sê oordie gereg wat vir hom aange­bied word nie. Of hy nou af­val op De Aar proe of ’n vis­gereg op die Weskus sestrand op die proef stel.

Die feit dat elke aanbiederbyna dieselfde woord ge­bruik, laat my wonder of hyvoorgesê word of sy eie me­ning uitspreek, Maak niesaak of hy in Afrikaans opSABC2 of in Engels op ’n

ander kanaal aanbied nie.Verder wonder ek wat ons

vir die aanbieders gaan aan­bied wanneer hulle ’n episo­de vir die reeks(e) in onspragtige vallei kom opneem.

Die Karoo is bekend vir sysmaaklike skaapvleis. In diebrief hieronder beloof mevJordaan juisvir ’n Worceste­riet ’n vleisie uit Fraserburg.

Maar, Worcester is nog indie Voor Karoo.

Wat van waterblomme­tjiebredie? Dis immers sin­oniem met die Boland.

Ek sou graag wou by weesmet die maak van die pro­gram. Net om my teorie tetoets, wil ek peper op diebredie gooi.

Ditmoet so ’n dik, donkerlaag vorm. Sommer met ’nrooi rissie fyngemaal tussendie blare van die bredie.

Dankykonsof die aanbie­der ’n woord kan rep terwylsy keel brand en sy oëtraan.Dis mos beter om g’n

woord te sprak as om ’n on­eerlike woord te uiter nie.

Dis ook ’n goeie rede omhom ’n glasie rooiwyn aante bied .Dis een ding waaroorons nie hoef te twyfel nie.

Op ons wyne kan onsroem, al het ons nie ’n geregom ons eie te noem nie. Vandie droogste onder die droë­wyne tot die soetste soetwy­ne het al toekennings inge­palm.

Intussen, wyl ons wag virons wyne om op ’n TV­pro­gram te verskyn, drink onsdit terwyl ons die Wêreldbe­kerrugby op tiewie kyk.

Lewer kommentaar op berigte, briewe en ander in­houd in die koerant deur ’n SMS te stuur. Die Stan­dard hoor graag jou mening.

Rig u briewe aan:Die Redakteur, Standard

Posbus 31, Worcester, 6849e­pos­adres: [email protected]

Alle briewe moet geteken wees en die skry­wer se naam, telefoonnommer en adres be­vat. Skuilname sal slegs gebruik kan wordwanneer die briefskrywer voldoende regver­diging daarvoor kan aanvoer. Die spertyd vir

briewe is Vrydag 14:00, hoewel briewesteeds kan oorstaan.

8 SEPTEMBER 2011

BOOMPLANTDAG soos ons dit in dieverlede geken het, duur deesdae ’n heleweek of langer.

Wat goed is, want ’n dag is te kort omalles ingepas te kry. Om bloot net bomete plant, is nie genoeg nie. Die hoekom endie waarom daarvan moet, eerder as netdie plantseremonie, deeglik by inwoners,veral ons kinders, ingeskerp word.

Mense moet weet waarom bome geplantword, watter bome om waar te plant en hoeom dit te versorg. Behalwe vir die estetiesesy daarvan, moet die waarde wat bome virdie omgewing inhou, waardeer word.

’n Groen, boomryke omgewing is nie netaangenaam om in te woon nie, maar voegwaarde by die voorkoms van enige dorp.

Maar saam met die plant van bome komverantwoordelikheid. En dit is waar die in­woners ’n rol te speel het. Die BreedevalleiMunisipaliteit verskaf meeste van die bo­me en versorg dit, maar ons as inwonershet ook ’n plig om daarmee te help sodatdit vir ons suurstof enskadugeeenaardver­warming help voorkom.

En net so boomryk soos Johannesburgkan word wat vandag met die grootstemensgemaakte woud ter wêreld spog.

Plant bome

ParkeeronwettigMORNE VAN DER MERWE vanWorcester skryf:

Ek is ’n blinde persoon wat woon­agtig is op Worcester.

Soos ek deur die strate beweeg, ver­al in Kerkstraat by Sars, is ek verbaashoe baie motors geparkeer staan opdie sypaadjie. Een spesifieke dag hetek in ’n motor vasgeloop wat, ewe ge­trou,opdie sypaadjienabySarsgepar­keer was.

’n Verbyganger het my meegedeeldatdaarduidelikebordeopgerig iswatmotoriste in kennis stel dat parkeringop die betrokke plek verbode is. Soosek en die verbyganger gepraat het, het’n verkeersbeampte verby gery enniks gedoen nie.

Ek het dadelik die verkeersdeparte­ment gekontak om dit aan te meld.Hulle het my meegedeel dat dit dieboetebessies se werk is om motors teskryfwatop sypaadjies staan.Diever­keersbeamptes wat patrolleerwerkdoen, het niks daarmee te doen nie.

Ek sou graag net wou hoor hoekomkan ’n gewone patrollie niks omtrentdie saak doen nie.

Mnr. Johan Botha, woordvoer­der van die Breedevallei Munisipa­liteit, lewer as volg kommentaar:

Eerstens dankie aan mnr. van derMerwe dat hy die probleem aange­meld het.

Die parkering of stilhou van voer­tuie op sypaadjies word deur wetge­wingverbied.Dieklagte isdadelikon­dersoek en deur senior verkeersperso­neel opgevolg. Die betrokke voertuigwas egter reeds verwyder en kon geenregistrasiebesonderhede van die voer­tuig verkry word nie.

Dit dien gemeld te word dat ver­keerswetstoepassing voortdurend op

oortreders uitgevoer word en dat hier­die verantwoordelikheid nie tot sekerepersoneel beperk is nie.

Die veiligheid van gestremde per­sone in die padomgewing bly vir dieverkeersdepartement ’n prioriteit engee die verkeershoof, mnr. HenryMalgas, die versekering dat allesmoontlik gedoen word om hul veilig­heid te verseker.

Die probleem van voertuie op sy­paadjies kom egter dikwels voor. Ditveroorsaak ongerief en skep vir veralgesiggestremde persone ’n gevaar. ’nBeroep word op die publiek gedoenom nie voertuie of enige ander op­struksie op sypaadjies te los nie.

Vriendeli-ke dorpMNR. ETIENNE BRUWER VANWORCESTER­WES skryf:

In reaksie op Verna Schultz se erva­ring dat Worcester se blanke menseonvriendelik is, wil ek graag die teen­deel bewys.

Sedert Januarie het ons verskeie ke­re Worcester besoek voordat ons onspermanenthierkomvestighet in Julie.

My eerste indrukke was dat alle ras­segroepe uiters vriendelik en bedag­saam is. Waar ons ookal gaan, hetsybesighede, winkels of op straat, groetvreemdelinge spontaan, iets wat niein die stad bestaan nie.

Dit het ons dadelik opgeval dat diemense hier goedgemanierd is. Ek hetvanaf Kaapstad, waar ek gebore is, mynó 62 jaar ontwortel om na hierdiepragtige dorp te verhuis, wat ek as ’nbaie goeie besluit beskou.

Ons voel veilig en rustig en bedankdie Worcesteriete wat ons verblyf aan­genaam maak. Of ek weer sal terug­keer Kaapstad toe? Nee, dankie.

Ongeloofoor daadME. MARGUERITE JORDAAN,van Sutherland skryf:

Ek wil ’n ongelooflike en pragtigestorie vertel – uitbasuin vir almal omte hoor.

Ons boer in die Sutherland­distrik.Wanneer ons Boland toe gaan, is daaraltyd ellelange “om te doen”­lysies.

Op 11 Augustus is ons vroegog­gend van die huis af. ’n Besige oggendop Worcester het voorgelê. DaarnaStellenbosch toe: doktersafspraak,kuier by ons studentekinders en oor­bly by ons goeie vriende.

Halfpad deur die oggend besef ekmet ’n yslike skok dat my beursie niein my handsak is nie. Meer as R1 600kontant, al my kaarte, rybewys, vuur­wapenlisensie en mediesefonds­kaart. Ken julle die sinkende gevoelvan ongeloof en paniek? Die moeilik­ste is natuurlik om net vir jouselfkwaad te wees.

My liewe, ondersteunende man hetsonder verwyt tevergeefs op ons sporeteruggery. Hy het wel onthou dat, netnadat ek voor Autacs Signs uitgeklimhet, ’n vrou langs die voertuig gebukhet om iets op te tel. Ons het besefdat my beursie uitgeval en natuurlikopgetel is.

My inkopielys is dramaties inge­kort enekhet myself opregbejammer.Ek het my kaarte dadelik gestop. Alwat manlief gesê het, was: “Sulke din­ge gebeur maar. Gelukkig is niemanddood nie.”

Die daaropvolgende Dinsdag netvoor eenuur lui my selfoon by die hos­pitaal waar ek as verpleegkundigewerk. ’n Vreemde mansstem vra ommet mev. Jordaan te praat.

Die stem sê: “My ma het Donder­dag ’n wallet in die straat opgetel. Ons

het gesien daar is kaarte en ’n klompgeld in, toe probeer ons die eienaarkry om dit terug te gee. Ek het na Fos­chini gekom, waar hulle mevrou senommer vir my gegee het.”

Glo julle my as ek sê dat ek heelte­mal verstom was en dommerig gestot­ter het? Ek het gevra en gehoor datsy naam Nelie Rasper is en sy ma s’nMaureen. Nelie het gesê dat alles indie beursie was, net soos Maureen ditopgetel het.

Al wat ek vir Nelie kon sê, was datek nie geweet het daar is nog sulkemense in die wêreld nie en dat hy mytrots maak om ’n Suid­Afrikaner tewees. Sy antwoord was: “Alle eer aanons Hemelse Vader.”

Ek het my beursie teruggekry ­ on­aangeraak tot op die laaste sent, behal­we vir die R400 wat ek gesê het Nelievir sy ma moes uithaal.

My kaarte was reeds almal gestopen in my hart het ek reeds die gelden lekker leerbeursie afgeskryf. Dievreugde en verwondering wat mydeurspoelhet,wasnieoordiematerië­le nie, al was ek natuurlik verlig.

Ek kan skaars die gevoel beskryf,dit het alles te doen gehad met diewonderlike besef dat mense nog goedis en dat ons in hierdie land meer daar­in moet glo.

Met my volgende Boland­besoekgaan ek beslis vir Nelie en MaureenRasper opsoek. Ek gaan ’n koelsaksaamneem met ’n spesiale Karoo­vleisie daarin.

DankieMNR. DONOVAN LANGISA vanRawsonville skryf:

Ek wil my waardering teenoor diepersoneel van SAID uitspreek vir diemanier hoe hulle hul werk onder drukverrig. Op 2 September, terwyl almalLoslitdag gehou het, moes hulle egterdeurloop onder die klaende gesangevan die moeilike publiek, aangesienhul rekenaarsisteem byna heeldag afwas. Vir geen oomblik het hulle onge­duldig geraak nie en het herhaaldelikverskoning vir die probleem gemaak.

Baie van ons moet leer dat nie allesin die hande van die personeel is nie,en dat selfs hulle in ieder geval niksaan die vertraging kan doen nie. Men­se moet hulself voorberei om heeldagdaar te wag en ander afsprake kansel­leer.

Dit het my die wonderlike geleent­heid gegee om te lees en te netwerkmet mense wat ek nog nie ontmoet hetnie. Ons moet soms ’n positiewe erva­ring skepuit ditwat negatief voorkom.

Om alles te kroon, verras die perso­neel ons met ’n koppie warm koffieof tee, volgens jou voorkeur.

Ek was die laaste persoon wat om16:15 gehelp is en die personeel wassteeds so vriendelik soos die oggend08:00. Besondere dank aan FabianAppies vir die dag se humor.

Brief verkort. – Red.

Page 11: Worcester Standard 08-09-2011

SKOLE STANDARD 8 SEPTEMBER 2011 11

Bolandkleure: Leerders van die Laerskool Gericke op Cereshet onlangs Bolandkleure in Gimnastiek verwerf. Voor (van links)is Stefan Groenewald, Jade van Niekerk en Anna-Mart Bakkes.Agter staan Stefan Bakkes en Lisché Snyman. Foto: Verskaf

Nommer een! RawsonvillePrimêreSkool is tansnommereenin die Boland. Die skool het ook onlangs vierde in die Wes-Kaapseskole-skaakkompetisie geëndig. Agter (van links) is Joulin Smith,Ashwin Rabie (kaptein), Franco Faroa en mnr. H. Voight. Voor isShimonea Tieties, Baroné Cupido en Ashwin Smith. Foto: Verskaf

Medaljevir koor:Die seniorkoor van Wor-cester PrimêreSkool het on-langs diehoogste pres-tasie van 95%by die plaasli-ke eisteddfodgekry. Hullewas ook dieenigste skoolwat ’nmedaljegewen het.Foto: Verskaf

Janeke vereer: WestelikeProvinsieWatersporthetSaterdag(3September) sy toppresteerders vandie jaar bydieStrandTowersHotel inKapstadvereer. JanekeMalanvanHTSDrostdy,watverle-de jaar die Standard en SuperSport se Let’s Play-wenner was, isook vir haar nasionale prestasies vereer. Links is mnr. Gerhard Lou-rens, nasionale verkoopsbestuurder van Sasko, wat die geleent-heid geborg het, saam met Malan. Foto: Verskaf

Afrikaans haar kos:Carli Smit ,’n graad 12-leer-der van Worcester Gimnasi-um, is die wenner van die na-sionale Taalbondeksamenwat die Suid-Afrikaanse Aka-demie van Wetenskap enKuns aangebied het. Sy hetook met ’n geldprys wegge-stap.Foto: Líomee van der Merwe

Page 12: Worcester Standard 08-09-2011

12 STANDARD 8 SEPTEMBER 2011 KALENDERBLAD

WOZA WEDNESDAYS! R22.00 ‘n KAARTJIEALLE TEATERS. ALLE VERTONINGS. ELKE WOENSDAG.

MOUNTAIN MILL WINKELSENTRUMPryse en tye mag verander sonder kennisgewing. Alle komplimentêre kaartjies is onderhewig van beperkings.

BESPREEK NOU BY: 0861 CINEMA / 0861 246362 /www.numetro.co.za / mobi.numetro.co.za

V E R T O O N T A N S

VRYDAG 9 SEPTEMBER – DONDERDAG 15 SEPTEMBER

COWBOYS & ALIENS

Fri-Thu: 09:30, 12:00, 14:30, 17:00, 19:30

JOCK OF THE BUSHVELD - 2D

Fri-Thu: 10:00, 12:30, 15:00, 17:30

ZOOKEEPER

Fri-Thu: 09:30, 12:00, 14:30, 17:00, 19:30

PG

V

PG

'N SAAK VAN GELOOF

Fri-Thu: 09:45, 12:15, 14:45, 17:15, 19:45

MONTE CARLO

Fri-Thu: 09:45, 12:15, 14:45, 17:15, 19:45

CONAN THE BARBARIAN - 2D

Fri-Thu: 20:00

PG

PG

Vrydag9September:BoomrocProductionsbied’n Country & Gospel­aand saam met StefaansBurden, Len Viljoen en Marius Swart om 18:30vir 19:00 by die Worcester­Vallei­kerksaal ten ba­te van ASD aan. Kaartjies is R30 per persoonen kan by André Opperman Oogkundige, MunnikJuweliers en Worcester­Vallei­kerkkantoor gekryword.9 en 10 September: Geklits met Stephanie Houghen Sophia Passerini is om 20:00 op die plankeby die Ou Meulteater in die Paarl. Kaartjies beloopR110 en kan by 083 564 0056 of vstem­[email protected] bekom word.Saterdag 10 September: Du Toitskloof Stap &Trap tussen die wingerde vir die hele familie byGevonden tenbatevandieNGKerkGoudini.Tallegelukkige pryse te wen en spys en drank te koop.Vir navrae, kontak082 978 7788ofbesoekgevon­[email protected], September 10: The NDTA presentsthe Boland Festival Ballroom and Latin Dancecompetition at Boland College at 13:00. Admissi­on is R65 and R55.Saterdag 10 September: Die Hoërskool Mont­ana onthaal vir spreker Rikert Botha. Die oggendsluit ’n ligte ontbyt in. Kaartjies R100 per persoon.’n Beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar. Virmeer inligting, bel Sarihana Whitehead by023 347 0476 of 082 695 3439.Friday, September 16: The Ou Meul Theatre inPaarl presents Mark Sampson’s Africa Clockwisestand­up comedy show at 20:00. Tickets are avai­lable at 083 564 0056 or from vstem­[email protected] 24 September: André Lotz tree by DuToitsKloofLodgeop.Bespreekby 023 349 1151.Vrydag 30 September: Peter Mitchell (Scots­man) tree by Du Kloof Lodge op. Kaartjies is R50per persoon. Bespreek by  023 349 1151.Saterdag 1 Oktober: Die Instituut vir Blindes­gospelgroep bied ’n sangaand om 19:00 in die Da­nie Lückhoffsaal, Tulbaghstraat, aan. Kaartjies(R10 vir volwassenes en R5 vir kinders) is by Har­ry Smith by 083 232 4191 te kry. Enigeen is wel­kom om ook ’n item te lewer.Saturday, October 22: Andriette Norman per­forms at Du Kloof Lodge. R80 per person.21 en 22 Oktober: Die NG Kerk Goudini bied’n Ester­konferensie aan. Die koste is R200 perpersoon, maar jy kan ook ’n donasie vir iemandanders maak (hoef nie die volle bedrag te weesnie). Belangstellendes kan die kerkkantoor by023 349 1711ofestergoudini@mb­net.co.zakon­tak vir meer besonderhede en besprekings.- Stuur inligting oor ’n geleentheid wat jy in dieValleikalender wil adverteer na 0 023 347 3639,of stuur ’n e­pos na Laurentia.Robertson@worce­sterstandard.com.

V A L L E I - K A L E N D E RV A L L E I - K A L E N D E RLuister gospel, countryCHRISTINE SMIT

SANG is in hul bloed. Talent hethulle in oorvloed. Aan selfvertroueis daar ook nie ’n tekort nie.

Marius Swart, Len Viljoen en Ste­faans Burden het boonop ’n begeerteom hul naaste in hul Godgegewe ta­lent te laat deel. En saam met DJ enklankingenieur en eienaar vanBoomroc Promotions Arné vonMollendorf om die prentjie af terond, het geestelike liedjies en count­ry lanklaas só geklink.

Inwoners kan môreaand (Vrydag9 September) na dié groepie komluister wanneer hulle ’n aand vangeestelike en countrymusiek in dieWorcester Vallei­kerksaal aanbied.

Swart (42) is die afgelope 24 jaarproefleser by die Pionier Drukkeryop Worcester en Viljoen (31) ’n pro­fessionelegospelsanger.Albei is sig­gestremd en oudleerders van die Pio­nierskool. Die derde lid van die drie­manskap, Burden (42), is predikantbydieNGKerkWorcester­Vallei.Aldrie het al verskeie CD’s die lig laatsienmetVonMollendorf (ookgesig­

gestremd) wat die agtergrondmusiekverskaf het.

Swart, Viljoen en Burden se weëhet met dié van Von Mollendorf (31)gekruis toe hy al drie se CD’s in syateljee, Boomroc Promotions (watook die musiekaand aanbied), opge­neem het. Met hul vertoning Vry­dagaand verleen die sangers ook er­kenning aan Von Mollendorf vir syaandeel in die sukses van hul sang­loopbane.

Sang was vir Swart van kleintydaf al wat hy regtig wou doen. Metdié dat Boomroc ’n gebou met Pio­nier Drukkery deel, het hy kort­kortdaar ingeloer. En toe Viljoen ’n ag­tergrondsanger soek, was die koeëldeur die kerk. Hy stel juis môreaandsy eerste CD, ’n huldeblyk aan JimReeves, sygunsteling, byhuloptredebekend.

Viljoen, ’n produksie­ingenieur,se loopbaan het begin toe hy agter­grondbegeleiding (backtracks) viranderkunstenaarsverskafhet.As so­lo­kunstenaar spog hy vandag metnege CD’s op sy kerfstok. Hy treeoral op en sing verniet vir minderbe­voorregte groepe.

Burdenwas vankleinsaflief virsang enmusiek envandag ge­bruik hyhierdie ta­lent in sybediening.“Op Pad,my eersteCD, is sim­bolies vanmy le­wensreisna verskil­lendeplek­ke en isdeur diegemeentegeïnspi­reer.”

Benewens die musiek môreaand,sal hul CD’s ook daar te koop wees,tesame met verversings, alles ten ba­te van die Association for the Senso­ry Disabled (ASD) op Worcester.Daar sal ook gelukkige prystrek­

kings wees.Kaartjies kos R30 en kan ook by

die deure gekoop word. Gestremdesvan die Instituut vir Blindes betaalslegs R15. Vir meer inligting, belVon Mollendorf by0 023 347 2785of 072 691 9223.

Die groep wat môreaand optree in gesellige luim. Vanlinks is Arné von Mollendorf met sy gidshond, Brodie,in die arm, Len Viljoen,Stefaans Burden en MariusSwart. Foto: Christine Smit

Skilder se inspirasie sy bankbestuurder!LAURENTIA ROBERTSON

EENDAG vra ’n radio omroeper virLouis Audie, ’n bekende Suid­Afri­kaanse skilder, wat hom ná 60 jaarsteeds inspireer. Sy antwoord . . .“My bankbestuurder.”

Audie, wat ook in Amerika en En­geland roem geniet, stal tot 24 Sep­tember by die Jean Welz­galery uit.Dit sal die eerste keer wees dat diepubliek die werke wat uitgestal wordkan sien.

Van hier skuif die uitstalling naKwaZulu­Natal en Johannesburg,waar Audie woon.

Audie is tans besig om die sewen­devolumevan ’nDVD­reeks,waarinhy 60 jaar se ondervinding oor kleuren skilder deel, saam te stel. In dieDVD’s gee hy ook demonstrasies vandie tegnieke wat hy oor die jare be­meester het.

Vir belangstellendes sal AudieMaandag12September tussen11:00en 14:00 ’n demonstrasie lewer van

hoe om ’n skildery van begin tot ein­de te skildery.

Audie is self lief daarvoor omlandskappe te skilder. Sy werk is rea­listies met ’n tikkie impressionisme.Hy sê dat hy landskappe verkies om­dat hy dit alleen en op sy tyd kandoen. Hy is op sy gelukkigste as hySuid­Afrika se Karoo kan skilder –“al die buie van die Karoo en die stil­te daarvan,” sê hy.

Besoek die galery tussen 11:00 en15:00 om sy werke te besigtig. Louis Audie stal hier uit.

Page 13: Worcester Standard 08-09-2011

PROMOSIE STANDARD 8 SEPTEMBER 2011 13

Avontuur is hier die wagwoordDIE winter is amper verby en die Hexvallei hetlankal ontslae geraak van die bekende lappies­kombers waarin hy hom gedurende herfs toe­vou. Nou maak die pragtige vallei gereed virsomer se jolyt en die opwinding wat wag opbesoekers na die omgewing.

Die Hexvallei is nie net die grootste produsentvan tafeldruiwe in die land nie. Hy beskik ooknie net oor die grootste verkoeler in die SuidelikHalfrond (Hexkoel) of die wynmakery met dielangste parstyd ter wêreld (De Doorns­kelder) nie.

Die Hexvallei is ook ’n droom in wesenlikheid

vir toeriste wat op soek is na ’n bietjie buitelug­avontuur.

Avontuur is beslis wat jy by Hexpas Ecotreksal ervaar. Dié toerisme­aanloklikheid bied ’nunieke spoorwegervaring vir oud en jonk – ’nspoortrollierit bydieHexrivierpasopmet ’n asem­rowende uitsig op die Hexvallei en Matroosberg.Met elke rit is daar ook tyd vir ’n piekniek waarjy kan ontspan en die prag van die natuur kan be­wonder.

Hexpas Ecotrek bied ook ’n 4x4­roete as na­weekuitstappie vir entoesiaste aan. Die HexrivierKlipspringer4x4­sirkelroete van15km,watbegin

en eindig by die Impangele­oord, is in die Kwa­douw­bergreeks geleë. Daar is ook ’n staproete,bergfietsroete en toer van historiese huise om tegeniet.

Terwyl jy in die Vallei kuier, moet jy eenvoudig’n bietjie inspirasie by Inspirati gaan kry om saamhuis toe te vat. Die winkel is in sy derde jaar van

bestaan. Inspirati verkoop pragtige dekoritems,meubels en skilderye waarmee jy jou leef­ ofwerkarea kan versier.

Hier kan jy ook ligte etes, tee, koffie en anderverversings (insluitend tuisgemaakte gemmerbierom die somerdors te les) geniet. Inspirati is kinder­vriendelik met baie spasie om te speel en raas!

Die Hexpas Express is ’n unieke spoorwegervaring vir die hele gesin. Dit is een van dievele opwindende uitstappies wat deur Hexpas Ecotrek aangebied word. Vir meer inligting,besoek hul webtuiste by www.worcester.org.za/hexpaseco.

Inspirati hou twee keer ’n jaar ’n kosmark(De Mark) wat baie gewild is. Besoek diewinkel vir ’n ligte happie en pragtige dekor.

Page 14: Worcester Standard 08-09-2011
Page 15: Worcester Standard 08-09-2011
Page 16: Worcester Standard 08-09-2011
Page 17: Worcester Standard 08-09-2011

GEKLASSIFISEERD STANDARD 8 SEPTEMBER 2011 17

102578WORCESTERSTANDARDwww.ayandambanga.co.za

BOLAND KOLLEGE is ’n toegewyde en innoverende leier in voortgesette onderwys en opleiding in die

Bolandstreek en beskik tans oor die volgende geleenthede in WORCESTER:

HUISHOUDINGSTOESIGHOUER (VOEDSELDIENS) Vereistes: • ten minste Graad 10 (St. 8) of gelykwaardige kwalifikasie • ten minste 5 jaar ondervinding in voedseldiens • ten minste 2 jaar ondervinding as ’n kok • rekenaargeletterdheid in MS Office • tweetaligheid (Engels en Afrikaans/isiXhosa) • die vermoë om gemaklik met bestuur te kommunikeer • goeie organisasie- en administratiewe vaardighede • goeie interpersoonlike vaardighede.

Pligte en Verantwoordelikhede: • bestuur en toesighouding oor die voedseldiens-assistente • personeeladministrasie t.o.v. bywoning en verlofaansoeke • verantwoor-delik vir voedselvoorbereiding • verantwoordelik vir die implemen tering van die spyskaart • handhawing van higiëniese standaarde in die voedseldienseenhede en eetsale • beheer en administrasie van voorraad • toepassing van gesondheids- en veiligheidsmaatreëls.

Werksure: 40 uur per week

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Vergoeding: Basiese salaris van R66 750 p.j. plus 37% byvoordele

VERW.: Worc/HHT-K3/08/2011

HUISHOUDINGSTOESIGHOUER (KOSHUIS)Vereistes: • ten minste Graad 10 (St. 8) of gelykwaardige kwalifikasie • ten minste 5 jaar ondervinding as algemene assistent • rekenaargeletterdheid in MS Office • tweetaligheid (Engels en Afrikaans/isiXhosa) • ondervinding in basiese instandhouding • die vermoë om gemaklik met bestuur te kommunikeer • goeie organisasie- en administratiewe vaardighede • goeie interpersoonlike vaardighede.

Pligte en Verantwoordelikhede: • bestuur en toesighouding oor al die huishou dings-hulpe by die koshuise • personeeladministrasie t.o.v. bywoning en verlof aansoeke • beheer en administrasie van voorraad • bystand aan die koshuisadministrateur met die verhuring van fasiliteite • toepassing van gesondheids- en veiligheidsmaatreëls

Werksure: 40 uur per week

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

VERW.: Worc/HHT-KH/09/2011

Aansoeke moet gerig word aan die Menslike Hulpbronbestuurder, Hoof­kantoor, Boland Kollege, Privaat Sak X5068, Stellenbosch 7599 of na faks 021 886 6795 of per e­pos na [email protected]

Sluit u omvattende CV, dekbrief en ’n aansoekvorm, die toepaslike ver ­ wy s ings nommer duidelik aangedui, en die kontakbesonderhede van ten minste twee referente by u aansoek in. Aansoekvorms is op ons webblad by www.bolandcollege.com beskikbaar. Navrae: 021 886 7111.

Sluitingsdatum: 16 September 2011

Hierdie poste sal ooreenkomstig Boland Kollege se Diensbillikheidsplan gevul word. Indien u binne vier weke ná die sluitingsdatum nog geen terugvoer ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Page 18: Worcester Standard 08-09-2011

18 STANDARD 8 SEPTEMBER 2011 EIENDOMME

BREEDE EIENDOMMEBREEDE EIENDOMMEOM HIER TE

ADVERTEER SKAKEL

023 347 0968

OM HIER TE

ADVERTEER SKAKEL

023 347 0968

Net die huis vir ’n eerste koperREALTORS INTERNATIONAL bied hier­die week ’n sluit­en­ry­woning in Leighton­park aan.

Die sit­ eetkamer is oopplan na ’n pragti­ge kombuis met baie kaste.

Die huis het twee slaapkamers, een en ’nhalwe badkamer, motorhuis met afstandbe­heerde deur en omheining.

Teen ’n billike R599 000 is dié eiendomideaal vir eerste kopers of afgetredenes.

Vir meer inligting of besigtiging, bel Su­san by 0 082 543 3293 of Sean by082 375 4817, of besoek Realtors Internati­onal se webtuiste by www.worcesterproper­ty.co.za (webverwysing 1527).

Page 19: Worcester Standard 08-09-2011

SPORT STANDARD 8 SEPTEMBER 2011 19

Gholf:Ceres (72):Enkel­Stableford: W. van Heerden 44,A. Dumas 43, J. Goosen 41. B.M. vanden Berg 41, J. van der Merwe 40.Montagu (72):Samespel­Stableford: D. Thornton enJ. Spangenberg 50, J. Kriel en R. Kriel49,P.Venter enW.Sadie49,G.Biesen­bach en T. Plunkett 47, P.L. Olivier enM. Fourie 48, P.L. Denysschen en C.F.Draford 48, H. Thiart jr. en F. White46, B. Joubert en D. Rossouw 46, H.

Engel en G. Delderfield 46, N. Engelen J. Brighton 45.Riverside (72):Samespel­Stableford­Voorkeurdryf: T.Pienaar en W. Hartman 59, J. Mattheeen H. Baxter 49, P. Macpherson en H.Fredericks 49, N. Macpherson en M.Macpherson 48, P. Januarie en H. Phil­lips 48, M. Jeftha en M. Lakay 46.Robertson (72):Houespel: Afd. A: T. Pahlsson 69, N.Gordon 74. Afd. B: J. Miller 76, A.M.Price 77. Afd. C: N. Myles 71.

Worcester (72):Samespel­Stableford: D. de Clerk en S.Mong 47, J. Joubert en W. Smit 47, R.Neethling en L. Lambrechts 46, S.Schoeman en H. van der Westhuizen45.Duiwe:Victoria­Wes 3, 03/09/2011:NBPU: 1. C.B. Frick 1 308,81; 2. C.B.Frick 1 304,94; 3. J.G. Burmeister1 302,54; 4. L. Groenewald 1 300,32;5. Gabrie le Roux 1 299,00.HDK: 1. C.B. Frick 1 308,81; 2. C.B.

Frick 1 304,94; 3. J. van der Merwe1 270,69.BHDK: 1. J.G. Burmeister 1 302,54; 2.Gabrie le Roux 1 299,00; 3. Dirk vanDyk 1 285,13.WPK: 1. L. Groenewald 1 300,32; 2.Chris Pretorius 1 296,33; 3. L. Groene­wald 1 294,84.WHPS: 1. Sonja Neethling 1 295,19;2. S.J. Botes 1 289,98; 3. D & J vanSchalkwyk 1 278,17.WHFC: 1. Bly Of Gly 1 292,91; 2.Johnny Lennert 1 283,99; 3. P.F. Klein­tjes 1 280,53.WHRS: 1. Phillips en Seun 1 292,03;2. D. le Grange 1 276,87; 3. J en F Hok­ke 1 268,60.VPK: 1. T. dos Santos 1 290,61; 2. Hen­dricks Hokke 1 289,23; 3. S. de Kock1 282,38.LPKTR: 1. G.P. Van Zyl 1 287,79; 2.G.P. Van Zyl 1 286,57; 3. G.P. van Zyl

1 285,21.CPK: 1. B. Isaacs 1 287,45; 2. StevensLoft 1 236,83; 3. Snyman & Du Toit1 230,64.CHPS: 1. John Pietersen 1 282,47; 2.NeilDavids1 266,76; 3. JohannesOck­huys 1 266,52.WRPC:1.A.J.Marone1 279,53; 2. J.C.February 1 276,12; 3. Soldaat en Seun1 269,04.BVDK: 1. M. Jeftha 1 273,64; 2. M.Jeftha 1 271,55; 3. Doman En Hou­gaardt 1 267,36.CPS: 1. R.H. Williams 1 265,55; 2. K.Persens 1 249,82; 3. K. Persens1 246,78.BHPS: 1. Randolf Seroot 1 265,36; 2.Cupido Visagie 1 259,17; 3. CupidoVisagie 1 255,71.WNPK: 1. Frank & Sons 1 257,20; 2.G.L. Hokke 1 239,93; 3. G.L. Hokke1 231,90.

. Krieket: ’n Opvolgbesoek deur die Bo­land Krieketunie vind in Oktober byTouwsrivier Krieketklub vir kursusgangersplaas om spelers te evalueere en vir finaleakkreditasie. Alle foto’s kan binnekort be­sigtig word sodra die klub sy Facebook­bladaktiveer. Vind verdere inligting rakendeTouwsrivier Krieketklub by Karl Scheepers(voorsitter) by 0 082 946 0312, faks 086607 4423, of e­pos [email protected] Worcester Korrektiewe Dienste Krie­ketklub se oefening het Dinsdag (6 Septem­ber) begin. Alle spelers en nuwe lede wordverwelkom. Vir navrae kan Sheldon George

by  083 634 7178 of Kallie Jacobs by071 568 6000 gebel word.Worcester United Krieketklub, wat vanjaarin die Premierliga meeding, is kliphard be­sig met hul voorbereiding. Oefentye is asvolg: Dinsdae en Donderdae om 17:30.Oud­ en nuwe lede is welkom.Worcester Moslem Krieketklub se kluboe­feninge begin Donderdag (8 September)vanaf 17:00 by Esselenpark­stadion tervoorbereiding vir die komende seisoen.Daar sal ook twee voorseisoense opwar­mingswedstrydegespeelword teenCorona­tion Krieketklub (24 September) en Oaks

Krieketklub (8 Oktober).Die klub hou ook sy algemene vergaderingop Dinsdag 13 September 2011 om 18:00by Worcester Moslem Primêr in Afrika­straat. Belangstellendes is welkom om aante sluit.. Rugby: Worcester Perseverance het Sa­terdag (27 Augustus) te staan gekom teenMontagu Rugbyklub en die wedstryd met35 ­18 gewen. Goeie spel deur voor­ en ag­terspelers het die knoopdeurgehak.Uitblin­kers voorlangs was Johayne Brooks enMonroe Christiaans. Agter het Regan Klinken kaptein Jaco Daniels geskitter.

Racing selections for Saturday(10/9/2011) at Kenilworth:

Race one: Maiden Plate (F); 1 200 m:1. Care To Dance (1)2. Eden Rose (2)3. No Money No Honey (15)4. Daily Flight (8)

Race two: Maiden Plate (3 year olds)1 200 m:1. Flightofthephoenix (2)2. Dig In Deep (3)3. Jackson (10)4. Trophy Room (15)

Race three: Maiden Plate 1 200 m:1. Wotta Smasher (5)2. Air Of Grandeur (7)

3. Striking Force (6)4. Just Harry (4)

Race four: Maiden Plate (F) 1 400 m:1. Falling Blossom (1)2. Pale Night (2)3. Mission House (11)4. Jean’s Pride (5)

Race five: Maiden Plate (3 year­olds)1 600 m:1. Tobe’s First (1)2. Second­In­Command (10)3. Fraser (3)4. Tribal Thunder (4)

Race six: Maiden Plate 1 800 m:1. Tell Me More (2)2. Anfield Park (3)

3. Carson City (7)4. Indian Giant (USA) (1)

Race seven: Maiden Plate 1 000 m:1. Hey Toro (1)2. Cognac On Ice (6)3. Gold Spectrum (4)4. Barcarolle (11)

Race eight: PSL Soccer 4 Maiden Plate(F&M) 1 200 m:1. Lydia Lopokovo (1)2. Blushing Grey (11)3. Justanotherday (12)4. Infamy (3)

Place Acccumulator:2,3 x 4,5 x 1 x 1,3,10 x 1,2 x 1,6 x 1,11.

Jackpot:1,2,5,11x1,2,3,4,10x1,2,7,10,11x1,6,10,11.

Pick 6 (10c unit):4,5,6,11(9),12,14x1,2,11,12x1,2,4,5(10)x2,7,9,11(1)x1(12/13),4,6,11x1,11(7),12(14).

Page 20: Worcester Standard 08-09-2011

Driekamper na BeijingLÍOMEE VAN DER MERWE

AS deel van die nasionale drie­kampspan gaan Leoni de Jager (38)Sondag (11 September) aan dieDextro Energy World TriathlonChampionships in Beijing (China)deelneem.

Hierdie mamma van drie kindersen sakevrou sê sy sien uit om “teen’n hoë spoed oor die eindstreep tesnel.”

Die wedloop bestaan uit 1,5 kmswem, 40 km fietsry en 10 km se draf.

Sy wil graag haar tyd van 02:24,wat sy by die Suid­Afrikaanse kampi­oenskappe opgestel het, verbeter.

Die hardloopbeen van die resiesis ongelukkig die moeilikste vir haar,maar die oefen daarvoor die heel lek­kerste, veral as sy indieveldkanhard­loop.

Sy sê sy dink hoe langer ’n mensbesig is met so iets, hoe meer bou jymomentum op.

“Die sogenaamde goedvoelfaktoris beslis verslawend, so, selfs al is ekdie dag nie lus vir oefen nie, weet ek

dat die uitwerking daarvan dit diemoeite werd sal maak­ vir my geesselfs meer as my liggaam.”

Sy moedig ander werkende ouersaan deur te sê: “Gun jouself die kansom te begin met ’n projek. Doen elkedag net dit wat nodig is, sonder omteveelopdieeindresultaatofdie lang­termyn te fokus.”

Vir haar is die lewenstyl belangri­ker as die dag van die wedloop.

Haar grootste ondersteuners is haargesin. “Ek is dankbaar vir die geleent­heid wat ek kry om my program tevolg”. Ook haar man, Andries, is ’nwonderlike oefenmaat en ondersteu­ner en gaan saam Beijing toe.

Die span het verlede Saterdag (3September) van Johannesburg ver­trek.

Gedurende die week voor die kam­pioenskappe het hulle kans gehad omdie roetes te verken.

“Die swem vind plaas in ’n reuse­watermassa wat hulle ’n reservoirnoem, ” vertel De Jager.

Volgens De Jager is die fietsryroe­te, asook die drafroete voor die tydverken.

Leoni de Jager (38) is tans in Beijing om aan die Dextro Energy World Triathlon Championships deelte neem. In haar arms (foto) is haar jongste, Hanna. Onder staan Jacob en Lana.Foto: Líomee van der Merwe

Tour d’ Worcester hierLÍOMEE VAN DER MERWE

DIE 23ste Orbit Tour d’ Worcester­bergfietswed­ren van Sondag (11 September) is ook die eersteligawedren van die seisoen.

Die toer word deur die Worcester LionsklubinsamewerkingmetdiePPA(PedalPowerAssoci­ation) aangebied.

Twee roetes van 98 km en 69 km sal albei bydie Kleinplasie­terrein begin en eindig.

Volgens die organiseerder, Hanno Conradie, isdie roetes baie gelyk met twee klimme. “Indiendaar nie ’n sterk wind waai nie, is dit ’n baie vinni­ge roete.

Die wingerde, berge en pragtige natuurskoonis vir die deelnemers baie indrukwekkend.”

Die fietstoer het sy ontstaan in die laaste stuip­trekkings van die 80’s gehad.

Van sy nederige begin, het die fietstoer se deel­nemertal gegroei na ’n gemiddeld van tussen 800en 1000.

Inskrywings kan aanlyn by www.racetec.co.zagedoen word. Die inskrywings sluit Vrydag (mô­re) om 09:00. Inskrywings kan ook Sondagog­gend vanaf 06:00 by Kleinplasie gedoen word.Die kostes vir aanlyninskrywings is: PPA­lid ­69 km teen R85, 98 km teen R95. ’n Nie­PPA­lidbetaal R95 vir die 69 km­wedren en R105 vir die98 km­roete.

Inskrywings wat Sondagoggend gedoen word,is R20 duurder vir PPA­lede en R30 duurder virnie­PPA­lede. Nie­PPA­lede benodig ook ’n dag­lisensie wat R35 kos en ’n tydelike nommer teenR5

Die eerste duisend ryers wat klaarmaak, ont­vang ’nmedalje.Daar is ook ’ngelukkige trekkingwaar pryse gewen kan word.

Lions Internasionaal is ’n diensorganisasie.Geld word ingesamel om minderbevoorregtes tehelp en te ondersteun.

Vir inligting, bel Conradie by0082 775 9242,of stuur e­pos aan [email protected].

’n Groepfietsryers met verlede jaar se Orbit Tour d’ Worcester. Die natuurskone roeteis een van die grootste trekpleisters. Foto: Verskaf