breederivier gazette 4 junie 2013

12
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 17 • 4 Junie 2013 | Tel. 023 626 5212 Koue eis twee Langebergers Koue eis twee Langebergers DALEEN FOUCHÉ Die naweek se kouefront het die lewe van twee plaaslike inwo- ners geëis. Die lyk van ’n plaaslike man (46) is vroeg Maandagoggend (3 Junie) in die wingerd tussen Môreson en Droëheuwel gevind, terwyl die lyk van ’n vrou (39) ook vroeg dieself- de oggend agter die Masonic Hotel in Robertson gevind is. Albei het vermoedelik verkluim. Die Robertson-polisie het die voorvalle bevestig, maar kon nie voor druktyd die name van die slagoffers bekend maak nie. Die Ashton-, Montagu-, Bonnie- vale- en McGregor-polisie het be- vestig dat geen ander soortgelyke gevalle oor die naweek voorgekom het nie. Die sterftes volg ná twee ysige kouefronte die Wes-Kaap die naweek getref het. Teen vroeg Maandagoggend het die kwik tot 6 °C gedaal en sowat 52,6 mm-reën het oor Robertson geval. Die Langeberge was Maan- dag bedek met sneeu. Vincent Andries van die Dou- lous Trust, ’n plaaslike organisa- sie wat met haweloses werk, sê ha- welose mense kry baie swaar in die koue en nat weer. Hy sê daar is geen skuiling vir plaaslike ha- weloses om heen te gaan wanneer dit so koud is nie. Hy vra dringend die hulp van die publiek om kom- berse te skenk vir hawelose mense wat geen ander skuiling teen die koue het nie. Soyisile Mokweni, bestuurder van die Langeberg-munisipaliteit, sê die munisipaliteit het geen be- rigte ontvang van enige groot- skaalse probleme ná die naweek se gure weer nie. “Die stand van die riviere lyk in hierdie stadium nog laag, maar word gemonitor aangesien die af- loop, veral met die oog op die sneeu, nog op pad is.” Mokweni sê daar is geen red- dingspanne oor die naweek aange- vra nie. Mokweni meen die beste voor- sorgmaatreëls wat mense kan tref, veral in die informele gebiede, is om versigtig te wees met verwar- mingstoestelle en vure. Kosbare lewensmiddele moet ook so hoog as moontlik gestoor word, veral kos en komberse. “Die munisipaliteit is altyd op gereedheidsvlak en word gereeld op hoogte gehou van enige proble- me in die area.” Henning Grobler, weerkundige van die Suid-Afrikaanse Weerbu- ro, voorspel dat die weer gaan op- klaar gedurende die week, maar dat nog ’n kouefront die Wes-Kaap gaan tref teen Saterdag. Om komberse en warm klere aan hawelose mense te skenk, bel Andries by 072 668 8245 of laai die komberse by die Breederivier Ga- zette-kantoor in Kerkstraat in Ro- bertson af. Dié foto van die sneeube- dekte Langeberg is Maan- dag vanuit Johan de Jong- rylaan geneem. FOTO: DALEEN FOUCHÉ Terwyl die koue vir sommige inwoners hartseer meege- bring het, kon inwoners van Moui Maandagoggend dié uitsig aanskou. FOTO: SARIE MYBURGH

Upload: boland-gazette

Post on 23-Mar-2016

262 views

Category:

Documents


1 download

DESCRIPTION

Breederivier gazette 4 junie 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Breederivier gazette 4 junie 2013

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 17 • 4 Junie 2013 | Tel. 023 626 5212

Koue eis twee LangebergersKoue eis twee Langebergers

DALEEN FOUCHÉ

Dienaweeksekouefronthetdielewe van twee plaaslike inwo-ners geëis.

Die lyk van ’n plaaslike man (46)is vroeg Maandagoggend (3 Junie)in die wingerd tussen Môreson enDroëheuwel gevind, terwyl die lykvan ’n vrou (39) ook vroeg dieself-de oggend agter die Masonic Hotelin Robertson gevind is. Albei hetvermoedelik verkluim.

Die Robertson-polisie het dievoorvalle bevestig, maar kon nievoor druktyd die name van dieslagoffers bekend maak nie.

Die Ashton-, Montagu-, Bonnie-vale- en McGregor-polisie het be-

vestig dat geen ander soortgelykegevalleoordienaweekvoorgekomhet nie. Die sterftes volg ná tweeysige kouefronte die Wes-Kaap dienaweek getref het.

Teen vroeg Maandagoggend hetdie kwik tot 6 °C gedaal en sowat52,6 mm-reën het oor Robertsongeval. Die Langeberge was Maan-dag bedek met sneeu.

Vincent Andries van die Dou-lous Trust, ’n plaaslike organisa-sie wat met haweloses werk, sê ha-welose mense kry baie swaar indie koue en nat weer. Hy sê daaris geen skuiling vir plaaslike ha-weloses om heen te gaan wanneerdit so koud is nie. Hy vra dringenddie hulp van die publiek om kom-berse te skenk vir hawelose mense

wat geen ander skuiling teen diekoue het nie.

Soyisile Mokweni, bestuurdervan die Langeberg-munisipaliteit,sê die munisipaliteit het geen be-rigte ontvang van enige groot-skaalseproblemenádienaweeksegure weer nie.

“Die stand van die riviere lyk inhierdie stadium nog laag, maarword gemonitor aangesien die af-loop, veral met die oog op diesneeu, nog op pad is.”

Mokweni sê daar is geen red-dingspanne oor die naweek aange-vra nie.

Mokweni meen die beste voor-sorgmaatreëls wat mense kan tref,veral in die informele gebiede, isom versigtig te wees met verwar-

mingstoestelle en vure. Kosbarelewensmiddele moet ook so hoogas moontlik gestoor word, veralkos en komberse.

“Die munisipaliteit is altyd opgereedheidsvlak en word gereeldop hoogte gehou van enige proble-me in die area.”

Henning Grobler, weerkundigevan die Suid-Afrikaanse Weerbu-ro, voorspel dat die weer gaan op-klaar gedurende die week, maardat nog ’n kouefront die Wes-Kaapgaan tref teen Saterdag.

Om komberse en warm klereaan hawelose mense te skenk, belAndries by 072 668 8245 of laai diekomberse by die Breederivier Ga-zette-kantoor in Kerkstraat in Ro-bertson af.

Dié foto van die sneeube-dekte Langeberg is Maan-dag vanuit Johan de Jong-rylaan geneem.

FOTO: DALEEN FOUCHÉ

Terwyl die koue vir sommige inwoners hartseer meege-bring het, kon inwoners van Moui Maandagoggenddié uitsig aanskou. FOTO: SARIE MYBURGH

Page 2: Breederivier gazette 4 junie 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 4 Junie 20132

Theatre shows educateand tackle HIV issuesThe Breede River Winelands Rotary Clubhosted several special guests fromtheAfri-ca Centre forHIV andAidsManagement ata special event at Platform 62 in Ashton on28 May.

The Africa Centre promotes HIV and Aidscommunity interaction initiatives and has de-veloped a fresh approach through their educa-tional theatre productions.Filledwithhumourandpopularmusic these

theatre models are proving to be powerful in-tervention vehicles.Research done on farms in the Boland has

revealed that HIV and Aids-related awarenessand knowledge levels are alarmingly low.The shows create a general awareness, in-

creased knowledge about HIV and Aids and,importantly, they promote HIV testing.Theyalsopromote responsible andsafer sex-

ual and moral behaviour aimed at preventinginfection.The shows tackle discrimination and stigma

issues as well.The feedback after performances shows that

audiencesarebetterinformed,moremotivatedto change behavioural patterns regarding saf-er sex, being faithful and treating people withcompassion and respect.These concerts have been enthusiastically

received on farms, schools, churches and busi-nesses alike.If any employer, farmer, school, church, or

other organisationswould like to invite theAf-ricaCentre and the travelling concerts to comeand present a concert at their premises, theycan phone Burt Davis or Jane Abrahams on021 808 3006 or send and email [email protected] or [email protected] is no cost involved.

BAND OF ACTORS: Percy Speelman, Prof Jimmie Earl Perry (organiser), Ralston Oliphant, Zenani Mithi, OliviaAdams, Christy-Ann Julies and Ricardo de Ruiter are all involved in the Africa Centre for HIV and Aids performanc-es. PHOTO: RONEL PRESTON

Droom kry internasionale hulpDieDroomProjek het onlangs ’n internasiona-le ondersteuner bygekry wat bome skenk.In ’n sameloop van omstandighede hetMark

Heistein,direkteurvandieWes-Kaap-biosfeer,Charles Frank, die Suid-Afrikaanse verteen-woordiger van ICE, ’n sagtewaremaatskapyvan Luxemburg, en Theuns Coetzee van Bon-nievale om dieselfde tafel beland.Die uiteinde van die vergaderingwas dat Et-

telbruch, ’n dorp in Luxemburg, ’n onderne-ming geteken het om bome aan dorpe te skenkwaar die Droom Projek van stapel gestuur is.Die dorp het onderneem om vir elke skool-

gaande kind op Ettelbruch ’n boom aan Suid-Afrika te skenkmet die hulp van ICE. “Die vol-gende stap is om te verseker dat al die andermunisipaliteite Ettelbruch se voorbeeld na-volg endandieDroomSA-netwerk gebruik om

die bome te versprei,” sê Coetzee.Bonnievale se informele behuisingsgebied

was as proeflopie gebruik.Coetzee sê die idee was om vrugtebome in

informele nedersettings te plant. “Deeglikestudies is uitgevoer om te verseker dat bomenie siekte- of plaagoordraagbaar is nie en ge-hard genoeg is vir die omgewing.”Die Bonnievale-gemeenskap is betrek en

meer as 400 bome is reeds geplant.Die Langeberg-munisipaliteit het kompos

aandie gemeenskapvoorsien.Coetzee sê inwo-ners het self gate vir die bome gegrawe en so-doende eienaarskap oor die bome geneem.Die bome bied nie net estetiese waarde nie,

maar ook koelte en kos.“Daarisnogbaieuitdagings,maartotdusver

is dit ’n groot sukses met baie moontlikhede.”

) Geniet ’n heerlike stuk melktert met tee ofkoffie die laaste Vrydag van elke maand om10:00 by die Joubert-huis, Montagu. Groepe iswelkom, maar slegs met ’n bespreking min-stens ’n week voor die tyd. Bespreek nou by023 614 1774.) The next Robertson Farmers’ Market willtake place on Saturday 8 June and Sunday 9June during the Wacky Wine Weekend.) Geniet pannekoek en koffie elke eerste Sa-terdag van die maand by die Museummarkop Robertson. Daar is ook stalletjies waartuisgebak, boeke en snuisterye vanaf 09:00verkoop word.) The annual Wacky Wine Weekend takesplace from Thursday 6 to Sunday 9 June.) On Friday 7 June, the film Life of Pi willbe shown at Wahnfried in McGregor (27 BreeStreet) from 18:00.) On Sunday 9 June Die Meistersinger vonNürnberg will be shown at Wahnfried in Mc-

Gregor. There is no entry fee and wine areby voluntary donation. Formore details sendan email to [email protected]) Die Vroue Landbouvereniging (VLV) seWorcester-sirkel nooi u na ’n kuieroggendsaam met Dave Pepler. Kom luister hoe hyvertel van die toerewat hy aanbied na Yslandop 12 Junie om 09:00 by die Prins Alfred Ham-let-kerksaal. Vir meer inligting, bel023 626 2474 of 023 626 4080.) Emil Minnie will perform with the MinnieMontaguMass Choir at theMontaguCountryHotel from 12:00 on 15 June. Tickets cost R50.) TheRADFoundationwill host a YouthDaycelebration at the King Edward stadium inMontagu on Sunday 17 June from10:00 to 14:00. Formore informationabout theevent, visit www.radfoundation.co.za.) The McGregor Poetry Festival will takeplace from Friday 21 June to Sunday 23 Junein McGregor. Poetry readings, debates, mov-ies, entertainment are but some of the listedactivities. Visit www.temenos.org.za formore information.) Sendthedetailsofyourevents toDaleenFouché via e-mail at [email protected] deadline for all diary items is 10:00on Fridays.

Ontmoet ’n sakeman)Wat is jou naam en van?Anton Conradie.)Wat is jou besigheid se naamenwaar

is dit geleë?ACV Diesel, Adderleystraat, Robert-

son.)Watter tipe besigheid besit jy?Ek besit ’n depotwaar ons diesel, paraf-

fienenolie teenuitersmededingendepry-se direk aan die publiek voorsien.

)Wat is jou gunsteling produk ofdiens?Om diesel, paraffien en olie teen mede-

dingende pryse te bied.

)Wanneer en hoe het jy jou besigheidbegin?Ek het die besigheid in Februarie 2013

begin.Ná20 jaar indievervoerbedryfwas’n diesel-depot ’n natuurlike uitvloeisel.Omdiesel teen die laagstemoontlike prysin grootmaat aan te koop en dan hierdiebesparingaandiepubliekdeur tegee,was’n bonus.

)Waarsienjy joubesigheidinvyf jaar?ACVDiesel wil oor vyf jaar die grootste

verskaffer van diesel, paraffien en olieteen die laagste pryse in die Langebergwees.

Page 3: Breederivier gazette 4 junie 2013

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 4 Junie 2013 3

22

13

EW

1C

8S

JK

04T

22

13

EW

1C

8S

JM

V4

T

Gesinsgeweld byimbizo’s bespreekDALEEN FOUCHÉ

Die Robertson-polisiehetdieafgelopemaanddrie imbizo’s (gemeen-skapsvergaderings) indie Robertson-plaas-gebiede gehou.

Die polisie was op 21Mei by die De Hoop-ge-meenskapsaal, op 23MeibydieDanieDeWet-saalin La Chasseur en op 29Mei by die Madeba-saalop die Madeba-plaas.

Lt. Cynthia Mngcele,woordvoerder van dieRobertson-polisie, sê dievergaderings is goed by-gewoon deur die inwo-ners.

Sy verduidelik dat dituiters belangrik is dat lede van die gemeenskapdie imbizo’s bywoon, omdat dit die gemeenskapdan ’n geleentheid gee om terugvoering te ver-skaf aan die polisie oor hul dienslewering.

“Die doel van die vergaderings is om uit tevind wat die gemeenskap van die polisie beno-dig.”

Mngcele sêdiepolisiehetbydievergaderingsmet die gemeenskappe gepraat oor gesinsge-weld, envroueenkinders ingeligoorwaarhullehulpkankry indiengesinsgeweldvoorkom.Dieboodskap aan die mans was dat gesinsgeweldnie aanvaarbaar is nie.

Die polisie het ook die gebiede semisdaadsta-tistiek met die gemeenskappe gedeel. Mngcele

sêdatgesinsgeweldenaanrandingdietweemis-dade is wat in die plaasgebiede om Robertsonvoorkom, “veral ná die naweek”.Mngcele sêdiepolisiedeelmisdaad-statistiek

met die gemeenskappe, sodat inwoners kanweethoeveel inbrakeenandermisdadeplaaslikgebeur.Al drie gemeenskappe het ’n behoefte uitge-

spreek aan vakansieprogramme vir kinders ty-dens die skoolvakansie om die jongklomp so-doende besig te hou, weg van dwelms en drank.Mngcele sê die polisie is reeds besig om die

programme saam te stel. Sy sê dit bewys imbi-zo’s het waarde, want ’n behoefte is nou geïden-tifiseer wat aangespreek gaan word.

Inwoners van plase buite Roberston het by die Danie De Wet-saal byeengekomvir ’n imbizo wat deur die Robertson-polisie gehou is.

Plaaslike vrywilligers ylgesaai, maar broodnodigDALEEN FOUCHÉ

Welsynsorganisasies kan nie bestaan son-der die onbaatsugtige hulp van vrywilli-gersnie,maarplaaslik isdaar ’n tekort aanmense wat tyd wil skenk.Só sê Charmaine Little, bemarker van

die Breederivier Hospice.“Daar bestaan nie ’n vrywilligerkultuur

in Suid-Afrika, soos in Europa, nie.”Sy sê die vrywilligers wat wel die wel-

synsorganisasies help, is ouer mense watniealtyddie fisiekekraghet omtehelpmetsekere take nie, of Europeërs wat verhuishet na Suid-Afrika.Die grootste afdeling waar vrywilligers

se hulp ingeroep word, is met geldinsame-lingsprojekte, soos byvoorbeeld ’n stalle-tjie by die Wacky Wine Weekend.Geraldine van Deventer, hoof-admini-

strasiebeampte van Robertson ACVV, be-aam hierdie stelling. Sy meen welsynsor-ganisasieskannievoortbestaansonderdiehulp van vrywilligers nie.Sy verduidelik dat Robertson ACVVwel

vrywilligers het, maar dat hulle almal af-getrede mense is, wat nie altyd die nodigetake kan verrig nie.Sy sê baiemense skramweg daarvan om

tyd af te staan, omdat hulle self nie baietyd het vir hul eie gesinne nie. Sy versekermense dat welsynsorganisasies nie mis-bruikmaak van vrywilligers nie. Sy sê die

ideale situasie salwees datwelsynsorgani-sasies ’nklompvrywilligershetwatelknet’n uur of twee van hul tyd hoef te skenk.Little sê vrywilligers is ook nodig omad-

ministratiewe take te doen, waarvoor per-soneel nie tyd kry nie. “Dit is take wat vandie huis af gedoen kan word.”Symeen die situasie kan verander word

indien kinders al op skool aangemoedigword om tyd te skenk aan welsynsorgani-sasies.Sy sê ouers en skole moet begin om ’n

kultuur vanvrywilligerwerkbykinders teskep, om sodoende die voortbestaan vandie velewelsynsorganisasies te help verse-ker. Die neiging is tans dat slegs afgetredemense en vroue hul tyd skenk.Judie vanWyk,maatskaplikewerker by

Montagu ACVV, sê die organisasie is baieafhanklik van vrywilligers om hul oë enore in die gemeenskap te wees. Sy verdui-delik dat dieMontaguACVV tans ’n projekbestuur wat steun op inligting van die ge-meenskap. Eye on the Child behels om tereageer op inligting wat vrywilligers aandie ACVV verskaf oor gesinne wat dalkhulpbenodig.SysêopMontaguisdaartans15 vrywilligers vir die projek en twee opAshton. Die vrywilligers is meestal sei-soenwerkers wat ’n positiewe bydrae totdie gemeenskap wil lewer.“Ons sou nie ons werk kon doen sonder

hulle nie.”

Langeberg budget gets the green lightThe Langeberg municipal budget 2013/14 –2015/16 was approved by Council on Tuesday28May.Thebudget,whichwasopen forpubliccomment, was approved for the new financialyear which commences on 1 July.Operational expenditureThe budget highlights amounts attributed

to each municipal directorate for operatingexpenditure, including Corporate Services(R35,9 million), Engineering Services (R305million),ExecutiveandCouncil (R26million),Finance Directorate (R18,9 million), ServiceIntegration (R46,2 million), and Strategy andSocial Development (R24 million).Capital expenditure

The Langeberg Municipality will spendR9 million onmajor projects including the re-building of roads in various wards, R18 mil-lion on replacements and repairs towaternet-works in various wards, R28,8 million on theplanned new landfill site, and R2,5 million onthe building of the Nkqubela Library.Tariff increasesResidents within the Langeberg municipal

area can also expect tariff increases of 7,5%for residential and business property ratesandwater tariffs. A 7,8% increasewill be add-ed to sanitationwhile a 7% increase is expect-ed for electricity costs and 8,5% for refuse re-moval.

Page 4: Breederivier gazette 4 junie 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 4 Junie 20134

Health advice on handduring Rotary projectMore than a 115 people were treated inthree days during the Rotary FamilyHealthProject that tookplace inRobertsonin May.

The project had a preliminary session on 13April, when the Breede River Hospice in con-junction with the Rotary Club set up a tent atthe showgrounds. The day was sponsored bythe Langeberg Municipality.Hospice provided blood tests, gave advice

about TB and healthy living.On 9, 10 and 11 May, which was also Hospice

week, the Breed River Hospice decorated theiroffices for the project.Rotary Family Health Project was done in

partnershipwithKarinDuncker, thePRchair-person for theAngola,NamibiaandSouthAfri-canRotary InternationalDistrict andDrLuise

Lunnon,medicalmanagerRobertsonandMon-tagu Hospitals.A hospice sister and two health workers,

worked from the hospice training room to de-liver health services to the community.Thetrees in frontof theBreedeRiverHospice

were wrapped in blue material and balloonsattracted people who had not heard or seen theadvertisements at the local clinic.Dr Shane Cornelius, a director for hospice

and amember of the local Rotary club, was thedoctor on duty. His Rotarian compatriots as-sisted as volunteer marshals for the durationof the project.Dr Shane provided HIV counselling and any

other consultations that was required.Clients with problems that could not be ad-

dressed on location were referred to the localclinics. Residents receive health advice during the Rotary Family Health Project in Robertson.

Vriendelike vrywilliger vanRobertson oorledeDALEEN FOUCHÉ

Die vriendelike gesig van Anna de Kock salbaie gemis word by Robertson se Hospies-winkel.So sê Cecile Claasen, bestuurder by die

hospies-winkel.Anna de Kock, ’n Robertson-inwoner wat

al meer as tien jaar vrywilligerwerk by diehospies-winkel op Robertson verrig het, isMaandag 20Mei opdie ouderdomvan72 oor-lede.Haar roudiens het Vrydagoggend 24 Mei

plaasgevind.Claasen, wat “ ’n leeftyd” saam met De

Kock gewerk het, sê sy was ’n aanwins virdie dorp.Claasen beskryf De Kock as ’n “vrolike en

opgewekte” mens wat lief was vir alles watmooi is.De Kock het gereeld blomme gerangskik

vir die hospies-winkel en het ’n goeie sin virhumor gehad. “Sy was vreeslik lief vir haarblomme en tuintjie buite hul woonstel.” Syhet die liefde vir plante gedeel deur steggiesvir mense uit te deel.“Annawas ons nar by diewinkel. Ons kon

altyd verwag dat iets snaaks sou gebeur het.Anna het altyd ’n grappie of storietjie te ver-tel gehad.”Claasen sêRobertson sal altyddieprentjie

van De Kock en haar man, Migiel, onthouwat hand aan hand in die dorp rond stap.Claasen sê sy is dankbaar vir al die jare

van vrywilligerwerk wat De Kock uit haarhart geskenk het.“Sy sal deur een en almal gemis word.”Anna de Kock Herberg baat by skolerugby

Om gees te vang vir die FNB Classic ClashesDerby verlede naweek tussenWorcesterGim-nasium en Hoër Tegniese Skool Drostdy, hetdieVryburgers vanWorcesterVrydagoggend24Mei ’nmanne-ontbyt byCaféDulcé opWor-cester gehou.Die rugbykommentator en oud-Springbok-

rugbyspeler, Kobus Wiese, was die gasspre-ker. Hy is ook die franchisehouer van CaféDulcé in Suid-Afrika.Sowat 120 gaste het die geleentheid byge-

woon. ’nGedeelte van al die kaartjieswat ver-koop is, is geskenk aan die Herberg Kinder-huis.

Kobus Wiese (links) oorhandig die opbrengs aan Petro Uren van Herberg Kinderhuis. Agter van links isFrancois Willemse (organiseerder namens Vryburgers), Hanro Liebenberg (kaptein van HTS Drostdy se eersterugbyspan), Carl Heydenrych (kaptein van Worcester Gimnasium se eerste rugbyspan) en Kenan Cronje(kaptein van Hoërskool Montana se eerste rugbyspan). FOTO: KEN MC INTYRE

2313

RC

1C

8S

JQ

Q4T

Page 5: Breederivier gazette 4 junie 2013

Breederivier GazetteEntertainment - VermaakDinsdag 4 Junie 2013 5

Four days of wacky celebration aheadWith 48 wineries show-casing their wines andmyriad key attractions,both old favourites andnovel delights, theWackyWineWeekend isa“must-do”ontheannu-al social calendar.

Incelebrationof the10thanniversary, festival-goers at this weekend’swine festival will be pleas-antly surprised to find avariety of vouchers andspecial offers from vari-ous wine farms inside theWacky programme intheir goodie bags.Some of these vouchers

and special offers will bevalid during the WackyWineWeekend,andothersonly after the weekend.The Wacky Wine Week-

end will include four fes-tive days, with each dayboasting its unique signa-ture wine theme, to caterfor all palates.Whether you are a fun-

seeker, novice or a wine connoisseur, there issomething for everyone with: “Seriously WineThursday”, “Wine Up Friday”, “Full On WackySaturday” or “Wine Down Sunday”.“SeriouslyWineThursday” promises to inspire

wineaficionadoswitharangeof tailor-madeactiv-ities, like master wine-tastings, wine and foodpairings, educational wine presentations and pri-vate tastingswith theValley’smost esteemedwin-emakers.TheWackyWineWeekendwillembracetheusu-

al line-upof fun-filledactivities like“meet thewin-emaker” tastings, brandy tours and tastings, funwine competitions, river cruises, tractor trips,

cheese and olive tastings, a simulated rodeo bull,a mountain bike challenge, a fresh goods marketand local performing artists.TheValleywillalsobepresentingagastronomic

extravaganza, with visitors spoilt for choice withgourmet delights such as oysters, perlemoen, su-shi, riverside picnics, braaivleis and potjiekos.Andwhile the adults are revelling in all the above,therewill, as always, be awide range of children’sactivities including fishing, farmyard tours,jumping castles, pony rides, a treasure hunt andface-painting.As part of the RobertsonWine Valley’s commit-

ment toensureasafe festival, a zero tolerancepoli-

cy is implemented towards drinking and driving.Visitors are requested to make use of the BuddyBus or appoint their own designated driver. TheBuddy Bus facility enables groups of seven ormore visitors to hire a chauffeur-drivenmini-bus.WackyWineWeekend Bus-In Packages are also

available.A2BCharterswill be offering one-day packages,

with transport departing from the V&A Water-front,Tygervalley, Stellenbosch (ButterflyWorld)and Paarl, to Robertson, andBuddyBus transportbetween the participating wineries.Formore information, visitwww.wackywinew-

eekend.com.

Happy faces at the Wacky Wine Weekend. Scenes like this one are once again expected at this year’s festival.

Klip Inni-Bospropvoltopvermaak

KlipdriftbiedbesoekersaandieWac-kyWineWeekend ’n uniekemusiek-feesmet ’n propvol programvan ver-maak.Die Klip Inni-Bos-musiekfees biedvermaakvirdiehelenaweekmettop-kunstenaars.

Die volgende kunstenaars salVrydag 7 Junie optree:

) Chrizel speel om 15:00.) JJ Strydom verskaf country-mu-siek om 16:00.) Die Many Walters Band speel om17:00.) Waldo Lotz speel om 18:00.) Die Pluk Band speel om 19:15.) David Fourie speel om 20:10.) Nic Stevens speel om 21:15.) Fredi Nest speel om 22:15.

Dievolgendekunstenaars treeSa-terdag 8 Junie op:

) Jeandre Odendaal speel om 15:00.) Hugo Niewoudt speel om 16:00.) Leonard Lang speel country-mu-siek om 17:00.) Waldo Lotz speel om 18:00.) Rooies speel om 19:15.) Desmond Wells speel om 20:15.) Maroelaboom speel om 21:15.) Jakkie Louw speel om 22:15.

Nadat die laaste kunstenaar opge-tree het, sal dansmusiek tot 24:00 ge-speel word.Vir meer inligting oor die Klip Inni-Bos-musiekfees, bel Klipdrift by023 626 3027.

Page 6: Breederivier gazette 4 junie 2013

Breederivier Gazette Leader - Hoofartikel Dinsdag 4 Junie 20136

Koue bring hartseeren hopelik deernisDie afgelope naweek het die eerste ernstigewinterkoue oor die Wes-Kaap gebring, met tal-le berge wat bedek is met sneeu.

Vir talleSuid-Afrikaners is sneeu ’nwonder-like seëning met prentjiemooi landskappe enhope pret vir kinders wat die koue, wit wondervir die eerste keer beleef. Familie-uitstappiesword beplan en daar word gespeel en baljaaren selfs ’n sneeuman of twee gebou.

Maar die lelike waarheid is dat die koue nienet familiepret meebring nie, maar ook diehartseer afsterwe van weerlose mense. Die af-gelope naweek-koue het reeds die lewens vantwee plaaslike mense geëis. En ons is nog aandie begin van die ysige seisoen met ’n grootkans vir nog koue wat voorlê en talle hawelosemense se lewens bedreig. Maar die Langeberg-gemeenskapkan’n verskilmaakenself lewensred deur ’n kombers en warm klere te skenk.

Mag die winter nie net koue bring nie, maarook deernis vir al die Langeberg se inwoners.

Komberse kan by die Gazette-kantoor inKerkstraat, Robertson afgegee word.

Raad vir hondekinners se bolleHet so ’n ruk gelede ’n bietjie in die Kaapgaan kuier.

Die Sondagmiddag sit ons daar in CanalWalk by ’n koffiewinkel en ontspan ná diebaie rondloop.

Daar kom toe ’n man na ons en vra of onshonde het. Almal knik en toe deel hy hierdiepamfletjies uit.

Met die eerste lees het ons gelag, want ditwas so net voor 1 April. Ons het weer na diestukkie papier gekyk. Skies nou vir die In-gils, maar ek kan dit nie in Afrikaans ver-taal nie: So onder ’n prentjie van ’n gesinop ’n groen grasperk staan daar: “Dog’s Bu-siness – They Poop, We Scoop!”

Klaarblyklik is die maatskappy – getiteldProfessional Pet Waste Removal Service –bereid om, as jou honnekinners hul bolle opdie grasperk gelos het en jy nie lus is omdit op te tel nie, dit teen betaling vir jou tekom doen. Siedaar!

’n Gesonde en sanitêre tuin vir jou en jougesin, en hulle waarborg 100% satisfaksie.

Wat meer is, hulle gee redeshoekomjyhullemoethuur.Jysalnie weer in die bolle trap nie.Geen argumente in die huis oorwie die bolle moet optel nie. Jyhoef nooit weer skaam te voel asvriende kom kuier nie. Dit verse-kerdatminderkieme jouhuis salbinnekom.

Ja well, no, fine. So met die leesvan die pamflet, kom daar toe la-ter ’n paar vragies by my op.

Eerstens: moet jy nou jou honde leer omop’nspesifieketydvandiedaghulbesigheidte doen sodat jy die mense kan bel vir diens?Gaan daar iemand so elke halfuur by dietuin verbyloop om te sien of daar enige bollelê?

Hoe bereken hulle hul prys – sê maar R20’n bol of R100 vir een keer per dag? Wat gaanjy maak as jy ’n verwoede Rottweiler het enjy is nie daar as die skoonmaakdiens daaropdaag nie?

Dit is die eerste keer dat die diens in Suid-Afrika aangebied word.

Moes gedink het dis net Amerikaners watmet so iets vorendag sal kom. Wat meer is,hulle is ook op Facebook (en jy kan daar ’ngratis diens wen) sowel as ’n webwerf. Endan, as ’n openingsaanbod, is daar ’n “Poo-pon Voucher” waarmee jy 25% afslag kryvir die eerste besoek.

Nou ja, waar is my honnekind? Hy het ’nnuwe roetine om aan te leer.

RubriekRubriek

ACVV gaan haar misACVV gaan haar misDie ACVV Robertsonneem afskeid van PaulaHess, wat gaan aftree na24 jaar se getroue en toe-gewyde diens by dieACVV en ook aan die ge-meenskap van Robert-son.

Mev. Hess is oral be-kend, selfs tot by dieverste plase buite Ro-bertson en word deur al-mal erken met die groet:“Middag Aunt Paula.”

Dit is die bewys dat sybaie bekend, gewaardeeren bo alles geliefd is byelkeen met wie haar le-wenspad kruis.

Van die bestuursraadse kant wil ons dankie sêvir al die jare se onbaat-sugtige diens en die per-soneel gaan jou “moeder-like” benadering tot elk-een werklik mis.

ROBERTSON ACVVBESTUURSPAN

Dankie vir almal seDankie vir almal sebystand en hulpbystand en hulpEk wil graag die Breederivier Hospice bedankvir die hulp wat hulle aan my vrou, Jeanetta(Netta) Nel, wat onlangs afgesterwe het, gegeehet.

Baie dankie vir die bystand en die diens watjulle gelewer het.

Ek wil ook dankie sê vir ds. Ken van die ge-meente NG Oos vir sy besoeke en gebede. Danwil ekdankie sêvirmysuster,BettievanRooy-en,watbystandaanmyvroudeurdiedaggegeehet.

WILLEM NEL, Robertson

Op soek na eerlike man van RobertsonOp soek na eerlike man van RobertsonEk wil graag ’n man op Robertson opspoor. Op15 Maart het ek ontbyt genuttig by Wimpy inRiversdal. ’n Inwoner van Robertson het metsy groen motor langs my silwer Corolla gepar-keer. Die wind het sy deur teen my motor ge-waai en dit ietwat beskadig.

Hy het my kom opsoek en aangebied om die

herstelkoste te dra.Ek waardeer dit opreg. Meneer, nou ’n groot

toetsvireerlikheid.Ekhetubesonderhedever-lê.

Bel my asseblief by 082 782 3851 sodat ons dietransaksie kan finaliseer.

LOURENS SWARTS, Riversdal

HIER OM TE HELP: Die personeel van Robertson Voorbereidingskool het op 23 April in Rapid River Spur die leerlinge en ouers van die skool bedien.Dit is ’n jaarlike instelling van die skools. Hier is die onderwysers wat vir die dag kelner gespeel het en lede van die Spur-personeel.

Skaam jou,Skaam jou,morsjorsmorsjors’n Kas suur pruime vir die persoon watdrie buisligte in die Van der Stelstraat-leiwatersloot gegooi het.

Dit is baie onverantwoordelik!ANONIEM, Robertson

Paula Hess

Page 7: Breederivier gazette 4 junie 2013

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 4 Junie 2013 7

Toename inhuisbraak) Volgens die Bonnievale-polisie isdaar ’n toename in huisbrake, asook in-brakebybesighede.Hulle versoek inwo-ners om meer veiligheidsbewus te weesen besittings te bewaar. Merk besittingssoos skootrekenaars, indien moontlik.Dit vergemaklik die polisie se taak metopsporing sodat dit maklik geïdentifi-seer kan word.

) Lt. Cynthia Mngcele, spokespersonfor theRobertsonpolice,urges localsnotto drink and drive during the WackyWine Weekend. She says residentsshould plan their weekend in advanceand organise for a designated driver ifthey intend to drink wine, so that resi-dents can return home safely. She saysmanypeoplewerearrested lastyeardur-ing theWackyWineWeekend for drunk-en driving.

KERSEOMTEONTHOU: Robertson-polisieledehet op 28 Mei om 11:00 ’n oomblik van stilteafgestaan en kerse aangesteek ter nagedagte-nis aan die slagoffers van die MI-virus en dieuitwerking wat die virus plaaslik en wêreldwydhet.

Reünie virWelkom GimDie reüniebestuur van die 1965 Welkom Gim-nasium-matrieks soekna 1965WelkomGimna-sium-matrieks. Die bestuur beplan ’n reünievan 26 tot 28 Julie in Welkom en vra lede vanhierdieklasmetwiedaarnognie inverbindinggetree is nie, om ’n e-pos te stuur aan WilnaButer na [email protected].

MOOIE MEISIES: Mej. BAR-Vallei is on-langs by Langeberg Sekondêr vir Bonnie-vale, Ashton en Robertson gehou. Daarwas tien deelnemers van verskeie plaas-skole. Natalie Jansen van Hugenoot VGKPrimêr is aangewys as eerste prinses, Tif-fany Prins van Boesmansrivier Primêr asMej. BAR-Vallei en Jolanda Pienaar vanKlaasvoogds Primêr as tweede prinses.

Page 8: Breederivier gazette 4 junie 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 4 Junie 20138

Spotlight on child bullyingAltogether fifty-seven percent ofschool children in South Africaclaim to have been bullied atschool, according to a recent sur-vey conducted by Pondering Pan-da among 3 079 teenagers andfamilymembers between the agesof 13 and 21.

This high number is a concern, es-pecially in the light of Child Protec-tionWeekwhichwasheld fromMon-day 27 May to Sunday 2 June.Ifachildclaimstohavebeenbullied

atschool, it shouldbetakenseriously.Itcanmakeachilddepressedandfear-ful. Bullying is a one-sided action andaimed at hurting or belittling some-one.Pondering Panda conducted the

survey over a three-day period inJanuary this year through the socialnetwork, Mxit.The survey reveals that 57% felt

theyhadbeenbulliedatschool.Fifty-two percent of the abuse was verbal,26% physical abuse and 16% cyberabuse.“These statistics reveal a culture

of bullying that permeates South Af-ricanschools.Twooutof three learn-ers are worried about being bulliedat school,” says ShirleyWakefield ofPondering Panda.If parents suspect their child is be-

ing bullied, they should speak totheir child about the situation. Par-ents can enquire about anti-bullyingpoliciesat their child’s school.Child-line South Africa recommends that

parents do the following:) Encourage your child to tell

someone.) Ask the bully to stop. They may

not be aware that their behaviour ishurting your child.

) If the bullying doesn’t come toanend, thevictimshouldavoidbeingalone with the bully by being in agroup or around other people.Bullies often have been bullied or

abused themselves and try to dealwith their own situation to regaintheir power by taking it out on so-meone else.Childline South Africa advises

that bullies need to understand theconsequences of their actions andpractice self-discipline and empathyfor others.

Stellenbosch University wants your food wasteThe Stellenbosch University is looking forschool hostels, feedingschemes,orcommunitygardens in the Boland that want to dispose oftheir largevolumesofgardenrefuseor leftoverfoodina“green”way,andinadditionalsowishto reap the economic rewards of their efforts.Agricultural researchers at Stellenbosch

University (SU) are currently evaluating vari-ousmethods to produce compost in largequan-tities. So saysDrElmiLötze, a researcher fromHortgro.She is researching ways to sensibly recycle

refuse from the University’s gardens, fruitsthatwere used in studies in the evaluation lab-

oratory of Horticultural Science, and leftoverfood from the Matie hostels.It is part of an initiative by the Dean’s Office

of the Faculty of AgriSciences to manage theWelgevallen Experimental Farm in amore en-vironmentally friendly way, and to developsensible large scale recycling solutions for theagriculture sector.“Municipal dumping sites lack the capacity

to process all thewaste being generatedbypeo-ple, and thusweneed todealwith itmuchmoresensibly and effectively,” believes Dr Lötze.“For house gardens there are already many

effective products on the market with which

one canmake compost on a small scale, but weneed to find an adequate solution for farmers,producers and community gardens that needto do so on a large scale,” she adds.Dr Lötze has been examining the effective-

ness of various composting methods over thepast fewmonths, including bokashi, the use ofstatic compost heaps and various containersin which compost can be made.Colleague Dr Elsje Pieterse of the Depart-

ment of Animal Sciences runs a project at theMariendahlExperimentalFarminwhichlefto-ver food and fruit are fed to the maggots of sol-dier flies. The food is then digested and ulti-

mately converted into compost. Additionally,the maggots are used as protein rich chickenfeed. Dr Pieterse’s team recently received anaward from the African Innovation Founda-tion for their endeavours.

For Dr Lötze it’s not just about convertingplant material or food into compost, but howit can also give farming or community projectsan economic boost.“Working your own compost into your com-

munity garden not only increases the qualityof the soil, but also decreases the input costneeded for expensive fertilizers, and therebyincreases yield,” explains Dr Lötze.

15 jaar van smullekker kosLourens de Villiers, eienaar van Café Rosarestaurant, een van die Langeberg se gunste-ling restaurante, sê uitmuntende diens en lek-ker kos is hul hoofprioriteite ná 15 jaar se uit-stekende diens en smullekker kos.Lourens is sedert Februarie 2012 eienaar

vanCaféRosaenhetsedertdienprobeervoort-bou op die gevestigde tradisies wat LeandriSmith (née Van zyl), die vorige eienaar vanCafé Rosa, daar gevestig het en is dankbaarvir haar wat so ’n uitmuntende restaurant inRobertson gevestig het.Café Rosa bedien ontbyte, ligte middagetes

en vars gebak, maar Lourens is veral trots opdie restaurant se pizzas.“Ons legendariese pizza, veral die Ryperd,

is wyd bekend enmense kom spesiaal na CaféRosa daarvoor.”Komplimente vir al die smulgeregte word

gereeld uitgedeel in Café Rosa se besoekers-

boek.Ook spog hy met die toegewyde personeel

van Café Rosa wat keer op keer komplimentevan kliënte ontvang vir hul vriendelike enknap diens.Die gesellige restaurant en koffiewinkel is

ideaal geleë in Voortrekkerstraat, langs Ro-bertson Tuinsentrum.Café Rosa bied ’n gesellige atmosfeer binne

en spog met ’n pragtuin buite waar kliëntemet hulle families kan ontspan.De Villiers sê Café Rosa en Robertson Tuin-

sentrum het ’n wonderlike verhouding watvoordelig is vir albei besighede. Die kliëntevandie tuinsentrumgenietgraag ’netenáhul-le inkopies en so ook besoek kliënte van CaféRosa die pragtige kwekery.Lourens bedank virWillie enHilda le Roux,

eienaars van Robertson Tuinsentrum, asookCafé Rosa-kliënte vir hul ondersteuning.

Kliënte geniet die heerlike kos en gesellige atmosfeervan Café Rosa.

Page 9: Breederivier gazette 4 junie 2013

Breederivier GazetteSchools - SkoleDinsdag 4 Junie 2013 9

BOLAND-TENNIS: Dié twee graad 3-leerlinge van Robertson Voorberei-ding Skool is gekies vir die Boland-tennisspan. Kelli McMahon is asreserwe gekies en Arabella Winshaw vir die Bolandspan.

JONG FEDERER?Balthazar Klop-pers, ’n graad 2-leerling van Ro-bertson Voorbe-reiding Skool isgekies vir dieNoord-Boland-tennisspan TOP-REDENAAR: Carli Prins, graad 2-leerling van Robertson Voorbereidingskool is

een van twee leerlingewat gekies is omdieWes-Kaap by die nasionale redenaarskom-petisie in Augustus op Hartenbos te gaan verteenwoordig.

BOLAND-RUGBY: Brand Taljaard, ’n leerling van Hoër-skool Robertson is gekies vir die o.18 Boland Craven-week-span.

BOKONDERSTEUN PLAASLIKE JONGES: ’n Toerspan van Curro Privaatskool op Langebaan het teen Laerskool Robertson se o. 13-rugbyspanuitgedraf. Die legendariese Springbokslot, Kobus Wiese, het die wedstryd bygewoon. Laerskool Robertson het die stryd gewen met’n eindtelling van 3-0.

RUGBY-TALENT: Ludwig Bruwer, ’n rugbyspeler van La-erskool Robertson, is in die o. 13-rugbyspan van Lan-geberg opgeneem.

NETBALSPELERS NA PROEWE: Thea Stemmet, Adri Tamboer, Nereen Good-man en Chameron Hansen van Hoërskool Bonnievale gaan aan die Wes-Kaapnetbalproewe deelneem. Kaitlin Kortjé was afwesig.

BOLAND-NETBAL: Na afloop van die Boland-proewe op 17 Mei is vyf HoërskoolMontagu-spelers in Boland-netbalspanne opgeneem. Agter is Lauren Adendorf, Jean-ne Joubert en Henolee Plaatjies; voor sit Deborah Brown en Courtney du Toit

Page 10: Breederivier gazette 4 junie 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 4 Junie 201310

FAMILIE-KENNISGEWINGS

FAMILYNOTICES

07

Gelukwensing

Congratulations

GUESSwho’s turning 17on 5 June?

MOMIN TASHIEFHappy birthday, have asuper day. Stay as sweet,caring as always and mayall your dreams befulfilled. Remember we alllove you Always. From:Mommy, Daddy, Omer&Afreen not forgettingauntie Poppie.

LAKEY, CHADLINBaie geluk met jou 9deverjaarsdag vandag(4 Junie). Ons is baie liefvir jou. Van Mammie,Daddy, Natasha enKerwin.

11

InMemoriam

MALGAS ELSIEGeb.08/06/1948-Gest.30/06/2012Jou eerste verjaarsdagweg van ons. Die gemis enverlange is groot maar onsberus ons daarin. Ons misdaardie sagte stemmetjie,liefde en geduld. Mammasal altyd in ons gedagteswees. Van jou man, kin-ders, klein-en agterklein-kinders.

ALGEMENEDIENSTEGENERALSERVICES

1141

Algemene

Dienste

General Services

KOM geniet die avontuuren ontspanning van perdryby die Robertson Ry-skool.* Ons bied verskei-denheid van rylesse virkinders en grootmense virbeginners en ervare rui-ters *Outrides tussen diewingerde en langs dieBreërivier * Wynproë op’n perd se rug of met diewaentjie by Majors Hill enSpringfield. *Perdrykampe vir kindersgedurende skoolvakansies* Mini kommando’s opSaterdae*Kinderpartytjies. Skakelons gerus by 072 291 7631of 082 402 7088.

BESIGHEIDBUSINESS

194

SakeGeleenthede

Business

Opportunities

LUTEA PARFUUM 154geure om te bemark. Uit-stekende kommissie. Ska-kel 083 6550445/[email protected]/www.luteaperfume.co.za

JOBS

400

Betrekkings Gevra

JobsWanted

LOOKING for job in res-taurant, ladies withexperience. Sibongile084579 3300Memory 0610245009LOOKING for job asforklift driver, haveexperience & cerificatesand a Zimbabweanpassport. JohnsonNgwenya074 271 2268

Rentevrye studieleningvir kleuteropleidingSes rentevrye studielenings is hierdie jaardeelvandieKosblikkieprojeksebeleggingin kleuters en hul versorgers se lewens.

“Die versorgers is baie keer self behoeftigen tog so gretig om meer te leer en persoonlikte ontwikkel,” sê Lindie Strydom, die organi-seerder van die Kosblikkieprojek. “Ek glo datom mense in die vervulling van hulle roepingte ondersteun, beteken soveel meer as net dieinsameling van kennis of om ’n vaardigheidte bekom. Dit is ’n innerlike vervulling en le-wensvreugde wat saam met die leer van taal,wiskunde en hoe om ’n potlood of skêr vas tehou, op kleuters geprojekteer word. Die impakwat ’n onderwyser op ’n kind se lewe het, moetnooi onderskat word nie.”

In 2010 het Helpende Hand ’n groep van 30ma’s oor 30 weke in Danville, Pretoria, as dag-moeders opgelei. Lucie Bouwer was deel vanhierdie eerste groep. Tydens die opleiding hetsy geleer hoe om kleuters konstruktief besigte hou sodat hulle skoolgereed is wanneer hul-leklaar ismetkleuterskool.Bouwerhetsederthaar seun se geboorte gereeld tydelike werkgedoen, maar steeds gesukkel om die pot aandie kook te hou. Nadat sy die dagmoederoplei-dingontvanghet,hetBooysensBeertjiesKleu-terskool in die weste van Pretoria haar ’n posas kleuterskool-assistent aangebied. “Ek wounog altyd met kinders werk,” sê Bouwer oordié geleentheid. “Hierdie is nie ’n werk nie,dis eerder ’n roeping. Ek het baie hard en lankhiervoor gebid.”

In 2011 is nog groepe vrouens oor’n tydperkvan30wekeasdagmoedersinPretoria,Bloem-fontein en Edenpark opgelei.

In samewerking met Hettie Britz en haarspan Immergroen Ouerskap-fasiliteerders,kon Helpende Hand in 2012 ouers, onderwy-

sers en versorgers van 36 kleuterskole metpraktiese opleiding en ouerleiding bereik. El-ke kursusganger het ’n werkboek en ’n sertifi-kaat na afloop van die opleiding ontvang.

“Die Immergroen-program stel die Helpen-de Hand Kosblikkieprojek in staat om’n bly-wende verskil in ons gemeenskappe te maak,”sê dr. Danie Brink, die uitvoerende hoof vanSolidariteit Helpende Hand.

Altesaam 2 500 ouers, onderwysers en ver-sorgers (waarvan ongeveer 550 onderwysersis) in 74 kleuterskole regoor Suid-Afrika salvanjaar bereik word.

Daarby gaan 148 fasiliteerders van die Im-mergroen Kleuterkursus opgelei word om diekursus te kan aanbied – dit is 148 werksge-leenthede wat geskep word.

“Deur een mamma te bemagtig ten opsigtevan praktiese ouerleiding, haar kind se karak-terontwikkeling en die verstaan van God segesag wat aan haar gedelegeer is, raak onstwee of drie en soms selfs vier kinders in haargesin se lewens,” sê Strydom.

“Deur een juffrou of versorger toe te rus metkennis van kinders se unieke temperamenteen kreatiewe dissipline wat haar kan help indie uitdaging van oorvol klasse en emosioneelen geestelik arm kinders, raak ons 30 en selfs40 kinders se lewens op een slag. Deur mam-mas en juffrouens gelyktydig te bemagtig, be-reik ons kleuters van twee kante en net soveelmeer effektief.”

Opvoedkundige materiaal van ImmergroenOuerskap word ook weer in 2013 aan hierdie74 kleuterskole geskenk.

Aansoeke vir die ses rentevrye studiele-nings vir kleuteronderrig het sopas geopen ensluit op 15 Junie.

Vir meer inligting besoek www.helpende-hand.co.za.

NUWE MOTHS: Die or-ganisasie Moth, Staal-dakShellholeMontaguhet onlangs vir LeonRosser (links) en Wou-ter Brewis as nuwe ledevan die Moth ingewy.Hier verskyn hullesaam met Wessel Fou-rie, Old Bill van Staal-dak Shellhole. Oud-weermaglede wat be-langstel om by Mothaan te sluit, kan LeonRosser bel by082 920 2304 ofWouter Brewis by072 133 2943.

Page 11: Breederivier gazette 4 junie 2013

Breederivier GazetteAdvertisement - AdvertensieDinsdag 4 Junie 2013 11

Page 12: Breederivier gazette 4 junie 2013

Breederivier

Year 17 • 4 Junie 2013 | Tel. 023 626 5212

De Wet skiet sy pad oopna eerste plek in SADALEEN FOUCHÉ

TobiedeWethetweereensRobert-son se naamhoog gehou by die SAOlympic Trap-kampioenskapwaar hy as SA kampioen in klei-duifskiet aangewys is.

DiekampioenskappewasgehoubyWattlespringGunClub in Johannes-burg op 11 en 12 Mei.De Wet sê hy het baie goed gevaar

met konstante goeie rondes van dieeerste tot die laaste uitdunrondes.Na die eerste dag se 75 kleie was DeWet twee punte voor die naaste teen-stander en vol selfvertroue.

Op die laaste dag met 50 uitdunkleie voordat deelnemers vir die fi-naal kan kwalifiseer, het De Wet ’nvoorsprong van ses kleie gehad.Die beste ses skuts het ná die uit-

dunrondes deurgedring na die fi-naal.“Hier het ek met gemak ook ge-

wen.Diekompetisiewasredelikstrafmaar die moeilike lig en weersom-standighede was die grootste uitda-ging.”De Wet was ook in 2011 SA kampi-

oen en was vierde in 2012.“Ek voel goed oor my prestasie en

weet dit was ’n goeie uitdaging.”De Wet het die sport in 2001 begin

beoefen. Hy vertel hy het baie geoe-fen en “met my oë en ore geleer” omsy talent te ontwikkel.De Wet se toekomsplanne is om in

2014 vir dieWêreld kampioenskap tekwalifiseer.DeWet oefenbydie skietbaan,Val-

ley Gun Club in die Paarl, wat diesportbyskoleookbevorder.Dieklubhet die nodige toerusting vir begin-ners. “Kleiduifskiet is ’n baie goeiesport om veral jongmense dissiplineen uiterse konsentrasie aan te leer.”Vir meer inligting, besoek

www.valleygunclub.co.za. Die klubis vanDinsdae tot Saterdag van 09:00tot laat oop.

Tobie de Wet is vir die tweede keer as SA Kampioen vir kleiduifskiet aangewys.

Tobie De Wet maak gereed om ’n teiken te skiet.

Uitslae:muurbalDie 2013-muurbalsei-soen het onlangs afge-skopmet die eerste ron-de-wedstryde in dieSentraal-Suid Koöpera-sie (SSK)MuurbalLiga.In die tweede liga het

Bonnievale tuis gespeelteen Montagu.Ditwasveral diewed-

stryd tussen Jean Au-bry (Bonnievale) enMornè Fourie (Monta-gu) wat in ’n taai strydontwikkelhet,metMor-nèdieuiteindelikewen-ner met 3-2.Die besoekers klop

Bonnievalemet 10 potteteenoor 6.Wilhelm de Wet ver-

loor teenCobusStandermet 1-3. Nicolaas Jon-ker verloor teen JackFriedman met 0-3.Jean Aubry verloor

teen Mornè Fourie met2-3 en Gustav Swane-poel klop LP Standermet 3-1.

Robertson-jukskeidagsorg vir goeie kompetisieRobertsonJukskeiKlubseopedagopSa-terdag 25 Mei was ’n reusesuksesSes spanne het deelgeneem en oor en

weer teen mekaar kragte gemeet.Pryse,watdeurverskeiebesighedege-

borg is, is reg deur die dag uitgedeel.

Die wenners van die dag was die Las-lappie Span, met die Klare Span in dietweede plek en die Awsome Four’s inderde plek. ACV Diesel het die vierdeplek beklee, met Immelmans Elektriesvyfde en Boksom Bende in sesde plek.

Jukskei-spanne kompeteer tydens Robertson Jukskei Klub se opedag.