hoe het die oog...die oog is op gedeeltes van die veel groter plaas rietfontein gevestig. volgens...

9
Die Oog is op gedeeltes van die veel groter plaas Rieontein gevesg. Volgens die Eugene Marais Sgng het Gysbert van Rooyen, 'n boer en ystersmid, en sy vrou Maria, 'n vroedvrou, hulle in 1893 op die plaas Rieontein gevesg. As mens by die Oog se hek uit links draai , is daar 'n rooidak plaashuis met buitegeboue feitlik teen aan die teerpad net na Die Oog se grenslyn. Dit is hier waar die opstal gebou is waar die van Rooyens gewoon het, en waar Eugene Marais van 1908-1916 by hulle gewoon het in die stoepkamer. Hierdie Gedenksteen is ook daar opgerig deur Gerhard van Wyk op aanbeveling van Mauritz Hansen ter bevesging van bg. feite. Hierdie rooidak huis is nie die oorspronklike Rieontein opstal nie, maar die buitegeboue is wel nog oorspronklik. Ons Wildskamp huisie het wel waarde in die opsig dat die boustyl en uitleg feitlik idenes is aan die oorspronklike Rieontein opstal - daar is selfs 'n stoepkamer. Volgens die Eugene Marais sgng kan ons met oortuiging aanneem dat die huisie in die Wildskamp ooreenstem met die oorspronklike opstal wat op die plaas Rieontein gebou is. Nie ver van die Rieontein opstal was daar 'n fonteintjie met warm mineraalagge water. D.F. van den Berg beskryf dit as "DIE OOG". Rondom DIE OOG is 'n bodemlose vaatjie aangebring. Die water wat op die wyse in die vaatjie versamel het, het 'n bekende skepplek vir huishoudelike- en drinkwater geword. Die vaatjie is ook deur sommiges soos Marais gebruik om mee te was of bad. Die oorloopwater is opgevang in 'n natuurlike moerasagge pannetjie dig begroei met riete, papkuil en wilde piesangbome. Die bekende Mauritz Hansen van Naboomspruit, het te vertel dat die plaas Rieontein in die vroeë 1930's aan Danie Erasmus behoort het. In Maart 1932 huur ene Mr OJ Viljoen die plaas met die opsie om te koop. Viljoen het ook die eerste warmbad met rietskerm hier gebou. In 1934 is die plaas egter aan ene Bergh, onderwyser van Potgietersrus verkoop. Gedurende die volgende 3 jaar ontstaan 'n klein vakansie-oordjie, bekend as "Bergh-se-Bad", met 3 sement badjies in verskillende grooes, asook 'n geboutjie wat voorsiening gemaak het vir klein kafee, aantrekkamer en toilee. Bergh- se-Bad was baie gewild onder die vakansiegangers. Ene mnr Liebenberg het later die eienaar van die oord geword wat nog verdere ontwikkeling laat plaasvind het. (blaai asb om) “Op die Oog af” OKTOBER 2017 Hoe het Die Oog KNIPOOG REDAKSIE:: Bydraes kan gestuur word aan: Annatjie Smit 082 210 7275 [email protected] Alta Booyens 083 419 2376 [email protected] Truiki Stander 079 585 1081 1

Upload: others

Post on 25-Sep-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hoe het Die Oog...Die Oog is op gedeeltes van die veel groter plaas Rietfontein gevestig. Volgens die Eugene Marais Stigting het Gysbert van Rooyen, 'n boer en ystersmid, en sy vrou

Die Oog is op gedeeltes van die veel groter plaas Rietfontein gevestig. Volgens die Eugene Marais Stigting het Gysbert van Rooyen, 'n boer en ystersmid, en sy vrou Maria, 'n vroedvrou, hulle in 1893 op die plaas Rietfontein gevestig. As mens by die Oog se hek uit links draai , is daar 'n rooidak plaashuis met buitegeboue feitlik teen aan die teerpad net na Die Oog se grenslyn. Dit is hier waar die opstal gebou is waar die van Rooyens gewoon het, en waar Eugene Marais van 1908-1916 by hulle gewoon het in die stoepkamer.

Hierdie Gedenksteen is ook daar opgerig deur Gerhard van Wyk op aanbeveling van Mauritz Hansen ter bevestiging van bg. feite.

Hierdie rooidak huis is nie die oorspronklike Rietfontein opstal nie, maar die buitegeboue is wel nog oorspronklik.

Ons Wildskamp huisie het wel waarde in die opsig dat die boustyl en uitleg feitlik identies is aan die oorspronklike Rietfontein opstal - daar is selfs 'n stoepkamer.

Volgens die Eugene Marais stigting kan

ons met oortuiging aanneem dat die huisie in die Wildskamp ooreenstem met die oorspronklike opstal wat op die plaas Rietfontein gebou is.

Nie ver van die Rietfontein opstal was daar 'n fonteintjie met warm mineraalagtige water. D.F. van den Berg beskryf dit as "DIE OOG". Rondom DIE OOG is 'n bodemlose vaatjie aangebring. Die water wat op die wyse in die vaatjie versamel het, het 'n bekende skepplek vir huishoudelike- en drinkwater geword. Die vaatjie is ook deur sommiges soos Marais gebruik om mee te was of bad. Die oorloopwater is opgevang in 'n natuurlike moerasagtige pannetjie dig begroei met riete, papkuil en wilde piesangbome.

Die bekende Mauritz Hansen van Naboomspruit, het te vertel dat die plaas Rietfontein in die vroeë 1930's aan Danie Erasmus behoort het. In Maart 1932 huur ene Mr OJ Viljoen die plaas met die opsie om te koop. Viljoen het ook die eerste warmbad met rietskerm

hier gebou. In 1934 is die plaas egter aan ene Bergh, onderwyser van Potgietersrus verkoop.

Gedurende die volgende 3 jaar ontstaan 'n klein vakansie-oordjie, bekend as "Bergh-se-Bad", met 3 sement badjies in verskillende groottes, asook 'n geboutjie wat voorsiening gemaak het vir klein kafee, aantrekkamer en toilette. Bergh-se-Bad was baie gewild onder die vakansiegangers.

Ene mnr Liebenberg het later die eienaar van die oord geword wat nog verdere ontwikkeling laat plaasvind het. (blaai asb om)

“Op die Oog af”

OKTOBER 2017

Hoe het Die Oog

KNIPOOG REDAKSIE::

Bydraes kan gestuur word aan: Annatjie Smit 082 210 7275 [email protected] Alta Booyens 083 419 2376 [email protected] Truiki Stander 079 585 1081

1

Page 2: Hoe het Die Oog...Die Oog is op gedeeltes van die veel groter plaas Rietfontein gevestig. Volgens die Eugene Marais Stigting het Gysbert van Rooyen, 'n boer en ystersmid, en sy vrou

Lofdansers

2

In 1964 koop Rondalia Automobiel Assosiasie DIE OOG. En GROOT ontwikkeling het toe plaasgevind! Op 'n terrein laer af as Bergh-se-Bad is die hoof gebou, swembad en nuwe rondawels opgerig. Karavaan-staanplekke en tente het ook bygekom. Die tentkamp het later plek gemaak vir nog meer rondawels en 'n groter karavaanpark is ook opgerig.

Die oorspronklike 3 sementbadjies van Berg-se-Bad het behoue gebly, en in 1984 is hierdie deel omskep in 'n borrelbadkompleks.

Op 10 Augustus 1965 vind die amptelike opening van Rondalia-Oog-Warmbron plaas. Mauritz Hansen se twee broers,

Wynand en Jassie, het in 1972 met die goedkeuring van die oordbestuurder Karel Hugo die Wynassie Dam (Wynand en Jassie) gebou. ‘n Gedenkplaat ter ere van hulle is opgerig by die dam en deur Jassie onthul op 10 Oktober 2012.

Steve du Preez, besturende Direkteur van Rondalia, het DIE OOG by Rondalia gekoop en dit steeds as volwaardige vakansie oord bedryf. In 2008 koop Niël Cronje en Dries du Preez DIE OOG en begin met die ontwikkeling van 'n aftree landgoed. Vir die eerste 3 jaar was daar slegs die rondawels beskikbaar wat oorspronklik kon bly of opgegradeer kon word. Rondawel nr 8 was die eerste wat verbreek en verander is.

Spesiale dank aan: Heini Kotze van die Eugene Marais Stigting, Alta Lewis, Niël Cronje, Mauritz Hansen

Boet en Linda Fivaz

Die warm swembad in die sestigerjare

Page 3: Hoe het Die Oog...Die Oog is op gedeeltes van die veel groter plaas Rietfontein gevestig. Volgens die Eugene Marais Stigting het Gysbert van Rooyen, 'n boer en ystersmid, en sy vrou

In 2010 het Western Breeze nog 'n "Oktoberfest" (Bierfees) gehou en daarna het KVV die fees in 2011 oorgeneem en is die naam na Oppi-Oog Fees verander. Elke jaar word al die inwoners betrek om gesellig saam te kom werk, mekaar beter te leer ken en fondse te in met ons eie fees. Oppi-Oog Fees is al sinoniem met ons vakansiegangers, Naboomspruit in-woners, asook kinders en kleinkinders wat jaarliks met groot opgewondenheid uitsien na ons groot fees. Greunen & NonStop "Boyband" het Vrydagaand met 'n volgepakte Olienhoutsaal ons musiekfees afgeskop. Nieteenstaande die hele nag en oggend reën het uitstallers reeds teen 6-uur opgedaag en toe maar in die saal skuiling teen die reën gesoek en uitgestal. Ongelukkig was ons wildskamp se grondpaaie net te nat vir ons bergfiets, prethardloop en stappers om te kon deelneem. Die speletjies langs die swembad kon

teen 10uur begin nadat die sonnetjie sy kop uitgesteek het.

Vakansiegangers en inwoners het deelgeneem aan ons pret speletjies soos

tafeltennis, veerpyltjies, chipping gholf, silwerballe, spykerslaan, kettieskiet, narballe en hoefies gooi. Die kinders het ook eierloop, musical chairs, mekaar met waterballonne gegooi en nog talle speletjies om die swembad geniet.

Heerlike pannekoeke, boepens broodjies, worsbroodjies asook ander

eetgoed was te koop aangebied. Mnr. & Mej Oog Jnr. en Snr. is ook weer tradisioneel gekroon en ons prysuitdeling het teen 4uur ons middag afgesluit. Baie dankie aan al ons borge en skenkings wat as pryse uitgedeel kon word.

Die aand is met musiek en massabraai afgesluit. Ons hoogtepunt was Sondag se spesiale Oppi-Oog Dankdiens. Lofsange, lof-danse en die dankboodskap is afgesluit met die oorwinningslied en swaai van vlae. Sonder elke inwoner se bydrae, hoe klein ookal, sal en kan ons nooit so 'n fees suksesvol en op so hoë vlak aanbied nie. Ons moet nooit hierdie jaarlikse aktiwiteit Oppi-Oog Fees onderskat vir wat dit vir die gemeenskap van die Oog beteken nie. KVV Groete—Gerda vd Walt

3

"FEES VAN DIE GENOOIDES" was

weereens ‘n , "eerste van sy soort "

geleentheid by Die Oog , waar

gaskunstenaars tussen die ouderdomme

15 en 21 opgetree het. Ons dank aan

ons inwoners wat hierdie poging met ‘n

propvol saal ondersteun het. Saam met

ons Oppi-Oog fees verrigtinge Saterdag

7 Okt 2017 gaan die fondse aangewend

word om ons saal se klanktoerusting en

akoestiek te verbeter.

GREUNEN Greunen is ‘n jong popsanger, wat met

sy pragtige stem, ons aangenaam

verras het met sy veelsydige aanbieding.

Hy het ons vermaak met energieke

"Rock & Roll" liedjies asook pragtige

ballades uit die sestig-, sewentig- en

tagtigerjare!!

Fransie en Bets

Page 4: Hoe het Die Oog...Die Oog is op gedeeltes van die veel groter plaas Rietfontein gevestig. Volgens die Eugene Marais Stigting het Gysbert van Rooyen, 'n boer en ystersmid, en sy vrou

4

DIE OOG JUKSKEI TOERNOOI - 18 OKTOBER ksesvolle Jukskei toernooi,waarin 14 spanne deelgeneem het. Ons Jukskei Voorsitter Flip Boshoff bedank almal vir die goeie gees wat deurentyd geheers het. Die Jukskei dames het ons besoekende gaste vroegoggend verwelkom met heerlike toebroodjies en koffie. Etenstyd het ons Besige Bye dames heerlike gevulde pannekoeke te koop aangebied. Ons is trots om lede van hierdie vinnig groeiende Jukskeiklub te wees. Ons speel en kuier lekker want ons is een groot Jukskei familie!!!

Flip Boshoff wens Die Oog spanne

geluk met hul puik prestasies.

AFDELING - A

Eerste - Kranspoort Jukskeiklub

Tweede - Oog 1

Derde - Oog 2

AFDELING - B

Eerste - Oog 3

Tweede - Nylstroom 2

Derde - Oog 4

Dankie... Liewe Oog vriende,

Ons is in die finale fase van ons “Zuma jaar”.

Ons wil aan elke Oog inwoner baie dankie sê vir al die voorbidding, handdruk, kuiertjies en goedjies wat ons ontvang het tydens ons “hospitaaljaar”. So besef ons weer daar is ‘n Hemelse Vader wat ons dra en beskerm in moeilike tye.

Alta se kanker het nie versprei nie en my rug is sonder pyn.

Baie dankie aan almal. Baie seën en liefde word u almal toegewens. Gerrie en Alta du Preez

Die Oog se kameelperde, Kallie en Marie en ouboet Calamari, het nog ‘n kalfie ryker geword naamlik Chips!

Wie is “Chips”?

Page 5: Hoe het Die Oog...Die Oog is op gedeeltes van die veel groter plaas Rietfontein gevestig. Volgens die Eugene Marais Stigting het Gysbert van Rooyen, 'n boer en ystersmid, en sy vrou

5

Erens, ná die winter van 2016, het ons as gesin ernstig begin beplan vir die verkoop van Bergfontein - ons tuiste vir bykans ‘n halfeeu lank. En toe begin die navorsing en ritte, op soek na ‘n geskikte plek vir die beoogde aftrede. Die Oog Aftree-landgoed het ons onmiddellik beïndruk. So Bosveldrig, met die pragtige natuurskoon en die diere wat oral rondloop. Voel sommer lekker tuis! En die gróót pluspunt: die pragtige, goed toegeruste Versorgingsoord - Dienssentrum. As ons dit EENDAG sou nodig kry. Dalk so kort voordat ons die 100 jaar-kerf bereik…..! Toe gebeur die onverwagte in Meimaand 2017. Manlief Sarel, wat daagliks met gewigte speel, ver ente stap, kranse uitklouter en dit gate uit geniet, is skielik tot stilstand ge-dwing. ‘n Lekkende hartklep laat hom vir vyf weke lank in ‘n hospitaal in Pretoria beland. Na die klepvervanging en ontslag bly ons nog twee weke by ons dogter, Annelie, by Harties. Sarel was op daardie stadium nog baie swak op die bene. Annelie is hoogs bekommerd dat Pa dalk kan val in die nag as ons alleen in ons Ooghuisie slaap. Sy bel vir Marieta en reël ‘n weeklange verblyf vir Pa in die Versorgingsoord. Watter wonderlike ingewing was dit nie! Vanaf dag een is

ons - soos al die ander inwoners daar, met liefde en toewyding versorg. Niks is vir hulle te groot, of te klein, om vir die inwoners te doen nie. Graag wil ek een baie spesiale insident met julle deel. Ná so ‘n operasie, waartydens die pasiënt se bors tot wie-weet-waar oop gesaag is, is HOES uit die aard van die saak uiters pynlik. Een laataand gaan Manlief onbedaarlik aan die hoes. EK besluit uiteindelik om die klokkie te lui. Die nagpersoneel, wat vlak voor ons deur is, is dadelik by. Maria besef onmiddellik hoe pynlik die hoesery is. In ‘n baie mooi Engels vra sy of ons wedergebore Christene is. Toe ek bevestigend antwoord, onderneem Maria dadelik om vir Sarel te bid. “En oupa sal lekker slaap en nie weer hoes nie”. Sy het Marieta eers gebel en die nodige medikasie gegee. Watter wonderlike getuienis was dit nie vir ons nie! Sarel en ek is dankbaar dat ons ‘n week lank die Versorg-ingsoord van naderby kon leer ken. Marieta, jy en jou span is waarlik wenners! Mag die Hemelse Vader julle ryklik seën! Duisend dankies van Sarel en Truiki NS: Aanvanklik het ons daarop gereken dat ons dalk EENDAG die Dienssentrum sou nodig kry. Toe was dit slegs enkele maande. ”Die mens wil, maar God beskik!”

Sowat 26 dames van Die Oog Aftreelandgoed deel dieselfde passie, naamlik kwiltwerk.

Die groep noem hulleself Die Garingdraadjies. Dié groep is vyf jaar gelede gestig en gaan steeds met groot

entoesiasme van een projek na die volgende, waartydens vele tegnieke gebruik word en vaste vriendskappe gesluit word. Die Garingdraadjies het bykans nege maande gelede besluit om vir ons Sorgsentrum 'n groepskwilt te maak om dankie te sê dat ons hulle sit/eetkamer elke Dinsdagmiddag mag gebruik as bymekaarkompunt. En hier hang die eindproduk! Dit is 'n voorbeeldkwilt wat bestaan uit 15 blokke wat uiteindelik elkeen afsonderlik deur die kwilters gekwilt was en daarna blok vir blok aanmekaar gesit is. Al die deelnemende kwilters se name verskyn iewers op die kwilt met die vrolike naam: Plesierigheid! Ja, dit was vir die kwilters een groot lekkerte om elkeen haar unieke deel te kon doen.

Dié kwilt is aan die Sorgsentrum se geliefde suster Marieta oorhandig op 24 Oktober 2017 en ons wens is dat elkeen wat tyd verwyl in die ontvangsarea die liefde en toewyding sal ervaar wat in dié projek ingeweef is!

Kwilt oorhandig aan Sorgsentrum

Page 6: Hoe het Die Oog...Die Oog is op gedeeltes van die veel groter plaas Rietfontein gevestig. Volgens die Eugene Marais Stigting het Gysbert van Rooyen, 'n boer en ystersmid, en sy vrou

6

Verslag van ons bootrip van Antwerpen naar Durban met die vragskip “GREEN MOUNTAIN” van 2 mei tot 2 junie 2015 Episode 1 “Vertrek” Wat aangaan voor ons kan vertrek: Ons was lus om 1 maal in ons lewe met een skip naar Zuid-Afrika te kom om tot die regte “oorseese mense” te gaan behoor. Ons het op die internet geloer naar verskillende moontlikhede. Dit kan met een luukse skip, maar hul gaan maar hooguit 1 x per jaar die kant op en is nogal duur. Ek het via die organisasie “SEATRAVEL” uitgevind dat ons als passasier mee kon vaar op een vrag skip. Geboek vir vertrek einde april begin mei 2015. Die inpak van die bagasie 250 kg saam, amper 10 tasse en ons fietse kon gratis mee vervoer word. Omdat ons in ZA nie elektriese fietse kan koop nie, was dit een bonus vir ons, om die fietste dan mee saam te vat.

Op die ou eind word ons 30 maart geskakel, dat ons nou self die skip kan kies, die skepe is identiek. Ons het gekies vir die Green Mountain, met vertrek omtrent 27 april. Daarna hoor ons dat die skip op 30 april sal vertrek en dat ons in die oggend langs die skip gereed moet staan. Dan word ons maandag aand die 27ste geskakel dat ons die 28ste ‘ in die oggend in Antwerpen gereed moet wees vir ons vertrek. Ons het geweet daar is nie sekerheid nie van aankoms en vertrekdatums, maar dit was snaaks, die skip le nog in Hamburg (ons volg die vaarroete oppie internet met “Marine-traffic”) en het is een dag vaar van Hamburg naar Antwerpen? Hoekom? Na meerdere skakels blyk dis inderdaad nie reg nie en dat dit nou 1 of 2 mei gaan word. Die skip sal nou 2 mei 14.00 vertrek en als ons dan in die oggend kom, sal ons daar die agent vind wat alles vir ons reël. Met als waarskuwing:

Als die lading aan boord is vertrek die skip!!!! Er word nie op enige persoon gewag nie. Opnuut geskakel en dan is daar enige sekerheid dat die skip 2 mei in die aand sal vertrek, dus als ons 2 mei in die oggend inskeep moet dit veseker wees dat die skip nie sonder ons sal vertrek nie. 2 mei zaterdag: Eintlik kan ons vertrek (dis 220 km se ry van ons huis naar die Antwerp se hawe. Ons het vinnig ons kar (Tuscon) omgebou vir meer spasie en die 10 bagasie tasse plus 2 rugsakke en 2 fietse (op die fietsdraer) en met Rosy (Jack Russel) in een klein hoekie, het ons dogter Roosmarijn ons naar die hawe in Antwerpen gebring. Ons is 7.15 van huis vertrek en gelukkig

was dit op die saterdag oggend baie stil op die pad. Ons het om 10.30 by die hawe aangekom en naar die Churchill-dok nr 420 gery waar die skip aan die kade le. By aankoms blyk dat ons ondanks alle opgestuurde dokumente en informasie nie angemeld was nie. Die security doen taamlik moeilik en tereg het is hulle verantwoordelikheid, maar na een skakel naar ons agent kwam alles nog reg. Ons kon met ons kar tot by die skip ry. Ons kajuit was bo op die 5de verdieping. Ons het gedink hoe maak ons dat met al die bagasie? Hier het hulle een baie goeie oplossing vir. Ons kry een M2-BIG BAG, hier pas 5 tasse in en word dan omhoog gehys met een katrol en daarna nog een keer. Daarna word ons 2 fietse aan die band van de katrol saam gebind en omhoog gehys. Als ons by ons kajuit kom staan ons tasse almal al daar. Ons het die eienaars se kajuit/suite. Dis een baie gerieflike verblyf, een groot sitkamer met hoekbank, tafel, 2 gemaksstoele en een

TV, koelkas, koffie en thee fasiliteite een aparte slaapkamer met 2 beddens langs mekaar, nagkassies, klerekaste en een apart badkamer met stort, toilet en wastafel. Meer dan voldoende krag proppe. Die buite dek waar ons kon sit was een paar meter by ons kajuit vandaan en ons kry daar 2 gerieflike tuinstoele met kussens by. Ons kon om 12.00 meteen mee eet met die warm middag ete. Die skip het toen vertrek omtrent 1.30 in die nag…. rigting Portugal.

3 mei sondag: Bewolkte weer, wel lekker op dek gesit met dik jasse aan. Die kus van Engeland en Frankrijk gesien. In die middag uitle gekry over die veiligheid en wat te doen by die reddingsskip. Ook verskillende ander skepe gesien. Besoek aan die brug gebring en om 18.00 uur ging eintlik die son skyn. In ons kajuit was dit koud, ons was dankbaar dat die steward ons een elektriese kaggel gebring het. Omdat dit sondag was kry ons nog heerlik vars gebakte appeltert bedien in ons kajuit. 4 mei maandag: Ons is nou in die Golf van Biskaie, die golwe /deinig is nie te erg nie. Wel meer als gister. Met dik jasse aan kan ons op die dek sit en in die middag begin dit te reen. Die klok gaan een uur teruggesit word. 5 mei dinsdag: In die nag baie meer en ook hoëre golwe. Oppie dag sibaar vol skuimkoppe, Ook meer son en in die middag weer reën….

6 mei woensdag: Aankoms 06.00 uur in die oggend. Waar dit voor die hawe van Leixoes in Portugal voor anker gaan. Ons le tot 10.30 uur stil om te wag vir plek aan die kade. Hierby skommel die skip

SKEEPSREIS VAN ANTWERPEN NA DURBAN

Page 7: Hoe het Die Oog...Die Oog is op gedeeltes van die veel groter plaas Rietfontein gevestig. Volgens die Eugene Marais Stigting het Gysbert van Rooyen, 'n boer en ystersmid, en sy vrou

7

baie meer als tydens die vaartrip. Om 10.30 uur kom die loods aan boord en vaar ons stadig die hawe binne.

Om 11.45 le ons in die hawe. Tydens dat ons die hawe invaar sien ons die skip: “MS ROTTERDAM” le. Dit is een baie groot passagierskip van die Holland Amerika Lyn. Na die lunch kan ons van die skip afklim. Die kapitein het een taxi vir ons gereël om ons naar die ou stads centrum van Porto te bring. Tydens die afklim van die skip, stap ons over die valreep, dis een trappie met skewe trees wat skuins langs die skip omlaag le. Maar terwyl Jan baie goed dop hou waar hy sy voete plek ge, sien hy nie die yster balk bo sy kop nie en ja dat was skrik, baie bloed stroom oor sy gesig deur een taamlik groot wond. By die siekeboeg het hulle dit netjies versorg en intussen is ons taxi ook gearriveer. In die stad op een sonnig terras eers maar koffie gedrink vir die

skrik en ons kon eintlik gaan geniet van die aangename warmte. Op die selfde tyd ry daar een klomp antieke karre voorby, hulle is van België en ry een toer van Lissabon naar Valencia, dit was wonderlik mooi om te sien. Daarna met die geel bus met oop bokant deur die ou stad gery. Oppie trugpad skip toe, nog ietsie gedrink op een terras. Die bloed loop by die voorkop van Jan nog altyd deur pleisters heen en toen kom die eienaar van die kafee by ons (dit lyk of hy mediese opleiding geniet het) en begin Jan te ondersoek en kyk of sy neus gebreek het en of hy een hersenskudding het en daarna begin hy ernstig die wond nog een keer skoonmaak en salf opsmeer wat die bloed stop. Dit was so baie vriendelik en op die ou end laat hy ons op sy rekenaar in vertaling naar Engels nog weet dat hy sy ekskuus aanbied omdat hy nie al die regte medische middels beskikbaar het nie. Ja, waar vind een mens soiets.

Het was baie interessant om die belading van die skip te sien. In Antwerpen was die skip nog lank nie vol nie. In Leixoes is daar nog baie kontainers bygekom, maar nog lang nie vol nie. Kontainers wat klaar staan word gelaai en daar kom nog een hele klomp kontainers die met baie groot trokke aangery word. Dit was bysonder om te sien soos al die groot trokke wat agter mekaar aan kom ry. Ook le daar koelkontainers die dan weer teruggaan gevuld met naartjies (dan verstaan ons ook waarom die naartjies in Holland so duur moet wees). Om 19.30 uur vertrek ons weer en word ons deur die loods die hawe uit gely naar oop see.Die volgende 15 dae sal ons sonder onderbrekings net oor die oceaan vaar. Die beplanning is dat ons donderdag 21 mei om 06.00 uur in die oggend in Walvisbaai / Namibië aankom. Marijke van Braak—Eenh 219

Toilet

11 litres single flush

11/6 litres dual flush Bath

50 to 120 litres (half full) Shower

70 to 160 litres per eight minutes Dishwashing

by hand 12 to 15 litres per wash Washing Machine

front loader 23 litres per kg of dry weight

top loader 31 litres per kg of dry weight Hand Basin

5 litres

Tap running while cleaning teeth 5 litres Outside

Watering the garden with a hose 600-900 litres per hour

Using a garden sprinkler Up to 1,500 litres per hour

Washing a car with a hose 100-300 litres

Dripping tap 200 litres per day

Leaking pipe 300 litres per day from a 1.5mm hole

Kyk dat krane en pype nie lek nie.

Isoleer warmwaterpype sodat jy nie so lank hoef te wag vir water om warm te word nie.

Moenie skottelgoed onmiddellik was nie. Wag eerder totdat jy meer vuil skottelgoed het voordat jy die wasbak vol water tap.

Gebruik jou skottelgoedwasser of wasmasjien net vir vol ladings.

Vul ’n beker of bottel met drinkwater en hou dit in die yskas eerder as om ’n kraan oop te maak en te wag dat die koeler water begin uitkom.

Maak jou tuin vroeg soggens of vroeg saans nat wanneer die son nie te warm is nie. Minder water sal verdamp en vermors word.

Plaas ’n deklaag rondom bome en plante om te keer dat water te gou verdamp.

Stort eerder as bad. ’n Vinnige stort verfrissender in die somer nie, en sal ook minder water gebruik.

Draai die kraan toe terwyl jy jou tande borsel, skeer of jou hare was.

Maak seker jy weet waar die meersterkraan is. Deur die meesterkraan toe te draai kan vermorsing en verdere skade aan die pyp gekeer word as ‘n pyp bars.

As jy ’n ysblokkie per ongeluk laat val, moet dit nie net in die wasbak gooi nie. Laat dit smelt en gooi dit dan oor ’n huisplant.

Hou oorskietwater van gekookte of gestoomde groente vir die tuin.

Terwyl jy wag dat die water warm word, laat die water in ’n emmer loop en gebruik dit om jou tuin water te gee.

How Much Water Do I Use? Hoe Bespaar Ek Water?

Page 8: Hoe het Die Oog...Die Oog is op gedeeltes van die veel groter plaas Rietfontein gevestig. Volgens die Eugene Marais Stigting het Gysbert van Rooyen, 'n boer en ystersmid, en sy vrou

8

Op Maandag 25 September 2017 het ons boomplantdag gevier met KVV se gedenkbome tradisie waar ons 'n boom plant vir elke inwoner wat afsterf by Die Oog. Daar was 26 naasbestaandes van 33 afgestorwenes teenwoordig.

Rudi het ons verrigtinge ge-open met skrif-lesing oor bome, asook inligting aangaande bome in die algemeen.

Sonja, wat ons Gedenkboek saamstel met fotos van al 52 inwoners wat reeds by Die Oog oorlede is, het ons boek ter herdenking uitgestal vir al die familie en vriende. Ons sê dankie vir Susie Ebersohn wat gesorg het dat al 33 bome op die regte plekke geplant word, waar hulle gereeld natgegooi en versorg sal word. Dankie ook aan Ferdie Bingle vir die laat maak van ons naamplaatjies vir die bome.

Dit is 'n voorreg om ons afgestorwe Oog inwoners altyd te kan onthou. Dankie ook vir KVV vir al die skenkings. KVV Groete Gerda vd Walt

......Net 'n Gedagte.....

Ek dink aan jou So maklik om te sê, Of ons sal onthou

Nog 'n gedagte te hê.

Bedoel ons dit wel Is dit regtig waar,

Moet ek die tog vertel Voor julle vergaar.

Mag dit goed gaan Met praat en kontrak, Dat almal sal verstaan

Hoekom word dit aangepak.

Ons bid vir môre Vir die vergadering, En dat Jesus sal sôre Vir die regverdiging.

Nie net 'n gedagte Dis ons gebed as een, Dat Jesus elke gedagte

Elke woord sal seën.

Ons bid vir wysheid Vir die krag van gebed, Weet ook deur eenheid

Word so baie gered.

Jan Barnard

Next time, I would make more mis-takes. I wouldn’t try to be so per-fect, relax more.

I would be more foolish than I have been, true, I would take very few things seriously.

I would be less hygienic.

I would take more risks, travel more, contemplate more sunsets,

climb more mountains, swim more rivers.

I would go to places where I never went, eat more ice-creams and less green beans.

Have more real problems and less imaginary ones.

I was one of those persons who lived wisely and productively each minute of my life.

Of course I had happy moments - but If I could go back in my life, I would look only for good moments.

The reason for this, if you don’t know, is that life is made of this - Only of moments, don’t miss them now.

I was one of those persons who would never go anywhere without evaluating the temperature, with an umbrella, a hot water bag and a Parachute. If I could have gone back to live….. I would have travelled lighter.

If I could go back to live, I would start to walk barefoot at the begin-ning of Spring and would continue to do so until Autumn was over.

I would take more walks in my street, contemplate more sunrises and play more with children.

If I had one more life in front of me…….

IF I COULD LIVE MY LIFE AGAIN…

Page 9: Hoe het Die Oog...Die Oog is op gedeeltes van die veel groter plaas Rietfontein gevestig. Volgens die Eugene Marais Stigting het Gysbert van Rooyen, 'n boer en ystersmid, en sy vrou