die redakteur skryf - gereformeerde kerk...

24

Upload: others

Post on 28-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die
Page 2: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

2 slingervel oktober 2012

Die redakteur skryf

in hierdie uitgawe ...in hierdie uitgawe ...

2 Die redakteur skryf ...3 Oom Nico se Possak4 Verjaardaghoekie6 Ons Pretblad7 Blokkiesraaisel 4418 Oordenkings vir

laerskoolkinders10 Bybelleesrooster vir

Oktober12 Kerneels die kat13 Mense en hulle drome14 Kasteelmeisie (2)16 Raak geswael18 Die landboujaar in

Bybelse tye19 Beroepsraaisel OSSEWA in Afrikaanse

idiome20 Boekeblad22 Oordenkings vir tieners24 Die teleskoop

Slingervel, Jaargang 54 Nommer 938, Oktober 2012

Tiener - jy Tiener - jy is onmisbaar in die is onmisbaar in die

samelewingsamelewing

In die alledaagse lewe gebeur een van twee dinge. Óf die lewe beïnvloed jou óf jy beïnvloed die lewe. Óf die lewe verander jóú óf jy verander die lewe. Iemand het hierdie verhouding eenmaal beskryf deur die voor-

beeld van die groot verskil tussen ’n termometer en ’n termostaat.

’n Termometer is ’n instrument om die temperatuur van iets te meet, soos byvoorbeeld ’n koorspen om ’n sieke se koors te meet.’n Termostaat is ’n toestel wat temperatuur outomaties reël, soos byvoor-beeld ’n lugreëlaar.’n Termometer registreer die temperatuur, hoe koud of warm dit is in die meter se omgewing. ’n Termometer reageer dus op die buitewêreld.’n Termostaat doen iets anders. Dit reageer nie op die omstandighede buite hom nie, maar reguleer die temperatuur op ’n sekere plek.

’n Termometer se aktiwiteit word deur sy omgewing bepaal, terwyl ’n ter mo staat bepaal wat die hitte of koue van ’n sekere area sal wees. As ’n mens daaroor nadink, kan jy gelowiges indeel in twee groepe. Daar is ter-mometer-gelowiges en daar is termostaat-gelowiges. Hoe kan ’n mens dit sien? Watter verskille is daar tussen die twee groepe? Presies die verskille wat daar tussen termometers en termostate is:

Baie gelowiges kyk met groot oë na die wêreld rondom hulle. Hulle kyk na al die dinge wat gebeur en die dinge wat voorval. Dan sê hulle die klimaat van die samelewing is die klimaat wat húlle aanneem. Hulle registreer die atmosfeer van die wêreld rondom hulle en word net so. As dit gebeur, misluk hulle in hulle Christenskap. Hulle is net soos termom-eters waaruit geen aksie kom nie.Ander gelowiges gaan van die standpunt uit dat dit nie die wêreld daar- buite is wat my gesindheid bepaal nie, maar dit is ek wat die klimaat van die omgewing bepaal. Hulle is net soos termostate.

Julle moet termostate wees, sê Paulus. Hy skryf: “Julle moenie aan hi-erdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is” (Rom. 12:2). Paulus skryf van termometer-Christene wat aan die sondige wêreld gelyk word. En hy skryf van termostaat-Christene wat in die wêreld doen soos God dit wil hê. Nou wag daar vir jou ’n baie belangrike besluit. As jy na jouself in die spieël kyk, wat sien jy? ’n Geestelike termometer of ’n geestelike termostaat? Jy sal eerlik in jou lewe na hierdie antwoord moet soek! SV

Page 3: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

slingervel oktober 2012 3

Oom Oom Nico se PossakNico se Possak

Slingervel se adresse

[email protected] Posbus 6433, Flamwood 2572Tel/faks 018 468 1782

Dagsê Vellies,

Ons mooiste, mooiste maand bly maar OktoberSeptember staan oral in die suidelike halfrond be-

kend as die maand van die begin van die lente. Na die dorre en blaarlose winter bot en blom die plante in die tuine op weg na die warm somer maande.

In Oktober word die nuwe groei en bloei van die natuur oral sigbaar. Die digter C Louis Leipoldt het ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand.” In Oktober is die tuine al lowergroen en die eerste kleurvolle blomme getuig van die somer wat nou ingegaan word. Gedurende Oktobermaand is dit baie mooi om sommer in die stede en dorpe se woon-gebiede rond te ry en na die inwoners te tuine te kyk.

Oktobermaand bring innerlik ook vir die mens nuwe lewe. Dit is so dat die geloofslewe van die mens ook deur die seisoene gaan – daar is die dor en koue win tertye van die geloof waartydens dit wil voorkom asof die geloof dood is en nie meer bestaan nie. Maar daar kom ook die lente- en somertye waartydens jou geloof groei en blom. As ons in Oktober so na die ontluikende skepping kyk, dien dit as getuienis van die lewewekkende werking van die Heilige Gees in die harte van gelowiges.

Eksamentyd kom in Oktober al hoe naderIn Oktober moet die skoolkinders weet dat die eind-

eksamen nou voor die deur is. Die Slingervel wens al die Vellies sukses toe met die eksamen. Ons weet dat elkeen wat gedurende die jaar hard en getrou gewerk het, lekker eksamen sal skryf en ook goeie uit slae sal ontvang. Mag julle die eksamen tegemoet gaan met kalmte en sekerheid dat elkeen sy/haar plig gedoen het.

Sukses en prestasies word beloon’n Baie belangrike gebeurtenis op die skoolpro-

gramme van al die skole is die byeenkoms waartydens leerders wat op een of ander faset van die skoollewe

gepresteer het, nie net die akademiese prestasies nie, maar ook dié op kuns-kulturele en sportvlak, toe kennings kry. Dié kinders wat gedurende 2008 prest eer het, word beloon met sertifi kate, medaljes, bekers, erekleure en boekpryse. Elke skool doen dit op sy eie manier.

Die Slingervel-redaksie en sommer al die Vellies wil dié maats wat een of ander prys gekry het, van harte gelukwens. Dit wys vir julle dat die inspanning, opoffering en toewyding beloon word en dat dit nie tevergeefs was nie. Maats, die Slingervel wil baie graag ook verneem watter Vellies toekennings en pryse ontvang het. Ons kan julle name dan in die Ja-nuarie-Slingervel noem en dan kan almal sien en lees in watter mate julle presteer het. Neem die inisiatief by jou skool en stuur vir ons ’n groepfoto van die Vel lies wat presteer het. Dan kan ons die foto plaas sodat almal kan sien en verneem van dit waarin julle julle onderskei het.

Omdat die lesers van die Slingervel Christene is, bely ons al die gawes waarmee ons kan spog, het ons van die Here ontvang. As jy aan die einde van die jaar presteer en pryse ontvang, moet die Here in die eerste plek geprys en gedank word vir dit wat Hy aan jou gegee het. Daarna kan ons julle as kinders gelukwens omdat julle die mooi gawes wat die Here aan julle gegee het gebruik het en dit nie weggesteek of weggegooi het nie.

- Oom Nico

Page 4: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

4 slingervel oktober 2012

verjaardagverjaardaghoekiehoekieDie volgende Vellies verjaar gedurende OKTOBER 2012OKTOBER 2012 . Baie geluk aan elkeen van julle. Geniet die dag

saam met julle ouers en maats. As jy nog nie ingeskryfi s as Velliemaat nie, skryf aan my, my adres is: Tannie Riana Jonker, Posbus 614, Paardekraal 1752; of e-pos [email protected]. Groete, Tannie Riana

11 Alexander Turner (Randburg), Alwin Kruger (A lber ton-Wes), Charni Strydom (Bloemfontein-

Suid), Damian Hartslief (Boksburg-Suid), Edwin Opperman (Potchefstroom-Oos), Jackie Roos (Ma-gol), Lynne Oosthuizen (Krugersdorp), Suné Her-mann (Laeveld).

22 André Daniël Erasmus (Kathu), Bernard van Eeden (Lindley), Ceané de Klerk (Boksburg-

Suid), Deon du Plessis (Bloemfontein-Suid), Divan van Jaarsveld (Potchefstroom-Oos), Inge Kotze (Bethal), Pieter-Coen van Schalkwyk (Boksburg).

33 Gean Olivier (De Aar), Julia van Rooyen (Rand-burg), Nicolene van den Berg (Bloemfontein-

Suid), Johnny Muller (Frankfort).

44 Hannes Venter (Kuruman), Ida Bekker (Lindley), Marizaan Venter (Kuruman), Philip-Johan van

Schaik (Randburg).

55 Elrika Erasmus (Secunda), Karlitza Blignaut (Bracken hof), Lisa van der Watt (Magol), Me-

nishia Heyneke (Magol), Mia Grobler (Randburg), Mikayla Mulder (Lydenburg), Okkie Geldenhuys (Van derbijlpark-Trinitas), Quean Bonnema (Water-kloof rand), Tobias Kruger (Randburg).

66 Christian Heydenrych (Brackenhof), Johnré Hey-denrych (Brackenhof), Mignon Kruger (Magol),

TJ Minnie (Secunda), Tylah Viljoen (Middelburg Mpumalanga), Viljoen de Jager (Laeveld).

77 Donovan van Staden (Magol), Keabetswe Ko bedi (Randburg), Lisca Kotze (Middelburg Mpuma-

langa), Lohann van der Westhuizen (Hermanus), Suria Denkema (Oudtshoorn).

88 Hanlie de Vaal (Middelburg Mpumalanga), Jea-mé Stone (Vereeniging-Oos), Louwan Horn (Ku-

ruman), Michael Janse van Rensburg (Krugers dorp), Neil Janse van Vuuren (Krugersdorp), Schalk du Preez (Potchefstroom-Oos).

99 Annemarie Booysen (Gobabis), Arina Collins (Alberton-Wes), Christiaan van den Heever

(Se cunda), Gawie Oelofse (Secunda), Isaac Theron (Kuruman), Marissa Vermeer (Alberton-Wes), Moni-que Erasmus (Krugersdorp), Nico Snyman (Magol).

1010 Aiden Smith (Welkom-Noord), Caroline Cor nelissen (Bergbron), Karla Weideman

(Krugersdorp), Pretty Mokgosi (Randburg), Siegfried Frauendorf (Randburg), Simoné Viljoen (Boksburg-Suid), Thinus van Rooyen (Magol), Tina Kleynhans (Secunda).

1111 Jana Enslin (Welkom-Noord), Lenieke de Beer (Vaalpark), Peet du Plessis (Nylstroom),

Ricu Geyer (Magol), Suané Meiring (Randburg), Ve-lize de Bruyn (Potchefstroom-Oos), Waldo de Beer (Duineveld).

1212 Christiaan Smith (Zeerust), Mariaan Loots (Ka thu), Paul (jr) du Plessis (Boksburg), Ri-

kus Floor (Randburg), Wimpie Nienaber (Bethal).

1313 Marco Labuschagne (Boksburg-Suid), Sonja van der Schyff (Vanderbijlpark-Trinitas).

Page 5: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

slingervel oktober 2012 5

1414 Alché Smit (Randburg), Anelle van der Merwe (Potch-Die Bult), Anika Laage (Vanderbijlpark-

Trinitas), Emma Burger (Kleinmond), Martin Etsebeth (Randburg), Onica Thage (Randburg), Theunis du Preez (Zeerust).

1515 Carla van der Merwe (Potchefstroom-Oos), Leticha Venter (Magol), Lourens Myburgh

(Wa terkloofrand), Marizette Strömbeck (Secunda), Stephan Terblanche (Potch-Die Bult), Stian Griffen (Secunda), Tenielle Bouwer (Vereeniging-Oos).

1616 Chantelize Slabbert (Vereeniging-Oos), Cin-dy Els (Brackenhof), Gerdes Steenekamp

(Stilbaai), Jacqueline Pohl (Lyttelton), Ruben Bester (Kaapstad), Twané Barnard (Heilbron).

1717 Asher Murambadoro (Potch-Die Bult), Delia Weideman (Vanderbijlpark-Trinitas), Hilmer

Backer (Randburg), Luzaane Bezuidenhout (Zeerust), Manie van der Linde (Bloemfontein-Suid), Nathan von Ronge (Randburg), Ryno Erasmus (Boksburg).

1818 Bea-Landi Lourens (Vanderbijlpark-Trinitas), Christiaan van der Walt (Paarl), Dolla Fourie

(Boksburg), Juane Oberholzer (Wolmaransstad), Paul Buys (Potch-Die Bult), Armand du Toit (Kleinmond).

1919 Eleana van der Merwe (Randburg), Johandre Kruger (Burgersdorp), Marco Pretorius (Se-

cun da), Mikayla Versveld (Brackenhof), Vene Roodt (Welkom-Noord).

2020 Attie Coetzee (Zeerust), Emma Erasmus (Wol maransstad), Etienne van der Merwe

(Rand burg).

2121 Leonize Wagener (Magol), Liné Liebenberg (Al berton-Wes), Mar-Louizs Pretorius (Ka-

thu), Ruben Kruger (Bergbron), Scharnmarié van Heer den (Vereeniging-Oos).

2222 Angelique Pretorius (Boksburg-Suid), Clau-dine van Rooyen (Vanderbijlpark-Trinitas),

Ju liette Kayayan (Potch-Die Bult), Louri van Deventer (Randburg), Tanya Meere (Secunda).

2323 Adéle Havenga (Brackenhof), Carlo Sny man (Randburg), Christian Terblanche (Potchef-

stroom-Oos), Danie van den Berg (Boksburg), Hai ley Wilcocks (Randburg), Jolani van Heerden (Wolma-

rans stad), Marlise Helberg (Boksburg), Michelle O’Connell (Boksburg).

2424 Barto Saayman (Secunda), Dareau du Ples-sis (Randburg), Henze du Preez (Welkom-

Noord), Johan van Tonder (Krugersdorp), Olaf Burger (Kleinmond).

2525 Adaline Spangenberg (Kathu), Franciska de Beer (Magol), Moshe Morake (Randburg),

Nina du Plessis (Benoni).

2626 Arnel Swart (Randburg), Elizma Erasmus (Magol), Gizane Pringle (Randburg), Harry

van Rooy (Vanderbijlpark-Trinitas), Jan-Hendrik Sny man (Krugersdorp), Kian Ferreira (Randburg), Mar li Buys (Lyttelton), Stephan Jansen van Vuuren (Middelburg Mpumalanga).

2727 Aimeé Lynn Botha (George), Bianca Claasen (Magol), Clarisa Breedt (Messina), Jandre du

Plessis (Bergbron), Sumari Pretorius (Magol), Tanja Claasen (Magol), Wian de Klerk (Bethal), Wimpie J van Vuuren (Buffeldoorns).

2828 Anais Thoms (Krugersdorp), Donovan Swa-ne poel (Secunda), Whelmé Jacobsz (Goba-

bis), Isak van der Berg (Upington).

2929 Cobus van den Heever (Buffeldoorns), Es me Kruger (Randburg), Georgia Greeff (Van der-

bijlpark-Trinitas), Jandre van Niekerk (Wolma rans-stad), Jean-Mare Venter (Upington), Lizelle Snyman (Zeerust), Mikhe du Plessis (Kathu), Mila Botha (Rand burg), Sanja Steenekamp (Stilbaai), Wilmari Wig gill (Potchefstroom-Oos).

3030 Anje Uys (Randburg), Braam Oosthuizen (Rand burg), Chris-Marie Erasmus (Kathu),

Hernus Aucamp (Boksburg-Suid), Jason Donovan du Plessis (Kathu), Lambert Vorster (Botswana), Mag deli Steenekamp (Potch-Die Bult), Meyer Olivier (Potchefstroom-Oos).

3131 André van der Merwe (Middelburg Kaap), Car nelle Hattingh (Bloemfontein-Suid),

Char lize van Rooyen (Vanderbijlpark-Trinitas), Ger-hard jr. Turkstra (Potchefstroom-Oos), Mariëtte van Jaarsveld (Brackenhof), René Weideman (Krugers-dorp), Rynhard van Heerden (Boksburg), Stiaan Marx (Secunda).

Page 6: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

6 slingervel oktober 2012

ons pretbladons pretbladKosie vra vir Jannie: “Hoeveel tale kan jy praat?”Jannie antwoord: “Vier.” Kosie: “Watter vier is dit?”Jannie: “Afrikaans, Engels, Hospitaal en Tarentaal.”

Vraag: Hoekom dra brandweermanne rooi lyfgordels? Antwoord: Om hulle broeke bo te hou.

Onderwyser: Wanneer is Rome ge-bou?Jan: Dit is gedurende die nag gebou, meneer.Onderwyser: In die nag? Hoe kom jy by die antwoord uit?Jan: Wel, almal weet dat Rome nie in een dag gebou is nie.

Ma: Rita, waarom huil jy so?Rita: Mamma, my skoene druk my so seer dat ek nie kan loop nie.Ma: Maar, my kind, jy het dan die skoene aan die verkeerde voete.Rita: Maar Mamma, dis al voete wat ek het!

Watter soort hond hou baie daarvan om ’n skuimbad te neem? ’n Sjampoodel.

Watter nagereg is die Franse kat se gunsteling? Sjokolade mousse!

Wat het Hamlet gesê toe hy dit oor-weeg het om ’n internetboodskap te stuur? “To e or not to e, that is the question.”

Watter Springbok-rugbyspeler kan hoër spring as die dwarslat van die pale? Almal kan! ’n Dwarslat kan nie spring nie.

Die 1ste Romeinse soldaat: “Hoe laat

is dit nou?”Die 2de Romeinse soldaat: “XX oor VII.”

Wie het Noag se ark ontwerp? ’n Ark-itek.

Wie het Suid-Afrika se eerste president opgevolg? Die tweede president!

Hoe weet jy of ’n heks haar geskiedenis ken? Jy laat haar heks-amen skryf!

Hoe word ’n sebra gebore? Streep vir streep!

Die singende spaghettiWat noem jy spaghetti wat kan sing? Pasta-rotti.

Buitekant en binnekantJy gooi die buitekant weg en maak die binnekant gaar, dan eet jy die buitekant en gooi die binnekant weg, raai raai, wat is dit? ’n Groenmielie.

Die bakarm UnoHoe weet jy jy ry ’n Uno? Jy kan altwee jou arms op die vensters laat rus.

Die beenlose hondHoe roep jy ’n hond sonder bene? Dit maak nie saak nie, hy gaan tog nie kom nie.

’n NeutkrakergebruikerWatter soort dier gebruik neutkrakers? ’n Tandlose eekhoring.

Oogdruppels na ete?Peet het baie probleme met sy oë en besoek die oogarts. Die oogarts gee vir hom oogdruppels en sê: “Gebruik dit drie maal per dag.”Peet: “Dankie, dokter. Hoe moet ek dit

gebruik? Vóór of ná ete?”

Geelgestreepte oorpakkeHoekom dra die skoolpatrolliediens oor pakke met geel strepe op? Sodat mense nie op hulle parkeer nie.

PadlangsOckie het nie aandagtig geluister toe die Aardrykskunde-onderwyser die klas die verskillende bergpasse geleer het nie. “Ockie, hoe kom ’n mens van die Paarl tot by Worcester?”“Met ’n motor, meneer.”“Ja, maar waarlangs ry jy?”“Padlangs, meneer!”

Tinus gooi ’n piesangskil op die sy-paadjie langs ’n lamppaal neer. ’n Konstabel keer hom voor: “Jy mag nie die skil daar gooi nie, dit is teen die wet.”Tinus: “Is nie, dis teen die paal.”Konstabel: “Ja, maar die wet wil dit nie hê nie.”Tinus: “Ek ook nie, jy kan dit maar vir jou vat.”

Die oogarts ondersoek Pieter se oë en vra uiteindelik wat dan nou die probleem is. Pieter sê hy kan nie goed ver sien nie. Die oogarts neem hom na die venster wys in die lug op en vra: “Wat sien jy daar”?“Die son” sê Pieter.Vererg vra die oogarts: “Nou alla kragtie, hoe ver wíl jy sien!”

Kennisgewing in ’n hotel:Dit is verbode om die hotel se bedde-goed en handoeke te steel. As jy ie-mand is wat nie steel nie, moet asse-blief nie hierdie kennisgewing lees nie.

Page 7: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

slingervel oktober 2012 7

REDAKTEURDr Nico vd Merwe

e-pos: [email protected]

Tipografi e en uitlegJoey Fourie

e-pos: [email protected]

MEDEWERKERSDr. Nico van der Merwe

Oordenkings vir tieners en laerskool-kinders

Marina KotzeJunior Rubrieke en Penmaats

Riana JonkerVerjaardaghoekieSusan Lourens

BoekebladTersia van der Merwe en Rina Myburgh

Blokkiesraaisels en KopkrappersAttie Venter

Wetenskap-ArtikelsRika du Plessis en Sophia van der Walt

Stories

Artikelskrywers dié uitgaweDr. Nico van der Merwe

Oom CarelTellie Skoop

Eienaars en uitgewersDeputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPosbus 20008, Noordbrug 2522

DrukkersV & R Drukkery

Tel. 012 333 2462

IntekeningAdministratiewe BuroAfdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522Tel: 018 297 3986

IntekengeldR177,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)

AdvertensietariefOp aanvraag beskikbaar

by Wymie du Plessis, tel. 018 297 3986

Die RedakteurPosbus 6433, Flamwood 2572

Bydraes en briewePosbus 6433,

Flamwood 2572

Jaargang 54 Nommer 940, Oktober 2012

ISSN 0037 685 X

TERSIA

Pos julle antwoorde aan: Slingervel Blokkiesraaisel, Posbus 6433, Flamwood 2572

DWARS1. Een van die opsigters oor die tempelslawe (Neh. 11:21).3. Hulle het die stad so genoem (Rigt. 18:29).5. Ons is swak, julle is ______ (1 Kor. 4:10).7. Petrus was 'n ______ - ouderling (1 Pet. 5:1).8. Hy sal dit onder die nasies wees (Eseg. 22:4).10. Die kleinvee van hierdie plek word vir jou bymekaar gemaak (Jes. 60:7).12. Hier het die voëls nes gemaak (enkelv.) (Dan. 4:12).13. By hierdie man se dorsvloer het Ussa na die ark gegryp (2 Sam. 6:6).

AF1. Noag se tweede seun (Gen. 5:32).2. Hy was meer geseënd as die ander seuns (Deut. 33:24).4. Agab wou hierdie man se wingerd hê (1 Kon. 21:2).5. Agitub se seun (2 Sam. 8:17).6. Sy voete was soos geel______ (Openb. 1:15).7. Amasai se seun (2 Kron. 29:12).9. God het die mens weggestuur uit hierdie tuin (Gen. 3:23).11. Dit is goed vir die oë om dit te sien (Pred. 11:7).

Page 8: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

8 slingervel oktober 2012

dr. nico van der merwe

109. Die mens na die beeld van God geskape Lees in jou Bybel Genesis 1:26-27 & 2:1-7

As God die mens maak, dan sê God duidelik dat Hy die mens maak “as sy verteenwoordiger, as beeld van God”.

Dit het nie beteken dat die mense soos God gelyk het nie. As ons vandag na ’n standbeeld van iemand gaan kyk, dan lyk die standbeeld presies soos die persoon gelyk het. In die standbeeld sien jy die beeld van die persoon van wie die standbeeld gemaak is. Die mens wat na die beeld van God geskape is, lyk nie liggaamlik soos God nie, want God is Gees en kan nie in ’n beeld nagemaak word nie. Geestelik lyk die mens soos God. Hulle kon soos God dink, soos God voel en soos God liefhê, want daar was nog nie sonde nie. Die sonde het egter die beeld van God in die mens weggeneem.

In Christus het God weer vir ons die beeld teruggegee. Daar om het jy die opdrag om as nuwe mens soos God te wees.

110. God se opdrag aan die mens Lees in jou Bybel Genesis 1:28-31 en 2:8-25

God het Adam en Eva nie geskep om niks te doen nie. God het hulle geskep om verantwoordelikheid te

neem vir die skepping. Hulle moes vyf dinge doen: 1. Wees vrug baar. 2. Word baie. 3. Bewoon die aarde. 4. Bewerk die aarde. 5. Heers oor die skepping. Daar was nog nie sonde nie en Adam en Eva was dus in staat om God se opdragte uit te voer. Hulle moes die skepping van God bewerk en op pas. Daarom is die mens die vernaamste deel van God se skepping, want hy moet al die dinge wat God gemaak het, bewerk, daaroor heers en dit oppas.

Dié opdrag het God nie gekanselleer na die sonde nie. Vandag het ons steeds dié opdrag, ook jy as ’n kleine kind. Noem in jou gedagtes al die dinge op wat jý kan doen. Die opdrag van die Here beteken dus dat die mens sal oppas en opbou en nie vernietig nie.

111. Die eerste versoeking Lees in jou Bybel Genesis 3:1-7 en 1 Timoteus 2:13-14

In Genesis 3 lees ons dat Satan in die vorm van ’n slang ge kom het om Eva te verlei om sonde te doen. As jy baie

mooi en aandagtig gelees het, sou jy agtergekom het dat die duiwel met ’n sekere plan kom om vir Eva te verlei om sonde te doen. Eers bevraagteken hy die woorde van God: “Het God werklik gesê ...” Tweedens verdraai hy God se woorde: “Julle mag van geen boom in die tuin eet nie.” Derdens weerspreek Satan God: “Julle sal beslis nie sterf nie.” Vierdens weet hy beter as God: “Julle sal soos God wees.” Waarom het Eva toe ongehoorsaam teenoor God opgetree en sonde gedoen? Omdat sy na Satan geluister het en nie na God nie!

Vandag probeer Satan jou ook aan God ongehoorsaam maak. Jy moet Satan teenstaan en nét na God luister, na dit wat Hy in die Bybel vir jou sê.

112. Skuld en angs pak die mens Lees in jou Bybel Genesis 3:8-20 en Job 31:33

Nadat Adam en Eva sonde gedoen het deur ongehoorsaam aan God te wees, het hulle vir die eerste keer ervaar wat

dit is om skuldig te voel en bang te wees. Vandat God hulle geskep het, het hulle nog nooit so gevoel nie. Hulle probeer om met hierdie gevoelens van hulle te werk. Hulle kruip vir me kaar weg agter die blare van plante en hulle kruip vir God weg in die digte bosse en bome van die paradys.

Al is jy nog ’n klein kindjie, weet jy dat as jy verkeerd op ge tree het, jy skuldig voel. As jy iets baie verkeerd gedoen het, probeer jy soms ook vir jou ma en pa wegkruip. Om skul dig te voel, beteken dat jy nie geluister het wat die Here vir jou sê nie. Jy mag nie dink dat wat God in die Bybel sê, nie waar is nie. As kind van die Here moet jy van kleins af weet dat alles wat God in die Bybel sê, reg en waar is.

113. Sonde bring skeiding Lees in jou Bybel Genesis 3:21-24

In Genesis 3 hoor ons baie duidelik watter geweldige in-vloed die sonde op die mens en die skepping gehad het.

Ons het reeds gehoor dat die sonde in die lewe van die mens skuld en angs gebring het. Maar sonde het ook verwydering gebring. As jy vir ’n vakansie saam met jou skool gaan kamp, dan is jy van jou ma en pa verwyder – jy is weg van hulle af tot ná die kamp. Die sonde het in die lewe van Adam en Eva ook verwydering gebring. 1. Hulle is van God verwyder, daarom ken hulle God nie meer nie. 2. Die mens is ook van homself verwyder, want hy ken homself nie meer nie. 3. Die mense is ook van mekaar verwyder, hulle ken mekaar nie meer nie. 4. Hulle is van die natuur verwyder, want hulle ken die natuur nie meer nie.

Jy is nog baie jonk. Watter invloed het die sonde op jou lewe?

114. Familietwis Lees in jou Bybel Genesis 4:1-26

In ’n huis waar daar kinders is, is daar twis en stryery. Dit weet jy ook seker. Broers en susters van dieselfde gesin kry

stry met mekaar. Dit moet net nie hand-uit ruk nie. In Genesis 4 leer ons dat hierdie optrede van gesinslede

om te baklei, te twis, te veg, ’n gevolg van die sonde is. Die gesinslewe van Adam en Eva het begin met die geboorte van Kain, die oudste seun, en Abel, sy jonger broer.

Vanweë die sonde het Kain jaloers geraak op Abel, om-dat die Here Abel se offer aangeneem het en nie syne nie. Kain is ook baie kwaad vir Abel. Hy wil hom doodmaak. God waarsku vir Kain (vs. 6-7). God sê vir Kain hy moet die lelike gedagtes laat staan. Maar Kain doen dit nie en vermoor sy broer.

Binne elke huisgesin moet daar teen die sonde om te twis, te baklei en lelik te veg, gestry word.

Page 9: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

slingervel oktober 2012 9

115. God gee sy genade aan Noag Lees in jou Bybel Genesis 5:28-6:8

Van Noag se lewe as kind en jongman weet ons niks nie, behalwe dat hy die seun van Lameg was. Hy lewe egter

in ’n baie belangrike periode van die geskiedenis. Dit is ’n tydperk waartydens die mense verskriklike sonde gedoen het (6:5-6). Dit is so omdat die mense in hulle harte net slegte dinge gedink en beplan het. Daarom het God besluit om die mense wat so in gruwelike sonde leef, dood te maak (6:7). Tussen al die verskriklike sondaars het Noag soos ’n kind van God gelewe. Hoekom? Omdat Noag vanself so goed was? Nee! Daar is ’n ander rede. Deur God se genade was hy ’n goeie mens.

God het sy genade aan Noag gegee, en weet jy, ook aan jou! Toe jy gedoop is, het God gesê dat Hy jou in Jesus Christus sy kind maak en ook aan jou die nodige gawes gee om ’n goeie lewe te lei.

116. Hy het naby God geleef Lees in jou Bybel Genesis 6:9-22

Ons het gehoor dat God sy genade aan Noag gegee het en dat hy ’n voorbeeldige lewe as ’n gelowige geleef

het ten spyte daarvan dat al die mense in daardie tyd in ver-skriklike sonde geleef het. Die Bybel sê dit vir ons nog nader hoe Noag geleef het: “Hy het naby God geleef” (vs. 9b). ’n Mens kan amper sê Noag het sy aan sy met God geleef. Daar was ’n baie diep verhouding tussen God en Noag.

Van Noag kan dus gesê word dat hy tussen al die slegte mense ’n goeie lewe gelei het. Hy het God liefgehad. Hy was gehoorsaam en het gedoen wat God van hom vra, omdat Hy in God geglo het. Noag se lewe het God in hom gewerk uit genade.

Dit is nie net grootmense wat digby God kan leef nie. Ook kinders word deur God baie naby aan Hom vasgehou. So moet jy ook lewe soos ’n kind naby God.

117. ’n Man van geloof Lees in jou Bybel Genesis 7:1-16 en Hebreërs 11:6-7

As een of ander oom hom inspan om vir die mense wat Afrikaans praat, in te tree en hom vir hulle beywer, dan

sê ons hy is ’n man vir die volk. As ’n pa baie opoffer vir sy gesin, dan sê ons hy is ’n man vir sy gesin. As iemand vrees-lik lief is vir sport en baie van sy tyd daaraan spandeer, dan sê ons hy is ’n man vir sport. Wat sal ons nou van Noag sê? Al wat ons van hom weet, is dat hy naby God gelewe het. Ons weet dat hy gehoorsaam was aan God. Hy het in God ge glo en gedoen wat die Here van hom verwag. Daarom kan ’n mens sê Noag is ’n man van die geloof.

Om in die geloof te lewe, beteken om presies te doen wat die Here van jou verwag. Dan kan jý ook so wees – ’n kind van die geloof! Kan mense jou so noem?

Stel jou lewe en jou aandag in op Gods Woord, dan sal die Heilige Gees jou ’n kind van die geloof maak.

118. God het aan Noag gedink

Lees in jou Bybel Genesis 8:1-22 en 1 Petrus 3:20

Soos God besluit het, het dit begin reën en reën en reën. Die water het later alles bedek – dit was net die ark wat

Noag gebou het wat bo-op die water gedryf het. Al die mense wat in verskriklike sonde geleef het, het verdrink. Dit was net Noag-hulle (agt mense) wat binne-in die ark was wat geleef het. Noag en sy mense was nie sonder God in die ark nie: “Toe het God gedink aan Noag” (vs. 1). Omdat Noag aan God gehoorsaam was en in Hom geglo het, het God Noag en sy mense in die ark nie aan hulle lot oorgelaat nie – God dink aan hulle. God het al baie lank gelede aan jou gedink. Net soos God vir Noag en sy mense gered het, het God jou ook deur Jesus Christus gered.

Toe jy gedoop is, het God vir jou en ook vir jou mam ma en pappa gesê: Ek dink aan julle – hierdie kindjie word in Christus gered, want dit is my kind.

119. Die reënboog van God se genade Lees in jou Bybel Genesis 9:1-17 en Jesaja 54:9

Jy het seker al in jou lewe ’n reënboog gesien. Soms terwyl dit reën of ná ’n reënbui, as die son deur die wolke skyn,

sien ’n mens die pragtige halwe boog van die reënboog met sy baie mooi kleure. Die reënboog moet ons herinner aan die sondvloed in die tyd van Noag. Die sondvloed was ’n afsluiting van ’n sekere deel van die geskiedenis. God het met die mense, wat nie wou ophou sonde doen nie, afge-reken. God begin nou weer opnuut met Noag en sy mense.

God belowe ook vir Noag dat Hy nie weer die aarde met water sal straf nie. Hulle kan van vooraf op die aarde woon en werk en lewe. God sê toe vir hulle die reënboog is die teken, die bewys dat wat God belowe, waar sal wees.

Soos God genade aan Noag en sy mense bewys het, het God in Jesus Christus aan jou ook genade bewys en jou gered.

120. God se seën en sy oordeel Lees in jou Bybel Genesis 9:18-29

Die sondvloed het baie dinge weggeneem. Al die mense wat aangehou het om sonde te doen. Ook alles wat hul-

le gebou en opgerig het, is weggeneem. God het as ’t ware die aarde skoon gewas van die sonde en die werke van die sonde. Ongelukkig sit die sonde in die hart van die mens en nie in dinge buite die mens nie. Skaars het Noag en sy mense weer op die aarde begin woon en werk, of die duiwel kom met sy listigheid en laat Noag in diepe sonde verval. Een van die eerste dinge wat Noag gedoen het, was om ’n wingerd te plant en wyn te stook. Hy drink te veel wyn en word só dronk dat sy seun Gam met hom spot. God tug vir Gam en seën vir Sem en Jafet, Gam se broers.

God sê dat die mens nie moet dink dat sy sonde sonder uitwerking sal wees nie. Daarom moet jy elke dag stry teen die sonde in jou hart.

Page 10: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

10 slingervel oktober 2012

Jou lewe as Christentiener iBybelleesrooster vir November Dr. Nico van der Merwe

Donderdag 1 November – Lees: Levitikus 6:8-15 (vs. 11, 13)My lewe – altyd brandend vir God.

Vrydag 2 November – Lees: Matteus 10:16-25 (vs 22)Diens vir die Here vra volharding.

Saterdag 3 November – Lees: Lukas 9:18-27 (vs 26)In diens van die Here getuig ek altyd van Hom.

Sondag 4 November – Lees: Markus 11:1-11 (vs 2, 3)Losgemaak van slawediens is ek diensbaar vir die Here.

Maandag 5 November – Lees: Prediker 11:1-6 (vs 1)Diens vir die Here is nie tevergeefs nie.

Dinsdag 6 November – Lees: Eksodus 35:10 – 36:1 (Eks. 35:31)God maak bekwaam vir sy diens.

Woensdag 7 November – Lees: Numeri 18:1-7 (vs 7)Ons priesterdiens is ’n geskenk van God.

Donderdag 8 November – Lees: Genesis 49:22-28 (vs 22)Vrugbare diens is ook ’n seën vir ander.

Vrydag 9 November – Lees: Johannes 5:30-47 (vs 35)Diens aan die Here bring verligting.

Saterdag 10 November – Lees: Rut 1:11-22 (vs 16)Kies om die Here te dien!

Sondag 11 November – Lees: Psalm 8 (vs 3)Ook kinders is geroep om God te dien.

Maandag 12 November – Lees: Filippense 3:1-14 (vs 8)In my diens – alles vir Christus!

Dinsdag 13 November – Lees: Johannes 6:22-36 (vs 26)God se dienswerk maak versadig.

Woensdag 14 November – Lees: Spreuke 22:17-29 (vs 29)Ons arbeid is in diens van die Koning.

Donderdag 15 November – Lees: Lukas 24:36-49 (vs 39)Hande-arbeid is nie nederige dienswerk nie.

Vrydag 16 November – Lees: Markus 11:1-14 (vs 13)Dienswerk moet nie voorgee wees nie.

Saterdag 17 November – Lees: 2 Samuel 24:10-25 (vs 24)Diens vir die Here kos opoffering.

Sondag 18 November – Lees: Matteus 25:14-30 (vs 25)Rus in dienswerk laat jou roes.

Maandag 19 November – Lees: Nehemia 4:1-11 (vs 6)Heelhartige dienswerk.

Dinsdag 20 November – Lees: Maleagi 3:13 – 4: 3 (3:14)Dit is nie tevergeefs om die Here te dien nie.

Woensdag 21 November – Lees: Spreuke 31:10-31 (vs 11-12)

Page 11: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

slingervel oktober 2012 11

is 'n lewe in diens van GodJou getroue werk het voordeel vir baie mense.

Donderdag 22 November – Lees: Habakuk 3 (vs 17, 18)Dien die Here veral in moeilike tye.

Vrydag 23 November – Lees: Jesaja 6 (vs 8)Geroep tot diens.

Saterdag 24 November – Lees: 2 Petrus 1:1-12 (vs 10)Deur my dienswerk bevestig ek my uitverkiesing.

Sondag 25 November – Lees: 1 Johannes 3:1-10 (vs 1)God se kinders dien Hom.

Maandag 26 November – Lees: 1 Samuel

15:17-27 (vs 22)Dien die Here volgens sy voorskrifte.

Dinsdag 27 November – Lees: 1 Samuel 16:13-23 (vs 13)God se Gees rus toe vir diens.

Woensdag 28 November – Lees: Johannes 21:15-19 (vs 15)Christus herstel die ongehoorsame dienskneg.

Donderdag 29 November – Lees: Eksodus 16:1-7 (vs 4)Dien die Here elke dag getrou.

Vrydag 30 November – Lees: Jesaja 40:25-31 (vs 31)Die Here gee krag aan sy diensknegte.

Page 12: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

12 slingervel oktober 2012

Kerneels ...die kat

Kerneels is ’n groot gemmerkat. Hy hou van eet en hy is lekker vet. Hy hou ook daarvan om ander diertjies wat kleiner as hy is, te terg. Wanneer hy soggens sy

bakkie kos opgeëet het, gaan hy buitentoe waar hy in sy baas se groot tuin rondloop. Hy soek altyd na iemand om mee te lol.

Vandag skyn die son tog te lekker, en Kerneels gaan sit eers op die stoep en begin sy hele lyf met sy skurwerige, pienk tong te was. Hy byt sy toonnaels skoon en krap dan vies met sy poot agter sy oor toe hy iets daar voel beweeg. Dis natuurlik ’n vlooi, dink hy omgekrap. Sy ounooi het lanklaas sy vlooibandjie vervang, en nou is die vlooie natuurlik nie meer bang om op sy lyf te klim nie. Hy sal ’n plan moet maak om die ou, nuttelose band van sy nek af te kry sodat sy ounooi net eenvoudig ’n nuwe een sal moet koop. Hy hou net mooi niks van vlooie nie.

Kerneels stap by die stoep af tussen die struike in. Die ou huishond, Diederik, loer net so na hom toe hy by hom verby stap. Kerneels het hom ook al baie geterg en dan in die boomtakke verdwyn wanneer Diederik hom jaag en wil vang. Hy stap dus maar altyd wydlangs by die hond verby.

Tannie Rika du Plessis

Onder ’n lae bossie sien hy ’n akkedis se stert uitsteek, en dadelik klap hy die akkedissie onderstebo. Hy lag te lekker toe die arme akkedissie op sy rug lê en sukkel om weer op sy voete te kom. Toe klap hy hom weer dat hy doer trek, maar die keer land die akkedissie darem op sy voete en skarrel vinnig onder ’n klip se holte in waar Kerneels hom nie kan bykom nie.

Iets anders het in elk geval al weer Kerneels se aandag getrek. ’n Klein skilpadjie sit en vreet lustig aan sappige, groen grassies wat tussen die blomme opgekom het. Hy stap nader en druk-druk met sy poot teen die klein skilpadjie.

“Haai nee, los my uit. Jy is ’n groot kat en ek net ’n ou baba-skilpadjie,” roep die fyn stemmetjie onder sy doppie uit.

“En as ek nie wil nie?” lag die ou kat. “Jou doppie is seker nog lekker sag, so ek kan jou sommer heel opvreet ook as ek lus is.”

“Nee, nee, asseblief nie,” roep die skilpadjie nou in ’n huilstemmetjie.

Page 13: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

slingervel oktober 2012 13

“Kerneels, los die skilpadjie!” hoor hy meteens Diederik se dik stem agter hom en hy vlieg vinnig om.

Eers wil Kerneels die ou hond uitlag en in die naaste boom verdwyn, maar meteens kry hy ’n plan. As hy mooi met ou Diederik werk, kan hy hom dalk vra om die ou band om sy nek af te haal.

“Oukei, Diederik, ek wou maar net ’n bietjie met hom speel. Ek sal hom mos nooit regtig opeet nie,” sê hy dan ook nou skelm.

“Jy jok sommer vir my. Dink jy nie ek sien hoe jy bedags al die klein diertjies hier in die tuin rondklap en hulle terg nie? Hoe sou jy gevoel het as ’n tier heeldag en aldag so met jou gemaak het?” brom Diederik.

“Ek sal nie weer nie, regtig,

Diederik, ek is jammer.”“Nou toe, kom weg hier by die klein skilpadjie,” brom die ou

hond weer en stap terug na sy sonkol toe.Kerneels stap agterna en gaan sit ’n entjie van die ou hond af

weg.“Diederik, sal jy iets vir my doen as ek baie mooi vra?” vra

Kerneels versigtig.“Wat is dit?” grom-vra Diederik.“Byt asseblief hierdie ou band van my nek af. Hy werk nie

meer nie en die vlooie begin my pla. As hy af is, sal my ounooi vir my ’n nuwe gee.”

Diederik lê ’n rukkie stil, en dan sit hy regop.“Oukei, ek sal, maar dan belowe jy my nou hier dat jy die

diertjies in die tuin sal uitlos. As jy dit nie doen nie, gaan ek jou elke dag in die tuin rondjaag. Jy sal heeldag in die bome of die huis moet sit sodat ek jou nie kan vang en byt nie.”

Kerneels sug. Ai, dit was darem so lekker om die diertjies te terg, maar hy is maar ietwat bang vir ou Diederik se groot bek met sy lang tande.

“Oukei, Diederik man, ek belowe.”

So het Diederik die band afgebyt en die volgende dag het Kerneels ’n splinternuwe band gekry. Nou is daar nie meer vlooie op sy lyf nie, en hy het maar liefs bedags by ou Diederik in die son gaan lê en gesels en die diertjies uitgelos. SV

Ons lees in die Bybel van mense wat gedroom het en hulle drome was van betekenis vir hulle. Van wie word hier vertel? Soek die

antwoorde van hierdie vrae in die Bybel.

RIN

A

1. Wie het vir Pilatus gesê dat sy 'n droom in verband met Jesus gehad het? (Matt. 27:19)

____________________________________________________________________

2. Volgens 'n profeet in die Ou Testament sal daar 'n tyd kom dat die jongmanne sal profeteer en die

oumanne drome sal droom. (Joël 2:28)

____________________________________________________________________

3. Wie in die ou Christelike kerk het die “preek” van hierdie dienskneg van God herhaal?

____________________________________________________________________

4. Josef, die man van Maria en Jesus se aardse vader, is in 'n droom teen vier dinge gewaarsku. Dit

is:

____________________________________________________________________

5. In die droom van Nebukadnesar van 'n groot boom wat afgekap word, van wie is dit 'n simbool?

____________________________________________________________________

6. Daniël het 'n droom gehad van vier groot diere wat uit die see uit kom. Watter vier diere is dit?

____________________________________________________________________

Page 14: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

14 slingervel oktober 2012

Hoofstuk 2 van ons nuwe vervolgverhaal vir tieners ...

Kasteelmeisie

Rika du Plessis

“Hoekom het jy die seun aanmoediging gegee, Yolandi? Selfs al het sy pa nie besware nie, gaan hier tog niks van kom nie. Waar-

om konsentreer jy nie liewer op die laaste kwartaal van jou hoër-skool loopbaan nie? As jy weer soveel onderskeidings kry soos laas, kan jy universiteit toe gaan. Is dit dan nie wat jy wil hê nie?”

Yolandi kyk stil na haar ma. Sy is ’n dierbare ma en sy is baie lief vir haar. Dis net dat haar ma nog nooit regtig geluister het wanneer sy, Yolandi, met haar gepraat het oor haar toekomsdrome nie. Mis-kien is dit nou die tyd om sommer net eenvoudig reguit met haar ma te praat.

“Mams, ek wil hê Mams moet nou hier by my kom sit, en Mams moet mooi luister na wat ek gaan sê.”

“Ek moet nog aandete maak, Yolandi,” probeer haar ma keer, maar Yolandi neem haar sag aan die arm en lei haar na die bank toe.

“Nie voor ons tweetjies gesels het nie. So ja. Nou sit ek hier langs Mams.”

“Yolandi, wat gaan aan? Jy maak my bang omdat jy so ernstig lyk,” sê haar ma en frons agterdogtig.

“Eerstens, Mams, net omdat ek en Lennert miskien die geleentheid gegun gaan word om vriende te wees, beteken dit geensins dat ek meer as vriendskap van hom gaan verwag of verlang nie. Dis egter lekker om baie vriende te hê om mee te gesels en jou drome mee te deel.”

“Ja, goed ek verstaan, maar ...” begin haar ma, maar Yolandi maak

haar sag stil.“Hokaai eers, Mams, laat ek

klaar praat. Ons het voorheen ook al oor universiteit toe gaan gepraat, en Mams het nooit werklik geluister toe ek vir Mams gesê het ek wil nie gaan nie. My belangstelling lê in blomme, en eintlik weet Mams dit. Ek wil eendag my eie kwekery hê, en ek wil al die kennis in die wêreld oor plante en blomme hê.”

“Maar, kind, daarvoor moet jy tog seker ook universiteit toe gaan?” Sy kry amper haar ma jam mer toe sy die teleurgestelde uitdrukking in haar sagte blou oë sien.

“Dis nie nodig nie, nie vir my nie, Mams. Ek het klaar uitgevind ek kan by een van die grootste ken ners van hierdie onderwerp by die grootste botaniese tuin in ons land gaan leer en werk. So gaan ek geld verdien en ek gaan alles leer wat ek nodig gaan hê om eendag my eie kwekery te be gin.”

“Dit kos geld om so iets te begin, Yolandi, geld wat ons nie het nie,” waarsku haar ma.

“Meneer Willemse van die botaniese tuin het my verseker as ek so goed is soos wat ek aan hom voorgehou het, en ek

Page 15: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

slingervel oktober 2012 15

leer fl uks en werk hard, sal ek maklik met hulle aanbeveling ’n lening kry om te begin. Asseblief, Mams, dis wat ek graag wil doen.”

“Jy het al hierdie goed agter my rug uitgevind sonder om my enigiets te vertel. Ek is teleurgesteld, Yolandi.” Haar ma lyk seergemaak.

“Miskien kan Mams nou verstaan hoekom ek dit gedoen het. Dis omdat ek al so dikwels vir Mams van my drome vertel het, maar Mams het nooit reg tig geluister of geglo ek is ernstig nie.”

Haar ma kyk ondersoekend na haar, trek dan effe verslae haar skouers op en hou haar arms oop vir haar dogter. Yolandi val vorentoe en slaan haar arms om haar ma.

“As dit jou gelukkig gaan maak, my kind, dan is ek eenhonderd persent agter jou,” fl uister haar ma nou aangedaan.

“Dankie, liefste ou mamsie, dis wat ek so graag wou hoor. Daar klop iemand, dis seker nou Len-nert. Ek sal gaan oopmaak.”

“Naand, Lennert. Jy kom seker net sê die piekniek gaan nie gebeur nie, of hoe?” vra Yolandi en kyk na die aantreklike jong kêrel met ‘n tikkie spot in haar oë.

“Naand, Yolandi. Inteendeel, ek wou kom hoor of jy ’n voorliefde vir enige spesifi eke kos het sodat ek dit in ons mandjie kan sit. Mag ek inkom?”

“Naand, Lennert. Natuurlik kan jy inkom,” praat haar ma meteens hier langs haar en sy staan opsy. Sy draai om en stap saam met haar ma vooruit na die sitkamer toe.

“Nou toe ... enige voorkeure?” vra Lennert en sy sien die lagduiwels in sy oë blink. Hy terg haar om dat sy verkeerd geraai het.

“Solank daar nie padda-eiers en slakke by die kos is nie, is ek nie vol fi emies nie.”

“Toe maar, dis ook nie vir my lekker nie, so daar is geen gevaar van so-iets in die mandjie nie. Is dit oukei met Tannie as Yolandi môre saam met my gaan piekniek hou daar teen die berghang waar ek haar vandag ontmoet het?” vra Lennert dan be-leefd toe hy na haar ma toe draai.

“As jou pa geen besware het nie en dis ook wat Yolandi wil doen, is ek oukei daarmee.”

“Sal jy saamgaan, Yolandi?” vra hy, en dié keer lyk hy sowaar ernstig.

“Ja ... ja, ek sal saamgaan. Hoe laat kry ek jou daar?”

“Ek kom haal jou om halftien hier. Ons kan

saam stap. Dankie, Tannie. Lekker slaap, albei van julle,” groet hy en Yolandi is amper seker sy het hom ’n boksprongetjie in die skemer sien doen toe hy wegstap. Sou hy wraggies so ingenome wees met die feit dat hy môre saam met haar kan kuier?

“Hy klink na ’n aangename seun. Dis min seuns wat nog vandag die ordentlikheid het om die meisie se ma se toestemming te vra wanneer hy met ’n meisie wil uitgaan,” praat haar ma half ingedagte terwyl sy met die voorbereiding van die aandkos voortgaan.

“H’m, dit het my ook nogal verbaas. ’n Mens sou dink so ’n vername man se seun gaan sommer aanvaar dit wat hy wil hê, gaan hy kry sonder om so nederig te wees. Dis ’n pluspunt vir hom in my oë.”

“Moet tog net nie jou jong hart gaan staan en verloor op die kêreltjie nie, Yolandi, asseblief. Jou hele jong lewe lê nog voor jou.”

“Mams, hou tog op om Mams so te bekommer. Ek is mooi groot en nie so onkundig dat ek nie weet waarvoor ek my inlaat nie. Bowendien, ek glo ’n meisie moet baie meer as net een vriend in haar jong lewe hê, en almal eers goed leer ken voor sy kan besluit wie die regte een vir haar is,” antwoord Yolandi tergerig.

“Aag toe, jy, moenie vir jou kom slim hou met my nie, meisiekind,” dreig haar ma speels en mik liggies met die vadoek na haar sitvlak. “Kom sny die tamaties vir my.”

Yolandi lag prettig en terwyl sy die tamaties kerf, hoor sy haar ma saggies neurie – ’n teken van geluk by haar ma. Dis so min wat sy en haar ma sulke gemeensame oomblikke beleef. Het sy dalk haar ma bietjie afgeskeep? Sy het maar net altyd aanvaar haar ma is mos daar, maar nie dat haar ma dalk net soms ook ‘n bietjie meer van haar teenwoordigheid sal wil hê nie.

“So ja, daar is die tamaties. Môre-aand maak ek vir ons kos en Ma kan met my sit en gesels.”

“Nou toe nou! As dit Lennert se uitwerking op jou is, is ek bly julle gaan piekniek hou!” terg haar ma.

“Dit het niks met Lennert te doen nie. Ek wil sommer bietjie meer saam met Mams kuier die vakansie, dis al. Ek gaan gou stort,” praat-sing Yo-lan di oor haar skouer en draf in die gang af na haar kamer toe. (Vervolg)

Page 16: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

16 slingervel oktober 2012

Om geswael te wees, is ’n ander manier om te sê dit is om dronk te wees. In

hierdie praatjie beteken dit egter heeltemal iets anders, maar dit sal julle weldra agterkom.

Soos by ’n vorige geleentheid, het ek my inspirasie en stof vir bespreking in ’n adver-tensie gekry. Nou kyk, ek steur my nie baie aan advertensies nie, maar as ek sien dat die beskrywing langerig is, kyk ek of dit nie leersaam is nie en dan lees ek dit deur. Soos in hierdie geval.

Baie klem word deesdae op natuurlike geneesmiddels of middels wat direk uit plante, diere of hulle produkte vervaardig is, gelê. Uit die aard van die saak kan ek nie die naam van die produk(-te) of hulle uitvinders bekendmaak nie, en gee ek ook net die hoofgedagtes weer. Sover ek weet, is die feite ook wetenskaplik korrek.

Ingebore wysheidIn jou liggaam vind sekere prosesse wat

jou gesondheid verseker, voortdurend plaas. Dit is goed om af en toe ’n bietjie rustig hier-oor na te dink. Dit is asof dit liggaam só uit-muntend geskape is dat dit lyk of daar ’n ingebore wysheid aan die werk is. Elke sel weet presies wat en wanneer dit ’n sekere funksie moet verrig. Die element kalsium word byvoorbeeld opgeneem en na presies die regte plekke vervoer om te verseker dat die gebeente, tande, senuwee- en immuunstelsel eenhonderd persent reg kan funksioneer. Die vraag is: Hoe weet die liggaam wat en wanneer dinge gedoen moet word? Dit lyk amper of daar in elke sel ’n besige apteek

Raak geswaelRaak geswaelOom Attie Venter

fosfor - swael - chloor

(Bron: W

ikipedia)

is waar al die geheimenisse wat nodig is vir goeie gesondheid, bewaar en uitgevoer word! Maar daar is ’n voorwaarde aan verbonde: Die boumateriaal moet teenwoordig wees as die konstruksieprosesse uitgevoer moet word. Daarom moet ons gesond eet, genoeg water drink, oefening kry en gereeld ontspan.

PyneGeen mens is te jonk om pyne op te doen

nie – ook nie julle nie! Daar is beserings wat jy tydens sportaktiwiteite of ongelukke opdoen, maar daar is ook kroniese (langdurige) en akute (sporadiese) pyn in spiere , gewrigte in die rug en selfs gedurig in die kop. Groot hoeveelhede pynverdowers word daagliks deur pynlyers ingeneem om ’n bietjie verligting te bring. Kyk maar na die baie pynpil-adverten-sies in koerante, tydsrifte en al wat media is. Die vraag word gevra of hulle pyn nie deur die liggaam self behandel kan word nie. Die meeste bloedarmoede word byvoorbeeld deur die aanvulling van yster en vitamine B en C weer reggestel. Aangesien pyn ’n “rooi lig” is wat fl ikker om te sê dat dat daar iets iewers skort, kan ’n mens nie ook iets inneem wat die liggaam bystaan om van pyn ontslae te raak nie?

Soos wat bloedarmoede reggestel kan word deur die liggaam van yster te voorsien sodat

Page 17: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

slingervel oktober 2012 17

nuwe rooibloedselle gemaak kan word, só moet ons ook leer dat pyn se vernaamste oorsaak infl ammasie is. Laasgenoemde is ge-woon lik die gevolg van ’n kettingreaksie van opge-hoopte afvalstowwe wat nie behoorlik deur die liggaam uitgewerp word nie.

Swael en warmwaterbronneDie antwoord lê in die

inname van die mineraal swael. Swael bind met verskeie aminosure om die sel van binne af te suiwer en só die beste skoonmaker in die liggaam te word. Baie mense met rumatiek- en ander pyne besoek gereeld die “swael-baddens” wat blykbaar groot verligting bring. Sulke warmwaterbronne tref ons onder andere aan in Aliwal-Noord, Goudini, Tshipise en Môreson (naby Musina). ’n Sekere pil A is vir baie jare gebruik om dieselfde verligting te bring, maar dit ruik nie te lekker nie! Dit is onlangs vervang met pil B wat glo nou wêreld-wyd aangewend word as voedselaanvulling om artritis, jig, rumatiek, spierpyn, hoof-pyn, maandstondepyn op ’n natuurlike wyse te verlig.

VerskilleDie behoefte aan swael

verskil van persoon tot persoon, afhangend van hoe groot die tekort aan die mineraal in die liggaam is. ’n Sewentig kilogram mens sal ongeveer 200 gram swael in

sy\haar liggaam hê. Tekorte ontstaan maklik as daar nie genoeg broccoli, blomkool, uie en knoffel rou geëet word nie. Melk en vleis is ook goeie bronne van swael in die dieet.

Nog funksiesBehalwe vir die verwydering van gifstowwe, is swael ook baie

belangrik:

vir die vorming van bindweefsel. Laasgenoemde hou al die selletjies in die liggaam in ’n goeie, sterk basis’n tekort aan swael kan ook tot swak hare, naels en vel lei. Kortliks kom dit hierop neer: swael verbind met die amino-suur sitosien om die proteïen karoteen te vorm, wat ’n belang rike bestanddeel van hare, vel en naels uitmaak. Die vel kry ’n gladde voorkoms as daar voldoende swael oor ’n lang periode teenwoordig is. Dit help ook om bindweefsel, operasieletsels of enige ander letsel binne of buite die liggaam sagter en meer plooibaar te maakdaar is ook bevind dat mense met immuunprobleme (soos asma, rheumatoïede artritis, allergieë) baat vind by die inna-me van die swael-bevattende pil B.

SlotopmerkingSwael is ’n natuurlike bestanddeel van die liggaam. Daarson-

der verswak en verouder die liggaam gouer en kan dalk baie siek word. Wanneer ’n natuurlike voedingstof pyn verlig, is dit die lig-gaam wat die wonderwerk doen en kan jou lewenskwaliteit net ver beter, veral as die ander funksies ook in ag geneem word. SV

(Bron: W

ikipedia)

Swaelkristal

Page 18: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

18 slingervel oktober 2012

Bron: Die wêreld van die Bybel. Tim Dowley. Lux Verbi.BM. Verstaan die Bybel-reeks.

Page 19: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

slingervel oktober 2012 19

beroepsraaiselRINA

Langsaan is 20 name van beroepe wat mense

in die Bybelse tyd beoefen het. Gebruik dié

teksverse vir hulp:

Handelinge 6:2; Genesis 40:1; 1 Kronieke 15:23;

Genesis 9:20; Lukas 5:2; Jesaja 40:19; Genesis 25:27; Jeremia 33:21; Psalm 4; Handelinge

17:28; Josua 9:21; Joël 2:9; 1 Samuel 3:20; Lukas

5:27; 2 Samuel 15:4; Genesis 40:4

Die ossewa speel 'n belangrike rol in die geskiedenis van Suid-Afrika. In die jare 1700 en 1800 het die mense hoofsaaklik ossewaens gebruik om van een plek na 'n

ander te gaan. Dink maar aan die Groot Trek, hoe die boere met ossewaens vanuit die Kaap tot in die Vrystaat, Natal en Transvaal getrek het. Vir jare lank het hulle in die ossewaens gebly ... dit was hulle huis.

Dit is nie vreemd dat daar idiome ontstaan het met die ossewa as voorwerp nie. Ons kyk na vier sulke idiome:

Krakende waens loop die langste = Sieklike mense is baie taai.Die wa deur die drif trek = Daarin slaag om 'n moeilike taak te verrig of 'n probleem op te los.

Die wa voor die osse span = Agterstevoor te werk gaan.Voor op die wa wees = Opdringerig wees. Astrant wees.

(Bron: Idiome-woordeboek. 1988; Anton F Prinsloo. Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom. 2004)

OSSEWA in Afrikaanse idiomeOom Carel

(Bro

n: M

ielie

stro

nk.c

om)

Page 20: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

20 slingervel oktober 2012

Wat kan ek lees?Wat kan ek lees?tannie susan

Inkpen, Mick. 2011. Wat sal ons Wikkels se hondjie noem? Vertaal deur Shané Kleyn. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R90,00.

ISBN: 978-1-86919-545-8.

Wikkels Vark kry ’n nuwe hondjie en almal probeer om ’n gepaste naam vir die hondjie te gee. Nie een van die voorgestelde name is egter geskik

nie. Die naam moes werklik by hom pas. Toe kom Morsjors Vark daar aan en skielik weet almal presies wat die regte naam vir die hondjie moet wees.

Die eenvoudige kleurillustrasies ondersteun die verhaaltjie pragti g en sal reg in die smaak van kleuters val.

De Lestrade, Agnes. 2011. Die land van die groot woordfabriek. Geïllustreer deur Valeria Docampon en uit Frans vertaal deur Nicol

Stassen. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-522-9.

In die eienaardige land van die groot woordfabriek is daar selde gepraat, omdat woorde eers ingesluk moes word voordat dit uitgespreek kon word.

Woorde moes gekoop word en was baie duur. Slegs die baie ryk mense kon dit bekosti g om woorde te koop. Deur vindingrykheid het die gewone mense woorde bekom deur in asblikke daarvoor te soek, woorde op uitverkopings te koop of deur rondswewende woorde met vlindernett e te vang.

Daniel is verlief op Hanli en wou as ’n spesiale verjaardaggeskenk sy hart vir haar oopmaak. Dit sou egter baie woorde in beslag neem wat hom ’n fortuin sou kos. Die skatryk Heiko kon dit egter bekosti g om baie woorde met haar te praat. Daniel is baie hartseer omdat sy geskenk van drie woorde vir hom minderwaardig gelyk het, al het dit uit sy hart gekom. Gelukkig hou Hanli van hartswoorde en dit gee die deurslag!

Hierdie eenvoudige, maar sensiti ewe verhaaltjie met sy pragti ge kleurillus-trasies en fyn humor is ’n genot om te lees. Jong kinders sal dit baie geniet om self te lees of na voorlees te luister.

Morton, Jeanett e. 2011. Marmerprinses. Pretoria: Protea Boekhuis. 188 p. Prys: R130,00. ISBN: 978-1-86919-503-8.

Wilmien is ’n talentvolle en begaafde matriekdogter en haar droom is om eendag ’n konsertpianis te wees. Sy moet egter haar musiekeksamens

en matriek eers deurkom en boonop is sy redaktrise van hulle skoolkoerant. Sy en Chris is van kleins af boesemvriende en hy is verlief op haar. Sy droom is om ’n borgskap te kry om in Amerika scateboard te gaan ry.

Geleidelik kom Wilmien tot die besef dat sy verlief is op Paul le Roux, haar Engels onderwyser en ook die onderhoof van die skool. Paul moedig haar aan om in haarself en haar eie vermoëns te glo. Hy reël vir al die kinders om Sonda-gaande by die kerk gospel te gaan sing. Hy noem haar sy Kariati ed en help haar om aansoek vir verdere musiekstudie by Juliard School of Music in New York te doen. Geleidelik onstaan daar ’n verhouding tussen hulle wat, te verstane, problemati es is. Dit beïnvloed ook haar verhouding met Chris.

In hierdie jeugroman word die ekstati ese besef en gevoelens van ’n eerste liefde uitgebeeld, maar ook die wroeging en hartseer wat daarmee gepaard kan gaan. Die wor-steling en pyn om te doen wat reg is en heel anderkant uit te kom, word simpati ek en boeiend in die verhaal ontvou.

Marmerprinses is ’n sensiti ewe jeugroman wat maklik lees. Die kara-kterbeelding is eg en oortuigend en moderne ti eners sal met die probl-eemsituasie (en karakters) kan iden-ti fi seer. Dit is ’n verhaal om diep oor na te dink.

Mongredien, Sue. 2011. Voor ons gaan slaap. Illustrasies deur Cee Biscoe en vertaal deur Jaco Jacobs. Pretoria: LAPA Uitgew-

ers. Prys: R80,00. ISBN: 978 0 7993 5482 9.

Basjan Beer en Oupa kuier by me-kaar en na ’n heerlike visvangek-

spedisie word slapenstyd telkens uitgestel vir ’n reeks pretti ge akti -witeite. Daar word eers ’n gesellige aandete genutti g met warm pap en taai heuning, dan ’n “borrel-baljaar-bad” om skoon te kom, ’n grillerige bangmaakstorie word gelees en om die spanning te ontlaai ... ’n spring-ery op die bed! Uiteindelik is Basjan en Oupa albei stokfl ou en doodmoeg – gereed vir slaap.

Voor ons gaan slaap is ’n deernis-volle uitbeelding van die spesiale band tussen oupa en kleinseun. Kleuters (en grootouers) sal by hi-erdie verhaaltjie aanklank vind en dit geniet as voorleesboek en om deur te blaai. ’n Treff er op ’n kleuter se boekrak.

Page 21: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

slingervel oktober 2012 21

Pin, Isabel. 2011. Die storie van die klein gaatjie. Vertaal deur Nicol Stassen. Pretoria: Protea

Boekhuis. Prys: R95,00. ISBN: 978-1-86919-510-6.

Die storie van die klein gaatjie is die pretti ge verhaal in ’n kar-

tonprenteboek oor die avontuurlike soektog na die oorsprong van ’n ge-heimsinnige klein gaatjie. Waar of wat is hierdie klein gaatjie nou eint-lik? Is dit ’n krater op die maan, of van ’n vulkaan, of is dit dalk ’n gaatjie in die ys waarin visse en robbe swem? Die moontlikhede is legio en die waarheid is ’n lekker groot ver-rassing!

Deur sy eenvoud en min woorde sal hierdie boek kleuters bekoor en boei.

Van den Heede, Sylvia. 2011. Tot siens, Vos en Haas. Uit Nederlands vertaal deur Daniel Hugo. Pretoria: Protea Boekhuis. 140 p. Prys:

R110,00. ISBN: 978-1-86919-423-9.

Uil is Vos en Haas se bure. Tok stuur vir Uil ’n eier wat hy moes oppas, maar toe Uil moes uitgaan, gee hy die eier vir Haas om op te pas en te help uit-

broei. So kom dit dat Haas en Vos vir Iek uitbroei. Tok kom saam met haar ge-liefde Piep daar aan om hulle eier te kom kry. Na ’n groot stryery beraam Haas die slim plan om ’n blyplekhok vir Tok en Piep op die heining te bou sodat hulle al vyf uiteindelik bure kan wees en elkeen kan bly langs wie hy graag wil.

Hierna bly almal gelukkig saam in die bos en deel in mekaar se lief en leed – al irriteer Iek se tydige en ontydige kraaiery Vos uitermate. Elkeen het egter sy/haar geheime hartseer: Tok wil graag wit vere in plaas van gespikkeldes hê; Piep wil bitt er graag leer kraai, want hy kan net “Kok” sê; Vos is te vet en moet op ’n dieet gaan. Elke keer probeer Haas help. Toe Haas self mismoedig is oor die koue winter waarvan sy nie hou nie, beraam Vos ’n slim plan sodat sy heer-like warm weer kan geniet. In Totsiens Vos en Haas vul die teks en illustrasies mekaar pragti g aan. Die teks is eenvoudig, maar humoristi es en tog ook soms deernisvol om by die verskillende karakters se gemoedstemmings te pas. Dit is ’n kostelike boek vir jong kinders (6-12 jaar) om self te lees of om vir voorlees te gebruik. Die karaktertjies sal gou diep in lesers se harte inkruip. SV

Page 22: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

22 slingervel oktober 2012

dr. nico van der merwe

145. Die saad moet geplant word Lees: 1 Korinti ërs 3:1-9 Teks: 1 Korinti ërs 3:8

Om saad in jou tuin te plant, is een van die opwindendste en mees vreugdevolle take om te verrig. Nadat die saad gesaai en geplant

is, kom die tydperk van afwagti ng dat die plantjies moet opkom. Dit is wonderlik om daagliks die saailinge water te gee en te kyk hoe dit gro-ter en groter word. Om die saad van die evangelie te saai, bring ook op-winding en vreugde. Paulus het die evangelie van verlossing aan baie mense verkondig en sodra hy kon sien dat hulle tot geloof gekom het, het hy hulle as gemeentes bymekaar gebring. So het hy meegehelp om God se kerk in baie lande en gemeenskappe te plant.

Omdat jy in Jesus Christus glo en ’n kind van God die Vader is, het jy ook die opdrag om die saad van die evangelie in die harte van mense te saai. Daar is nie ’n sekere ouderdom om dit te doen nie.

146. Die saailinge moet beskerm word Lees: Johannes 17:6-12 Teks: Johannes 17:12

Elkeen weet dat ’n saailing baie teer en gevoelig is. Die blaartjies is nog dun en die worteltjies klein en swak, daarom moet die plantjies wat

uit die saad uitkom, met groot toewyding versorg word. Die son, wind en weer kan die saailinge baie maklik beskadig en doodmaak. In Johannes 17 bid Christus dat die saailinge van die geloof in die harte van mense bewaar en versorg moet word. Mense wat nuut tot die geloof gekom het, is so weerloos teen die aanslae van Satan. Die saailinge van die geloof is in die harte van die mense nog jonk en onervare, uitgelewer aan die gevare van Satan. Net soos Christus moet jy ook tot God bid dat Hy jou sal beskerm en bewaar teen die gevare wat jou geloof kan vernieti g.

In jou eie menslike krag sal jy dit nie kan doen nie. Net God is daartoe in staat. Bid daarvoor!

147. Wag geduldig vir die groei Lees: Markus 4:26-32 Teks: Markus 4:27

Om tuin te maak, moet jy die regte plek en omgewing soek, jy moet die grond diep omspit en bemes. Jy moet sorg dat dit reg gesaai en

geplant word. Jy moet toesien dat dit goed besproei word. Daar is egter een ding wat jy in jou tuin nie kan doen nie – jy kan die plante nie maak groei nie. Dit val buite jou beheer. Christus se gelykenis in Markus 4:26-32 vesti g ons aandag op hierdie feit. Nog meer is dit waar van die geestelike saad wat gesaai word en wat in die harte van mense moet ontkiem, uit-spruit en groei. Daaraan kan die mens wat die evangeliesaad uitstrooi, niks doen nie.

Dit is God se Gees wat sorg dat die saad groei. Jy sal moet leer om God hiermee te vertrou. Kom getrou jou opdrag na om die saad van die evangelie in die harte en lewens van mense te strooi, God sorg vir die res.

148. Die onkruid van verveling Lees: Prediker 2:1-11 Teks: Prediker 2:11

Verveling is ’n simptoom van ons tyd, al is die lewe propvol dinge om te doen en aan deel te neem. Verveling is daardie leë, rustelose, onrus-

ti ge gevoel binne-in jou, dat jy vir jouself die vraag vra: Is dít waaruit die lewe bestaan? Daar is verskillende maniere om verveling teë te werk: som mige gebruik sport- of ontspanningsgeleenthede. Ander gebruik ont-vlugti ngstakti ek soos drank, TV, seks, dwelmmiddels. Nog ander gebruik mag, weelde, geweld. Al wat hierna oorbly, is ’n leegheid in jou lewe.

Jy kan die onkruid van verveling in jou lewe uitt rek as jy besluit om vir God te lewe.

As jou lewe in God gewortel is, sal jy die vrugte van bekering dra. Dan het jou lewe vir jou volle betekenis, omdat dit gevul is met jou geloof in God en die vrugte van die bekering.

149. Die onkruid van jaloesie Lees: Jakobus 3:13-18 Teks: Jakobus 3:14

As jy na julle tuin by die huis kyk en hoor wat jou mamma en pappa van die tuin sê, dan sal jy weet dat onkruid een van die gevare is wat ’n

mooi tuin bedreig. Die tuinier moet voortdurend die onkruid uitroei sodat die saad suksesvol kan opkom en groei. Vanweë Satan is daar ook onkruid tussen die saad in jou geestelike tuin. Een onkruid wat vernieti gend is, is jaloesie. Die onkruid van jaloesie kan die goeie geestelike saad in jou hart verdring en doodmaak. Jaloesie moet jy met al jou kragte in jou lewe uit-roei. Want in jaloesie is jy só gerig op jouself en wat met jou gebeur dat jy, sonder dat jy dit weet, God se liefdesgebod oortree.

Omdat God vir ons al die goeie en mooi dinge in die lewe gee, moet jy tevrede wees met wat jy het. In die gesindheid van tevredenheid kan jy God opreg en met oorgawe dien.

150. Die onkruid van spanning Lees: Matt eus 11:25-30 Teks: Matt eus 11:28

Spanning is die siekte van ons tyd. Die onkruid van spanning en stres saai verwoesti ng in die geestelike tuin van gelowiges. Kyk rondom jou

hoeveel grootmense en hoeveel kinders ly aan spanning. Spanning/stres is ’n onkruid wat jou geestelik heeltemal onvrugbaar kan maak. Waar begin die behandeling vir spanning? By rus!! ’n Oorspanne mens moet rus en ontspan. Satan gebruik die onkruid van spanning in jou geestelike lewe om jou van God te vervreem. Deur spanning wil hy die goeie saad van gehoor-saamheid aan God vernieti g. Jesus sê dat almal wat uitgeput en oorlaai is by Hom moet kom rus (vs. 28).

As jy jou daaglikse lewe lei in verhouding met God deur die gebed, dan vind jy rusti gheid en kalmte omdat jou hele lewe dan aan God toegewy is en nie gerig is op menslike vereistes nie.

151. Die onkruid van wanhoop Lees: Psalm 42:1-12 Teks: Psalm 42:12

Die skrywer van Psalm 42 het bitt ere teleurstelling in die lewe gehad. Trane van wanhoop het dag en nag oor sy wange gerol. Ongelowiges

het met hom gespot en gevra: “Waar is jou God” (vs. 11). Botsende vrae het sy gedagtes verwar en wanhoop het sy hart omklem. Die lewe het vir hom geen uitsig meer gehad nie. Alles het vir hom sti kdonker en tevergeefs gelyk.

Wanhoop is ook ’n onkruid wat verwoesti ng saai in die geestelike tuin van die gelowige. Vanweë alles wat vandag in die lewe gebeur, kan dit maklik gebeur dat jy as ti ener ook oor die toekoms wanhopig is. Onthou, die toekoms is in die hande van die Here. Dit is nie mense wat die gang van die lewe bepaal nie, dit is God. Daarom moet jy as gelowige op God ver trou (vs. 12). Só sal jy hoop en sekerheid kry dat God alles ten beste laat uitwerk vir jou.

152. Die onkruid van hoogmoed Lees: Lukas 18:9-14 Teks: Jakobus 4:6

Onkruid beteken niks, want dit kan vir niks gebruik word nie en dit dra ook nie vrugte nie. Onkruid verdring net die goeie plante. Die onkruid

van hoogmoed is net so ’n groot gevaar in die geestelike tuin van die kinders van God. Hoogmoed is die sonde waarin een mens homself bo ’n ander mens verhef en dink dat hy baie beter is, soos die Fariseër homself gestel het teenoor die tollenaar.

Hoogmoed is om ’n windmaker te wees, ’n grootbek, iemand wat hom-self beter beskou as ander mense. Hoogmoediges, windmakers, windla-waaie dink só baie van hulleself dat hulle God vergeet as dié Een wat al die goeie dinge vir die mens gee.

God verwag van jou om nederig, beskeie te wees. Jy het niks waarop jy kan roem nie, want alles wat jy het, al jou goeie gawes en eienskappe, het God vir jou gegee.

Page 23: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

slingervel oktober 2012 23

153. Die onkruid van gierigheid Lees: Lukas 12:13-21 Teks: Lukas 12:15

’n Ander onkruid wat welig groei in die geestelike tuin van die gelowige, is gierigheid. Gierigheid het te doen met jou aardse besitti ngs. Elke

mens het ’n swak plekkie vir iets. Vir party is dit motorfi etse, vir ander is dit mooi klere. Sommige maak van die gespierde liggaam alles en ander het ’n swak vir juwele en mooimaakgoed. Gierigheid is as jy van aardse dinge nie genoeg kan kry nie. Dit kan so erg word dat jy van iemand anders dinge sal wegneem omdat jy nie genoeg daarvan kan kry nie. Die ryk man in die gelykenis wat Jesus vertel het, het aan gierigheid in die oortreff ende trap gely.

Om aardse besitti ngs te hê, is nie verkeerd nie, maar dit mag nie vir jou belangriker as God wees nie en dit moet jou ook nie verhinder om aan behoeft iges en armes te gee wat hulle nodig het nie.

154. Die onkruid van twyfel Lees: Johannes 20:24-29 Teks: Johannes 20:27

’n Verwoester in die mens se geloofslewe is twyfel. Van die onkruid wat voorkom in die geestelike tuin van die gelowige, is twyfel een waarvan

die resultate baie, baie ernsti g is. Ons lewe in ’n tyd waarin die mens alles wil bewys. Julle vind die gedagte sekerlik ook op skool. Net soos feite in die wetenskaplaboratorium en die biologieklas bewys moet word, wil die mens dit ook doen met die geloof. So het Tomas ook opgetree toe hy van die opstanding van Jesus Christus gehoor het. Tomas het gesê hy sal die opstanding nooit glo voordat hy nie die bewyse daarvan gesien het nie, die spykermerke in Jesus se hande en die swaardsteek in sy sy.

Jy moet tot God bid dat Hy jou van jou twyfel sal verlos soos wat dit die geval met Tomas was. ’n Gelowige moet twyfel in die hart met mag en mening probeer uitroei.

155. Die onkruid van minagting Lees: Lukas 10:25-37 Teks: Lukas 10:36-37

Omdat die Here aan die gelowiges barmharti gheid bewys, verwag Hy dat die verloste mense ook aan hulle medemense barmharti gheid sal

be wys. Maar die onkruid van minagti ng van die naaste probeer die goeie saad van barmharti gheid uitwis. As Satan daarin slaag, bewerk hy dit dat mense in minagti ng, veragti ng, haat en nyd teenoor mekaar lewe en dat daar niks gesien kan word van die liefde van Christus in die lewe van die gelowiges nie.

As mense medemense minag en verag, speel hulle in die hand van Sa-tan. Daarom het Jesus die gelykenis van die barmharti ge Samaritaan vertel om die gelowiges te leer wat dit is om in barmharti gheid te lewe. As God se kind sal jy die negati ewe houding van minagti ng van mense met alle mag moet uitwis, omdat God dit van jou verwag.

156. Die onkruid van verslawing Lees: Johannes 8:31-35 Teks: Johannes 8:36

Rondom jou sien jy seker baie mense wat aan iets verslaaf is. Hier dink ons nie net aan die verslawing aan LSD, kokaïen en mandrax nie.

Mense raak ook verslaaf aan sigarett e, drank, sjokolade, dobbel, medisyne, pornografi e ensovoorts. Verslawing beteken dat daar iets is waarop jy steun en vertrou in plaas van God. Vanweë die sonde kan die onkruid van verslawing in die lewe van enige mens groei en wortelskiet. Net deur die geloof in Jesus Christus kan jy die verslawing oorwin. Christus sê: “Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees” (vs. 36). Die oorwinning oor enige vorm van verslawing begin by jou verhouding met die Here. Dit is ’n geloofsverhouding.

Wanneer jy jou geheel en al deur die geloof aan God oorgee, sal jy vry wees van sondige verslawing.

157. Die onkruid van droefgeestigheid Lees: Psalm 16:1-11 Teks: Psalm 16:11

Jy het seker ook al gehoor dat mense soms die standpunt inneem dat vro likheid, grappies en opgeruimdheid nie deel mag wees van jou

gods diens nie. So asof godsdiens net bestaan uit strak gesigte, somber le wenswyse en droefgeesti ge oë. Dit beteken dat Christene nie mag lag en vrolik wees nie. Dit is Satan wat hierdie onkruid van droefgeesti gheid in jou geestelike tuin saai. As jy gedurig dikmond, beswaard, nors, stuurs rondloop, dan vernieti g jy in jou tuin die blydskap, vreugde, gelukkigheid, blymoedigheid waarin ’n verloste kind van die Here moet lewe omdat Hy jou verlos het van die sonde en die sondeskuld. Dawid skryf in Psalm 16 dat die Here sy kinders leer om te lewe en dat daar by Hom oorvloedige blydskap is (vs. 16).

Hoe kan jy as verloste anders as om vrolik en opgeruimd te wees?

158. Die onkruid van kwaadwees Lees: Efesiërs 4:26-32 Teks: Efesiërs 4:26

Kwaad wees, woede is ’n baie sterk menslike emosie. Dit het al gelei tot geweld tussen mense en selfs moord. Woede was op een of ander

manier al die oorsaak van oorloë. Elke gelowige moet daarop let dat sy kwaad wees, sy woede, nie hand-uit ruk nie. As jy jou woede maar laat gaan sonder om dit in toom te hou, sal dit baie smart in jou lewe bring. God verwag van die gelowige om sy woede in toom te hou. Kwaad wees en woede is ook saad van die sonde wat gesaai is op die geestelike akker van die mens. Daardeur wil Satan God se kinders diep laat sonde doen met die verskoning dat hulle kwaad was en dit nie kon keer nie.

God vra van jou geduld en selfb eheersing as dit kom by die woede wat in jou hart opkom. In Jesus Christus kan jy oor jou woede heers en dit positi ef gelei.

159. Die onkruid van bekommernis Lees: Matt eus 6:25-34 Teks: Matt eus 6:25

Selfs jy as ti ener sal sê dat die lewe vol bekommernis en sorge is. In die lewe is baie onsekerheid, daar is baie onrus en dinge wat ’n mens

bang maak. Soms slaan die angs toe te midde van die bekommernis. As jy bekommerd is, vergeet jy van God. Hoor die volgende gedig: Said the robin to the sparrow, “I should really want to know why these anxious humans rush around and worry so.” Said the sparrow to the robin, “I think surely it must be that they have no heavenly Father, such as cares for you and me.”

Hierdie kindergediggie slaan die spyker op die kop. Daar is nooit ’n te kort aan God se versorging nie. Hy versorg ons ten volle. Daar is egter ’n te kort aan vertroue in God in die mense se harte. Dit is waar jy die onkruid van bekommernis moet doodmaak.

160. Die onkruid van kompetisie Lees: Filippense 2:1-4 Teks: Filippense 2:4

Jy sal eerlik moet wees, selfs in jou lewe as ti ener is daar omtrent nie ’n terrein van die lewe waar jy nie besig is om met ander te kompeteer nie.

Op die sportveld die kompeti sie om te wen. In die klaskamer die kompeti sie om eerste te staan. Op kunsterrein die kompeti sie om die beste te wees. En so hou dit aan, en aan, en aan ... dat jou hele lewe later net een groot kom peti sie is. Natuurlik kan jy nie oral die beste wees nie. Miskien is jy nêrens die beste nie. Dan pak die gevoel van mislukking jou en jy voel depressief, nikswerd. Kompeti sie kan die goeie in jou na vore bring, maar ook die slegte. In kompeti sie dink elkeen net aan sy eie belang.

Die Here verwag dit anders! As gelowige ti ener moet jy ook dink aan die belang van jou medemens. Die negati ewe kompeti siegees in jou sal jy moet afb reek.

Page 24: Die redakteur skryf - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingerveloktober2012.pdf · ’n inspirerende gedig geskryf wat só begin: “Dit is die

24 slingervel oktober 2012

Die vernaamste instrument waarmee die sterre in die ruimte ondersoek en bestudeer word is die teleskoop. Die heel eerste werkende

tele skoop is in 1608, 404 jaar gelede, deur Hans Lip per shey van Middelburg, Nederland, gemaak. Zacharias Janssen van Middelburg en Jacob Metius van Alkmaar, brilmakers van beroep, het ook deel gehad aan die ontwikkeling van die teleskoop. Die apparaat wat in Nederland ontstaan het, was maar eenvoudig en het net uit twee lense bestaan. Die gebruik van die nuwe apparaat (teleskoop) het soos ’n veldbrand deur Europa versprei. Aanvanklik is dit net vir militêre doeleindes gebruik.

Net agt maande ná die bekendstelling van Lip-per shey se teleskoop het ’n professor in wiskunde in Padua, Galileo Galilei (onder), sy verbeterde instru-ment op die sterre gerig. Wat hy gesien het, het die koers van die moderne wêreld verander. Galileo is die eerste mens om die werklike toestand op die maan te kon sien, terwyl die teleskoop vir hom die venster geopen het na die ontelbare sterre van

die sterrehemel. Deur die eeue wat gekom het, is die teleskoop algaande meer en meer verbeter en die hoogtepunt was die lansering van die Hubble-teleskoop wat op 24 April 1990 in ’n wentelbaan om die aarde geplaas is. Hierdie teleskoop het 11,110kg geweeg en is in ’n wentelbaan 559 km bokant die aarde geplaas.

Met die voortgaande verbetering van die teleskoop kon die sterrekundiges al verder en verder die oneindige heelal beskou sodat die mens se kennis van die God se skepping in die hemelruim al beter en beter kon waarneem. Dit is tog die doel van ’n teleskoop. Teleskoop beteken tele (ver) en skopein (om te kan sien). Teleskoop beteken “om ver te kan sien”. In die ruimte is daar duisende sterrestelsels wat bestaan uit miljoene der miljoene sterre of sonne.

Die wetenskaplikes het met inisiatief en verbeterde tegnieke al meer en meer van die planete van ons son te wete gekom. Toe is die ondersoeke gerig op die verskillende sterrestelsels en sterre wat ’n aantal ligjare van mekaar verwyder is. Met teleskope is van die aarde af tot daar in die onpeilbare ruimtes waar-geneem.

Die ganse heelal in sy onmeetbare ruimtes is God se skepping in sy oneindige omvang en dit is vir die mens gegee om te ondersoek. As ons op die aarde staan en in die aand opkyk in die lug, dan sien ons die ontelbare sterretjies teen die nagdonker van die hemelruim skitter. Vir iemand wat in God glo, is dit nie sommer maar net ligspikkeltjies wat jy sien teen die donker fi rmament nie. Die sterrehemel waarna jy kyk, is deur God geskep (Gen. 1:14-19; Jes. 66:2; Kol. 1:16; Spr. 8:22-31; Gen. 14:19; Jes. 40:28; Ps. 8). Christene twyfel nie daaraan dat God die ganse heelal geskep het nie. Van die grootste son tot die kleinste atoompie is deur God gemaak. SV

Tellie Skoop(B

ron:

Wik

iped

ia