grade 8 & 9 learner...

40
Inhoud Hoe om hierdie gids te gebruik…….2 Identifiseer ‘n besigheidsidee……...3 Toets die lewensvatbaarheid………6 Koste- en prysberekening ..……....16 Verkope en advertensies………….20 Organisasie en bestuur……………22 Finansiële hulpmiddels…………….25 Die Sakeplan….…………………….31 Erkennings Projekbestuurder: Jerome Gordon, Senior Kurrikulumbeplanner AOO Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Leerarea, Wes-kaap Onderwysdepartement Besondere dankie aan die volgende bydraers: Alle Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Kurrikulumadviseurs Skrywer: L Zeeman Druk: Edumedia (WKOD) Alle EBW onderwysers wat die material gaan fasiliteer Die Stad van Kaapstad Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, RED Door, Wes-kaap Streek Chamber of Commerce, en ander vennote in die Besigheidswêreld wat almal bydraes lewer tot die ontwikkeling van Entrepreneuriese vaardighede vir die skoolgaande jeug.. MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 1 Kopiereg voorbehou WKOD

Upload: others

Post on 18-Mar-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Inhoud Hoe om hierdie gids te gebruik…….2 Identifiseer ‘n besigheidsidee……...3 Toets die lewensvatbaarheid………6 Koste- en prysberekening ..……....16 Verkope en advertensies………….20 Organisasie en bestuur……………22 Finansiële hulpmiddels…………….25 Die Sakeplan….…………………….31

Erkennings Projekbestuurder: Jerome Gordon, Senior Kurrikulumbeplanner AOO Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Leerarea, Wes-kaap Onderwysdepartement Besondere dankie aan die volgende bydraers: Alle Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Kurrikulumadviseurs Skrywer: L Zeeman Druk: Edumedia (WKOD) Alle EBW onderwysers wat die material gaan fasiliteer Die Stad van Kaapstad Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, RED Door, Wes-kaap Streek Chamber of Commerce, en ander vennote in die Besigheidswêreld wat almal bydraes lewer tot die ontwikkeling van Entrepreneuriese vaardighede vir die skoolgaande jeug..

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 1 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 2: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie
Page 3: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Hoe om die gids te gebruik

Hierdie gids is vir jou, die leerder, geskryf om jou te help met die entrepreneuriese proses wat begin met ‘n idee vir ‘n sake-onderneming wat jy dan ontwikkel om ‘n winsgewende besigheid te begin en te bedryf. Hierdie gids bespreek en verduidelik al die belangrike aspekte wat nodig is om die besigheid te begin en te bestuur en lei jou deur die marknavorsing en organisatoriese behoeftes, effektiewe advertering, kosteberekening, die vastelling van prys en die nodige finansiële beplanning. Hierdie gids sluit ‘n omvattende afdeling in wat vir jou stap-vir-stap sal verduidelik hoe en watter inligting om bymekaar te maak vir jou sakeplan asook riglyne hoe om die sakeplan uiteen te sit en te voltooi. Gebruik hierdie gids saam met jou werkboek om ‘n suksesvolle sake-plan te ontwikkel en ‘n suksesvolle besigheid te bedryf .

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 2 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 4: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie
Page 5: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Ontwikkel ‘n besigheidsheidsidee ‘n Suksesvolle besigheid begin met ‘n goeie idée. Goeie idees is nie altyd splinternuwe idees nie. Dit mag dalk net ‘n beter manier wees om iets te doen, of ‘n reeds bestaande produk wat aangepas of verander word om ‘n totale nuwe produk te skep. Die konsep van franchising – naamlik, wanneer ‘n besigheid presies nageboots of gedupliseer word, op ‘n ander plek, is al as baie suksesvol in die sakewêreld bewys. Daar is baie voorbeelde in Suid Afrika soos bv. McDonalds, Kentucky Fried Chicken, die Spur ens. wat baie winsgewend bedryf word.

Die vermoë om aan goeie idees te dink is die deurslaggewende faktor om ’n suksesvolle entrepreneur te wees. Dit is binne almal se vermoë om goeie idees te ontwikkel. Hoe meer jy oefen hoe beter sal jy raak! Kreatiwiteit is ‘n manier van dink. Kreatiewe denkswyse in besigheid sluit in die begeerte

om voortdurend bestaande produkte en dienste te wil verbeter. Luister altyd na kliënte om te probeer vasstel wat hulle behoeftes is. Dit help ‘n entrepreneur om kreatief te dink. Daar is ook baie tegnieke om idees te ontwikkel bv. Dinkskrums. ‘n Dinkskrum is wanneer jy as deel van ‘n groep jou brein vrye teuels gee en jouself toelaat om aan soveel as moontlik idees te dink. Hoe meer gewaagd, hoe beter! Daar word geen tyd aanvanklik toegelaat vir enige besprekings nie. Elke idee word eers neergeskryf voordat dit bespreek en ondersoek word.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 3 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 6: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Behalwe dinkskrums is daar baie ander maniere om ‘n wen-idee te ontwikkel. Die volgende tegnieke kan ook gebruik word om produkte te beskou en sodoende moontlike veranderings of verbeterings raak te sien: Hierdie tegnieke sluit in: • Vervang Dit beteken om een produk te gebruik in die plek van ‘n ander. Sommige produkte mag dalk nie bekostigbaar vir kliënte wees nie; dit sal aanleiding gee dat hulle na goedkoper alternatiewe sal soek, bv. in plaas van komberse, lakens en ‘n deken kan jy verkies om net van‘n duvet gebruik te maak.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 4 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 7: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

• Kombineer

Dit is die kombinasie van twee produkte, materiale of idees. Sommige televisiestelle het ‘n ingeboude video of DVD-speler wat minder spasie opneem and partykeer ook selfs goedkoper kan wees.

+ • Verander

Die produk kan op ‘n manier verander word. Baie produkte kan verbeter word deur slegs een bestaande aspek te verander. ‘n Botteloopmaker kan byvoorbeeld met ‘n paar aanpassings vir baie ander take aangewend word.

Vergroot of verklein Dit beteken om ‘n produk groter of kleiner te maak maak. Baie produkte het oor die jare kleiner geword soos kameras en selfone. Koeldranke word soms verpak in twee liter

houers, wat weer ‘n voorbeeld is van ‘n produk wat groter geword het. • Wend dit anders aan Die vraag word gevra “Wat anders kan die produk doen?” Die eenvoudige skuifspeld kan op baie ander maniere aangewend word, onder andere, as jy dit oopbuig dan word dit ‘n perfekte hanger vir vleis wanneer jy biltong wil.maak

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 5 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 8: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Toets die lewensvatbaarheid

Dit maak nie saak hoe uniek of kreatief ‘n idee is nie – as daar nie ‘n mark is nie, is daar nie besigheid nie. Die kliënte wat bereid is om te betaal vir jou produk of diens is jou mark.

Voor jy tyd en geld in jou sake-idee belê moet jy uitvind of daar mense is wie jou produk of diens sal koop en dat hulle jou prys daarvoor sal betaal.

Jy sal navorsing moet doen om hierdie antwoorde te vind. Die navorsing staan bekend as ‘n lewensvatbaarheidstudie. As jou produk of diens lewensvatbaar is, is daar ‘n goeie kans dat jou besigheid ‘n sukses sal wees. Dit is baie moeilik om te besluit wat om te verkoop. Briljante idees maak nie noodwendig geld nie.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 6 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 9: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

‘n Lewensvatbaarheidsstudie sluit die volgende komponente in: • Kliënte-profiel ‘n Kliënt se profiel gee vir jou ‘n duidelike prentjie van ouderdom, geslag, inkomste, beroep en kultuur.

Hoe meer jy van jou kliënt weet hoe makliker is dit om produkte en dienste te identifiseer waarop hulle geld sal spandeer. Jy sal ook dan ‘n beter begrip hê hoe om hulle te benader, wanneer jy jou diens of produk aan hulle wil verkoop. • Teikenmark

Alle potensiële kliënte vir jou diens of produk is jou teikenmark. Hulle behoort ook jou pryse te kan bekostig.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 7 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 10: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

• Markaandeel

Dit is jou persentasie verkope in verhouding tot die totale verkope van die betrokkke produk of diens wat deur al die besighede in ‘n spesifieke area verkoop word. Die area waarin jy ‘n markaandeel probeer nastreef, kan ‘n plaaslike gemeenskap, ‘n groter distrik, nasionaal of selfs oor die hele wêreld wees.

• SWOT analise

As jy die Sterkpunte en Swakpunte van jou produk of diens kan bepaal, asook noukeurig die Geleenthede en Bedreigings wat jou beoogde besigheid in die gesig staar, dan sal jy vroegtydig kan beplan om die swakpunte en bedreigings teen te werk. Jy sal ook dan kan konsentreer op daardie areas waar jou onderneming sterk is en bewus wees van die moontlike geleenthede.

• Lewensvatbaarheidsstudie

Dit is die navorsing wat gedoen moet word om te bepaal of jy genoeg van jou nuwe diens of produk sal kan verkoop om ‘n wins te maak. As jou produk of diens haalbaar is en voortdurend genoeg geld kan maak dan is jou besigheid lewensvatbaar en sal dit lonend wees om die nodige tyd en moeite af te staan om die produk te produseer en te bemark.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 8 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 11: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

• Marknavorsing

‘n Goed beplande en georganiseerde poging om nuwe feite en inligting in te win wat jou sal help om beter besluite oor die bemarking van jou produkte of dienste te neem, staan bekend as marknavorsing. Marknavorsing help jou om vas te stel presies wat jou potensiële kliënte se behoeftes is. • Ontleding van Mededingers

Dit is ‘n noukeurige ondersoek om presies vas te stel wat jou mededingers doen en sluit in aspekte soos die kwaliteit en prys van hulle produkte. Jy moet ook kyk na hulle strategië wat hulle ondernemings dalk in ‘n beter posisie as joune plaas.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 9 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 12: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Kom ons kyk na sommige van die komponente in meer detail: • Marknavorsing Marknavorsing is die ondersoek wat jy doen om meer van jou potensiële kliënte uit te vind. Dit sluit in onder andere, wie koop jou diens of produk, hoeveel van die produk of diens word in die gemeenskap verkoop, en of daar ‘n behoefte bestaan vir jou spesifieke produk of diens. Gewoonlik word inligting vir marknavorsing vanuit twee bronne verkry, naamlik primêre en sekondêre bronne. Primêre bronne sluit in die mense met wie jy onderhoude gevoer het of waargeneem het of vraelyste ingevul het.

Primêre inligting word dus direk van jou potensiële kliënte verkry. Sekondêre inligting word verkry uit indirekte bronne bv. feite en syfers vanuit biblioteke, die plaaslike Kamer Van Koophandel, die Internet of plaaslike besighede.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 10 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 13: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Gewilde metodes van marknavorsing:

• Monitor Gaan na ‘n winkelsentrum of vlooimark en kyk hoe mense optree wanneer hulle produkte uitkies om te koop.

• Fokusgroepe Stel ‘n toetsgroep saam bestaande uit ‘n paar mense en bespreek spesifieke aspekte van die produk of diens. • Markopnames deur vraelyste te pos Hierdie metode beteken dat voorafopgestelde vraelyste na potensiële kliënte gepos word, wat die vraelys voltooi en weer terugpos. Die metode is ook gewild op die Internet (Besighede bied gewoonlik een of ander prys aan as aanmoediging vir mense om jou voltooide vraelyste terug te stuur).

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 11 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 14: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

• Persoonlike onderhoude Hierdie onderhoude kan verskillende vorms aanneem onder andere om mense in winklesentrums of by verkooppunte te nader en ‘n paar vinnige vra aan hulle te stel. Jy kan mense uitnooi na ‘n formele tentoonstelling/proe/toetssessie van jou produk of diens.

• Telefoon onderhoude

‘n Onderhoud oor die telefoon behels ‘n vinnige oproep waar jy potensiële kliënte versoek om ‘n paar minute af te staan om ‘n paar vrae te beantwoord.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 12 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 15: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

• SWOT-Analise

‘n Noukeurige SWOT-analise vorm deel van jou produk of diens se lewensvatbaarheidsstudie. Jy moet goed op hoogte van sake wees oor die sterkpunte en swakpunte van jou produkte en dienste en ook van die besigheid in sy geheel.

Jy moet ook op die uitkyk wees vir moontlike geleenthede wat jou kant toe mag kom en waar jy jou produkte kan verbeter en jou besigheid meer suksesvol maak. Maar jy moet ook op jou hoede wees vir bedreigings wat ‘n negatiewe invloed op jou produkte kan hê en dalk jou onderneming se ondergang kan beteken. Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie in jou besigheid. ‘n SWOT-analise is ook ‘n hulpmiddel wat kan dien as ‘n lewensvatbaarheidsmaatstaf en wanneer jou onderneming reeds aan die gang is, kan die SWOT-analise goed aangewend word om die besigheid te monitor.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 13 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 16: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Komponente van die SWOT-analise SWOT staan vir Strengths, Weaknesses, Opportunities and Threats in Engels. Sterkpunte en Swakpunte verwys na die faktore in jou besigheid waaroor jy beheer het. Dit kan die volgende insluit: • Die aard en kenmerke van die produk • Jou eie vaardighede,sterkpunte en ingesteldheid • Waarde, fondse en hulpbronne Geleenthede en Bedreigings verwys na buite faktore wat meestal buite jou beheer is. Byvoorbeeld: • Die aard van die mark (Is daar ‘n behoefte vir jou spesifieke

produk of diens?) • Die mededinging (Wat is die sterkpunte van hulle produkte of

dienste? Hoe getrou is hulle bestaande kliënte?) • Die ekonomiese situasie waarin potensiële kliënte hulself

bevind (Het hulle geld vir ekstras of luukshede, of spandeer hulle al hulle geld aan basiese oorlewing?)

• Skryf al die sterkpunte van jou produk of diens neer en dink aan maniere om verder te bou aan hierdie punte. Sterkpunte vir die maak en verkoop van toebroodjies kan insluit: vars gebakte brood, bestanddele van jou keuse en goeie verpakking.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 14 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 17: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

• Skryf dan al die swakpunte van jou produk neer en dink aan maniere hoe jy dit uit die weg kan ruim.

Verpakking wat duur is en wat die finale prys ‘n bietjie te ver opstoot, of vars gebakte brood wat sy varsheid na ‘n paar uur verloor, is voorbeelde van swakpunte. Maar jy het beheer oor jou produk se Sterkpunte en Swakpunte. Dit is vir jou moontlik om dinge te verander, te verminder of te vermeerder volgens die behoeftes van jou potensiële kliënte • Skryf nou al die geleenthede neer wat jy kan benut om jou

onderneming te verbeter bv. is daar ‘n winkelsentrum of ‘n taxi staanplek in die nabye omgewing waar jy ‘n advertensie veldtog kan loods.Is daar ‘n goedkoper verskaffer waar jy jou produkte kan aankoop?

• Ten slotte, maak ‘n lys van al die bedreigings wat jou

besigheid kan beïnvloed. Bedreigings kan insluit verskaffers wie nie betyds vooraad kan aflewer nie, droogte of vloede, ‘n verhoging in die petrolprys ens. Ongelukkig is daar nie veel wat jy aan hierdie bedreigings kan doen nie, behalwe om voorbereid te wees met planne om hierdie bedreigings teen te werk.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 15 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 18: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Koste- en prysberekening Een van die mees belangrike doelwitte van ‘n besigheid is om wins te maak. ‘n Besigheid is nie meer ‘n besigheid as dit nie geld maak nie. Dit is hoekom alle koste noukeurig uitgewerk moet word en ‘n markverwante wins bygevoeg moet word. As die koste te hoog is sal daar nie wins wees nie. Daar kan selfs ‘n verlies wees. ‘n Besigheid moet alle kostes kan dek en ook ‘n wins toon om te oorleef. Jy moet die volgende komponente verstaan om te weet waarop om te fokus:

• Kosteberekening

Dit verwys na die berekeninge wat jy moet maak om presies vas te stel hoeveel dit kos om jou dienste te lewer of om jou produkte te vervaardig. Hierdie koste moet nie net die vervaardigingskoste insluit nie, maar ook ander kostes soos huur, elektrisiteit en lone moet ingereken word. • Prysvasstelling

Dit is wanneer jy bereken hoeveel om vir jou produk of diens te vra sodat jy ‘n wins kan maak maar tersefdertyd die prys markverwant hou, vergelykbaar met jou kompetisie en binne bereik van jou teikenmark.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 16 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 19: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

• Gelykbreek

Jy bereik hierdie punt wanneer jou verkope of dienslewering se inkomste all jou kostes dek. By hierdie punt het jy al die geld wat jy spandeer het, teruggekry en enige verdere inkomste van hierdie punt af vorentoe kan as wins beskou word.

• Wins/ verlies

As jy genoeg produkte verkoop het om jou kostes te dek en daar is nog geld, dan het jy ‘n wins gemaak. As jy te min verkoop het om jou kostes te dek dan het jy ‘n verlies getoon. • Kontantvloei

Kontantvloei is die invloei en uitvloei van geld (kontant) in jou besigheid. “Kontant in” is ‘n term wat gebruik word vir alle geld wat inkom van verkope of dienslewering. “Kontant uit” is die term vir daardie geld wat uitgegee word om jou produk te produseer, bemark en te verkoop. As daar meer geld by jou besigheid uitvloei as wat inkom sal jou onderneming een of ander tyd faal. • Aanvangskoste

Aanvangskoste is daardie uitgawes wat betaal moet word om jou projek te beplan en voor te berei. Dit kan moontlik insluit ‘n deposito op ‘n stalletjie, skryfbehoeftes, registrasiekoste ens.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 17 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 20: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Versteekte koste Hierdie koste is gewoonlik nie vanuit die staanspoor ooglopend nie en ook nie vooraf bepaalbaar nie. Versteekte koste is gekoppel aan onvoorsiene herstelwerk of onderhoudskoste. • Rente

Rente is die ekstra geld wat jy aan ‘n bank of ‘n ander instansie betaal vir geld wat jy geleen het. Maar rente kan ook deur jou onderneming ontvang word vir geld wat in die bank belê word. • Kapitaal

Dit is geld of vaste bates waarmee jy jou besigheid begin het. Hierdie bates kan geboue of toerusting insluit.

Nuwe besighede moet ‘n lys maak van al hulle aanvangskostes. Daar moet ook presies vasgestel word hoeveel geld nodig is om die besigheid van die grond af te kry en hoeveel geld nodig is sodat dit vir die eerste paar maande sal oorleef. ‘n Besigheid of projek mag dalk nie geld maak van die begin af nie; dus is dit belangrik om te weet watter bedrag geleen moet word om dit aan die gang te hou. Verder moet jy ook noukeuring uitwerk wat jou produk of diens jou gaan kos.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 18 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 21: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Die prys van elke item dek ‘n deel van jou oorhoofse koste wat salarisse, huur, elektrisiteit, vervoer en enige ander koste verbonde aan die produksie, bemarking en verkope, insluit. Wanneer jy absoluut al jou koste bereken het, is dit tyd om die prys van jou produk of diens te bereken. Koste en prysberekening gaan hand aan hand. Jy kan nie jou pryse vasstel indien jy nie noukeurig jou kostes bereken het nie.

Alle besighede streef daarna om geld te maak en te oorleef. Om wins te toon moet ‘n entrepreneur eers die gelykbreekpunt in verkope bereik en dan meer produkte verkoop of dienste lewer. Besighede wat nie eers hulle kostes dek nie, bedryf sake teen ‘n verlies. ‘n Besigheid moet nie net weet of daar wins gemaak kan word nie maar kontant moet ook beskikbaar wees. Om ‘n sake-onderneming suksesvol op ‘n dag-tot-dag basis te bedryf moet daar genoeg “kontant in die hand” beskikbaar wees. Voor jy jou besigheid begin moet jy die kontantvloei probeer vooruitskat, sodat daar voorsorg getref kan word om voldoende beskikbare kontant in jou onderneming te hê. Dit sal jou dan ‘n goeie idee gee hoeveel geld om te leen (behalwe as jy genoeg self gespaar het) om jou besigheid te finansier. Skryf neer jou geskatte uitgawes en verkope en bereken dan of jou besigheid genoeg geld sal maak.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 19 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 22: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Verkope en advertensies Nadat jy jou teikenmark bepaal het, jou narvorsing gedoen het en besluit het dat jy ‘n kliënte-basis sal hê, is dit tyd om jou besigheid en jou dienste of produkte bekend te stel. Dit staan bekend as die bemarking en die promosie van jou besigheid. Hoe meer mense van jou sake-onderneming te hore kom en weet wat jy verkoop of aanbied, hoe meer potensiële kliënte sal jy lok. Jy moet jou besigheid adverteer om dit te laat groei. Jy moet jou promosie- en bemarkingstrategie noukeurig beplan sodat jou reklame effektief gaan wees, anders sal jy maar net geld, tyd en moeite mors op projekte wat nie potensiële kliënte sal lok nie.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 20 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 23: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

1. Die vier P’s van bemarking Bemarkingsstrategië word gebou op die 4P konsep (Produk, Plek, Promosie en Prys) of ‘n kombinasie van die 4Ps: • Produk

‘n Goeie produk is een wat ‘n behoefte in die mark vul (teen ‘n prys wat kliënte sal kan bekostig). Jou produk moet spesifieke voordele vir kliënte bied, aangesien hulle dit vanuit verskillende oogpunte sal beskou. Daarom is dit belangrik om jou kliënte se behoeftes te ken en op die voordele van die produk te konsentreer wanneer jy dit te koop aanbied. • Plek

Die plek waar jy jou produkte of dienste aanbied is uiters belangrik. As jou winkel of lokaal te ver van potensiële kliënte is, of dalk in ‘n gevaarlike area, dan sal mense liewers vir ‘n ander besighede soek. Gerief, veiligheid en bereikbaarheid is aspekte wat jy altyd moet oorweeg. • Promosie

Wanneer ‘n besigheid produkte of dienste bekend maak staan dit bekend as promosie. Promosie sluit in die kreatiewe gebruik van aantreklike ontwerpe, kleur en uitleg van produkte. Die uitstal van produkte is ook ‘n belangrike deel van suksesvolle verkope. Promosie sluit ook in advertensies, spesiale aanbiedings, brosjures, pamflette en plakkate. Besighede kan ook direk potensiele kliënte nader en produkte aan hulle bekend stel.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 21 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 24: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

• Prys

Prys word soms beskou as die mees belangrikste faktor voordat iemand die besluit neem om iets koop, maar dit is ‘n feit dat baie mense nie noodwendig die goedkoopste produk koop nie. Waarde vir geld beteken ook dat ‘n produk meer bied, van ‘n beter kwaliteit is of beter lyk – dan sal kliënte bereid wees om meer te betaal. 2. Advertensies Effektiewe advertensies is ‘n belangrike aspek van ‘n bemarkingsveldtog. Goeie advertensies maak baie keer gebruik van die AIDA tegniek. Advertensies moet die volgende reaksies by kliënte uitlok

A Aandag – deur die gebruik van kleur, geskrewe teks en illustrasies moet die advertensie aandag trek.

I Interesseer –die advertensie moet potensiële kliënte

interesseer deur die regte vrae te vra en beloftes te maak. D Dadelik hê – ‘n klient moet oorweldig word deur die

advertensie en die begeerte ontwikkel om die produk of diens dadelik te wil hê. Woorde soos, “NOU” of “TERWYL VOORRAAD HOU” laat kliënte baie keer dadelik koop.

A Aksie – die advertensie moet ook kliënte tot aksie inspireer

deur hulle te laat goed voel met woorde soos “OMDAT JY SPESIAAL IS” en “JY VERDIEN DIT” Hierdie woorde sal die kliënt aanspoor tot aksie.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 22 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 25: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Organiseer en Bestuur ‘n Besigheid moet goed georganiseerd wees om suksesvol te

wees. ‘n Besigheid wat nie georganiseerd is nie sal kliënte frustreer. Die volgende aspekte moet sterk oorweeg word: • Beplanning

Hierdie vermoë is een van die mees belangrikste eienskappe van enige bestuurder. Om taakbeskrywings, doelwitte, en tydsraamwerke vas te stel en in plek te hê, is alles deel van beplanning en sal verseker dat elke persoon in die besigheid presies weet wat om te doen, hoekom dit gedoen moet word en teen wanneer die taak verrig moet word.

• Organiseer

Goeie organisasie in enige besigheid is net so belangrik soos vooruit-beplanning, wanneer daar ‘n plan in plek is moet die werk ook gedoen word. Grondstowwe moet gekoop word, produkte moet vervaardig word en die besigheid moet begin om geld te maak.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 23 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 26: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

‘n Georganiseerde besigheid het strukture in plek wat sal verseker dat alles volgens die beplanning sal verloop. ‘n Goeie organiseerder sal ook verseker dat daar altyd ‘n “Plan B” in plek is bv. ekstra verkoopspersoneel of tydelike werkers, indien iets dalk verkeerd loop. • Kontrole

Elke besigheid het ‘n sekere mate van kontrole nodig - van die produksiefase-, tot en met die eintlike verkope aan kliënte. Beheermaatreëls moet in plek wees om te verseker dat alles volgens plan verloop. Kwaliteitskontrole van grondstowwe word uitgeoefen vanaf die aflewering tot by die produksiestadium. Gedurende die produksiefase verseker kwaliteitsbeheer dat die finale produk die goedkeuring van die kliënte wegdra. Finansiële beheer behels die opstel van begrotings en maatreëls wat sal verseker dat die begrotings nie oorskry word nie. Ander beheermaatreëls moet in plek wees om bedrog deur die werkers te voorkom. Dit is goed om altyd alles op skrif te hê. Vanaf die beplanningsfase moet aantekeninge gehou word, wat kan dien as ‘n riglyn en maklike verwysing. ‘n Visuele organisatoriese diagram sal werkers help om die kanale van kommunikasie te verstaan asook om die verskillende besigheidsfunksies te sien as ‘n geheeldbeeld.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 24 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 27: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Finansiële hulpmiddels ‘n Besigheid is slegs suksesvol as daar genoeg geld is om alle uitgawes te betaal en die eienaar kry ‘n inkomste in die vorm van wins. As dit nie die geval is nie, sal die eienaar die besigheid staak en liewers sy geld belê by ‘n finansiële instelling om rente te verdien. Die lewensvatbaarheid van ‘n besigheid is dus gekoppel aan die inkomste-potensiaal van die onderneming.

‘n Besigheid moet ‘n Inkomstestaat en ‘n Balansstaat opstel aan die einde van elke finansiële periode. In ‘n nuwe besigheid kan dit meer gereeld gedoen word om te verseker dat die onderneming binne vasgestelde begrotings bedryf word en dat die geskatte verdienste bereik word. Die entrepreneur kan ingeligte besluite neem wat gebaseer is op belangrike inligting in die inkomste- en balansstate.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 25 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 28: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

1. Die Inkomstestaat Hierdie staat wys of die besigheid ‘n wins gemaak het of ‘n verlies getoon het vir die periode wat dit bedryf is. Jy moet noukeurig rekord hou van alle inkomstes en uitgawes om ‘n inkomstestaat akuraat te kan opstel. Uitgawes sal nie net bloot vervaardigingskoste van ‘n produk insluit nie. Alle oorhoofse koste soos huur, lone, elektrisiteit ens, is ook uitgawes wat in berekening gebring moet word. Die totale inkomste van die besigheid is die geld wat ingevorder word van verkope van produkte of dienste. Bestudeer die volgende voorbeeld van ‘n inkomststaat: Inkomstestaat van Bling Ontwerp vir die 3 maande geëindig 30 Junie 2007 Verkope 2 000,00 Minus koste van goedere verkoop* (550,00) Bruto wins 1 450,00 Minus uitgawes (950,00) Advertensies 200,00 Huur uitgawe 30,000 Skryfbehoeftes 120,00 Verpakking 180,00 Rente betaal 70,00 Netto wins 500,00 * Berekening van koste van goedere verkoop: Krale R350,00 Draad R100,00 Hakies R100,00 R550,00

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 26 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 29: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Ons kan die volgende vasstel uit die bostaande inkomstestaat: • Die totale verkope vir die periode is R2 000,00 • Die koste van die juweliersware wat verkoop is R550,00 • Alle ander uitgawes beloop R950,00 • Die netto wins (wat aan die eienaar behoort) is R500,00 Hieruit kan ons die volgende afleidings maak:

• Die persentasie bruto wins tot verkope is:

1450 x 100 2000 = 72,5%

• Die persentasie netto wins tot verkope is:

500 x 100 2000 = 25%

• Die persentasie uitgawes tot verkope is:

950 x 100

2000 = 47,5%

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 27 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 30: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Deur die bostaande inligting te bestudeer is dit duidelik dat:

• die bruto wins-persentasie baie hoog is en die netto wins- persentasie baie laer is as gevolg die hoë persentasie uitgawes.

• die eienaar sal moet besluit of R500,00 genoeg wins is vir die harde werk en moeite wat nodig is om die juweliersware te produseer en te verkoop.

• daar oorweeg sal moet word om die uitgawes te sny. • lone of salarisse nie as ‘n uitgawe aangeteken is nie wat

beteken dat die eienaar al die werk doen en nie vir sy tyd en moeite betaal word nie.

• ‘n moontlikheid om die besigheid uit te brei oorweeg moet word. Indien die koste van verkope van die juwele redelik laag is en oorhoofse uitgawes soos huur konstant bly, dan kan die netto wins vermeerder. 2. Die Balansstaat

Die balansstaat reflekteer die besigheid se finansiële posisie op enige gegewe tyd. Dit is ‘n opsomming van die toale bates (eiendom), die totale laste (skuld) en presies wat die eienaar werd is.

As die besigheid al die bates verkoop en al die skuld betaal, behoort die verskil gelyk te wees aan die eienaar se belegging in die onderneming, plus die wins wat gemaak is.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 28 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 31: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Kyk na die volgende voorbeeld van ‘n balansstaat: Balansstaat van Bling Ontwerpe soos op 30 Junie 2007

BATES Nie-bedryfsbates 3 000,00 Gereedskap 1 200,00 Werkbank 1 800,00 Lopende Bates 700,00 Voorraad 200,00 Kontant 500,00 TOTALE BATES 3 700,00 EIENAARSBELANG EN LASTE Eienaarsbelang 2 500,00 Kapitaal 2 000,00 Plus netto wins 500,00 LASTE Nie-bedryfs laste 1 200,00 Lening 1 200,00 TOTALE EIENAARSBELANG EN LASTE

3 700,00

Ons kan die volgende vasstel uit die bostaande balansstaat:

• Die totale bates is R3 700,00 werd en bestaan uit R3 000,00 vaste bates en R700,00 se voorraad en kontant.

• Die totale laste beloop R1 200,00, waarskynlik geld wat aan die begin aan die besigheid geleen is.

• Die eienaar is R2 500,00 werd bestaande uit die aanvangskapitaal en die wins oor die afgelope drie maande.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 29 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 32: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Uit hierdie inligting kan ons die volgende afleidings maak: • As die eienaar die gereedskap, werkbank en voorraad verkoop

sal daar R3 700,00 kontant wees om die lening van R1 200,00 te betaal, dan sal die R2 500,00 wat oorbly, die bedrag wees wat die eienaar belê het en die wins wat gemaak is.

• Die verhouding tussen die bates en die laste is baie goed:

3 700 : 1 200 3,08 : 1

Dit reflekteer dat vir elke R1,00 wat deur die besigheid geskuld word, daar R3,08 beskikbaar is om die skuld te vereffen.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 30 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 33: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

DIE SAKEPLAN

Kyk na die volgende aspekte van ‘n goeie Sakeplan:

• Die dokument moet netjies vertoon, skoon en aantreklik wees. • Alle nodige inligting bevat, sonder on lomp en omslagtig te

wees. • Dit moet duidelik en leesbaar wees. • Die inligting moet logies georganiseer en leesbaar wees. • Inligting moet ondersteun word deur feite en bewyse.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 31 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 34: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

Nadat jy bostaande inligting deeglik bestudeer het en jy het die nodige besluite rondom jou produk geneem, jou marknavorsing is voltooi en jou finansiële beplanning is agtermekaar, moet jy ‘n sakeplan saamstel wat jou gefokus sal hou en verseker dat jy jou doelwitte wat reeds identifiseer is, sal nastreef. Jou sakeplan sit jou besigheid se doelwitte duidelik uiteen. Die sakeplan is ‘n belangrike dokument aangesien banke en ander finansiële instellings dit noukeurig sal bestudeer voordat hulle ‘n lening sal toestaan. Dit dien egter ook as ‘n verwysingsdokument en help die entrepreneur om te konsentreer op die besigheid se doelwitte en die toekomsideale van die onderneming na te streef. Dit is nie ‘n vinnige en maklike taak om ‘n sakeplan op te stel nie – dit sal baie tyd, navorsing en beplanning verg. Maar met ‘n goeie sakeplan het jy ‘n baie beter kans om ‘n lening te kry en ‘n sukses van jou onderneming te maak.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 32 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 35: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

1. Die komponente van ‘n besigheidsplan 1.1 Voorblad

Ontwerp ‘n aantreklike, professionele voorblad. Die volgende blad moet die inhoud van die sakeplan bevat. Dit is belangrik dat jou hele sakeplan insluitende die voorblad weerspieël hoe ernstig jy jou onderneming benader. Die voorblad moet die volgende insluit: • die besigheid se naam; • die entrepreneur se naam; • die entrepreneur se adres • telefoonnommers; • die logo of embleem van die besigheid.

1.2 ‘n Opsomming van jou besigheidsidee Hierdie opsomming moet kort en kragtig wees. Dit moet duidelik en gefokus wees op die belangrikste aspekte van jou sakeplan. ‘n Goeie opsomming sal lesers se aandag aangryp en hulle dwing om verder te lees. Jy moet die volgende punte kortliks verduidelik:

• die rede vir jou aansoek vir fondse; • hoeveel geld jy nodig het; • hoe jy die geld gaan aanwend; • en hoe jy beoog om die lening terug te betaal.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 33 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 36: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

1.3 Beskrywing van jou besigheid Hierdie deel van jou sakeplan gee ‘n volledige beskrywing van jou onderneming. In hierdie afdeling moet jy inligting insluit oor die volgende aspekte:

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 34 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 37: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

1.4 Die bemarkingsplan van jou sake-onderneming Jou bemarkingsplan moet die volgende punte insluit:

• ‘n beskrywing van jou teikenmark; • ‘n voorspelling van verkope vir die eerste jaar van die

besigheid; • ‘n beskrywing van jou moontlike grootste kliënte; • ‘n beskrywing van jou potensiële kompetisie, hulle

bemarkingstrategië, en hoe hulle jou sukses kan beïnvloed; • ‘n beskrywing van die 4p’s

1.5 Die bestuursplan van jou besigheid Jou bestuursplan moet die volgende inligting insluit:

• die tipe eienaarskap (alleenhandelaar, vennootskap, geslote korporasie, private maatskappy)

• hoeveel mense jy indiens gaan neem, watter opleiding hulle nodig het, en die lone en salarisse wat jy moet betaal;

• jou organisatoriese struktuur (Dit moet die poste van die mense in jou besigheid aandui, bv. ‘n bestuurende direkteur, ‘n produksiebestuurder, ‘n adminstratiewe bestuurder, ‘n sekretaresse.);

• ‘n plan van hoe jy jou besigheid gaan bedryf (operasionele plan);

• ‘n beskrywing van jou administratiewe sisteem of watter proses jy gaan gebruik om rekord te hou van alle inligting in jou besigheid

• Die besonderhede van jou verskaffers

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 35 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 38: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

1.6 Die finansiële plan van jou besigheid Die finansiëleplan van jou besigheid is baie belangrik en verg aandag en tyd. Hierdie aspek van jou sakeplan gaan die fokus wees van alle leningsinstellings voordat daar gaan besluit word of jou aansoek suksesvol was of nie.

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 36 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 39: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie

1.7 Addisionele inligting wat jou kan help om ‘n lening te kry. Sluit die volgende inligting in jou besigheidsplan in:

• ‘n opsomming van hoekom jy glo jou besigheid sal ‘n sukses wees; • Inligting wat ander mense kan motiveer om te glo dat jou besigheid ‘n

sukses sal wees. • Verwysingsbriewe van ander sakemense wat bereid is om positiewe

inligting van jou te gee. • Wetlike dokumente. • Afskrifte van kontrakte of huurooreenkomste

ALLES VAN DIE BESTE MET JOU ONDERNEMING!

MY BESIGHEID Graad 8 & 9 Leerdersgids 37 Kopiereg voorbehou WKOD

Page 40: Grade 8 & 9 Learner Guideedulis.pgwc.gov.za/jdownloads/GETEconomicsManagementScience/Learning... · Dit staan bekend as ‘n SWOT-analise en is ‘n noodsaaklike aspek van enige aksie