sekondÊre skool verbeterings- program...
TRANSCRIPT
Gauteng Department van Onderwys 1
SEKONDÊRE SKOOL
VERBETERINGS-
PROGRAM (SSIP) 2016
GEOGRAFIE
HERSIENDE
LEERDER BOEK
SESSIE 10 - 11: NEDERSETTINGS
GEOGRAFIE
GRAAD 12
Gauteng Department van Onderwys 2
INHOUDSOPGAWE
SESSIE ONDERWERP BLADSY
10 LANDELIKE NEDERSETTINGS
11 STEDELIKE NEDERSETTINGS
SESSIE NR 10: NEDERSETTINGS GEOGRAFIE ONDERWERP 10: LANDELIKE NEDERSETTINGS
AFDELING A: INHOUDELIKE NOTAS – LANDELIKE NEDERSETTINGS
TERMINOLOGIE / DEFINISIES Aansluitingsdorp/stad: Waar twee hoofvervoerroetes ontmoet – paaie of spoorlyne Agenda 21 (lokaal): ’n Aksieplan of proses om volhoubare ontwikkeling te verseker deur:
• Plaaslike gemeenskappe te betrek by alle besluitneming • Plaaslike bronne doeltreffend te gebruik • Inheemse kennis te gebruik • Plaaslike gemeenskappe te ontwikkel en lewenskwaliteit te verhoog in samehang met bewaringstrategieë
Dorpvorms: Landelike dorpe word geklassifiseer as lineêr, rond/vierkantig of kruispad Drempelbevolking: Die minimum aantal mense benodig om ’n nedersetting of funksie te onderhou of winsgewend te maak Droëpuntnedersetting: ’n Nedersetting in ’n nat gebied met oorstrominggevaar is weg van die waterbron geplaas Enkelfunksioneel: Geklassifiseer as landelik omdat dit hoofsaaklik primêre aktiwiteite het Funksie: Verwys na aktiwiteite (primêre, sekondêre en tersiêre) wat in nedersettings plaasvind Gespesialiseerde dorp/stad: ’n Dorp of stad met een oorheersende funksie Grondgebruiksones: Gebied in ’n stedelike grondgebied met ’n spesifieke doel of funksie Handel- en vervoerdorp/-stad: Dorp of stad by of op vervoerroetes geleë Hiërargie: Rangorde van plekke van dorpies tot megapool, of rangorde van funksies of ordes in ’n stadskern
Gauteng Department van Onderwys 3
Informele nedersetting: ’n Informele of onbeplande gebied wat beset word deur mense wat nie toegang tot formele behuising het nie en blyplekke oprig op oop grond, gewoonlik aan die buiterand van ’n dorp. Blyplekke word gebou van karton, sinkplate, plastiek, hout of enige ander geskikte materiaal. Dit word soms ’n plakkersdorp of blikkiesdorp genoem Invloedsfeer: Die maksimum gebiedgrootte wat deur ’n nedersetting of funksie bedien word Kern/trospatroon: Geboue is naby mekaar geleë Landelike ontvolking: Die getalafname van mense woonagtig in landelike gebiede weens gemeenskapveroudering omdat jong mense stede toe verhuis Landelik–stad migrasie: Mense trek van landelike omgewings na stede opsoek na beter geleenthede Ligging: Die nedersetting in verhouding tot die omgewing Minimum diensgebied: Die minimum grootte gebied benodig vir ’n nedersetting, diens of funksie Multifunksioneel: Geklassifiseer as stedelik weens sekondêre en tersiêre aktiwiteite Natpuntnedersetting: ’n Nedersetting in ’n droë gebied wat naby ’n waterbron geleë is Nedersetting: ’n Groep mense wat daagliks in ’n gebied met geboue, kommunikasienetwerke en infrastrukture woon Nedersettingpatroon: Verwys na ’n nedersetting waarvan die patroon kern verspreid is Poortdorp/-stad: ’n Dorp of stad geleë by ’n deurgangspunt oor of deur ’n natuurlike versperring, bv ’n bergpas Reikwydte: Die langste afstand wat mense bereid is om te reis na ’n nedersetting vir ’n funksie Sentraleplekdorp/-stad: Voorsien stedelike dienste aan omringende landelike gebied Slaapdorp/-stad: ’n Nedersetting wat meesal woongebied is omdat inwoners in ’n nabygeleë stad werk Standplaas: Die werklike grondgebied waarop ’n nedersetting geleë is Stedelike groei: ’n Stedelike gebied se inwonertal neem natuurlik (geboortes minus sterftes) en as gevolg van landelik-stad migrasie toe Stedelike profile: Die syaansig van die buitelyne van die dorp of stad en die verskillende grondgebruiksones Stedelike uitbreiding: Die stedelike gebied (werklike grondgebied) brei oor tyd uit, bv. meer nuwe geboue en infrastruktuur Stootfaktore (negatiewe faktore): Probleme wat in ’n gebied ondervind word en mense laat wegtrek Tipes dorpe / stede: Daar is drie hooftipes dorpe/stede:
• Sentraleplekdorp/-stad • Handel- en vervoerdorpe/-stede
–– Vragverbrekingspuntdorpe/-stede –– Aansluitingsdorpe/-stede –– Poortdorpe/-stede
• Gespesialiseerde dorpe/stede: Tipes nedersettings Na gelang van hulle funksie as landelik of stedelik geklassifiseer
Gauteng Department van Onderwys 4
Trekfaktore (positiewe faktore): Die aantrekkingsfaktore wat mense graag daarheen laat trek Verspreide patroon / geïsoleerde patroon: Geboue is ver van mekaar gerangskik Verstedeliking: Die toenemende aantal mense wat in stedelike gebiede woon Verstedelikingskoers: Die tempo waarteen verstedeliking plaasvind Vragverbrekingspuntdorp / stad: Waar een soort vervoer deur ’n ander vervang is, bv. ’n hawe of hawestad STUDIEWENKE: Hierdie werk is regtig maklik en jy moet dit goed ken om te verseker dat jy goeie punte in die eksamens in hierdie afdeling kry. Dit word dikwels in Vraestel 2 gevra aangesien landelike nedersettings en aktiwiteite duidelik op topografiese kaarte gesien kan word. BELANGRIKE KONSEPTE EN VERDUIDELIKINGS 1.1. LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS
Klassifikasie van nedersettings word gedoen volgens: 1.1.1. Grootte en kompleksiteit: nedersettings wissel van klein enkele plaashuise
na groot megastede in die vorm van ‘n megapool en konurbasies. 1.1.2. Nedersettingspatroon verwys na όf verspreide nedersettings waar mense in
geïsoleerde plaasopstalle ver van mekaar woon of groepe van mense wat in ‘n gekernde nedersetting woon met ‘n konsentrasie van mense en aktiwiteite.
1.1.3. Funksie in nedersettings kan όf mono-funksioneel wees waar die meeste van
die inwoners slegs by een ekonomiese sektor betrokke is of multifunksioneel waar die inwoners in al 4 ekonomiese sektore betrokke is.
1.1.4. Stedelik/landelik – nedersettings waar die ekonomiese aktiwiteit binne die primêre ekonomiese sektor val word gewoonlik as landelik geklassifiseer met mynbou wat die uitsondering is. Stedelike nedersettings bied ‘n verskeidenheid van ekonomiese aktiwiteite in verskillende ekonomiese sektore aan.
1.2. LANDELIKE NEDERSETTINGS
1.2.1. Hoe standplaas en ligging die posisie van landelike nedersettings
beïnvloed Standplaas van nedersettings word deur die volgende bepaal:
Gauteng Department van Onderwys 5
Lopende water vir huishoudelike en landbou gebruik Beskikbaarheid van boumateriaal bv. hout, klippe, gras, modder, klei Plat grond om op te bou Weivelde Vrugbare grond vir gewasverbouing Brandstof vir energie bv. hout.
1.2.2. KLASSIFISERING VAN LANDELIKE NEDERSETTINGS VOLGENS
a) Nedersettingspatroon verwys na die verspreiding van geboue in die nedersetting
Verspreide plaashuise Gekernde dorpies http://onezerosixgeographers.blogspot.com/2012/08/settlement-pattern-types.html
b) Funksie Alle landelike nedersettings fokus slegs op een funksie bv. boerdery – mono-funksionele nedersettings. Meeste inwoners is betrokke by hierdie aktiwiteit. Stedelike nedersettings is multifunksioneel omdat daar ‘n aantal ekonomiese aktiwiteite in verskillende ekonomiese sektore is waarby inwoners betrokke is.
1.2.3. Die redes waarom verskillende vorms van landelike nedersettings
ontwikkel: a) Rond – ontwikkel rondom ‘n mark of gedeelde/gemeenskaplike grond b) Lineêr – ontwikkel langs riviere, paaie, kuslyne, spoorlyne of in termiese
gordels in valleie. c) Kruispaaie – nedersetting ontwikkel in die vorm van ‘n kruis om elkeen
toegang tot die pad toe te laat. d) T-vormig – nedersetting ontwikkel in die vorm van ‘n T langs ‘n T aansluiting
om elkeen toegang tot die pad toe te laat. e) Ster-vormig – baie paaie sluit by mekaar aan en die nedersetting is
uitgesprei langs hierdie paaie.
Verspreide/Geïsoleerde nedersettings
Gekernde/gegroepeerde nedersettings
Plaashuise waar een fabilie in die nedersetting woon
Alle ander soorte nedersettings (landelik en stedelik) waar meer mense naby mekaar leef
Gauteng Department van Onderwys 6
1.2.4. Grondgebruik in landelike nedersettings
Landelike gebiede waar gewasse en veeboerdery voorkom Bewaringsgebiede waar die natuurlike plantegroei en habitat bewaar word
met die diere van daardie gebiede Ontspanningsgebiede – ekotoerisme, lughawe / landingstroke Plantasies/bosbou Behuising vir plaaswerkers Landelike – Stedelike oorgangsone aktiwiteite: lughawens, waterwerke,
stortingsterreine, rioolplase, informele nedersettings en dorpstuine Reservoirs, besproeiing, visvang, hidro-elektriese kragstasies Gevaarlike aktiwiteite (ver van groot groepe mense) giftige nywerhede,
kernkragsentrales, militêre kampe en sekurieteitsgebiede, stortingsterreine.
2. LANDELIKE NEDERSETTING KWESSIES 2.1. Konsep van landelike-stedelike migrasie: Mense beweeg uit landelike
gebiede as gevolg van negatiewe faktore in die landelike gebiede bv. werkloosheid, armoede, swak dienslewering ens. – hierdie negatiewe faktore staan bekend as stoot faktore. Die positiewe faktore in stedelike gebiede wat mense na stede aantrek word trek faktore genoem.
2.2. Konsep van landelike ontvolking 2.2.1. Oorsake en gevolge van landelike ontvolking op mense en die ekonomie
Jong volwassenes en meer so jong mans beweeg weg Bejaardes, vroue en kinders bly agter Produktiwiteit val in landelike gebiede Inkomste verminder
Liniêre vorm Kruispad vorm Stervorming
Sirkelvormig
T-vorming
Gauteng Department van Onderwys 7
Dienste sluit omdat hulle nie meer ondersteun word nie Armoede verhoog Meer mense verlaat die landelike gebiede Verplasing van gesinne en sosiale probleme
2.2.2. Strategieë om ontvolking aan te spreek
Werksverskaffingprojekte in landelike gebiede Desentralisasie van nywerhede Ontwikkelingskorridors Verbeterde basiese dienste in landelike gebiede Ontwikkeling van vaardighede in landelike gebiede Landbouverwante nywerhede in landelike gebiede Verbeterde vervoer, gesondheid, onderwys dienste Aftreedorpe in landelike dorpe om mense aan te trek Aansporings vir professionele mense en werkgewers om in landelike
gebiede te vestig Ontwikkelking van ekotoerisme deur bewaring van natuurlike habitatte en
om daardeur inkomste geleenthede te skep vir die plaaslike bevolking Jy moet in staat wees om gevalle studies te lees en te verstaan wat die effek van landelike ontvolking illustreer asook strategieë om dit aan te spreek. (Lees gereeld die koerant om op datum te bly met huidige ontwikkelinge).
2.2.3. MAATSKAPLIKE GEREGTIGHEIDSKWESSIES WAT MET LANDELIKE
NEDERSETTINGS GEASSOSIEER WORD Toegang tot hulpbronne is beperk in landelike gebiede omdat mense ver van
mekaar bly en dit maak dit moeilik om dienste te verbeter MIV/Vigs is ‘n belangrike probleem omdat mense siek word en dan na familie
in landelike gebiede terugkeer wat ‘n groter las op die beperkte inkomste van die familie en beperkte gesondheidshulpbronne in landelike gebiede plaas.
Grondhervorming is nodig in Suid Afrika waar ongelykhede bestaan as gevolg van apartheid wetgewinbg in die verlede wat verhoed het dat alle mense grond mag besit o Grondhervorming – billike verspreiding van grond deur wette te verander
oor eienaarskap van grond o Grondherverdeling – sommige landbougrond moet deur die regering
teruggekoop word en aan swart eienaars gegee word o Grondrestitusie – om grond terug te gee aan mense wat slagoffers was
van gedwonge verskuiwings o Grondhervormingswetgewing – om die residensiële regte van mense
wat op die grond van ander mense woon te verseker
Gauteng Department van Onderwys 8
NEDERSETTINGS GEOGRAFIE
2014 NSS Voorbeeld
1 Verwys na die nedersettingshiërargie in FIGUUR 4.1 wat die klassifikasie van
verskillende soorte nedersettings toon. Kies die korrekte antwoord uit dié wat tussen
hakies gegee word in die stellings hieronder. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommer (4.1.1–4.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.
FIGUUR 4.1: NEDERSETTINGSHIËRARGIE
Baie groot
Minste
Konurbasie
Groot stad
Stad
Dorp
Bevolkings-
Getal
grootte
nedersettings
Klein dorpie
Boeredorpie
Gehuggie
Geïsoleerde plaasopstal
Baie klein Meeste
1.1 Die geïsoleerde plaasopstal bestaan uit (een/meer as een) gebou.
1.2 Die getal nedersettings neem (toe/af) soos wat 'n mens met die
nedersettingshiërargie van die geïsoleerde plaasopstal na die konurbasie op
beweeg.
1.3 Die grootte van die bevolking neem (toe/af) soos wat 'n mens met die
nedersettingshiërargie van 'n konurbasie na 'n geïsoleerde plaasopstel af
beweeg.
1.4 'n Groot stad kan ook 'n (megalopolis/metropool) genoem word.
AFDELING B: TIPIESE EKSAMENVRAE – LANDELIKE NEDERSETTINGS
Gauteng Department van Onderwys 9
1.5 Die nedersettingshiërargie in FIGUUR 4.1 is 'n Suid-Afrikaanse voorbeeld van
'n nedersettingshiërargie omdat die (grootste/kleinste) van al die
nedersettings nie ingesluit word nie.
1.6 Die enigste voorbeeld van 'n konurbasie in Suid-Afrika word in die
(PWV/Durban-Pinetown) -nywerheidstreek aangetref.
1.7 Die verhouding tussen die grootte van die bevolking en die aantal
nedersettings is (direk/indirek) eweredig.
1.8 Die (gehuggie/klein dorpie) is 'n voorbeeld van 'n landelike
nedersetting. (8 x 1) (8)
2015 JunIe - Julie
FIGUUR 3.1: TIPES NEDERSETTINGS
2 Verwys na FIGUUR 3.1 wat twee tipes nedersettings (A en B) aantoon. Pas
die nedersettingstipes A en B by die stellings hieronder.
2.1 Hierdie tipe nedersetting is enkelfunksioneel
2.2 Word met tersiêre aktiwiteite geassosieer
2.3 Die kleinste van al die nedersettingstipes
2.4 Hierdie nedersettings is altyd kernagtig
2.5 Hierdie nedersetting het 'n verspreide patroon
2.6 'n Oorkonsentrasie van aktiwiteite
2.7 'n Metropool is 'n voorbeeld van hierdie tipe nedersetting
2.8 'n Voorbeeld van 'n sentrale plek (8 x 1) (8)
Gauteng Department van Onderwys 10
LANDELIKE NEDERSETTING
2015 NSS Junie - Julie
1. Verwys na FIGUUR 3.3 wat 'n landelike nedersettingspatroon toon..
1.1 Identifiseer die landelike nedersettingspatroon in FIGUUR 4.4(1 x 1)
1.2 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.1. (1 x 1)
1.3 Identifiseer die primêre ekonomiese aktiwiteit waarby die meeste mense
wat in hierdie nedersetting woon, betrokke sal wees. (1 x 1)
1.4 Noem TWEE moontlike standplaasfaktore wat mense beïnvloed het om in
hierdie nedersetting te woon. (2 x 2)
1.5 Swak boerderymetodes het tot laer opbrengste in die geïllustreerde
landskap gelei.
Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy die impak van swak
boerderymetodes op die ekonomie en landelike ontvolking ontleed.
(4 x 2) (8)
Gauteng Department van Onderwys 11
2015 NSS Feb - March
1. Verwys na FIGUUR 3.3 wat 'n kerndorpie toon.
FIGUUR 3.3: NEDERSETTINGSTIPE
Rivier
Sleutel
Dorps- Plaasopstal
meent Grondpad
Lae brug
Skaal: 1 : 7 000
[Aangepas uit GCSE-handboek
1.1 Beskryf die buitelynvorm van die dorpie. (1 x 1)
1.2 Bespreek TWEE nadele vir boere wat in hierdie dorpie woon. (2 x 2)
1.3 Bespreek EEN voordeel vir boere wat in hierdie dorpie woon. (1 x 2)
1.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy volhoubare maatreëls
voorstel om te voorkom dat mense hierdie dorpie verlaat om in stede te gaan
woon. (4 x 2)
Gauteng Department van Onderwys 12
AFDELING C: HUISWERKVRAE
VRAAG 1: 27 minute [34] (Aangepas uit NSC Nov 2013 Vraestel 1) Wenk: Bestudeer die sketskaart hieronder behoorlik voordat jy vrae beantwoord. Lees die sleutel en al die byskrifte op die kaart. Moet nie net vinnig na die vrae toe gaan nie.
Bestudeer die figuur hierbo wat verskillende soorte nedersettings wys. Indentifiseer die kenmerke van die nedersettings wat hieronder gevra word, of pas die korrekte letter by die beskrywing wat gegee word. 1.1. Identifiseer die vorms van nedersettings A en E onderskeidelik. (2) 1.2. Gee ‘n rede waarom die vorms wat jy in 1.1 geïdentifiseer het ontwikkel het.
(2) 1.3. ‘n Nedersetting wat weg van water geleë is soos C, as water ‘n bedreiging is
staan bekend as ‘n … (1) 1.4. ‘n Nedersetting waar rivierkronkels beskerming teen invalle bied. (1) 1.5. Differensieer tussen die standplaas en ligging van ‘n nedersetting. (2 x 2 = 4) 1.6. Noem en beskryf die faktore wat ‘n invloed gehad het op die standplaas van nedersetting B. (3 x 2 = 6) 1.7.1. Differensieer tussen die patrone van die nedersettings by A en C onderskeidelik. (2) 1.7.2. Bespreek die voordele en nadele om in nedersettings soos A en C onderskeidelik te bly in ‘n paragraaf van ongeveer 8 reëls. (4 x 2 = 8) 1.8. Die nedersettings D en C is halfpad op teen ‘n suidelike helling in die noordelike halfrond. Bespreek die voordele van die mikroklimaat van hierdie ligging. (2 x 2 = 4) 1.9. Bespreek die voordele van die ligging van nedersetting B. (2 x 2 = 4)
Gauteng Department van Onderwys 13
VRAAG 2: 36 minute [45] (Skets van NSS Feb/Maart 2012 Vraestel 1)
Bestudeer die skets hierbo en beantwoord die onderste vrae. (Dink wat dit wys) 2.1. Identifiseer die term wat deur die volgende definisies beskryf word: 2.1.1. Die proses waardeur baie mense landelike gebiede verlaat om ‘n beter lewe
te vind. 2.1.2. Die proses waar meer en meer mense in ‘n bevolking verkies om in stede te
bly. 2.1.3. Negatiewe dinge in landelike gebiede wat versoorsaak dat mense dit verlaat. 2.1.4. Positiewe dinge in stedelike gebiede wat mense na stede aantrek. 2.1.5. Die proses waar funksies en mense in een gebied groepeer. (5 x 1 = 5)
2.2. Skryf ‘n paragraaf van nie meer as 8 reëls nie om te verduidelik hoekom so
baie mense uit landelike gebiede trek. (4 x 2 = 8) 2.3. Skryf ‘n kort nuusberig wat die impak van die proses beskryf op die landelike
bevolking wat in die skets geïllustreer word. (4 x 2 = 8) 2.4. Verduidelik waarom dit belangrik is dat sommige mense in landelike gebiede
bly. (2 x 2 = 4) 2.5. Stel maatreëls voor wat geneem kan word om sommige mense in landelike
gebiede te behou. (3 x 2 = 6) 2.6. Bespreek TWEE uitdaging wat mense mag ondervind met hulle aankoms in
stedelike gebiede. (2 x 2 = 4) 2.7. Verduidelik wat die verskil is tussen die volgende terme: grondhervorming,
grondherverdeling, herstel van grondbesit en grondhervormingswetgewing. (4 x 2 = 8)
2.8. Verduidelik hoe herstel van grondbesit versteliking kan verhoed. (1 x 2 = 2) 2.9. Gee een nadeel van die herstel van grondbesit. (1)
Gauteng Department van Onderwys 14
VRAAG 3: 10 minutes [14] (Aangepas uit NSS Maart 2012 Vraestel 1)
3. Verwys na die figuur hierbo wat die ligging van dorpe in verhouding tot mekaar wys en beantwoord die vrae hieronder. 3.1. Gee die term wat gebruik word 'n groot stedelike gebied waar verskeie dorpe saamgevoeg is te beskryf. 3.2. Identifiseer die landelike nedersetting sigbaar in die skets. 3.3. Sal die invloedsfeer van dorp X of Y groter wees? 3.4. Gee die naam van die teorie wat die relatiewe grootte en spasiëring van nedersettings. 3.5. Wat is die term wat gebruik word om die handel en vervoer dorp X te beskryf, waar 'n aantal roetes konvergeer? (5 x 1 = 5)
Gauteng Department van Onderwys 15
SESSIE 11: NEDERSETTINGS GEOGRAFIE ONDERWERP 11: STEDELIKE NEDERSETTINGS
AFDELING A: INHOUDELIKE NOTAS – STEDELIKE NEDERSETTINGS
TERMINOLOGIE / DEFINISIES Verstedeliking: Meer mense migreer van landelike gebiede en vestig in stedelike gebiede. Stedelike groei: die verhoging van die bevolkingsgrootte van ‘n stedelike nedersetting Stedelike uitbreiding: die gesamentlike toename in fisiese groei en die bevolkingsgrootte van ‘n stedelike nedersetting. Staduitspreiding: die onbeheerde groei van die geboue wat deel uitmaak van die stad - groei vinnnig langs vervoer roetes. Die onbeheerde verspreiding van stedelike ontwikkeling in naburige streke in Tempo van verstedeliking: die spoed waarmee die verstedelikingsproses plaasvind. Vlak van verstedeliking: die persentasie van ‘n bevolking at verstedelik het. Stedelike hiërargie: die klassifikasie van stede/nerdersettings volgens hulle grootte en funksies aangebied/kompleksiteit. Sentrale plek: ‘n dorp wat basiese goedere en dienste aan die omliggende gemeenskap bied. Drumpelbevolking: die minimum getal mense/gebruikers wat ‘n diens/funksie ondersteun om voort te betaan. Invloedsfeer: Die gebied vanwaar dit in ‘n nedersetting funksioneer om kliënte/gebruikers aan te trek. Dit kan die gesamentlike gebied wees wat deur ‘n dorp of stad gediens word en al die funksies wat dit bied. Reikafstand van goedere: Die maksimum afstand wat mense/kliënte bereid is om te reis om ‘n spesifieke produk te verkry. Geriefsgoedere het ‘n korter reikafstand terwyl hoë orde en spesialisdienste ‘n wyer reikafstand het. Standplaas: verwys na die fisiese plek waarop nedersettings gebou is. Ligging: verwys na die ligging van die nedersetting in verhouding met ander belangrike funksies bv. naby bronne, of tussen twee heuwels, geskakel aan infrastruktuur, in die termiese gordel ens. STUDIEWENKE: Hierdie afdeling van die werk het ‘n paar terme wat jy moet ken wat nuut mag wees. Die werk self is bekend, omdat dit handel oor waar ons lewe. Indien jy die terme en definisies asook die grondgebruiksones en stedelike modelle ken, kan jy maklik goeie punte behaal. Daar is dikwels vrae oor probleme wat ons in moderne stede in die gesig staar bv. swak dienslewering, gebrek aan behuising, plakkerskampe, krotbuurte, vervoerkwessies en dan moontlike oplossings. Studeer hierdie afdeling goed, omdat dit baie makliker is om goeie punte hier te kry, as met die klimaat en geomorfogie, omdat die memorandum ‘n verskeidenhied van antwoorde toelaat solank jy in staat is om dit te staaf.
Gauteng Department van Onderwys 16
BELANGRIKE KONSEPTE EN VERDUIDELIKINGS 1. Stedelike Nedersettings 1.1. Die oorsprong en ontwikkeling van stedelike nedersettings
Sodra mense metodes ontwikkel het om ekstra voedsel te produseer, kan sommige mense begin om in ander aktiwiteite te spesialiseer soos die maak van klere, vervaardiging en die verskaffing van dienste. Mense het begin om in groter gegroepeerde nedersettings te vestig. Vandag leef meer as 50% van die wêreldbevolking in stedelike nedersettings van verskillende grotes.
1.2. Verstedeliking van die wêreldbevolking Die grafiek hieronder illustreer die stedelike en landelike bevolkings en die gesamentlike wêreldbevolking in miljoene. Uit die grafiek is dit duidelik dat die vlak van stedelike bevolking die landelike bevolking sedert 2005 oorskry het. Jy moet in staat wees om ‘n grafiek soos hierdie een te lees en te interpreteer. Bv. Wat was die landelike bevolking in 1970? (1 200 000 000) Wat is die geprojekteerde totale bevolking in 2030? (8 400 000 000) Watter proses illustreer hierdie grafiek? Verstedeliking Wanneer het die stedelike bevolking begin om die landelike bevolking te oorskry? (2005) Wat lei daartoe dat die stedelike bevolking die landelike bevolking oorskry? (Verwys na stoot en trek faktore.)
Gauteng Department van Onderwys 17
1.3. Konsepte van - sien lys van definisies vir die term Verstedeliking – meer mense bly in stede Stedelike groei – getal mense in stede vermeerder Stedelike uitbreiding – getal mense en geboue vermeerder in stede. Staduitspreiding– ongekontroleerde ontwikkeling van stede Tempo van verstedeliking – hoe vinnig verstedeliking plaasvind Vlak van verstedliking – persensie van totale bevolking in stede Interpretasie van grafieke en statistiek – sien voorbeelde in verduidelikings.
1.4. Hoe standplaas en ligging die plek van stedelike nedersettings affekteer Die standplaas is die werklike plek van ‘n nedersetting op die aarde en word bepaal dur die fisiese kenmerke van die landskap wat spesifiek tot daardie gebied is. Dit sluit faktore in soos die beskikbaarheid van water, brandstof (hout/elektrisiteit), weiding, vrugbare grond.
http://geography.parkfieldprimary.com/the-united-kingdom/population-and-migration
Ligging van ‘n nedersetting word gedefinieer as die ligging van ‘n plek relatief tot sy omgewing en ander plekke. Faktore wat ‘n gebied se ligging bepaal is die toeganklikheid van die plek, die plek se verbinding met ‘n ander plekke, en hoe naby ‘n gebied is aan grondstowwe as dit nie spesifiek op die standplaas voorkom nie.
http://share.nanjing-school.com/myphumanities/8-humanities/settlement/2-settlements-concepts
STANDPLAAS Ekonomie
Infrastruktuur
Fisiese faktore
LIGGING Plaaslik
Streekgewys Globaal
Gauteng Department van Onderwys 18
1.5. Klassifisie van stedelike nedersettings volgens funksie Sentraleplekdorpe: hierdie tipe dorp verskaf die basiese dienste aan die
omliggende gemeenskap. Alle stedelike nedersettings het hierdie funksie maar in klein dorpe mag dit die enigste en hooffunksie wees.
Handel en voervoer dorpe: Hierdie dorpe ontwikkel by belangrike vervoerroete inteseksies en die mees belangrike funksie is handel met die omliggende nedersettings.
Vragverbekingspunte: Hierdie tipe dorp ontwikkel waar verskillende soorte vervoermetodes mekaar ontmoet en grootmaatvrag word όf van hier
versprei of ander vervoermetodes van vrag word hier versamel en in grootmaat na ander markte gestuur. Hawens en dorpe met groot lughawens wat aan spoor en padvervoer gekoppel is, is voorbeelde van vragverbekingspunte.
Gespesialiseerde dorpe: Hierdie dorpe spesialiseer slegs in een funksie bv.
o Myndorpe: mees belangrike aktiwiteit is mynbou o Vakansie dorpe: ‘n natuurlike aantrekkeingskrag het tot die
ontwikkeling van die dorp gelei bv, kuslyne, warmwaterbronne, ski oorde, fonteine ens.
o Industriële dorpe: die mees belangrike aktiwiteit is industrieë. Bv. Sasolburg in SA.
Aansluitinsdorpe ontwikkel by belangrike vervoeraansluitingspunte: bv. De Aar het by die belangrike aansluitingspunt tussen die Noord/Suid en WesOos spoorweë in SA ontwikkel. Germiston is ook by ‘n belangrike spooraansluiting in Gauteng.
Poortdorpe ontwikkel waar daar slegs een brug oor ‘n rivier of een pas deur ‘n berg is. Deur hierdie poort waar alle reisigers moet beweeg, sal ‘n poortdorp ontwikkel.
2. Stedelike Hierargieë 2.1. Konsepte van
Stedelike hierargie verwys na die klassifikasie van nedersettings volgens hulle grootte en kompleksitiet. Hoe meer mense en funksies in ‘n dorp/stad hoe hoër is die hierargie. Daar is baie nedersettings in die laer hierargie en slegs ‘n paar groot nedersettings in die hoër range.
Sentrale plek – verskaf basiese dienste aan die gemeenskap bv. medies, gesondheid, skole, winkels, kerke bv. Bronkhorstspruit
Drempelbevolking verwys na die hoeveelheid mense wat nodig is om ‘n funksie te onderhou vir dit om te oorleef.
Invloedsfeer: die gebied waarvan mense kom om van die dienste in ‘n dorp of stad gebruik te maak.
Reikwydte van goedere: hoe ver mense bereid is om te reis om ‘n spesifieke produk of diens te bekom. Bv. mense sal nie bereid wees om te reis nie
Gauteng Department van Onderwys 19
2.2. Konsepte van Lae- en hoë orde funksies/dienste:
Lae orde funksies/dienste verwys na alledaagse geriewe soos brood, melk, algemene handelaars, haarkappers, slaghuise, skole, klinieke – wat mense daagliks benodig. Lae orde funksies/dienste het ‘n lae bevolkingsdrumpel en ‘n klein reikwydte. Hoë orde funksies/dienste verwys na duurder en meer gespesialiseerde produkte en dienste: bv. juwelliers, motorverkopers, banke, universiteite, regsdienste, hospitale en spesialiste. Mense sal bereeid wees om verder te reis om hierdie produkte / dienste te verkry indien hulle dit nodig het, maar hulle maak nie daagliks van hierdie dienste gebruik nie. Hoë orde dienste/funksies het ‘n hoë bevolkingsdrumpel en ‘n wye reikwydte.
Lae- en hoë orde sentrums: sommige dorpe het ‘n groot verskeidenheid van dienste insluitende hoë orde dienste. Die invloedsfeer van hierdie tipe dorp sal groter wees. Kleiner dorpies met meestal lae orde funksies sal minder mense aantrek as gevolg van ‘n klein invloedsfeer.
3. Stedelike Struktuur en Patrone 3.1. Interne struktuur en patrone van stedelike nedersettings
Stedelike nedersettings ontwikkel en verander oor tyd. Ouer stede of gedeeltes van stede lyk verskillend van nuwer stede. Die infrastruktuur soos paaie, spoorweë en fisiese kenmerke soos riviere, kuslyne en berge sal beïnvloed hoe stede lyk. Die volgende illustreer die algemene grondgebruike in die verskillende tipes stede.
3.1.1. Grondgebruiksones inluitende redes vir ligging en kenmerke Kommersieël: besigheidsgebiede soos die SSK (Sentrale Sake Kern),
gedesentraliseerde winkelsentrums, residensiële winkelsentrums, en kommersiële lint-ontwikkeling langs toegangsroetes ens. Toeganklikheid is baie belangrik.
Residensieël: formele behuising (hoë, middel en lae inkomste) en informele behuising naamlik plakkerskampe. Hoë inkomste gebiede is in die mees populêre gebiede waar daar toegang tot private vervoerroetes is.
Gauteng Department van Onderwys 20
Plakkerskampe is aan die buitewyke van die dorp naby riviere op onbesette grond maar dan is dit onwettig beset.
Industriële gebiede – swaar industrieë met baie hindernisfaktore is op groot standplase aan die buitewyke van die dorp. Ligte industrieë is naby die SSK sodat dit produkte kan verskaf aan die kleinhandelaars in die SSK.
Sone van verval/oorgangsone verwys na die gebied rondom die SSK waar die SSK in die ligte insdustriële gebiede ingroei en in lae inkomste behuising gebiede deur ‘n proses van indringing en suksessie. Dit word dikwels met krotbuurte en verval (geboue wat nie herstel word nie) geassosieer.
Groengordel – parke en bewaringsgebiede in stede. Stedelike-landelike oorgangsone – gebied waar die stad in landelike
gebiede ingroei – mengsel van landelike en stedelike funksies.
Gauteng Department van Onderwys 21
http://14kome.wordpress.com/2012/04/17/urban-land-use-models/
SSK Sentrale
Sake Kern
Groothandel en
vervaardiging
Grondgebruiksone Foto Beskrywing
Lae inkoste
woongebiede
Die kommersiële en besigheids kern van ‘n stad. Hoogste
grondwaardes
Oorgangsone Lae inkomste behuising en ligte vervaardiging Konstante verandering soos wat vernuwing plaasvind Armer gesinne woon hier
Middel inkomste
woongebiede
Hoë inkomste
woongebiede
Landelike stedelike
oorgangsone
Semi-losstaande huise op groter erwe met tuine op groter erwe
Verhurings
Private luukse behuising op groot erwe met motorhuise en
groot tuine
Buite rant van stedelike nedersetting – gemengde landelike en stedelike grond gebruike Pendeldorpe / voorstede kom hier
voor
Grondgebruiksone Foto Beskrywing
Gauteng Department van Onderwys 22
3.2. Faktore wat die morfologie van ‘n stad beïnvloed
3.2.1. Stedelike profiele Konsep van stedelike profiel – die sy-aansig van ‘n stad. Die hoogste
geboue is in die middel en die geboue word korter na die kant van die stad. Redes vir die vorm van die stedelike profiel
o Hogste geboue in die middel van die stad, die kompetisie vir grond en hoë grondwaardes lei tot toringblokke wat gebou word.
o Soos wat die grondwaarde verminder na die buitewyke so verminder die hoogte en digtheid van geboue ook.
3.3. Modelle van stedelike struktuur
3.3.1. Burgess/Konsentries 3.3.2. Hoyt/Sektor 3.3.3. Harris enUllman/Veelvuldige kerne
Landelik Voorstad dam Pakhuise Stedelike SSK Stedelike Park Voorstad
woongebiede woongebiede
Gauteng Department van Onderwys 23
3.3.4. Derde Wêreld stede Derde wêreld stede is deur kolonialisme beïnvloed wat nog tot ‘n sekere mate vandag sigbaar is. Hierdie stede toon sekere kenmerke van die sektor model.
City / Stad Urban realm boundary / Stedelike
grense gebied CBD / SSK
Lughawe / Airport Edge City / randstad
Central City / Middestad New downtown / nuwe sake kern
Model Subsaharan African City / Model van Sub-Sahara
Afrika stad Informal satellite townships /
Informele satelliet woongebiede
Ethnic and mixed neighborhoods / Etniese en
gemengde voorstede Mining and manufacturing
zone / Mynbou en vervaardigingsone
Colonial CBD / Koliniale SSK Tradition CBD / Tadisionele
SSK Market zone / Markgebied
Major road / hoofpad
Gauteng Department van Onderwys 24
Latyns-Amerikaanse Stadsmodel 3.3.5. Suid-Afrikaanse stad veranderlike stedelike patrone en grondgebruik http://www.uwec.edu/geography/Ivogeler/Travel/Southern%20Africa/apartheid-models.htm
Industrial park / industriele park
Commercial / Kommersieël Market / Markgebied
Elite residential sector / Elite woongebiede
Zone of maturity / Volwasse zone
Zone of in situ accretion / groeisone
Zone of peripheral squatter camps / randsone plakkers
Gentrification / binne stedeliking herstel
Middle-class residential /
middelklas behuising
SSK Indiër SSK Wit SSK Industrië Vryhandel
Swart areas Kleurling areas Wit areas Werkershostelle Informele huise
Hoog Middel Laag
Besigheid en Industrië Residensieel Sosio- ekonomise status
Ou SSK Nuwe SSK Winkel sentrums Industrieë
Residensiële areas Woonstelle en hostelle Sekuriteitskomplekse Hoë digtehid voorstede Informele nedersettings Lae digtheid voorstede Baie lae digtheid voorstede
Besigheid en Industrieë
Gauteng Department van Onderwys 25
4. Stedelike Nedersetting Kwessies 4.1. Onlangse verstedelikingspatrone in Suid-Afrika
Verstedeliking het vinnig in Suid Afrika soos in ander derde wêreld lande gebeur het. Dit het tot ‘n aantal uitdagings gelei.
4.1.1. Stedelike aangeleenthede wat verband hou met vinnige verstedeliking Middestadprobleme
o Ontvolking in die nag lei tot misdaad o Opeenhoping van mense en verkeer o Lug en geraas besoedeling o Hoë grondpryse lei tot desentralisering o Krotbuurte ontwikkel in ou kantoorgeboue wat geoormerk is vir
sloping o Middestad word onaantreklik vir besigheid o Stedelike vernuwing
Stedelike verval o Swak onderhouding van geboue wat minder werd is as die grond
waarop hulle gebou is. o Geboue word vervalle en verlate o Krotbuurte ontwikkel – armoede en ander sosiale euwels kom in
hierdie gebiede voor. Verkeersopeenhoping
o Beweging in en uit die SSK en ander besigheidsgebiede lei tot verkeersprobleme.
o Swak publieke vervoer o Besoedeling/ vermorsing van tyd en brandstof
Swak beplanning o Lei tot meer verkeersprobleme o Besoedeling gevare o Oneffektiewe gebruik van bronne en tyd
Oorbevolking o Behuisingstekorte – o Verspreiding van siektes o Sosiale euwels kom baie voor
Behuisingstekorte o Plakkerskampe en krotbuurte ontwikkel
Dienslewering o Oorbenutting van dienste
Gauteng Department van Onderwys 26
4.1.2. Informele nedersettings
Groei van informele nedersettings o As gevolg van snelle verstedeliking o Mense bou plakkershutte van enige tipe materiaal o Hulle betrek onwetlik ongebruikte grond wat aan individue, die
regering of maatskappye behoort o Die gebiede waarop hulle bou is nie altyd geskik vir nedersettings
nie en dan moet die plakkers hervestig word. Sake assosieer met informele nedersettings
o Geen infrastruktuur in plek nie (geen water, elektrisiteit, paaie of rioolstelsels nie)
o Gebrek aan dienste soos winkels, skole en klinieke o Armoede o Sosiale euwels soos dwelmisbruik, mishandeling van vorue en
kinders kom voor o Werkloosheid en die gebrek aan vaardighede maak dit moeilik om
betalende werk te vind o Mense gebruik paraffien stofies en lampe of kerse en vure vernietig
groot gebiede en mense verloor hulle lewens of huise en besittings. Strategieë om sake wat met verband hou met informele nedersettings aan
te spreek o Bou van lae koste behuising deur die regering o Ontwikkeling van infrastruktuur o Verbeterde dienslewering o Ontwikkeling van vaardighede o Sosiale ondersteuningsprogramme o Armoede, kinder en ouderdomspensioene
Gevallestudies van die wêreld en Suid Afrika Sien eksamenvrae. Lees koerante en tydskrifte om op datum te bly met
wat in SA en die res van die wêreld gebeur.
Gauteng Department van Onderwys 27
4.2. Gevallestudies oor hoe sekere stedelike gebiede in Suid Afrika stedelike uitdagings bestuur Die eksaminatore kan uittreksels oor enige van hierdie sake insluit en vrae vra om te bepaal of jy hierdie konsepte en die impak van hierdie onregte verstaan. Moet dit nie in die eksamens verwar nie. Indien hulle na ekonomiese onregte verwys moet nie omgewingsonregte of omgekeerd bespreek nie.
4.2.1. Omgewingsonregte Lugbesoedeling – as gevolg van industrieë, motorvoertuie en oop vure. Geraasbesoedeling – industrieë en motorvoertuie Vernietiging van ekostelsels – as gevolg van waterbesoedeling en
stadspreiding
4.2.2. Ekonomiese onregte Armoede – as gevolg van werkloosheid en gebrek aan vaardighede Swak publieke vervoerstelsels – swak beplanning en kompetisie
4.2.3. Sosile onregte Ongelyke toegang tot dienste – swak dienslewering Ongelyke toegang tot grondstowwe – stedelike plantelandse en ryk arm
ongelykhede.
Gauteng Department van Onderwys 28
STEDELIKE NEDERSETTINGS
2014 November
1. Verwys na die koerantuittreksel in FIGUUR 4.3 oor stedelike
probleme en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Gee 'n frase uit die uittreksel wat die betekenis van stadsvernuwg
verduidelik. (1 x 1) (1)
1.2 Met verwysing na die koerantuittreksel, verduidelik waarom die
middestad van Johannesburg oorbevolk geraak het. (2 x 2) (4)
1.3 Stel TWEE redes voor waarom die gehalte en lewering van dienste
aan die Johannesburgse middestad geleidelik verswak. (2 x 2) (4)
1.4 Waarna verwys die 'groen longe' in die uittreksel? (1 x 2) (2)
1.5 Stel TWEE voordele van 'groen longe' in 'n stad voor. (2 x 2) (4)
AFDELING B: TIPIESE EKSAMENVRAE – STEDELIKE NEDERSETTINGS
Gauteng Department van Onderwys 29
2015 NSS November
1. Verwys na FIGUUR 3.3, wat verkeersopeenhoping toon, en beantwoord
die vrae wat volg.
1.1 Definieer die term verkeersopeenhoping. (1 x 1) (1)
1.2 Noem EEN negatiewe invloed van verkeersopeenhoping op die fisiese
omgewing. (1 x 1) (1)
1.3 Wat is die tendens wat die grafiek van 1982 tot 2010 toon met
betrekking tot die ure wat 'n pendelaar per jaar opgehou word? (1 x 2) (2)
1.4 Gee 'n moontlike rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.3. (1 x 2) (2)
1.5 Beskryf TWEE negatiewe invloede van hierdie oponthoud op
pendelaars. (2 x 2) (4)
1.6 Stel TWEE moontlike maniere voor waarop verkeersopeen-hoping in
stedelike gebiede verminder kan word. (2 x 2) (4)
“Die volgende uittreksel gebruik beeldspraak, maar is belangrik om te weet dat wanneer ‘n begrip gevra word, gee die korrrekte terminologie/definisie
Gauteng Department van Onderwys 30
2. Lees die uittreksel oor stadsvernuwing in Suid-Afrika in die International
Business Times in FIGUUR 4.4 noukeurig deur voordat jy die vrae
beantwoord.
2.1 Wat word met die term stadsvernuwing bedoel? (1 x 1) (1)
2.2 Gee die naam van die grondgebruiksone waarna in hierdie artikelverwys
word, waar baie hawelose mense in ou geboue woon. (1 x 1) (1)
2.3 Waarom sal 'n kunsmekka soos Maboneng as 'n voorbeeld van 'n
stadsvernuwing-strategie beskou word? (1 x 2) (2)
2.4 Bespreek DRIE negatiewe invloede van stadsvernuwing op die armesvan die
stad. (3 x 2) (6)
2.5 Verduidelik die positiewe invloed van stadsvernuwing op toerisme. (2 x 2) (4)
Gauteng Department van Onderwys 31
AFDELING C: HUISWERK VRAE - STEDELIKE NEDERSETTINGS
VRAAG 1: 16 minute [20] (Aangepas van Feb/March NSC 2013 Vraestel 1) Kyk eers waaroor die foto handel voordat die vrae beantwoord word.
1.1. Verwys na die figuur hierbo wat ‘n grondgebruiksone aandui. Identifiseer die grondgebruiksone in die beeld. (1)
1.2. Noem TWEE kenmerke van hierdie sone wat duidelik in die beeld sigbaar is. (2 x 1 = 2)
1.3. Verduidelik waarom hierdie grondgebruiksone die kenmerke ontwikkel wat in Vraag 1.2 genoem is. (3 x 2 = 6)
1.4. Hierdie sone verloor prominensie (belangrikheid) in die meeste Suid- Afrikaanse stede en baie besighede beweeg uit die stede uit. 1.4.1. Gee ‘n term wat gebruik word vir die beweging van besighede weg van hierdie grondgebruiksone na die voorstede toe. (1) 1.4.2. Sentrifugale kragte dryf mense en besighede om uit hierdie gebruiksone te beweeg. Skryf ‘n paragraaf (ongeveer 12 reëls) wat hierdie stelling ondersteun deur te verwys na faktore wat veroorsaak dat besighede wegbeweeg van hierdie grondgebruiksone. (4 x 2 = 8) 1.4.3. In hierdie stedelike nedersetting is die sentrifugale kragte teengewerk. Bewys hierdie stelling met bewyse uit die foto. (2 x 1 = 2)
Gauteng Department van Onderwys 32
VRAAG 2 (12 minute) [15 Punte] (Skets van Feb Maart NSS 2013) 2.1. Bestudeer die sketse hieronder wat straatpatrone illustreer en beantwoord die
volgende vrae:
2.1.1. Voltooi die tabel hieronder en vergelyk die drie straatpatrone wat geïllustreer word. (15)
Kenmerk A B C
Identifiseer straat-patroon
Voordeel
Nadeel
Mees algemene grondgebruik wat hierdie patroon gebruik
Relatiewe ouderdom
Gauteng Department van Onderwys 33
VRAAG 3: 24 minute [30] (Geneem van NSS Feb/Maart 2012 Vraestel 1)
Bestudeer die figuur hierbo wat die verskillende nedersettings en grondgebruike aantoon. 3.1. Identifiseer die tipe landelike nedersetting aangetoon deur byskrif 3. Gee ‘n
rede om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2 = 4) 3.2. ‘n Streekswinkelsentrum word beplan vir die standplaas genommer 4.
Gee TWEE kenmerke van hierdie tipe sentrum. (2 x 2 = 4) 3.3. Gee twee faktore wat die standplaas van nedersetting 5 kon beïnvloed.
(2 x 2 = 4) 3.4. Noem DRIE faktore wat die ligging van die industriële gebied by 1 begunstig.
(3 x 2 = 6) 3.5. Die stedelike gebied 2 word met ‘n aantal uitdagings geassosieer. Met
spesifieke verwysing na die stedelike gebied 2, noem en bespreek (in ongeveer 8 reëls) die probleme wat dit sal ondervind in terme van stedelike uitbreiding. (4 x 2 = 8)
3.6. Differensieer tussen die grondgebruik by 3 en 5 en by 1 en 2. (2 x 2 = 4)
Gauteng Department van Onderwys 34
VRAAG 4: 16 minute [20] (Aangepas van NSS Feb/Maart 2012 Vraestel 1)
Die figuur hierbo toon ‘n stedelike grondgebruikmodel aan. 4.1. Watter grondgebruikmodel verteenwoordig hierdie skets? (1 x 2 = 2) 4.2. Verwys na die grondgebruik sone genommer A. 4.2.1. Benoem die grondgebruiksone. (1 x 2 = 2) 4.2.2. Beskryf die ligging van die sone. (1 x 2 = 2) 4.2.3. Waarom is die vorm van sone A onrealisties? (1 x 2 = 2) 4.3.1. Gee TWEE redes vir die ontwikkeling van pondokdorpies. (2 x 2 = 4) 4.3.2. Noem TWEE uitdagings wat met pondokdorpies geassosieer word. (2 x 2 = 4) 4.3.3. Watter aspek van die model verteenwoordig ‘n tipiese Suid Afrikaanse stad? (1 x 2 = 2) 4.3.4. Watter tipe vervoer sal die industriële gebiede ook gebruik buiten vir
wat op die sketskaart aangedui word? (1 x 2 = 2)
Gauteng Department van Onderwys 35
VRAAG 5: 12 minute [20] (AANGEPAS UIT NSS Nov 2013 VRAESTEL 1)
Verwys na die figuur hierbo wat bevolkingsbewegings tussen nedesettings illustreer. 5.1. Noem beweging A in die skets. (1 x 2) (2) 5.2. Gee EEN rede waarom mense van die plattelandse boeredorpies af wegtrek. (1 x 2) (2) 5.3. Bespreek die impak van die beweging van mense weg van die plattelandse boeredorpies af op die ekonomie van hierdie nedersettings. (3 x 2) (6) 5.4. Sal beweging B meer waarskynlik in ontwikkelde of ontwikkelende lande
plaasvind? (1 x 2) (2) 5.5. Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy die impak van beweging A op die SSK (D) en binnestad (C) uiteensit. (4 x 2) (8) VRAAG 6: 10 minute [14] (Aangepas uit NSS Maart 2013 Vraestel 1) 6. Verwys na die figuur hieronder wat landelik-stedelike migrasie en die uitwerking daarvan op Suid-Afrika toon. 6.1. Definieer die term verstedeliking. (1 x 2) (2) 6.2. Identifiseer die provinsie met die hoogste verstedelikingstempo. (1 x 2) (2) 6.3. Noem TWEE trekfaktore wat daartoe bydra dat mense vanaf landelike gebiede na stedelike gebiede trek. (2 x 2) (4) 6.4. Verwys na die spotprent in die figuur. (a) Identifiseer die stedelike probleem, as gevolg van verstedeliking, wat deur die spotprent beklemtoon word. (1 x 2) (2)
Gauteng Department van Onderwys 36
(b) Lewer kommentaar oor hoekom die spotprenttekenaar nie saamstem met die manier waarop die probleem opgelos word nie. (1 x 2) (2) (c) Stel 'n volhoubare oplossing vir die probleem in die spotprent voor. (1 x 2) (2)
VRAAG 7: 3 minutes [5] (Taken from NSC March 2012 Paper 1) Verwys na die figuur hieronder en ooreenstem met die sketse van die beskrywings hieronder:
7.1. Syaansig van 'n stad 7.2. Lineêre nedersetting wat langs 'n rivier ontwikkel 7.3. Stervormige nedersetting wat as gevolg van groei langs uitgaande vervoerroetes ontwikkel 7.4. ‘n Beplande onreёlmatige straatpatroon 7.5. Nedersetting wat 'n sirkelvorm aanneem (5 x 1 = 5)