nuusbrief - dexter south africa · 2019-09-10 · nuusbrief october 2017 ... as raad het reeds 15...
TRANSCRIPT
0
Nuusbrief
October 2017 – Summer Edition
Oktober 2017 – Somer Uitgawe
S A D e x t e r C a t t l e B r e e d e r s ’ S o c i e t y
E - m a i l A d d r e s s – m a r k e t i n g @ d e x t e r s a . c o . z a
F a c e b o o k – D e x t e r S A D e x t e r
W e b P a g e - w w w . d e x t e r s a . c o . z a
0
INHOUDSOPGAWE
BLADSY BERIG / ITEM
1 Presidents Nota
2 Hendrik van der Westhuizen in gesprek met Ockie Barnard
4 Dexter Nuus / Dexter News – Skou en Veiling Resultate
8 Hoe om jou veiling meer suksevol te maak
10 Zwavelpoort Dexter Stoet – 1968 tot 2017
11 Did you Know …
12 Klassifikasie Eienskappe van Rooivleis
13 Kalender / Calendar
14 Some years ago they said …
15 Diatome – die waarhede en klaarhede van silikon / silica
16 Kudde Gesondheid – Deel 1
18 Diere Verbetering – Dr Japie van der Westhuizen
26 Workers – Give them the basic knowledge to handle cattle
27 Die Drukgang – Maak jou boerdery makliker
From the Editors Desk
I wish to thank everbody who contibuted to this Summer Edition
Newsletter and invite all breeders to provide me with suggestions for the
next one. Also to drop me an e-mail, WhattsUp or phone me on all Dexter
News that is happening in your area , when it happens. For us to create a
bigger awareness of the Dexter breed and Dexter people, and therewith
enable the public to be more knowledgeable about the breed and what it
offers, we need to utilize all media types, electronically, social and print. In
this regard I need the help of each and every breeder to provide me with
news and information. Happy reading.
As nuutverkose President van die Genootskap, wil ek my dank uitspreek teenoor ieder en elk wat moeite gedoen het om die 2017 se AJV by te woon en vir myself sovel as die lede op die raad te stem .
Ons as raad besef wat se enorme taak op ons skouers rus , om voort te bou en te verbeter op dit wat reeds daar gestel is. Ons besef terdee die uitdagings van veral die Dexter beesras, die impak van die droogte van die afgelope 3 jaar wat nog steeds wurg en dis daarom my wens dat ons as Dexter telers en boere - hoe groot of klein – ‘n hand na mekaar sal uitsteek en help waar moontlik.
As raad het reeds 15 Augustus 2017 kort na die AJV ons eerste raadsvergadering gehad om alle uitstaande sake te finaliseer. Ons is ook hard aan die werk om n nuwe 2018 Dexter Journaal saam te stel. Daarom my versoek dat elke teler wat sy / haar Stoet in die nuwe journaal wil adverteer, met die sekretaresse sal kontak maak.
Die laaste 2 maande het soos n week verby gesnel en hier bevind ons onsself in die begin van die lente, met die plant seisoen wat voorlê.
Baie sterkte en God’s rykste Seen .
H vd Westhuizen
President Dexter Genootskap van SA.
Hendrik van der Westhuizen - President
2
Hendrik van der Westhuizen in gesprek met Ockie Barnard – Voormalige President van die
Dexter Genootskap – 09/08/2014 tot 09/08/2017.
1. Wat was vir jou die enkel moeilikste besluit hetsy van AJV of telers af gedurende jou termyn as President , om deur te voer ?
Hierdie is regtig ‘n baie moeilike vraag, aangesien dit nie eties is om besluite wat op die Raad geneem is, in die openbaar te noem nie. Ek kan egter noem
dat die moeilikste besluite as President of raadslid altyd gaan oor die handhawing van die Konstitusie en die beskerming van die Dexter ras en/of lede.
Aangesien hierdie tipe van besluite altyd ook die emosionele kant van die mense wat betrokke is uitbring, raak dit soms persoonlik en kan die
betrokkenes baie kwaad vir jou raak, maar moet mens besef dat dit oor die ras en die handhawing van die Konstitusie gaan as hierdie moeilike besluite
geneem word en poog om dit nie self persoonlik op te neem nie.
2. Wat was vir jou n hoogte punt gedurende jou termyn ?
Daar is te veel om op te noem, maar ek sal graag n paar wil noem:
Die eerste Dexter Joernaal in meer as 30 jaar, wat in 2015 uitgegee was.
Die versoening tussen die Dexter Raad en die Overvaal Klub. (Ek onthou toe ek die eerste keer op die Raad dien, nog voor ek gekies was as
President, het ek ‘n teler gebel om myself bekend te stel en was sy woorde aan my dat hy niks van ons Vrystaters hou nie en nie met my wil praat
nie.) Daar bestaan vandag nie meer sulke negatiewiteit teenoor mekaar nie.
Die daarstel van verskeie strukture binne die Raad waarvolgens Raadslede bv. se pligte en verantwoordelikhede ingedeel word.
Die hersiening van die (Herdbook) stelsel, waar kruisings as basis diere ingebring word en nie soos in die verlede as Hulpstamboek A diere nie.
Die uitbreiding in bemarking met veral meer blootstelling in die media.
Die kudde-besoeke van 2016/17.
Laastens al die nuwe mense/telers wat ek ontmoet het in my tydperk en die vriendskappe wat ek met hul kon smee.
3. Sal jy graag beter samewerking wil sien tussen die 2 klubs en genootskap ?
Die klubs vervul ‘n belangrike rol in die Dexter landskap in Suid-Afrika. ‘n Sterk en dinamiese klub kan baie baat by noue samewerking met die
Genootskap. Daar word reeds gesamentlike aksies gedoen, soos inspekteur opleiding en inligtingsdae, maar ek is van mening dat dit nie genoeg is nie.
My ervaring was meestal dat die klubs en die Genootskap nie voldoende samewerking met mekaar het nie en dat daar dikwels ‘n gevoel van ‘ons’ en
‘hulle’ is eerder as ONS.
3
4. Hoe kan ons as raad beter samewerking bewerkstellig tussen raad en telers .Dink jy die teler besoeke het n goeie fondasie geskep vir wisselwerking
tussen telers en raad ?
Die kudde-besoeke was een van die beste besluite wat die Raad ooit kon neem. Dit het die Raad nader aan die telers gebring en die terugvoering hieroor
was ongelooflik goed. Telers kon ook eerstehands ervaar dat hul bydraes aan die Genoostkap direk tot hul voordeel is met raad, bystand en inspeksies.
Die Genootskap se eerste bemarkingsaksies behels tog in die eerste plek om sy telers toe te rus.
5. Het dit nou tyd geword om die kommersieele dexter telers te betrek by die klubs en genootskap nie - weens ons beperkte getalle op stamboek?
In my tydperk het ons gepoog om die kommersiële telers te begin betrek, maar ons was nie suksesvol hiermee nie en het waarskynlik by nagedagtenis
ook nie genoeg gedoen om dit te bewerkstellig nie. Ek is van mening dat hul veral op klubvlak betrek moet word en kan die Genootskap op hul beurt
weer sodanige telers verwys na die klubs. Deur die kommersiële telers meer te betrek, verbreed ons ons bedingingsmag en brei ons ook ons mark uit.
6. As jy iets in jou termyn anders sou doen wat was dit en hoe sou jy dit nou hanteer ?
Ek dink dat ons dalk te min aandag gegee het aan die bemarking van Dexter vleis asook prestasies van Dexters in voerkrale. Dit is ‘n gegewe feit dat daar
teen die Dexter gediskrimineer word by veilings. Ek persoonlik verkoop nooit my Dexter kalwers by veilings nie en maak hul self vet om te slag en bemark
my eie vleis, maar by nagedagtenis is dit my grootste fout in my termyn. Ons moes hier ons groter telers meer gehelp het om hierdie struikelblok te
oorkom. Ons moet poog om in elke streek beeste saam te sit en voer soos wat die telers aan die Wesrand doen en dan data van groei insamel en dit in
die media publiseer. Die klubs moet met hierdie aksies betrek word. Die finansieel sterker telers moet die ander telers ook probeer betrek hierby en selfs
by die Genootskap aansoek doen vir hulp. Dalk kan die Genootskap selfs moontlik help met die aankoop van voer vir die vetmaak van osse en dit as
lening gee aan klubs.
7. Was die Veeplaas skole projek die regte ding om te doen , en kry die genootskap en telers betrokke genoeg bloodstelling daaruit ?
Verseker. Ons kry ongelooflik baie myle uit hierdie projek. Daar is kort-kort berigte van die Dexters wat aan die jeugskoue deelneem in verskeie
publikasies en dan nog die aandag wat die beeste en kinders asook die skool self ook trek by skoue en uitstallings. Verder kan ek nie dink dat iemand wat
reeds jare lank ‘n klomp beeste van ‘n ras het, skielik alles gaan verkoop en met Dexters begin boer nie. Ons moet dus na die nuwe generasie Dexter
telers begin soek op skoolvlak.
4
DEXTER NUUS / DEXTER NEWS
UITSLAE VAN WARMBAD SKOU - 17 - 19 AUGUSTUS 2017 - DEXTERS
Graag wil ons die telerws wat aan die Warmbad Skou deelgeneem het bedank en die wenners geluk wens met hulle uitsonderlike prestasies.
KLAS STOET TELER
BREED GRAND CHAMPION MAGGIESSDAL EDDIE GOOSEN
RESERVE BREED CHAMPION WESSELHOF HENDRIK VD WESTHUIZEN
GROOT KAMPIOEN MANLIK MAGGIESDAL EDDIE GOOSEN
RESERWE KAMPIOEN MANLIK WESSENHOF HENDRIK VD WESTHUIZEN
RESERWE JUNIOR KAMPIOEN MANLIK TORI RAINE MOIRA HAMPSON
JUNIOR KAMPIOEN MANIK WESSENHOF HENDRIK VD WESTHUIZEN
BULE 24 TOT 36 MNDE WESSENHOF HENDRIK VD WESTHUIZEN
SENIOR KAMPIOEN MANLIK MAGGIESDAL EDDIE GOOSEN
BULLE – 5 TOT 7 JAAR MADDIESDAL EDDIE GOOSEN
RESERWE VROULIKE KAMPIOEN TORI RAINE MOIRA HAMPSON
GROOT KAMPIOEN VROULIK WESSENHOF HENDRIK VD WESTHUIZEN
RESERWE KLEUTER KAMPIOEN VROULIK MAGGIEDA EDDIE GOOSEN
KLEUTER KAMPIOEN VROULIK WESSENHOF HENDRIK VD WESTHUIZEN
VERS – 6 TOT 12 MNDE WESSENHOF HENDRIK VD WESTHUIZEN
RESERWE JUNIOR KAMPIOEN VROULIK WESSENHOF HENDRIK VD WESTHUIZEN
JUNIOR KAMPIOEN VROULIK TORI RAINE MOIRA HAMPSON
JUNIOR UIER KOMPETISIE TORI RAINE MOIRA HAMPSON
KOEI/VERS DROOG 18 TOT 24 MNDE WESSENHOF HENDRIK VD WESTHUIZEN
KOEI IN MELK – 24 TOT 36 MNDE TORI RAINE MOIRA HAMPSON
SENIOR KAMPIOEN VROULIK WESSENHOF HENDRIK VD WESTHUIZEN
SENIOR UIER KOMPETISIE WESSENHOF HENDRIK VD WESTHUIZEN
KOEI IN MELK – 3 TOT 5 JAAR WESSENHOF HENDRIK VD WESTHUIZEN
5
Nedbank Eston Agricultural Show
Dexter Cattle at the Nedbank Eston Agricultural Show which took place on the 26 & 27 August 2017 with Reinhard Hinze and Minimoo Heidi, Ruben
Hinze with Minimoo Core and Tristan Manthe with Minimoo Adelle flying the Dexter flag!
YOUTH Shows – How to prepare
On the day of the show it is all about washing, grooming and preparing
the animals for the parade;
Then the young handlers do an oral examination where their basic cattle
skills are tested. It is expected of them to understand and be able to
explain simple cattle handing skills relative to:
o Animal/cattle care;
o Husbandry
Then it’s off to the parade ring where the youngsters are judged on their
stockmanship and off course the animals are judged too.
The biggest advantage of these Youth Shows is that youngsters are
exposed to the gentle nature and temperament of the Dexter breed,
therewith creating an early affection for it – and just perhaps they will be
the next generation breeders.
6
UITSLAE VAN OVERVAAL SKOU –WILLEM PRINSLOO LANDBOU MUSEUM
Die Overvaal Dexter Skou, wat by Willem Prinsoo Landbou Museum gehou was, het weereens uitstaande resultate opgelewer. Zandu, Minimoo, Wessenhof, Maggiesdal en Lundi het Dexters van top gehalte in die skouring gehad. Baie geluk aan al die wenners.
KLAS STOET DIER
SENIOR KAMPIOEN VROULIK LUNDI LUNDI KARIEN
RES SENIOR KAMPIOEN VROUIK WESSENHOF AMADEUS SNAP LINDIE
JUNOR KAMPIOEN VROULIK ZANDU ZANDU ESJE
RES JUNIOR KAMPIOEN VROULIK WESSENHOF WESSENHOF NIKITA
KLEUTER KAMPIOEN VROULIK WESSENHOF WESSENHOF JULIET
RES KLEUTER KAMPIOEN VROULIK MAGGIESDAL MAGGIEDAL SANDRA
GROOT KAMPIOEN VROULIK LUNDI LUNDI KARIEN
RES GROOT KAMPIOEN VROULIK ZANDU ZANDU ESJE
SENIOR KAMPIOEN BUL ZANDU ZANDU YSTER
RES SENIOR KAMPIOEN BUL MAGGIESDAL ZANDU TOBIE
JUNIOR KAMPIOEN BUL MINIMOO MINIMOO CRIMSON
RES JUNIOR KAMPIOEN BUL WESSENHOF WESSENHOF IKE
KLEUTER KAMPIOEN BUL ZANDU ZANDU ZEUS
RES KEUTER KAMPIOEN BUL MINIMOO MINIMOO CORE
GROOT KAMPIOEN MANLIK ZANDU ZANDU YSTER
RES GROOT KAMPIOEN MANLIK MINIMOO MINIMOO CRIMSON
RAS KAMPIOEN LUNDI LUNDI KARIEN
RESERWE RAS KAMPIOEN ZANDU ZANDU YSTER
Daffie with Zandu Zeus -
Toddler Champion Bull
Zandu Yster - Senior , Grand
Champion and Reserve Breed
Champion
Frank with Minimoo Crimson
– Junior and Reserve Grand
Champion Bull
Kobus with Lundi Karien –
Senior Champion, Grand and
Breed Champion
Minimoo Core – Reserve
Toddler Champion Bull
Zandu Esje – Junior
Cow/Heifer and Reserve
Breed Champion
Wessenhof Ike – Reserve Junior
Champion
Amadeus Snap Lindie -
Reserve Senior Champion Wessenhof Nikita – Reserve
Junior Champion
7
ALFA2017 – PARYS - 13 SEPTEMBER 2017
ALFA2017 JEUGSKOU
Die Hendrik Potgieter Landbouskool (Veepaas Projek) het werkik
goeie resutate met hulle Dexters behaal by die ALFA Jeugskou wat in
Parys gehou is. Hulle is algeheel 5de geplaas uit 13 skole wat
deelgeneem het – en om dit meer merkwaardig te maak- dit is net
met 5 leerders gedoen wat aan alle klasse deegeneem het –
voorwaar ‘n besonderse prestasie!
Dankie ook aan al die stoet telers wat diere vir die Veepaas Projek
beskikbaar gestel het – Hendrik Strydom – Johan Daffue (Daffie) –
Ockie Barnard – Piet Botes – Hendrik van der Westhuizen en Wilma
du Preez. Daardeur het julle nie net die ras aan die jeug bekend
gestel nie, maar dit moontik gemaak dat hierdie leerders met trots
Dexters kan skou.
PRODUKSIE VEILING – DEXTER EN KLEIN
WILDSBOKKIE VEILING TE ALFA2017
Die Produksie veiling wat gehou was by ALFA2017 was ‘n groot
sukses. Vroulike diere het besonderse hoë pryse behaal- tot R42 000
- en twee uitstekende teel bulle is ook verkoop teen baie goeie
pryse. Baie geluk aan Hendrik Strydom met die aanbieding van
hierdie veiling. Aan die nuwe eienaars, Dr JAK Strydom, David de
Villiers, Moira Beebe Hampson, Coenie Bester en Johan Coetzee –
geluk met top Dexter genetika!
8
HOE OM JOU VEILING MEER SUKSESVOL TE MAAK
Alle veilings van klubs resoteer onder die Genootskap i.t.v. die Konstitusie. ‘n Klub veiling is ook nie ‘n geleentheid om kraal skoon te maak nie. Diere mag wel
apart opgeveil word wat nie aan die vereistes van Aanhangsel (Annexure) F voldoen nie soos byvoorbeed ‘n vroulike dier wat te oud of te jonk is. Dit moet egter
net BAIE duidelik deur die Afslaer bekend gemaak word te tye van die veiling. Verkopers moet ten alle tye onthou dat jy nie net jou dier op ‘n veiling verkoop nie
maar ook jou naam! Dus hoe beter voorberei hoe beter die geld in jou sak. ‘N Baie ou gesegde - Twee mense moet seerkry:
Jy as verkoper moet amper ‘n traan in die oog kry oor jou dier wat jy nie regtig wil laat gaan nie en;
Die koper se bank balans moet ‘n knou kry!
Baie balangrik: Bemark, bemark, bemark - Ons het die produk - DEXTERS
ANNEXURE F
AUCTIONS UNDER THE PROTECTION OF THE DEXTER SOCIETY
Auction rules are made to help sellers to get a good price for their animals, but also to protect the buyer. To have an auction under the protection of the Dexter
Society, the following rules apply:
1. Testing of Animals:
1.1 All bulls must be tested for the chondrodysplasia gene and must test Negative. (A certificate to this extent must be handed in.) Testing of cows and heifers for the chodrodysplasia gene is not needed.
1.2 All bulls must also be tested for fertility. (A certificate must be handed in)
1.3 All bulls must also be tested for Trichomoniasis, Vibriosis and Brucellosis and must test negative for these diseases. (A certificate must be handed in)
1.4 The DNA of the bulls must also be tested. (A certificate must be handed in.)
1.5 All cows and heifers must be tested for Brucellosis and must test negative. (A certificate must be handed in.)
9
1.6 A certificate must be handed in as proof that cows and heifers are pregnant. Animals without this certificate will be seen as non-pregnant. (Female animals must be pregnant or with a calf when sold.) Heifers under 2 years do not have to comply with this rule.
2. General rules:
2.1 The seller must certify which female animals are pregnant.
2.2 Where a cow and her calf is for sale, the calf must have a birth certificate.
2.3 All female stud animals (A, B and SP) as well as Basic Section animals are allowed. (See Bye-Law 1)
2.4 Only SP Bulls are allowed to be auctioned.
2.5 Bulls must be older than 18 months and female animals 12 months.
2.6 Animals can be shaved/groomed or not. It is the seller’s own choice. The ears of the animals must however be shaved for the inspectors to check the tattoo identification of the animals.
2.7 Female stud animals older than 12 months must be inspected already.
2.8 Animals with a poor temperament can be disqualified.
2.9 All animals must be healthy and in good condition.
2.10 Sellers must make certain that the animals have water and food at the auction.
2.11 All animals must be tattooed or branded and in accordance with Legislation.
2.12 All animals must be inspected and approved by 2 inspectors. The inspectors may reject animals.
2.13 Older animals may also be sold, but it must still be healthy. No animal older than 10 years may be sold at an Auction under the protection of the Dexter Society.
2.14 All animals to be sold at the Auction must be accompanied by all the relevant documentation.
2.15 All animals must be without internal and external parasites. Bydrae deur Kobus van der Linde
10
ZWAVELPOORT DEXTERS – SEDERT 1968 TOT 2017
Graag wil ons hulde bring aan ‘n 60 jaar oue Dexter Stoet, wat na al die jare besluit het om teling vir die jonger geslag te los. Sedert 1968 het Swavelpoort
Dexters sekere riglyne daar gestel om Dexters te teel. Hierdie basiese beginsels en riglyne is nog net so geldig vandag as wat dit toe was. In Piet van der Merwe
se eie woorde “Sedert 1968 streef ons na suiwer eenvormigheid – dubbeldoel – Dexters. Sedert die begin het my pa, Oom Piet – altyd geglo dat jou bul die
ruggraat van enige kudde is,” daarom dat hy dan ook sê dat geen teler sonder sy bul kan skou nie. Zwavelpoort Dexters het dan ook net die beste diere uit
welbekende kuddes gekies om mee te teel. Piet van der Merwe sê voorts: “Die prestasies van die Zwavelpoort-kudde, veral in die groepsklasse is ‘n sprekende
voorbeeld van watter effek die gebruik van ‘n uitsoek bul – ten opsigte van manlikheid, kwaliteit en karakter op enige kudde kan hê. In kort – jou bul moet reg
wees in alle opsigte – onthou ‘n bul teel verse wat soos sy ma lyk.”
Die Zwavelpoort-kudde het vele kampioene opgelewer. Zwavelpoort Mati – Grootkampioen vir 3 jaar by die
Pretoria Skou en Randse Paasskou, sowel as Zwavelpoort Afrika en Zwavelpoort Wendy is maar net n paar
vroulike diere wat die bewys is en getuig van die invloed van ‘n ware kuddevaar op ‘n kudde. “Gebruik die
regte bul en die res volg” verduidelik Piet van der Merwe oor die prestasies.
En watter raad het hy dan vir stoet telers en potensiele stoet telers – “Indien u liefde, respek en waardering
vir die natuur het – Indien u liefde vir ‘n dier het – Indien u die bees, die ras, vooropstel, bo u eie menslike
behoeftes – En met die genade van Bo, objektief sowel as etiek van u kant, kan u ‘n suksesvolle stoetboer
wees wat wel ‘n positiewe bydrae kan lewer tot die ras. Enersyds asook tot u mede-telers anersyds.”
AS DEXTER GENOOTSKAP EN DEXTER TELERS WENS ONS PIET VAN DER MERWE STERKTE, RUS EN VREDE, EN BRING HIERMEE HULDE AAN SY ROEMRYKE EN
SUKSESVOLLE 60 JAAR VAN PRESTASIE TELING. DANKIE VIR U BYDRAE TOT, EN INVLOED OP DIE DEXTER RAS – DIE ZWAVELPOORT BLOEDLYN EN GENETIKA
SAL NOG LANK DEUR TELERS AS GESOG EN WAARDEVOL GEKOESTER WORD EN MET GROOT WELSLAE IN HULLE KUDDES GEBRUIK WORD.
VERWERK UIT “ZWAVELPOORT DEXTERS SEDERT 1968”
PIET VAN DER MERWE MET
ZWAVELPOORT MATI
11
DID YOU KNOW....
The cross-section area of the rib eye muscle has a strong correlation to the total weight of muscle in the carcass, since all the
muscles are proportional to one another.
Tests done in Australia have shown that the Dexter’s rib eye muscle area surpasses that of 38 other breeds, including
Hereford, Brahman, Simmentaler and Angus.
Record prices of R14 000 for both a cow and open heifer were realised at the 2010 Overvaal Dexter Club’s annual sale.
The Dexter milk’s fat globules are very small, so the milk is homogenous and readily digestible. The cream separates easily for
outstanding cream, butter, ice cream and other dairy products.
Did Mr. Dexter develop the Dexter strain, or had he merely stumbled across a strain that had been around the British Isles for
millennia? It is a contentious question, and may never be answered…
And this was the response from Mrs. D.M. Whelehan…..
” In view of the foregoing it is difficult to accept that a Mr. Dexter evolved in Co. Kerry, and launched in 30 years or so a breed
of cattle which has spread to many countries and whose characteristics have persisted and are clearly recognisable. The
significance of Mendel’s discovery on genetics, and the fate of other small breeds whose names are rarely heard today
increase one’s doubts and curiosity regarding the real background of the breed.” (Mrs. D.M.Whelehan, of Transvaal, South
Africa – 1970).
BRON - www//google.com
12
KLASSIFIKASIE EIENSKAPPE VAN ROOIVLEIS
Rooivleis (Bees, lam, skaap en bok) word in vier kategoriee geklasifiseer naamlik:
Ouderdom, Vetheid, Bouvorm of konformasie en Karkas beskadiging.
Ouderdom word bepaal deur ‘n tand inspeksie soos volg en vleisgraad word op die karkas aangebring as n roller merk:
Illustrasie van hoe tande geinspekteer word.
Babatande/Mektande onder 2 jaar – A graad
2 Tand – 2 tot 2 ½ jaar - AB graad
3 tot 6 Tand – 2 ½ tot 3 ½ jaar – B graad
Volbek – 4 jaar en ouers – C graad
Vetheid word in ses grade aangedui en word deur ‘n ronde merk op die karkas aangebring, gewoonlik naby die rollermerk:
0 - Geen vet / 1 - Baie maer / 2- Maer / 3 - Medium /4 - Vet / 5 - Matig oorvet / 6 - Uitermatig oorvet
Bouvorm word bepaal deur spier/vleis massas rondom blaaie, boude en ribbekas en word in ‘n driehoek op die karkas aangebring. Gradering word in 5 grade gedoen naamlik;
1 – Baie plat / 2 – Plat / 3 - Medium / 4 – Rond / 5 – Baie rond.
Beskadiging van karkaste word in 3 grade aangedui. Beskadiging kan wees as gevog van siektes, beserings of self inspuiting-areas wat ontsmet het. Hierdie beskadigde vleis word uitgesny en karkas word dan gegradeer;
1 – Gering / 2 – Matig / 3 – Erg BRON – SA Abattoirs
13
KALENDER / CALENDAR
AGRI EXPO LIVESTOCK – SANDRINGHAM (DURBANVILLE)
DEXTER PRODUKSIEVEILING VAN 5 BOERE BY BLOEMSKOU
Overvaal Club Auction
Hertzogville Show
Overvaal Klub Skou
Bloemskou Royal Show
NAMPO
Vrystaat Klub Inligtingsdag
Warmbad Veemark Skou
2de Overvaal klub Skou Alpha 2018 - Parys
Laeveld skou - Nelspruit statiese Dexter uitstalling
14
SOME YEARS AGO THEY SAID......
23 Apri 2010 – Piet van der Merwe
“In a slaughter ox competition facilitated by the Nooitgedacht Agricultural Centre in Mpumalanga, Dexter beef sold for some R2/kg more than the large framed carcasses,” says Piet. “The Dexters competed with 17 beef cattle breeds. The average ADG of the 15 Dexters participating was 1,16kg, while a gold merit Phase C Dexter bull achieved an ADG of 1,61kg and an FCR of 5,07.”
23 Apri 2010 - Pieter du Preez
“On 40ha we run our stud very comfortably. The herd is kept on veld conditions with only the normal summer and winter licks. My wife and I both have other careers, but over and above the fact that we love our Dexters dearly, the breed makes money for us. Under our circumstances, what other breed could have performed equally well?”
23 Apri 2010 – Wilma du Preez
“It’s a hardy breed that thrives under extensive conditions and requires relatively little input. More Dexters than medium- or large-framed animals can be kept per hectare, increasing calf production and ultimately productivity.”
20 February 2008 – Eric Stoch
I have been breeding Dexters on the harsh South African Highveld for over 33 years. I run a small herd, split into reds, blacks and commercial of about 250 females. They are remarkable animals. I also run a herd of Brahmans and mixed breeds. The Dexters outperform some of their bigger cousins with regard to milk and meat. This one sees when looking at the profitability and feed conversion per herd. Dexters eat practically anything, but excell when fed well. Some of my surrogate Dexter mothers raise up to eight calves a year, every year. One cow has regularly weaned a calf that weighs more than she does. My oldest cow is 21 years old and has produced 19 calves – www//Farming Blog.
14 Apri 2016 – Johan Daffue
“We milk all lactating cows by hand in the morning. Neighbours and others are a ready cash market and we process surplus milk into butter, buttermilk and cheese.” ... and about the udder and teats - “They (teats) must be well-placed on the corners of the quarters, free-hanging at a comfortable spacing with a soft, supple and elastic feel. The udder must withdraw sufficiently after milking. Excessively prominent superficial venation in the udder is undesirable.”
15
DIATOME – DIE WAARHEDE EN KLAARHEDE VAN SILIKON/SILICA
Wat is Diatome - of beter bekend as Voerdokter® - en wat is die voordele vir die veeboer as dit gebruik word?
Dis ‘n honderd persent natuurike produk wat ryk is aan silikon/silica(Si), ‘n skaars spoormineraal waarvan die waarde vir herkouers eers onlangs ontdek is. Silikon
word nie in voermengesels en lekke gevind nie, maar word deur menigte veeboere in die voerrantsoene ingemeng om diere hierdie baie belangrike
spoormineraal te voorsien.
Wanneer diatome gevoer word het dit ‘n wesenlike impak op die gesondheid, produksie en groei vermoë van beeste:
Silikon het die vermoë om mikrotoksiene in die verterings kanaal op te neem, voor dit opgeneem word in die
bloedstroom, daarom dat diatome, wat ryk is aan silikon, ‘n verhoging van tot 70% op die immuniteit van diere het.
Diatome verbeter kalf persentasies by diere aangesien dit die opname van kalsuim, magnesium en fosfaat verbeter.
Dit het dan ook ‘n positiewe impak op groei deurdat dit interne parasiete met tot 90% kan verminder en ook vrektes kan
verhoed.
So wat is dan die voordele vir die boer?
Beter immuniteit beteken minder siektes, daarom minder hanterings-ure wat minder arbeid koste tot gevolg kan hê.
Beter immuniteit beteken minder dosering wat gesondheids- en medisyne kostes dan verlaag.
Hoër kalf persentatsie beteken meer kalwers en ook gesonder kalwers – die boer se grootste wins faktor.
Minder mikrotoksiene beteken minder siek diere daarom laer sterftes.
Beter opname van spoorminerale en opneembaarheid van voeding sowel as ‘n laer parasiet belading beteken optimale
voer omset - diere in ‘n beter kondisie.
...EN HET JY GEWEET DAAR IS DIEGENE WAT DIATOME VIR HONDE, KATTE EN HOENDERS VOER – DIT HET BLYKBAAR DIESELFDE VOORDELE OP HULLE
GESONDHEID AS WAT DIT HET OP GROOT- EN KLEINVEE!
Verwerk uit - Landbou Weekblad / Farmers Weekly
16
KUDDE GESONDHEIDSAKE – DEEL 1
Gesondheidswaarneming by (Dexter) beeste
Dit is nie altyd maklik om vriende te hê nie. My huidige rede is dat so 'n
vriend my versoek het om iets oor siektes in beeste te skryf. Ek wil hom nie
teleurstel nie maar hy moes van beter geweet het. Dit sou sekerlik beter
gedoen kon word deur ‘n kenner soos bv.‘n veearts. Ek deurdink toe die
saak en besef hoekom ons vriende is: die man is slim. ‘n Kenner sal ons net
deurmekaar maak en ‘n goeie storie met feite bederf.
Ek gaan dus my bes doen om vroeё waarneming van moontlike
siektetoestande te bespreek. Ek wil egter duidelik maak dat die volgende
bestaan uit my observasies en ervarings .Soos die storie gaan; kan twee
mense vir dieselfde syfer of die grond kyk en albei is korrek wanneer die een
meen dit is ‘n ses en die ander meen dit is ‘n nege.
My opinie is dat ‘n boer se oog die belangrikste gereedskapstuk in
beesboerdery behoort te wees. Die boer moet sy/haar beeste dus so
gereeld moontlik sien, daardeur word bedoel kyk. Die rede is dat geen mens
abnormale gedrag sal kan waarneem indien hy/sy nie weet wat die normale
gedrag moet wees. Ek wil kripties opsom en sê: enige abnormale gedrag,
houding of konformasie dui aan op siekte, ongesteldheid of die aanloop
daarna.
Hier volg my metode hoe ek te werk gaan wanneer ek na my beeste kyk:
Ek probeer om vir die beeste te wag aangesien daar ‘n trop struktuur is.
Wanneer die voorloper, in baie gevalle ‘n senior vroulike dier, nie voor loop
nie, wek dit agterdog. So ook as die middel-trop dier skielik die agterhoede
dek, of erger nog; een wat glad nie saam met die trop beweeg nie. Die
voorafgenoemde is meer van toepassing op beeste met ‘n roetine; soos om
snags in ‘n kraal te slaap, of soos sommige van ons doen, op ‘n gereelde
basis lek veld toe vat en “roep” .
Indien die beeste is, waar hulle gewoond is om te wees, soos rondom die
lek, by die drinkbak of in die kraal, is gedrag weereens baie belangrik. In
troppe is daar kleiner “groepe”. ‘n Bees wat afgesonder is uit vrye wil wek
kommer. Soms goeie kommer want dan wonder ek of ek ‘n bulletjie of ‘n
versie ryker gaan word. Ek het al opgemerk dat ‘n siek of potensieel siek
bees nie in die trop welkom is nie.
Sou ek vermoed ‘n dier se optrede is nie normaal, kyk ek die dier op die
volgende manier deur:
Posisie van kop – is dit gelig, hang, skeef of gebuig?
Ore is van kardinale belang ; beweeg die bees die ore om waar te
neem of nie? Sou die ore hang is ek ‘n bekommerde eienaar.
Verder kyk ek graag na die toplyn. ‘n Geboë rug, hol rug of “knyp-
houding” dui op ongemak.
As die bees nie lê nie is die stert ‘n goeie aanwysing. As die stert stil
gehou, geknyp of reguit weg van die lyf af gedra word is dit ‘n
moontlike rede tot kommer.
Sou die beeste rustig wees en ‘n dier herkou nie, strek die nek uit of
lê plat is dit nie normaal nie.
Die haarkleed kan ook aandui dat alles nie pluis is nie. ‘n
Aangepasde, gesonde bees het normaalweg, afhangende van die
seisoen, n blink, gladde kleed met tekens dat die dier onderhoud
doen; mens sien dat hulle lek en binne perke skuur.
Een van die belangrikste aanduidings dat ‘n mediese uitgawe op pad
is, is prominente liggaamsafskeiding, veral deur die neus.
17
Opsommend sou ek reken ‘n mens verwag dat gesonde beeste se
neuse skoon sal wees.
Winderige toestande laat oё soms traan maar opmerklike
traanstrepe, draagsels, dowwe -, of geswelde oё kan as potensiёle
problem beskou word.
Abnormale mis, (besmeerde agterstewe) kan ‘n wye betekenis hê. Al
is dit net van vinnige dieetverandering, is dit raadsaam om daaraan
aandag te gee. Die teendeel in die vorm van hardlywigheid is ook
ongewens. Die tekens bly gelukkig vir geruime tyd beskikbaar op die
grond! Voerkraal boere sal weet dat misontleding ‘n moderne
wetenskap geword het en ek gaan gevolglik nie op daardie gebied
my kop in ‘n byenes druk nie.
Sou mens sien wanneer ‘n bees urineer, kan abnormale kleur of
gedrag ook as aanduidings dien dat alles nie wel is nie.
Vanselfsprekend sou abnormale afskeiding vanuit geslagsorgane as
ongewens en ernstig beskou word.
Normaalweg sou iemand wat die betrokke beeste ken ‘n
gedragsverandering maklik kon waarneem. Sommige mense moet ek
toegee, is meer bedrewe as ander, maar belangstelling is ‘n wonderlike
leermeester.
Vervolgens onderneem ek om met die volgende nuusbrief my onkunde
verder ten toon te stel deur ‘n ondersoek vir moontlike siekte toestande te
bespreek. Ek moet egter waarsku dat dit ‘n kennisgewing soortgelyk aan
rofstoei moet hê: moet dit nie by die huis probeer!
Dextergroete
Bydrae deur Piet Botes – Stilhou Dexters
18
Dr Japie van der Westhuizen van SA Stamboek oor Diereverbetering en Genetika
1. Wat is die geskiedenis van metings deur veeprodusente?
Metings op produksiediere, in een of ander vorm, is seker so oud soos
die mensdom self. Ons is bekend met die verhaal in die Bybel waar
Jacob sy oom Laban se skape moes oppas om hom toe te laat om met
sy niggie te kan trou. Deur baie skerp waarneming, verstaan hoe kleur
en ander eienskappe oorgeërf word en byhou van rekord, slaag hy
daarin om die gewenste kleurpatroon te teel en so vir hom ’n
kudde op te bou. Die gange en grafkelders onder en binne-in
die piramides wys hoe plaasdiere geïdentifiseer is en, in
alle waarskynlikheid, hulle goeie hoedanighede êrens
aangeteken was. In die meer moderne geskiedenis lees
ons hoe die vader van stoetteling, Robert Bakewell
aangeteken het. Hy maak duidelik die afleidings dat die
destydse “Longhorn” beeste meer doeltreffende
vleisproduseerders was. Hy is ook suksesvol in die teel
van vleisskape met die daarstel van die New Leicester
skaapras. Een van sy dissipels, Charles Colling, skep die
Korthoring ras.
Mens kan ook die gebruik van rekords of aantekening van inligting
koppel aan ander tegnologiese ontwikkeling of gemak waarmee dit
gedoen kon word. Die maklikste, en soms gehul in een of ander
mistiek is die fisiese voorkoms van diere. Sogenaamde visuele
voorkoms. Alhoewel daar verskillende voorkeure is, word dit meestal
gekoppel aan die funksionaliteit van die diere. Met ander woorde, kan
hy of sy hulle funksies verrig ten opsigte van reproduksie, produksie
en selfs die produk wat gelewer moet word. Alle veeprodusente
gebruik die hulpmiddel vandag nog, met verskille in hoeveel aandag
hulle daaraan gee. Prakties moontlik net om diere met prulfoute uit te
gooi. Die aanvang van metings loop saam met tegnologie-
ontwikkelings of die gemak om eienskappe aan te teken. Vir
vleisbeeste en -skape is die skaal natuurlik die belangrikste
hulpmiddel.
Meer kompleks, en afhanklik van ander instansies is
metings soos die samestelling van melk (bv Proteïen, Vet
en Somatiese selle) en wolkwaliteit (bv Veseldikte,
Variasie, Skoonopbrengs). In die laaste tyd ook
eienskappe gekoppel aan die uitset:inset verhoudings in
bv groei en afronding, daarom verskille in inname van
voer tussen diere.
Elektronika en ander tegnologie-ontwikkelings maak
aantekening al hoe makliker en akkuraat. Telers en veeprodusente
word al hoe meer genoodsaak om aan te teken en die inligting daaruit
korrek aan te wend ten einde volhoubare winsgewendheid te
verseker.
2. Wat het verander? Waarvoor word metings en beskikbare data van
plaasdiere in die moderne tye gebruik?
19
Metings word gebruik vir hoofsaaklik vier belangrike redes, naamlik:
• Die daarstel van vaste riglyne vir produksie-standaarde. Met ander
woorde, wat kan jy verwag in ’n gegewe stel omgewingstoestande of
bestuursvlakke. Hoeveel melk, watter speengewigte, hoe gereeld kalf
koeie, wase wolgewig en veseldikte, ens.
• Produksie-siklusse en die gebruik van die inligting vir strategiese
beplanning en bemarking, ensovoorts. Met ander woorde sikliese
veranderings in produksie, siektetoestande, reproduksietempo,
ens. En hoe om tydig daarvoor voorsiening te maak.
• Ingrepe en aanpassings in bestuurspraktyke, op
kuddevlak, om optimale volhoubare produksie te
verseker. Met ander woorde, hoe produseer en gesond
is groepe diere wat aan dieselfde bestuurspraktyke,
gesondheidsmaatreëls en voedingspraktyke blootgestel
word in vergelyking met ander groepe diere. Dit is
prakties waar veeprodusente vinnig ’n verkil kan maak in
hulle kuddes se winsgewendheid.
• Gebruik van teelwaarde-voorspellings om die beste seleksiebesluite
te kan maak. Die punt word verder uitgebrei hieronder.
Die eerste belangrike veranderings het gekom toe die manier van
oorerwing beter verstaan is. Die aanvanklike werk van Gregor Mendel
wat die modus van oorerwing van blomkleur van ertjieplante
uitgesorteer het was vir jare verberg. Watson en Crick wen die
Nobelprys in die natuurwetenskappe vir die ontdekking van die
dubbel heliks (chromosoom) wat die basis van oorerwing deur gene
dra. Die hartseer storie is die miskenning van die werk van Rosalind
Franklin wat eintlik deur X-staal ristallografie die beelde van DNA kon
waarneem voordat Watson en Crick die eerste publikasie daargestel
het.
Die geleidelike besef dat die meeste eienskappe van ekonomiese
waarde eintlik deur veelvuldige gene (of gedeeltes van die
chromosoom) beïnvloed word, en ook deur omgewings-effekte
geaffekteer word, dra by tot die moderne manier om diere se
genetiese meriete te voorspel. Met ander woorde hulle waarde as
potensiële ouers of seleksie-kandidate. Professor Charles
Henderson het gebou op die ontdekkings en geniale insigte
van ander voor hom en sy tydgenote en het drie
belangrike konsepte. Die konsepte is:
• Verwante diere deel gemeenskaplike dele van
chromosome (gene, die basis van oorerwing van
eienskappe).
• Diere se prestasie binne dieselfde behandelingsgroepe of
omgewingseffekte nodig is as vergelykingsbasis oor wat
oorgedra word na die volgende generasie toe.
• Alle verskille in die prestasie tussen diere (binne
behandelingsgroepe) nie toe te skryf is aan oordraagbare genetiese
verskille nie en dat die gedeelte wat oorgedra word afhanklik is van
die oorerflikheid van die betrokke eienskap.
Henderson se briljantheid was om al die konsepte saam te vat in stelle
vergelykings wat die genetiese-oordraagbare gedeelte en die effek
van die omgewing in die prestasie van elke dier saam te vat. Hy noem
dit BLUP (Beste Liniêre Onsydige Voorspelling) van die diere se ware
20
genetiese meriete (of Teelwaarde). Hierna volg die rekenaar-revolusie
en die BLUP modelle word sodanig uitgebrei dat die genetiese
verwantskap tussen eienskappe in ag geneem kan word, kurwes soos
laktasies en groei ingesluit kan word, effekte wat bydra tot
speengewig effektief geskei kon word om aan te dui watter gedeelte
van die verskille veroorsaak word deur die koei se melk en watter
gedeelte as gevolg van verskille in groei vermoë van die kalwers en
nog vele meer. Met die daarstel van maniere om meer te weet van
die genoom van individuele diere (met ander woorde watter
basispare op chromosoom voorkom van individue) word die inligting
ook in die berekenings ingesluit om sogenaamde
Genomiese BLUP waardes te bereken. Dus, in moderne
tye word metings of waarnemings op plaasdiere
gebruik om baie akkurate voorspellings te maak oor
die waarde van die diere as ouers. Met ander woorde
die risiko van voorspellings is baie minder en die
tempo van genetiese veranderings al hoe meer.
In die opsig is Suid-Afrikaanse veetelers nou op die voorste punt
van tegnologie. Beide Melkbeestelers en Vleisbeestelers wat van
Stamboek se dienste gebruik maak, en meet wat in hulle kuddes
aangaan kry reeds die voordeel (Melkbeeste) of gaan dit nog in die
jaar kry (Vleisbeeste) deurdat Genomiese Inligting deel is van BLUP
teelwaarde voorspellings.
3. Twee aspekte, naamlik die aanwending van aantekening-data vir
bestuursbesluite en genetiese waarde van diere is waarskynlik van
praktiese belang vir die veeprodusent op die plaas. Verduidelik hoe
aangetekende data gebruik word vir bestuursbesluite?
Soos genoem, die aanwending van aantekening-data was altyd
belangrik om die genetiese meriete vanplaasdiere te kon voorspel.
Stamboek, soos ander voorste verskaffers van diere-
aantekeningsdienste ter wêreld, maak gebruik van die data van
veeprodusente om hulle te help om die regte bestuursbesluite te kan
maak. Tradisioneel is melkaantekening byvoorbeeld nie optimaal
aangewend hiervoor nie. Vyf jaar gelede is die wêreldrevolusie deur
Stamboek gevolg toe ons ‘n omvattende diens daargestel het
deur Logix Melk. Aangesien melkaantekening baie
moeite verg en ’n koste-implikasie het moet die
maksimum voordeel daaruit geput word. Op grond
van die melktoetse en aantekening van produksie
sowel as aanvaarde praktyk om dierinligting (hitte-
waarnemings, dekkings, geboortes, ouerskappe, ens.)
akkuraat aan te teken kan melkboere bygestaan word
om wins volhoubaar na te jaag. Die inligting stel
melkprodusente in staat om hulle bestuur te fokus op:
• Gesondheidsbestuur en siektevoorkoming.
• Korrekte voedingspraktyke en optimale voeding volgens
winsgewende produksiestelsels, die laktasiestadium en die genetiese
potensiaal van elke koei.
• Vermyding en vroeë opsporing van metaboliese steurnisse, selfs
voor dit klinies sigbaar is.
21
• Vermyding en optimale bestuur van energietekorte, veral vir
oorgangskoeie en jonger diere.
• Vermyding van melkverliese as gevolg van sub-kliniese mastitis of
ander inflektiewe toestande.
• Versekering van maksimum pryse vir gelewerde melk deur
melksamestelling en kwaliteit.
• Optimale benutting van infrastruktuur soos kripspasie.
• Optimale voersamestelling (bv energiebronne soos
stysel en vesel-samestelling) en vermenging van
voer.
Alhoewel dit dalk vergesog klink, is die professionele
advies wat Stamboek vir melkboere aanbied juis in
staat om bystand te verleen in elkeen van die
bestuursaspekte. Dit terwyl Logix Melk gemiddeld die melkboer
minder as ’n kwart persent kos van direkte uitgawes.
4. Van die aanvanklike aantekening van stambome en prestasie, is
diere-aantekening gebruik om te besluit watter diere word
geselekteer. Watter vordering is gemaak daarmee en wat is vandag
die belangrikste aspekte vir telers van plaasdiere?
Alles begin met die daarstel van doelwitte. Met ander woorde,
veeboere moet baie duidelike doelwitte stel ten opsigte van hoe moet
die volgende generasie diere lyk waarmee hy winsgewend in die
toekoms wil boer. Hierdie doelwit sal sekerlik wees om so veel
moontlik goeie produk te produseer met die minste insetkoste. Dit
beteken verder dat die eienskappe, wat verskil tussen individuele
diere, ordentlik gemeet en aangeteken moet word. Indien jou produk
‘n speenkalf is moet jy gaan meet watter koeie en die dogters van
watter bulle produseer speenkalwers die winsgewendste. Ons weet
ook dat passasiers geld kos en niks inbring nie. Daai mooi koei mag
dalk die swaarste kalf speen maar indien sy dit nie elke jaar doen nie,
kos sy jou geld. Die koeikudde maak feitlik 100% uit van die totale
teelkudde en vreet oor die 90% van die totale energie op van die kos
ingeneem deur haar en haar kalf tot op 7 maande.
Volg ons haar kalf verder deur die voerkraal vreet sy
steeds meer as 70% van die kombinasie se energie
op. As sy dus oorslaan sonder dat daar ‘n produk is,
is alles ‘n verlies. Kortliks sou mens die verskil in
wins tussen vleisbeeskoeie kon opsom deur so paar
winsdrywers, naamlik kalwingsgemak, melk vir haar
kalf, groeivermoë van haar kalf, hoe vrugbaar sy is
(vroeg kalf in die kalfseisoen), hoe lank sy produktief sal
produseer en haar onderhoudsbehoeftes. Stamboek maak dit redelik
maklik vir telers en kopers van stoetdiere om alle bulle (en koeie) op
grond van die eienskappe te evalueer. Stamboek se BLUP teelwaardes
maak voorsiening vir al die eienskappe wat saamgevat word in een
winswaarde, naamlik Koeiwaarde. Koeiwaarde dui die genetiese
waarde van elke dier aan in terme van winsgewendheid per hektaar.
Die absoluut basiese metings in ’n vleisbeeskudde is die aantekening
van geboortes, speengewigte en die gewig van koeie wanneer kalwers
gespeen word. Logix vir Vleisbeeste maak ook voorsiening vir die
aantekening van dekkings, geboortegewigte, gemak van kalwing,
naspeense gewigte, groeitempo van jong bulletjies in groeitoetse,
22
voerinname, skrotumomtrek, hoogte, liggaamslengte,
oogspieroppervlak, onderhuidse vetdikte en marmering.
Soortgelyk behoort melkboere die eienskappe te meet wat ’n verskil
maak in winsgewendheid. Stamboek staan hulle ook by deur die
samestelling van genetiese waardes gegrond op insetkoste en die
samestelling van die melkprys, soos deur melkkopers bepaal.
5. Wat hou die toekoms van aantekening van plaasvee in?
Ekonomiese realiteite moet druk plaas op produsente
om te meet watter diere meer ekonomies produseer
en verskil maak in die winsgewendheid van produksie.
Mense se tyd moet egter ook na waarde geskat word.
Praktyke sal moet tred hou hiermee. Dit beteken dat
aantekening, relatief tot ander kostes, goedkoper
moet word en ook minder moeite sal moet verg. So,
byvoorbeeld, bied Stamboek opsies aan vir
melkprodusente om alternatiewe aantekenings-praktyke
te volg wat pasmaak is vir elke produksiestelsel.
Kuddegesondheid is byvoorbeeld ononderhandelbaar, sowel as die
penalisasie in prys vir hoë somatiese selle (en bakterie-tellings).
Stamboek bied vir die produsente die opsies om op alternatiewe tye
sekere aspekte te laat toets, soos wat dit inpas by ander
bestuurspraktyke. Daar is egter nooit ’n kompromie as dit by werklike
meting en aantekening kom nie. Meting en inligting wat daaruit
voortspruit stel gebruikers in staat om in pas te bly met wat op die
plaas aangaan en om die inligting te gebruik om meer mededingend
te kan wees. Inligting en die intelligente gebruik daarvan is mag en
gee ’n berekende voorsprong bo ander wat in die donker
voortstrompel.
6. Watter tegnologiese ontwikkelings is op die horison en hoe sal data
en inligting in die toekoms gebruik word om veeproduksie se
doeltreffendheid verder te verbeter?
Aantekenings praktyke en tegnologiese ontwikkelings loop
hand aan hand. Die revolusie wat veroorsaak is deur
radiofrekwensie-oorplaatjies en ander merkers is reeds
bekend. Verder is die interaktiewe gebruik van data-
uitruiling en die internet ook alledaagse praktyk. Die
uitruil van data en inligting tussen apparaat is
belangrik vir diere-aantekening. Elektroniese
monitors en komponente meet ook al hoe meer
gereeld en al hoe meer noukeurig. Skale praat met
slimfone en ruil data uit met sentrale databasisse.
Alhoewel die internet “wolk” (cloud) as konsep nou oral
gebruik word, bedryf Stamboek eintlik al lankal so wolk van data
deur Logix.
Veeboere se skootrekenaars “praat” met Logix sonder dat boere
eintlik bewustelik die aksies hoef te inisieer. Inname metings word
ook al hoe makliker. Daar word voorsien dat dit al hoe meer aan die
orde van die dag kan word soos wat tegnologie meer bekostigbaar
word. Outomatiese metings van melkvolumes, vloeitempo en
konduktiwiteit is ook al algemene praktyk in melkkuddes. Die pogings
om melksamestelling in-lyn te meet is ook reeds daar, alhoewel die
23
akkuraatheid nie bo verdenking staan nie. Nie net alleen word
veseldikte (as primêre prysbepaler van wol) reeds oor dekades
gemeet nie, maar ook die variasie daarvan. Woltelers kan dus ook
daarvoor selekteer.
Met die toenemende spoed van rekenaars en wyer bandwydte is dit
nie te vergesog dat die genetiese meriete op selfs ‘n meer gereelde
basis sal plaasvind nie. Tans bied Stamboek reeds dienste aan waar ’ n
Vleisbeesras BLUP teelwaardes maandeliks bekom. Met die infasering
van genomiese waardes is dit baie belangrik. ’n Melkboer sou
byvoorbeeld al die jong versies genomies toets, die diensverskaffer
(Stamboek) sal dan die Genomiese Teelwaarde binne weke voorsien,
en die boer sal vinnig ’n besluit neem of die kalf oor
die vermoë beskik om ’n ekonomies-
produserende melkkoei te wees. Uitskot vind
dus plaas nog voor sy ’n druppel melk
geproduseer het en so word geweldig baie
koste bespaar terwyl genetiese vordering ook
verhaas word.
7. Hoe lyk die prentjie vir Suid-Afrikaanse veeprodusente,
kan hulle meeding en wat word plaaslik vir hulle gebied?
Suid-Afrikaanse veeboere is van die bestes ter wêreld. Daar is egter
steeds groot variasie in die doeltreffendheid van produksie van plaas
tot plaas. Kommersiële kopers van bulle verstaan die Stamboek
katalogusse en hoe diere met verskillende genetiese meriete ’n verskil
sal maak aan die winsgewendheid van diere in hulle kuddes. Die
ekonomiese realiteite dwing hulle ook om op die voorpunt te bly.
Melkprodusente wat die bestuursinligting reg gebruik, produseer ook
melk meer winsgewend. Dikwels word ons veeprodusente deur een of
ander “ekspert” uit ’n ander land vertel wat gedoen moet word,
terwyl van die top veekundiges en praktiese veeartse presies weet
wat vir hulle gebied kan word in Suid-Afrika. Stamboek bied
byvoorbeeld top tegnologie, wat nie terugstaan vir die bestes in die
wêreld nie, wat aangepas is vir plaaslike praktyke, markte en
klimaatstoestande. Die meer suksesvolle veeprodusente weet dit
reeds en pas dit met vrug toe.
8. Kan die aanwending van data en inligting help om die moontlike
verandering in landboupraktyke en selfs klimaat-doeltreffend
aan te spreek?
Die klimaatverandering fenomeen is op almal se
lippe. Suksesvolle seleksiedoelwitte is geskoei op
die verskille in prestasie van diere binne
dieselfde bestuurspraktyk, plaas, jaar en seisoen.
In effek dus diere wat die beste aangepas is daar
waar hulle moet reproduseer en produseer. Effektief kom
die dier wat die mees winsgewendste is boaan die lys van keuses uit.
Teelwaardes werk op die beginsel. Dus, indien klimaatverandering
daartoe lei dat diere met ander fisiologiese en anatomiese
samestellings meer geskik sal wees, sal hulle de beste BLUP
teelwaardes hê. Die beginsel bly steeds dat die produksie en
reproduksie aangeteken moet word.
Dieselfde beginsels geld vir die aanwending van aantekening-data om
die korrekte bestuursbesluite tydig te maak. Selfs in die geval waar die
omgewingstoestande verander sal diere daarop reageer en
24
bestuurders van kuddes sal hierdie reaksies tydig waarneem en sal in
staat gestel word om die regte bestuur-ingrepe te kan maak.
9. Kan 'n teler 'n genetiese waarde, byvoorbeeld ’n BLUP-teelwaarde,
of deesdae 'n Genomiese Waarde, vir diere wat in hulle land van
herkoms gepubliseer word, net so hier in Suid-Afrika aanwend en
waar is die vangplekke?
Nee, definitief nie. Dit het oor ’n tydperk ongelukkig ’n
bemarkingsfoefie geword. Bemarkers van oorsese
diere as teeldiere gebruik gepubliseerde waardes
om ’n produk te kan verkoop. Stamboek neem
deel aan internasionale genetiese evaluasies vir
melkbeeste by Interbull. Dit stel Suid-Afrikaanse
melkboere in staat om enige melkbul se
genetiese meriete direk te vergelyk met sy koeie
se meriete hier in Suid-Afrika. Dit is algemene praktyk
in die res van die wêreld en die enigste manier wat die toets van
wetenskaplikheid slaag.
Met die koms van Genomiese waardes word dit ’n stappie verder
geneem. Stamboek bied ’n wetenskaplik-gegronde diens aan
melkboere waar hulle diere genomies getoets kan word, die ontleding
in die VSA plaasvind, ’n direkte genomiese genetiese meriete bekom
word op die Kanadese skaal en dit omgewerk word en vervleg word
met ons plaaslike ontleding. Die betrokke bul- of verskalf word dus op
presies dieselfde meriete vergelyk as al die ander Suid-Afrikaanse
diere. Die populasie waar sy geneties ’n verskil kan maak. Die
publikasie van teelwaardes, gewone BLUP of BLUP met genomiese
waarde toegevoeg, vir semen wat plaaslik bemark word, op ’n ander
land se skaal is ’n misleiding van die plaaslike veeboere.
10. Stamboek bied reeds 'n diens aan vir melkboere om aangetekende
data optimaal te benut vir seleksie en parings. Vertel ons meer
hieroor?
Stamboek het so paar jaar gelede ’n Webblad daargestel vir
melkboere en die wyer bedryf om enige plaaslike koei of enige
internasionale bul se genetiese meriete vinnig op te soek of selfs ’n
soektog te loods vir die beste bul wat aan produsente se
behoeftes voldoen. Wat die diens uniek maak is dat alle
teelwaardes en saamgestelde geneties ekonomiese
waardes op die Suid-Afrikaanse skaal aangebied
word. Met ander woorde, gebruikers kan hulle
doelwitte stel, byvoorbeeld geskoei op hulle kostes
vir produksie en die vergoedingstruktuur waarvoor
hulle betaal word vir gelewerde kan met die betrokke KI
maatskappy onderhandel word om semen te bekom. Die
webblad, SADairyBulls.com stel kuddebestuurders verder in staat om
ook seleksie van hulle eie kudde-koeie te doen deur minimum
genetiese vereistes te stel en so ook ’n rangorde van gewenstheid vir
seleksie.
Die volgende baie belangrike stap waarvoor voorsiening gemaak word
is om die gekose diere optimaal te paar. Die eerste hekkie is om te
sorg dat die vlak van inteelt van die nageslag nie die wetenskaplike
norme sal oorskry nie. Met ander woorde, die teler kan vooraf aandui
om nie parings toe te laat waar die inteelt van die nageslag te hoog sal
wees nie. Hierna volg die finale verwerking, naamlik om parings
25
tussen die gekose bulle en koeie te optimaliseer om vinnig die
doelwitte te bereik.
SADairyBulls.com voldoen aan al die belangrike vereistes vir
suksesvolle teling van melkbeeste, naamlik die daarstel van
teeldoelwitte wat langtermyn wins sal verseker, die plaas van alle
beskikbare seleksie-kandidate in rangorde van winsgewendheid op
grond van hulle genetiese meriete en die doelwitte wat vasgestel
word en, laastens, parings wat die bereiking van die doelwitte versnel
sonder om genetiese diversiteit (as gevolg van hoë vlakke van
inteling) prys te gee. Dus ’n resep vir sukses.
Die krag van SADairyBulls.com is verder dat hierdie doelwitstelling,
seleksie en optimale parings ook op rasvlak uitgevoer kan word. Met
ander woorde mens sou die heel beste koeie in Suid-Afrika kan paar
met die heel beste bulle wat die wêreld kan bied en sodoende
nageslag hier in Suid-Afrika kan voortbring wat ’n radikale verskil kan
maak in die winsgewendheid van melkproduksie. Deur die genomiese
diens verder daarmee te kombineer kan die tempo van genetiese
verbetering verder versnel word. Suid-Afrikaanse melkbeestelers kan
weer KI bulle teel wat met die beste van die wêreld kan kompeteer.
Die hulpmiddels is daar om gebruik te word.
Bydrae deur Dr. Japie van der Westhuizen - SA Stamboek
26
BASIC KNOWLEDGE INDIVIDUALS / YOUR WORKERS SHOULD HAVE WHEN WORKING WITH
CATTLE
All individuals who work with livestock should have a basic knowledge
and understanding of livestock handling techniques and equipment to
ensure the welfare of the cattle and people. Training for workers,
handlers and “veldwagters” should include:
Able to interpret common head and tail positions:
Understanding the flight-zone and point of balance of cattle
Proper use of handling and restraining devices
How to avoid sudden movement, loud noises, or other actions
that may frighten cattle
Proper handling of aggressive/easily excited cattle and how to
identify these animals
Basic feeding/nutritional management of cattle
Recognizing early signs of distress and disease through
observation
Recognizing signs associated with heat and cold - weather
stresses and how to respond with appropriate actions
How to properly diagnose common illnesses and provide
proper animal care
Proper administration of animal health products and how to
conduct animal health procedures
Proper knowledge of these aspects by your helpers, handlers or
workers will ensure the smooth handling of catte in chutes, loading
bays and gathering areas. Knowledge and the abiity to identify
distress signals when cattle graze in the veld will ensure early
identification of illnesses and enable timeous action and treatment.
Article extracted and summerized from Cow – Calf Weekly
27
DIE DRUKGANG – MAAK JOU BOERDERY MAKLIKER
Goed beplande werk- en hantering fasiliteite maak die hantering en
beheer van beeste soveel vinniger en meer effektief. Beserings en
kneusing van dier en hanteerder kan sodoende verhoed word. Hier
volg ‘n paar riglyne ten opsigte van die hantering van diere in ‘n
drukgang of ander hantering fasiliteit:
Gebruik helpers wat vertroud is met beeste: Onervare
helpers/werkers raak gou bang, senuweeagtig of frustreerd en
kan beseer word deur verkeerde reaksies omrede hulle nie die
gedrag van beeste verstaan of kan voorspel nie.
Behandel beeste met respek: Beeste is groot, oneindig
sterk en onvoorspelbaar, daarom is dit wys om nie te
veel te onstspan wanneer daar met beeste gewerk
word nie. Sorg dat jy die regte fasiliteite het en
probeer eerder om die bees te uitoorlê as om
hom/haar moeg te stoei.
Verwyder alle skerp voorwerpe: Inspekteur die hanterings
fasiliteit gereeld en verwyder alle skerp hoeke, lae oorhange,
skerp penne en skroewe wat uitsteek, sowel as hekke wat
gebreek is en voorkom sodoende ernstige beserings aan
mense en diere.
Bou ‘n kant trap (loopplank): Dit is beter en gemakliker om
diere te behandel vanaf ‘n looppank (“catwalk”) wat langs die
drukgang gebou is, as om die dier van agter te behandel terwyl
jy saam met die dier in die drukgang is. Maak egter seker om
nooit tussen tralies/stawe te werk wat vertikaal stut nie. Dit
kan maklik ‘n arm besering veroorsaak.
Bou ‘n hekkie agter die drukgang: ‘n Hekkie agter die
drukgang gee makliker toegang om diere te ondersoek of
meet te werk in die geval van kunsmatige inseminasie –
wanneer jy kastreer of om beserings aan die agterkant van ‘n
dier te inspekteer en te behandel. Bou die hek sodat dit na die
dier oopmaak met die nodige werk opening, om te verhoed
dat die hanteerder vasgedruk word in die drukgang wanneer
hy aan dier dier werk.
Onsnappings roetes: Wees altyd bewus
van jou onsnappings roete, in die versamel area,
die gang wat diere na die drukgang neem en in
die drukgang – Onthou beeste is uitsonderlik
sterk, vinning en onvoorspelbaar.
Wees altyd bewus van die vermoë van ‘n bees om te skop:
Probeer om nie in die skop sone van enige dier te werk nie,
veral nie as jy die uier of agterbene ondersoek – wees ook
versigtig en verhoed dat die dier nie op jou trap wanneer jy
naby die hoewe werk.
Wees altyd versigtig: Beeste kan maklik onbeheerbaar raak en
as een begin is dit gewoonlik ‘n ketting reaksie. Maak dus
28
seker alle werkers ten alle tye “wakker” is. Wanneer werkers
moeg raak, rus hulle eerder ‘n rukkie en gaan daarna voort.
Behandel koeie en kalwers appart: Dit is raadsaam om
kalwers en koeie appart te sorteer voor hulle na die
versamel area geneem word – minder spanning op
helpers en op die diere, veral kalwers en koeie.
Gebruik produkte en gereedskap reg: Baie van die
gereedskap en produkte wat op beeste gebruik
word kan nadelig wees as dit nie reg gebruik word
nie. Lees en volg altyd die aanwending instruksies
deeglik. Wanneer ‘n ongeluk gebeur (inasemening/inspuit
ens) neem die persoon na ‘n geneesheer wanneer daar sigbare
negatiewe simptome is. Neem die produk se voubiljet saam vir
maklike diagnose deur die geneesheer.
Eerstehulp: Sorg dat daar ‘n eerstehulp (first aid) tas of
basiese eerstehulp middels naby die werks area is – indien
moontik dat daar ‘n bevoegde/opgeleide person teenwoordig
is wat basiese eerstehulp kan toepas – dit geld ook as diere
beseer word soos wanneer ‘n dier snye, breuke ens. opdoen
terwyl dit gehanteer word. Was altyd jou hande voor en na
jy met die diere gewerk het.
Maak seker diere word behoorlik vasgehou/druk:
Beeste wat nie behoorlik in toom gehou is in ‘n drukgang
kan beseer word en die hanteerders beseer. Verder kan
dit die toediening van die regte dosisse medisyne en
opgietmiddels beinvloed – te veel of te min.
.
Bydrae verwerk uit – WorkSafe New Zealand- www//
Regte manier om ‘n kalf te dra