augustus 2013 nuusbrief

36
“Outstanding Machine Workmanship & Viewers choice” Tille de Harde ORANJE KWILTERSGILDE ORANJE QUILTERS`GUILD Bloemfontein & Omgewing/ Surroundings Feesuitgawe!!! 1989-2013 “Traditional Best on Show & Outstanding Hand Workmanship” Suzette Ehlers

Upload: oranje-quilters

Post on 08-Apr-2016

290 views

Category:

Documents


20 download

DESCRIPTION

Newsletter, Oranje quilters,

TRANSCRIPT

Page 1: Augustus 2013 nuusbrief

“Outstanding

Machine

Workmanship

&

Viewers

choice”

Tille de Harde

ORANJE KWILTERSGILDE

ORANJE QUILTERS`GUILD

Bloemfontein & Omgewing/ Surroundings

Feesuitgawe!!!

1989-2013

“Traditional Best on

Show & Outstanding

Hand Workmanship”

Suzette Ehlers

Page 2: Augustus 2013 nuusbrief

WWe

Wenners: - lede van die Oranje Kwiltersgilde, tydens die 17de

Nasionale Kwiltfees 2013.

Sestien Seisoene - Christa Gouws – Highly commended & Judges Choice

Kleurespel - Mariëtte Venter – Contemporary - Highly commended

Kaleidoskoop –Iessie Steenberg – Third Prize - KAL Category

Marianne Le Roux – Vintage

Sewing - First Prize -

Challenge

Page 3: Augustus 2013 nuusbrief

Liewe kwiltvriendinne

INSPIRASIE, INSPIRASIE, INSPIRASIE!

‘n Fees vol inspirasie!

‘n Kaleidoskoop van persoonlikhede, talente, kreatiwiteit,

tegnieke, lieflike materiaal en oulike toebehore ….. om nie te

praat van die heerlike eetgoed nie! Ek glo almal het die Fees baie

geniet en ons sal nog lank daaroor praat! Aan elke lid van die

Gilde wat gehelp het om die suksesvolle Fees aan te bied, baie,

baie dankie! Iessie nogmaals dankie vir al jou leiding en lyding

om die Fees ‘n geskiedkundige gebeurtenis vir die Oranje

Kwilters te maak! Dankie aan almal wat kwilte ingeskryf het

en baie geluk aan die pryswennners. Dit was ‘n uitstaande

kwiltuitstalling!!

Ek glo die meeste van ons is vol nuwe idees en planne vir

projekte. Al daardie aankope moet nou aangewend word om

die idees lewe te gee! Ons sien uit na die kwartaalvergadering

om te sien wat elkeen gedoen het. Kom wys asseblief!!!

Geniet jul kwiltwerk! Mag die heerlike skeppende atmosfeer wat

by die Fees geheers het, nog lank deel wees van ons groepies en

Gilde.

“In the crazy quilt of life, I am glad you’re in my block of

quilt friends!”

Lappiesgroete

Marianne

Page 4: Augustus 2013 nuusbrief

LHparkies: - Ninor Courtnage is Dinsdag 16 Julie by `n kitsbank in die Bayswater Sentrum aangeval. Sy is nie ernsig beseer nie en geen geld is onttrek uit haar rekening maar dit was vir haar baie erg. Ritha is ook by kitsbank beroof en haar kaart is gekloon. Friendship: - Hanli Henderson se motor is tydens die Fees, Donderdag 4 Julie gesteel en die Maandag weer gevind. Ongelukkig is die motor beskadig en sal herstelwerk gedoen moet word. Rafels: - Madeleine se dogter het getrou. Tannie Rina Schutte is ongesteld en was in die hospitaal waar sy `n operasie aan haar skildklier ondergaan het. Rotary Cutters : - Rika van der Merwe word ouma van `n kleinseun. Lappoppe: - Amanda se skoonpa het `n hartoperasie ondergaan. Mari se skoonma is ernstig siek en in die hospitaal. Myrtle se skoonpa is oorlede en sy het Ouma geword van `n kleinseun genaamd Eckard. Annarie gaan weer ouma word. Michelle se ma het rugoperasie ondergaan, komplikasies het ingetree en haar ma bly nou by haar sodat sy kan help met versorging en rehabilitasie. Goedharte: - Elsa van Coller is terug na bykans `n jaarlange verblyf in België. Dalene Volsteedt se broer is baie siek en in die hospitaal. Goue Drade:- Charlene se skoonpa is in Junie oorlede en haar man is tans met bronchitis in die hospitaal. Connie het Junie ‘n nekoperasie ondergaan en dit gaan tans goed met haar. Linda se dogter het op 10 weke ‘n miskraam gehad. Anida se dogter het ook ‘n groot operasie ondergaan. Kokkewiet het weer ouma geword (haar heel 1ste kleindogter.) Marie se seun, Christo, is terug uit Amerika en hy het vir sy ma ‘n gekwilte kussingsloop as geskenk gebring. (Dis so ‘n spesiale geskenk vir my, nou weet ek hy het net so baie soos ek verlang!!!) O ja, en dit het weer baie goed met die skiet ook gegaan.

Winter is `n tyd vir gemak, goeie kos en warmte, vir die aanraking van

`n vriendelike hand en `n geselsie by `n vuur – winter is die tyd vir jou

huis.

(Dame E. Sitwell)

Lief en Leed

Page 5: Augustus 2013 nuusbrief

President’s Report It gives me pleasure to be able to present my 2012-2013 report. The SAQG has had a very successful year and I think it will be a great year to look back on. In Remembrance: Our thoughts go out to our lost quilter Ronel Linde from GRG. Ronel was an amazing machine quilter and a wonderful ambassador for SA quilting as well as a good friend. She will be missed. There have been quite a few highlights that I know of in the past year: 1. Marketing and promoting South African Quilters, Nationally and Internationally: Most of the year was taken up with preparations for the publication of our very own book: My sincere thanks go to Trienie Krugel for all the hard work she put into helping make this book a reality. Then, of course, to all the quilters who willingly gave of their time and talent to create blocks inspired by our own South African Quilting Heritage. Without the assistance of the various museums, I would not have been able to celebrate this publication today.

EPM When, in July 2012 SAQG was approached by the organizers of the popular European Patchwork Meeting held annually in France, I not realize where the invitation to this event would be taking us. 51 quilts from all over South Africa have been chosen by three SAQG accredited judges and they will be exhibited in St Croix-aux-Mines, Alsace in France. If all goes to plan quite a few South African

quilters will be travelling to France, not only to promote SAQG and South African quilters, but also to see how other countries host quilt festivals. What we didn’t realize was that that the South African Council for Commerce and Industry take a very hard stand when it comes to exporting and importing anything to and from our country. Complying with their rules is also a very costly affair. With thanks to all the quilters who participated, we could keep costs as low as possible but this factor should be minute and remembered for any future International Exhibition. My thanks go to all the quilters who trusted me enough to put their priceless quilts in my care! I will be a very proud South African at this Patchwork Meeting. I was also honored to be asked to be part of the jurying panel for their ‘Distortion’ competition,

Page 6: Augustus 2013 nuusbrief

the photographs of these quilts should be arriving today or tomorrow and results must be in by 11 July 2013. I sincerely hope that a quilt from South Africa will be crowned the winning quilt! The SAQG website, something many South African quilters criticize so often, is now a more vibrant, user- friendly website. There are still some gaps such as South African Quilting history, but with the assistance of the hard working committee, these problems will soon be rectified. Guilds now regularly send photographs and news which makes the website current and vibrant. We will speak on some issues pertaining to the website during the day. 2. Youth Block project It seems as though this project is doing what it set out to do: involve youngsters in quilt making and therefor ensuring that we will have another quilting generation. SAQG sponsored this project with R5000 and I think it was money well spent. Of the 135 entries, 104 blocks were received with a return percentage of 77% in comparison to 74.6% in 2012. The blocks were judged by Sheila Walwyn, Jenny Hermans and Bettie van Zyl and the winning blocks in each category will not only be seen here at the Festival, but will also be travelling to the USA. 3. Postcards for the Organ Transplant Games: Ina Meyer who initiated this project tells me that with the help of quilters she has collected about 800 fabric postcards which will be distributed to athletes taking part in these games in Durban. I respectfully ask that information regarding national projects and challenges be distributed to Guild and Group members as soon as they become known so that as many quilters as possible can take part. 4. The future: During this week the Festival hosting guilds, together with Owen Calverley, owner of IQCA and me will be meeting to discuss the way forward. We need to find a way in which to assist each other for the good of South African quilt making. I look forward to constructive discussions, the results of which I will report on at the BGM on 3 July 2013. The Free to Express Challenge sponsored by IQCA seems to have been quite popular with 59 entries received. The photographs should all be in by tonight and then three SAQG accredited judges will choose about 40 outstanding quilts which will be exhibited at IQCA in September at Emperors Palace. The Best on Show quilt will be chosen once we have received the accepted quilts. This quilt and quilt maker will be awarded the R15000 prize money sponsored by Stitches Magazine. 4. Problems: No organization ever functions without some problems on the way. I have identified a few important problem areas which we will be discussing at this meeting. Country Groups

Page 7: Augustus 2013 nuusbrief

Payment of subs and submission of membership lists Multiple membership to Guilds and Groups Advantage of belonging to SAQG SAQG Accredited teachers The SAQG has, seen overall, had a good year. I feel that we are still focused on our mission statement which is to foster an environment where all South Africans can reach their full potential in quilt making, nationally and internationally. My thanks go to all the members of this committee for helping me run a smooth administration. Please also extend my thanks to your Regional Guilds for support and input. I thank you for the privilege of leading such a great team.

Elsa Brits

KREATIEWE LAPPIES se nuus…

In hierdie koue Suid Vrystaat het ons nog nie `n weersiens sedert die grote Fees gehad nie. Ons het nietemin die Fees geniet en wil regtig vir ALMAL wat so hard gewerk het gelukwens met n wonderlike Fees. Van die begin af, aan elkeen wat geglo het Bloemfontein kan dit hanteer en ons Gilde kan dit

behartig....nogmaals baie dankie. Hierdie was `n wonderlike geleentheid om `n kwiltfees te leer ken en ons gaan moeilik van die volgendes af wegbly. Slegs 3 van ons lede het kursusse bygewoon. Ons jongste lid het elke dag een bygewoon - Linda jy het nou genoeg kennis tot die volgende Fees!! Miemie, jy is n ou hand en ek glo jy het voluit gegaan. Die res van die klub het GEKOOP. Hier is groot kwilte aan die kom. Daar is verseker aangesteek by die uitstalling wat menige asems weggeslaan het. Macky Cilliers se “fabric book” -kursus was meer geverf op die end, maar ongelooflike kennis om nog vryer met lap te werk is gedeel. Ons klub moet nou iets doen met al die handige gereedskap wat ons aangekoop het, so ons beplan `n handige geraamde gereedskapsmuureenheid om by ons masjiene op te hang. Groete

Page 8: Augustus 2013 nuusbrief

SupaQuick Gebou

Tel: 051 8531178

Davinstr 24

Bultfontein

Baie geluk

aan die Feeskomitee.

Dit was die BESTE fees ooit!!!

Baie nuwe lappe

teen bekostigbare

pryse -

vanaf R80 per meter.

Mari Strydom:

083 274 9161

Faks: 051 853 1179

Epos:

[email protected]

Page 9: Augustus 2013 nuusbrief

Verslag deur Mariëtte Venter – verteenwoordiger

van die OKG by die Suid Afrikaanse Kwiltersgilde:

“Ons het ‘n baie lang en suksesvolle vergadering gehad op 30 Junie

2013 in Eunice se koshuis.

“ Vendors” en “Teachers” moet aansoek doen om by Durban se Fees klas te gee of om

hul winkel daar te bedryf. Niemand gaan uitgenooi word nie. So hou die webwerf dop -

[email protected] - hier sal julle inligting kry van wanneer om wat te doen.

“Teachers” se kontrakte moet deur Feesvoorsitter/Organiseerder geteken wees voordat dit

by die “teachers” opdaag vir hulle om dit te teken. Altwee partye moet teken anders is

dit nie wetlik nie. Dit is ‘n wetlike dokument en dit moet sodoende hanteer word. Dit

geld vir alle kere wat ons mense kry om klas te gee, selfs net hier by Oranje

Kwiltersgilde , sou ons ‘n kontrak hê met die “teacher”.

Ons kan ook dink aan ‘n “Quilt academy” in ons area, waar die “teacher” sy/haar tyd

en energie skenk en sodoende bereik ons meer mense vir die kwiltwêreld. Die mense

betaal wel ‘n fooi vir die dag en bring hul eie masjiene, ens.

“MEMBERSHIP lists” - Hierdie is baie belangrik. Die lys plus name moet in wees teen

einde April. Ook die bewys van betaling van die lede wat ons op daardie stadium het.

Die getal lede en die affiliasie gelde moet korrelleer. Lede hoef nie aan SAQG te

behoort nie, MAAR as jy ‘n “ teacher” wil wees moet jy lid wees van “SAQG”.

FOTO’ S - Ons praat so baie hieroor. Daar kan nie foto’s op die webwerf wees as

ons nie foto’ s instuur nie. Van alles, as daar plek is, sal dit geplaas word. Iemand op

Gilde se bestuur moet hierdie taak kry en sorg dat daar elke kwartaal foto’s

deurgestuur word.

Ons wil graag dat die kwiltwinkels op die webwerf adverteer. Dit help mense van ander

plekke om te weet waar om julle te soek . Gaan kyk op die “SAQG” - webwerf en

hulle gee vir jou ‘n “pdf” - vorm om in te vul en wat om te doen, dan is jy op die

webblad. Lede is ook welkom om die “SAQG Facebook” - blad te “like” en dan foto’s

en inligting op te sit. Besoek dit gerus. Is baie interessant.

Kwilte wat nie op Feeste op DIE stadium toegelaat word nie is:

Beginners kwilte

“Digitised” kwilte en

Slegs “felting” kwilte

As jy iemand betaal om vir jou te kwilt of enige iets anders op kwilt te doen.

Page 10: Augustus 2013 nuusbrief

Outreach verander nou na “Community Projects” / Gemeenskaps projekte. Hierdie sluit in

enige liefdadigheidsprojekte. Hier skiet Oranje Kwiltersgilde baie ver te kort. As ek luister

wat alles in ander Gildes gebeur, kry ek erg skaam oor die bietjie wat ons doen. Ja, ek

weet die kerk, skool, ens. eis sy tol maar ook so by die ander Gildes. Hulle doen goed

soos sopkombuise, neem vir ‘n jaar ‘n organisasie aan bv. ‘n arm huis vir bejaardes ,

kinderhuis of saal waar kankerpasiënte lê en daar word dan met Moedersdag, Vadersdag,

ens. iets lekkers gedoen of afgelewer. Dink maar hieroor. Dan praat ek nie eers van

die liefdeskwilte wat uitgedeel word nie. Wat van ‘n skoenboks projek??? Durban gaan

ook nie ‘n projek hê vir “previously disadvantaged” mense nie, maar wel vir “currently

disadvantaged” mense .

Ons stel ook voor dat Nasionale Kwiltdag nou nie meer ‘n dag is nie, maar die hele

Maartmaand. Die Gilde kan iets spesiaals reël vir die lede, nie meer soseer vir die

publiek nie. En stuur foto’s vir webwerf.

Voorsitters van Gildes moet verkieslik positiewe mense wees wat bereid is om te help

om kwiltwerk in SA uit te brei. Vergaderings moet opwindend en vol nuwe idees en

klasse wees. “Vendors” MOET toe wees tydens vergadering.

Nuusbriewe moet meer inligting gee, bv. waar daar uitstallings in area is, waar en

wanneer groepe bymekaar kom. Enige iets wat met kwilt te doen het moet gepubliseer

word en sommer op `n “ blog” en webwerf kom.

Vergadering datums moet deurgegee word na Elsa Brits en sy kan genooi word vir ‘n

vergadering. Dit sal vir haar lekker wees om te sien wat by die verskillende Gildes

gebeur.

Kom ons maak die Oranje Kwiltersgilde die beste wat ons kan wees, vol kreatiewe

energie en opwinding.

Besoek gerus ons blog:

www. oranjequilters.blogspot.com

Page 11: Augustus 2013 nuusbrief

Fokus op die Kwilter

~ Annette Verhoef ~

Met ons kwartaalvergadering gedurende

Mei, in ‘n baie klein ruimte, het Annette

Verhoef se kattekwilt uitgestaan. Dit is

‘n bewys dat as die kwilt mooi is, dan sal

hy sy regmatige plek verdien.

Annette sê sy het verlede jaar die Clarens- kwiltklasse gaan bywoon en daar die

klas gedoen. Sy het `n halwe kat gemaak en die ander by die huis kom klaarmaak.

Dit is ‘n ontwerp van Trix Pienaar en so reg in Annette se kraal want sy hou baie

van kreatiewe en innoverende kwilte. Verskeie tegnieke word gebruik soos

appliekwerk, vryhandborduurwerk en koord wat hulle gemaak het. Verder het sy

die katte lekker versier.

Sy het die kwilt met die masjien gekwilt en het die kattekwilt baie geniet.

Annette is ‘n gebore Vrystater en het onderwys gestudeer. Sy geniet die

onderwys en wend vandag nog hierdie talent van haar aan, al los sy net af.

Sy het drie kinders en twee kleinkinders wat sy baie geniet. Sy en haar man Chris

hou hulle self besig en geniet hulle lewe saam hier in Bloemfontein. Sy is lief om in

die tuin te vroetel, sy is ‘n entoesiasties oor hekel en breiwerk en dan is lees ‘n

groot lekkerte.

Baie geluk Annette ons sien uit na nog mooi en kreatiewe kwilte.

Page 12: Augustus 2013 nuusbrief

Goedharte se nuus…

Lede van die Goedharte vergader steeds weekliks rondom

Jolena se tafel. Die gastehuis is nou verkoop en ons vertrou dat sy in die toekoms meer tyd vir

kwiltaktiwiteite gaan vind.

Elsa van Coller is terug na ‘n bykans jaarlange verblyf in Belgie. Ons het ons verlustig aan al

die mooi kwilt- en breiwerk wat sy daar gedoen het en dit is ‘n voorreg om haar weer in ons

midde te hê.

Rina Schutte was die afgelope tydjie maar ongesteld en ons wens haar spoedige beterskap toe.

Anne Strauss is so deel van haar kinders en kleinkinders se lewe en laat geen kans om saam te

kuier, verbygaan nie. Sy bly maar besig om onafgehandelde projekte te voltooi.

Du Maurier het die Goedharte se naam hoog gehou en 2 kwilte op die fees uitgestal. Ons is

trots op jou pragtige werk. Du Maurier en Dalene Volsteedt het heerlik saam met Griet

Lombaard gekuier en ook haar “Holey felt” en “Solving sollubles” kursusse gevolg - net soos

die “Ant Beckey’s” van ouds. Du Maurier is besig om nog ‘n seuntjiekwilt vir ‘n kleinseun te

maak. Dalene se broer is baie siek en sy werk nog steeds aan haar dollaskwilt.

Rene Schoeman-Hodgson het die Kwiltfees terdeë geniet en elke funksie en meeste van die

lesings bygewoon asook verskeie kursusse . Tans is sy druk besig om haar kursusstukke te

voltooi. Sy het ook ‘n dubbelbedkombers gebrei.

Baie dankie vir ‘n wonderlike Kaleidoskoop Kwiltfees. Die reëlingskomitee het hulle uitstekend

van hulle taak gekwyt . Baie geluk. Die Goedharte het hulle verlustig aan die pragtige kwilte

wat uitgestal is, die geleentheid vir inkopies ten volle benut en heerlik gesmul aan die geurige

eetgoed wat by die restaurant beskikbaar was.

Kimberley Quilters… Kimberley Quilters het onlangs ’n demonstrasie gehad hoe om drie lae aanmekaar te sit en om dit deur te kwilt. Almaray het die proses stap vir stap verduidelik en wenke gegee om dit makliker te maak. Met ons laaste byeenkoms kon ons nabetragting doen oor die Kwiltfees, foto’s

kyk en Sonja en Gerda se feesprojekte bewonder. Augustusmaand gaan ons ’n nuwe blokpatroon leer, asook beplan vir ons Kersmark in November. En dan is daar nog altyd die “UFO’s” wat moet klaarkom....! Tot volgende keer, Kwiltgroete van Kimberley

Page 13: Augustus 2013 nuusbrief

DIE KWETTERKWILTERS … Almal is opnuut gemotiveer deur al die pragtige kwilte en die wonderlike klasse wat bygewoon is tydens die Kwiltfees. Baie dankie aan almal wat betrokke was met die organisasie en aanbied van die Fees. Dit was regtig vir ons almal `n wonderlike ervaring en belewenis. Die Kwetters gaan fluks voort met die projekte. Die “mystery quilt” het nou al 3 blokke en dit lyk sover baie mooi. Regina is met `n ander patroon besig vir `n kwilt vir haar bed, en so ook Mara met `n pragtige herfskleurige “9-patch”. Ons wag in spanning vir die eindproduk. Welkom terug aan Lenie wat die Co????? …. in Spanje gaan stap het. Sy het dit vreeslik geniet, al het hulle so baie nat gereën. Dit is met hartseer dat ons vir Elsie van der Bijl gegroet het. Sy bly nou by haar dogter in Benoni en is al goed ingeburger. Ons gaan haar baie mis. Ons is baie trots op Regina Raubenheimer, wie se kwilt op die Fees uitgestal was. Dit is die “Rooi Papawers” wat sy vir haar dogter gemaak het.

Uile…

Die fees is iets van die verlede, maar die sukses

daarvan sluier nog soos skaduwees suksesvol

rond!!

Graag wil ons as Uile, almal bedank wat tot die

sukses van die Fees bygedra het. Na ‘n besige Julie

maand het ons darem nou weer almal tyd om asem te skep.

Die winter is nog met ons maar met warm vriendskappe en helder lappe voel

dit of ons dit ook sal oorleef. Ons as groepie is druk besig om ons kwiltwerk

af te handel na al die lekker kursusse wat bygewoon is.

Hoop almal het ‘n wonderlike kwartaal wat voorlê.

Groete van die Uile

Page 14: Augustus 2013 nuusbrief

Nuus van die Rotary Cutters…

Die Rotary Cutters se innoverende kwiltkursus aan huis en onder leiding van Iessie, staan einde se kant toe. Hopelik sal die lede wat hieraan werk, teen November se vergadering met hulle volooide kunswerke kom spog. Ons sien ook daarna uit om weer

as voltallige groep vanaf Augustus saam te kan kuier. Dan sal ons ook Feesnuus kan uitruil en sien wie het almal wat by die Fees gekoop en nuwe tegnieke aangeleer.

Vier lede gaan die ekstra ”Block a Day” - kursus te CUT bywoon. Van die lede het die fees a.g.v ander verpligtinge misgeloop, maar kan darem hierdie dag mee maak.

Die “Charity Quilt” wat ons groep ten bate van Die Spierdistrofie Stigting van Suid-Afrika gemaak het, is voltooi en afgelewer. Hulle is baie in hulle skik met die voltooide produk en hoop om heelwat fondse met die kwilt in te samel.

Baie dankie aan almal wat so hard gewerk het en van die Fees ‘n reuse sukses gemaak het. Dit was heerlik en regtig ‘n produksie om op trots te wees. Al die dames is ook baie beïndruk met die indrukwekkende “goody bags”.

Groete tot `n volgende keer!

Goue Drade (Saterdag groep - Bloemfontein)….

Ek wil begin deur elke lid van die Goue Drade opreg te

bedank vir hulle hulp en bydrae tot die Kwiltfees. Dit

was ‘n groot sukses. Baie dankie julle!!!!!

Ons het a.g.v. die Kwiltfees nie Julie maand ‘n groepie

byeenkoms gehad nie. Ek hoop egter dat die dames

darem so tussen die Fees en al die ander huislike verpligtinge ‘n tydjie kon inruim om

aan hulle “graffiti - blokkies” te werk. Julle moet onthou almal se blokkies moet

Desember klaar wees, so julle sal moet wikkel, die tyd raak nou min!

Besoek ons gerus by: http://www.gouedradekwilters.blogspot.com/

Goue Draad Groete

Page 15: Augustus 2013 nuusbrief

NEEDLES & PINS…

Werk hard, gee jou beste en jy sal kry waarvoor jy gewerk

het.

Die “Needles & Pins” -groepie (soos almal in die OKG) het almal ons beste gegee vir

die Fees. Mense sê altyd "die wiel sal draai". Dit het gebeur en ons het net liefde,

vriendelikheid, respek en ‘n heerlike Fees gekry. Ons het nou ons dosis van kwilt

inspirasie gekry by die Fees en kyk nou weer met ander oë na ons stokperdjie. Van

hier af gaan ons die winter weg kwilt en aanhou tot die volgende kwiltfees in Durban!

Kwiltgroete !!!!!

18th South African

National Quilt Festival

3 – 7 July 2015

Page 16: Augustus 2013 nuusbrief

Friendshipgroep (Bloemfontein)

Ons vergader elke 2de Vrydag van `n nuwe maand by `n lokaal

van ons keuse. Kontak Frances by 0788034019

Met ons laaste Algemene Vergadering was daar ongeveer 51 dae oor voordat die

Kaleidoskoopfees sou begin en nou is dit amper al weer soveel dae sedert die Fees

plaasgevind het. En wat `n lekker Fees was dit nie! Ook ons Friendshipgroep het dit baie

geniet. Ons groepie wil Iessie bedank wat die Feesreëlings se leisels styf vasgevat het ,

asook al ons medekwilters met wie ons baie lekker saamgewerk het, voor en tydens die

Fees. Behalwe al die lekker kursusse, eetgoed en mooi winkels, het ons mekaar ook sommer

beter leer ken.

Die Fees met al die interessante kursusse het meegebring dat daar nou gekwilt word dat die

stof staan! `n Gebrek aan inspirasie is daar beslis nie. Verseker sal die “Friendshippers” met

verloop van tyd al die mooi kwilte wys.

Amanda moes so bietjie langer wag om met haar “Bugs” – kwilt te begin aangesien vriendin

Hantie per ongeluk haar “kit” saam ingepak het terug na Pretoria!

Martie het nie genoeg gekwilt tydens die Fees en het toe sommer nog `n klas van Griet

Lombard wat na die Fees geskeduleer was, ook bygewoon.

Verder is klasse bygewoon van Elaine Barnard, Marline Turner, Marilyn Pretorius en Marilie

Bruyns. Van ons groeplede het te laat besluit op `n klas en moes met groot teleurstelling

hoor dat dit uitverkoop was. Na `n geselsie met Macky Cilliers lyk dit tog of ons een of ander

tyd die geleentheid gaan kry om haar “Fabric Book” – klas te doen.

Saam met die opwinding van die Fees was daar ook teleurstelling. Hanli het met `n groot

skok uitgevind haar motor is Donderdag 4 Julie by die Fees gesteel. Ai, ai kwiltmater, ons

almal se harte is saam met jou seer. Al is jou motor weer

gevind, is die skade gedaan. Hopelik sal geregtigheid

geskied.

Laastens wil ons groepie vir Annette Verhoef ook

gelukwens met haar pragtige Kattekwilt wat met die laaste

Alg. Vergadering die keuse van die dag was . Sy is ons

groepie se nuutste lid en `n uithaler kwilter! Wat

Kroonstad verloor het was vir Bloemfontein `n baie groot

aanwins. Wel gedaan!

Page 17: Augustus 2013 nuusbrief

Mariëtte verduidelik

tegnieke om lap te

kleur.

Ons vendors op hul

pos.

Kimberley Kwilters bedien

heerlike sop en brood.

Iessie doen verslag oor die Skou- uitstalling.

Feestema - Kaleidoskoop

Van die kwilte wat by die Skou

uitgestal was.

Algemene Vergadering – Mei 2013

Page 18: Augustus 2013 nuusbrief

Kaleidoskoopfees

Tannie Magriet en haar span hang

kwilte!

Melanie Brummer se klas –

kleurtegnieke.

Marilyn Pretorius se mooi trui pas

baie mooi in by ons kleurskema!

Christelle se Flip-Flop kwilt –

aangebied deur Leslie Amy Pahl.

Outreach – saam met Marline

Turner. Morag in `n vrolike bui!

Page 19: Augustus 2013 nuusbrief

Die Fees se

2000ste besoeker!

Neline saam met die

vriendelike Maggie Ball,

“teacher” uit Amerika.

..heerlike koffie en eetgoed uit die restaurant!

Marilyn Pretorius saam met `n

paar van haar studente.

Wilna de Beer se klas

Spesiaal gemaak vir

die Fees - `n besoeker

uit die Kaap!

Die feestelike tafels!

Daleen, gelukkige wenner

van `n gelukstrekking!

Elrine met haar Pienkie Dolla wat

sy gemaak het – klas deur Rita

Cloete.

Page 20: Augustus 2013 nuusbrief

Rafels se nuus…

(Bloemfontein)

En so het die Fees gekom en het die Fees gegaan! Aan Iessie en haar span, baie geluk! Ons is trots om deel te wees van die Oranje Kwiltersgilde. Die Rafels het vir twee jaar GEWERK aan die “goody bags” vir die Kaleidoskoopfees. Met al die bydraes van ander groepe het ons ‘n “bumper goody bag” vir die Fees gepak. Ons was so moeg vir al die goed, wat ons gemaak het, maar kon op die ou einde nie wag om ons eie “goody bag “te ontvang nie! Almal het kursusse en of lesings bygewoon en kan nie uitgepraat raak oor dit wat ons geleer, gesien en gekoop het nie. Christa se Sestien Seisoene kwilt het 2 pryse gewen – “Judges’ Choice & Highly Recommended”! Christa ons is baie trots op jou! Tannie Rina is ‘n ongelooflike rolmodel vir almal en veral vir ons Rafels. Sy het ‘n volle drie dae die Fees bygewoon en sê sy sou graag nog meer kere wou gaan. En die kosstalletjie was die kersie op die koek! Almal het ‘n kilo of wat aangesit! Die Rafels kan nie wag om weer na die Fees bymekaar te kom en almal se kursusprojekte te bekyk en te bespreek nie. Viva Kaleidoskoopfees!

Page 21: Augustus 2013 nuusbrief

Tolbosse se nuus

(Bultfontein)

Ons wil net weereens vir Iessie en haar span

geluk wens met ‘n ongelooflike lekker,

vriendelike en toegangklike Fees. Die wat dit nie

geniet het nie, meen ons sal baie dinge in die

lewe in elk geval nie geniet nie.

Die Fees het definitief hier by die Tolbosse koppe oopgebreek en planne

stroom uit. Elkeen is besig met ‘n “Luscious little layering” vir Durban wat

einde Augustus afgegee sal wees en dan is ons reg vir al die nuwe idees in

ons koppe….. “ The creative juices are flowing “ en ons is lus vir kwilt.

Ons is baie trots op Santjie se huishulp Lydia wat ‘n eerste prys gekry het vir

haar kwilt in die “Outreach” - afdeling en sy is so in haar skik met haar roset

en haar prys...

Hantie, Rina, Santjie en Lynette het almal kursusse by die Fees gedoen en hulle

het so baie geleer dat hier baie mooi kwilte gemaak gaan word. Tannie Susan

het kom help by die Fees en ons is trots op haar en Ninor wat tyd en krag

het om hulle plek vol te staan.

Hantie het klas gahad by Maggie Ball en haar “Opt Art” klas gedoen en jy

sien net lappe trek soos Hantie nou knip en stik. Sy het ook Nellie Alberts se

“Jewel Runner” gedoen en dit was baie lekker dat sy geen lappe vir die klas

nodig gehad het nie. Dit was alles in die kit. Dan is sy besig met haar “Falsi

Triangoli” en dit hou haar hande besig as sy vir kinders moet wag by die

skool.

Lynette het klas gehad by onse eie Hettie en Iessie en het die klasse baie

geniet. Dan het sy ook Doortjie se “Henco se erfstuk” gedoen en sy knip en

stik ook vir ‘n vale.

Rina het Wilna de Beer se 3D blomme klas gedoen en sommer baie planne

gekry vir toekomstige artikels. Dit was vir haar ‘n baie lekker klas.

Page 22: Augustus 2013 nuusbrief

Mariëtte het net al die lekker gedoen, soos al die funksies bygewoon

aangesien haar klas gekanselleer was en kon sy kuier , hekel, koffie drink en

nog kuier. Sy het darem ook “ white glove” gedoen en staan elke keer verstom

oor mense se kreatiwiteit. Sy het ‘n “ Highly Commended” toekenning gekry,

dus het sy het ook een van ons mooi rosette ontvang.

Santjie het een van Griet se klasse bygewoon en elke oomblik geniet en het

ook nou ‘n kop vol nuwe planne.

Antoinette kon ongelukkig nie die Fees bywoon nie, maar haar hande bly besig.

As dit nie haar tuin is nie brei sy truie. Sy is ook besig met ‘n borduurwerk

op vadoeke vir geskenke en natuurlik is haar “luscious little layering” klaar.

Pikkie het die Fees bygewoon en vol planne teruggekom, maar sy moet

gedurig werk dus kry sy min tyd vir kwilt. Marieta het “white glove duty”

gedoen en wil nou met alle geweld al haar lappe opgebruik. Sy gaan nou net

knip en stik. Ons gaan baie mooi kwilte sien wanneer dit klaar is.

Tolbosse het ook ons deel gedoen vir die 67min van omgee vir onse Madiba

se 95ste verjaardag. Ons het vir Mia geborg met die sopkombuis en verjaardag

koek wat sy in die dorp uitgedeel het. Sy het baie honger mense se magies

volgemaak en elkeen het ‘n stukkie verjaardagkoek gekry.

Baie baie dankie aan Christelle en haar span wat ons Windpompkoekies

verkoop het. Julle is sterre. Cecile en Piet, sonder julle hulp sou ons nooit so

baie verkoop het nie. Baie dankie julle het ook ons liggie laat skyn. Miskien

het ons nou genoeg geld om weer ‘n uitstalling aan te bied.

Kwilters is sulke vriendelike , hulpvaardige en mededeelsame mense. Baie dankie

ons waardeer dit baie.

Page 23: Augustus 2013 nuusbrief

…die Langenhovenparkies

Hier by die “Parkies” gaan dit goed – ons pligte vir die Fees is betyds afgehandel en nou kan ons aangaan met ons eie werk.

Ongelukkig was Lucy die afgelope kwartaal baie siek. – sy was die hele Kwartaal “missing” met `n baie slegte bors probleem. Hoop sy word nou beter met die warmer weer wat kom en dat ons haar weer sal sien. Ons mis haar baie. Elsa, Thea, Hannie, Ritha en Lena is is almal baie besig met die kwilte wat hulle by Iessie doen – sover lyk hulle pragtig. Ninor vorder stadig met haar UFO”s daar is nog 6 in die kas – gedink daar is 5 maar toe sy weer tel was daar 6! Een het blykbaar `n “kleintjie” gekry!!! Elsa was baie besig met die Kwilt afdeling van die Bloemskou en het nie veel tyd vir ander goed gehad nie. Ons “Parkies” het baie goed gedoen met die Skou – 7 lede – 4 inskrywings vir die skou en 2 pryse. `n Eerste prys vir Ritha en `n 2de prys vir Lena. Baie geluk julle twee. Ons het almal die Fees baie geniet – so baie om te sien, te doen en te koop! Ons het gehelp met die ophang van die kwilte en koffie by die liters gemaak en beskuit uitgedeel vir die helpers. Withandskoendiens gedoen en diens by die deur van die uitstalling en in ons spaaryd “geshop tot ons drop”!

Page 24: Augustus 2013 nuusbrief

Lappoppe…

Met die lekker koue weer probeer ons Lappoppe werk om warm te bly, tussen deur al die kinders se aktiwiteite by die skool, na die lekker lang vakansie. Ons is nou klaar gefees, en was dit heerlik! Baie harde werk, maar ons pluk almal die vrugte. Die fees se weer was heerlik, en ons groepie het lekker gewerk om die “Teachers” wat op die fees was so goed moontlik te akkomodeer. Daar was 33 “teachers” waarna ons moes omsien. Vandat hulle arriveer het, alles in hulle klasse, asook die klas totdat hulle weer vertrek het. Wonderlike mense die “Teachers” - elkeen uniek op sy eie, maar soveel kennis en soveel ervaringe. Dit was regtig ‘n voorreg om almal beter te leer ken, en die mens agter die pragtige kunswerke te kon ontmoet. Elke “Teacher” het ‘n “Raggetty” - sak ontvang, ‘n mooi spelde kussingkie, ‘n mooi windpomp potlood en natuurlik die wonderlike dagboek. Almal in ons groep het hard gewerk aan al die “lucky draw” geskenkies, om vir elke persoon dit so lekker as moontlik te maak. Vir ons, as ‘n jong groep was die Fees ‘n belewenis, al kon ons nie regtig baie klas loop nie, het van ons tog die geleentheid met ALBEI hande en albei voetjies aangegryp. Tannie Annarie dink ek, het dit die meeste geniet, sy het lekker klas gedoen by Marline Turner – “Kaleidoscope of Colour Applique”, en dit was heerlik. Lolla was Assistent/ “Pet” vir Mari in die “An Almanac with Attitude”. Vir die van julle wat dit gemis het, ons het ‘n “Welcome to the Festival” - bord laat maak deur Lorna Krügel en sy het vir ons oulike Windpomp emmertjies gemaak vir die klasse. Hierdie emmertjies het stil, stil party keer verdwyn uit die klasse en opgeeindig as wol of hekel gare se huisies op die stoepe. As julle nog emmertjies wil hê kontak gerus vir Lorna, sy het nog vele ander skatte wat julle almal sal opraap.

Page 25: Augustus 2013 nuusbrief

Ons het darem drie prestasies uit ons groep: Johanna Moeketsi het ‘n Tweede en Derde Plek op die fees gewen in die “Outreach” - kategorie. Mari se “Oupa “ gaan vir twee jaar rondreis in die land. Baie geluk julle twee! Ons almal rus nou eers bietjie na die Fees en kyk die “ DVD” , die foto’s en sit elke dag met heimwee en terug dink aan die hardloop die 1 ste Julie. Dit is al wat nou oor is van die wonderlike Fees, heerlike herinnerings, nuwe vriendskappe, die mooiste foto’s en die wete dat almal hulle kant gebring het om dit ‘n groot sukses te maak.

Baie dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het, dit was wonderlik om te sien hoe Vrystaatse mense kan saam staan en ‘n groot Fees maak werk, al was dit vreemd vir almal. Ons wil graag die Komitee baie gelukwens, julle verdien elkeen ‘n medalje, en baie dankie dat julle soveel talentvolle mense op die drumpel van ons huise kon bring. PUIK!!! Wintergroete, geniet die sop, die sjerrie, lekker kaggelvure en dan al die lekker warm kwilte waaronder elkeen in die familie slaap. Lappop groete Ns. kyk of jy ‘n “ Quilter Brain” het ? – ek dink na die Fees het almal net DIT op die brein.

Page 26: Augustus 2013 nuusbrief

Thank you – baie dankie

I would like to take this opportunity to thank all the

wonderful Oranje Quilters for the incredible Festival we

had. I always knew we could do it – even though we

worried at time that we might not!

Ek het sullke wonderlike komentaar gehoor van mense

van ander provinsies en van “nie-kwilters” wat na die

uitstalling kom kyk het.

I think the prize commentary I heard was from one of the

KZN Guild – she said to me “ julle Boeretannies is

fantasties – your Festival is incredible – much better than

we in Natal can do” ! Thank you, nameless lady.

Some of the descriptions I heard – (I worked at the door

most of the week) - “Awesome”, “show stopping” ,

“mindboggling”, “ uit die hoogste rakke”, “ongelooflik” ,

“verstommend” en so meer.

Everything was so wonderfully organized.

From me as a quilter a very special extra special thank

you to Iessie, Magriet and Mariëtte. Without you 3 ladies

we could not have had this Festival. Your organization was

worldclass. Thank you again from me and all the other

quilters, thank you to everyone who helped so selflessly

for so long.

WE DID IT!!!

Ninor Courtnage

Page 27: Augustus 2013 nuusbrief

17de

Nasionale Kwiltfees 2013 –

Kaleidoskoop

Die Kwiltfees was gehou hier in Bloemfontein, in die hart van die

Vrystaat, by Eunice High School van die 1 tot die 6de Julie 2013.

Die keuse van venue was uitstekend en ons het dit tot ons

voordeel aangewend so goed as was ons kon. Ons is baie dank verskulding aan beide die skool

en koshuis vir die beskikbaarstelling van hulle fasiliteite. Hulle personeel het werklik die ekstra

myl geloop en was ongelooflik akkomoderend en veral hulpvaardig met die invul van baie

bladsye vir die Veiligheid van so ‘n geleentheid.

Na ‘n periode van meer as twee jaar, is die organisering van die 17de Nasionale Kwiltfees 2013

– Kaleidoskoop iets van die verlede en kan ons Komitee terugkyk met ‘n gevoel van

tevredenheid dat ons wel ons doelwitte bereik het.

Die hoof doelwit van die Komitee was om ‘n kwiltfees te organiseer wat vewelkomend, warm,

vriendelik en bekostigbaar was vir alle kwilters van oor die hele werêld, maar hoofsaaklik vir

die kwilters van Suid Afrika. Ons Komitee, wat uit 21 lede bestaan het, het al die lede van

Oranje Kwiltersgilde verteenwoordig.

Kleiner vergaderings is meestal gehou en het ingesluit die lid verantwoordelik vir ‘n spesifieke

portefeulje, sowel as vir my, Marianne, die Vise-voorsitter en dan ook vir Frances van der Walt.

Die hele komitee het slegs na elke gewone Bestuursvergadering van die Gilde bymekaar

gekom, a.g.v die lang en ver afstande. Tydens hierdie vergaderings moes elke lid dan volledig

verslag doen oor wat bereik is sedert die vorige vergadering. Verdere kommunikasie en

probleemoplossings is gedoen via die internet en selfone. Elke lid was verantwoordelik vir die

beplanning en fondsinsameling rakende haar spesifieke portofeulje en was ook gedurig

aangemoedig om ‘n sub-komitee te gebruik om haar by te staan met al die nodige reëlings.

Te danke aan Bloemfontein se bekendheid vir koue weer in die winter, was ons bang vir baie

swak bywoning en ons teenvoeter was bemarking – op ons blog en enige vorm van media wat

ons kon bekostig en betrek. Ons verwagtinge was oortref met die byna 700 geregistreede

feesgangers vanuit alle oorde regoor die werêld soos, Amerika, Australie, Engeland, Swede,

Namibië, Botswana, Lesotho en Zimbabwe! Ons was ook aangenaam verras toe ons aantal

dagbesoekers voor die einde van die week die 1000tal bereik het.

Met al die inskrywings wat ons vir die Kwiltkompetisie ontvang het, het ons ‘n uitstaande

kaleidoskoop van kleur, grootte en tegnieke te toon gestel. Die honderde besoekers wat dit

besoek het, was weereens gemotiveerd en geïnspireerd deur die wonderlike kunswerke en het

heelhartig deel geneem aan die kies van ‘n kykerskeuse.

Page 28: Augustus 2013 nuusbrief

Die aansoeke van die verskillende “Teachers” vir ons Fees, het ons verwagtinge by verre

oortref. Dertig “Teachers” van-oor Suid Afrika en twee van oorsee was uitgenooi. Ten spyte

van die stadige pas waarteen besprekings plaasgevind het, was die meeste klasse wel

aangebied sonder enige noemenswaardige voorval. Vier “Teachers” het gekies om voor die

aanvang van die Fees te onttrek a.g.v te min besprekings vir hul klasse.

Besprekings wat deur Computicket gemaak is, het die kontrole van klaslyste, sowel as die

ingang tot lesings baie vergemaklik. Dit het ook uitstekend gewerk vir kwilters wat gemaklik is

met die gebruik van rekenaars, veral vir die van oorsee.

Die baie talentvolle “Teachers” het ‘n verskeidenheid van tegnieke en idees aangebied. Die

algemene terugvoer wat ons van die kursusgangers ontvang het, was baie positief en dit blyk

dat die werkswinkels in die algemeen baie geniet is.

Die Uitreikprojekte het ook wonderlik afgeloop en is aangebied deur Marline Turner, wat ‘n

baie ervare “Teacher” is. Die vrouens is bekend met kwiltwerk,dus was die doel om hul

horison te verbreed. Dit was duidelik dat die kinders, sowel as die vroue beswaarlik hul

opgewondenheid kon beteuel, dus was hierdie geld (uit die rekening van die Oranje

Kwiltersgilde) beslis nie in die water gegooi nie.

Ons het ook die voorbeeld van “Alive with Colour” gevolg en klasse gereël vir kinders. Aan die

begin was die besprekings baie swak, maar tydens die fees het hierdie afdeling ‘n heerlike

opflikkering gehad, tot so ‘n mate dat die kinders baie spyt was dat een van die klasse afgestel

is.

Meer as een besoeker en kwilter het die gratis koffie en tee baie waardeer. Die eetgoed wat

gedurende die dag aangebied was, sowel as gedurende middagetes, was onoortreflik en het

deel uitgemaak van ons sukses-resep! Feitlik enige kompliment of bedanking wat ons ontvang,

sluit ‘n verwysing na die heerlike eetgoed in.

Die meeste “Teachers” het ook groot waardering vir die kos gehad en vir die feit dat hulle ‘n

plekkie van hul eie gehad het om bietjie te ontspan.

Ons drie aandfunksies het uitverkoop en uitgedraai as ‘n uitstaande sukses. Die décor het ‘n

wonderlike atmosfeer geskep en die kos was heerlik. Die handgemaakte geskenkies van oom

Manie en Outeniqua Kwiltersgilde was die kersie op die koek.

Die ware wat die Vendors vir ons gebring het, het ons bederf met die groot verskeidenheid

wat hulle aangebied het.

Page 29: Augustus 2013 nuusbrief

Almal het welkom gevoel by die koshuis en was heel gemaklik. Daar was heeltemal genoeg

komberse, die inwoners moes net gevra het as hulle meer wou hê. Die maaltye wat deur die

koshuis voorsien is, was baie smaaklik en meer as genoeg vir almal.

Die Oranje Kwiltersgilde het ‘n duidelik stempel afgedruk met die aanbied van hierdie fees en

die aanskaf van ‘n aandenking was die aangewese ding om te doen.

Ek en my Komitee is baie trots op die mylpaal wat ons behaal het. Ons het ons doelwitte

bereik om ‘n vriendelik en bekostigbare kwiltfees aan te bied. Ons het lellerlik honderde

komplimente ontvang ten spyte van die baie flaters in ons “Workshop Programme” (waaroor

ons baie jammer is).

Die Komiteelede van Wanda Carmichael het ons ten beste geadviseer en het regtig ‘n

wonderlike pad saam met ons gestap om ons eerste kwiltfees op Nasionale vlak ‘n sukses te

maak, veral gesien in die lig dat nie een van ons Komiteelede al ooit vantevore by die reël van

so ‘n fees betrokke was nie.

Aan elkeen van my Komiteelede wil ek sê: Baie geluk en baie dankie vir julle wonderlike

ondersteuning!

Aan elke lid van Oranje Kwiltersgilde wil ek sê: Julle, ons het dit gedoen en sonder julle sou dit

net nie moontlik gewees het nie! Baie dankie vir elke lid se persoonlike aandeel en in baie

gevalle, julle geld wat vir ons die wa deur die drif gehelp trek het!

Van my kant: dit was vir my ‘n eer en ‘n voorreg om die Voorsitter te kon wees vir die

17de Nasionale Kwiltfees 2013 – Kaleidoskoop!

BAIE DANKIE!

Friendship is not a big

thing …… it’s a

million little things.

Page 30: Augustus 2013 nuusbrief

Rosebuddies…

Baie dankie aan die

Feeskomitee vir die heerlike

en pragtige Fees.

Dit was absoluut wonderlik

en insiggewend.

Kwiltgroete

~ Challenge ~

4de kwartaal:

*Sterkwilt en

“UFO`s”

Page 31: Augustus 2013 nuusbrief

Maklike blom met

blare vir

appliekwerk –

vergroot soos

verkies

Different methods of applique:

Reverse applique – machine/hand Stained-glass applique – outlined in black Shadow applique Hawaiian applique Broderie perse – cutting printed motifs Raw-edge applique with fusible web/hand/machine/ zigzag/satin/blanket stitch Hand applique/ freezer paper – blind stitch “The directory of quilting techniques by Caroline Rodrigues”

Page 32: Augustus 2013 nuusbrief

ROMERIGE MOSSELSOP

1 x 305 g blik gekonsentreerde hoendersop

1 tamatie - geskil en in klein blokkies gesny

2 x 105 g blikkies gerookte mossels - gedreineer en fyngedruk

1½ koppie melk

1½ koppie water

250 ml room

4 eetlepels koekmeel

2 eetlepels droë sjerrie - opsioneel

sout en witpeper na smaak

Gooi die hoendersop, tamatie, mossels, melk en water in ’n kastrol en

bring dit tot kookpunt. Verlaag die hitte.

Roer room en koekmeel goed saam todat daar nie meer klonte is nie en

voeg by mosselmengsel.

Prut oor lae hitte vir 'n paar minute terwyl jy die hele tyd roer.

Voeg die sjerrie, sout en peper by.

*www.wateetonsvanaand.co.za

Resep vir …

Page 33: Augustus 2013 nuusbrief

Sterkwilters (Bloemfontein) …

Ons kom elke derde Dinsdag om 9h00 by Iessie se plek bymekaar.

Dinsdag nadat die skool begin het, toe is dit Sterre

dag! Maar dit het geklink soos klomp bye wat zoem

soos almal mekaar se feesgoed bekyk het. Elkeen het sy kant gebring

by die fees en dit was lekker om te sien die Sterre is waarlik STERRE toe

die wiele begin draai en ons moes werk. Dankie vir elke Ster wat

gehelp het en hard gewerk het om die Fees ‘n sukses te maak.

Fees kommentaar: Christelle: Baie lekker en kususse was baie interessant. Alta: Almal het saam gewerk en mekaar ondersteun. Elbe: “Vrekken” lekker en teetyd was die hoogtepunt. (Elbe het alles probeer en alles was lekker!) Madeleine: Baie lekker en alles was goed gereël. Lekker kwilt gepraat en gekuier. Gerda: Lekker geëet en gekuier en alles was goed gereël. Iessie: Was ‘n baie groot eer en voorreg om Voorsitter te wees van die 17de Nasionale Kwiltfees 2013 Kaleidoskoop. Ria: Was baie lekker en het dit baie geniet. Marietjie Thomas: Kleurkursus was “fab”! Baie bly ek het dit gedoen. Petro: Baie lekker en kursusse was uitstekend. Marietjie S: Goed georganiseer.Leersaam en baie interessant. Annelize: Oorweldigend, het baie uitgemis. Voorspoed vir die kwartaal geniet al die fees aankope en ons sien uit

om almal se kwilte te sien.

Page 34: Augustus 2013 nuusbrief

Kwiltersdagboek 2013

Volgende Alg. Vergadering

9 November

Gasvroue:

Rafels en

Sterkwilters

Page 35: Augustus 2013 nuusbrief

Winter Pallet *

Thys du Plessis

soos die koue tong van ’n vrou so kwaad,

kom moeder natuur in haar winter gewaad.

met ’n wind wat sny deur vel en been,

vanaf die skouers tot by die hak se skeen.

en koue wolke dryf oor die hemelblou,

en die gras buig skuins voor die wind se kou’.

beeste staan met hul rûe gedraai,

wag en skerm teen die wind se waai.

en met die kou' lê die veld nou vaal,

hier-en-daar oopgevlek is selfs kolle kaal.

maar om te herinner aan ’n vergange seisoen,

staan daar altyd kol-kol steeds ’n immergroen.

*www.woes.co.za

Hierdie nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltergilde se

lede. Dit is `n nie-winsgewende publikasie. Ons bedoeling is ook nie die skending of

oorskryding van enige kopiereg nie.

Page 36: Augustus 2013 nuusbrief

… nog OKG wenners!

Second Prize – U 16 – My klein plasie – Calista von Wielligh

Unknown heirloom - Karien du

Plessis – Judges Choices

First prize – Outreach – Shweswe is my Pride- Lydia

Molelengoane

Second prize – Outreach – Afrika en sy mense - Johanna Moeketsi

Third prize –

Outreach – My

Familie- Johanna

Moeketsi