die rietfluit - kerkmuis.files.wordpress.com kollege sewentien jaar gelede in kwamhlanga begin. ......

8
Februarie 2010 Nr 23 Die Rietfluit Die Rietfluit Kwartaalblad van die Gereformeerde Kerk Rietvallei Kwartaalblad van die Gereformeerde Kerk Rietvallei Alles oor die senior lidmate se doen en late Navitas se storie Geopende deure se blik op die lydende kerk in Korea Hoe antwoord ek ’n Moslem? Engelse lidmate se aktiwiteite en betrokkenheid Mukhanyo se Christenskool Barmhartige Samaritaan in ons omgewing Juliana Meyer skryf uit Oostenryk Terugvoer oor Kanadese se besoek Teologiese studente vertel van praktiese ervaring in Rietvallei … en vele meer!

Upload: lycong

Post on 10-Mar-2018

247 views

Category:

Documents


12 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Rietfluit - kerkmuis.files.wordpress.com Kollege sewentien jaar gelede in KwaMhlanga begin. ... hulle net ‘n klein groepie is. As jy in ‘n makrogemeente die opdrag kry om

Februarie

2010

Nr 23

Die RietfluitDie Rietfluit Kwartaalblad van die Gereformeerde Kerk RietvalleiKwartaalblad van die Gereformeerde Kerk Rietvallei

����Alles oor die senior lidmate se doen en late ����Navitas se storie ����Geopende deure se blik op die lydende kerk in Korea ���� Hoe antwoord ek ’n Moslem? ����Engelse lidmate se aktiwiteite en betrokkenheid ����Mukhanyo se Christenskool ����Barmhartige Samaritaan in ons omgewing ����Juliana Meyer skryf uit Oostenryk ����Terugvoer oor Kanadese se besoek

����Teologiese studente vertel van praktiese ervaring in Rietvallei … en vele meer!

Page 2: Die Rietfluit - kerkmuis.files.wordpress.com Kollege sewentien jaar gelede in KwaMhlanga begin. ... hulle net ‘n klein groepie is. As jy in ‘n makrogemeente die opdrag kry om

Baie dankie aan die volgende mede-werkers wat hierdie uitgawe moontlik ge-maak het: (Name is in geen bepaalde orde nie.)

Kobie Coetzee

Jacques van der Elst

Bernard Hellberg

Erika Stutterheim

Juliana Meyer

Karen Bessinger

Andries & Lenie Croukamp

Sonnika Coetzee

Johannes Aucamp

Titus van Aswegen

Brian DeVries

Magriet Lee

Clarisse Venter

Julie Reid

Andrea Mohr

Magriet Muller

Koos Truter

Mareli Steyn

Hannes Lee

Flip Buys

Wilma Vermaak

Pieter du Plessis

S edert ons land gekies is as gasheer vir die Sokkerwêreldbeker, hou ons almal asem op oor wat in 2010 gaan gebeur. Of ons nou wil of nie, ons word meegesleur deur die

“hype”. Ons word ook beïnvloed deur stakings, paaie wat oral omgedolwe word, bouwerk en ander ont-wrigtende dinge wat alles verband hou met wat be-skryf word as die grootste gebeurtenis van die dekade. Ons sien almal met verwagting uit na die dag dat alles agter die rug en al die ontwrigting op ‘n einde is. Dit het my laat dink dat ons geestelike lewens ook soos ‘n sokkerwedstryd is. Die enigste verskil is dat die bal reeds afgeskop is in die eindstryd. Gedurende die spel word ons ook gepootjie en ob-struksies vind plaas. Daar is diegene wat aanmoedig en die wat afjak, maar die wil om in die wenspan te wees is sterk. Toeskouers is daar genoeg. Die Skeidsregter is streng maar regverdig. Soms deel Hy geelkaarte uit waar jy weer ‘n kans kry om jouself reg te ruk, maar daar is ook rooikaarte wat uitgedeel word. Intussen hou ons almal asem op vir die eind-fluitjie om te blaas. Die voorbereidings vir die oorwin-ningsfees is reeds getref – mag ons almal deel wees daarvan!

Rietfluit was nog altyd ‘n spanpoging en nêrens is daar ‘n beter bewys as die vorige uitgawe nie! Ter-wyl meer as een lid van die redaksie in die buiteland rondgeloop het, het Magriet Lee en Julie Reid saamgespan om ‘n pragtige, lekker-lees uitgawe aanmekaar te sit en betyds uit te bring. As 2009 my enigsins iets geleer het, is dit dat niemand onmisbaar is nie! Baie dankie julle twee – nou weet ons julle kan – en julle mag maar!

Wêreldwyd is die tendens dat bevolkings ouer word, daarom het ons gedink om hulde te bring aan ons eie ouer wordende lidmate in Rietvallei. Ons lees in Job 32:7: Laat die ouderdom praat, laat die ervaring sy wysheid meedeel. Daarom het Kobie met ‘n paar van hierdie lidmate gaan gesels om te hoor waarmee

hulle hulself besig hou. Moet vir geen oomblik dink dat alle afgetredenes op die stoep sit en wag vir beter dae nie, daar-voor is die dae net te kort! Verder vertel ds Pieter du Plessis vir ons van sy be-diening onder hierdie spesiale groep lid-mate.

Although in the final throes of her PhD, Julie Reid still made time to gather the stories of the English Service, as well as on the work of Dr Brian deVries in Sunny-side and to edit the stories. Julie, we trust that by the next issue we will be able to congratulate you on having obtained the qualification you worked so hard for dur-ing the last number of years.

Die res van die artikels gee terugvoer oor gebeure laat verlede jaar, vroeg in die nuwe jaar, oor persoonlike ervarings en aksies. Geniet dit, dit was weer eens vir die redaksie ‘n voorreg om dit bymekaar te kry en op te dis.

Die redaksie wens elke Rietvalleier ‘n ge-seënde 2010 toe en vertrou dat die jaar vir ons gemeente in die algemeen en elke lidmaat in besonder ‘n jaar van geestelike groei sal wees. Sterkte vir elkeen!

RedaksioneelRedaksioneel

Menings wat in hierdie blad uitgespreek word is nie noodwendig dié van die kerkraad of die redaksie nie.

Voorblad: Kapel op Rottnesteiland, Wes-Australië — Foto: Bernard Hellberg 2

- J☺☺☺☺

Page 3: Die Rietfluit - kerkmuis.files.wordpress.com Kollege sewentien jaar gelede in KwaMhlanga begin. ... hulle net ‘n klein groepie is. As jy in ‘n makrogemeente die opdrag kry om

3

Christenskool begin by MukhanyoChristenskool begin by Mukhanyo

O p die terrein van die Teologiese Skool Mukhanyo is daar in Ja-nuarie vanjaar met ‘n Christen-skool vir graad R en graad 1 begin.

Tot dusver is 15 kinders ingeskryf – meestal weeskinders wat by voogouers geplaas is. Die idee is om later ook kinders met ‘n stabiele agtergrond in te skryf en wie se ouers kan help om die skool se koste te dra.

Die plan is verder om vooghuise vir weeskinders te bou sodra die skool sy eie terrein gekry het. Die huise sal sowat ses kinders by Christen-voogouers kan huisves sodat hulle in ‘n huislike atmosfeer kan groot-word. Op die oomblik bly baie kinders op hulle eie, onder toesig van ‘n oudste broer of suster wat soms self maar so om en by twaalf jaar oud is.

Hierdie wees- en kwesbare kinders kry wel kos en ander ondersteuning by MCDC se dagsorgsentrums, maar saans en snags is hulle op hulle eie.

Die skool is ‘n jarelange droom van dr Flip Buys wat nou besig is om waar te word. Hy het die Teologiese Kollege sewentien jaar gelede in KwaMhlanga begin.

Hy het in November ‘n uitgebreide toer na Nederland en die VSA onderneem en genoeg fondse by die Friends of Mukhanyo in Grand Rapids gekry om die skool vir twaalf jaar te dra – dus tot en met die eerste matrieks. Die vrou wat die dryfkrag agter die fondsinsameling in Amerika was, is intussen aan kanker oorlede, maar haar groep gaan voort met die werk waarvoor sy so ‘n passie gekry het na ‘n besoek aan Mukhanyo.

Bid asseblief vir hierdie onderneming wat ‘n keerpunt kan wees in soveel weeskinders se uit-siglose toekoms.

- Kobie Coetzee

Skoolhoof Meriam Mnguni by ‘n paar van die eerste kinders van Mukhanyo se Christenskool

Spr 16:31

Ouderdom is ‘n sierlike kroon; dit word bereik deur dié wat reg lewe.

Page 4: Die Rietfluit - kerkmuis.files.wordpress.com Kollege sewentien jaar gelede in KwaMhlanga begin. ... hulle net ‘n klein groepie is. As jy in ‘n makrogemeente die opdrag kry om

4

Nou dat ek oud geword hetNou dat ek oud geword het

E lke predikant het te make met ‘n aan-tal ouer lidmate wie se bediening eint-lik ander eise stel, maar wat as ge-wone bediening beskou word omdat hulle net ‘n klein groepie is.

As jy in ‘n makrogemeente die opdrag kry om te help met die bediening van senior lidmate besef jy gou dat jy nou te doen het met ‘n eie-soortige pastorale bediening. Dit is duidelik dat daar gekyk moet word na faktore wat ouer per-sone se lewens moeiliker maak. ‘n Mens kan ook nie sê dat alle bejaardes, as hulle bo 70 jaar is, eensaam is nie, ‘n swak gesondheid het, of verveeld, depressief, intellektueel traag of uitgesluit van aksies is nie. Daar is bejaardes wat op 70 jaar soos een van 90 jaar funksio-neer. Ander is 80, maar tree op soos ‘n per-soon van 60. Hiermee probeer ek nie sê dat ouer mense nie probleme het nie - hulle het ei-esoortige probleme wat soos volg gekategori-seer kan word:

Fisieke probleme

• Daar word dik-wels gesê: “nou is ons in die pille- en brillestadium of “oudword is nie vir sissies nie”. Daar mag wel in ligte luim na die kosmetiese verander-ings verwys word, maar hierdie tekens van ouderdom het ‘n invloed op ‘n persoon se siening van eiewaarde. Daar is talle maniere om die tekens te probeer omseil en veral die dames slaag daarin, want ‘n vrou word nie grys nie, net ouer! Grimering, kunstig aangewend, kan 10 jaar afslag gee en hoë hakke skep die indruk van fiksheid. Die manne se kleredrag word gewoonlik gebruik om te wys hy is nog glad nie oud nie. Dis goed dat hulle nog in die liggaamlike belangstel. Ek is seker hulle voel ook beter. ‘n Dokter het ‘n keer vir my gesê dat as hy die oggend in ‘n vroulike pasiënt se kamer instap en sy het grimering aan, is sy gesond genoeg om ontslaan te word.

• Saam met die fisieke is daar die sensoriese agteruitgang: Die gehoor neem af en die sig verswak. Die kragte neem af en dinge word stadiger gedoen. Die onthouvermoë is nie meer so goed nie.

• Sistemiese veranderinge: Die organe begin probleme gee - hartversaking, longprobleme of nierversaking word dikwels ervaar. Die meeste bejaardes verander in weerprofete as gevolg van rumatiek en artritis. Baie word so behep met hulle “siektes” dat die predi-kant dit moeilik vind om dit te hanteer.

Verstandelike probleme

• Dis hoofsaaklik ‘n afname in kreatiwiteit, ge-heue en die vermoë om iets nuuts te leer. Hoe sukkel ons nie om selfone, rekenaars en digitale kameras te gebruik nie. Vir menige bejaarde is ‘n OTM ‘n nagmerrie.

• Die meeste bejaardes versink in eindelose verhale uit die “goeie” verlede. Die predikant moet die insig hê om te weet dat die verlede help om die hede in perspektief te hou.

Sosiale probleme

• Baie bejaardes het ‘n lewensmaat aan die dood afgestaan en dit verander hulle sosiale status. Kinders is ver, selfs oorsee, of so be-sig om vir hulle ‘n staanplek in die lewe oop te trap dat hulle hul ouers verwaarloos.

- Ds Pieter du Plessis

Ds Pieter en Annatjie du Plessis

Page 5: Die Rietfluit - kerkmuis.files.wordpress.com Kollege sewentien jaar gelede in KwaMhlanga begin. ... hulle net ‘n klein groepie is. As jy in ‘n makrogemeente die opdrag kry om

5

• Ekonomies: Aftrede hou verlaagde inkomste en lewenstandaard in as daar nie goed beplan is nie. Baie bejaardes kwel oor finan-siële druk. ‘n Mens moet vir ten minste 20 jaar na aftrede voorsiening maak.

• Eiewaarde: Ouer mense voel hulle word uitgesluit en beteken nie meer iets nie. Miskien moet ons jonger lidmate kyk na hulle gedrag teenoor bejaardes Ons weet hulle is vol lewenslus en drif, maar bedagsaamheid is ‘n deug van alle ouderdomme.

Geestelike oorsake

• Die bejaarde is meer bewus van die dood. Hulle vriende kom tot sterwe en hulle wonder wanneer is dit hulle beurt. Dit verg van die predikant ‘n besondere klem op die verkondiging van die lewe hierna. Ek dink dis duidelik dat bejaardebediening ‘n ander aan-slag van die bedienaar vra. My ervaring is dat ons meer klem op berading van die bejaarde moet plaas om probleme eie aan die ouderdom te hanteer. ‘n Bejaarde besoek nie sommer die spreekkamer van ‘n berader nie. Die kerk sal voorsiening moet maak vir berading by die be-jaarde – ‘n werklik Bybelse berading met ‘n sterk verlossings- en ewige-lewe-verkondiging. Dit eis baie van ‘n leraar om hierdie groep lidmate te bedien. Hy moet as ‘t ware ‘n klankbord wees en insig hê in hulle probleme om te kan vertroos en leiding te gee.

Ek het die afgelope twee jaar ‘n aantal bejaardes (70 – 96 jaar) bedien. Dit was ‘n ryke ervaring wat ek graag sou wou deel met iemand wat in die toekoms bejaardebediening sal behartig.

Kerkmuis vertel…Kerkmuis vertel…

Koos het pas afgetree en loop vir Piet in die straat raak. Piet vra: “Wat gaan jy nou doen noudat jy afgetree het?” Koos: “Ek gaan die eerste ses maande niks doen nie.” Piet antwoord: “Dis ook goed so, ‘n mens moenie dadelik jou roetine verbreek nie.”

Ouma staan voor die spieël en sit lipstiffie aan. Haar kleindog-ter van so vier jaar kom binne en kyk belangstellend toe, soos sy dikwels maak. Toe ouma klaar is en omdraai om te loop, sê sy: “ouma, jy het vergeet om die toiletpapier totsiens te soen.”

‘n Kleinseun vra vir sy oupa hoe oud hy is. Oupa antwoord dat hy 83 is. “Sjoe”, sê die mannetjie. “Het oupa by 1 begin?”

‘n Ouma is besig om vir haar kleindogter kleure te leer. Kort-kort wys sy na ‘n ander kleur en vra dan watter kleur is dit. Naderhand word die kind moeg vir die speletjie en sê: “Ouma, miskien moet jy harder probeer om party van hulle self te raai.”

‘n Seuntjie word gevra waar sy ouma bly, waarop hy flink antwoord: “Op die lughawe.” En dan voeg hy by: “wanneer ons verlang gaan haal ons haar en wanneer ons klaar gekuier het vat ons haar net weer terug.”

Page 6: Die Rietfluit - kerkmuis.files.wordpress.com Kollege sewentien jaar gelede in KwaMhlanga begin. ... hulle net ‘n klein groepie is. As jy in ‘n makrogemeente die opdrag kry om

6

M artiens en Carol Erasmus kweek clivias en orgideë. Nie sommer so ‘n paar in ‘n tuinhuisie nie. Nee, daar staan twee groot kweekhuise so groot soos hokkievelde op die

werf van hulle hoewe in Pieringstraat.

Die eerste kweekhuis het rye en rye clivias – elke kleur en soort wat daar op aarde is. Breëblaar, ekstra breëblaar, smalblaar, streep-blaar, sommige uit China, ander uit Japan… “Ja, die Oosterlinge het ons Suid-Afrikaanse berglelie kom haal en allerhande wonderlike hibrides daaruit getoor,” sê Martiens. Die plante is nou baie gesog in Suid-Afrika en mense betaal soms tot R1000 vir so ‘n spesiale plant. Jy moet in September kom kyk, dan staan hierdie plante almal in blom – seker 2000 van hulle. Rooi, geel, oranje en dan ook hierdie wat ek self gekweek het met die groen aan die binnekant van sy blomkroon en een wat soos klokkies hang.”

Die sade lê eenkant in rye kweekpanne. Martiens wys die babaplantjie wat pas uit een van die sade uitloer. Hy hou dit versigtig soos ‘n klein voëltjie tussen sy vingers. Dan steek hy ‘n gaatjie in die groeimengsel in die pan, druk die worteltjie daarin en laat die blaartjie uitloer. “So ja, nou is jy reg om te groei.”

Dan beweeg ons na die volgende kweekhuis. Dit voel soos ‘n tropiese woud en hier staan en hang orgideeplante weer ry op ry. Dit moet ook prentjiemooi wees as almal blom. Die paar wat wel blom, slaan ‘n mens se asem weg. Juweelkleure en die interessantste vorms. Sommiges lyk soos spinnekoppe, ander staan in prinsesrokkies getooi.

Martiens en Carol kweek al 23 jaar orgideë en clivias sedert 1999. “Ek het een plant as prys in ‘n kompetisie gewen. Toe is dit vir my so mooi dat ek nog vyf goeie sterk plante by die blommeskou in Pietermaritzburg gekoop het. My boerdery het dus met ses plante begin en nou kom mense van heinde en ver by my koop.”

Martiens het as chemiese wetenskaplike by Pelindaba gewerk. Nou behartig hy die algemene onderhoud, hibridisering en kunsmistoedienings van die kwekery en Carol doen die uitplantwerk en verkope. Carol was al die jare ook musiekonderwyseres.

Hulle het twee kinders en vier kleinkinders. Carol was juis in Mosselbaai by hulle seun toe ons met Martiens gesels het. Hulle dogter en haar gesin woon by hulle op die hoewe.

Gaan na die seniors en word wys!Gaan na die seniors en word wys!

- Kobie Coetzee

Martiens Erasmus spog met een van sy Clivias

Page 7: Die Rietfluit - kerkmuis.files.wordpress.com Kollege sewentien jaar gelede in KwaMhlanga begin. ... hulle net ‘n klein groepie is. As jy in ‘n makrogemeente die opdrag kry om

7

P iet en Drienie Campbell van Sunrise View is al oor die 80 jaar oud. Drienie moes verlede jaar groot operasies onder-gaan en is nou nog baie siek, met nog meer operasies wat voorlê, maar sy ge-

sels te lekker saam as Piet van al sy elektriese ont-werpe praat. Hy was al die jare elektriese ingenieur – meestal by myne. Hulle het ook maar altyd een of ander sakebedryf aan die gang gehad.

“Ek is ‘n krapperige ou, jong. Ek kan nie stilsit nie. Moet altyd met iets besig wees. Hy vertel van die elektriese rolstoel wat hy ontwerp het.

“Ons was in ‘n ouetehuis en toe kry ek die mense so jammer wat met hulle rumatiekhande en arms in die rolstoele moet rondbeweeg. Ek wou sommer vir almal elektriese stoele organiseer, maar die bestuur het vas gestaan: Nee, hulle moet oefening kry en dit kry hulle as hulle met die gewone rolstoele rond-beweeg.

“Toe kry ek mos die idee om ‘n twee-in-een rolstoel te maak: ‘n elektriese rolstoel dat hulle darem vinni-ger en sonder pyn van een punt na ‘n ander kan beweeg as hulle wil, maar dit is ook hulle gimna-sium waarin hulle oefeninge kan doen,” lag hy.

Hy het in hulle huisie ‘n studie gemaak van hoeveel minute per dag hulle huishoudelike toebehore werk. Toe ontwerp hy ‘n sonpaneel wat net groot genoeg is om al die ligte en toebehore te laat werk, sodat ‘n mens nie krag daarvoor hoef te gebruik nie. Hy onderhandel nou om sulke installasies by al die huise in die aftree-oord te laat aanbring om krag en geld vir die seniors te bespaar.

“So baie mense het al hier in ons oord geval en kon nie opkom om iemand te bel nie. Ek het ‘n alarmstel-sel ontwerp met ‘n paniekknoppie wat mens om jou nek dra. As jy die knoppie druk, skreeu ‘n sirene vir vyf sekondes en dan gaan al die huis se ligte aan. Ons bly so naby mekaar, dat enigiemand binne 10 hui-se van jou af kan sien by watter huis het die alarm afgegaan en dan kan hulp baie gou opdaag. Van die mense wat so geval het, moes ure wag voordat hulle gehelp is,” sê hy. Hulle is met hierdie idee ook aan’t onderhandel met die oordbestuur.

Piet en Drienie het drie seuns en ‘n dogter, maar hulle agterkleinkindertal staan al op 23. Altesaam is hulle familie nou al 54.

Piet se raad aan jongmense is om ‘n lewe in liefde te lewe. “Gee liefde en jy kry dit terug. Ons noem ons-self die soen-familie. Ek gaan nie by hierdie deur uit sonder om eers vir Drienie te soen nie.”

“En hou aan werk en bly besig,” voeg Drienie by. “Moenie gaan sit nie. Jy moet sommer nou die haarknip-per gaan haal, ou man, dat ek jou hare kan sny.” Toe vertel Piet eers weer dat Drienie nog al die jare die hele gesin se hare sny. “Die eerste keer kon ek omtrent nie op straat verskyn nadat sy my beetgehad het nie. Sy het gedink hare sny is net so maklik soos om lappe te sny vir ‘n rok. Sy was al die jare ‘n klere-maker. Maar wat, die verskil tussen ‘n goeie en slegte haarskeer is maar net twee weke – dan is al die happe weer uitgegroei.

Piet en Drienie Campell

Vervolg ...

Page 8: Die Rietfluit - kerkmuis.files.wordpress.com Kollege sewentien jaar gelede in KwaMhlanga begin. ... hulle net ‘n klein groepie is. As jy in ‘n makrogemeente die opdrag kry om

K oos en Nellie van Dyk bly net so bedrywig in die veiligheidsoord waar hulle woon. Nellie is opsigter van die oord en Koos help nog hier en daar en oral waar hy kan, soos die dae toe hy op Krugersdorp stadsraads-

lid was. Dit was van 2001 tot 2006 – net in daardie politieke oorgangstyd toe mense moes leer om saam te werk in ‘n multikulturele bestel.

“Laat ek nou vir jou sê: politiek behoort irrelevant te wees op plaaslike regeringsvlak,” sê hy. “Raadslede moet vir die gemeenskap werk – hulle belange op die hart dra, betrokke wees by hulle, sonder om altyd die politieke party se sienings te probeer handhaaf.”

Koos se leuse was verhoudingspolitiek en konsensus-politiek. “Nie ‘n geraas of ‘n geskreeu in die raads-banke nie, maar rustige gesprek het deure vir my oopgemaak. ‘n Christen kan in die politiek pas as hy sy beginsels handhaaf.” Hy het selfs dikwels met die Moslemspeaker gesprek oor geloofsake gevoer en die man se deur was altyd vir hom oop. “Kyk maar vir

Josef – wat het hy in ‘n heidenland vermag sonder aggressie. Die Here kan ons ook so gebruik as ‘n instrument in Sy hand.”

Van die hoogtepunte van hierdie oud-onderwysman se loopbaan as raadslid, was toe hulle Presi-dent Kenneth Kaunda van Zambië by ‘n burgemeestersfunksie ontmoet het. “Wat ‘n aangename man!”

Daar was ook die rooigesig-geleenthede “waarvan Nellie dikwels die oorsaak was” sê hy met ‘n knipoog na haar kant toe. Soos die keer toe sy ‘n hoogs geagte beheerraadslid van ‘n skool trompop geloop het met: “Is jy ons gaskunstenaar vanaand?” “Hoekom?” vra die man verbaas. “Maar is jy dan nie Al Debbo nie? Jy lyk op ‘n druppel water soos hy!”

Koos is self ‘n rakker wat dikwels sommer gerugte versprei het om ‘n knuppel in die hoenderhok te gooi. Dan het hy hom verlekker en eenkant in sy mou staan en lag as almal mekaar in die hare vlieg.

Hulle slagspreuk vir die lewe? “Goeie verhoudings, gelaai met humor, verander selfs vyande in vriende.”

En Nellie voeg by: “lag vir jouself!”

Koos en Nellie van Dyk

8