gedragskode rooibos module - utz · voorbeeld 1: vir produsente wat primêre ververwing doen, maar...

15
GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE Weergawe 1.1

Upload: others

Post on 12-Mar-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE - UTZ · Voorbeeld 1: Vir produsente wat primêre ververwing doen, maar nié sekondêre, sal die ... die hoof produkte en verwerkingsaktiwiteite geregistreer

GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE

Weergawe 1.1

Page 2: GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE - UTZ · Voorbeeld 1: Vir produsente wat primêre ververwing doen, maar nié sekondêre, sal die ... die hoof produkte en verwerkingsaktiwiteite geregistreer

www.utz.org 1

Afskrifte en vertalings van hierdie dokument is beskikbaar in elektroniese formaat op die

UTZ-webwerf:

www.utz.org

Hierdie dokument is uit Engels vertaal. Indien daar enige twyfel bestaan oor die akkuraatheid van inligting in

hierdie dokument, verwys asseblief na die Engelse weergawe wat die amptelike en bindende weergawe is. Dit

Engelse weergawe kan gevind word by www.utz.org

Stuur asseblief enige kommentaar of voorstelle na:

[email protected]

[email protected]

[email protected]

[email protected]

Of per gewone pos na:

UTZ

Standard and Certification Department

De Ruyterkade 6 bg

1013 AA Amsterdam

The Netherlands

© UTZ 2015 Geen gedeelte(s) van hierdie publikasie mag sonder volle erkenninggedupliseer, op ʼn stelsel gestoor of in enige vorm deurgegee word, hetsy elektronies, per fotokopie of enige ander manier .

Page 3: GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE - UTZ · Voorbeeld 1: Vir produsente wat primêre ververwing doen, maar nié sekondêre, sal die ... die hoof produkte en verwerkingsaktiwiteite geregistreer

www.utz.org 2

Page 4: GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE - UTZ · Voorbeeld 1: Vir produsente wat primêre ververwing doen, maar nié sekondêre, sal die ... die hoof produkte en verwerkingsaktiwiteite geregistreer

www.utz.org 3

Inleiding

Die Rooibos Module word saam met die Algemene Kode gebruik en sluit vereistes in wat van toepassing is op alle handelskettingaktiwiteite, tot en met die verpakking van die finale produk vir die verbruiker. Hierdie Module word gebruik deur alle Rooibos- produsente en groepe (met of sonder hul eie verwerkingsfassiliteite) wat Gedragskodesertifisering wil bekom. Dit is ook van toepassing op rolspelers in die handelsketting wat slegs primêre en/of sekondêre verwerkingsaktiwiteite uitvoer, wat nie sélf nat Rooibos vervaardig nie, maar UTZ-gesertifiseerde nat Rooibos, groen Rooibos en/of Rooibos van UTZ-gesertifiseerde produsente of produsentegroepe aankoop. Afhangend van watter aktiwiteite hulle uitvoer, evalueer produsente en produsentegroepe watter kontrolepunte op hulle van toepassing is. Opskrifte mag die aktiwiteit spesifiseer waarop die kontrolepunt van toepassing is, in ander gevalle is die toepaslikheid aangedui in die kontrolepunt self of in die verduideliking vir nakoming-kolom. Die kontrolepunte in Blok C is van toepassing op álle tipes akteurs. Voorbeeld 1: Vir produsente wat primêre ververwing doen, maar nié sekondêre, sal die kontrolepunte in die Module onder die ”Sekondêre Verwerking”-opskrif nie van toepassing wees nie. Voorbeeld 2: Vir akteurs wat sekondêre verwerking doen en nie enige Rooibos produseer nie, is die kontrolepunte met betrekking tot vervaardiging nie van toepassing nie. Kontak asseblief UTZ vir verdere leiding oor watter kontrolepunte van toepassing is en watter nie. Die kolom “Van toepassing op” dui aan of die kontrolepunt van toepassing is op die groep en/of die groepslede van groepe gesertifiseer teen die Algemene Kode vir groepsertifisering. Rooibosprodusente gesertifiseer teen die Algemene Kode vir individuele sertifisering, moet al die kontrolepunte in hierdie Module wat op hulle aktiwiteite van toepassing is, nakom. Produsente en produsentegroepe wat verwerkte Rooibos en/of verwerkte groen Rooibos produkte vir die eindverbruiker verpak, kan meer inligting oor die gebruik van die logo kry in die mees onlangse weergawe van die “UTZ Tea and Rooibos Labeling Policy”. Indien daar 'n teenstrydigheid is tussen wat die Algemene Kode vereis en wat die Module vereis, sal die vereistes van die Module voorkeur geniet.

Page 5: GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE - UTZ · Voorbeeld 1: Vir produsente wat primêre ververwing doen, maar nié sekondêre, sal die ... die hoof produkte en verwerkingsaktiwiteite geregistreer

www.utz.org 4

Die volgende vloeidiagram verteenwoordig ‘n vereenvoudigde Rooibos-handelsketting, insluitend die hoof produkte en verwerkingsaktiwiteite geregistreer in die GIP as deel van die Gedragskode-sertifisering. Dit demonstreer ook watter produkte en aktiwiteite gedek word onder Handelsketting-sertifisering, en nie geregistreer is in die GIP nie.

Page 6: GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE - UTZ · Voorbeeld 1: Vir produsente wat primêre ververwing doen, maar nié sekondêre, sal die ... die hoof produkte en verwerkingsaktiwiteite geregistreer

www.utz.org 5

Definisies

“Namens verbruiker magtiging”

Magtiging geteken deur ‘n verskaffer (produsent/produsentegroep) en ‘n eerste koper, wat die eerste koper magtig om die transaksie aan te teken, namens die produsent/produsentegroep, in die GIP.

Aankondiging van aankope

Transaksie in die UTZ naspeurbaarheidstelsel (GIP). Wanneer ‘n eerste koper enige tipe Rooibos van ‘n produsent/produsentegroep aankoop, en die koper magtiging gekry het om transaksie in die GIP te registreer namens die produsent/produsentegroep. Magtiging van die produsent/produsentegroep gegee via die GIP, of ‘n “Namens verbruiker magtiging”-vorm geteken deur beide partye, is nodig om hierdie voorraadtransaksie te doen.

Aankondiging van verkope

Transaksie in die UTZ naspeurbaarheidstelsel (GIP). Verkope van enige tipe UTZ-gesertifiseerde Rooibos, uitgevoer in die GIP, aan enige ander akteur deur ‘n produsent/produsentegroep of ‘n akteur wat primêre of sekondêre verwerking doen.

Afgradering Voorraad-aktiwiteit in UTZ se naspeurbaarheidstelsel (die GIP). Indien ‘n handelskettingakteur (HKA) die naspeurbaarheidsvlak van ‘n sekere volume van enige tipe Rooibos-produk wat hul in voorrraad het, wil verlaag van Identiteit Behou (Identity Preserved: IP) na Segregasie (Segregation: SG), voer hierdie HKA ‘n afgradering uit.

Eerste koper Die HKA wat die eerste koper is van die UTZ-gesertifiseerde produk. Die eerste koper koop die produk van ‘n produsent / produsentegroep wat gesertifiseer is teen die UTZ Gedragskode.

Koper-bevestiging

Bevestiging van ‘n aankoop in die GIP van ‘n UTZ-produk.

Omskakeling Voorraad-aktiwiteit in UTZ se naspeurbaarheidstelsel (die GIP). Wanneer enige tipe Rooibos verwerk word, moet die lid die voorraad-aktiwiteit omskakel.

Primêre verwerking

Verwerking van nat Rooibos wat plaasvind op ‘n verwerkingsbaan. Dit sluit in die sny,kneus, droog en/of fermentasie. Nat rooibos kan wees:

1. Gesny, gekneus, gefermenteer en gedroog om oorgeskakel te word in Rooibos, en/of

2. Gesny en gedroog om oorgeskakel te word in groen Rooibos.

Produk-bewering

ʼn Produk-bewering is enige verwysing wat gemaak word na UTZ of na die volhoubare of verantwoordelike aankope van ʼn produk of bestanddele, wat vir alle praktiese doeleindes (geheel of gedeeltelik) gebaseer is op UTZ afkoms of status. Die volgende voorbeelde word ook as produk-bewerings gesien

- Indien die UTZ lid UTZ of die volhoubare status, aankoop van die produk of bestanddele noem op ‘n faktuur aan ‘n kliënt;

- Indien die UTZ lid verwys na UTZ of die volhoubare status, aankoop van die produk of bestanddele in handelsmerk- of produkkommunikasie, insluitend kommunikasie aanlyn, in die pers, in advertensies, of by die verkoopspunt;

- Indien die UTZ lid verwys na UTZ of die volhoubare status, aankoop van die produk of bestanddele wat aan hom/haar gelewer is.

Page 7: GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE - UTZ · Voorbeeld 1: Vir produsente wat primêre ververwing doen, maar nié sekondêre, sal die ... die hoof produkte en verwerkingsaktiwiteite geregistreer

www.utz.org 6

Programfooi ‘n Programfooi (voorheen “administrasiefooi”) is ʼn bydrae tot die UTZ-program wat op volume gebaseer is. Die programfooi word eenmalig in die handelsketting verhaal vir enige gegewe volume wat in die GIP nagespeur is. Die programfooi is UTZ se hoofbron van inkomste, en stel dit in staat om volhoubaar te funksioneer en die volgende dienste aan lede te lewer: - Kliënte-ondersteuning in die implementering, aankoop en kommersialisering van UTZ-gesertifiseerde produkte. - Belanghouers se aanvaardig en onderhoud van die sertifiseringstandaarde en die versekering-stelsel in produserende en verbruikende lande. - Kwaliteitbeheer en opleiding in die sertifiseringsproses. - Onderhoud en innovasie van die naspeurbaarheidstelsel (GIP). - Opleiding en ondersteuning aan diensverskaffers wat in die veld boere ondersteun, om behoorlike implementasie te versker.

Sekondêre verwerking

Verwerkingsaktiwiteite wat mag insluit gradering, sortering, en stoompasteurisasie en aktiwiteite wat Rooibos omsit in verwerkte Rooibos en/of groen Rooibos omsit in verwerkte groen Rooibos.

Terugwerkende bewering

Wanneer ‘n produk beweer word as UTZ-gesertifiseer op ‘n latere stadium as die aanvanklike verkoop/koop van die produk, of na verval van ‘n lisensie. Indien die verskaffer of die koper nie meer ‘n geldige lisensie het nie, moet ‘n aansoek om terugwerkende bewering gemaak word aan UTZ. Voorwaardes vir goedkeuring van so ‘n aansoek mag van toepassing wees. Bv: ‘n Eerste koper koop ‘n UTZ-produk op 1 April, en ontvang hul eerste sertifiseringsoudit op 1 Junie. Die sertifikaat en lisensie begin 15 Junie. Sodra die eerste koper ‘n aktiewe lisensie het op 15 Junie, mag hul terugwerkend beweer vir die UTZ-volumes aangekoop op 1 April.

Transaksies Kommersiële transaksies van ‘n UTZ-gesertifiseerde produk verhandel in die GIP. Dit sluit in: “Aankondiging van verkope”, “Aankondiging van aankope”, en “Koper bevestiging”.

Vermenging Voorraad-aktiwiteit in UTZ se naspeurbaarheidstelsel (die GIP). Wanneer ‘n HKA enige tipe Rooibos - op IP(Identitiy Preserved)-naspeurbaarheidsvlak - van verskillende produsente/produsentegrope meng. Die gemengde volume sal alle inligting oor die produsente se name en hul onderskeie volumes behou.

Voorraad-aktiwiteit

Enige aktiwiteit, uitsluitend aankondigings oor verkope of aankope en koper bevestigings, wat uitgevoer word op ‘n lid se voorraad van ‘n UTZ-gesertifiseerde produk. Voorraad-aktiwiteite sluit in: Omskakeling, Afgradering, Vermenging, Verwydering, en Naspeuring.

Voorraad-rekordhouding eenheid

‘n Bepaalde item te koop en al sy eienskappe (bv. materiaal, bestanddele, grootte, verpakking ens.) wat geassosieer word met hierdie spesifike item (en dit onderskei van ander items).

Page 8: GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE - UTZ · Voorbeeld 1: Vir produsente wat primêre ververwing doen, maar nié sekondêre, sal die ... die hoof produkte en verwerkingsaktiwiteite geregistreer

www.utz.org 7

KP # Kontrolepunt

Va

n t

oe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

AFDELING B - BOERDERYPRAKTYKE

Grond- en vrugbaarheidbestuur

RB.B.1 Wisselbou met die regte gewasse om siklusse van peste en siektes te breek om grondstruktuur te verbeter.

G+L Voldoende gewasse sluit in: hawer, rog en korog.

RB.B.2

Tegnieke om die grond te bewaar is in plek.

G+L

Grondbewaring tegnieke sluit bv.: -Minimum bewerking om sodoende die grondstruktuur te handhaaf - die plant van dekgewasse

Oes

RB.B.3

Rooibos word op die regte tyd geoes en daar word gebruik gemaak van die beste metodes om optimale kwaliteit en gewas gesondheid te verseker.

G+L

Die plant word geoes op die regte hoogte (bv. omtrent 30cm in die eerste jaar) en wanneer dit goed ryp is (bv. rooi kleur aan die bokant van die tak).

Na-oes

RB.B.4

Maatreëls word geïmplementeer om fermentasie en die mufvorming te voorkom tydens die (intermediêre) stoor en vervoer van nat Rooibos.

G+L

Primêre verwerking: Verwerkingsbaan

RB.B.5

Die Verwerkingsbaan is skoon, goed onderhou en is vry van rommel om sodoende besmetting te voorkom. G+L

Goeie onderhoud van die verwerkingsbaan moet insluit: - onkruiddoders word nié gebruik nie, en -krake word herstel/gevul.

RB.B.6

Plaas voertuie en masjiene word goed onderhou. Voertuie wat tydens die oes seisoen op die Verwerkingsbaan gebruik word, slegs vir Verwerkingsbaan doeleindes gebruik word.

G+L

Voor die oes seisoen word voertuie nagegaan vir olielekke, toegerus met drupbakke en bande word behoorlik skoongemaak.

RB.B.7

Maatreëls word geïmplementeer om besmetting van nat Rooibos tydens primêre verwerking te voorkom

G+L

Maatreëls moet tenminste insluit: - verminder die risiko van vreemde voorwerpe (bv. klippies), - voorkom toegang deur diere, en - voorkom dat werkers oor die verwerkingsbaan loop sonder die regte steuwels.

RB.B.8

Slegs drinkbare water (of water as gepas verklaar deur bevoegde overhede) word op die verwerkingsbaan gebruik.

G

RB.B.9

Goeie praktyke is in plek vir primêre verwerking. ‘n Proses-vloeidiagram, wat optimale toestande aandui (insluitend temperatuur en tyd) vir elke aktiwiteit, word gevestig en geïmplementeer.

G

Page 9: GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE - UTZ · Voorbeeld 1: Vir produsente wat primêre ververwing doen, maar nié sekondêre, sal die ... die hoof produkte en verwerkingsaktiwiteite geregistreer

www.utz.org 8

KP # Kontrolepunt

Va

n t

oe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

Relatiewe humuditeit word gemonitor en beheer om te voorkom dat daar oormatige vog en absorbering is tydens fermentasie.

Sekondêre verwerking

RB.B.10

Maatreëls word geneem om die risiko van vreemde voorwerpe te verminder (bv. klippies en metaal/glas/plastiek-stukkies) in Rooibos en/of groen Rooibos, by die verwerkingseenheid.

G+L

Sifting of magnete word in verwerkingseenhede gebruik om fisieke gevare gedurende die finale sortering en gradering te verminder.

RB.B.11

Alle toerusting wat in die verwerkingseenheid gebruik word wat in direkte aanraking met die Rooibos, word gereeld ontsmet met stoom of water met ontsmettingsmiddel om mikrobiologiese besmetting te voorkom.

G

RB.B.12

Besmetting deur skoonmaakmiddels, smeermiddels en ander stowwe wat tydens verwerking met die Rooibos in kontak kom, word vermy.

G

Slegs voedselgraad skoonmaakmiddels, smeermiddels, en ander stowwe word gebruik en dit word gebruik volgens etiket aanwysings.

RB.B.13

Goeie praktyke is in plek vir sekondêre Rooibos verwerking. 'n Proses vloeidiagram wat optimale toestande vir elke aktiwiteit aandui (insluitend die temperatuur en tyd), word ontwikkel en geïmplementeer.

Relatiewe humiditeit word gemonitor en beheer om oormatige vogopname tydens gradering en verpakking te voorkom. Drinkbare water word in humidifiers gebruik om sodoende besmetting te voorkom.

G

RB.B.14

Slegs skoon water word tydens sekondêre verwerking gebruik.

G

Slegs drinkbare water (of water wat as geskik deur die bevoegde owerhede verklaar is) word gebruik as water of stoom in aanraking met die Rooibos kom tydens die verwerkingsproses.

RB.B.15

Alle werkers dra oorklere wat geskik is vir die operasionele take wat hulle moet uitvoer.

G

Oorklere (bv. voorskote, moue, handskoene) word gereeld skoongemaak of verander om kruis-besmetting te vermy.

Page 10: GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE - UTZ · Voorbeeld 1: Vir produsente wat primêre ververwing doen, maar nié sekondêre, sal die ... die hoof produkte en verwerkingsaktiwiteite geregistreer

www.utz.org 9

KP # Kontrolepunt

Va

n t

oe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

RB.B.16

Toilette is in 'n goeie toestand van higiëne en maak nie direk op die area waar Rooibos hanteer word oop nie, tensy die deur vanself toemaak. G

RB.B.17

Verteenwoordigende monsters van 'n sekere besending Rooibos, word ten minste vir een jaar gehou sodat dit ontleed kan word in die geval van enige klagte.

G

RB.B.18 Gekwalifiseerde personeel evalueer gereeld die gehalte van die Rooibos en rekords word gehou wat verwys na spesifieke besendings.

G

RB.B.19

Die natuurlike en kunsmatige geurmiddels wat gebruik word vir die verwerking van verskillende geure Rooibos: -is goedgekeur vir gebruik in voedsel produkte in die land van produksie en in die land van bestemming en -oorskry nie toelaatbare vlakke nie.

G

ʼn Lys van geure wat in die produksie prosesse tesame met hul produk spesifikasies is beskikbaar.

Die geur hoeveelhede wat per bestellingvan Rooibos gebruik word, is aangeteken.

Eindverbruiker-verpakking

RB.B.20

Daar is 'n stelsel in plek wat verseker dat elke besending eindverbruikerprodukte wat verkoop moet word, voldoen aan die jongste weergawe van die UTZ Etiketteringbeleid.

G

‘n Opgedateerde lys word gehou van alle eindverbruikerprodukte verkoop met die UTZ-logo, wat aangedui kan word deur naam, Stock Keeping Unit(SKU) of groepering van produkte en SKU’s.

Eise

RB.B.21

Alle aankope van UTZ produkte, insluitend premie, word in die Good Inside Portal aangeteken. Rekords word gehou van hierdie transaksies en voorraad-aktiwiteite, metdie GIP transaksie ID-nommer.

G

Transaksies en voorraad-aktiwiteite sluit in: -aankondigings van verkope -aankondiging van aankope -koper bevestiging -naspeuring -verwydering -omskakeling -vermenging -afgradering

RB.B.22

Wanneer Rooibos as UTZ verkoop word, moet die produsent/produsentegroep ooreenkom op ‘n prosedure vir betaling (wat hoeveelheid en tydsberekening dek) van die UTZ premium. Die UTZ premium is netto van enige aftrekkings vir herbetaling van vooraf-gefinansierde goedere of dienste.

G

Bewys van betaling en erkenning van ontvangs van die UTZ premium, deur die produsent/produsentegroep, is beskikbaar.

RB.B.23

Wanneer Rooibos terugwerkend as UTZ beweer word, moet die aankondiging van verkope of aankondiging van aankope en koper bevestiging (terugwerkend) in die Good Inside Portal (GIP)

G

Page 11: GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE - UTZ · Voorbeeld 1: Vir produsente wat primêre ververwing doen, maar nié sekondêre, sal die ... die hoof produkte en verwerkingsaktiwiteite geregistreer

www.utz.org 10

KP # Kontrolepunt

Va

n t

oe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

aangeteken word.

RB.B.24

Eerste kopers wat namens-gebruiker regte het vir die GIP-rekening van ‘n produsent/produsentegroep, lig hul verskaffer in van alle aankondigings van aankope (insluitend volume), en moet binne 2 weke na die bevestiging van die transaksie aan die produsente/produsentegroep bevestiging gee van die transaksie gegenereer in die GIP.

Page 12: GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE - UTZ · Voorbeeld 1: Vir produsente wat primêre ververwing doen, maar nié sekondêre, sal die ... die hoof produkte en verwerkingsaktiwiteite geregistreer

www.utz.org 11

KP # Kontrolepunt

Va

n

toe

pa

ssin

g o

p

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

Naspeurbaarheid / Verwydering in GIP

RB.B.25

Handelskettingeienaars wat halfklaar, verbruiker, of kosprodukte vervaardig en wat werk in die GIP, moet alle UTZ volumes waarvoor hulle ontvangs bevestig het naspoor en dat dit nie verder in die GIP verkoop sal word as UTZ nie.

G

Rekords word op datum gehou in die GIP. Die lid doen die voorraad-aktiwiteit-naspeuring in die GIP wanneer: - verwerkte Rooibos of groen Rooibos verpak word en verkoop word as ‘n eindverbruiker-produk (met of sonder ‘n UTZ-bewering); - verwerkte Rooibos of verwerkte groen Rooibos verwerk word in Rooibos-ekstrak, Rooibos-alkohol, of enige ander Rooibos-gebasseerde produk. Naspeuring gaan gepaard met die opstel van ‘n faktuur vir die UTZ programfooi.

RB.B.26

Handelskettingeienaars wat nié halfklaar, verbruiker, of kosprodukte vervaardig nie en wat werk in die GIP, moet alle UTZ volumes waarvoor hulle ontvangs bevestig het verwyder en dat dit nie verder in die GIP verkoop sal word as UTZ nie.

G

Rekords word op datum gehou in die GIP.

AFEDLING C - WERKSOMSTANDIGHEDE

Werkersregte

RB.C.27 Aangewese werkgewers het 'n Gelyke Indiensnemingsplan in plek.

G Dit is in ooreenstemming met die Wet op Gelyke Indiensneming.

RB.C.28 Registrasie vir Werkersvergoeding is gedoen.

G Dit is in ooreenstemming met die Wet op Beroepsbeserings en Siektes.

RB.C.29

Daar is 'n beleid en/of kontrak in plek om die grondregte van werkers en plaaseienaars te beskerm.

G

Dit is in ooreenstemming met die Wet op Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg van Suid-Afrika (Wet 62 van 1997).

Veiligheid en gesondheid

RB.C.30 Kontak word met die plaaslike mobiele kliniek gemaak om te verseker dat daar gereelde besoeke aan die plaas is.

G

RB.C.31

'n Gesondheid- en Veiligheidbeleid is in plek.

G

Dit is in ooreenstemming met die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid. Die Gesondheid- en Veiligheid beleid moet 'n afdelings insluit oor hoe groot aansteeklike siektes aangespreek sal word, hoe uitbrake voorkom sal word en diegene wat reeds besmet is gehelp sal word.

Page 13: GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE - UTZ · Voorbeeld 1: Vir produsente wat primêre ververwing doen, maar nié sekondêre, sal die ... die hoof produkte en verwerkingsaktiwiteite geregistreer

www.utz.org 12

KP # Kontrolepunt

Va

n

toe

pa

ssin

g o

p

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

RB.C.32

Daar is 'n "oop-deur" beleid in plek om enige belangrike siektes te bespreek. Dit word aan alle werkers verduidelik.

G

AFDELING D - OMGEWING

Water

RB.D.33

Nasionale en plaaslike regulasies wat magtiging vir watergebruik en die bou van damme gee, word gerespekteer. G+L

Dit is in ooreenstemming met die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) en die Nasionale Omgewingsbestuur Wet (Wet 107 van 1998).

RB.D.34

Daar word nie met die vloeiwyse (natuurlik water vloei wat voorkom) van water ingemeng nie, tensy dit gemagtig is.

L

Daar is geen obstruksie tussen die bron en stroomaf-gedeeltes van 'n vleiland nie. Dit is in ooreenstemming met die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) en die Nasionale Omgewingsbestuur Wet (Wet 107 van 1998).

RB.D.35

Vleilande word geïdentifiseer en gemoniteer vir tekens van agteruitgang en erosie. Waar historiese agteruitgang plaasgevind het, word die vleiland en buffersone gerehabiliteer.

L

Vleilande word geïdentifiseer deur ‘n bevoegde persoon. ‘n Bevoegde persoon is kundig oor vleilande. Bewys van kundigheid sluit in amptelike kwalifikasies, en/of bywoningssertifikate of opleidingskursusse en/of ervaring wat bewys kan word. Dit is in ooreenstemming met die Nasionale Omgewingsbestuur Wet (Wet 107 van 1998) en die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne (Wet 43 van 1983).

Beskerming van die natuur

RB.D.36

Goedkeuring word verkry van alle tersaaklike owerhede, voordat enige natuurlike plantegroei verwyder word.

L

Dit is in ooreenstemming met die Nasionale Omgewingsbestuur Wet (Wet 107 van 1998) en die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne (Wet 43 van 1983).

RB.D.37 Ekologiese rehabilitasie van gebiede wat nie vir landbou produksie gebruik word nie, word soveel as moontlik op die plaas gestimuleer.

G+L

Page 14: GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE - UTZ · Voorbeeld 1: Vir produsente wat primêre ververwing doen, maar nié sekondêre, sal die ... die hoof produkte en verwerkingsaktiwiteite geregistreer

www.utz.org 13

KP # Kontrolepunt

Va

n

toe

pa

ssin

g o

p

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

RB.D.38

ʼn Plan om indringerplante te beheer is geïmplementeer.

G+L

Vir alle nuwe aanplantings, volg die produsent nasionale en plaaslike regulasie aangaande plantspesies. Indringerspesies is spesies wat nie inheems is tot bepaalde ekosisteem nie en die bekendstelling skade aan die ekosisteem kan aanrig. Dit is in ooreenstemming met die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne (Wet 43 van 1983).

RB.D.39

Waar moontlik word biologiese korridors ingestel, beskerm of gerehabiliteer en biologiese korridors behou wanneer nuwe lande ontwikkel word.

G

Veldbrandbeheer

RB.D.40

Lidmaatskap aan die Brand Beskermingsvereniging (BBV) word verkry, of indien 'n BBV nie beskikbaar is nie, word 'n brandbestuursplan in plek gestel.

G+L

Die bestuursplan sluit in: - voorbereiding, posisionering, en vorme van voorbrande, - brandbestrydingstoerusting en opleiding. Dit is in ooreenstemming met die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande (Wet 101 van 1998).

RB.D.41

Beheerde brande word slegs gemaak met die behoorlike magtiging en slegs tydens die regte weersomstandighede (bv. nie baie warm of winderig nie) en gedurende die af-seisoen.

G

Dit is in ooreenstemming met die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande (Wet 101 van 1998).

Wilde Rooibos

RB.D.42 Areas waar Wilde Rooibos-populasies gevind word op die plaas word op 'n kaart aangedui. G

Dit kan aangedui word op die kaart soos genoem in die Algemene Kode (G.A.1/I.A.1).

RB.D.43 Wilde Rooibos-populasies word nie verwyderof beskadig nie. . L

RB.D.44

Die oes van wilde Rooibos vind plaas op die regte intervalle en in die gepaste seisoen met die nodige magtiging. Dit word geoes deur die gebruik van voldoende metodes.

L

Plante wat jonger as drie jaar is, word nie geoes nie.

Energie

RB.D.45

Maatreëls is in plek om die doeltreffendheid van energieverbruik in die warmlug-generasiestelsel van die droërs in sekondêre verwerking te toets en in plek te hou. Daar is voldoende insuiging van die lug oor die

G

Maatreëls spreek die volgende aan, bv.: - Insulasie - 'n area vir hitte-oordrag - Soort brandstof gebruik - Ontbrandingsbeheerstelsel

Page 15: GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE - UTZ · Voorbeeld 1: Vir produsente wat primêre ververwing doen, maar nié sekondêre, sal die ... die hoof produkte en verwerkingsaktiwiteite geregistreer

www.utz.org 14

KP # Kontrolepunt

Va

n

toe

pa

ssin

g o

p

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

verkoeler wanneer die stoomketel gebruik word.

Jaar 1 Jaar 2 Jaar 3 Jaar 4

Totale verpligte kontrolepunte per jaar 25 33 40 44 Totale bykomende kontrolepunte per jaar 20 12 5 1

Aantal bykomende kontrolepunte wat nagekom moet word per jaar 0 0 0 0

Totale verpligte kontrolepunte wat nagekom moet word per jaar 25 33 4 44