elmarie cronjeelmariecronje landbou-reus · interafhanklikheid tussen produsent, middelman en...

14
Senwester, Junie 2009 14 internet www.senwes.co.za Elmarie Cronje ElmarieCronje U it hierdie perspektief gesien, is ’n maatskappy se 100ste bestaansjaar voorwaar iets om te vier. Hoeveel dinge het nie oor só ’n lang tydperk verander nie? Die wêreld het ’n paar resessies beleef en deur twee wêreldoorloë voortgestu. Deur dit alles was Senwes teenwoordig, weliswaar onder ’n an- der naam, maar in wese steeds dieselfde landboubesigheid wat ons vandag ken – met Senwes Grainlink en Senwes Village as die hoofsteunpilare van die besigheid. Om hierdie belangrike mylpaal te vier, het Senwes verskeie projekte aangebied en memorabilia laat maak om dit in die geskiedenis vas te vang. Die interessantste projek is die boek Tyd kweek wenners – ’n Eeu van landbou, wat die maatskappy Senwes, soos dit vandag bekend staan, deur 100 jaar volg en kyk na hoe die maatskappy daarin geslaag het om oor 100 jaar die pas vol te hou. Daar is ook verskeie mense wat ’n groot rol in die stigting gespeel het, wie se stories vertel word. Boodskap van ’n Senwes-leier In die voorwoord van die boek slaan Johan Dique (Besturende Direkteur) die spyker op die kop wanneer hy skryf: “Die geskie- denis van Senwes oor die afgelope 100 jaar is ’n voorbeeld van die mens se vermoë om die gewone te oortref en teenspoed in geleentheid te omskep,” en “(die boek)...bring hulde aan die pionierstemme van ons voorgangers die afgelope 100 jaar. Die boek bevat baie interessante verhale en sketse van mense, wat Die ontstaan van ’n landbou-reus In die onstabiele ekonomiese tye waarin die wêreld homself vandag bevind, word maatskappye met groot verwagting gestig, maar speel dan binne ’n paar jaar – of ’n paar maande – weer bankrot. Dit is slegs dié maatskappye wat goed bestuur word, wat oorleef. - ’n terugblik op Senwes se 100-jarige bestaan besonderhede verskaf oor die organisasie se verbintenis tot sy immergroeiende gemeenskap en kliëntebasis.” Die boek beslaan ’n lywige vyf hoofstukke, met vier aanhang- sels wat spesiek kyk na onderskeidelik die leiers, die statistieke, die eeufeesvieringe en Senwes in ’n ontspanne luim. Die storie begin... In hoofstuk een van die boek word daar veral gefokus op die maatskappy se stigting en die eerste paar jaar tot in 1935. Dit handel grotendeels oor die stigterslede en ook hoe die koöpe- ratiewe wetgewing van daardie tyd ’n noemenswaardige invloed gehad het op die reëls en regulasies van die koöperasie. Soos wat maar dikwels met oorlewering die geval is, is daar verskillende stories rondom die ontstaan van “De Centraal Wes- telijke Co-operatieve Landbouw Vereniging” en daar word in die boek na die verskillende weergawes gekyk. In die Senwester van Junie 1956 is dit soos volg vertel: “Die Centraal Westelijke Co- operatieve Landbouw Vereniging was gestig hoofsaaklik met die oog op die ontvangs en behandeling van graan en het vanaf 1 Julie 1909 graan ontvang op persele van die spoorwegadministrasie op stasiegrond. ’n Tent was opgerig waarin mnr Jacob Teengs... van sesuur soggens tot sesuur saans graan ontvang het, en waarna hy in ’n tydelike kantoortjie in die kantore van mnr Neser, die Volksraadlid, sy boekwerk moes doen tot laat in die nag...Dit was ’n tyd waarin mense nog nie koöperatief bewus was nie...en die toekoms van koöperasies duister laat voorkom het...” Deur die loop van die hoofstukke is daar ook interessante “Het jy geweet”-feite gesprinkel, soos dat die eerste mielie-afmaak - masjien op 11 April 1910 aangeskaf is en dat lede op 9 Augustus 1911 die bestelling van ploeë vir die eerste keer versoek het. Daar word ook gekyk na die depressiejare van 1929 en hoe die koöperasie toe maatreëls moes instel om “te keer dat die algehele swak nansiële posisie nie wel tot ’n soortgelyke likwidasiesituasie as waarvoor in 1914 gestem moes word, aan- Die takwinkel op Lindley. Senwester van 1957. ’n Bedrywige dag by die goedereloods.

Upload: others

Post on 10-Sep-2019

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Elmarie CronjeElmarieCronje landbou-reus · interafhanklikheid tussen produsent, middelman en verbruiker word ook nou erken. Bemarking is ’n produktiewe proses, wat impliseer dat

Senwester, Junie 200914

internetwww.senwes.co.za

Elmarie CronjeElmarie Cronje

Uit hierdie perspektief gesien, is ’n maatskappy se 100ste bestaansjaar voorwaar iets om te vier. Hoeveel dinge het nie oor só ’n lang tydperk verander nie? Die wêreld het

’n paar resessies beleef en deur twee wêreldoorloë voortgestu. Deur dit alles was Senwes teenwoordig, weliswaar onder ’n an-der naam, maar in wese steeds dieselfde landboubesigheid wat ons vandag ken – met Senwes Grainlink en Senwes Village as die hoofsteunpilare van die besigheid.

Om hierdie belangrike mylpaal te vier, het Senwes verskeie projekte aangebied en memorabilia laat maak om dit in die geskiedenis vas te vang. Die interessantste projek is die boek Tyd kweek wenners – ’n Eeu van landbou, wat die maat skappy Senwes, soos dit vandag bekend staan, deur 100 jaar volg en kyk na hoe die maatskappy daarin geslaag het om oor 100 jaar die pas vol te hou. Daar is ook verskeie mense wat ’n groot rol in die stigting gespeel het, wie se stories vertel word.

Boodskap van ’n Senwes-leierIn die voorwoord van die boek slaan Johan Dique (Besturende Direkteur) die spyker op die kop wanneer hy skryf: “Die geskie-denis van Senwes oor die afgelope 100 jaar is ’n voorbeeld van die mens se vermoë om die gewone te oortref en teenspoed in geleentheid te omskep,” en “(die boek)...bring hulde aan die pionierstemme van ons voorgangers die afgelope 100 jaar. Die boek bevat baie interessante verhale en sketse van mense, wat

Die ontstaan van ’n landbou-reus

In die onstabiele ekonomiese tye waarin die wêreld homself vandag bevind, word

maatskappye met groot verwagting gestig, maar speel dan binne ’n paar jaar – of ’n paar maande – weer bankrot. Dit is slegs dié maatskappye wat goed bestuur word,

wat oorleef.

- ’n terugblik op Senwes se 100-jarige bestaanbesonderhede verskaf oor die organisasie se verbintenis tot sy immergroeiende gemeenskap en kliëntebasis.”

Die boek beslaan ’n lywige vyf hoofstukke, met vier aanhang-sels wat spesifi ek kyk na onderskeidelik die leiers, die statistieke, die eeufeesvieringe en Senwes in ’n ontspanne luim.

Die storie begin...In hoofstuk een van die boek word daar veral gefokus op die maatskappy se stigting en die eerste paar jaar tot in 1935. Dit handel grotendeels oor die stigterslede en ook hoe die koö pe-ra tiewe wetgewing van daardie tyd ’n noemenswaardige invloed gehad het op die reëls en regulasies van die koöperasie.

Soos wat maar dikwels met oorlewering die geval is, is daar ver skillende stories rondom die ontstaan van “De Centraal Wes -telijke Co-operatieve Landbouw Vereniging” en daar word in die boek na die verskillende weergawes gekyk. In die Senwester van Junie 1956 is dit soos volg vertel: “Die Centraal Weste lijke Co-operatieve Landbouw Vereniging was gestig hoofsaaklik met die oog op die ontvangs en behandeling van graan en het vanaf 1 Julie 1909 graan ontvang op persele van die spoorwegadministrasie op stasiegrond. ’n Tent was opgerig waarin mnr Jacob Teengs...van sesuur soggens tot sesuur saans graan ontvang het, en waarna hy in ’n tydelike kantoortjie in die kantore van mnr Neser, die Volks raadlid, sy boekwerk moes doen tot laat in die nag...Dit was ’n tyd waarin mense nog nie koöpe ratief bewus was nie...en die toekoms van koöperasies duister laat voorkom het...”

Deur die loop van die hoofstukke is daar ook interessante “Het jy geweet”-feite gesprinkel, soos dat die eerste mielie-afmaak -masjien op 11 April 1910 aangeskaf is en dat lede op 9 Augustus 1911 die bestelling van ploeë vir die eerste keer versoek het.

Daar word ook gekyk na die depressiejare van 1929 en hoe die koöperasie toe maatreëls moes instel om “te keer dat die algehele swak fi nansiële posisie nie wel tot ’n soortgelyke likwidasiesituasie as waarvoor in 1914 gestem moes word, aan-

Die takwinkel op Lindley. Senwester van 1957. ’n Bedrywige dag by die goedereloods.

Page 2: Elmarie CronjeElmarieCronje landbou-reus · interafhanklikheid tussen produsent, middelman en verbruiker word ook nou erken. Bemarking is ’n produktiewe proses, wat impliseer dat

Senwester, Junie 2009 15

hoofstorie

leiding gee nie”. Daar word ook vertel van die bedanking van meer as 250 lede in 1933 en die maatreëls wat gevolglik ingestel is om die oorlewing van die landboukoöperasie te verseker.

Soos die geskiedenis verloopIn hoofstuk twee, getiteld “Landbou gedy in koöperatiewe maat-skap py-verband” word die omskakeling na ’n beperkte koöpe-ratiewe maatskappy en die redes wat daartoe aanleiding gegee het, bespreek. Dié hoofstuk bespreek die tydperk gedurende en na die Tweede Wêreldoorlog, vanaf 1936 tot 1959. Dit bespreek ook die uitbreiding van die koöperasie ná hierdie oorlog.

“Landboutegnologie en -spesialisasie in versnelling” strek van 1960 - 1982, terwyl die vierde hoofstuk “Maer jare maak leiers: Sentraalwes” die tydperk 1983 tot 1997 bespreek. Die laas te hoofstuk fokus op die laaste twaalf jaar, vanaf 1998 tot 2009 – die jaar van die eeufeesvieringe.

Om te verstaan wat dit is wat ’n maatskappy soos Senwes gedra het – deur die vet en die maer jare – is ’n boek soos hier-die onmisbaar.

Soos Johan Dique onomwonde in die voorwoord van die 100-jaar boek sê: “Terwyl ons erken dat produsente vandag uitdagings van ’n ander aard in die gesig staar, moet gesê word dat hulle ons voorsate se beslistheid en vasberadenheid om te slaag, deel. Senwes is diep bewus van die uitdagings wat ons land in die gesig staar ten opsigte van voedselsekerheid, maar dan is dit veilig om te sê dat ons ewe bewus is van die snelle vooruitgang wat ons ten opsigte hiervan maak...Tyd kweek wenners – ’n Eeu van landbou bring hulde aan elkeen wat oor die afgelope 100 jaar ’n rol gespeel het in die vorming van ons kernwaardes en oortuigings.” S

* Met erkenning en dank aan die skrywer en samesteller van die boek, prof Elize van Eeden, vir die dele wat uit die boek aangehaal is.

Bestel só jou eksemplaar van Tyd kweek wenners – ’n Eeu van landbou

Bestellings vir die boek kan geplaas word by www.senwes.co.za, deur op die blokkie te kliek wat lees: Besit jou eie stukkie geskiedenis. Die boek is in beide Afrikaans en Engels beskikbaar en kos R260. Tydens ’n spesiale geleentheid in Augustus 2009 sal die boek bekend gestel word en daarna sal eksemplare by alle Senwes Villages te koop aangebied word.

Vir meer inligting, skakel Johan Grobler (Assistent Hoof-be stuurder: Senwes Korporatiewe Bemarking) by (018) 464-7199.

van stel

Oor die skrywer

Die 100-jaar terugblik op Senwes se besonderse geskie-denis is deur Professor Elize van Eeden geskryf. Sy is ’n historikus wat verbonde is aan die Noordwes-Universiteit en haar skryfwerk getuig van ’n deeglike navorsingstegniek. Self skryf sy die volgende: “In die samestelling van die inhoud van die Senwes-gedenkboek is probeer om bin-ne ’n bestek van vyf hoofstukke die geskiedenis van die maatskappy te vertel en te beoordeel. Hierdie vyf hoofstukke verteenwoordig ook die hoofmomente van die historiese ontwikkeling van Senwes.”

“Die geskiedenis van Senwes oor die afgelope honderd jaar

is ’n voorbeeld van die mens se vermoë om die gewone te oortref en teenspoed in geleentheid te

omskep...”

’n Ou dorsmasjien.

Jacob Teengs is as eerste Se kre taris benoem.

Die ou hoofkantoorgebou in 1964.

Page 3: Elmarie CronjeElmarieCronje landbou-reus · interafhanklikheid tussen produsent, middelman en verbruiker word ook nou erken. Bemarking is ’n produktiewe proses, wat impliseer dat

Senwester, Junie 200918

internetwww.senwes.co.za

Johan du Toit

’N Produk hoef eerstens net geproduseer te word indien daar ’n mark vir dit bestaan en daarom begin bemarking reeds met produksie op die plaas.

Daarenteen begin produksie weer by die verbruiker, omdat die produsent eers die produkvereistes, behoeftes en voorkeure van die verbruiker moet ken voordat hy tot produksie kan oorgaan.

In die verlede was die meerderheid landbouprodusente van mening dat hulle enigiets kon produseer en die betrokke bemarkingsraad sou toesien dat die produk bemark, of verkoop, word. Dié siening strook met die tradisionele ekonomiese siening dat geen oorskotproduksie noodwendig lei tot geen behoefte aan afset. Hierdie siening het egter, sedert die afskaffi ng van die onderskeie bemarkingsrade, dramaties verander. Die interafhanklikheid tussen produsent, middelman en verbruiker word ook nou erken.

Bemarking is ’n produktiewe proses, wat impliseer dat tydnut (vrystelling van die produk wanneer die verbruiker dit benodig), pleknut (betyds op die regte plek) en vormnut (in die gewende vorm) tot die produk gevoeg word.

Vanuit ’n produsent se oogpunt, is die oorhoofse doel van produksie die maksimalisering van wins. Die netto boerdery-inkomste word dan ook deur die volgende drie interafhanklike faktore beïnvloed:• Die hoeveelheid van die produk wat verkoop word;

Maak bemarking

só deel van jou

boerdery

Bemarking, vanuit ’n landbou-perspektief, word beskryf as dié aktiwiteite wat ’n invloed het op die beweging van goedere en dienste

vanaf die oorspronklike produsent na die finale verbruiker. Dit is dus duidelik dat die produksie van ’n produk en die bemarking daarvan nie afsonderlik benader kan word

nie – veral nie deur produsente nie. Produksie hoef nie by die plaashek te eindig sodat

bemarking kan begin nie.

• Die produksie- en bemarkingskoste van die produk; en• Die produkprys wat die produsent ontvang. UitdagingsDie produsent se strewe om markgeoriënteerd te produseer, word deur die volgende uitdagings gekonfronteer:• Produsente vind dit oor die algemeen moeilik om hul pro-

duk siestelsels tydig by die voortdurend veranderde mark-omstandighede en -vereistes aan te pas. Hier word veral verwys na die veranderde vraag van die verbruiker. Die eerste werklik landbougerigte bemarkingstaak is dan om akkuraat in kwalitatiewe en kwantitatiewe terme te bepaal wat die verbruiker (mark) se vereistes is. Die onvermoë van die produksieproses om vinnig by veranderde omstandighede aan te pas, het gelei tot die ontstaan van ’n hoërisiko element in die landbou, naamlik; dat ’n mark waarvoor ’n bepaalde produksieplan ontwikkel is, moontlik nie meer mag bestaan wanneer die produk markgereed is nie.

Die veiligste en eenvoudigste metode om bogenoemde probleem te oorkom, is om genoegsame tyd en aandag aan markontleding te bestee. Sodoende pas die aanbod by die heersende vraag en waar daar ’n ooraanbod is, kan produksie afgeskaal word (soos wat die staat se grondomskakelingskema ten opsigte van die mielieproduksie destyds ten doel gehad het).

• ’n Tweede kwessie is die betroubaarheid of akkuraatheid waarmee die markprys van die produk die verbruikersvraag na die produsent refl ekteer. Hierdie is ’n groot probleem, omdat die produsent die verbruikersvraag as basis vir produksie- en bemarkingsbeplanning moet neem. Hierdie probleem word deur veral twee faktore veroorsaak:

– Die geografi ese verspreiding van die verbruikers lei tot ’n

kommunikasieprobleem met die produsent; en – Die bemarkingsektor (middelman) wat tussen die produsent

Page 4: Elmarie CronjeElmarieCronje landbou-reus · interafhanklikheid tussen produsent, middelman en verbruiker word ook nou erken. Bemarking is ’n produktiewe proses, wat impliseer dat

Senwester, Junie 2009 19

S

landbou in praktyk

en verbruiker staan. Gevolglik is die produsent hoofsaaklik ’n “prysnemer”, omdat produsente as individue geen in - vloed op die produkprys kan uitoefen nie.

Die produsent kan egter self, deur middel van die instellings wat die bemarking van sy produk behartig, die vraag beïnvloed deur die prys daarvan te verlaag. Dit sal beteken dat die produsent sy produksiekoste by die laer produkprys moet aanpas, wat ook gedoen kan word deur doeltreffende bemarking en markbevordering. Die prys moet egter markverwant wees, wat beteken dat die seine wat die mark deurstuur, korrek weerspieël moet word en nie deur kunsmatige bybetalings of subsidies vertroebel word nie.

Om die produsent se geldelike posisie te beskerm, moet ondersteuning om die natuurlike prysvormingsproses ge-skied, sodat die prys wat deur die wisselwerking van vraag-en-aanbod tot stand kom, nie versteur word nie. ’n Prys wat op só ’n wyse tot stand kom, sal dan aan die produsent ’n korrekte aanduiding gee van die aanwending en kombinering van produksiefaktore.

• ’n Verdere aspek wat hiermee verband hou, is om die gepro-duseerde produk teen die laagste moontlike koste aan die verbruiker te besorg. Hierdie probleem veroorsaak geweldige konfl ik tussen die produsent, bemarkingsagent en verbruiker.

Omdat bemarkingskoste hoofsaaklik gegenereer word deur ’n produk se toegevoegde waarde, kan dié probleem oorkom word as die produsent self die waardetoevoeging behartig.

• ’n Laaste aspek wat aandag verdien, is die veranderings in die kostestruktuur van die boerdery-onderneming. Hier word veral verwys na versnelde meganisasie, wat vaste koste verhoog en sodoende die produsent dwing om ’n hoë produksiekapasiteit te handhaaf om sy eenheidskoste so laag as moontlik te hou. Dit verminder die onderneming se vermoë om by die verandering in verbruikersvraag aan te pas.

Vanuit die produsent se perspektief is ’n doeltreffende bemar-kingsisteem een wat hom daartoe in staat stel om die regte hoeveelheid hoëkwaliteit produk te produseer. Dit sal dan die maksimum netto wins realiseer sodra die produk van die hand gesit is.

VerwysingsLucas.C.H.G. Die Taak van Bemarkingsbestuur, Van Schaik, Pretoria.Eie notas, Damelin, Professionele Bemarkingsbestuurkursus, Bloem-fontein, 1989.

Johan du Toit is die Bestuurder van Senwes se Landboudienste-afeling. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na [email protected] of skakel hom by (018) 464-7543 of 084 586 8780.

Page 5: Elmarie CronjeElmarieCronje landbou-reus · interafhanklikheid tussen produsent, middelman en verbruiker word ook nou erken. Bemarking is ’n produktiewe proses, wat impliseer dat

Senwester, Junie 200920

internetwww.senwes.co.za

800

850

900

950

1 000

1 050

JAN FEB MAR APR MEI JUN JUL AUG SEP OKT NOV DES

Speenkalfprys

1 400

1 450

1 500

1 550

1 600

1 650

Karkasprys

SpeenkalfprysKarkasprys

R0

R100

R200

R300

R400

R500

R600

R700

R23,0 R23,5 R24,0 R24,5 R25,0

Karkasprys

Inkomste Inkomste per dier @ R13,5 Hoefprys, R1609/tonVoerprys en 1,583 kg groei/dag

Johan Mouton Speenkalwers – verkoop of hou?

Tradisioneel word die verskillende opsies beskikbaar weer bespreek ten einde Senwes se produsente te ondersteun in hul besluitnemingsproses. Speenkalfpryse was redelik

gunstig teen einde Maart, met gunstige karkaspryse en ’n mielieprys wat nie werklik wou kop optel nie. Najaarsreën was baie gunstig, met hoër as normale veldproduksie vir die grootste gedeelte van die somersaaigebied. Die opsies beskikbaar vir produsente is legio, afhangend van die unieke situasie van die produsent. Die waarskynlikste moontlikhede, of kombinasies daarvan, sou wees: • Voeg waarde toe;• Hou vas tot pryse verhoog; of• Verkoop teen huidige pryse.

Dit is weer speenkalftyd en die besluit rondom die bemarking van die kalwer-oes

moet geneem word.

Figuur 1: Gemiddelde prysbeweging sedert 2000.

Historiese data toon dat daar bepaalde tendense voorkom. Figuur 1 toon die gemiddelde beweging van speenkalf- en kar-kas pryse sedert 2000. Soms word die fout gemaak om hierdie bekende grafi ek as ’n gegewe te aanvaar. Indien die onderskeie jare afsonderlik ontleed en korrelasies bereken word, is die betroubaarheid daarvan nie baie goed nie. Wees dus versigtig om korttermyn besluite met jou onderneming se spesifi eke stel van omstandighede te neem, bloot op grond van die grafi ek. Die enigste betroubare afl eiding uit Figuur 1 is dat daar ’n tendens is dat pryse hoër neig gedurende die tweede helfte van die jaar.

Opsie 1: Voeg waarde toeFiguur 2 toon die berekende inkomste teen ’n mielieprys van R1 500/ton vir ’n voerkraalsituasie. Teen ’n voerprys van R1 609/ton, ’n aankoop-hoefprys van R13,50/kg en A2-karkaspryse van R24,00/kg, met geen waarde bereken vir inkomste aan die vyfde kwart nie, is die marge rondom R400+ per kalf in ’n kon vensionele voerkraalsituasie. Prysmarges was positief in middel Maart. Met huidige mielie/vleisprys-verhoudings sou ’n voerkraalsituasie vir waardetoevoeging tot speenkalfpryse of mielies ’n gunstige oorweging wees, mits die onderneming se totale bestuurstyl dit toelaat.

Figuur 2 toon verder dat daar selfs teen ’n karkasprys van R23/kg steeds ’n wins gegenereer kan word, met goeie opwaartse potensiaal sou vleispryse skuif (Figuur 1 toon daar is ’n moontlikheid). Teen die huidige mieliesituasie is ’n verhoging in voerkoste onwaarskynlik, wat die risiko verlaag.

Opsie 2: Hou vas tot pryse verhoogAs besluit word om die speenkalf-oes vas te hou totdat pryse verhoog, is die bepalende faktor of daar genoeg kos beskikbaar is om beide die kalwers en die koeie te akkommodeer, sonder om die koeie se reproduksie in die komende seisoen te benadeel. Ten einde ’n realisties berekende besluit uit historiese data te neem, word ’n opwaartse prysskuif van R1/kg vanaf Mei tot Novem ber bereken. Dit sal om en by R220 tot R230 bykomend per kalf realiseer as slegs massa gehandhaaf word, met koste en vrektes uitgesluit.

Produsente wat surplus oesreste tot hul beskikking het, kan oorweeg om kalwers terug te hou. Kalwers van 230 kg behoort ongeveer 270 kg te weeg aan die einde van die oesresperiode. Weens die prysdiskriminasie wat teen swaarder kalwers geld, is daar ongeveer R240 tot R250 per kop bykomend te maak.

Hierdie bly egter ’n aanloklike opsie, aangesien die koste van massatoename goedkoop is en die diere altyd in die mark is as ’n prysskuif sou voorkom. Met die gunstige marge en gunstige voerpryse kan ’n kombinasie van uitgroei op die oesreste met ’n verkorte voerperiode as oesreste klaar is, ’n gunstige marge met min risiko realiseer.

Die uitgroei van kalwers gedurende die winter word slegs op oesreste aanbeveel en nie op spaarveld nie. Indien surplus Figuur 2: Berekende inkomste uit ’n voerkraal-situasie vir 2009.

Page 6: Elmarie CronjeElmarieCronje landbou-reus · interafhanklikheid tussen produsent, middelman en verbruiker word ook nou erken. Bemarking is ’n produktiewe proses, wat impliseer dat

Senwester, Junie 2009 21

landbou in praktyk

S

winterveld beskikbaar is, kan daar oorweeg word om kalwers slegs te oorwinter op die veld teen massahandhawing en te laat uitgroei op somerveld of aangeplante weiding, met ’n moontlike kort voerperiode aan die einde. Negatiewe prysmarges word ook goed hanteer met hierdie benadering weens die lae koste van massatoename. As daar egter onsekerheid is oor die hoeveelheid beskikbare kos, verkoop eerder die kalwers of rond af. Moenie die koeikudde se voerbank op die spel plaas nie.

Indien droë materiaal beskikbaar is en die boerdery-onderneming kan die verlengde kontantvloei hanteer, is daar dus opwaartse potensiaal as die kalwers teruggehou word. Vergewis jou ook dat die praktyke sal inpas by jou onderneming se beskikbare bestuurstyd. Vir graanprodusente met geen vee nie kan hierdie stelsel bykomende waarde toevoeg tot die graanvertakking, indien fondse beskikbaar is vir die aankoop van jong, groeiende diere.

Om te besluit of ’n spesifi eke prys reg is vir jou omstandighede, moet jy weet wat die kalf jou tot op daardie punt gekos het. Dit sou onverantwoordelik wees om ’n prys te maak wat goed klink sonder om werklik te weet of jy daardeur ’n wins genereer.

Tabel 1 toon die inkomste per koei na direkte koste, soos uiteengesit in die Senwes Landboudienste bedryfstakbegroting vir 2009/2010. ’n Sprong van R12,50 na R13,50 (amper 10%) in hoefpryse, realiseer ’n verhoging van inkomste van R122 per koei teen 70%-speenkalfpersentasie. Die effek van R1/kg hoefprys het dus ’n invloed van ongeveer R12 000 op ’n koeikudde van 100 teen 70%-speenkalfpersentasie.

Hier kan die effek van reproduksie weer gesien word. Teen dieselfde hoefprys, maar met ’n speenkalfpersentasie van 90%, genereer dieselfde koei R588 meer (R60 000 vir 100 koeikudde). Die effek van dieselfde R1-prysskuif teen 90%-speenkalfpersentasie is nou bykans R17 000 vir die koeikudde van 100. By veeproduksie klop opbrengs dus steeds prys.

Voor jy enige somme begin maak oor moontlike prysskuiwe, bepaal eers wat jou kossituasie vir die komende winter is. Moontlik sal dit jou besluitnemingsproses vergemaklik. Die kud-de se voerbehoefte besluit vir jou dat jy jou huidige speenkalwers

moet verkoop, andersins kan jou koeie se reproduksie vir die komende seisoen benadeel word.

Moenie nou die risiko van ’n moontlike verhoogde inkomste van R120 per koei loop teen moontlik geen inkomste volgende seisoen nie. ’n Goeie inkomste kan met ’n speenkalfprys van rondom R13,50/kg gegenereer word, mits die reproduksie op aanvaarbare vlakke is.

Die afronding van kalwers teen die huidige mielie- of vleisprysverhoudings blyk ’n oorweging te wees wat sinvolle marges genereer. Indien genoeg kos beskikbaar is en ’n bemarkingsplan vir verdere waardetoevoeging bestaan, kan kalwers teruggehou word. Met die potensiële goeie mielie-oes en die vooruitsigte van genoegsame oesreste, kan dit dalk ’n goeie opsie wees.

Die direkte verkoop van kalwers teen die huidige pryse realiseer steeds ’n aanvaarbare wins en moet afgespeel word teen die kudde se reproduksie-potensiaal vir die komende seisoen. Kyk verby die presiese syfers wat in die berekeninge gebruik is weens die vloeibare aard daarvan en gebruik die beginsels van die onderskeie opsies in jou besluitneming.

Johan Mouton is ’n Senior Veekundige by Senwes Landboudienste. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan [email protected] of skakel hom by (056) 212-4241 of 083 278 7746.

Tabel 1: Inkomste in vergelyking met hoefpryse.

*Inkomste na direk toedeelbare koste, byvoorbeeld lek, dip en doseer, arbeid en voertuig.

HoefprysRand/kg

Speenkalfpersentasie

70% 90%

R12,50 R1,080 R1,622

R13,00 R1,141 R1,706

R13,50 R1,202 R1,790

R14,00 R1,263 R1,874

R14,50 R1,324 R1,958

*Inkomste / Koei

Voor jy somme maak oor moontlike prysskuiwe, bepaal eers wat jou kossituasie vir die komende seisoen is.

Page 7: Elmarie CronjeElmarieCronje landbou-reus · interafhanklikheid tussen produsent, middelman en verbruiker word ook nou erken. Bemarking is ’n produktiewe proses, wat impliseer dat

Senwester, Junie 200928

internetwww.senwes.co.za100 jaar

Klante het nog tyd tot Vrydag, 31 Julie 2009 om 12:00 om seker te maak dat hulle ook vir dié een-keer-in-’n-leeftyd gebeurtenis kwalifi seer. Senwes word nie net ’n eeu oud

nie, maar Huisgenoot Skouspel vier ook hul tiende verjaarsdag. Besoek dus die webwerf by www.senwes.co.za/skouspel, vul die besprekingsversoek in en boek jou kaartjie vir die Skouspel van die eeu.

Die vertoning, wat in samewerking met Senwes aangebied word, sal dieselfde formaat en inhoud as die ses ander Skouspel-vertonings volg – met een groot verskil: ’n musikale verrassing vir die gaste!

Elke goedgekeurde klantepakket van twee of meer Skouspel-kaartjies kry ook ’n Eeufees-pakket, wat uit die volgende Sen-wes 100 jaar-gedenkitems bestaan: ’n Senwes Eeufees-gedenk-DVD, ’n bottel Eeufees-gedenkwyn en ’n Senwes Eeu -fees-koffi etafelboek, waarvan die eerste 100 besprekings se

eksemplare ondertekende en genommerde ver-samel stukke sal wees.

Diegene wat nie die Huisgenoot Skouspel, aan-gebied deur Senwes, gaan bywoon nie, kan steeds ’n Eeufees-koffi etafelboek, -gedenkwyn, -gedenk-DVD of -muntstuk koop. Besoek die Senwes web-werf vir meer inligting. Die memorabilia sal ook by

Senwes se Village-winkels te koop aangebied word, sowel as die onderskeie kongresse. Die Senwes gedenkwyn kan by die Villages bestel word.

Die wins wat deur die verkope van Senwes se kompilasie-DVD gegenereer word, sal aan Agri Securitas geskenk word. Agri Securitas is ’n fonds wat gestig is om slagoffers van plaasaanvalle en hul gesinne en plaaswerkers by te staan. Vir meer inligting oor die fonds, besoek die webwerf www.agriinfo.co.za.

As landboumaatskappy en ook ’n leier in die landbou ge-meen skap, glo Senwes daarin om aan die gemeenskap terug te gee. Daarom is daar ook verskeie kompetisies gehou wat draai rondom Senwes se eeufeesvieringe.

Op OFM is ’n Skouspel(agtige) prys ter waarde van R10 000 aan een gelukkige wenner, Marlize Nienaber van Bethlehem, gegee. Hierdie prys sluit twee kaartjies vir die Huisgenoot Skouspel, geborg deur Senwes, verblyf vir twee persone by Sun City vir twee nagte, petrolgeld, ’n gedenk-DVD, ’n gedenkboek, ’n gedenkwyn, ’n gedenkmunt en ’n Village-koopbewys ter waarde van R4 000, in.

Op RSG is die “My Land” gedenk-DVD’s as pryse uit-ge gee. Dean Knobel (Oranjezicht), Miemie Baumgarten (Wesselsbron) en Christine Coetzer (Dalview) het elkeen ’n eksemplaar van die DVD losgeslaan.

Baie geluk aan die wenners, wat ook nou deel in die geskiedenis van ’n landbou-reus.

Vier 100 jaar saam met Senwes en Skouspel!

Senwes vier vanjaar 100 jaar se landbouvreugde saam met klante en

personeel. Die spoggeleentheid waarna almal natuurlik uitsien, is die Huisgenoot

Skouspel, aangebied deur Senwes. Klante sal egter vinnig moet spring om seker te

maak dat hulle nie die geleentheid van die jaar misloop nie!

Baie geluk aan dié wenners

fees koffi etafelboek, weksemplasamel stu

Diegegebied d’n EeufeeDVD of -mwerf vir m

SenwesworDiebe

Swwisgmw

S

S

Die Eeufees-gedenkwyn kan by die Senwes Villages bestel word.

Bestel jou memorabilia op Senwes se webblad.

Page 8: Elmarie CronjeElmarieCronje landbou-reus · interafhanklikheid tussen produsent, middelman en verbruiker word ook nou erken. Bemarking is ’n produktiewe proses, wat impliseer dat

Senwester, Junie 200930

internetwww.senwes.co.za

Gerrit Oosthuizen Koos van Rensburg

Grondkartering, gebruiksaanwending en

produksiepotensiaal

Karteringsdata moet doeltreffend aangewend word, sodat akkerbougewasse op die regte tipe grond verbou en mar ginale grond na geskikte weidingsgewasse omge-

skakel kan word. Sodoende word die produksiepotensiaal van verskillende grondsoorte optimaal benut.

GrondpotensiaalGrondpotensiaal word deur verskeie faktore beïnvloed, waar-onder klimaat, tekstuur, diepte, onderliggende materiaal, kleur en die ligging van grond. ’n Spesifi eke grondsoort kan in een

Grondkartering is baie belangrik in die bepaling van grondpotensiaal en

grondgebruik.

distrik marginaal wees vir ’n spesifi eke gewas, terwyl dit in ’n ander streek as goeie grond beskou kan word. Dit is gevolg-lik belangrik om die aanwending van grond en die produksie-potensiaal binne hierdie konteks te beskou. Hier word meer gefokus op die grondvorms wat oor die algemeen in die Senwes-gebied voorkom.

Die hoeveelheid, verspreiding en intensiteit van die reënval is belangrik in die bepaling van grond se gebruiksaanwending en produksiepotensiaal.

Grondeienskappe

TekstuurHoe hoër die klei-inhoud, hoë meer vog kan deur die grond gestoor word. Aan die ander kant is minder vog op die hoë

Koos van Rensburg

Die hoeveelheid, verspreiding en intensiteit van die reënval is belangrik in die bepaling van grond se gebruiksaanwending en produksiepotensiaal.

Page 9: Elmarie CronjeElmarieCronje landbou-reus · interafhanklikheid tussen produsent, middelman en verbruiker word ook nou erken. Bemarking is ’n produktiewe proses, wat impliseer dat

Senwester, Junie 2009 31

landbou in praktyk

32

klei-inhoud grond uiteindelik beskikbaar vir plante as op byvoorbeeld leemgrond. Die reënval in die sentrale produksiegebiede is gewoonlik laag, daarom doen sanderige grond normaalweg beter as kleigrond in dié gebiede.

Gronddiepte en onderliggende laeGronddiepte en klei-inhoud bepaal die waterstoorvermoë van grond. Dieper grond het gewoonlik ’n groter waterstoorvermoë as vlak grond. Keerlae (wat die dreinering van grondwater keer) is voordelig indien dit diep genoeg voorkom en nie versuiptoestande bevorder nie. Wanneer die klei-inhoud in die ondergrond laag is en daar geen voghoudende keerlae binne 200 cm tot 250 cm voorkom nie, kan die potensiaal ook nadelig beïnvloed word. Onderliggende materiaal, soos gruis en klipperige lae wat nie grondwater kan vashou nie, is weer nadelig.

Kleur’n Rooi grondkleur is ’n beter aanduiding van ’n droër grond-klimaat as byvoorbeeld ’n geel of swart kleur.

LiggingLigging is belangrik, omdat die grond op ’n plek waar water weg loop óf op ’n plek waarheen water loop, kan voorkom.

Verskillende bekende grondvorms en hul aanwending

HuttonDie grond is rooi van kleur, dreineer baie goed en is geskik vir alle somergewasse indien dit genoegsame grondwater

Figuur 1: Voorbeelde van grond wat nie vir graangewasverbouing aanbeveel word nie.

kan stoor. Huttongrond wat diep genoeg is, is uitstekende besproeiingsgrond.

BainsvleiHierdie grond het ’n vogtige grondklimaat. Dreinering is beter as dié van die Avalon-grond, maar nie so goed soos die Hutton-grond nie. Dit is geskik vir alle somergewasse.

AvalonHierdie grond het ’n vogtige grondklimaat en is geskik vir alle somergewasse. Vanweë die waterstoorvermoë is dit die ideale grond vir koringverbouing.

WestleighDie grond is gewoonlik vlak en kan aan versuiptoestande onderhewig wees. Vlakker Westleigh-grond (<60 cm) presteer die beste onder natuurlike weiding, aangesien dit nie in staat is om voldoende vog op te gaar vir bestendige gewasproduksie nie.

PinedeneDit het ’n vogtige tot nat grondklimaat. Hierdie grond het gewoonlik ’n gemiddelde tot hoë potensiaal en mielies, graansorghum, sonneblom, koring en voergewasse kan daarop verbou word, mits dit diep genoeg is.

ClovellyDreinering is baie goed indien die grond diep is en versuip-toestande kom nie maklik voor nie. Dit kan egter maklik te diep

Westleigh-vorm Sterkspruit-vorm

Page 10: Elmarie CronjeElmarieCronje landbou-reus · interafhanklikheid tussen produsent, middelman en verbruiker word ook nou erken. Bemarking is ’n produktiewe proses, wat impliseer dat

Senwester, Junie 200932

internetwww.senwes.co.za

31

wees, wat weer nadelig kan wees vir vogvoorsiening. Hierdie grond is meestal geskik vir alle somergewasse.

SterkspruitDie grond is baie vlak en het ’n swak voghuishouding (te droog of te nat) en behoort vir weidings gebruik te word.

ValsrivierHierdie grond is gewoonlik baie vlak en het ’n swak vog-huishouding. Dit kan die beste onder natuurlike veld benut word en geen kontantgewasverbouing word op hierdie grond aanbeveel nie.

KatspruitDit is normaalweg baie vlak grond en mag nooit geploeg word nie. Dit presteer die beste onder natuurlike veld. Indien dit wel geploeg is, moet permanente aangeplante weiding daarop gevestig word.

In Figuur 1 word grond aangetoon wat nie vir graangewas-verbouing aanbeveel word nie en liefs onder weiding gevestig moet word.

Grondomskakeling na weidingDie besluit om grond om te skakel begin eintlik by die skep van ’n grondgebruikskaart of hulpbronbeplanning.• Dit vergemaklik baie dinge, aangesien die hulpbron vir jou

die besluit begin neem. Sodoende kan ’n ingeligte besluit geneem word oor die omskakel van lande na weiding, asook teen watter tempo dit moet plaasvind.

• Die karteringskaart is nie nuttelose inligting vir die aangeplan-te weiding wat gevestig word nie, omdat die produksievermoë van die weiding daaruit afgelei kan word. Hierdie inligting is weer van groot waarde vir die bepaling van veegetalle en drakrag.

• Dit is ook van groot waarde vir toekomstige bemestingsbeslui-te wat geneem sal moet word.

• Dit is ook belangrik om te besef dat marginale mieliegrond nie noodwendig hoëpotensiaal weidingsgrond is nie.

Vestiging van weidingsgewasseVir die suksesvolle vestiging van weidingsgewasse, moet daar aan ’n paar basiese beginsels voldoen word.

Tyd van die jaar en klimaatEerstens moet daar besin word oor die tyd van die jaar wat die vestiging gaan plaasvind. Die tyd van vestiging moet só gekies word dat dit saamval met verwagte gunstige klimaatstoestande. Dit is ook beter om weidings te vestig wanneer die ontkieming en groei van die meeste onkruid afneem. Uiteraard kan die klimaat nooit met sekerheid voorspel word nie, maar langtermyn klimaatsgegewens gee vir ons darem ’n redelike goeie idee wan-neer om te plant en wanneer nie. Die mees geskikte maande is Februarie en Maart.

Saad’n Goeie praktyk is om saad betyds aan te koop. Die nadelige invloed van onkruiddoders wat oorgedra word op die ontkieming en ontwikkeling van saailinge, moet nooit onderskat word

’n Rooi grondkleur is ’n goeie aanduiding van ’n droër grondklimaat as geel of swart.

Die besluit om grond om te skakel begin by die skep van ’n grondgebruikskaart.

Page 11: Elmarie CronjeElmarieCronje landbou-reus · interafhanklikheid tussen produsent, middelman en verbruiker word ook nou erken. Bemarking is ’n produktiewe proses, wat impliseer dat

landbou in praktyk

S

nie. Maak absoluut seker dat die voorgeskrewe wagperiodes eerbiedig word. Die gebruik van goeie kwaliteit, suiwer saad, met ’n bekende kiemkragtigheid, gee baie gemoedsrus. Koop gesertifi seerde saad.

OnkruidbeheerIn goed gevestigde weidings is onkruid normaalweg nie ’n groot probleem nie, maar in pas gevestigde aanplantings is dit ’n ander storie. Die beheer van onkruid kan die verskil wees tussen sukses en mislukking. ’n Praktyk wat al meer veld wen, is om die laaste bewerking voor planttyd, wat hoofsaaklik gerig is op onkruidbeheer, te vervang met chemiese onkruidbeheer. Sodoende bly die boonste grondlagie onversteurd, wat help om die saadbed nog meer ferm te kry. Dit voorkom ook dat onkruidsade na die oppervlakte gebring word.

KosteDie vestigingskoste vir Smutsvinger beloop ongeveer R1 600/ha. Hierdie syfer kan egter van streek tot streek verskil, omdat verskillende grondtipes verskillende bewerkingspraktyke kan vereis. Dit impliseer variasies in die vestigingskoste.

Die omskakeling van laepotensiaal grond na weidings verg deeglike beplanning en toewyding. Die nakoming van ’n paar

basiese beginsels is uiters belangrik:• Doen ’n volledige hulpbronbeplanning (grondkartering en

-mon sterneming);• Ken die klimaat (dit kan die tyd van omskakeling bepaal); en• Beplan al die aksies deeglik (byvoorbeeld grondvoorberei-

ding, saad en vestiging)

Senwes Landboudienste beskik oor ’n Hulpbron-afdeling wat spesialiseer in grondkartering en -monsterneming.

VerwysingsMouton, J. Om oor te skakel...of nie. Senwes Landboudienste.Louw, T. Vestiging van weidingsgewasse. Omnia. Muller, B. Belangrikheid van grond as hulpmiddel. Senwes Landbou-dienste.Grondklassifi kasie: ’n Taksonomiese sisteem vir Suid-Afrika. Grond klas-si fi kasie werkgroep.

Koos van Rensburg is ’n Grondtegnoloog by Senwes Landboudiens-te. Vir enige navrae, stuur ’n e-pos na: [email protected], of skakel hom by (018) 431 0690 of 083 440 1496. Gerrit Oosthuizen is ’n Senior Akkerboukundige by Senwes Landboudienste. Hy is beskikbaar by e-pos: [email protected] of (018) 462-8533/084 506 8791.

Page 12: Elmarie CronjeElmarieCronje landbou-reus · interafhanklikheid tussen produsent, middelman en verbruiker word ook nou erken. Bemarking is ’n produktiewe proses, wat impliseer dat

Senwester, Junie 200934

Jaco Vermeulen

’n Terugblik op Vaalharts se 2008-produksieseisoen

Die afgelope winterseisoen het nie sonder probleme verloop nie en veral koring het op

sekere aanplantings groot skade gely.

Jaco Vermeulen (Senwes Landboudienste op Vaalharts) Burrie Erasmus (SAB Maltings) en Ben van Rensburg (LNR-Kleingraaninstituut), het koppe bymekaargesit om moontlike

oorsake uit te lig en oplossings aan produsente te bied.Vaalharts verbou gars onder kontrak vir SABM op ongeveer

6 500 hektaar. Dié kontrak is vir ’n vasgestelde hoeveelheid tonnemaat en produksie is dus beperk tot sekere produsente teen vasgestelde tonnemaat. Produsente wat nie hieraan deelneem nie, het nie ’n ander keuse as om koring in die winter aan te plant nie.

Gars het egter vanweë sy effens laer produksiekoste teenoor koring baie gewild geword in Vaalharts. Hierdie toename in die produksie van gars is hoofsaaklik weens die nuwe kultivars wat beskikbaar is en wat ’n beter opbrengspotensiaal bied. Daar is tans ’n tendens dat produsente wat koring sowel as gars ver bou, voorkeur gee aan die gars in terme van optimale praktyke sowel as grondkeuse. Gars word eerste aangeplant, omdat die vroeë plantdatum beter opbrengste tot gevolg het. Ongelukkig is dit ook die geval met koring, maar produsente gee eerder voorkeur

aan gars. Produsente wat slegs koring verbou, ondervind egter dat koring net so goed produseer as dit op ’n vroeë plantdatum geplant word.

KoringKoring het wisselvallig gepresteer, maar as daar gekyk word na die plantdatums en hul gemiddelde blomdatums, met gepaardgaande temperature, kan sekere afl eidings gemaak word:

1. Plantdatum vroeg Junie, gemiddelde blomdatum vanaf 20 SeptemberDie maksimum en minimum temperature (in °C) vir die volgende nege dae was:

20/9 21/9 22/9 23/9 24/9 25/9 26/9 27/9 28/9

°C maksimum temperatuur 17,5 21,7 27,9 30,5 21,8 28,1 26,4 22,9 28,0°C minimum temperatuur 4,6 -1,6 5,1 6,9 6,5 5,0 5,5 4,2 4,8

Hierdie syfers toon dat temperature byna ideaal was, behalwe vir ’n waarskynlikheid van ligte ryp op 21/9. Maksimum temperature was onder 30,5 °C.

internetwww.senwes.co.za

Page 13: Elmarie CronjeElmarieCronje landbou-reus · interafhanklikheid tussen produsent, middelman en verbruiker word ook nou erken. Bemarking is ’n produktiewe proses, wat impliseer dat

Senwester, Junie 2009 35

landbou in praktyk

2. Plantdatum middel Junie, gemiddelde blomdatum vanaf 1 OktoberDie maksimum en minimum temperature (in °C) vir die volgende nege dae was:

1/10 2/10 3/10 4/10 5/10 6/10 7/10 8/10 9/10

°C maksimumtemperatuur 32,9 28,4 26,0 27,9 28,0 29,2 29,9 26,8 25,5°C minimumtemperatuur 5,3 9,0 8,3 10,5 12,6 16,6 17,8 15,7 8,0

Syfers toon ideale blomtemperature, behalwe op 1/10, waar die maksimum oor 32 °C was.

3. Plantdatum begin Julie, gemiddelde blomdatum vanaf 10 OktoberDie maksimum en minimum temperature (in °C) vir die volgende nege dae was:

10/10 11/10 12/10 13/10 14/10 15/10 16/10 17/10 18/10

°C maksimumtemperatuur 28,9 31,0 34,1 37,2 35,9 35,4 34,5 33,0 35,6°C minimumtemperatuur

7,0 7,2 12,3 17,9 11,9 13,0 17,4 10,5 15,0

Hoë maksimum temperature kon swak bestuiwing tot gevolg hê indien besproeiing nie optimaal was nie. 4. Plantdatum middel Julie, gemiddelde blomdatum vanaf 17 OktoberDie maksimum en minimum temperature (in °C) vir die volgende nege dae was:

17/10 18/10 19/10 20/10 21/10 22/10 23/10 24/10 25/10

°C maksimumtemperatuur 33,0 35,6 34,8 35,0 35,0 30,0 31,4 31,5 28,9

°C minimumtemperatuur 10,5 15,0 15,8 18,7 15,5 15,3 9,0 14,5 13,0 Hoë maksimum temperature kon swak bestuiwing tot gevolg hê indien besproeiing nie optimaal was nie.

Die koring het baie goed gestoel en ook mooi vertoon, omdat toestande tot op hierdie tydstip redelik gunstig was. Die laat aanplantings (Julie) is egter deur die hoë temperature tydens die blomstadium (bokant 32 °C) gekniehalter. Omdat die voorafgaande mielie- en grondbone-oes stadiger as normaalweg afgedroog en geoes is, het dit veroorsaak dat ’n groot persentasie koring ook laat aangeplant is.

Maksimum temperature laat in die seisoenDie maksimum temperature laat in die seisoen, tesame met warm winde wat voorgekom het, het egter die meeste skade

veroorsaak. Die skade was veral betekenisvol in gevalle waar daar nie voldoende water toegedien kon word nie.

Dit is gevolglik belangrik om te kyk na die maksimum temperature vanaf 26/10:

26/10 27/10 28/10 29/10 30/10 31/10 1/11 2/11 3/11 4/11 5/11°C 32,0 30,1 31,7 35,8 33,9 36,0 38,0 35,1 29,1 32,0 36,7

6/11 7/11 8/11 9/11 10/11 11/11 12/11 13/11 14/11 15/11 16/11°C 39,0 33,5 30,5 30,5 31,0 33,1 32,0 32,2 30,8 32,0 34,7

VerdampingsyfersDie verdampingsyfers (in mm/dag) vir die periode vanaf 10 Ok-tober tot vroeg in November was:

10/10 11/10 12/10 13/10 14/10 15/10 16/10 17/10 18/10 19/10mm 8,0 9,5 8,0 11,0 13,0 11,0 11,0 19,0 14,0 9,0

20/10 21/10 22/10 23/10 24/10 25/10 26/10 27/10 28/10 29/10 mm 9,0 11,0 12,5 12,0 10,0 8,0 7,0 7,0 6,0 8,5

30/10 31/10 01/11 02/11 03/11 04/11 05/11 06/11 07/11 08/11mm 12,0 11,0 12,0 13,0 11,0 12,0 10,0 12,0 15,0 9,0

Met die hoë temperature wat voorgekom het, het plante se huidmondjies gesluit, wat die normale groei en ontwikkelings-prosesse belemmer het. Vanaf 13 Oktober was daar baie dae waar die wateraanvulling nie voldoende was nie. Aangesien die meeste stelsels ontwerp word om 12 mm neer te sit, met ’n doeltreffendheid van 80%, gee dit ongeveer 9,6 mm per dag.

By die vroeë aanplantings is die gewasfaktor na blom aan die afneem en was die waterverbruik ook laer met minder skade. Skade aan die later aanplantings was weer baie groter, omdat die kritiese groeistadia met ’n periode van hoë temperature, warm winde en hoë verdampingsyfers saamgeval het. Hierdie toestande het veroorsaak dat produsente eenvoudig nie kon bybly met die besproeiing nie. Gedurende die tweede week van November was koring nog groen en ’n week later stroopgereed en droog.

Aanbeveling vir koringMet die plantseisoen op hande kan die volgende aanbevelings gemaak word:• Vroeë plantdatums het ’n hoër opbrengspotensiaal en die

risiko dat hoë temperature en hoë waterbehoefte tydens die blom- en graanvulperiode gaan saamval, is laer. Die optimum plantdatum is kultivar-spesifi ek en kan wissel van 1 Junie tot 20 Junie.

• Dit is belangrik dat daar genoegsame grondwater in die grondprofi el na die stamverlengingstadia moet wees. Hierdie water in die profi el kan as ’n buffer dien tydens die blomsta-dia, wat ’n hoë wateraanvraag vereis en gepaardgaan met

36

Page 14: Elmarie CronjeElmarieCronje landbou-reus · interafhanklikheid tussen produsent, middelman en verbruiker word ook nou erken. Bemarking is ’n produktiewe proses, wat impliseer dat

landbou in praktyk

35

’n tydperk waartydens windbesproeiing bemoeilik word. Van 21 September moet temperature en winde streng gemonitor word en besproeiing dienooreenkomstig aangepas word.

GarsLewering en graderingDié seisoen was ’n relatief goeie garsseisoen, aangesien gars baie goed gestoel het en die invloed van hoë temperature en verdamping nie so nadelig vir gars as vir koring was nie. Die meeste gars was ook meer tydig geplant en die algemeenste probleme wat voorgekom het, was op laat aanplantings of waar besproeiingstelsels nie doeltreffend gefunksioneer het nie. Die leweringstatistiek van gars oor die noordelike produksiegebiede word in Tabel 1 weergegee.

Tabel 2: Gemiddelde gars-opbrengste vanaf 2004 vir die noordelike besproeiingsgebied.

stabiel was. Vanaf 2004 tot 2007 het die opbrengste tussen 5 ton/ha en 6,5 ton/ha gewissel (vloed en spilpunt). Die opbrengsband van Douglas was effens anders en het van 6,3 ton/ha tot 7,2 ton/ha gewissel (slegs spilpunt). Die gebiede waar opbrengste verswak het in 2008, was weens hael, ryp of foutiewe besproeiingstelsels.

Jaco Vermeulen is ’n Landboukundige by Senwes Landboudienste. Vir verdere navrae rakende die produksie van koring of gars, skakel Burrie Erasmus (SABM) by 082 921 7967, Ben van Rensburg (KGI) by 082 857 3994 of Jaco Vermeulen (Senwes) by 082 948 2557.

10 LITERWATERBAK

ANTI-VERDRINKING RING

Tel: 011 866 1240/2 or 011 865 2038/9Faks: 011 865 1722e pos: [email protected] pos: [email protected]

*Volledige voorwaardes van hierdie Pleeg is beskikbaar op versoek. Poltek/Custom Moulders en die POLTEK® logo is almal geregistreerde handelsmerk van Custom Moulders. E&OE

ARROW 8123/PB5Arrow 9192

OUT

OM

ATIE

SE E

KON

O-

DRI

NKB

AK (M

K4)

4 LITERWATERBAK

3 LITERWATERBAK

OUT

OM

ATIE

SE B

ROO

IHO

END

ER

DRI

NKB

AK (M

K6)

LEIERS IN PLASTIESE PLUIMVEE TEGNOLOGIE

Sien ons wye reeks pluimvee toerusting op ons webwerf www.custommoulders.co.za

RON

DE

VOER

BAK

VIER

KAN

TIGE

VO

ERBA

K

OVAAL VOERBESPAARDER

BUIS

VOER

DER

Kry al jou Poltek benodighede by jou naaste Senwes Village.

Leweringstatistieke 2008-seisoen% Moutgraad 99,3% Voergraad 0,7% Van verwagte Puma 103,1% Van verwagte SSG585 106,9% Van verwagte Cocktail 115,4% Van verwagte totaal 105,2

SAB MALTINGS (Pty) Ltd

Tabel 1: Leweringstatistiek van gars oor die noordelike produksiegebiede.

±5% BO SKATTING EN ±6% BO KONTRAK1 360 ton gelewer as saad

Cocktail – 110 tonSSG 585 – 385 tonPuma – 864 ton

skatting was. Die grootste afwyking was veral by die Cocktail-kultivar.

Gemiddelde opbrengsteDie gemiddelde opbrengste per produksiegebied vanaf 2004 binne die noordelike besproeiingsgebied word in Tabel 2 weergegee. Volgens Tabel 2 is dit duidelik dat die gars-opbrengste redelik

Volgens Tabel 1 is dit duidelik dat daar nie graadprobleme was nie (99,3% moutgraad). Die enkele gevalle waar graderings-probleme wel ondervind is, kan direk toegeskryf word aan probleme met onvoldoende besproeiing tydens die kritiese groeistadia. Daar is ook effens meer geproduseer as wat die

S