christelike vakonderrig: tale (eerste en ... · web viewpublikasies en aanbiedings met ʼn...

23
Christelike vakonderrig: tale (eerste en tweede taal) Martie Bornman & Gerrit Kamper Doelstellings van die aanbieding By voltooiing van die kursus moet u 1. kennis hê van die Bybelse grondmotiewe van taalonderrig 2. bewus daarvan wees dat taal ʼn gawe van God is, geskep met die doel om met God, sy medemens, homself en die wêreld om hom te kan kommunikeer ter verheerliking van God. 3. Bybelse norme vir onderwys ken soos aangebied in Towards Christ- centred education en dit kan toepas in taalonderrig 4. verstaan dat taal ʼn besondere rol speel in kultuur 5. begryp hoe die sillabus van taalonderrig vanuit ʼn Bybelse perspektief aangebied kan word, met ander woorde die kommunikatiewe benadering kan volg binne ʼn Bybelse raamwerk 6. Bybelse riglyne kan toepas in die onderrig van eerste taal en tweede taal ten opsigte van al vier komponente, naamlik luister, praat, lees en skryf 7. onderrigmateriaal kan selekteer geskik vir Christelike taalonderrig 8. beoordeling en evaluering kan doen binne ʼn Bybelse raamwerk 9. besef dat hy/sy aan Christelike onderrig alleen reg kan laat geskied as hy/sy self die 10. norme en waardes van Christelike onderwys onderskryf 11. as opvoeder, kreatief kan dink oor sy onderrig en sy leerlinge kan inspireer om taal tot eer van God aan te wend. Raamwerk van die aanbieding 1. Inleiding en oriëntering 2. Algemene Christelike vakfilosofie 3. Doelstellings en doelwitte van Christelike taalonderrig 4. Komponente van taalonderrig (luister, praat, lees en skryf) 5. Keuse van onderrigmedia 6. ʼn Kort oorsig oor die beoordeling en evaluering van leerders en hulle werk 7. Lesbeplanning 1. Inleiding en oriëntering

Upload: others

Post on 01-Mar-2021

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: CHRISTELIKE VAKONDERRIG: TALE (EERSTE EN ... · Web viewPublikasies en aanbiedings met ʼn Christelike titel of storie is nie noodwendig Bybelgefundeerd nie, bv Jesus Christ Superstar

Christelike vakonderrig: tale (eerste en tweede taal) Martie Bornman & Gerrit Kamper

Doelstellings van die aanbiedingBy voltooiing van die kursus moet u 1. kennis hê van die Bybelse grondmotiewe van taalonderrig 2. bewus daarvan wees dat taal ʼn gawe van God is, geskep met die doel om met God,

sy medemens, homself en die wêreld om hom te kan kommunikeer ter verheerliking van God.

3. Bybelse norme vir onderwys ken soos aangebied in Towards Christ-centred education en dit kan toepas in taalonderrig

4. verstaan dat taal ʼn besondere rol speel in kultuur5. begryp hoe die sillabus van taalonderrig vanuit ʼn Bybelse perspektief aangebied kan

word, met ander woorde die kommunikatiewe benadering kan volg binne ʼn Bybelse raamwerk

6. Bybelse riglyne kan toepas in die onderrig van eerste taal en tweede taal ten opsigte van al vier komponente, naamlik luister, praat, lees en skryf

7. onderrigmateriaal kan selekteer geskik vir Christelike taalonderrig8. beoordeling en evaluering kan doen binne ʼn Bybelse raamwerk9. besef dat hy/sy aan Christelike onderrig alleen reg kan laat geskied as hy/sy self die10. norme en waardes van Christelike onderwys onderskryf 11. as opvoeder, kreatief kan dink oor sy onderrig en sy leerlinge kan inspireer om taal

tot eer van God aan te wend.

Raamwerk van die aanbieding1. Inleiding en oriëntering 2. Algemene Christelike vakfilosofie3. Doelstellings en doelwitte van Christelike taalonderrig 4. Komponente van taalonderrig (luister, praat, lees en skryf)5. Keuse van onderrigmedia6. ʼn Kort oorsig oor die beoordeling en evaluering van leerders en hulle werk 7. Lesbeplanning

1. Inleiding en oriënteringIn Towards Christ-centred education kon u kennis maak met die wesenstrekke van Christelike onderwys. Hierdie is ʼn logiese en “praktykmakende” voortsetting van die kennis wat u daarin opgedoen het, en in hierdie verband is dit raadsaam om net weer Towards Christ-centred education (Dreckmeyr 1997) te raadpleeg: Op bladsy 11 verskyn daar ʼn baie waardevolle diagram en hierdie diagram gee in wese ook die konseptuele raamwerk van hierdie aanbieding weer.

In Christelike vakonderrig behoort vakke so onderrig te word dat die leerder insig kry in die ordelike skepping van God. Die leerder moet besef dat hy/sy en elke mens ʼn bepaalde verantwoordelikheid ten opsigte van die skepping het en weet wat hierdie verantwoordelikheid behels. Verder moet hy/sy bewus gemaak word daarvan dat vakke (ook wetenskappe) vanuit die skepping deur mense ontwikkel is, dat binne elke vak vele moontlikhede opgesluit is, maar dat daarin ook beperkinge skuil vanweë die sondeval. In die onderrig moet die leerder gelei word om deurgaans die verband tussen vakke (leerareas) raak te sien om sodoende die wonderlike samehang en harmonie in die skepping te ontdek

Page 2: CHRISTELIKE VAKONDERRIG: TALE (EERSTE EN ... · Web viewPublikasies en aanbiedings met ʼn Christelike titel of storie is nie noodwendig Bybelgefundeerd nie, bv Jesus Christ Superstar

(Dreckmeyr 1997). In die lig hiervan is ʼn Christelike aanbieding van vakinhoude, ook dié van tale, slegs moontlik as dit Bybelgefundeerd is. Die Bybel is daarom die grondslag en kernbron vir Christelike vakonderrig (Stoker & Gerber 1996:29; Matzken 1998:5) en daarom behoort tale onderrig te word vanuit ʼn Koninkryksperspektief. By die bestudering van hierdie afdeling behoort in gedagte gehou te word dat alle onderrig, terselfdertyd ook taalonderrig is en dat taal as kommunikasiemiddel (luister, praat, lees en skryf) deel uitmaak van die skeppingsorde.

2. ʼn Christelike taalfilosofie2.1 ʼn Bybelse perspektief op taalʼn Bybelse perspektief op die mens, as geskape na die beeld van God met die doel om in ʼn bepaalde verhouding met sy Skepper te lewe, beïnvloed ook ʼn mens se siening van taal. God het die mens met die moontlikheid geskep om taal te kan voortbring, met ander woorde om te luister en te lees en om deur middel van praat en skryf sy gedagtes en ervarings met ander te deel. Hierdeur word die unieke aard van die mens in vergelyking met die dier beklemtoon. God self kommunikeer met die mens deur Sy Woord en deur Sy skepping. Deur kommunikasie en demonstrasie leer die mens in watter verhouding hy tot God, sy medemens en die skepping behoort te staan (Gen. 1:28-30; Gen. 2:7 en ander). Tweedens, leer die mens waartoe hy/sy geroep is, met ander woorde wat sy/haar taak op aarde is en derdens, word die mens onder die indruk gebring van al die moontlikhede wat God geskep het (Steensma in Steensma & Van Brummelen 1977:62).

Die ideale persoonlike omgang tussen God en mens en mens en sy medemens is deur die sondeval verbreek; deur ongehoorsaamheid en hulle keuse om onafhanklik van God te wees. Hierdie gebrokenheid het alle aspekte van die lewe geraak, ook taal en kommunikasie. Voorbeelde hiervan is misverstande wat tussen mense ontstaan, verhoudings wat skipbreuk ly en die gebruik van taal om persoonlike mag oor ander te bewerkstellig, in plaas daarvan om met behulp van taal jou in diens te stel van jou medemens. Die Bybel leer dat hierdie breuk geheel kan word met die koms van Christus, sy sterwe en opstanding. Deur middel van die effektiewe gebruik van taal stel Hy sy dissipels en al sy volgelinge in staat om as profete, priesters en konings God te dien en te verheerlik. Die effektiewe gebruik van taal (luister, praat, lees en skryf) dra dus daartoe by dat God en medemens in liefde gedien word tot eer van God.

Aktiwiteit 1: Hoe kan ons in die alledaagse lewe en as opvoeders met behulp van taal die Here dien as profete, priesters en konings? Skryf ʼn paar voorbeelde neer.

Vir die humanis is die mens vry, selfonderhoudend en outonoom. Vanuit ʼn sekulêr-humanistiese lewens- en wêreldbeskouing word onderwys en seer sekerlik ook onderrig in tale, hoofsaaklik gesien as selfontwikkeling met die doel om sosiaal bruikbaar te wees en globale welsyn te bevorder (Dreckmeyr 1997:88 & Matzken 1998:2). (Vergelyk ook Dewey 1936 en Kurrikulum 2005.) Die post-modernisme onderskryf ook hierdie sienswyses. In plaas van die ontwikkeling van elke leerder se unieke talente word die kosmologiese holisme beklemtoon. Algemene Bybelse norme en waarhede val weg. Elkeen mag sy eie outentieke waardes en norme ontdek of uitvind en daarvolgens lewe. Kommunikasie en die onderrig van taal moet dus ook binne hierdie samehang gesien word.

Aktiwiteit 2: Dink na oor die volgende stelling: “Onderwys en opvoeding kan nie neutraal aangebied

2

Page 3: CHRISTELIKE VAKONDERRIG: TALE (EERSTE EN ... · Web viewPublikasies en aanbiedings met ʼn Christelike titel of storie is nie noodwendig Bybelgefundeerd nie, bv Jesus Christ Superstar

word nie” (Stoker & Gerber 1996:149 & Dreckmeyr 1997:58). Bespreek hierdie stelling en verskaf u eie mening daaromtrent.

2.2 Taal en kultuur God gee aan die mens ook ʼn kultuurvermoë en ʼn kultuuropdrag (Gen 1:28) naamlik om te kan vermeerder en te vermeerder en om oor die skepping te heers; oor homself te heers en oor die skepping buite hom (Van der Wateren in Stoker & Gerber 1997:62-64). Die misterie van hierdie vermoë kom byvoorbeeld tot uiting in die vorm van taal wanneer Adam aan die diere name gee en Hom verheug oor die vrou wat God vir hom geskep het (Gen 2:23-25). Hierdie kultuurvermoë wat die mens van God ontvang, stel hom/haar in staat om die geskape werklikheid in kultuurprodukte te omskep. Skeppinge in eie taal en kuns soos byvoorbeeld literêre werke (prosa en poësie) en beeldende kunste is voorbeelde van hierdie kultuuruitinge. As gevolg van die mens se ongehoorsaamheid aan God, het die mens selfbeheersing verloor. ʼn Selfverheffende heerssug het van hulle besit geneem en ʼn kultuurkrisis het ontstaan (Van der Wateren in Stoker & Gerber 1997:65). In die greep van die sonde wou mense hulle eie onafhanklike magtige ryk skep met die oprig van die toring van Babel. Maar God verstrooi die nasies en tale (kultuurvolke) (Gen 11:8) oor die aarde en verskeidenheid word bevestig. Die uitdrukking “nasies en tale” wat ons in die Bybel vind kan gesien word as uitdrukking van ʼn volkskulturele verskeidenheid. Binne die kommunikasiemiddel taal word kultuur gedra en uitgedra. So kan elke taal as kommunikasiemiddel gesien word wat daardie besondere kultuur dra en uitdra.

Taal is dinamies en in die geskiedenis ontwikkel elke taal binne sy eie kulturele konteks en neem dus ʼn besondere plek in binne die kultuurmilieu van ʼn volk (Steensma en Van Brummelen 1977:70). Die mens druk sy gedagtes, sy diepste gewaarwordings, sy ervarings, sy oordele, sy humor, sy geloof, sy logika en sy gevoelens met vertroue uit in sy moedertaal. En omdat daar ʼn verband tussen kultuur (ook taal) en opvoeding bestaan (kyk Stoker & Gerber 1997:63) behoort die Christenonderwyser moedertaalstudie en moedertaal as medium van onderrig vir alle vakke hoog te ag en selfs as ononderhandelbaar te beskou (Henning in Stoker en Gerber 1997:131). Waardebegrippe en uitdrukking van die mens as rentmeester oor godgegewe aardse besittings en die natuur (die totale omgewing) word in taal weergegee, in besonder in sy moedertaal. Aktiwiteit 3: Stem u saam met bogenoemde stellings ivm moedertaalonderrig? Kan u aan nog redes dink waarom moedertaalonderrig belangrik geag behoort te word gesien vanuit ʼn Bybelse perspektief? Raadpleeg onder andere Voed hulle op (Henning in Stoker & Gerber 1996:122-133) en enige ander relevante bronne.

2.3 Taal as medium tot sosiale verkeer Taal is ook ʼn medium tot sosiale verkeer (kyk par 2). Met behulp van taal word verhoudings aangegaan, in stand gehou en verryk. Die verskillende verbintenisse of verhoudings waarin die mens leef is verweef ‒ ʼn verbintenis tot God, tot sy medemens en tot die dinge in die wêreld om hom heen. Fowler (1987:2) stel dit soos volg: Our earthly relationships are defined only in our God relationship, and our God relationship is fulfilled in the earthly relationships where we serve God in love according to his Word.” Taalonderrig vanuit ʼn Bybelgefundeerde perspektief behoort dus kommunikatief te wees. God openbaar hom in die Bybel deur middel van taal (God praat en die mens luister) en om sy opdrag, naamlik, om Hom lief te hê en ons naaste soos onsself uit te voer, moet ons instaat wees om te kan

3

Page 4: CHRISTELIKE VAKONDERRIG: TALE (EERSTE EN ... · Web viewPublikasies en aanbiedings met ʼn Christelike titel of storie is nie noodwendig Bybelgefundeerd nie, bv Jesus Christ Superstar

kommunikeer met God, met onsself en met ons medemens, dit wil sê om te luister en te antwoord, te lees en te skryf en sodoende verhoudings uit te bou tot eer van die Here. Daarom moet leerders leer dat taal vir verskillende funksies gebruik kan word, nl. transaksioneel, konseptualiserend, ekpressief en eties, maar moet ook bewus gemaak word daarvan dat taal dekonstruktief gebruik kan word, dat dit die waarheid kan verduister en die medemens kan benadeel (Maleagi 2).

2.4 Christelike onderwys, die onderwyser en Christelike taalonderrigDie Christenonderwyser is die primêre bepalende faktor vir suksesvolle Christelike onderwys (Dreckmeyr 1997:81-85). Hy/sy het die verantwoordelikheid om taalonderrig so te voorsien dat dit die leerder se vermoë ontwikkel om met ander te kan kommunikeer en verhoudinge te kan bou. Uitdrukkingsvermoë en begrip is aspekte van taal wat die mens se verhouding met Christus kan bevorder ‒ die vermoë om sinvol gesprek te kan voer, om duidelik en verstaanbaar te kan skryf, aandagtig te kan luister en met betekenis te kan lees. Taalonderrig behoort in alle vakke plaas te vind en alle onderrig behoort in gewone omgangstaal, maar ook in ʼn wetenskapstaal gegee te word ‒ as ʼn omgangstaal om vakke te kommunikeer en as ʼn wetenskapstaal om terminologieë en begrippe van bepaalde wetenskappe te verstaan (Vgl 2.1).

Christelike onderwys en opvoeding is ʼn groeiproses en stuur af op verandering van die self ‒ ʼn bewustelike en verantwoordelike verandering. In hierdie veranderingsproses is die leerder aktief betrokke, in besonder in taalonderrig. Die verandering vind plaas ten opsigte van sy verhouding met die natuur, met ander, met die innerlike self en sy verhouding met God. Deur ʼn voorbeeld te stel, deur begeleiding, aansporing en die skep van ʼn onderrigomgewing berei die Christenonderwyser leerders voor dat hulle geroepe is om te lewe tot eer van God. Hierdie is nie slegs ʼn behaviouristiese proses of ʼn humanistiese bystand en waarneming van ʼn misterieuse proses of siklus wat plaasvind nie, maar ʼn groeiproses na God toe, sodat leerders hulle roeping as skepsels van God kan vervul. Dis ook ʼn groeiproses om die skepping te verstaan, te onderhou, te gebruik en te geniet in ʼn lewe van diens aan God en die medemens (Steensma & Van Brummelen 1977:9). Binne hierdie groeiproses speel taal as kommunikasiemiddel ʼn belangrike rol.

In Christelike onderwys moet die effektiewe onderrig van taal as kommunikasiemiddel binne Bybelse norme aangebied word. Steensma en Van Brummelen (1977:10-11) vat Bybelse norme ten opsigte van onderwys soos volg saam: Eerstens, onderwys, ook taalonderrig, vind plaas in totale afhanklikheid van God. Dit behels dat Christelike onderwys binne die parameters van die Woord van God geskied en dat sukses moontlik gemaak word deur die werking van die Heilige Gees. Onderwys en opvoeding staan ook in die teken van verlossing (Ef 2:4-5). God openbaar Hom aan die mens in Sy skepping en die skepping vorm die basis van die kurrikulum. Omdat kennis aangaande God afgestem is op die ewige lewe, kan Christelike onderrig (ook Christelike taalonderrig) nie anders gesien word as ʼn menslike poging, geïnspireer deur die Heilige Gees om deur middel van kennis die hart van die leerder binne te dring en verandering te weeg te bring nie.

Verder word Christelike taalonderrig soos alle Christelike onderwys, gekenmerk deur die genadeverbond: ʼn geloof en vertroue dat God die onderrig sal seën ten spyte van menslike swakheid; deur hoop; liefde; en vrede wat die versekering bied dat alles in die hande van ons Hemelse Vader is en deur Hom bestuur word.

Aktiwiteit 4: Op bladsye 94-95 (Dreckmeyr 1997) kan ons lees hoe ʼn taalonderwyser haar taalfilosofie en taalonderwysdoelwitte (of beoogde taalonderwysuitkomste) geformuleer het. Lewer kommentaar daarop en dui aan in watter mate u u daarmee kan vereenselwig. U kan

4

Page 5: CHRISTELIKE VAKONDERRIG: TALE (EERSTE EN ... · Web viewPublikasies en aanbiedings met ʼn Christelike titel of storie is nie noodwendig Bybelgefundeerd nie, bv Jesus Christ Superstar

selfs punte waarmee u saamstem verder met voorbeelde toelig. Moontlike bykomende bron: Voed hulle op (Stoker & Gerber 1996:120-140). Enige ander relevante bronne vir meer inligting oor vakdidaktiese perspektiewe vir Christelik-gefundeerde taalonderwys mag gebruik word.

Christelike norme waarvolgens die taalleerder beskou en behandel behoort te word, behoort die volgende in te sluit:

* Respek vir die leerder wat geskape is na die beeld van God.* Erkenning van die vryheid van die leerder om op die liefdesopdrag van God te

reageer * Die kweek van ʼn innerlike verantwoordelikheid teenoor die Skepper, die medemens

en die skepping* ʼn Besef dat ontwikkeling plaasvind binne fases en op ontwikkelingsvlakke soos

bepaal deur die wet van God.

Oor Christelike norme t.o.v die onderwysproses waarbinne taalonderrig plaasvind, kan die volgende opgemerk word: Onderwys en opvoeding is vormend van aard en gaan soms gepaard met gesag en magsuitinge. Greene (in Steensma & Van Brummelen 1977:11) stel dit soos volg: “Education is formative. It results in growth within the student’s life, growth which issues in a maturing ability to engage in each life opportunity so as to serve God ... It requires the wisest and most forceful use of teaching talent which is compatable with respect for the student and with the freedom and responsibility of the student”. Christelike taalonderwys gaan verder gepaard met aanspreeklikheid. Die onderwyser is in sy onderrig verantwoording verskuldig aan God. Terwyl dit die taak van die onderwyser is om kennis oor te dra en die leerder te motiveer, is dit steeds die leerder se verantwoordelikheid om die leerstof te bemeester, te leer en sy eie te maak onder die leiding van die Heilige Gees. Differensiasie is verder ook ʼn norm wat behoort te geld binne Bybelgefundeerde taalonderrig. Die opvoeder moet aanvaar dat leerders deur God met verskillende talente en roepings toegerus is. Christelike taalonderrig moet gemik wees daarop om aan die behoeftes van individuele leerders te voldoen. Alle leerlinge kan leer, maar almal kan nie noodwendig dieselfde mate van sukses behaal nie (hoogtes bereik nie). Aktiwiteit 5:(a) Maak ʼn lys van die belangrikste waardes in Christelike taalonderrig waarop

gefokus behoort te word. (b) Watter norme behoort ook vir taalonderrig te geld gesien vanuit ʼn Bybelse

perspektief?

2.5 ʼn Sekulêr-humanistiese perspektief op taalonderrigVanuit ʼn sekulêre perspektief kan die volgende aspekte ten opsigte van vakonderrig en ook taalonderrig geïdentifiseer word: Die persoonlike ervaring en uitdrukking van die leerder word beklemtoon wat onder

meer meebring dat absolute sekerhede en standaarde verdwyn (relatiwisme). Van die leerder word verwag om self kennis te ontdek, te konstrueer, te interpreteer en betekenis daaraan toe te ken vanuit sy/haar eie ervaringsveld. Selfagting word belangrik geag, maar selfkritiek en aanspreeklikheid asook sensorskap mag nie meer beoefen word nie. Die derde gebod word sonder meer oortree: Godslasterlike taal en kragwoorde word vryelik gebruik. Wat taalonderrig betref impliseer dit dat standaardtaal en afwykings ewe aanvaarbaar is en dat die leerder eie betekenis mag

5

Page 6: CHRISTELIKE VAKONDERRIG: TALE (EERSTE EN ... · Web viewPublikasies en aanbiedings met ʼn Christelike titel of storie is nie noodwendig Bybelgefundeerd nie, bv Jesus Christ Superstar

gee aan taalfunksies. Slegs relatiewe waarde word aan die woordeboek geheg. Verder word taal terwille van taal bestudeer en aangewend soos die kuns terwille van die kuns. Permissiwiteit en hedonisme (genotsugtigheid) is toelaatbaar.

Minder tot geen klem word geplaas op individuele demonstrasie en daarmee saam op evaluering van taalvaardighede.

Didaktiese programme word onderhandel, is leerdergedrewe en soms willekeurig. Erkenning van onvolwassenheid en daarom ook groei word genegeer waardeur die

pedagogiek verskraal word. ʼn Onverdraagsaamheid bestaan jeens beginselvaste individualiteit.

Minderheidstandpunte word nie belangrik geag nie. Almal moet inval by dieheersende tydsgees.

ʼn Voorliefde vir die sinlose, absurde, eksistensiële en veral mistieke is te bespeur wat veral in die woordkuns en beeldende kunste na vore tree.

Sosialistiese sentimente word beklemtoon en selfs afgedwing. (Vgl. 2.1)

Aktiwiteit 6:Bestudeer die kritiese uitkomste van Kurrikulum 2005 en identifiseer moontlike sekulêr-humanistiese beginsels daarin.

3. Die doel van Christelike taalonderrigNaas die algemene doelstelling van Christelike vakonderrig, te wete, om die verwondering ten opsigte van die skeppingswerklikheid en -orde van God te bevestig en te bevorder, behoort in Christelike taalonderrig in besonder gestrewe te word daarna om (a) die leerder bewus te maak dat taalvermoë (kommunikasievermoë) deur God in die

mens geskep is; (b) hierdie kommunikasievaardighede, dws luister-, praat- lees- en skryfvaardighede

asook uitdrukkingsvermoë, optimaal te ontwikkel sodat hy/sy dit tot eer van God en in diens aan die naaste kan aanwend, terwyl die volhoubare ontwikkeling van die omgewing altyd in gedagte gehou word.

Meer spesifiek (as doelwitte) gestel, word met Christelike taalonderrig beoog om· taalgebruik van leerlinge optimaal te ontwikkel en te verbeter, dws. luister-, praat-,

lees- en skryfvaardighede· leerders bewus te maak daarvan dat taal as kommunikasiemiddel tot eer van God

gebruik moet word, maar dat dit ook tot oneer van God kan geskied · die struktuur van taal en taaltegnieke te leer ken en te verstaan as skepping van God

deur die mens ontwikkel· ʼn kritiese bewustheid van die werking van taal te vestig (taalstrukture en

taalkonvensies te ken en toe te pas in konteks) · letterkunde (bv. prosa, poësie en drama) te leer ken, te leer evalueer vanuit ʼn

Bybelse perspektief en te geniet as kunsvorm · waardering vir die estetiese en affektiewe waarde van taal te ontwikkel· leerders in staat te stel om inligting te versamel en dit te verwerk -

navorsingsvaardighede· betekenis en begrip in geskrewe taal te ontdek en om kreatief met taal om te gaan· gepaste kommunikasiestrategieë vir bepaalde doeleindes te gebruik binne ʼn

Christelike raamwerk· leerders te motiveer om die Bybel as Woord van die openbaring van God aan die

mens, te bestudeer en daaruit te lewe.

Aktiwiteit 7

6

Page 7: CHRISTELIKE VAKONDERRIG: TALE (EERSTE EN ... · Web viewPublikasies en aanbiedings met ʼn Christelike titel of storie is nie noodwendig Bybelgefundeerd nie, bv Jesus Christ Superstar

Bestudeer bogenoemde doelwitte en identifiseer ten minste agt moontlike vaardighede wat in Christelike taalonderrig ontwikkel behoort te word.

4. Komponente van taalonderrigVoordat ons spesifiek aan die komponente van taalonderrig (lees, luister, praat en skryf) aandag gee, is dit nodig om hierdie komponente in breër verband te plaas deur ʼn kort oriëntering oor die stand van sake in taalonderwys te gee.

Klassieke taalonderwys konsentreer uitsluitlik op vorm (vergelyk die tradisionele wyse van Latynonderrig met die klem op deskundigheid in die grammatikale struktuur van die taal). In die loop van hierdie eeu het taalonderwys begin verander, hoofsaaklik as gevolg van invloed vanuit die Psigologie en Sosiologie. Die belangstelling het algaande verskuif na die funksie van taal binne die groter konteks van menslike samesyn. Hierdie taalonderwysbenadering het bekend geraak as die kommunikatiewe benadering, maar dit is belangrik om in gedagte te hou dat daar binne hierdie benadering verskeie gedagterigtings en toepassings onderskei kan word. Oorsigtelik kan ʼn mens twee kategorieë onderskei, naamlik dié met die klem op gedrag (behaviouristiese perspektief) en dié met die klem op verstand (kognitiewe perspektief). Veral laasgenoemde, met teoretici soos Chomsky en Krashen aan die voorpunt, was/is invloedryk. Insiggewend is die feit dat die teorie oor taalonderwys nog altyd ʼn sterk digotome karakter gehad het, waarmee bedoel word dat die voordele of sterk punte van benaderings wat "uit die mode" geraak het, nie in nuwere benaderings aanvaarbaar geag is nie. Hier gaan dit wesenlik oor formele onderrig van grammatika, waarvan daar in die kommunikatiewe benaderings vir lank weggeskram is, nieteenstaande die feit dat die onderwyspraktyk hardnekkig bly aantoon het dat dit wel sy plek het. Eers in die jongste tyd is daar duidelike tekens dat die waarde van formele grammatika-onderrig ook uit teoretiese hoek "herontdek" word, en figureer in nuwere benaderings soos die taakgebaseerde benadering, waar leerders se taalstudie te doen het met outentieke projekte (soos die opstel van ʼn inligtingsbrosjure) waarin die ontwikkeling van sowel kommunikatiewe vaardighede as taalstrukturele kundigheid figureer.

Die benadering wat in hierdie module gevolg word, kan in drie sleutelwoorde opgesom word: Bybelgefundeerd (Christelik), kommunikatief (met die klem op sinvolle, opbouende “woord en antwoord”) en geïntegreerd (met die klem op kundigheid en vaardighede in die geïntegreerde aanwending van die onderskeie taalkomponente).

4.1 Luister- en praatonderrigDeur die Bybel heen kommunikeer God met die mens/e deur middel van taal. God het in die skepping aan die mens taal gegee om Hom te leer ken, met ander woorde om kennis omtrent God te bekom, na Hom te luister (Openbring 2;7, 11 &17; 3:6,13 & 22) en met Hom te praat (te bid, verbaal te kommunikeer), Hom te eer en te dien. Taal is ook aan die mens gegee ter wille van die gewetensfunksie, om te konseptualiseer en ook om verbintenisse met die medemens en die wêreld aan te gaan, mondeling en/of skriftelik (vgl 2.1). Hierdie aktiwiteite vind hoofsaaklik plaas deur die gesproke woord (kyk ook Stoker & Gerber 1997:159) en daarom moet in Christelike taalonderrig genoeg aandag in die klaskamer gegee word aan luister- en praataktiwiteite.

Alhoewel die Christen-gelowige (onderwyser) dit as eerste opdrag behoort te beskou dat God met behulp van taal geëer en gedien behoort te word, moet leerders bewus gemaak word daarvan dat taal (dit waaroor hulle praat en waarna hulle luister) ook teen die wil van God aangewend kan word. In die brief van Jakobus (Jak 3:2-12) word ons gewaarsku teen

7

Page 8: CHRISTELIKE VAKONDERRIG: TALE (EERSTE EN ... · Web viewPublikasies en aanbiedings met ʼn Christelike titel of storie is nie noodwendig Bybelgefundeerd nie, bv Jesus Christ Superstar

die mag van die tong wat ook ʼn vuur en ʼn wêreld vol ongeregtigheid kan wees. (Kyk ook Dreckmeyr 1997:119 en Spreuke 18:21 & 19:19.)

Christelike praatonderrig en onderrig in die woord- en luisterkuns moet dus in die eerste instansie gerig wees op die beheersing van die moedertaal en daarnaas die beheersing van soveel ander tale as moontlik. Vanuit hierdie perspektief kan die onderwyser lesse beplan en innoverend en kreatief te werk gaan om die leerplan te dek.

4.1.1 Luisteronderrig Daar is bevind dat die deursnee mens meer dikwels ʼn luisteraar is as ʼn spreker. Aangesien “luister” dan die vaardigheid is wat die meeste ingespan word, verdien luisteronderrig ʼn primêre plek in taalonderrig en daarom ook in Christelike taalonderrig. (Na raming spandeer die deursnee volwassene 40-50% van hulle kommunikasie aan luister, 25-30% aan praat, 11-16% aan lees en slegs 9% aan skryf) (Nieman 1997:32.) Volgens nasionale leerplanne (onderwysers is ten volle bewus hiervan) word die volgende aspekte van luisteronderrig onder meer onderskei: soorte luister, luisteretiket, luistertoetse, luistermateriaal ensovoort, en hierdie aspekte behoort in Christelike taalonderrig ook afsonderlik aandag te geniet.

Die werkwoord “luister” kom by talle plekke in die Bybel voor. Die woord “luister” kom vir die eerste keer in Deut. 5:27 voor; daarna Deut 7:12, Josua, Rut, Samuel en Konings, ens. asook in die Nuwe Testament: die vier Evangelies, Handelinge van die Apostels, briewe van Paulus en Openbaring (kyk Bybel Konkordansie).

Aktiwiteit 8: (a) Wat dink u van die stelling: ʼn Mens word gebore met die vermoë om te hoor maar

nie om effektief en belangstellend te luister nie. Om te praat, te lees en te skryf moet aangeleer word?

(b) Lees die gelykenis van die saaier en Jesus se verklaring daarvan in Matt. 13:1-23. “Luister” en “hoor” is werkwoorde wat in hierdie gedeelte herhaaldelik voorkom. Is daar vanuit ʼn Bybelse perspektief ʼn verskil in betekenis wat betref om “te hoor” en “te luister”?

Aktiwiteit 9 (Praat, luister en taaloefening) Psalm 104:1-34 kan met groot vrug in die klaskamer aan leerlinge voorgelees word met die oog op begrip, geheue-oefening, taalstruktuur (bv sinsbou en ongewone gebruik van werkwoorde), beeldspraak, woordeskatuitbreiding, uitdrukkingsvermoë (verwoording van natuurverskynsels), ens. Hoe sou u die Psalm as ʼn luisteraktiwiteit in die klaskamer aanbied? Wat leer hierdie Psalm die Christengelowige omtrent die skepping? Met watter ander leerareas of vakke vind integrering in Psalm 104 plaas? Dink aan gedigte in Afrikaans/Engels of enige ander taal wat u ook as luisteraktiwiteit kan gebruik en gee ʼn paar voorbeelde. Watter hulpmiddels sal u gebruik?

Onderrigmedia wat in taalonderrig gebruik kan word is die bandmasjien en bande, tydskrifte, nuusblaaie, ens. (Uit Christelike tydskrifte, soos Finesse kan voorbeelde gebruik word om kommunikasie deur middel van luister en praat te onderrig en te verbeter).

4.1.2 Praatonderrig

8

Page 9: CHRISTELIKE VAKONDERRIG: TALE (EERSTE EN ... · Web viewPublikasies en aanbiedings met ʼn Christelike titel of storie is nie noodwendig Bybelgefundeerd nie, bv Jesus Christ Superstar

Mondelinge stelwerk kan ook vanuit ʼn Christelike perspektief die vorm aanneem van vertelling, verklaring, beskrywing en argumentasie en behoort gebaseer te word op persoonlike ervaring. In praatonderrig moet woordeskatuitbreiding, sinsbou, verslaggewing en dramatisering beklemtoon te word. Op senior vlak kan relevante, betekenisvolle onderwerpe nagevors word en mondelinge rapportering (ook skriftelik) kan volg. Advertensies kan ontwerp, gedramatiseer en voorgedra word en onderhoudvoering kan onderrig word. Hier sal die keuse van onderrigmedia ʼn belangrike rol speel. Dikwels sal taallesse verloop sonder om na Bybelse riglyne te verwys. Die atmosfeer wat die onderwyser in die klaskamer skep en optrede van die onderwyser (gekenmerk deur liefde, diensbaarheid, ondersteuning, ordelikheid, ens.) behoort van ware geloof in God-drieënig te getuig.

Die Nuwe Testament bied talle goeie voorbeelde van modeltoesprake of lesings, byvoorbeeld Petrus se toespraak die dag met die uitstorting van die Heilige Gees (Handelinge 2:14-36), Stefanus se rede voordat hy gestenig is en die talle preke van Paulus. Wanneer praatvaardighede met die Koninkryksperspektief in gedagte onderrig word, behoort leerders onder meer die doel, praatstyl, wyse van argumentasie en ondersteunings-/bronnemateriaal te kan identifiseer en bespreek en sodoende leer om toesprake, lesings, ensomeer te beoordeel en voor te berei in die lig van wat die Bybel daaromtrent leer.

Aktiwiteit 10· Identifiseer ʼn aantal praatvaardighede en gee ʼn kort aanduiding van hoe u

daardie vaardighede vanuit ʼn Christelike perspektief in die klaskamer sal onderrig. Kies enige skoolfase.

· Kies twee kort geskrewe gedeeltes (of kies twee voorlesings op band), een geskryf vanuit ʼn Christelike lewens- en wêreldbeskouing en die ander vanuit ʼn sekulêr-humanistiese lewens-en wêreldbeskouing wat u aan u klas (meer senior skoolfase) kan voorlees. Bespreek hoe u so ʼn luister- en praataktiwiteit in die klaskamer sal aanbied en watter doelwitte u graag sou wou bereik.

Aktiwiteit 11 (a) Kies ʼn paar advertensies (uit enige bronne) en evalueer hulle vanuit ʼn Bybelse

(Christelike) perspektief. (b) Dui aan watter kriteria u sal gebruik om beoordeling en evaluering van

advertensies te doen. Watter praat- en luistervaardighede sal u hiermee wil onderrig?

(c) Stel dan u eie advertensie van enige produk of aanbieding op wat na u mening voldoen aan die vereistes om geplaas te word in Christelike lektuur.

(As aktiwiteit in die klaskamer kan u enkele leerlinge die advertensie laat voordra in die klaskamer terwyl die ander luister en kommentaar lewer.)

Aktiwiteit 12 (vir senior skoolfase)Praat en luisteraktiwiteitAs onderwyser wil u u leerlinge onderrig om as Christengelowige ʼn onderhoud te voer (die onderhoud te lei en voor te berei om ʼn onderhoud te voer). Hoe sou u (a) die leerlinge laat voorberei vir die les (strukturering van voorkennis) (b) die les aanbied in die klaskamer, (c) opvolgaktiwiteite laat doen

9

Page 10: CHRISTELIKE VAKONDERRIG: TALE (EERSTE EN ... · Web viewPublikasies en aanbiedings met ʼn Christelike titel of storie is nie noodwendig Bybelgefundeerd nie, bv Jesus Christ Superstar

(d) materiaal aanwend? Watter eienskappe kenmerk die Christengelowige wat vir ʼn onderhoud gaan?

4.2 Lees- en skryfonderrigNa die deurwerk van hierdie afdeling behoort lees en skryf, sowel as lees- en skryfonderrig in Bybelse lig geïnterpreteer te kan word. U behoort* toepaslike kerngedeeltes in die Bybel te kan identifiseer en interpreteer;* wesenstrekke van onderskeidelik lees en skryf te kan beskryf in Bybelse lig;* die rol van lees en skryf in die Koninkryk van God te kan omskryf;* die implikasies van die Bybelse lig op lees en skryf vir u eie onderrig te kan vertolk.

Die vraag ontstaan: Wat leer die Bybel oor lees en skryf en watter moontlike implikasies het dit vir taalonderrig? Die volgende kan as vertrekpunte dien:· Die Bybelse perspektief op taal gaan in wese oor God wat spreek, en die mens en

die skepping wat antwoord (kyk byvoorbeeld Genesis 1; 1 Samuel 3; Psalm 19).· ʼn Mens staan in vier relasies (tot God, die self, medemens, skepping) en elkeen van

die relasies word geskep en onderhou deur taal (kyk ook 2.2-4). In hierdie lig kan ons sê dat taal te make het met onderskeidelik eerbied, selfbegrip, naastediens en omgewingsorg.

· Wesenlik gaan dit om harmonie met God, die self, medemens en skepping. Harmonie word op sy beurt gedra deur gesindhede soos selfbeheersing, liefde, blydskap, geduld en tevredenheid (Galasiërs 5:22).

· Op grond van die bogenoemde relasies kan die mens se rol en taak, ook wat taalgebruik betref, opgesom word as dissipelskap en rentmeesterskap.

· Daar is ʼn onlosmaaklike verband tussen taal en gedagtes. Ons kan sê dat taal eintlik die uitdrukking van gedagtes is. Soos wat die mens sy gedagtes rig (Filipense 4:8), so sal dit ook in taalgebruik uitkom. Dieselfde geld ook vir taal en gewete (Romeine 9:1).

ʼn Mens kan oor lees en skryf dink uit ʼn praktiese en kunsoogpunt. Uit praktiese oogpunt is die Bybel baie duidelik (as boodskap en voorbeeld): Taal is duidelik, gestruktureerd, sistematies en opbouend (Efesiërs 4:29). Dit moet geleer/verwerf word ter wille van die Blye Boodskap (Mattheus 28:19). Uit ʼn kunsoogpunt is die belangrike oorweging hoe skeppende kuns in Bybelse lig verstaan en beoefen moet word. Die kunstenaar gebruik skeppingsgawes - die kuns moet dus iets weergee van die kriterium van die Skepper: " - - - en dit was baie goed". "Goed" word hier verstaan in Koninkryksperspektief: die eer en wil van God, wat onderskeidelik estetiese en normatiewe waardes impliseer.

4.2.1 LeesonderrigLees uit praktiese oogpunt:In die Bybel is daar heelwat teksgedeeltes en tekste wat spesifiek wys op die rol en funksie van lees: Deut 31:11; Jer 36:6; 2 Kon 22:8, 11-13; Luk 10:26-27; 2 Kor 3:15; Ef 3:3-4; Hand 8:30.

Aktiwiteit 13Lees die genoemde tekste aandagtig deur en skryf u eie kort interpretasies daarvan. Gee veral aandag aan die volgende:* Wat bring hierdie tekste aan die lig oor die Koninkryksfunksie van lees?* Watter implikasies het hierdie tekste vir u eie taalonderrig?

10

Page 11: CHRISTELIKE VAKONDERRIG: TALE (EERSTE EN ... · Web viewPublikasies en aanbiedings met ʼn Christelike titel of storie is nie noodwendig Bybelgefundeerd nie, bv Jesus Christ Superstar

* Hoe verstaan ʼn mens mediageletterdheid in Bybelse lig? Kortom: Hoe lees ʼn Christen die koerant? Hoe gebruik u koerante in u leesonderrig?* U kry in u onderrig ook dikwels met leesprobleme onder u leerders te make. Hoe hanteer ʼn mens dit in Bybelse lig?

LetterkundeChristenonderwysers kry veral in letterkunde-onderrig met moeilike vrae te make. Watter tekste is geskik, en hoe moet dit op ʼn Bybels-verantwoorde manier behandel word? Hier is die volgende opmerkings van belang: · Die letterkunde is ook in teologiese sin ryk geskakeerd. Alle genres in die

letterkunde is in die Bybel verteenwoordig. · Psalm 19 kan met reg beskou word as ʼn model van literêre kuns in Bybelse sin:

poëties word natuur (skeppingsopenbaring) en skriftuur (skrifopenbaring) beskryf.· Letterkunde getuig van die gawes wat God aan mense gegee het om iets van Sy

skepping en ons lewenswerklikhede uit te beeld en by ons te laat lewe.· In die letterkunde gaan dit dikwels oor die skadukante (selfs afstootlikhede) van die

mens en menslike bestaan. Hoe moet dit in Bybelse lig vertolk en beoordeel word? Drie kriteria behoort aangelê te word (Horton 1992:56):1. Dien die voorstelling ʼn bepaalde doel, of gaan dit om die voorstelling as

sodanig? Die kriterium van ongevraagdheid.2. Is die voorstelling aanvaarbaar, of is dit meer eksplisiet as wat die doel

regverdig? Die kriterium van eksplisiteit.3. Word die voorstelling aangebied vanuit ʼn afwysende perspektief? Die

kriterium van morele toon.

· Dit is goed om in die letterkunde ook met skadukante kennis te maak, want dit verhoog weerstand (analoog aan ʼn inenting) - die "dosis" en die omstandighede waaronder dit plaasvind is egter baie belangrik (Horton 1992:61).

· Deur middel van die letterkunde kan die intellektuele en morele konsekwensies van rebellie teen God aangedui word, sowel as die aard en gevolge van die hedendaagse sinloosheidsbelewing en pessimisme (Horton 1992:101-102).

· Die volgende moet pertinent vanuit Bybelse perspektief afgewys word (Horton 1992:107- ):1. Onbeheersde ekspressie. Daarteenoor: Weldeurdagte struktuur en goeie

gewete as vereistes.2. Relativisme in literêre kritiek. In reaksie teen die "akademiese" benadering tot

letterkunde-onderrig, waarin die leerders bloot gekonfronteer is met ʼn teks en die sienings van ʼn aantal geleerdes daaroor, en leerders dié sienings bloot gememoriseer het, het die sogenaamde reseptiewe benadering ontstaan met die klem op leerderbelewing, -waardering en -internalisering van die teks. Volgens hierdie benadering het die teks as sodanig geen betekenis nie - elke leerder gee sy haar eie betekenis daaraan. Daarteenoor: "Relativism in the evaluation of literature derives from the assumption that literary value depends solely upon the idiosyncrasies of the individual reader. The Christian evaluates literature, like everything else, according to external, objective, permanent standards: those of the Scriptures. In fact, the model to which Christian criticism refers all work of literature and on which it forms its judgment is the Bible itself. The Bible exemplifies to perfection - both in the deliberately aesthetic portions and as a whole - the qualities of beauty, truth, and moral goodness. These qualities of the Scriptures are reflections of the attributes of God" (Horton 1992:110).

11

Page 12: CHRISTELIKE VAKONDERRIG: TALE (EERSTE EN ... · Web viewPublikasies en aanbiedings met ʼn Christelike titel of storie is nie noodwendig Bybelgefundeerd nie, bv Jesus Christ Superstar

3. Permissiwiteit in literatuurseleksie. Daarteenoor: Die leerder moet opgebou, nie afgebreek word nie.

4. Spesifiek wat drama betref, moet omsigtig met die absurde teater omgegaan word. In die woorde van Viktor Frankl (1980): Die mens kan die sin van die lewe hoogstens ontdek (nie self skep nie), maar die mens kan wel on-sin skep, onder andere in die absurde teater.

1 Korinthiërs 2: 14-15 bied besondere lig op die beoordeling van literêre werke.

Aktiwiteit 14Lees die voorgaande opmerkings weer ʼn keer krities deur, en skryf dan u eie kort aantekeninge oor die volgende:* Op watter gronde kan ons sê dat Psalm 19 as ʼn model van literêre kuns in Bybelse sin (d.w.s. in Koninkryksperspektief) verstaan kan word?* Noem ʼn voorbeeld van ʼn erkende literêre werk (enige genre) met ʼn uitsiglose, pessimistiese strekking. Dui kortliks aan hoe u dié werk in u klas sou behandel.* Gee ʼn kort beskrywing van u eie letterkunde-onderrig (of lees-vir-waardering), en dui ook eerlik en krities aan watter segswaarde die bogenoemde opmerkings vir u onderrig het.* Wat is u persoonlike visie en ideale vir letterkunde-onderrig?

4.2.2 Skryfonderrig Skryf uit praktiese oogpuntOok oor skryf as taalfunksie bevat die Bybel pertinente uitsprake: Pred 12:12; Spreuke 22:20; Luk 1:3; Joh 1:1; Rom 15:15-16; 2 Kor 3:3; 2 Tim 3:16-17; 1 Joh 2:12-15; Openb 2 en 3: Openb 21:5.

Aktiwiteit 15Lees die genoemde teksgedeeltes aandagtig deur, en skryf kort aantekeninge daaroor. U kan onder andere verwys na die volgende: * Skryf is die enigste taalfunksie wat ʼn tydlose nalatenskap en getuienis verseker. Die tydloosheid van die Bybel as optekening van openbaringsgeskiedenis en ewige waarhede.* Die Heilige Gees as skrywer.* Die rol van briewe in die uitdra van die evangelie.* Die verband tussen skryf en voorbeeldig lewe. Die metafoor "lewende briewe".* Watter segswaarde het die Bybelgegewens en u eie aantekeninge daaroor vir u eie skryfonderrig?* Wat leer die Bybel ons oor a) die etiek van formele geskrewe taal (notules, verslae, getuigskrifte), asook die styl van formele geskrewe taal (vermanings en waarskuwings)?

Skeppende skryfwerkAktiwiteit 16Lees weer die opmerkings wat in die gedeelte oor die letterkunde gemaak is, maar vertolk dit nou ten opsigte van kreatiewe skryfwerk in taalonderrig. Dui in kort aantekeninge u sienings aan:* Watter Koninkryksfunksie kan kreatiewe skryfwerk in u taalonderrig hê?* Gee gerus ook u eerlike mening oor differensiasie in kreatiewe skryfopdragte in u onderrig. Kan ons hier dieselfde van alle leerlinge verwag? Hoe identifiseer en ontwikkel u skryfbegaafdheid onder u leerlinge? * Gee ten slotte kortliks u eie visie en ideale ten opsigte van skryfonderrig in Bybelse sin. 5. Keuse van onderrigmedia

12

Page 13: CHRISTELIKE VAKONDERRIG: TALE (EERSTE EN ... · Web viewPublikasies en aanbiedings met ʼn Christelike titel of storie is nie noodwendig Bybelgefundeerd nie, bv Jesus Christ Superstar

Richard Edlin (1994:166) beweer dat niks wat in opvoeding en onderrig gedoen word, religieus neutraal kan wees nie (kyk ook 2.1). Aktiwiteite reflekteer die godsdienstige beskouings van diegene betrokke. Onderrigmedia, in besonder teksboeke, bykomstige bronnemateriaal, videos, tydskrifte, ensomeer, weerspieël ʼn bepaalde siening van die wêreld. Sekulêre werke kan nie-Christelike waardes soos byvoorbeeld evolusionistiese beginsels bevorder. Alhoewel die oplossing sou kon wees dat slegs onderrigmateriaal ontwerp, geskryf en uitgegee deur Christene gebruik behoort te word, is dit nie ʼn waarborg dat dit noodwendig aan die behoeftes van ʼn Christelike skool en onderwys sal voldoen nie. Hierdie waarheid geld in besonder ook wat betref die keuse van onderrigmedia vir taalonderrig en voorgeskrewe letterkundige werke (prosa, drama en poësie) soos hierbo aangetoon, maar ook koerantuitknipsels, onderwerpe vir stelwerk, uitreksels uit boeke vir leesoefeninge, musiek vir ontspanningsoefeninge, en so meer. Dit wil nie sê dat kunswerke van nie-gelowiges nie in die klaskamer behandel behoort te word nie (kyk Rookmaaker 1992). Die volgende is enkele maatstawwe:

1. Wat Christelike media betref: Die Bybelse uitgangspunt dat die mens geskape is na die beeld van God moet gehuldig word, met ander woorde dit moet duidelik wees dat die opsteller(s) vanuit ʼn Bybelse lewens- en wêreldbeskouing lewe en werk. Waar van toepassing, behoort die visie en missie van die betrokke Christelike skool ook beklemtoon te word en behoort die keuse en interpretasie van onderrigmedia vanuit daardie hoek benader te word. (Vergelyk ook 3 & 4.2)

2 Werke/Media van sekulêr-humanistiese aard kan in die klaskamer gebruik word en beoordeel word vanuit ʼn Bybelse perspektief. Dit geld meerendeels vir letterkunde: prosa, drama en poësie waar die kunselement ter sprake kom (vergelyk ook 4.2.1).

Aktiwiteit 17Dink aan bykomende maatstawwe wat u sou gebruik om hulpmiddels en letterkundige werke te evalueer en te beoordeel in die lig van die Bybel en voeg dit by.

Verdere belangrike oorwegings:· Publikasies en aanbiedings met ʼn Christelike titel of storie is nie noodwendig

Bybelgefundeerd nie, bv Jesus Christ Superstar en Joseph and the amazing technicolor dreamcoat.

· Werke waarin Bybelversies gekwoteer word kan nie sonder meer as Christelik aanvaar word nie. In Lukas 4:1-13 gebruik die duiwel juis Bybelverse om Jesus in die woestyn te verlei.

Die gebruik van Bybelse analogieë kan ook verdag wees. · Polities-korrekte onderrig behoort met agterdog bejeën te word, bv. sommige

uitkomstes in uitkomsgebaseerde onderwys (OBE).· Werke wat konserwatiewe waardes verkondig is nie sonder meer Christelik nie.

Aktiwiteit 181. Gee u eie eerlike mening omtrent bogenoemde waarskuwings. 2. Verskaf ʼn aantal voorbeelde van onderrigmateriaal wat u in die klaskamer met

vrug sal kan gebruik om al vier kommunikasievaardighede in die lig van die Skrif te onderrig.

6. Bybelse perspektief op die evaluering en beoordeling van leerders en hulle werk

13

Page 14: CHRISTELIKE VAKONDERRIG: TALE (EERSTE EN ... · Web viewPublikasies en aanbiedings met ʼn Christelike titel of storie is nie noodwendig Bybelgefundeerd nie, bv Jesus Christ Superstar

Kenners is dit eens dat evaluering nie sonder eksplisiete kriteria gedoen kan word nie. In Jakobus 3:17 kan riglyne vir Christelik-opvoedkundige evaluering gevind word: “Maar die wysheid wat van bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg”.

6.1 Die onderwyser as beoordelaar en evalueerder Die onderwyser het ware wysheid (“wysheid van bo”) nodig om leerders se werk te beoordeel en te evalueer. Bowendien behoort dit die uitgangspunt van die onderwyser in Christelike vakonderrig te wees dat daar eers optimale leerondersteuning gebied moet word voordat beoordeling kan plaasvind. Verder kan beoordeling ook nie na behore geskied as die kennis en vaardighede (die uitkomste van die les) nie deeglik onderrig is deur ʼn geesvervulde persoon wat professioneel opgelei is nie. Beoordeling en evaluering moet eerlik en opreg wees (Spreuke 11:1). Daar moet in gedagte gehou word dat akademiese sukses, ook wat taal betref, slegs ʼn onderdeel van ware sukses is. Vordering, dit wil sê, verbetering van kommunikasie en taalvaardighede, is ewe eens belangrik. Aktiwiteit 19

Bestudeer Hoofstuk 9:102-104 (Dreckmeyr 1997) deeglik en som die belangrikste riglyne ten opsigte van evaluering op soos gesien (vanuit ʼn Bybelse perspektief) deur die betrokke outeur. Verskaf enkele riglyne wat beoordeling en evaluering in taalonderrig betref soos u dit graag sou wou toepas

6.2 Die leerder in die beoordeling- en evalueringsprosesIn alle vakonderrig moet leerders daarvan bewus gemaak word dat beoordeling en evaluering wyses is wat deur God daargestel is, waardeur Sy kinders gevorm en voorberei word vir die ewige lewe, m.a.w. die Koninkryksperspektief behoort altyd in gedagte gehou te word. Leerders moet seker maak dat hulle in geloof ten volle gebruik maak van leergeleenthede, dat hulle die tyd moet uitkoop, sodat hulle hul verantwoordelikhede as rentmeesters kan nakom (2 Tim 2:2, &15). Leerders moet ook daaraan herinner word dat die Here verwag dat ʼn mens te alle tye sy/haar bes moet doen en dat mislukking nie noodwendig sonde is nie. Ook dat hy/sy op die Here kan vertrou en bewus moet wees van die krag wat geput kan word uit ware geloof in God, die Almagtige (Horton 1992:22-24). Aktiwiteit 20Wat sal u uitgangspunt wees as Christengelowige as u leerlinge moet aanwys vir ʼn meriete- toekenning in taal, soos byvoorbeeld tydens ʼn prysuitdeling?. Watter kriteria sal u gebruik en hoe sal u dit toepas? Hoe sal u die leerders wat nie pryse ontvang het nie bemoedig?

7. Lesbeplanningʼn Lesskema word soms vergelyk met ʼn padkaart wat die rigting moet aandui sodat ʼn persoon by sy bestemming kan uitkom (Nieman 1996:140). Hierdie waarheid geld ook vir die onderwyser wat, natuurlik in geloof, in Christelike vakonderrig bepaalde doelwitte of uitkomste wil bereik. In Hoofstuk 9 van Dreckmeyr (1997:100-102) verskyn ʼn voorbeeld van ʼn algemene lesskema wat deur onderwysers gebruik kan word en wat gebaseer is op een wat deur Van Brummelen aanbeveel word (kyk pp 72-74 in Dreckmeyr 1997). Alvorens die onderwyser in Christelike taalonderrig ʼn les kan beplan behoort hy/sy hom/haar van die volgende te vergewis:

1. Wat die grondbeginsels van Christelike onderwys is 2. Waaroor dit werklik in onderwys en opvoeding gaan

14

Page 15: CHRISTELIKE VAKONDERRIG: TALE (EERSTE EN ... · Web viewPublikasies en aanbiedings met ʼn Christelike titel of storie is nie noodwendig Bybelgefundeerd nie, bv Jesus Christ Superstar

3. Wat die verband tussen die skool, die huis en die kerk is 4. Wat die doel van Christelike onderwys en opvoeding is asook die doel van

Christelike taalonderrig in besonder.5. Wat Christelike onderrig en leer behels.

Aktiwiteit 21 Bestudeer Hoofstukke 7 & 9 van Dreckmeyr (1997) deeglik en stel u eie formaat (raamwerk) van ʼn les op wat u met vrug vir enige van die VIER kommunikasievaardighede (luister, praat. lees en skryf) kan gebruik en waarbinne die beginsels vir Christelike taalonderrig geakkommodeer kan word.

8. SlotIn hierdie aanbieding is daar gepoog om op ʼn praktiese, maar nogtans verantwoorde wyse aandag te gee aan taalonderrig vanuit Bybelse perspektief. Daar is heelwat perspektiewe gebied, opmerkings gemaak en wenke gegee, maar oorsigtelik en opsommend is die kern van wat gestel is, vasgelê in die volgende grafiese voorstelling (in aansluiting by die bekende spreekwoord dat ʼn prent meer sê as ʼn duisend woorde!):

Gedagtig daaraan dat verhoudinge deur taal gedra word, gaan dit wesenlik daarom dat God met die mens praat in die indikatief (wie Hy is) en imperatief (wat Hy verlang) en dat die mens daarop antwoord deur onderskeidelik eerbied en gehoorsaamheid. Maar die mens staan ook wat sy/haar woorde en dade betref in relasie tot hom-/haarself (in terme van die gewete), die medemens (in terme van diens) en die skepping (in terme van sorg). Die rol van taalonderwys is daarin geleë om deur die bybring van taalkennis en -vaardighede die wesenlike relasies (tot God, self, medemens en skepping) te help stig, rig en ondersteun.

BibliografieDANIEL E., WADE, J.W. & GRESHAM, C. 1993. Introduction to Christian education. Cincinnati, Ohio: Standard Publishing Co.

15

Page 16: CHRISTELIKE VAKONDERRIG: TALE (EERSTE EN ... · Web viewPublikasies en aanbiedings met ʼn Christelike titel of storie is nie noodwendig Bybelgefundeerd nie, bv Jesus Christ Superstar

DE JONG, N. 1979. Education in the truth. Phillipsburgh, New Jersey: Presbyterian and Reformed Publishing Co. DRECKMEYR, T. 1997. Towards Christian centred education. Pretoria: Cce Books.Edlin, R.J. 1994. The cause of Christian education. North Port: Vision Press.FOWLER, S. (Ed.). 1990. Christian Schooling: education for freedom. IRS publikasie. Potchefstroom University for Christian Education: Potchefstroom. FOWLEr, S. 1987. Christian educational distinctives. IRS publication. Potchefstroom University for Christian Education.FRANKL, V. 1970. Sê ja vir die lewe. Vertaling deur Deist, F. Kaapstad: Tafelberg. HAY, J. 1997. Rising up the foundations. A model, seminar and resources for developing a Biblcal integrated school curriculum. Paper delivered, Hatfield, Pretoria, South AFrica. HORTON, R.A. (Ed.). 1992. Christian education: its mandate and mission. Greenville, South Carolina: Bob Jones University Press. MATZKEN, R.H. Vorming van de nieuwe mens met Kurrikulum 2005. Bydrae vir Seminaar: Die praktykmaking van Christelike onderwys, UNISA, Pretoria, SA. MECHIELSEN, J. (Ed.) 1980. No icing on the cake: Christian foundations for education. Melbourne: Brookes Hall. NIEMAN, M.M. 1996. Vakdidaktiek: Afrikaans (HOD): Enigste studiegids vir MANOOO-M. Pretoria: Univeriteit van Suid-Afrika. PU vir CHO. 1994. Venster op die kunste: Christelike perspektiewe. Reeks F, no 45. Potchefstroom.ROOKMAAKER, H.R. 1992 Art ... needs no justification. Leicester, England: Inter-varsity Press.STEENSMA, G.J & VAN BRUMMELEN, H.W (Eds.) 1977. Shaping the school curriculum: a Biblical view. Terre, Haute, Indiana: Signal. STOKER, P.H. & GERBER, J.M. (Eds.) 1997. Voed hulle op: grondslae vir Bybelgefundeerde primêre en sekondêre volkseie skoolonderwys. Bloemfontein: VCHO.VAN DER WALT, P.D. 1992. Gerrit Dekker: Christen literator. Instituut vir Reformatoriese Studies (IRS). Publikasies. Potchefstroom.

16