graad 11 november 2015 … · vraag 5: internet- en netwerktegnologieË 5.1 verduidelik kortliks...

27
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. *ICATNA*

Upload: others

Post on 05-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

NOVEMBER 2015

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE: 150 TYD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

*ICATNA*

Page 2: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

2 REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit:

AFDELING A (25 punte) AFDELING B (75 punte) AFDELING C (50 punte)

2. Beantwoord AL die vrae. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die

vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Laat ʼn reël na elke sub-vraag oop. 6. Daar word gewoonlik EEN punt per feit toegeken. Dus sal ʼn 2 punt-vraag

TWEE feite vereis, ensovoorts. 7. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D. 1.1 Die aksie wat gebruik word om die ongewensde gedeeltes uit ʼn prent te

verwyder word ... genoem. A Crop B Knip (Cut) C Resize D Undo (1) 1.2 Wat is ʼn ander naam vir ʼn webadres? A http B URL C html D www (1) 1.3 Watter van die volgende verhoed ongemagtigde toegang na en van ʼn

rekenaarnetwerk? A Firewall B Modem C UPS D 3G-kaart (1) 1.4 ʼn E-posbooskap wat die skoolhoof belowe dat hy groot bedrae geld sal ontvang

indien hy die e-pos na minstens 10 mense aanstuur word ʼn … genoem. A drywerprogram B hoax C trojan D firewall (1) 1.5 ʼn Vingerafdrukskandeerder en stemherkenningsisteme is voorbeelde van …

toestelle. A animasie B multimedia C biometriese D geografiese (1)

Page 4: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

4 REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.6 Watter van die volgende is die algemene term vir rekenaarvirusse en wurms? A Freeware B Spioenprogramme (Spyware) C Shareware D Malware (1) 1.7 Eiendomsregtelike sagteware is sagteware wat … A heeltemal gratis is. B ʼn lisensie benodig om gebruik te word. C vryelik gekopieer kan word vanaf die wettige eienaar van die sagteware. D met vriende gedeel kan word. (1) 1.8 Watter van die grafieke hieronder is die mees gepaste om die persentasie, wat

vir verskeie items in ʼn huishoudelike begroting voor begroot word, voor te stel? A Kolomgrafiek B Lyngrafiek C Balkgrafiek D Sirkelgrafiek (1) 1.9 Watter van die volgende nutsprogramme kan gebruik word om meer stoorspasie

beskikbaar te maak deur tydelike lêers te verwyder? A Skryf-defragmentasie B Rugsteunsagteware C Disk cleanup D Recycle bin (1) 1.10 Watter van die volgende is ʼn voorbeeld van mikro-blogging? A WhatsApp B Twitter C Google D Flickr (1) [10]

Page 5: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 2: PASITEMS Kies ʼn term/begrip uit KOLOM B wat by ʼn beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–O) langs die vraagnommer (2.1–2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.8 P.

KOLOM A KOLOM B 2.1 ʼn Beleid wat gebruikers se regte en verantwoordelikhede

binne ʼn netwerk definieer. A Kontrasskaal

2.2 ʼn Vinnige tipe poort wat gewoonlik vir videotoevoer gebruik

word. B UPS

2.3 ʼn Toestel wat gebruik word om ʼn rekenaar teen

kragonderbrekings en onbestendige kragtoevoer te beskerm.

C USB

2.4 ʼn Klein tekslêer wat outomaties op jou rekenaar deur ʼn

webtuiste gestoor word. D Drywer-

program 2.5 ʼn Kenmerk van ʼn databasisprogram wat verseker dat data in

die korrekte formaat ingevoer word deur die gebruiker. E Primêre

geheue 2.6 Die verhouding tussen die wydte en die hoogte van ʼn

vertoontoestel. F Data

Validation 2.7 ʼn Flash skyf word geklassifiseer as ... geheue. G Aspect ratio H Skype I cookie J AUP K WYSIWYG L Input mask M FireWire N IDSL O Sekondêre

geheue (7 x 1) [7]

Page 6: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

6 REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS Dui aan of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Waar die stelling ONWAAR is, verander SLEGS die onderstreepte woord(e) om dit WAAR te maak. (Jy mag nie net die woord ‘NIE’ gebruik om jou stelling te verander nie.) 3.1 ʼn Switch is ʼn netwerktoestel wat gebruik word om twee of meer netwerke aan

mekaar te koppel. (2) 3.2 Die SUMIF-funksie tel syfers in ʼn reeks van selle wat aan ʼn spesifieke kriteria

voldoen, bymekaar. (1) 3.3 ʼn Woordverwerker is die geskikste sagteware om ʼn HTML-bladsy te vertoon. (2) 3.4 ʼn Legende is ʼn sleutel wat die kleure wat gebruik word vir elke kategorie in ʼn

grafiek identifiseer. (1) 3.5 DOCX is die lêeruitbreiding vir ʼn Microsoft Word-templaat. (2) [8] TOTAAL AFDELING A: 25

Page 7: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË 4.1 Een van die plaaslike rekenaarwinkels adverteer ʼn tabletrekenaar, sowel as

ander skootrekenaars. 4.1.1 Noem TWEE verskille tussen ʼn skootrekenaar en ʼn tabletrekenaar. (2) 4.1.2 Noem TWEE nadele van ʼn skootrekenaar. (2) 4.1.3 Noem EEN voordeel van ʼn tabletrekenaar. (1) 4.2 Die meeste nuwe sagteware wat geskryf word het gewoonlik ʼn bug in. Twee

algemene maniere om sagteware ‘bugs’ reg te maak is om gebruik te maak van patches en service packs.

4.2.1 Wat word bedoel met ʼn sagteware bug? (1) 4.2.2 Verduidelik kortliks wat die verskil tussen ʼn patch en ʼn service pack is

deur na die essensiële kenmerk van elkeen te verwys. (2) 4.3 Suid-Afrika gaan deesdae gebuk onder gereelde kragonderbrekings en

beurtkrag. 4.3.1 Noem EEN potensiële gevaar wat dit vir ʼn rekenaarsisteem inhou. (1) 4.3.2 Noem EEN hardeware maatreël wat gebruik kan word om hierdie

probleme te oorkom. (1) 4.4 Rugsteunnutsprogramme stel gebruikers in staat om kopieë van sekere lêers of

ʼn hele harde skyf op ʼn ander stoormedia te maak. 4.4.1 Waarvoor word rugsteunkopieë gebruik? (1) 4.4.2 Watter stoormedium sal jy voorstel indien jy groot hoeveelhede lêers vir

ʼn lang termyn wil rugsteun? (1) 4.4.3 Jy kan ook jou lêers archive. Verduidelik die term archive in hierdie

konteks. (2) 4.5 Die resolusie waarteen digitale foto’s geneem word is baie belangrik. 4.5.1 Noem EEN voordeel verbonde aan die neem van foto’s teen maksimum

resolusie. (1) 4.5.2 Noem EEN nadeel verbonde aan die neem van foto’s teen maksimum

resolusie. (1)

Page 8: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

8 REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.6 In ons strewe na ʼn papierlose kantoor, word mense aangemoedig om van elektroniese pos in plaas van geskrewe briewe en fakse gebruik te maak.

4.6.1 Verduidelik wat ʼn web-gebaseerde e-posdiens is. (2) 4.6.2 Gee EEN rede waarom jy van ʼn web-gebaseerde e-posdiens gebruik

sal maak. (1) 4.6.3 Wat is die grootste nadeel van ʼn web-gebaseerde e-posdiens? (1) 4.6.4 Wat is Message rules en hoe kan dit help om jou e-posse te

organiseer? (2) 4.7 Skermverstellings kan gebruik word tot voordeel van beide gesiggestremde

en gehoorgestremde gebruikers. Noem TWEE voorbeelde van hierdie verstellings. (2)

4.8 Verduidelik hoe spraakherkenningsagteware gestremde mense kan help om

rekenaars te gebruik. (1) [25]

Page 9: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk

van hierdie terme verwys. (LET WEL: Moenie slegs die afkortings uitbrei nie.) (2)

5.2 Noem TWEE potensiële nadele van ʼn WLAN. (2) 5.3 Bedieners speel ʼn belangrike rol in die netwerkomgewing.

Noem EEN manier, anders as die funksie daarvan, waarop ʼn bediener verskil van ʼn kliëntrekenaar. (1)

5.4 Beskryf kortliks die funksie van die volgende komponente van ʼn netwerk: 5.4.1 NIC (network interface card) (1) 5.4.2 Modem (1) 5.5 Wat is die doel of funksie van ʼn webblaaier? (1) 5.6 Baie mense maak deesdae van aanlynaankope gebruik.

Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat jy in gedagte moet hou met aanlynaankope. (2)

5.7 Baie mense maak gebruik van RSS-versamelaars.

Noem EEN voordeel van RSS-versamelaars. (1)

5.8 Noem TWEE redes waarom sakemanne aanlynprogramme verkies bo

sagteware wat op hul rekenaars geïnstalleer word. (2) 5.9 Wat is die funksie van ʼn ISP? (1) 5.10 Wat is die doel van FTP? (1) [15]

Page 10: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

10 REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR 6.1 ʼn Vraelys is ʼn metode wat gebruik word om die opinie van mense in ʼn

ondersoek te verkry. 6.1.1 Noem TWEE redes waarom dit altyd beter is om geslote vrae te gebruik

in die samestelling van ʼn vraelys vir navorsingsdoeleindes. (2) 6.1.2 Noem TWEE riglyne wat in gedagte gehou moet word wanneer ʼn

vraelys saamgestel word, behalwe die gebruik van geslote vrae. (2) 6.2 Noem EEN ander moontlike bron van inligting wanneer jy navorsing oor ʼn

spesifieke onderwerp doen. (1) 6.3 Wat word met die term plagiaat bedoel? (1) 6.4 Wat is die verskil tussen data en inligting? (2) 6.5 Een van die opsies wat gegee word wanneer rekords na Access uitgevoer word

is om die rekords te append. Verduidelik kortliks die term append. (1)

6.6 Verduidelik waarom baie akademiese instellings nie hulle studente toelaat om

Wikipedia as ʼn bron te kwoteer nie. (1) [10]

Page 11: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES 7.1 Noem EEN alternatief vir ʼn muis wat deur fisies-gestremde mense gebruik kan

word. (1) 7.2 Noem EEN manier waarop jy jou skootrekenaar aan jou lessenaar kan vasmaak

(sluit). (1) 7.3 Elektrisiteit is ʼn baie duur hulpbron.

Noem TWEE maniere waarop jy elektrisiteit kan spaar wanneer jy van elektroniese toestelle soos skootrekenaars en rekenaars gebruik maak. (2)

7.4 Sosiale manipulasie (social engineering) het werklik ʼn bedreiging geword vir

rekenaargebruikers vandag. 7.4.1 Verduidelik kortliks wat sosiale manipulasie is. (1) 7.4.2 Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat jy kan tref om te verhoed dat jy ʼn

slagoffer van sosiale manipulasie via ʼn e-pos word. (1) 7.5 Spioensagteware (Spyware) word ʼn groot probleem vir rekenaargebruikers. 7.5.1 Wat is die doel van spioensagteware? (1) 7.5.2 Noem TWEE tekens wat aandui dat jou rekenaar met spioensagteware

besmet is. (2) 7.6 Noem EEN nadeel van sosiale netwerktuistes. (1) [10]

Page 12: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

12 REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING 8.1 Wat is die verskil tussen ʼn voetnota en ʼn eindnota? (2) 8.2 8.2.1 Watter kenmerk van Microsoft Word sal jy gebruik om die

landskapopsie op sommige van die bladsye in ʼn portret dokument toe te pas? (1)

8.2.2 Watter kenmerk van Microsoft Word sal jy gebruik om te verseker dat al

die opskrifte in ʼn dokument presies dieselfde is? (1) 8.2.3 Noem EEN voordeel verbonde aan die gebruik van bogenoemde

kenmerk om jou dokument te formateer. (1) 8.3 Verduidelik kortliks waarna die Bcc-veld in ʼn e-pos verwys. (1) 8.4 Bestudeer die volgende skermskoot en beantwoord die vrae wat volg:

8.4.1 Watter sigbladkenmerk was gebruik om die teks van die opskrif in die

eerste ry oor twee rye te vertoon? (1) 8.4.2 Watter sigbladfunksie kan gebruik word om die 7de laagste posisie in

kolom D te bepaal? (1) 8.5 Verduidelik die oorsaak van die volgende foutboodskappe in ʼn sigblad: 8.5.1 ####### (1) 8.5.2 #REF (1)

Page 13: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 13

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

8.6 Besonderhede oor ʼn nasionale sportakademie is ʼn databasis opgeteken soos hieronder:

8.6.1 Aan watter EEN van die velde hierbo kan ʼn verstekwaarde (default

value) toegeken word? (1) 8.6.2 Noem EEN tegniek wat gebruik kan word om te verseker dat die kode in

die Province-veld korrek en akkuraat ingesleutel word. (1) 8.6.3 Watter kenmerk van ʼn databasis kan gebruik word om ʼn lys van

hokkiespelers, wat die nasionale sportakademie gaan bywoon, te verkry? (1)

8.6.4 Wanneer sou jy die OLE-datatipe in ʼn databasis gebruik? (1) 8.6.5 Waarvoor word die Required-veld in ʼn databasis gebruik? (1) [15] TOTAAL AFDELING B: 75

Page 14: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

14 REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO SCENARIO Jy is gekies as die hoofprefek van die Studenteraad van jou skool en jy moet ʼn klein kantoor by jou skool inrig wat gebruik gaan word vir die administrasie van die Studenteraad. Jy het ʼn beperkte begroting van die skool se beheerliggaam om die hardeware en sagteware wat benodig word aan te koop ontvang. Alhoewel dit duurder is as ʼn lessenaarrekenaar het jy die beheerliggaam oortuig dat ʼn skootrekenaar ʼn beter opsie is. Jy het die volgende kwotasie van ʼn plaaslike rekenaarwinkel aan hulle voorgelê:

9.1 Die beheerliggaam het die volgende vrae aangaande die bogenoemde

kwotasie: 9.1.1 Wat is die kapasiteit van die primêre geheue van die skootrekenaar in

die kwotasie? (1) 9.1.2 Die skootrekenaar het baie meer stoorspasie as geheue. Verduidelik

kortliks waarom rekenaars meer stoorspasie as geheue nodig het deur na hul onderskeie funksies te verwys. (2)

9.1.3 Behalwe vir hul funksies, noem EEN verskil tussen geheue en stoor. (1)

x 19.5" LED 20D300H Monitor x Intel® Core TM i3-4150 Processor 3.50 GHz x 4GB RAM x 1 TB Hard Drive x Windows 8.1 x DVD-Super 8X Multi DL drive x USB 3.0 (1x Rear) x WiFi x Bluetooth 4.0 x Front Camera 2.0 MP x Embedded 3G card slot x 3-in-1 Card Reader x Free 2 GB online storage facility exclusive from DELL x Warranty – 1 Year Onsite Warranty

Free M2070W Multifunction Printer Worth R1599 90 with 802.11 B/G/N

Page 15: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 15

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

9.2 Saam met die skootrekenaar word ʼn gratis aanlynstoorfasiliteit aangebied. 9.2.1 Verduidelik wat aanlynstoor is. (1) 9.2.2 Noem TWEE voordele van aanlynstoor. (2) 9.2.3 Noem TWEE nadele van aanlynstoor. (2) 9.3 Verduidelik die term on-site warranty wat saam met die skootrekenaar aangebied

word. (1) 9.4 Die DVD-aandrywer waarna in die kwotasie verwys word is ʼn dubbellaag (dual

layer) aandrywer. Wat is die voordeel van ʼn dubbellaag DVD? (1) 9.5 Die rekenaarwinkel het aangebied om die multifunksie-drukker aan die SR te

skenk indien hulle sou besluit om die kwotasie te aanvaar. 9.5.1 Waarna verwys die drukkerspesifikasie 802.11 B/G/N in die kwotasie? (1) 9.5.2 Een van die lede van die beheerraad wou weet wat die maandelikse

werkslading van die drukker is. Waarna verwys hierdie spesifikasie van die drukker? (2)

9.5.3 Noem TWEE voordele verbonde aan die koop van ʼn multifunksie-

drukker. (2) 9.6 Alle skootrekenaars het ʼn raakblad (touch pad). 9.6.1 Wat is ʼn raakblad? (1) 9.6.2 Noem EEN voordeel en EEN nadeel verbonde aan ʼn raakblad.

(Onthou om duidelik in jou antwoord te onderskei tussen die voordeel en die nadeel.) (2) 9.7 Wat is die voordeel verbonde aan die 3-in-1 kaartleser wat saam met die

skootrekenaar kom? (1) 9.8 Nog ʼn noodsaaklikheid vir die kantoor is die korrekte sagteware. 9.8.1 Watter tipe sagteware word in die kwotasie gelys? (1) 9.8.2 Noem TWEE funksies van die sagteware waarna in VRAAG 9.8.1

verwys is. (2) 9.9 Hulle het ook toepassingsagterware nodig en jy stel voor dat hulle ʼn

Kantoorpakket (Office Suite) koop. 9.9.1 Wat is ʼn Kantoorpakket? (2) 9.9.2 Noem TWEE voordele verbonde aan die aankoop van ʼn Kantoorpakket. (2)

Page 16: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

16 REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

9.10 Met die aankoop van die sagteware word hulle aandag gevestig op die minimum stelselvereistes om die program te kan gebruik.

9.10.1 Verduidelik die term minimum stelselvereistes. (1) 9.10.2 Noem TWEE voorbeelde van sulke stelselvereistes. (2) 9.11 Gedurende die installering van die sagteware, het die installasie wizard een van

die lede wat die installering gedoen het gevra vir ʼn aktiveringskode. Wat is die doel van ʼn aktiveringskode? (2)

9.12 Die gebruik van tegnologie hou dikwels groot nadele vir ons omgewing in. 9.12.1 Hoe kan die LED-tegnologie van die monitor, wat in die kwotasie gelys

is, bydra tot ‘green computing’? (1) 9.12.2 Verduidelik TWEE maniere waarop die SR ‘green computing’ kan

beoefen wanneer hulle hul drukker gebruik. (2) 9.13 Daar is beslis sekere gesondheidsrisiko’s verbonde aan die werk van lang ure op

rekenaars. Deur ergonomies-ontwerpte hardeware te koop is ʼn potensiële oplossing vir RSI-beserings.

9.13.1 Verduidelik kortliks die term ergonomika. (1) 9.13.2 Noem TWEE kenmerke van ʼn ergonomies-ontwerpte sleutelbord. (2) 9.14 Een van die lede van die SR het ʼn advertensie vir ʼn koordlose sleutelbord en

muis teen ʼn spesiale aanbod by die plaaslike rekenaarwinkel gesien. 9.14.1 Hoe kommunikeer ʼn koordlose sleutelbord met ʼn rekenaar? (1) 9.14.2 Noem TWEE potensiële voordele van die gebruik van ʼn koordlose muis. (2) 9.15 Een van die lede van die SR het voorgestel dat hulle meer spasie op die harde

skyf beskikbaar moet kry deur die harde skyf te defragmenteer. Verduidelik aan hom waarom die defragmentering van die harde skyf nie sal help om meer spasie op die harde skryf beskikbaar te kry nie deur te verwys na wat plaasvind tydens die defragmenteringsproses. (2)

9.16 Die SR het besluit om ʼn blog te skep. 9.16.1 Wat is ʼn blog? (1) 9.16.2 Noem DRIE goeie praktyke wat die SR behoort te gebruik om mense te

lok om die blog te lees en weer terug te keer na die blog. (3) 9.17 Noem TWEE voordele verbonde daaraan om al die rekenaars van die skool in ʼn

netwerk te koppel. (2) 9.18 Wat is ʼn App? (1) TOTAAL AFDELING C: 50 GROOTTOTAAL: 150

Page 17: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

NOVEMBER 2015

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 MEMORANDUM

PUNTE: 150

Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.

Page 18: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

2 REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1 A 9 Crop (1) 1.2 B 9 URL (1) 1.3 A 9 Firewall (1) 1.4 B 9 hoax (1) 1.5 C 9 biometriese (1) 1.6 D 9 Malware (1) 1.7 B 9 ʼn lisensie benodig om gebruik te word. (1) 1.8 D 9 Sirkelgrafiek (1) 1.9 C 9 Disk cleanup (1) 1.10 B 9 Twitter (1) [10] VRAAG 2: PASITEMS 2.1 J 9 AUP (1) 2.2 M 9 FireWire (1) 2.3 B 9 UPS (1) 2.4 I 9 cookie (1) 2.5 L 9 Input mask (1) 2.6 G 9 Aspect ratio (1) 2.7 O 9 Sekondêre geheue (1) (7 x 1) [7] VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS 3.1 ONWAAR 9 - ROUTER is ʼn netwerktoestel wat gebruik word om twee of

meer netwerke aan mekaar te koppel. 9 (2) 3.2 WAAR 9 (1) 3.3 F ONWAAR 9 - WEBBLAAIER is die beste program om ʼn HTML bladsy te

vertoon. 9 (2) 3.4 WAAR 9 (1) 3.5 ONWAAR 9 - DOTX is die lêeruitbreiding van ʼn Microsoft Word-templaat. 9 (2) [8] TOTAAL AFDELING A: 25

Page 19: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË 4.1 4.1.1 Enige TWEE van: 99

x Tabletrekenaars het raakskerms as invoertoestelle, skootrekenaars gebruik sleutelborde en muis.

x Tabletrekenaars is ligter en kleiner as skootrekenaars. x Tabletrekenaars het dikwels kleiner geheuekapasiteit as

skootrekenaars. x Skootrekenaars het ʼn vinniger prosesseringspoed. x Tabletrekenaars se batterye het ʼn langer leeftyd as

skootrekenaars. x Die stoorkapasiteit van tabletrekenaars is kleiner as

skootrekenaars. x Skootrekenaars kan meer volledige programme as tabletrekenaars

gebruik. x Skootrekenaars kan gebruik word as alleenstaande toestelle terwyl

tabletrekenaars dikwels addisionele rekenaarsisteme benodig. (2) 4.1.2 Enige TWEE van: 99

x Dit is duurder as ʼn lessenaarrekenaar. x Dit kan makliker gesteel word. x Dit is baie duur om op te gradeer. x Dit neem lank en is duur om te herstel. (2)

4.1.3 Enige EEN van: 9

x Die gebruiker kan direk met die skerm kommunikeer. x Ideaal vir vinnige rekenaarwerk op kleiner skaal. x Batterye hou langer. x Kleiner/ligter om mee te werk/draagbaar. x Kan handskrif na getikte teks omskakel. (1)

4.2 4.2.1 ʼn Sagteware ‘bug’ is ʼn programmeringsfout in die kode van ʼn

rekenaarprogram wat ontstaan wanneer die sagteware ontwikkel word. Dit is nie ʼn virus nie. 9 (1)

4.2.2 ‘Patch’: opdatering om ʼn spesifieke ‘bug’ in sagteware reg te stel (het

gewoonlik met die sekuriteit te doen). ‘Service pack’: dit is ʼn uitgawe van alle regstellings vir ‘bugs’ in ʼn program ASOOK alle nuwe kenmerke van die program sedert die eerste uitgawe van die program; dit word met gereelde tussenposes deur maatskappye uitgegee en is groter as ‘patches’. 9 (2)

4.3 4.3.1 Data kan verlore gaan/Veroorsaak dat data korrup raak. 9 (1) 4.3.2 Uninterrupted Power Supply (UPS) 9 (1)

Page 20: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

4 REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.4 4.4.1 Dit word gebruik om data te herwin indien die oorspronklike data verlore, beskadig of vernietig is. 9 (1)

4.4.2 Eksterne hardeskyf 9 (1) 4.4.3 ‘Archive’ verwys na die stoor van lêers wat staties is (wat onveranderd

gaan bly) 9 op ʼn sekondêre stelsel of DVD. 9 OF

‘Archiving’ is ʼn proses waarvolgens jy lêers wat nie in die nabye toekoms gaan verander of gebruik word nie 9 en skuif dit vanaf die hoofstelsel om spasie beskikbaar te maak. 9 (2)

4.5 4.5.1 Voordeel: Hoër resolusie beteken hoër kwaliteit foto’s. 9 (1) 4.5.2 Nadeel: Hoër resolusie beteken groter lêers wat meer stoorspasie

opneem. 9 (1) 4.6 4.6.1 Webgebaseerde e-pos is ʼn diens wat jou toelaat om toegang tot jou e-

posrekening deur middel van ʼn webblaaier te verkry 9 vanaf enige plek met Internettoegang. 9 (2)

4.6.2 Enige EEN van: 9

x Kan enige plek toegang tot web e-pos kry indien internetdiens beskikbaar is

x Web e-pos is gratis – betaal slegs vir internettoegang (1) 4.6.3 Jy moet aanlyn wees om jou e-pos te lees, te skep of te ontvang. 9 (1) 4.6.4 ‘Message rules’ word gebruik om alle e-posboodskappe te filter soos

hulle ontvang word. 9 Dit stel jou in staat om geselekteerde e-posse te sorteer voordat hulle jou inbox land. 9 (2)

4.7 Enige TWEE van: 99

x ʼn Laer resolusie verstelling van die skerm sal alles vergroot wat op die skerm verskyn.

x Die gebruik van ʼn hoër kontrastema op die werkskerm laat die ikone duideliker vertoon.

x Indien die dikte van die merker wat flikker verander word, maak dit makliker om te sien waar dit is.

x ʼn Sigbare alternatief vir die geluide wat die bedryfstelsel maak sal gehoorgestremde gebruikers se aandag vestig op stelselgebeure. (2)

4.8 Enige EEN van: 9

x Stemherkenningsagteware kan gesproke woord na teks verander in gevalle waar gebruikers dit moeilike vind om te tik, bv. mense met geen arms of hande of beperkte gebruik van arms en hande, ens.

x Sommige programme herken gesproke woorde en tik dit dan soos die gebruikers praat.

x Die sagteware laat ook toe dat gebruikers verbale instruksies aan die rekenaar of selfoon gee. (1)

[25]

Page 21: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1 ʼn LAN is ʼn netwerk wat ʼn beperkte geografiese area dek. 9 ʼn WLAN is bloot ʼn LAN wat opgestel word deur gebruik te maak van koordlose konneksie. 9 (2)

5.2 Enige TWEE van: 99 x Dit is moeiliker en duurder om te installeer. x Die onderhoud is moeiliker en neem langer om te doen. x Die sekuriteit kan minder effektief wees as dit nie reg bestuur word nie. x Die sein kan deur elektronies of elektriese steurings onderbreek word. x Soos wat meer rekenaars die netwerk gebruik kan die netwerk

stadiger begin werk. (2)

5.3 Bedieners is meer kragtige rekenaars as kliëntrekenaars – hulle het meer hardeskyf spasie, RAM en ʼn vinniger prosesseerder. 9 (1)

5.4 5.4.1 NIC is die fisiese konneksie tussen die rekenaar en die kommunikasiemedium. 9 (1)

5.4.2 ʼn Modem is ʼn toestel wat dit moontlik maak om data vanaf ʼn rekenaar oor ʼn telefoonlyn te stuur. 9 (1)

5.5 Sagteware wat gebruik word om webtuistes te besoek en daardeur te blaai. 9 (1)

5.6 Enige TWEE van: 99 x Maak seker jy het die besigheid se kontakbesonderhede. x Maak seker die webtuistes is veilig. x Let op vir sekuriteitswaarborge sowel as ʼn terugstuurbeleid op die webtuiste x Maak seker van terme en voorwaardes (fyndruk). x Kontroleer metodes van betaling en afleweringbesonderhede. x Hou rekord van alles wat jy bestel en op reserwe plaas. x Wees bewus daarvan dat as jy goed van buiteland bestel jy invoerbelasting

ook moet betaal. x Gee slegs kredietkaartbesonderhede en nooit jou PIN of ander

bankbesonderhede nie. (2)

5.7 Enige EEN van: 9 x Op hoogte van sake bly sonder om elke keer die webwerf te

besoek. x Tyd bespaar deur nie elke webtuiste afsonderlik te besoek nie. x Privaatheid beskerm aangesien jy nie vir e-pos nuusbriewe hoef in te

teken nie. (1)

5.8 Enige TWEE van: 99 x Toegang tot data is beskikbaar vanaf enige rekenaar met

Internetkonneksie. x Spasie op jou rekenaar se harde skyf kan bespaar word. x Jy het altyd ʼn opgedateerde weergawe van programme. x Deel van lêers is baie makliker. (2)

5.9 Om Internetkonneksie aan kliënte teen ʼn maandelikse fooi te verskaf. 9 (1)

5.10 FTP maak dit moontlik om groot hoeveelhede data vinnig en op effektiewe manier oor die Internet te versend. 9 (1)

[15]

Page 22: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

6 REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR 6.1 6.1.1 Enige TWEE van: 99

x Dit is makliker vir deelnemers om vanaf opsies te kies. x Makliker om data in te lees. x Makliker om die data te prosesseer deur middel van ʼn sigblad. x Die doel van die vraelys kan aangepas word volgens die behoefte

van die navorsing. (2) 6.1.2 Enige TWEE van: 99

x Behoorlike inleiding tot die vraelys sodat deelnemers weet wat die doel van die vraelys is.

x Vrae moet kort en op die man af wees. x Bedank die deelnemers vir hul deelname aan die einde van die

vraelys. x Maak ook voorsiening om basiese inligting van deelnemers soos

hul name, ouderdom, ens. te bekom. (2) 6.2 Enige EEN van: 9

x Publikasies x Onderhoude x Elektroniese media (1)

6.3 Om ʼn ander persoon se woorde/kennis te gebruik en dit as jou eie aan te bied.

9 (1) 6.4 Data is ongeprosesseerde feite. 9

Inligting is geprosesseerde data wat sin maak. 9 (2) 6.5 ‘Append’ verwys na die byvoeging van rekords tot ʼn bestaande tabel in ʼn

databasis deur dit in die bestaande tabel in te voeg. 9 (1) 6.6 Die inhoud daarvan kan nie geverifieer of aan enige outoriteit toegedig word

nie. 9 (1) [10] VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES 7.1 Enige EEN van: 9

x Joystick x Raakblad/Trackpad x Raakskerm (1)

7.2 Deur van Kensingtonslotte gebruik te maak 9 (1) 7.3 Enige TWEE van: 99

x Skakel toestelle af wanneer nie in gebruik nie. x Maak gebruik van ‘energy star’-toestelle. x Gebruik LED-monitors wat minder elektrisiteit gebruik. x Pas die helderheid van die skerm aan vir minder elektrisiteitsverbruik. x Stel jou rekenaar op SLEEP/HIBERNATION-modus wanneer daar vir

ʼn tyd geen handeling was nie. (2)

Page 23: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.4 7.4.1 Sosiale manipulasie is ʼn manier om konfidensiële inligting van ʼn persoon self te verkry eerder as om by ʼn rekenaar in te breek. 9 (1)

7.4.2 Enige EEN van: 9

x Skandeer e-pos-aanhegsels voor jy hulle oopmaak. x Moenie e-posboodskappe oopmaak as jy nie die afsender ken nie. x Moet nooit op skakels in e-posse klik as jy nie die bron vertrou nie. x Moenie elke e-posboodskap glo nie. DINK voor jy iets doen. x Moenie vreemdes naby jou data vertrou nie. x Wees suspisieus en skepties oor aanbiedinge waar jy eers iets

moet doen of gee voordat jy iets kan kry. (1) 7.5 7.5.1 Sagteware wat die manier waarop ʼn persoon sy rekenaar gebruik

monitor. Die inligting word dan na derde partye gestuur om te gebruik sonder die gebruiker se toestemming. (1)

7.5.2 Enige TWEE van: 99

x Dit word berig deur die anti-spyware-sagteware. x Daar kan Internetaktiwiteite plaasvind wat nie deur die gebruiker

geïnisieer is nie. x Veranderinge gemaak aan Internetverstellings – nie deur die

gebruiker nie. x Die rekenaar werk drasties stadiger. x Die gebruiker word na ʼn ander webbladsy geneem wanneer hulle

probeer om ʼn spesifieke webbladsy te besoek. x Baie ‘pop-up windows’ verskyn. (2)

7.6 Enige EEN van: 9

x Jy moet toegang tot die Internet hê. x Verhoogde blootstelling aan identiteitsdiefstal en bedrog. x Baie mense het vals inligting op hulle profiele. x Verhoogde risiko van verlies aan produktiwiteit by werknemers. x Kwantiteit van kommunikasie neem toe ten koste van die kwaliteit

daarvan. (1) [10] VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING 8.1 ʼn Voetnota verskyn aan die einde van ʼn bladsy 9 terwyl ʼn eindnota aan die

einde van ʼn dokument verskyn. 9 (2) 8.2 8.2.1 Section break next page 9 (1) 8.2.2 Styles 9 (1) 8.2.3 Enige EEN van: 9

x Kan ʼn outomatiese inhoudsopgawe invoeg x Verseker konsekwente formatering van ʼn dokument (1)

Page 24: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

8 REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

8.3 Bcc dui aan dat ʼn kopie van die e-pos ook aan die mense gestuur word wie se e-posadresse in hierdie veld verskyn. Die ontvangers sal egter nie weet dat ʼn afskrif van die e-pos ook aan die persone gestuur is nie. 9 (1)

8.4 8.4.1 Wrap text/Text wrap 9 (1) 8.4.2 Small 9 (1) 8.5 8.5.1 Kolom is nie wyd genoeg nie. 9 (1) 8.5.2 Wanneer ʼn selverwysing, wat nie langer geldig is nie, in ʼn

funksie/formula gebruik word. 9 (1) 8.6 8.6.1 Accommodation. 9 (1) 8.6.2 Enige EEN van: 9

x Maak gebruik van ʼn List Box x Validation Rule (1)

8.6.3 Query 9 (1) 8.6.4 Dit word gebruik indien jy ʼn objek soos ʼn prentjie of ʼn sigblad wat

outomaties opdateer in die databasis wil invoeg. 9 (1) 8.6.5 Jy kan die Required-eienskap gebruik om te spesifiseer of ʼn

waarde in die veld ingevoeg moet word of nie. 9 Indien die eienskap op ‘Yes’ gestel is, dan moet daar ʼn waarde in daardie veld ingevoeg word wanneer jy ʼn rekord inlees. (1)

[15] TOTAAL AFDELING B: 75 AFDELING C VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO 9.1 9.1.1 4 GB 9 (1) 9.1.2 Geheue hou programme en data/lêers slegs tydelik terwyl dit

geprosesseer word. 9 Die harde skyf (stoor) hou alle programme en data permanent terwyl hulle nie in gebruik is nie. 9 (2)

9.1.3 Enige EEN van: 9

x Geheue is elektronies, stoor is magneties, opties of elektronies.

x Geheue bied vinnige toegang, stoor werk stadig. x Geheue is duurder per GB, stoor is goedkoper per GB. (1)

Page 25: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

9.2 9.2.1 Aanlynstoor verwys na stoorspasie op ʼn stoormedium wat aan ʼn bedienerrekenaar op die Internet gekoppel is. 9 (1)

9.2.2 Enige TWEE van: 99 x Toegang vanaf enige plek vanaf enige toestel met

Internettoegang. x Veranderings word op een plek gemaak en alle toestelle het

altyd die nuutste weergawes van data. x Rugsteun en sekuriteit word deur die maatskappy wat stoorspasie

voorsien verskaf. x Maklik om lêers met ander mense te deel. x As jou rekenaar gesteel of beskadig word, kan toegang tot data

steeds verkry word. (2)

9.2.3 Enige TWEE van: 99 x Slegs toeganklik deur middel van die Internet. x Sommige data kan onbruikbaar wees oor stadige konneksies. x Jy betaal vir die stoor van data en die koste van oplaai en aflaai

van data. x As die maatskappy bankrot raak, verloor jy al jou data. (2)

9.3 ʼn Ooreenkoms dat enige herstelwerk aan die rekenaar op die perseel waar die skootrekenaar is, gedoen sal word. 9 (1)

9.4 Die DVD het twee lae waarop daar geskryf kan word9 wat beteken dat dit twee keer soveel stoorspasie het. 9 (1)

9.5 9.5.1 Die drukker het koordlose vermoëns. 9 (1)

9.5.2 Dit is ʼn aanduiding van die maksimum aantal bladsye wat per maand gedruk kan word 9 sonder dat die drukker moeilikheid gee of breek. 9 (2)

9.5.3 Enige TWEE van: 99 x Dit neem minder spasie op as drie of vier aparte toestelle. x Dit is goedkoper as om die toestelle apart aan te koop. x Dit voorsien veelvuldige funksies soos skandering, kopiëring en

faks in slegs een toestel. (2)

9.6 9.6.1 ʼn Raakblad is ʼn reghoekige druksensitiewe area op ʼn skootrekenaar wat in die plek van ʼn muis as toevoertoestel dien.

OF ʼn Klein druksensitiewe area wat gebruik word as wysertoestel op skootrekenaars. (1)

9.6.2 Enige EEN voordeel van ʼn raakblad: 9 x Geen addisionele hardeware word benodig.. x Geen gesukkel met drade. x Meer ergonomies – verhoed RSI, ens.

Enige EEN nadeel van ʼn raakblad: 9 x Reageer stadiger as ʼn optiese muis nie geskik vir presiese

toevoer nie. x Linker- en regterknoppie is moeiliker om te gebruik vanweë

hulle ligging. x Benodig ʼn plat oppervlak om te gebruik. x Nat, sweterige vingers kan die seine belemmer, ens. (2)

Page 26: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

10 REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

9.7 Die vermoë om drie verskillende tipe geheuekaarte te lees bv. Mikro SD/SD,

ens. 9 (1) 9.8 9.8.1 Stelselsagteware/Bedryfstelsel 9 (1) 9.8.2 Enige TWEE van: 99

x Bestuur al die hardeware en sagteware van die rekenaar. x Gee instruksies aan die rekenaar om basiese take af te handel. x Verskaf ʼn gebruikerskoppelvlak aan verbruiker. x Hanteer sekuriteit (met behulp van wagwoorde), ens. (2)

9.9 9.9.1 ʼn Kantoorpakket is ʼn kombinasie van programme wat algemeen in

kantore gebruik word 9 wat as ʼn geïntegreerde eenheid verkoop word. 9 (2)

9.9.2 Enige TWEE van: 99

x Programme het dieselfde koppelvlak wat dit meer gebruikersvriendelik maak.

x Makliker integrasie tussen programme. x Goedkoper as om programme afsonderlike aan te koop. x Makliker om programme te installeer, ens. (2)

9.10 9.10.1 Die minimum hardeware en sagteware vereistes wat benodig word om

ʼn program te installeer en te gebruik. 9 (1) 9.10.2 Enige TWEE van: 99

x Hoeveelheid beskikbare hardeskyf-spasie x Hoeveelheid geheue beskikbaar x Spoed van prosesseerder (2)

9.11 Enige TWEE van: 99

x Om die kopie van die program met jou te verbind x Om te verhoed dat dieselfde program op meer as een rekenaar

geïnstalleer word x Om jou as gebruiker van die program vir aanlyn-hulpdoeleindes te

registreer x Om die maak van roofkopieë te verhoed. (2)

9.12 9.12.1 Dit gebruik minder elektrisiteit. 9 (1) 9.12.2 Enige TWEE van: 99

x Moenie onnodig dokumente druk nie/drukvoorskou voor druk. x Druk beide kante van die papier indien moontlik. x Druk meer as een bladsy per blaai. x Maak gebruik van elektroniese pos indien moontlik, ens. (2)

Page 27: GRAAD 11 NOVEMBER 2015 … · VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen LAN en WLAN deur te beskryf waarna elk van hierdie terme verwys

(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

9.13 9.13.1 Ergonomika is ʼn studie van mense in hul werksomgewing. Dit is die ontwerp van toestelle sodat dit gemaklik en veilig is om te gebruik. 9 (1)

9.13.2 Enige TWEE van: 99

x Sagte sleutels x Palm/gewrig rusplek x Geronde sleutelbord x Toegewyde sleutels vir funksies wat dikwels gebruik word (2)

9.14 9.14.1 Bluetooth/Infra rooi 9 (1) 9.14.2 Enige TWEE van: 99

x Kan maklik gesteel word. x Duurder om aan te koop. x Benodig batterye om te werk – kan duur raak. x Kan van tyd tot tyd seinonderbrekings ondervind. (2)

9.15 Wanneer jou harde skyf vol raak, word dele van dieselfde lêers versprei

oor die harde skyf wanneer jy dit stoor. 9 Defragmentasie herorganiseer slegs die lêers op die harde skyf om dele van ʼn lêer weer saam te stoor sonder om hulle tot ʼn kleiner spasie te beperk om meer stoorspasie beskikbaar te maak. 9 (2)

9.16 9.16.1 ʼn Blog is ʼn aanlyndagboek/ʼn weblog 9 (1) 9.16.2 Enige DRIE van: 999

x Hou jou blog vars en op datum. x Daar moet interaksie met jou lesers wees – reageer op hul

opmerkings. x Die trant moet gemaklik, informatief en interessant wees. x Gebruik opskrifte en beelde wat die oog vang. x Jy moet opinies hê en dit duidelik stel. x Sit skakels in na jou bronne en ander webtuistes. x Maak seker dat daar geen spel- of taalfoute in jou blog is nie. x Hou jou blog kort. x Alles wat jy pos is in die publiek – wees versigtig wat jy sê en

hoe jy dit sê. (3) 9.17 Enige TWEE van: 99

x Vinnige, effektiewe kommunikasie x Deel van hardeware bronne x Sentralisering van data x Oordra van lêers x Ontspanning x Verbeterde beheer en sekuriteit x Gebruikers het toegang tot hulle data/lêers vanaf enige rekenaar in die

netwerk (2) 9.18 Sagteware wat op slimfone en tabletrekenaars gebruik word. 9 (1) TOTAAL AFDELING C: 50 GROOTTOTAAL: 150