soill produsente nuusbrief · februarie 2015 nuusbrief 2015 uitgawe 1 3 | bladsy by al die 4...

9
FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 1 | Bladsy SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF Februarie 2015 2015 Uitgawe 1 Inhoud Voornemens om te plant Lesse te leer uit 2014 Waarheen het 2014 se opbrengs verdwyn? Sclerotinia Voornemens om te plant Die meeste produsente se saadbestellings is reeds in vir Canola en vanaf die inligting kan ons tendense kry van wat aangeplant gaan word vir die komende seisoen. Tans lyk dit of die Canola effens minder gaan wees en die verskil sal hoofsaaklik in die SSK gebied en die Swartland wees. Die Overberg Agri saadbestellings is redelik dieselfde as vir 2014. Alhoewel dit moeilik is om nou al syfers te waag beloop die eerste skatting op ongeveer 81 000 Ha teenoor 2014 se 92 000 Ha. Teen ‘n gemiddelde oes van 1.5 ton/Ha beloop die potensiële oes 121 500 ton. Kom ons hoop die klimaat speel saam en dat ons hierdie syfer bereik. Wat kan ons leer uit die 2014 seisoen Terwyl die afgelope seisoen nog redelik vars in ons geheue is kan ons ‘n paar faktore opsom en so probeer voorkom dat ons weer dieselfde foute maak: Slakke en isopoda beheer Die beste sukses met die beheer van hierdie “ongediertes” is pro-aktiewe optrede, Canola kampe moet gereeld deurgestap word om skade vroeg te sien. Die resep wat in die meeste gevalle goed gewerk het was om net na plant 8Kg/Ha slakpille toe te dien en dit dan na twee weke op te volg indien nodig. Alhoewel daar baie slakpille op die mark is, is daar sekere produkte wat meer algemeen gebruik word, maar die belangrikste is dat die slakpil wat jy toedien beide Methaldehied asook Karbariel bevat as aktief. Hierdie resep is nie ‘n versekering dat jy die slakke sal beheer nie, maar behoort jou op die regte pad te plaas!. Swartstam Swartstam was nie vanjaar die groot sondebok nie, maar in meeste gevalle is daar voorkomend gespuit daarvoor. Die bespuiting daarvan sal afhang van elke produsent se

Upload: others

Post on 09-Aug-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF · FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 3 | Bladsy By al die 4 lokaliteite in die Suid-Kaap was 2014 se gemiddelde temperatuur vir Augustus en September

FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 1 | Bladsy

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

Februarie 2015

2015 Uitgawe 1

Inhoud

Voornemens om te plant

Lesse te leer uit 2014

Waarheen het 2014 se opbrengs verdwyn?

Sclerotinia

Voornemens om te plant Die meeste produsente se saadbestellings is reeds in vir Canola en vanaf die inligting kan ons

tendense kry van wat aangeplant gaan word vir die komende seisoen. Tans lyk dit of die Canola

effens minder gaan wees en die verskil sal hoofsaaklik in die SSK gebied en die Swartland wees. Die

Overberg Agri saadbestellings is redelik dieselfde as vir 2014. Alhoewel dit moeilik is om nou al syfers

te waag beloop die eerste skatting op ongeveer 81 000 Ha teenoor 2014 se 92 000 Ha. Teen ‘n

gemiddelde oes van 1.5 ton/Ha beloop die potensiële oes 121 500 ton. Kom ons hoop die klimaat

speel saam en dat ons hierdie syfer bereik.

Wat kan ons leer uit die 2014 seisoen Terwyl die afgelope seisoen nog redelik vars in ons geheue is kan ons ‘n paar faktore opsom en so

probeer voorkom dat ons weer dieselfde foute maak:

Slakke en isopoda beheer

Die beste sukses met die beheer van hierdie “ongediertes” is pro-aktiewe optrede, Canola

kampe moet gereeld deurgestap word om skade vroeg te sien. Die resep wat in die meeste

gevalle goed gewerk het was om net na plant 8Kg/Ha slakpille toe te dien en dit dan na twee

weke op te volg indien nodig. Alhoewel daar baie slakpille op die mark is, is daar sekere

produkte wat meer algemeen gebruik word, maar die belangrikste is dat die slakpil wat jy

toedien beide Methaldehied asook Karbariel bevat as aktief. Hierdie resep is nie ‘n

versekering dat jy die slakke sal beheer nie, maar behoort jou op die regte pad te plaas!.

Swartstam

Swartstam was nie vanjaar die groot sondebok nie, maar in meeste gevalle is daar

voorkomend gespuit daarvoor. Die bespuiting daarvan sal afhang van elke produsent se

Page 2: SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF · FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 3 | Bladsy By al die 4 lokaliteite in die Suid-Kaap was 2014 se gemiddelde temperatuur vir Augustus en September

FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 2 | Bladsy

kamp geskiedenis asook die kultivar wat geplant word. Elke kultivar het ‘n Swartstam

weerstand indeks wat vrylik beskikbaar is. Deur ‘n kultivar te spuit wat matig tot swak

weerstand het, word die kans vir die ekonomiese regverdiging van die bespuiting baie

groter. Daar is kultivars wat ek persoonlik nie sal plant sonder ‘n bespuiting teen Swartstam

nie. Die belangrikste by so ‘n bespuiting is om dit op die regte tydstip te doen, die beste

resultate word behaal tussen die 4 en 8 blaar stadium (sodra die plante die grondoppervlak

bedek).

Sclerotinia

Sclerotinia het in 2014 groot verliese in sekere dele tot gevolg gehad, toestande was ideaal

vir die ontwikkeling en verspreiding van die siekte. Sclerotinia kan suksesvol beheer word

met ‘n swambespuiting op die regte tyd. SIEN AANGEHEG ‘n VOLLEDIGE ARTIKEL OOR

SCLEROTINIA EN DIE BESTUUR DAARVAN.

Oes van Canola

My persoonlike gevoel is dat daar steeds te veel Canola is wat te groen platgesny of

doodgespuit word. Uit persoonlike ondervinding het ek drastiese opbrengsverskille in

dieselfde blokke teëgekom waar te vroeg platgesny is. Dit is sinneloos om die gewas so ver

te bring en dan met een aksie al die harde werk van die seisoen te vernietig. Gesels met jou

plaaslike landboukundige om jou te help met die besluit of kontak my in die verband.

2014 Opbrengs – wat het gebeur

Die opbrengs van die Canola van 2014 het ons almal teleurgestel, dit het aanvanklik baie

beter gelyk voordat ons begin oes het. Met nadere ondersoek het die volgende inligting

uitgekom wat die moontlike swakker opbrengste kan verklaar:

Page 3: SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF · FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 3 | Bladsy By al die 4 lokaliteite in die Suid-Kaap was 2014 se gemiddelde temperatuur vir Augustus en September

FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 3 | Bladsy

By al die 4 lokaliteite in die Suid-Kaap was 2014 se gemiddelde temperatuur vir Augustus en

September drasties warmer as wat die geval was vir die vorige 3 jaar (wat goeie Canola jare was) se

temperatuur. By Langgewens was dit ook duidelik dat die minimum temperatuur heelwat warmer

was as die langtermyn gemiddeld vir Augustus. Canola is geweldig gevoelig in die blom periode vir

warmer temperatuur toestande wat veroorsaak dat die blomme vinniger afspeen. Sit hierdie

warmer temperatuur tesame met effense vogstremming en die Canola plant gaan vinniger klaar

blom wat laer opbrengs beteken. In baie omstandighede was vog wel ‘n probleem en is die

opbrengste drasties laer. Waar die plant goeie vog gehad het was die effek minder maar steeds het

die Canola vinniger klaar geblom. Die hele oes wat ten minste twee weke vroeër as 2013 se oes, wat

ook net bevestig die Canola was vinniger ryp.

Groete

Franco

Besoek gerus ons webblad by www.soill.co.za vir meer inligting, artikels en vorige nuusbriewe.

Langgewens

Blomme wat afgespeen is en nie peule

gevorm het nie?

Page 4: SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF · FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 3 | Bladsy By al die 4 lokaliteite in die Suid-Kaap was 2014 se gemiddelde temperatuur vir Augustus en September

FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 4 | Bladsy

Sclerotinia stamvrot in Canola

Franco le Roux

SOILL landboukundige

082 663 0640

[email protected]

Inleiding

Gedurende die 2014 oes was daar in sekere dele gevalle waar daar erge verliese was as gevolg van

Sclerotinia. Dit was die eerste keer dat die siekte op so ‘n grootskaalse area voorgekom het in Suid-

Afrika. Die areas waar die grootste verliese plaasgevind het was in die hoër reënval area tussen

Riviersonderend, Caledon en Napier. In sekere gevalle is daar tot ‘n 50% verlies aangeteken.

Wat is Sclerotinia

Sclerotinia is ‘n siekte wat nie net Canola nie, maar ander breëblaar gewasse aanval of gebruik as

gasheer. Hieronder tel Lupiene, Sonneblom, Sojabone en ook Wilde Mostert. Graangewasse dien nie

as gasheer vir die siekte nie.

As ons na die lewensiklus van Sclerotinia kyk is dit duidelik dat spesiefiek omstandighede benodig

word vir die siekte om die plant te infekteer en opbrengsverliese te veroorsaak.

Page 5: SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF · FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 3 | Bladsy By al die 4 lokaliteite in die Suid-Kaap was 2014 se gemiddelde temperatuur vir Augustus en September

FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 5 | Bladsy

Vir die sclerotia om te “ontkiem” en die apothea te vorm word 10 dae se nat grondtoestande in

middel tot laat winter met temperature tussen 11˚C en 15˚C benodig. Navorsing in Wes-Australië het

getoon dat die ontwikkeling van die apothea oor ‘n periode van 5 tot 6 weke kan voorkom.

Sodra hierdie Apothea (Sampioen-agtige liggame) “ontkiem” het, word die spore vrygestel in die lug.

Tydens die vrystelling is die Canola gewoonlik in vroeë blomstadium in Suid-Afrika. Die spore wat

vrygestel word beland nou op die Canola blommetjie. Spore wat op die blare beland kan nie die

plant infekteer nie. Die blom word benodig daarvoor aangesien die spore die blomblare as

voedselbron gebruik.

Wanneer die blommetjie afval beland dit in die oksel waar die blaar aan die halms vasheg. Dit is hier

waar die infeksie van die plant plaasvind. Op die plek van besmetting word die kenmerkende

Sclerotinia letsels gevorm, hieride letsels kan wissel, maar is kenmerkende grys swamagtige drade en

smertserigheid op die plantdeel.

Binne in die stam van die geinfekteerde deel sal die Sclerotia begin groei (lyk soos muis of rot mis).

Na die oes van die Canola beland die Sclerotinia weer in die grond en is die siklus voltooi.

Foto 1: Die kenmerkende vaal letsel op die stam soos wat rypwording naderkom

Foto 2: Erge infeksie in ‘n stand Canola

Page 6: SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF · FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 3 | Bladsy By al die 4 lokaliteite in die Suid-Kaap was 2014 se gemiddelde temperatuur vir Augustus en September

FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 6 | Bladsy

Foto 3: Die sampioenagtige genaam sclerotinia Apothea

Foto 4: ‘n Geinfekteerde plant sterf af terwyl die ander plante nog groen is

Toestande wat benodig word vir die uitbraak

Gunstige grondvog asook temperature vir die ontwikkeling van die vrugliggame (Sampioene)

wat dan die spore vrystel (10 dae van nat grondvog en met temperature van 11˚C tot 15˚C).

Verdere nat toestande tydens blom, dit veroorsaak dat die nat blommetjie wat afval vassit

op die blare onder op die plant (Mis en erge dou kan ook bydrae hiertoe).

Verlengde nat periode tydens die periode wat die blomme afval. As daar tydens hierdie

periode warm droë weer voorkom kan infeksies drasties verminder word.

Met bogenoemde toestande genoem maak dit wat waargeneem is in 2014 sin. Sclerotinia is veral op

die vroeë kultivars waargeneem en met die later Canola wat baie minder besmetting gehad het. Dit

was ook veral by produsente wat vroeg geplant het wat daar ernstige simptome was. Gedurende die

2014 winter was dit aanvanklik baie nat met gunstige toestande vir die ontwikkeling en

spoorvrystelling, maar dit het later in die winter droog geword. Die rede hoekom die vroeë kultivars

dan meer geinfekteer was, was omrede hulle tydens hierdie nat periode vol in die blom was terwyl

die later Canola se volblomperiode meer na die nat periode was toe temperature begin optel het en

reënval afgeplat het wat die ineksie drasties verminder het.

Die volgende toestande of faktore kan bydrae tot verhoogde risiko in jou Canola:

Page 7: SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF · FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 3 | Bladsy By al die 4 lokaliteite in die Suid-Kaap was 2014 se gemiddelde temperatuur vir Augustus en September

FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 7 | Bladsy

Canola in hoë reënval areas veral waar dit vroeg gesaai is met hoë plantestand.

Onder bogenoemde toestande veral as dit naby aan ‘n kamp was wat in die verlede ernstige

simptome van Sclerotinia besmetting getoon het.

In laagliggende dele waar dit gewoonlik meer nat is met min sonlig (suidelike hellings).

Kort rotasie van Canola verhoog die risiko drasties, veral as daar lupiene ook in die rotasie

ingesluit word.

Bestuur van Sclerotinia in my Canola

Sclerotinia spore word deur die wind gedra en dit is dus onmoontlik om die siekte totaal en al te

voorkom, hoe meer Canola daar in die omgewing is, hoe hoër is die kanse dat besmetting kan

voorkom. Dus is dit van kardinale belang dat die volgende bestuursfaktore uitgevoer word om die

risiko van besmetting te verminder:

1. Gewas rotasie

Kort rotasie verhoog die risiko van die voorkoms van Sclerotinia. Probeer dus om jou

Canola te beperk tot een keer in 4 jaar (onthou dit moet nie lupiene bevat nie).

Probeer om jou plaas so te bestuur dat laasjaar se Canola nie langs vanjaar se

aanplantings geleë is nie, alhoewel dit baie moeilik in praktyk kan wees.

2. Skoon saad

Moet nie saad terughou nie – Sclerotia kan tussen die saad wees en so besmet jy jou

plaas verder met die Sclerotinia.

3. Gewas bestuur

Moet nie te dik saai nie, hoe digter die aanplanting hoe minder lugbeweging is moontlik

wat afdroging sal verhoed.

Ry spasiering van 300mm kan ook help met lugbeweging teenoor heelwat smaller rye.

Bestuur jou bemesting tot so ‘n mate om oormatige geil plante te voorkom.

Bestuur breëblaar onkruide in ander graan fases.

Gebruik van swammiddels

Daar is verskeie middels wat geregistreer is op Sclerotinia wat baie suksesvol is vir die beheer van

Sclerotinia. Die gebruik van die middels moet opgeweeg word teenoor die toestande in die veld

aangesien die siekte nie elke jaar gaan voorkom nie. Kyk dus na jou omstandighede en neem die

besluit daarvolgens. Die toediening van die swammiddels moet op ‘n baie spesifieke stadium gedoen

word om effektiewe resultate te verkry. Die hoofdoel van die bespuiting is om besmetting op die

Page 8: SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF · FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 3 | Bladsy By al die 4 lokaliteite in die Suid-Kaap was 2014 se gemiddelde temperatuur vir Augustus en September

FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 8 | Bladsy

hoofhalm te beperk/voorkom. Dus moet die bespuiting so wees om die plant te beskerm in die

vroeg tot middel blomstadium. Die bespuiting moet plaasvind tussen die 20 tot 50% blom stadium.

Produkte tans geregistreer is Score, Amistar, Amistar Xtra en Prosaro, nuwe produkte sal moontlik

binnekort begevoeg word by hierdie lys.

Die stadium van blom kan bepaal word deur die aantal blomme op die hoofhalm te tel. Gebruik die

riglyne onder om die % blom te bepaal:

Aantal blomme op hoofhalm % Blom

10 10%

14 – 16 20%

20 en meer 30%

Op 50% blom is die Canola op sy geelste. Tel ook blomme wat al afgeval het asook reeds gevormde

peule op die hoofhalm om die % blom te bereken.

Gee genoegsame water saam met die bespuiting (sien produkte se etikette) om voldoende benatting

van die blomme asook blare te verseker.

Berekening van % infeksie

Die persentasie infeksie in jou kamp word op die volgende manier bepaal:

Die beste tyd is net na platsny of oes

Soek 100 ewekansige plante

Stap in ‘n W patroon deur die kamp

Vat plant in 25m intervalle by jou voet

Bepaal so die % besmetting van die kamp vir toekomstige rekords

Navorsing toon dat vir elke 1% besmetting is dit ‘n 0.5% opbrengsverlies. As ‘n kamp bv 10%

besmetting het beloop die oesverlies rondom 5%. So kan die regveriging van ‘n bespuiting ook

bereken word.

Moet ek spuit?

Sclerotinia kan suksesvol bestuur word in jou Canola. Die belangrikste punt is om jou risiko en

toestande op te weeg. Daar is internasionaal verskeie “Apps” beskikbaar om jou risiko vir jou te help

kwantifiseer. Natuurlik is dit volgens hulle toestande maar deur die volgende standaard model te

gebruik kan jy ‘n goeie aanduiding kry of daar bespuit moet word of nie:

Page 9: SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF · FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 3 | Bladsy By al die 4 lokaliteite in die Suid-Kaap was 2014 se gemiddelde temperatuur vir Augustus en September

FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF 2015 UITGAWE 1 9 | Bladsy

Faktore Beskrywing Punte

Aantal jare sedert vorige Canola

1 tot 2 jaar 10

3 tot 6 jaar 5

Meer as 6 jaar 0

Sclerotinia in kamp geskiedenis

Geen 0

Laag (1 tot 10%) 5

Gemiddeld (11 tot 30%) 10

Hoog (meer as 30%) 15

Plantestand

Minder as 35 0

35 tot 60 5

60 + 10

Reën in laaste twee weke

Minder as 10mm 0

10 tot 30mm 5

Meer as 30mm 10

Weervoorspelling vir 2 tot 3 weke

Geen 0

Veranderlik 10

Kouefronte 15

Apathea (sampioen) ontwikkeling

Geen 0

Lae hoeveelheid 10

Baie 15

Indie die totale punte bokant 35 is kan jy ernstig begin om ‘n bespuiting te oorweeg, indien die

telling egter na 45 toe beweeg word ‘n bespuiting aanbeveel. Hierdie model gee net ‘n aanduiding

en elke produsent moet sy eie besluit neem en kan nie net hierop staatmaak nie.

Sien ook op die SOILL webblad ‘n Excel sheet wat die invul van die tabel vergemaklik en die telling

outomaties vir jou gee.

Opsomming

Dit is duidelik dat die bestuur van die Sclerotinia op verskeie maniere gedoen moet word, maar deur

hierdie basiese beginsels toe te pas soos in die artikel uitgestip kan die siekte suksesvol bestuur word

en behoort dit geensins jou Canola vertakking te benadeel nie.