ek behoort aan u, here - gereformeerde kerk...

28
www.gksa.org.za/Tydskriſte/vroueblad-inteken OKT 2013 Ek behoort aan U, Here My enigste troos Die Heidelbergse Kategismus, 450! NICO GROET

Upload: others

Post on 22-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken

OK

T 2

01

3

Ek behoort aan U, Here

Myenigste

troos

Die Heidelbergse Kategismus, 450!

NICOGROET

Page 2: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4

GEREELD

3 Redakteursbrief4 Briewe5 Ds. Sê my

IN-DIEPTE

6 Ek behoort aan U, Here!8 ’n Lewe van dankbaarheid10 Die Heidelbergse Kategismus 450 jaar oud

LEEFDINGE

12 Ons enigste troos 14 Teks & Vers: Ek behoort aan U, Here15 Teks & Vers: Dagboek16 Bybelse berading17 Boekeblad18 Dankbaar vir betowerende huwelike 20 Nico groet22 My roeping, my lewe ...24 Gemeente-Mosaïek: Saamtrekstreke 201425 Gemeente-Mosaïek: Saamtrek: Tema & Bybelstudie26 Hartskatte Oktober 201327 Lees in November 201327 Lens op die Bybel 28 Kaleidoskoop Oktober 2013

Redaksionele InligtingRedaksiekommissie:Cobie Steyn (redaktrise)Griet Swanepoel (assistent-redaktrise)Marlette van Rooyen (sekretaresse)Karien Brink (bladuitleg)Annelize FourieProf. Ben de KlerkAnnatjie du PlessisPosadres:Die Redakteur: Die VrouebladPosbus 178, Lydenburg 1120Faks: Die Vroueblad 086 714 6157E-pos adres: Cobie Steyn, [email protected]: www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-intekenNavrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers:Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, [email protected]: Dr. Wymie du Plessis, Tel (018) 297 3987Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSAIntekengeld:Self afhaal by Administratiewe Buro: R 111Elektroniese intekening: R 111Groepintekeninge: R 174Individuele intekeninge: R R193(Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.)Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 XMenings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.

Werf asseblief vir ons nuwe intekenare of gee die Vroueblad as ‘n geskenk aan jou vriendin. Intekenvorm verskyn op op p. 29. Die Redak-

BRIEWESkryf ’n brief (200-250 woorde lank) aan Die Gereformeerde Vroueblad. Briewe hoef nie by enige tema in te pas nie – vertel ons wat leef in jou hart; wat

gebeur in jou gemeente!

Adresse waarheen briewe gestuur kan word, verskyn op p. 3.

www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken

OK

T 2

01

3

Ek behoort aan U, Here

Myenigste

troos

Die Heidelbergse Kategismus, 450!

NICOGROET

12

Page 3: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

3VROUEBLAD Oktober 2013

REDAKTEURSBRIEF

EK BEHOORTAAN U, HERE!

Susters in die geloof, Ek moet myself kort-kort knyp om te besef die jaar staan al oor die driekwart

merk, dat ons alweer in die maand is wat ons terugdink aan die Hervorming en dat ons een van die mooi dae weer sal werk aan nog ’n Kersuitgawe van ons blad.

Hierdie jaar herdenk ons die 450ste bestaansjaar van die Heidelbergse Kategismus en daarom het ons dit goed gedink om ons tema rondom die

Kategismus uit te bou. En wat kan juis mooier wees as Sondag 1 se antwoord op die vraag: “Wat is jou enigste troos in lewe en sterwe?” Daarom dan ons tema: Ek behoort aan U, Here. Kom jubel saam met Amanda du Plessis oor hierdie

groot troos en stap weer saam met Ankie de Klerk deur die hoofmomente van die Kategismus as riglyn vir ons dankbaarheid. Na 450 jaar vra ʼn mens dikwels: is die

Kategismus nog relevant vir vandag? Dan kom die antwoord helder en duidelik van Prof. Rikus Fick: sedert 1563 het “die basiese vrae oor lewe en dood, sonde en

genade, God en die mens en oor die hier en hierna steeds dieselfde gebly”. Dit is my gebed dat hierdie uitgawe elke leser weer nuuskierig sal maak om

werklik in diepte te gaan kyk na die ryk inhoud van die Heidelbergse Kategismus. Die vorige maand het ons vir Annelize Fourie verwelkom en belowe dat haar

bydrae nog in die boetseerfase is. Nou kan julle terugsit en die eindproduk lees: Sy en haar man Wilbrie gaan elke maand as egpaar saam gesels in Woord-wys uit

Wakkerstroom. As jong egpaar dink hulle hierdie maand na oor hoe kies ek as jongvrou my lewensmaat.

Lens op die Bybel is ook ʼn toevoeging tot ons blad. Vier predikante uit Pretoria, by name di. Christo Swanepoel (wat julle nou al deur Kaleidoskoop leer ken het), Gerrit Kruger, Willem Kotze en Awie Verhoef werk nou al ʼn geruime tyd saam

aan Lens op die Bybel wat plaaslik in hulle gemeenteblaaie gepubliseer word. Daaruit is soveel verrykende stof uit die Skrif opgebou, dat die redaksie besluit

het om dit met ʼn wyer gehoor te deel. In Novembermaand stel ons hierdie groep predikante aan die lesers bekend en vertel ook ʼn bietjie meer van die ontstaan van

Lens op die Bybel. Verlede maand het ons afskeid geneem van Prof. Jacques van der Elst en hierdie

maand groet ds. Nico Botha van Ds. sê my in ʼn persoonlike brief aan ons lesers en die redaksie. Dankie vir ʼn brief uit jou hart uit, Nico.

Mag ons gelowige vroue altyd onthou dat ons aan Jesus Christus, ons persoonlike Saligmaker, behoort en dat ons lewens moet oorbruis van

dankbaarheidvir sy genade.

Groete

Cobie SteynNS: BRIEWEBLAD: Stuur ʼn SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos jou

brief aan [email protected] of gaan lug jou mening op ons Facebookblad of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief

in Oktobermaand se brieweblad. Briewe moet ons voor of op 14 Oktober 2013 bereik. (Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir

administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie – skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die

inligting op die skutblad.)

Ons is op Facebook:Gereformeerde

Vroueblad.Gaan Like ons!

“Die vernaamste karaktertrek van die

Heidelbergse Kategismus is om ‘n wegwyser in die Skrif te wees. Die Skrif is

soos ‘n wye landskap. Die Heidelbergse Kategismus

is die kaart wat paaie deur die Heilige Skrif aandui”

(Uit: Verklaring van die Heidelbergse Kategismus,

Sondag 1-24 vanProf. PW Buys

Page 4: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

4 VROUEBLAD Oktober 2013

Die wenboek, geborg deur CUM-boeke is Pêrel in die sand deur Tessa Afshar

briewe

Openbaring in natuur en SkriftuurSondag het ek weereens, soos trouens elke Sondag, die gevoel gekry dat my hart van dankbaarheid soos ‘n ryp granaat wil oopbars! Wat ‘n onbeskryflike genade dat ons in ons aftreejare in hierdie wonderlike deel van ons land kan woon: Die Overberg.

Vir ons twee oues wat van die Hoëveld kom was die natuurskoon van die effe onbekende deel van ons land ‘n reuse verrassing!

Ons woon in ‘n klein dorpie, Riviersonderend, waar ons die enigste Gereformeerdes is. Ons naaste gemeente is Agulhas in Bredasdorp, sowat 50 km van ons af. Aanvanklik het ons gedink ons sou nie elke Sondag kon kerk toe gaan nie, maar glo my, ons mis dit nou vir niks in die wêreld nie. Die warmte en liefde wat ons in hierdie gemeente ervaar is vir ons kosbaarder as korale en die rit daarheen louter plesier.

Elke Sondagoggend net na nege klim ons in ons motor en vertrek Bredasdorp toe. Na ’n paar kilometers uit ons dorpie op die snelweg draai ons af op ‘n pragtige breë gruispad wat bult op en bult af deur die Rûens kronkel. Ons kyk gewoonlik wie eerste ’n bloukraanvoël kan sien, die statige dames met hulle rokke met slepe. Gewoonlik vind ons hulle by die skape se voerbakke waar gevleueldes en viervoetiges heerlik saamkuier. As ons verbyry, tel die skape hulle koppe op en kyk droomverlore na die twee siele wat verby stof. Renosterbossies staan welig langs die pad en bloekombome met hulle trossies blare aan hulle toppe wieg stadig in die wind.

Met elke bult wat ons opry, is die verrassing groot as ons bo kom, veral in die na-winter as die bottergeel kanola- en groen koringlande soos ‘n skilderdoek voor ons oopvou. Dit bly steeds ‘n asemrowende lappieskombersgesig.

Na 9 km is ons weer op ‘n teerpad en ry spoedig verby ‘n groot kudde saggeaarde Jerseykoeie wat ingeryg staan soos visgrate langs hulle voerbakke. Ons sien wilde makoue, wit heilige ibisse, raaie, baie valkies en die immer teenwoordige skarrelende tarentale.

Plaashuise kyk deur stil vensters na ons, groot implemente staan skouers gesak en rus op die Sondag. Die rustigheid is aansteeklik en ons raak stil.

As ons die lang afdraande bereik na die Napier/Bredasdorp T-aansluiting en Audrey Blignault se dorp binnery, besef ons weereens dat die 50km-rit vir ons kosbaar is want ons het ons Skepper alreeds deur die natuur ontmoet en is ons gereed vir die erediens waar ons Hom uit Skriftuur kan ontmoet.

Overberggroete ~ Estha Singeling.

WOORDEKONOMIELiewe lesers, Ons vrouens is mos dagboekbehep – of wag, dat ek erken: Ek is dagboekbehep! Ek kan nie lewe sonder my dagboek wat my maand, week en dag karteer nie. Die lewe vereis dit van ‘n vrou, anders hoe gaan ons al die balle gelyk in die lug kan hou? Huishou, die kantoorwerk byhou, die kinders oral kry waar hulle moet wees (en weer terug), die naweekafsprake...Ek hou van ‘n dagboek met mooi prentjies of foto’s in. Ek hou van ‘n dagboek met aanhalings uit die Bybel of sinvolle aanhalings uit goeie literatuur. Is dit nie wonderlik hoedat ‘n mens se oog dikwels op ‘n bemoedigende aanhaling of Skrifgedeelte in jou dagboek val terwyl die afsprake en moet-doen-lysie jou kop laat duisel nie. Dis so ’n stilstaan-oomblik, ’n tydstippie van binnetoe kyk en soms rustig word. Hierdie maand praat my dagboek oor die tong en dat die gebruik van ons tong ook onder beheer van die Heilige Gees moet staan. En terwyl ek ‘n brief geskryf het aan iemand waarin ek taamlik sterk my standpunt stel, raadpleeg ek ‘n geloofsvriendin wat my aanraai om die woorde van die brief tot die minimum te beperk. Ek loof die Here vir geloofsvriende en skraap die brief se woorde tot op die been en tot by liefde en selfbeheersing en net sê wat nodig is. En terwyl ek die vrugte pluk van ‘n geesbeheersde brief en die antwoord wat daarop volg, val my oog op die woorde van Orson Scott Card, aangehaal onderaan die bladsy van dié dag: “Onder my kosbaarste besittings is woorde wat ek nooit gesê het nie”. Groete in Christus ~ Thea Rademan

Ons Facebookvriende sê: Jeanette Pretorius oor die Damestee van 23 Augustus (Pretoria): “Was daar, wat ’n awesome oggend – het regtig vir Lindie & Nia baie geniet, waarlik ’n seëning. Dankie aan almal wat soveel gee om so ’n oggend moontlik te maak. Dankie gasvrou Marietjie Nortje vir die saamnooi, jy is net so ’n blessing in my lewe” (sien berig oor die Damestee Novembermaand in Die Gereformeerde Vroueblad – Red.)

Page 5: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

5VROUEBLAD Oktober 2013

Om

po

siti

ef

te b

ly

Vir ons is “positief bly” gekoppel aan die gawe van

geloof, hoop en liefde wat die

Heilige Gees in ons werk

lesers vraPr

of.

Ben

de

Kle

rk

“Dominee, my vraag gaan oor denke:Is daar verse wat ‘n mens kan gebruik om positief te bly?”Dit is menslik gesproke nie maklik om positief te bly nie. Van buite af werk daar negatiewe dinge soos berigte oor geweld, verkragting, mishandeling, korrupsie en nog baie meer op ons in. In onsself is daar ook gevoelens, gedagtes en ervarings wat neig om ons lewensblyheid, geloof, hoop en selfs liefde te blus.

Die wonder van die skepping van die mens is dat God hom verstand gee, hy kan dink. Die sonde bring egter skewe denke: om te dink ek sal soos God kan wees. Die man en sy vrou dink verkeerd oor God en daarom ook oor hulleself. Christus sterf vir ons sondige aard, ons sondige denke waaruit ook ons sondige gevoelens, woorde en dade voortspruit. Dit is die goeie nuus. Daarom sal nie net ‘n paar tekste ons kan help in ons denke nie. Die evangelie, die kernboodskap van die Bybel kan gebruik word “om positief te bly”. Dink maar aan Johannes 3:16. Vir ons is “positief bly” gekoppel aan die gawe van geloof, hoop en liefde wat die Heilige Gees in ons werk.

God beheer ons denke deur sy Heilige Gees. Die Here sê in Rom. 12: 1-2 dat God Hom in liefde neerbuig (ontferm) na ons toe. Daarom kry ons die opdrag: “Laat God jou verander deur jou denke te vernuwe”. God die Heilige Gees verander ons denke deur ons te wys wie ons in Christus is: Verlostes wat volkome vergewe is, mense wat regverdig gemaak is, bestem vir ‘n lewe met God!

God is die God van vrede wat ons innerlike vrede wil gee. Daarom kan ons ons ons pyn deur gebed en smeking met dankie-sê by Hom bring en sy

vrede (wat ons verstand ons denke te bowe gaan) sal oor ons harte en gedagtes (denke) die wag hou in Christus Jesus (Fil. 4:6-7). Hierdie God wat ons in Christus nuwe mense gemaak het, help sy afhanklike kind deur ons te wys waarop ons ons gedagtes (denke) moet rig (Fil. 4:8 en 9): “Alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig”.

Dit is genade van die Here dat ons positief, blymoedig, vol hoop, geloof en liefde kan bly, omdat die vrug van Christus se kruisdood en sy opstanding die uitstorting van die Heilige Gees in ons harte is. Tog is ons broos, sukkelend in ons stryd teen die sonde en val ons maklik terug in negatiewe gedagtes. Die Psalmdigter beskryf dit so nadat hy God se goedheid besing het: “Tog het ek daaraan begin twyfel, ek het byna koers verloor”. Ons sing dit so: “Maar ag, hoewel my siel dit weet, tog het my voet haas in sy leed gewankel en dit was vir my so donker dat my voet wou gly”. God is so groot dat Hy ons ruimte gee om selfs met Hom te worstel om weer positief te kan dink. Dieselfde Psalmdigter se worsteling bring hom tot die besef: Die Here het hom aan die hand: “U vat my aan die hand!” (Psalm 73). Om positief te bly, om

in voorspoed positief dankbaar te bly en om in teenspoed geduldig te wees, is die resultaat van God se voorsienigheid, sy almagtige neerbuigende, liefdevolle krag waardeur Hy ons vas hou.

Die vraag van ons leser oor ons denke en watter tekste ons kan help om positief kan bly, soek op die regte plek: In die Woord! Die Woord van die Here

is ook ‘n troosboek vol inspirerende troos-, bemoeding- en selfs vermanende woorde om positief ons Here Jesus vas te gryp wat nie net gekom het om negatiewe gedagtes in ons saam met Hom te laat sterf nie, maar wat ook aan die kom is om ‘n heerlikheid sonder pynlike gedagtes en trane al meer nou reeds te laat deurbreek.

Stuur jou vrae aan Ben na: Epos: [email protected], SMS: 072 183 1083Slakkepos: Posbus 20764 Noordbrug 2522.

Page 6: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

6 VROUEBLAD Oktober 2013

in diepte

Deur Dr. AmAnDA Du Plessis,(FAkulteit teologie: noorDwes-universiteit, PotcheFstroom)

U,HereEk behoort aan “Ek behoort aan U, Here!”

Wow, wat ’n stelling! Wat ’n groot uitroep en troos om aan vas te hou! Maar elkeen van ons wat hierdie uitroep uit die diepte van ons harte kan maak,

weet dat daar ‘n groeipad tot hierdie punt van oortuiging was. En as ons dit eers, hier diep in ons binneste, wéét, is dit ons enigste troos in lewe

en in sterwe!

Page 7: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

7VROUEBLAD Oktober 2013

in diepte

at is jou enigste troos? Sondag 1 van die Heidelbergse Kategismus vra die vraag: Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe?

Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus, behoort. Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos. Hy bewaar my op so ʼn wyse dat, sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie. Alles moet inderdaad tot my saligheid dien. Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe.

‘n Kort bondige antwoord. Maar een wat ons hele identiteit en sekuriteit in lewe en in dood omvat.

Die nietige mens – eiendom van die almagtige GodEk is seker jy het al verskeie dokumentêre programme gesien oor die grootte van die skepping. In hierdie programme word die aarde vergelyk met die son en dan ook met die veel groter sterre en planete, wat die aarde ʼn klein stippeltjie laat. En op hierdie ‘klein stippeltjie’ is ek en jy. Iewers. ʼn Klein stofdeeltjie wat nie eens ʼn verskil op die groter skaal kan maak nie. En kyk ons soms na die natuurkragte op die aarde – soos ʼn tsunami – besef ons maar al te goed ons onvermoë om weerstand daarteen te kan bied. Hoeveel te meer dan nie teen die groter skepping nie!

Maar God (en om myself nou in die rede te val: Dit is hierdie twee woorde wat ons as kinders van die HERE onderskei van diegene wat nie glo nie. Dit is die verskil in ons lewe – maar

God…!), maar Gód – óns God – is die Skepper van dié grote heelal EN ONS BEHOORT AAN HOM!

Troos, troos my volk, sê God die HEREWanneer laas het jy die troosboodskap van die profeet Jesaja (hoofstuk 40-48) gelees? Die volk Israel was moedeloos weggevoer in ballingskap en vir hulle was die ballingskap ʼn teken van God se onmag. Miskien het Hy moeg geword, miskien het Hy sy mag verloor en is die gode van Babilonië tog sterker as Hy.

Maar die profeet kom en sê: “Hoor Israel, weet jy dan nie, het julle nie gehoor nie…” “Hierdie God wat met sy eie hande die waters afgemeet het, wat met die breedte van sy hand die maat van die hemel bepaal…” “Hierdie God is die Gód wat sy hand oor jóú hou, wat jou met sý hand vashou, wat jou met sý eie hand red.” “Wat jou hand vat, wat vir jou sê: moenie bang wees nie, Ek help jou!” “Ek (GOD!) help jou!”

Losgekoop deur Christus se kosbare bloedHoor liewe vriendin, hoor vandag… God het sy Seun, Jesus Christus gestuur, Hy het jou met sy kosbare bloed gekoop en jou verlos uit alle heerskappy van die vyand! Die goeie nuus van verlossing het ʼn werklikheid geword. Jesus het die volle prys betaal. Jy is vry. En Hy beloof: “Niemand sal hulle uit my hand ruk nie… niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie” (Joh. 10:29). Al woed ʼn storm om jou, só erg dat jy bang is jy knak, onthou JY BEHOORT AAN GOD. Hy hou jou in sy hand.

Aan die begin van Jesus se openbare bediening lees Hy die boekrol van Jesaja (Luk. 4:18-19). In hierdie woorde word die bediening van Jesus opgesom:

Hy hét gekom om die evangelie aan die armes (van gees, die nederiges) te bring; om die wat verbryseld van hart is (wat innerlik seer is), te genees; om vrylating aan die gevangenes (ook dié in emosionele tronke) te verkondig; om herstel van gesig aan die (fisieke en psigiese) blindes; om dié wat gebroke (geknak) is, in vryheid weg te stuur; en om die aangename jaar van die Heer (die oorwinning in Hom) aan te kondig. En dan vers 21: “Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.”

Ek juig, want ek behoort aan UVandag IS hierdie Skrif in jou ore VERVUL. Het jy al gehoor? Weet jy al? Daar is ʼn verskil tussen om dit met jou kop te weet, en om dit met jou hart te weet. Om met jou hart te weet, beteken om in algehele oorgawe jou hand in die Here se hand te plaas. Dit beteken dat jy in tye wanneer dit goedgaan kan uitroep: “Ek behoort aan U, Here!” En in tye wanneer die seer so intens is, te fluister: “Ek behoort aan U, Here.” Jy weet dat jy wéét, want die Skepper God het ook die geloof in jou hart bewerk en Hy hou jou veilig in sy hand.

Leef jy wérklik uit hierdie versekering dat jy aan Hom behoort? Wanneer jy op die strand staan en kyk na hoe die branders breek, sien jy elkeen is anders. Wanneer jy jou oë aand vir aand lig na die horison en na die sonsondergang kyk, sien jy elke aand ʼn ander prentjie. Wanneer jy die klokhelder lag van kinders hoor, klop jou hart warm. Al hierdie dinge het God geskape, hou Hy in stand.

En met hierdie wete dat God die grote skepping in balans hou, eggo die wete binne-in jou: “Ek behoort aan U, Here! Dankie, dit is genade en my troos.”

Page 8: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

DANKBAARHEID

8 VROUEBLAD Oktober 2013

in diepte

DEuR ANKIE DE KlERK(GK BERGBRON)

S

n LeweVAN

DANKBAARHEID

“Wat kan’k die Heer vir al sy guns vergeld?wat kan’k Hom bring uit dank vir sy genade?

Ek sal Hom prys vir sy verlossingsdadeen by die kelk van heil sy Naam vermeld.Ek sal u Naam met dankerkent’nis prys

te midde van die feestelike skare.Jerusalem, ek hoor om jou altare

die lofgeluid wat tot Gods eer verrys”(Ps. 116: 7 en 10; berymd).

o sing ons in Psalm 116, en daar is nog baie ander psalms en liedere waarmee ons aan die

Here ons dank betuig vir die groot genade wat ons ontvang het.

Wanneer ek tot die wonderlike besef kom dat ek, ten spyte van my eie sonde en swart verlede die woorde vir myself kan toeëien: “Jou sondes is vergewe”, begin daar ‘n nuwe fase in my lewe. Ek ondergaan ‘n metamorfose. Die verlore kind het tuisgekom by haar hemelse Pa en word gekoester deur sy oneindige liefde...

Ek kán eenvoudig nie anders as om uit dankbaarheid God te eer deur te doen wat Hy wil hê en Hom te dien met enige goeie werk wat ek kan vind om te doen nie!

Riglyne vir ons leweOns kry duidelike riglyne vir ons lewe van dankbaarheid as ons die vrae en antwoorde lees wat soveel jare gelede saamgestel is deur Ursinus en Olevianus toe hulle die

Heidelbergse Kategismus daargestel het. Die verduideliking oor wat elke gebod van die Tien Gebooie inhou as verordeninge wat God self gegee het om sy kinders se lewens geseënd te maak is steeds in 2013 relevant en waardevol.

Hoop in ʼn hopelose situasie Natuurlik begin die Heidelbergse Kategismus nie met die gedeelte wat ons leer hoe ons reaksie op die genade van God behoort te wees nie. Dit begin juis om eers die prentjie te skilder van ‘n hopeloos verlore saak: Daar is geen manier waarop ekself, met my eie pogings, kan terugkom binne die kring van die Here se guns nie... Verder kan geen ander mens, hoe “voorbeeldig” ookal, vir my instaan nie, juis omdat hy of sy self reeds met sonde besmet is.

Op die randjie van dié onoorkombare kloof tussen mens en God staan ons met koppe wat hang en krom skouers van moedeloosheid wanneer ons Sondag 5 gelees het.

Maar dán begin dit in Sondag 6 deurskemer dat God self die brug vir ons gebou het! Jesus Christus is die Middelaar, die een Persoon wat tegelykertyd as Seun van God die volle lading van sy straf kan dra én as menseseun die waardige verteenwoordiger van die hele menigte van sondaarmense kan wees. “Hallelujah! What a Saviour!” wil ek sing saam met die lied van Philip Bliss uit die ou Psalter Hymnal (Christian Reformed Church in Amerika se liedbundel wat in ons Engelstalige gemeente, Good News Community Church, in Braamfontein gebruik is.)

Dankbaarheid vir my verlossing Ons lewe, na wedergeboorte en bekering, staan in die teken van oneindige dankbaarheid dat ons nie verlore en ver van God hoef te bly nie, maar in ‘n lewende verhouding met Hom mag wees. Jesus Christus het dit vir ons moontlik gemaak deur sy

Page 9: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

DANKBAARHEID

9VROUEBLAD Oktober 2013

in diepte

DEuR ANKIE DE KlERK(GK BERGBRON)

n LeweVAN

DANKBAARHEIDvrywillige gee van Homself in ons plek. Die Heidelbergse Kategismus neem ons in Sondag 6 tot 31 deur die leer van ons verlossing soos ons dit in die Bybel kan terugvind. Vanaf Sondag 32 kry ons riglyne oor wat in die Woord van God staan met betrekking tot ons dankiesê, elke dag en elke oomblik van ons aardse bestaan, vir die onverdiende genade om kinders van God te kan wees.

Die vrae oor goeie werke (V & A 86 tot 91) aan die begin van hierdie gedeelte lig die essensie van die gelowige se lewe uit – ons lees van: • vernuwingtotdieewebeeldvan

Christus;• eerwataanGodtoekom;• versekeringvirjouselfvanjougeloof

wanneer jy die vrugte van die Gees in jou lewe sien;

• uitleefvanjouverlossingasboodskap vir jou naaste;

• hartlike,opregteberouoorjousondes;

• ontvlugtingvansondigegedrag;• vreugdevandiegelowigepersoonin

God;• lusomsywiltedoendeurgoeie

werke;• enombepaalddieWetvanGodte

gehoorsaam, tot sy eer alleen.Die logiese gevolg van redding uit

die katastrofe van totale verlorenheid is die drang om terug te gee, om te wys hoe dankbaar jy is. Ten eerste kry ons in die Tien Gebooie die riglyne vir ons verhouding met God en die tweede deel gaan oor ons verhouding met ons medemens. Ons kan hieruit ons rigting bepaal vir elke dag se voluit leef vir die Here. Ons hoef nie onseker te voel oor wat goed en reg is om te doen nie, want dit word vir ons gegee.

Genade deur die GeesNa die behandeling van die Wet kom die vraag of ons die gebooie ten volle kan onderhou en die antwoord is “nee”. Ons het die genade van die Heilige Gees nodig, om ons meer en meer te

vernuwe na die beeld van God, sodat ons uiteindelik in die ewige lewe volmaak sal wees. Vir dié genade en vernuwende werk in ons lewe moet ons God voortdurend in gebed vra.

GebedSo kom die Heidelbergse Kategismus dan in die laaste agt Sondae by die belangrike deel van ons dankiesê deur ons gebede. Ons gebede verbind ons in ‘n hegte verhouding met God wat ons lewe bestuur en ons in alle opsigte versorg. Die voorbeeld van die gebed wat Jesus vir sy dissipels gegee het, gee duidelike riglyne vir ons eie gebede en word daarom deeglik bestudeer.

Ons kan gerus met nuwe aandag oplet na die riglyne wat die kategismus gee oor ons lewe as dankbare, verloste mense.

Page 10: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

in diepte

10 VROUEBLAD Oktober 2013

Die HeidelbergseKategismus

450 jaar oud...Vandat dit in 1563 vir die eerste keer gepubliseer is, is die Heidelbergse Kategismus in baie tale vertaal en het gou die invloedrykste van al die belydenisskrifte van die Reformasie geword. Sedert sy verskyning het duisende Christene oor die wêreld heen die Kategismus gelees, daaruit geleer en dit gebruik vir onderrig in die kerk. Dit word algemeen ervaar as ‘n helder en vertroostende gids tot die waarhede van die Skrif.

Is dit nog relevant? DEuR PROF. RIKUS FICK (NWU)

atuurlik het daar al baie dinge in die wêreld van 1563 af verander en is dit nie

eienaardig nie dat die vraag gevra word of die Kategismus nog van waarde is vir die gelowige in 2013 nie. Ons moet egter onthou dat die basiese vrae oor lewe en dood, sonde en genade, God en die mens en oor die hier en hierna steeds dieselfde gebly het. Soos die inwoners van Heidelberg in 1563, is dit vandag nog noodsaaklik dat ons die basiese waarhede van die Skrif moet leer en weer leer. Daar is nog steeds slegs een troos vir die mens en net een manier om daardie troos te bekom.

Natuurlik het die Kategismus nie Goddelike gesag soos wat die Bybel het nie, maar tog is dit as belydenisskrif vir ons van besondere waarde, omdat die Here belowe het dat Hy deur sy Gees die kerk in die waarheid sal lei.

Die waarde van ons belydenisskrifte, so weet ons, lê daarin dat dit ʼn getuienis teenoor die wêreld is van wat ons glo en omdat dit ook ʼn besondere band van eenheid tussen gelowiges smee.

Verlossing slegs deur Jesus Christus Die belangrikste rede waarom ons egter kan sê dat die Kategismus nog relevant is vir vandag, is omdat die teks daarvan konsekwent heenwys na Jesus Christus. Dit wys op die bevryding wat daar in Christus is teenoor die moderne oortuiging dat die mens self sy heil en vreugde kan skep. Die Kategismus is eerlik en op die man af as hy die mens se nood en ellende en die noodsaaklikheid van die verlossing deur Christus beskryf. Die etiek en die teologie van die Kategismus is daarom suiwer Christosentries.

Die groot klem wat dankbaarheid in hierdie belydenisskrif kry, is hoofsaaklik ʼn dankbaarheid oor wat God deur Christus vir ons gedoen het. Boonop word die plek van Christus in die lewe van die gelowige op ʼn besondere manier prakties gemaak: as Christus ons met liggaam en siel van die ewige verderf gered het, watter invloed het dit op die manier hoe ons optree en dink?

Leerboek Die Kategismus word algemeen beskryf as ʼn leerboek. Calvyn was daarvan oortuig dat die kerk kwalik kan bly voortbestaan sonder ʼn kategismus, want dit is ʼn manier om kinders en onkundiges die waarhede van die Skrif te leer sodat hulle die valshede wat aan hulle opgedis word, kan herken en weerlê. Ons leef in ʼn tyd waar daar

Page 11: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

in diepte

11VROUEBLAD Oktober 2013

nie veel erg is aan die waarheid nie. Die Kategismus leer ons vandag nog dat daar kernwaarhede van die Christelike geloof is wat ononderhandelbaar is en wat verdedig en bewaar moet word.TroosboekDie Kategismus is ook ʼn troosboek. Een van die kenmerke wat dit so aantreklik maak, is die inleidende deel daarvan.

Luther se kategismus plaas die klem op die mens as gedoopte lidmaat van die kerk. Calvyn se kategismus benader weer die mens as ʼn skepsel wat geskep is na die beeld van God.

Die Heidelberger, daarenteen, beskryf die mens as spesiale eiendom van God in Christus. Hierdie benadering is tipies van die praktiese en persoonlike aard van die

Kategismus wat dit uniek en aktueel maak. Kyk maar hoeveel keer die Kategismus ʼn bepaalde waarheid na vore bring deur dit relevant te maak vir “my” en “ons”.

Die Kategismus met sy warm en persoonlike toon leer ons van die begin af dat die waarheid nie maar net teorie of ʼn blote abstraksie is nie; dit bly steeds ʼn bruikbare gids tot die toepassing van die boodskap van die ware Christendom op ons eie lewens. Dit is, soos die kerkhistorikus Philippus Schaff gesê het, ʼn produk van die hoof en die hart. Dit lê klem nie net op die dinge wat ons moet glo nie, maar ook op die geloof as iets lewendigs en op ʼn lewe voor die aangesig van ʼn heilige en lewende God. Die doel van die Kategismus is nie bloot om ʼn objektiewe beeld van God te gee nie, maar om ʼn lewendige verhouding met God te beklemtoon – ook en veral as ʼn verhouding vol vreugde en vervulling.

Ons anker en enigste troos Iemand het die Heidelbergse Kategismus as ʼn anker beskryf: dit veranker ons aan die waarheid van God se Woord; dit veranker ons aan die werk van Christus wat vir ons die verlossing bring; dit veranker ons aan die kerk van Christus en dit veranker ons aan ʼn lewe vir Christus deur sy Gees.

Wanneer ons die Kategismus met sy vraag en antwoord-metode lees, dan word ons herinner aan die noodsaaklikheid daarvan dat ons die opdrag om ons kinders te leer, ernstig moet opneem. Ons kinders word daagliks blootgestel aan soveel menings en oortuigings. Die elektroniese en sosiale media stel hulle bloot aan onbeskaamde kritiek van die Christendom en talle sogenaamde alternatiewe versoeningsteologieë. Hulle word blootgestel aan godsdiensgelykheid. Dit is juis nou so belangrik om hulle te leer wat die “enigste” troos is.

Page 12: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

12 VROUEBLAD Oktober 2013

Ons enigste troosDEuR GRIET SWANEPOEl

leefdinge

“Suid-Afrika behoort elke week in vlamme op te gaan. Hier is net te veel konflik. Teoreties kan dit nie bestaan nie, dit behoort elke dag te ontplof. Elf nasionaliteite in een land!” Só verduidelik ‘n besoekende professor uit Amerika ons land se situasie oor die nuus toe ek nou die oggend

TV-nuus kyk voordat ek na my nagskof gaan slaap.

Page 13: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

13VROUEBLAD Oktober 2013

leefdinge

Ons enigste troosDEuR GRIET SWANEPOEl

ie gedagte, dat ons land ʼn kookpot van konflik is, spook toe by my. Ek

droom later hoe ek in ʼn groot pot loer waar die geweld, stakings en politieke onstabiliteit onheilspellend in ʼn warm kerrie-korrupsie-sousie ingemeng word en prut. Net voor die pot oorkook skrik ek wakker. Wat gaan van ons word… Dink ek meteens. Dit was ʼn vreeslike nagmerrie. Dis so werklik ek ruik selfs die kerrie.

Ek kyk op. Langs my bed staan my man met ʼn bakkie kerrie-en-rys en ʼn koppie tee. Hy het besluit hy verras my met ʼn middagete en steel ʼn bietjie van my slaaptyd omdat hy verlang.

Die droom voel so werklik dat ek sukkel om te glo dat ek die ramp vrygespring het. Net toe die kleingelowigheid my wil beetpak, kry ek nog ʼn onverwagse verrassing.

’n Uitnodiging na ʼn Interdenomi-nasionele forum vir Reformatoriese vroue. Dit laat my van my slegte nuus vergeet want nou verskuif my fokus. Ek moet voorberei om na die forum te gaan van wie se bestaan ek nie eers bewus was nie.

Die aand voor die konferensie hoor ek ʼn mooi storie by ʼn afgetrede senior weermagoffisier in ons gemeente.

Die gebeure speel af in die destydse Bosoorlog. Na ʼn woeste kontak met die vyand kom hulle tydens die opruiming na die operasie agter dat een troep soek is. Hy was deel van die Kaapse Korps. Niemand kry hom nie. Laat die volgende aand kry iemand hom waar hy nog geskok wegkruip in ʼn loopgraaf. Toe hulle vir hom vra: “Wat dink jy doen jy!” antwoord hy: “Luitenant, ek het gedink ... en gedink ... en gedink ... En ek het besluit ek gaan die SAW nog net uithelp tot die einde van die maand!”

Jy kan jou die prentjie goed voorstel. Die arme jong soldaat wat meteens moet besef hoe klein die verskil tussen lewe en dood kan raak in ʼn krisis.

Daar kom tog tye wat almal van ons in ʼn onbekende loopgraaf van

die lewe gedwing word. Só voel ek toe die oggend toe ek die pad aandurf Kempton Park toe vir die Interdenominasionele Forum.

Van al die gaste is ek toe eerste daar. Ek kry ʼn geleentheid om die organiseerders agter die skerms te ontmoet. Al die afgevaardigdes verteenwoordig hulle kerke se Vrouelessenaars.

‘n Reënboognasie sit later rondom die konferensietafel van so ver as midde-Afrika. Daar is van die eerste oomblik af ʼn ontspanne, hartlike en warm atmosfeer.

Ons kyk na die land se probleme uit heeltemal ʼn ander hoek: Uit die oë van ʼn gelowige vrou. Ek kom agter dat hierdie nie ʼn forum vir feministe is nie. Dit gaan nie oor vroueregte nie, maar oor diensbaarheid en die roeping van die vrou in haar gemeente en breër gemeenskap.

Iemand staan op en verduidelik hoe die wêreld poog om ons weer te verlaag tot slawestatus. Ons is reeds kinders van die Here, ons behoort aan Hom. Ons het alreeds alle regte. Ons moet ons energie kanaliseer in diensbaarheid. Die kerk moet die wêreld beïnvloed en nie andersom nie.

Ons kry elkeen ʼn klein borsspeldjie met die perfekte voetjies van ʼn 10-weke-oue baba. Dit vorm deel van die forum se veldtog teen aborsie. Ek stel die vissie-projek (ʼn logo van ʼn vis met die landsvlag daarin wat jy as ʼn borsspeld kan dra om jou as ʼn Christen te kan uitken) aan hulle bekend en deel sowat 100 vissies uit wat ek as skenking ontvang het. Die reaksie daarop is so positief. Ek is dankbaar.

Die laaste spreker van die dag gebruik die verhaal van die vrou wat aan bloedvloeiing gely het en wat deur Jesus genees is as basis van haar rede. Dit gryp my aan en dit is asof ek die diepte van die boodskap vir die eerste keer werklik verstaan. Net soos dié vrou wat na twaalf jaar van siekte en stigma geen ander hoop gehad het as Jesus nie, weet ons vandag dit is ons enigste kans op redding.

Ons kan steeds raak aan die soom van sy kleed. Geen siekte, geen ellende of ramp is te groot vir sy redding nie. Ons Here sal gaan stilstaan, luister en verstaan.

Die euforie van ʼn tafel vol gelowige vroue was ʼn groot versterking vir my. Ek ry terug huis toe met soveel hoop. Ek is reg om vanaand in my eie loopgraaf te gaan lê. In die hospitaal. Daar weet jy nooit wat wag nie.

Ek kom skaars aan diens toe ʼn besoeker my benoud aan die arm vat en eenkant toe trek.

“Kan julle nie net my pa help dat hy nog ses ure leef nie — hy sal niks daarvan hou om op Mandela se verjaardag dood te gaan nie ...”

Sy ma kom haal hom daar by my. Sy is baie sterk: “Hy behoort nie meer aan hierdie aarde nie... Dit maak ook nie saak of dit vandag sy laaste dag is nie. Bly liewer die laaste paar uur by hom.”

Die seun is steeds desperaat en sit kop onderstebo. Hy stem nie saam nie. Die vrou se innerlike krag het geen grense nie. Sy vra ʼn Bybel. Daar is ʼn laai vol blou Gideons Bybels en ek gee een vir haar. Sy lees vir hom trooswoorde uit Ps. 16: “... Ek het vir die Here gesê: Ek behoort aan U”.

Die omie maak dit toe tot presies ʼn uur na middernag. Die familie is hartseer maar rustig. Die seun kom bedank my met opregte dankbaarheid. Ek voel aan dat hy dink ek het iets met daardie ekstra uurtjie te doen, maar ek het nie.

Ek sien baie uit na slapie die volgende dag. Dit gaan rustig wees. Daar het so baie in my geloofshart gebeur die afgelope tyd.

Die wêreld lyk vir ander soos ʼn kookpot, maar vir ons gelowiges is daar ʼn ewige rustigheid. Ons het ʼn troos. Ons behoort aan Jesus Christus en daarom is ons kinders van die Here. Bo alles kan ons in die geloof met enige nood net aan die soom van sy kleed raak.

D

Page 14: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

14 VROUEBLAD Oktober 2013

teks & vers

DEURMARLETTE VAN ROOyENEk behoort ook aan my man, ek

kan saam met die skrywer van Hooglied sing:

Hooglied 6:3 Ek behoort aan die man wat ek liefhet, en die man wat ek liefhet, is myne.Daar is ook soveel dinge wat aan ons behoort. Dit wat vir jou belangrik is, pas jy op, bewaar jy veilig, merk jy duidelik.

Maar om te bely: “Ek behoort aan U, Here“ , gee die kosbaarste gewig aan die woord “behoort“:

• EkbehoortaanGodomdatHymy duur gekoop het – deur die kosbare bloed van sy Seun.

• AssyeiendomisekvirGodso kosbaar dat Hy my deur die doop verseël het as sy eiendom.

• Assyeiendom,isekooknoudeel van sy huisgesin, sy liggaam, die kerk hier op aarde.

• EkkanGodnetloofenprysomdat ek aan Hom behoort.

In u hand Van ewigheid

het U my vasgegryp

só is ek

in u hand van elke kant omsluit

ek struikel wel

maar val

nooit buite u bereik

ook in my

laaste nood

die donker dood

hou U my vas

ek sal

nie deur u vingers val ...

Uit: Klein Spiraaldeur Sielie Laubscher

My enigste troos in lewe en in sterwe is dat ek nie aan myself nie, maar aan my getroue

Verlosser, Jesus Christus, behoort– Heidelbergse Kategismus Sondag 1, Vraag en antwoord 1.

Almalwilbehoort.Ditislekkeromte behoort en te weet jy is deel van ’n groep. Jy behoort dalk aan ʼn biblioteek omdat jy baie van lees hou. Jy is deel van ʼn sportklub, want jy wil graag jou gunsteling sportbeoefen.Ofjyisdeelvanʼngimnasium, want fiksheid is vir jou belangrik. Die rede hoekom jy aan ’nliggaamoforganisasiebehoortisomdatjyvoeldatʼnsekerebehoeftein jou lewe daardeur bevredig sal word en die mense wat saam met jou aan die organisasie behoort, het almaldieselfdedoelvooroë.

Waarekinʼnprofessioneleberoepstaan, moet ek aan ʼn regulerende organisasie behoort wat my tipe werkenoptredevoorskryfenrig.Riglyne word gegee sodat ek nie onwetend verkeerdelik optree en soandermensekanbenadeelofbeseer nie.

Onsalmalisookdeelvanʼngesin.My man sal nou nog sy broer vra ofhydienaweek‘huis’toegaan,alhoewel hy sy eie huis het. Terug na ma en pa toe. Terug na waar jy veilig voel en weet jy het waarde. Terug waar jy voel jy behoort.

Ek behoortaan U,

Here

Page 15: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

teks & vers

15VROUEBLAD Oktober 2013

Wêreld behoort aan die HerePs. 89:12: Aan U behoort die hemel, aan U behoort ook die aarde, die wêreld en alles daarin. U het alles gemaak.

Vertrou in StiltePs. 37:7: Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ‘n skelm nie.

Heerskappy behoort aan die Here1 Kron. 29:11: Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde. Aan U, Here, behoort die heerskappy; U is bo almal verhewe.

Maandag Dinsdag

Vrydag

Wysheid en Mag behoort aan die HereDan. 2:20: Daniël het gesê: “Mag die Naam van God altyd geprys word, Hy aan wie die wysheid en die mag behoort…” Heerlikheid behoort aan

die HereRom. 11:36: Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen.

Sondag

Koningskap behoort aan die HerePs. 22:29: …want die koningskap behoort aan die Here; Hy heers oor die volke.

Ek behoort aan die HerePs. 16:2: Ek het vir die Here gesê: “Ek behoort aan U, daar is vir my niks goeds nie behalwe by U.”

D agboek

Teks & vers

SaterdagWoensdag

Donderdag

Page 16: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

leefdinge

Ek het my werk verloor en kry nie ander werk nie. Nou voel ek so moedeloos en sonder hoop. Boonop voel dit vir my of daar nou ’n groot afstand tussen my en God is. Ek sukkel om te bid! Help my! Wat moet kan ek doen om uit hierdie put te kom? Marie (skuilnaam)Beste Marie, Ek kan verstaan dat jy moedeloos en sonder hoop voel. Om vandag jou werk te verloor kom al hoe meer voor en kan met enigiemand gebeur. Jy hoef egter nie moed te verloor nie, want hoop vorm deel van jou Christenskap (lees en oordink Rom. 5:3-5 deeglik, so ook alle ander aangeduide teksverse).Begin deur jouself te dwing om ondersteuning te soek in jou gemeente, al voel dit vir jou na ‘n moeilike opdrag. Die persoon betrokke by julle gemeenteblad kan byvoorbeeld jou situasie kortliks daarin verduidelik. Die kanse is baie groot dat iemand in die gemeente jou sal help om weer ’n inkomste te verdien, hetsy deur vir jou werk aan te bied, of jou prakties te ondersteun in die proses om werk te kry (CV opstel, voorbereiding vir onderhoude, agente besoek, en so meer). Ons as gelowiges vorm immers saam een liggaam in Christus (Rom. 12:4-8) en moet mekaar liefhê, dien, se laste dra, en troos (Joh. 13:14; Gal 5:13; 6:2; 1 Tess 4:18). Waak veral daarteen om jou te isoleer. Dit sal net veroorsaak dat jy al hoe meer in jouself gaan keer, jou selfvertroue verloor en depressief gaan word. Kyk ook na jou fisieke gesondheid: Eet gesond, gaan stap lang ente en kry genoeg slaap sodat jou denke helder en paraat kan bly. Wat jou probleem om te bid betref, onthou dat die Heilige Gees met onuitspreeklike versugtinge vir ons by God intree as ons nie weet wat en hoe ons behoort te bid nie (Rom. 8:26). Die Vader in die hemel weet immers wat ons nodig het nog voordat ons dit vir Hom vra (Matt. 6:8).Begin met ’n kort gebed soortgelyk aan die nederige gebed van die tollenaar in Luk. 18:13 en hou aan om só te bid, totdat jy weer ten volle met God kan kommunikeer. Soms is dit selfs makliker om jou gebed op papier te verwoord, soos Dawid in Psalm 130. As ons vir die wysheid wat van Bo kom bid om ons situasie reg te hanteer, gee God sonder voorbehoud en verwyt (Jak. 1:5). En as jy dink jou gebede word nie verhoor nie, moet jy onthou dat wat ons dink goed is vir ons, nie noodwendig deel is van God se plan vir ons nie. Selfs Paulus het drie maal tot God gebid om die doring in sy vlees te verwyder, maar die Here se antwoord was “my genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking as jy swak is” (2 Kor. 12:9).Hou met al jou krag vas aan die liefde van God wat ons in Jesus Christus, deelagtig geword het (1 Joh. 4:9-10). Ook aan Jesus se belofte dat niemand ons uit God se hand kan ruk nie (Joh. 10:28).

Bybelseberading

En as jy dink jou gebede

word nie verhoor nie,

moet jy onthou dat wat ons

dink goed is vir ons, nie

noodwendig deel is van

God se plan vir ons nie.

16

Deur Trudie Grobbelaar

VROUEBLAD Oktober 2013

Page 17: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

17VROUEBLAD Oktober 2013

leefdinge

Pêrel in die sand deur Tessa AfsharBoekebladResensent: Annamie Odendaal

ISBN: 978-1-4316-0370-1Prys: R129,95Vrystellingsdatum: Junie 2013Kategorie: Fiksie/HistoriesTeikenmark: AlgemeenFormaat: 140 x 208 mmBladsye: 292Omslag: Sagteband

Cum het weer ‘n lekkerlees roman uitgegee wat ons in ‘n knap Afrikaanse vertaling kan lees.

Daar is baie min gegewens oor Ragab die prostituut van Jerigo bekend. Die skrywer sê self dat hierdie hoofsaaklik ‘n fiktiewe verhaal is. Tog is daar baie aandag gegee aan die Bybelse besonderhede uit hierdie tyd. Die gruwelikhede rondom die Kanaäniete se afgodediens is deel van die storie, asook die feit dat die Here hulle wou uitroei juis as gevolg van hulle morele vrot lewe. Die skrik wat die volke oorval het toe die Israeliete begin nader trek en oorlog maak teen hulle buurlande word lewendig in hierdie storie.

Ek kon my inleef in die spot van die inwoners van Jerigo op hul hoë dik mure terwyl die Israeliete elke dag doodstil om die stad loop – en die skok en ongeloof toe die mure verkrummel. Die ongemak waarop Ragab en haar familie kennis maak met hierdie volk wat alles anders doen as waaraan hulle gewoond is, is ‘n lewende agtergrondles reg uit Levitikus. Die uitleg van die Israeliete se kamp en die daaglikse lewenswyse van daardie tyd stem ooreen met die beskrywing daarvan in Numeri.

Die Here het Ragab se oë oopgemaak vir die kragteloosheid en liefdeloosheid van haar volk se afgode. Sy smag na die God van Israel se beskerming en liefde soos sy die Israelitiese spioene daarvan hoor vertel het. God se woede teen die sondes van haar volk en dan teen Akan wat die Here se eiendom steel, laat haar egter wanhoop dat Hy haar ooit kan vergewe. Haar vroeëre sonde is té groot, té openbaar. Haar skreiende eerlikheid oor haarself is maar ons elkeen se worsteling. As ons onsself nie kan vergewe vir ons eie sondes en swakhede nie en onsself nie kan sien as kosbaar en die moeite werd om lief te hê nie, hoe kan ons glo dat God dit wil doen?

Die keersy van die munt is ironies genoeg ewe bekend aan die meeste van ons: Die trotse Israeliete sukkel om hierdie berugte prostituut en haar gesinslede met hul swakhede te aanvaar. Ons kan vriendelik wees teenoor die “sondaars” in ons omgewing, maar selfs diegene wat omdraai en hard probeer om gehoorsaam te wees aan wat die Here van ons verwag, aanvaar ons nie in ons harte as “ons soort” nie.

Die manier waarop die geestelike groei in al die karakters beskryf word, maak die onvoorwaardelike liefde van ons Here en die manier waarop Hy ons sien, duidelik op ‘n baie persoonlike manier.

Page 18: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

18 VROUEBLAD Oktober 2013

leefdinge

Dankbaar vir betowerende huwelike!Die gebed van Paulus aan die Efesiërs pleit onder andere “dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees” (Ef. 3:17). Hierdie gebed geld ook vir huweliksmaats. Jesus sien nie net alles wat jy en jou man doen nie, Hy loer nie net by julle huis in of is maar net ‘n kuiergas nie – Hy is die Hoof van julle huis, van julle huwelik. Oor die volgende paar maande gaan ons na jong getroude paartjies se huise kyk, vertrek vir vertrek. Hoe lyk die verskillende vertrekke waar die Here saam met julle deur sy Gees woon?

DEuR WIlBRIE EN ANNElIZE FOuRIE

WOORD-WYS UIT WAKKERSTROOM

Page 19: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

19VROUEBLAD Oktober 2013

leefdinge

Maar eers moet jy jou huis voltooi – ʼn lewensmaat kry om saam met jou te bly. Voordat jy kan woon, moet jy iemand binne-in jou hartskamers toelaat. Hoe kom ʼn mens daar uit? Waar vind ‘n mens jou droomman in hierdie gejaagde lewe? Vir enige enkellopende meisie is dit ʼn vreesaanjaende gedagte. Almal het natuurlik ook vir jou ʼn antwoord reg as jy dit sou waag om te vra. Die wêreld gee vir jou ʼn sekere padkaart na ʼn man se hart en dan is daar die ‘ander’ manier. Om ʼn pad saam met God te stap en padlangs saam met Hom die een wat jou aanvul te vind, is wat Hy van ons verlang.

Slegs deur genadeʼn Gerusstellende gedagte is dat jy slegs deur God se genade die lewensmaat vind wat Hy vir jou bestem het.

Hierdie persoon moet letterlik saam met jou uiteindelik woon – ook in elke vertrek in jou lewe. Hy moet ook nie net sien nie, nie net inloer nie en ook nie net ʼn verbyganger in jou huis en jou hart wees nie, nee, hy gaan saam met jou lééf.

Maak dit jou opgewonde of is daar nog sekere vertrekke, gedeeltes van jou lewe wat jy vir jouself wil hou?

Die soektogDie groot soektog na jou lewensmaat word eintlik ʼn soektog na jouself, na die sin van die lewe en ʼn hunkering na God. Daarom moet jy hierdie soektog koester en as ʼn uitdaging en avontuur sien wat nie noodwendig op ʼn einde hoef te kom saam met jou matriekuitslae nie! In watter kategorie val jy? Wag jy vir hom, of lééf jy terwyl julle soek? Ek sê ‘julle’, want daar is twee maniere hoe jy hierdie

soektog kan aanpak: Jy kan hom allenig soek of jy kan saam met God na hom soek.

Gevind“Dis hy ma, ek sê ma! Nee, ek is nie oorhaastig nie! Met dié man wil ek trou!” Dit moes al in menige ma’s se ore opgeklink het oor ʼn lang oproep gevolg met groot opgewondenheid.

Jy het hom nou. Jy het so lank hiervoor gewag. Lysies van die perfekte man opgestel, uitgeredeneer, beredeneer en gedroom dat die prins se perd al deurskynend wit is. Noudat die soektog op ʼn einde gekom het, wat maak jy met hom? Leer ken hom in soveel verskillende situasies denkbaar. Leer ken hom waar dit jou pas, waar dit hom pas en waar dit nie een van julle twee pas nie.

Om jou trouman te ontmoet is een ding, om dit te laat werk is ʼn ander ding. Dit is hier waar alles eers begin. Van nou af kleur julle mekaar se lewe in. Of is dit so maklik?

Drie ringeDaar bestaan die tong-in-die-kies gesegde dat daar drie ringe in ‘n verhouding is: Die betowering, die trouring en dan die ontnugtering.

As jy terugstaan en erken en bely dat God in beheer van jou lewe is, dat Hy dus ook direk betrokke is by jou soektog na ʼn lewensmaat, hoef die ontnugtering dalk nooit te gebeur nie. Om saam biddend voor die Here te staan as paartjie, om aanhoudend sy wil te soek in alles wat julle doen en om werklik vir mekaar lief te wees, sal die derde ring as’t ware laat wegsmelt.

Die lekker ding van trou is: Dit is vir altyd. En die slegte ding van trou is: Dit is vir altyd. Maak die regte keuses in elke situasie om die beste maat te wees vir die ander een. Dan is ‘vir altyd’ ʼn wonderlike vooruitsig!

Weerkaats God se liefdeDie wêreld floreer natuurlik daarop om sekere persepsies oor die huwelik bespotlik te maak. Dit selfs te verkleineer. Ongelukkig steek daar waarheid in van die persepsies wat net gelowiges wat self in ʼn huwelik is, kan regstel.

Smoor die valse persepsies van die wêreld oor die huwelik met oneindige liefde – dié gawe van God. Laat die wêreld honger raak om ook ʼn stukkie van die hemel te ervaar in die verhouding van twee mense wat mekaar onvoorwaardelik lief het. Staan op vir die huwelik as instelling van God en beywer julle om voorlopers in en voorbeelde van ʼn gelukkige huwelik te wees.

Wat doen jy vandag om ʼn positiewe Godsbeeld van julle verhouding uit te straal?

Sê dankieOp ʼn dag word jy, ʼn dogtertjie, gebore. Een van 3 biljoen. Twintig of dertig jaar later het jy die man wat Hy vir jou uitgekies het, gevind. Glo jy onwrikbaar dat God met sy eie hand jou droomman na jou toe lei? Voel jy alreeds dankbaar dat Hy jou toekoms en jou man se toekoms in sy hand hou?

Dis mos nou ʼn betowerende gedagte!

Dinge waarvoor man en vrou dankie sê:1. God lei jou lewensmaat na jou toe2. Jesus Christus – die Hoof van ons huis3. Gedeelde belangstellings4. Nooit eensaam nie5. Kan saam passievol wees6. Die toekoms beplan7. Saam droom

Page 20: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

leefdinge

20 VROUEBLAD Oktober 2013

Medegelowiges, Dis nou tyd om totsiens te sê na ‘n dekade se direkte betrokkenheid by Die Gereformeerde Vroueblad, en ek is dankbaar dat ek dit kan doen met mooi herinneringe en met baie hoop!Die redaksie Ek het die afgelope 10 jaar meermale gedink dit sou vir elke Gereformeerde predikant goed wees om deel te word van die redaksie van Die Gereformeerde Vroueblad, want dit verplig ‘n man om minstens eenmaal ‘n maand jou in die plek van die vroue in die kerkverband te stel, saam met hulle en soos hulle en vir hulle te dink.

Toe Marina van Loggerenberg as redakteur aangewys is, het sy haar dominee se samewerking gevra, en my so betrek by die besinning oor en beplanning van hierdie tydskrif wat ek nog altyd gelees en geniet het. Die lede van die redaksie het naby mekaar gewoon, en kon vinnig informeel help dink, net Karien moes “van buite” raad gee oor die bladuitleg en voorkoms.

Toe Cobie Steyn in 2009 die leiding oorneem, was dit moeiliker om die redaksie vir vergaderings byeen te kry, en het “elektroniese saampraat”, telefoonkonferensies en “vinnige advies” die normale manier geword om ons landswyd en tot in Namibië saam te bind en saam te laat dink .

Nico groet!Ds. Nico Botha het na tien jaar van getroue Skrifantwoorde gee op dikwels moeilike vrae, besluit om die rubriek Ds. sê my vaarwel toe te roep. Hoor wat hy te sê het in sy afskeidsbrief aan die redaksie en ons lesers.

Page 21: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

21VROUEBLAD Oktober 2013

leefdinge

Ek en vriend Jacques was in die minderheid tussen die bekwame en ywerige (en jonger!) dames, maar ek dink darem dis histories korrek om te sê ons het ons man gestaan! En meermale was dit ons wat aangemoedig het en gehelp het dat die span jongeres onbevrees nuwe koers kon inslaan.

Ek is opreg dankbaar dat ek deel kon hê aan die veranderings in voorkoms, uitleg en kleur, en ook die hele verjongingskuur van Die Gereformeerde Vroueblad kon beleef. Die elektroniese saampraat en die vergaderings van die redaksie was intense en openhartige dinkskrums , en elke keer het die “bal” skoon uit daardie skrums gekom, vars en nuut!

My laaste redaksievergadering was ‘n borrelende en sprankelende ervaring vol vernuwende gedagtes en groot planne. Na die vergadering het ek gewonder of ek nie maar nog ‘n rukkie saam met sulke besondere en entoesiastiese gelowiges moes werk nie.

Ek groet die redaksie met hoë waardering vir almal se insette, veral vir die volgehoue, bekwame en harde werk van Cobie (daardie nuwe foto wys wie jy regtig is!). Mag die Here julle nog lank kragtig gebruik.

Ds. sê my!Ek het destyds ds. Chris Malan se beantwoording van die vrae

in “Dominee, ek wil weet” gereeld met waardering en bewondering gelees, en toe ek gevra is om in sy plek voort te gaan, het ek met groot huiwering ingestem. So het een van die mees verrykende ervarings in my lewe begin.

In die blad is altyd net die kort samevatting van ‘n lang vraag gepubliseer, maar die volledige vraag het dikwels vertel van jarelange worstelinge en hartseer, vertwyfeling en dikwels verbittering. Ander kere was dit net ‘n sms van ‘n paar woorde , sonder enige agtergrond, sonder naam, net die skreiende vraag van ’n mens.

Maar elke vraag (63 van hulle) het my gedwing om dieper in die Woord van God te delf, dieper in my eie hart in te kyk en dan te probeer om so te antwoord dat dit iets kan beteken vir almal, ook vir lesers by wie so ‘n vraag nog nooit opgekom het nie.

Die vrae het nie net die hart van medegelowiges blootgelê nie, maar my opnuut ook laat besef hoe ryk en diep God se openbaring is, en hoe skerp dit in ons lewe insny.

Baie dankie vir almal se vrymoedigheid en vir die eerlike soeke om duidelikheid, insig en troos te kry.

Baie dankie vir verdraagsaamheid en aanvaarding wanneer die antwoord dalk nie was wat jy gesoek het nie, en sommige antwoorde selfs teleurgestel het.

Ek dank die Here vir alles wat Hy saam met Jesus aan my gegee het, en dat ek ook in hierdie stukkie van my lewe die werk van sy Gees so heerlik kon ervaar.

Aan vriend Ben, baie dankie dat jy oorneem, mag jy ook daarin die Here se seën ervaar.

Ek groet!Nico

Wie is Nico Botha?

Nico Botha is op 8 Augustus 1939 in Bloemfontein gebore, is op 30 Januarie 1965 getroud met Rieks (Scholtemeijer) en is op 27 Februarie 1965 deur prof. Jaap Helberg as predikant in Rustenburg-Noord bevestig. In Augustus 1968 word hy predikant van Randburg met opdrag om ook in die Bruin woongebiede Riverlea en Noordgesig te dien en dit word toe vir 22 jaar hulle en hulle twee dogters se lewe.

In daardie tyd werk hy saam in die latere Sinode Suidland, dien as een van die kuratore van die Hammanskraalse Teologiese Skool, later ook as voorsitter tot met die samesmelting met die Teologiese Skool Potchefstroom. Dit was worsteljare met baie teenstand, geweld, politieke onbestendigheid en baie kritiek, maar dit was jare vol van die Here se krag in eie lewe en in die lewe van ons “Bruin” broers en susters.

Van 1990 af was hy predikant net van Randburg. Na sy emeritering (begin 2005) het hy as “predikant in hulpdiens” saam met Midrandgemeente die Here se seën beleef dat hulle so in getalle gegroei het dat dit moontlik was om einde 2010 ‘n predikant te beroep . Sedert November 2010 is hy predikant in hulpdiens van Johannesburg-Suid, en werk hy en Rieks met liefde en vreugde saam met hierdie klein gemeente tussen Alberton en die middestad van Johannesburg, omring deur baie armoede en verwaarlosing, en baie Moslems.

Tydskrifte was heeltyd deel van sy lewe: As student was hy redakteur van die Goue Kandelaar, later het hy gedien op die redaksie van Die Bondsbode en word toe later redakteur van dieselfde tydskrif, daarna redakteur van “My Volk”, die “kerkblad” van Sinode Suidland, en sedert 2003 dan deel van die redaksie van Die Gereformeerde Vroueblad.

Voor in sy Bybel het hy al in sy studentetyd ingeskryf : “Nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder ...“ (Habakuk 3:18,19).

Page 22: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

22 VROUEBLAD Oktober 2013

briewe

Ontmoet Prof. Ben de Klerk wat voortaan ons rubriek “Ds. sê my” gaan waarneem.

Onderhoud gevoer deur Cobie Steyn

My roepingmy lewe...

leefdinge

Page 23: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

23VROUEBLAD Oktober 2013

leefdinge

Vertel ons iets van Ben de Klerk se grootwordjare...

My Pa was die dominee in Kroonstad toe ek op ʼn baie koue dag in Junie daar gebore is (seker daarom dat ek nie met my lengte kan spog nie). Toe ek nog nie twee jaar oud was nie, het ons verhuis na Bloemfontein. Ek was gelukkig om twee ouer broers en ʼn suster te hê wat my kon bederf. Later het my jonger sussie en broer die gesin van ses kinders volgemaak. Laerskool Sentraal was my eerste skool (vir net meer as ʼn jaar) en daarna het ek my skoolloopbaan in Potchefstroom voortgesit (eers Mooirivier en toe Potchefstroom Gimnasium of te wel: Gimmies). Ons het Potchefstroom toe verhuis omdat my Pa die beroep na die Teologiese Skool aanvaar het. Na slegs een jaar in hierdie diens is hy oorlede toe ek 7 jaar oud was. My Ma (tans 95 jaar oud) het ons verder alleen grootgemaak, met baie liefde en harde werk as graad 2-juffrou. Sy is ʼn voorbeeld van iemand wat die Here gebruik het om haar eie en baie ander kinders se lewens te vorm en te verryk.

Waar het jy gestudeer?Omdat ons in Potchefstroom gebly het, kon ek al sewe studiejare uit die huis studeer. En was dit nie wonderlike studentejare van deelname aan sport, sports, kultuur en die kerklike lewe nie. Ek kon ook my nagraadse studies aan die Puk voltooi.

Hoekom teologie? Hoe sien jy jou roeping?Die vraag het nogal by my opgekom of ek nie dalk teologie gekies het omdat my pa en my twee ouer broers die bediening van die Woord as roeping gehoor en opgeneem het nie. Ek kon met oortuiging bely dat die Here my geroep het, soveel so dat ek nie ʼn ander rigting oorweeg het nie.

Die ses-en-twintig jaar wat ek dominee was, het vir my as bevestiging gedien dat ek die Here se stem reg gehoor het toe ek geroep is om dominee te word. Die Here het ook ander deure oopgemaak en ek kon

genade kry om deel te wees van die opleiding van studente en om my nuuskierige aard deur navorsing te bevredig.

Tans begin die verlange om iets van die werk van die dominee weer te doen, sterker brand. Roeping is vir my om in verwondering God te hoor en met die geloofsoog te sien, om verleë oor myself te wees dat ʼn nietige mens kan wéés en wérk – nét op grond van Christus se werk. Ek probeer luister hoe die Here elke dag aandui wat my roeping vir die dag is.

Jy is getroud met Marie. Hoe het julle ontmoet? Marie (ʼn nooi Du Plessis) het onderwys op Potchefstroom kom studeer. Sy’s (nou nog) ʼn mooi meisie en ek het haar by ʼn funksie vir studente in die kerksaal raakgesien. Sy was ʼn rou eerstejaartjie en ek hier in my vyfde jaar. Ek het probeer, maar was nog te ernstig.

So het my studiejare verbygegaan en was ek op pad Gobabis toe. Ek het al die bekendes gegroet ... en Marie sommer drie Sondagaande na mekaar. Toe was dit ʼn hewige skrywery en ʼn vliegtuigkaartjie.

Op die toring van Namatoni in Etosha is die vraag gevra. Ons het mekaar toe vir die eerste keer na die groetery gesien. Drie maande later in Oos Londen het ons ouers gevra en op ’n romantiese plek die verloofring aangesteek. Nog drie maande van nie-sien nie het verloop en siedaar, sy word mev. De Klerk!

Hoeveel kinders en kleinkinders het julle? Vertel ons so ietsie van hulle. Ons is geseënd met vier kinders: Cecile (getroud met André; twee kinders CarlaMarie en Aldo); Ben (getroud met Adinda en die babatjie sal DV voor hierdie gesprek in Die Gereformeerde Vroueblad kom, haar opwagting maak); Marietjie (getroud met Petrus Grové en twee kinders Mieke en Antonie) en Henning (getroud met Gerianne).

Al ons kinders is baie lief vir die natuur en buitelewe. Hulle is sportief en aktief. Die kleinkinders is ons groot maats. Hulle het my laat ontpop in ʼn befaamde storieverteller en nou nog

is ek voor slaaptyd en na wakkerword soggens verantwoordelik vir die heerlikste verbeeldingstories waaraan jy kan dink. Alles begin by Jakkals en Wolf, maar die draai wat die storie maak is onvoorspelbaar en die uitkoms totaal verrassend.

Jou passie is die praktiese teologie. Hoekom juis praktiese teologie?Teologie gaan oor wie God is en wat Hy doen en gaan doen.

Praktiese Teologie is (soos baie ander teologiese dissiplines) betrokke by die praktyk van God se bemoeienis met die gelowige en die eenheid van gelowiges, die kerk van die Here. My passie is die Liturgie en deels ook die prediking. Liturgie gaan oor die aanbidding van God in die samekoms van die gemeente en in die lewe van elke dag.

Benewens die teologie, wat is jou ander passies?Ons gesin is almal buitelewe mense. Om in die natuur te wees, verkieslik in onherbergsame gedeeltes, bring verwondering. Eerstens oor God as Skepper, as Kunstenaar en as Onderhouer van alles, maar ook verwondering oor hoe klein ons mensies werklik in die groot skepping is en hoe ons verweef is met ander skeppinge van God.

Ons is pas terug van ʼn wonderlike toer in klein tente wat die magtige Sederberge, die asemrowende blommeprag van Namakwaland, die bergwoestyn van die Rigtersveld, die afgronde van die Visrivier en die gebrul van die Kalahari leeus ingesluit het.

Hoe sien jy jou rol in die rubriek: “Ds. sê my”? Die rubriek behoort my insig te gee waaroor ons gelowige vroue dink en sal daarom ʼn leerproses wees. Dit maak my nogal benoud, want ek het nie antwoorde op alle vrae nie. Inteendeel, ek dink my antwoorde op die vrae mag dalk meer vrae wakkermaak. Dit sal wonderlik wees as daar diskussie oor die vrae en antwoorde kan kom. Die moontlikhede wat die rubriek inhou maak my opgewonde.

Page 24: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

24 VROUEBLAD Oktober 2013

leefdinge

Saamtrekstreke 2014Koördineerder: Wymie du Plessis

[email protected] 20004, Noordbrug, 2522018 297 3986, 083 575 5786

Streek en gemeente

Kontakpersoon en eposadres Posadres Tel. Nr Selfoonnr.

Boland: Stellenbosch Renate Rhö[email protected]

Posbus 12003, Die Boord, 7613

Bosveld: Hartbeespoort

Cecilia van [email protected]

Posbus 1108, Ifafi, 0260 072 102 4603

Hoëveld: Middelburg Tvl

Addie [email protected]

Posbus 116, Middelburg, 1050 013 282 3675

Kameeldoring: Lulu [email protected]

Posbus 24, Vermaas, 2727

Laeveld: LydenburgSpreker: Annamie Odendaal

Cobie [email protected]

Posbus 178, Lydenburg, 1120 013 235 2457 082 555 9586

Limpopo: Naboomspruit

Hantie van der [email protected]

Posbus 702, Naboomspruit, 0560

014 743 3414 076 152 8707

Namibië: Okahandja Martie de [email protected]

Posbus 668, Okahandja 00264 62 50 1303

Natal: Vryheid Rina [email protected]

Posbus 303, Vryheid, 3100 034 980 1256 071 609 3626

Noord-Kaap: Kathu en Olifantshoek

Renske van der [email protected]

Posbus 252, Kathu, 8446 053 723 1425 084 701 1860

Noord-Vrystaat: Welkom-Noord

Marthie van der [email protected]

Posbus 66510, Riebeeckstad, 9469

072 336 4266

Oos-Kaap: Middelburg KP

Karen [email protected]

Posbus 11, Middelburg, 5900 049 842 1262 084 767 5802

Oosrand: Springs Ansie Fouché[email protected]

Posbus 209, Welgedag, Springs, 1512

011 733 1513 082 921 9154

Pretoria: Lyttelton Griet [email protected]

Posbus 14043, Lyttelton, 0140 012 664 2195 083 263 7641

Sentraalwes:Ventersdorp

Karen [email protected]

Posbus 97, Ventersdorp, 2710

Suid Gauteng: Brackenhof

Brenda van [email protected]

011 867 5896 072 285 5887

Suid-Kaap: Eden Sanet Naudé[email protected]

044 533 0142 083 411 1501

Suid-Vrystaat: Bloemfontein-Noord

Ester [email protected]

Posbus 28182, Danhof, 9310 051 436 2932 082 410 7447

Suidwes Gauteng: Linden

Cynthia [email protected]

Posbus 44289, Linden, 2104 011 888 5735

Page 25: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

25VROUEBLAD Oktober 2013

brieweleefdinge

SAAMTREK 2014Datum: Saterdag 8 Maart 2014Tema: Vrou, bedien genade, liefde en hoop in die Suid-Afrika van vandag.Op Saterdag 8 Maart 2014 kom die susters van die Gereformeerde Kerke dwarsoor die land in streke byeen met een doel voor oë: om geestelik toegerus te word vir die lewe en om dan ook uit te gaan en die Here aan ander te gaan bedien.

Met die oog op hierdie toerustingsgeleentheid bied ons die derde van 6 Bybelstudies aan wat die susters as enkelinge of groepe kan deurwerk. In die eerste twee Bybelstudies is daar gefokus op genade; in hierdie en die daaropvolgende Bybelstudie (November-uitgawe) kyk ons na die liefde en in die laaste twee Bybelstudies sal daar aandag geskenk word aan die Christelike hoop.

BYBElSTuDIE (3): BEDIEN DIE lIEFDE, SKRIFTuuRlIK BEGROND!Opgestel deur ds. Alwyn Tredoux (GK Kemptonpark-Noord) Bybelstudie: 1. Inleidende gedagte: Dink aan liefde in popliedjies, hygromans en “romantic comedies”: Is dit regtig waar ons moet begin as ons oor liefde praat? Waar moet ons begin wanneer ons praat oor liefde? • 1Joh.4:10

2. Wat beteken God se liefde vir ons verhouding met ons medemens? • 1Joh.4:11 Wat beteken dit vir jou huwelik? • Ef.5:21-33 Wat beteken dit vir jou verhouding selfs met jou vyande? • Mat.5:43-48

3. Wanneer het God se liefde in ons sy doel bereik? • 1Joh.4:12

4. Daar word soveel oor liefde gepraat en geskryf en gesing. Is dit regtig nodig? Gee drie redes waarom ons nooit te veel of selfs genoeg oor liefde kan praat nie:

• 1Kor.12:31-14:1a • Mat.22:37-40 • Gal.5:22en23

5. Bespreek:Onsmoetliefdevinnigopgebruik,voordievervaldatum! • 1Kor.13:8,13.

Gemeente-Mosaïek

Page 26: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

26 VROUEBLAD Oktober 2013

Go

d s

e e

ien

do

m

slotwoord

“Ek behoort aan u, daar is vir my niks goeds nie behalwe by u”(Ps. 16: 2). Ewe kuier-kuier stap ek in my ou nig se huis rond en bekyk haar fotogallery. Háár geliefdes, háár kinders wat ek nie meer ken nie, en háár kleinkinders wat ek ook seker nooit sal leer ken nie, kyk my vrolik in die oog, so asof hulle my tog ken. Skielik stop my voete, my oë en amper my hart, want hier voor my, tussen háár kleinkinders en in haar gang, glimlag my eie geliefde kleinseun vir my, so met sy kenmerkende skelm amper-glimlag! Hoe wonderlik is die genetika nie, die merk wat ‘n familie dra. Hoe wonderlik God se groot skepping. Hierdie vreemde seun se ouma, sy oupa, sy ma,sy pa, my pa, sy oumagrootjie, elke keer ‘n vreemde element wat by kom, en almal het deel daaraan gehad om hom weer by die oorsprong van ons familietrekke te bring. Hy behoort beslis aan ons. Hy en my kleinseun lyk na mekaar! Al ken ek hom nie, ken ek hom deur sy verbintenis aan die gelaatstrekke wat ons as ‘n familie defineer. Stom van verwondering peins ek steeds oor hierdie vreemde verskynsel.

Toe dink ek so: Ons behoort bymekaar of ons mekaar ken of nie: Daar is ‘n gemeenskaplike band, bloed, wat ons bind. Hier en nou is daar ook ‘n band wat my aan jou, my suster, bind. Nie my neus, of my oë of my krom tone nie, nee, maar ons is familie want ons is die kinders van een Vader. Sy bloed bind ons. Hy het ons

uitgekies om saam sy kinders te wees. Ons gaan saam kerk toe want “ons is die Here s’n”. Ons gebruik nagmaal saam, luister na en onderhou God se voorskrifte, erken die formuliere omdat ons, losgekoop deur Christus se kosbare bloed, ingelyf is in sy liggaam, die kerk. So met die ry deur Blyderivier, Meirings-poort, Seweweekspoort, die Swartbergpas wie kan nog twyfel? Wie kan nie sien hoe groot God is nie? ’n Mens kyk na die rotsformasies en sien hoe reuse rotsriwwe gebuig en gevou is om ons aarde te skep. Onherbergsame berge waar geen mens kan kom nie, diep klowe, stortende watervalle en ongelooflike plantegroei wat nimmereindigend voor jou lê en jy weet jy is deel daarvan. Jy is deel van hierdie wonderlike skepping, ‘n baie klein deeltjie, maar ‘n spesiale deel want God het my as sy eiendom uitgekies en ek, ons, behoort aan Hom. Al is ek hoe swak, vol sonde en ellende, by tye so bitter flou van geloof, al is ek net ‘n stippeltjie in sy heelal, nogtans mag ek, in diepe dankbaarheid, deel hê aan sy genade. Net soos die berge vas staan, so is Hy vir my, want ek behoort aan Hom. Hierin lê my toekoms, my enigste hoop en my vertroue in die lewe na die dood want Jesus self het gesê: “Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie” (Joh. 6: 37). Dit is die enigste sekerheid, my enigste ware troos in hierdie lewe. Ek behoort aan en by Hom. Hy het vir my gesterwe, die losprys betaal en verseker my van vergifnis, genade en ‘n lewe ná die aardse dood want Hy het my aan Hom vasgebind. My plig as sy kind lê daarin om die “familietrekke” uit te leef en voort te dra. Ek moet wys waar ek tuis voel te midde van, en ten spyte van alles wat die wêreld van my vra en voor my neerlê. Deur seer en swaar, siekte en geweld mag ek nie moed verloor nie, moet ek bly vertrou en my troos en my krag in Hom vind. My verwantskap moet ten alle tye in my lewe gesien kan word en dit kan ek alleen regkry deur aan sy liefde en genade vas te hou. Mag ek die liefde wat ek ontvang, deel en mag my familietrekke duidelik sigbaar en herkenbaar wees.

Lens opdie Bybel

Page 27: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

27VROUEBLAD Oktober 2013

November 2013 in Die Gereformeerde

Vroueblad TEKEN IN OPDIE VROUEBLAD

DIE INTEKENGElD VIR DIE GEREFORMEERDE VROuEBlAD:

VROUEBLAD (SELF AFHAAL BY ADMIN BURO,POSGELD UITGESLUIT): R111.00

ELEKTRONIESE INTEKENING: R111.00

VROUEBLAD (IN GROEP NA DIE GEMEENTE,POSGELD INGESLUIT): R174.00

VROUEBLAD (WORD GESTUUR, POSGELD INGESLUIT): R193.00

HIERDIE TARIEWE GElD VANAF 1 JulIE 2013 TOT 30 JuNIE 2014.KONTAK ANGIE MOKOBI OF PETRO KROEZE BY DIE ADMINISTRATIEWE BURO INDIEN U ENIGE NAVRAE HET: TELEFOON: 018 297 3987, E-POS: [email protected]

JOu BESONDERHEDE1. Voltooi jou intekenvorm.

2. Betaal jou geld in by:

Bankbesonderhede: Absa; Takkode: 632-005

Rekeningnommer: 670140040

Rekeningnaam: Admin Buro

BAIE BELANGRIK: Jou verwysing: VB gevolg deur jou naam

(Die Buro sal voortaan vir jou dan ‘n rekeningnommer toeken

wat jy daarna as verwysing moet gebruik)

3. Faks BEIDE jou INTEKENVORM & BEWYS VAN BETALING NA:

018 293 1042; of e-pos aan [email protected] of pos aan:

Die Administratiewe Buro

Afdeling Publikasies

Posbus 20008

Noordbrug 2522

Tel (018) 297 3987

Faks 018 293 1042

Stuur asseblief aan:

Naam

Adres

Poskode

Tel.

E-pos

Stuur asseblief rekening aan:

Naam

Adres

Poskode

Tel.

E-pos

• Onthou God se trou• Die Vrouemonument...ons onthou

• Damestee Kameeldrift 2013

Ons onthou ...

Lens opdie Bybel

Wat is die derde hemel? Deur Ds. Willem Kotze

Aan die Korinthiërs skryf Paulus in 2 Kor. 12: 2: “Ek ken ‘n man wat aan Christus behoort. Veertien jaar gelede is hy weggeruk tot in die derde hemel. Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit.”

Om Paulus se verwysing na ‘n derde hemel reg te kan verstaan, is dit nodig om die konteks waarin dit geskryf is reg te verstaan. Dit beteken dat ek die Bybelse agtergrond van die teks moet bepaal, asook die omstandighede waarbinne die skrywer hierdie gedeelte aan ons oorlewer. In hierdie gedeelte kom Paulus tot die gevolgtrekking dat as hy, volgens menslike oordeel, op iets sou moes roem, hy dit wel sou kon doen. Maar hy doen dit nie. Nee, skryf hy, hy sou liewer in sy swakheid wou roem, want dan roem hy op die krag van God.

En dan noem Paulus ‘n voorbeeld van gebeure waarop ‘n mens in God sou kon roem. Dit val op die terrein van gesigte en openbarings wat die Here gegee het. Ons lees van gesigte en openbarings wat Paulus beleef het, onder andere toe die Here aan hom verskyn het op pad na Damaskus (Hand. 9: 3-6). Uit 2 Kor. 12: 6-10 blyk dit dat Paulus hier van homself praat, en waarskynlik van hierdie gebeure uit sy verlede as hy verwys na “hierdie man wat weggeruk is tot in die derde hemel”. Met verwysing na die plek van die derde hemel moet ons in ag neem dat die destydse wêreldbeeld ‘n drievoudige verdeling geken het: die lug (nubiferum), die uitspansel (astriferum) en die hemel (angeliferum). Die eerste hemel is atmosferies, die tweede een bestaan uit die sterrehemel, en die derde een is die unieke woonplek van God. Tydens die “wegruk tot in die derde hemel”, beskryf Paulus sy vasgevang wees in die teenwoordigheid van God. En daarmee sê hy dat as hy op iets van sy lewe sou moes roem, hy alleenlik kan roem op die werk van die kragtige God in sy lewe.

Page 28: Ek behoort aan U, Here - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/... · 2 VROUEBLAD Oktober 2013 JAARGANG 68 NOMMER 4 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe

28 VROUEBLAD Oktober 2013

OKTOBER 2013DS. CHRISTO SWANEPOEL (GK LYTTELTON)

“Ek behoort aan U” is die tema van hierdie uitgawe. Hierdie woorde is die bekende belydenis wat Dawid in Ps. 16 uitspreek. Om aan die Here te behoort is ‘n belewenis wat

die psalmdigter se hart aangryp. Daarom is daar vir hom niks beter as om by sy Eienaar te wees nie. Om aan die Here te behoort is ‘n belewenis wat deur die eeue baie ander sprekers en skrywers ook besiel het. Hier volg nou ‘n paar voorbeelde van mense wat

krag en troos gevind het in die noue verhouding wat hulle met hulle Eienaar ervaar het. Van kleins af leer ons al in die Kategismus dat dit ons enigste troos is — die feit dat jy aan

die Here behoort. Mag jy ook soos Dawid en vele andere hierdie belydenis beleef!

Die verskriklikste lot wat ‘n mens kan tref, is om aan homself te behoort– Anoniem.

Christus het jou duur gekoop, naamlik met sy dierbare bloed. ‘n Hoër prys kan geen een ooit betaal nie – S.P. van der Walt.

Godsdiens gaan oor die mens se soeke om by God uit te kom. Maar die Christelike geloof gaan oor God se soeke na die mens – Anoniem.

Nadat jy ‘n kind van God geword het, moet jy nog leer om soos ‘n kind van God te leef ook – Robert Battles.

Christenskap is nie ‘n weg van ontvlugting uit die wêreld nie, maar ‘n weg van betrokkenheid by die wêreld – Billy Graham.

Christus het belowe dat Hy ons heeltemal vry maak, maar Hy het niks gesê van onafhanklik van Hom nie – William R. Inge.

God het in Christus soos ons geword, sodat Hy ons kan maak soos Hy is – Irenaeus.

Daar is geen duimbreedte van hierdie aarde nie of Christus sê daarvan: “Dit is Myne!” – Abraham Kuyper.

Die verlossing van Christus is absoluut gratis, maar die dissipelskap wat dan volg, kan jou lewe kos – Dietrich Bonhoeffer.

‘n Ateïs kan God nie vind nie, vir dieselfde rede waarom ‘n dief nie polisieman kan vind nie – F. de Chateaubriand.

Met watter volkome gerustheid kan ons tog onsself toevertrou in die hande van Hom wat die heelal in stand hou – Paul Friedrich Richter.

God het ons nie lief omdat ons groot waarde het nie; ons het groot waarde omdat God ons liefhet – Martin luther.

O mens, troos jouself hieraan: Jy sou God nie gesoek het, as Hy jou nie reeds gevind het nie – Blaise Pascal.

Daar is net een manier om jou kinders te leer om in Christus se voetspore te loop en dit is om dit self te doen – Abraham lincoln.

Ons is nie mense sodat ons Christene kan word nie. Ons is Christene sodat ons werklik mens kan word – A.A. van Ruler.

Wie met God wil wandel, moet in dieselfde rigting as Hy gaan – Anoniem.

Sodra ek liefde teenoor iemand bewys, weet ek dat dit Jesus is wat deur my optree – Therese von lisieux.

God se wil is nie iets wat jy moet ontdek nie, dis eerder iets wat jy moet doen! – Gerald Sittser.

Voordat ‘n mens verlos kan word, moet hy eers leer dat hy homself nie kan verlos nie – M.R. de Haan.

Deur die verlossing is ons verlede vergewe, het ons hede betekenis en is ons toekoms verseker – Rick Warren.

Die krag van ‘n volk hang af van die sterkte van sy godsdienstige oortuigings – Calvin Coolidge.