hier langsaan die handgebaar vir “god”. let op dat die...

20

Upload: others

Post on 26-Sep-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe
Page 2: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe

Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die drie

middelste vingers styf teen mekaar

lê, en staan vir God, die Vader,

God die Seun, en God die Heilige

Gees. Die pinkie en die duim bind

hulle as intieme eenheid saam.

INLEIDING Lynnwoodrif Gemeente wil in 2016 dissipel-

wees, dienskneg-wees, in-verhouding-

wees… IN DIE KRAGVELD VAN DIE GEES.

Onder hierdie inspirerende sambreel-tema

wil ons as Gemeente AKTIVEER 2020 verder

uitrol. Ons beplan drie reekse vir 2016 -

Reeks 1: Wie is God?; Reeks 2: Die Here se

roeping op ons elkeen se lewe, en Reeks 3:

Elkeen is begaafd! En op Sondag 28

Februarie skop ons eerste reeks af!

Ons wil graag elkeen in Lynnwoodrif Gemeente uitnooi om die volgende drie

weke in te skakel by hierdie In Diepte-reeks. Maak by jouself, of saam met jou

gesin en vriende ʼn commitment tot die preekreeks (oggend- en aanddiens)

én om in te skakel by ʼn Bybelstudie- en/of Omgeegroep vir hierdie drie weke.

Elke tema sluit af met idees en voorstelle oor Praktiese Geloofsgewoontes.

Richard Forster skryf dat Spiritual Disciplines nie wetties of as ʼn las benader

moet word nie… Nee, ons beoefening en deelneem aan Geloofsgewoontes

moet telkens vir ons vreugde verskaf! Vreugde… omdat ons groei in ʼn meer

intieme verhouding met die Here. Wanneer ons aan hierdie preekreeks en

groeptemas deelneem, sal ons die geleentheid hê om telkens bekendgestel

te word aan ʼn Geloofsgewoonte, dit saam met ander gelowiges in te oefen,

en dit dan deel te maak van ons eie verhouding met die Here. Welkom by AKTIVEER 2020! Geniet hierdie avontuurlike geloofsreis saam met

ons!

ʼn Paar gedagtes oor Reeks 1: Wie is God? God openbaar Homself as verhoudingswese daarin dat ons Hom – deur die

Woord - leer ken as Vader, en as Seun, en as Heilige Gees. Iemand het

geskryf dat elke Persoon van die Drie-Persoon-God eer en heerlikheid

toebring aan die ander. En, daar is ʼn woord hiervoor, Perichoresis – die woord

choreografie is hiervan afgelei. God in Sy Drie-Persoon-Wese is in ʼn konstante

dans van eer en heerlikheid met Homself, en skryf hierdie persoon, word ons

uitgenooi om saam met God te dans. Dit is in hierdie dans-met-God dat ons

begin lewe, heel word, nuwe skepsels word! Maar omdat ons na Sy beeld

(verhoudingswese) geskape is, kry ons eie, ware mens-wees sy mooiste

1

Page 3: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe

uitrukking wanneer ons in verhouding is met Hom, met mekaar, en met

ander. Ons hoop… en het ʼn heerlike verwagting dat hierdie reeks vir elkeen ʼn meer

intieme ken van God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees sal

gee, maar dat ons besig-wees met Sy Woord ook ons beeld/prentjie van

Hom sal herstel waar dit dalk skeefgetrek was. En mag hierdie nuwe ken, en

nuwe ervaar van Hom ons inspireer tot aanbidding, verering en diens.

Seënwense en liefdegroete

Die Leraars, Lynnwoodrif Gemeente

2

Page 4: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe

Hoe om die boekie te gebruik

Dié is ’n besonderse reeks wat wag! Die reeks gaan oor wie God die Vader,

die Seun en die Heilige Gees is. Dit word ook so in die boekie uitgelê, met die

eerste tema wat dan handel oor God die Vader, dan God die Seun en die

reeks word afgesluit met God, die Heilige Gees.

Daar is heerlike materiaal en ’n geloofsgewoonte wat jy of kan uitbrei

of nuut kan aanleer, na elke tema. Dus, is die boekie uitgewerk in drie temas

wat dan die reeks by Lynnwoodrif Gemeente opmaak.

Dit is besonders om ’n jaartema te hê met die fokus op die Kragveld

van die Heilige Gees! Omdat dit vir ons as gemeente so kosbaar en belangrik

is om in dié Gees te werk en te lewe is daar ook aan die einde van die

boekie ’n Gebedsjoernaal ingesluit, waar jy kan aanteken waarvoor jy bid en

wanneer dié gebed beantwoord word, selfs op maniere wat jou verstom laat

staan!

Mag hierdie reeks vir jou opwindend, Geesvervuld en met iets laat wat

die Here as Vader, Seun en Heilige Gees binne in jou kom plant het.

3

Page 5: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe

WIE IS GOD, DIE VADER?

1. Lees die volgende drie Skrifgedeeltes in die Ou Testament - Eksodus 4:22-

23; Deuteronomium 1:31 en Psalm 103:13. Wat “hoor” julle in hierdie

gedeeltes oor God? Watter beeld/prentjie skets hierdie gedeeltes oor God? 2. Wanneer Jesus se dissipels Hom vra om hulle te leer bid (Lukas 11:2 &

Matteus 6:9), leer Hy hulle die “Onse Vader”-gebed – soos ons dit noem.

Hierdie gebed is ook ʼn geliefde en gunsteling lied. Ons sing self die woorde

“Ons Vader”… maar het ons al regtig gedink wat ons bid of sing met die

woorde “Ons Vader”? Wat beteken hierdie woorde vir jou?

3. Gesels oor die volgende vrae, Hoe het dit gebeur dat ons God kan

aanspreek as Vader? Hoe gebeur dit dat ons in ʼn vader-kind-verhouding met

God kan staan?

4. Lees Johannes 3 – Jesus en Nikodemus se gesprek, en gesels oor die vraag,

Hoe werk geestelike geboorte? (Vers 3, “opnuut gebore”, of “uit die Gees

gebore” – vers 8).

5. Johannes 3:8 lees, ***“Die wind waai waar hy wil”. Lees Genesis 1:1-2, Lukas

1:34-35, en 1 Petrus 1:3, en gesels oor die misterieuse tog kragtige wyse

waarop God deur Sy Gees werk/skep. Help die tekste in Genesis 1 en Lukas 1

ons om iets méér en beters van die Gees se lewe-skeppende werk te

verstaan? Het jy al hierdie kragtige, nuut-skeppende, lewe-skeppende

werking van Sy Gees in jou lewe beleef?

4

Page 6: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe

6. 1 Petrus 1:3 vertel van die Vader se groot ontferming, en eggo dit Psalm

103:13 se kosbare woorde, “Soos ʼn vader hom ontferm oor sy kinders…”. Lees

Klaagliedere 3:21-23 en gee geleentheid dat elkeen kan vertel van sy/haar

ervaring van die Vader se ontferming in/oor sy/haar lewe.

7. Wat – reken julle – sou die gepaste respons wees op hierdie ontferming van

die Vader oor ons? Lees gerus wees 1 Petrus 1:3, so ook Maleagi 1:6.

GELOOFSGEWOONTE

1. Sing Lied 266, Die Onse Vader, saam.

2. Gee geleentheid vir stil-gebed, en moedig elkeen aan om hul gebed af te

skop met “Vader” of “My Vader”.

3. Vra een van die groeplede om Psalm 95:1-2,6-7 voor te lees: “Kom, laat

ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig oor die rots by wie ons redding

vind, laat ons na Hom toe gaan met lof, laat ons Hom toejuig met lofsange!

Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor

die Here ons Skepper! Hy is ons God en ons is Sy volk, Sy kudde, Sy skape,

deur Sy hand versorg”.

4. Maak ʼn ooreenkoms met mekaar om in die komende week doelbewus die

Here God – as Vader – te aanbid. Let ook op na ander karaktereienskappe

van God, die Vader. In vandag se tema het ons van Sy ontferming geleer.

Prys Hom daarvoor. En, teken die ander karaktereienskappe wat jy in die

Woord raak-loop in jou joernaal aan. Gebruik hierdie nóg en méér leer ken

van die Here God om Hom te aanbid.

5

Page 7: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe

WIE IS GOD DIE SEUN?

Ek wonder deesdae: Wat het geword van positiwiteit? Wysheid, verrassings

en verbeelding, al hierdie lekker goed wat sin gee aan die lewe. Die slegte

goed in die lewe is al wat in gesprekke op kom, byvoorbeeld, misdaad,

emigrasie, belaglike belastingskale, die jongste skindernuus oor mense in die

kerk, oor mense by die werk of oor familielede. Die grootste gesprek wat

almal prikkel of meeste se dag omvergooi is die onderwerp van geld. Die

goeie in die lewe word misgekyk of vermy.

KRY DIE GEDAGTES AAN DIE GANG

Die woordjie ‘Juk’ kom twee keer voor in hierdie teks. Al Juk wat ek geken het

toe ek jonger was is as jy juk dan moet jy krap. Wonder jy nie ook wat

beteken die woord Juk nie? Dalk het jy dit al iewers gehoor. ʼn Juk is die

harnas of `ʼn stuk las wat op ʼn os se skouers kom.

Hoekom dra hierdie os die las op sy skouers? Want die osse is veronderstel om ʼn ossewa te trek. Op die ossewa word ʼn vrag goed op vervoer en soms is die

wa te swaar vir twee osse om te trek, dan sit die persoon wat agter die stuur

van die osse sit, nog ʼn ry osse aan. Dalk is ek so onkundig hieroor, omdat

mens nie werklik vandag nog so iets kry nie. As ons vandag iets swaar moet

vervoer, dan kry ons net ʼn Hilux bakkie of ʼn trok om dit te vervoer.

As ons kyk na ’n direkte vertaling vanuit die Griekse Bybel waarin die Nuwe

Testament oorspronklik in geskryf was, dan maak dit meer sin: Jesus sê: Kom

na My toe almal wat moeg is en swaar dra aan laste, en Ek sal julle rus gee.

6

Page 8: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe

En dan sê Jesus ook, Neem my juk op julle en leer van My. Ek dink hierdie

beeld pas eintlik mooi in by hierdie teks. Jesus sê, leer van My, want ʼn lewe

saam My is lig en nie so swaar soos die las op ’n os se skouers nie. Jesus wys

aan elkeen van ons dat ʼn lewe saam Hom nie so swaar is soos die laste van

die lewe nie. Jesus nooi elkeen uit, deur te sê ‘Kom na My toe’ om jou laste

op Hom uit te pak en lig te dra aan ’n lewe saam Jesus, ’n lewe waar Christus

se koninkryk waar is.

Waar het daar onlangs in jou iets gebeur waar jou juk verlig is en jy daaroor

verstom staan?

___________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________

‘Juk’ het ook ’n ander betekenis – Om ’n ‘juk’ te onderhou en te leer, het in

die Joodse geloof beteken om die wet te onderhou. Die wet is die tien

gebooie van Moses soos ons dit vandag ken.

IS JOU GODSDIENS LEEG EN VOL ’N STEL REËLS?

Dan vra Jesus vir ons en sê: Neem My manier van lewe aan, want dit is juis nie

ʼn stel reëls nie, dit sal rus bring vir julle gemoed. Dit is ’n eenvoudiger en ligter

manier van leef. Hierdie manier van leef dra nie die swaar laste van die lewe

nie, maar ’n ligte las waar Jesus saam jou stap.

Dié manier van leef beteken nie ons gaan sit op die strand en lewe is goed

nie. Dit beteken ons gaan moet moeite doen om te leer van hierdie

koninkryk. Om te leer van die koninkryk, moet ons leer van Jesus se lewe,

soos ons dit vind in die evangelies. is jou godsdiens leeg en vol ’n stel reëls?

Hierdie manier van leef beteken nie ons gaan sit op die strand en die lewe is

net goed nie. Dit beteken ons gaan moet moeite doen om te leer van

hierdie koninkryk. Om te leer van die koninkryk, moet ons leer van Jesus – die

eienskappe van Hom.

Watter eienskappe (in die teks en ander) is vir jou besonders van Jesus? En

wat beteken die eienskappe vir jou in jou persoonlike reis? ___________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________

7

Page 9: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe

___________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________

Jesus se woorde in Matteus 11:28: “Kom na My toe...” is ons gemeente se

leuse en visie. Die Bybel is getuienis van mense wat na Jesus toe gegaan het

– en rus gevind het. Waarom maak Jesus die uitspraak: “kom na My toe”?

Wat Johannes in Lukas 3 vir die Jode gesê het, is vir ons ore ook bedoel: Om

’n verbondskind te wees, gedoop te wees, is op sigself nie genoeg nie. Nee,

die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe wat goeie

vrugte dra, sê hy in vers 9. Dink jy dat dit juis sigbaar word wanneer ons na

HOM toe gaan. Bespreek die stelling.

___________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________

Die bekende teoloog Dietrich Bonhoeffer, wat gesterf het in die tweede

wêreld oorlog, het gesê: “And a Christianity without discipleship is a

Christianity without Christ”. Bespreek die stelling en gesels daaroor van hoe

ons dissipels van God kan wees en (selfs) word. Is dit nie juis Jesus se

uitnodiging in Matteus 11:28 wat ons oprig tot dissipels nie?

___________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________

Ons is nuwe mense deur Jesus Christus, Hy nooi ons uit om na Hom toe te kom

en kondig die koninkryk van God aan. Ons lewe nie meer soos die ou mense

nie. Aangesien ons nuwe mense is, kies ons dan om sekere dinge nie te doen

nie. Die stelling is baie belangrik. Met vandag se moderne wetenskap en

liberale teologie sal party dié stelling nie ondersteun nie. Bespreek in die

groep of dit vir julle ’n waarheid is en hoe die Gees ons begelei in keuses.

___________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________

8

Page 10: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe

Baie mense onderstreep in hulle Bybels Matteus 11:28: “Kom na My toe, almal

wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” Dat hierdie versie vir baie gelowiges belangrik is is ook nie vreemd nie, want

Jesus praat hier van dinge wat ons dikwels aan ons eie lyf ervaar: om hard te

werk, uitgeput te wees, oorlaai te wees, en om te kan rus.

Die vraag wat egter hier belangrik is is wat Jesus hier met “rus” bedoel. Party

mense meen dat Jesus hier na liggaamlike rus verwys, dit wil sê, rus vir ons

dikwels uitgeputte en oorlaaide liggaam. Want Jesus, sê het dit self geken. In

Johannes 4:6 lees ons byvoorbeeld dat Jesus “moeg was van die reis.” En net

so het Hy by verskeie geleenthede vir sy dissipels gesê, en ek neem Markus

6:31 hier as voorbeeld, “kom julle alleen saam met my na 'n stil plek toe en rus

'n bietjie.” Met ander woorde, Jesus het geweet wat dit beteken om

liggaamlik moeg te wees, en daarom praat Hy hier van die fisiese rus van die

liggaam, die herlaai van die batterye, soos ons dit soms uitdruk.

Hoe kan julle elke dag onthou dat julle nuwe mense in Jesus is en dus heilig

moet lewe?

___________________________________________________________________________

Dink na oor die manier waarop die koninkryk in jou lewe kom en groei.

___________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________

God se genade transformeer ons van die persoon wat ons was voordat ons

Jesus as Verlosser en Saligmaker aangeneem het tot die persoon wat God in

gedagte het ons moet wees in Christus en deur die kragveld van die Heilige

Gees.

Jesus sê, Leer van My, want ek sal julle rus gee vir julle gemoed.

GELOOFSGEWOONTE

1. Bespreek wat die koninkryk van God is.

2. Raak dan stil vir 3 minute. Elkeen dink na oor Jesus se “Kom na My toe” in

sy/haar lewe. Moenie net dink in terme van wat God vir jou doen nie, maar

veral ook wie God deur sy genade vir jou is. Gee ruim tyd vir getuienisse en

kyk of julle sekere patrone kan raaksien van hoe julle Jesus se genade ervaar.

9

Page 11: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe

3. Watter betekenis het Jesus se “Kom na My toe”, binne die konteks van die

wêreld waarin ons vandag lewe? 4. Neem genoeg tyd om saam te bid en Jesus te dank vir al sy genade oor

ons lewe. (Dalk twee-twee saam)

10

Page 12: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe

WIE IS GOD, DIE HEILIGE GEES? God die Heilige Gees is die laaste van die drie Persone van die Drie-Eenheid

wat ons behandel. Hy is op Pinksterfees uitgestort en van toe af die Een wat

die Kerk inspireer en lei. Hierdie kleingroepbespreking sal meer aspekte oor

die Heilige Gees hanteer as wat in die preek hanteer is. Julle kan ook kies

watter dele julle hier wil doen. Ons bely die volgende oor die God die Heilige Gees:

Ons glo... in die Heilige Gees, die Heer en Lewendmaker, wat van die Vader en die

Seun uitgaan, wat saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik moet

word, wat gespreek het deur die heilige profete (Geloofsbelydenis van Nicea). In ons Belydenis is daar vier dinge wat ons oor die Heilige Gees bely. Kyk

hoeveel hiervan julle kan raaksien. Wat dink julle sou elk van hierdie dinge

beteken.

KRY DIE GEDAGTES AAN DIE GANG – LEES GEN. 1:1-3

God die Heilige Gees was ook in die Ou Testament teenwoordig, tog op ʼn

anderste manier as waarop ons Hom in die Nuwe Testament leer ken. In

die Ou Testament leer ons Hom ken as iemand met besonderse krag. Lees

Gen. 1:1-3. Wat merk jy op van die Heilige Gees en hoe sou dit vandag

van toepassing wees as Lynnwoodrif Gemeente ’n Jaartema, Deur die

Kragveld van die Heilige Gees, het?

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

In die Nuwe Testament leer ons die Gees van God op ander maniere ken.

Hy word ook met nuwe name benoem. Lees die volgende gedeeltes, wat

is die name wat die Heilige Gees hier kry en waarom sou Hy hierdie hê

(Matt. 1:18; Matt. 12:28; Matt. 10:20; Rom. 8:9; Luk. 4:18-19)? Wat beteken

die nuwe name vir jou?

11

Page 13: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe

OP WIE FOKUS DIE HEILIGE GEES? LEES 1 KOR. 12:3; ROM. 8:9.

As jy in een sinnetjie moet sê, wat dink jy, vir wie verheerlik die Heilige Gees

eintlik en waarom (1 Kor. 12:3; Rom. 8:9)?

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

Die Heilige Gees is in die Kerk soos ʼn ma in ʼn gesin. ’n Goeie ma sal nooit haarself op die

voorgrond stoot nie, maar altyd haar man en kinders. Sy sal sorg dat hulle kos en klere

het, mooi aangetrek is en genoeg kos om te eet. Sy sal toesien dat hulle gesond is. Sy sal

altyd op die agtergrond wees. Sy sal gelukkig wees solank dit met haar gesin goed

gaan. So is die Heilige Gees ook. Die Heilige Gees stoot Homself nooit op die voorgrond

in die Kerk nie, maar altyd, ja altyd vir Christus. Alles wat die Heilige Gees onder mense

doen (heiligmaking en bekering) en in die gemeente (gawes en groei) doen, is om

Christus op die voorgrond te skuif. Daar waar mense dus die Heilige Gees bokant

Christus verheerlik, is ’n verdraaiing van die rolle van die Drie-eenheid.

DIE HEILIGE GEES IS DIE WELDOENER / VOORSPRAAK VIR MENSE IN NOOD – LEES J OH. 14:16-18, 25-26; 15:26-27; JOH. 16:7-13; 16; 1 JOH.

2:1-2

Daar is baie vertalings in alle tale vir die Griekse woord “Voorspraak

(Parakleet)”. Vanweë die manier hoe Johannes aantoon hoe Jesus die

begrip het, is dit moeilik om werklik een van die “woordeboek-begrippe”

as ’n volmaakte begrip te beskryf. Mens kan die Griekse woord eerder

met ʼn begrip vertaal of beskryf, nl. dat ʼn “Voorspraak iemand is wat ‘vir

mense in nood is ’n weldoener”. Wat sou dit dan beteken as Jesus ons

Weldoener is (1 Joh. 2:1-2)? _________________________________________

Nou lees ons dat Jesus opgevaar het hemel toe. Beteken dit dat ons nie

meer ʼn Weldoener het nie? Wie is hierdie Voorspraak / Weldoener dan?

(Joh. 14:16-18)?

Kom ons kyk nou na wat die Heilige Gees as Voorspraak en Weldoener

met die gelowiges doen.

a. Die Heilige Gees leer en herinner ons aangaande Jesus – Lees Joh.

14:25-26

Wat sou julle meen beteken dit wat Jesus hier in Joh. 14:25-26 vir die

dissipels se? ________________________________________________________________

______________________________________________________________

Dit beteken dat die Heilige Gees die Christengelowiges ons leer

deur ons te herinner aan wat Jesus onder soortgelyke

omstandighede gedoen het, of sou gedoen het. Die Gees gee nie

“nuwe insigte” nie, maar sê presies dieselfde as wat Jesus gesê het

12

Page 14: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe

toe Hy op aarde was. Die manier hoe Hy die Kerk leer is om ons

gedurig “terug te bind” aan Jesus. Lees daarom die vier Evangelies

om agter te kom hoe Jesus oor sake gedink het.

b. Die Heilige Gees motiveer ons om getuies te wees – Lees Joh.

15:26-27

Wie is die twee tipe getuies oor Jesus (Joh. 15:26-27; Hand 1:8; 1 Kor.

2:3-5)?

___________________________________________________________

Die getuienis wat die Heilige Gees doen, is om mense te oortuig dat

Jesus die Verlosser is. Alle mense wat deur die Heilige Gees oortuig is

dat Jesus die Verlosser is, word dan weer sendelinge. Ons word deur

die Gees gedring om die boodskap vir ander mense te gaan vertel.

c. Die Heilige Gees kla die wêreld aan oor hulle sonde – Lees Joh.

16:7-13

Van alles wat Jesus in Joh. 14 tot 16 oor die Heilige Gees sê, is

hierdie dalk die moeilikste vir mense in die jaar 2016 om ons eie te

maak. Dit pas nie in daarby wat ons oor Christus en die Heilige Gees

wil hoor – of selfs glo nie. Hier is egter ʼn baie belangrike ding wat

Jesus oor die Voorspraak / Weldoener leer. Lees Joh. 16:7-13 en sê

wat is die ding waarvan die Weldoener nie hou nie.

____________________________________________________________

Volgens Jesus is daar drie bewyse wat die Heilige Gees gebruik om

aan te toon dat die wêreld aan sonde skuldig is. kyk of jy dit kan

vind.

• Bewysstuk een (Joh. 16:9): Die wêreld is skuldig aan sonde.

• Bewysstuk twee (Joh. 16:10: Jesus gaan na die Vader toe.

• Bewysstuk drie (Joh. 16:11): Die oordeel is klaar uitgespreek.

d. Die Heilige Gees lei ons in die “waarheid” – Lees Joh. 14:16; 16:13

Hoe sou jy die hele waarheid van die Heilige Gees beskryf

(Joh. 8:31-32; 14:16; 16:13; 1 Kor. 2:1)? __________________________________________________________________

__________________________________________________________________

In die Evangelie van Johannes is die begrip “waarheid” ’n

verhoudingswoord. Dit dui op die Verlossing wat Jesus gebring het

op grond van Sy verhouding met die Vader en sondaarmense. As

die Heilige Gees ons dus in die hele waarheid lei, beteken dit dus

13

Page 15: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe

dat Hy die waarheid rakende ons Verlossing daardeur wat Jesus

gedoen het, in die harte van mense plant.

DIE HEILIGE GEES DRING CHRISTENGELOWIGES TOT ʼn SEKERE MANIER VAN LEWE – LEES GAL 5:1, 13, 17, 22-25; EF. 5:18-20; 2 TIM 1:6-8; JAK 3:14-18 Die belangrike ding is dat die Heilige Gees Christengelowiges nie by

bekering los nie, maar begelei op die pad van heiligmaking. Daarom dat

ons ophou om sonde te doen (Lees Rom. 6:1-2; Gal 5:1, 13, 17).

_____________________________________________________________________ Mense sê dikwels ons is vry van “wettiese dinge”. Hulle gebruik dit ongelukkig

meestal as ʼn verskoning vir sonde. Dit is waarvan Paulus hier praat. Dat Christus ons van sonde vrygemaak het, beteken nie dat ons kan sonde doen

nie, want ons het die Heilige Gees in ons. Dit wat die Heilige Gees wil hê,

staan in direkte konflik met die mens se eerste wens is. Ons moet Geesvervuld wees (Ef. 5:18-20). Om Geesvervuld te wees beteken

nie dat mens allerhande snaakse bonatuurlike dinge doen of ervaar nie. As

mens Geesvervuld is, sal jy die vrug van die Gees dra. Wat is dit (Gal 5:22-25)? _______________________________________________________________________ Die Vrug van die Gees begin met liefde. Ons lees dat liefde ook in 2 Tim 1:6-8

belangrik is. Hoe sou jy liefde binne ’n Bybelse konteks beskryf? ________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________ Die liefde van Die Nuwe Testament is nie die indiwidualistiese en emosionele liefdesbegrip soos wat ons dikwels vandag in die jaar 2016 hoor nie. Nee, Die

Bybel dink anders oor liefde: Liefde is van sodanige aard, dat ons in lojaliteit

en verantwoordelikheid teenoor God en ons medemens, die goeie beeld en

naam van God en die Christendom sal hooghou. As Geesvervulde mense,

wil ons nie skaamte en skande aan God en Sy familie in Lynnwoodrif

Gemeente of elders bring nie. Ons keuses en besluite en interpersoonlike

verhoudings, sal deur die Wysheid wat van Bo kom, gedring word. Só sal ons

eerder aan God en ons Christelike familie eer bring. As ons só leef, dan het

ons lief en dan is ons mense van die Heilige Gees. In die lig van bogenoemde, hoe sou jy ʼn Geesvervulde lewe beskryf?

________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________

GELOOFSGEWOONTE

GOD, DIE HEILIGE GEES? Omdat die Heilige Gees “gees” is, is dit dalk moeilik om oor Hom te gesels.

Het julle al daaraan gedink dat ons ook nie die wind kan sien nie, maar dat

14

Page 16: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe

ons baie kan vertel oor die wind… die skade wat ʼn stormwind aangerig het,

of die heerlike gevoel van ʼn koel namiddag-briesie na ʼn briesend warm dag. Net so kan ons dalk nie die Heilige Gees “sien” nie, maar Sy impak en krag is

duidelik sigbaar. Dink aan hoe die Heilige Gees die plek van Jesus in jou lewe oorgeneem het

(ander Voorspraak). Op watter van die vier funksies van die Heilige Gees as

Voorspraak gaan jy in die toekoms as Geloofsgewoonte fokus? Hoe gaan jy

hierdie week begin om dit te doen en hoe gaan jy daarmee volhou? Vertel

volgende keer vir mekaar hoe julle daarmee vorder.

G

15

Page 17: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe

4. Gebedsjoernaal

Skryf jou gebedsversoeke hieronder neer en onderneem om elke dag

daarvoor te bid. As gebede verhoor is, skryf die antwoord langsaan neer.

Onthou om dankie te sê. Mag die kragveld van die Heilige Gees jou lei!

Datum Gebedsversoek Datum Antwoord

16

Page 18: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe

Datum Gebedsversoek Datum Antwoord

17

Page 19: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe

5. Aantekeninge

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

18

Page 20: Hier langsaan die handgebaar vir “God”. Let op dat die ...lynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Wie_is_God... · die feit dat ons aan God behoort, moet sigbaar word in ’n lewe