die bybel kode

39

Upload: aletta

Post on 24-Feb-2016

120 views

Category:

Documents


2 download

DESCRIPTION

- PowerPoint PPT Presentation

TRANSCRIPT

Page 1: Die Bybel Kode
Page 2: Die Bybel Kode

Laat ons dan bou sonder om onkundig te wees – sonder om stukkies uit plek te plaas –

sonder om Sy kontrole uit liefde te verwar met mislukking.

As Hy ons nie liefgehad het nie, sou Hy ons oorgee aan ons eie begeerlikhede, tot ons vernietiging – dit sluit in die begeerte tot tekens en wonders en kragtige dade.

Amen

Page 3: Die Bybel Kode

Mat 13:52 Toe sê Hy vir hulle: Daarom is elke skrifgeleerde wat ‘n leerling geword het in

die koninkryk van die hemele, soos ‘n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te

voorskyn bring.

Page 4: Die Bybel Kode

Die Bybel Kode....as jy dit kan ontsyfer.....

Page 5: Die Bybel Kode

Oor kodes in algemeen

Page 6: Die Bybel Kode

Sleutel = Meganiese kode

Page 7: Die Bybel Kode

Sal kan doen met ‘n miljoen

Page 8: Die Bybel Kode

Skatte word beskerm

• As daar iets kosbaar, of begeerlik, of gevaarlik is, is daar altyd maatreëls

tot beskerming• Daar is altyd toegang moontlik – vir

die wat mag inkom.• Die slot wat toegang beheer, werk

met ‘n sleutel (kode)

Page 9: Die Bybel Kode

Snuf in die neus kry

Page 10: Die Bybel Kode

Jy moet weet om te soek

• As jy weet van die skat, weet jy daar is ‘n kode of sleutel

• As jy dit weet, kan die soektog begin

Page 11: Die Bybel Kode

Mosterd na die maal

Page 12: Die Bybel Kode

Histories vs Aktuele

• Is die skat histories (klaar verby / gekry)?

• Is die kode aktueel (kan dit jou bevoordeel)?

Page 13: Die Bybel Kode

As dit ‘n slang was het hy jou gepik

Page 14: Die Bybel Kode

Kompleks vs Eenvoud

• Kompleks – onder lae van bedekking en skommeling. Risiko en voordeel

• Eenvoudig - ooglopend maar meesterlik verberg in eenvoud

(onsigbaar tot ontsluiting dit openbaar as “duidelik” en “ondubbelsinnig”.

Page 15: Die Bybel Kode

Nie vir elke Janrap en sy maat nie....

Page 16: Die Bybel Kode

Algemeen vs Spesifiek

• Seleksie – die wat gekose is• Filtrering – die res bly buite

• Beskerming – te veel is ‘n oordosis

Page 17: Die Bybel Kode

Toepassing op die Bybelkode

Page 18: Die Bybel Kode

Is daar ‘n hemelse wins / skat?

Kol 2:1 Want ek wil hê dat julle moet weet wat ‘n groot stryd ek oor julle het, en oor die wat in Laodicéa is en almal wat my aangesig in die vlees nie gesien het

nie, Kol 2:2 dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die

verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus, Kol 2:3 in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is. Kol 2:4 Dit sê ek, sodat

niemand julle mag verlei met drogredes (kode handelaars) nie.

Kol 1:25 waarvan ek ‘n dienaar geword het volgens die bediening van God wat aan my gegee is in julle belang, om die woord van God te vervul, Kol 1:26

naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges, Kol 1:27 aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is,

dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.

Luk 18:22 En toe Jahshua dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou—verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal ‘n skat in die

hemel hê; kom dan hier, volg My.

Page 19: Die Bybel Kode

Is daar ‘n kode om die skat te bereik?

Kol 1:26 naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges,

Mar 4:11 En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse, Mar 4:12 sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle

hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie.

1Kor 13:9 Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.

1Kor 13:12 Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar

eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

Page 20: Die Bybel Kode

Wie sukkel om die kode te verstaan?1Kor 1:18 Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die

wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God; 1Kor 1:19 want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense

tot niet maak. 1Kor 1:20 Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie

die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie? 1Kor 1:21 Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die

wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red; 1Kor 1:22 want

die Jode vra ‘n teken en die Grieke soek wysheid, 1Kor 1:23 maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ‘n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke; 1Kor 1:24 maar vir die wat geroep is,

Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God.

Page 21: Die Bybel Kode

Vir wie kom begrip van die kode makliker?1Kor 1:25 Want wat dwaas is by God, is wyser as die mense; en wat swak is by God, is sterker as die mense. 1Kor 1:26 Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie

magtiges, nie baie edeles nie; 1Kor 1:27 maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; 1Kor

1:28 en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, 1Kor

1:29 sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. 1Kor 1:30 Maar deur Hom is julle in Christus Jahshua, wat vir ons geword het wysheid uit

God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.

Hand 4:13 En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was,

was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jahshua herken.

Page 22: Die Bybel Kode

Wie word “benadeel” deur die kode?

1Kor 3:19 want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle

listigheid vang; 1Kor 3:20 en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.

2Ti 3:1 Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. 2Ti 3:2 Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters,

trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, 2Ti 3:3 sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, 2Ti 3:4 verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; 2Ti 3:5 mense wat ‘n

gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af. 2Ti 3:6 Want uit hulle is die wat in die huise insluip

en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande

begeerlikhede gedryf word, 2Ti 3:7 wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.

Page 23: Die Bybel Kode

Wat is die verborge kode?Kom ons lees Paulus se leidraad weer

1Kor 13:12 Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten

volle ken, net soos ek ten volle geken is.

Page 24: Die Bybel Kode

Sleutelwoorde

• nou - sien via spieël – tyd van die raaisel• eendag – aangesig tot aangesig – raaisel is openbaar / verby

Page 25: Die Bybel Kode

Sien julle nog nie die kode nie?Lees dan hier sonder die “kode”

‘n Spieël draai alles om – nou sal alles omgedraai wees

Eendag sal dit normaal wees – dan is hoog, hoog, eerste is dan eerste

Page 26: Die Bybel Kode

“spieël”G2072es'-op-tronFrom G1519 and a presumed derivative of G3700; a mirror (for looking into): - glass. Compare G2734.

G1519iceA primary preposition; to or into (indicating the point reached or entered), of place, time, or (figuratively) purpose (result, etc.); also in adverbial phrases.: - [abundant-] ly, against, among, as, at, [back-] ward, before, by, concerning, + continual, + far more exceeding, for [intent, purpose], fore, + forth, in (among, at unto, -so much that, -to), to the intent that, + of one mind, + never, of, (up-) on, + perish, + set at one again, (so) that, therefore (-unto), throughout, till, to (be, the end, -ward), (here-) until (-to), . . . ward, [where-] fore, with.

Page 27: Die Bybel Kode

In Jahshua se eie woorde, die kode tot die skatte van die hemel.

Mat 20:26 maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. Mat 20:27 En elkeen wat onder

julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees;

Mat 19:30 Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.

Mar 9:33 En Hy het in Kapérnaüm gekom; en toe Hy in die huis was, vra Hy hulle: Wat het julle op die pad met mekaar geredeneer? Mar 9:34 Maar hulle

het stilgebly; want hulle het op die pad met mekaar gepraat oor wie die grootste is. Mar 9:35 En toe Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle: As iemand

die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.

Page 28: Die Bybel Kode

Briljant!

Rom 11:33 o Diepte van die rykdom en

wysheid en kennis van God! Hoe

ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! Rom 11:34 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman

gewees?

Page 29: Die Bybel Kode

Die kode in praktiese toepassingDwaas > Wys-1Co 3:18 Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in

hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;

Lewe > Dood-Mat 16:25 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. Mat 16:26 Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar

aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?

Laaste > Eesrte- Mat 19:19 eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Mat 19:20 Die jongman sê vir Hom: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af. Wat kom ek nog kort? Mat 19:21 Jahshua antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die

armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My. Mat 19:22 Maar toe die jongman dié woord hoor, het hy bedroef weggegaan; want hy het baie besittings gehad. Mat 19:23 En Jahshua sê vir

sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle dat ‘n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan. Mat 19:24 En verder sê Ek vir julle, dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan. Mat 19:25 Toe sy dissipels dit hoor, was hulle baie verslae en sê: Wie kan dan gered word? Mat 19:26 Maar Jahshua het hulle aangekyk en vir

hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik. Mat 19:27 Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal daar dan vir ons wees? Mat 19:28

En Jahshua sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel. Mat 19:29 En elkeen wat huise of broers of susters of vader of

moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe. Mat 19:30 Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste

is, eerste.

Page 30: Die Bybel Kode

Was daar mense wat die kode suksesvol gebruik het

Die Seun van die mens – Mat 20:21 En Hy sê vir haar: Wat wil jy hê? Sy antwoord Hom: Sê dat hierdie twee seuns van my in u koninkryk mag sit, een aan u regter— en een aan u

linkerhand. Mat 20:22 Maar Jahshua antwoord en sê: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek aanstons gaan drink, en gedoop word

met die doop waarmee Ek gedoop word? Hulle sê vir Hom: Ons kan. Mat 20:23 En Hy sê vir hulle: Dis waar, my beker sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word; maar om te sit aan my regter— en aan my linkerhand berus nie by My om te gee nie, maar is vir hulle vir wie dit deur my Vader berei is. Mat 20:24 En toe die tien dit hoor, was hulle verontwaardig oor

die twee broers. Mat 20:25 Maar Jahshua het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne

oor hulle gesag uitoefen; Mat 20:26 maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. Mat

20:27 En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees; Mat 20:28 net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word

nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.

Page 31: Die Bybel Kode

Was daar mense wat die kode suksesvol gebruik het Die apostels –

1Kor 4:9 Want dit lyk vir my dat God ons apostels die laaste plek aangewys het as tot die dood veroordeel; want ons het ‘n skouspel geword vir die wêreld, vir die engele sowel as vir

die mense. 1Kor 4:10 Ons is dwaas ter wille van Christus, maar julle is verstandig in Christus. Ons is swak, maar julle sterk. Julle is in aansien, maar ons in oneer. 1Kor 4:11 Tot

op hierdie uur ly ons honger en dors, is ons naak en word geslaan, en swerwe ons rond, 1Kor 4:12 en swoeg ons deur met ons eie hande te werk. Word ons uitgeskel, ons seën;

word ons vervolg, ons verdra dit; 1Kor 4:13 word ons belaster, ons troos; soos uitvaagsels van die wêreld het ons geword, die afskraapsel van almal tot nou toe. 1Kor 4:14 Ek skrywe

hierdie dinge nie om julle te beskaam nie, maar ek vermaan julle as my geliefde kinders. 1Kor 4:15 Want al sou julle tien duisend tugmeesters in Christus hê, dan het julle tog nie

baie vaders nie; want in Christus Jahshua het ek julle vader geword deur die evangelie. 1Kor 4:16 Ek vermaan julle dan, word my navolgers.

Paulus – 2Kor 12:7 En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie. 2Kor 12:8 Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou

wyk. 2Kor 12:9 En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van

Christus in my kan woon. 2Kor 12:10 Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.

Page 32: Die Bybel Kode

Net voor die wenstreep val

Page 33: Die Bybel Kode

Ook in die meganisme is daar beveiliging

• Tydsvertraging – om te weet om te wag

•Visuele blok – vordering is verberg

• Valse Weerhouding – finale proef - rooi voor die groen

Page 34: Die Bybel Kode

Pons die kode in, en wag dan....Hand 1:4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader,

wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het.

Jak 5:7 Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee

totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het. Jak 5:8 Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby. Jak 5:9

Moenie teen mekaar sug nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, die Regter staan voor die deur. Jak 5:10 Neem as voorbeeld van lyding, my

broeders, en van geduld die profete wat in die Naam van die Here gespreek het. Jak 5:11 Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die

lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is.

Page 35: Die Bybel Kode

Weet dat die korrekte kode, nie deur ‘n sigbare groen lig gevolg word nie, wag nog

‘n bietjie....

Rom 8:24 Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog? Rom 8:25 Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan

wag ons daarop met volharding. Rom 8:26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet

bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. Rom 8:27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van

God vir die heiliges intree. Rom 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy

voorneme geroep is.

Page 36: Die Bybel Kode

As jy die kode ontvang het, sal jy nie twyfel nie – die rooi lig kom momenteel aan as proef, om die

onseker skattejagter te laat wegdraai...wag vir die groen lig.

1Pe 1:6 Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, 1Pe 1:7 sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as

goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jahshua Christus; 1Pe 1:8 vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog

liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, 1Pe 1:9 en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.

Page 37: Die Bybel Kode

Met die kode ingepons, die wagtyd verby, die proef suksesvol, is die deur reg om oop te maak...... net nog

ietsie klein - voor jy begin.

Open 3:17 Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind

en naak is nie. Open 3:18 Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf,

sodat jy kan sien. Open 3:19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. Open 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My. Open 3:21 Aan hom wat oorwin, sal Ek

gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. Open 3:22 Wie ‘n oor het, laat hom hoor

wat die Gees aan die gemeentes sê.

Anderkant die deur is daar nie ‘n kis vol goud nie, maar iemand wat iets te koop aanbied.....

Page 38: Die Bybel Kode

Wil julle groot wees – doen soos Ek julle hier wys, dis die geheim, die “kode” na heerlikheid.....

Joh 13:12 Toe Hy dan hulle voete gewas en sy bo-klere geneem het, gaan Hy weer aan tafel en sê vir hulle: Verstaan julle wat Ek aan julle gedoen het? Joh 13:13 Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. Joh 13:14 As

Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was. Joh 13:15 Want Ek

het julle ‘n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen. Joh 13:16 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, ‘n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en ‘n gesant is

ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie. Joh 13:17 As julle hierdie dinge weet, salig is julle as

julle dit doen.

Page 39: Die Bybel Kode

Amen