belvedere schoolbelvedereschool.co.za/lockdown/graad 10 - grade 10/graad...  · web view2020. 7....

16
WEEK 2 (MEMORANDUM) AKTIWITEIT 6 1. Hoe lank is‘n dekade? Tien jaar 2. Waarom dink jy beskou dierelefhebbers uitdunning van olifante as wreed? Moontlik omdat olifante emosionele diere is 3. Hoe veroorsaak die vermeerdering van die olifantpopulasie ‘n bedreiging vir ander diere? Hulle vernietig groot areas se bome en maak dit vir ander diere moeilik om te oorleef wat hul ruimte met hul deel. 4. Watter EEN woord in paragraaf vyf is ‘n bewys dat die uitdunning wêreldwyd onaanvaarbaar sal wees? wreed 5. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR. Motiveer jou antwoord: Uitdunning van olifante in SA is ‘n oplossing volgens diereliefhebbers. ONWAAR. Uitdunning gaan veroorsaak dat diere organisasies wêreldwyd protesteer 6. Noem die vier opsies hoe die olifantpopulasie beheer kan word wat in die teks genoem word. Eerste opsie - uitdunning ,tweede hervestiging, derde geboortebeperking en vierde keuse van ‘n kombinasie van uitdunning en geboortebeperking. 7. Watter opsie dink jy is die mees aanvaarbaarste metode? Motiveer jou antwoord. Leerlinge kan hier enige opsie noem, mits die motivering ook ingesluit is. 8. a) populasie aanwins/ groei/ toename b) ronddwaal

Upload: others

Post on 26-Jan-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

WEEK 2 (MEMORANDUM)

AKTIWITEIT 6

1. Hoe lank is‘n dekade?

Tien jaar

2. Waarom dink jy beskou dierelefhebbers uitdunning van olifante as wreed?

Moontlik omdat olifante emosionele diere is

3. Hoe veroorsaak die vermeerdering van die olifantpopulasie ‘n bedreiging vir ander diere?

Hulle vernietig groot areas se bome en maak dit vir ander diere moeilik om te oorleef wat hul ruimte met hul deel.

4. Watter EEN woord in paragraaf vyf is ‘n bewys dat die uitdunning wêreldwyd onaanvaarbaar sal wees?

wreed

5. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR. Motiveer jou antwoord:

Uitdunning van olifante in SA is ‘n oplossing volgens diereliefhebbers.

ONWAAR. Uitdunning gaan veroorsaak dat diere organisasies wêreldwyd protesteer

6. Noem die vier opsies hoe die olifantpopulasie beheer kan word wat in die teks genoem word.

Eerste opsie - uitdunning ,tweede hervestiging, derde geboortebeperking en vierde keuse van ‘n kombinasie van uitdunning en geboortebeperking.

7. Watter opsie dink jy is die mees aanvaarbaarste metode? Motiveer jou antwoord.

Leerlinge kan hier enige opsie noem, mits die motivering ook ingesluit is.

8.

a) populasie

aanwins/ groei/ toename

b) ronddwaal

sonder ‘n doel rondbeweeg/ nie op ‘n doel gerig nie

c) verwoesting

skade aangerig

d) vernietig

deur eet te vernietig. Bv. Sprinkane het die blare van die plante vernietig.

e) Hervestiging

Woongebied te betree

f) uitdunning

gedesimeer / vermindering van bevolking of diere in ‘n gebied

g) geboortebeperking

Willekeurige beperking van die aantal geboortes deur voorkoming van swangerskap

9. Rangskik die woorde hierbo in alfabetiese volgorde.

geboortebeperking

hervestiging

populasie

ronddwaal

uitdunning

vernietig

verwoesting

10. Oefen om die woorde reg uit te spreek.

(Die beste manier om woorde korrek ui te te spreek is om die woorde in lettergrepe te verdeel)

ge-boor-te-be-per-king

her-ves-tig-ing

po-pu-la-sie

rond-dwaal

uit-dun-ning

ver-nie-tig

ver-woes-ting

AKTIWITEIT 7

Kort opsomming

Wat is ‘n voornaamwoord?

Die persoonlike voornaamwoord staan in die plek van:

· Persoon of persone bv.

· Willie leer hard. Hy sal beslis slaag.

· Ek; jy; u; hy; sy; ons; julle; hulle; dit is dors.

· Die man ken my; jou; u; hom; haar; ons; julle; hulle.

· `n Dier of diere:

· Die hond is in die huis. Jaag hom uit.

· Die perske is groen. Moenie hom eet nie.

Wat is ‘n Byvoeglike naamwoord?

'n Byvoeglike naamwoord is 'n beskrywende woord (descriptive word/ adjectives).

BV.

· Dit is 'n groot gebou.

· Ek het 'n baie ou man ontmoet.

· Die vinnige bruin jakkals spring oor die lui hond.

· Meeste ape is boombewonende diere wat tropiese of subtropiese gebiede

· Dit is 'n baie mooi rokkie wat jy dra

· Byvoeglike naamwoorde kan in trappe van vergelyking geplaas word:

BV.

groot – groter – grootste; oud – ouer – oudste

· Byvoeglike naamwoord kan ook in die intensiewe vorm geplaas word:

BV: klein – piepklein

Wat is direkte en indirekte rede?

Direkte rede is die DIREKTE WOORDE van ‘n persoon. In ‘n Strokiesverhaal word dit gewoonlik in ‘n spraakborrel aangedui. Byvoorbeeld:

As ons wil oorvertel wat iemand gesê het, gebruik ons die INDIREKTE REDE.

Voorbeeld:

Hallo, is jy lus om saam met my te gaan swem?

Wat vra hy?

John vra of hy lus is om saam met hom te gaan swem.

Stappe om die direkte rede na die indirekte rede te verander.

John vra : “Is jy lus om saam met my te gaan swem?”

Stap 1: Trek die dubbelpunt dood. John vra “Is jy lus om saam met my te gaan swem.”

Stap 2: Trek die aanhalingstekens dood. Is jy lus om saam met my te gaan swem.

Stap 3: Skryf in die plek van die dubbelpunt of. John vra of …

Stap 4: Soek die werkwoord en skuif dit na die einde van die sin. Thabo sê dat mnr. Tladi help ons help.

Stap 5: Skryf die sin korrek oor: Thabo sê dat mnr. Tladi hulle help.

Direkte

Indirekte

Direkte

Indirekte

Direkte

Indirekte

Ek

hy/sy

Jou

sy/haar

Ons

hulle

Jy

hy/sy

Myne

syne/hare

Julle

hulle

My

sy/haar

Joune

syne/hare

TAALAKTIWITEIT

TEKS A

1.1

sy

1.2

sy

2.1

Buffels het massiewe liggame en betreklike kort bene.

2.2

Die horings van die buffelbul is swaar en enorm.

2.3

Die ore van die buffel is groot en hang onderkant die horings.

3

swart – pikswart

swaar – loodswaar

reguit - paalreguit

krom - hoepelkrom

skerp – vlymskerp

gladde - seepgladde

4.1

dunner/ skerper

4.2

donkerder

4.3

beter/ jonger

TEKS B

5.1

Piet pikkewyn skree dat die muise oorneem.

5.2

Olifant vra of hulle muise het.

6.1

Jan Pikkewyn: “Vergeet van die muise!”

6.2

Dawid Pikkewyn:”Ek dink die ware probleem is die olifant in die kamer”.

Of Dawid Pikkewyn” Ek reken die ware probleem is die olifant in die kamer”.

AKTIWITEIT 8

Kort opsomming

Lydend en Bedrywende vorm:

‘n Sin bestaan uit ‘n ONDERWERP (SUBJECT) en ‘n VOORWERP (OBJECT)

· Om ‘n sin van die Lydende na die bedrywende sin te verander, moet die posisie van die onderwerp en die voorwerp in die sin omruil.

Bv. In ‘n Lydende vorm - sin:

· Die huiswerk word deur die seun gedoen.

voorwerp onderwerp

(Om te onderskei tussen onderwerp en voorwerp > WIE? = onderwerp / WAT? = voorwerp)

In die Bedrywende vorm sal die onderwerp eerste staan in die sin en die voorwerp laaste

Bv. Die seun doen sy huiswerk. (Die “word deur” in die sin het weggeval)

Kyk na die volgende voorbeeld:

Hy sal sy huiswerk doen (Bedrywend)

Die huiswerk sal deur hom gedoen word. (Lydend)

· Let op die posisie van die woord “word” in die bostaande sin.

Nog voorbeelde:

Om ‘n sin in die Bedrywende vorm oor te skryf in die Lydende vorm

Die leeu vang die zebra. (Bedrywende vorm)

Stap 1 : Bepaal die onderwerp en voorwerp in die sin. (M.a.w WIE vang WAT?)

Die leeu (WIE = onderwerp) vang die zebra (WAT = voorwerp)

Stap 2: Skryf nou die sin oor deur die voorwerp en die onderwerp in die sin om te ruil. (m.a.w Voorwerp (object) eerste en die Onderwerp (Subject) tweede.

· Die zebra (voorwerp) word deur die leeu (onderwerp) gevang.

Let op: word deur word ingebring in die sin en die werkwoord kry ‘n ge- vooraan.

Wanneer die sin egter in die verlede tyd geskryf is:

Bv. Die leeu het die zebra gevang. (Bedrywende vorm)

Verander die sin so in die Lydende vorm > Die zebra is deur die leeu gevang.

Stereotipering en Veralgemening

STEREOTIPERING

'n Stereotipe is 'n oordrewe beeld van 'n groep mense wat dikwels nie (volledig) met die werklikheid ooreenkom nie. Dit is dikwels 'n vooroordeel of negatiewe denkbeeld en word soms gebruik as regverdiging vir bepaalde diskriminerende dade.

Bron: Wikipedia

Polisiemanne van Noord-Amerika koop altyd koffie en donuts.

Seuns moet met karretjies speel en blou klere dra.

Meisies moet met poppe speel en pienk klere dra.

Bron: Wikipedia

Veralgemening

(Engels – generalization)

As jy veralgemeen, vorm jy ‘n opinie oor ‘n hele groep mense wat gebaseer is op ‘n paar voorbeelde of feite. Dis ‘n breë stelling gebaseer op ‘n paar mense en wat jy nou op die hele groep toepas.

Punktuasie

Teken

Naam

Doel

Voorbeeld

.

Punt

Om die einde van ‘n sin aan te dui

Die renoster is geskiet.

,

Komma

Word tussen twee aparte sinne gebruik.

Word gebruik by die opnoem van ‘n lys items

Bystellings, uitroepe en aansprekings.

Tussen eliptiese verbindings sonder voegwoord.

Tussen werkwoorde.

Die renoster is geskiet, want die skelms wil sy horing afslag.

Ons het leeus, renosters, buffels en hiënas gesien.

Sy oudste seun, Jan, het ‘n onderwyser geword.

Ag nee, jy moenie.

Jan, kom hier.

Die een sal dít sê, die ander dát.

Toe hulle dit sien, het hulle gelag.

;

Kommapunt

Dit kan in die plek van ‘n punt gebruik word, m.a.w tussen twee sinne.

Die renosters is dood; die stropers het weggehardloop.

:

Dubbelpunt

Dit word geplaas voor woorde of sinne wat die voorafgaande toelig of saamvat.

By direkte rede , na die persoon se naam wat die woorde sê

Daar is net een nadeel: die dier is té oud.

Piet sê: “Ai,dis so hartseer dat ‘n dier só moes sterf!”

?

Vraagteken

Aan die einde van ‘n vraag.

Wat dink jy?

!

Uitroepteken

Na ‘n tussenwerpsel.Of om gevoel soos teleurstelling/ verassing (emosie) te beklemtoon

Eina! Roep hy uit.

Ag nee!

Ek is so bly!

Leesteken/ skryfteken

Naam

Doel

Voorbeeld

“”

Aanhalingstekens

Om die woorde wat ‘n persoon sê aan te dui by direkte rede.

Om ‘n frase direk aan te haal.

“Is dit waar dat daar minder witrenosters is?”

Dit is net dié “tipe” wat jy daar sal kry.

^

kappie

Om ‘n besondere klank aan te dui

sê, lê, hê, êrens, wêreld

LW. Uitsondering- die kappie kom nie by volgende woorde voor nie: kers, ver, perd, pers, ver, werd.

Aktiwiteit

TEKS A

1. Skryf die sinne oor in die LYDENDE VORM deur met die onderstreepte woorde te begin:

1.1 Die leeu jaag die zebra.

Die zebra word deur die leeu gejaag.

1.2 Die leeumannetjie het die leeuwyfie omhels.

Die leeuwyfie is deur die leeumannetjie omhels.

1.3 Die leeu vang die klein hasie en eet dit op.

Die klein hasie word deur die leeu gevang en opgeëet.

2. Is die volgende sinne voorbeelde van stereotipering of veralgemening?

2.1 Leeus is die wreedste diere wat net jag en doodmaak.

Stereotipering

2.2 Leeus speel ‘n belangrike rol in die natuur.

Veralgemening

3. Voorsien die volgende paragraaf van die nodige leestekens.

Die volgende leestekens is uitgelaat: punte, kommas, aanhalingstekens, hoofletters, hakies.

Die leeu (Panthera leo) is 'n soogdier van die familie “Felidae”en een van die vier groot katte in die genus Panthera.Dit is die tweede grootste katspesie naas die tier. Mannetjies kan maklik herken word aan hulle maanhare en weeg tussen 150 en 250 kg,wyfies weeg tussen 120 en 150 kg. Leeus kom in die natuurlike omgewing, tans in Afrika ,suid van die Sahara en in Asië voor. In Asië word ’n kritieke bedreigde oorblywende bevolking in die Gir-woud Nasionale Park gehou waar hulle reeds vroeër in Noord-Afrika en Suidwes-Asië uitgesterf het.

4. Voltooi die volgende tabel deur die ontbrekende woorde in te vul:

selfstandige nw.

meervoud

verkleining

vroulike vorm

koning

konings

koninkie

Koningin

leeu

leeus

leeutjie

Leeuwyfie

zebra

zebras

zebratjie

zebramerrie

5. Skryf die volgende sin oor in die INDIREKTE REDE:

5.1 “As ek groot word wil ek ‘n wildbewaarder wees”

Begin as volg: Sy sê:..

Sy sê dat as sy groot word wil sy ‘n wildbewaarder wees.

6. Skryf die paragraaf oor deur die onderstreepte woorde met VOORNAAMWOORDE te vervang:

Ouma sê vir Eve dat Eve eers moet wag tot Eve ouer as agtien is voordat Eve ‘n wildbewaarder kan word. Wildbewaarders doen baie belangrike werk, want wildbewaarders beskerm die wild in die natuur. As al die mense saamstaan sal die natuur en die wild beskerm kan word.

Ouma sê vir haar dat sy eers moet wag tot sy ouer as agtien is voordat sy ‘n wildbewaarder kan word. Wildbewaarders doen baie belangrike werk, want hulle beskerm die wild in die natuur. As almal saamstaan sal die natuur en die wild beskerm kan word.

7. Skryf die volgende sinne oor in die LYDENDE vorm:

7.1 Wildbewaarders beskerm die wild in die natuur.

Die wild in die natuur word deur die wildbewaarders beskerm.

7.2 Onwettige wildjagters maak renosters dood vir hul horings.

Renosters word doodgemaak vir hul horings deur onwettige wildjagters.

8. Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies

8.1 Daar is min renosters oor; (minste/minder) as die vorige jaar.

8.2 As jy (oud/ouer) as agtien is, dan kan jy dalk ‘n wildbewaarder word.

8.3 Die witrenoster is tans van die (skaarsste/skaarser) spesies onder die renosterbevolking.

8.4 Daar sal moontlik (meer/ minder) renosters oor wees as bewaring nie (strengste/strenger) toegepas word nie.

AKTIWITEIT 9

1.1 Waar speel die verhaal af?

In ‘n winkelsentrum.

1.2 Wat sien Emma as sy by die kleedkamer uitstap?

‘n Dogtertjie wat verlore lyk en met groot oë na haar kyk.

1.3 Hoekom dink jy , het Emma met die dogtertjie gesels?

Sy wou haar help.

1.4 Sou jy ook soos Emma reageer as jy ‘n kind sien wat verlore lyk in ‘n winkelsentrum? Hoekom sê jy so?

Ja / Nee met enige logiese verduideliking wat by die ja / nee pas.

1.5 Wie is die man wat sy hand op Emma se skouers sit?

‘n Man wat sê dat hy ‘n polisieman is.

1.6 Waarvan beskuldig die man vir Emma?

Dat sy die dogtertjie wou ontvoer.

1.7 Dink jy dit is reg as jong kinders gebruik word om misdadigers vas te trek? Hoekom sê jy so?

Ja / Nee met enige logiese antwoord wat by die ja / nee pas.

1.8 Hoekom voel Emma se knieë lam?

Sy is bang dat sy skuldig lyk oor iets wat sy nie gedoen het nie.

1.9 Watter vrees het Emma nog altyd gehad?

Dat sy skuldig sal lyk vir iets wat sy nie gedoen het nie.

1.10 Wat bedoel die man as hy sê: “ Ons het gedink ons trek julle nooit vas nie.” ?

Hulle sal nooit die ontvoerders vang nie.

1.11 Wie was Emma se graad 1 onderwyser?

Mnr. Beetge

1.12 Waarom het haar graad 1-onderwyser haar na die hoof se kantoor toe gestuur?

Omdat sy nie haar huiswerk gedoen het nie.

1.13 Hoekom hou Emma meer van haar skoolhoof as haar graad 1-onderwyser?

Haar skoolhoof het haar geglo toe sy die waarheid praat terwyl haar graad 1-onderwyser haar nie wou glo nie.

1.14 Wat is vir Emma vreemd omtrent die kantoor waarheen hulle stap.

Polisiekantore is gewoonlik nie in winkelsentrums nie.

1.15 Hoekom wil Emmma skielik weer na die man se identiteitskaart kyk?

Sy wil seker maak dat hy wel ‘n polisieman is.

1.16 Hoekom wil die man nie sy identieteitskaart vir haar wys nie?

Hy is nie regtig ‘n polisieman nie. Hy wil net geld uit haar maak.

1.17 Hoe weet Emma die man is Debbie ( die dogtertjie ) se pa?

Hulle lyk na mekaar.

1.18 Is die man regtig ‘n polisieman?

Nee

1.19 Verduidelik die plan wat die man gehad het.

Hy wou hê sy moes hom baie geld betaal om nie ‘n saak teen haar te maak nie.

1.20 Hoekom hardloop die man weg as hy die sekuriteitsman sien?

Hy kan in groot moeilikheid kom omdat hy gemaak het asof hy ‘n polisieman was.

AKTIWITEIT 10

AKies die korrekte woord tussen hakies.

1.1 Emma ( is / was ) amper van ontvoering aangekla.

1.2 Maria is baie hartseer oor haar ( steelde / gesteelde / versteelde ) selfoon.

1.3 Maria se hart is ( gebreek / gebroke ) , want sy het nie meer ‘n selfoon nie.

1.4 Maria het met ( bewe / bewende ) bene ( weggehardloop / weg gehardloop ).

1.5 Maria se selfoon ( is / was ) die vorige dag gesteel.

1.6 Emma het by die kleedkamer teen die dogtertjie ( vasgeloop / vas geloop ).

1.7 Die dogtertjie het met groot oë ( rondgekyk / rond gekyk ).

1.8 Emma moes ‘n vorm ( invul / in vul ).

1.9 Die man het ‘n misdaad ( gedoen / gepleeg ).

1.10 Die polisie het foto’s van die misdaadtoneel ( gevat / geneem ). .

BSkryf die volgende paragraaf oor in die verlede tyd.

Verlede tyd:

Die bankrower het die bank binnegestap. Hy het ‘n pistool in sy hand gehad. Hy het ‘n kous oor sy kop getrek. Hy het vergeet om gate waardeur hy kan kyk in sy kouse te sny. Hy kon niks sien nie. Hy het in die muur vasgeloop en geval. Die bankklerk het die alarmknoppie gedruk. Die polisie het opgedaag. Hulle het die bankrower gearresteer. Die bankrower is vir tien jaar tronk toe gestuur.

CSkryf die volgende paragraaf oor in die teenwoordige tyd.

Teenwoordige tyd

Twee mans breek by 50 Cent se huis in. Hulle wil sien hoe lewe ‘n ryk mens. 50 Cent vergeet om sy deure te sluit en die mans stap by die deure in. Hulle maak die yskas oop en haal twee bottels wyn uit.50 Cent daag by sy huis op en kry die twee mans daar. Hy ontbied die polisie. Die polisie neem die mans in hegtenis. Die polisie beveel aan dat hy die veiligheid by sy huis opskerp.