deel twee p 110 in die wit boek€¦  · web viewmaar terug na ons dorpiebesoeke. vanaand word...

193
'N KURSORIESE BLIK OOR MY LANG LEWE deur A M SCHEFFLER 1

Upload: others

Post on 16-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

'N KURSORIESE BLIK OOR MY LANG LEWE

deur

A M SCHEFFLER

1

Page 2: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

VOORWOORD

Ek was nooit van plan om my herinneringe neer te skrywe nie. Na Rina se heengaan einde 2000 het die kinders aangehou dat ek iets daaraan moes doen. Daarby was daar ook die aandrang van my baie kollegas wat my van tyd tot tyd daartoe aangepor het. Uiteindelik, omdat my werklas grootliks afgeneem het, het ek besluit om my daaraan te waag.

Om dit te skryf was nie te moeilik nie, maar die persoon wat die geskrewe moes oordra in leesbare vorm, wie sou dit doen? Toe kom Rini en sê: "Pa, ek het so pas afgetree by die Bybelgenootskap; ek wil dit graag vir Papa doen." Daar en dan was die probleem opgelos. Vir haar wil ek baie, baie dankie sê. Sonder haar hulp sou ons glad nie verder gevorder het nie.

Dit is jammer dat Rina nie haar kommentaar kon lewer nie. Maar aan die liewe Heer my diepe dank en waardering. Hoe dikwels moes ek al daaraan dink wat Hy gedurig vir ons sê: Julle is kosbaar in my oë.

2

Page 3: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

INHOUD

Waar kom die Schefflers vandaan?My ouers: Fritz en Lydia // Broers en susters // My eie jeugherinneringe // My bekering

Bloemfontein en nuwe vriendeDie Oxfordgroep in Bloemfontein // Sy roepstem // Afskeid aan Bloemfontein, 1932

WellingtonVriendskappe op Wellington // Ons dosente // Studentevakansies // Eindeksamen!

Waarheen nou?Londen // Fietstoer deur die Engelse platteland // EuropaDie Duitslandse familie // Wupperthal-Elberfeld // Bielefeld // Berlyn // Oos-Pruise // Königsberg // Rosenberg // Verder ooswaarts! // Terug na Engeland en Suid-Afrika

Sake van die hart

Aankoms in Suid-en Noord-Rhodesië

3

Page 4: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Lusaka en Broken Hill // Op Broken Hill // Lusaka // Besoek aan Elizabethville in die Kongo // Droewige nuus en vliegtuigvlug na die Suide

Terug na ZambiëKamoto // Ulendo's // Raadsvergaderings

Trouplanne!Troue op Bredasdorp // Terug na die Noorde en 'n nuwe lewe saam // Jagavonture langs die Luangwa // Muis! Muis! // Op ulendo na die dorpies

Malaria dwing ons terug na die SuideBredasdorp en Napier //

Die RandMoeilike tye // Beroep na Saulspoort en motor koop in Johannesburg!

Beter dae op SaulspoortMy werksgebied en bediening // Jan Bolletjies // Ubuntu // Huweliksbevestiger // Aanneming en voorstelling // Opvoeding: skole // Daar was selfs 'n sensus! // Ons blanke vriende en bure // Afskeid!

Kaap toeWeskusbesoeke, kreefdoppe en diamante! // Die Ring van Langa: Langa Nyanga Gugulethu Veldrif Springbok Paarlomgewing Worcester // Die eerste Sinode van 1954 in Langa // Vrouewerk // 'n Ware regterhand // Instroming // Skole as arbeidsveld // 'n Laatlam vir ons // Leraaropleiding

Verplasing na Queenstown

Roepstem uit die KaapNesskop in Pinelands

Europa 1964Engeland // Nederland // België // Parys // Duitsland en die Gereformeerde Wêreldbondkongres // Liechtenstein // Switserland // Italië // Griekeland // Israel // Die einde van 'n wonderlike reis

Die Moederkerk

'n Geloofsdaad: Efata skool vir Blindes en Dowes

4

Page 5: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Oos-Londen Vukuhambe Skool vir fisiek gestremde kinders

Werknood by Dimbaza Zipha MfesaneKoos Dankers // Jan Boon // Uitnodiging na Nederland en my derde besoek aan Duitsland 1981

Port Elizabeth, die volgende uitdaging Khanyisa Skool vir Blindes

Maar ook in die Skiereiland … Noluthando Instituut vir DowesMadiba wy die geboue in

Intussen in Port Elizabeth …

Zenzele Opleiding en Ontwikkeling, Khayelitsha

Teleurstellings was daar ookZensele, 'n ligpunt in die donker

Toekennings

Op die tuisfrontMfuleni en Lwandle// Millsstraat 26 // Die bure van Millsstraat // Afskeid aan ons geliefde Buffelsbaai

Ons laaste trektog - na SerenitasOns bure by Serenitas

En nou …

5

Page 6: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

'N KURSORIESE BLIK OOR MY LANG LEWE

Waar kom die Schefflers vandaan?Asof dit net hulle is. Nee, van moederskant was die invloed net so groot, indien nie groter nie. En hulle was nie eens regte Duitsers nie – afkomstig van Litaue, met eie taal en gebruike. Oupa was bouheer en het later verhuis na Königsberg.

As Oupa en Ouma oor iets wou gesels wat die nuuskierige dogters nie moes hoor nie, het hulle oorgeslaan na Litaus. Dan kon hulle lustig verder gesels. Van die Stakliesgesin weet ek ongelukkig niks verder nie, behalwe dat Oupa en Ouma diepgelowige mense was, en dit is tog maar die hoofsaak. En in daardie gesindheid het Mama dan ook grootgeword. Daarom kon sy, toe die roepstem kom om na die verre Afrika te verhuis en haarself toe te vertrou – ongesiens – aan 'n jong Duitse sendeling, Friedrich Scheffler, kon sy ook reken op die goedkeuring en ondersteuning van haar ouers.

Maar die Schefflers – waar kom hulle vandaan? My seun, Eddie Scheffler, het op 'n goeie dag hier aangekom met 'n dokument uitgegee deur die "Historical Research Centre". Waar hulle aan al die gegewens kom, is vir my duister, maar saam met wat ek reeds geweet het, werp dit nogal lig op ons familieverlede. Eienaardig genoeg wys die naam Scheffler heen op mense van 'n "occupational origin being one of those surnames derived from the type of work a man once did or the profession which he pursued". Die naam kom van 'n ou Hoogduitse woord "schaff" wat beteken "vat" of "kuip", met ander woorde, vatmaker of kuiper. Interessant genoeg is dit dat my vader se ambag wat hy moes bemeester, juis dié van kuiper was. Dit was destyds 'n voorwaarde van die Berlynse Sendinggenootskap dat, voordat kandidate vir teologiese opleiding aanvaar is, hulle eers

6

Page 7: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

'n professie of ambag moes aanleer om sodoende in die arbeidsveld wat hulle sou betree, hulself en andere te kon help en nie totaal afhanklik van andere sou wees nie.

Wat meer is, die Lutherbybel praat ook herhaaldelik van 'n "scheffel", te wete 'n maat, 'n skepel, 'n mud koring of 'n vat. So het my nooitvergete vader die ou familienaam die eer aangedoen om 'n werklike Scheffler te word. Die oudste bekende vermelding van die naam kom voor in 1204 toe ene Liupoldus Schefwürcher naby Passaugeleef het, terwyl Ulrich Scheffler in 1306 in Augsburg woonagtig was. In 1489 woon ene Nicolaus Scheffler in Poesnach volgens die sogenaamde Matriekel1 van die Universiteit Leipzig, 111, p 751.

Verder weet ons dat die Schefflers oorspronklik afkomstig was uit Oostenryk, ten minste, ons eie voorsate. Hulle was Protestante wat op bevel van die beherende aatsbiskop die land moes verlaat, maar wat 'n tuiste gevind het in die verre en destyds ylbewoonde noorde, te wete Oos-Pruise. Daar is hulle verwelkom en tuisgemaak deur koning Frederik die Grote, bekend as "der alte Fritze". Daar kon ekself nog van hulle nasate in 1936 raakloop toe ek op besoek aan familiebetrekkings in Oos-Pruise was na afloop van 'n studiekursus in Londen. So kon ek Papa se ou tuiste opsoek. Selfs die ou laerskool waar my vader destyds skoolgegaan het, is aan my in die dorpie Rosenberg uitgewys. Ten spyte daarvan dat die hele gebied nou deel van Rusland geword het, kon 'n kleinneef, naamlik Ewald se seun, Eben-Hans, gewapen met 'n foto van die skool, die ou Rosenberg opsoek, nou met 'n Russiese naam. Maar die skooltjie staan nog steeds daar! Dus, nie net die nageslag van die Hugenote in Suid-Afrika kan hulle beroem op hulle Protestantse erfenis nie, maar ook daardie moedige skare wat met oskarre die lang tog onderneem het om 'n nuwe tuiste te vind.

Maar wat nog merkwaardiger is, is dat ons familielede aan moederskant, te wete die Zippliesgesin, direkte verbintenis met die Hugenote het, deurdat die naam 'n verwronge vorm is van "Hugenote". Dit is aan my mondeling meegedeel deur daardie Zippliesfamilielede met wie ons nog steeds in verbinding is. Tot dusver die verre verlede. Ek wil egter nog net dit byvoeg, naamlik dat my grootmoeder aan Schefflerkant 'n diepgelowige was wat 'n groot invloed uitgeoefen het op haar seun, my vader.

My ouers: Fritz en LydiaNou iets oor my eie ouers, Friedrich en Lydia Scheffler, en hoe die Here hulle gelei het om vanuit Oos-Pruise hier na die verre Suidland te kom en hulle hier te vestig. Beide is, soos reeds genoem, gebore en getoë in die koue, verre noorde, in Oos-Pruise, die provinsie van Pruise waarvandaan die meeste van die beroemde generaals van die Duitse leër kom. In die graafskap van so 'n Duitse baron is my vader gebore en het hy onder meer geleer om 'n ervare ruiter te word, iets wat hom in sy latere loopbaan goed te pas gekom het.

Soos al die ander in sy tuisdorp was ook sy vader 'n landbouer en het hy van kleins af geleer wat handearbeid en bewerking van die grond beteken. Daarin was hy besonder goed onderrig. Wat daar gereeld gedoen moes word, het hy later voortgesit toe hy ook op Haarlem in die Langkloof vleilande moes omskep in vrugbare landbougrond.

Van sy jeug het hy ons nie veel vertel nie. Tewens, dwarsdeur sy lewe het ons weinig gehoor van sy doen en late, behalwe van die goue jare soos hy dit beleef het toe

1 Argief

7

Page 8: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

hy vir 'n kort termyn sendeling was in die huidige Zimbabwe, op die sendingstasie Gutu. Maar daaroor later meer.

As kind was hy bedrewe in skaats oor die bevrore mere van Oos-Pruise, in visvang in die somer en is as ruiter op die stoetperde van die graafskap. Hy het 'n onderwyser gehad wat die leerlinge nie net in die drie R’e onderrig het nie, maar wat ook 'n kenner was van al die landbouaktiwiteite en wat sy leerlinge onderrig het in die kuns van bome ent, en wat nog alles. Hulle het daar in die volkskool meer kennis opgedoen as wat die gemiddelde dorpskind by ons sou leer. Daardie kennis was dan ook nie net boekkennis nie, en hy kon dit in sy latere lewe goed toepas. Maar dit was as enigste seun met twee susters veral sy moeder wat die diepste vormende invloed op sy lewe uitgeoefen het. Soos so baie van haar landgenote was sy met haar geringe lewensgeleenthede 'n sendingliefhebber wat alle moontlike sendinginformasie ingesamel het en toegepas het. Op hierdie wyse het die jong Fritz as kind alles daarvan gehoor en het die begeerte om self eendag sy lewe aan die sendingtaak toe te wy, reeds baie vroeg in hom ontstaan. Dit het hy dan ook reeds as agtjarige aan sy gesin meegedeel en later weer as veertienjarige, sodat selfs sy vader wat eintlik 'n andersdenkende was, daarvan kennis geneem het.

Na hierdie jare was dit veral die jong pastor Ewald Edelhoff (my broer Ewald is na hom vernoem) wat jare lank sy vertroueling geword het en baie gedoen het om hom aan te moedig op sy ingeslane weg. Herhaaldelik het die jongman sy lewensdoel uit die oog verloor, maar is hy weer teruggelei, sterk beïnvloed deur sy moeder en pastor Edelhoff.

Toe ek destyds Rosenberg besoek het, was ek nuuskierig om te weet waar Friedensberg is, die kerk wat Papa-hulle bygewoon het. Die pad daarheen het ek gou gevind en toe voetgeslaan daarheen. Sover ek my kon herinner, was dit net die kerk en pastorie wat daar gestaan het. Rondom was landbougebied met 'n redelike groot melkverwerkingsfabriek nie ver daarvandaan nie. Ek het toe ook die predikant daar opgesoek en besonderhede van hom ontvang in verband met Papa se familie. Daardie dokument is ongelukkig nie meer in my besit nie. Vanaf Rosenberg is ek met die trein verder na die Russiese grens, want ek wou graag die Hindenburg-gedenkmonument sien. Dit is op die plek waar die ou Maarskalk die Russe in 1917 finaal verslaan en tot oorgawe gedwing het. Hy is ook daar begrawe, maar dit is seker alles met die grond gelykgemaak!

Intussen het Papa sy opleiding as kuiper – scheffler – voltooi in sy strewe om hom voor te berei vir opname in die Berlynse Sending se teologiese seminarium. Na voltooiing van sy diensplig in die Duitse leër het hy hom dan ook heelhartig op sy studie toegelê en is hy na voltooiing daarvan uitgeplaas as sendeling te Gutu, in die huidige Zimbabwe. Dit was een van drie Duitse sendingstasies wat in 1907 deur die NG Kerk, Kaapland, oorgeneem is om deel te vorm van die bekende Shona-sending met Morgenster as hoofstasie.

Dit was hier waar hy as jong sendeling die eensaamheid van 'n kluisenaarsbestaan ondervind het. Na lang gebed wend hy hom tot sy ou pastor om hulp. Daar begin toe die wonderlike verhaal van twee jongmense, albei met een groot doel voor oë naamlik om die Meester te verheerlik en beskikbaar te wees daar waar die Here hulle heen sou lei. Fritz rig 'n brief aan pastor Edelhoff om hom by te staan in die vind en keuse van 'n jong meisie wat kans sou sien om, as gevolg van haar vertroue op die Here en haar begeerte om Hom volkome te dien, bereid sou wees om haarself aan die jong sendeling toe te vertrou en die vreemde Afrika in te gaan as bruid van Fritz Scheffler.

8

Page 9: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Wat nou sou volg, word volledig beskryf in die boekie Liewe Lydia - Liewe Fritz 'n versameling en verkorting van hulle liefdesbriewe oor die jare 1905-1906.

Uiteindelik is hulle nie op Gutu, soos oorspronklik besluit, in die huwelik bevestig is nie, maar in die St Martini-kerk in Langstraat, Kaapstad toe hulle twee mekaar vir die eerste keer in persoon te siene gekry het.

Weens die feit dat Fritz nie minder nie as drie aanvalle van die gevreesde en dodelike swartwaterkoors oorleef het, het dr Helm te Morgenster hom ernstig aangeraai om die land te verlaat. Terselfdertyd is in Berlyn vasgestel dat Lydia 'n lekhart het en haar beslis nie in die trope kon vestig nie. Bygevolg is hulle planne heeltemal verander en is besluit dat hy haar in Kaapstad sou ontmoet en dat hulle daar in die huwelik bevestig sou word. Dit het dan toe ook plaasgevind toe sy op 29 September 1906 in Kaapstad aan wal gestap het en deur pastor Fuchs met Fritz in die eg verbind is.

Die tydperk wat hulle vir mekaar gespaar gebly het vanaf September1906 tot Oktober 1937 was diep gelukkige lewensjare, hoofsaaklik omdat albei steeds net die een groot lewensdoel voor oë gehou het, dit ten spyte daarvan dat Mama kort na die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog tot aan haar dood aan Parkinsonsiekte gely het. Uiteindelik is sy as gevolg van 'n hartaanval oorlede.

Miskien moet ek tog noem dat, kort na die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914, die polisiehoof op Uniondale - ons distriksdorp toe ons op Haarlem woonagtig was - nie kon verdra dat 'n Duitser in sy magsgebied ongestoord sy werk kon voortsit nie. Hy moes geïnterneer word. 'n Grustorie is toe saamgeflans dat Papa mensgeraamtes by die kerkhof sou bymekaargemaak het – die beendere was egter in 'n storm oopgespoel. Hy is toe summier beveel om per trein na Port Elizabeth af te reis om geïnterneer te word. Intussen is superintendent Grosskopf, 'n ou kennis van generaal Jan Smuts, vroeër uit Bloemfontein verwittig van die gebeure. Hy het onmiddellik met die Generaal die saak opgeneem en bevel is gegee dat, sodra die trein by Uitenhage sou aankom, Scheffler vrygelaat moes word en teruggestuur moes word na Haarlem. Destyds is vermoed dat die skok van die gebeure Parkinsonsiekte by Mama sou aangebring het. Vandag dink ons anders daaroor.

Papa het veel ouer geword en het tot kort voor sy dood in 1966 werksaam gebly en gedoen wat sy hand kon vind om te doen; altyd was daar letterlik die gewilligheid om self sy hande uit te steek, veral wat betref die oprigting van skole. Hy wou die Evangelie met alle middele tot sy beskikking uitdra en het skole daarom as 'n besondere kanaal gesien. Tot in sy ouderdom en lank na aftrede het hy daarmee volgehou en oral waar hy hom tydelik gevestig het, die Evangelieboodskap ywerig uitgedra. "Vyftig jaar gelede wou ek hierdie skole oprig, toe is ek gekeer, maar nou wil ek hierdie taak nog verrig." Toe my dogter, Rini, haar eerste betrekking as onderwyseres opneem, skryf hy aan haar: "Naas my eie roeping ag ek jou roeping die hoogste …"

Op 93-jarige ouderdom in 1966 het hy van ons afskeid geneem, diep betreur deur al sy kinders en kleinkinders en baie bekendes en vriende. Al die bruinmense van Mosselbaai en omgewing het hom geken as Ou Meneer, 'n man wat steeds ontsag ingeboesem het, maar vir wie hulle baie liefghad het. 'n Besondere deel van sy doen en late was die tandetrekkery wat byna daagliks buite sy studeerkamer plaasgevind het. Almal in nood kon kom, maar dit was nie die plek vir "sissies" nie. Die stel tange waarmee hy tande getrek het, is nog steeds in ons besit.

9

Page 10: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Broers en sustersOns ouers se invloed op ons almal se lewens, in sekere sin veral dié van Mama vanuit haar siekbed, was baie, baie diepgaande, terwyl Papa vir ons almal 'n wonderlike voorbeeld gebly het van volkome onbaatsugtigheid gepaard met 'n ysere selfdissipline en diepe liefde vir sy kinders en kleinkinders. Al ses ons kinders het oor en oor daarvan getuig – ons ouers het ons 'n skat nagelaat. Nie in terme van silwer en goud nie, maar in terme van praktiese vroomheid, diepe geloof en 'n volkome vertroue op die Here ten opsigte van alles in ons verskillende lewens.

Oor my ander gesinslede kortliks die volgende: Anni was 'n onderwyseres by uitnemendheid. Ek loop af en toe nog oudleerlinge van haar raak wat net die allerhoogste lof oor hulle vorming onder haar hande kan uitspreek. Sy is na 'n paar jaar in die onderwys deur Papa in die huwelik bevestig met ds Peter Stroebel, predikant van Herbertsdale. Stroebel was 'n lewenslustige mens en het daardie genes ook op sy dogters, Lydia en Protea, oorgedra. Hy egter kort na Mama oorlede en van toe af moes Anni alleen as onderwyseres haar gesin versorg. Maar wat interessant is, is dat Anni 'n paar jaar lank pastoriemoeder was in haar geboortehuis waar ons drie oudste kinders gebore is, naamlik syself, Hans en ek. Die ou Schefflertuiste staan vandag nog, maar word nie meer as pastorie gebruik nie.

Na Mama se heengaan het sy die plek van "mater familias" ingeneem. Sy het die hele familie altyd op hoogte gehou van alle familiesake. Selfs met die oorsese familie het sy kontak gehou, want sy het baie van hulle ook self besoek. Queen Anne was 'n persoonlikheid op haar eie, 'n mens met baie vriende en bekwaamhede wat sy hoofsaaklik in diens van haar medemens gewy het. Sy is op 26 November 1984 na 'n kort siekbed in Kaapstad oorlede.

Hans het hoërskoolonderwyser geword. Ook hy was baie geliefd, maar ook streng. As seun en die oudste van ons vier seuns het hy geheers oor ons jongspan. Ons moes maar buig voor sy bevele! Hy is later getroud met die lewenslustige Kitty Louw wat die Scheffler-nakomelinge sterk vermeerder het en haar lewenslus ook op hulle oorgeplant het. Sy woon tans in die Santos Haven-aftreeoord in Mosselbaai. Hans het veral ook veel gedoen om skole-atletiek in die Skiereiland te bevorder. Vir sy aandeel hieraan het hy dan ook 'n spesiale toekenning vang. Later het hy ook 'n leidende rol gespeel in die "Bund, Nachkommen, Berliner Missionaren in Südafrika." Beide hy en Anni is op gevorderde leeftyd te ruste gelê, diep betreur deur hulle gesinslede en baie vriende.

Theo was altyd die "bright boy". Papa het hom van kleins af "doktor Phil" genoem, 'n bynaam wat hy ook uitgeleef het deur veral fisikus te word, met studie in die atoomfisika aan die Universiteit van Cambridge, kort voor die Tweede Wêreldoorlog, waarvoor hy 'n beurs bekom het. Hy is in Engeland getroud met Rita Steyn. Met hulle vier seuns het hulle die Schefflerfamilie verder versterk. Afgesien van sy universitêre loopbaan aan die Universiteit van Stellenbosch het hy 'n groot bydrae gelewer het met sy besondere musiekaanvoeling en sy aandeel aan daardie kultuurskat. As stigterslid, leier en later lewenslange lid van die Berg- en Toerklub van die Universiteit van Stellenbosch was hy baie bekend. Min Bolandse en ander Kaaplandse berge is nie deur hom bestyg nie. Hy is in 2000 in die ouderdom van ag en tagtig jaar oorlede.

Ewald was 'n "woelige" mannetjie wat nie maklik onder dissipline gebuig het nie. Hy het met Papa en Mama daaroor gebots. Sy opstandige geaardheid het hom later goed

10

Page 11: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

te pas gekom toe hy as leidende en geliefde figuur onder die bosbouers van die Departement Bosbou vir hom naam gemaak het en liefde en respek afgedwing het. Juis hy as bosbouer en gelowige het 'n diepe invloed uitgeoefen oral waar hy geplaas was. En juis hy het die voorreg gehad het om Papa op 'n geleide toer deur sy geliefde Mashonaland te neem. Papa het daarna enige jare lank by hom gewoon. Die twee uiteenlopende geaardhede het mekaar ten volle gevind. Weg was die ou probleme van die verlede!

Ewald was getroud met Huipie Bester en is op in 1967 op die vroeë ouderdom van vier en vyftig jaar aan 'n hartaanval oorlede. Hulle vyf kinders staan hulle plekke vol in hul onderskeie rigtings, Eben-Hans as teologiese doktor by UNISA, wat saam met my seun, Eddie, en Tim, Lydia Steinke se seun, in Papa se spore gevolg het; elk in sy eie rigting in Sy diens.

Van Ruth net dit: Ons baba tuis. "Maüschen" het Papa haar genoem, sy liefling. Deur privaatstudie het sy haar B.A.-graad behaal en daarna 'n jaar lank student geword aan die Hugenote Universiteitskollege te Wellington om haar onderwysdiploma te behaal. Sy het later op Laingsburg en George onderrig gegee. Tot Mama se heengaan het eers Anni en later Ruth vir haar bygestaan. As vrou van ds Danie du Toit, geliefde leraar van George, het sy as onderwyseres aldaar dikwels by die skool uitgehelp, maar toe later vir Papa opgepas toe hy swak begin word het. Daarmee het sy gewys hoe baie sy aard na haar onvergeetlike moeder. Sy oorleef nog haar broers en suster, saam met my. Haar drie kinders verskaf haar groot vreugde.

My eie jeugherinneringeNou een en ander oor myself en die lang lewe wat die Here my geskenk het.

As kinders het ons maar almal saamgespeel en saam net bly gewees oor die lewe. Ek dink hier veral aan die jeugjare in Haarlem waar Papa van 1914 tot 1920 sendeling was waarna ons na Mosselbaai verhuis het met die oog op Mama se stryd met Parkinsonsiekte. Mama het vanaf 1915 aan die verlammende siekte gely tot met haar heengaan in 1937, drie en twintig jaar later.

Haarlem was 'n idilliese plek vir 'n kind. Ons het 'n groot huis bewoon, met 'n groot vrugteboord langsaan en landerye rondom. Die idee van die landerye wat bewerk is deur bruinmense, lede van Papa se gemeente maar onder sy toesig, was dat die sendeling dan maar ongeveer die helfte van die gewone salaris ontvang het. Sodoende is die Sendingkas heelwat gespaar. As kind onthou ek hoe hy in Haarlem, nadat die myne 'n groot bloekombos daar opgekoop het, gehelp het om die bosreuse grond toe te bring. Een boom was baie hoog met 'n gladde stam, met sytakke wat eers hoog op begin het. Niemand kon daar opklim nie. As hy afgesaag sou word en val, sou hy van die geboue daar naby platgeslaan het. Wat nou gemaak? Papa was vreesloos; hoogte het hom nooit beïnvloed nie; ook nie later toe hy as tagtigjarige Anni se huis in Mosselbaai met die hulp van een bruinman weer moes dek nie. Hy maak toe vir hom twee handskoene wat styf vasgegespe kon word, en sorg vir 'n paar skoene, beide handskoene en skoene met spykers wat uitsteek, en so beklim hy toe die honderd en twintig voet hoë boom met 'n dun lyn. Bo aangekom word 'n swaarder, sterk lyn opgetrek en behoorlik aan die boom se kroon vasgebind en toe is die saers onder reg om te saag. Toe die boom toon dat hy sou val, word hy deur middel van die lyn mooi gekeer in 'n veilige rigting!

11

Page 12: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Nie alleen was hy fisies sterk nie, maar ook in sy optrede met mense. Almal het 'n hoë respek vir hom getoon; hy was liefdevol maar nooit eie nie. Wee die man wat hom opponeer as hy reg aan sy kant gehad het. Dan het die staal van sy karakter duidelik na vore gekom. Maar altyd baie, baie regverdig. Nooit sou hy 'n geleentheid aangryp om homself te verryk of homself op die voorgrond te stoot nie. Veral later toe hy herhaaldelik deur Onkel Wedepohl, sy ou kollega van Gutu se dae, genader is om Superintendent van die Sending te word, het hy dit altyd afgewys, maar vir sy werk, sy roeping – alles!

Ek onthou een besondere dag, dit was in die somer. Toe het ek duidelik die drang aangevoel om ook eendag sendeling te word. Ek was toe maar ses of sewe jaar oud. Nou ja, alle kinders droom oor die toekoms. Maar dit kan nie net geïgnoreer word nie, die Heilige Gees het sy wyse van handel wat bo ons denke is.

Nietemin, daardie begeerte het heeltemal in die agtergrond getree. Maar dat die Gees van God wel aktief in my lewe bedrywig was, ly geen twyfel nie. Die feit dat dit 'n lang tyd geneem het, het dit nie minder werklik gemaak nie. Met reg kan beweer word: Jou pa was 'n predikant en jy het sy dienste asook die Sondagskool getrou bygewoon. Die vreesdrome en gesigte waardeur ek telkens as kind gewaarsku is om dinge tussen my en my Skepper reg te stel, was soms so grafies, naamlik dat ek lewendig begrawe word sonder regstelling van my lewe. Sulke drome het gekom en gegaan sonder enige verandering in my lewe. Maar die Here bly getrou en soos ons lees in die gedig, "The Hound of Heaven", het daardie onrus eerder toegeneem. Dit het eers later sy krisispunt bereik waarna my lewe totaal en radikaal verander het

Na ons verhuising na Mosselbaai, het ons daar rustig skool gegaan; eers aan die Boys’ Public School, met alles deur Engelsmedium. My jonger broer, Theo, en ek het bloedmin Engels verstaan en Miss Graham moes met ons op 'n geradbraakte Afrikaans-Hollands praat. Dit was egter die allervinnigste wyse waarop ons Engels onder die knie kon kry.

Ek onthou net dat ek daardie eerste kwartaal tweede van "bottom" gestaan het. Theo het baie beter gevaar en baie gou die eerste plek verower. Geleidelik het dit met my ook beter gegaan en kon ek spoedig ongeveer die middelste plek verwerf wat dan ook my klasposisie gebly het vir die res van my skoolloopbaan. Theo, 'n jaar jonger as ek, het gereeld met die louere weggestap. Eienaardig genoeg het ek nooit 'n gevoel van jaloesie jeens hom gekoester nie. 'n Paar jaar gelede het hy met my daaroor gesels en sy waardering uitgespreek dat ek dit hom nooit beny het nie. Gelukkig was my ouers ook nooit ontevrede met my vordering nie. Hulle het dit aanvaar dat ek net met minder bedeeld was as Theo en ons net steeds aangemoedig om ons beste te lewer.

"Boys will be boys" was ook waar van ons twee. Ons leerplek was 'n redelike ruim stoepvertrek met 'n groot tafel en stoele. Maar intussen het die Schefflertjies geleer om die genot van boeke te smaak. Mama het altyd voor op die stoep gesit, ook ywerig besig om te lees, iets waarvoor sy baie tyd gehad het omdat sy nie meer alleen kon beweeg nie en lees baie geniet het. Af en toe het sy dan geroep:

"Leer julle nog ywerig?"Dan het ons die biblioteekboeke vinnig weggesteek, 'n leerstuk te voorskyn gehaal

en getrou geantwoord:"Ja, Mama, ons leer."Ons kon dus albei beter op skool gevaar het!

12

Page 13: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Eers die laerskool en toe die hoërskool. Dáár moes ons 'n ander deuntjie sing. Huiswerk was daar genoeg, maar veral die Latyn het veel van my geverg. Mnr Burns, 'n streng Skotsman, was onderwyser van Latyn en het geen speletjies geduld nie. Sy swart, opgerolde "strap" was aan ons almal goed bekend. Waar nodig het hy goed ingelê en soms oopgeslaan.

Vir Bobby Burns het ons almal 'n groot ontsag gehad en so moes ons maar net leer en nogmaals leer. Tot vandag toe nog is ek bly daaroor, want ons kennis van Matrieklatyn was beslis nie swak nie en stel my steeds in staat om die Vulgatabybel met redelike gemak te volg!

My bekeringMet my het dit in hierdie jare sleg gegaan. Ons het begin groot word met al die fases van puberteit. Dit was vir my 'n bittere periode en ek het ernstig geworstel om sin te probeer maak van hierdie verwarrende tyd wat die meeste jongmense deurmaak.

Prof H D A du Toit beskryf die monster van onkuisheid in sy Bybelse Dagboek. En dit is hoegenaamd nie beperk tot jongmans en jongmeisies nie. Soos die Here dit self beskryf, is dit iets wat gebore word in die gedagtewêreld en wat die lewe van 'n mens totaal vertroebel. So was dit ook met my.

Maar juis hier kom die wonderbare genade en liefde van God in. Hy laat ons nie alleen daarmee worstel nie. Wanneer ons die implikasies van onreinheid regtig agterkom, laat Hy ons nie alleen nie, maar toon ons aanhoudend dat ons hulp nodig het, hulp buitekant onsself. Daardie tyd in my lewe het ek baie geworstel en die Here gevra om te help.

Hoe goed kan ek dit nog onthou. Een middag was ek volkome raadop en het daar bo in die Park rondgeloop en nie geweet wat om te doen nie.

Die Heilige Gees was besig om met my te praat:"Gaan na Mama, vertel haar alles en vra om hulp."

Ek het gehoorsaam en haar gaan opsoek waar sy op die rusbank gelê het. Sy was destyds al baie ernstig aangetas deur die Parkinsonsiekte en kon nie meer rondbeweeg nie. Maar sy was daar vir ons almal en ons het dit geweet.

Sy het alles stil aangehoor en geantwoord: "André, jy moet die Here vra om jou vry te maak, jy moet tot Hom bid." En sy het vir my voorgegaan..

Daarna sê sy: "Nou moet jy Hom dank dat Hy jou vrygemaak het. Dit maak nie saak hoe jy voel nie, Hy beloof om op ons smeekgebede te antwoord en Hy het dit ook nou met jou gedoen. Bid nou en dank Hom dat Hy jou verlos het."

Dit het ek met groot huiwering gedoen en nog nooit spyt daaroor gevoel nie. Vir my was dit die begin van 'n volkome nuwe lewe. Ja, natuurlik was daar val, maar altyd weer opstaan, altyd weer bid om vergiffenis en dit ontvang. Ek was toe sestien jaar oud en daarmee het my nuwe lewe begin.

As ek terugkyk, sien ek hoe swak ek eintlik is, maar dan hoe sterk ons Magtige Verlosser is. Dit maak vir my deesdae nuwe sin as ek die Psalms lees. Byna almal bely swakheid, afdwaling of magteloosheid teen die Vyand, maar eindig met 'n lofprysing van God wat magtig is om te verlos en altyd sy Hand betyds uitsteek. Só het Hy ook sy Hand uitgesteek na 'n Petrus wat onder die water wou wegsink en wat uitgeroep het: "Here, red my, ek vergaan", en hom geantwoord: "Waarom het jy getwyfel?" nadat Petrus weer opgerig is.

13

Page 14: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

My nuwe lewe? Baie gebrekkig soos dié van 'n pasgebore baba, maar sterk in die Here! Spoedig hierna was die eindeksamen daar en ek het ernstig begin dink aan die toekoms. My ouer broer, Hans, en suster, Anni, het Stellenbosch gekies. Theo heel natuurlik ook, want met die beurse wat hy verwerf het, kon hy sonder skuld gaan studeer en later selfs na Cambridge gaan vir gevorderde studie in stroomfisika, sonder om skuld te maak. Dit was my nie beskore nie en ek wou ook nie.

Eers het ek ses maande teen twee pond per maand in 'n plaaslike apteek gaan werk, van agt tot ses saans op weeksdae en Saterdae van agt tot agt saans, darem met Woensdagnamiddag vry. Ook dit was nie verniet nie en het my later goed te pas gekom.

Bloemfontein en nuwe vriendeIntussen het Papa probeer hulp kry by kennisse, want ek wou graag by die Staatsdiens aansluit. Maar dit was geen maklike taak nie, want dit was die tyd van die Groot Depressie en permanente, lonende werk was baie moeilik bekombaar. Hy het egter daarin geslaag en uiteindelik kon hy my as sewentienjarige op die trein laai na Bloemfontein waar 'n pos vir my in die Akteskantoor oopgegaan het. Dit was in die middel van die winter; 8 Julie 1929.

By my vertrek vanaf Mosselbaai was dit aangenaam warm, die hele omgewing pragtig groen, maar die volgende dag deur die Karoo bitterkoud, kaal en droog. Boonop het sneeu geval en is die trein langs die pad twaalf uur vertraag omdat een van die bergpasse toegesneeu was. Dit was 'n bekendstelling aan die binneland, vir my as sewentienjarige heeltemal onbekend. Losies is ook vir my gereël by privaat mense in 'n huis, maar sonder warm water. Van bad was daar dus geen sprake nie, wel van 'n koue stort wat my verys agtergelaat het. My voete het die heeldag nooit warm geword nie vanweë my lae bloeddruk, waarvan ek destyds nog onbewus was. Van doodgaan was daar beslis geen sprake nie! Bygevolg het ek 'n tydlank gereeld die publieke baddens besoek waar ek lekker kon week!

Die volgende dag kon ek my by die Akteskantoor aanmeld, waar ek voortaan sou werk. Gelukkig was daar in Bloemfontein ook "Onkels" en Tantes", nie familie nie, maar verteenwoordigers van die Berlynse Sending waaraan Papa behoort het en waarvan die sendelinge ons Suid-Afrikaanse "familie" was. Hulle was goed vir my en het die jongeling met liefde ontvang. Daar het ek op dié wyse 'n aantal gesinne leer ken. Mettertyd het ons goeie vriende geword en kon ek selfs Bethanië-sendingstasie besoek, hulle oudste sendingstasie in die land. Onkel August Müller was daar werksaam. Sy gesin was baie vriendelik en het my altyd weer uitgenooi. Ook op Bloemfontein kon ek kennis maak met Onkel Ernst Müller, die plaaslike sendeling wat 'n goeie vriend geword het en so ver gegaan het deur my later na voltooiing van my studies te probeer oorreed om by hulle aan te sluit. Hy sou alles met Berlyn reël. Daarvoor het ek egter nie kans gesien nie. Ek het immers my keuse gemaak. Meer daaroor later.

Die Oxfordgroep in BloemfonteinDie volgende jaar sou 'n verdere keerpunt in my lewe word. Die "Oxford Groep" het die land besoek en sy eerste groot "house parties" in Bloemfontein gehou. As jong gelowige het ek daarvan gehoor en ook gaan luister. Hulle leier het 'n baie groot indruk op my gemaak met sy volkome openhartigheid en uitstralende geloof. So iets het ek nog nie

14

Page 15: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

geken of gesien nie. Die vier beginsels "honesty", "purity", unselfishness" en "love" is oor en oor beklemtoon. Met persoonlike belydenisse gepaard het dit 'n onuitwisbare indruk op my gemoed gemaak.

Daar was 'n groot toestroming na die vergaderings, en skares het gebuig voor die Heiland, hulle sondes bely en 'n nuwe lewe ingeslaan. Daarby het natuurlik saamgegaan "guidance" en Bybelstudie. Alles wat jy doen, moet onder die gesag van die Heilige Gees geskied. Daarvoor is die stiltetye ingestel. Ek kan goed onthou hoe ons as jongmense saam gewag het op die Here.

Intussen het ek van losies verander. Johannes de Kock, 'n jong BA–student aan die plaaslike universiteit, het my gevra of ek nie by hulle wou kom bly nie. Soggens het ons om sesuur in die ysige winters opgestaan, die komberse om ons gevou en neergekniel, elkeen met Bybel, 'n boekie en potlood, om neer te skryf wat die Here vir ons sê. Later het ons ons bevindings ge-"share" en bespreek. Ja, dit klink oppervlakkig, maar tot vandag toe vra ek nog gedurig die Here dat Hý my moet lei, wat ek moet doen of wat ek moet nalaat. Waar 'n mens getrou is, spreek die Heilige Gees nog altyd en toon Hy die weg aan. Daarom het ek geleer om nie gou belangrike besluite te neem nie. Weeg al die feite, vir of teen, maar wag dan op die Here. Hy praat nog steeds!

In ons "sharing - "sessies het ons dan gesamentlik getoets of wat ons neergeskryf het, strook met eerlikheid, reinheid, onselfsugtigheid en liefde. So nie, kom dit uit ons eie verdorwe gedagtes, nie van die Here nie.

In hierdie tyd en later onder die invloed van die "groep" het ek van my diepste vriendskappe gesluit met mense wat 'n groot invloed op my lewe sou hê. Mense met wie jy jou diepste hartsgeheime, oorwinnings of mislukkings kon deel, raad by kon kry en vorentoe kon gaan as gelowiges. Frank Buchmann en sy "groep" het 'n diep indruk op my eie lewe, op dié van my vriende en groot groepe in die Kerk gemaak, en ek kan nog steeds die Here dank vir sy beweging.

Van daardie vriende – ware, innige vriende het ek nooit baie gehad nie – wil ek tóg die name noem van Fred Crous (CUM)2, Archie Armstrong, later 'n leier in bankwese en met wie ek kontak verloor het, Paul Roux wat later by Port St Johns in die rivier verdrink het toe hy sy dogter van 'n waterdood gered het en Vossie en John Becker van Wellington. Vossie was later bekende predikant van die Presbiteriane en leier van "Civilian Blind Society", Soutrivier, en natuurlik Victor du Plessis van Kuruman. Wie kan hom ooit vergeet! Hierdie mense het naby my geleef, my lewe lank. Vir Fred met sy Parkinsonsiekte het ek nog 'n paar dae voor sy dood in Roodepoort gesien, toe hy reeds op sy laaste was en verpleeg is deur Elma Burger, dogter van oorlede dr Kobus en Ems Burger. By die tehuis waar hy gelê het, was pragtige tuine met paadjies. Daarop het sy hom rondgestoot. Hy is 'n paar dae daarna weg, na sy hemelse rus. Sy vrou, Ria, ken ons nog steeds. Sy was self 'n sakevrou van formaat en het Freddie getrou bygestaan. Hulle woonplek met sy fabrieke het later 'n welvarende dorpie geword met pragtige uitsigte oor die vlaktes, af na Pretoria en die Laeveld. CUM het later vandaar verskuif na Vereeniging. Met Ems self, 'n suster van Johannes de Kock, het ek tot vandag toe kontak waar ons in dieselfde aftree-oord, Serenitas, woon.

Van Ems gepraat: Dit moet ook nie vergeet word nie dat dr Burger reeds Superintendent van die Groote Schuur-hospitaal was toe die bekende hartoorplanting deur die hartspan van die groot deurbraakmaker, dr Chris Barnard, daar uitgevoer is.

2 Christelike Uitgewersmaatskappy

15

Page 16: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Ems was later voorsitster van die Vrouesendingbond van Observatory tydens 'n vakature in die gemeente. Sy nooi my om hulle sendingbasaar te kom open. Rina gaan ook saam en ek kry die geleentheid om te praat, maar in plaas van 'n mooi, aanmoedigende gesprek te voer, vertel ek wat maar skaars met my grappe is, 'n grap van 'n ou Engelse, mediese dokter op die platteland. Hy kom by 'n vroom ou paartjie op besoek. Bo die bed van die kranke hang 'n mooi omraamde spreuk: "Haat de boosheid en hangt het goedheid aan." By sy vertrek vertaal hy dit vir hulle in Engels: "Have a booze and have a good time!" Ems sê hulle het baie gelag, maar Rina het my later kwaai berispe oor die onvanpaste grap, want direk daarna het ek die basaar as geopen verklaar, sonder gebed of gesang! Ek herinner Ems nog onlangs daaraan. Sy onthou dit goed en het heerlik gelag.

Wat sal ek van die ander sê? Die Here het Fred wonderlik geseën. Hy was my lewenslange vriend, stigter van CUM, alombekende boekuitgewer en verspreider destyds. en ook enigste uitgewer van Christelike Kerskaartjies in die land. Ons het mekaar op die Sendinginstituut leer ken, maar ook tevore deur die Oxfordgroep wat in beide van ons lewens 'n belangrike rol gespeel het. Hy het egter sy studies na 'n ruk by die Sendinginstituut gestaak. Hy het baie getwyfel oor sy roeping en in 'n diepe depressie daaroor gegaan, en toe besluit: dit was nie die weg van die Here vir hom nie. By die CSV op Stellenbosch het hy as klerk van Fred Liebenberg, hulle alom bekende leier, die outydse boekwinkel oorgeneem en dit kragtig uitgebou en gemoderniseer.

As lid van die Uitvoerende bestuur van die CSV het ek met manne soos proff Keet, Gerdener en ds A F Louw, 'n paar Stellenbosche en Kaapse studente en Fred Crous saamgekom vir vergaderings. Só het Fred en ek mekaar van tyd tot tyd raakgeloop en die vriendskapsband behou.

Hy kry egter toe later die "wanderlust" en is Rand toe. Ek gaan nie alles beskryf hoe hy CUM opgerig het van niks tot 'n leidende boekwinkel vir Christelike lektuur nie. Maar iets wel. Hy kom in Roodeport af op 'n man wat Kerskaartjies druk en verkoop maar op baie klein skaal. Hy begin sy boekwinkel, CUM, in Markstraat, Sentraal-Johannesburg, met behulp van 'n klompie vriende en begin later met kaartjies. Hy besoek selfs die VSA om uitgewersregte te bekom. Maar iets moois was sy verkoopskuns. Hy besoek al die groot handelaars veral met sy Christelike kaartjies, destyds landswyd onbekend. Nee, niemand wil dit hê nie, nie Christelike kaartjies nie. Onder andere ook die OK Basaars. Maar van sy ander kaartjies sal hulle probeer. Wat doen Fred toe? By elke dosyn kaartjies voeg hy 'n gratis dertiende Christelike kaartjie by. Byna kry hy koue voete voordat hy die Joodse OK Bazaars nader, maar hulle stel belang. En baie gou laat die OK se base hom weet of hy nie meer daarvan het nie, omdat die aanvraag juis daarvoor so groot is. Daarna het hy op Christelike kaartjies gekonsentreer! Daarmee het hy sy doel bereik, en sy verkope het later sodanig gestyg dat hy moderne drukmasjiene kon aanskaf. Hy wend hom ook met groot omsigtigheid tot die boekdrukkery.

Die Roux’s was my grootste vriende en vertrouelinge in Bloemfontein vir die paar jaar wat ek daar gebly het. Paul se heengaan was tragies. Ek was baie lief vir hom.

Vossie Becker? Hy het 'n tydjie later, toe ek op Wellington aankom, my groot vriend geword omdat hy ook 'n "groeper" was. Ons was van totaal uiteenlopende geaardhede. Vossie was baie geliefd en sportief. Altyd op die voorgrond. Sy mense was bemiddeld en het my dikwels genooi om hulle te kom besoek. Ons het 'n diep Christelike band gehad. Toe hy later besef die Here roep hom tot die bediening, is hy na die

16

Page 17: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Hugenote Universiteitskollege en daar het hy en ek aan die voete van 'n vroom dame, mejuffrou Sargent, bekend as "Gran", Grieks onder die knie probeer kry; hy ter voorbereiding vir sy studie aan die Universiteit van Edinburg as Presbiteriaan en ek aan die Instituut op Wellington.

Maar hy het my veral na kampe saamgeneem. Hy het 'n ou motor besit, bekend as "Boneshaker Belinda", 'n regte ou wrak wat goed kon loop. Dan laai hy dié vol damestudente aan die Universiteitskollege en daar gaan ons! Maar alles "above board", want ons het die vier leuses"honesty", "purity", "unselfishness" en "love" streng nagekom en ook onder die meisiekinders verkondig. Hulle was almal lief vir Vossie en het op daardie patroon saamgedoen. Ek onthou nog eenmiddag baie jare later toe Vossie my nooi na sy huis in die suidelike woongebiede van Kaapstad. Toe ek daar kom, was daar 'n hele klomp van die ou kennisse, almal dames van Hugenote Kollege. Dit net terloops. Vossie se begrafnis kon ek in 1981 bywoon. Wat van sy ouer broer John geword het, weet ek nie.

En dan ou Victor: Hy was ouer as ek en twee jaargange my senior, maar ons was goeie vriende en ons vriendskap het met die jare toegeneem. Hy was dikwels by ons aan huis en Rina het ook baie van hom gehou. Hy was 'n unieke mens soos daar seker nie baie op aarde is nie. Baie prakties, 'n goeie sendeling wat sy hele lewe feil gehad het vir die Evangelie, daar bo in Kuruman ver weg van alles, maar volkome menslik en hardwerkend. Sy gebied was destyds so groot soos die Vrystaat! Hy het veral belanggestel in Efata3 en alles gedoen wat hy kon om te help. Ek was herhaalde kere daar by hom en kon ook nog aktief deelneem aan sy begrafnis. Destyds was ek Moderator van die Algemene Sinode, NGKA, en hy was Moderator van die Streeksinode, Phororo. Ek is afgevaardig om self daar te wees. Só hoog was hy in die estimasie van die medebroeders en die kerk as sodanig.

Ek wil ook graag 'n ander insident noem. Ons was in sitting in Meadowlands tydens die Algemene Sinode, 'n jaar tevore. Jac. Du Plessis was ook op die Moderatuur en het homself so 'n bietjie na vore gestoot en ek het hom 'n paar keer koud gesit. Dit het hom baie seergemaak. Een middag kom Victor na my.

"André, ek wil jou iets sê. Jy doen nie mooi nie, laat staan daardie optrede. Dink mooi daaroor."

Só was ons vriendskapsband dat hy dit met my op tipiese "groep"-wyse kon "share". Ek het hom baie dankie daarvoor gesê en daarvolgens gehandel. Dit was nou vriendskap. Sy heengaan was vir my baie swaar. 'n "Groot seder het geval op Libanon!"

Daar was nog ander soos Japie Jacobs van Bloemfontein, maar hulle was nie "groep"-vriende nie alhoewel na aan my, en wonderlike medewerkers. Hulle was mense met wie ek jare lank destyds saamgewerk het toe ek 'n dekade lank voorsitter van die Gesamentlike Kerkkommissie(GKK) was.

Sy roepstemMaar laat my teruggaaan na my verhaal. Geleidelik het dit tot my deurgedring dat ek sendeling moet word. Die ou kindergevoel het wakker geword en ek onthou dat ek dit die eerste keer aan Papa meegedeel het op Bethanië waar hy 'n "Generalkonferenz"van die Lutherse Sending in Suid-Afrika bygewoon het. Hy was destyds agerende superintendent of hoof van die Kaapse Sinode, iets wat hy nooit wou aanvaar nie al was dit hom vele 3 Skool vir Blindes en Dowes te Coligny, Transkei

17

Page 18: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

kere aangebied deur Onkel Wedepohl, destyds Generalsuperintendent van die Berlynse Lutherse Sending. Hy wou nie leier wees nie en later toe daar twee ander superintendente was, veral Kohl, het hy soms uit frustrasie gesê:

"Der Kohlt wieder"4! En dan het Onkel Wedepohl geantwoord: "Dis mos jou eie skuld, waarom het jy

die Superintendentskap nie aanvaar nie!"Daar op Bethanië het ek my begeerte aan Papa meegedeel. "Is jy seker, wil jy nie ernstig daaroor nadink nie?""Nee, ek weet dat die Here my daartoe roep," was my antwoord.Kort daarna gaan ek met verlof na Mosselbaai en dadelik begin Papa my onderrig

in Grieks. Daarna skryf hy aan Berlyn dat sy seun wil kom studeer as sendeling. Tot sy baie groot teleurstelling vra die betrokke direkteur of Papa vir my sal kan instaan. Hulle het naamlik probleme gehad met 'n kandidaat uit Afrika.

Dit was vir Papa te veel. Die ou Pruisiese bloed kom in opstand en hy sê vir my: "Gaan jou weg, gaan na die Gereformeerdes met my seën. Dit laat ek nie toe nie!"

Nou ja, die Gereformeerdes het geen beswaar gehad nie, al was ek 'n Lutheraan. Al wat hulle later verlang het, was dat ek my lidmaatskapsertifikaat moes inlewer op Wellington by die NG Kerk. Van vrae oor belydenis was daar nie sprake nie! Die lidmaatskapsertifikaat het Papa uitgereik en daarmee was die saak afgehandel. Papa was nooit kerkisties nie. Hoofsaak was geloof in die Here Jesus Christus, dan was enige kerkgroep vir hom aanvaarbaar. Nie dat hy nie sy eie standpunte en belydenisse gehandhaaf het nie, maar ten opsigte van andere was hy ruimhartig en diepgelowig.

Iets moet hier bygevoeg word in verband met sy geloofstandpunte: Kort voor die begin van die Eerste Wêreldoorlog het daar 'n skerp woordewisseling of liefs, skryfwisseling, ontstaan tussen hom en sy ampsbroeders. Een van sy gemeentelede het aansoek gedoen op die normale manier. Hy vra dat sy kindjie gedoop moet word. Maar Papa weier op grond daarvan dat die ouers ongelowiges is, nie kerk toe kom nie en bekend is as onverskilliges. Die saak word opgeneem, en hy moet hom aan sy medeampsbroeders verantwoord. Hy weier om toe te gee. Hulle beroep hulle op die destydse Lutherse orde wat so 'n doop toelaat. Hy weier konsekwent. Dit doen hy nié, dit gaan teen sy gewete in. Dit gaan so ver dat hy opdrag kry om terug te keer na Duitsland!

Intussen breek die Eerste Wêreldoorlog in 1914 uit. Alles word vanself stopgesit en hy kon rustig voortgaan met sy bediening. Na die oorlog het geen haan weer daarna gekraai nie. Maar jare later toe ek sendeling was in die Kaapse Skiereilend kry ek besoek van die destydse besoekende direkteur van die Berlynse Sending en bespreek hy die saak met my.

"Ja, ek weet daarvan, maar ken geen besonderhede nie. Nee,"sê hy, "voor my vertrek het ek die ou lêers nagegaan en daarop afgekom. Ons sou mos vandag almal soos hy gehandel het," verklaar hy.

So 'n mens was Papa, streng, reguit, iemand wat nooit van vaste standpunte afgewyk het nie, maar tog ook baie liefdevol en meelewend. Hy was lief vir sy mensies.

Nou het hy my aangemoedig: Gaan na Wellington as jy wil, of Stellenbosch. Ek het Wellington verkies en daarmee was die saak afgehandel. Daar het hy my ook 'n paar keer kom besoek en by my oorgebly.

4 Hy maak droog!

18

Page 19: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Dat ons Gereformeerdes was, het hom min geskeel. Het hy dan nie baie keer ook in die NG Kerk op Mosselbaai opgetree as die predikant uitstedig was nie? Daar was nooit 'n gedagte aan 'n probleem nie. Net oor die uitverkiesing het hy baie sterk besware gehad, maar destyds het ons nooit gehoor van so iets nie. Ek het op Bloemfontein ook hoofsaaklik die NG Kerk bygewoon omdat die Lutherse kerkdienste aldaar een keer per maand gehou is omdat die pastor in die Vrystaat moes optree. Maar op Wellington het die uitverkiesingsleer vir my baie moeilike tye besorg. Nie asof daar ooit radikaal daaroor gepraat is nie, maar omdat ek daarin gedelf het. Gelukkig het ek 'n vriend gehad in professor G B A Gerdener met wie ek in diepte daaroor kon praat. Hy het my verseker dat die uitverkiesingsleer waar is, maar positief is. Dit gee ons as gelowiges 'n diep anker. Die Here verkies nie die dood van die sondaar nie, maar dat hy hom sal bekeer en lewe. Ek sal hom altyd dankbaar bly oor sy standpunt. Wat Calvyn ook daaroor te sê het, moet my nie verder ontstel nie, die Bybel lê die onus op ons. Die Here met sy Heilige Gees klop aan en wil ons lei tot bekering. As ons dan moedswillig ons eie weg kies, moet ons ook die verantwoordelikheid daarvoor aanvaar.

En wat sê Karl Barth, die groot teoloog, daaroor? Hy vergelyk die twee weë: uitverkiesing en eie verantwoordelikheid, met twee treinspore wat in 'n reguit lyn saamloop en ver vorentoe saamsmelt. Dit is iets buite ons menslike begrip, maar dit is 'n mooi beeld wat my diep bevredig.

Afskeid aan Bloemfontein, 1932Mnr Ham, die Registrateur van Aktes, het die personeel saamgeroep en aan my 'n pragtige Waltham silwer sakhorlosie met ketting oorhandig wat nou omraam in my dogter, Erica, se huis hang. In die dertigerjare het mans hul horlosies nog in die onderbaadjiesak gedra.

Ek onthou nog soos gister wat hy by daardie geleentheid gesê het nadat hy my die Here se seën toegewens het. As oudskolier van die Hoër Seunskool op Wellington het hy die dorp goed geken.

"Weet jy waar jy heengaan? Die woord ‘warm’ ken jy. Die volgende trap is ‘hel’ en die oortreffende trap daarvan is ‘Wellington’."

Nou ja, dit was al die tweede kwartaal toe ek daar opdaag, en in Bloemfontein was daar snags al ryp, maar was daardie April warm! Ek moes altyd onthou wat die oubaas vir my gesê het.

WellingtonDie jare 1932-1935 aan die Instituut was aangenaam. Ons was almal saam "donkies5". En die ouer "donkies"wat ons al verlaat het, was ons medebroeders, ook dié na ons. Ons het altyd 'n besondere gemeenskap belewe wat volgens die predikante van Stellenbosch nie onder hulle bestaan het nie. Daardie verhouding bestaan nog steeds onder die nog lewende "donkies". Soseer so dat Eddie, my seun, dit berou het dat hy nie ook daarheen vir sy opleiding kon gaan nie. 5 Ontstaan van die benaming: Dr Andrew Murray was nie alleen oprigter van die Hugenote Kollege en Skool nie, maar ook van die Sendinginstituut. Op 'n goeie dag het iemand iets neerhalend oor die Instituut gesê, wat destyds 'n lae toelatingsvereiste gehad het. Toe het die oubaas gesê: "Laat staan my 'donkies'. Die Here Jesus het op een van hulle gery!" Die naam wat as 'n spotnaam bedoel is, het daarmee 'n erenaam geword.

19

Page 20: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Die werk was nooit vir my moeilik nie en ek het my studie op Wellington geniet, maar ek het altyd gevoel hulle kon baie meer van ons verwag het en ons privaat laat oplees het. Maar destyds was dit aan die Stellenbosche Kweekskool ook so. Lesings word afgeskryf, dié moes jy ken en basta! Ons het ook klasse aan die Hugenote Kollege in Afrikaans en Grieks geloop.

Ons was 'n vrolike klomp studente. Hokkie was die groot sport en party van die manne was gevaarlik met die hokkiestokke, veral ou Saul6. Menige man het sy wonde daarna moes lek!

Vriendskappe op WellingtonVriendskappe het 'n mens daar gevorm wat blywend was: Flip Stander, Dirkie Jordaan, Saul Botes veral, maar daar was ook baie ander. Sommige het later op hegte vriendskappe uitgeloop soos Victor du Plessis wat dit lewenslank gebly het, ook prof C J Kriel en Victor Cloete wat altwee klasmaats was. Ons groepie was heg aan mekaar verbonde. Tans is ek die enigste oorblywende van ons klas. Al die ander het my reeds vooruitgegaan.

Ons dosenteOubaas Wilcocks het nog lesings gehou die eerste jaar wat ek daar was. Hy was 'n waardige ou heer. Ek onthou veral nog een preek van hom oor die liefde vanaf die kansel in Wellington. Ons het hom natuurlik van vroeër geken toe hy predikant in Mosselbaai was. Hy het geen grappies geduld nie en niemand het dit ooit probeer nie. Hy het net agting afgedwing..

Oubaas Charlie, dis nou prof C W Kies! Hy was 'n ander mens. Vroeër sendingwerk gedoen in Zambië. Maar so droog soos twak nie kan word nie. Maar as mens, 'n wonderlike, begrypende mens. Ek onthou nog hoe die Studenteraad een slag vir my en Flip bygekom het omdat ons met wit pakke kerk toe gaan, daar in Wellington se somerhitte. Dit moet swart pakke wees. Flip en ek het ons klaargemaak en die saak aan oubaas Charlie gaan voorlê, want hy was maar altyd baie ongeërg oor sy kleredrag, hare tot in die nek en oor die algemeen "don’t care".

"Nee, julle is reg, daar is niks verkeerd met julle kleredrag vir kerk nie, maar dink tog maar aan die ‘swakkere broers’, soos Paulus van praat, en doen tog maar soos die gestrenge here van julle verlang."

Daarmee was die saak afgehandel! Ons het maar Sondae swart pakke aangetrek.Daar was natuurlik nog prof dr G B A Gerdener. Vir hom het ons almal groot

agting gehad en hy was ook altyd 'n waardige leermeester. Hy het 'n diep indruk op ons almal nagelaat en tot in sy ouderdom het ons kontak behou. Hy was my geliefde Professor.

Van prof Greyvenstein sal ek maar die minste wil sê. Ek het net niks van hom gehou nie. Hy het letterlik, na my mening, drooggemaak. Waar oubaas Charlie droog was, het hy tog ook waardigheid gehad, maar dié broer was 'n anderste soort mens. Beslis geen waardige professor nie.

Studentevakansies6 Ds A J J Botes

20

Page 21: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Vakansies het ons met die fietse gery. Tydens die lang vakansies het ek Mosselbaai toe gery, kort vakansies het ons kort toertjies onderneem. Die saals was hard, want die paaie was die ene sinkplaat en vol stormwaterslootjies wat jou omtrent geruk het. 'n Mens word natuurlik gebrei en dan het dit nie meer saak gemaak nie. Ou Saul, veral, het hom nooit oor sinkplaat bekommer nie. Hy kom een vakansie van Prins Albert waarheen hy per fiets gery het. Op pad breek die saal. Hy kry 'n sak en daar gaan hy weer!

Herhaalde kere het ek Robertson en Ashton besoek waar die De Wets woonagtig was. Pragtige plaas en groot sendingliefhebbers, veral die tannie. Victor du Plessis het my daarheen gestuur, want hulle was ou vriende.

Snags op toer het elkeen net sy kombers gehad, vuurtjie gemaak, pap gekook, en saam met brood en koffie was dit genoeg. Sommer daar langs die pad onder 'n boom of by water.

Eindeksamen!Voor ons eindeksamen toe jy op hoogte moes wees van al die jare se studie het ons klas ons fietse geneem en opgery na Bainskloof waar ons 'n vakansiehuis gratis kon betrek. Die matrone by die Instituut het gesorg vir 'n week se gaar vleis, mieliemeel en brood. Verder koffie en wat nog nodig was. Ek weet net teen die einde van die week moes ons die vleis weggooi, want dit het vol maaiers geword! Maar doodgaan, aikona.

Bedags in die Witrivier gaan swem, boeke saamgeneem en geleer en geleer. Nou ja, ons het almal goed genoeg gedoen. Ek onthou net tydens die eksamen toe ons voor die gestrenge here sit, was Victor Cloete ons "segsman". Toe spreek die voorsitter hom aan: "Sit, broeder, jy lyk bleek"!

Waarheen nou?Voor ons afstudering het almal natuurlik begin nadink oor waar hulle wou gaan werk. Kriel, Cloete, Dirkie Jordaan en Reuben Fourie wou graag onder die bruinmense gaan werk. Flip Stander as Oos-Transvaler se kop het reguit na die Zulus gewys, terwyl Saul en ek Buitelandse Sending verkies het. Hy na die Soedan en ek na Zambië. Eintlik wou ek na Mashonaland gaan waar Papa was, maar daar was geen vakatures nie. Maar die OVS – sending het verklaar dat hulle my graag sou wou aanstel. Ek was dan ook die voorganger daarheen, want Dawid de Koker en Johannie Cronjé het twee jaar later eers gevolg.

Kokie was later in die Noord-Kaap jare lank sendeling, ook nog saam met Eddie, terwyl Johannie nog steeds diepe verbintenisse met Zambië het en daar begrawe wil word. Hulle is baie lief vir hom en ons kon in 1999 nog saam met hom hulle honderdjarige fees bywoon. My dogter Erica was ook saam en het Rina oorreed om my te laat gaan. Sy was baie bekommerd oor my swak rug. Dit was 'n wonderlike ondervinding om die werk van die Heilige Gees onder daardie mense waar te neem.

Ja, voordat ek van my studentedae afskeid neem, nog dit: Die "Groep" het 'n groot rol bly speel. Ek onthou dat ons een kortvakansie per trein na Bloemfontein gereis het, die hele trein vol studente, veral van Stellenbosch. Op daardie toer het jy kennis gemaak met mense wat jou lewenslank bygebly het. Ek wonder hoeveel predikante, sendelinge, sendingwerksters en onderwyseresse destyds as gevolg van hulle "Groepkontak" die pad gevind het om die Here voltyds te dien? Name hoef ek nie te noem nie.

21

Page 22: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Ek is op Wellington deur die studente as hulle verteenwoordiger op die CSV-hoofbestuur verkies en het as sodanig jare lank daarin gedien. Toe het ek weer opnuut kennisgemaak met professore Gerdener, Keet en natuurlik, die onvergeetlike sekretaris, Fred Liebenberg. Fred was toe nog werksaam by die CSV. Oom Abraham Louw was predikant op Stellenbosch. Ek word deur hulle afgevaardig om Saasveld te besoek waar die Bosboustudente graag 'n tak van die CSV wou hê. Ems Burger se broer was destyds, ongeveer 1934, daar bosbouer en hulle nooi my vir die naweek na hulle. Onder die studente was daar 'n jong Transvaler, Attie Labuschagne.

Hy het aan die Hervormde Kerk behoort, maar het 'n ernstige roeping tot sendingwerk gehad. Ons het saamgesels en volgens hom was dit vir hom deurslaggewend dat hy na Wellington wou gaan as hulle hom daar sou toelaat. Eers moes hy nog enige jare 'n suksesvolle bosbouer word, ondervinding wat hom later jare goed te staan gekom het toe hy na Malawi toe is. Later het hy Moderator van die Presbyterian Church (Central Africa) geword, 'n samevoeging as kerk van ons kerk se lidmate (Nkhoma), die Blantyre-sending (Church of Scotland) en Livingstone-sending in die noorde (Free Church of Scotland). Sy boeke oor die Nyasasending insiggewend.

LondenSaul en ek het deur dr Gerdener gehoor van Livingstone College7 in Londen waar hyself en baie ander ook 'n verdere studiejaar deurgebring het. Daar was naamlik 'n studiebeurs vir Mediese Sending en ons is aangeraai om daarvoor aansoek te doen. Papa en Mama het natuurlik niks daarteen gehad nie. Tewens, ek is aangemoedig omdat ek beter toegerus sou wees vir my roeping in Zambië en Saul in Nigerië. Dit sou my ook die geleentheid bied om ons familie in Duitsland op te soek, asook sekere opleidingsinrigtings waarin ek belang gestel het.

So 'n studiejaar was in terme van vandag baie goedkoop. Ek kan nie die studiegelde onthou nie, maar dit was maklik betaalbaar uit die studiebeurs wat aan ons toegeken is. Ek onthou wel dat die bootreis, retoer, vyf en vuftig pond gekos het! Die beurs het my selfs nog in staat gestel om 'n treinkaartjie teen veertien pond in Londen te koop vir die reis in Duitsland, wat my dwarsoor Europa sou neem tot op die Russiese grens, reg bo in Oos-Pruise, langs die Oosseestate, Estland, Letland en Litaue.

Ons aansoeke was suksesvol en kort voor Kersfees 1935 bestyg ons twee die Union Castle-boot en daar gaan ons! Die bootreis was aangenaam omdat ook Abraham Louw, seun van ds A F Louw, en sy neef, Chris Murray, op pad Skotland toe was. Die reis was rustig sonder ernstige storms sodat seesiekte nie 'n ernstige probleem was nie.

Ons is by die trein in Londen ontmoet deur Vossie Becker wat spesiaal vanaf Edinburg met sy motortjie gery het – nou nie meer in "Boneshaker Belinda"nie – spesiaal om ons te sien. Saul en ek kom toe om vieruur namiddag in pikdonkerte by Livingstone College aan en ontmoet daar langs die gesellige kaggel die inwonende studente, onder andere 'n pikswart Wes-Indiër met die naam van Mr Blackman! Ek dog die mense spot met hom, maar dis toe regtig sy naam. Dit was baie aangenaam om Vossie weer te sien en die volgende dag het hy ons deur Londen geneem om ons die stad te wys.

Die studie het onder dr Jayes en sy kollega begin en ons moes oral met fietse rondry na klinieke en hospitale en privaatwonings, veral na reusagtige woonstelle. In die 7'n Sendinginrigting gevestig in die ou herehuis van die Barclayfamilie, waar sendingwerkers 'n jaar lange kursus kon deurloop in tropiese medisyne, algemene snykunde, verloskunde en verpleging

22

Page 23: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

kliniek moes ons help optree onder leiding van ons dosente, maar in die woonstelle moes ons self, waar moontlik, gaan help. Daarby moes ons lesings bywoon en later skriftelike eksamens aflê.

Dit word toe lente en die pragtigste blomme verskyn oral. Maar oral hang die "London smog". Oral waar jy aan iets vat, word jou hande swart en vuil. Die mis is so dig dat jy 'n paar treë voor jou skaars iets kan uitmaak. En tog kom ongelukke met die rytuie selde voor, want die verkeer vorder werklik teen 'n slakkegang. Vensters word natuurlik nooit oopgemaak nie. Dink net aan al die reuke wat jy teëkom in die vyf- tot sesverdieping woonstelle vol mense wat baie selde of ooit bad in die winter. 'n Mens kan jou dit alles nie inbeeld nie, maar dit is destyds as iets normaals beskou. Baie kinders is destyds in hulle klere vasgewerk, wat hulle dwarsdeur die winter aangehou het. Ek onthou nog hoe ons medestudente vir my en Saul verbaas aangekyk het omdat ons daagliks in die lekker warm water gebad het.

Fietstoer deur die Engelse plattelandToe die Paasvakansie aanbreek, besluit Saul en ek om saam met Marx, 'n Broederkerksendeling se seun van Amerika, die platteland per fiets aan te durf. Ons neem die allerminste saam en ry vort met kortbroeke in die ysige koue van Maart-April maar ry ons warm. Eers na Oxford toe, toe af na Bath, die ou Romeinse badoord, 'n groot stad. Ons gaan in jeughostelle tuis teen 3/68 per nag. Daar is genoeg komberse, matrasse en kopkussings, maar jy het 'n lakensloop wat 'n sak is met 'n plek vir die kussing. Baie prakties en voldoende. Saans maak ons kos op stofies wat oral voorsien word. Die hostelle is oral leeg en ons kan soveel komberse soos ons wil, opstapel. Hulle lê jou eintlik vas, maar dit bly koud.

Bedags koop ons drie 'n brood vir een sjieling, botter vir een sjieling en drie pennies, en kaas teen een sjieling en ses pennies per pond. Langs die pad by water hou ons stil en eet en eet en eet en voer die ganse, eende en swane. Van Bath af gaan ons na Bristol waar George Muller9 sy beroemde weeshuise opgerig het, en besigtig hulle. Dan oor die Severnkanaal na Wallis. Daar aangekom praat almal 'n totaal ander soort Engels. Jy kan dit nie glo nie, net die kanaal skei hulle.

Ons ry af na Cardiff waar die groot voetbalwedstryde plaasvind, woon 'n konferensie daar by en toe op deur Wallis, al langs die valleie met die steenkoolmyne. Alles is swart en vol roet. Ook die dorpies, heuwels en mense. Dit lyk droewig en so totaal anders as rondom die steenkoolmyne in die Ruhrgebied in Duitsland waar die Pöppings woon, Papa se suster.

Noord-Wallis lyk baie mooi, maar is koud. Heelwat sneeu op pad, gelukkig nie terwyl ons ry nie. Die hoogste berg in Engeland is daar – Snowdon. Ons klim gou teen die berg op, maklik in lieflike sonskyn. Dan verder na Manchester en Liverpool, nou weer in Engeland, en dan skuins oor die land terug na Londen via Cambridge waar Theo later sou studeer en ook sou trou.

Oral langs die pad in al die stede besoek ons die pragtige kerke. Manchester veral het toe net 'n groot, nuwe katedraal opgerig. Alles tesame het ons ongeveer 1280

8 drie sjielings en ses pennies, (R0.35c)9George Müller word dikwels beskryf as die groot geloofsheld. Hy het weeskinders rondom hom versamel en dikwels geen kos gehad om voor te sit nie, maar altyd het die Here op wonderlike maar tog doodnatuurlike wyse gesorg dat niemand ooit gebrek gely het nie. Sy weesinrigtings was baie bekend.

23

Page 24: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

kilometers afgelê met ons ou fietse. Myne het een pond tien sjielings gekos en ek het hom toe vir 'n pond verkoop!

Die Engelse platteland is mooi, maar die winter en selfs die vroeë lente is maar bitter koud. Af en toe het ons afgekom op hoë lui wat besig was met jakkalsjag, maar ons het ons nie daaraan gesteur nie. Die klein dorpies veral is pittoresk, maar 'n mens bly maar verlang na jou eie tuisland met sy wye vlaktes en berge.

Terug in Londen het ons almal met behulp van ons dosente en onder hulle leiding die nodige apparaat en tropiese klere begin aanskaf vir ons toekomstige arbeidsgebiede. In Londen kry jy letterlik alles en as jy weet waar om te soek, net van die beste. Die nodige mediese apparaat is aangekoop, want soos dr Jays altyd gesê het: "If you are the only available person with any knowledge, stick a knife in!" Dit was goeie raad, want sodoende kon 'n mens lewens red en lyding versag, al was dit op 'n geringe skaal. Op my trekke later na die buiteposte, want Kamoto se gebied in Zambië was baie groot, het ek altyd 'n boks met die nodige saamgeneem en gehelp waar ek kon.

EuropaVoordat ek na Suid-Afrika teruggekeer het, het ek eers Duitsland en ons familie gaan opsoek. Saul is dadelik per boot Nigerië toe sonder om eers weer huis toe te gaan. Maar ek wou graag vir die eerste keer die familie gaan ontmoet.

Ruth, my suster, het destyds 'n penvriend in Haarlem, Nederland gehad. Hulle het van my gehoor en my uitgenooi om hulle te besoek. My verblyf daar was net 'n paar dae, maar 'n mens kon darem iets van Nederland leer ken. Ek onthou ons is die Sondag na die groot kerk in Haarlem. Dit is 'n geweldige ou gebou wat stam uit die Rooms-Katolieke periode, maar wat na die Hervorming Protestants geword het. Ek kon die preek goed volg met my geringe kennis van Nederlands, want die predikant het helder en duidelik gepraat. Waaroor weet ek nie meer nie, maar die kleredrag, veral, het vir my as Suid-Afrikaner vreemd opgeval. Vir die eerste keer sien ek dames, en dit in die kerk, met langbroeke aan en sonder hoede op. Destyds sou geen dame in Suid-Afrika sulke gewaagde kleredrag dra nie! Ek het ook nog die Sendingopleidingsoord te Oegsgeest opgesoek, maar hulle het vir my bra styf voorgekom.

Die Duitslandse familieVandaar is ek na Duitsland en ons eie familie toe. Tante Marie, Papa se jongste suster, met haar twee dogters, Bertha en Helene, het toe nog geleef. Veral met Bertha kon ek so 'n bietjie rondgaan. Saam met Tante Marie het ons selfs 'n kort Rynvaart onderneem. Dit was baie aangenaam. Helene is getroud met Franz Thelen wat ek later redelik goed leer ken het. Hulle dogter, Renate, is reeds oorlede na 'n lyding. Maar ook hulle ouer suster, Marie, het ek destyds leer ken. Sy en haar man, Peter Schlauch, was woonagtig in Düsseldorf en was kinderloos. Ek het nog 'n dag of wat by hulle vertoef. Op die Rynvaart en langs die pad het ek toe die eerste keer kennisgemaak met die ligte Duitse wyne, heerlik verfrissend en beter as vrugtesap, met baie min alkohol. Ek het vir Bertha-hulle gevra waar ons dan sou oornag. Nee, sê sy, oral op die Ryndorpies maak die mense daarvoor voorsiening. Jy klim net van die boot af wat oral aandoen, soek die naaste huis wat vir gaste adverteer. Môreoggend na koffie en "Brötchen" vertrek jy weer, gaan na die kaai en wag op die volgende boot. Jou eerste kaartjie is voldoende vir alle verdere ritte.

24

Page 25: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Dit was iets wat Rina en ek ook later in Switserland weer ondervind het, net daar op 'n heel uitgebreider wyse. Daar het ons 'n reiskaartjie gehad waarmee ons enige deel van Switserland kon besoek, en nie beperk was tot treine soos in Duitsland nie. Ook busse en bote was daarby ingesluit. As jy by 'n meertjie kom, kry jy die eerste die beste boot en ry so ver as wat jy wil, kry dan 'n bus of trein en oral word jy sonder meer kosteloos opgelaai.

Tot dusver die Zach-familie.Die Pöppings was 'n groot familie en was baie vriendelik teenoor hulle onbekende

neef. Een van hulle, Ernst Pöpping, het op my versoek gereël dat een van die mynkapteins my nog deur een van die steenkoolmyne sou neem. Hy het my alles gewys wat daar te sien was: hoedat die myners die koollaag wat soms net 'n meter dik was, moes uitwerk sodat dit later met die skagte na die oppervlakte gebring kon word. Op een plek moes ek voete eerste deur 'n gat seil na 'n gang dieper af en toe voel dit of die hele grondmassa op my kan aftuimel. Die verskil tussen die Walliese koolmyne en dié van die Duitsers was opvallend. Nadat jy uitgekom het, kry jy 'n stort met warm water en die myners wat na hulle skofte vertrek, is netjies aangetrek. Selfs die koolroet van die myne word opgevang en in chemikalieë en verfstowwe verwerk. Rondom die myne het rypwordende koringlande gestaan. Ek kon dit amper nie glo nie.

Ons het nie so getrou met die Pöppingverwante kontak behou nie, omdat Papa nooit aan hulle geskryf het nie. Hy het nie familiebande, soos Mama, gehou nie. Maar met sommige van hulle het ons nog steeds kontak. Ek het 'n lang tyd skriftelike kontak met Renate en haar ouers behou. Tans het ek 'n weer 'n lewendige korrespondensie met Karl Pöpping, kleinkind van my Tante Auguste wat ek ongelukkig nie leer ken het nie. Hy is in 1929 gebore en onthou my toe hy nog 'n kind was. Hy het 'n dogter gehad, Lina Gross. Nou, na my negentigste verjaardag, ontvang ek 'n brief van Helga Brünger, Lina Gross se dogter, ook al 'n ouma wat saam met haar man, Jürgen Brünger, al 'n veertig jaar in Extertal woon.

Wupperthal-ElberfeldVandaar is ek na Wupperthal-Elberfeld om die Rynse Sendinghoofkwartier te besoek. Daar is ek verlof toegestaan om ook hulle direkteur te spreek, naamlik Johannes Warneck, seun van die groot sendingkundige, Gustaf Warneck. Veel kan ek nie van hom vertel nie. Hulle was juis besig om met die NG Kerk, Kaapland, te onderhandel oor die oorname van hulle talle sendingstasies onder die bruinmense, in die Weskaap. Veral dié in Namakwaland en rondom Kaapstad. Hy het my uitgevra na die juis toe aanvaarde wetgewing wat die stem van die swartes in die Kaapse Parlement sou beperk en later heeltemal sou vervreem. Maar as jong studente het ons ons weinig bekommer oor landswetgewing wat in later jare groot invloed sou uitoefen en na 1948 sou lei tot die totale wegneem ook van die destyds geldende Kleurlingstem. Een van die Rynse Sending se latere sendelinge is professor Ernst Holzapfel wat saam met my gestudeer het.

Ek onthou 'n wandeling een aand deur die strate van Elberfeld met 'n jong kwekeling. Eers hoor ek die gebrul van 'n leeu. Bloemfontein se dieretuinleeus het ons almal goed laat weet dat hulle daar is met hulle nagtelike gebrul. Maar in Elberfeld? Onmoontlik, sê die sendingstudent, hier is geen leeus nie! Tog, ek ken die gebrul. En werklik, 'n paar strate verder kom ons op 'n terrein aan waar wilde diere vertoon word, en ook leeus.

25

Page 26: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

'n Bietjie verder kom ons op 'n betreklik klein kerkie af, volgepak van mense, met 'n ernstige prediker aan die woord. Tot my verbasing is dit 'n jong Roomse pater. En preek hy! En wat? Die suiwer Evangelie dat ons Jesus moet soek en Hom Leidsman van ons lewens moet maak. En dit in 'n Roomse kerk! Geen fieterjasies of wat ook al nie, net die suiwer Evangelie. Dit het 'n diep indruk op my gemaak en my herinner aan wat professor Gerdener eenmaal aan ons gesê het: In julle verhoudings met ander kerke onthou net dat hulle ook Christus aanbid, selfs die Roomse! Ja, die Here is en bly Here van sy kerk. Dit het 'n mens in jou lang lewe agtergekom. Onder hoevele andersdenkendes is Hy nog altyd die Here. Kerkisme is altyd verkeerd en verwant aan die Roomse vervolging van die Protestante. In wese is dit dieselfde.

BielefeldEk het ook destyds Bielefeld besoek. Tuis was daar 'n boek getitel: "Die Stadt der Barmherzigkeit10". Wie die skrywer was, weet ek nie, maar dit beskryf die werk van 'n wonderlike man, pastor Von Bodelschwing. Hy was die oprigter van die groot Bethel-inrigting vir epileptici. Dit was 'n besoek wat 'n onuitwisbare indruk op my gemaak het. Epileptici van alle soorte is daar gehuisves, rye van hulle wat net lê, amper leweloos, maar trou versorg. Maar almal wat iets kon doen, het werk. Ek sien hulle sit langs hulle lang tafels, besig om loodpapier tot yslike bolle saam te voeg. Almal werk. Dié wat redelik aktief is, doen snyerswerk, smitswerk, smeewerk, bouwerk. Enige moontlike ambag. Daar was selfs 'n Teologiese Seminarium. Ook vir die gevaarlikes was daar 'n afsonderlike terrein wat goed beveilig was.

Een middag stap een van die kwekelinge saam met my die "wald"in, die Thüringer Wald wat teenaan Bielefeld geleë is. Pragtig, die ou woudreuse. En daar vertel hy my dat dit die woud was waar Hermann (Germanicus) vir Varus, die Romeinse generaal, verslaan het. Keiser Augustus, toe hy daarvan hoor, roep uit: "Vare, Vare, redde legiones!11 Want daarmee was Duitsland vir Rome verlore.

Bethel by Bielefeld het so 'n groot indruk op my gemaak dat, toe ons later met Efata en die ander inrigtings begin het, ek altyd teruggekyk het na Bethel en waar ek kon, iets soortgelyks probeer oprig het. So stuur die Meester 'n mens na verre oorde met 'n doel wat jy eers later agterkom, maar wat inpas by Sy groot beplanning.

BerlynVandaar is ek per trein na Berlyn waar ek Papa se ou alma mater kon besoek en aangename gesprekke gevoer het met een van die inspekteurs. Daar het ek nie oorgebly nie, maar wel by 'n neef van Mama, wat my verwag het, 'n sekere Müller en sy vrou en seun. Met hom veral het ek aangename gesprekke gehad. Hy was oudstudent van die Universiteit van Berlyn en vroeër leier aldaar van hulle Demokratiese Studenteparty. As andersdenkende en anti-Nazi moes hy versigtig beweeg, maar het my verseker dat hy die veiligste in Berlyn self was. Op die platteland sou hulle hom lankal aangekeer het, en volgens hom sou hy bitter sleg daarvan afgekom het. Vroeër moes hy gedurig vlug vir sy lewe en nooit twee nagte op een plek slaap nie. Die jong Nazi’s sou hom oorval het, en halfdood agtergelaat het vanweë sy politieke verlede.

10 Die stad van Barmhartigheid11 Varus, Varus, gee aan my terug my legioene!

26

Page 27: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Maar Berlyn kon ek na hartelus besigtig, die praggeboue en die baie monumente wat stam uit 'n antieke verlede. Onthou, dit was net voor die Tweede Wêreldoorlog. Oral was Nazi-plakkate, Jode is uitgekryt vir alles wat moontlik was en Joodse winkels is toegemaak, onder meer ook 'n Woolworths-winkel! En dan kopieë van Der Stürmer, die Nazi-koerant waarin al die Joodse wandade aangekondig word, op elke straathoek. Dit het my diep verontrus. Ek was nooit 'n Jodeaanhanger nie, maar die witwarm haat teenoor alles wat Joods is, het my diep seergemaak. Maar 'n mens het maar jou mond gehou.

O ja, nog iets. Ek het ook die "dorp"gaan besoek waar die groot wêreldbyeenkoms vir sport, die Olimpiese Spele, gehou sou word. Dit was alles in aanbou en 'n mens kon 'n idee vorm van hoe groots dit sou lyk.

Ek het ook onthou dat Papa altyd gepraat het van 'n geliefde bier: Berliner Weisser. Dit bevat nie alkohol nie en was langs 'n klein meertjie te koop. Goed gesmaak! Lekker daar in die son gesit en drink.

Oos-PruiseOp pad na Oos-Pruise is ek deur 'n korridor van Pole. Die Poolse amptenare was bra suur teenoor ons. Ook geen wonder nie, want enige maande later sou Hitler se soldate hulle oorstroom en totaal oorrompel en daarmee die wêreld aan die brand steek.

Uiteindelik verby die grens met die groot hawestad Danzig, direk noord en nie ver van die beroemde Marienburg, die eerste van die ou Pruisiese vestings en tuiste van van die Duitse Ridderorde. Dan verder op pad na Königsberg, ietwat ooswaarts en my bestemming.

KönigsbergHier ontmoet Onkel Bernhard Zipplies my. Wie saam met hom was, kan ek nie meer onthou nie, waarskynlik my niggie, die liewe "Krankenschwester"12 Elfriede vir wie ek nog herhaalde kere weer in my lewe sou raakloop. By hulle het ek 'n week of twee vertoef en ook kennisgemaak met Gerhard wat in die oorlog aan die Oosgrens gesneuwel het. Ek het ook kennisgemaak met Lydia en haar niggietjie Ruth Herzeleide wat later met 'n Amerikaanse offisier John Miller getroud is en ons Amerikaanse vertakking van die familie geword het. My dogter Rini het hulle nog in 1990 kon besoek tydens een van haar besoeke aan Amerika en waar sy baie hartlik ontvang is. Ek hoor ook nog minstens een maal per jaar van hulle.

RosenbergDit was aangename dae wat ek goed benut het deur ook Papa se tuisdorp Rosenberg op te soek. Daar het ek 'n foto van Papa se ou skool geneem, een wat Ewald se seun, Eben-Hans, op sy toer na Oos-Pruise, nou baie dekades later, kon gebruik ten einde sonder twyfel te verseker dat hy die regte Rosenberg raakgeloop het. Daardie gebied is nou totaal Russies met Russiese name vir dorpe. Maar Eben-Hans sê dis die regte een, want die skool staan nog daar! Vandaar het ek ook Papa se ou kerk by Friedenberg besoek waar sy pastor 'n entjie verder gewoon het. By die pastor kon ek die familie met behulp van sy kerkregisters naspoor, sover as wat dit by hom opgeteken is. Voetslaan doen 'n mens geen

12 Verpleegsuster en sosiale werkster

27

Page 28: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

kwaad nie. Die Oos-Pruisiese platteland, soos die res van Duitsland, is baie mooi in die somer, soos ek reeds genoem het.

Verder ooswaarts!Vandaar is ek ooswaarts tot op die grens van Pruise en Rusland waar die

Hindenburg Denkmahl gestaan het om die oorwinning oor die Russe in 1917 te gedenk, asook die graf van die ou veldmaarskalk von Hindenburg. Alles is natuurlik nou gesloop!

Oral langs die pad was daar woude en vleie. Baie van die jong rekrute was besig om groot gebiede droog te lê. Ek het hulle op die treine raakgeloop, op pad terug na hulle barakke toe.

O ja, een Sondagnamiddag is Gerhard en Lydia en ek na 'n sogenaamde Freibad. Dit is 'n klein meertjie waarvan daar baie in Oos-Pruise is en wat as swembad gebruik is.

Daar aangekom vra ek: "Waar trek 'n mens jou aan?""Hier op die wal, saam met al die mense," kom die antwoord.Daar was 'n paar honderd mense bymekaar, mans en dames. Almal het maar so

versigtig moontlik uit en aangetrek. Niemand vra vrae nie. Dis doodgewoon vir hulle.Eendag is ons ook na die Oossee (die Baltiese See). Ons is die middag net na ete

weg met die trein, strand toe. Destyds het al die kantore soggens om ses-uur geopen, want teen twee-uur was die son al lankal op. Om die waarheid te sê, dit het nooit snags heeltemal donker geword nie. Dan werk 'n mens sonder onderbreking tot jou ure om is. Die gevolg is dat almal in die somer baie vrye tyd het en dat die strande langs die Oos-See gepak is met mense wat ontspanning soek. Weer was dit dieselfde probleem as by die Freibad, buiten die rykes wat wel akkommodasie besit het. Vir die sonliefhebbers was dit beslis geen probleem nie. Ons is die aand so tien-uur in helder daglig terug huis toe na 'n baie aangename namiddag by die see. Die treine was gepak!

Terug na Engeland en Suid-AfrikaMet die terugreis het ek nog eers deur België gereis en is met die kanaalboot terug Engeland toe. 'n Naweek was nog oor wat ek deurgebring het by die opleidingsentrum van die C T Studd-stigting in Engeland, voordat ek na Suid-Afrika afgereis het. Hulle was 'n groep wat ek gedurende my studietyd leer ken het en het groot sendingwerk in die Kongo verrig.

Ons het 'n dag by die Madeira-eilande aangedoen en daarna reguit Kaapstad toe. Ek het daar aan land gegaan, maar my bagasie wat teen hierdie tyd al taamlik gehawend was, op die boot gelaat om deur te gaan na Mosselbaai. Ek het gou nog weer my ou spore nagegaan en 'n dag in Wellington deurgebring, maar die aand was ek alweer op ons boot.

Dit was aangenaam om, op Mosselbaai aangekom, al die ou bekende gesigte weer te sien, veral dié van my ouers. Daar het ek 'n tydjie vertoef, maar is begin Julie 1936 weer op pad.

Sake van die hartMaar eers Margate, Natal, toe, want ek wou Chris nog eers weer sien. My hart het sterk daarheen getrek. Van haar moet ek iets skryf, want sy doem weer later in my vertelling op. Ons was saam studente, sy aan die Hugenote Universiteitskollege en ek by die

28

Page 29: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Instituut. Ons het saam klas geloop waar onder meer Afrikaans aan die "donkies" gedoseer is. Sy het ook die kampe bygewoon waarheen ek Vossie Becker vergesel het en mettertyd het ons na mekaar aangetrokke begin voel. So het ek haar beter leer ken. Sy was die dogter van 'n Franse sendeling van Lesotho en haar moeder was afkomstig uit Elsas, die vroeëre Duitse provinsie. Sy het dus ook Duits geken.

Met my terugkoms het ek iets meer as 'n week by haar ouers gekuier, wat baie vriendelik teenoor my was. Ons het oral rondgeflenter, veral in die see by die baie strandplekke langs die Suidkus. Margate was destyds net 'n ou gehuggie, maar darem groter as Herbertsdale! Ek onthou nog dat ek vir Chris – ek het haar nooit op haar naam, Helene, genoem nie – 'n pragtige amber hangertjie uit Duitsland saamgebring het en vir haar omgehang het. Die jawoord het ek weliswaar nie gekry nie, maar vaagweg was ons diep verbonde aan mekaar. Dit was nog vakansie, maar toe die skole begin, moes sy na Newcastle waar sy skoolgehou het. Ons het die middag en aand saamgery tot daar. Vir Chris het ek nog weer een naweek by Flip Stander in Brakpan gesien toe sy van Newcastle daarheen gekom het om my te sien, net na Mama se heengaan op my pad terug na Zambië. Chris is later getroud met 'n Ier, 'n Metodiste-predikant wat op Newcastle gevestig was, maar later ook na Mosselbaai gekom het. Lydia Steinke, Anni se dogter, sê hulle het mekaar geken, want hulle het graag saans daar kerk bygewoon.

Aankoms in Suid-en Noord-Rhodesië13

Van Natal af is ek via Bloemfontein na Lusaka, Noord-Rhodesië, toe waar ek by die Van Schalkwyks, oupa en ouma Kalipeni sou tuisgaan. Op Bloemfontein het ds Valie Strydom, sendingsekretaris van die Vrystaatse Sending, my baie vriendelik ontvang en met sy seënwense is ek toe daar weg.

As ek nou so daaroor terugdink, was ek gretig om op my bestemming aan te kom. Min begrip gehad wat my taak sou wees, maar dit maar in die Here se hande gelaat. Toe ons deur Wes-Transvaal ry waar die Vaal-Hartsbesproeiingskemas lê en waar alles vandag onder landerye en huise is, was werkers daar besig om kanale aan te lê, populierlatjies in die grond te plant en die doringbome uit te kap en te verbrand. Alles was kaal met baie nuwe nedersetttershuisies in aanbou, so anders as wat dit later jare gelyk het.

Ons ry deur tot in Suid-Rhodesië en op Bulawayo aangekom, het van die sendeling-en predikantsvriende my kom ontmoet. Ek het 'n dag daar oorgebly en is toe verder noordwaarts na die Victoriaval waar ds Gerhard Roux my op Livingstone ontmoet het. By hom het ek 'n dag of wat oorgebly. Hy het my die val gaan wys, destyds baie leeg, want die lang winter was net verby. 'n Mens kon droogvoets lang ente bo-oor die val loop; net die splete tussenin was vol bruisende strome. Daar het ons oorgespring. Hoeveel jare het ons weë nie daarna gekruis nie! Ek onthou snags het ek op die preekstoeltjie van die kerkie geslaap en hy in die konsistorie op sy kampbedjie, baie primitief.

Lusaka en Broken HillDie volgende afklimplek was Lusaka. Die Van Schalkwyks het my baie vriendelik ontvang. Ons het soggens en saans lekker mieliepap geëet en met middagete 'n lekker bord kos. Hier moet ek eers noem onder watter naam oupa Van Schalkwyk dwarsoor

13 Zimbabwe en Zambië

29

Page 30: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Zambië bekend was. Almal het hom geken as Bwana14 Kalipeni. Dié naam is afgelei van sy moeilik uitspreekbare naam in die Chewataal. Daar was egter vroeër 'n Skotse sendeling van die Livingstone Sending, naamlik McAlpine. Die naam is toe verbuig tot die gangbare naam "McKalipeni". Of McAlpine 'n kwaai man was, weet ek nie, want Kalipa of Kalipeni beteken "kwaai" of "haastig". Dié geaardheid het oupa Van Schalkwyk wel gehad, en so is hy deur almal aangespreek.

Oupa Van Schalkwyk was saam met ds Hofmeyr in 1905 in Zambië een van die baanbrekers. Hulle het donna Botie se sendingstasie op Magwero aangelê. Daarvandaan is hy na die Transvaal. Sy dogter, Anna, was aan ons as "donkies" op Wellington goed bekend. Oom Japie, ons huisvader, was haar oom. Nou ja, hy het weer teruggegaan na Zambië op versoek van oom Valie15. Hy is eers geplaas op Lusaka waar hy ons sendingwerksaamhede begin het. Oom Valie het my na hom gestuur. Hy moes my inlyf totdat ek na Broken Hill, nou Kabwe, die ou naam, moes gaan. Ek het op Lusaka Chewa onder die knie probeer kry. Dit het maar met stampe en stote gegaan, maar na 'n paar maande stuur hy my na Broken Hill. Ek moet die teuels daar opneem, want Reggie Barnard wat daar was, is verplaas na Malherbe, die nuwe sendingstasie onder die Vasori. Met fiets en al is ek daar weg per trein, wat in die nag op Broken Hill aangekom het. Ek neem toe die verkeerde paadjie in die donker en beland pens en pootjies in 'n diep gat. Gelukkig niks oorgekom nie, net eers 'n bietjie bly lê om te kyk of ek flou was en toe weer opgestaan. Papa het mos altyd gesê, 'n Duitser is taai!

Die Drieschers was destyds pastoriepaar daar. Ek het 'n aangename tyd met hulle deurgebring terwyl ek op Lusaka en Broken Hill werksaam was.

Al langs die spoor was daar groepies mense wat deur ons bearbei is, maar veral Broken Hill het 'n redelike gemeente gehad. Dit was 'n ou stasie waar die Smits gearbei het, omdat dit vroeër die eindpunt was waar die personeel afgeklim het om dan te voet en met machilas16 deur te gaan na die ooste. Dit was voordat die Great East gebou is, of soos oubaas Kies dit genoem het: "East but not great"! Die groot vragmotors het daarlangs gery en nadat die groot brug later oor die Luangwarivier gebou is, is die ooste so verbind met die weste. Die voetpad vanaf Broken Hill moes iets verskrikliks gewees het. 'n Deel daarvan het ek later leer ken toe ek deur die Sendingraad gevra is, om oor berge en riviere, Nagmaal aan die wydverspreides te gaan bedien. Maar dit was eers baie later.

Terwyl ek op Lusaka was, het die Drieschers my 'n slag genooi om hulle na Livingstone te vergesel. Dit was destyds deel van sy gemeente. Vandaar is ons met 'n bostreintjie al langs die Zambesi op tot amper in Barotseland waar daar 'n groot houtbosontginning was om te voorsien in dwarslêers vir die spoorweg. Stamp-stamp het ons daarheen en terug gery. Ons het dienste gehou vir die blankes en swartes wat daar in diens was. Steenkool was daar nie. Die trein is heelpad gestook met afvalhout. Massas en massas kosbare Rhodesiese kiaat is so opgebrand.

Dit was 'n ongelooflike ervaring om so stadig deur die oerwoude en langs riviere voort te beweeg. Die treintjie is dan volgelaai met groot, swaar stompe vir die groot saagmeulens op Livingstone. Ook op Livingstone moes die Woord weer verkondig word. (Ds Gerhard Roux het intussen reeds vertrek).

14 Die voornaam waarmee alle wit mans aangespreek is15ds Strydom, Sendingsake, OVS16 Drastoel of draagbaar

30

Page 31: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Op Broken Hill17

Terwyl die Van Schalkwyks nog op Lusaka werksaam was, is ek op Broken Hill geplaas. Daar was 'n onderwyser wat 'n liewe mens was en my mooi bygestaan het. My Chewa was nog erbarmlik, en ek glo nie hy kon Engels praat nie, maar ons kon mekaar verstaan. Ek probeer prekies maak en hy sien dit na. Só het ek baie gou die Nyanjataal onder die knie gekry.

Die klompie Afrikanerblankes was vriendelik. Hulle het hulle eie kerk in die dorp gehad en ek moes elke Sondagaand vir hulle 'n diens hou. Ek het dit nogal geniet en hulle was goed vir my. Buite die dorp was 'n plaas waar Doppers gewoon het en waar ek graag gaan kuier het.

Daar was dit my voorreg om soggens dienste waar te neem vir die swart gemeente en dan elke Sondagaand vir die blankes. So het die maande verbygegly en ek kon my later goed in Chewa behelp. Ek het die groepie mense goed leer ken en waardeer. Die meeste mense het in die myne en op die spoorweë gewerk en het al drie Afrikaanse kerke verteenwoordig, maar dit het geen verskil gemaak nie.

Terwyl ek nog op Broken Hill was, is ek gevra om op te ry na die koperbelt, Nkana en Mufuliya, waar 'n aansienlike getal mynwerkers was wat aan ons kerk behoort het. Malcolm Retief was vroeër daar predikant en vermoedelik het hy die kerkies daar laat bou. Ek is alleen na die Zambiese koperstreek om Nagmaal aan ons swart gemeentes aldaar te gaan uitdeel. Baie van die inwoners van Oos-Zambië het rondom en in die kopermyne werk gekry. Daardie gemeentes het steeds gegroei.

Tydens my besoek in 1999 aan Zambië kon ek verneem hoe hulle uitgebrei het, en al verder die Evangelie verbrei. Hoeveel daarvan vandag oor is, is aan my onbekend. Om alleen so 'n vreemde gebied aan te durf was nie so maklik nie. Maar ek is vriendelik opgeneem aan huis van 'n Afrikaner wat 'n klein seepfabriekie daar gehad het. En vandaar het ek dan die omliggende gebiede besoek. Kerklik was die lidmate nogal geheg aan die byeenkomste. Die grootste gros het aan die Chewasprekende groepe van Noord-Oos-Rhodesië behoort. Onder die Wemba het ons destyds nie groot ingang gehad nie. Nou verander dit oral en ontstaan gedurig nuwe gemeentes.

Ek het nie lank daar gebly nie, want die OVS-sendingkommissie het oupa Kalipeni as sendingsekretaris aangestel en hy moes toe na sy ou sendingstasie, Madzimoyo, gaan en ek moes teruggaan na Lusaka toe.

LusakaLusaka was destyds 'n klein dorpie en hier het ek lekker gewoon. Die ou plasie moes ons prysgee en 'n redelike mankolieke "pastorie" is aan my toegesê, waar ek gebly het tot met my verplasing na Kamoto. Die Drieschers se huis op Lusaka was altyd vir my oop. Mev Driescher was 'n niggie van dr D F Malan, van Riebeeck- Kasteel. Baie jare later sou ek daar kerkhou en hulle plaas te siene kry.

Die boeregemeenskap het hoofsaaklik uit Afrikaanssprekendes bestaan met hier en daar 'n Engelse landbouer. Almal was baie vriendelik.

Daar het ek oom Hansie Botha leer ken. Hulle kleinkinders was later welbekende artse in die Kaap. Hulle het 'n groot invloed onder die blankes gehad, maar die oubaas het hulle met 'n ysere hand regeer en elke keer as die kerkraad byeen gekom het, het Estelle

17 Nou bekend as Kabwe

31

Page 32: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Driescher lang trane gehuil omdat haar man dikwels moes deurloop onder oubaas Botha se kritiek! Teenoor my was hulle egter deurgaans vriendelik en aangename mense.

Daar was nogal baie van hulle. Die Bothas was die "opperhoofde", veral oom Fanie Botha. Hy was getroud met 'n sendingdame, mejuffrou Muller, van Klaarwater, op pad na Prins Albert. Hulle familie is goed bekend, onder andere oud-minister Fanie Botha vir wie ek saam met Ewald op sy plaas in die Transvaal besoek het. Oom Fanie was 'n soort ongekroonde Afrikanerhoof in die gemeenskap. Hy het dit soms maar moeilik gemaak vir die predikant. Ek het gelukkig ongeskonde daarvan afgekom, soos op Tarkastad waar 'n soortgelyke situasie in ons tyd geheers het, maar waar ek goeie vriende weerskante gehad het!

Besoek aan Elizabethville in die KongoBy 'n later geleentheid toe ek terug was op Lusaka, het Koos Driescher, predikant aldaar, en die vroeëre predikant van Nkana (Kitwe), Malcolm Retief, my genooi om saam met hulle per motor te reis na Elizabethville in die Belgiese Kongo, 'n aansienlike afstand van Lusaka. Malcolm het daar 'n klein groepie Afrikaners bedien wat hy van tyd tot tyd besoek het. Ek onthou nog ek moes daar 'n diens hou vir die klompie.

Elizabethville was 'n pragtige stad met breë strate. Die kerkies was buitekant die stad, moontlik omdat die Belge baie sterk Roomsgesind was.

En dan langs die stad die geweldige, groot kopermyn - Etoile de Congo18 – 'n oopgroefmyn, anders as die kopermyne by Nkana wat diep ondergronds was. Terloops, met my verblyf op Nkana het hulle my ook laat afgaan in een van hulle myne. So anders as die die Duitse koolmyne waar alles swart smeer. Hulle s'n is skoon met hoë gange en maklik om in te loop. Nie klein gaatjies waar jy moet deurseil nie. Maar aan die anderkant ook bekend vir hulle modderstortings wanneer die rotsmuur skielik losbreek, seker as gevolg van interne druk, en dan met 'n vloedstorting van water en klippe alles wat voorkom, toespoel. Daarvoor was die myners baie bang en daarom is oral in die gange en werkgange ("stopes") diep gate geboor om saamgeperste water vry te laat. Daar onder het hulle my so 'n plek aangewys waar mense hulle lewens verloor het. Ek het ook die smelterye besoek. Groot, groen boomstamme is in die smeltoonde ingegooi, wat ontvlam het sodat daar binne 'n paar minute net kole oor is. In die omliggende bosse is hout gesaag vir gebruik. Wat hulle vandag doen, weet ek nie, want die bosse sou nie lank in die vraag kon voorsien nie. Die kokende, gloeiende koper word afgekoel en met die lang kopertreine weggeneem tot in Suid-Afrika.

Intussen het ek op Lusaka 'n motortjie, 'n Ford Cabriolet, vir dertig pond by een van ons medesendelinge, ds Thomas Theron, aangekoop. Dié het ek, toe ons die land verlaat, aan Hannes Bruwer vir twaalf pond verkoop. Hy het dit later aan ds Dawid de Koker vir heelwat meer verkoop, en uiteindelik het 'n boer in die omgewing van die Thamandasending hom gekoop om 'n saagmeule daarvan te maak!

Hy het my goed gedien, behalwe een keer toe hy my in die steek gelaat het en ek 'n paar nagte by 'n swart dorpie moes oorbly totdat 'n motor verbygekom het. Dit was een van die Engelse amptenare wat die werktuigkundige van Fort Jameson van my laat weet het. Dit was 'n kleinigheidjie met een van die elektriese drade. Ek het oral met hom gery, van Lusaka tot Kamoto, daarna elke keer as ek Madzimoyo moes besoek, en later toe my kop na Merwe toe gestaan het waar Rina skoolgehou het!18 Ster van die Kongo

32

Page 33: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Daardie tyd is Malherbe-sending aangelê met ds Reginald Barnard as sendeling. Hy was 'n ruwe diamant maar het goed bedoel. Ons het in die vyftigerjare weer lank saamgewerk toe hy sendeling op Worcester en ek in die Kaap werksaam was. Hy het nie altyd alleen kans gesien vir die kerkraad nie en dan moes ek as konsulent oorry. Ek was nogal lief vir hom en sy vrou. Toe hy nog op Malherbe was, het ek hulle soms met my tjorrie gaan besoek. By hulle was dit altyd baie hartlik. Toe Reg Barnard die dag oorlede is, het sy vrou my laat kom George toe om deel te hê aan sy begrafnis. So hoog het sy ons vriendskap geag.

Droewige nuus en vliegtuigvlug na die SuideOp 'n dag kry ek kennis dat ek na Kamoto toe moet gaan, ongeveer 750 kilometer ooswaarts. Maar voor dit kry ek droewe tyding: Mama is oorlede weens 'n hartaanval. Elke week was daar 'n brief van haar, sy het die band sterk met ons gehou. Theo was nog in Cambridge, besig met sy studies.

Driescher en sy vrou, Estelle, kom my meedeel dat daar 'n boodskap was by hulle. Ons het dadelik gaan navrae doen by die lughawe waarheen hulle my vergesel het. Die huis kon ek net so in die bediendes se hande los, sonder vrees vir diefstal. 'n Mens kan dit amper nie glo nie. Ek het die deur toegetrek en die kok gevra om toesig te hou.

Dit was 'n droewige vlug met die Duitse Junker. Ek het sommer gou die papiersak moes gebruik! Driescher het my nog twee lang buffelbiltonge gegee om aan te peusel, dit sou help teen lugsiekte. Ek het hulle op die rak geplaas en daar het hulle bly lê totdat ons die aand op die Gemiston-lughawe aangekom het. Ons het die heeldag gevlieg, geland en dan weer verder gevlieg en elke keer moes ek "boete"betaal as ons weer opstyg. Later totaal uitgeput en vol krampe, veilig op die Rand aangekom. Die nag het ek in die lugdienshotel in Germiston oorgebly en die volgende oggend vroeg weer verder. Eers na Durban toe, dan al langs die ooskus af tot die namiddag toe ons op George geland het.

Intussen wag Papa angsbevange op die Mosselbaaise lughawetjie saam met Hans, maar ek kom nie uit nie. Op George aangeland vra ek die predikant aldaar of hy my na Mosselbaai sal neem. Hy is dadelik bereid en daar gaan ons. So teen vyfuur kom ons op Mosselbaai aan, tot groot verligting van Papa wat onder die indruk was dat ek 'n klein vliegtuigie gehuur het, so 'n Seelenfänger19 wat beslis iewers langs die pad neergestort het! Ons is dadelik af kerkhof toe. Die begrafnis het reeds die vorige dag plaasgevind, maar die graf was nog nie opgevul nie. Ons seuns trek toe die kis op en maak dit oop.

Daar lê Mama, so kalm soos ek haar altyd geken het. Na 'n gebed en baie trane skroef ons die kis toe, vul die graf en gaan huis toe, bly dat ek haar nog 'n keer kon sien. Daar kry my suster, Ruth, ons. Sy het nog die oggend met die hartaanval vinnig gehardloop om dr Waldron te gaan roep, maar toe hy by Mama aankom, was sy reeds weg.

"Reverend Scheffler, thank God that He has taken her now, she was in control of all her senses. From now on she would have started losing them." Want Mama was totaal verlam, kon darem nog sag praat en sluk, maar verder volkome hulpeloos.

Vir my was haar heengaan baie, baie swaar, want ek was innig geheg aan haar. Daardie aand aan tafel sê Papa vir ons:

"Meine Kinder, ich bin froh, dass ihr bei mir seid.20"19Een wat mense se siele opeis20 My kinders, ek is bly dat julle by my is.

33

Page 34: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Hy was diep alleen. Al die baie jare het hy gedoen wat hy kon om haar by te staan. Nou is sy weg en die huis soveel leër. Hans is kort daarna weer weg Kaap toe, want die skole het begin. Ewald was in die Drakensberge in die Oos-Transvaal, langs die Krugerpark, en kon nie kom nie, Theo was nog in Cambridge.

Intussen het die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek. Theo wou nie verder meedoen aan die ondersoeke wat gelei het tot die splitsing van die atoom nie. Hy is gevra om hom daarvoor aan te meld, maar het geweier. Hy is saam met 'n vloot handelskepe terug Kaap toe om op Stellenbosch sy studies te voltooi. Op pad het die Duitse U-bote nog een van die vaartuie wat onder begeleiding van torpedobote was, gekelder, maar hy het darem veilig tuis aangekom. Dit net terloops.

Ek het nog 'n paar weke by Papa oorgebly en onder andere vir Anni en haar man, ds Peter Stroebel, op my geboortedorp, Herbertsdale, gaan besoek waar ek met Lydia en Protea kon speel, toe twee woelige kleintjies. Pieter het kort daarna in 1938 ernstig siek geword, en is toe oorlede. Van toe af het Anni haar op Mosselbaai saam met Papa gevestig. Sy het vir hom die huishouding waargeneem en na enige onderwysposte in George se omgewing 'n skoolpos in Mosselbaai aanvaar. Daar het sy onderwys gegee tot met haar aftrede in 1966.

Ruth het later heeltemal by haar oorgeneem en vir Papa gesorg en intussen self privaat gestudeer. Sy het haar BA-graad aan Unisa behaal en haar onderwysdiploma na 'n jaar aan die Hugenote Kollege te Wellington. Maar sy het by Papa gebly tot haar huwelik met Danie du Toit, toe predikant van George. Vir 'n geruime tyd was hy daarna by hulle woonagtig na 'n jaar of wat by Ewald. Dit was toe dat dat Ewald nog vir Papa na sy geliefde Gutu geneem het, hý vas van mening dat hy daar malaria en swartwaterkoors sou opdoen soos toe hy nog jonk was en dit sy einde sou verhaas. Gelukkig het hy veilig tuisgekom, want in dié tyd het hy die teuels neergelê en vir sy opvolger plek gemaak.

Terug na ZambiëVoordat ek teruggekeer het na Zambië het ek nog eers vir Flip en Salie Stander op Brakpan gaan kuier, met die doel dat Chris my daar moet kom besoek. Sy het vir die naweek gekom, maar haar verhouding met die jong Metodistepredikant was reeds toe sterker as haar gevoel vir my. Dit was vir my baie aangenaam om haar daar te hê, maar ek het kort daarna geweet dat dit die einde van 'n pad is. Dit was nie maklik nie.

KamotoNou ja, so is ek na Kamoto, baie, baie alleen. Chris en ek het nog steeds gekorrespondeer, maar dit het al meer bloot vriendskaplik geword en uiteindelik opgedroog. Kamoto was baie eensaam, tagtig kilometer van Fort Jameson. 'n Mens het nie sommer sonder besliste rede met die motor gery nie. Want kyk, die battery het ook pap geword en dit was riskant om so alleen op pad te gaan.

Broken Hill (Kabwe) en Lusaka het my heel taalbedrewe gemaak en ek kon goed daarmee regkom. En ek het my taak ernstig opgeneem. Elke oggend is 'n biduur-diensie in die skoolsaal gehou, want 'n kerk was daar nie. Die hele gemeenskap en die kosgangers – daar was 'n seunskoshuis op Kamoto – het saam vergader en daarna was dit aan die werk met wat voor die hand gelê het.

34

Page 35: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Ek het Christoff en Elza Pauw, Martin se ouers, daar opgevolg. Ek onthou nog dat ek een oggend per fiets op Madzimoyo aangekom het, net 'n paar dae nadat hy gebore is!

Ulendo's21

Van die trekke op na Kambweri, 'n honderd agt en twintig kilometer noordwaarts, het ek nog niks vertel nie. Oral was daar geleentheid om die Woord uit te saai en ek onthou nog steeds hoe ons daar deur die oerbosse geloop het totdat ons weer mense bereik het.

Iets moet ek tog noem: Die Raad versoek my om 'n toer te onderneem al langs die ou trekpad vanaf Merwesending om die lidmate en skole op te soek agter die Msingaberge, oorkant die Luangwa en ander groot riviere. Dit was 'n gebied waar daar slaapsiekte geheers het en waar baie van die bevolking daarvan aangetas was. Slaapsiekte kom van die tsetsevlieg se byt in dele waar die tsetses met die slaapsiekte besmet is. Ek was op daardie stadium nog ongetroud en het my nie daaroor bekommer nie. Ek sal gaan.

Dit was net teen die einde van die reëntyd, die voetpaaie was vertrap deur die olifante en renosters sodat 'n mens nie met die fiets kon ry nie. Dan maar loop! Gelukkig vorder ek, maar my kos raak op, die brood word muf. Ek sny maar die muf af en eet. Maar o wee, die maag is nie tevrede nie. In die middel van die dag moet ons halt roep dat ek kon gaan lê totdat al die naarheid verbygaan. En voor ons by ons eerste bestemming sou aankom, nog eers oor 'n bergreeks klim!

Flou-flou het ek daar uitgeklim en die aand darem veilig by 'n stat aangekom. Toe wou ek nie weer van die brood eet nie en Iron, die kok, moet sorghum in die hande kry, asook sorghumbier, om daarmee vir my skons te bak. Kliphard, maar dit het die honger weggeneem en ek het ook nie weer siek geword nie.

Toe ons verder trek, kom ons by 'n reeks hutte aan waar die mense snags in een hut inkruip, want 'n leeuwyfie met haar welpies het uitgevind dat dit maklik is om mense te vang, makliker as wildsbokke. Gelukkig vir die mense is sy uiteindelik saam met die jong leeus gedood. Maar die vrees by die mense! Veilig weer op Merwe aangekom na veertien dae in die wildernis is ek bly om weer na Kamoto te kon teruggaan.

RaadsvergaderingsDie Raadsvergaderings het altyd gepaard gegaan met diepe erns, maar ook uitbundige vrolikheid. Snags was Christie Smit die man wat pypies onderin die meisies se beddens gelê het en dan, diep in die nag, staan ons almal in 'n kamer langsaan en hy pomp dan met 'n fietspomp water in hulle beddens in. Die gekerm dan langsaan as die een wakker word en uitroep: "Ek het my bed natgepiepie!"

Ja, dit was 'n harde wêreld, daar in Zambië, maar ons het baie vrolikheid tussenin belewe as ons bymekaarkom. Kersfees was ook altyd so 'n geleentheid. Dan het ons probeer saamtrek en vreugdevol die feesdae belewe, natuurlik totaal anders as wat ons Schefflers dit tuis gevier het, maar dit was nietemin aangenaam.

Intussen is oupa Kalipeni Van Schalkwyk weg uit Zambië vanweë botsings met ds Valie Strydom, die sendingsekretaris. Hy het een aand tydens 'n raadsvergadering op Madzimoyo ons almal "gewas" as onnosel en wat nie weet wat goed of reg was nie. Ek onthou die aand nog baie goed. Daardie aand het ek ook my mond verbygepraat oor wat Malcolm Retief ons op Lusaka vertel het. Hy was lid van die jaarlikse

21 Reise, op pad

35

Page 36: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Sendingkommissievergadering in Bloemfontein en het daar gehoor van Valie se planne om die Kaapse sendingstasies in Suid-Rhodesië wat die Achewa bedien, oor te neem. Die blankes daar was terloops destyds lede van die OVS-sinode. Op kerkregtelike gronde wou hy al die stasies daar "kaap". En ons wou 'n bouheer hê vir noodsaaklike bouwerk waarvoor hy geen geld wou bewillig nie, maar tog duisende ponde in Suid-Rhodesië wou spandeer deur werk van die Kaapse Kerk oor te neem. Ek verhaal in my onnoselheid die storie. Valie wat my altyd goedgesind was, "was" my omtrent daar voor almal. En arme Malcolm Retief gewaar dit later tuis. Selfs toe ons, baie jare later, Valie 'n slag naby Witsieshoek gaan besoek, was hy baie "sweet" met Rina, maar stuurs teenoor my.

Maar daardie aand staan Christoff Pauw ook op. Al die manne praat agteraf, maar swyg soos die graf voor Valie. Christoff staan daar op sy plek en begin sê dat iemand hom vertel het. En hy praat uit sy pa se mond, doodbedaard. Sy pa was vyf en twintig jaar daar sendeling en het hom vertel hoe hulle altyd voor Valie moes buig, hulle het nie die reg gehad om besluite te neem nie.

Hy staan later voor die tafel waar Valie sit en toe roep hy uit:"Ons het hierheen gekom om die Here te dien en ons sal daarmee aanhou, ons sal 'gonya, gonya, gonya22'"

Die gevolg van die hele debakel was dat oupa Kalipeni die land moes verlaat, maar na 'n paar jaar in die Kaap sy bediening voortgesit het. Hy kon dit net nie meer uithou nie. Dit was dan die groot "rebellie" wat my nog steeds duidelik voor oë bly. Maar aan ons werk en ons werkywer het dit geen verskil gemaak nie.

Hier teen September word dit bitter warm en dan al warmer tot Desember en Januarie wanneer die reëns kom. Dan is dit weer so benoud dat dit voel jy kan nie asemhaal nie. Intussen het jy altyd malaria. Almal het dit, soggens 'n kinapil, saans weer. As die koors te kwaai word, drink jy meer. As jou pille opraak, soos dit eenmaal met my gebeur het, sit jou turf. Want dan word jy hondsiek en jy het nie medisyne nie. My posbode wat 'n nuwe voorraad moes bring, het eenkeer langs die pad longontsteking gekry en in 'n hut onder weg gaan lê met my medisyne, my pos en my voorrade. Dit was 'n moeilike tydjie. Ek was juis toe op pad, onder by die Luangwavlakte. Ek het maar in die koelte op 'n rietmatjie gaan lê as dit te erg raak. Gelukkig het hy opgedaag en kon ek my kina hervat.

Trouplanne!Af en toe is ek na Madzimoyo asook na van die ander sendingstasies. 'n Mens is mens en ek het ook van damesgeselskap gehou en hulle seker ook van my. Kêrels was daar maar min in die omgewing en dié wat daar was, was meestal verloof, onder andere ook Dawie de Koker en Johannie Cronjé wat 'n jaar na my ingekom het. Maar toe kom daar mos 'n meisietjie op Lusaka aan terwyl ek toe nog daar was. Haar naam was Rina Steenkamp, pas opgelei as sendeling aan Friedenheim, die inrigting vir sendingdames in Wellington. Ek nooi haar vir middagete.

Estelle Driescher sê vir haar: "Jy moet jou ‘cap’ sit vir hom!""Is hy dan nie getroud nie?""Nee, kyk wat jy kan regkry."Ek het haar die volgende oggend op die bus besorg en daar gaan sy, 'n kind van

twintig jaar, op die lange pad van ses honders en veertig kilometers met al sy stampe en

22 Dit beteken: Ons sal buig, buig, buig. Ons sal ons nie hierdeur van ons roeping laat wegkeer nie.

36

Page 37: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

stote tot op Madzimoyo. Van daar is sy na Botie (mej Ella Botes) op Magwero waar sy 'n hele tyd gebly het, taal geleer het en leer fietsry het, die onontbeerlike ryding daar.

Waar ek haar weer gesien het? Tydens 'n raadsvergadering op Madzimoyo. Sy is daarna verplaas na Merwe by ds Christie Smit, maar ons het mekaar beter leer ken toe die Raad my vra om vir 'n kwartaal skool te hou op Nyanjisending by die Pienaars. Hoekom sy daarheen moes kom, onthou ek nie nou nie, maar daar het die vlooi my gebyt en het ek haar een aand gevra om met my te trou!

Intussen was Cora en Hannes Bruwer23 ook in die rondte. Cora was verpleegster en Rina was onderwyseres en Meidjieskoolhoof op Merwe. Ek het daar gaan kuier en meer en meer tot die oortuiging gekom dat sy die vrou vir my moes wees.

Ek onthou nog hoe ek met Iron, my kok, in my Ford Cabriolet-tjorrie van Kamoto gery het om op Merwe te gaan kuier. Die motor se watertenk het taamlik gelek en ek sê toe vir hom:

"As ons by die Kateterivier kom, sê vir my dat ons kan stilhou en water ingooi."Lank daarna vra ek hom: "Iron, wanneer kom ons by die Katete?""Ons was lankal daar en ek het gepraat, maar Mfumu24 het nie geluister nie."So hoog het ek reeds die skoot deurgehad!Rina het altyd vertel hoe sy en Cora hulle liefdesbriewe aan mekaar voorgelees

het en dan aanmekaar gelag het. Kort daarna word ons twee gevra om strooijonker en strooimeisie vir Hannes en Cora te wees. Hulle is op Nyanji getroud waar ek toe tydelik was. Nou ja, daarna was ons seker "gekys" en met die volgende Kersfees 1938 verloof. Daarna het ons begin planne maak om te trou nadat ek vooraf saam met Johannie wat ook op trou gestaan het, van die Raad verlof moes kry om te kon trou. Ons moes toe sorg vir baie sjokolade om die raadshere mee om te koop. Ek onthou ons twee het ons lekkers bo in Nyanjikop gaan wegsteek, want die waardige Here, en veral die meisies, het graag die sjokolade gaan steel en hoe kry jy dan verlof om te trou?!

Ek onthou toe Hannes Bruwer die middag verlof vra, kom daar skielik 'n "meisie" by die deur in en maak beswaar: hy het "haar" beloof, wat gaan dan nou hier aan? Ja, daar was altyd baie grappies by so 'n Raadsvergadering, iets wat ek nooit in Suid-Afrika teengekom het nie. Hier was alles altyd baie korrek en styf.

Maar nou moet ek eers vertel van toe ek die eerste keer Kamoto vir my nooi gaan wys het. Dit was middelsomer in Zambië, hier tussen Februarie en Maart wanneer die baie reëns val. Rina was op Merwe en ek het haar gaan haal. Een van die madonna25

moes saamgaan as chaperone. Die oggend vroeg weg van Merwe, maar oral is daar net modderslote soos die busse die pad letterlik oopgeploeg het. 'n Mens moes dit sien om te glo. 'n Paar sakke saamgeneem vir in geval ons sou vasval, ook 'n byl om bome mee af te kap. Dit neem ons toe van die oggend vroeg tot donker om die honderd en sestig kilometers af te lê met bande wat stukkend gesny is, alles vol modder, die sakke lankal verlore, maar ons kom darem behoue op Madzimoyo aan. Die volgende oggend is ons baie vroeg uit na Kamoto.

Maar o wee, die "Great East" was darem 'n gemaakte pad, die een deur na Kamoto 'n "track". By elke slootjie val ons vas, dan takke afkap, die domkrag oor hulle plaas en dan nog meer takke, want klippe was daar nie. So hou ons aan totdat die tjorrie uit die 23 Hannes Bruwer was eers onderwyser. Later in SA word hy eers lektor en daarna die baie bekende professor in Volkekunde op Stellenbosch, by wie my kinders, Rini en Eddie, later klas geloop het.24Hoofman25 Naam vir werksters

37

Page 38: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

sloot kon uitklim. Die aand laat na agtuur is ons so 'n uur se stap van Kamoto. Die motor sit vas en wil nie roer nie. Nou maar voetslaan. Die twee meisies moes maar teen wil en dank meedoen. Ons kom die nag om elfuur op Kamoto aan en vind warm water vir baddens – in 'n sinkbadjie – maar ook kos, natuurlik hoender, rys en sop gereed vir ons. Rina het sommer daar op die Morrisstoel aan die slaap geraak, haar maat was 'n bietjie taaier. Lekker geslaap en na 'n dag weer terug na Merwe. Toe was die pad darem 'n bietjie afgedroog en het dit beter gegaan. O ja, die oggend voor ons terugkeer is ek toe met die klomp "boarders", die seuns in my seunskool, uit na die motor om dié te gaan haal. Gou was ons terug en die lug is weer blou. So 'n rit het ek gelukkig nooit weer gehad nie. Ons het nog baie vasgeval, maar dit was mos altyd te wagte. Dit was vir Rina 'n besonderse inleiding tot Kamoto en sy omgewing.

Troue op BredasdorpRina en ek het toe besluit om af te ry Kaap toe, sy na haar ouerhuis op Bredasdorp en ek na my mense in die Kaap. Die troue sou 'n week later op Bredasdorp wees. Ek is nog eers Mosselbaai toe. In die Kaap leer ek vir haar susters, Anna en Baby ken. Ja, so lank ken ons mekaar al. Anna was nog nie getroud nie en was verpleegster by die Victoriahospitaal, Wynberg, en Baby by Die Kerkbode. Hans en Kitty was al getroud en ek het by hulle gebly en my tande laat regmaak, want ek was haasbek! Baby se eerste kommentaar van my was glo: "Twee hengse oë en 'something missing'!"

Ek het die familie op Bredasdorp leer ken en hulle het my darem nie verwilder nie. Dit was 'n reusetroue gemeet aan die opkoms in die kerk die aand van 17 Oktober 1939. Papa het die troue waargeneem. Rina het hom toe vir die eerste keer ontmoet asook vir Anni. Protea en Lydia was blommemeisies en Anna en Philip strooijonker en strooimeisie. Die aand is ons uit na Waenhuiskrans waar ons 'n week lange wittebrood sou deurbring. Rina se oudonderwyser, Coenie Slabbert, het ons vervoer met sy motor. Ons het 'n heerlike kamer gehad wat uitgekyk het oor die hele kuslyn tot bo by die Waenhuisgrot. Dit was aangename dae om mekaar beter te leer ken, langs die strand en oor die duine te stap en die koelte na die ontsettende hitte van Zambië in Oktober te geniet. Ek was maar rou en baie onnosel, maar 'n mens kom mos darem reg as daar twee is!

Terug na die Noorde en 'n nuwe lewe saamAan die einde van ons wittebrood is ons weer terug na die Noorde toe. Op Lusaka het my tjorrie gewag en ons is uit na Kamoto toe.

Geleidelik het ons aangepas in die nuwe huis. Rina het dit natuurlik dadelik begin opknap, soos julle kan dink. Gordynkappe aanbring, gordyne …!

Toe sy gekom het, was dit kwaai reëntyd en ook nie meer so verskriklik bedompig nie. Maar namate die reëns afgeneem het, het dit ook weer warmer geword en Kamoto kan warm wees. Daarvoor was daar langs die huis 'n groot houtstellasie so 'n twintig voet hoog, met 'n leer om daarop te klim met 'n platform bo-op. Daar het ons kampbedjies opgestel en onder 'n muskietnet bo-oor geslaap. In die huis was dit onuithoudbaar bedompig en warm. Maar buite kry jy die eerste koel luggie, hier eenuur vannag. Klim op met 'n leer, bokant is jou kampbed met muskietnet. Daarsonder kan jy hoegenaamd nie

38

Page 39: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

slaap nie. Rondom die muskietnet zoem-zoem die muskiete. Bewaar jou as jou voet of hand aan die net raak. Dan kry jy dit.

Wilde diere het ons gelukkig nooit gepla nie alhoewel daar genoeg in die omgewing was. Feitlik elke nag het ons die wildehonde hoor jag. Hulle jaag agter wild aan, sonder een bok uit en hardloop dan agter en weerskante van hom. Die prooi probeer heen en weer te hardloop om weg te kom, maar oral is daar die skreeuende, bloedige bekke.

Een middag was ek aan timmer aan my fiets. My posseun wat weekliks pos op Fort Jameson moes gaan afhaal, sou daarmee ry. Ek het so kort voor skemer in die agterplaas naby die kombuisdeur gestaan en werk aan die wiele. Skielik kom daar van onder uit die rivier se rigting 'n koedoe aangestorm en teen die bultjie op waar ons huis gestaan het, tot by my. Ek het nog na hom gegryp, maar hy was al weer weg, rondom die groot stoep en daarna met die pad af om in die ruigtes vorentoe te verdwyn. Alles het blitsvinnig plaasgevind. Die wildehonde was bang vir my en het die jag gestaak - die bok was vry! Om te dink dat 'n wildsbok by 'n mens in sy uiterste nood sal gaan beskerming soek, want geen wild sou andersins naby die huis kom nie.

Die "boarders" moes toe ook uitvind dat hulle na middagete nie kon raas en skreeu nie. Hulle het dit gou geleer, want die kleinnooi wou haar middagslapie geniet en nie die donderende lawaai aanhoor as die skoliere hulle skoffelpikke in die stoor langsaan kom haal nie.

Ons moes natuurlik die statte gaan besoek. Op ons fietse het ons dan die voetpaadjies aangedurf. Maar hier teen April, Mei was die gras oral so een en 'n half meter hoog met die rypwordende gras wat selfs die paadjies toeval. Daar moes ons deur. Ek ry voor, Rina agterna. Sy kan my nie sien nie, net die dowwe paadjie, en weet dat ek daar vorentoe is. Die Marambo, soos daardie gebied in die Luangwavlakte bekend is, is heeltemal toegegroei in die somer en raak eers weer oop as die groot veldvure in Junie, Julie kom. Maar dan is alles swart totdat die eerste reëns in Oktober op die verhitte aarde val en alles in groen omtower. So warm word dit daar dat die swartmense nie bedags kan loop nie. As ons dan wil trek, moet dit snags wees.

Ek onthou een naweek was ons op na die statte naby die Luangwa, met tent en al. Daar aangekom, word die tent gou opgeslaan, vuur aangepak en water aangedra vir baddens in ons sinkbadjie.

Dwarsdeur die nag moet die vure brand as afskrikmiddel teen die roofdiere. Die leeus het soms rondom die tent gesluip, maar hulle val nie maklik aan nie behalwe bedorwe leeus wat al uitgevind het hoe maklik dit is om mense te vang. Dan is hulle baie, baie gevaarlik en word daar probeer om hulle so gou as moontlik te dood. Tiers(luiperds) sal jou biltong van jou lyn wat gespan is om dit droog te kry, in die nag kom afhaal, maar hulle is baie menssku. Hulle is daar, maar jy sien hulle baie selde.

Ek onthou spesifiek een aand: Rondom die hutte was daar altyd 'n bwalo, 'n soort werf waar hoenders en varke snags toegemaak is, maar wat van mielie- of sorghumstronke gemaak is. Dus maklik deurdringbaar vir 'n wilde roofdier wat so naby aan 'n mens sou waag. Die aand het 'n tier by ons hoofonderwyser se bwalo ingestorm, 'n paar makoue daar buitgemaak en toe weggevlug. Die volgende aand stel ons toe 'n geweer langs die "muur" met 'n toutjie dwarsoor die gat, vasgemaak aan my mausergeweer se sneller. As die tier weer inkom, dan moet die skoot afgaan. So teen nege-uur sit 'n jong Afrikaner van 'n nabygeleë plaas saam met my buite ons bwalo om

39

Page 40: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

die koel aandlug te geniet. Skielik val die skoot. Ons hardloop gou daarheen en daar lê ta, morsdood, met die skoot deur sy kop. Dié slag kon hy nie wegkom met makoue nie!

Ons was een keer op dorpies- en skolebesoek af onder in die Luangwavlaktes. Tent was opgeslaan, die werf skoongevee, daarvoor het Rina gesorg. Die Sondag daar oorgebly en dienste gehou. Rina het laat rys kook saam met die alewige hoendertjie. Maar sy wys vir Iron, die "kok", hoe om korrelrys te kook. En was dit lekker! Andersins het hulle altyd die "lice" in 'n klont gekook.

Laat die Sondagmiddag ry ons terug huis toe. Warm, warm, met tsetsevlieë wat onerbarmlik steek. As jy stilhou, swerm hulle na vore van jou rug af. Dan maar weer opklim en ry. Daar begin Rina huil.

"Hier ry ek deur die wildernisse, word gebyt deur die tsetses en gebrand deur die buffelboontjies se fyn dorinkies wat soos turksvydorings jeuk en brand, en daar by die huis ry Philip Vorster vir sus Anna in hulle motor rond!"

Maar gou getroos, jy is mos sendeling en jy wou mos hierheen kom! Dan skep sy weer moed, jaag die tsetsevlieë weg en bestyg weer haar ysterperd agter my aan.

Saans het ek altyd na aandete 'n klomp van die stasiemense in my studeerkamer gehad, dan doen ons Bybelstudie. Dit was aangenaam. As ek besoekers het, trek ons, na 'n bad in 'n ronde sinkbadjie, ons slaapklere en muskietstewels aan en dan gaan sit ons voor op die werf totdat dit koeler word. En tee word op groot skaal gedrink saam met Klimpoeier. Koffie net eenkeer, soggens.

As daar besoekers kom, wit of Indiër, dan roep jy net die kok, die kok roep die skottelgoedwasser en waterdraer, en jy roep "Kweza moto!", blaas die vuur aan. Dan word daar langbeen tee, koppie na koppie, gedrink. Bediendes was daar genoeg. Die kok, dink ek, het agt sjielings gekry, die timmerman wat meubels moes maak, twaalf sjielings, almal was gelukkig daarmee. My eie gasie was ook maar gering, naamlik twaalf pond per maand. En nadat Rina bygekom het, was dit veertien. Nie veel om te spaar nie.

Intussen laat jy werk doen, huisies bou, die stasie enigsins opknap. En ook tuinerye aanlê. Mango's was daar in oorvloed en nadat Rina gekom het, het ons in die droë tyd, as dit so warm is, die groen mango's afgeskil en gekook soos vir ingelegde vrugte. Baie lekker gesmaak! Rina het my baie eenvoudige dieet behoorlik aangevul, want ek het van die allerminste bestaan. Rys was daar baie, te koop vir 'n sent per halfkilogram. Die mense het dit self gekweek in die Luangwa-laaglande. Volop patats, mieliepap en elke dag 'n hoendertjie. Saans sop van sy kop, vlerke en pote. Brood, geen. Wat het 'n mens meer nodig? Rina het alles baie beslis gou verbeter en gesorg vir ordentlike brood.

As die rivier afkom, het ons soms gaan swem, so 'n twee honderd treë van die huis af. Maar nie dikwels nie.Die rivier was meestal droog behalwe in die kwaai reëntyd. Saans wou Rina altyd nog Milo hê. Dan is ek met die leer af kombuis toe. Hoop maar die ketel se water is nog warm, en met Milo en Klimmelkpoeier gemeng kry sy haar drankie. Teen middernag het daar 'n koel luggie gekom, en dan kon 'n mens lekker slaap tot sesuur wanneer die son weer begin brand. In die reëntyd moes ons natuurlik binne bly.

Jagavonture langs die LuangwaEk moet darem nog vertel van ons groot jagtog, onder langs die Luangwa. Ons was goed bevriend met Christie Smit en sy vrou van Merwesending alwaar Rina die langste tyd werksaam was. Ons besluit ons gaan jag langs die rivier en die vrouens en kinders kom

40

Page 41: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

saam. Rina was toe swanger, Jojo (my bynaam vir Rini) was geleidelik op pad. Vir Rina het ons 'n machila geprakseer waarin sy kon lê as ons op pad is. Twee tente vir die twee gesinne, ons en die Smits met hulle klein seuntjies. En natuurlik al die voorraad nodig vir die jagtog. Genoeg draers was gou beskikbaar. Selfs mediese voorraad soos altyd. Daarby die onontbeerlike suiker, koffie, tee, maar veral baie sout, want dit sal nie net vir die biltong nodig wees nie, maar ook as ruilmiddel of “geld” om mieliemeel en wat nog te koop, ook eiers en rys.

Alles gaan goed. Ons kom by die rivier aan en ry met uitgeholde boomstamme oor die rivier, sowat een en 'n half kilometer breed. Ons maak 'n lekker kampplek en begin toe jag. Die dames en kinders bly "tuis" op die rivierwal. Krokodille genoeg, maar hulle koes weg en gly in die water in, dus geen gevaar nie. Die seekoeie speel daar in die breë rivier en alles is vredevol. Wild is volop en die biltongmakery kan begin. Dis die einde van die winter, lekker warm dae daar onder langs die Luangwa, die gras is droog, baie daarvan afgebrand.

Die rivier lê op sy laagste, maar is steeds 'n bruisende, groot stroom. In die reëntyd as die groot waters afkom, rys dit bo-oor sy hoë walle en bedek groot dele rondom. Dan word dit 'n regte meer op sommige plekke. Ons staan by so 'n deel waar daar 'n jong meertjie is wat in die reëntyd een groot massa water is, maar nou bokant die walle is. Dis 'n groot dam waar die krokodille en die seekoeie hulle tuismaak.

Ons soek wild. Skielik kom ons op die meertjie af met 'n redelike groot eiland in die middel. Reg oorkant staan 'n paar groot waterbokke, so groot soos jong beeste, met skerp opskephorings.

“Skiet jy,” sê Christie.Ons staan agter groot bome op die oewer en ek lê aan en trek los. Die bok stort

neer. Nou moet ons rondom die meertjie hardloop om by hom te kom waar hy plat lê. Maar die gras is klam van die dou, en glibberig. Daar aangekom hardloop ons na die bok, ek voor. Skielik spring hy op, ek spring orent, gly op die gras en slaan voor hom neer waar hy sy skerp horings regmaak om my te skep. Maar hy is dodelik verwond en val direk agter my neer. Ek spring gou op en dieselfde gebeur weer. Die derde keer kom ek weg en gee hom 'n doodskoot. Wat 'n noue ontkoming en Christie wil lê soos hy lag. Sowat het my nooit weer oorgekom nie!

Genoeg vleis ja, so baie dat dit naderhand moeilik raak om genoeg meel vir ons draers te kry, want die oewerbewoners het slim geraak en vra vir elke bakkie meel 'n gelyke deel vleis. Maar daar was so baie dat ons draers later nie meer alles kon behartig nie. 'n Groot dubbele streepsak biltong gaan saam huis toe.

Een Sondagmiddag sit ons daar in die sonnetjie en braai. Ek vra toe of ons nie na die seekoeie toe kan roei om hulle van nader te bekyk nie. Waarom nie? Almal in die uitgeholde boomstam. Net mooi sit dat hy nie omkantel nie. En daar gaan die roeiers met ons oor die wye watervlak. Dit gaan te lekker. Skielik sien ons dat een koei met 'n kalf glad nie genoeë neem met ons nuuskierigheid nie. Sy duik weg en kom al nader. Die swartes gewaar dit en draai vinnig om, terug wal toe. Sal ons dit maak? Ek los nog 'n skoot met die mauser, maar 'n mens kan nie in die water skiet nie. Gelukkig bereik ons die steil wal betyds, met die snuiwende seekoei hier digby. As jy maar kon sien hoe vroue, swanger of nie, teen so 'n steil wal uitvlieg! Gelukkig slaag hulle daarin. Einde goed, alles goed.

41

Page 42: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Toe ons 'n tydjie later weer kontak maak met ander sendelinge, moes ons hoor dat die deel waar ons gejag het, kort tevore tot wildtuin geproklameer is waar jag verbode was! Maar waar daar nie 'n klaer is nie, is daar ook nie 'n wet nie.

Die betrokke area is tans deel van die groot Luangwawildtuin waarheen honderde toeriste gaan, selfs soontoe vlieg, om die wildlewe te besigtig.

Muis! Muis!Ek onthou nog een middag sit ons in ons redelik koel eet-sitkamer en tee drink.

Skielik hardloop 'n muis oor die glad gepolitoerde vloer. Rina skrik en ek gryp die glasbeker met water en gooi dit uit agter die muis aan, oor Rina se netjiese vloer. Alles papnat. En sit die kleinnooi 'n keel daaroor op!

"Jy kan mos nie dit doen nie!""Maar ek moet mos die muis verwilder!"Nee, dit mag nie. Les nommer een: dinge gaan voortaan anders wees, 'n bietjie

beskawing leer!

Op ulendo na die dorpiesElke dan en wan het ons op toer gegaan met ons ongeveer tien draers, ons met ons fietse en hulle met die voorrade, onder meer ook 'n kas medisyne, want siekes was daar altyd op ons pad. Dan help jy maar waar jy kan. Kom ons by 'n dorpie aan waar 'n skooltjie is, word daar afgepak, tent opgeslaan met kampbedjies binne. Die skool word dan besoek. Die dorpies wat naby mekaar lê, het een skool. Jy doen dan inspeksie, want jy is bestuurder daarvan. Jy kyk hoe die kinders vorder met rekenkunde, lees en spelling. Swartborde bestaan nie. Op die werf het elkeen sy plekkie en daar skryf hy met sy stokkie en doen sy rekenkunde. Daar het ek gesien hoe min skoolmateriaal 'n mens nodig het om te leer lees en skryf. Boeke moet jy hê, maar nie baie nie. Einddoel is die Bybel en katkisasieboeke. Die onderwyser – hoe ver het hy geleer? Standerd twee of drie, dis nogal ver. Solank hy die kennis kan oordra. Jy toets natuurlik veral die sang en Bybelkennis. Dit neem 'n tyd, maar mense leer hulleself help, kan hulle Bybels lees, gesange sing en die nodige rekenkunde doen om met geld te werk. So word 'n hele bevolking geletterd.

Hier moet ek 'n bietjie afdwaal: Ek kry eendag hoë besoek toe ek nog ongetroud was. Die onderwyshoof van die oostelike provinsie, Zambië, kom op skoolbesoek. Hy word verwelkom en slaap die aand by my oor. En hy bring nogal lekker kos met hom saam wat ek lanklaas genuttig het. Ons gesels oor sy werk en hy vertel my hoe hy die Dutch Reformed Mission se onderwysmetodes waardeer. Hy kom toe net uit die westelike provinsie van Zambië langs die spoorlyn. Daar word heeltemal anders te werk gegaan. Die sendelinge daar bou institute waar groepies swartes tot by graad agt opgelei word; hulle is dus baie geleerd. Ons, daarenteen, gebruik onderwysers met graad vier of vyf as opleiding, met 'n minimum van skoolmateriaal. Maar ons bedien met ons metode hele distrikte. Sommige sendelinge moet so veel as honderd skooltjies bedien. Maar daarmee slaag ons daarin om die breë bevolking geletterd te maak, terwyl met die ander metode net 'n klein groepie jongmense leer lees en skryf. Vir my was dit 'n wonderlike getuigskrif en ook bewys van met hoe min skoolbenodigdhede 'n hele bevolking opgehef kan word.

42

Page 43: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Maar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle val net mense aan as hulle "bederf" is of so siek is dat hulle nie meer kan jag nie. Dan word hulle baie gevaarlik en kan 'n hele streek vreesbevange raak totdat die kwaaddoener gedood is. Dit was vir my lekker as Rina saamgaan, maar as die tsetsevlieë haar onbarmhartig byt en die jeukboontjie haar brand, het ek haar baie jammer gekry en moes ek net troos. Maar die tsetse was regtig nie maklik om mee reg te kom nie.

Saans word kerk gehou waar ons oorslaap. Die hele bevolking – dis nie baie mense nie - klein en groot, is daar en 'n mens kry weer kans om die Woord te spreek en mense aan te moedig om die Here te volg. Daarmee was ons nooit haastig nie. In die skool gedurende die dag is reeds soortgelyk opgetree, maar saans was altyd die hoogtepunt van die dag.

In die dag as jy wild teenkom, moet jy maar skiet, want vanaand gee die mense aan jou mense meel vir mieliepap. Hulle het die heeldag nog nie geëet nie, dis nóú hulle maaltyd en as daar dan vleis genoeg is, gaan dit goed. Sout moet jy genoeg hê, want dit is jou koopmiddel vir hoendertjies of rys of wat nog kortkom.

Sondag is 'n besonderse dag. Dan kom almal uit die omgewing saam as jy op besoek is, en word daar in die opelug diens gehou. Nie net jy neem daaraan deel nie, maar ook van die onderwysers of ander gelowiges wat beskikbaar is. Elkeen kry sy beurt, met sang tussenin. Dit was altyd mooi en verfrissend om te hoor hoe hulle die gelese deel uitlê en toepas. Daardie mense het 'n ingebore aanleg om dit te kan doen.

'n Paar keer per jaar moet ek na Kambwiri gaan, honderd agt en twintig kilometer van Kamoto, reg noord. Dis ver om te loop, veral as dit so warm is. En daar is net klein voetpaadjies tussen die bosse, dus was die fiets buite die kwessie. Groot dele is onbewoond; daar is 'n groot gebied waar net wild rondswerf, van alle soorte, olifante, renosters, troppe buffels, leeus, tiers, en al die gewone troppe wild, veral rooibokke in hulle honderde. En net wildspaadjies. Selfs die swartes verdwaal daar as hulle nie die wêreld ken nie.. Ons het eenkeer op so 'n groepie afgekom wat met ons saam kon verder gaan. Ons het in sulke gebiede altyd van 'n gids gebruik gemaak.

Die mense daar was baie rou. Ou Kambwiri het tagtig vroue gehad, 'n eie stat, afgesien van sy dorp. Oral moet skole opgerig word en die mense aangemoedig word. As jong sendeling het ek daar veels te kwaai opgetree. Skole het ek wel gekry, maar op seker plekke; teen watter prys! Ek voel nog altyd skuldig, maar weet dat die die liewe Here dit vergewe het.

Malaria dwing ons terug na die SuideDit was nie baie lank hierna nie dat een van die regeringsdokters daar by ons op Kamoto aandoen. Rina het alweer begin sukkel met malaria ten spyte kan ons daaglikse kinakonsumpsie. Die malaria was kwaai en dit was baie warm. Na 'n ondersoek beveel hy aan dat ons dadelik die land moet verlaat, dit sou gevaarlik wees om langer daar te bly.

Christie Smit bied aan om ons by die trein op Lusaka te besorg en ons begin planne maak om te vertrek. Maklik was dit nie, ons het immers daarheen gegaan om die Evangelie te verkondig waarvoor ons ook baie geleentheid gevind het. Baie keer verkeerd opgetree, maar Sy genade is altyd genoeg en ons foute werp Hy in die diepte van die see.

Alles op Kamoto het so mooi reggekom. Daar was sprake dat 'n nuwe pastorie gebou sou word. Daarvoor het ek 'n yslike steenoond met ongeveer sewentig duisend

43

Page 44: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

stene laat maak. Wat daarvan geword het, weet ek nie; ook nie veel van my opvolgers nie. Ek weet net dat daar later 'n hospitaal gebou is; dié het ek darem gesien toe ek in 2000 weer daar was vir die groot eeufees. Maar toe het Kamoto erg verwaarloos gelyk; alles toegegroei deur die bosse. Die laning van flambojantbome was nie meer daar nie. Ek het hulle gesoek totdat ek uiteindelik twee yslike bome gesien het. Dis waar die pad langs geloop het, maar alles was veranderd. Ook die ou huis was weg en 'n erg vervalle huis het in sy plek gestaan. Maar dit was aangenaam om weer daar te kom saam met Erica en haar groot maat, Johnita le Roux van Stellenberg. Dit was behoorlik 'n ervaring na al die jare.

Papa het sy lewe lank terugverlang na die jare wat hy in Mashonaland deurgebring het en dieselfde was ook die geval met ons. Maar die Here bestier en weet waar Hy ons nodig het.

Ons paar meubeltjies wat ou Henoki vir ons in sy werkswinkel van mahoniehout uit Kamoto se bosse vervaardig het, het ons gou teen 'n paar pond verkwansel, min wetende wat dit in Suid-Afrika sou kos. Ook my mausergeweer wat Onkel Bernhard nog vanuit Königsberg vir my aangestuur het, is vir drie pond verkoop! Toe was ons so arm soos kerkmuise of nog armer! Want soos ek reeds vertel het, het ek selfs my geliefde Ford Cabriolet wat my baie jare lank deur slote, riviere en oor vlaktes gehelp het, vir twaalf pond aan Hannes Bruwer verkoop.

Die Sendingraad het geen kommentaar oor ons vertrek gelewer nie. Destyds was afskeide eintlik onbekend; dit was net asof ons met verlof was, wat werklik nog die geval was. Maar my veertien pond per maand is nie vermeerder om te help met die reiskoste nie, maar verminder tot twee derdes daarvan. Is dit nou wat hulle noem "French leave"? Maar dit was destyds die wet van die Vrystaat.

Bredasdorp en NapierEk en Rina is met die trein af na Suid-Afrika, na haar ouers op Bredasdorp. Oupa Steenkamp het toe nog geleef, Rina se broer, Eddie, was 'n klein seuntjie en haar suster, Susan, 'n groot dogter, 'n regte tiener wat toe reeds baie aandag getrek het. Susters Anna en Baby was in die Kaap, elkeen met haar eie kêrel. Kort daarna is Philip en Anna getroud.

Kort nadat ons daar aangekom het, het dr Nepgen van Napier my kom vra of ek hom nie wou kom help met huisbesoek nie. Natuurlik, leeglê kon ek nie. Rina bly intussen by Oupa en Ouma en verwag Rini wat maar net nie wil kom nie. Dr Myburgh troos; hy weet van 'n koei wat vier en twintig maande geloop het voordat sy gekalf het! Op 15 Februarie 1941 het Jojo die lewenslig op Bredasdorp aanskou in haar oupa en ouma se huis. Alles het gelukkig goed afgeloop en ek kon Rina met gerustheid by haar ouers laat bly terwyl ek tydelik na Napier verhuis het.

Dit was nie moeilik nie. Ek het ook met preke gehelp en die geselsies met dr Nepgen was altyd opbouend. Hy en Mevrou het my laat tuis voel en bedags het ek met die betrokke ouderling, oom Pieter Swart, uitgegaan en besoekwerk gedoen, eers op die dorp, daarna in die plaaswyke. Om met blankes te verkeer, was nie moeilik nie en 'n mens het daar ondervinding opgedoen wat jou bygebly het. Af en toe het ek Bredasdorp toe gery as iemand my sy bakkie geleen het. Eendag wou ek Rina op 'n rit neem, maar nee, nie in 'n bakkie nie! Daardie dae al opstêrs al was ons brandarm.

44

Page 45: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Intussen het instansies verneem dat ek sonder werk sit. Amptelik was ek nog met verlof, maar ek was bewus dat ons nie weer sou kon teruggaan nie. Toe ek 'n slag op Mosselbaai kom, versoek die stasiemeester, wat ook voorsitter van die ATKV op Hartenbosch was en Hartenbosch beheer het en wat destyds vinnig aan die uitbrei was, my of ek nie die vakante pos as hoof aldaar wou aanvaar nie. Ek het nie lank daaroor nagedink nie, dit was vir my vanselfsprekend dat ek sou bedank. My roeping was immers duidelik dat ek sendeling was en en 'n taak vorentoe sou hê. Ook later, toe ons per trein teruggekeer het nadat ons Zambië finaal verlaat het, het die destydse hoofkapelaan van die Weermag my op die trein versoek dat ek aansluit en voltyds kapelaan word. Dit was vir my totaal ondenkbaar al was ek sonder werksvooruitsigte. Papa sou my dit ook nooit vergewe het nie. Aansluit sou ek nooit nie, bloed is immers dikker as water. Dan liewer 'n kerkmuis wes en sonder werk aansukkel en op die Here se leiding wag.

Drie maande op Napier gebly toe word ek gevra om na Saulspoort te gaan om ds Stegmann wat baie siek was, af te los. Intussen word ek ook na die Wes-Rand beroep. Dit was 'n uitkoms. Daarmee word my bande finaal met Zambië verbreek.

Die RandFlip Stander en sy kollegas het geweet dat ons Zambië verlaat het, en so kom die versoek, gevolg deur 'n beroep, dat ons ons op die Rand sou vestig en wel in die kombinasies Wes-Rand, insluitende Roodepoort, Krugersdorp en Krugersdorp-Wes met Luipaardsvlei tussenin. Krugersdorp, Krugersdorp-Wes en Roodepoort sal my vyf en twintig pond per mand betaal met 'n reiskoste van agt pond en huishuur van sewe of agt pond. Geen huis beskikbaar nie.

Nou ja, ons is toe met die kleine Rini (Jojo) per trein na die Rand en vind “skuiling” in die agterplaas van 'n mevrou Rothman, waar sy vir ons 'n kamertjie met 'n sementvloer in haar agterplaas aanbied. Dit was bitter koud, dit is die Rand en midwinter. Daar was geen verwarming en geen warm water nie. In haar kombuis kon ons warm water kry as daar was. Die tyd vir sulke luukses was nog nie daar nie. Dit het maar moeilik gegaan, maar ons het ons geleidelik daarby aangepas.

Sondagoggende het ek die mynkampongs op Roodepoort besoek, elfuur volg dan 'n diens in die swart woonbuurt en namiddag op Krugersdorp in hulle swart woonbuurt. Intussen probeer ek Zulu aanleer. Maklik was dit nooit daar nie. Ons kry 'n huisie te huur teen sewe pond per maand te huur en trek daarheen.

Ons bure skuins oor die straat, die Bothas, was besonder vriendelik. Hulle was ware vriende en het dit gebly selfs toe ons al op Saulspoort was. As ons Rand toe moes kom, was hulle huis altyd vir ons oop. Hy het later prinsipaal van 'n driemanskooltjie naby Zeerust geword en hulle het ons daarheen uitgenooi. Daar teen die die rantjies, tussen die Hoëveld en die Bosveld het hulle gewoon. Die mense het baie vrugtebome daar gehad en die groot bedryf was perskebrandewyn! Bewaar jou as jy gevang word, maar almal het maar gestook. Later, toe ons op Saulspoort woon, moes ek gereeld Zeerust as konsulent besoek en dan het ons hulle altyd gaan opsoek.

Intussen het Andries Odendaal, latere vertaler van die Bybel in Suid-Sotho (nuwe vertaling), ook op Randpoort as jong, ongetroude sendeling begin werk.

Die predikante op Krugersdorp het hulle maar min aan ons gesteur. Destyds het ons begin om fondse in te samel vir 'n skoolgebou in die nuutbeplande swart woonbuurt waar met die hulp van goedgesindes daar toe ook na ons vertrek 'n mooi gebou opgerig

45

Page 46: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

is. Dit is ook voorlopig as kerk gebruik omdat die ou swart woonbuurt geskrap moes word.

Die predikant van Roodepoort was ds C B Brink, later Moderator van die Transvaalse N G Kerk en daarna jarelank hulle sendingsekretaris. Hy wou graag deur sy kerkraad vir ons 'n mooi woning op Roodepoort aankoop, maar sy ander ampsbroeders op Krugersdorp het geweier. Dit moet op Krugersdorp wees, maar self het hulle niks daaraan gedoen nie!

Moeilike tyeIntussen sit Rina daar in die ysige stoepkamer met Rini van 'n paar maande oud. Dit is midwinter op die Rand. Toe kom ons agter dat Eddie ook in aantog is. Bittere trane, die dokter gaan sien! Intussen is ons albei vrot van die malaria. Die VSB skenk my 'n fiets wat my voertuig word. Ek sit Sondagoggende my balaklavamussie op wat net my mond en oë ooplaat en durf die pad aan na die trein toe. Daar laai ek my fiets op en kry hom weer op Roodepoortstasie. En dan "compounds" toe. En dis ver. Soms word ek so moeg en uitgeput van die malaria dat ek maar die fiets stoot.

Aangekom by die lokasie waar daar 'n kerkie was, moet een van die kerkraadslede by die naaste kêffie vir my iets kry om te eet; my bloeddruk is in my skoene in. Dan voel ek beter en kan weer preek. Die middag terug na Krugersdorp om daar 'n diens te hou, saam met evangelis Sentso wat tolk in Sotho. Sy seun word later ons evangelis op Langa en later predikant saam met Willem Xaluva en ou vader Selepe. Gelukkig is Flip Stander-hulle op Brakpan. Hulle kom ons besoek en praat moed in. Ons gaan hulle ook besoek en geniet dit baie.

Die fiets bly die vervoermiddel totdat 'n paar sendingvriende my hulle ou motorfiets aanbied. Met hom maak ek die wêreld klein tussen Krugersdorp en Roodepoort. Dan gaan hy eendag staan. Ek leer gou om die vonkproppe uit te draai en af te vee. Die ou enjin is só dat die olie pragtig oor hulle versprei; dan gee die ou staatmaker die gees en moet ek maar skoonmaak. Soms wil hy glad nie en dan moet ek maar die bult uit stoot. En ek is vrot van die malaria. Dit was maar moeilike dae. 'n Ou dokter van Krugersdorp-Wes - Rina is nie meer hier dat ek sy naam kan vra nie – het my behoorlik ingespuit en reggekry. Hy het vroeër in die trope gewerk en malaria se skelm draaitjies geken. Intussen hou hy ook sonder betaling oog oor Rina, want ons het net geld vir die nodigste en haar boetie was in aantog. Intussen ly Rina ook kwaai aan malaria.

Ons het niks besit nie. Meubels was daar nie. Ds Brink, 'n ware sendingvriend, wat daarvan bewus was dat ons maar baie moeilik geleef het, geen motor, net 'n fiets, bied toe via hulle Vrouesendingbond honderd en twintig pond aan sodat ons iets kan aankoop. Dit was 'n ware uitkoms. Met die hulp van my ou vriend, Fred Crous, wat toe in Johannesburg begin werk het met sy CUM-boekwinkel, besoek ons 'n meubelfabriek en met die honderd pond word alles wat nodig is, aangekoop. Een van die meubelstukke het ek nog altyd - Rina se klein lessenaar. Dit is van kiaat en het vyf pond gekos!Dit was die moeilikste een en 'n half jaar van ons getroude lewe en seker van my hele lewe. Ons het finansieel baie swaar gekry en ek het Rina baie, baie jammer gekry omdat ek haar nie die nodige lewensmiddele en genoegsame kos kon gee nie. En daarby nog die voortslepende koors.

Eddie het toe darem veilig op 27 April 1942 aangekom en Rini wat toe net begin praat het, het na sy wiegie gegaan en gesê: “Boetie, Boetie!” Van daardie tyd was hy

46

Page 47: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

onder ons familielede bekend as “Boetie”. En het Rini nie in 'n oulike dogtertjie ontwikkel nie! Sy het 'n geel, satyn kussinkie gehad wat sy haar "Kietie" genoem het en waarvan sy onafskeidbaar was. Op 'n dag het Rina dit in die vuilgoeddrom weggegooi omdat dit al so verweerd was. Maar Rini het daarop afgekom en aangestrompel gekom terwyl sy aanhoudend roep: "My Kietie, my Kietie!" Ons het dit toe maar in die wasmasjien gewas en die "Kietie" het nog 'n lank tyd vir haar diens gedoen.

Intussen is oupa Steenkamp, Rina se vader, skielik aan 'n hartaanval oorlede. Hy was nog nie sestig jaar oud nie.

Dit het só gebeur. Dit was Sondag en ek moes op Krugersdorp in die Moederkerk preek. Net voordat ons by die konsistoroie ingaan, kom daar 'n dringende boodskap vir my: Pappie, Rina se vader, is onverwags aan 'n hartaanval oorlede. Wat nou? Nee, ek sal eers preek.. Rina is tuis; Eddie is 'n pap babetjie en het haar sorg nodig.

Na die diens wou die kerkraadslede weet wat ek gaan doen; hulle het geweet ek het nie 'n motor nie. Toe staan 'n aan my onbekende diaken op, ene meneer Kleynhans, en bied sy motor aan sodat ons kan afry Bredasdorp toe om Mammie by te staan. Dit was 'n wonderlike aanbod van 'n vreemdeling! Dis hoe ons die Kleynhanse leer ken het, en onnodig om te sê, het ons jarelange vriende geword, selfs toe ons reeds op Saulspoort gewoon het.

Susan, Rina se jongste sussie, het intussen by ons kom bly na haar laaste skooljare. Saans het die "vlieë" rondom ons gezoem – só baie kêrels wat haar wou uitneem! Dit was regtig 'n affêre en tog interessant! 'n Maat van haar werk daar naby en bied aan om te help bestuur na die begrafnis op Bredasdorp, want dis ver en dis grondpad, veral in die Karoo waar die pad verlê is om 'n nasionale pad te bou. Vir Rina is daar geen kwessie nie; ons moet ry met die Kleynhanse se motor.

Ons het die langpad aangedurf en Susan gaan saam om by Mammie agter te bly. Van die "vlieë" het haar nie vergeet nie en haar later in die Kaap gaan opsoek.

Dit was goed dat ek nie dadelik na Saulspoort gegaan het toe hulle my gevra het nie. Die verblyf aan die Wes-Rand het sy doel gedien. Dit het my geleer dat ek moet vergeet van hoe ons in Zambië gewerk en geleef het en hoe die Kerk opgetree het. Dit was totaal anders. Dáár was alles streng en wetties; hier ondervind ek dat die mense drink en wêreldse dinge bedryf, wat daar buite die kwessie was. Die Rand was vir my 'n groot leerskool. En 'n mens moes gou leer, want jy wou nie die mense vervreem nie. Daar was min mense wat jou kon raadgee. Flip Stander en oubaas Fouché was daar, maar elkeen moes uiteindelik maar sy eie pad vind. Ek het gou geleer, alhoewel dit moeilik was om die nuwe lewensuitkyk te begryp. En dan natuurlik, waar jy in Zambië in jou eie gebied Mfumu was, dus hoofman, was jy nou skielik Klaas en nederige moruti26.

Een van my pogings op Krugersdorp was om 'n behoorlike gebou te laat oprig in die nuut afgebakende gebied bokant die ou vervalle lokasie. Daarvoor het ek met behulp van my kommissie groot hoeveelhede gebruikte stene aangekoop en op die terrein laat pak. Smokkelaars het later tussen die stene hulle "voorraadkamers" ingerig om hulle drank geheim te hou! Na ons vertrek is die netjiese gebou opgerig as skool en kerk. Maar daaraan het ek geen aandeel gehad nie.

Beroep na Saulspoort en motor koop in Johannesburg!

26 Leraar

47

Page 48: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Kort na Eddie se geboorte kry ons eendag besoek van dr en mev J G Burger van Saulspoort. Tot my verrassing was dit Ems (de Kock). Ons het mekaar mos baie goed geken toe sy onderwyseres was aan die Meisieskool Eunice in Bloemfontein en ek by hulle aan huis geloseer het. Dr Burger was vroeër dokter op Mochudi27, maar nadat ds Stegmann 'n hospitaal op Saulspoort laat bou het, het hy daarheen verhuis. Ds Stegmann was na 'n leeftyd op Saulspoort afgeleef en baie siek en hulle het 'n opvolger gesoek om te kom help. Vandaar hulle besoek aan ons. Ons het daarna vir 'n naweek by hulle gaan besoek aflê.

Kort daarna is ds Stegmann oorlede en ek is daarheen beroep. Ds Brink was toe voorsitter van die Sinodale Sendingkommissie en het my aangemoedig om na Saulspoort as Transvaalse Sondagskoolsendeling te gaan. Maar net voor ons verhuising na Saulspoort laat weet ds Bertie Brink my dat die Sondagskole-kommissie van Transvaal28

besluit het om 'n motor vir my te koop. Hy was bewus daarvan dat ek nie 'n motor gehad het nie, en is as voorsitter van die Sendingkommissie versoek om my te help om een in die hande te kry. Daarmee sou ek die wye gebied van Saulspoort deurkruis en oral dienste hou.

Dit was oorlog in Europa. Daar was hoegenaamd geen nuwe motors beskikbaar nie; dus moet 'n tweedehandse een aangekoop word. Ek onthou die dag baie goed. Ons twee het Johannesburg ingevaar op soek na een. Van een garage na die ander. Ds Brink was 'n fynproewer en nie tevrede met iets minderwaardigs nie. Heeldag van die een plek na die ander geloop. Ons was later baie moeg. Eindelik kom ons af op 'n prag van 'n motor, beslis te goed vir my. Die deftigste wat ek ooit besit het, 'n Hudson met 'n luukse radio daarin, destyds geen algemene verskynsel nie. Ds Brink was tevrede. Ek dink die motor het omtrent vyf honderd pond gekos, 'n duur motor vir destyds, net na die Tweede Wêreldoorlog se aanvang.

Die garage-eienaar het my laat inklim, daar in Johannesburg se strate, en my gewys hoe die handversnellings werk, en in die hoofweg vir my gesê: "Ry huis toe!" Of ek wou of nie, bang vir die verkeer en vir die handversnellings of nie, ek moes ry. Ds Brink los my net daar, só moeg dat hy die volgende dag in die bed moes deurbring. En ek moet met die motor terugry na Krugersdorp!

Beter dae op SaulspoortEk het nog 'n buitediens met my nuwe motor gaan hou die Sondag en die Maandag of Dinsdag is ons weg Saulspoort toe in die Pilanesberge, naby waar Sun City vandag geleë is. Kort voor Saulspoort waar die Bierspruit deur die poort vloei en vol was, moes ons deur. Maar daar was glad nie 'n brug nie en dit kon ons nie waag nie. 'n Boodskap is gestuur en die Burgers het ons daar kom haal. Dit het so baie daardie dag gereën dat die Bakgatla my daar en dan Rapula genoem het: "vader van die reën". Ek dink dit was die volgende Sondag dat die broederskap uit Noord-Transvaal daar aankom vir my bevestiging: oom Kamang Brink van Bethesda, Stefanus Hofmeyr van Pietersburg (seun van ou oom Stefanus Hofmeyr van die eerste swart sendingstasie van die NG Kerk op Kranspoort), oom Gerrie van Zyl van Warmbad, 'n man met wie ons ook nog later genoeg te doen sou kry en wat 'n geskiedenis op homself was, en Pierre Joubert, ook van Noord-Transvaal. En dan ook 'n verteenwoordiger uit die Sendingkommissie; ek dink dit 27 Sendingstasie in Botswana28 Saulspoort is ondersteun deur die Sondagskole

48

Page 49: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

was ds Stofberg, die sendingsekretaris. Dan natuurlik ook die plaaslike mense soos die Burgers en mense uit die omgewing. Dit was 'n besonderse dag vir ons.

Na afloop van die plegtigheid, die namiddag, is ons mansmense almal bymekaar en bespreek die droë Saulspoort en sy watergebrek. Die putte langs die riviertjie wat gewoonlik droog is, is só vol minerale dat die meeste inwoners se tande bruin is. Ons het gelukkig 'n windpomp digby die hospitaal en waterpype wat water aan die pastorie verskaf. Ja, sê hulle, Paul Kruger, vorige eienaar van die plaas Saulspoort, het mos hier 'n groot dam in die poort laat bou. Daarvoor het hy die hele stam wat op sy grond woonagtig was, opgekommandeer, 'n wa of twee afgestuur en die osse weggeneem. Die swartes moes die waens vol klippe laai en self trek. So is die dam gebou.

Maar toe weier Kgamanyane, die kaptein, om wa te trek. Dis te vernederend. Oom Paul neem toe sy lyfband en gee die kaptein 'n deeglike pak slae. Die ander moes maar inval en trek. Kgamanyane was só in sy eer gekrenk dat hy en die helfte van sy mense huis en haard en al hulle diere neem, en trek na Mochudi waar toe nog oop gebied was. Van daardie tyd is daar twee kapteins; die hoofkaptein op Mochudi en die onderkaptein op Saulspoort. So is dit nou nog! Die dam is gebou, maar nie goed genoeg nie, want met die eerste groot reën het dit gebreek en weggespoel. Oom Paul het dit ook nie weer laat regmaak nie.

Hoe die sending aan die plaas wat baie groot was, gekom het, weet ek nie die besonderhede nie. Toe die Switserse sendeling, Henri Gonin, vanuit die berge bo Pilanesberg verhuis het en na Saulspoort gekom het, het hulle seker die saak afgehandel met oom Paul. Maar hy, die ou President, was goed bekend daar. Ek onthou sy ou koetsier, 'n Mokgatla, het my baie van hom vertel. Oom Paul was destyds woonagtig onderkant Rustenburg op Bospoort, 'n plaas wat ons herhaaldelik besoek het. Daar was altyd 'n lekker koppie koffie en beskuit te bekom by die boere wat daar gewoon het. Oom Paul se huis staan nog steeds daar.

Ons groepie gesels toe oor die ou dam, onder andere ook mnr O'Driscoll, die plaaslike Naturellekommissaris, wat vier en twintig kilometer van Saulspoort gewoon het, binne-in die Pilanesberge. Die Pilanesberge is 'n kompleks wat 'n ou, uitgestorwe krater is en waar 'n tweemanskool gestaan het vir wit kinders uit 'n redelik groot, wit bevolking - 'n baie ou aanleg.

Nee, ek moet 'n plan maak, sê almal. Ek moet die kaptein nader, hy moet 'n volksvergadering in die lekgotla29 saamroep en dan moet ek die saak voordra. Dit sal wonderlik wees as Saulspoort eindelik genoeg water het vir sy vyf duisend inwoners. So gesê, so gedaan. Ek nader die kaptein en hy willig in tot so 'n vergadering. Ek word die dag gevra om my saak kort en bondig te stel. Dit sal mos wonderlik wees as Saulspoort in droogtetye geen watergebrek het nie. Ek word verskoon, hulle sal die saak bespreek. En my laat weet. Toe ek uiteindelik, na 'n paar dae, teruggeroep word kom die kort en bondige antwoord: Nee, hulle sweet lê nog daar, hulle sal dit nie doen nie. En daarmee was die saak afgehandel. Jare later na my vertrek, het die destydse Departement van Naturellesake wel daar 'n dam op 'n ander plek gebou en baie kleiner as die oorspronklike dam.

Intussen is Mochudi se mense toe wel deur die NG Kerk opgevolg en die Mochudisending is daar begin as 'n sustersending van Saulspoort en met wie ons altyd kontak gehad het.

29 beeskraal waar alle belangrike stamaangeleenthede beslis word

49

Page 50: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Miskien is dit hier die tyd om iets meer te vertel van Saulspoort-sendingstasie se geskiedenis. Soos ek reeds genoem het, het ds Gonin verlof van oom Paul gekry om hom daar te vestig. Hy het wonderlike werk gedoen en sy lewe lank daar gebly. Sy eerste vrou, glo van adellike afkoms uit Switserland, is daar begrawe en haar graf word nog steeds in stand gehou. Hy is later weer getroud en elders te ruste gelê. Die plaas het later aan hom behoort, want na sy heengaan moes die winkelregte se jaarlikse huur steeds aan sy tweede eggenote oorbetaal word. Die verdere geskiedenis hoe die plaas in kerkbesit gekom het, ken ek nie.

Kgamanyane van Mochudi se seun was Lentswe. Hy het tot diepe inkeer gekom en die onmoontlike gedoen. Hy het die veelwywery afgeskaf, hoe weet ek nie; en nog baie moeiliker, hy het ook die besnydenis, wat oral onder die Suid-Afrikaanse etniese groepe geld, afgeskaf. Tot vandag toe nog word daar geen besnydenis of poligamie onder die Bakgatla-stam aangetref nie. Daar is wel elke paar jaar kampe vir jong manne van 'n sekere ouderdom waarna hulle in 'n mopatho30 ingedeel word, egter sonder besnydenis. Ek dink daar is ses of sewe sulke "regimente" waaraan mense lewenslank behoort. Ook ek moes geld betaal omdat ek nie die kampe kon bywoon nie, maar daarmee was ek "lid" van die betrokke mopatho. Die manne kon soms 'n bietjie oproerig raak, maar van besnydenis was daar geen sprake nie. Die Bakgatla is 'n gekerstende stam, en hulle weet dat die kerk 'n sentrale rol in hulle lewens speel. Dit kom veral na vore by begrafnisse wanneer die hele gemeenskap daaraan deelneem. As mense arm is, word 'n kis vir hulle plaaslik gemaak. Almal dra daarvoor by; dit is húlle begrafnis. Daaroor later meer.

My werksgebied en bedieningEk het geleidelik afgewyk van ds Stegmann se beleid om net op Saulspoort Nagmaal uit te deel en het begin om dit in al twintig die kerkskole te bedien. Dit het daartoe gelei dat ek minstens elke tweede Sondag uitwaarts moes beweeg om die kerke en gemeentes te besoek en die kwartaallikse Nagmaalsviering daar te hou. Dit was 'n baie groot gebied, ongeveer honderd agt en twintig kilometer in deursnit tot onder by Dwarsberg in die verre weste. Ons het nie die plaaswyke bedien nie, net hier en daar besoeke afgelê. Ook die platinummyne wat toe begin ontstaan het, is af en toe besoek. Daar was groepe Nyanjasprekendes daar werksaam en ek kon hulle in hulle taal bedien.

Net met die aanneming, jaarlikse katkisasie en doop het ek 'n verandering gemaak. Die jongmense moes van oral saamtrek op Saulspoort waar hulle intens ondersoek is, later een vir een voordat hulle gedoop is of aangeneem is. Op die wyse moes ek eenkeer die suster van die kaptein wegwys omdat dit duidelik was dat sy nie die nodige kennis en insig besit het nie. Net omdat sy “koninklike bloed” gehad het, was vir my nie goed genoeg nie. Vrae het wel ontstaan, maar ek het dit nie ter harte geneem nie en die kerkraad bestaande uit al die evangeliste en een ouderling van elke wyk het nie my handelwyse bevraagteken nie.

Omdat dit altyd so 'n reuseskare was wat aangeneem en andere ook gedoop moes word, het dit nie in die kerk plaasgevind nie, maar op die groot skoolterrein, direk onderkant die kerkgrond. Kerkraadvergaderings was altyd iets besonders. Daarvoor het ons die hele dag nodig gehad en mense het van heinde en ver aangekom.

Toe ek daar bevestig is, was ons nog lid van die Ring van Noord-Transvaal met al die ou sendingstasies soos Kranspoort, Bethesda, Warmbad en Pietersburg, almal lede 30 regiment

50

Page 51: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

daarvan. Die daaropvolgende sinode het dit egter verander en ons het saam met Mochudi wat toe ook kerklik by ons ingeskakel is, as die Ring van Saulspoort bekend gestaan. Daar het ek my eerste verkiesing op die breëre Kerkterrein gekry en voorsitter van die Ring van Saulspoort en lid van die Sinodale Kommissie geword.

Ek onthou dat ek eenkeer na Pretoria in daardie hoedanigheid moes gaan en het toe vir Jojo saamgeneem. Die namiddag het ons die museum besoek en daar het ek haar gewys hoe lyk 'n olifant wat opgestop was. Rina was by die Kleynhanse op Krugersdorp tuis met klein Eddie wat sy moes versorg.

Die Ring van Saulspoort was baie groot, tot onder by Zeerust en Christiana en dan ook soos genoem, Mochudi in Botswana en Hartebeesfontein ooswaarts. Ons moes baie rondry, die werkkringe bsoek, vergaderings hou en die kerklike struktuur regstel. Baie evangeliste was gewoond daaraan om heel op hulle eie aan te gaan.

Ek was konsulent van Hartbeesfontein en bolangs tot by Mafikeng. Dit het my baie van huis geneem, maar Rina het altyd vir die nodige tuis gesorg. Van daardie tyd af was sy baie dikwels alleen en dan praat ek nie eens van die skole wat my besig gehou het nie.

Soos reeds genoem het ek op Saulspoort met 'n baie groot gemeenskap te doen gekry. Die hele Bakgatla-stam was my arbeidsveld. Afgesien van Saulspoort – Moruleng31 -was daar nog ongeveer twintig buiteposte, sommige regtig groot gemeenskappe wat reg rondom die berge gelê het. Hulle moes almal besoek word. Bygevolg het ek maar so een keer per maand op Saulspoort self gepreek, want die buitewyke moes ook hulle beurt kry. Mabieskraal, veral, was eintlik 'n afsonderlike gemeente, maar in my dienstyd het hulle aan Saulspoort behoort. Hulle het vroeër tot met die Anglo-Boereoorlog hulle eie kerk gehad, maar tydens die oorlog is die kerk deur die Engelse afgeneem en, sover ek kan onthou, aan die Metodiste toegesê. Ons het dus altyd in die groot skoolsaal ons dienste gehou. Maar vir kerkraadsvergaderings het die Mabies, die heersersklas, na Saulspoort gekom. Ons het nooit in dié opsig probleme ondervind nie, maar later het hulle 'n eie sendeling gekry. In my tyd het ou moruti Moloto daar opgetree, maar later is hy na Holfontein, 'n verdere groot stat. Ver anderkant Mabieskraal het Dwarsberg gelê, my verste preek- en Nagmaalspos. Ook hulle was nie Bakgatla nie. Hulle was ongeveer honderd agt en twintig kilometer van Saulspoort.

In die somer is die Bosveld bitter warm. As ek dan vanaand tuiskom, was my wit stofjas rooi, regtig rooi van die allesdeurdringende stof. Rina en die kleinspan, Rini en Eddie, het baie keer saamgery. Wyn vir die Nagmaal was 'n bottel wyn met suiker gemeng, in 'n gelling glaskan.

Een Sondag ry hulle ook weer saam. Skielik hoor ek ghoem-ghoem-ghoem. Die twee was toe besig om hulle dors uit die bottel te les. Gelukkig kon ons betyds keer dat hulle nie in 'n "toestand' op Kraalhoek aangekom het nie. Later moes Rina gereeld vir hulle toebroodjies maak, want hulle het, soos al die kinders, nie aan die Nagmaal deelgeneem nie. En hulle word dan tog só honger as ons Nagmaal vier en hulle niks het om te eet nie! Die gemeentelede het dan maar gesê:"Bana ba Moruti!32

Eendag is hulle saam Dwarsberg toe. Ons parkeer onder skaduryke doringbome met baie gom. Daarvan het hulle baie gehou. Maar o wee, hulle skud 'n boom met 'n nes

31 by die maroelas. Daar moes vroeër baie van hulle gestaan het32 Die kinders van die leraar darem!

51

Page 52: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

perdebye en dié takel hulle. Daarna het hulle die doringbome en die perdebye die "wikkelbome" en die "wikkelbye" genoem.

Daar was eenmaal 'n sterfgeval van een van die wit personeel op Mochudi en ons besluit om met die Hudson daarheen te ry. Maar langs die pad, op die grens van Suid-Afrika en Botswana, moet ons deur die Limpopo by Derdepoort ry. Ons probeer deur ry, maar die water is taamlik diep en die drif is erg uitgespoel. Die motor gaan staan tussen die klippe, gaan weer vorentoe en bly toe staan. Min is ek daarvan bewus dat water in die petroltenk inloop. Oorkant is 'n Engelse grenspos met 'n "Kakie" in bevel. Hy trek my deur en ons probeer die motor aan die gang kry. Maar die enjin weier. Toe trek die man my teen 'n hoë koppie daar digby, tot bo. Nou moet ek afry en vetgee.

Maar nee, ta wil nie. Ons herhaal dit 'n paar keer, maar niks help nie. Intussen sit Rina en die kleinspan in die bloedige hitte. Eindelik besluit ons om Boer se kind se hulp in te roep; hy is aan die Transvaal se kant by sy grenspos. Hy kyk na alles en besef toe wat die probleem is. Hy haal die vonkproppe uit, die vergasser, en probeer alles skoon- en droogmaak. Die tenk word ook leeggemaak om van die water ontslae te raak. Hy het regtig hard gewerk en getoon dat hy iets van die saak af weet. Eindelik is hy klaar, maar sy vrou sê ons moet daar oorslaap. Die Hudson loop weer, maar hinkende-pinkende. Die volgende oggend is ons terug huis toe sonder om op Mochudi uit te kom. En ek moes maar my motor inruil vir 'n swart Ford en natuurlik nog geld opbetaal!

Oom Jan Bolletjies van Lichtenburg is my blanke kollega, oral is evangeliste en ook ou vader Moloto. Alhoewel ons oral moes besoek aflê, het die plaaslike NG Kerk-leraars gelukkig ook op sommige plekke gehelp. Dit was omtrent 'n ryery. Later het ds Fidi Endemann Lichtenburg toe gekom en was ons toe saam. Ringsvergaderings is op Saulspoort, maar ook elders in Wes-Transvaal gehou. Ek onthou een aand, ek dink dit was op Wolmaranstad, toe hou ons weer vergadering en een van die ou evangeliste besluit: genoeg is genoeg. Hy plak hom neer agter sy kollegas en slaap rustig voort totdat ons dit gewaar word en hom wreed wakkermaak!

Ek dink nie die evangeliste het ons koms as ringsafgevaardiges verwelkom nie. Vroeër het hulle maar net voortgeploeter, gekatkiseer en dan moes die wit predikant net die ampswerk kom doen sonder om te kon vasstel of daar deeglike onderrig was. Ek was konsulent van Zeerust, daar op die grens van Transvaal met die dorpe tussenin, onder meer Hartebeesfontein. Hulle het ou ds Stander daar gehad, 'n redelike kriewelkous. Later het daar in daardie gebied 'n sendeling bygekom, met wie ons later ook weer heelwat kontak gehad het, naamlik ds Vrede van Huysteen.

Jan BolletjiesEk moet darem nog iets van oom Jan Bolletjies Robbertze vertel. Hy was toe sendeling op Lichtenburg en ons het as Ringskommissielede baie saam rondgery. Hy was sy bynaam getrou en redelik rond, maar tog baie aangenaam. Ons hou een jaar Ringsvergadering op Saulspoort, 'n hele kerk vol afgevaardigdes uit die hele Wes-Transvaal. Ons kerk was oud en redelik vuil. Ek besluit toe ons moet die mure afwit om darem beter te lyk vir die Ringsvergadering. Ons het ons bes gedoen, want geld daarvoor was maar min. Nou ja, die ringsvergadering is gehou.

Een middag net na ete sê Jan Bolletjies: “Ek kyk vanoggend so op na die balke met al sy baie spinnerakke en toe dag ek: Is dit nie genoeg dat ons hier oral so baie probleme het nie. Toe kyk ek op na die balke en sien al die spinnerakke en dink by

52

Page 53: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

myself: Moet dit in die huis van die Here so lyk; in die hel sal daar mos genoeg spinnerakke wees.” En dit na al ons pogings! Ons het dan so hard probeer om dit netjies te maak!

Nadat ons Kaap toe verhuis het, was ons eenmaal met vakansie in die ou Sendinghuisies in die Strand. Jan Bolletjies was ook daar by ons. Een oggend het hy ernstige waarskuwings ontvang uit die natuur, hy moet ontslae raak van al die onnodige ballas. Maar waar nou heen, want die deur na die privaat was regoor dié van die sitvertrek en dit sou nie betaamlik wees as daar vreemde geluide uit daardie oord sou kom nie! Toe maar al seelangs, daar anderkant die dinamietfabriek verby. Eindelik kry hy 'n diep sloot omring met rooikransbosse. Afgesak daarin en bevry opgestaan met die gevoel wat hy later van vertel: “Salig, salig niets te wezen!” Dit was maar Jan Bolletjies.

Eenkeer het ons hom weer gesien. Hy was toe in Noord-Transvaal sendeling. Ons het daar verbygery, want ons het vanaf Louis Trichardt van Ewald-hulle gekom. By Jan Bolletjies het daar 'n yslike avokadoboom gestaan en ons kon na hartelus pluk en eet en 'n groot sakvol van halfrypes huis toe neem. Dit was lekker en die kinders het dit geniet om self 'n avokadopeer van 'n boom af te pluk.

UbuntuTwee gebeurtenisse wil ek verhaal: Ons was besig om 'n begrafnisdiens te hou. Die diens is in die lapa, dit wil sê, op die werf van die oorledene gehou. Ons het met die wa waarop die kis was saam met die roubeklaers na die begraafplaas beweeg. Net voor ons die kis wou laat sak, die graf opvul en toepak met klippe wat spesiaal daarvoor aangewys is, kom daar 'n motor aangejaag – vanaf Krugersdorp waar die oorledene vroeër gewerk het. Op die dak is 'n kis vasgemaak. Die oorledene het aan 'n begrafnisgenootskap behoort. Vriende het van sy dood te hore gekom en die kis gebring. Wat nou gemaak? Hom oorplaas in die nuwe kis? Nee. Ek het gereken hulle moet die kis verkoop; hy het mos reeds een. Nee, is die antwoord daarop, dis sy kis. Laat sy kis sak en plaas dan die nuwe kis bo-op die een waarin hy lê. So gesê, so gedaan. Almal is tevrede en hy het dit verdien; dit is syne!

Die ander gebeurtenis was regtig mooi omdat dit getoon het hoe hulle as gemeenskap vir mekaar omgee. By die hospitaal, die George Stegmann Hospitaal, het 'n verpleegster siek geword en gesterf. Maar sy het nie aan die plaaslike gemeenskap behoort nie. Sy was 'n Xhosa van ver af. Haar ouers kon gelukkig vir die begrafnisdiens kom. Die gemeenskap het vir haar kis gesorg; dit was hulle aandeel aan die begrafnis. Na so 'n begrafnis moes almal weer na die lapa terugkeer om "hande te was". Dan is daar geëet en almal van die gemeenskap het daaraan deelgeneem en daartoe bygedra. In hierdie geval het David Pilane en gesin, familielede van die hoofman, as huisouers opgetree, die ouers verwelkom en al die nodige gdoen. Sy was immers een van Saulspoort, al was sy 'n vreemdeling.

En dit is nie net 'n gebruik van die Bakgatla nie; ook in Langa en in die res van die Skiereiland het ek dit herhaaldelik teengekom hoe, veral met begrafnisse, die hele gemeenskap of gemeente meehelp. Dit is een van die baie mooi gebruike van die swart gemeenskap, bekend as ubuntu. Hulle gee werklik vir mekaar om. Natuurlik kom dit ook van die opvatting dat hy wat nie help en meedoen nie skuldig aan die dood van die oorledene is. Dit het dus ook 'n sterk godsdienstige konnotasie.

53

Page 54: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Af en toe hoor of lees ons van ubuntu. Dikwels verwys swart leiers daarna. Wat sou dit nou eintlik beteken? Want ubuntu het 'n baie diep waarheid en agtergrond wat ons as Westerlinge nie so maklik kan begryp nie. Ubuntu het sy wortels in 'n redelik algemene lewenshouding wat by die swart bevolking aangetref word. Dit het onder meer ook sy oorsprong in die grootfamiliekonsep, iets wat vir ons as individualiste eintlik onbekend en dwaas voorkom.

Af en toe kry ons daarmee te doen. 'n Huishulp of werksman laat ons weet dat hy of sy dadelik elders moet heenreis omdat 'n broer of suster oorlede is en hy of sy daar aanwesig moet wees.

"Maar waarom dan? Jy het dan gesê jou mense het al almal gesterf, waarvandaan kom die broer dan nou?"

"Nee, hy is tog my broer, ek is 'n familielid en moet teenwoordig wees om my medelye te betoon."

"Nou wat sal dan gebeur as jy nie daar kan of wil wees nie?""Ek kan beskuldig word dat ek aan sy dood aandadig was."Nou ja, dit verstaan ons glad nie., want ons het geen begrip van die man se "groot

familie" nie. Dit is sy eie familie alhoewel ver verwant. Hy behoort aan die dieselfde familiegroep. Die naaste wat Westerlinge daaraan het, is die Skotse "clans" of ook die Duitse sibbes.

As so 'n "broer" by jou huis sou aankom, moet hy as 'n broer ontvang en behandel word, want hy is 'n broer. Ek moet hom versorg, tuis laat voel en voed. Dit is daarom dat, wanneer die swart mense in ons dorpe en stede intrek, hulle gewoonlik altyd 'n "broer" vind wat hom sal huisves.

Maar hierdie begrip gaan ook baie verder. Gedurende my bediening onder die Bakgatla by Saulspoort het ek baie daarvan belewe. 'n Begrafnis was altyd 'n besondere geleentheid. Gedurende die somermaande as die landerye groen staan van die mielies en sorghum en ander gewasse, woon die eienaars van elke landjie daar in 'n hutjie, want die lande moet opgepas word en die diere en voëls moet weggekeer word. Hulle woon tot met oestyd daar, behalwe as 'n belangrike stamvergadering belê word en almal in die groot kgotla33 bymekaarkom. 'n Uitsondering hierop is 'n sterfgeval. Dan word die beeste aangekeer, die wa vol klippe gepak wat op die graf moet kom en dan gaan almal na hulle huise op Saulspoort of die omringende dorpe waar hulle naaste kerkgebou is. Dan kom die begrafnis en alles wat daarmee gepaardgaan, eerste. Dit het alles te doen met ubuntu.

Daar moet 'n kis gemaak word, planke moet gekoop word, die graf moet gegrawe word en tot met die dag van die begrafnis word nagwake in die woning van die oorledene gehou. Alle prente en portrette word omgedraai. Die vrou van die oorledene lê op die grond op 'n matras, nie op 'n hoë bed soos gewoonlik nie, en almal stroom van heinde en verre daar in. Gewoonlik word ook nog 'n groot seil voor die woning gespan om koelte te verskaf. Elke aand word daar gesing en tot laat dienste gehou tot op die dag van die begrafnis. Die diens vind dan gewoonlik in die lapa plaas, die groot werf met 'n lae kleimuurtjie omring, reg voor die onderskeie hutte of geboue wat dit insluit. Dit is die "dodehuis" en almal wat kan, sal daar wees.

Maar wie betaal vir alles? Wie maak die doodkis of verskaf die kos aan die besoekers? Dit is waar ubuntu inkom. Almal dra by, daar is geen onkoste nie, selfs al moet soms lank op familiebetrekkinge gewag word wat van ver af moet kom. Almal is

33 Beeskraal

54

Page 55: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

een groot familie en almal werk saam. Dit het my altyd opgeval, selfs in die Kaap, as liggame na die Transkei vervoer moes word, hoe gewillig mense is om saam te help. Dit is almal se saak. Daar is geen rekeninge nie.

HuweliksbevestigerEk moet nog iets vertel van my werk as huweliksbevestiger. Daardie jare moes voornemende huwelikspaartjies eers voor die naturellesake-kommissaris verskyn, sekere vrae beantwoord en van hom sekere getekende vorms ontvang voordat hulle kon trou. Hulle ry nou vanoggend voordag op na die kommissariskantoor, kry die nodige vorms en dan ry die waens af na my pastorie, want die huwelike het nooit in die kerk plaasgevind nie. Die meeste van hulle was reeds ouers van 'n spannetjie, maar nou moet dit trou, want op Saulspoort hoort dit so. Sommige kom van ver. Maar Donderdag is troudag. Dan kan hulle die kommissaris te siene kry. Soms was daar tot sewe pare saam in my studeerkamer, 'n groot, koel rondawel in die hoek van my erf. Daar kom die waens opgerol.

Ek gaan dan al die dokumente na, want 'n Bantoehuwelik was destyds baie ingewikkelder as 'n huwelik tussen witmense. As alles klaar is, begin ons. Eers bid, dan die formulier, totdat alles afgehandel is. Altyd vra ek: Hoeveel kinders het julle? Is die beeste almal oorbetaal?34 Totdat almal geteken het, baie met 'n kruisie. Vir almal moes daar twee getuies wees. Die studeerkamer is vol mense. Maar dan is dit ook klaar. Almal kry een kans om te antwoord. Van regte heidendom was daar geen sprake nie, maar die meeste mans was nie lidmate nie. Maar trou moet 'n mens trou; dis seker. En al jou papiere kry.

Aanneming en voorstellingSoos reeds genoem was die ander okkasie die jaarlikse "aanneming". Dan kom die jongmense van al die statte af en bly twee weke daar op Saulspoort om nog weer deeglike onderrig en toetsing te ondergaan, en dan een vir een ondervra te word na hulle geloof en of hulle weet waaroor dit gaan. So ongeveer die helfte is reeds as kinders gedoop; die ander moet die grootdoop ondergaan na belydenis van hulle geloof. Dit was 'n vermoeiende twee weke, maar ook diep bevredigend. Die dag met die voorstelling en doop self, is die groot kerk te klein, want baie ouers is van ver af teenwoordig, en die hele plaaslke gemeente is ook daar. Dan maar buitekant langs die groot skool waar 'n mooi oop terrein was. Eers die dopelinge en dan word almal voorgestel, want die aanneming het reeds in die kerk tydens of na die ondersoek plaasgevind. Sommige word afgewys as ons nie tevrede met hulle antwoorde is nie. So 'n voorstellingsgroep kan rondom twee honderd wees. Later by die huise word die kolobetso35 gevier, soms te jolig. Nou is hulle grootmense. O ja, 'n jong meisie het ek nooit getrou nie; hulle moes eers bewys dat hulle kinders kon hê voordat hulle tot troue gekom het!

Op Saulspoort het ons 'n dierbare ou evangelis gehad – Markus Huma. Hy was 'n ware regterhand vir wie ek volkome vertrou het. Hy het my baie geleer en ek het my laat lei. Ek onthou nog, kort nadat ons daar aangekom het, kon ons nie verstaan waarom die jong klomp ons nie groet as hulle by ons verbystap om te gaan water haal nie. Wat sou

34 Vir die lobola35 Doop

55

Page 56: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

makeer? Die Achewa in Zambië was altyd so uiters beleef. Selfs op Krugersdorp en Roodepoort het ons dit nie teengekom nie. Markus antwoord mooi en saaklik:

"Hulle verwonder hulle oor julle dat julle hulle nie groet nie; 'n mindere, en veral 'n jongmens, groet nie eerste sy meerdere nie. Dit is baie slegte maniere."

Nou ja, toe het ons weer 'n groot les geleer.

Opvoeding: skoleEn dan die skole: Soos reeds genoem was daar twintig skole waarvan ek die superintendent was. Ek moes sorg dat alles ordelik geskied. Die stam het vir die geboue gesorg. Hulle was baie gesteld daarop dat al die kinders wat kon, moes skoolgaan. Baie moes natuurlik beeste oppas, veral gedurende die somer met mielies en sorghum op die lande. Maar die dogters moes almal opvoeding ontvang. Daar moes toesig gehou word oor die leerkragte.

Elke skool het sy komitee gehad, en as daar 'n probleem ontstaan het, is ek daarvan verwittig. Met twintig skole het dit dikwels gebeur. Dan moet die betrokke leerkrag voorkom en homself verweer. As alles glad verloop en hy byvoorbeeld 'n dogter swanger gemaak het, moet hy maar gou vooraf met die ouers regmaak en vergoeding betaal. Maar as daar komplikasies is, moet ek kom beslis. Dan lê almal hulle saak voor. Gewoonlik word hy dan geskors.

Maar later het die Provinsiale Raad ons die mag ontneem en toe moes die Inspekteur van Onderwys ingeroep word om die saak gewoonlik in my studeerkamer te verhoor. Erken die beskuldigde sy skuld, goed, dan kan daar opgetree word. Is hy koppig dan word die saak na die Departement verwys. Al die dinge het baie tyd en moeite gekos. Reiskoste was nie beskikbaar nie, maar ons het gedoen wat ons kon om goeie orde te handhaaf.

Natuurlik moes ek ook die leerders se vordering nagaan, afgesien van die inspeksies deur die inspekteurs. Maar hulle het dit meestal aan ons oorgelaat. Daarmee het ek gelukkig hulp gehad, want Tina Engelbrecht was my sekretaresse en het elke oggend kantoor toe gekom om werk weg te neem en briewe te skrywe. Dit was 'n groot administrasie. Gelukkig was daar vrypos – In Diens Van Sy Majesteit. Tina is later getroud en met haar het ons kontak behou tot met haar heengaan 'n paar jaar gelede.

Ons het baie aangename verhoudings met die inspekteurs gehad. Dit was altyd 'n plesier om hulle aan huis te ontvang. Ook die Hoofinspekteur van Onderwys, destyds dr Werner Eiselen, het ons soms besoek. Ek het hom vroeër as dosent op Wellington goed leer ken.

Daar was selfs 'n sensus!Eenkeer is ek selfs aangestel om behulpsaam te wees met 'n volkstelling. Dit was werklik problematies. Hoe kry jy die mense bymekaar? Begrafnisse was die antwoord. Daar het ek soveel as moontlik mense opgeteken. Hoe oud die kinders is? Hulle sê daar is ses. Nou, dan reken jy elke twee jaar een en dan kry jy hulle ouderdomme ook. Veral in die somer wanneer die mense by die lande was, was dit letterlik die enigste manier om hulle name en getalle te bekom. 'n Baie twyfelagtige resultaat. Ja, maar watter beter plan is daar? Ten minste word 'n sekere aantal darem opgeneem.

56

Page 57: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Ons blanke vriende en bureOns blanke bure: Buks Riekert en sy vrou – hulle was mense op wie jy deur dik en dun kon staatmaak. Ek wens hulle leef vandag nog. Buks het niks oor die jare verander nie en toe ek hom jare later op 'n lughawe raakgeloop het, was hy nog steeds die onveranderlike Dopper, so hard soos 'n klip. Nee, hy het nooit verander nie. Destyds het sy egte vriendskap baie vir ons beteken. Hy was onderwyser van beroep, verbonde aan die tweemanskooltjie en buurman van meneer De Villiers, die prinsipaal. Hulle was ook aangename mense, maar nie so na aan ons nie.

Daar was ook Piet Vloek, getrou aan sy bynaam. Min woorde sonder 'n vloekwoord tussenin. En tog basies 'n goeie mens. Kan ek ou Gersh, ons winkelier, vergeet? As 'n mens iets in daardie skaars tye nodig sou hê, gaan hy Pretoria of Johannesburg toe en bring rys of botter of ander onverkrygbare goedere saam. Net aartappels was onverkrygbaar. Dit was oorlogstyd. Oral was daar ook hanskakies en jy moes jou woorde tel. Maar as Gersh uitgevra word na 'n gesprek, weet hy niks nie!

Eenoggend kom ek by hom aan. Hy lyk bedruk. Ek maak grappies. Dit help nie. Toe wys hy my briewe wat uit Pole aankom en berig bring dat van sy eie gesinslede in een van die konsentrasiekampe om die lewe gebring is. Wat sê jy dan? Min om mee te troos. Ek het hom jare later nog eendag in Muizenberg opgesoek toe ons reeds in die Kaap was.

Dan natuurlik die ganse "Britse Ryk". Een van die dogters van oubaas Brits was MaPos36; dus 'n belangrike persoon. Ons het met almal oor die weggekom en ek het soms vir hulle begrafnisdienste gehou.

Daar was ook die ou beessmokkelaar, oom Lou. Beeste is van Mochudi se kant af oor die rivier gejaag, en dan hier verkoop, al die pogings van die Staat ten spyt om die bek-en klouseersiekte te keer. Vir oom Lou kon hulle nooit vang nie.

Danie Cilliers was reeds jarelank daar as nutsman wat na alles moes omsien. Hy en sy vrou, Bettie, was troue vriende. Ek moes hom baie jare later aan die weskus begrawe.

En dan die Van Soelens. Ons het graag daarheen gegaan. Ek het selfs 'n reuse-tambotieboom op hulle plaas in die berg afgesaag. Dit moes later opgesaag word by 'n landbouskool, maar het net verdwyn. Nooit weer daarvan gehoor nie. Tot oom Jannie Smuts, die ou generaal, het 'n plasie daar teen die rotse besit, maar dié was maar waardeloos.

Sun City het nog nie bestaan nie. Dit was 'n droë kloof, net anderkant Heystekrand waar ek 'n skooltjie bestuur het en waar die weermag van Bophuthatswana later hul hoofkwartier gehad het.

Wat nog? Ons het heerlik op Saulspoort gewoon, die hitte, oorlog en ongemak ten spyt. Beslis hemel in vergelyking met Krugersdorp. Selfs 'n vrieskas gekoop met geld wat Rina teen twee pond per maand gespaar het. Ja, sy was reeds destyds so spaarsaam soos tot aan die einde van haar lewe. Wonderlik gesorg vir alles. Ons ou huis daar vas teen die swart gemeenskap, het probleme begin gee. Een deel daarvan wou wegbars; 'n hele muur wat vervang is, het weer gebars. Toe besluit die Kommissie in Pretoria dat 'n nuwe pastorie gebou moes word. Grond was daar oorvloedig. Net bokant die hospitaal was 'n mooi terrein wat ons skoongemaak het en waar die nuwe pastorie sou kom. Digby is 'n

36 Posmeesteres

57

Page 58: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

boorgat gesink. Nie baie water nie, maar lekker water en oorgenoeg vir ons doeleindes. 'n Sementdammetjie is gebou vir tuinwater en oorgenoeg vir die krane, alles mooi ingerig.

Afskeid!Intussen kom Bettie van Schalkwyk in die hospitaal werk en 'n rukkie later kom haar ouers, oupa en ouma Kalipeni, kuier. En hy bearbei my om Kaap toe te gaan om hom te help met die sending onder die swartes, wat toe net op dreef gekom het. Kort daarna in 1947, beroep die Sendingkommissie van Kaapland my toe om deel te word van die Skiereilandse Bantoesending.

Toe kom die afskeid. Dit was makliker gesê as gedaan. Die Burgers was reeds weg, Koster toe. Na 'n tyd sonder mediese dokters het Koos Roos vir dr Burger vervang. Koos is kort daarna met Rita Burger, Kobus Burger se suster wat 'n verpleegster in die hospitaal was, getroud.

Ons was gelukkig daarvan bewus dat 'n opvolger gevind is, die kleinseun van die ou stigter, ds Gonin. Hulle het mooi daar ingepas.

Dit was swaar om afskeid te neem van ou Markus Huma en party van ons ou ouderlinge. Een van hulle het elke dag by my aangekom om die pos af te lewer en nuwe pos te besorg. Ek onthou ook veral vir Ulrich Zwingli Ramogama, Markus se broer en evangelis van Modderpoort. Wat 'n ou man! Tydens 'n latere besoek aan Saulspoort het ek vir oupa Ulrich nog vir die laaste keer gesien. Sulke mense het uit 'n lang verlede na ons oorgekom, mense van 'n statuur wat jy nie maklik weer raakloop nie. Daar is nog baie ander om te noem. Dit was nie maklik om bande met die gemeente te verbreek nie. Die afskeid was moeilik, maar die weë van die Here is verborge.

Kaap toeNet kort voor ons vertrek het Papa laat weet dat hy by ons wou kom bly. Hy was op daardie tydstip by Ewald. Dit was nadat hy Mashonaland weer besoek het. Saulspoort as sendingstasie het vir hom aantreklik gelyk. Maar toe hy hoor dat ons Kaap toe trek, het hy afgesien van sy plan. Baie van sy boekery het hy toe reeds na my aangestuur. Hy is na Anni op Mosselbaai en later na Ruth alwaar hy in 1966 oorlede is.

So het ons ons in Hazendal, nou Sybrandpark, Kaapstad, gevestig. Die Van der Walts wat toe daar was, het pas vertrek, weer terug na Zambië toe. Die skuif het 'n heel nuwe tydperk in ons lewens ingelui. Sybrandpark was 'n stil en rustige klein woonbuurt langs Pinelands en naby Langa. Vir Rina was dit lekker om weer naby haar mense te wees. Ouma Steenkamp het nog geleef en kleinboet Eddie was aan die einde van sy hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Jan van Riebeeck . Ek het hulle nog gehelp om in hulle huisie in te trek en die werf leefbaar te maak. Ons het ons verblyf in Hazendal geniet en aangename bure, die Bareiters gehad, met al die amusante reperkussies as die Engelse buurvrou luidkeels op haar Duitse man begin skel. Gelukkig het ons nooit probleme met ons bure gehad nie; ons was maar altyd privaat mense.

Die begin aan die Kaap was iets volkome nuuts. Daar was nie veel sprake van 'n gemeentelike ontvangs nie. Die gemeente in en om Langa het een Sondagnamiddag aangemarsjeer gekom om my te ontmoet. Daar op die pad is ek verwelkom as hulle nuwe leraar en daarmee was dit uit en gedaan.

58

Page 59: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

In die Kaap het die Bantoesendingkommissie saam met die saakgelastigde, dr A J van der Merwe, en ander, een oggend vir ons tee aangebied, 'n paar toesprake is gehou en daarmee was die saak afgehandel.

Soos reeds genoem was oupa Kalipeni van Schalkwyk, my ou inleier in die sending in Zambië, intussen in Kaapstad gevestig. Hy moes hier namens die NG Kerk sendingwerk onder die swartes bedryf. Voor hom was daar ook andere wat onder die Nyanja-sprekendes gewerk het. Ek het gehoor dat selfs dr Gerdener 'n tydlank die Nyasas in Rosestraat in die Bo-Kaap bearbei het, waar daar 'n saaltjie was wat aan die kerk behoort het. Ongelukkig weet ek nie wat die Rosestraat-saaltjie se geskiedenis was nie.

Oupa en ouma Kalipeni was hulle ou selwers. Hulle het ons vriendelik verwelkom en ons het gereeld saamgekom om planne te bespreek. Daar as toe twee evangeliste, Willem Xaluva en ou Daniël Selepe. Ons het lekker saamgewerk. Oupa Kalipeni het nie lank gebly nie. Hy was nog steeds dieselfde ou vooros en kon nie stilsit nie, en daarmee is hy weg na Uitenhage. Hy het my vrye hand gegee en sy voorbereidingswerk was goed. Hy het my opdrag gegee dat 'n nuwe kerk gebou moes word en ek het die voorreg gehad om dit 'n paar jaar later tydens 'n groot okkasie in 1950 in te wy, waarby hy ook ook teenwoordig kon wees.

Oupa Kalipeni het my toegelaat om die wêreld al verder te verken. Af in die rigting van Hermanus en verder, en dan weswaarts, totdat ek geleidelik uitgekom het tot bo by Alexanderbaai by die diamantvelde. Daar was die grens van Suidwes-Afrika en verder het ons nie bweeg nie. Orals langs die kus was daar 'n sametrekking van Nyanjasprekendes beginnende by Saldanha en omgewing, asook die militêre lughawe by Langebaan. Dan op langs die kus by al die visfabrieke. Almal is besoek en met die mense kennisgemaak. Oral was lidmate van ons sending, maar ook van die Skotse sending in Malawi. My besoeke was periodiek, maar dit het my baie van die huis weggeneem.

Kort na ons aankoms in Kaapstad is Rini skool toe en 'n jaar later in 1949 het Eddie haar gevolg. Om hulle naaste skool in Pinelands te bereik, moes hulle van hul kindertuinjare elke oggend per trein en bus skool toe gaan. Dit het gekos dat ek elke oggend vroeg moes opstaan om hulle oor die weg te kry, al het ek tot laat vannag nog in die studeerkamer gewerk.

Weskusbesoeke, kreefdoppe en diamante!Ek moet darem iets oor my eerste besoek aan Saldanhabaai vertel. Ek het die Saterdagmiddag op Langebaanweg by die militêre vliegveld aangekom en is daar vriendelik ontvang. Die volgende oggend het ek daar 'n diens gehou vir die Nyasas van Livingstonia. Hulle was 'n redelike groot groep en het my dadelik aanvaar. Aangesien hulle 'n paar diakens by hulle gehad het, was hulle kerklik redelik versorg. Voortaan sou ek by hulle Nagmaalsdienste gehou. Die namiddag is ek na Saldanha self, want ek het verneem dat 'n groep Achewa daar gewerk het.

Sal ek ooit die middag vergeet? Ek vra my weg en die mense beduie waar ek die groep sou vind, hulle hou Sondagmiddae dienste daar. Maar voor my lê 'n berg kreefdoppe.

“Nou waar is hulle?” vra ek.“Anderkant die kreefdoppe, voor langs die see,” kom die antwoord.Dan maar die berg aandurf. Makliker gesê as gedaan. Na die eerste paar treë

tussen die knarsende doppe ruk my hele verhemelte op van die deurdringende stank wat

59

Page 60: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

opstyg. Omdraai, nee, vorentoe. Dan maar myself in 'n soort laagste rat instel waar die reuk by my verbygaan, en rustig vorentoe. Gelukkig was Rina nie by nie; dit sou hoegenaamd nie gewerk het nie!

Bo-op aangekom sien ek die groepie, sak af daarheen en stel myself voor. Ek word dadelik verwelkom en daar en dan aan die woord gestel. Lekker gepreek en toe gesels en planne gemaak ten opsigte van die toekoms. Daarna weer terug na Langebaanweg om môreoggend Velddrif te gaan verken.

Wanneer ek opgegaan het na Alexanderbaai waar daar 'n groot saamtrek van Nyanjasprekendes was, het dit minstens 'n week geneem. Die motor het maar darem daaronder gely, maar hy is later deur 'n splinternuwe Mercury vervang, wat my oral veilig besorg het.

Op Vredenburg het die pastorie my verwelkom en daarheen kon Rina ook later saamgaan. Ons het 'n jarelange vriendskap met ds en mev Joubert opgebou. Vandaar is ek af na Velddrif, die eintlike visfabriek. Ook daar het ons gou ingang gevind. Die predikant, dr Wagner, was 'n groot vetplantversamelaar. Hy het my baie daarvan vertel; ook hoe jy jou voorraad skaars plante moet vermeerder! Bewonder die plante en laat per ongeluk 'n sakdoek op so 'n spesiale een val, tel dan jou sakdoek op, saam met die plantjie wat nou in jou sak is. Want vetplante, sê hy, moenie gekoop word nie, jy versamel hulle! Ons het toe ook later vetplante begin versamel toe ek gereeld die Knersvlakte moes aandurf op pad na Namakwaland toe. Want daar was na 'n goeie reënbui op sekere plekke massas pragtige vetplantjies "to be had". Die sakdoekmetode het ek liefs nie aangewend nie.

Maar ek het nie daar opgehou met my bedieningspoging nie. Daar was ook De Hoek waar 'n klomp Chewasprekendes in die sementfabrieke gewerk het, maar ons het ons nooit regtig daar kon vestig nie omdat hulle deur ander werkers vervang is. Ek is later al langs die kus op, by die groot Verlorevlei verby waar Simon van der Stel gereis het op pad na die kopervelde. Die paaie daarlangs was die ene sand. Daarom het ek koers gekry oor Citrusdal en verder totdat ek kon afsak na Lambertsbaai, die Weskus se groot visdorp. Oral langs die pad was klein visfabrieke waar ek die mense opgesoek het. Vandaar na Vredendal daar naby met Doringbaai verder weg. Oral het ek navrae gedoen.

Een vakansie het Rina en die kinders saamgegaan en ons ry al langs die kus op. By Velddrif het ek my mond verbygepraat. Ek sê vir Rina die plek stink vreeslik, want 'n vorige keer in die middel van die somer, was dit regtig nie aangenaam nie. Toe ons by die geleerde dr Wagner kom, sê Rina vir my in sy teenwoordigheid:

"Maar, Papa, dit ruik nie so vreeslik sleg hier nie!"Die ou vader het my dit nooit vergeef nie, want oor Velddrif mag jy nie

sleggepraat het nie. Ook later was hy altyd baie vriendelik met Rina, maar effe stug met my.

Onderkant Vredendal was die gipsmyne. Ek herinner my dit so goed. Ons kom die oggend, 'n Sondag, deur die veld op so 'n enkelspoor aangery en daaronder sien ons hutte en mense. Ons ry daarheen en vra:

"Is hier Christenmense, kerkmense?""Ja," is die antwoord, "daar bo, op die koppie, is hulle nou juis besig om kerk te

hou."Dadelik daarheen gery. Ja, waarlik, daar is 'n diens aan die gang. Die gebou?

Bossies in 'n kring opgepak en 'n paar pale binne-in en siedaar, die kerk. Die predikant?

60

Page 61: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

'n Diaken vanuit Livingstone in Nyasaland37! Ek sal nooit die indruk wat dit op my gemaak het, vergeet nie: 'n gemeente van die Here Jesus Christus wat besig is om Hom te aanbid!

Die baas van die gipsgrawery was 'n sekere meneer Gauché. Sy seun het baie jare later die skoonseun geword van my suster Ruth, Ria se man. Hulle het oral rond allerlei metale en minerale ontgin. Ek het een nag by die Gauchés oornag en toe het hy my vertel wat hulle alles daar uithaal. Een grondstof word glo gebruik vir die buitenste omhulsel van ruimtetuie omdat dit nie hitte gelei nie. Wat 'n mens nie alles op pad leer ken nie!

Vandaar was Port Nolloth, die ou koperhawe van Namakwaland, nie meer ver nie. Orals kon ek klein groepies gelowige Chewasprekendes teenkom. Op Nababeep het hulle selfs 'n klein kerkie sonder dak gebou. Ek beloof om die nodige te vind en vra die Sendingkommissie later om daarmee te help. Die kerk het sy dak gekry en baie jare diens gedoen. Of hy nog staan, weet ek nie. Ook op O'kiep is dienste gehou, asook in die Springbokomgewing waar swartes werksaam was.

Van Port Nolloth is ek verder na Alexanderbaai waar diamante al langs 'n vroeëre kuslyn gedelf word. Die kuslyn is nie sigbaar nie, maar nadat die reusestootskrapers die sand weggeneem het, is die ou kuslyn 'n paar honderd treë van die see af blootgelê. Daar tussen die rotse en los klippe is die meeste diamante gevind. Al die weggewerkte sand gaan deur die wassery, want ook daarin is diamante, hoewel baie minder. Daar op die ontblote kuslyn word die ontblote rotse met besems gevee en die diamante in houers geplaas.

Rina het regtig "go" in haar gehad om my na sulke plekke te vergesel. Haar neef, Konstant de Vos, was toe predikant daar, 'n aangename man. Eenkeer is sy ook saam na Port Nolloth en vandaar na Alexanderbaai. Konstant het oral met ons rondgery en dit was regtig baie interessant. Hy kon ry soos die eertydse ryers waarvan die Ou Testament praat. Hy het dan ook uiteindelik in 'n motorongeluk daar omgekom.

Ons was tuis by die agerende hoof, meneer Smith, 'n baie vriendelike persoonlikheid. Hy was tegemoetkomend en het aangebied om vir Rina die diamante wat in 'n spesiale gebou gebêre is, te wys. Daar was drie persone wat om veiligheidsredes daarby betrokke moes wees. Ons is toe daar in, die spesiale brandkluis is oopgesluit en die laai is uitgetrek. Dit was vol diamante. Rina het twee hande daarin gesteek, hulle opgelig en die diamante in strome deur haar hande laat gly!

Sy het egter nie af tot onderin die werkplekke waar die see vroeër gespoel het, gegaan nie. Hulle het vir my wel daarheen geneem en vertrou. Ek kon ook vryelik deur al die veiligheidshekke beweeg sonder dat hulle die ligte op my laat skyn het. Ek kon Alexanderbaai nie dikwels besoek nie, want dit was darem ver van Kaapstad af, maar ek het nogtans die voorreg gehad om die Evangelie daar te verkondig.

Suspisie was daar oral, selfs onder by Port Nolloth was daar baie speurders, want die mense het hulle uiterste gedoen om van die blink klippies in die hande te kry.

Rina het net eenkeer saamgegaan, maar oom Koot Oosthuysen het my by 'n ander geleentheid tot by die grens met Namibië vergesel. Oorkant die grens het ek nooit gegaan nie. Uit die aard van die saak was die besoeke en kontak met die mense daarlangs baie oppervlakkig, maar tog is aan hulle getoon dat ons omgee. Dit het dan ook later die fondament gelê vir ons verdere uitbreidings. Ds C T Smith is later as sendeling op

37Malawi

61

Page 62: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Vredendal geplaas om die onderste deel van die weste te bedien, en ds Dirk Brand het Namakwaland bedien. Maar dit is al weer 'n heel ander storie.

Die Ring van LangaDie meer gereelde verkondiging was in die stad self. Gemeentes is gestig met Langa as die eerste van die te stigte gekonstitueerde NG Kerk in Afrika met Nyanga as die tweede gemeente. Elkeen het sy eie leraar gehad, naamlik Willem Xaluva en Daniël Selepe wat intussen aan Stofberg Gedenkskool te Vereeniging, hulle studies as leraars voltooi het.

In Langa was daar 'n kerksaaltjie wat later ook as skool diens gedoen het. Gedurende die naweke was dit die kerk. Oorspronklik was die gemeente veral Tswana- en Sothosprekendes, maar later het Xhosas ook by gekom totdat die Sothogroep later die minderheid gevorm het. Baie van die ou getroues onthou ek nog in liefde. Willem Xaluva en sy vrou, Annshaw, alhoewel Xhosas, was leiers daar en het baie moeite gedoen met almal, want hulle was innige gelowiges en met hulle liefde het hulle groot ingang gevind.

Ek kan nie nalaat om meer te vertel van die oprigting van Langa se kerkgebou nie. Ook daarvoor het ons geld ingesamel, maar gelukkig het die Bantoesendingkommissie van die Skiereiland die strategiese belang van Langa besef en die skuld totaal gedelg. Dit was 'n pragtige gebou, geleë op die grens van die destydse Langa. Verder noord was net boskasie. Maar geleidelik het die statige gebou wat mnr Henk Sikkel, ons argiteksvriend van Pinelands, vir ons beplan het, tot ons groot vreugde vorm gekry. Almal het saamgewerk om ook die terrein mooi netjies te maak. Mnr Rodgers, die hoof van die Kaapstadse Bantoeadministrasie, het ook meegehelp om grond vir die terrein aan te laat aanry. Toe daar later beplan is om huise langsaan op te rig, is aan ons verdere grond toegeken om ook die pastorie langsaan op te rig. Die naaste huise is ook aan my toegeken vir mense wat ek daarin wou plaas. So het die onvergeetlike Lizzie en Africa Sekwepere hulle huis en later ook hulle winkel gekry. Daaroor later meer.

Intussen het die swartes die Skiereiland en omliggende dorpe ingestroom. Nyanga is in die vroeë vyftigerjare aangelê en ons het daar in een van die huise met dienste begin. Die lidmate en aanhangers het meestal tussen die bosse in strooise gewoon, 'n hele Sothogroep oor wie evangelis Selepe gewaak het.

Ons kry toe 'n stuk grond waarop ons eers 'n skool gebou het waarin Sondae dan kerk gehou is. Geleidelik het die gemeente aldaar uitgebrei sodat, tien jaar later in 1957 met ons vertrek na Queenstown, my opvolger, ds Andrew Hofmeyr, 'n pragtige kerk daar opgerig het. Om dit moontlik te kon maak, het Hofmeyr die skoolgebou aan die Staat verkoop en saam met fondse wat ons vroeër reeds daarvoor bymekaargemaak het, 'n sierlike kerk opgerig wat tot vandag toe daardie omgewing, wat intussen toegebou is en die naam dra van“KwaDutch”, bedien en wat steeds uitbrei.

Na die ontstaan van Gugulethu is daar ook 'n groot kerk opgerig met 'n eie evangelis. Hulle was hoofsaaklik Xhosasprekendes wat intussen aangegroei het. Ek was as sendeling aan al die groepe verbonde, afgesien nog van die groepe na buite, af na Hermanus en veral langs die Weskus.

Later is 'n gemeente te Veldrif gestig vir die hele Saldanha-omgewing en op na die kopermyne. Daarvan is weer afgestig met 'n sendeling op Springbok vir daardie omgewing. Die manne wat daar bevestig is, was ons eie huisvriende, naamlik dii C T Smith, later Hannes Venter en Malan Jacobs en nog later Dirk Vermeulen.

62

Page 63: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Ook die Paarlomgewing het 'n eie sendeling gekry, naamlik ons ou vriend, ds Fidi Endemann wat daardie hele deel, Grabouw, Franschhoek, Villiersdorp en Hermanus, as sy arbeidsveld ontvang het. Dan ook Worcester waar, soos reeds vantevore genoem is, Reginald Barnard sendeling geword het.

Ds C T Smith het reeds as teologiese student die hele wêreld rondom Wellington platgery. Hy is geplaas op Vredenburg en het vandaar met groot sukses noordwaarts voortgewoeker. Die mense was baie lief vir hom en hy het pragtige ingang gevind. Ongelukkig vir die omgewing is hy na ongeveer ses jaar na die Vrystaat waar hy in nuutgestigte dorpe rondom Bloemfontein 'n hele aantal gemeentes in die lewe geroep het.

Hy is hier opgevolg deur ons goeie vriend wat Januarie 1981 in die Laingsburgvloed omgekom het toe hy besig was om mense te red, ds Malan Jacobs. Vir hom sal ons nooit vergeet nie. Beide C T en Malan was soos seuns in ons huis in die Kaap, reeds toe hulle as finalejaar studente praktiese ondervinding by my opgedoen het.

So baie gemeentes het bygekom dat wat 'n geringe begin was, later as die Ring van Langa gekonstitueer is.

Die eerste Sinode van 1954 in LangaOral oor Kaapland was dit destyds die geval en later is met die konstituering van 'n Sinode in Langa in 1954 'n moderatuur gekies wat sake verder moes ontwikkel. Oom Koot Oosthuysen is as Moderator gekies, ek as Scriba, Piet Smith as Assessor en Koot Greyling as Actuarius. Later is Koot Greyling weg en is Willem Xaluva tot die Moderatuur verkies. Daarna is die Gesamentlike Kerkkantoorkommissie gevorm met die Sendingpers wat daaruit ontstaan het en nog later nog die Algemene Sinode wat die hele land betrek het. Omdat ek by al die vertakkinge ingeskakel was, was ek noodgedwonge baie van huis, veral omdat ons destyds nie van vliegtuie gebruik gemaak het nie, maar met die trein moes ry wat baie tydsamer was.

VrouewerkIntussen het Rina ook nie stilgesit nie. Sy het haar swart manyano- of kopano38-uniform met wit kraag reggekry en Donderdae getrou een vir een groep opgesoek en bedien. Die vroue was baie aan haar geheg en jaarliks is die sogenaamde kleding gedoen wanneer nuwe lede opgeneem is na hulle plegtige “bevestiging”.

Vreesloos, sonder 'n gedagte aan gevaar, het sy gereeld elke week die swart woonbuurtes rondom Kaapstad ingedurf om haar Evangelieboodskappe te bring met Rini as kleintjie oral saam met haar. Mense wat voor die motor in die pad geloop het, moes net padgee voor haar; sy het geen vrees geken nie! Oor haar werksaamhede op Queenstown vertel ek later meer.

Rina was nie 'n sendelingsvrou wat daarmee tevrede was om haar net met huishoudelike take besig te hou nie. Sy wou uitreik en haar Godgegewe talente gebruik ten bate van haar medemens. Daarom, toe die geleentheid hom voordoen en die Regering destyds 'n voedingskema ingestel het vir swart skoolkinders en sy gevra is of sy dit nie op haar wou neem om die organisasie daarvan in die Skiereiland te onderneem nie, het sy dadelik ingewillig en vir die duur daarvan met groot sukses as sekretaresse/tesouriere

38 Onderskeidelik die Xhosa- en Sothowoorde vir Vrouekerkvereniging, 'n geslote vereniging vir Christenvroue

63

Page 64: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

opgetree. Geen sent het verlore gegaan nie. Wat haar betref het die kleintjies alles ontvang.

Tydens haar begrafnis in Desember 2000 het hulle gewys hoe geheg hulle na al die jare nog aan haar was deur in hulle uniform die begrafnisdiens in die Moederkerk, Strand, by te woon en te toon hoe hulle haar heengaan as 'n persoonlike verlies beskou het.

Die Sendingkommissie en die Vrouesendingbond het ook hulp verleen met die aanstelling van Inge Mosel39 as sendingwerkster. Sy het dadelik met Sondagskole begin, werk wat na haar vertrek deur Trienie van Eeden voortgesit is. Ons het altyd baie aangename samewerking beleef. Inge het met die eerste basaar begin, 'n werksaamheid wat ek toe by haar oorgeneem het en wat 'n jaarlikse item op die kerkprogram geword het. Groot skares het op die betrokke dag opgedaag, waar baie van die goedere ook gegaps is totdat ons al versigter opgetree het, maar wat daartoe bygedra het dat my garage altyd stampvol rommel was. Eenmaal per jaar was dit altyd 'n gedoente daar as alles met pryse gemerk moes word en verpak moes word. Dan was al die "old cronies" daar en het ntate Mavatha altyd koning oor almal gekraai, en as die kos kom, almal tot orde geroep om eers die plegtige seën te vra. Ek verlang na daardie dae!

'n Ware regterhand'n Persoon wat in Kaapstad deurgaans my regterhand was, was die superintendent van Langa, later van die hele Kaapse Administrasie, wat die sake van die swartes beheer het, met uitsondering van Nyanga wat onder die beheer van die Afdelingsraad geval het. Sy naam was mnr S A Rodgers. Dit was nog nie die tydperk toe voorname oral gebesig is nie behalwe onder familie en intieme vriende. Meneer Rodgers was so naby aan 'n intieme vriend as wat kon kom. Hy het my tydig en ontydig bygestaan en gehelp, al het hy aan 'n ander kerk behoort. Dit het by hom geen rol gespeel nie; net regverdigheid en hulpverlening waar hy kon. Met sy hulp het ons toe ook 'n uitsoekperseel bekom in Gugulethu toe die woongebied aangelê is en mense hulle hutte daar kon begin opslaan. Later is selfs mooi wonings deur hulle gebou. Meneer Rodgers se kantoor het altyd vir my wyd oopgestaan en sy advies was altyd die beste wat hy kon gee.

Rondom hierdie tyd het die apartheidsregering se diskriminasie al meer gegeld. Alleen werkers en gesinne sou toegelaat word; die ander aankomelinge moes almal terug na hulle tuislande. Dit het veral swaar geval op die Basotho en Batswana. Hulle was as heeltemal ongewens verklaar en moes die stad verlaat tensy daar dringende en oortuigende redes was waarom hulle kon aanbly. Veral oumense moes weg en hulle wat geen tuislande gehad het nie, moes verhuis na die nuutaangelegde hervestigingsgebiede waarvan die dorp Dimbaza in die Ciskei 'n treffende voorbeeld was. Maar daaroor later meer.

Groot getalle kerkmense het hulp by my kom soek. Wat kon ek doen? Meneer Rodgers, my ou vriend, sal help. En waar hy enigsins kon, het hy dit gedoen. Letterlik honderde het ek so oor die jare by hom aangebring, en aan groot getalle het hy vrystelling verleen sodat hulle kon aanbly. Maar uiteindelik is sy vlerke ook geknip. Die owerheid het beslis dat alleen die Hoofkommissaris in die Skiereiland vrystelling kon verleen. Vir baie het dit beteken dat hulle die stad moes verlaat. Ek kon hulle nie help nie; veral toe 'n 39Mev Inge Mosel-Helmig is tans woonagtig in Tamboerskloof, Kaapstad, waar my kleinseun André en sy vroutjie, San-Marie, goeie vriende van haar geword het!

64

Page 65: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

baie streng kommissaris aangestel is sodat dit amper onmoontlik geword het om hulle te help vestig.

Rodgers het ons vriend gebly tot sy dood toe, en sy kantoor was was selfs jare na sy dood nog steeds vir my toeganklik.

Een voorbeeld wil ek darem noem. Beide man en vrou was werksaam in die stad, behoorlik getroude en ordentlike lidmate. Maar die vrou was uit die Vrystaat, en die reël het gelui dat alleen mense wat hier gebore is, kon aanbly. Ek het gaan pleit. Die antwoord is dat ek aan die outoriteite in Pretoria moes skryf: laat hulle finaal besluit. Natuurlik stel die Kommissaris dan in sy begeleidende brief wat die antwoord moet wees! Ek was raadop. Die vrou het by Ems Burger in die huis gewerk en sy wou haar baie graag behou. Wat nou gedaan? Dr Burger is immers 'n senior amptenaar as Superintendent van die Groote Schuur-hospitaal. Maar dit help nie. Toe gaan ek met die Burgers daaroor gesels. Ek vind uit dat dr Burger en die Minister van Bantoeadministrasie, mnr M C Botha, goed bevriend is. Ek sê toe:

"Dokter, skryf aan hom en vra waarom 'n ordentlik en wettig getroude vrou se huwelik deur die Staat opgebreek moet word; ons wil haar graag by ons behou."

Hy stem in en dit was die einde van die storie. Die gesin kry kennis dat sy nie meer hoef te trek nie. Hulle was so dankbaar dat hulle vir my 'n pragtige Monatic-hemp present gegee het. Hulle was die enigste van al die honderde wat my op so 'n wyse bedank het.

Die Hoof-Bantoesake-kommissaris was woedend en kry my daarna in sy kantoor en gaan gal af.

"Weet u dat ek u enige tyd kan laat opsluit oor wat u doen om die swartes so by te staan?"

"Vervolg my enige tyd; ek sal nie daarmee ophou nie!" was my antwoord. Daarin het ek gedoen wat Papa onder soortgelyke omstandighede ook sou gedoen het. Die Burgers was natuurlik baie dankbaar.

Eendag kom ek by die Kommissaris en ons gesels oor die toevloei van swartes wat toe net op dreef gekom het. Ek vra hoeveel swartes hier tans woon. "Nee, ek weet nie, maar seker meer as honderdduisend," kom die antwoord. Ek vertel hom toe wat hy reeds weet. Die owerheidsbeleid ten spyt het hulle net ingestroom. Nuwe huise word nie gebou nie. In 'n huisie bedoel vir 'n klein huisgesinnetjie woon tot vyftien mense. Die owerheid kan nie optree nie omdat die swart polisie óf omgekoop óf geïntimideer word. Hulle weet nie van intrekkers nie. Wat moet die owerheid dan doen? Hulle kan eintlik niks doen nie!

InstromingDit is die rede waarom, ten spyte van die onmenslik streng wette wat die invloei moes beheer, dit net nie gewerk het nie. Die swart bevolking het daagliks gegroei; die bosse rondom Nyanga was almal beset en by Elsiesrivier het duisende gaan plak in gebiede wat gedurende die reëntyd onder water gestaan het. Ook elders was dit so, soos in die vleie anderkant Maitland en aan die anderkant van die Skiereiland. Oorkant Muizenberg het duisende ingestroom sodat ek daar 'n "skool" met die goedkeuring van die Departement opgerig het. Hulle het oral in die plakkersgebiede daamee probeer help as 'n geboutjie te vinde was. Vir oprigtingskoste was daar geen geld nie; dit was die kerk en die gemeenskap se saak.

65

Page 66: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Ek onthou nog die strome water waardeur ek gedurende die reëntyd moes ry om by ons skooltjie te kom, daar bokant Seekoeivlei.Die ouers en kinders was dankbaar om hulp te kry. Geen wonder dat Bantoe-administrasie later tou opgegooi het nie, want die invloei was te veel vir hulle.

Hierna is Gugulethu opgerig. Almal buite Langa en Nyanga moes na Gugulethu verskuif. Dit het gou 'n plakkersgebied geword en ons het begin werk om daar vaste voet te kry. Die teenswoordige kerk en pastorie vir die evangelis is eindelik voltooi en ingewy. Meyer en Ferreira het nog die banke geskenk op my versoek. Dit vorm nou saam met Nyanga wat ook geweldig uitgebrei het, en Cross Roads, 'n afsonderlike gemeente met eie leraar. Gou was daar nie meer grond genoeg nie. Baie jare later tydens een van die laaste Hoof-Bantoesake-kommissarisse se ampstermyne, 'n man wat ons baie goedgesind was en wat ook die eerste voorsitter geword het van die nuwe Skool vir Dowes, Noluthando, is besluit om 'n nuwe terrein te open vir besetting deur die instromende massas. Hy was die idee goedgesind en het gehelp dat alles ordelik geskied. Dit was die begin van Kayelitsha40, aan die begin van die tagtigerjare, 'n gebied wat teenoor Gugulethu lê. Kayelitsha strek nou vanaf Cross Roads tot onder by die see en brei daagliks uit. Die toevloei is sodanig dat dit nog baie lank sal duur voordat genoeg huise opgerig sal word.

Skole as arbeidsveld'n Groot arbeidsveld wat vir ons baie ingang vir die Evangelie gegee het, was die skole. Oupa Kalipeni het reeds begin met 'n skooltjie by Mossienes. Die bouvallige gehuggie het gestaan waar die woonbuurt Parow-Noord vandag geleë is. Die skooltjie was vir swart kinders uit die omgewing en veral van Elsiesrivier verder oos, waar al hoe meer mense tussen die duine ingetrek het. In die wintermaande was hulle plekke deurdrenk van die water. Ook daar het ons toe later 'n houtgeboutjie opgerig wat sou dien as kerk en skool. Die latere hoofgroep van ons lidmate in Nyanga kom van Elsiesrivier. Ook daar het Rina haar bediening voortgesit met die hulp van 'n baie ywerige evangelis. Maar die skoolsentrum, hoewel ver daarvandaan, was nog steeds Mossienes.

Toe daardie gebied in gedrang kom, is die skool, of 'n tak daarvan, met inspekteur Van Dyk se verlof na Langa oorgeplaas. Die begin van ons skool in Langa staan toe onder ons toegewyde prinsipaal Thabane. Ek was op daardie tydstip alleen, die Kalipeni’s is na Uitenhage waar hulle 'n nuwe begin gemaak het.

Ons het ook uitgereik na Paarl – Wellington en in baie tydelike geboue in die plakkersbuurtes op albei plekke skole opgerig wat toe later hulle gemeentesentrums geword het, eers met ds Fidi Endemann en later met oom Koot Oosthuysen41 as sendelinge.

In Nyanga is op dieselfde wyse met 'n skool 'n begin gemaak, eers in 'n kloktent en later in die mooi skoolgebou waarvan ek reeds vroëer vertel het. Die onderwyser, Mokhachane wat ek in die kloktent geplaas het, het trane gehuil. Dit was toe nog net 'n tak van die Mossienesskool, kilometers ver daarvandaan. Hy het gekla dat ek hom “weggegooi” het, maar gou het hy ingesien dat hy eintlik gelukkig geplaas was!

40 Dit beteken "nuwe tuiste".41 Ds J C Oosthuysen snr, stigter van Isilimela-sending en latere Moderator van die NG Kerk in Afrika, Kaapland, 'n figuur wat groot invloed uitgeoefen het onder swart en wit en wat vreesloos baie vooroordele afgebreek het.

66

Page 67: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Ook op Grabouw is met 'n skooltjie begin, binne-in 'n verlate slagpale.Maar dit was die begin en beter geboue het later gevolg. Waar ons al die geld

vandaan gekry het, weet ek nie. Die Here het altyd voorsien. Dit was sy werk en Hy het dit ryklik geseën. Oral het Rina se manyanos gevolg. Sy het hulle almal periodiek besoek en af en toe konferensies gehou, veral met die bekledingsplegtigheid waar almal saamgetrek was. Tot vandag toe staan daardie fondamente nog altyd vas.

'n Laatlam vir onsRina se enigste broer, Eddie, het in die vyftigerjare as mediese student aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer en jarelank by ons gewoon, want Rina se moeder was toe reeds oorlede. In die tyd het Rina ons laatlam verwag. Klein Erica was op pad. Daar was egter baie komplikasies, soseer dat dr Maske 'n paar keer die swangerskap wou beëindig. Maar Rina wou dit nie toelaat nie. "Nee," sê sy, "Papa sien te veel uit na nog 'n kindjie." Sy was regtig baie dapper, maar sy moes weke lank lê met die dreigende miskraam en nierprobleme. Arme dr Maske het sy hande vol met ons gehad. Elke keer moes hy aangejaag kom uit Rondebosch en die nodige doen. Ons was toe nog woonagtig in Sybrandpark en die ander twee kinders in standerds drie en vier.

Toe die tyd naderkom, gee dr Maske aan Eddie, wat toe al 'n senior mediese student was, die opdrag: As Rina enigsins hoofpyn bo-op haar kop kry, moet hy Dokter dadelik laat weet. Eddie het mooi getrou elke dag uitgevra hoe sy voel en haar noukeurig dopgehou. Op 'n sekere oggend erken sy dat sy daardie pyne ervaar en 'n paar minute later staan dr Maske se motor voor die deur. Dadelik regmaak, hospitaal toe. Dit was nog voortydig, maar dit was nou gevaarlik om langer by die huis te bly. Daardie selfde dag stel hy prosedure in om die swangerskap op 'n natuurlike wyse te beëindig. Groot was die vreugde toe Erica op 12 November 1953 gebore is, klein maar welgeskape. Nou was dit weer van vooraf baba oppas en versorg waarmee die ander twee ook baie gehelp het, en dit geniet het om die nuwe "speelding" in die huis te hê.

LeraaropleidingIntussen was daar ook die opleiding, eers van evangeliste, en later van leraars, waarmee ek tien jaar lank die leiding moes neem.

Hierdie ontwikkelinge het ook 'n baie groot invloed op ons lewens gehad. Reeds kort na die eerste Sinode van die N G Kerk, Kaapland in 1954, vergader ons Moderatuur op Decoligny waar intussen 'n Teologiese Skool vir evangeliste opgerig is met ds Piet Smith as dosent en ds Jannie du Preez saam met hom. Later is dit aansienlik uitgebrei en 'n begin is gemaak om leraars op te lei vir die jong kerk. Vroeër moes kandidate almal na die Stofberggedenkskool naby Vereeniging gaan vir opleiding. Onder hulle was Willem Xaluva, Daniël Selepe en ander. Manne wat hulle plek by ons in die Kerk ingeneem het, is op Decoligny aangestel as professore, onder andere Dawid Bosch, Piet Kamfer en ander. Die klein Sinode het my benoem as lid van die Kommissie van Beheer en daar het ek 'n paar dekades gedien as Voorsitter van die Decoligny Teologiese Skool. Dit het daartoe gelei dat ek Umtata gereeld moes besoek saam met die sendingsekretarisse van die Kaapse Kerk.

Tot my uitdienstreding in die vroeë 1980’s was ek dus daarmee gemoeid. Dit het alles verdere besoeke en weggaan van die huis geverg. Eers het dit per trein geskied. Rina

67

Page 68: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

het nooit teengekap nie, maar dit was vir haar swaar dat ek so baie weg was; soms het sy ook saamgegaan. Rini en Eddie het met sulke geleenthede toe hulle nog op skool was, by Rina se susters tuisgegaan; Erica het met ons saamgegaan. Maar nooit het Rina probeer keer dat ek my werk moes doen nie.

Oom Koot was toe op Stellenbosch en ek in Kaapstad. Weke aaneen het ons Sondagaande vertrek, Saterdag teruggekeer en dan Sondagaand weer op die trein geklim. En nooit het hy my verveel nie. Sy stories was legio. Hy was werklik'n merkwaardige man wat op my bediening 'n vormende invloed uitgeoefen het. Ek het hom as my tweede vader beskou en hy was net altyd die regte man op die regte plek.

Hierbo by Brackenfell was destyds 'n klipgroef. Eers was daar Nyanjasprekendes wat ek gereeld besoek het; later het Xhosas hulle plek ingeneem. Oom Koot kom een Sondag by hulle preek.

"Moenie na daardie witman luister nie," roep een uit, "hy doop nie reg nie."Oom Koot het hom effens bedink en vra hom toe: "Hoe moet 'n mens dan doop?""In 'n rivier," kom die antwoord."Mfondini 42, het jy gehoor van Paulus en Silas wat in die tronk gegooi is en hoe

hulle daar gesing het?""Ja," sê die beswaarmaker."Mfondini, het jy ook gehoor dat die tronkbewaarder en sy familie daardie nag

bekeer is en dat Paulus hulle gedoop het?""Ja," kom die antwoord weer."Mfondini, het jy al gehoor van 'n rivier wat deur die tronk loop waar Paulus hulle

daardie nag gedoop het?"Groot geskater. Oom Koot kan met sy preek voortgaan.Van Isilimela wat hy aangelê het, het hy ook baie vertel. Die Xhosas wou hom

glad nie help met sy bouery nie. Gelukkig het hy 'n paar werkers saamgeneem met sy wa en osse vanaf Whittlesea waar hulle plaas geleë was. Hy het maar rustig met sy werk voortgegaan en geleidelik het die werkers gekom. Hulle was bang dat hy hulle grond sou wegneem.

Ek vra hom een dag hoe hy te werk gegaan het met sy evangelisasietaak. Nee, sê hy, as hy hoor van 'n bierparty in die omgewing het hy sy perd opgesaal en daarheen gery met sy grammofoon en plate by hom. Daar aangekom groet hy vriendelik en vra of hy nie net vir 'n rukkie vir hulle plate kan speel nie. Natuurlik willig hulle in. Eers 'n paar vrolike plate, later gesange. Almal luister aandagtig. En dan sê hy hy wil darem net 'n kort woordjie bring. Dan kom die preek, nie lank nie, maar duidelik. Hulle hoor die Evangelie!

Jare later belê dr Eiselen - ons ou professor wat vir ons klas gegee het op Wellington - toe hy Sekretaris van Bantoeadministrasie en Ontwikkeling was, 'n vergadering op Uitenhage. 'n Groepie van ons sendelinge word daarheen uitgenooi. Ek was by Efata en reis daarheen. By die vergadering was 'n Bungalid43. Hy kom van die Isilimela-omgewing, die gebied se naam was destyds die Gomorra-lokasie. Hy staan op en vertel van oom Koot en sy invloed. Hyself is nie 'n NGKA-lid nie, maar hy vertel dat, toe oom Koot op Isilimela aankom, was Gomorra-lokasie 'n gewelddadige omgewing. Geen vrou van watter ouderdom kon dit waag om onbewaak daar deur te stap nie. Sy sou

42 My vriend43 Die Bunga was die ou Transkeise parlement, 'n adviserende liggaam

68

Page 69: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

terstond aangerand word. Maar toe oom Koot na jare daar weg is, was die posisie so veranderd dat enige vrou heeltemal alleen daar kon rondbeweeg; niemand sou haar leed aandoen nie. Dit was vir my die mooiste getuigskrif wat enigiemand ooit van oom Koot kon vertel. Die Here het sy werk daar kennelik geseën.

In Langa het 'n besonderse gesin gewoon. Soos reeds genoem het ek nog met die hulp van my vriend, superintendent Rodgers, 'n huis vir hulle langs die kerk gekry. Ou vader Africa Sekwepere was 'n Vrystater, soos ook sy vrou, Lizzie. Hulle het vroeër in Maitland 'n winkeltjie besit. Hulle was regte "predikantsmense". Moruti moes altyd iets uit die winkel kry, veral in vrugtetyd. Dan kom vader Sekwepere daar by ons huis aan met sy wa en perde en laai af. Lizzie het ook gereeld 'n vet hoender saamgegee. Nee, dit kos niks nie. Eendag het Lizzie aangekom met 'n opregte Royal Albert-teestel as geskenk vir Juffrou. Ons het eers baie later agtergekom hoe waardevol dit is en Rina het dit net vir gaste uitgehaal. Met ons verhuising na Serenitas in 2000 het Rina die ongeskonde stel vir Rini gegee. Toe hulle Langa toe moes trek, moes Lizzie haar winkeltjie in Maitland opgee. Vader Africa het toe nog in Bellville vir Monis se fabriek gewerk.

Ek gaan na meneer Rodgers en vertel hom van hulle."Dis reg," sê hy, "hulle kan die huis langsaan die een van die Thabanes kry."

Thabane was, soos reeds genoem, die prinsipaal van ons steeds groeiende skool in Langa."En 'n winkel?""Dis goed, sy kan een kry." Dit was 'n baie gesogte kommoditeit en meneer

Rodgers moes in die laaste instansie daaroor besluit. Daardie dae het die swartmense nog geen seggenskap gehad nie, anders sou sy honderde rande daarvoor moes betaal het. Sy het haar winkel gevestig saam met 'n man wat ook 'n begrafnisondernemer was. Hulle het baie jare lank 'n bloeiende besigheid saam bedryf. Ons as huisgesin sal Lizzie en ntate Sekwepere nooit vergeet nie. In Langa het baie lief en leed afgespeel, maar hulle het tot op die einde ons troue vriende gebly.

Met ons afskeid het ek 'n pragtige leerkoffer asook 'n dokumentesak gekry, albei nog in my besit. Die afskeid was mooi en tot op daardie datum het ons nog geen probleme ondervind nie, wel later nadat ons teruggekeer het vanaf Queenstown. Dit was nog die dae toe ons mense hulle laat voorsê het, veral as hulle geoordeel het dat jy hulle vriend is.

Verplasing na QueenstownNa tien jaar in 1957 laat ds Piet Smith, die nuwe sendingsekretaris en ons ou vriend, my weet dat ons moet trek Queenstown toe. Dit sou 'n nuwe begin wees. Ds Andrew Hofmeyr is Kaap toe beroep in my plek. Maar vyf jaar later toe die ernstige Poqo-onluste in die Kaap begin, is ek weer terugverplaas Kaap toe met Hofmeyr as dosent na die Stofberggedenkskool. Maar daaroor later meer.

Die Sendingkommissie sou verantwoordelik wees vir my salaris en reistoelae wat toe aansienlik verhoog is na agt en twintig pond per maand. Daarmee kon ek redelik maklik oral rondkom.

Ons is toe met kind en kraai uit Kaapstad weg, die vreemde in om 'n totaal nuwe epog in ons lewens aan te pak. Dit was vreemd maar nogtans baie vrugbaar. Tot vandag toe is daar nog steeds ou vriende wat ek baie graag weer sou wou sien en mee verkeer.

Ons kom in die winter van 1957 daar aan. Queenstown in die Oos-Kaap is 'n bitter koue plek daardie tyd van die jaar. Rini het intussen in die Kaap by haar oom Philip en

69

Page 70: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

tannie Anna Vorster agtergebly om standerd agt aan die Hoërskool Jan van Riebeeck te voltooi. Daardie jare het die kinders nog die Junior Sertifikaateksamen aan die einde van standerd agt behaal en dit sou ontwrigtend wees om in die middel van die skooljaar na 'n nuwe skool oorgeplaas te word. Die volgende jaar sou sy by Eddie aansluit by die Hoërskool Hangklip.

Die mense het ons baie hartlik ontvang. Daar was veral dr Pippin Oosthuizen wat later jarelank verbonde was aan die Universiteit van Natal. Hy en sy vrou het regtig moeite gedoen om dit vir ons aangenaam te maak. Pastorie was daar nie, wel 'n huurhuis. Evangelis Plaatjies was regtig 'n voorslag en het met alles probeer help.

Queenstown was 'n splinternuwe uitdaging. Dit was 'n baie groot gebied met Sterkstroom, Tarkastad en Cathcart daarby ingesluit, waar nog geen intensiewe sendingwerk gedoen is nie. Later is Cathcart afgesny, maar dit het my nogtans genoeg geleentheid gegee om die gebied rondom die Sneeuberge te leer ken. Dit was bitterkoud in die winter, maar pragtig groen in die somer met baie water uit die berge. Die boere daar langs het ook baie mooi saamgewerk en hulle mense aangery vir byeenkomste. Terloops, oom Koot Oosthuysen kom uit daardie gebied en het van kindsbeen af die swartmense en hulle taal goed geken.

Maar dit was veral Tarkastad en Sterkstroom met Queenstown en omgewing wat ons arbeidsveld gevorm het. Hier het ons baie lekker gewerk.

Die plaaslike moedergemeente het ons baie mooi verwelkom. Die predikant, dr Pippin Oosthuysen, het 'n oop hart vir die sending gehad. Plaaslik was daar ook 'n kommissie met verteenwoordigers van al die betrokke Moederkerke, wat moes omsien na die vooruitgang van die sending en wat moes help met huisvesting.

Ons is tydelik in 'n huurhuis gehuisves, maar intussen moes besluit word om 'n pastorie vir ons op Queenstown aan te koop. En watter toutrekkery was dit nie. Op 'n goeie dag skakel die stadsklerk my en vra of ek weet dat 'n paar van die dorp se ouderlinge besig was om 'n erf vir my uit te soek, daar naby die ablusiewerke! Dit was egter sonder my wete. Ons wou hê dat 'n huis gebou moet word in 'n nuwe dorpsdeel wat toe net oopgestel is. Ek het uiteindelik daarin geslaag dat die betrokke erf gekoop word en die die sendingbouheer sou die huis daar oprig. Ek het selfs help slote grawe om vas te stel of die fondament goed genoeg sal wees, want op Queenstown het baie huise uitmekaar gebars weens diep turfklei, soseer so dat jy op plekke jou hand deur mure kon steek. Maar, alhoewel die erf gekoop is, is die huis nie gebou nie omdat die bouheer uiteindelik nie beskikbaar was nie.

Ons plaaslike kommissie wat die finale aanbeveling Kaap toe moes stuur, het intussen op 'n ander huis besluit wat toe in die mark was. Teen vyf duisend pond is 'n pragtige hoekerf, baie groot, met 'n mooi statige huis daarop, aangekoop. Ek wonder wat hy vandag sou gekos het!

Hier kan ek kan nie nalaat om oom Fanie Bekker van Tarkastad se distrik se naam te noem nie. Hy en 'n groep ander boere het 'n vete gehad teen die vorige predikant van Tarkastad en hulle kerkbydraes teruggehou.

Om die een of ander rede het oom Fanie-hulle 'n sagte plekkie vir ons twee ontwikkel en die geld wat hulle teruggehou het, is toe oorgemaak aan ons om te gebruik om die nuwe pastorie op Queenstown mee te herstel. Ons het naamlik 'n aansienlike bedrag kortgekom om sekere veranderinge aan te bring. Die vorige eienaars het die groot ou huis in twee woonstelle omskep en dit moes weer tot een huis verander word.

70

Page 71: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Maar die geld beskikbaar om veranderinge aan te bring was te min. Ek het kleurlingwerkers gehuur om die nodige te doen, maar uiteindelik was ons tagtig pond oor die beskikbare bedrag. En dit was destyds 'n geweldige bedrag.

Ek onthou die oggend toe die werk nog aan die gang was, en oom Fanie Bekker daar aangekom het op besoek. Hy het 'n "fancy" in Rina gehad en toe hy haar in trane aantref, vra hy:

"Nou wat is dan nou verkeerd?""Ons kom tagtig pond kort en ons weet nie waar die geld vandaan moet kom nie."Net daar steek hy sy hand in sy sak en haal 'n rol note uit - tagtig pond! Ons was

natuurlik baie, baie bly.Ons woning was baie aangenaam. Kole was goedkoop en gedurende die ysige

winters was twee kaggels altyd aan die gang. Ou Mina44 het goed daarvoor gesorg. Daar was 'n pragtige tuin vol rose, vrugtebome en 'n groentetuin. Ek het 'n groot deel tussen die bome met lusern besaai, want daar was 'n sterk boorgat met elektriese pomp op die terrein en krag was baie goedkoop. Danksy volop water het die tuin baie groente opgelewer.

'n Koei wat baie melk gegee het, is ook teen vyf en twintig pond aangekoop by ons vriende, die Kruger Corbetts. As die melkjong die oggend nie opgedaag het nie het Eddie die emmer saam met 'n bondel lusern geneem en na die meent gegaan waar die diere gratis gewy het. Ons het later nie geweet wat ons met al die melk moes maak nie. Rini het later selfs geleer om botter te karring met 'n handkarring wat ons iewers vandaan gekry het. Melk en botter in oorvloed en 'n kampie hoenders waarvan ons die eiers nie kon behartig nie, en selfs daarvan verkoop het. ons het regtig nie swaargekry nie. Dit was regtig 'n soort Kanaän met melk maar ongelukkig sonder die heuning!

Die vierjarige Erica wat intussen as laatlam aangekom het, het oral waar ons heen gery het, op Rina se skoot gesit en naderhand al die boeretannies en hulle katte leer ken. Dit was altyd haar grootste vermaak as ons by 'n plaas afklim. By die huis het sy haar urelank vermaak deur die huiskat met haar kleintjies op die werf in haar popwaentjie rond te stoot. Een keer het ons op haar afgekom waar sy besig was om 'n klomp tuinslakke rond te stoot, en hulle sorgsaam terug te sit as hulle wou uitseil. Erica het vir ons baie vreugde gebring. Die ander kinders was op hoërskool en van die hand af, maar sy was die kleintjie wat al die aandag gekry het. Seker ook lekker bederf, maar wat, dit was die laaste een, en almal was vir haar baie lief.

Ons het baie uitgery na die plase in die drie distrikte en het later veertien skole daar tot stand gebring. Dit was jare waarin ons die seëninge van die Here ryklik ondervind het. Mense het hulle harte vir die Evangelie oopgemaak. En die boeregemeenskap wat glo vroeër teen die sending was, het ons beste vriende geword. Tot onder by die Stormberge is ons oral met oop arms ontvang, . Dit was jare waarin die Here vir ons wonderlik goed was en ons Hom met ons hele hart kon dien.

Die predikante van Tarkastad en Sterkstroom was ons steeds baie goedgesind en het oral deure vir ons oopgemaak. En Rina het haar verlustig onder die swart vroue. Waar doenlik het sy groot werk aangepak. Sy het die swartvroue aangemoedig en biduurgroepe gestig. Ek weet nie of hulle nog almal bestaan nie, maar tot onlangs was van hulle nog steeds aktief. Dit was iets moois en ons het die seënende hand van die Here ondervind. Sy het geen moeite ontsien om na Tarkastad, ongeveer ses en sestig kilometer vanaf Queenstown, of na Sterkstroom uit te ry nie; grondpaaie het haar nie afgeskrik nie. Dit is

44 Ons het later ontdek dat sy 'n opgeleide toordokter was!

71

Page 72: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

'n wonderlike getuienis vir haar werkywer. Sy was 'n ware sendeling en ek eer haar nagedagtenis.

Heel eerste het Rina die kerkie op Queenstown aangepak en hom dadelik beter laat lyk. Die kerk het net 'n klomp los bankies gehad. Daarmee was sy heeltemal ontevrede. Gou is mooi gordyne opgehang en behoorlike kerkbanke bekom. Die Gereformeerde Kerk het het ook hulle kerk gerestoureer en hulle preekstoel kosteloos vir ons aangebied wat met dank ontvang is. Die resultaat was iets om te sien. Waar die geld vir alles vandaan gekom het, kan ek glad nie onthou nie. Geen wonder dat die swartes gou vir Rina 'n naam gekry het nie: Nonquashe – die een wat deurdruk en haar nie laat keer nie!

Veral met die pastoriepaar op Tarkastad het ons 'n besondere hartlike verhouding gehad. Daar was ds Japie Gerber en sy vrou, Antjie, en voor hulle die Piet Jordaans. Hulle het alles wat hulle kon vir ons gedoen.

Intussen het oom Donnie Erasmus seun, Danie, by Rini begin kuier en Eddie het hulle saans probeer afloer. Maar ten spyte van Danie se pogings het dit op niks uitgeloop nie. Rini se kop het Stellenbosch toe gestaan en definitief nie na die plaaslewe nie.

Ek moet ook nog vertel van ons werk op Queenstown. Dit was werklik 'n baie vrugbare arbeidsveld. Die swartes was almal Xhosasprekend en ek het maar gesukkel, maar Charlie Plaatjie het my daagliks daarmee probeer help. En saam met hom het ons, nadat die kerkie herstel is, die plase begin besoek. Ek is vertel dat ek baie swaar sou kry, want die plaasboere is baie teen die sending. Ons het presies die teenoorgestelde ondervind, seker omdat ons die taak saam met hulle aangepak het. Ons het hulle eers besoek en gevra hoe ons te werk moes gaan.

"Dit sal seker goedgaan die eerste paar keer om mense uit die naburige plase uit te nooi. Maar later sal hulle nie meer wil kom nie. As dit nou 'n 'bierparty' is, ja," was baie boere se kommentaar.

Ons het die hele gebied deurgegaan en die boere het saamgespeel. Hulle was bereid om hul werksmense met bakkies en trekkers aan te ry. Die belangstelling het egter nie opgehou nie; al meer mense het gekom en saam met hulle die boere ook. Ons het in hulle skure met sementvloere vergader.

Ek moet veral die aanddienste noem. Een of twee keer per week het ons uitgery plase toe, by 'n vriendelike boervrou 'n heerlike maaltyd die aand genuttig en dan kerkgehou in die betrokke boer se skuur. Eenkant het die blankes gesit op lusernbale,aan die anderkant die swartes. In die winter was dit bitter koud, maar niemand het gekla nie. Die harte was warm! Ek het gepreek en Charlie Plaatjies, die evangelis, het getolk.

Oral deur die distrikte het ons dieselfde program gevolg. In sekere plaasomgewings het dit die gebruik geword dat ons daar sal vergader, byvoorbeeld by die Corbetts en by oom Donnie Erasmus en sy vrou. Hulle het regtig moeite gedoen en hulle was ons huisvriende.Nêrens is ons verhinder nie.

Rina het my oral vergesel met klein Erica op haar skoot. Maar as ons saans teruggery het – Eddie en Rini wat in hulle senior jare op skool was en saans moes tuisbly met skoolwerk, het dan al lankal geslaap – was ons in die winteraande letterlik versteend van die koue.

Eddie en Rini het Sondae saamgegaan as ons dienste op die buurdorpe gehou het, sodat van die kerkraadslede gekla het omdat hulle so ontrou in hulle Sondagskoolbesoek was!

72

Page 73: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Op 'n goeie dag kry ek kennis dat Queenstown se kerkraad wil weet wat ek doen, of ek ooit werk. Ek het toe 'n lywige verslag gestuur van dienste waargeneem oor ongeveer 'n jaar. Afgesien van Sondagdienste ook nog ongeveer twee aanddienste per week op verafgeleë plase. Nooit is ooit weer iets gevra oor my program nie! Dit was 'n baie vol lewe, maar ook baie bevredigend.

Bring die Evangelie na die mense, dan dink hulle ook dadelik aan hulle kinders. "Umfundisi moet kyk of daar nie 'n skool kan kom nie," kom die versoek. Met behulp van die boeregemeenskap en nadat die saak eers mooi bespreek is, het die skole gekom. Die Here het ook daarvoor in die geld en materiaal voorsien. Toe ons na vyf jaar daar weg is, was daar sewentien skole waar daar vroeër net twee of niks was. Vir leerkragte het ek geskakel met die prinsipale van Cicira langs Efata by Umtata waar ons Kerk 'n pragtige skool en opleidingsentrum gebou en bedryf het. Ek het altyd aangedring op oortuigde Christene en hulle het pragtig aangepas. Wat alles daarvan geword het toe die huidige regering ook die plaasskole begin beheer het, weet ek nie.

'n Paar van die boere vir wie ons nooit kon vergeet nie, was die Corbetts, plat Afrikaanse boere met 'n Engelse van en ware vriende deur dik en dun. En dan natuurlik oom Donnie Erasmus, daar op die grens van Sterkstroom. Op sy plaas Quarrelbrook is saans tot twee honderd mense byeengebring om die Evangelie aan te hoor. Petrol was gelukkig nog goedkoop en ek kon met my agt en twintig pond per maand se reiskoste oral rondgaan. Ons opvolger was ongelukkig nie so geïnteresseerd in die buitewerk nie en het dit aan die evangeliste oorgelaat. Ek het later meer as een brief van klagte van die boere oor die agteruitgang ontvang.

Die predikant op Sterkstroom, ds Pistorius, en sy vrou was ons baie vriendelik gesind. Weens die groot afstand het ons nie baie daarlangs gekom nie, maar tog het die gemeenskap ons oral geken. Ek het natuurlik gereëld daar kerk gehou. Rina het familie op die plaas Donkerhoek gehad, naamlik Johanna Jordaan. Sy was van Laingsburg en het na haar man se dood weer soontoe teruggekeer en die Laingsburgramp oorleef. Ons het dikwels daar oornag, want Sterkstroom het net onder die Stormberge gelê, seker tagtig kilometer stofpad vanaf Queenstown.

Van die boere het baie belanggestel in die werksaamhede van Efata en het met my saamgery soontoe en probeer help waar hulle kon met vee. Daar was genoeg grond beskikbaar gestel deur Bantoeadministrasie. Oom Koot Oosthuysen en ek het diere gekollekteer, hy op Dordrecht waar hy gedurende die vakature opgetree het as predikant en ek in my drie distrikte, Queenstown, Tarkastad en Sterkstroom. Ons het uiteindelik twee trokke beeste en skape afgestuur. Oom Koot s'n is te voet afgejaag na Efata, 'n hele kudde. Ongelukkig het honde die skape letterlik verskeur en die beeste het om die een of ander rede ook nie geakkordeer nie. Maar die gewilligheid van die boere was daar, veral ook hulle belangstelling.

Intussen moes ek egter met my kerklike werksaamhede voortgaan. As Scriba Synodi moes ek vir oom Koot Oosthuysen, die Moderator, oral vergesel om Ringe te organiseer en probleme op te los. Op Decoligny was Piet Smith vroeër sendeling, maar ook op die Moderatuur. Later is hy beroep tot Sendingsekretaris. Om vanaf Queenstown na Decoligny, Umtata, te ry was nie so moeilik nie, want Umtata was maar twee honderd kilometer verder. Ons het dikwels in die oggend vertrek en dan laatnag weer teruggekeer.

73

Page 74: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Maar na Bloemfontein moes ek met die trein reis. Ek was tien jaar lank lid en later voorsitter van die GKK45. Soggens sesuur daar aangekom en dan te voet geloop na ons vriende, die Else, wat daar 'n losieshuis behartig het. Daar was ek altyd welkom. En saans weer terug na Queenstown met die Oos-Londentrein. Dit was aangenaam. Op Bloemfontein het ek later vir Japie Jacobs en sy vrou leer ken en male sonder tal ook by hulle oorgebly, veral as die vergaderings 'n paar dae geduur het. Dit het tot 'n lewenslange vriendskap gelei, veral toe ons later lede geword het van die Moderatuur van die Algemene Sinode, NG Kerk in Afrika.

Japie was die eindredakteur van die uitgawes van die Christelike Lektuurfonds, destyds verbonde aan die NG Sendingpers op Bloemfontein, en ek was die eerste voorsitter van die CLF. Later het ds CB Brink voorsitter geword nadat die NG Kerk begin belangstel het in die organisasie. Die fondse is hoofsaaklik ingewin van lede van die Moederkerk.

Dit was mooi dae en die sendingbelangstelling het hoog opgevlam. Al meer predikante het hulle dienste aangebied en die Transkei se sendingpersoneel het vinnig aangegroei. Oral is werksaamhede begin en die hele Transkei en Ciskei is na 'n kort tydjie beset. Bart Wooding as Voorsitter van die Trans- en Ciskeiraad het groot ywer aan die dag gelê terwyl Piet Smith intussen die Kaapse sendingsekretaris geword het. Met sy geweldige werkywer en entoesiasme het hy die sending verder uitgebrei. Die beginfase was jare van seën en begeerte om die Evangelie al verder te verkondig.

Intussen word ek ook gekies as Scriba Synodi en Coen van Rensburg as Moderator van die nuut gekonstitueerde NG Kerk in Afrika. Na sy termyn om is, val die mantel op my toe ek as Moderator van die NG Kerk in Afrika se Algemene Sinode verkies word, 'n pos wat aansienlike reise meegebring het. Ek het my toe losgemaak as lid van die GKK, want die Algemene Sinode het ook baie reise vereis. Ons moes as Moderatuur van tyd tot tyd optree en onderhandel waar daartoe versoek, onder meer ook met die Moderatuur van die NG Kerk. Dit het heelwat tyd en inspanning geverg. Daaroor l;ater meer.

Roepstem uit die KaapEn toe kom die Poqo-onluste in die Kaap. Die sendingsekretaris, ds Piet Smith, laat ons weet ons moet terugkeer. Ons was toe nog verplaasbaar.

Die aand van ons afskeid op Queenstown is al die predikante saam met ons in ons kerkie. Almal kry 'n beurt, maar veral Charlie Plaatjie se roemrede oor Rina maak die diepste indruk. Sy het hulle gelei; hulle sal haar nooit vergeet nie, sy was meer as Nonquashe!

"Julle predikante en ds Scheffler kan goed preek, maar sy het baie beter as julle almal gepreek!"

Hulle het die aand vir ons 'n pragtige eetservies geskenk wat ons baie jare in die Kaap kon gebruik. Ons het baie noue vriende onder die boeregemeenskap gehad, maar ons het tog heelwat vriende op die dorp agtergelaat. Rini en Eddie het albei hul matriek aan die Hoërskool Hangklip gelê en Erica het haar skoolloopbaan daar in 1960 begin, die jaar toe Rini universiteit toe is. Die begin daarvan moet ek darem noem. Erica se skool was op pad na die Hoërskool Hangklip geleë. Eddie moes per fiets daar verbyry. Ons vra hom toe om vir Erica soggens by die laerskool af te laai. Dis reg so. Na 'n paar dae sê hy:45 Gesamentlike Kerkkantoorkommissie van die vier destyds onafhanklike Sendingkerke

74

Page 75: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

"Ek gaan nie meer vir haar skool toe neem nie.""Waarom dan nie?""Die skoolkinders vra vir my of dit my dogtertjie is!"Van toe af moes ons haar eers self wegbring. Mina het ook baie keer met haar

saamgestap.

Nesskop in PinelandsToe ons weer terug is in Kaapstad besluit die Sendingkommissie dat ons 'n ander pastorie moes kry in Pinelands waar 'n baie geskikte erf aangekoop is. Die argitek kom bekyk die erf en lê planne voor wat aanvaar word. 'n Aangename en doeltreffende woning is die resultaat met veral die studeervertrek. Daar het die evangeliste en leraars weekliks saam met my vir Bybelstudie en gemeentelike besprekings vergader, en waar ons oor ernstige sake kon konfereer en besluit.

Ook Rina het met die bou van die nuwe huis 'n geleentheid gesien om haar samewerking te gee, nie net met die beplanning en inrigting van ons nuwe woning nie, maar ook om fondse te genereer om ontbrekende geriewe aan te vul.

'n Besondere persoon wat die Here ons Sending geskenk het en wat al sy talente aan Sy diens gewy het, is ds Giep Louw. Hy was destyds nog 'n onbekende sendeling op Molteno, maar het reeds oral sy voelers uitgesteek. Want op 'n goeie dag vertel hy ons van 'n kombersfabriek hier in die Skiereiland waar werklik goeie komberse teen redelike pryse aangekoop kon word. Onmiddellik het Rina daarop toegeslaan, en vir etlike jare moes ek haar bystaan om komberse te versprei. Behoefte was daar altyd en die pryse waarteen sy hulle aangebied het, was so aanloklik dat ons nooit met oortollige komberse gesit het nie.

Wat het van die winste geword? Dit was nou weliswaar nie buitensporig nie, maar genoeg om vir heelwat verbeteringe te betaal. Ek onthou die vloermatte vir die lang, breë gang, asook later die aanbou van 'n was- en strykkamer. Maar nooit het sy 'n sent van daardie geld vir eie verryking teruggehou nie.

Ek het ook dadelik begin bome aanplant en tuinmaak. Toe ons daar weg is, was dit 'n goedbeplande erf met selfs nog 'n ekstra garage wat ek met asbesplate opgerig het en waar ek my bakkie gehuisves het. Ons het aangename jare daar deurgebring en ook baie vriendelike bure gehad. Baie grappe saam beleef; so uiteenlopend en tog ware vriende. Ek onthou hulle nog altyd: die Geislers, die Pentze en die Jakobsens. Meneer Jakobsen was 'n regte platjie en het my altyd daarvan beskuldig dat ek sy groenbone steel! Meneer Geisler was 'n senior amptenaar by Old Mutual en ons kon heerlik oor diep dinge gesels. Hy het my ingelei in baie geheime van die Vrymesselaars waarin hy 'n senior posisie beklee het. Ek het die hele Hollandse afdeling van die Vrymesselaars se geskiedenis opgelees en agtergekom watter rol hul beweging in die politieke lewe gespeel het. Jare later, toe ek al in die Strand gewoon het, het mev Geisler my gevra om sy begrafnis waar te neem.

Die Pinelandsgemeenskap was taamlik geslote. Afgesien van ons bure was daar natuurlik die pastoriepaar van die plaaslike NG Kerk, ds en mev Hermann Kinghorn. Hermann het tydig en ontydig daar ingeval om te kom gesels en grappe saam met ons te maak. Die meeste van die Afrikanergemeenskap het ons geken en af en toe besoek. Ou dr H P M Steyn was destyds nog Hoofsekretaris van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika

75

Page 76: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

en ons kon ook met hulle verkeer. Maar ons het nie noue vriendskappe gesluit soos voorheen nie.

Van tyd tot tyd het Hermann my ook gevra om in die kerk op te tree. Ek onthou veral die geskiedkundige aand toe Willem Xaluva die aand daar gepreek het. In ons moderne tyd was hy die eerste om so iets te doen, ten minste in Kaapland. Die kerk was gelykvol. Dit was 'n moeilike periode in ons land- en kerkgeskiedenis. In die Kerk het die begeerte al meer gegroei dat veranderinge moes plaasvind. 'n Mens het respons in die koerante verwag oor Willem Xaluva, maar almal was skrikkerig om daaroor te skryf omdat dit vir alle partye 'n tameletjie geword het wat moeilik was om te hanteer. Daardie aand was 'n groot deel van Langa se gemeente ook daar in die kerk! Hermann was altyd 'n uiters versigtige predikant, nie te konserwatief nie, maar ook nie te uitgesproke ten gunste van veranderinge nie.

Wat gemeentelike en sendingwerk betref het ons ook nie stilgesit nie en ons het ons veral besig gehou met skole en die bou van kerke. Intussen het die swart bevolking massaal toegeneem met krotbehuising, eers by Cross Roads, maar later oral. Waar ons kon, het ons probeer ingang vind.

Soos altyd het Rina intussen rustig voortgegaan met haar manyano. Dit het verder gegroei en hegte groepe is gevorm.

Europa 1964'n Opdrag wat besondere aandag geverg het, was toe ons in 1964 as afgevaardigdes gekies is om die Wêreldraad van Gereformeerde Kerke se groot byeenkoms in Frankfurt, Duitsland, by te woon. Ek as Moderator en Rina as Vroueverteenwoordiger. Saam met ons was ook ds S S Tema en dr Maile. Afgesien hiervan is ek ook deur die Kommissie ter Bestryding van die Rooms-Katolisisme (Die “Roomse Gevaar”!) gevra om navrae te doen in sake die veranderinge wat in Europa gekom het ten opsigte van die Roomse Kerk. Dit op sigself was 'n groot opdrag. Daarvoor is honderd pond aan my bewillig wat saam met die reiskostevergoeding van die Kerk genoegsaam was om iets te kon navors.

Rina en ek is in Julie 1964 per posboot weg uit Kaapstad vir 'n reis van drie maande. Klein Erica is vir die skoolkwartaal saam met Rini na Upington waar sy skoolgehou het. Om alles te kroon is Chris toe ook op die boot op pad na Ierland na haar man se familie. Rina was eers baie ontsteld en het gemeen ek het vooraf daarvan geweet. Ek het haar darem daarvan kon oortuig dat ek onskuldig is! Vermy kon ons haar nie, so baie passasiers is daar immers nie. Dit het egter goedgegaan en ons was baie saam. Bedags het ons baie geswem - die trope is mos warm - en verder tussen maaltye in ons dekstoele gesit.

EngelandEk het nie vergeet van my opdrag ten opsigte van die Rooms-Katolieke Kerk nie en reeds in Engeland kontak gemaak met die Anglikane om te hoor hoe hulle onderling met die Rooms-Katolieke reageer. Dit was nie juis veelseggend nie; hoofsaaklik dat, as hulle as Kerk die Staat nader ten opsigte van kerklike sake, dan het beide Kerke saamgewerk.

Intussen het Efata Skool vir Dowes en Blindes ook in 1957 in die Transkei tot stand gekom (hieroor later meer) en my Kommissie het my versoek om my oë oop te hou vir nuttige vordering op die gebied van werk onder gestremdes in Europa. Ons het dus

76

Page 77: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

besoek afgelê by die Britse Raad wat daardie sake behartig. Veel het ek egter nie by die Raad wys geword nie.

Ons het ook allerlei besoeke aan besienswaardighede oral in die stad gebring.

NederlandDaarna is ons na Nederland. Daar was 'n paar inrigtings waarvan ons die besonderhede gehad het. Ons is vriendelik ontvang en het oral die name van Suid-Afrikaners teëgekom, onder andere dié van prof Theo Pauw van Worcester waar hy destyds was en wat ook daardie inrigtings besoek het. Moeite is gedoen om ons rond te wys en te toon watter apparaat in gebruik was om te help met die onderrig. So het ons oral in Nederland kon sien wat gedoen word om die lewens van die gestremdes meer betekenisvol te maak.

Maar ook in Nederland het ons ruim geleentheid gekry om die verhouding tussen Protestante en Rooms-Katolieke na te gaan. Juis in Nederland het die ou verskille grootliks weggeval en was daar 'n veel vriendeliker verhouding tussen Protestante en Rooms-Katolieke. Die ou gevestigde, diep verskille is oorbrug en aan ons is meegedeel dat baie lede van die twee kerkgroepe so ver gaan as om saam Nagmaal te vier, iets wat vroeër ongehoord was.

BelgiëTydens 'n kort besoek in België het ons 'n pragtige inrigting vir gestremdes besoek waar ons baie vriendelik deur die nonne ontvang is en waar ons, soos in Holland, die handtekeninge van prof Theo Pauw en sy kollegas in die gasteboek te siene gekry het.

Een aand het Rina en ek in Brussels 'n amusante ondervinding gehad. Ons het heeldag rondgeloop saam met 'n jong Protestant wat saam met ons gegaan het en ons begelei het na hulle Skool vir Blindes, en al die ou geboue tot daar in die sentrale deel besigtig. Toe kom ons by die beroemde beeldjie van "manneken-pis" wat sy ding daar in die openbaar doen, met 'n skare toeriste wat hom omring! Ons was so iets nie gewoond nie.

Maar om terug te kom na die betrokke aand. Ons vriend het van ons afskeid geneem en ons gewys waar ons bus se staanplek is om terug te keer na ons gastehuis. Dis toe laterig, die son gaan mos daar laat onder en ons voel honger. Voordat ons die bus neem, wil ons eers iets in 'n restaurant gaan eet. Daar onderkant flits heelwat ligte teen die geboue. Dit moet beslis 'n restaurant wees. Ons is weg soontoe en gaan binne. Net toe storm ons vriend ook daar in, hy het gelukkig gesien waarheen ons op pad was en roep ons om uit te kom. Ons was in een van die "huise" waar nie toebroodjies verkoop word nie, maar waar mense heen gaan vir ander "ondervindings"! Nou ja, dis die naaste wat ek aan so 'n plek gekom het.

ParysVoor ons in Engeland aangekom het, het Chris ons nog adresse gegee in Parys waar ons moontlik kon tuisgaan tydens ons besoek daar, wat maar baie kort was.

Wat sal ek van Parys sê? Die Parysenaars is maar styf en stuurs teenoor vreemdelinge en verwag jy moet Frans kan praat. Maar ons kon darem met Engels regkom. Danksy Chris kon ons slaapplek kry, want Chris het as Franse meisie Parys geken. Ons het Parys verken en ook die beroemde Notre Dame-katedraal besoek. Tydens

77

Page 78: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

'n diens is ons daar in om dit te besigtig en vind toe mense wat kaarte en aandenkings binne die katedraal verkoop! Dit het my glad nie aangestaan nie.

Ons was maar kort in Parys en het van die hoofbesienswaardighede besoek. Ons was egter nie uit na Versailles nie, maar kon wel die Louvre besoek, en die Arc de Triomphe en die Eiffeltoring te siene kry. Ek het ook iemand daar gespreek in verband met die kerkopset, maar dit was eintlik niksseggend.

Duitsland en die Gereformeerde WêreldbondkongresDaarvandaan is ons na Duitsland, direk na my niggie Elfriede wat toe nog in die ou familiewoning gewoon het. Sy was nog steeds gemeenskapsuster van beroep. Tydens my volgende besoek in 1981 sou ek haar weer besoek. Onkel Bernhard het toe nie meer geleef nie. Terwyl ons daar was, het Helmuth, Siegfried en sy vrou Lydia, ons kom besoek. Daarvandaan is ons na die kongres in Frankfurt.

Die vergadering van die Wêreldraad in Frankfurt het heel rustig verloop. Daar was ook baie swart afgevaardigdes. Aan die begin het almal rond en bont gesit vir maaltye, maar na 'n rukkie het die swartmense eenkant saamgesels. Maar probleme was daar nooit nie. Een ding het ek tydens die Wêreldbondkongres geleer: Christenwees is nie 'n individuele saak nie. Ons behoort aan gemeenskappe en ons Christenskap kan alleen in die gemeenskap behoorlik uitgeleef word. Ja, die enkeling moet die pad na Jesus vind, maar word dan lid van 'n groot geloofsgemeenskap, almal saam die Liggaam van Christus op aarde. Dit is duidelik onderstreep. Die groot diens in die ou Gereformeerde kerk was aangrypend. Daar het ek vir die eerste keer vroue-ouderlinge aan diens gesien!

Duitsland was die volgende land waar die verhoudinge tussen Protestante en Rooms-Katolieke nagespoor sou word.

Tydens die kongres het ek natuurlik baie mense raakgeloop, onder andere 'n man wat hom beywer het vir kontak tussen die Gereformeerdes in Europa en wat my van genoegsame adresse voorsien het. Hy het ons hartlik ontvang en 'n massa inligting aan ons verstrek aangesien hy op die hoogte was, nie alleen van toestande in Duitsland nie, maar oor die hele Europa. Onder andere ook van toestande in Italië wat ons ook wou besoek.

Ons het ook redelik noue kontak gehad met dr A J van der Merwe en ds Willem Landman. Een aand het ons ook baie aangenaam as groep van Suid-Afrika saamgeëet in 'n restaurant buite die stad.

Vanaf Frankfurt is ons na Stuttgart. Ons het die dag nog daar saam 'n hoendertjie geëet, dit bly maar die goedkoopste kos wêreldwyd! Skaapvleis word nie graag in Duitsland geëet nie, so anders as die Engelse, Franse en veral die Grieke.

Ek was met langverlof, die enigste wat ek ooit geneem het. Daar was dus geen haas nie, ons kon so lank nodig vertoef om die informasie in te win. Ons het tuisgegaan by my familie rondom Düsseldorf, Frankfurt, Tübingen en ook die Schwarzwald. Ons het Bensheim besoek waar ook 'n buro was wat hom met die Protestants-Rooms-Katoliekeverhouding bemoei het, maar die groot sentrum van die Christoffel Blinde Mission het ons toe nie besoek nie.

Oral was dit dieselfde storie. Die bittere skeiding tussen Protestant en Rooms-Katoliek het grootliks weggeval. Waarom? Onder meer as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog. Christene van die verskillende denominasies het agtergekom dat hulle in die eerste instansie Christene was, nie Evangelies of Rooms-Katoliek nie. Tydens die

78

Page 79: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

oorlog is so baie van die kerke vernietig. Waar die Katolieke Kerk in 'n sekere dorp gebombardeer is en die Evangeliese Kerk staan nog, het laasgenoemde sy deure wyd oopgemaak en sy fasiliteite vir die Katolieke aangebied. Net so andersom. 'n Heel nuwe gesindheid het ontstaan en die kerkleiding van beide kant het al hoe meer toenadering verwelkom. Dit was nie net in Nederland nie, maar oral in Duitsland, Noord en Suid. Christene moes agterkom dat hulle gemeenskaplik weens hulle geloof moes ly onder die Nazi-regime en saam vervolg is.

Vanaf Stuttgart haal ons 'n trein na Kusterdingen om Siegfried en Lydia, my neef en sy vrou, te besoek. Daar het ons 'n hele tydjie oorgebly. Afgesien van die hartlike ontvangs en versorging wat ons by my familie ondervind het en die wyse waarop Rina oral met haar Skoolduits ingeskakel het, het ons ook nog iets van die landskap leer ken.

Hulle het ons die hele wêreld in die omgewing gewys en ook na die Schwarzwald geneem waar sy vader, Helmuth, sy hoenderboerdery op sy boonste verdieping bedryf het terwyl hy onderin gewoon het! Hy was 'n baie eienaardige, donker, maer man.

Siegfried en Lydia het regtig moeite gedoen om ons te laat tuisvoel. Weens die heerlike weer het ons soggens vroeg ontbyt buitekant in die heerlike sonnetjie geniet. Hulle seun, Konrad, en sy Italiaanse vrou, Maria Rose, het sy mediese praktyk op Kusterdingen oorgeneem en dus kon Siegfried tyd aan ons gee. In Tübingen was dit vir my veral interessant wat hy my van die Duitse boeregemeenskap kon vertel. Hulle plaashuise is in die stad, met die koeistalle op die grondverdieping en die gesin wat op die eerste verdieping woon. Voor op die sypaadjie staan waens en 'n yslike mishoop!

"Laat julle gesondheidsdepartement so iets toe?" vra ek."Waarom nie, buitendien dis hulle gevestigde regte en in Duitsland is dit iets

onveranderliks. Selfs Hitler kon dit nie waag om sulke regte te verander nie!"Oral in die Duitse dorpies het ons dieselfde teengekom, die mishope voor die

huise en die hoenderhaan bo-op! Die plasies lê dan buitekant die stad of dorpie, alles sonder heinings tussen-in. Oral was die mense, mans en vroue, besig om hooi af te maai. Dit lê eers om af te droog en word dan in miedens opgepak om in skure geberg te word. Die Duitse platteland lyk mooi. Dit is die land van die Swabe.

Toe ons deur die Schwarzwald is, het ons by die prinsdom Liechtenstein verbygery waar die koninklikes vandag nog woon, verarm en beskeie. In teenstelling daarmee neem Siegfried ons eendag na Hohenzollern, die tuiste van die Pruisiese heersers en latere keisers van Duitsland. Hulle Hoogheerlikheid het natuurlik na die Eerste Wêreldoorlog tot 'n einde gekom. Maar Hohenzollern bly nog die familietuiste. Ons het nie die prins wat toe nog steeds in afsondering daar gewoon het, te siene gekry nie, wou ook nie! Maar dis 'n wonderwerk, die pragtigste kasteel, reg bo-op 'n redelike bergie waarteen Siegfried ons uitgeneem het. Al die ou kastele van die Pruise was in die ou dae met die oog op verdediging gewoonlik op sulke prominente plekke .

Siegfried het ons ook oor die Ryn geneem na die ou Duitse provinsie Elsas wat na die Eerste Wêreldoorlog Frans geword het, na die groot stad Straatsburg met sy wonderbare katedraal. Dis regtig iets om te besigtig, veral die vensters. Oral is Duits en Frans in die winkels te sien.

Rina het intussen vreeslik verkoue gehad en dit swaar afgeskud. Ek onthou nog die aand toe ons saam met Papa se mense was. Dit was by een van die Pöppings, Papa se een suster se kinders. Ons moes die aand saamsing: ons het Afrikaanse liedjies gesing en hulle van hulle liedere. Hulle was baie musikaal en Rina het dit baie geniet.

79

Page 80: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Vandaar is ons na die Müllers, na Lotte, haar man en seun Friedhelm. Hy en sy vrou het 'n dogter Marion, maar hulle is later geskei. Hy is toe weer getroud met Brigitte wat nog met my gekorrespondeer het. Friedhelm is later oorlede en sy het weer getrou en woon nog in die ou huis, In den Birken 50 Datteln. Hulle tuin was so netjies dat Rina nie kon ophou praat daaroor nie! Dit is glo nou nog iets besonders.

Ons was ook by Helene en Franz Thelen tuis en het nog die Sondag saam kerk toe gegaan. Sy is die dogter van my Tante Marie, Papa se ander suster. Bertha, Helene se suster, was toe reeds oorlede.

SwitserlandOns is terug na Elfriede in Frankfurt en vandaar na Switserland waar ons tuisgegaan het in 'n tehuis waar Christelike konferensies plaasgevind het. Daar het ons heelwat adresse gehad van skole vir blindes ons almal besoek het. In Duitsland was dit somerskolevakansie wat ons verhoed het om hulle inrigtings vir blindes en dowes te besoek, maar in Switserland was hulle oop. Ek het nogal heelwat daar gesien wat ek aan ons besture hier kon oordra.

Hoewel nie so sterk nie het ons in die Duitse deel van Switserland dieselfde gesindheid as in Duitsland aangetref wat betref 'n algemene toenadering en hulpaanbieding tussen Protestante en Rooms-Katolieke. Dit was in sterk teenstelling met die ou, werklik vyandige houding waar selfs landbou- en veeteeltorganisasies óf Protestants óf Katoliek was! Dit was besig om alles te verander. Die oorlog het almal diep geraak, en veral die ou Nazisisme met sy oordrewe militarisme en volksverheerliking.

Net soos in Duitsland het ons terdeë geniet van wat die land ons gebied het. Ons het 'n reiskaartjie aangekoop wat ons in staat gestel het om met enige publieke vervoer enige plek in die land te besoek. So het ons soms per trein of luukse bus gery of per boot oor die meer gevaar.

En ons het natuurlik die pragtige natuur ook geniet. Die Switserse platteland is mooi, maar ons is ook op in die berge met die treintjies wat daar deur die sneeutonnels loop om bo uit te kom. Oral was dit óf groen, óf wit van die sneeu- en ysmassas.

Van berge gepraat, ons het die Jungfrau Joch aangedurf en wat 'n ondervinding was dit nie! In die valleie wei die koeie met die klokke om hulle nekke, net soos op Saulspoort! Al hoër klim die tandrattreintjie deur hoeveel tonnels, tot bo-op die berg met die koepel spierwit voor ons en langs die berg af, 'n yslike gletser. Dit terwyl die son helder skyn. Dit was pragtig.

Ons is nie deur die Franse deel van Switserland nie, maar in Bern kon ons darem Zwingli se kerk en standbeeld besigtig, en veral ook 'n paar skole vir blindes. Wat die Staat nie vir hulle doen nie! Hulle ontvang alle moontlike opleiding, van die swakstes tot die begaafdes. Die idee is dat hulle selfversorgend gemaak moet word, want hulle opleiding val alles onder die Staatspensioensfonds. Ons het drie inrigtings daar besoek. Daar is ook ander inrigtings waar die onopvoedbare blindes lewenslank versorg word. Wat ons daar gesien het, was later baie nuttig vir ons eie pogings met ons inrigtings vir gestremdes.

Italië

80

Page 81: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Vandaar is ons eerste na Milaan. Weer eens kon ons ons verwonder aan die pragtige katedraal. Die Italianers is vriendelik, so heel anders as die Franse. Met Engels kom 'n mens darem met 'n gesukkel reg. In Milaan het ons van die ou kunskatte besigtig onder andere dié van Michelangelo. Ons het selfs die ou kerk besoek waar Augustinus se leermeester, Ambrosius, sy amp verrig het.

Ons het 'n Protestantse kinderinrigting digby Florence besoek waar ons baie hartlik ontvang is en 'n paar dae oorgebly het. Dit was insiggewend. Die kinders was meestal optelkinders en sommige redelik wild en met wie almal raadop was. Maar die hoof en sy vrou was toegewyde gelowiges wat hulle beste gedoen het om die klompie skapies te versorg. Die plek het my werklik beïndruk.

Die Sondag is daar 'n paar seuns in 'n groot bad wat agter die preekstoel staan, gedoop. Dit was die eerste grootdoop wat ek bygewoon het. Ons het nog geldjies agterna vir hulle gestuur en in my verslag aan die Kommissie vir die Bestryding van Roomse Kerk (die "Roomse Gevaar!") het ek dié plek ook genoem en gevra dat hulle finansieel gehelp moes word. Die antwoord was egter negatief, hulle het nie geld om iets in die buiteland te doen nie!

Terwyl ons daar was, het ons gasheer ons een middag na Viareggio toe geneem. Dit is 'n bekende ou strand uit die ou dae uit. Nog iets wat my getref het, was die kombi waarmee ons gery het. Dit was van 'n groot gaskan voorsien, nie van petrol nie. Dit was die eerste keer dat ons so iets teengekom het. Ons het heerlik geswem. Dit was steeds baie warm, maar die warmbloedige Italianers het besluit dit word herfs. Dan swem 'n mens nie meer nie!

Florence is natuurlik Florence, iets besonders met al sy kunsskatte, die stad van die Dei Medici's. Die geskiedenis straal uit alles uit. Ons kon ook die baie kunsskatte in Florence se katedraal besoek. Daar is wonderlike dinge om te sien en almal in Italië was baie hulpsaam met gidsaanwysings

Ons is ook na Pisa met sy skewe toring, maar mense is nie toegelaat om op te klim nie en langs die fondamente is van tyd tot tyd sement ingepomp as versterking. Verbasend dat die skewe toring al die jare kon hou. Gelukkig het die Duitse besetting geen skade daaraan verrig nie. (Terloops, een van ons nefies lê iewers begrawe in 'n Duitse oorlogsbegraafplaas. Die oorlog het twee van hulle se lewens geëis; die ander een in Rusland, te wete een van Onkel Bernhard Zipplies se seuns).

Anders as in Duitsland en Switserland het die Rooms-Katolieke Kerk nog vasgehou aan die ou tradisies. En tog nie volkome nie. Want Rina en ek het dit gewaag om ook Rome aan te durf!

Florence het nie 'n lughawe gehad nie en ons moes weer na Pisa toe om die vlug na Rome daar te haal. Pisa het toe 'n treurige lughawe gehad. Onder 'n doringboompie in die bloedige son opgeklim. En daar vergeet ek my kamera, 'n geleende een! Gou terughardloop terwyl Rina in die bus wag en die passasiers aanmerkings maak op my.

"Where has that b … fellow gone to?" Rooi in die gesig sit sy daar, maar staan toe op en sê: "It's my husband." Alles doodstil. Nadat ek natgesweet teruggehardloop het, na ek darem nog die vliegtuig kon haal voor sy vertrek na Rome, sê sy: "Staan nou op en vra die mense om verskoning." Nou ja, gou gedoen, maar almal knik maar net met 'n "It's all right."

Rome was 'n heel besondere ervaring. Ons het ruim gebruik gemaak van die publikasie "Europe on five dollars a day" en ons kon vir ons heel aangename losies in die

81

Page 82: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

middestad verkry. Te sien was daar baie. Die namiddag-"siesta" was vir ons merkwaardig. Die hele stad word stil tot ongeveer drie- tot vieruur. En daarna gaan dit voort tot diep in die nag.

Groot attraksie vir ons was natuurlik die St Pieterskatedraal en alles rondom in die "stad" van die Pous. Want die Vatikaan is werklik 'n afsonderlike klein koninkryk binne-in Rome waar die Pous en sy kardinale regeer en die Italiaanse regering net sekere regte besit. Vir ons is so iets moeilik om te begryp, maar dit is so. Die Vatikaan het sy bepaalde regte en voorregte.

Die dag toe ons op die groot plein voor die St Pieterskatedraal aankom met sy rye kolonnades was die hele plein toegepak van mense. Ons kon tot ons spyt nie die binnekant van die katedraal besoek nie, omdat die groot Vatikaanse Konsilie in sitting was. Ons staan daar en gesels en besigtig dit op 'n afstand. Ons praat natuurlik Afrikaans. Hier spreek iemand ons in Afrikaans aan. Dis mense van Kaapstad. Wat 'n verrassing, Afrikaans in Rome! Ons besoek ook ander beroemde kerke in die omgewing.

Gelukkig het ek het die geleentheid gevind om 'n lang gesprek te voer met 'n hoë amptenaar van die Rooms-Katolieke Kerk vanuit die VSA. Hy het my behoorlik ingelig oor wat in die Kerk aan die gang was.

Onder meer vertel hy van 'n ontmoeting van die Pous met 'n groep wat navrae doen oor die veranderinge wat plaasvind. Die Pous gaan na sy groot vensters in die Vatikaan, wat toe was, gooi hulle wyd oop en roep uit: “Vars lug moet inkom!” Dit is dan ook wat daadwerklik gebeur het en dadelik deurgesif het deur die Kerk om die verhouding tusen Rooms-Katolieke en andersdenkende te verander en te verbeter.

Toe hulle besluit op 'n nuwe pous was die kardinale baie verdeeld. Een stel toe voor dat Johannes Paulus gekies moes word. Hy was oud en sou seker net 'n kort tydjie kon regeer. Sy regering sou niksseggend wees. Daarna kon die stryd weer opgeneem word wie hom moes opvolg. Dit word aanvaar. En toe begin die wiele draai. Totdat Johannes Paulus 'n Konsilie uitroep! Ongehoord! Maar hy het dit gedoen en diepgaande veranderinge het plaasgevind. So werk die Here steeds in die lewens van mense en volkere.

Ek kon toe ook toe ek terugkom 'n verslag opstel wat die Kommissie aan die Sinode voorgelê het wat hierdie sake duidelik geskilder het.

Op 'n dag loop ek vir dr A J van der Merwe in Kaapstad raak. “Waarom het jy nie hierdie informasie versprei waarvan jy al lankal bewus was

nie?” vra ek. Sy vrou was Nederlands en hulle het noue bande met Nederland gehad.“Nee, ek het nie lus vir bakleiery en agterdog nie,” sê hy. Die gesindheid van die

kant van die predikante was destyds nog redelik skerp teen die Roomses.“Ek is al oud, ek wil onnodige stryd vermy!”Ons het Rome behoorlik platgeloop. Rina wou net alles sien! So besoek ons ook

die katakombes. Dit was nou 'n ondervinding. Ons kon daar by een van die groot tonnels ingaan waar die Christene weggekruip, geleef en begrawe is. Oral langs die kante van die tonnels is mense begrawe. Die Christendom is onuitroeibaar. Dit moes Rome ook ondervind.

Ons twee stap ook 'n distansie langs die Via Appia af. Om te dink dat die apostel Paulus ook daar geloop het! Langs die pad is gedenktekens en ou graftombes. Natuurlik het ons ook die Colosseum besoek waar die Christene teen wilde diere moes veg. Die massiewe gebou staan nog steeds na soveel eeue, en praat met 'n mens.

82

Page 83: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Ons gaan ook na een van die ou teaters, maar dit was vakansietyd en geen opvoerings het plaasgevind nie. Ons besoek die gedenkteken van die "moderne Rome", naamlik die Victor Immanuelgedenkteken, ook die Spaanse Trappe en die ou Forum Romanum. Oral spreek die geskiedenis uit die verlede jou toe.

GriekelandUit Rome vlieg ons na nog 'n ou land met ou kultuur, ou geboue, naamlik Griekeland. Ons klim op na die Parthenon met sy massiewe strukture. Een van die beroemde monumente makeer. Die Engelse het dit met hulle weggevoer en dit staan in die Britse Museum in Londen. Hulle bly maar dieselfde! Daar oorkant die Akropolisheuwel waar die Parthenon geleë is, het Paulus sy groot diskoers gevoer met die Griekse geleerdes op die beroemde Areopagus, waarna Dionisius en Damaris by hom aangesluit het.

Die koppie toon nie veel nie, dit was maar begroeid. So vergaan groot en belangrike plekke en maak plek vir nuwes. O ja, die Grieke hou nie van trappe nie, hulle verkies skuins oplope. Om bo-op die Akropolisheuwel te kom, moet jy met 'n slingerende steil paadjie teen die steil koppie opklim, nou hierdiekant toe, nou daardiekant toe, maar geen trappies nie!

Maar ook ons besoek per boot aan die Griekse eilande was iets besonders. Oral was besienswaardighede. Hierdie ou Griekse beskawing maak 'n baie diep indruk op 'n mens en geen wonder dat die Griekse kultuur so wyd versprei het nie.

Watter eiland ons besoek het, kan ek nie meer onthou nie, maar oral langs die seeweg kon ons die eilandjies sien opdoem uit die see, met die tipiese Griekse huisies langs die bergkante ingeryg. Op die groot eiland wat ons besigtig het, is ook reste van groot beskawings, alles nou ou ruïnes. Langs ons vaar ons aan Turkye verby, maar ons doen nie daar aan nie.

Een aand in Athene gaan ons uiteet. Ons kom af op 'n Jan Smuts Avenue en besluit dit is nou net die regte plek vir ons. Ons het heerlik geëet aan skaapvleisbredie en nogal nie te duur nie. Tewens, oral in Griekeland was die pryse baie billik. Toe die kelner hoor dat ons Suid-Afrikaners is, bring hy vir Rina 'n mooi rooi angelier. Dit was vir haar iets besonders en het haar aand gemaak! Ons kamer in Athene het 'n eie badkamer in wit marmer, met marmervloere oral, gehad. Dit het baie grand gelyk, die mooiste wat ons op ons lang reis teengekom het.

Ons woon ook een aand 'n toneelstuk in die ou Griekse amfiteater by. Uit die spel kon ons die strekking goed volg, al was dit in Grieks.

IsraelHiervandaan is ons na Israel, die land wat ons so graag wou besoek. Dit is moontlik gemaak omdat ons oor Griekeland gereis het in plaas van die reguit roete per vliegtuig huis toe oor Afrika.

Van Griekeland vlieg ons oor die Griekse eiland Rhodos en kom in Tel Aviv aan. Vandaar is ons per taxi na Jerusalem. Die "taxi" is soortgelyk aan die kombi's wat ons hier in townships aantref. Volgepak van mense maar glad nie duur nie. Ons boek "Five dollars a day" sorg vir die verblyfplek, nie wonderlik nie, maar goed genoeg.

Ons het 'n paar adresse, onder andere ook een van dr Kobus Burger, ons ou hospitaaldokter van Saulspoort en later Superintendent van die Groote Schuurhospitaal, van 'n dokter wat hy goed hier in Suid-Afrika geken het. Dié het ons by ons tuiste kom

83

Page 84: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

opsoek en oral in Jerusalem rondgeneem, ook langs die Olyfberg, maar nie na al die plekke wat Christene graag sou wou besoek nie. Hy was immers 'n Jood! Die aand moes ons saamgaan na 'n burgemeestersonthaal. Dit was tydens die Loofhuttefees. Daar is ons voorgestel aan al die diplomate van Israel en die buiteland. Ons moes ook saam met die massas sy Loofhuttehuisie gaan bewonder, net inloer. Daar is geen meubels in nie, net 'n paar mure en 'n dak met groen loof. Die hele Jerusalem was daarvan vol.

Die dokter en sy vrou moes albei werk en het maar net genoeg verdien om aan die lewe te bly. Hy was hoof van die Universiteit van Jerusalem en is deur dr Burger gevra om ons touwys te maak. Hy het ons begelei deur die groot onderdak-monument ter nagedagtenis aan die ses miljoen Jode wat in Nazi-Duitsland om die lewe gebring is. Dit was feestyd en ons is gemaan om ons stil te gedra, die konserwatiewe Jode was baie moeilik. Oral het jy hulle teengekom met hulle groot, swart hoede, swart manelpakke en lang hare. Dit was maar 'n grusame beeld wat daar uitgewys is van wat Hitler laat doen het.

Israel is seker vir elke Christengelowige wat daar kom, aangrypend. Ons het nie aan 'n reisgroep behoort nie, iets wat dit moeiliker gemaak het. Maar deur vooraf uit te vind wat ons kon, het ons tog daarin geslaag om die belangrikste plekke waar ons kon heengaan, te besoek. Betlehem, hoewel naby aan Jerusalem, was uit die kwessie omdat ons paspoorte nie vir die Arabiese besettingsmag aanvaarbaar was nie. Maar ons kon Galilea per toerbus besoek, met Nasaret in die noorde, asook die meer van Galilea, Kapernaum en die ander omliggende dorpe.

Op die Golan Hoogland het ons in 'n kibboets tuisgegaan. Dit was iets besonders om te sien hoe die gemeenskap daar lewe. Elkeen het 'n besondere taak verrig. Hulle leefwyse is natuurlik op die sosialistiese stelsel geskoei, maar ek verneem dat daar vandag baie min daarvan oor is omdat mense moontlik die helfte van hulle lewe of langer daar sou woon en werk en dan, wanneer hulle vertrek, letterlik met leë hande moet weggaan. Alles behoort aan die kibboets. Tog was dit altyd populêr omdat almal gedoen het wat hulle kon om die land op te bou. Kinders is byvoorbeeld saam opgevoed, die ouers het nie veel reg oor hulle gehad nie. Ook dit het sedertdien baie verander.

Ons het ook uitgevra oor die samestelling en regering van 'n kibboets. Almal het daar 'n sê en jong mense kan daar aanbly en ook volle lede word.

Wat vir my mooi was, was dat, as 'n jongman wat daar grootgeword het, besluit het om lid van die kibboets te word, moes hy eers voor die hele gemeenskap verskyn en deur hulle goedgekeur word. Niks het outomaties plaasgevind nie. Volgens wat ek verneem van Don Horn, my ou Efata-medewerker van baie jare en wat nou onder baie moeilike omstandighede sendingwerk in Israel doen, lyk dit of die kibboetse óf sal verander óf tot niet sal gaan. 'n Nuwe stelsel het ontwikkel waarvolgens hulle wel saamwoon, maar waar elke gesin omsien na sy eie kinders en elkeen sy eie grondjie besit en sy eie potjie krap.

Ek sien teen die mure 'n pragtige klimop en vra wat dit is, maar niemand weet nie. Ek word verwys na die "tuinier" wat oor landbousake besluit. Hy gee vir my die naam van die plant, verwant aan ons "blackeyed Susan". By my terugkoms het ek by Starke-Ayres in Mowbray gaan verneem en hulle kon een aan my verkoop. Die plant is baie gehard en het my jarelank baie plesier gegee mret sy blou blommetjies.

Die wêreld op die Goland Hoogland was mooi groen en bebou met allerlei vrugteboorde.

84

Page 85: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Die volgende môre het ons bus vertrek, af na die meer van Galilea toe. Bokant Galilea het die Meerommeertjie gelê. Dié het later blykbaar 'n moeras geword en is nou drooggelê deur die Jode. Ons vra die toerleier gedurig uit sodat hy later na ons verwys as "my friends from South Africa." Op pad na die meer van Galilea vra Rina of ons by die Jordaan gaan uitkom.

"Nie eintlik nie, want hy vloei hierbo by die meer in," kom die antwoord. "Maar ek wil graag 'n bottel Jordaanwater hê om my kleinkinders mee te laat

doop!" Gelukkig willig hy in om spesiaal soontoe te ry.Toe ons daar aankom, vlieg al die Jode uit die bus en gaan doop hulleself in die

Jordaan deur water op hulle koppe te gooi. Ons weer het met die toerleier se hulp 'n bottel in die hande gekry om ons kleinkinders mee te doop al was daar toe nog nie een gebore nie!

Toe verby Kapernaum se ruïnes en weer terug na Jerusalem. Ons kon ook die Olyfberg besoek, maar ongelukkig nie die Tuin van Getsemane en Golgota nie, want die Joodse buspassasiers het geen belang daarby gehad nie. Maar ons was wel naby aan die plekke.

In die daaropvolgende dae besoek ons Salomo se Rooi See-hawe, Ezion-Geber, nou Eilat, en Berseba.

Ons is ook af na die Dooie See waar die vroeëre stede, Sodom en Gomorra, geleë was. Daar is nou groot soutontginnnningswerke. Ons het 'n stuk sout saamgeneem wat in die kombuisvenster in Pinelands sy plek gekry het, maar wat water getrek het en stadig kleiner geword het totdat Rini die laaste stuk gered het deur dit in 'n boekkas toe te sluit waar dit ophou smelt het. Die stuk sout is nou nog in haar besit.

Ek het in die Dooie See gaan swem en dit geniet om in die water rond te dryf. 'n Druppel soutwater het in my oë gekom en ek moes my haas om onder die stort (varswater uit die berge rondom die meer waar die paadjie op na Jerusalem geloop het) te kom om daar van die brand ontslae te raak. En was dit warm daar onder by die Dooie See! Gelukkig was die restaurant heerlik koel, asook ons bus.

Later is ons ook op na Berseba waar Abraham gewoon het. Dan verder onder na die see met die kusoord Eilat aan die bopunt van die Golf van Aquaba. Maar daar was dit alles woestyngebied en ontsettend warm. Daar het ons die Sondag deurgebring, onder meer om op die see te gaan roei. Die water is helderblou en tot diep onder deursigtig sodat ons al die gekleurde visse wat daar rondswem, kon sien.

Op die bootjie saam met ons was daar 'n paar jongmense. Rina en ek praat Afrikaans met mekaar en hier begin die een te sê:

“Ek praat ook Afrikaans.”“Waar is jy gebore?”Daarop antwoord die Joh’burg Johnny my: “Ek weet nie, seker onder die

kombers!”Groot gelag.Wat van Eilat iets besonders maak, is dat dit grens aan Saoedi-Arabië aan die

eenkant en Egipte waarvan die grens ook daar naby is, aan die westekant. Eilat is die hawe waar Salomo vroeër sy skepe laat bou het om die goud van Skeba en al die ander rykdomme by hom te besorg.

85

Page 86: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Ek onthou nog ons het die oggend in Eilat hope olywe by ontbyt gekry, iets waarvan ek nie genoeg kon kry nie.

Die einde van 'n wonderlike reisGedurende ons hele reis deur Europa het ons geen probleem hoegenaamd gehad met reisreëlings nie, alles was netjies gereël deur Thomas Cook, die groot reisagente wêreldwyd. Rustig gaan ons toe na Tel Aviv die laaste middag. Rina koop nog eers 'n pragtige trui vir Eddie met Suid-Afrikaanse note, en toe is ons na die lughawe. Daar aangekom wou ek ons bagasie besorg vir die lang reis na Johannesburg waar Fred en Ria Crous ons sou inwag. Toe moes ek egter verneem dat ons nie sitplekke het op die vliegtuig wat daardie aand sou vertrek nie.

“Nou waarom dan nie?”“Nee, julle moes vooraf laat weet het dat julle nog afreis, want op Nairobi waar

die Israelse vlug eindig, moet julle oorklim op die SAL-vliegtuig en daar word net 'n bepaalde getal passasiers vir Suid-Afrika sitplek gegee.”

“Maar waarom is ons plek gekanselleer? Ons het die hele Europa deurreis en nêrens probleme gehad nie.”

“Jammer, maar dit is nou maar so. Plek is daar op die vliegtuig na Nairobi, maar hulle laat net 'n beperkte aantal passasiers toe, julle plekke is deur andere geneem.”

En ons sit in Tel Aviv by die lughawe en waar nou heen? Ons geld is net mooi op, ons sal nie na 'n hotel kan gaan nie en dis nou laataand. Nou ja, 'n vrou het nog altyd 'n wapen wat sy goed kan gebruik: Rina begin daar voor die Israeli’s te huil.

“Waar nou heen, almal wag vir ons, ons het geen heenkome nie!"En Jood se kind hou nie van 'n vrou wat huil nie; daar en dan kry hulle ons

jammer. Een kom na my en bied aan om ons op Nairobi te besorg, dit kan hulle doen, maar verder nie. Ek moet 'n dokument teken wat hulle vrywaar as daar probleme ontstaan.

“Ek sal verantwoordelikheid aanvaar,” sê ek. En onthou nou, destyds was geen Suid-Afrikaner welkom in Nairobi nie. Ons mog glad nie daar oorbly totdat die volgende vliegtuig beskikbaar is nie. Ek teken maar, wat anders kon ek doen? En daar klim ons in. Eers is ons na Teheran, Iran, waar ons land, maar nie mag uitklim nie. Dan verder oor die hele Noord-Afrika tot by Nairobi. Nou moet ek my allerbeste doen om die amptenare daar te oorreed. Daar aangekom, klim ons af, laat ons bagasie afhaal en ek dam die eerste die beste amptenaar by.

“Help, asseblief, ons moet deurgaan na Johannesburg.”“Goed,” sê hy, “wag hier.”Ek wag nou nog! Maar kort daarna kom daar 'n Engelse dame aan wat lyk of sy

iets agter die ore het. Ek vertel my storie.“Kom saam.”Eers besorg ons Rina by 'n sitplek, en ek is saam die gebou in. Na 'n lang tyd kom

sy uit en sê dis reg, ons sal kan opklim en verder reis! Hoe dankbaar was ek nie, ek kon haar soen! Eers vir Rina gaan sê, wat intussen diep ontsteld was en baie dankbaar is om te hoor dat ons verder kan vlieg. Toe ons uiteindelik op die vliegtuig sit en die eerste lugwaardin verbykom, vra sy dat ek vir haar 'n “double brandy'” moet bestel. Sy bewe eintlik van ontsteltenis.

86

Page 87: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Nou ja, verder oor Afrika gaan dit goed en die middag vroeg, na drie maande weg, land ons vliegtuig op Jan Smutslughawe in Johannesburg. Eindelik weer in die tuiste na duisende kilometers ver weg in die vreemde. Vandaar vlieg ons rustig na Kaapstad nadat ons 'n paar uur op Jan Smuts vertoef het totdat die volgende vlug sou vertrek. Natuurlik was daar by ons tuiskoms baie om te vertel, geskenke om uit te deel en baie om oor na te dink. Maar nou weer voortgaan met ons gewone lewe.

MoederkerkSoos ek reeds in die gedeelte oor my Queenstownbediening genoem het, het ons ook samesprekings met die Moderatuur van die Moederkerk se Algemene Sinode gevoer. In daardie dae was manne soos Koot Vorster en ander erg dominerend. Ek onthou ook die direkte aanvalle wat Andries Treurnicht as redakteur van Die Kerkbode op ons gemaak het. Volgens hom wou ons aan die Moederkerk voorskryf hoe sy moet optree. Dit het nogal tot ernstige besprekings gelei. Dit was egter hoegenaamd nie die geval nie. Wel is daarop gewys dat in organisasies ten behoewe van die NGKA maar deur die NG Kerk opgerig, die NGKA medewerkend moes wees. Die swart kerk moes ook in ag geneem word. Dit het veral gegeld vir die Teologiese Opleidingsinrigtings. Daarvoor is 'n sentrale bestuur aangestel en die Algemene Sinode van die NGKA het versoek dat hulle verteenwoordig sou word in sulke besture.

Tydens so 'n sentrale bestuur van Stofberggedenkskool is ek persoonlik aangeval deur die OVS-sendingsekretaris, naamlik dat ons die NG Kerk op sleeptou wil neem. Ek het toe maar bedank uit genoemde bestuur en was nooit spyt daaroor nie, want later is aan al die versoeke voldoen en is meer en meer na die stem van die swart kerk geluister.

'n Geloofsdaad: Efata skool vir Blindes en DowesIn 1954, kort na ons eerste sinodesitting was ons Moderatuur saam op Decoligny, soos reeds genoem. Daar het Piet Smith, toe nog sendeling op Decoligny, aan ons voorgelê wat die Regering se beplanning vir die Tuislande sou wees as deel van die Tomlinson-verslag. In plaas van gesamentlike organisasies vir die versorging van gestremdes soos by Worcester vir die blankes, dus 'n groot uitbouiing van die bestaande inrigtings, het dr Verwoerd voorgestel dat elke streek of “tuisland” sy eie inrigting behoort te hê. Juis in daardie stadium toe onderwys vir swartes al meer toeganklik geword het, het dit 'n wesentlike probleem geword. Vir die Transkei sou dit beteken die oprigting van 'n eie skool vir sy gestremdes.

As jong en onervare manne het die idee ons aangegryp en ons het besluit om die Departement van Onderwys te versoek om die oprigting van so 'n skool iewers in die Transkei goed te keur. Maar waar? Heelwat plekke is aan die hand gedoen, maar niks was 'n praktiese moontlikheid nie. Maar langs Decoligny het 'n strook grond gelê wat aan die Sendingkommissie in Kaapstad behoort het. Ons het toe aansoek gedoen daarvoor. Daar het 'n ou, vervalle kaasfabriek (“Cheese”) gestaan en 'n paar halfvergane rondawels. Goed, kom die antwoord, maar julle sal twee duisend pond daarvoor moet betaal. Wat waarvandaan sou kom? Maar as Moderatuur het ons dit nie daar gelaat nie. Allerlei planne is beraam; ons moet groepe rondawels daar oprig as woonplek met die skool self in ou “Cheese”.

87

Page 88: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Dadelik is besluit: oom Koot moet 'n skrywe, 'n oproep, rig in Die Kerkbode dat ons twee duisend pond nodig het, ons wil 'n Skool vir Blindes en Dowes oprig en dit is wat die grond sou kos. Die brief of artikel is geskryf en wonder bo wonder het die geld letterlik ingestroom. Daar was donasies van 'n halfkroon46 en dan ook veel groter. Aan elke skenker moes ek 'n brief van bedanking rig en baie gou is die hele bedrag gevind. Intussen is ook 'n naam vir die te oprigte inrigting gevind: Efata. Die naam is in ons huis gebore en het wye ingang gevind. Nie net die ore nie, maar ook die oë moet by Efata geopen word!

Intussen het die Departement van Onderwys 'n inspekteur van skole uitgestuur om ons as voorlopige bestuur te ontmoet. Groot was ons verbystering dat rondawels as behuising totaal verwerp word en dat alleen 'n volledig ingerigte gebou aanvaarbaar sou wees. Waar die geld daarvoor gevind sou kon word, is heeltemel verswyg. Die Departement sou wel sy deel van die kapitaal op begroting plaas, te wete 95% van die boukoste. Intussen was hulle verseker dat die saak vir ons erns was, aangesien die grond reeds gekoop kon word.

Die Moderatuur vaardig my terstond af om by die Kerkkantoor aansoek te doen om 'n lening. Die geld vir afbetaling daarvan sou ons vind met die bystand van die Departement van Onderwys, maar ook met hulp wat die gemeentes van die NG Kerk sou kon bybring as hulle deel van hulle barmhartigheidswerk. Verder vrye hulp van gemeentes van die NG Kerk, die Vrouesendingbonde en ander instansies. Daar was destyds 'n reëling in die NG Kerk, Kaapland, dat gemeentes nie vir projekte wat hulle oprig, by ander gemeentes sou kon hulp aanvra nie. Maar aangesien ons swart sinode hierdie versoeke gerig het, het geen haan daarna gekraai nie.

Op pad huis toe, ons was met oom Koot se motor na Umtata, het ons nog by 'n paar pastorieë aangedoen, onder andere by Almero Cloete se vader, op Hanover, en by nog 'n vriend van oom Koot op Richmond. Albei het beloof om te help en ook daadwerklik honderd pond elk bygedra, 'n som wat in die vyftigerjare aansienlik was.

Ds Roos, die saakgelastigde, het my vertoë aangehoor en dadelik die bedrag van twintig duisend pond toegestaan. Dit sou beskikbaar wees sodra benodig. Intussen het mnr H Sikkel, ons ou argitekvriend wat ook die pragtige kerk in Langa ontwerp het, onderneem om alles uit te vind in verband met die oprigting van inrigtings vir blindes, en planne voor te berei.

Maar ook die Departement van Naturellesake, toe hulle verneem van ons beplanning, het dadelik die Trustplaas, geleë aan Decoligny, aan ons toegesë vir die doel van so 'n inrigting. Kort hierna het dr Eiselen, destyds Sekretaris van Naturellesake, my ontbied na sy kantoor in Kaapstad – die Parlement was toe in sitting – en 'n verdere plaas, Lutshabasdrift, ook aangebied, sodat die dowes daar in bestaande, erg verwaarloosde geboue gehuisves kon word.

Die datum sal ek nooit vergeet nie: 1957. Drie jaar na ons eerste beplanning is sewe blinde kindertjies toegelaat. Rina en ek, saam met 'n groep belangstellende Queenstownse boere en predikante het spesiaal van Queenstown af oorgery om teenwoordig te wees. Intussen het veral ds Thys Smit, toe sendeling van Decoligny–gemeente, met behulp van 'n paar werkers ou “Cheese” bygedam en groot gate vir vensters in sy soliede sementmure ingekap. Dit was 'n reusetaak wat hy met blydskap verrig het. Olive Morrison van die Worcester Skool vir Blindes is intussen gesekondeer,

46vyf en twintig sent vandag

88

Page 89: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

eers na Noord-Transvaal om daar 'n soortgelyke inrigting vir Blindes te begin; daarna na Decoligny om die Efata Skool vir Blindes en Dowes tot stand te bring.

Volgens die Departement van Naturellesake was daar groot getalle blindes in die Transkei en die Ciskei. Ook die Nasionale Raad vir Blindes was baie gretig dat so 'n skool opgerig moes word, alhoewel geen finansiële hulp aangebied is nie. Met die klein begin het ons egter voortgegaan en vertrou dat nie alleen die nodige fondse gevind sou word nie, maar veral ook dat die kinders na vore sou kom. Met daardie doel voor oë is briewe gerig aan al die kantore van Naturelle-administrasie dwarsdeur die Xhosasprekende gebiede en hulle hulp is gevra dat ouers van kinders wat blind en doof was, na vore sou kom. Geleidelik het die getalle vermeerder en toe Olive Morrison na 'n jaar vir ons verlaat, is Tjoeks Peach aangestel as prinsipaal met 'n hele groep kinders.

Van toe af het Efata fenomenaal gegroei. Olive Morrison het wonderlike grondliggende werk gedoen, maar is intussen getroud met Flip Oosthuysen, oom Koot se seun, en is toe daar weg. Tjoeks was 'n rustelose mens wat net nie kon stilsit nie en wat alles gedoen het wat hy kon om dinge vorentoe te laat beweeg. Hy het sommer gou-gou 'n koor saamgestel en dié het ons op Queenstown, Tarkastad en Sterkstroom kom besoek en oral in vol sale opgetree.

Soos ek reeds vertel het, het ons intussen ook skape en beeste (melkkoeie) bymekaargemaak om Eftata meer selfversorgend te maak. Ongelukkig, as gevolg van swak bestuur en toesig van die man wat die boerdery moes behartig, asook honde wat onder die skape gemaai het en hulle verskeur het, het daardie boerdery nie goeie resultate opgelewer nie. Dit het nietemin groot belangstelling, veral in Queenstown, Tarkastad en Dordrecht, bewerkstellig ten opsigte van ons pogings om die Blindes en Dowes by te staan, op te hef en op te voed.

Mnr Sikkel het intussen bouplanne gereed gemaak en Efata herhaaldelik kom besoek. Nadat die Departement van Onderwys se begroting geld aan ons bewillig het, is begin met die hoofgebou waar die blinde kinders versorg sou word. Die toevloei na die skool was egter aanvanklik baie stadig sodat ons moes hoor dat ons 'n wit olifant opgerig het. Ons sou nooit genoeg kinders kry om al die fasiliteite te benut nie. Gou is dit egter verkeerd bewys en die toevloei was so groot dat daar aan weerskante van die bestaande nuwe gebou aangebou moes word.

Intussen het oom Koot ook nie stilgesit nie. 'n Groot behoefte was wonings vir die leerkragte. Daarvoor het hy geld by bekendes ingesamel, veral in die Stellenbosch-omgewing. Hy is naamlik intussen na Stellenbosch verplaas.

Lutshabasdrift met sy ou geboue wat reggemaak is so goed as wat moontlik was, het die tuiste geword vir die Dowe-afdeling. Dit het groot organisasie, administrasie en heen en weer-ryery vir Tjoeks Peach beteken om sy oog ook op daardie afdeling te hou, maar met sy geweldige dryfkrag het hy die voorlopige alles reggekry. Intussen is ook beplan om die geboue vir die Dowes op 'n geskikte terrein daar te stel. Waar al die fondse vandaan gekom het, is baie moeilik om te sê. Die Here het stap vir stap voorsien en ons het baie goeie betrekkinge gehad met die Departement van Onderwys wat werklik uit hulle pad gegaan het om hulle deel van die nodige fondse beskikbaar te stel. Om ons Kerk se deel van die benodigde geld te vind, was egter nie 'n maklike taak nie, maar alles kon behoorlik opgerig en versorg word.

Ek onthou nog 'n oggend toe ek daar by Tjoeks en sy vrou ontbyt geëet het. Dit moes haastig gaan. Hy was altyd haastig, hy wil skool toe. En die eerste wat hy gedoen

89

Page 90: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

het as hy daar aankom, was om inspeksie te hou in die badkamers en toilette. Alles moes blinkskoon wees en aangenaam ruik! Deur sy daaglikse toesig het hy daarin geslaag om baie sindelike hostelle in stand te hou.

Ek onthou nog soos gister die opening van die blindes se geboue. Dit was 'n groot geleentheid. Ons skoolkomitee het bestaan uit kerkverteenwoordigers, maar ook bekwame en belangstellende staatsverteenwoordigers. Nie een van hulle het net daar gesit nie, almal het aktief saamgewerk om Efata op te rig en die inrigting te maak wat dit al meer en meer geword het, die sieraad van die jong Transkeise regering. Nie die minste van die ondersteuning nie het gekom van die Kommissaris-Generaal, oom Hans Abraham. Elke keer as ek Efata besoek het, was daar die boodskap: Oom Hans wil my spreek. Dan was dit sommer 'n lang gesprek en alle moontlike hulp wat hy kon bied, het ons dadelik ontvang.

Maar om terug te kom tot die opening van die afdeling vir blindes. Die koning van die Pondo’s, Botha Sicgau, sou dit waarneem. Ons was almal daar. Ook die Sendingsekretaris en belangstellendes van Queenstown en Umtata. Dit sou 'n groot dag wees. Is daar nie ook genoeg geswoeg en gewerk om alles mooi in te rig nie! Na die geestelike deel afgehandel is, het die opperhoof die woord geneem. Hy sluit sy rede af met hierdie woorde:

“My kerk, die Metodiste, werk al sewentig jaar hier onder ons, maar so iets het hulle nog nie opgerig of so omgesien na blindes nie. Die NG Kerk het nou die dag hier aangekom en hier sien ons wat hulle gedoen het. Ek hou van 'n wa wat rol.”

En daarmee gaan hy sit. Dit het 'n baie diep indruk op die toehoorders gemaak. Efata het al meer oral in die Transkei en Ciskei bekend geraak. Kinders het toegestroom, beide blindes en dowes.

Intussen is ook die geboue vir die Dowe-afdeling opgerig. Oom Koot het al baie swak en tengerig geword. Ons het almal geweet dat hy 'n ernstig siek man was. Eenparig is besluit dat die opening van die Dowe-afdeling nog eers deur hom verrig moet word. Op sy waardige en humoristiese wyse het hy ook hierdie taak nog verrig, as 'n monument wat vandag nog staan. Hy het daarmee getuig van sy groot liefde vir die swartmense, maar veral vir die gestremdes. Voor sy heengaan het hy my nog laat roep. Ek moes saam met Koos Oosthuysen, sy seun, dien in 'n komitee wat die kerkraad van Stellenbosch moes adviseer watter verdienstelike jong swartes gehelp moes word uit die rente-opbrengs van 'n som geld wat hy spesiaal vir daardie doel geskenk het. Ons sal sy aandeel nooit vergeet nie. Vir my was hy soos 'n tweede vader. Alle ondersteuning wat ek nodig gehad het, het hy gewilliglik gegee. Sy naam is dan ook aangebring op die openingstablette by beide afdelings as die groot mede-oprigter van Efata.

'n Jaar of wat voor sy heengaan in 1971 was daar 'n groot gebeurtenis in die ou Veresaal in Port Elizabeth waar UPE se plegtighede toe nog plaasgevind het. Oom Koot sou 'n eredoktorsgraad van die Universiteit van Port Elizabeth ontvang vir wat hy alles in sy lewe verrig het. Ek het eers by die Universiteit van Stellenbosch aangeklop, maar met negatiewe gevolge. Ek onthou toe dat ds D T du P Moolman 'n groot kokkedoor in UPE se Senaat was. Ons het mekaar herhaalde kere tevore raakgeloop en 'n goeie verhouding onderling aangeknoop. Toe ek die saak van oom Koot en 'n eregraad opper, was hy dadelik vuur en vlam. Ek kry toe later berig dat met die jaarsluiting en gradeplegtigheid oom Koot ook aan die beurt sou kom.

90

Page 91: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Rina en ek was ook daar. Die hele saal was gepak van studente en belangstellendes. Eindelik het die oomblik aangebreek. Ons het mooi sitplekke reg voor in die saal ontvang en kon alles mooi volg. Oom Koot is deur die Kanselier, minister Ben Schoeman, genooi om vorentoe te kom. Doodse stilte het in die saal geheers. Met die ontvangs van die eredoktorsgraad het die hele saal op sy voete gekom en 'n gejuig het losgebars. En oom Koot? Hy was sigbaar aangedaan, trane in sy oë.

Die Universiteit het die topvloer van die grootste hotel in Port Elizabeth gehuur vir hulle verblyf. Ons het hulle nog daar besoek. Kort daarna, op 15 Oktober, het hy ons verlaat, diep betreur deur sy baie vriende en vir my, my tweede pa.

Tjoeks Peach is mettertyd gevra om na Pretoria te gaan om te help met die uitbou van die groot inrigting vir gestremdes wat die NG Kerk daar opgerig het. Met groot leedwese het ons van hom afskeid geneem, Sy werk staan nog steeds en sal nie maklik vergeet word nie. Geen wonder nie dat hy mettertyd ook so 'n groot aandeel begin neem het in die Nasionale Raad vir Blindes.

Waar al die geld vandaan gekom het vir beide inrigtings, het ek tans geen idee meer van nie. Die Vrouesendingbond en moedergemeentes het natuurlik voortdurend bygedra, maar ook die swart gemeentes self.

Ek onthou nog goed hoe verras ons was toe ons hoor van die bedrag van ongeveer agt honderd pond wat deur 'n Xhosa-egpaar van Cala nagelaat is. Ek kon nooit uitvind wie dit was nie. Mense se hande en harte was oop en die nodige was altyd daar. Ons gesin het daaraan meegedoen en ek as hooffondsinsamelaar was maar steeds daarmee besig. In die beginjare moes ek nag na nag swoeg om die nodige kwitansies weg te kry. Almal het 'n bedankingsbrief ontvang al was sy bydrae vyf en twintig sent sent!

Intussen het die Binnelandse Sendingkommissie ons as Moderatuur en later as Komitee van Efata amptelik verlof gegee om alle moedergemeentes en instansies te nader om die nodige hulp te skenk. Ander instansies het natuurlik ook hulp geskenk. Hier kan ek die hulp van Baby Tredoux, Rina se suster, nie vergeet nie. As my sekretaresse oor dekades heen het sy later die reuse-aandeel verrig, want die insamelingspoging het onverpoos voortgegaan. Die behoeftes het nie verminder nie, maar toegeneem, veral namate uitbreidings gedoen is en altyd meer gestremdes hulp moes ontvang. Die posbode het elke dag talle briewe afgelewer waaraan dan so gou as moontlik aandag gegee is.

Reeds in 1954 met ons heel eerste beplanning het ons die aand tot laat saam beraadslaag oor wat op die skool moes volg. Asof alles al aan die gang was! Daar was vir die volgende drie jaar nog nie een leerling nie. Maar dit sou alles kom. Die beplanning was egter daar en die ywer was daar, net die fondse daartoe het nog ontbreek. Maar dit het ons aan die Here oorgelaat, Hy sou onderneem.

Nadat beide afdelings mooi gevestig is, het ons verder begin dink. Die raamwerk het reeds bestaan, die planne moes net uitgevoer word. Die prentjie wat die groot barmhartigheidswerk by Bethel, Bielefeld, destyds in my opgetower het, was baie lewendig. Ons moet iets soortgelyks begin. Intussen is die ou trustplaas net bokant die skool aan ons oorhandig. Ons kon dit ten volle aanwend vir die Efata Skool vir Blindes en Dowes. Maar eers moes daar personeel gevind word, huise gebou word en die ou plaasgeboue oopgeknap word sodat ons minstens werksplekke kon hê.

Voordat Tjoeks Peach ons verlaat het, het hy nog eers die eerste werkswinkel opgerig. Hy was hart en siel daarvoor dat ons nie net die skool moes uitbou nie, maar dat betyds omgesien moes word na die behoeftes van die oud-leerlinge. Ons kyk toe rond wie

91

Page 92: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

ons sou kon help. Ons sou so 'n egpaar vind wat ons sou kon help en wat die vaardigheid het om iets tot stand te bring. Ons was almal vol ywer daarvoor.

In Kaapstad is daardie jare 'n vereniging gestig, die Hulpsendingvereniging. Hulle het Sondae rondgegaan in die steeds groeiende, swart woonbuurtes en Sondagskool en dienste gehou en besoekwerk gedoen. Hulle was vol ywer en het uit eie fondse 'n ou vragmotor gekoop vir hulle vervoer. Hulle het my veral wonderlik in die townships bygestaan, maar het hoofsaaklik onder die bruinmense gewerk. Die Here het hulle werk wonderlik geseën. Vreesloos het hulle oral ingegaan, jong mans en jong meisies, om die Goeie Boodskap uit te dra. Hier en daar het hulle skerp teenstand gekry, maar in die algemeen is hulle goed ontvang. Ons swart skole was destyds reeds goed aan die gang en as gevolg daarvan kon die werkers ook groter ingang vind.

Onder hierdie werkers wat baie getrou gewerk het, en van wie groot getalle hulleself later tot beskikking van die sending gestel het, veral in die Transkei en Ciskei, was daar 'n jong man en sy vrou, Don en Louise Horn, uit 'n baie ou Oos-Kaapse familie. Hy het 'n goeie betrekking by Sanlam beklee, maar toe ons hom nader, was hulle altwee gewillig om te gaan en te begin met 'n nasorginrigting by Efata, sonder enige idee waarvandaan hulle vergoeding of lewensonderhoud sou kom. Maar hulle was gewillig en het gegaan.

Intussen het Tjoeks Peach reeds voorbrand gemaak. Ons was baie gretig dat daar 'n begin gemaak moes word. Afgesien van die skuur wat hy laat oprig het wat ook baie plegtig ingewy is, het hy reeds met 'n spinnery begin, asook weefstoele laat oprig. Ons het ook 'n baie toegewyde swart dame, mevrou Malashe, daar gehad wat die dryfveer agter al daar die ontwikkeling was.

Met die koms van die Horns is egter doelbewus probeer om 'n begin te maak om werksgeleenthede te skep. Beide hy en sy het oor 'n baie skeppende gees beskik om dinge uit te dink en in die praktyk toe te pas waaraan die oud-leerlinge sou kon deelneem om later vir hulle 'n eie leeftog te verseker. Onthou egter, daar was geen staatsondersteuning nie, geen amptelike poste nie. Alles moes op eie voete staan. Hoe hulle dit alles reggekry het, sal hulle self alleen kan vertel, maar 'n wonderwerk het gebeur. Aan die einde van die eerste jaar is nie alleen hulle redelik geringe vergoeding betaal nie, maar was daar selfs 'n oorskot, iets totaal ongehoords. Want 'n welsynsorganisasie soos hulle s'n moes 'n aansienlike verlies toon!

Staatsondersteuning het gou gevolg en daarmee saam die nodige uitbreidings, veral ten opsigte van die werk wat die dowe mans kon verrig. Met daardie doel voor oë is 'n bouheer aangestel in die persoon van Fanie Theron, 'n welbekende van die Horns wat ook lid was van die Hulpsendingvereniging en 'n man met baie handvaardighede. Hoe baie, sou ons later self agterkom. Toe hy ons vra waar sy salaris vandaan kom, het ons hom geantwoord: “Ons weet nie, ons gooi jou in die water, jy sal moet swem of verdrink.” Nou ja, verdrink het Fanie beslis nie.

Tot op daardie stadium is van plaaslike bouers en 'n sendingbouheer gebruik gemaak as geboue opgerig moes word op die Decoligny-sendingstasie en by die Teologiese Skool langsaan, sowel as enige bouwerk wat gedoen moes word by Efata. Dit alles het nou tot 'n einde gekom. Fanie het aan die werk gespring, die ou plaasgeboue weer 'n nuwe voorkoms gegee, oral aangebou en die nodige gedoen.

Op Umtata was daar altyd 'n groot mark vir voorafvervaardigde sementpilare. Ook by Efata en by Decoligny en omgewing het die behoeftes daarvoor bestaan. Fanie

92

Page 93: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Theron het dit gou ingesien en baie spoedig 'n span dowe werkers aangestel wat die sementpilare kon vervaardig. Vir alle moontlike doeleindes het hy van die sementpilare gebruik gemaak, onder meer om wonings vir leerkragte en werkers op te rig. Dit was baie maklik om so 'n gebou te bou en het 'n stewige gebou afgegee nadat dit mooi afgepleister is. Maar die produksie was te groot vir eie verbruik. Daarom het hy dit aan die handelaars in Umtata aangebied, veral vir die oprigting van omheinings en motorhuise. Die gevolg was spoedig dat geen voorafvervaardigde sementgoedere van Oos-Londen aangery is nie, aangesien hy dit veel goedkoper kon aanbied.

Maar daarby het dit nie gebly nie. Hy het hom veral op huisbouery toegelê en spoedig begin kompeteer met die beste bouers van Umtata en omgewing. Toe die nuwe en sierlike geboue vir die Teologiese Skool opgerig moes word, het hy sy kwotasie ingedien en spoedig begin bou. 'n Pragtige, doeltreffende gebou het gou verrys. Oral waar daar 'n behoefte aan nuwe geboue was, het hy met sy span dowe werkers opgedaag, soseer so dat hy later 'n assistant-boumeester moes aanstel. Al die jongmense onder sy toesig is ook daagliks deur hom persoonlik geestelik bearbei en snags het hy sy beplanning en tekenwerk verrig. Selfs 'n groot hostel vir die gestremde werkers is opgerig.

Ook op die terrein van staalverwerking, onder meer vir die vervaardiging van staalvensters en sekerheidsdeure, het hy hom gewaag en jongmense opgelei in al die bedrywe. Sy beste werkers is later vir kursusse na Olifantsfontein gestuur om hulle werksertifikate te bekom.

Nie asof dit die enigste rigtings is wat aangepak is nie, stene is ook op grootskaal vervaardig. En veral die vroue het presteer in die spinbedryf en weefkuns. Spinwiele is plaaslik vervaardig, so goed soos die ingevoerdes, en hout- en meubelwerk is aangepak en pragtige artikels is vervaardig. Selfs op die gebied van spyseniering is uitgewaag, veral onder leiding van Louise Horn.

Een goeie môre kom ek in Pretoria aan vir 'n vergadering van die Nasionale Raad vir Blindes wat ek moes bywoon. Ek was tuis by Henoch en Marlene Schoeman, vroeëre onderhoof van Efata, destyds saam met Harry Mocke, vroeëre prinsipaal, asook Dries van der Merwe, sy opvolger. Henoch was werksaam by die hoofkantore van die Departement van Onderwys, Bantoeadministrasie. Die oggend wys Henoch my 'n kopie van Beeld, Nasionale koerant in die Transvaal. Dwarsoor die hoofblad was daar 'n foto van 'n groot werkspan werksaam in die OVS aan die belangrikste geboue daar, 'n paar blankes in bevel, verder almal swartmense. Maar dit was veral die onderskrif wat my stom geslaan het. 'n Jong man het die betrokke bouaanemer genader om werk. Hy was egter doof en die bouheer het hom met huiwering aangestel. Na 'n kort rukkie, toe hy agterkom watter vaardighede die jong man het, vra hy hom of hy nie nog maats het wat dieselfde bekwaamhede as hy besit nie. Ja, kom die antwoord en spoedig word 'n paar ander van sy maats aangestel. Hulle is gevolg deur 'n stroom van ander dowes totdat die hele span uiteindelik bestaan uit dowe werkers.

“Nou waar kom julle vandaan?”“Van Efata,” kom die antwoord!Dit was die kwaliteit van Fanie Theron se werk wat hy onder die wakende oog

van Don Horn daar verrig het. Vir my was dit 'n antwoord op gebede: Die Here het dit gewil, ons kan Hom alleen die eer gee. Die bestuursvergaderings van Efata en Efata Nasorg was altyd verfrissend en wonderlik. Eendag was my oorlede ou vriend, destyds

93

Page 94: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Algemene Sendingsekretaris, ds Piet Els, saam met my. Ons moes die bestuursvergadering van die Decoligny Teologiese Skool bywoon en het saam per motor van Kaapstad na Umtata opgereis. Toe ek later na die Nasorgvergadering moes gaan, nooi ek hom saam. Hy het stilgesit, alles aangehoor en nie veel gesê nie. Toe ons uitspan, sê hy vir my:

“Broer, maar julle het 'n pragtige span medewerkers daar op Efata.” Dit was 'n pragtige getuienis.

Maar ek het die skool self se geskiedenis eenkant laat lê. Na Tjoeks Peach se vertrek het Harry Mocke opgedaag. Hy was 'n waardige opvolger vir Tjoeks. 'n Heel ander soort mens, maar 'n man uit een stuk. Ons samewerking was baie hartlik. Waar Tjoeks die raamwerk daargestel het en ook baie take op homself geneem het, byvoorbeeld die elektriese bedrading van die Blinde-afdeling, asook praktiese onderrig aan die dowe seuns om eenvoudige geboue op te rig en wat ook al mag voorkom, het Harry hom daarop toegelê om die skool werklik uit te bou sodat die gehalte van onderrig grootliks verbeter het. Nie dat Tjoeks nie die kennis besit het nie, maar sy hande was net te vol om alles fyn af te rond.

In Harry se werkstermyn het die skool geweldig gegroei en moes daar spoedig, soos ek reeds genoem het, twee vleuels aan die Blinde-afdeling gevoeg word, 'n taak waarmee ons ou vriend, argitek Sikkel, ons weer trou bygestaan het. Dit was 'n termyn van ongelooflike uitbreiding. Die dowes wat voorheen in bouvallige geboue op Lutshabasdrift gehuisves was, is oorgeplaas na die pragtige en doeltreffende geboue op die knoppie bokant die Umtatarivier, en alles het mooi vorentoe gegaan. Die leerkragte wat aangestel is, was almal ter plaatse opgelei, ook in braille-skrif, en almal het spoedig oor die nodige vaardighede beskik.

Efata het op sy voete begin staan en spoedig het dit geblyk dat ons nie die stroom van leerders almal sou kon behartig nie. Hoe ver was ons van die dae toe ons moes hoor: “Julle rig 'n wit olifant op, julle sal die skool nooit kan vul nie.”

Terwyl ons van 1957 tot 1960 op Queenstown woonagtig was, kon ons baie makliker afry na Umatata. Hoe dikwels het Rina nie saamgery nie! Dan hou ons vergaderings by die Decoligny Teologiese Skool, dan by die Christelike Boekwinkel waar juffrou Theron werksaam was, dan weer op Efata. Dit het lang dae en laat nagte beteken, maar dit was wonderlik om daarby betrokke te wees.

Toe ons in die vroeë sestigerjare weer terug is Kaap toe, het Rina tog af en toe kon saamkom. Dan het die bestuur my laat weet: “Bring vir tannie Rina saam, ons betaal haar kaartjie.” Eenmaal het ek selfs vir Papa saamgeneem wat dit nogal baie geniet het.

Die sestiger- en sewentigerjare was waarlik bloeijare in die geskiedenis van Efata.Maar toe word Harry Mocke 'n pos aangebied by die hoofkantoor van die

Departement van Onderwys in Pretoria. Mense het besef wat daar in hom steek en spoedig het hy die ranglys opgeklim, eers as inspekteur van skole en later in die hoogste gestoeltes van die Departement.

Ek sal nooit vergeet hoe ek met my vele besoeke aan Pretoria hom altyd gaan groet het nie. Dan het ek deurgestap na sy heiligdom met die pragtige vloermatte oral op die vloer. Dan het hy telefonies aan sy sekretaresse gesê:

“Juffrou, geen oproepe solank ds Scheffler hier by my is nie.”Hy was ons vriend en het vanuit Hoofkantoor alles vir ons gedoen wat hy kon,

ook met ons latere uitbreidings.

94

Page 95: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Toe kom Dries van der Merwe en Henoch Schoeman kort na mekaar. En was hulle nie 'n paar pragtige karperde nie! Dit was 'n plesier om met hulle saam te werk. Onder Dries se bewind het Efata net verder gegroei en uitgebrei.

Wat alles gebeur het in Dries en Henoch se termyne, kan ek nie alles noem nie. Genoeg om te sê dat hulle pragtig saamgewerk het met Don Horn en Fanie Theron. Nooit was daar 'n sweem van jaloesie nie. Die werk van die Here het gefloreer, die personeel het hulle uiterste gelewer en die kinders is nie alleen brailleskrif en dowetaal geleer nie, maar hulle is doelbewus nadergelei na die voete van die Heiland. Nooit solank ek lewe sal ek weer die innerlike vreugde ervaar wat ons daar saam beleef het nie. Ongelukkig moes ons later ook afskeid neem van daardie pragtige medewerkers. Hulle wat aan die skool verbonde was, is almal opgeslurp deur die hoofkantoor in Pretoria. Van daar af kon hulle steeds baie vir ons beteken.

Johan van der Poel het Dries van der Merwe opgevolg as prinsipaal. As hoërskoolonderwyser in Port Elizabeth het hy saam met 'n sterk kandidaat vir die hoofskap by ons opgedaag. Die siening van ons swart bestuurslede het die deurslag gegee. Die geleerde man soek 'n pos om sy posisie te verbeter, ons stem daarvoor dat Van der Poel aangestel word! Dit was 'n goeie beslissing. Onder Johan se bestuur het Efata en die Nasorg mooi gevorder, maar hy is toe later aangestel as hoof van die Skool vir Blindes in Worcester47 en ons moes van hom afskeid neem. Sy opvolger het hom daarop toegelê dat Efata werklik die aandag sou trek. Ons ou kaasfabriek is onder sy kunstige hande omgetower tot 'n pragtige en doeltreffende administrasiegebou vir die hele Efata. Hy is later opgevolg deur die huidige hoof, mnr Fumba, 'n personeellid wat reeds jare aan Efata verbonde is en wat probeer om Efata nog altyd 'n skynende lig in die Transkei te maak.

In daardie tye het ek ook op my eie 'n projek aangepak, afgesien van fondsinsameling. Naaimajiene het by die skool kortgekom, en veral by die Nasorgeenheid. By Dimbaza was ook groot groepe werklose vroue vir wie ons werksgeleenthede kon aanbied deur vir hulle te leer klere maak. Via my getroue medewerksters van die VSB-takke het ek wonderlike respons ontvang. Oral het ek gevra: “Help my.” En die naaimasjiene het letterlik ingestroom. Elke keer as ek die vliegtuig moes haal na Umtata het ek een of twee met my handbagasie saamgeneem.

Later, toe Efata begin navrae doen na tikmasjiene, het ook daarvoor 'n hele klomp my bereik wat ek ewe-eens saamgeneem het. Ek onthou 'n pragtige brief wat ek van een van die Efatastudente ontvang het om my te laat weet wat die tikmasjiene vir hulle beteken. Dit was nou maar geringe dingetjies wat groot vreugde verskaf het en wat oor my pad gekom het.

Manelle was ook altyd in aanvraag. Hiervoor het ek letterlik in Die Kerkbode gebedel. En so het baie manelle 'n tuiste by ons gevind, want 'n Xhosaprediker sonder 'n mhtika48 is nie 'n regte prediker nie! Al ons pogings het bygedra om fondse te vind vir verdere behoeftes. Die publiek het net so goed gereageer. Geleidelik het die bronne later opgedroog en is 'n florerende besigheid afgesluit. Hoeveel ek op die wyse byeengebring het, weet ek nie; ek het nooit boek gehou nie. Dit was immers nie my geld nie, ek was net die tussenpersoon. Die nuwe afdeling vir dowes moes opgerig word. Waarvandaan sou ons deel van die geld kom? Die Here het weer eens voorsien. Elke keer kan ons net altyd

47 Pionierskool, Worcester48 manel

95

Page 96: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

dankie sê. Dit was 'n bloeityd, nie alleen op Efata nie, maar dwarsoor die Trans- en Ciskei.

Oos-Londen Vukuhambe Skool vir fisiek gestremde kindersBy Efata het dit natuurlik nie gebly nie. In Oos-Londen was die Vereniging vir Gestremdes onder leiding van dr Fuller, 'n dame wat werklik daarvoor geleef het dat die kreupeles se lot moet verbeter. Tydens 'n sendingkonferensie in Oos-Londen is ek deur haar genader met die versoek dat ons meehelp en die lot van die gestremdes vir ons aantrek. Dit was toe net die tyd in die sestigerjare dat Efata besig was om op dreef te kom, maar toe ons nog baie behoeftes gehad het waarin voorsien moes word en waarvoor die nodige middele gevind moes word. Noodgedwonge moes ons toe sê, nee, ons hande is gebind, ons kan nie nou aan iets verders dink nie.

En tog is die liggaamlik gestremdes nie vergeet nie. Want na verloop van 'n hele dekade kom die roepstem weer. Dit was die begin van Vukuhambe in 1976. Want dit en niks minder as dit het binne enige jare ontwikkel.

Vir eers het die tuislandregering wat die behoefte geken het, hulleself bereid verklaar om die eerste noodsaaklike geboue op te rig. Latere behoeftes sou baie gou ontstaan, maar toe het die Vereniging vir Gestremdes onder dr Fuller se leiding, weer ingetree en so 'n groot skenking gedoen dat die nodige hostel en eetkamergeboue ook opgerig kon word.

Kindertjies het daar aangekom wat net kon kruip, en van loop was daar geen sprake nie. Gelukkig was daar 'n groot en goed toegeruste hospitaal digby waar, met die hulp van die bevoegde mediese personeel, die nodige operasies gedoen kon word en waar die nodige apparaat verskaf kon word. En uiteindelik kon die skool se naam waar gemaak word: “Staan op en loop”. Vandag is Vukuhambe 'n trotse inrigting waar honderde swaar gestremdes gehelp word en waar hulle 'n nuwe lewensgeleentheid kan bekom.

Daar was ook 'n inrigting waar jeugmisdadigers gehuisves is en wat opgerig is deur die NG Sending. Omdat die jong NGK in Afrika-Sinode so moedig die voortou geneem het, is ons as Sinode gevra om ook daar die leiding te neem. Dit was egter van meet af aan 'n moeilike stryd. Die jeugdiges het snags uitgebreek en groot onmin veroorsaak. Ons was gevolglik verplig om die tuislandregering te vra om self die bestuur oor te neem.

Werknood by Dimbaza Zipha Mfesane49

Intussen het Almero Cloete ook op die toneel verskyn. As 'n mens oor Mfesane praat of skryf of selfs net nadink, kan jy nooit nalaat om vir Almero Cloete uit die oog te verloor nie.

Hy is destyds, net toe hy sy bediening aanvaar het en tydens sy eerste sinode gekies as scriba van die nuwe Diens van Barmhartigheid wat 'n spesiale opdrag ontvang het om vir die gestremdes en werkloses voorsiening te maak. Onder luide protes het hy die taak aanvaar, maar ook dadelik begin om daadwerklik op te tree om juis in hierdie rigting 'n baie groot deel van sy hele bediening uit te voer. En hoe het hy homself nie 49 Naelstring wat voed, dus barmhartigheid

96

Page 97: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

gegee nie! Dadelik het hy begin belangstel in die lot van die deur die staatverplaasdes. Dimbaza naby Kingwilliamstown is toe net as woonbuurt vir diesulkes opgerig. Huise was daar wel, maar hoegenaamd geen werksgeleenthede nie.

Ek onthou nog toe ek die eerste keer saam met Almero Dimbaza besoek het. Afgsien van die werkloses uit die Skiereiland en elders was daar ook 'n hele aantal oudgevangenes van Robbeneiland. Toe ons daar in die dorp rondbeweeg, het van hulle my kom groet. Hulle het my leer ken as kapelaan op Robbeneiland. Al werk wat hulle kon kry, was om die paaie en oop terreine in Dimbaza skoon te hou en te herstel. Werk was daar glad nie.

Kort na die besoek vergader ons streeksmoderatuur in Kaapstad. Onder andere wou ons ook die Minister spreek in verband met Dimbaza. Dr Piet Koornhof was in Pretoria, maar toe hy van ons versoek verneem, kom hy dadelik per vliegtuig Kaap toe saam met 'n groepie van sy hoofamptenare om vir ons te woord te staan. Daardie dag het Piet “Promises” soos hy destyds bekend gestaan het, aan ons gesê:

“Ek is so dankbaar dat mense van my kerk my kom spreek het. Ons het julle hulp bitter nodig. Ek beloof dat ek julle sal ondersteun in al julle pogings. Doen julle bes, ‘I’ll cut the red tapes’.”

Dit het hy ook gedoen. En toe ons teenstand kry omdat ons met Engelse groepe saamgewerk het, het ons ons nie daaroor bekommer nie. Die Here sou voorsien en Piet “Promises” het belowe!

Ook Almero het sý bes gedoen. Hy is eers op Cofimvaba as sendeling geplaas, maar is toe na Kingwilliamstown verplaas, nie ver van Dimbaza af nie. Sy eerste poging was om kralehandwerk te laat verrig. 'n Hele aantal vroue is daarby betrek. Maar dit was maar die begin.

Kort daarna word prof Jan Lange aan ons voorgestel. Hy kom toe net van Amerika waar hy juis 'n studie gemaak het van nuwe werksgeleenthede. Hy lê toe die moontliheid aan ons voor om brildosies te vervaardig. Met daardie doel voor oë besoek hy die maatskappy in Engeland waar hulle gemaak word en kom met volledige planne terug. Dit word ons eerste projek en Almero wat toe ter plaatse woon, werp hom hart en siel daarby in en word die dryfveer om produksie aan te wakker. Die gevolg is dat die invoer van brildosies gestaak word, die plaaslike produk is soveel goedkoper en was ook stewig en goed gemaak.

Mettertyd kon die afset nie meer tred hou met die produksie nie en toe word gesoek na 'n ander projek wat blywend sou wees en waarvoor die aanvraag sodanig sou wees dat produksie steeds opgestoot kon word. Dit was die ontstaan van ons leerfabrieke, waar hanskoene en leervoorskote vir die myne vervaardig sou word. Dit was dan ook 'n projek wat geblyk het standhoudend te wees. Daaroor later meer

Intussen is die brildosiefabriek aan mense verwant aan oogdienste verkoop en het dit lustig voortgegaan om werk aan 'n hele aantal mense te verskaf. Almero het nie net omgesien na ons fabriekswerksaamhede nie, maar ook nie die geestelike deel van sy roeping verwaarloos nie. 'n Kerk is ter plaatse opgerig en gereelde dienste is gehou.

Dit was gedurende hierdie fase dat administratiewe personeel aangestel moes word. Ons het die dienste bekom van 'n jong dame wat baie jare lank die administrasie van Mfesane sou behartig, maar wat nou die stadium bereik het dat sy gereed is vir aftrede, maar met die belofte dat sy steeds daar sal wees om uit te help en raad te gee, te

97

Page 98: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

wete Louise Barnard. Op 17 Julie 2001 is op gepaste wyse van haar afskeid geneem by Zikomo in die Strand.

Dit was dan die praktiese deel van die Ziphakamiseni-organisasie, naamlik sy fabrieksafdeling.

Nadat die brildosievervaardiging oorgeneem is deur 'n ander organisasie, is met die groot projek van leerprodukte vir die myne deur die maatskappy, Ziphakamiseni50, kortweg Zipha, in 1973 begin en waarvan ek die voorsitter was. Daar was later meer as 300 mense werksaam! Zipha was 'n pionier en voorloper van die hele fabrieksuitbreiding wat op Dimbaza ontwikkel het.

Almero besluit om 'n bouprojek te begin. Hy het beskik oor 'n groep baie bekwame bouers, maar dit sou alles geld kos. Almero skakel my – ons het destyds soos twee karperde saamgewerk, sy vrou, Adela, het ons die twee "kommuniste" genoem elke keer as ons weer iets nuuts uitvind en waag – hy wil geld hê vir sy bouprojek. Dit was nog voor Mfesane as oorkoepelende bestuursgroep saamgestel is. Daar was 'n groot behoefte vir die opkomende swart middelklas.

Koos DankersDs Lafras Moolman, indertydse inligtingsamptenaar van die Kaapse NG Kerksinode, skakel my:

"Hier is 'n Hollander, Koos Dankers, sekretaris van 'n organisasie in Nederland, by name Woord en Daad. Wil julle hom nie vir die naweek huisves nie? Anders as die ander organisasies in Nederland is hulle ons kerk goedgesind."

Rina stem toe in, soos sy altyd gedoen het as die nood aan die man was. Vir sy dogter vind ons verblyfplek in een van die gastehuise in die Strand waar ons toe reeds woonagtig was. Lafras het hom reeds een en ander vertel van Efata Skool vir Blindes en Dowes, en ons fabriekspogings op Dimbaza en die brildosieprojek. Miskien, sê hy, kan hulle ons 'n lening gee vir Almero se bouprojek. Dankers vra baie uit na ons werksaamhede en ek probeer so veel moontlik uitvind hoe hulle ons kan help. Gou kom ek agter dat hulle 'n reuse-organisasie is wat toe ook hulp verleen het aan 'n projek van die Gereformeerde Kerk in Noord-Transvaal by hul sendingpoging aldaar.

Sondagmôre neem ek hom saam met my na die kerkdiens op Mfuleni waar ek kort tevore bevestig is as leraar. Ek was reeds sedert Februarie 1982 'n emerituspredikant, maar die Ring het toegestaan dat ek daar as leraar kon optree mits die amptelike handelinge soos die voorstelling van kerkrade en lidmate deur die konsulent sou geskied. Ons woon toe reeds in Millsstraat 26, Strand.

Ek weet toe reeds dat hy aan 'n gereformeerde kerk in Nederland behoort wat baie strenger is as die Gereformeerdes of die Hervormers hier. Hoe gaan ek nou maak? Hy sal net Sondag by ons wees. Maar dit sou ook die enigste geleentheid vir my wees om besigheid met hom te gesels! Kan ek dit waag? Wie nie waag nie, wen nie. Of hy nou 'n streng Sabbatsonderhouer is of nie, ek kan nie anders nie.

Ons spreek af om na middagete saam met sy dogter en Rina die Helderbergnatuurtuin te besoek. Dit was begin somer en die proteas en speldekusings was op hul mooiste. Dit sou 'n aangename uitstappie wees. Ons het daar iets in die koffiekamer geniet en toe begin stap om die blommeprag te bewonder. Ek kry dit toe reg om hom eenkant te kry en ek val sommer by die diep water in. Kan hulle as organisasie 50 Rig jouself op

98

Page 99: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

ons nie help met 'n onversekerde lening nie? Met vrese en bewing wag ek op sy antwoord. Ewe positief en gerusstellend antwoord hy dat hy geen probleem sien waarom hul organisasie nie by die projek betrokke kan raak nie. Daarmee was die ys gebreek en kon ons op die Sabbatdag voortgaan om besigheid te gesels!

Geleidelik het ek ook ontdek dat Koos Dankers 'n praktiese mens is wat nie wetties dink of optree nie. Dit was daardie middag die begin van 'n lang en steeds voortdurende vennootskap tussen Woord en Daad en Mfesane wat intussen verantwoordelikheid aanvaar het vir die NGKA-sinode in Kaapland se praktiese barmhartigheidspogingspogings. Ons samesprekings daardie Sondag het vrug gedra, want sy bestuur het alles bekragtig en Almero kon voortgaan met sy bouprojek, 'n onderneming wat vir baie mense huisvesting gebied het.

Ons besture het byeengekom en Efata, Efata Nasorg, Vukuhambe en Zipha saamgegroepeer as die Mfesane Welsynsorganisasie, 'n Artikel 21-maatskappy wat al ons barmhartigheidswerk ingesluit het, in 1975.

Op versoek van die leidende swartes in die Kaaplandse Streeksinode van die NGK in Afrika het die Sinode hierdie afdeling onafhanklik verklaar. Voortaan sou daar nie verslae van alle werksaamhede aan die Sinode voorgelê word nie. Die kerk sou steeds bydraes lewer en versoeke rig, maar geen verantwoordelikheid dra vir inkomste en verliese nie, selfs ook nie vir nuwe projekte, ensovoorts, nie. Mfesane sou volkome onafhanklik kon optree. So 'n besluit het ons heeltemal gepas omdat van tyd tot tyd belangrike besluite geneem moes word en Mfesane voortaan vry sou wees om nuwe rigtings in te slaan. Tydens sinodes sou egter steeds 'n algemene verslag gelewer word.

Van die kant van die Moederkerk het intussen die verlof gekom dat ons vry sou wees om fondse te in van kerklike organisasies en lidmate. Dit was 'n baie belangrike toegewing omdat ons diep afhanklik was van vrywillige bydraes. Dit het ook nooit verander nie en gereelde rapporte is dan ook van die Algemene Sendingkommissie, Kaapland, deur my as moderator gelewer. Ek was naamlik al die jare sedert die konstituering van ons sinode 'n volle lid van die ASK. Ons verhouding met die Sendingkantoor was te alle tye baie hartlik. Net van die kant van sekere swart leraars het daar baie kritiek gekom omdat hulle gesien het watter groot vrywilligerfondse ons hanteer het. Maar daaroor later meer.

Intussen was Almero die dryfveer agter Ziphakamiseni. Ek het hom as voorsitter so ver moontlik ondersteun en aangemoedig. In hierdie werksaamhede het Almero 'n al groter rol begin speel, sodat hy later net daaraan aandag gegee het, en vrygestel is van sy gemeentelike arbeid. In dié hoedanigheid het hy met baie groot toewyding gewerk tot met sy uitdienstrede weens swak gesondheid.

Maar hy is nog steeds op vrywillige basis daarmee doenig om die Noluthando Instituut vir Dowes se werksprojekte op 'n vaste voet te plaas. Ons kan die Here nooit genoeg dank vir sy werkywer en toewyding nie. Heel gepas is hy weens sy volgehoue toewyding benoem as lewenslange lid van die Mfesane Direksie.

In hierdie tyd het ons ook die waardevolle ondersteuning gehad van Tjol Lategan, die oud-Springbok. Hy was hart en siel in ons projek en was met sy tallose besigheidskontakte vroeg en laat gewillig om advies te verleen. Sy invloed het baie beteken.

99

Page 100: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Die klerefabriek op Dimbaza het redelik aangegaan as gevolg van hospitaalkontrakte. Dit het ongeveer vyftien jaar voortbestaan totdat dit as gevolg van bedrog deur een van die amptenare in duie gestort het.

Ek het reeds genoem dat ons na die verkoop van die brildosiefabriek ons toegelê het op die maak van leerartikels vir die gebruik van mynwerkers. Die potensiaal van die aanvraag was onbeperk. Ook op die ou Rynse sendingstasie te Wupperthal het die werksbestuurder hom toegelê op die maak van handskoene van leer, ook vir myne. Ons was hoegenaamd nie bang vir kompetisie nie, want die aanvraag was te groot. Tewens, ons het hulle herhaaldelik daar op Wupperthal besoek en hulle genooi om ons ook te besoek. Ons het 'n pragtige verhouding met die broeders daar opgebou. Tragies dat die bestuurder later sy eie lewe geneem het. Van die kant van die leidende inwoners van Wupperthal was ook daar groot jaloesie, vooroordeel en baie kritiek. Hy was in 'n baie onaangename posisie. Hy het later bedank en op Bellville kom woon. Waarom hy so ver moes gaan om sy lewe te neem na 'n vrugbare lewe, weet ons nie.

Maar om terug te kom tot Dimbaza en die Ziphafabrieke. Baie gou het dit vir ons duidelik geword dat die groei van Zipha afgehang het van die verkryging van beesvelle, gelooi of ongelooi. Veral ten opsigte van laasgenoemde rigting het dit vir ons gelyk of leerlooiery 'n nuwe moontlikheid sou wees om baie meer werksgeleenthede te skep. As genoegsame rou velle aangekoop kon word, kon die oprigting van 'n leerlooiery oorweeg word. Dit sou egter destyds na beraming ongeveer R150 000 kos om so iets aan die gang te sit. Waar sou die geld vandaan kom?

Dit was toe dat Jan Boon, 'n finansier van Haarlem, Nederland, op die voorgrond tree.

Jan BoonDie ontmoeting tussen my en Koos Dankers, sekretaris van die Woord en Daad-organisasie, het Jan Boon se ontmoeting en hulpaanbod voorafgegaan.

Ek herinner my nog 'n oproep van Almero uit Kingwilliamstown: ons moet 'n reusebedrag vind om 'n leerlooiery op te rig. Die nodige velle teen bekostigbare pryse was nie maklik te bekom nie. Die groot leerbedryf op Dimbaza met vyfhonderd werkers by die Ziphafabriek was op die spel. Oom André moet die geld vind. Ek was gewoond daaraan om met klein donasies te werk; groot geld was die uitsondering, afgesien van spesiale kollektes by gemeentes waar ek gedurig moes optree om Mfesane se behoeftes te bepleit.

Maar toe stuur die Here vir Jan Boon van Haarlem, Nederland, na Piet Smith, die sendingsekretaris in Kaapstad. Jan het goeie besigheid hier gedoen met aankope en verkope van woonstelblokke wat hy nou in 1981 teen 'n groot wins van die hand gesit het. Hy wou graag met die een of ander projek help, nie vir lopende fondse van die sending nie, maar iets wat standhoudend sou wees. Piet verwys hom na my en siedaar, die geld vir die leerlooiery word gevind.

Volgens die destydse nywerheidsontwikkelingswette sou die staat vyftig persent van die oprigting van so 'n onderneming wat goed beplan is, dra. Maar die res? Jan, as gevolg van beleggings hier in Suid-Afrika, het hom innerlik gedronge gevoel het om 'n bydrae te maak tot enige onderneming ten opsigte van die opheffing van die swartes, onder leiding van die kerk. Die Here het dit dan ook so beskik dat hy bereid was om tot die oprigting van 'n leerlooiery by te dra.

100

Page 101: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Die oprigtingskoste was R150 000; die ander deel moes ons beskikbaar stel. Die Here self het wonderbaarlik gesorg, soos Hy altyd doen as sy kinders op Hom vertrou en besig is om sy Koninkryk uit te bou. Jan skenk die orige R75 000 daarvoor!

Maar meer oor Jan Boon. Hy en sy vrou was in Gordonsbaai tuis by sy plaaslike verteenwoordiger in Suid-Afrika in 'n pragtige woning wat Jan daar aangekoop het. Hy was 'n baie welgestelde maar ook nederige Nederlander. Niemand sou kon sê dat hy so vermoënd was nie.

Omdat ons toe reeds van sy belangstelling in die Koninkryk gehoor het, nooi ek hom en sy vrou, asook sy gasheer en –vrou om na ons oor te kom. Rina het vir 'n keurige ete gesorg, soos sy alleen dit kon doen. Ek noem egter nie die ete aan hom nie, net die tyd. Goed, laat hy weet, hulle het nog iets te besorg dan kom hulle. Eindelik arriveer hulle en gewaar die ete.

Ek moes net lelik bontstaan by hulle en Rina, veral omdat my uitnodiging so onvolledig was, want hulle het toe net gou eers geëet! Hoe het ek my nie geskaam nie. Daar begin ek toe ons eerste ontmoeting met 'n glips, maar hulle het darem lekker saamgeëet en alles het goed afgeloop. Nou ja, daardie dag het ons ook oor baie gesels; hy het baie uitgevra en so is hulle later daar weg.

Later is ons na hulle uitgenooi en ons kon op dié wyse mekaar beter leer ken.

Uitnodiging na Nederland en my derde besoek aan Duitsland 1981'n Tydjie daarna, kry ek weer 'n oproep van Almero. Jan Boon rig 'n uitnodiging aan my om Nederland te besoek as sy gas om daar steun vir ons onderneming te werf.

"Oom André, Jan Boon wil hê jy moet na Nederland gaan om ons saak daar te stel. Hy sal instaan vir al die reiskoste; jy moet met KLM gaan."

"Waarom nie jy nie; jy is baie meer op die hoogte?" vra ek."Nee, ek dink ook oom André moet gaan. Hy wil jou daar hê."Daar is nie ander uitweg nie: ek moet met Rina daaroor praat en Nederland toe

gaan. En dan terselfdertyd ook om Duitsland en my familielede weer te besoek. Gelukkig was Rina ook daarvoor te vinde. Sy was teen daardie tyd so gewoond

daaraan dat ek die een of ander taak moes onderneem, en het my die allerbeste toegewens. Sy sou alleen agterbly en die fort hou. Ek het nog vir Eddie probeer omhaal om saam te gaan, maar hy het ander verpliginge gehad. Ek moes alleen die tog aanvaar. Dat Rina daartoe gewillig was, sal ek nooit vergeet nie, dit was 'n groot opoffering vir haar.

Almero het nog gewaarsku dat ek nie te veel van Jan Boon se tyd in beslag moes neem nie, want hy is 'n baie besige man. Ek het gelukkig voor my vertrek navrae gedoen sover ek kon, wie ek moontlik in Nederland en Duitsland kon gaan spreek. Lafras Moolman was daarmee behulpsaam, asook andere, onder andere die Duitse pastor, Brandt, in Strandstraat. Dus kon ek, gewapen met adresse en alle moontlike informasie, by my aankoms op Jan Boon se vraag antwoord waarheen ek wou gaan.

So leer ek Jan Boon en sy vrou baie beter ken. Ek word in hulle huis in Haarlem verwelkom. Hy vra soggens waarheen ek wil gaan; sy motor is tot my beskikking en hy sal my neem waar ek ook wou wees. Verbeel jou, 'n groot sakeman wat dit aanbied.

101

Page 102: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Die instansie wat die grootste gevolge sou meebring, was natuurlik Woord en Daad met ons kontakpersoon, Koos Dankers. Ek het hom besoek by sy groot Christelike privaatskool waar hy visehoof was. Hulle het selfs onderwysers daar opgelei. Deur hom het ek baie van hulle doen en late geleer en wat hulle alles wêreldwyd doen. Sy eie dogter, nie die en wat ons leer ken het nie, was werksaam in Haïti. Hulle organisasie was ook in Indië werksaam. Ek moes een oggend 'n groep van hulle studente toespreek in sy skool. Ek was ook een Sondag by Koos aan huis en ons het saam 'n kerkdiens bygewoon waar die ds en kerkraad nog manel gedra het; iets wat by ons al geskiedenis was.

Meneer Dankers het my uitgenooi om hulle sogenaamde komiteedag by te woon. Ek was die hele dag hulle gas daar. Van heinde en ver het verteenwoordigers van Woord en Daad-komitees van oor Nederland aangekom vir die jaarlikse byeenkoms waarop volledig verslag gedoen moes word van die afgelope jaar se werksaamhede en met watter mate van sukses dit gepaard gegaan het. Ek het maar rustig sit en luister. Ek het al die bestuurslede daardie oggend ontmoet. Wat my belangstelling onder meer geprikkel het, was die rol wat die burgemeesters gespeel het om sulke takke te vestig, iets wat ons nie hier het nie.

Uiteindelik, na die middagpouse, vra hulle direkteur my waarom ek nog aanbly."Nee," antwoord ek, "meneer Dankers het my verseker dat die bestuur van Woord

en Daad wil hê dat ek nog moet aanbly al het ek reeds die algemene vergadering (Comiteedag) toegespreek."

Hy was baie verwonderd en onbekend met die reëling. Met die namiddagvergadering kry ek toe geleentheid om ons behoeftes aan hulle voor te lê. Ons was toe net druk besig om Khanyisa Skool vir Blindes in Port Elizabeth op die been te bring. Hulle het ingestem om te help.

In Holland het ek ook 'n hele reeks organisasies saam met Jan Boon besoek, onder meer ook hulle Christelike TV-organisasie, die Vriende van Suid-Afrika-vereniging en selfs die Hernhutters se hoofsentrum daar.

Ek herinner my ook 'n Krugerdagviering op 10 Oktober in Utrecht, met 'n groep lawaaimakers buitekant die gebou – want afgesien van Woord en Daad was die Nederlanders ons destyds nie goedgesind nie.

Jan het my dele van sy "koninkryk" gewys, yslike woonstelblokke. Hoe hy dit reggekry het? Leen geld by die banke en laat hulle daarvoor betaal! Van sulke "high finance" weet ek maar min. Jan en sy vrou was ywerige koorsingers en hulle het iets besonders daarvan gemaak. Ons het ook Sondae heelwat rondgegaan om na uitstaande predikers te luister. Ek was baie tuis by hulle. Na ete moes ons altyd skottelgoed afspoel en dit dan in die skottelgoedwasmasjien pak. Dit het my so na dubbele werk gelyk. En voor ons vertrek soggens moes ons aartappels afskil!

Een dag is ons na die begrafnis van een van sy broers se familielede. Dit het my baie vreemd voorgekom, veral die kleredrag van die roubeklaers. O ja, en dan was daar op die sypaadjies bordjies ter wille van die honde: "Hier niet poepen"!

Een middag het ek ook vir hom en Koos Dankers uitgeneem vir middagete.In Duitsland het dit veral gegaan om familielede wat beloof het om mee te help en

wat ook pragtig daartoe bygedra het. Ek het selfs 'n rekening by die Deutsche Bank geopen met die hulp van Franz Thelen, Helene Zach, my niggie, se man. Hy was iemand wat taamlik betrokke was in die sakewêreld.

102

Page 103: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Ek het ook 'n besoek gebring aan Düsseldorf waar die Thelens gewoon het, naamlik Helene en haar man en dogter. Ek het ook vir Auguste en Lotte Müller gaan besoek.

Na my onderhandelings in Stuttgart met die verteenwoordigers van Brot für die Welt, die grootste barmhartigheidsdiens van die Evangelische Kirche in Duitsland, ry ek die namiddag af na Tübingen na Siegfried. Hy ontmoet my by die Bahnhof en ons ry met die pragtige Autobahn na hulle huis. Skielik moet ons uitdraai.

"Waarom?""Nee, hier voor woon 'n boer en hy weier om sy grond aan die staat te verkoop,

nou moet 'n mens maar rondom ry en anderkant die pad weer kry.""Maar dis mos onmoontlik, het die staat dan nie die reg van onteiening soos by

ons nie?""Nee, hoegenaamd nie, selfs Hitler kon daardie gebruik, gevestigde regte, nie

verander nie!"Ek het net my kop geskud.Dit was aangenaam om ook my neefs Siegfried en Helmuth en hulle kinders weer

te ontmoet en om ou familiebande te versterk. Ek was tuis by Elfriede, lewenslank 'n gemeentesuster, 'n soort amp in die kerk waar sy as verpleegster almal in nood bygestaan het, maar ook as opgeleide maatskaplike werker die nodige raad en daad kon skenk. Siegfried en Helmuth het my daar kom besoek vanaf Tübingen en die Schwarzwald waar hulle gewoon het. Ons het ook nog die dag die grafte besoek waar hulle ouers, Onkel Bernhard en Tante Marie, lê.

By daardie geleentheid het ek hulle ook albei vertel van ons jongste poging, naamlik die Khanyisaskool vir Blindes in Port Elizabeth wat toe nog opgerig moes word. Siegfried en Helmuth het my vir Khanyisa geld belowe, wat ek dan ook later ontvang het.

Dit was was gedurende daardie besoek aan Europa dat hulle my daarop gewys het dat die Duitsers graag persone borg. By hulle het ek gehoor van die algemeen aanvaarde stelsel van "Borg 'n Kind". Ek vind toe uit dat ook Woord en Daad daarvolgens werk. 'n Besondere kind en dié se behoeftes word toegesê aan 'n persoon of organisasie. Die "pleegouer" kry 'n foto van die kind, die kind skryf briewe, die skoolrapport en algemene vorderingsrapport word gereeld aan die "ouer" gestuur. So bly daar 'n lewendige kontak tussen "ouer" en "kind". In die geval soos Woord en Daad ken hulle sentrale organisasie dan so 'n "kind" aan een van hulle medewerkers toe.

Toe ek terugkom in Suid-Afrika het ek die stelsel voorgelê en ons het dit ook hier te lande begin toepas, veral toe die nuwe inrigting vir dowes, Noluthando, opgerig is. Ons het hier ter plaatse genoeg persone gevind om op dié wyse die skool te ondersteun. Dit het later algemene gebruik geword, waarvan ons nog steeds gebruik maak. Veral hier in die Wes-Kaap by die Noluthando Skool vir Dowes is borgskappe van privaat persone vir al die kinders ontvang.

Ook via die Sendingbondtakke is baie hulp op die wyse ontvang, wat ook voorbidding vir individuele kinders ingesluit het. Waar die ander inrigtings vir gestremdes se kinders veral deur Woord en Daad geborg word, het ons hier self die mas opgekom. Vir bou-uitbreidings het ons natuurlik hulp van buite ontvang.

Vir my 'n saak van diepe dankbaarheid borg die straatwyk van die Strand se Moedergemeente waar ons in Millsstraat gewoon het, tot vandag toe, jaarliks twee dowe kinders.

103

Page 104: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Ons het ook hulp ontvang van die Christoffel Blinden Mission in Duitsland en hulle verteenwoordigers het gereeld hul verbinding met ons oopgehou.

My besoek was dubbel en dwars die moeite werd. Sedertdien en as gevolg van hierdie besoek, het Woord en Daad se deure vir ons wyd oopgegaan en het hulle samewerking steeds gegroei. Later het hulle sittingsreg ontvang op Mfesane se direksievergaderings, 'n fasiliteit waarvan hulle een maal per jaar gebruikgemaak het. Van hulle het ons reeds baie miljoene rand bekom. Nog altyd bly hulle ons vriende, veral in die persoon van hulle sekretaris, Koos Dankers.

Tans is hulle Afrika-sekretaris die visevoorsitter van Mfesane!Na my terugkeer het ons swart predikante eksepsie geneem ten opsigte van die

geld wat ons ontvang het; hulle wou ook daarvan hê om hulle salarisse aan te vul, iets wat natuurlik buite die kwessie was. Dit het waarskynlik daartoe bygedra dat tydens die daaropvolgende sinodale vergadering van die NGKA besluit is, komende van die swart leraars, dat Mfesane nie langer verbonde moes wees aan die sinode nie, maar onafhanklik sou opereer. Die gemeentes sou dan soos dit hulle pas, daartoe kon bydra. Ons wat die leiding by Mfesane geneem het, het dit verwelkom omdat dit ons meer beweegruimte gegee het en enigeen wat ons doelstellings bely het, lid van die organisasie kon word.

Intussen het Mfesane gegroei en het ons werksaamhede steeds toegeneem totdat die huidige regering besluit het dat ook spesiale skole direk onder hulle moet ressorteer. Dit het 'n totale ommekeer in ons werksaamhede teweeggebring en ons aktiewe deelname aan onderwys aan die gestremdes afgeskaal. Ook die stygende gevoel van meer seggenskap in alle nasionale sake het 'n onrustige gees onder die leerkragte gebring wat baie probleme veroorsaak het.

Port Elizabeth, die volgende uitdaging Khanyisa51

Skool vir BlindesDie volgende stap was die daarstelling van 'n skool vir Blindes in Port Elizabeth. Efata kon net nie die toevloei van blindes behartig nie. Baie moes weggewys word, iets wat vir ons pynlik was.

Ook die Nasionale Raad vir Blindes het die behoefte gevoel en by die onderskeie organisasies wat by blindesorg betrokke was in die Oostelike Provinsie navrae gedoen. Wie sou in die groeiende leemte kon intree en die leiding neem? Dit was 'n baie moeilike aangeleentheid, want om 'n nuwe Skool vir Blindes op te rig, sou oneindig baie geld en moeite kos. Mfesane alleen kon so iets nie behartig nie en die ander NGO’s wat onder die blindes gearbei het, het glad nie kans gesien om so 'n reusetaak aan te pak nie. Alle oë was gevolglik gerig op Mfesane. Almal het alle moontlike morele steun aangebied, maar meer kon hulle nie doen nie. Wat nou?

Met die aanmoediging en hulp van prof Theo Pauw het ons twee die voortou geneem. Maar Mfesane moes ten volle in so 'n stap geken word. En dit was geen maklike taak nie.

Veral van die kant van een van die Mfesane-direksielede was daar sterk teenstand. Mfesane se hande is reeds oorvol, geen nuwe uitbreidings behoort aangepak te word nie. By die bestaande organisasies is daar nog groot leemtes. Ons moet liewer ons aandag

51 Versprei die lig

104

Page 105: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

dááraan wy en hierdie nuwe projek wat die Nasionale Raad baie graag op ons skouers wil laai, nie aanvaar nie. Dit kan die einde van Mfesane as organisasie beteken.

Baie ernstige beraadslaging het hierop gevolg. Almero het my uitdruklik gewaarsku: “Oom André, as jy die saak druk, gaan Mfesane skeur.” Ek het toe beloof om my uit die geskil te onttrek en net die leiding te neem as voorsitter. Ons het die hele dag gekonfereer en uiteindelik is besluit: Daar moet voortgegaan word met die projek!

Dit was die geboorte van Khanyisa Skool vir Blindes. Maar baie sweet en worsteling moes nog volg voordat iets tot stand gekom het. Een van my getrouste ondersteuners was, soos reeds genoem, prof Theo Pauw. Baie jare lank het hy Khanyisa op die hart gedra en al sy baie invloed, ook as Voorsitter en latere President van die Nasionale Raad vir Blindes gebruik om Khanyisa nie net te help oprig nie, maar deur soveel probleemsituasies te help uitlei en te versterk. Op 7 Julie 1984 open Khanyisa se deure, presies 200 jaar nadat die heel eerste skool vir blindes sy deure in Parys, Frankryk, geopen het.

Khanyisa se geboue is stap vir stap opgerig. Elke keer wanneer die behoefte dringend geword het, het die fondse ook na vore gekom. Van waar? Die Departement het natuurlik sy reusebedrag van 95% van die boukoste getrou bygedra, maar met die groot boukoste, veral by Khanyisa waar die grondbodem vals was en die fondamente baie diep gegrond moes word, het dit groot somme vereis. Maar steeds het die Here voorsien. Dit was immers in sy Naam wat alles gedoen is. Mense in nood moes bygestaan word. En daarin het ons wonderlik geslaag, die pogings van sommige ten spyt wat net wou afbreek en selfs beskuldigings van verkeerde handelinge teen die skoolhoof wou inbring. Gelukkig het ons bestuurslede vas gestaan en net altyd weer gesê: “Mense in nood moet gehelp word en daarom moet daar streng dissipline wees wat kan help om karakters te bou en personeellede kan help deur net hulle beste te gee!"

Maar ook in die Skiereiland … Noluthando Instituut vir DowesDaarby het dit nie gebly nie. Die nood van die dowes het ook in die Skiereiland al groter geword. Vroeër het kinders van hier na Efata gegaan om daar opleiding te ontvang, maar Efata was oorvol en kon nie die groot getalle opneem nie. Gelukkig was ook hier in die swart gemeenskap mense wat omgee, veral 'n dame wat vroeër een van die hoofamptenare by die Provinsiale Departement van Verpleging was, wat jarelank 'n steunpilaar vir ons was en wat ook die werk by Efata waardeer het. Sy en 'n raadslid van die Gugulethu-gemeenskapsraad het die behoefte ingesien saam met die hoofkommissaris van die destydse Bantoesake. Hulle het alle moontlike ondersteuning beloof en was gewillig om te dien in 'n voorlopige komitee.

Mfesane het die aangeleentheid goedgunstiglik aanvaar en ons kon grond wat toe al skaarser begin word het, reserveer. Dit moes egter dadelik omhein word, anders sou die plakkers dit beset, en dan sou ons dit moes prysgee. Gelukkig was daar vriende wat dadelik gewillig was om te help.

Ek onthou nog dat ek die aand nadat ek gehoor het van die plakkerbedreiging vir ons ou sendingyweraar, mev Bethel Muller, geskakel het of sy sou help. Nog dieselfde aand kom die antwoord: “Gaan maar voort.” Dit het gehandel om 'n reusebedrag! Elke keer as die nood op sy hoogste was, het die Here voorsien.

105

Page 106: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

'n Naam moes gevind word vir die nuwe skool. Daarvoor is 'n kompetisie uitgeskryf. Die wenner het met die naam Noluthando vorendag gekom: Sy wat liefhet. En dit sou waarlik 'n skool wees waar mense, veral dowes tot vandag toe, die liefde van die Here sou ondervind.

'n Wonderlik-begaafde hoof is aangestel, naamlik Richard Nieder-Heitmann, ook bekend as Buka en seun van die bekende Norman Nieder-Heitman wat sélf die soortgelyke, groot Kutlwanongskool vir Dowes naby Rustenburg in die Wes-Transvaal vir vyf en twintig jaar beman het. Daar tussen die dowes het Buka as kind sy tweede taal aangeleer, die gebaretaal van die dowes. En dit kon hy nou ten volle gebruik. Nie net vir die dowe kinders was hy 'n toevlugsoord nie, maar ook vir die volwassenes. Eers is die kinders in tydelike geboue gehuisves wat voorheen die eerste voorlopige hospitaal in Khayelitsha was. Alles was baie primitief totdat die begroting van die Departement bouery moontlik gemaak het. Alles het geleidelik in plek geval en die trotse geboue van Noluthando, die moeder van die dowes, kon opgerig word.

Baie gou het oudleerlinge van Efata hier woonagtig, hulle rondom Buka vergader en na hom opgesien om hulp. Vir hulle moes ook voorsiening gemaak word. En toe herhaal 'n proses wat by Efata begin het hom weer: Werk moes gevind word. Die dowe kinders moes nie net getoon word dat hulle nie verstotelinge van die gemeenskap is nie, hulle moes werk kry. Hulle moes trots wees dat hulle mense is, dat die Here ook vir hulle 'n lewensdoel het.

Daarvoor was Buka net die regte man. Daar is nie net alleen in die skool begin met allerlei vakkundige rigtings soos houtwerk, bouwerk, kleremaak en selfs haarversorging nie, maar veral vir die volwasse dowes is projekte aangepak. Mfesane het die nodige fondse verskaf ten opsigte van materiaal, ensovoorts. En baie gou is 'n bougroep gestig wat huise sou oprig. Dit het saamgeval met die regeringsprojek van 'n basiese toelaag van R15 000 vir grondwerke, eiendomsreg en oprigting van geboue.

Maar hoe? 'n Begin is gemaak om vooraf vervaardigde sementpilare te vorm en beskikbaar te stel waarmee die mure binne 'n dag opgerig kon word wat later afgepleister kon word en dien as stutte vir die dak wat bo-op kom – 'n sterk gebou, opgerig teen 'n bekostigbare prys. 'n Hele werkspan is so saamgestel en mense kon ‘n toekoms tegemoet gaan. Honderde wonings is op dié wyse opgerig. By Mfesane, wat intussen na die Kaap vanaf Kingwilliamstown verskuif het, was Almero Cloete steeds werksaam as leidende figuur. Hy het alle moontlike ondersteuning aangebied.

Al die geboue is geleidelik by Noluthando as inrigting opgerig, nou onder beheer van die Noluthando Instituut wat toesig en beheer hou oor al die projekte en dit aanhelp waar moontlik. Nie alleen die skool nie, maar ook die boubedryf is verder ontwikkel. Twee groot geboue is juis daarvoor daargestel waar die nodige bedrywe hulle plek sou vind en uitgebou word.

Madiba wy die geboue inIn 1998, tien jaar nadat die eerste fondamente gelê is, was die skool en ander geboue nog nie amptelik ingewy nie. Wie moes die plegtigheid verrig? Vir my was daar net een persoon: Madiba. President Mandela, moes genader word. Vir hom het ek leer ken in die jare toe ek kapelaan op Robbeneiland was. Nadat hy reeds Staatspresident was, het ek hom weer ontmoet toe hy vir my en Rina vir 'n ete aan sy ampswoning, Genadendal,

106

Page 107: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

uitgenooi het. Ek kry verlof van die nodige instansies om hom te vra en hy stem dadelik in om te kom.

Dit het groot kopkrap gekos om al die reëlings te tref. In geen omstandighede moes die terrein oorstroom word nie. Alleen kaartjiehouers sou toegelaat word. Onder leiding van Buka Nieder-Heitman is al die planne opgestel, al die regeringswagte toegelaat en op 3 Junie 1998 is die koms van die President ingewag. Die gaste het in netjiese rye stoele buite op die terrein gesit en die weer het pragtig saamgespeel. Ek en Rina en ander hoogwaardigheidsbekleders, onder meer ook mnr Lucas Olivier, die burgemeester van die Tygerberg, die stadsgebied waaronder Khayelitsha resorteer, moes hom by sy ampsmotor gaan ontmoet vir 'n geleide toer deur die skool. Maar voor hy gaan sit, wyk hy af van die program, want hy wil ook eers my kinders en kleinkinders wat aanwesig was, ontmoet. Vir hulle was dit ook 'n onvergeetlike oomblik. Daarna kon sy toespraak gevolg.

Na afloop van die verrigtinge was daar genoeg vir almal om te eet. Alles was presies gereël en het mooi ordelik afgeloop. Dit was 'n groot dag in die bestaan van Noluthando en Mfesane!

Intussen in Port Elizabeth … Maar Mfesane se uitbreiding het nog nie tot 'n einde gekom nie. In Port Elizabeth het nog twee inrigtings bygekom, naamlik Nonwabo Skool vir serebraal- en fisiek gestremde kinders (1983), en Reuben Birin Skool vir Gehoorgestremdes. Laasgenoemde skool is in 1971 gestig en is in 1993 deur Mfesane oorgeneem vir sy verantwoordelikheid. Daarmee was daar nie minder nie as sewe groot inrigtings vir gestremdes onder beheer van Mfesane.

Ongelukkig het daar spoedig daarna 'n verandering gekom toe die regering besluit het om alle inrigtings vir gestremdes oor te neem en direk onder sy beheer te plaas. Die vorige eienaars sou alleen as trustees kon optree, met 'n enkele verteenwoordiger in die onderskeie besture. Die ander lede sou almal deur die Departement aangewys word.

Ons het dus nog steeds 'n belang by hierdie wonderwerke van die Here, maar ongelukkig slegs gedeeltelik. Ons kan net hoop en vertrou dat die werk sal voortgaan, beplan en gegrond op die Here self en sy wil, naamlik om gestremdes op te hef. Intussen het die uitvoerende direkteur van Mfesane steeds sittingsreg in al die besture. Die onderwys en die ondersteuning van gestremdes was egter nie die enigste rigting waarin Mfesane sy kragte en talente gewy het nie. Die werksaamhede van Zipha het ek reeds genoem, te wete die fabrieke by Dimbaza en die wonderlike wyse waarop aan werkloses 'n heenkome geskenk is. Dié is egter almal uiteindelik verkoop om die aandag te wy aan verdere behoeftes.

Zenzele52 Opleiding en Ontwikkeling, KhayelitshaSedert die oorplasing van Mfesane in 1988 na Kruispad, Kaapstad, is daar ook in ander rigtings ingeslaan. Daar is veral aandag aan kinders geskenk en verskeie klein projekte is begin waar kinders en ook afgeleefdes versorg kon word. Dit gaan nog steeds voort.

Maar veral noemenswaardig is die wonderlike pogings van Carel le Roux by Zenzele in Khayelitsha.

52 Doen dit self

107

Page 108: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Hy het by ons aangesluit nadat hy my genader en sy hulp as pottebakker aangebied het wat dadelik met dank aanvaar is. Aangesien hy ongetroud was, was dit maklik om hom na Kingwilliamstown te verwys waar Almero gewoon het.

In die`Oos-Kaap waar hy jare lank werksaam was, het hy hom toegespits op sy eie vakgebied, naamlik pottebakkery. 'n Florerende werkswinkel is opgerig wat in pottebakkery gespesialiseer het, naamlik Kumkhani. Markfaktore het dit egter laat kwyn. Hy het dit later self bedryf, maar moes dit uiteindelik verkoop. 'n Naaldwerkklub is ook begin wat later uitgebrei het om klere te vervaardig. Dit is vandag 'n onafhanklike organisasie met sy eie bestuursraad. 'n Groot groep mense is op die wyse gehelp om hulle eie brood te verdien.

Toe Mfesane Kaap toe verskuif is hy ook saam waar hy in 1988 met Zenzele begin het. Carel het dadelik sy aandag begin skenk aan die opleiding van en werkverskaffing aan werkloses. Sy Zenzele-organisasie is nou nog daarby betrokke en brei steeds uit.

Carel is intussen aangestel as besturende direkteur van die Noluthando Instituut alwaar hy beoog om wat hy so wonderlik by Zenzile reggekry het, ook daar vir die dowes te verrig.

Teleurstellings was daar ookNa die ineenstorting van Efata Nasorg in die neëntigerjare moes alles daar verkoop word. Die skuldlas was so enorm dat enige poging tot die terugbetaling daarvan en om nuwe lewe in die Nasorgprojekte in te blaas, heeltemal futiel was. Om alles te kroon het die leiding aldaar onder aanvoering van een van ons inheemse leraars, en wat alle reëls eenvoudig geïgnoreer en nooit die nodige verslae ingedien of kennis gegee van vergaderings nie, alle hoop op herstel onmoontlik gemaak. Dit was letterlik chaos. Die gevolg was dat die direksie van Mfesane verplig was om streng op te tree en alle moontlike finansiële bydraes te stop. Aan alle skuldeisers is laat weet dat hulle op eie risiko verdere hulp aan Efata Nasorg sou verskaf. Ook die bank is op soortgelyke wyse gewaarsku. Vergaderings is gereël sonder verdere raadpleging met die plaaslike bestuur omdat hulle van samewerking in dié verband niks wou hoor nie. Noodgedwonge is besluit dat Efata Nasorg bankrot verklaar moes word.

Voordat dit gebeur het, het die Zenzele-bestuur besluit om in te gryp en te probeer red wat te redde was. Hulle leiers was gevolglik teenwoordig by die bankrotvendusie en het aangekoop wat hulle kon met die fondse tot hulle beskikking, met die doel om iets soortgelyks weer op te rig onder leiding van die Zenzele-organisasie. Gevolglik is daar weer iets kleins opgerig. Sekere projekte is deur buitestaanders aangekoop, maar iets is ten minste daargestel om aan gestremdes en ander werkers wat hulle bereid verklaar het om te werk, 'n toekoms te bied. Hoewel klein is daar weer 'n heenkome vir veral die afgestudeerdes by die Efataskool vir Blindes en Dowes. Aan hulle is weer 'n verdere oppleidingsgeleentheid gebied.

Zenzele, 'n ligpunt in die donkerSoos reeds genoem, is Zenzele steeds besig om uit te brei. Hulle is in Kaapstad hoofsaaklik betrokke as opleidings- en werkskeppingsorganisasie. Waar pottebakkery vroeër een van die hoofrigtings was, het daar nou baie ander rigtings bygekom. In enige

108

Page 109: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

lonende werkrigting word probeer om opleiding te verskaf Die hoofklem by Zenzele is seker tans op die klerevervaardigingsbedryf. Nie alleen word kandidate daarin opgelei nie, maar diegene wat voel dat hulle op eie bene kan staan, word aangemoedig om saam met ander, klein ko-operatiewe groepe te vorm en hulle eie werksaamhede te ontwikkel.

Om werk aan almal te verskaf wat in daardie rigting opleiding ontvang, word werkskontrakte met groot besighede aangegaan om hemde en ander benodigdhede te vervaardig vir die algemene mark. Daarin word besonder goed geslaag. Carel le Roux is nie alleen 'n harde werker nie, maar 'n persoon met visie wat enige moontlike gaping vat om sy doel te bevorder, d.w.s. om die werklose swartmens rigting in die lewe te gee en 'n toekoms aan te bied. Onderliggend hierby is sy diepe godsdienssin wat hy prakties daagliks uitleef en openbaar. Gevolglik is Zenzele 'n ligpunt in die donker en ontvang hy ook erkenning daarvoor by wyse van skenkings uit die onverwagste oorde. Persoonlik beskou ek Zenzele as dié groot ligpunt van Mfesane, hoewel ook in ander rigtings probeer word om die Boodskap van Liefde prakties uit te leef.

ToekenningsIntussen het ek in 1987 die Dekorasie vir Voortreflike Diens (Klas: Goud) van die Staatspresident, mnr P W Botha, in Tuynhuys ontvang vir my werk op die verskillende terreine van my werk.

Maar wat vir my met die diepste vreugde en dankbaarheid vervul het, was die aand van 3 Desember 1987 tydens 'n onthaal in Seepunt, Kaapstad, toe ek die hoogste eerbewys van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Blindes, naamlik die R W Bowen-medalje, ontvang het. Dit was een van die hoogtepunte van my lewe.

Ook van Mfesane het ek 'n pragtige oorkonde ontvang, asook lewenslange erelidmaatskap.

Op die tuisfrontIntussen het ons ouer geword. Tuis het ons gedoen wat ons kon en die steeds uitbreidende swartgebiede bearbei so goed ons kon.

Wat die Kerk betref was my jaar as Moderator van die Algemene Sinode verby en na my is dsTema tot Moderator verkies. Ook op provinsiale vlak het ek kennis gegee dat ek nie weer beskikbaar sou wees vir herverkiesing as moderator nie en is Jaap Durand in die hoedanigheid verkies met 'n nuwe span. Die Algemene Sinode het destyds in die vroeë sewentigerjare in Noord-Transvaal plaasgevind, anderkant ons ou sendingstasie van die Hofmeyrs, naamlik Kranspoort. Ewald is daarheen verplaas as bosbouer toe ons nog op Saulspoort was en ons het hom van daar gaan besoek, daar teen die Soutpansberge.

Eddie was tydens die Algemene Sinode ook vir die eerste keer as een van die verteenwoordigers van Noord-Kaap, Phororo-sinode, teenwoordig. Eendag het die Kommissaris –Generaal van die Venda-gebied ons sinode genooi na sy hoofkwartier en ons rondgeneem. Dit is 'n mooi wêreld. Daar naby is 'n heilige meer waarin op gesette tye jong vroue vir die wit krokodille gegooi is om hulle te vereer.

Ons het baie oulike sendelinge daar gehad wat destyds met die groot sendingoplewing, toe ook die Trans- en Ciskei oorvloei is van werkkragte, hulle daar beskikbaar gestel het en diepe ingang gevind het. Daar was nog 'n groot heidendom

109

Page 110: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

nieteenstaande die groot werk wat die Berlynse Sending daar verrig het. Ook die Gereformeerdes het destyds 'n sendingstasie in Vendaland opgerig. En ons hier onder in die Kaap het ook 'n Vendagesin gehad wat voorlopers in die gemeente was, eers daar in die Elsiesplakkersgebied waar ek na die Van Riebeeckfees in 1952 'n houtkerkie opgerig het en 'n ywerige gemeentetjie ontstaan het totdat hulle na Gugulethu verskuif is. Dit net terloops.

Rini en Eddie het intussen altwee hulle lewenstake aangepak, Rini op Upington in die onderwys en Eddie wat intussen met 'n studentemaat, Ralena le Grange, getroud, as sendeling op Barkly-Wes. Rini het na agtien jaar in die onderwys in 1982 van beroep verander en aangesluit by die Teksversorgingsdepartement van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika en vanjaar in 2001 na neëntien vervullende jare met pensioen afgetree. Dit is vir my baie amusant om 'n afgetrede dogter te hê!

Eddie was sedert 1968 sendeling op Barkly-Wes. Daar het ons hulle herhaaldelik besoek. Die eerste keer was in 1970 toe ons eerste kleinkind en my naamgenoot, André, gedoop is. Hy sou Andreas genoem word, het hulle albei gesê. Maar toe 'n ou oom kort daarna vra: "En hoe gaan dit met Sagarias?" het hulle besluit, nie meer Andreas nie, maar André! Klein André het later nog twee boeties, Fritz en Pieter, en 'n sussie, Reinette, bygekry op wie Oupa en Oumie baie trots was en is.

Die volgende besoek was toe sy kerke ingewy is. Hy het naamlik op Barkly-Wes met die hulp van sy blanke vriende en die gemeente Barkly-Wes twee pragtige kerke daar opgerig, een vir sy eie NGKA-gemeente en een vir die Sendingkerk. Hoe hy dit alles reggekry het, weet ek nie, maar hulle staan nog daar en vertel van sy ywer. In Noord-Kaap waar Victor du Plessis later Moderator geword het van die streeksinode Phororo, NGKA-sinode, het hy baie nou saamgewerk met die sendelinge daar en groot invloed uitgeoefen.

Hy het gou goeie vriende gemaak met 'n paar gesinne wat hom baie ruim ondersteun het. Dit bly ook vir my een van daardie vaste bewyse dat, as die Here vir jou 'n visie gee en jy jouself gewillig verklaar om gehoorsaam te wees, bly niks onmoontlik nie, want die Here se belofte bly steeds staan:"Groter dinge as hierdie sal hulle doen." God bly getrou en die "vee op duisend berge" is steeds Syne.

Na oom Koot aftrede het Paarl, Stellenbosch en Grabouw vakant geword. Ek het aan die Sendingkantoor voorgestel dat hy gevra word om hierheen te kom. Hy is toe ook verplaas en bevestig as sendeling van genoemde gebiede. Hy was altyd 'n besonderse werker met besonderse gawes.

Na enige jare in die Paarl-Stellenbosch-Grabouw-sendinggroepering is hy toe afgesonder om net aandag te gee aan Mfuleni, een van die swartdorpe waar veral die werkers van Kuilsrivier, Strand en Somerset-Wes woonagtig was. Daar het hy ook gou ingang gevind en met behulp van 'n paar ywerige kerkraadslede en met veral die ondersteuning van baie blanke vriende 'n inrigting daargestel vir weeskinders, naamlik Masigcine-Kinderhuis.

Oral oor die Skiereiland het swart moeders van hulle nuutgebore kinders op die onmoontlikste plekke weggesteek of eenvoudig net neergesit. Die kindertjies is almal byeengebring en so goed versorg as wat hy en sy medewerkers daartoe in staat was. Bygevolg moes 'n baie doeltreffende gebou opgerig word waar almal gehuisves kon word. Die gebou is in 1989 ingewy.

110

Page 111: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Intussen het die blanke ringe van Kuilsrivier en Hottentots-Holland hom beroep as hul eie sendeling en kon hy aldaar opereer. Die staat subsidieer die inrigting, maar 'n groot deel van die benodigde fondse kom vanuit die Moederkerke in die omgewing en van privaat individue. Die Here se seën rus op die Kinderhuis vir wese en verwaarloosde kinders. Selfs tans waar hy nie meer vir daardie gebied verantwoordelik is nie, is hy en die wit matrone steeds die leidende figure wat sorg vir die goeie orde en benodigde fondse. So word word kindertjies sonder toekoms, baie van hulle ook vigsslagoffers, daar bygestaan.

Erica is in 1975 met my skoonseun, Johann Benkenstein getroud. Hy het later staatsprokureur in Kaapstad geword en hulle woon in Stellenberg. Hulle het mettertyd gesorg vir drie pragtige dogters, Karen, Marike en Andrea.

Mfuleni en LwandleMfuleni se kerkie en pastorie het ekself nog laat oprig, baie eenvoudig, maar 'n plek waar die Here gedien kan word. Omdat dit te klein geword het, is dit later vergroot, en bedien die gemeente Mfuleni die gemeenskap en 'n lewende groepie wat die Here probeer dien.

Op Mfuleni het Rina ook nog weer haar plek volgestaan, en toe ons vandaar vertrek en dit aan Eddie se sorg oorhandig, was daar ook 'n aktiewe manyanogroep. Nêrens waar ons gewerk het, het sy nie 'n aktiewe groep vroue agtergelaat wat elke Donderdag bymekaargekom het om die Here te dien nie.

Vanaf Mfuleni is Eddie verskuif na Lwandle naby die Strand en Gordonsbaai, waar ons voorheen ook jarelank 'n teenwoordigheid getoon het. Maar dit was 'n moeilike gebied met nuwe probleme en 'n volksgroep wat moeilik te bearbei is. Maar Eddie het getoon watter talente die Here aan hom toevertrou het, want daar het hy uit feitlik niks 'n bloeiende gemeente opgebou met al die nodige fasiliteite, selfs 'n winkel waar gebruikte klere te koop is.

Daar was geen kerkgebou nie en daar waar ons vroëer onder bome of in 'n busskuiling diens gehou het, het ons net 'n handjievol luisteraars gehad, terwyl die seuns dikwels voetbal in die straat voor ons gespeel het. Ons moes hulle eers tot orde roep voordat ons kon voortgaan met dienste. Maar kort na Eddie se oorname daar het hy begin beplan om 'n kerkie te bou. 'n Terrein daarvoor is verkry en veral die Moedergemeente van Strand-Noord het groot belangstelling daarin getoon. Nie lank daarna nie is 'n begin met die bouery gemaak.

Van oral uit Somerset-Wes en die Strand het lede en aanhangers van die NGKA na die kerkie gekom. Dit was dan ook nie lank nie of die kerk was te klein. Intussen is ook kinderversorgingsgroepe gevorm wat bedags van die werkers se kinders versorg het en al groter belangstelling in die gemeenskap gaande gemaak het.

Die kerkie is vergroot en die gemeente het met rasse skrede vooruitgegaan. Veral ook die koor het daartoe bygedra. Reeds in Mfuleni het Eddie sy kerkkoor saamgeneem wanneer hy in wit gemeentes moes optree. Met hulle steeds verbeterende sang en mooi kleredrag het hulle baie aandag getrek. Met sy ondersteuning was van sy koorlede aldaar van die eerste lede van die Libertaskoor wat die eerste keer as gemengde koor in 1989 in Stellenbosch opgetree het.

Vandag is die posisie in Lwandle so dat die kerk al weer te klein geword het, dat 'n besonderse koor wat baie aandag trek, steeds groei en dat die manyano al aktiewer

111

Page 112: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

word. Lwandle het 'n selfstandige gemeente in 'n kort tydjie geword en het die potensiaal om nog steeds te groei.

Millsstraat 26Ek wil ook graag die een en ander vertel van ons geliefde woning te Millsstraat 26, Strand. Toe ons besluit het om af te tree, maar nog steeds behulpsaam in gemeentes was, het met verlof van die Ring, het ons twee gesels oor waar ons sou wou woon. Ek het gedink aan Bellville. Dit is mos 'n hoofsaaklik Afrikaanse gebied. Maar Rina het gevoel ons moes Strand toe ry en kyk of ons daar 'n geskikte woning kon bekom.

'n Hele dag het ons daar van die een huis na die ander gery en hulle almal deurgekyk. Nêrens kon ons iets na ons smaak vind nie. Ek wou ook graag hê dat sy tevrede met ons keuse moes wees. Daardie aand was ons pootuit gesoek. Wat nou? Ons besluit om maar later weer te probeer.

Maar eers moet ek 'n ander draai gooi en vertel van groot vriende wat ons in die Strand gehad het van wie ek nog niks geskryf het nie. Jack Heydenrich en sy vrou. Hulle was van Crawford, lede van die Lansdownegemeente waaraan ons behoort het omdat Sybrandpark daaronder geval het. Ons het oor die jare baie met hulle te doen gehad, net soos ook met die Kleynhanse op Sybrandpark. Beide het 'n eie algemene winkel in Rondebosch en Mowbray gehad. Die twee het saam met die oorspronklike eienaar van Clicks groot hoeveelhede aangekoop sodat hulle pryse kon afbring en terselfdertyd hulle winkels kon laat groei. Hulle was ook die eerste groep in die Kaap wat, in navolging van die supermarkstelsel in Amerika, hulle kruidenierswinkels ook so ingerig het. Al drie het vorentoe geboer van klein winkeltjies tot groot sakeondernemings. Jack het later sy besigheid in Rondebosch verkoop en Strand toe getrek. Ook die Kleynhanse het hom later na 'n ander gebied gevolg. Jack het geweet dat ons huis soek en as een van die direkteure van die Strandse tak van Boland Bank het hy geweet wat in die huismark aangaan.

Op 'n goeie dag skakel hy ons – ons woon toe nog in die sendingpastorie te Kingfisher Walk 4, Pinelands. Jack sê vir my dat hy die huis gekry het wat ons soek – in Millsstraat. Dit lê mooi sentraal, digby die stasie, die Moederkerk, die biblioteek en winkels. Daar was ook 'n mooi, groot tuin, iets waarin ek baie belang gestel het. Ons ry dadelik Strand toe en die huis geval my dadelik; Rina het 'n mate van huiwering oor die groot tuin. Maar ons sal ook die kinders se opinie vra. Die kinders kom ook kyk en sê: "Pa, koop." Dit was makliker gesê as gedaan. Dr Roux wil R35 000 daarvoor hê en my gratifikasie van die sending skiet net tekort. Ook die Sendingkommissieverteenwoordiger meen dat ons 'n bietjie te hoog skiet. Maar ons besluit om te koop as dr Roux met ons aanbod van R33 250 tevrede sou wees. Hy stem in en daarmee word dit ons huis. Ons moes nog 'n jaar in Pinelands aanbly en kry intussen huurders.

Intussen kry ek van vriende 'n paar stokke van die katobadruif. Ek het hulle agterin die erf langs 'n heining gaan plant en hulle groei dadelik. Toe ons na 'n jaar ons intrek daar neem, kon ek reeds 'n tydelike prieel prakseer, wat ek later verbeter het. Tot Rina se misnoeë was daardie agterste deel van die tuin nie alte netjies nie, en doop sy dit ook terstond "Cross Roads". So het ons huisgesin dit al die jare genoem. Daardie tweede jaar het ons in "Cross Roads" reeds druiwe geoes. Vandag, twintig jaar later, is dit 'n digte prieel. Eienaardig genoeg is die veragte druifsoort juis die een waarvoor Rina die liefste was, en wat baie jarelank ons lekker laat eet het met oorgenoeg om van weg te gee.

112

Page 113: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Vanjaar het my buurvrou by Serenitas, wat 'n ywerige tuinier is, 'n paar van die stokke teen ons heining hier geplant en so is ek nog altyd naby my ou prieel!

Ons het in ons een en sestig jaar van saamleef, saamsukkel en saamwerk nêrens langer gewoon as in Millsstraat 26, Strand, nie. Rina het keer op keer gesê ons sal nooit die huis verkoop kry nie. Daar was net een garage en die huis het in die middel van twee groot erwe gestaan. Niemand sou dit wou hê nie. "Nou ja, wat daarvan?" was altyd my antwoord. "Ek wil ook nie verkoop nie en wat agterna gebeur, kan ek my nie oor bekommer nie, hulle moet my maar hier uitdra."

Die tuin was my plesier. Twee groot erwe langs mekaar. Ek wou altyd graag 'n kleinhoewe besit en ons het op een tydstip amper een op Bloemfontein gekoop. En hier het die Lieweheer vir my my eie "plot" gegee! Groente was daar genoeg. Onder langs "Cross Roads" het die groot ou akkerboom gestaan waar ek af en toe vleis kon braai. Hout oorvloedig langs die heining wat ons later met houtsparre vervang het, en natuurlik vrugtebome. Ek het nog heelwat tot hulle bygevoeg. 'n Heerlike lemmetjieboom wat dwarsdeur die jaar, soms baie, soms minder, die heerlikste vrugte gedra het. Ek het ook nog 'n pruimedant aangeplant wat einde Desember 2000, 'n maand na ons vertrek na Serenitas, vol pruimedante gehang het. Aan die krismispruimbome was elke jaar teen Kersfees 'n oorvloed pruime ryp. Daarvan was daar twee bome – massas vrugte, te lekker. Rina het hulle altyd besonderlik geniet.

Maar dan die vyebome. Kan 'n mens hulle ooit vergeet! Ons het weggegee soveel ons wou. Veral die een groot boom langs die huis het eindeloos gedra. Voorvye was altyd baie gewild. Die vriende wou groenvye kook. Ek het gesê: Goed, maar net waar daar tweelinge is. Want die meeste takke het langs die dratakkies twee vye aangehad.

"Wat kos dit?" vra hulle vir Rina."Jy kan vir my 'n botteltjie gekookte vye bring." So het ons altyd genoeg daarvan

gehad. Self het ons nie dikwels ingelê nie. Wat ons wel baie gekook en ingelê het, was kwepers. Daarvan het ons massas gehad. Ook koejawels was daar genoeg. Hulle was altyd van die vroegste vrugte. Die een boom het ek vanaf Pinelands verplant, alhoewel dit reeds 'n uitgegroeide boom was. Maar hy het voortgegaan om sy dragte vrugte te dra. Ons het op 'n stadium ook baie papajas gehad totdat ons die oudgeworde bome moes uitkap.

Veral die groentetuin het baie aandag van my gekry. Ek het elke tweede week by Koelenhof Wynery dienste gaan hou en ook langsaan by 'n melk- en groenteplaas. Dan het ek nie net groente soveel soos ek wou hê gekry nie, maar ook vars melk en mis vir die tuin. Asof my eie tuin nie genoeg opgelewer het nie. Ons kinders het later met my dienste gespot. "Pa gaan kerkhou om wyn en melk te kry," want by die Koelenhof Kelders het ek ontvang wat ek wou hê. Nou ja, wyn was nie ons vernaamste drank nie, net as die kinders of vriende kom kuier en daar die een of ander feestelikheid was. Maar dit was aangenaam om te weet dat dit vir my daar was. Tot klein Karen het dit geniet, want daar was baie druiwesap. Met parstyd het die bure saamgedrink aan die mos wat ek saamgebring het. Maar veral die hanepootdruiwe was vir my die hoogtepunt.

Die bure van MillsstraatVan ons bure in die Strand moet ek darem een en ander vertel. Ons het gou met hulle kennis gemaak. My naaste bure links was 'n Hollander met 'n baie kwaai vrou. Aan huweliksprobleme het dit nie kortgekom nie en ons moes dikwels maar net ons ore toedruk. Hy was 'n baie handige man wat ook die sementheining wat ons tuin van die

113

Page 114: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

voorerf afgeskort het, vir my opgerig het. Ek is elke nou en dan na hulle huis ingeroep om vrede te maak. Dan het dit soms breekpunt tussen die twee bereik. Gelukkig het hulle na my geluister en tot bedaring gekom. Hulle is later daar weg en ander kalmer mense het hulle plek ingeneem. Die huis is daarna deur 'n reisagentskap gekoop.

Ook die regterkantste mense het ons goed geken. Voorheen was daar Engelse wat min kontak gemaak het, maar toe het Clem Visser en sy vrou, Sannie, die plek gekoop. Hulle was van Namibië en was baie aangename mense. Nou, lank na Clem se heengaan, sien ons nog af en toe vir Sannie, want sy het 'n woonstel nie ver van ons nie. Clem was beslis die man met die mees praktiese kennis wat ek ooit teengekom het. As oud-boer het hy landbou deur en deur geken, en sy hande het vir alles reggestaan. Enige motor sou hy bydam en amper altyd alles regmaak. Messe- en skêrslyp was speletjies, want hy het self messe van ou staal gemaak en baie goeies daarby. Hy was ook 'n diepgelowige. Hartseer het hy genoeg moes deurmaak, maar ek laat dit maar daar. Waar ons in ons eenvoud kon help, het Rina en ek hulle bygestaan; dit het ons vriendskap verdiep.

En dan was daar natuurlik Piet Marais en sy vrou, Ria. Hulle het ook nou hulle huis verkoop. Toe my rug later sodanig verswak het dat ek nie meer harde werk in die tuin kon verrig nie, het hy die tuin oorgeneem en heerlike groente geplant. Hy, wat so 'n ywerige tuinmaker en blommekweker was, het 'n beroerte-aanval gehad en dit het alles verander. Ons het hom só jammer gekry. Maar hy het in die laaste jaar van Rina se lewe nog gereeld oorgekom en veral met haar gesels en getoon dat hy nog daar is en omgee. Nou na haar heengaan, besoek ek hulle nog herhaaldelik.

O ja, dan is daar ook Clem se opvolgers. Liewe mense, maar heeltemal anders as Clem en sy vrou. Ons gewone jaarbyeenkomste wat ook by ons gehou is, het later sy verantwoordelikheid geword.

Ek moet darem ook nog van Piet Hollander noem; hy en sy vrou vergeet ons nie. Sy was kleinkoekiebakster by uitnemendheid. Hy het vroeër by Gants se plaas in hulle kantoor gewerk en baie vrugte huis toe gebring wat hulle rojaal uitgedeel het. Ons het dikwels koekies by hulle gekoop. In hulle erf staan 'n reuse-avokadoboom met yslike, ronde vrugte wat laat ryp word. Daarvan het ons ook gereeld gekry. Soms het hy ons lang leer kom leen om die boonste takke by te kom. Dan kry ons ook weer daarvan.

En wat van Henry Hopkins, ons ou posmeester en sy vrou wat verpleegster is en altyd bereidwillig was om te help. Henry was veral vaardig met houtwerk en het ons ook van tyd tot tyd gehelp. Almal liewe kerkmense.

Ook die ander wyksmense wat ons vergaderings bygewoon het, was baie aangenaam. Mej. Swart, oudonderwyseres van die Pionierskool vir Blindes op Worcester, het die huis regoor ons gekoop en later daar ingetrek. Sy was baie gasvry en behulpsaam en 'n vrywillige gemeentewerkster wat baie vir ons wyk beteken het. Sy was eintlik ons diaken en ouderling en wat nie nog alles nie!

In 1994 het my rug my sodanig begin opkeil dat ek na die Provinsiale Hospitaal in Somerset-Wes moes gaan. Vandaar word ek oorgeplaas na die Groote Schuur-hospitaal waar ek al die ondersoeke moes ondergaan, tot deur die tonnel. Toe sê die chirurg: Operasie! Gelukkig het alles goed afgeloop alhoewel ek agterna baie swak was. Rina en die kinders het my getrou besoek. Aanvanklik was die versorging nie na wense nie totdat ek na 'n afsonderlike saal oorgeplaas is.

Later reël Rina toe dat ek oorgeplaas word na die siekeboeg by Huis van Niekerk in die Strand waar ek baie goed versorg is totdat ek weer self oor die weg kon kom. Toe

114

Page 115: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

ek deur die hospitaal ontslaan is, vra ek wat my rekening is. "Niks nie," kom die antwoord. Tot vandag toe nog kan ek dit nie begryp nie, maar selfs met verdere navrae was daar geen ander antwoord nie. So het die Liewe Heer ook daar gesorg. Die ou rug pla nog steeds, maar baie minder en 'n mens leer om daarmee saam te leef.

Afskeid aan ons geliefde BuffelsbaaiDie kinders het voor Rina se siekte by ons aangedring dat ons in 'n kleiner huis moes intrek. Twin Palms is genoem, daarvoor het ons geen kans gesien nie. Hoekom in 'n ander huis is? Ek het altyd gesê: "Hier moet julle my uitdra."

Ons wou nie graag ons geliefde strandhuis in Buffelsbaai verkoop nie. Maar as die Here die pad oopmaak, ja, dan goed. En so het dit dan ook gebeur. Ons vriende van Bloemfontein, die Sonnekusse, wat die onderste deel van die huis gereeld gehuur het, wou daardie deel van die huis aankoop, maar sy prys was onrealisties en dit is laat vaar.

Uit die bloute kom 'n huisverkoopster by ons aan en vra wat ons wil hê vir die huis. Ek sê toe dat ons nie aan verkoop dink nie, maar noem 'n baie hoë prys. Sy is daar weg en na 'n tydjie kom sy terug met 'n aanneemlike aanbod.

Intussen het ek oud geword. Vakansietye was van die begin af my reparasietyd daar; veral die mure moes altyd oorgedoen word waar die klammigheid die verf laat afdop het. Dit was altyd lekker vir my om na die eiendom om te sien en dit op te knap. Veral binne-in het die een kant se mure baie las gegee. Ek dink toe daaraan om daardie dele met houtpanele toe te bou. Gelukkig het die Thesensaagmeule baie tweedehandse planke gehad, net wat ek wou hê. Ek was hulle mooi skoon en hulle is so goed soos nuut. Toe dit klaar was, het dit pragtig gelyk.

Ook in die boonste verdieping het ek toe dieselfde gedoen en later ook in ons slaapkamer in Millsstraat 26 waar ek 'n soortgelyke probleem gehad het. Dis 'n groot verbetering en lyk mooi en deftig.

Ons het dertig jaar lank met vakansie na Buffelsbaai gegaan en ons kinders en vriende daar ontvang. Maar toe kom die huisagent met 'n aanloklike aanbod. Wat nou gedaan? Daaroor gebid. Erica het baie gehuil, ons moenie verkoop nie. Sy en Johann het mekaar daar op die strand ontmoet. Die ander kinders het niks daarteen gehad nie. As ons verkoop, sou ons hulle met hulle huise kon help, veral vir Eddie wat toe van Kuilsrivier na Somerset-Wes getrek het en 'n huis moes koop. Ons sou hom in staat kon stel om 'n mooi huis te koop wat hy aan ons kon afbetaal. Erica en Johann kon gehelp word om hulle huisverband aansienlik te verminder, en Jojo om die verband op haar woonstel af te betaal. Dit was reg so; ons het geglo dat dit die pad van die Here was. Ek sou nie onbepaald kon aanhou om na alles om te sien nie. Buffelsbaai is toe in 1995 met groot hartseer verkoop.

Van Rina se operasies het ek nog niks verhaal nie. Sy het maar haar lewe lank 'n problematiese gestel gehad en moes van tyd tot tyd hospitalisasie ondergaan. Selfs toe ons nog op Saulspoort woonagtig was, moes sy 'n lang tyd in die Pretoriase hospitaal lê met 'n rugprobleem. Ook toe ons Kaap toe gekom het, het die dokters herhaaldelik gedreig om te opereer.

Eenkeer, veral, het sy baie siek in die Volkshospitaal gelê. Dit gaan toe geleidelik beter en intussen moes ek na 'n Algemene Sinodale Vergadering in Noord-Transvaal gaan. Die dokters verseker my dat daar geen rede is waarom ek nie kon weggaan nie. Ek het egter tot op die laaste oomblik gebly en is toe per vliegtuig na Johannesburg en van

115

Page 116: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

Pretoria per motor na Soutpansberg. Rina was hartseer dat ek haar siek agtergelaat het, en dit was ook die enigste keer dat ek dit gedoen het, maar ek het geen ander keuse gehad nie. Ek was destyds nog dienende Moderator van die NGKA se Algemene Sinode. En dit was die laaste keer dat 'n blanke Moderator verkies is. Sedertdien het ek my geleidelik teruggetrek van die leiding van die Kerk en op ons plaaslike omstandighede gekonsentreer. Dit was juis die jare toe Mfesane en sy skole meer en meer van my tyd in beslag geneem het. My skryfwerk en reise het toegeneem, maar gelukkig het die departement met die ontwikkeling van gestremde onderwys toegelaat dat ons oral per vliegtuig reis. Dit het oneindig baie tyd gespaar, want ek kon binne een dag uit en tuis wees, maar dit was 'n vermoeiende tyd wat al my aandag in beslag geneem het.

Ons laaste trektog - na SerenitasIntussen het Rina se gesondheid nie verbeter nie. Na haar eerste hartaanval in Mei 2000 en haar terugkeer huis toe, was sy baie, baie swak. Dr Wellmann, die internis, het vir my aangedui dat sy baie swak was en dat net omtrent 'n kwart van haar hart se funksie oorgebly het. Eddie praat toe weer en veral toe 'n tweede aanval volg, vra hy of hy 'n kennis van hom verlof kan gee om as huisagent op te tree om ons woning te verkoop. Ek sê: "Goed, maar geen deurloop deur die huis nie; slegs op afspraak kon hy mense bring." Hy verbind ons toe vir twee maande. Rina twyfel nog altyd of ons ooit 'n koper sou kry. Nou ja, dan bly ons eers aan, niemand jaag ons nie en met Catherine, ons getroue bediende van meer as twintig jaar en myself sal ons deurkom.

Die agent bring 'n paar mense, maar slaag nie daarin om 'n koper te kry nie. Na die twee maande verby is, bring ook ander agentskappe mense op afspraak aan. Niks gebeur nie. Op 'n goeie middag klop 'n dame by ons aan; sy hoor die huis is te verkoop.

"Ja," sê ek, "mits ons ons prys kry." "Hoeveel?" vra sy."R500,000.""Ek soek eintlik iets vir R350,000, maar kan ek deurstap?"Ek laat haar alles besigtig en toe sy loop, sê sy sy wil haar man en dogter ook

bring, want sy soek 'n huis vir haar dogter en twee kinders.Sy voeg by: "Ek was sewe en twintig jaar lank 'n huisagent in Johannesburg, ek

ken huise en dié een geval my." Nou ja, hulle het gekom en gegaan. "Maak nie saak nie, Mama, ons bly lekker, ons hoef nie te verkoop nie."Na twee weke kom sy en haar man, 'n ou Rembrandt-werknemer, daar aan. Hulle

wil 'n voorstel maak. Hulle gesels toe oor ditjies en datjies en eindelik sê hulle hulle is bereid om R450,000 te betaal.

"Goed," sê ek, en die koop is afgehandel!Eddie gaan toe by Serenitas verneem wat van ons belegging van twee duisend

rand geword het wat ons daar gedeponeer het, kort nadat Serenitas opgerig is. Ons het herhaalde kere ook met die kinders daar verby gery terwyl die plek in aanbou was, en dit later die "kleigate" genoem, want die modderige kleigrond van die fondamente was iets om te aanskou toe hulle die oord begin ontwikkel het.

Eddie kom met die antwoord terug dat ons 'n "huisie" teen November 2000 kon kry; hulle was net besig om dit uit te verf. Ek verklaar myself te vinde en ons koop Serenitas 40 teen dertig duisend rand wat later terugbetaalbaar is as ons wegval. Dis nou ons nuwe huis.

116

Page 117: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

"Maar hoe gaan ons maak om alles hier reg te kry, te sorteer en te vervoer? Ons sal dit nooit regkry nie," was Rina se kommentaar. Sy was egter gewillig om te trek, die Here het betyds 'n koper gestuur en ook dadelik 'n nuwe woonplek voorsien by 'n oord waar die waglys baie lank is – 'n moderne wonderwerk.

Intussen het Catherine onverwags 'n beroerte-aanval gehad en moes ons ook afskeid neem van ons getroue huishulp van baie jare.

Rina was stout. Ek het gedurig vir haar gesê: "Moet jou nie vermoei nie, hou op met inpak.""Maar wie sal dit doen as ek dit nie doen nie?""Die kinders.""Rini werk en kan nie help nie en Erica het haar huishouding.""Mama, hulle sal help!"Sy het maar voortgegaan om versigtig in te pak. Intussen het die kinders

onvermoeid kom help inpak. En toe kom die laaste hartaanval nog weer in November. Dr Brink vertel my later: "Ek het nie geglo dat sy lewendig by die hospitaal sou aankom nie." Maar sy het weer reggeruk, en net voor die einde van November trek ons werklik sak en pak met die daadwerklike hulp van al drie ons kinders na Serenitas. In haar verswakte toestand, maar met die verstand klokhelder het sy nog gereël dat iemand nuwe gordyne maak, 'n tuisteskepper tot aan die einde.

Ook hier in Serenitas het dit goed gegaan. Die eerste dag het sy my beloof dat ons elke middag in die saal sou kon gaan eet. En dit het ons ook getrou gedoen. Toe kom 13 Desember 2000, 'n redelike mooi dag, maar met 'n kwaai suidwestewind. Ons het redelik lekker geëet en rustig klaar gemaak. Ons staan soos gewoonlik op en gaan na die sydeur, Rina aan my arm. Ek maak die deur oop en ons gaan uit. Net toe ons buite kom en die trappie afklim, kom daar 'n skielike, sterk windvlaag wat my amper omruk en Rina uit my arm ruk en haar 'n goeie tree wegslinger, en daar lê sy. Die suster kom dadelik aan en dr Danie Morkel is binne minute daar. Albei sê haar heup is af, maar sy kan nie geopereer word nie, sy is te swak vir narkose.

Op Danie se advies en met sy hulp neem die ambulans ons eers na die privaat-hospitaal om plate te neem en daarna na Tygerberg. Sy sou minstens ses weke moes plat lê dat die heup kon genees. 'n Operasie was in haar toestand buite die kwessie. Ek is saam met haar in die ambulans na Tygerberg Hospitaal. Daar moes sy urelank in pyn in die ontvangsaal lê. Ons het voortdurend gesê dat dit 'n noodgeval is, sonder enige resultaat. Ek is die aand na elfuur daar weg, die kinders het gesien dat ek gedaan was. Rina was ook oor my bekommerd en het gevoel dat ek liewer huis toe moet gaan. Hulle, die meisiekinders, het nog gebly totdat hulle haar na die saal verskuif het.

Daardie nag het sy in 'n diep koma van twee dae ingegaan en is sy oorgeplaas na die harteenheid. Ons almal het steeds om haar bed gewaak. So ongeveer een-uur op die 15de Desember sê Erica dat ons iets by haar huis in Stellenberg moes gaan eet. Ons was net klaar toe die hospitaal ons laat weet dat ons dadelik moes terugkom. Toe ons die gang afstap na die harteenheid kom die diensdoende dokter ons tegemoet met die woorde: "Ek is so jammer, ons het haar nou net verloor."

Sy het herhaalde kere vir ons ou vriend, ds Kobus Thom, gesê: "Kobus, jy moet my begrawe." Ek het hom na Sedgefield gebel, en die tyding aan hom oorgedra, en gevra of hy kon kom. Hy was self baie swak weens rugprobleme en het swaar geloop. Hy raadpleeg eers met Mary, sy vrou en sê: "Goed, oom André, ek kom."

117

Page 118: DEEL TWEE P 110 IN DIE WIT BOEK€¦  · Web viewMaar terug na ons dorpiebesoeke. Vanaand word 'n groot vuur gemaak, oral is ondiere, maar jy is nie bang vir hulle nie, want hulle

'n Paar dae later is sy uit die Moederkerk, Strand, begrawe. Die Renckens wie se seun die AVBOB-begrafnisondernemings bestuur het, het alles ordelik gereël en op ons versoek 'n pragtige, wit blommekruis op die kis aangebring. Dié het ons toe bo-op die graf laat plaas. Karentjie was by en het gesien hoe haar geliefde Oumie begrawe word en self ook nog blommetjies op die kis laat val.

Ons was net drie kort weke in Serenitas. Dit het pragtig gelyk toe ons hier intrek. In die tuin was daar oral blomme met pragtig versorgde grasperke rondom ons huisie. Na ons groot woning in Millsstraat 26 het die huisie klein gevoel, maar ons kon alles inpak wat ons saamgebring het, danksy die pragtige kas wat Gerard Meyer, seun van ons ou vriend, Boet Meyer, vir ons gemaak het en toe hier ingebou het. Hy het ook 'n mooi, kleiner ronde eettafel gemaak. Ongelukkig moes ons afsien van ons pragtige ronde eettafel omdat dit hopeloos te groot was vir Serenitas se beperkte ruimte. Die wasmasjien moes ongelukkig ook prysgegee word, maar gelukkig is hier volledige wasgoeddienste beskikbaar. Alles is mooi ingerig en geleidelik word 'n mens aan jou nuwe omgewing gewoond. Net ons mooi tuin bly 'n groot gemis. Maar bo alles is Rina se teenwoordigheid onvervangbaar. Ek vrees dit sal nog lank so aanhou.

Ons bure by SerenitasLangs ons huis woon Blackie Swart en sy vrou. Baie, baie aangename mense. Hy kom van Napier en het heelwat te vertel oor dr Nepgen wat vir Rini gedoop het. Blackie was Volkskasbestuurder en ons maak baie grappies oor sy finansiële kundigheid. Langs hulle woon die Kotze-egpaar. Hy was hoof van verskeie skole en het baie te vertelle. Sedert Junie 2001 woon direk langs my meneer Labuschagne, 'n Namibiër en vir sewentien jaar ouditeur-generaal in Namibië. Na sy aftrede word hy vise-ouditeur-generaal in die RSA. Hy is 'n nederige, aangename en diepgelowige mens wat oral in kerkkore sing, maar ook 'n groot gholfspeler is.

Aan die anderkant van die huis woon Tat, mev. Meintjies, 'n mens enig van haar soort. Rina het haar nog so geniet. Sy het nou hier uitgetrek en omdat sy haar motor verkoop het, het ek die erfgenaam van haar garage geword, met van haar meubels nog agterin. Vir my beteken dit 'n gratis garage wat andersins drieduisend rand sou kos en wat in elk geval totaal onbekombaar is. Mense moet tot vyf jaar wag om een te kry. Die Here het werklik wonderbaarlik vir my gesorg.

En nou …Hier hoop ek om my laaste "jare" in rus en vrede deur te bring. Almal, vriende en personeel by Serenitas, is baie vriendelik en behulpsaam. Ek is diep dankbaar dat ons kinders en kleinkinders so omgee vir hulle ou vader en my gereeld besoek en so die lewe aangenaam maak.

09/11/2001

118