‘n gebed ongkerkgroblersdal.co.za/uploads/trompet 5.pdf · 2013-12-06 · in die ou dae was daar...

13
Die tyd het aangestap en baie dinge het gebeur sedert ons laaste uitgawe. Sommige van ons het baie seer gekry deur ongeluk, siekte of hartseer en stoei om die liggaam weer heel te kry. Mag julle die genesende seën van ons Hemelse Vader ervaar. Ander het weer die volle vreugde van die lewe ervaar. As kerk het ons seker ‘n hoogtepunt bereik met die feesvieringe van ons basaar. Hoe wonderlik die ervaring as kinders van die Here eensgeseënd saam feesvier. Baie dankie aan almal wat die ekstra myl gestap het om ander te bedien met jou gawes. Van Die Trompet se kant af wil ons die gemeente uitnooi om julle verhale deur Die Trompet te deel tot versterking van ons geloof en tot uitbou van die Vader se Koninkryk. Liefde in Christus Die Trompet ‘n Gebed O ns Hemelse Vader, baie dankie dat ons U ons Vader kan noem deur Jesus Christus, U Seun, wat U na die wêreld gestuur het as God-mens sodat die breuk tussen U en ons weer herstel kon word en elkeen wat glo dat Hy die seun van God is, die ewige lewe kan hê. Dankie vir daardie groot genade! U is die Skepper van die ganse heelal – van die groot sonnestelsels, aarde, son, maan, sterre, tot die doudruppel op die roos – niks was te groot of te klein om deur U almag oorgesien te word nie. Ook die mens het U gemaak na U beeld om te heers oor U skepping in verantwoordelikheid. Ag, Here, vergewe asseblief as ons so dikwels teleurstel in daardie opdrag. Saam met ons dierbares wil ons vanmôre vir U dankie sê vir nog ‘n mooi dag wat U ons gun om te lewe en al die mooi in U skepping te aanskou en te geniet. Dankie vir gesondheid en liggaamskragte. Verhoor asseblief hulle gebede vir ons en ons gebede vir hulle. Dink asseblief ook aan almal in ons gemeenskap, aan almal wat U vandag so nodig het – die wat siek is, die wat hartseer is, die oues, swakkes wat spesiale versorging nodig het, die eensames, die werkloses, die wat miskien vanaand honger moet gaan slaap onder ‘n ou karton en koerante in die een of ander hoekie. Ag Here help asseblief, laat hulle so vas slaap dat hulle nie die koue sal voel nie. Wees ook met elke kerk in ons gemeenskap, hulle wat glo dat Jesus die Seun van God is en Sy naam grootmaak, seën hulle. In die besonder wil ons, ons eie kerk aan U opdra – die leraars wat deur u aangestel is om U woord te verkondig. Lê die woorde in hulle monde om te sê wat U wil hê wat ons moet hoor en seën hulle. Wees met die Kerkraad wat aangestel is om toe te sien dat die gemeente se sake goed bestuur word. Wees ook met die dames in die Kerkkantoor, die koster, die orreliste, die vrouediens, elke selgroep en groep wat bymekaar kom om te werk en bid. Seën ook vir hulle wat saamwerk om “Die Trompet” te laat verskyn. Hou ons vandag almal styf vas Here, so styf dat dit sal voel of ons U hartklop teen ons wange kan voel, dat ons ontspan in die wete dat U in beheer is – U weet alles, ook ons hoop en ons drome. Niks sal met ons gebeur waarvan U nie bewus is nie. Vergewe tog dat ons so baie van U vra, maar, Here, na wie anders kan ons tog gaan, U is mos ons Vader! In die naam van Jesus vra ons dit alles. Gemeentelid GRATIS Uitgawe No 5 - Augustus 2012 Tel: 013 262 3381/4114 LOOP VERSIGTIG, PAPPA In die ou dae was daar ‘n dokter wat op ‘n yskoue winteraand, met sneeuvlae wat oor die berge waai, ‘n pasiënt wat ‘n hele ent teen die berg op gewoon het, moes gaan besoek. Hy was al ‘n hele ent weg, al sukkelend om nie in die sneeu te gly of te na aan die afgrond langs die smal bergpaadjie te beweeg nie. Elke tree vorentoe was ‘n waagstuk. Toe die wind vir ‘n oomblik minder fel woed, hoor hy ‘n stemmetjie agter hom roep: “Loop versigtig, Pappa. Ek kom saam en ek trap in Pappa se spore”. 1

Upload: others

Post on 16-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ‘n Gebed Ongkerkgroblersdal.co.za/uploads/Trompet 5.pdf · 2013-12-06 · In die ou dae was daar ‘n dokter wat op ‘n yskoue winteraand, met sneeuvlae wat oor die berge waai,

Die tyd het aangestap en baie dinge het gebeur sedert ons laaste uitgawe. Sommige van ons het baie seer gekry deur ongeluk, siekteof hartseer en stoei om die liggaam weer heel te kry.

Mag julle die genesende seën van ons Hemelse Vader ervaar. Ander het weer die volle vreugde van die lewe ervaar. As kerk het onsseker ‘n hoogtepunt bereik met die feesvieringe van ons basaar. Hoe wonderlik die ervaring as kindersvan die Here eensgeseënd saam feesvier. Baie dankie aan almal wat die ekstra myl gestap het om anderte bedien met jou gawes. Van Die Trompet se kant af wil ons die gemeente uitnooi om julle verhale deurDie Trompet te deel tot versterking van ons geloof en tot uitbou van die Vader se Koninkryk.

Liefde in ChristusDie Trompet

‘n Gebed

Ons Hemelse Vader, baie dankie dat ons U ons Vader kan noem deur Jesus Christus, USeun, wat U na die wêreld gestuur het as God-mens sodat die breuk tussen U en onsweer herstel kon word en elkeen wat glo dat Hy die seun van God is, die ewige lewe kan

hê. Dankie vir daardie groot genade!U is die Skepper van die ganse heelal – van die groot sonnestelsels, aarde, son, maan, sterre, tot die doudruppel

op die roos – niks was te groot of te klein om deur U almag oorgesien te word nie. Ook die mens het U gemaak na U beeldom te heers oor U skepping in verantwoordelikheid. Ag, Here, vergewe asseblief as ons so dikwels teleurstel in daardieopdrag.

Saam met ons dierbares wil ons vanmôre vir U dankie sê vir nog ‘n mooi dag wat U ons gun om te lewe en al diemooi in U skepping te aanskou en te geniet. Dankie vir gesondheid en liggaamskragte. Verhoor asseblief hulle gebede virons en ons gebede vir hulle.

Dink asseblief ook aan almal in ons gemeenskap, aan almal wat U vandag so nodig het – die wat siek is, die wathartseer is, die oues, swakkes wat spesiale versorging nodig het, die eensames, die werkloses, die wat miskien vanaandhonger moet gaan slaap onder ‘n ou karton en koerante in die een of ander hoekie. Ag Here help asseblief, laat hulle so vasslaap dat hulle nie die koue sal voel nie.

Wees ook met elke kerk in ons gemeenskap, hulle wat glo dat Jesus die Seun van God is en Sy naam grootmaak,seën hulle. In die besonder wil ons, ons eie kerk aan U opdra – die leraars wat deur u aangestel is om U woord te verkondig.Lê die woorde in hulle monde om te sê wat U wil hê wat ons moet hoor en seën hulle. Wees met dieKerkraad wat aangestel is om toe te sien dat diegemeente se sake goed bestuur word. Wees ookmet die dames in die Kerkkantoor, die koster, dieorreliste, die vrouediens, elke selgroep en groepwat bymekaar kom om te werk en bid. Seën ookvir hulle wat saamwerk om “Die Trompet” te laatverskyn.

Hou ons vandag almal styf vas Here, sostyf dat dit sal voel of ons U hartklop teen onswange kan voel, dat ons ontspan in die wete datU in beheer is – U weet alles, ook ons hoop enons drome. Niks sal met ons gebeur waarvan Unie bewus is nie.

Vergewe tog dat ons so baie van U vra,maar, Here, na wie anders kan ons tog gaan, U ismos ons Vader!

In die naam van Jesus vra ons dit alles.Gemeentelid

GRATIS Uitgawe No 5 - Augustus 2012 Tel: 013 262 3381/4114

LOOP VERSIGTIG, PAPPA

In die ou dae was daar ‘n dokter wat op ‘n yskouewinteraand, met sneeuvlae wat oor die berge waai, ‘npasiënt wat ‘n hele ent teen die berg op gewoon het,moes gaan besoek. Hy was al ‘n hele ent weg, al sukkelend om nie indie sneeu te gly of te na aan die afgrond langs die smal bergpaadjiete beweeg nie. Elke tree vorentoe was ‘n waagstuk.Toe die wind vir ‘n oomblik minder fel woed, hoor hy ‘n stemmetjieagter hom roep: “Loop versigtig, Pappa.

Ek kom saam en ek trap in Pappa se spore”.

1

Page 2: ‘n Gebed Ongkerkgroblersdal.co.za/uploads/Trompet 5.pdf · 2013-12-06 · In die ou dae was daar ‘n dokter wat op ‘n yskoue winteraand, met sneeuvlae wat oor die berge waai,

BASAAR 2012Boots & All vir JesusDankie Heer, vir die wonder pad van Lig waarop U ons voete geplaas het.‘n Pad waarop U ons lei en so baie leer en gee. U leer ons hoe om te bid,hoe om te gee en saam te werk. U vul ons harte met liefde sodat ons ook virander tot seën kan wees. U gee aan ons die moed en krag om aan te hou metaanhou. U gee aan ons die wysheid om ons lewens ordelik en suksesvol te laatverloop. U gee aan ons die lewe self, sodat ons elke dag kan geniet en almal saam blymoedig kanvoortgaan op ons wonder-pad van Lig! Amen

Wat ‘n wonderlike lekkerte was dit nie dat ons almal so heerlik kon saamwerk, kuier en koop nie! Spreuke 21:1 sêdat, ten spyte van al ons slim planne en idees, God steeds aan die stuur van sake staan. Hyself laat Sy wil gebeur.Daarom was die basaar ‘n REUSE sukses!!!!Dit het begin met die Kerkraad wat die Basaarlyste in die wyke omgeneem het, gemeentelede wat mildelikbygedra het en hard gewerk het om die Basaar te “laat gebeur”. Maar, die belangrikste was die lidmate segebede dat God se wil sou geskied.Vrydagaand se “geesvang”was heerlik!Vroeg al het die potjies geprut en het onweerstaanbare geure die potjie se stempel die lug in gewalm. Die braai

van roosterkoeke het die geure aangevul. Die ete is afgesluitmet wafels en roomys. Dors is geles met koeldrank, water,warm koffie en tee. Die Dal se Dolla’s het die voete laat jeuk,terwyl die gemeente kuier en die kinders al jullend in die saalbaljaar het.Nog ‘n nuutjie vir ons was om die predikante van die susterskerke te nooi om die potjies saam met ons kerk se eiepotkenner te beoordeel. Die graad 4’s & 5’s se hoenderpotjiewas die wenners en het die wisseltrofee gewen. Die graad10’s wat 2de was en die graad 8’s was die enigste tweekategese klasse waarvan die kinders (sonder hulp van hulouers of kategeet) hulle potjies self gemaak het. Sondag hetelke kategese klas vir deelname ‘n sertifikaat en sjokoladeontvang.Wat ‘n heerlike aand!

Saterdagoggend se basaarDie avontuurgroep het vroeg ontbyt voorsien: boerewors,spek, eiers en “chips”. Die Wingerdstok pretloop het gesorgvir die dag se oefening. Na die amptelike opening is daarverkoop, gesmous, gekoop, gebak, gebraai en ge-eeeeet.Die teetuin was volgepak tydens die grootskerm rugbywedstryd. Almal se ou “goete” is by die 2nd hand shopverkoop. Die gemeente se kunswerke is by die handwerktafelopgeraap. Ou klere, skoene, gordyne… is ook verkwansel.Groente en vrugte is gesmous by die vars produkte mark.Feitlik al die vleis is verkoop: beesvleissnitte, wors, sosaties,maalvleis, vark, hoender en bokke. Daar was kindervermaakin die vorm van speletjies en perdry. Groot-kindervermaakhet gesorg vir baie pret: paintball skyfskiet en putt-putt…..Naomi en Elske het vir ons alles vasgevang opkamera.Amper vergeet ek: ons het ook geld getel in die kerkkantoor.Dit was bysaak, want hierdie basaar het dit oor saamwees – werk – en kuier gegaan. Daarom het die Here onsso geseën met ‘n wins tot dusver van R208 000, waarvan sommige beloftes nog uitstaande is.Baie dankie aan elke lidmaat vir betrokkenheid, bydrae en harde werk. Dankie dat al die verskillende afdelingshulle span se logo’s uitgebeeld het en so ‘n gesellige atmosfeer geskep het. Julle is tops!!GroeteEsther

2

Page 3: ‘n Gebed Ongkerkgroblersdal.co.za/uploads/Trompet 5.pdf · 2013-12-06 · In die ou dae was daar ‘n dokter wat op ‘n yskoue winteraand, met sneeuvlae wat oor die berge waai,

3

HOU VAS!Beskerm my, o God want Ek kom by U skuiling soek.

Psalm 16:1

‘n Klein dogtertjie sou vir die eerste keer perdry en alhoewel sy agter haar oupa, wat ‘n uitstekende ruiterwas, sou sit, het sy baie benoud gevoel. Toe haar ouers haar op die perd se rug help, het sy uitgeroep: “Watmoet ek doen? Ek weet nie hoe om perd te ry nie! Ek het nog nooit vantevore gery nie!”Haar oupa het haar gerusgestel: “Moenie jou bekommer oor die perd of hoe jy hom gaan ry nie. Hou net vasaan my , liefie, hou net vas aan my.”Dit is vandag vir ons goeie raad. Ons het gedink dat ons dag ‘n “moeë-ou-sanik” soort van dag gaan wees,en in plaas daarvan, is dit ‘n “wilde-perd” dag. Op sulke dae moet ons net vasklou aan ons geloof in dieHere en stewig in die saal bly sit.Een van die beste maniere om aan die Here vas te hou, is deur voortdurend met Hom te kommunikeer deurmiddel van gebed en lofprysing. Ons kan enige tyd op enige plek bid. Selfs ‘n gebed in die gedagtes laat onswil en fokus na God draai en plaas ons vertroue in Hom. Wanneer ons kontak verloor met die Here, loop onsdie gevaar om in paniek te verval en ook die frustrasie, raserny en mislukking wat daarmee gepaard gaan.Die Here ken die begin en einde van elke dag en Hy weet ook hoe lank die huidige ontwrigting in jou lewegaan duur. Bowen alles, weet Hy hoe om jou veilig deur elke ontwrigting te lei deur sy goddelike vrede in jou

te bewaar.Harriet Beecher Stowe gee hierdie raad:“Wanneer jy in ‘n moeilike situasie beland en alles teen jou draai, wanneer dit voelasof jy nie ‘n minuut langer kan vashou nie, moenie dan tou opgooi nie, want dit isjuis op daardie plek en tyd wat die gety sal draai.”Onthou altyd dat jy nie alleen op die dierasies van die lewe “ry”nie. Die Here is metjou, en Hy het ‘n ferm greep op die leisels. Hou net vas!

Z . I . M . B . A . B . W . EDie afgelope vakansie het ek deur Zimbabwe getoer en oppad terug het ek deur Enkeldoorn (Chivu) gery – die

dorp waar ek gebore en groot geword het.

Met heimwee is ek na die kerk toe – dit is hier waar ek gedoop is, hier waar ek belydenis van geloof afgelê het, hier

waar so baie mense met opregtheid die Here Sondag na Sondag aanbid het en nou na 117 jaar is daar nie meer ‘n

herder nie, nie ‘n enkele lidmaat oor nie. Die pragtige kerkgebou deur die harde werk van sy lidmate, mense wat deur

armoede heen niks gespaar het om die kerk te bou

tot eer van hulle God nie, en nou staan hy leeg en

verwaarloos.

En ek vra – Hoe is die moontlik? Hoe kan so iets

gebeur – het ons dan nie altyd met opregtheid die

aangesig van die Here hier gesoek nie? Wat het

gebeur?

Ek staan verstom sonder antwoorde, maar aan God

die dank en Eer vir wat ons hier kon beleef en vir

die toerusting wat ons hier ontvang het want die

fondamente wat ons hier opgebou het, het ons sterk

gemaak om in die hele wêreld in te gaan en ‘n

verskil te maak.

Solly Ferreira

Page 4: ‘n Gebed Ongkerkgroblersdal.co.za/uploads/Trompet 5.pdf · 2013-12-06 · In die ou dae was daar ‘n dokter wat op ‘n yskoue winteraand, met sneeuvlae wat oor die berge waai,

In Italië is daar baie ou grafte (vanvoor Christus) wat die interessanteletters “NFFNSNC” OP DIEGRAFSTENE HET. Dit is die afkortingvir latynse woorde maar aanvanklikhet niemand geweet waarvoor ditstaan nie. Uiteindelik het hulle ‘ngrafsteen gekry waarop die woordevolledig uitgeskryf is en so is die raaiselopgelos. Dit het gestaan vir: “Non Fui,Fui, Non Sum, Non, Careo”. HierdieLatynse woorde het toe al die tyd ‘nbaie hartseer en morbiede boodskapgedra. As dit vertaal word beteken dit:“Ek was nie, Toe was ek. Ek is nie meernie. Ek gee nie om nie”. Dit sê vir onsdat daardie mense nie hoop gehad hetnie. Die lewe was vir hulle sonder sin enbetekenis en “so what”, het hullegedink. Ons gee tog nie om nie.Ongelukkig is daar vandag nog sulkemense – mense wat om verskeie redesnie meer hoop vir die lewe het nie.Miskien voel jy ook soms so. Diegeweld, diefstal en chaos maak joulam. Jy kry nie werk nie. Jou huwelik ofverhoudings loop skeef. Jy sukkel metjou gesondheid. En dan raak jynegatief oor die toekoms – jy wordhoop - loos!Ons lees in die Bybel van mense wathulle hoop verloor het. Toe Jesusgekruisig is, het hulle gedink dat Hydood was en hulle hoop vir dietoekoms het soos mis voor die sonverdwyn. Die vroue wat Jesus gevolghet, het verslae by die kruisiginggestaan. Na Jesus se dood het hullesaam graf toe gegaan en gaan kykhoe Sy liggaam neergelê word. En toegaan hulle moedeloos en hartseer opdaardie Sondagmôre graf toe om dieliggaam te salf. Die lewe het skielik virhulle leeg en betekenisloos geword. Alhulle drome was weg. Hulle was hoop -loos!Die Emmausgangers is die Sondagmôreoppad huistoe en dan sê hulle vir dievreemdelinge: “Ons het so gehoop”.Hulle het sulke mooi drome gehad.Hulle het gedroom van ‘n Koning wathulle van die Romeinse Ryk sou verlos.En nou lê hierdie mooi drome aan

stukke, want Jesus het gesterf.Die dissipels het vir drie jaar lank saammet Jesus gelewe en gewerk. En nouhet alles skielik tot ‘n einde gekom.Judas het Hom verraai, Petrus hetHom in die steek gelaat – al die anderhet weggehardloop toe Hy gekruisig is.En dan gaan sluit hulle hulleself êrensin ‘n vertrek toe omdat hulle bang is.Hulle is hoop – loos.DIE WONDER – hoop vir die hoop –losesMaar in hierdie hoop – lose situasiegebeur die wonder. God gryp in – JesusChristus staan uit die dood uit op. Hykom gee hoop vir die toekoms – Hykom gee nuwe moed – Hy kom gee virdie gelowiges sin en betekenis aanhulle lewens!

Die vroue gaan as moedelose mensedie Sondagoggend graf toe. Hulle

harte is seer. Hulle verstaan nie. En dangryp God in. Die graf is leeg. Die engelekom met die wonderlike boodskap:“Waarom soek julle die Lewende bydie dooies? Hy is nie hier nie. Hy is uitdie dood opgewek.” Hierdie boodskapkeer weereens hulle lewens om. Diedonker wolk verdwyn – hulle is blywant nou het hulle weer hoop.

Ook die Emmausgangers hoor hierdieblye boodskap. Jesus kom loop seslfsaam met hulle. Maar hulle besef eersdis Hy wanneer Hy saam met hulle eet.En dan is hulle baie bly. “Hy is toe niedood nie. Die vroue was reg – Hy lewe!Dit was Hy wat saam met ons geloophet! Dit was Hy wat ons daar op die

pad weer hoop gegee het. Ons het sogehoop dat Hy die Redder sou wees –en sowaar Hy is die Koning – ons hartehet warm geklop toe Hy met onsgepraat het.” Twee manne sonderhoop het weer nuwe moed en hoop virdie lewe gekry. Hulle kan nie wag omdit aan die ander gelowiges te gaanvertel nie. Die lewende Here hetsaamgeloop – Hy het hulle hartewarm laat klop. Hy het hulle nuwehoop gegee.Net so ervaar die dissipels dit ook.Terwyl hulle bymekaar was, verskynJesus wat uit die dood opgestaan het,meteens aan hulle. Hy groet : “Vredevir julle!” Eers was hulle bang en danwil hulle dit nie glo nie. Maar as hullebesef dat Jesus leef, is hulle verskriklikbly. “Daar is tog hoop – Jesus die Herehet opgestaan – Hy lewe! Ons lewenshet tog sin en betekenis! Daar’s ‘ntoekoms!”Dit is ook dieselfde goeie nuus vir onswat vandag lewe. Dit maak nie saakhoe jou omstandighede lyk nie – ditmaak nie saak of jou lewe donker lyknie. Dit maak nie saak of jy dalk ookop moedverloor se vlakte sit nie. Daaris hoop, want Jesus Christus het uit diedood uit opgestaan! Hy lewe! JesusChristus se opstanding bring hoop.Daar is lewe – ja, selfs na ‘n egskeiding,na ‘n bankrotvendusie, nadat jy joutoets gepluk het, nadat jy gehoor hetvan jou siekte, nadat jy jou werkverloor het of beroof is. Daar is lewewant Jesus Christus lewe! Jy het ‘ntoekoms want Jesus Christus seopstanding maak dit moontlik.

Glo jy dit? Glo jy dit met jou hele hart?Skep moed – Jesus lewe en Hy laat joulewe! Hy begelei jou op joulewenspad. Hy is met jou – môre,oormôre en volgens Sy belofte : …totaan die voleinding van die wêreld”.Lewe dan elke dag as nuwe mens inChristus! Maak jou leuse: “Ek was nie,toe was ek, ek sal wees, ek gee om –en daarom lewe ek voluit vir Hom –want Jesus Christus lewe en ek metHom!”

CHRISTUS ONS HOOP!Ds Danie

NFFNSNC

4

Page 5: ‘n Gebed Ongkerkgroblersdal.co.za/uploads/Trompet 5.pdf · 2013-12-06 · In die ou dae was daar ‘n dokter wat op ‘n yskoue winteraand, met sneeuvlae wat oor die berge waai,

5

BLAPSE IN KERKBLAADJIES‘n Paar blapse uit kerke se afkondigingslyste:

• Vir alle ma’s wat klein kindertjies het en dit nie weet nie – ons het ‘nmoederskamer net langs die kerk.

• Die blomme in die kerk sal geskenk word aan diegene wat siek is na dieerediens

• Volgende week word die kerkraadsvergadering Woensdagom sewe-uur gehou, en die predikant van Sondag is in diekonsistorie opgeplak.

• Basaarafkondiging : Almal welkom! Kom gerus as jy niksaanhet nie en kom deel in die pret.

• Ons gemeente gaan vanaand lekker melkskommels in die kerksaal drink, salalle vroue wat melk skenk asseblief reeds om 18h00 daar wees.

• Ons het vanaand ‘n byeenkoms in beide die oostelike vleuel en die westelikevleuel van ons kerkgebou. Babas sal beide kante gedoop word.

• Alle vrouelidmate kom Woensdag die elfde in diebiblioteeksaal bymekaar vir ‘n praatjie oor die hemel. Hoe jydaar kan kom? Vervoer is beskikbaar om 19h00 vanaf die

bushalteoorkant diehotel.

• Eerskomende Sondag saldaar ‘n spesiale kooruitvoeringwees, waarna die kerk gesluit salwees vir herstelwerk.

• Weight Watchers hetweer vanaand hulle byeenkoms indie saal. Gebruik asseblief diedubbeldeure van die syingang.

• November dienegentiende om tienuur.Oggenddiens: Ds Bruwer – Diewêreld se grootste probleem.

RESEP VIR KAASSKONS

IN JOU SNACKWICH

(Henrietta Klaasing)

(Werk ook as plaatkoekies/crumpets)

4 eetl olie

1 eier

¾ k melk

1 k koekmeel

2 t bakpoeier

1½ k gerasperde kaas

Meng alles saam en skep eetlepels vol in

elke Snakwich holte en bak tot ligbruin.

Bedien net so of sny oop en vul met konfyt.

Page 6: ‘n Gebed Ongkerkgroblersdal.co.za/uploads/Trompet 5.pdf · 2013-12-06 · In die ou dae was daar ‘n dokter wat op ‘n yskoue winteraand, met sneeuvlae wat oor die berge waai,

6

WYSE WOORDEGalileo Galilei, die groot Italiaanse fisikus, wiskkundige, sterrekundige,

filosoof, was verwondered oor die skepping:“Hoe wonderlik het God Sy skepping gemaak! Kyk byvoorbeeld na die son: Al is hy so

belangrik dat al die planete om hom draai, vat hy sy tyd om een tros druiwe stadig te laatryp word, asof hy niks anders te doen het nie.”

GOD SE VERBONDE IN OU- EN NUWE TESTAMENTE

- (Die Bybel – Nuwe vertaling) Ds Petrus Etsebeth

DIE MENS EN SATAN – Gen 3:15 Moederverbond“Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou. Tussen jou en haar nageslag. Haar

nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt”.VERBOND MET NOAG – Gen 8:21

“Ek sal nie weer so ‘n ramp laat kom oor die aarde, vanweë die mens nie”.

VERBOND MET ABRAHAM – Gen 15:5“Toe het die Here vir Abraham buitekant laat gaan en vir hom gesê:

“kyk na die hemel en tel die sterre as jy kan. So baie sal jou nageslag wees.”MOSES – Exodus 20

Die gebod van die liefde tot God en ons medemens.VERBOND MET DAWID – Ps 89:36

“Ek, die Heilige, het ‘n eed afgelê, en My eed aan Dawid sal ek nie verbereeknie: daar sal altyd nakomelinge van Hom wees, sodat Sy troon so blywend

soos die son sal wees”.GOD SE VERBOND IN JESUS – 1 Joh 1:7

“Maar as ons die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aandieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus,

Sy seun, ons van elke sonde”.BELOFTE VAN DIE HEILIGE GEES – Joh 14:16

“Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ‘n ander voorspraak stuur om vir ewigby julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid.”

VERKONDIGING VAN DIE WOORD – Mat 28:19DIE BELOFTE VAN DIE WEDERKOMS VAN JESUS – Openb 22:20

“Ja, Ek kom gou!”

MY GETUIENIS – Esmé Meyer

Ek wil graag getuig hoe die Here my twee keer van kanker genees het. Die eerste keer was in 1991 toe ek geopereer is en daarnabestraling ondergaan het. Die tweede keer was �en jaar later toe ek weer geopereer is en met chemoterapie behandel is. Dis nou�en jaar later en ek is steeds gesond. Prys die Here!Ek is ook dankbaar dat ek Mannateck kan gebruik. Dis ‘n voedsel-aanvulling wat selle voed en opbou en sodoende help om jouliggaam gesond te hou. Aan God al die lof, dank en eer! Lees saam met my Ps 103:

1. Van Dawid. Ek wil die here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof.2. Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie.3. Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees,4. Wat my red van die graf en my met liefde en on�erming kroon,5. Wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk.6. Die Here laat gereg�gheid en reg geskied aan almal wat verdruk word.7. Aan Moses het Hy sy wil bekend gemaak, aan Israel wat hy van plan was om te doen.8. Barmhar�g en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde.9. Hy sal ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie.10. Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie, vergeld ons nie vir ons ongereg�gheid nie,11. Want so groot as die afstnd tussenhemel en aarde is so groot is sy liefde vir diewat Hom dien.12. So ver as die ooste van die weste af is,so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.13. Soos ‘n vader hom on�erm oor sy

kinders, so on�erm die Here Hom oordié wat Hom dien.

14. Hy weet waarvan ons gemaak is, Hyhou dit in gedagte dat ons stof is.

15. Die mens, sy lewensduur is soos diévan gras, soos dié van ‘n veldblom watoopgaan:

16. As die woestynwind daaroor waai, isdit weg en sy plek vir altyd leeg.

17. Maar onverganklik is die liefde van dieHere vir die wat Hom dien, sy trou viropeenvolgende geslagte,

18. Vir dié wat getrou bly aan sy verbonden sy voorskri�e nakom.

19. Die Here het sy troon in die hemelgeves�g, sy heerskappy strek oor allesen almal.

20. Loof die Here, mag�ge engele wat syopdragte uitvoer, sy bevelegehoorsaam.

21. Loof die Here, alle hemelwesens watHom dien en sy wil doen!

22. Almal wat deur Hom geskep is, loofdie Here op al die plekke waar Hyheers! Ek wil die Here loof!

Page 7: ‘n Gebed Ongkerkgroblersdal.co.za/uploads/Trompet 5.pdf · 2013-12-06 · In die ou dae was daar ‘n dokter wat op ‘n yskoue winteraand, met sneeuvlae wat oor die berge waai,

MAMMA EN PAPPA

Die voorsiening van verpak-kingsmateriaal het ‘n groot enbelangrike nywerheid geword. Om ‘nartikel (sommige baie waardevol enkwesbaar) by die bestemde adresafgelewer te kry sonder skade, is ‘nuitdaging wat kundigheid verg. Dieverpakkingsmateriaal moet doel-treffend wees, maklik hanteerbaarsodat in- en uitpak nie onnodige tydverg nie. Dink maar net aan diepluimveebedryf. Hoeveel hoendereiersmoet nie daagliks verpak word sodatdit veilig by die bestemming uitkomnie?Maar verpakkingsmateriaal is nie nettot materiële dinge wat versend moetword, beperk nie.Daar is ook ander dinge wat inverpakte vorm by ‘n adres moet uitkom.Daar is byvoorbeeld boodskappe,lewenslesse en waardes wat oorgedramoet word op ‘n manier wat nie skadegaan berokken nie. Dis nie altydwenslik om die naakte werklikheidonbeskermd oor te dra nie. As ditverpak word in die sagte material vanopregte bedoelinge en ‘n goeie

gesindheid, kan die impak daarvansoveel beter wees. Hoe verpak jybyvoorbeeld die doodstyding? Hoevertel die geneesheer aan sy pasiëntwat met sy liggaam aan die gang is?Hoe vertel die dominee aan dieverharde sondaar dat God hom ookliefhet?VERSTAAN JY WEL DAT GOD SELIEDE EN SY OMGEE INVERPAKTE VORM OORGEDRAMOET WORD?Verstaan jy wel dat God se liefde en Syomgee in verpakte vorm oorgedra moetword? Verpak jy dit sleg, dan mislukjou boodskap. Ja, dit misluk net sooswat die buskruit en die slagdoppie indie geweer se partoon sal weier as dit

nie reg verpak is nie.Die lewe het op alle terreine syverpakkingsmateriaal en glo my, disnie onbelangrik nie.Het jy al daaraan gedink hoe God naons toe kom?Stellig nie ‘n naakte werklikheid nie.Hy sal ons verteer soos weerlig,enigiemand in ‘n oogwink kanneerslaan.Hy kom na ons toe op vele maniere –onder andere in die versorgende handevan ‘n moeder; in die vertroostendewoorde van ‘n vriend; in die kleur engeur van ‘n blom – of in die dreuningvan die weer en die gebruik van ‘ntsoenami. Maar het jy geweet dat Godse verpakkingsmateriaal so dikwels diemens self is?God stuur Sy liefde in mense, soosonder andere Florence Nightingale,moeder Theresa, Johannes, die apostelvan die liefde, om maar enkeles tenoem.En nou kom ons by die eintlike punt: Jywat hier lees, kan ook deel van God severpakkingsmateriaal wees.

7

GOD SE VERPAKKINGSMATERIAAL Ds Kobus vd Westhuizen

Ek is jul kosbare skat

Ek leef van die liefde van jul hart

Dit lyk of ek net lekkers en speelgoed wil hêMaar diep hierbinne lê behoeftes wat ek nie met woorde kan sê:

Ek verlang na jou arms wat styf om my vouEn jou woorde: “ek is lief vir jou!”

Ek verlang na ‘n tydjie om met jou te lag en speelSonder om jou aandag met iets anders te deel

Ek verlang dat jy my vriendelik leiding geewanneer ek verkeerd optree en ook my beloofde

pakgee as ek oortree, Sodat ek veilig en gerus kanvoel dat jy die woorde wat jy sê bedoel.

Mamma, pappaDit is wat ek in my hartjie omdra en al kan ek dit

nie in woorde oordra, Sal jul dit in my gedrag kan lees.En as jul aandag daaraan gee sal ek ‘n vreugde vir julle wees.Liefde

Jul kindjie.

Page 8: ‘n Gebed Ongkerkgroblersdal.co.za/uploads/Trompet 5.pdf · 2013-12-06 · In die ou dae was daar ‘n dokter wat op ‘n yskoue winteraand, met sneeuvlae wat oor die berge waai,

1

Page 9: ‘n Gebed Ongkerkgroblersdal.co.za/uploads/Trompet 5.pdf · 2013-12-06 · In die ou dae was daar ‘n dokter wat op ‘n yskoue winteraand, met sneeuvlae wat oor die berge waai,

8

Oupa, negentig jaar oud, het daar opdie stoepbankie gesit. Hy het niebeweeg nie, sit net daar met sy

geboë hoof en hy staar na sy hande.Toe ek langs hom gaan sit, het hy niks gesêof aangetoon dat hy van my weet nie enhoe langer ek gesit het, hoe meer het ekgewonder of alles reg was. Na ‘n lang tyd sesit, vra ek hom, of hy sleg voel en of ek virhom iets kan doen.

Hy lig sy hand op, kyk na my, glimlag en sêin sy basstem, “Ek voel heel goed, maardankie dat jy vra”.

Ek wou Oupa nie steur nie, maar Oupa sithier so doodstil en staar na Oupa se handeen ek wou net seker maak alles is reg”,verduidelik ek aan hom.“ Het jy al ooit na jou hande gekyk?”vra hy.

“Ek vra of jy al regtig gekyk het?”Ek maak my hande stadig oop en kyk stip nahulle. Ek draai hulle om, palms na boontoe.

“Nee”, sê ek “ek het nog nooit soernstig na my hande gekyk nie enek weet ook nie wat Oupabedoel nie”. Oupa hetgeglimlag en toe vertel hymy ‘n storie:

“Gaan sit ‘n oomblikstil en dink oor diepaar hande wat jyhet, hoe hulle joubedien het deur die jare.

Hierdie hande, redelik volplooie, gekrimp en swak was algereedskap wat ek gehad het deurmy lewe, om vas te hou, te gryp en teomarm.

Hulle het kos in my mond gesit en klere aanmy lyf.Hulle het my skoene aangetrek en vetersvasgemaak.

Hulle was baie dae vuil, gebars en rou,geswel en vol bloed, vingers seer.Hulle was dom toe ek my eerste kind by diehospital kon vashou.

Aan m y vinger was my troupand wat gewyshet ek was getroud met ‘n vrou vir wie ek liefis.

Hulle het gebewe en geskud toe ek myoorlede pa uitgedra het na die begrafplaas.

Hulle het gebewe van trots toe ek mydogter afgegee en haar sluier afgehaal hetmet haar troue.

Met hulle kon ek my gesig verberg, my harekam, my was en skoon maak.Hulle was baie dae taai, vuil, nat, vol olie ensement, droog en rou.

Baie dae, wanneer baie goed nie regtigmeer gewillilg is nie, hou hierdie hande my

op sodat ek stadig op die bed kan gaanlê en hou ek hulle bymekaar as ek bid.

Maar die belangrikste is: dit salhierdie hande wees wat die

HERE sal vat en my in Sykoninkryk inlei.

En met my hande salhy my optel aan Sy

sy, en dan sal ekhierdie hande

gebruik om Christusse gesig aan te raak.”

Ek was verstom oor oupa sestorie. As ek nou na my hande

kyk, weet ek dat my hande ookstreel en toelaat dat ek SY gesig

mag aanraak. Ek sal nooit weerongeërg na my hande kyk nie.

Leef dan so dat HY jou hande ook in SYNEkan vat.

OUPASE HANDE Robert van Wyk

Page 10: ‘n Gebed Ongkerkgroblersdal.co.za/uploads/Trompet 5.pdf · 2013-12-06 · In die ou dae was daar ‘n dokter wat op ‘n yskoue winteraand, met sneeuvlae wat oor die berge waai,

9

DIE WAARDE VANPAMFLETTE SELFS NETVIR ééN

(Skrywer onbekend)

Page 11: ‘n Gebed Ongkerkgroblersdal.co.za/uploads/Trompet 5.pdf · 2013-12-06 · In die ou dae was daar ‘n dokter wat op ‘n yskoue winteraand, met sneeuvlae wat oor die berge waai,

‘n Gemeente wat saggies huil.....(Solly Ferreira)

Een Sondag terwyl ons terug ry vanaf die Erediens sê Leslie virmy: “Daar is so baie mense in ons gemeente en gemeenskap watsaggies huil.” Ek het hieroor nagedink en besef dat daar baiemense is wat seer het met ‘n glimlag om die mond maar ‘n traanin die hart, en ek het gewonder hoe kan ons as kerk ‘n verskilmaak en miskien is ons so onkundig oor die nood van ons medebroers en susters.In die boek Hitlers Cross vertel Erwin Lutzer hierdie verhaal:Daar was ‘n klein kerkie geleë naby ‘n spoorlyn. Elke Sondag souhulle die trein van ver af hoor aankom terwyl hulle in die kerk isen dit het hulle geweldig gepla om die uitroepe van die mense opdie trein te hoor soos hul verby gaan want hulle het geweet diemense daarop is Jode en hulle bestemming is die martel endoodkampe. Sondae wanneer hulle die trein hoor aankom hethulle begin om liedere te sing sodat hulle nie die geroep van diemense kan hoor nie en as hulle die mense kan hoor het hulle netharder gesing en uiteindelik het hulle die mense nie meer gehoornie.Is ons as gemeente nie besig om so hard te sing dat ons nie dienoodkrete van ons mede broers en susters nie meer hoor nie? Ek vra net.

“VADER, ONS VERSTAAN NIE MAAR“VADER, ONS VERSTAAN NIE MAARONS VERTROU U!”ONS VERTROU U!”Pyn is deel van die werklikheid en God laat pyn toe vir sy eie soewereinedoeleindes! Al verstaan ons nie wat met ons gebeur nie, moet ons God vertrou.Deur dit te doen, word God bo mense erken.Wat nou as God NEE sê op ons gebede? My skoondogter Ellena het na haarmammie se skielike dood weens siekte, baie vrae gehad. Hoekom, het Hy nee gesêop die baie gebede om genesing: Het die mense nie genoeg gebid nie of verkeerdgebid? Het hulle nie genoeg geglo nie? Tydens ‘n kerkkamp het die Heilige Geesvir haar op ‘n paar dinge gewys: Dat Jesus ook ‘n “nee” gekry het en dit was nieomdat hy nie geloof gehad het nie. Hy het God se wil gesoek en God se plan virdaardie oomblik het ‘n “nee” ingesluit. Mens bid nie vir ‘n sekere uitkoms nie, maar

vir God se wil, dan kan mens weet dat mens in die uitkoms vrede daarvoorsal hê.Mens deel makliker jou pyn en hartseer met iemand wat empatie met joukan hê, want daardie persoon WEET waar deur jy gaan. Netso WEET Jesusvan al ons swaarkry, ons moeilikhede, ons vrese, ons versoekings. Selfs Jesusis nie gespaar nie. Hebreërs 2:18 leer ons dat Hy juis daar is vir ons, en “omdatHy self versoek is en gely het, ken Hy die help wat versoek word.”Die Bybel bring soms vreemde begrippe bymekaar soos “woestyn”en “liefde”. Psalm 136 is ‘nmerkwardige Psalm: die uitdrukking “Aan sy liefde is daar geen einde nie”, kom 26 keer daarvoor. In vers 16 staan daar “Hy het sy volk deur die woestyn laat trek. Aan sy liefde is daar geeneinde nie.” Ook in die Hosea 2:13 staan daar dat God nog ‘n keer sy volk die hof sal maak. “Eksal haar na die WOESTYN toe bring en mooi dinge vir haar sê.”Sien God raak, selfs in dieWOESTYN waar jy jou nou mag bevind!Ons beproewing moet ons nie wegdryf van God nie maar eerder al nader en nader na Homtoe dryf.CS Lewis het gesê: “Ons genietinge is God se fluisterstem, Hy praat met ons deur ons gewete,maar Hy skreeu in ons pyn: Dit is sy megafoon om ‘n dowe wêreld wakker te maak”.KOM ONS BID:Here, al verstaan ons nie nou wat U doel is met ons beproewing nie, vertrou ons U ten volle.Amen.

10

ONS GROOTSTE

BESITOm ‘n kind te hê is nie ‘n vanselfsprekende besit nie.‘n Kind word vir ‘n ouerpaar gebore slegs as God ditso wil. Tog is daar min mense wat dit verstaan enwaardeer. Die leemte en die skrynende verlange van‘n kinderlose egpaar begryp slegs hulle wat self diépad moet loop.Ons maak aan God ‘n dure belofte wanneer ons, onskinders ten doop hou. Ons leer en ons glo dat onskinders slegs vir ons geleen is – hulle is God seeiendom.Wat maak ons met hierdie eiendom van die Here?Verskree en raas en sug ons die kleuterjare om of geeons met ‘n ruim dankbare hart en teer handeoorvloedige liefde aan hierdie geskenk wat aan onstoevertrou is?Hulle kleintyd is so kort. Ons moet dit benut engeniet!‘n Wyse vrou het eenmaalwaarskuwend aan ‘n oorbesigemoeder gesê: terwyl hulle kleinis wil hulle naby ons wees endan het ons vir hulle nie tyd nie,en as hulle groot is dan wil onsnaby hulle wees en dan sal hullevir ons nie tyd hê nie.Ja, die kleintyd is kort…..Maar in al hierdie dinge is onsmeer as oorwinnaars deur Hom watvir ons liefhet. Rom 8:37

Page 12: ‘n Gebed Ongkerkgroblersdal.co.za/uploads/Trompet 5.pdf · 2013-12-06 · In die ou dae was daar ‘n dokter wat op ‘n yskoue winteraand, met sneeuvlae wat oor die berge waai,

GEBORETUSSEN 1920– 1979? Leeshier….Aan al die “kinders”wat die 1930’stot 1970’s oorleef het!Eerstens het ons die rokery endrinker van ons moeders oorleefterwyl hulle swanger was. Hullehet aspiriene gedrink, blou kaas envis uit ‘n blik geëet en is nooitgetoets of hulle diabetes was nie.Na al die trauma was ons in diebedjies gesit op ons magies, in ‘nkot wat oorgetrek was met helderkleurige lood basis verf. Ons hetgeen “kindvaste”deksels of proppeop medisyne bottels, deure of kastegehad nie en geen kopskermsgedra as ons fietsry nie….om nie tepraat van die risiko’s toe ons duimgery het nie.As kleuters en kinders kon onsagter op die sitplek sit sonderveiligheids stoele, veiligheids-gordels of lugsakke.Om agter op die bakkie te ry wasgroot pret en ons het water uit dietuinslang gedrink en nie uit bottelsnie.Ons het ons koeldrankies met viervriende gedeel uit een bottle enniemand is dood daarvan nie.Ons het sjokoladekoek en witbrood geëet met regte botter en“kool aid”met suiker gemaak om tedrink, maar ons was nie oorgewignie want….ONS HET ALTYD BUITE GESPEEL!Ons het die huis verlaat in dieoggend vroeg en het heeldaggespeel. Solank ons terug was asdie straatligte aankom of voor diekerse aangesteek was.NIEMAND kon ons kontak deur diedag nie en ons het almal veiligteruggekeer huistoe. Ons het urespandeer deur kaskarre te bou uitafval hout en yster en het dan teendie steilste bulte afgejaag, net omuit te vind ons het vergeet van diebrieke. Nadat ons ‘n paar keer diekaskar omgegooi het en tussen diebosse ingejaag het, het ons geleerom die probleem op te los.Die dogtertjies het die rokkies in hulbroekies gesteek om ook in al die

pret te kon deel en niemand hetiets daarvan gedink nie.Seksuele molestasie was nie aanons bekend nie en tiener swanger-skappe was nie van gehoor nie.Ook was daar nie tyd vir dwelmsnie want ons ouers het noggenoeg vir ons omgegee om onsboude aan die brand te klits as onsiets ongehoords sou probeer doen.Sondae het ons almal ons bestekleertjies aangetrek en kerk toegegaan. GEEN verskonings om tuiste bly was aanvaarbaar nie.Braaivleis en partytjies op Sondaewas uit. Ons het geweet wat “sesdae moet jy arbei en al jou werkdoen en die sewende dag moet jyrus” beteken. Daar het ons geleervan liefde, respek, hoe om God tevrees en te vertrou. Dat vaders enmoeders geëer moet word en onsmonde met seep uitgewas SALword wanneer ons vloek ofteëpraat.Boeke vat saans na ete was ‘nwerklikheid en ons almal hetaandagtig geluister want vrae isgevra oor die stukke wat geleeswas.Ons was ook geleer hoe om elkeaand voor ons bedjies te kniel en tebid.Ons het nie “playstations”,“ninetendo’s, “X boxes”, “wii”, ofenige video speletjies gehad nie.“shopping”vir ontspanning was nieaan ons bekend nie, en “label”klerewas toe ook nog nie eers in“China”gemaak nie. Snobisme was‘n galbitter vrug wat net in dieAmasone “gegroei”het en sakgeldwas “iets”was net die Staats-president van geweet het.Ook nie 150 TV kanale, DVD’s ofvideo flieks, selfone, persoonlikerekenaars met internet, facebookof chatrooms nie….Ons het VRIENDE gehad … en asons hulle gesoek het, het ons netbuite toe gegaan. Ons het uitbome geval, was gesny en hetbene gebreek en daar was geengeregtelike eise vir hierdieongelukke nie.Ons het wurms enmodderpasteie geëet en diewurms het nie vir altyd in onsgeleef nie. Ons het windbukseen poppe gekry vir ons tiendeverjaarsdag, speletjies opgemaakmet stoke en tennisballe, oukomberse en peule, en al hetniemand ons gewaarsku dat ditkan gebeur nie, het ons min oë

uitgesteek.Ons het met ons fietse gery of popgespeel of sommer net geloop naons vriende se huise, aan die deurgeklop en sommer ingeloop engesels. “oom en tannie”was nogaan die orde van die dag en “jy enjou”was net op rondloper hondevan toepassing.Rugby en tennis spannetjies hetproewe gehad en die wat nie diespan gehaal het nie, moes maarvrede maak daarmee – verbeel joudit!!Ons het gereeld die bednatgemaak en ons ouers het ons ‘npak slae gegee, nie na sielkundigestoe geneem nie omdat hulle niegeweet het wat om met ons tedoen nie. Die gedagte om joukinders by die polisiestasie te gaanuit borg het nie bestaan nie. Ouerswas aan die polisie se kant! Sien,kinders was daai tyd nie gehoor, ofgesien, in geselskap nie want dieouers was nie bang vir hul kindersnie!Tande tel was uit want ons hetgeweet hoe om te speel. Onsouers en grootouers se grootstetaal was definitief nie om ons te“entertain” nie.Terugpraat was die grootsteeuwel en ons ouers het nietoegelaat dat ons kinders hulle metmooi woordjies kon manipuleernie. Ouers was nog ouers enkinders was nog kinders, en kindershet gedoen wat vir hulle gesê was.“Skoolsiekte”was nie toegelaat niewant ons ouers het geweet hoeom te “cope” met die daagliksestress in hulle lewens. Al wanneerjy by die huis kon bly was wanneerjy half dood was.

11

Page 13: ‘n Gebed Ongkerkgroblersdal.co.za/uploads/Trompet 5.pdf · 2013-12-06 · In die ou dae was daar ‘n dokter wat op ‘n yskoue winteraand, met sneeuvlae wat oor die berge waai,

12

Epos alle bydraes na BEIDE epos adresse OF u kan dit by die kerkkantoor inhandig. Baie dankie.

Tel: 013 262 3381 / 4114

Epos: Solly Ferreira: [email protected] / [email protected]

Artikels wat nie in die uitgawe is nie sal in volgende uitgawes verskyn weens beperkte spasie.

Liewe oom SolieEkt vi my maajie in Petoorja ‘n myl gestier orie besaar. Oom

weet mos ons kom ok van Petoorja af. Mama sê ek moedit ok

vi oom myl. Oom moedit seblief in die trompet sit.

Liewe Lien,

Ons basaar se naam was boetsen all vir Jesus. Alie mense moes

hile ragbie tryje dra aners kry kile ‘n roi kaart. As doomnie jou

so ‘n kaart gee moes jy honert rant petal. Ekt toe ma lievers my

sjak tryj gedra. Papa sê by die kerk gebeer dinge.

Vrydag moes alie katgees kiners ‘n pojkie maak virie aand. Oom

Teens enie doomnies anie aner kerke moes kies wie wen. Die

graat viers en vyvs se hoender pojkie hetie wistrovee gewen.

Disse swart pojkie oppe plankie. Marie kerk hetom daatlik trig

geat. Die graat tiens was na hile. Oom Chals sê netie graat ags

en tiens het hile yje pojkie gemaak. Oom Chals hetie graat viers

jammer gekry omlat doomnie Henrik die vee trig gevatit.

Sondag het hy toema vir ali klase tjoklits enne sitfiekaat gegee.

Ooms Iesak en Dirk het koek opie vier gebraai. Ma my was al

klaar vol vanie hodog enie kerk tanies se wavels en roomys. Ek

wasie nog lus virie koek okie. Ons kinders het leker gejol inie

saal. Die groot mense het net gekyjer en misiek gelyster. Dit

wasie op pe see dee nie. Daar was vier dola tanies vanie dal.

Hile het misiek op dromme, kietaare enne tiena wat kosert hou

gespeel. Mens noemit boermisiek. Vanie groot mense het gesê

balke toe, ma hile hetie gaan oefin opie balk nie, omlat tanie

Ester die balk opie rolskaats baan laat ytdra het. Ek dink dit was

toe al te donker daar vir oefen.

Satrag oggend was Doomnie Janie die tjiev in chats. Hy het aner

ooms en tannies lat brekvis maak. My maag was propvol van

alie tjips, wors, byjkin en yjirs. Daar was ok mense wat vroeg

gehol of geloop met stoke inie wingert. Tanies Iezel en Natasja

het gesê hile moet. ‘n Swart oom het gewen. Sy prys was ‘n

koevert. Die aner wat na hom was het ok net koeverte gewen.

Nege iet het doomnie Janie amin gesê en toe ees hetie basaar

rerig begin. Daar was baja kos. Ekt vanie panekoek, kerie en

rys, vetkoek en poering gekoop. Oom Laanie het brood gebak

in daai snaakse oond bytekant. Die mense was baja honger want

hile het alie kos opge eet. Die ooms het ook ragbie gekyk, manie

opie teewee nie dit was oppe groot wit doek. Party ooms was

kwaat virie sjaks en het sommer geloop. Mama het my gelt

gegee om vi oumie ‘n persenkie te koop by die sekonhand shop.

By tanie Tanja het ek ‘n mooi serpie gekoop en daar was nog

aner vankie goet! Mama sê doomnie Etsbet het alie ou klere

vanie mense viri apel en ‘n yj vekoop ma hile moet seker nogi

apels en yje bring want daar was niks apels en yje in sy gelt kas

nie. Omlat ek nog ‘n kiners is mag en net opie pêre gery het en

speletjies speel want tanie Lis sê ek mag. Doomnie Hendrik en

oom Jirgens sê net groot kiners en mense mak meti pynbal skiet

en pat pat speel. Ma dit nie vêr nie.

Oom Johan misiek wasie besaar monster. Hy het see dee misiek

gespeel en vi almal vetel wat hile nog moet koop. Die pienk

koeje het baaja swiets virie kiners gehad. Tanie naoomie het moj

fotoes van almal geneem en op vys boek gesit. Ook Dejon het

blikies koelrank vekoop. Daar was ok ‘n teetyn en eetplek met

leker kos, koek en kovie. Tanies Sanet en Loesie hetie tyn met

planke gemaak en ragbie tryje anie planke op gehang. Dit het

koel gelyk. Tanie Josie wasie koek, syt vir almal koes en kovie

gemaak. Oom Dawie en tanie Eerieka het bryjvlys verkoop.

Ooms Chals en Hanes het groente en vrigter vekoop. Oom

Giedieon en tanie Elna het alie blou bile inie dal geslag. Dasie

meer blou bile oor inie Dal nie want daar was baja vlys opi

besaar. Van party vlys het hile biltong gemaak. Daar was ok

varke, hoenders en bokke geslag. Mama sê papa het vi ons vlys

viri hele jaar gekoop. Ons gelt is nou ales op. to papa nie vi my

meer gelt wou gee nie het doomnie vir hom ‘n roj kaart gegee.

Sondag het mama bydie hys gebly. Net ek en papa is kerk toe.

Haar tenis elemboog en stywe rig was baja seer naie basaar.

Masy hetie tenis gespeel nie, sys ê dis van Satrag se panekoek

rol. Ini kerk het oom Koos gesê die Here hetie basaar geseen

wanie besaar het baja gelt gemaak. Doomnie Hendrik het ok

dankie gesê vir almal se gelt en harde werk. Ma ek weti so mooi

nie. Daai tanies wati gelt getel het saam met oom Kieljan heti

hart gewerkie. Hile het net daar inie kantoor gesit en lag. My

ma sê daai oom koster moet ‘n me dal ji kry want tanie Ester

order en hy en almal moet spring. Mama sê daai tanie moet hile

meti volgene besaar toe slyt. Dan kan sy nie order nie. Ma papa

sê dit salie helpie. Niemand wil haar met salv smeer nie.

Karien ek lyjk van besaar hou en as dit weer besaar is moet jy

kom kyjer!

Tata

BRIEWE * BRIEWE * BRIEWE * BRIEWE * BRIEWE

Skoolsertifikate is aan almal uitgegeewat nooit afwesig was gedurendedie jaar nie en snaaks genoeg, onsalmal het altyd een gekry.Elke oggend was met gebed en sangge-open en die oudste onnies hetaltyd Bybelperiode aangebied. Sekeromdat hulle die Bybel die beste

geken het.Daardie generasie het van die besterisikovatters, probleemoplossers enuitvinders OOIT geproduseer. Dielaaste 50 jaar het bestaan uitontploffings van uitvindings en nuweidees.Ons het Vryheid, verlies, sukses en

verantwoordelikheid gehad en onshet GELEER hoe om dit te hanteer.As jy een van hulle was ….Baie geluk!Jy wil dalk hierdie deel met die watgelukkig was om groot te word sooskinders, voordat prokureurs enregeringe jou lewe “vir jou eie beswil”begin reguleer het.