breederivier gazette 3 july 2012

12
Breederivier Year 16 • 3 Julie 2012 | Tel. 023 626 5212 Lees binne Bekende skrywers trek dié maand op Montagu saam. BLADSY 2 Talentvolle sportster wil eendag vloot toe. BLADSY 12 Raai wie is binnekort op die wêreldwye web? BLADSY 3 Melkboere geruk DAVID ENGELBRECHT ’n SKIELIKE verlaging van tussen 50 en 75c per liter in die prys waar- teen een van die land se grootste melkkopers melk by produsente aankoop, het boere erg bekom- merd oor hul toekoms. Dit is selfs as ’n “blatante klap in die gesig” beskryf. Die aankondiging verlede week dat DairyBelle minder vir melk gaan betaal, het opslae in die bedryf veroorsaak. Produ- sente probeer daarteen vasskop, maar boere met wie die Gazette gepraat het, was nie gewillig om hul name te laat publiseer nie uit vrees dat hulle geteiken sal word en vennootskappe skipbreuk sal ly. Boere in die Langeberg-omge- wing het gesê dat daar nou koppe bymekaar gesit moet word om hierdie besluit teen te staan en dat vrese bestaan dat ander melkkopers DairyBelle se voor- beeld kan volg. Die voorsitter van die Melk- produsenteorganisasie (MPO), Dèan Kleynhans, het gesê dat die prysverlaging volgens hul inlig- ting “nie in lyn is met die mark- tendense nie”. Volgens Bertus de Jongh, lid van die MPO, is die rede wat die koper vir sy besluit aangevoer het dat daar tans te veel melk is. “Dit klop egter nie met ons syfers en inligting nie en dis hoekom ons daaroor objekteer.” Jacques Fourie, hoof- uitvoe- rende beampte van DairyBelle, het bevestig dat hulle hul aan- koopprys verlaag het. “Daar moet weer ’n balans gebring word met die pryse,” het hy in sy kommentaar gesê. “Melk se pryse het in die afgelope jaar (April 2011 tot April 2012) gewel- dig gestyg, ver bo die inflasie- koers. Daaglikse (melk)produk- sie het opgegaan, maar die aan- vraag het nie in dieselfde mate gestyg nie.” “Ons melkprodusente kom nou uit ’n baie slegte tyd waarin pryse vir bykans vier jaar op be- sonder lae vlakke was,” het Kleynhans op sy beurt gesê. “Produsentepryse het eers van November 2011 af weer begin herstel. Daarbenewens is produ- sente vir ’n geruimte tyd al vas- gevang in ’n erge kosteknyptang weens die deurlopende styging in pryse van voer, brandstof en elektrisiteit.” De Jongh het gesê dat boere “erg bekommerd is oor hul toe- koms” weens ’n wye reeks fakto- re die afgelope jaar wat reeds meegebring het dat boere min hoop het. Een boer van Robertson het na die situasie verwys as ’n myn- veld. “Met die mark soos hy nou is, kan hierdie besluit in ’n ramp ontaard.” Lees nog ’n berig op bl. 3. Kos vir die siel: Montagu gaan in die volgende paar weke baie bedrywig wees op kultuurgebied. Die Breytenbachfees vind vir die eer- ste keer van 13 tot 15 Julie plaas en direk daarna word die Montagu Jeugkunstefees aangebied. Dié fees, nou die MMADD-fees genoem, be- gin op 18 Julie met musiek en dans in die NG Kerksaal, kore wat op 20 Julie in die NG Kerk optree, die dra- ma-opvoerings op 25 Julie by die Laerskool Montagu, die baldanse en Latynse danse op 27 Julie en die prysuitdeling en vertoning deur die George Musical Theatre Academy daarna. Een van die hoogtepunte van die fees is die vertoning deur die Zeynep-balletgeselskap uit Tur- kye (foto). Die dansgroep se optrede by die fees word geborg deur die Turkse ambassade. Foto: Verskaf Weer • Weather Maks 21 C º WOENSDAG / WEDNESDAY DINSDAG / TUESDAY Naweek: Bewolkte, reënerige weer word vir die naweek voorspel. Temperature gaan na verwagting net bo die 10 °C-merk draai. Maks 19 C º Maks 15ºC DONDERDAG / THURSDAY Maks 16 C º VRYDAG / FRIDAY

Upload: boland-gazette

Post on 10-Mar-2016

278 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Breederivier Gazette 3 July 2012

TRANSCRIPT

Breederivier

Year 16 • 3 Julie 2012 | Tel. 023 626 5212

Lees binneBekende skrywerstrek dié maand opMontagu saam.BLADSY 2

Talentvollesportster wileendag vloot toe.BLADSY 12

Raai wie isbinnekort op diewêreldwye web?BLADSY 3

Melkboere gerukDAVID ENGELBRECHT

’n SKIELIKE verlagingvan tussen 50 en 75c perliter in die prys waar-

teen een van die land se grootstemelkkopers melk by produsenteaankoop, het boere erg bekom-merdoorhultoekoms.Dit isselfsas ’n “blatante klap in die gesig”beskryf.

Die aankondiging verledeweek dat DairyBelle minder virmelk gaan betaal, het opslae indie bedryf veroorsaak. Produ-sente probeer daarteen vasskop,

maar boere met wie die Gazettegepraat het, was nie gewillig omhulnamete laatpubliseernieuitvreesdathulle geteikensalworden vennootskappe skipbreuk sally.Boere indieLangeberg-omge-winghetgesêdatdaarnoukoppebymekaar gesit moet word omhierdie besluit teen te staan endat vrese bestaan dat andermelkkopers DairyBelle se voor-beeld kan volg.

Die voorsitter van die Melk-produsenteorganisasie (MPO),DèanKleynhans,het gesêdatdieprysverlaging volgens hul inlig-

ting “nie in lyn is met die mark-tendense nie”.

Volgens Bertus de Jongh, lidvan die MPO, is die rede wat diekoper vir sy besluit aangevoerhet dat daar tans te veel melk is.“Ditklopegterniemetonssyfersen inligting nie en dis hoekomons daaroor objekteer.”

Jacques Fourie, hoof- uitvoe-rende beampte van DairyBelle,het bevestig dat hulle hul aan-koopprys verlaag het. “Daarmoet weer ’n balans gebringword met die pryse,” het hy insy kommentaar gesê. “Melk se

pryse het in die afgelope jaar(April 2011 tot April 2012) gewel-dig gestyg, ver bo die inflasie-koers. Daaglikse (melk)produk-sie het opgegaan, maar die aan-vraag het nie in dieselfde mategestyg nie.”

“Ons melkprodusente komnou uit ’n baie slegte tyd waarinpryse vir bykans vier jaar op be-sonder lae vlakke was,” hetKleynhans op sy beurt gesê.“Produsentepryse het eers vanNovember 2011 af weer beginherstel. Daarbenewens is produ-sente vir ’n geruimte tyd al vas-

gevang in ’n erge kosteknyptangweens die deurlopende stygingin pryse van voer, brandstof enelektrisiteit.”

De Jongh het gesê dat boere“erg bekommerd is oor hul toe-koms” weens ’n wye reeks fakto-re die afgelope jaar wat reedsmeegebring het dat boere minhoop het.

EenboervanRobertsonhetnadie situasie verwys as ’n myn-veld. “Met die mark soos hy nouis, kan hierdie besluit in ’n rampontaard.”

Lees nog ’n berig op bl. 3.

Kos vir die siel: Montagugaan in die volgende paar weke baiebedrywig wees op kultuurgebied.Die Breytenbachfees vind vir die eer-ste keer van 13 tot 15 Julie plaasen direk daarna word die MontaguJeugkunstefees aangebied. Dié fees,nou die MMADD-fees genoem, be-gin op 18 Julie met musiek en dansin die NG Kerksaal, kore wat op 20Julie in die NG Kerk optree, die dra-ma-opvoerings op 25 Julie by dieLaerskool Montagu, die baldanse enLatynse danse op 27 Julie en dieprysuitdeling en vertoning deur dieGeorge Musical Theatre Academydaarna. Een van die hoogtepuntevan die fees is die vertoning deurdie Zeynep-balletgeselskap uit Tur-kye (foto). Die dansgroep se optredeby die fees word geborg deur dieTurkse ambassade. Foto: Verskaf

Weer • WeatherMaks 21 Cº

WOENSDAG / WEDNESDAYDINSDAG / TUESDAY Naweek: Bewolkte, reënerige weer word vir die naweek voorspel. Temperature gaan na verwagting net bo die 10 °C-merk draai.

Maks 19 CºMaks 15ºC

DONDERDAG / THURSDAY

Maks 16 Cº

VRYDAG / FRIDAY

Breederivier Gazette Nuus/News Dinsdag 3 Julie 20122

Skuifnader

vir markDIE Robertson Museum semaandelikse teetuinenog-gendmark vind weer Sa-terdag plaas. Verdryf diewinterkoue met ’n lekkerontbyt saam met vriende.

Benewens die ontbyt isdaar ook pannekoek, koeken tert en tuisgebak vir diegesin vir die naweek. Diemuseumtafel bied aller-hande snuisterye en inte-ressanthede.

Maak ook ’n draai in diemuseum en beleef vervloëdaeseglansenglorie inRo-bertson.

Mense wat belangstelomhullewareof tuisgebakby die mark van die handtesit,kanLiesbetCurtisby0 023 626 6622 bel.

Navrae kan ook gerigword aan die museum by0 023 626 3681.

)) Gaste kan elke laasteVrydag van die maand ’nkoppie koffie of tee en ’nsny melktert by dieJouberthuis op Montagugeniet teen net R20.

)) The Montagu Vil-lage Market is held everySaturday morning fromearly until 12:30 at the Eu-vrard Park, Bath Street,opposite the Tourism Bu-reau. For additional infor-mation, phone Marelettavan Zyl-Wohlfarter on0 023 614 1895 or send anemail to [email protected].

)) The McGregor Mar-ket takes place every Sa-turday from 08:45 on thecorner of Voortrekker andChurch Street.

)) The annual Natio-nal Youth Arts Festivalwill start on July 18 at theDutchReformedChurchinMontagu.

’n Nuwe huis: Phoenix, die katwatonlangs ernstig beseer is in ’n brand inZolani, het ’n nuwe tuiste gevind. Hy isverlede week in ’n gebou wat tydens ‘nprotesaksie deur inwoners van die woon-buurt aan die brand gesteek is, gevind.Na ’nbadendieversorgingvansywonde,is hy besig om vining te herstel. Hy salby die Wynland Dierebeskermingsvereni-ging (DBV) gehou word totdat hy volko-me herstel het. Foto: Verskaf

Plaaswerk vir sport verruilANITA DE KOCK

NAGENOEG 500plaaswerkers hetverlede week by die

Callie de Wet-stadion op Ro-bertson byeengekom vir dieviering van InternasionalePlaaswerkerdag.

Op plaaslike bodem worddie dag jaarliks met ’n spesi-ale sportdag gevier en diéjaar indiegeesvandieOlim-piese Spele wat oor net min-der as ’n maand begin.

Leerlinge van skole in dieRobertson-gebied het, ge-klee in T-hemde met dieOlimpiese kenteken daarop,aan ’n pretloop deelgeneem,vergesel van aflos-fakkel-draers.

Die eregas vir die dag wasdie Wes-Kaapse ministervan kultuursake en sport, dr.Ivan Meyer, wat die laaste fak-keldraer na die podium begeleien gehelp het om die dag se spe-le-vlam aan te steek.

Diedeelnemerswasgekleeindie kleure van die lande waarSuid-Afrika sedert 1992 aan dieOlimpiese Spele deelgeneemhet – Spanje (1992), Amerika

(1996), Australië (2000), Grieke-land (2004), China (2008) en En-geland (2012).

PlaaswerkersvanoraluitdieWes-Kaap het deelgeneem aansport soos rugby, netbal, domi-no’s, sokkerentoutrek.Diedagisafgesluitmet ’n toutrek-kom-petisie tussen die Kaapse Wyn-lande 1-span (Stellenbosch) en

die Laer-Weskusspan. DieWynlande het dié wenners vanverlede jaar verslaan.

Meyerhet in sy toespraakge-sê dit is sydepartement se doel-wit om seker te maak dat plaas-werkersport en -ontspanningsy regmatige plek in hoof-stroomsport sal inneem, sport-aktiwiteite op plase gereël

word en sportklubs gestigsal word. Die strategie is inpas met die Wes-Kaapse de-partement van landbou seinisiatief om plaaswerkerste bemagtig.

Hy het ook hulde gebringaan die afgelope vier jaar sePlaaswerker van die Jaar-wenners, die LangebergMunisipaliteit bedank virsy rol in die opheffing vanplaaswerkers en die organi-seerders van die dag se ver-rigtinge.

Vanjaar se Plaaswerkervan die Jaar word op 30 Au-gustus aangewys.

Die dag is ook bygewoondeur rdle. Diana Gagiano,die Langeberg Munisipali-teit se -uitvoerende burge-meester, Khanyile Klaas,Langeberg se onderburge-

meester, Basil Kivedo, dieBreedevallei Munisipaliteit seuitvoerende -burgemeester,JohnLevendal,Breedevallei seonderburgemeester, Mike Wa-ters, lid van die Wes-KaapseStaande Komitee vir kultuur-sake en sport, en Brent Wal-ters, departementshoof vankultuursake en sport.

Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, lewer sytoespraak tydens die vieringe van Internasionale Plaaswerkerdag op Ro-bertson. Foto: Verskaf

Eerste Breytenbachfees om die draaiANITA DE KOCK

DIE literêre fees wat vanjaar vir die eerste keergehou word om die werke van Breyten Breyten-bach te vier, skop oor minder as twee weke opMontagu af.

Die Breyten Breytenbach-fees vind van 13 tot15 Julie plaas en verskeie bekende figure vanAfrikaanse letterkunde sal as sprekers optree.

Die fees is die breinkind van Darryl David, do-sent in Afrikaans aan die Universiteit van Kwa-Zulu-Natal, en het as Indiërstudent tydens dieapartheidsjare met Breytenbach se gedigte ken-nis gemaak. Hy sê om die fees te reël is vir homdie verwesenliking van ’n droom.

Die fees is geskoei op “literêre toerisme”. Assulks het dit ’n heel ander konsep as ander kun-stefeeste in die land in dié sin dat dit net op eenpersoon, in dié geval Breytenbach, fokus.

Breyten Breytenbach is in Bonnievale geboreen het ook ’n noue verbintenis met Montaguwaar hy ’n huis het. Breytenbach, wat deur TimeMagazineasdie grootste lewendeAfrikaansedigteraangewys is, se boek Dog Heart handel oor Montagu

en was ’n opdragwerk om te skryf oor diedorpwaardieskrywergraagwilbly.Mon-tagu duik dan ook gereeld in sy gedigteop.

Skrywers wat tydens die fees oor Brey-tenbachensywerksalpraat, isHelizevanVuuren, Ampie Coetzee, Fanie Olivier enFrancis Galloway. Breytenbach sal nieself daar wees nie.

Ander skrywers wat ook tydens die feessal optree is onder andere Petra Müller,Dana Snyman, Braam de Vries, Charl-Pierre Naudé, Wium van Zyl, AntoinettePienaar,JeanneViall,ChristineBarkhui-zen-Le Roux, Justin Fox, Rita Gilfillan,Darryl Earl David en Philippe Menache.Die tema van hulle praatjies handel oordie Klein-Karoo.

Die fees gaan egter nie net oorpraatjies en onderhoude nie. Davidverduidelik dat literêre toerismedaarop toegespits is om ’n dorp endie omliggende omgewing te be-mark en feesgangers sal die natuur-skoon, argitektuurenander interes-santhede in en om die dorp kan ver-kenomself tebeleefwatdie skrywergeïnspireer en beïnvloed het.

Interessante toeriste-aktiwiteitesoos die trekkerritte teen die berguit word ook aangebied. Tydens diefees van twee dae word ’n toer deurMontagu gedoen om die dorp sepragtige argitektuur te besigtig enwat ’n besoek aan Breytenbach sehuis in die dorp insluit.

Daar sal ook ’n besoek aan Brey-tenbach se geboortehuis gebringword.

David het reeds twee soortgelykefeeste op Cradock en Richmond beginen groot sukses behaal. Hy is tans ookdieenigste IndiërwatAfrikaansopuni-versiteitsvlak aanbied.

Die fees vind by die Montagu Muse-umplaas.OpdieVrydagsal gaste ’nuit-stappie vir melktert en tee by Jouber-thuis kan bywoon, gevolg deur ’n be-soek aan die Bonnievale Museum en ’nligte ete.

’n Historiese wandeling deur Monta-gu is ook op die spyskaart en die KWV-kelders sal vir die geleentheid oopwees.

Vir meer inligting, skakel0 082 886 8023 of e-pos [email protected].

Breyten BreytenbachFoto: Leanne Stander

Breederivier GazetteNuus/NewsDinsdag 3 Julie 2012 3

Slaggereed vir wêreldwye web!’n OPWINDENDE nuwe era wagop die Gazette en sy lesers, wantsewedaevannouafkan julle onsaanlyn besoek – en massiewepryse wen as julle as gebruikersregistreer.

Ja, Boland Media se Gazette-groep, waarvan die BreederivierGazette ’n lid is, se gesamentlikewebwerf word op Dinsdag 10 Ju-lie aangeskakel.

Jy sal nie net nuus uit jou eiegemeenskap daar kan lees nie,maar ook sien wat doen die Bo-land-bure van die Swartland,Theewaterskloof, Stellenbosch,Drakenstein en Helderberg.

Wees ook op die uitkyk vir vi-

deo’s en fotogaleryewaar jy selfsméér van die gesigte in jou ge-meenskap kan sien, en lees diekommentaar wat jou medege-bruikers oor die berigte lewer.En as jy braaf genoeg is, kan jyook jóú stem laat hoor . . .

Maar vir eers is die groot op-winding die kompetisies waar-meeonsafskop.Jysaloordievol-gende paar weke aanlyn kan in-skryf en die kans staan omenigiets van akkommodasie virtwee by ’n kus-hotel (ter waarde

van meer as R4 000) tot ’n Sweed-se massering by ’n spa te wen.Maar onthou dat jy as gebruikermoet registreer om te kan deel-neem.

As jy wil weet waar om ons tevind, en om meer oor volgendeweek se kompetisie te lees, moe-nie 10 Julie se Gazette misloopnie en registreer sommer dade-lik. Ons wag om jou daar te sien!

Brei ietsvir ’n kindin nood

DIE polisie op Montagu het on-langs begin met ’n insamelings-projek om serpe en handskoene-vir die winter bymekaar te maaken aan behoeftige kinders in dieomgewing te gee.

Die projek staan onder leidingvan sers. Suria Meyer en sy doen’n beroep op mense wat hou vanbreiwerk om handskoene en ser-pe in grys en vlootblou te brei endit voor 10 Julie by die polisie-kantoor op Montagu in te dien.

Mense wat meer inligting oordie projek wil hê, kan Meyer by0 023 614 8310 bel.

Melkbesluithet produsente

bekommerdDAVID ENGELBRECHT

“INDIEN sommige melkprodu-sente weens hierdie prysverla-ging uit die mark moet tree, sal

dit onder meer ’n direkte impak hê opvoedselsekuriteit.”

Ná een van die land se grootste melk-kopers ’n aankoopprysverlaging van tot75c aangekondig het, het die voorsittervan die Melkprodusenteorganisasie(MPO), Dèan Kleynhans, gesê dit kanverreikende gevolge inhou.

Hy het verduidelik weens ’n verhoog-devraagnasuiwelwêreldwyd,endie feitdat suiwel steeds die goedkoopste bronvan proteïen vir menslike gebruik is,hou melkproduksie reeds nie tred metdie vraag nie en sal die uittrede van boe-re uit die bedryf dit vererger.

BertusdeJongh, ookvandieMPO,hetbygevoeg dat boere erg bekommerd isoorhul toekoms.Volgenshomhet ’nwyereeks faktore die afgelope jaar die boeremaar min kans op hoop gegee. “Produ-sentepryse het vir bykans vier jaar niegestyg nie en het maar eers in die laasteses maande begin klim. Ook nog nie totvlakke waartoe hulle medeboere in diebuiteland se pryse oor dieselfde vier-jaar-periode gestyg het nie.”

Volgens Kleynhans het suiwel ookweens ’n sameloop van omstandighedenie die prysverhogings geniet wat “’nprodukmetdiéhoëvoedingswaardever-dien nie”.

“Ongelukkig, die oomblik wat produ-sentepryse styg, sit al die insetverskaf-fers ook hulle pryse op. Dit vreet dan diewinsmarges vinnig op. Wanneer prysedan daal, daal dit vinnig onder die kostevan produksie,” verduidelik De Jongh.

’n Produsent uit die Langeberg-omge-

wing wat anoniem wou bly, het gesê dathierdie besluit deur so ’n bekende kopersoos DairyBelle tot gevolg kan hê dat an-der melkkopers dieselfde besluit maak.“Wat keer hulle nou juis om dieselfde testaan en doen? Hulle is die mense metdie mag oor ons, en ons moet maar netdeur die maand kom met dit wat ons kankry vir ons melk. Dinge het eers laasjaarDesember begin beter raak vir ons be-dryf, en nou gebeur hierdie. Ek blameerniemand as hulle min hoop op ’n goeieuitslag het nie.”

Die produsent het ook gesê sy mede-produsente is almal tans baie versigtigom enige verkeerde kopskuiwe te maak.“Nie almal besef dit nie, maar op grond-vlak sal die besluit groter implikasieskan hê vir die produsente. Dit is ’n ver-sigtigetydwaarinonsnoubeweegenonskan net hoop die MPO kry iets uitgerig.”

As raad aan produsente wat direkdeur die prysverlaging geraak word, sêdie MPO: “Tree in verbinding met velevan die ander kopers wat tans dringendop soek is na addisionele melk.”

Kleynhans doen namens produsente’n beroep op ander melkkopers om terwille van stabiliteit en die toekoms vandie melkbedryf nie die voorbeeld vanhierdie bekende melkkoper te volg nie.

“Die MPO is tans besig met onderhan-delings met die betrokke partye en on-derneem om tot op die hoogste vlak virdiemelkprodusentetebedingomdievol-houbaarheid van die suiwelbedryf inSuid-Afrika te verseker.”

Breederivier Gazette Briewe/Letters Dinsdag 3 Julie 20124

Cat out ofcontrol

R.B. REID, Robertson, writes:Over the past year or more, my wife

and I have been plagued by a cat in theneighbourhood.

It insists in fouling our garden, espe-cially the front garden, by leaving itsfaeces there.

Some time back I unknowinglystepped intoapile of it and thenwalkedinto our house and made an unholymess of a carpet.

Cleaning the carpet was a headacheto say the least.

I spoke to the municipality about itand they tried speaking to the owner,but got little sympathy.

Last week a friend walking in ourfront garden had the same experienceof stepping inapile of foul smelling fae-ces. It has now become a daily cleanupon our part.

The son of the owner said to me that“you can’t keep a cat in”. I say you canand I can furnish a few telephone num-bers to those people who do keep theircats in and so are not a nuisance.

Sadly the owner has not had the com-mon courtesy to come around and apo-logise and even to promise to have thesituation rectified.

I am writing this letter out of frustra-tion and desperation so that the rela-tive authority will do something aboutthis unpleasant situation soon.

I have been told that there is a lawthatrefers topublicdisturbanceornui-sance.

Of the exact wording I am not sure,but the relevant authorities will knowwhat I am referring to.

Many people I have spoken to havesuggested that I dispose of the culpritand deposit it in a refuse bag for collec-tion by the municipal refuse truck.

Rest assured, we are not of that ilk.MywifeandI loveanimals,but inacon-trolled environment.

Skoon, soosin ’n droom

VANDAT ek so agt jaar geledehier in die Vallei aangekomhet, het dit my gegrief om te

sien hoe morsig dit langs ons paaielyk.

Die pad Worcester toe, net daarvoor jy van Robertson se kant af bydie dorp ingaan, het altyd gelyk soos’nashoopvanpapiere,plastieksakkeen wat nog alles wat net eenvoudiglangs die pad gegooi is.

Dit was ’n doring in my vlees enmy reaksie was altyd om te wonderwat oorsese besoekers van ons moetdink.

Is dit soos ons ons pragtige Valleiaan besoekers bekend stel?

Groot was my verbasing toe ek so’n week gelede by Worcester in ry engewaar dat al die papier- en plastiek-sakke verwyder is.

Alles was netjies en skoon. Wat ’nverskil maak dit nie.

Daarmoes ’nwonderwerkplaasge-vind het, dag ek so by myself.

Toe onthou ek van Theuns Coetzeevan die Bonnievale-Droomprojek.Hy was so ’n maand of wat gelede diegasspreker by die Robertson Mu-seum se algemene jaarvergadering.Hy het daar vertel van die fenomena-le sukses wat hy met die projek be-haal het – nie net op Bonnievale nie,maar regoor die Vallei en selfs in Na-mibië.

Die Droomprojek is daarop gemikom mense sover te kry om hul omge-wing skoon en netjies te maak, bomete plant en, kortom, trots te wees ophul dorp, hul woonbuurte en hulstrate.

En soos hy gesê het: dit werk. As

een persoon met die skoonmaak ofboomplantproses begin, dan volg sybuurman hom en kort voor lank isalmal in die straat daarmee besig.

Armoede is ’n groot probleem inons landenmense leef inhaglikeom-standighede en ek het baie simpatiemet mense wat protesteer teen swakdienslewering.

Maar aan die anderkant glo ek ookdat armoede en moeilike omstandig-hede geen verskoning is vir menseom tussen vuilgoed en plastieksakkete bly nie.

Elke mens, maak nie saak wat sykleur, stand, status,ouderdomofwatookal is nie, het tog ’n innerlike self-respek en daardie respek vir jouselfmoet jounoopomselfs binnehaglikeomstandighede ’n verskil te kanmaak.

Dit begin deur ’n wilsbesluit teneem wat jou keer om goed net langsdie pad uit te gooi.

Dit begin deurdat jy jou blyplekbinne en buite skoon en netjies hou,en dat jy jou as persoon skoon en net-jies hou. Daarom, begin vandag nogjou eie droom en styg uit bokant jouomstandighede.

Dit sal jou ’n gevoel van trots geewat geen geld kan koop nie.

)) Anita de Kock is ’n lid van dieBreederivier Skrywersburo.

Readers are invited to send their com-ments about any issue in the newspa-per, or in their community, to the Ga-zette.

SMSes that contain the name of thesender will have a better chance of be-ing published.

Publication remains at the discreti-on of the editor.

Lesers sêhul SMS­sê

)) Hoekom staan Ocean Basket seadvertensie nog lewensgroot in Voor-trekkerstraat en laat toeriste onder ’nwanindruk soek na die restaurant? –E. du Toit

)) Wanneer gaan daar vrede in dieland wees?

Mense toi-toi en is met niks tevredenie. Hulle bly in die verlede.

Breederivier GazetteLeefstylDinsdag 3 Julie 2012 9

Asthma? Adults should be referred to aspecialist and special care taken: • Whenasthma is poorly controlled despite inten-sive treatment. • If the patient suffers fromother medical conditions such as a pepticulcer,heart failureorhypertension,or if thepatient is pregnant. Poor asthma control ismuch more dangerous than asthma medica-tion. •When thepatient suffers fromoccupa-tional asthma. • When the patient is fre-quently absent from work. • When the pa-tient needs immunotherapy.

Verligting vir depressieTUSSEN 80 en 90%

van depressiewemense reageer op

medikasie en psigotera-pie en ondervind ’n matevan verligting.

Maar behandeling be-hels nie net medikasie enpsigoterapie nie. Deur ’npaar lewenstylverande-ringe te maak, kan jy vin-niger beter voel.

)) Die South AfricanMemory Resource Centresê mense moet ontslaeraak van ongesondeslaapgewoontes.

Moenie in die bed bly asjy nie aan die slaap kanraak nie.

Doen ’n nie-opwindende aktiwiteitsoos om ’n vervelige boek te lees tot jyweer lomerig raak en klim dan weer indie bed.

Herhaaldiepatroontot jyaandieslaapraak. Volg ook elke aand dieselfde roeti-ne voor jy gaan slaap. Jou brein en lig-gaam sal die roetine met slaap assosieer.

)) Oefening pomp jou bloed vol en-dorfien-hormone wat jou laat goed voel.Begin geleidelik (selfs 10 minute is aan-

vanklik genoeg) en verhoog stadigaandie intensiteit en tydsduur.

)) Eet daagliks minstens vyf porsiesvrugte en groente (’n porsie is vuisgroot-te) en komplekse koolhidrate (volgraan)behoort die basis te wees van elke maal-tyd.Eetplant- endierproteïen,maarver-my te veel versadigde vet. Drink min-stens ses glase water per dag.

Alkohol en sommige middels kan ookdepressie veroorsaak of vererger.

)) Baie medikasie (in-sluitend natuurlike medi-kasie) het ’n uitwerking opantidepressante. Sê vir joudokter wat jy alles neem.

)) Leer om te ontspan –dit verminder angstigheiden spanning en laat jou be-ter slaap. Probeer medita-sie, joga of spesifieke ont-spanningsoefeninge.

)) Moenie te veel drukop jouself plaas nie. Dinkweeroorwatvir joubelang-rik is en stel meer realistie-se doelwitte. Jy kan ookgroot veranderinge uitstel.Moenie bang wees om hulpte vra nie.

)) Deel jou gevoelensmet vriende en familielede. Vra jou dok-ter om jou na ’n ondersteuningsgroep teverwys. Die SA Angs- en Depressiegroephet ondersteuningsgroepe dwarsdeurdie land.

)) Moenie ontmoedig voel as jy niedadelik beter voel nie. Behandelingwerk nie oornag nie. As jy na ses wekeop antidepressante nie beter voel nie, sêvir jou dokter.

– Ilse Pauw, health24.com

Dieet hoef nie ’n ontbering te wees nieKENNERS sê jy moenie aan dieet as’n ontbering dink nie, maar eerder op’n leefstylverandering konsentreer.

Moenie voedselgroepe vermy nie,maar laat jouself toe om af en toe gun-stelingkosse te geniet. Moet ook nie ná’n stuk koek voel die hele dieet is ver-woes nie. Maak net seker dat jou vol-

gende maaltyd minder vet bevat.Leeronderskei tussenhongeren lus.

As jy werklik honger is, kan jy iets eet,maar stop wanneer jy versadig is. LaeGI-kosse hou jou bloedsuikervlakkemeer konstant en behoort teoreties diehonger te vertraag.

Eet gereeld klein porsies om jou sui-

kervlakstabiel tehou,watsalvoorkomdat jy honger voel, en beheer jou por-siegrootte tydens maaltye. Fokus opkoswatrykisaanveselenstadigerver-teer, soosvrugte, groente,volgraankosen peulgroente. Drink ook gereeld wa-ter, want soms verwar ons dors methonger. – Lize Mulder

Breederivier Gazette Geklassifiseerd Dinsdag 3 Julie 201210

Ontmoet ’n Langeberger

)) Wat maak Robertson vir jouso spesiaal?

Die mooi vallei en die berge.)) Wat sou jy graag in die dorp

wou verander?Ommensemeerpositief te laatdink

en meer sneeu op die berge.)) Die beste raad wat iemand

ooit vir jou gegee het?Dat jou naam jou vooruit loop.)) Waar was jy op jou gelukkig-

ste?ToeekdieUhuru-piekopKilimand-

jaro bereik het.)) Wat is jou stokperdjies?Klassiekemusiek, veralBeethoven

s’n.)) Waarop is jy die trotsste?Die hoogtepunte wat ek in my loop-

baan bereik het en die feit dat ek mymeestersgraad op 50 kon verwerf.

)) Wie sou jy graag vir ete wounooi en hoekom?

Mark Shuttleworth vir dit wat hydoen om mense te help.

)) Wat is jou naam en van?Sampie van Staden.)) Wat is jou beroep?Apteker by die Robertson-hospi-

taal.)) Wat maak jou beroep so spe-

siaal?Dat ek kan help om mense se le-

wenskwaliteit te verbeter.)) In watter dorp bly jy en hoe-

lank?Robertson vir so ongeveer sewe

jaar.

Sampie van Staden

Meet a localMeet a local

Bly te kenneBly te kenne

Fietsryers trap vir kinders’n GROEP van 30 fietsryers het Sater-dag (30 Junie) uit Bellville vertrek op’n toer ten bate van ’n kinderfonds.Inwoners van Robertson, Ashton enMontagu kon hulle ondersteun toehulle die naweek deur dié dorpe geryhet.

Die fietsryers het hul toer van sesdae tot inKnysnaonderneemomgeldin te samel vir die Give Me a Chance-kinderfonds.

Die fonds help kinders wat die wilen vermoë het om te presteer, maarnieoordienodigegeldbeskiknie,metskool- en onderriggeld, asook uitga-wes soos boeke en uniforms.

Elke ryer wat aan die toer deel-neem, kry self borge om hom of haarper kilometer te borg.

Ander borge verskaf weer groot af-slagpryse op verblyf en etes langs diepad.

Nadat die ryers ná die eerste dagop Worcester oorgeslaap het, het hul-le Sondag (1 Julie) by die MontaguCountryHotel stilgehou,waarnahul-le gister (Maandag) weer na dieWarmwaterberg-spa tussenBarryda-le en Ladismith vertrek het.

Vir meer inligting oor die toer ofdie kinderfonds, bel Adèle Basson by0 021 885 8104.

Nie eers erge reën kon die fietsryers terughou wat aan die fondsinsamelingstoertussen Kaapstad en Knysna deelgeneem het nie. Die deelnemers, wat ten batevan die Give Me a Chance-kinderfonds gery het, het die naweek deur Robertsonen Montagu gekom. Foto: Verskaf

MALGAS ELSIE (Els)Geb.08/06/1946-Gest.30/06/2012

Begrafnisdiens vindplaas Saterdag, 7 Julieom 11vm by die huis in

Irisstr. 20 inRobert-son en 12nm by

die AGS kerk,Coetzeestraat. Rou-

diens vind plaasDonderdag, 5 Julie om19h:00 in die AGS kerk.Sal onthou word deur

haar man, kinders,kleinkinders en familie.

PIETERSE PETRUSGeb.15/05/1958

-Gest.01/07/2012Begrafnisdiens vind

plaas Saterdag 7 Julieom 11 vm by die huis inFreezialaan 12, Môre-

son en 12nm in die AGSsentrum, Coetzeestraat.Roudiens Donderdag, 5Julie om 19h00 in dieAGS kerk. Sal onthouword deur sy vrou, 5

kinders, kleinkinders enfamilie.

HOUSEHOLDfurnishers for sale. Fullbathroom equipment ,

window frames &doors. Contact 082 926

6772

NEED cash??? R1 000 -R100 000. Blacklisted

and garnishee welcome.Contact Wendy at

076 6822 723.

PERSONAL LOANS.Loans from R1 000 -R120 000, permanent

and contractworkers.Bring Id, payslipand bankstatement and

also proof of adress.Contact serene Readien023 626 7035/084 344

5127.

ROBERTSONRYSKOOL:

Kom geniet die avontuuren ontspanning

van perdry by die Robert-son Ryskool.* Ons bied

verskeidenheid vanrylesse vir kinders en

grootmense vir beginnersen ervare ruiters

*Outrides tussen diewingerde en langs die

Breërivier * Wynproë op’n perd se rug of met diewaentjie by Majors Hill en

Springfield. *Perdrykampe vir kinders

gedurendeskoolvakansies * Mini

kommando’s opSaterdae*

Kinderpartytjies. Skakelons gerus by

072 291 7631 of082 402 7088.

Breederivier GazetteGeklassifiseerdDinsdag 3 Julie 2012 11

delivering freight reliably

STUDENT BURSARY SCHEME

TRANSNET RAil ENgiNEERiNgSCHOOL OF ENGINEERING, SALT-RIVERTransnet Limited is a focused freight transport company delivering integrated, efficient, safe reliable and cost-effective services to promote economic growth in South Africa. Transnet’s core businesses are: Transnet Freight, Transnet Rail Engineering, Transnet Pipelines, Transnet Port Terminals and Transnet National Ports Authority.

Student Bursaries are being offered in the following trades:Blacksmith 2 Wagon Fitter 4Armature Winder 2 Turner Machinist 4Welder 2 Electrician 8Electrical Fitter 5 Diesel Electrical Fitter 5Spray Painter 2 Millwright Electromechanician 12

Minimum qualifying requirements: l Grade 12 with a pass in Maths and Physical Science / Grade 12 Technical Matric with a pass in Maths and relevant trade subjects and/or N3 with relevant trade subjects l SA citizens studying towards these trades or field without any other bursary obligation and with outstanding achievements are encouraged to apply.NB: r Please send a covering letter accompanied by complete CV and clearly indicating your choice of trade r Correspondence will be limited to short listed candidates only. If you have not been contacted within one month of the closing date, please accept that your application was unsuccessful r A certified copy of the required qualification and ID must be submitted with the application r Late applications will not be considered.Written applications must reach the following address not later than 12:00 on 12 JULY 2012: The Recruitment Manager, Transnet Rail Engineering, P.O. Box 43268, Salt River 7925. Tel. 021 507 3780. Fax: 086 242 6683.We urge all our employees, clients, members of the public and our suppliers to report any kind of fraud or corruption at Transnet. Call the hotline toll free number: 0800 003 056 or email [email protected]

rail engineering

Loopbane

Kennisgewings

Tel: 023 626 5212 • Faks: 023 626 5800 • E-pos: [email protected]

Kry die ideale kandidaat vir jou betrekking.

CAREERSLOOPBANEa e ez

Robert son

Breederivier

Year 16 • 3 Julie 2012 | Tel. 023 626 5212

McGregor laat opponente les opsêDIE rugbyspanne van dieMcGregor-rugbyklub het on-langs skoonskip gemaak in hulligawedstryde teen ander dorpedeur hul teenstanders behoorlikin die stof te laat byt.

’n Begeesterde eerstespan hetdie span van Rangers De Hoopmet 19-8 kafgedraf en die toe-

skouers isbeloonmetaanskouli-ke rugby.

Onder die uitblinkers was Cle-ment Hamilton, wat ’n pragdriegedruk het, en Gerskwin (Lit-tles) Cupido, wat met drie straf-skoppe geslaag het.

Daarmee het hy die spyker indie doodskis van Rangers De

Hoop geslaan.Die tweede en derde spanne

het teen spanne van RangersRVK gespeel en hulle met 13-8 en19-8 onderskeidelik geklop.

McGregor moet sy volgendetwee wedstryde teen Touwsri-vier en Montagu RVK wen ashulle in die kompetisie wil bly.

’n Seëvierende eerstespan van McGregor ná hul oorwinning oor Rangers De Hoop. Foto: Keith A. Thomas

Dustin Andrews, Mei se wen-ner van die Gazette en Super-Sport se Let’s Play-kompetisie.

Talentvollesportman

wil vloot toeANITA DE KOCK

RUGBY, atletiek, gholfen tennis.

Dít is die diversesportsoorte waarin die Mei-wenner van die Let’s Play-kompetisie homself laat geld.

Dustin Andrews (18), ’ngr. 12-leerling aan die Hoër-skool Montagu, is deur dieGazette en SuperSport aange-wys as die mees onlangsewenner in dié kompetisie waterkenning gee aan jong sport-talent in die Langeberg-streek se skole.

Dié veelsydige sportman isvroeër vanjaar in die Noord-Boland-atletiekspan opge-neem, waar hy aan spiesgooi,die 110 m- en 400 m-hekkies

deelgeneem het.Hy is pas ook gekies vir die

Boland-rugbygroep, speel indie skool se eerste rugbyspanen is ook lid van die tweedegholf- en tennisspanne.

Hy is boonop vanjaar as se-nior victor ludorum tydensdie atletiekseisoen aange-wys, as veelsydigste seunsat-leet by die kleure-atletiek enhet die Renosterbos-fietstoer-nooi oor 40 km voltooi.

Sport is vir hom baie be-langrik, het hy in ’n onder-houd vertel.

Hy geniet dit om aan sportdeel te neem en sê dit is baieontspannend.

Rugby is sy gunsteling-sport en hy hoop om daarmeevoort te gaan.

Hy beplan om ná matriekby die Suid-Afrikaanse Vlootaan te sluit en ingenieurswe-se te studeer.

Benewens sy sportaktiwi-teite, hou hy daarvan omsaam met sy vriende te kuieren rekenaarspeletjies tespeel.

Muurbal hou Valleiers besigDIE Sentraal-Suid Koöperasiese muurballiga is in volleswang en plaaslike spelers hetnie op hulle laat wag om hullete laat geld nie.

Bonnievale het teen Bredas-dorp te staan gekom en hullenaelskraap met agt potte teen-oor sewe gewen.

Die uitslae van die individu-ele wedstryde was:

)) Rowan Rabe verloorteen Willem de Wet (0-3).

)) Gert van Niekerk ver-loor teen Gustav Swanepoel(1-3).

)) Leon Binneman wenteen Jean Aubry (3-1).

)) Steven Dryer wen teenVaughn Thomas (3-1).

IndieanderwedstrydhetdiespanvanMontaguteenRivers-dal gespeel en hulle maklikmet elf potte teenoor ses ge-klop.

Die uitslae was:)) Jak Friedman wen teen

Kit Oosthuizen (3-0).)) Mornè Fourie verloor

teen Benri van Greunen (2-3).)) PJ Basson wen teen Lu-

kas van Vuuren (3-1).

)) Mark Hardy wen teenGlenard Keyzer (3-2).

Montagu, wat tans bo-aandiepunteleerinhulafdelingis,het nou die eerste deel van dieliga voltooi.

Hul volgende wedstrydeword op 19 Julie gespeel. Mon-tagu se nommervier-speler,Mark Hardy, is nog onoorwon-ne.

Bonnievale moet nog eenwedstryd speel om die eerstehelfte van die liga te voltooi.Hy is tans vyfde uit ses op diepunteleer.