graad 11 november 2015 siviele tegnologie...nasionale senior sertifikaat graad 11 november 2015...

21
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 SIVIELE TEGNOLOGIE PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, wat 2 antwoordbladsye en ʼn formuleblad insluit.

Upload: others

Post on 09-Feb-2021

7 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

    GRAAD 11

    NOVEMBER 2015

    SIVIELE TEGNOLOGIE

    PUNTE: 200 TYD: 3 uur

    Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, wat 2 antwoordbladsye en ʼn formuleblad insluit.

  • 2 SIVIELE TEGNOLOGIE (EC/NOVEMBER 2015)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    BENODIGDHEDE 1. ANTWOORDEBOEK 2. Tekengereedskap 3. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. 2. AL die vrae is VERPLIGTEND. 3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOET NIE onderafdelings skei NIE. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Sketse kan gebruik word om jou antwoorde te illustreer. 6. ALLE berekeninge en geskrewe antwoorde moet in die ANTWOORDEBOEK

    gedoen word.

    7. Gebruik die puntetoekenning as n riglyn om die lengte van jou antwoorde te

    bepaal.

    8. Tekeninge en sketse moet volledig en netjies van afmetings, byskrifte en titels

    voorsien word soos voorgeskryf deur SANS (SABS) se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.

    9. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of detail ontbreek. 10. Beantwoord VRAAG 5.2 en VRAAG 6.1 op die ANTWOORDBLAAIE wat

    voorsien is.

  • (EC/NOVEMBER 2015) SIVIELE TEGNOLOGIE 3

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 1: KONSTRUKSIEPROSESSE 1.1 Wat is die doel van die volgende stawe in ʼn gewapende betonbalk? 1.1.1 Hoofstawe (1) 1.1.2 Drukstawe (1) 1.1.3 Skuifstawe (1) 1.1.4 Beuels (2 x 1) (2) 1.2 Beskryf kortliks die doel van die staafskedule wat aan die staalmaatskappy

    gestuur word. (2) 1.3 Beskryf VIER aspekte van gemonteerde staalwapening wat gekontroleer moet

    word voordat die beton gegiet word. (4 x 2) (8) 1.4 Watter tipe las veroorsaak die laterale kragte in ʼn kolom? (1) 1.5 Noem TWEE voordele van die gebruik van metaal vir bekistingmateriaal. (2 x 1) (2) 1.6 Identifiseer die dele 1.6.1 tot 1.6.6 van die bekisting in FIGUUR 1.6. (6 x 1) (6)

    FIGUUR 1.6 1.7 Beskryf kortliks die konstruksieproses van ʼn voorgespanne betonlatei. (3) 1.8 Noem DRIE voordele van voorgespanne betonlateie. (3 x 1) (3) [30]

  • 4 SIVIELE TEGNOLOGIE (EC/NOVEMBER 2015)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 2: GEVORDERDE KONSTRUKSIEPROSESSE 2.1 Maak ʼn netjiese skets in goeie verhouding van ʼn halfsteenmuur en toon die

    volgende: 2.1.1 VYF steenlae (1) 2.1.2 Strykverband (1) 2.1.3 Doodloopent aan die linkerkant (1) 2.1.4 Trumesselwerk aan die regterkant (2) 2.2 Beskryf kortliks die doel van die lynblokkies by die konstruksie van

    steenmure. (2) 2.3 Beskryf kortliks die doel van die muurplaat by ʼn dakkonstruksie. (2) 2.4 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.

    Skryf slegs WAAR of ONWAAR langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.

    2.4.1 Horisontale daghavoeë word strykvoeë genoem. (1) 2.4.2 Steenversterking is ʼn draadnet van gegalvaniseerde staal. (1) 2.3.3 Balkvulling is ʼn houtbalk waaraan dakteëls geheg word. (1) 2.4.4 Hoepelbinte word gebruik om die blaaie van spoumure te bind. (1) 2.4.5 Vogweerlae in buitemure moet ten minste 50 mm vanaf die

    grondvlak wees. (1) 2.5 Motiveer kortliks waarom ʼn spoumuur syfergat openinge moet hê. (2) 2.6 Beskryf kortliks die beginsels wat die keerfunksies verrig by voorafgegiete

    betonkeerstrukture. (2)

  • (EC/NOVEMBER 2015) SIVIELE TEGNOLOGIE 5

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    2.7 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die skoringkonstruksie in

    FIGUUR 2.7:

    FIGUUR 2.7 2.7.1 Wat is die voordeel van hierdie tipe skoring? (1) 2.7.2 Noem VYF faktore wat die tipe ontwerp van die skoring sal

    beïnvloed. (5 x 1) (5) 2.7.3 Benoem die dele 2.7.A en 2.7.B. (2) 2.8 Watter gereedskapstuk sal vir die volgende tipe werk gebruik word? 2.8.1 Toets of vloere horisontaal gegiet is (1) 2.8.2 Hou pleister op vir pleisterwerk (1) 2.8.3 Word gebruik om ʼn aantal groewe langs mekaar in betonvloere te

    maak (1) 2.8.4 Word gebruik om pleisterwerk tydens die afstrykproses nat te maak (1) 2.8.5 Om verskillende profiele in hout te sny vir randsnywerk (1) 2.9 Beskryf DRIE veiligheidsmaatreëls wat van toepassing is wanneer op die

    dikteskaaf gewerk word. (3 x 2) (6) 2.10 Noem DRIE maatreëls wat toegepas moet word wanneer ʼn werker ʼn

    nekbesering opgedoen het. (3 x 1) (3) [40]

  • 6 SIVIELE TEGNOLOGIE (EC/NOVEMBER 2015)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 3: SIVIELE DIENSTE 3.1 Motiveer kortliks, deur na die funksies van die drukbeheerklep te verwys,

    waarom ʼn drukbeheerklep by ʼn geiser geïnstalleer word. (3) 3.2 Watter klep beskerm die geiser teen vakuumineenstorting? (1) 3.3 Motiveer kortliks waarom elke geiser van ʼn drupbak voorsien moet word. (2) 3.4 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.

    Skryf slegs WAAR of ONWAAR langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.

    3.4.1 Drekwater word in ʼn vetvanger gestort. (1) 3.4.2 Die deursneegrootte van opwasbakafvoerpype is 50 mm. (1) 3.4.3 Die hoek van rioolpypbuigstukke is 90º. (1) 3.4.4 Sperders word by die uitlaat van geisers gebruik. (1) 3.4.5 ʼn Spoelkloset word aan ʼn 110 mm rioolpyp gekoppel. (1) 3.4.6 Die doel van ʼn waterslot is om te voorkom dat vuilwater in die

    muurmeublement opstoot. (1) 3.5 Wat is die doel van ʼn vlotterklep en waar kom dit voor? (2) 3.6 Noem VIER plekke waar mangate in ʼn rioolstelsel geïnstalleer moet word.

    (4 x 1) (4) 3.7 Wat is die doel van steekoë in ʼn rioolstelsel? (1) 3.8 Motiveer kortliks waarom riole in ʼn reguit lyn gelê moet word. (2) 3.9 Maak ʼn netjiese skets om die konstruksie van ʼn valpypstelsel te illustreer.

    Dui ook die posisie van die steekoog aan. (4) 3.10 Wat is die maksimum helling van ʼn rioolpyplyn? (1) 3.11 Maak netjiese sketse en toon die afkortings van die volgende

    rioolsimbole: 3.11.1 Lugpyp (2) 3.11.2 Rioolput (2) [30]

  • (EC/NOVEMBER 2015) SIVIELE TEGNOLOGIE 7

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 4: MATERIALE EN HOEVEELHEDE 4.1 Maak netjiese sketse om die volgende staalprofiele te illustreer: 4.1.1 Hoekyster (2) 4.1.2 Kanaalyster (2) 4.1.3 H-balk (2) 4.2 Noem VYF eienskappe van koolteerkreosoot vir houtpreservering. (5 x 1) (5) 4.3 Beskryf die doel van houtpreservering. (2) 4.4 Motiveer kortliks waarom aluminiumvensterrame vir konstruksies naby die

    kus gebruik sal word. (1) 4.5 Wat is die nadeel van ysterhoudende metale? (1) 4.6 Motiveer kortliks waarom ʼn ontwerper die eienskappe van materiale moet ken

    wanneer strukture ontwerp word. (2) 4.7 Noem VYF eienskappe van glas. (5 x 1) (5) 4.8 Beskryf kortliks die vervaardigingsproses van spieëls. (4) 4.9 ʼn Hoeveelheidslys bestaan uit vier kolomme.

    Benoem die kolomme A, B, C en D. (4)

    [30]

  • 8 SIVIELE TEGNOLOGIE (EC/NOVEMBER 2015)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 5: TOEGEPASTE MEGANIKA 5.1 FIGUUR 5.1 toon ʼn balk wat ondersteun word deur steunpunte A en B.

    Bereken die reaksiekrag van steunpunte A en B.

    (10) FIGUUR 5.1 5.2 FIGUUR 5.2 op vel A toon ʼn raamstruktuur met puntbelasting. Voltooi die

    volgende op vel A: 5.2.1 Die kragtediagram op skaal 1 N = 1 mm (8) 5.2.2 Die tabel deur die grootte en aard van die kragte in die dele van die

    tabel neer te skryf (8) 5.3 FIGUUR 5.3 op toon ʼn balk met puntbelasting. Bereken die

    buigmomentwaardes van punt a tot d. (4)

    FIGUUR 5.3 [30]

  • (EC/NOVEMBER 2015) SIVIELE TEGNOLOGIE 9

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 6: GRAFIKA EN KOMMUNIKASIE 6.1 VEL C toon die natuurlike grondvlak vir ʼn deursnee-aansig deur ʼn

    muurkonstruksie met ʼn venster. Gebruik VEL C en teken op skaal 1 : 50 die deursneetekening van een muurkonstruksie van ʼn woonhuis. Die volgende inligting moet aangetoon word:

    6.1.1 Skaal 1 : 50 (2) 6.1.2 600 mm x 200 mm betonfondament met die betonsimbool (3) 6.1.3 Ongesteurde grondsimbool (1) 6.1.4 Fondamentmuur (1) 6.1.5 100 mm Grondvulling met simbool (2) 6.1.6 100 mm Betonvloer met simbool (2) 6.1.7 Vogweerlaag onder die vloer (1) 6.1.8 Spoumuur met arsering (3) 6.1.9 Vogweerlaag in die spoumuur (2) 6.1.10 2,6 m Muurhoogte vanaf vloervlak tot by die plafon (1) 6.1.11 Vensterbank (1) 6.1.12 900 mm venster (1) 6.1.13 Vensterlatei (1) 6.1.14 Venstervogweerlaag (1) 6.1.15 Balkvulling (1) 6.1.16 114 x 38 mm Muurplaat (1) 6.1.17 114 mm Gedeeltelike bindbalk en kapbeen met ʼn 30º-dakhelling (2) 6.1.18 Onderste twee 38 x 38 mm daklatte vir teëls (2) 6.1.19 Lynwerk en netheid (2) 6.2 Maak netjiese sketse om elkeen van die volgende simbole te illustreer: 6.2.1 Binnedeur (2) 6.2.2 Trappe (2) 6.2.3 Muurlig (2) 6.2.4 Fluoressentlig enkel (2) 6.2.5 Mangat (2) [40] TOTAAL: 200

  • 10 SIVIELE TEGNOLOGIE (EC/NOVEMBER 2015)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    ANTWOORDBLAD ANSWER SHEET A SIVIELE TEGNOLOGIE CIVIL TECHNOLOGY NAAM:NAME: VRAAG/QUESTION 5.2 (16)

    SKAAL/SCALE: 1 N = 1 mm

    DEEL/PART STUT/STRUT STANG/TIE AF BG CH DI EI EF FG GH HI (4)

    a

  • (EC/NOVEMBER 2015) SIVIELE TEGNOLOGIE 11

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    ANTWOORDBLAD ANSWER SHEET B SIVIELE TEGNOLOGIE CIVIL TECHNOLOGY NAAM: NAME:

    VRAAG/QUESTION 6.1 (30)

    Korrekte skaal 2 Fondament + Simbool 3 Ongesteurde grondsimbool 1 Fondamentmuur 1 Grondvulling simbool 2 Betonvloer + Simbool 2 Vloer VWL 1 Spoumuur + Arsering 3 Muur VWL 2 Muurhoogte 1 Vensterbank 1 Venster 1 Vensterlatei 1 Venster VWL 1 Balkvulling 1 Muurplaat 1 Bindbalk + Kapbeen 2 Daklatte 2 Lynwerk/Netheid 2 TOTAAL 30

    NATUURLIKE GRONDVLAK

    DEURSNEE-AANSIG

    SKAAL 1:50

  • 12 SIVIELE TEGNOLOGIE (EC/NOVEMBER 2015)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    FORMULEBLAD

    BELANGRIKE AFKORTINGS

    SIMBOOL BESKRYWING SIMBOOL BESKRYWING SIMBOOL BESKRYWING

    G Swaartepunt h Hoogte d Deursnee C Sentroïed b Breedte/Wydte r Radius L Lengte s Sy A Oppervlakte 𝜋 Pi = 227 = 3,142 ∅ Deursnee V Volume

    FORMULES

    OPPERVLAKTE VAN

    FORMULE (in woorde)

    FORMULE (in simbole)

    FORMULE VIR DIE POSISIE VAN SENTROÏEDE

    X-as Y-as Vierkant Lengte x Breedte I x b 𝑏2

    𝑏2

    Reghoek Lengte x Breedte I x b I2 𝑏2

    Reghoekige driehoek ½ x basis x hoogte ½b x h

    𝑏3

    ℎ3

    Gelyksydige driehoek/ Piramide

    ½ x basis x hoogte ½b x h 𝑏2 ℎ3

    Sirkel 𝜋 x radius x radius 𝜋𝑟2 Sentroïed is in die middel Sirkel 𝜋 x diameter x diameter gedeel deur 4

    𝜋𝑑24

    Halfsirkel 𝜋 x radius x radius gedeel deur 2 𝜋𝑟2

    2

    Sentroïed is 0,424r op die middellyn

    Posisie van sentroïed = (A1 x d) + (A2 x d)Totale oppervlakte

  • NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

    GRAAD 11

    NOVEMBER 2015

    SIVIELE TEGNOLOGIE MEMORANDUM

    PUNTE: 200

    Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye.

  • 2 SIVIELE TEGNOLOGIE (EC/NOVEMBER 2015)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 1: KONSTRUKSIEPROSESSE 1.1 1.1.1 Weerstaan trekkrag (1) 1.1.2 Weerstaan drukkrag (1) 1.1.3 Weerstaan skuifkragte (1) 1.1.4 Bind hoofstawe

    Weerstaan skuifkragte (2 x 1) (2) 1.2 Voorsien die staalverskaffer (1) die tekening/vormkode (2) vir mates/buig van

    die staaf. (2) 1.3 (1) Word die korrekte (2) stawe/vorms gebruik

    (1) Is die stawe (2) die korrekte dikte (1) Is die stawe (2) gemonteer soos voorgeskryf (1) Is die korrekte spasieerders gebruik vir (2) gespesifiseerde betondekking (1) Kontroleer dat ten minste twee beuels (2) die swigtingslyn/skuiflyn kruis (1) Hoeke van die skuifstaaf moet die (2) swigtingslyn teen 45º kruis. (Enige 4 x 2) (8)

    1.4 Afwaartse las (1) 1.5 Hou langer as hout

    Kan oor en oor gebruik word Gee gladde oppervlak (Enige 2 x 1) (2)

    1.6 1.6.1 Verspanstuk (1) 1.6.2 Stut (1) 1.6.3 Draer (1) 1.6.4 Stut (1) 1.6.5 Prop (1) 1.6.6 Voetplaat (1) 1.7 (1) Staal word in vormwerk gespan, (2) dan word beton gegiet. (3) Wanneer

    beton verhard het, word staal losgelaat van spanning. (3) 1.8 Tydbesparend

    Meganisasie gedurende vervaardiging Eis nie spasie en bronne op perseel nie Word onder beheerde omstandighede vervaardig (Enige 3 x 1) (3)

    [30] VRAAG 2: GEVORDERDE KONSTRUKSIEPROSESSE 2.1 2.1.1 VYF steenlae (1) 2.1.2 Strykverband (1) 2.1.3 Doodloopent aan die linkerkant (1) 2.1.4 Trumesselwerk aan die regterkant (2)

  • (EC/NOVEMBER 2015) SIVIELE TEGNOLOGIE 3

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    2.2 (1) Om boulyne van hoek tot hoek te span (2) sodat steenwerk ewe hoog/reguit gebou kan word. (2)

    2.3 (1) Dakkappe word daarop geheg (2) en om las van kappe eweredig te

    verspre. (2) 2.4 2.4.1 WAAR (1) 2.4.2 WAAR (1) 2.3.3 ONWAAR (1) 2.4.4 ONWAAR (1) 2.4.5 ONWAAR (1) 2.5 Enige soortgelyke antwoord:

    (1) Vog dring deur buitemuur en loop af tot by VWL (2) en moet dan by syfergat uitloop om opdamming te voorkom. (Enige 2 x 1) (2)

    2.6 Dit maak staat op:

    (1) massa en (2) onderlinge grendelvermoë/wrywing om die keerfunksie te verrig. (2)

    2.7 2.7.1 Bied ʼn oop werkruimte onder die skoring. (1) 2.7.2 Enige VYF faktore wat die tipe ontwerp van die skoring sal dit

    beïnvloed. Aard van die grond Diepte van die uitgrawing Weersomstandighede Duur van projek Voorkoms van grondwater l Beskikbaarheid van materiaal Koste Individuele voorkeur (Enige 5 x 1) (5)

    2.7.3 2.7.A – Bekistingbord

    2.7.B – Stut (2) 2.8 2.8.1 Waterpas (1) 2.8.2 Pleisterplank (1) 2.8.3 Granoliet groefyster (1) 2.8.4 Blokborsel/Sprinkelkwas (1) 2.8.5 Elektriese rotor (1) 2.9 Enige DRIE veiligheidsmaatreëls:

    (1) Snyblokke moet met (2) ʼn masjienskerm bedek word (1) Pasop vir terugskop, (2) staan langs die masjien (1) Vermy hout met (2) te veel kwaste (1) Vermy hout wat (2) te krom en skeef (Enige 3 x 2) (6)

    2.10 Enige DRIE maatreëls:

    Hou nek reguit/nie buig nie Pasiënt so min moontlik beweeg Beweeg pasiënt as ʼn eenheid By mond-tot-mond asemhaling, trek kakebeen vorentoe – nie nek buig nie (Enige 3 x 1) (3)

    [40]

  • (EC/NOVEMBER 2015) SIVIELE TEGNOLOGIE 5

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 3: SIVIELE DIENSTE 3.1 (1) Beheer die inkomende watertoevoer (2) deur dit na ʼn aanvaarbare druk te

    verminder en (3) om ʼn konstante afwaartse druk in die installasie te stuur. (3) 3.2 Vakuumklep/Ontlasklep (1) 3.3 (1) Om water wat lek/gedreineer word op te vang (2) sodat dit na buite gelei

    kan word/om nie die plafon te beskadig nie. (2) 3.4 3.4.1 ONWAAR (1) 3.4.2 WAAR (1) 3.4.3 ONWAAR (1) 3.4.4 ONWAAR (1) 3.4.5 WAAR (1) 3.4.6 ONWAAR (1) 3.5 (1) Beheer watervlak (2) by spoelbakke/watertenks. (2) 3.6 Enige VIER:

    Wanneer twee of meer rioolpyplyne bymekaarkom Waar hoofpyplyn van rigting verander Binne 1,5 m van serwituutgrens voor hoofrioolaansluiting Elke 25 m (Enige 4 x 1) (4)

    3.7 Toegangsopening/Skoonmaak (1) 3.8 (1) Voorkom blokkasies (2) by draaie. (2) 3.9

    (4) 3.10 1 : 60 (1) 3.11 3.11.1

    (2) 3.11.2

    (2) [30]

    STEEKOOG/INSPECTION EYE

  • 6 SIVIELE TEGNOLOGIE (EC/NOVEMBER 2015)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 4: MATERIALE EN HOEVEELHEDE 4.1 4.1.1

    (2) 4.1.2

    (2) 4.1.3

    (2) 4.2 Enige VYF eienskappe:

    Olierig; Donker kleur; Duursaam; Weerstandig teen watersypeling; Veroorsaak nie korrosie van metaal in hout nie; Verander nie mates van die hout nie; Hout wat daarmee behandel is, kan nie geverf word nie; Slegte reuk; Net vir buitemuurse gebruik (Enige 5 x 1) (5)

    4.3 (1) Hout te beskerm teen (2) verrotting/peste/houtwurms, ens. (Enige 2 x 1) (2) 4.4 Aluminium is bestand teen roes. (1) 4.5 Roes (1) 4.6 (1) Ontwerper kan dan die korrekte materiaal (2) vir ʼn spesifieke werk kies. (2) 4.7 Enige VYF eienskappe van glas.

    Solied en hard Wanordelik, sonder struktuur Breekbaar Deurskynend Biologies onaktief 100% herwinbaar Verdof, verweer, vlek of verswak nie (Enige 5 x 1) (5)

    4.8 (1) Silwer metaallaag word (2) op ʼn plat glasoppervlak aangewend. Die

    silwerlaag word met ʼn (3) laag koper en ʼn (4) basislaagverf bedek. (4) 4.9 A – Vermenigvuldigingskolom

    B – Matekolom C – Resultaatkolom D – Beskrywingskolom (4)

    [30]

  • (EC/NOVEMBER 2015) SIVIELE TEGNOLOGIE 7

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 5: TOEGEPASTE MEGANIKA 5.1

    Om A Om B L.O.M. = R.O.M R.O.M. = L.O.M. Bx8 = (60x3)+(20x8) (Ax8) = (60x5)+(10x8) B6 = 180 + 160 A6 = 300 + 80 B = 340 A = 380 = 8 8 = 42,5 N = 47,5 N (10) 5.2 FIGUUR 5.2 op vel A toon ʼn raamstruktuur met puntbelasting. Voltooi op vel A

    die volgende: 5.2.1 Die kragtediagram op skaal 1 N = 1 mm (8) 5.2.2 Die tabel deur die grootte en aard van die kragte (8) 5.3

    FIGUUR 5.3 a = 0

    b = (60x2) + (-20x2) = 80 N c = (60x6) + (-20x6) + (-70x4) = -40 N d = (-10x8)+(-40x6)+(60x6)+(-20x2) = 0 (4)

    [30]

  • 8 SIVIELE TEGNOLOGIE (EC/NOVEMBER 2015)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 6: GRAFIKA EN KOMMUNIKASIE 6.1 VEL C toon die natuurlike grondvlak vir ʼn deursnee-aansig deur ʼn

    muurkonstruksie met ʼn venster. Gebruik VEL C en teken op skaal 1 : 50 die deursneetekening van een muurkonstruksie van ʼn woonhuis. Die volgende inligting moet aangetoon word:

    6.1.1 Skaal 1 : 50 (2)

    6.1.2 600 mm x 200 mm betonfondament met betonsimbool (3)

    6.1.3 Ongesteurde grondsimbool (1)

    6.1.4 Fondamentmuur (1)

    6.1.5 100 mm Grondvulling met simbool (2)

    6.1.6 100 mm Betonvloer met simbool (2)

    6.1.7 Vogweerlaag onder die vloer (1)

    6.1.8 Spoumuur met arsering (3)

    6.1.9 Vogweerlaag in die spoumuur (2)

    6.1.10 2,6 m Muurhoogte vanaf vloervlak tot by die plafon (1)

    6.1.11 Vensterbank (1)

    6.1.12 900 mm venster (1)

    6.1.13 Vensterlatei (1)

    6.1.14 Venstervogweerlaag (1)

    6.1.15 Balkvulling (1)

    6.1.16 114 x 38 mm Muurplaat (1)

    6.1.17 114 mm Gedeeltelike bindbalk en kapbeen met ʼn 30º-dakhelling (2)

    6.1.18 Onderste twee 38 x 38 mm daklatte vir teëls (2)

    6.1.19 Lynwerk en netheid (2)

    6.2 Maak netjiese sketse om elkeen van die volgende simbole te illustreer:

    6.2.1

    (2)

    6.2.2 (2)

    6.2.3

    (2)

    6.2.4

    (2)

    6.2.5

    (2) [40] TOTAAL: 200

  • (EC/NOVEMBER 2015) SIVIELE TEGNOLOGIE 9

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    ANTWOORDBLAD ANSWER SHEET A SIVIELE TEGNOLOGIE CIVIL TECHNOLOGY NAAM:NAME: Memorandum

    VRAAG/QUESTION 5.2 (16)

    SKAAL/SCALE: 1 N = 1 mm

    DEEL/PART STUT/STRUT STANG/TIE AF 118 N BG 80 N CH 80 N DI 118 N EI 102 N EF 102 N FG 39 N GH 40 N HI 39 N (4)

    a a

  • 10 SIVIELE TEGNOLOGIE (EC/NOVEMBER 2015)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    ANTWOORDBLAD ANSWER SHEET B CIVIL TECHNOLOGY SIVIELE TEGNOLOGIE NAME: NAAM: Memorandum

    VRAAG/QUESTION 6.1 (30)

    Korrekte skaal 2 Fondament + Simbool 3 Ongesteurde grondsimbool 1 Fondamentmuur 1 Grondvulling simbool 2 Betonvloer + Simbool 2 Vloer VWL 1 Spoumuur + Arsering 3 Muur VWL 2 Muurhoogte 1 Vensterbank 1 Venster 1 Vensterlatei 1 Venster VWL 1 Balkvulling 1 Muurplaat 1 Bindbalk + Kapbeen 2 Daklatte 2 Lynwerk/Netheid 2

    TOTAAL 30 NATUURLIKE GRONDVLAK

    DEURSNEE-AANSIG

    SKAAL 1:50