kathu bulletin 13 nov 2013

20
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop 14 NOVEMBER 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS Kathu Sentrum bevorder erfenis Benneli Olivier van der Walt DIE nuwe winkelkompleks wat aan die oostekant van Kathu naby die dorp se hoofingang van die N14 af opgerig word, kan ’n groot verskil aan inwoners se leefwyse en inko- piekeuses maak. Volgens Charl-Pierre Celliers, ar- gitek van Cube-argitekte van Bloemfontein, sal die ankerhuurder van die nuwe Heritage Square-sen- trum Pick n Pay wees. Planne bestaan ook om ’n nasio- nale gimnasiumgroep na dié sen- trum van 17 000 vierkante meter te lok. Volgens Celliers word ook gekyk na die moontlikheid om ’n nasiona- le motorhandelaar in die sentrum te vestig. “Die ontwikkeling se naam en te- ma gee erkenning aan die kultuur- historiese erfenis van die streek met heelwat artefakte van kultuurhisto- riese belang van die omgewing,” het Celliers verduidelik. Ook die sentrum se logo sluit hier- by aan. ’n Skryfbehoeftewinkel, Wal- tons, en ’n winkel van Wildman Hunting & Outdoor, wat op liefheb- bers van die buitelewe gemik is, open hier. Verder kry Kathu ook nou ’n Mugg & Bean-restaurant waar men- se saam sal kan kuier. Volgens Celliers word vir genoeg parkeerplekke voorsiening ge- maak, terwyl die sentrum ook toe- ganklik vir die publiek sal wees. As alles mooi uitwerk, kan Kat- hu selfs ’n eie rolprentteater of ses kry. Celliers het die publiek namens die ontwikkelaars en argitekte ge- vra om deel te neem aan ’n veldtog om Ster Kinekor na Kathu te bring. Die plan is dat daar ses kleiner te- aters sal wees. Versoeke en motiverings wat die veldtog kan help, kan na [email protected] gestuur word. Die sentrum sal amptelik in Sep- tember 2014 open. SÓ gaan die Heritage Square lyk wanneer die bouwerk voltooi is. Foto’s: Verskaf DIE kenteken van die Heritage Squa- re.

Upload: kalaharibulletin

Post on 20-Mar-2016

295 views

Category:

Documents


19 download

DESCRIPTION

Kathu bulletin 13 nov 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Kathu bulletin 13 nov 2013

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

14 NOVEMBER 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS

Kathu

Sentrum bevorder erfenisBenneli Olivier van der Walt

DIE nuwe winkelkompleks wat aandie oostekant van Kathu naby diedorp se hoofingang van die N14 afopgerig word, kan ’n groot verskilaan inwoners se leefwyse en inko-piekeuses maak.

Volgens Charl-Pierre Celliers, ar-gitek van Cube-argitekte vanBloemfontein, sal die ankerhuurdervan die nuwe Heritage Square-sen-trum Pick n Pay wees.

Planne bestaan ook om ’n nasio-

nale gimnasiumgroep na dié sen-trum van 17 000 vierkante meter telok.

Volgens Celliers word ook gekykna die moontlikheid om ’n nasiona-le motorhandelaar in die sentrum tevestig.

“Die ontwikkeling se naam en te-ma gee erkenning aan die kultuur-historiese erfenis van die streek metheelwat artefakte van kultuurhisto-riese belang van die omgewing,” hetCelliers verduidelik.

Ook die sentrum se logo sluit hier-

by aan.’n Skryfbehoeftewinkel, Wal-

tons, en ’n winkel van WildmanHunting & Outdoor, wat op liefheb-bers van die buitelewe gemik is,open hier.

Verder kry Kathu ook nou ’nMugg & Bean-restaurant waar men-se saam sal kan kuier.

Volgens Celliers word vir genoegparkeerplekke voorsiening ge-maak, terwyl die sentrum ook toe-ganklik vir die publiek sal wees.

As alles mooi uitwerk, kan Kat-

hu selfs ’n eie rolprentteater of seskry.

Celliers het die publiek namensdie ontwikkelaars en argitekte ge-vra om deel te neem aan ’n veldtogom Ster Kinekor na Kathu tebring.

Die plan is dat daar ses kleiner te-aters sal wees.

Versoeke en motiverings watdie veldtog kan help, kan [email protected] gestuur word.

Die sentrum sal amptelik in Sep-tember 2014 open.

SÓ gaan die Heritage Square lyk wanneer die bouwerk voltooi is. Foto’s: Verskaf

DIE kenteken van die Heritage Squa­re.

Page 2: Kathu bulletin 13 nov 2013

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

Ilse Watson

DIE polisie op Deben hetverlede Vrydag op ’n groothoeveelheid drank beslag gelê.“Ons het ’n vermoede gehad

daar gaan op die sportterreinonwettige handel met drankplaasvind, aangesien diebeskuldigde ’n week tevore byons om ’n tydelike dranklisensieaansoek gedoen het,” sê Sers.Henriëtte du Plessis.Die polisie het aan die

beskuldigde verduidelik dat hymoes twee weke voor enige

geleentheid aansoek doen om ’ntydelike dranklisensie soosdeur die Noord-Kaapse drank-wet gestipuleer word. Hy wasnie daarmee tevrede nie.Die polisie het omstreeks

19:30 daardie aand die sportter-rein besoek en gevind groothoeveelhede drank word van’n bakkie afgelaai.Beslag is op die drank gelê en

die beskuldigde is volgens dieNoord-Kaapse drankwet aange-kla.Hy verskyn op 11 November

in die hof.

Polisie lê opdrank beslag

SERSANT HENRIËTTE DU PLESSIS en Sersant Gregory Nyl by diedrank waarop die polisie van Deben beslag gelê het. Foto: Verskaf

André Botha

KUMBA IRON ORE het ses nuwelokomotiewe vir gebruik by dieSishen-ysterertsmyn gekoop. Diebestaande lokomotiewe, wat lan-kal hul stoom verloor het, moesvervang word.Die lokomotiewe is deur Gene-

ral Electric gebou en is vroeër dieweek afgelewer.“Lokomotiewe is die eerste keer

in 1978 by die Sishen-myn ge-bruik,” sê Gert Schoeman, kom-

munikasiehoof van Kumba.Die bestaande lokomotiewe het hul

leeftyd reeds met sewe jaar oorskryen moes daarom dringend vervangword. Dit het moeilik geraak om on-derdele te kry en die huidige tegnolo-gie werk ook nie vir dié lokomotiewenie. Die onderhoudkoste het ook toe-geneem, omdat ouer tegnologie ver-vang moes word.Die nuwe C30-ACi GE-lokomotie-

we sal ditmoontlikmaak omproduk-sieteikens te haal.Voorheen was twee lokomotiewe

nodig om ’n trein met 114 trokke tetrek, terwyl net een van die nuwe lo-komotiewe dieselfde werk kan doen.Dit beteken ’n aansienlike bespa-

ring vir diemyn. Lokomotiewemoesvoorheen gehuur word om die vanSishen aan te vul wat nou nie meernodig sal wees nie.“Die nuwe lokomotiewe is ’n be-

langrikemylpaal vir Sishen. Dit kan35 jaar gebruikword,wat betekendithoef nie in die verwagte leeftyd vandie myn vervang te word nie,” ver-volg Schoeman.

Sishen-myn spogmetnuwe lokomotiewe

EEN van die Sishen­myn se splinternuwe lokomotiewe. Foto: Verskaf

Page 3: Kathu bulletin 13 nov 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013 3

) KURUMAN KANSA gaan weer stap.Kom stap saam op 16 November om06:30.

Die staptogwordopdieplaasHartland(op die Kathu-pad uit) gehou.

Dit kos R20 per persoon vir die 5 km-of 10 km-staproete.

Alle geld wat ingesamel word, gaanvir die Kansa Relay in 2014 aangewendword. Dit vind op 22 Februarie plaas.

Bel Riana Poolman by 082-308-2067 ofLelani van Straten by 072-401-8437 virmeer inligting en aanwysings.

) Op 16 November word ’n Kersmarkten bate van Kathu Kansa aangebied.

Die mark word in die Tshimo-kweke-ry gehou.

Dit kos R150 per stalletjie vir uitstal-lers.

Kontak Malinda Roux by 082-876-6802vir verdere inligting.

Benneli Olivier Van der Walt

IZAK JOUBERT van Deben ken van houtwerk.Sy meubels is baie gewild op die dorp.

Izak en sy vrou, Annemarie, besit die Mooi-goed-geskenkwinkel op Kathu.

Hulle is oorspronklik van Plettenbergbaai,maar woon die afgelope agt jaar op Deben. Hul-le het na die Kalahari verhuis om aan hul dog-ter se huis te help bou.

Stadig maar seker het Izak vir homself naamin die houtwerkbedryf begin maak. Hy het dieonderneming Kalahari Kaste begin.

Die onderneming spesialiseer in houtkastevan ’n hoë gehalte. Die gesinsaak word noudeur Izak se seun, Morné, bedryf.

Hoewel Izak vyf maande gelede by die onder-

neming uitgetree het, is hy nog lank nie klaarmet meubels maak nie.

Sy werkwinkel is op Deben. Daar maak hyallerlei soorte houtmeubelstukke. Een van syspesialiteite is lime wash-kombuiskaste en-meubels

Alle meubels word volgens die kliënt se spe-sifikasies gemaak en daarna word dit na Mooi-goed gebring. Wanneer die kliënt tevrede is,word diemeubels persoonlik by sy of haar huisafgelewer.

“Dit is die persoonlike diens, billike pryse endie gehalte van die produk wat die meubels sogesog gemaak. Kliëntediens en gehalte-meu-bels is belangrik. Elke stuk wat ek maak, maakek met trots,” sê hy.

Rig navrae aan Izak by 082-494-0586.

Meubels wys sy trots

IZAK JOUBERT by een van sy houttafels. Dié blad is meer as 200 jaar oud. Die blad is van’n ou houtdeur gemaak. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

LESERS in die Kala-hari Bulletin se ver-spreidingsgebied(Kathu,Olifantshoek,Postmasburg en De-ben) word genooi omhul nuus, sport (metof sonder foto’s) naons te stuur. Skryfaan die redakteur,Benneli Olivier Vander Walt, by [email protected] of bel haar by079-864-5799. Om ad-vertensies in die koe-rant te plaas kontakMadri Scheepers: [email protected] of 083-578-7198. Lesers kan ookdeel van die koerantword deur self vir diekoerant te skryf. Kykop die koerant seweb-blad, volg diemaklikestappe om jou te regi-streer en stuur só joueie stories.

Lesers skryf ook

Page 4: Kathu bulletin 13 nov 2013

4 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

Mense hoef niealles te weetMOET mense alles weet wat by ’nmoord gebeur het en moet daar berigword oor iemand wat sy eie lewe ge-neem het?Het die publiek ’n reg om te weet of

gee dit net vir die mense iets om oorte praat?In onlangse berigte in ons moeder-

koerant, Volksblad, is verslag gedoenoor ’n regterwat toestemmingaandiemedia verleen het om teenwoordig teweeswanneer daar getuienis oor sen-sitiewe sake, ondermeer seks-wanda-de, gelewer word.By dié groot hofsaak, waar mense

van moord aangekla word, het dienuusmedia toestemming verkry omdie verhore (wat in camera geskied)by te woon.Daar is natuurlik sekere voorwaar-

des aan die media gestel.In hierdie geval het die algemene

publiek nie toegang tot die hof nie enhulle steun daarom op die media omnamens hulle daar te wees.Die onus rus dus nou op die media

om op ’n sensitiewe manier en metgoeie diskresie verslag te doenoordiegebeure in die hof en moet hulle na-tuurlik die regter se instruksies ge-hoorsaam. Op ’n ander dorp het ie-mand sy eie lewe geneem. Daaroor isop ’n sensitiewe manier verslag ge-

doen en die berig is met diskresie ge-skryf, omdat die familie gevra het se-kere inligtingmoenie aan die publiekbeskikbaar gestel word nie.Aangesiendiepersoonwat syeie le-

we geneem het ’n bekende is, sak an-der media soos valke toe en doen na-vraag oor die storie.Want hulle wil die storie agter die

storie weet.Dit klink asof hulle net sensasie

soek.Dít is die tye wanneer ’n verslagge-

wer vir sy eie regte en die regte vandie familie moet opstaan.Dít is die tyewanneerdaarduidelik

“nee” gesê moet word.Hoekom moet die hele wêreld weet

waarom die mens sy lewe geneemhet?Watter verskil gaan dit enigsins

maakaandie feit dat hyniemeer daaris nie? Nee, al wat dit sal veroorsaak,is ’n landwye geskinder endie enigstemense wat daardeur seergemaakgaan word, is die familie en kinderswat agtergebly het.Die media speel ’n baie belangrike

rol om die publiek in te lig oor gebeu-re in ons land.Dit is egter ook die media se rol om

met diskresie enwaardigheid verslagte doen oor sensitiewe gebeure.

Omdankbaar te weesverander jou lewe

Ds Christo Jonck

LUKAS 18: 9-14Die Bybel leer ons dat drie dinge

in die lewe nodig is om gelukkig telewe en te sterf. Jymoet eerstens jousonde ken en tweedens weet dat netJesus jou daarvan kan verlos en danmoet jy derdens ’n dankbare lewelei.Is jou lewe ’n lewe van dankbaar-

heid?Onthou dankbaarheid verander

jou lewe. Dit laat jou anders dink.Daar is ’n aanhaling wat sê,

“Waaroor jy dink en dank, is wat jymeebring.’’Die dankbare ingesteldheid het ’n

ongelooflike sterk invloed in jou le-we. Om op dankbaarheid te fokusverander jou lewe.Waarvoor is ’n mens dankbaar?

Eerstens natuurlik vir wat die HereGod in jou en my lewe gedoen hetennog elke dag doen.Alles begin im-mers daar.Dit maak dat jy gelukkig kan lewe

en kan sterwe.Waarvoor is jy nog dankbaar?

Baie praktiese raad is om ’n dank-baarheidsdagboek te maak. Neemelke dag tyd en skryf ’n paar dingeneer waaroor jy vandag dankbaarkan wees.Begin by iets makliks soos “ek is

dankbaar vir die sonskyn”, “ek is

dankbaar virwerk”, “ek isdankbaar virmy gesond-heid”, “ek isdankbaar virmy familie”en binnekortsal jy diep kandelf en joudaaglikse lys sal al hoe langer word.Jy sien, die tollenaar het geweet

dat sonder genade jy niks het omvoor dankbaar te wees nie. Daaromsy gebed:Weesmy arme sondaar ge-nadig.Die Fariseer het weer gedink hy

is beter as ander omdat hy meer ge-had het. Hy verstaan nie wat genadebeteken nie.Vandag om 18:00 gaan ons ook by

dieOog-kerk bid dat dieHere ons ge-nadig sal wees en vir ons reën stuur.Hoe sal dit ons nie laat dankie singnie.Ek bid dat die Here God elkeen

van ons se lewe sal vul met dank-baarheid. Sien raak hoeveel oor-vloedig genade in my en jou leweaan ons gegee word. Waarvoor is jyvandag dankbaar?

Verruil joernalistiek vir niksAnena Burger

JOERNALISTIEK is volgens dieVer-klarende Afrikaanse Woordeboek:“Die skrywe vir koerante en gewonetydskrifte, dagbladskrywery; die be-roep van ’n joernalis. 2 Dagbladwe-se.”Ja, dit is my beroep.Op Wikipedia, wat ek nie nood-

wendig as die betroubaarste bron be-skou nie, tref ek ook die volgendeaan: “Joernalistiek as loopbaanword gekenmerk deur lang en onge-reelde ure, werkspanning, swak be-soldiging en ooreising. Aan die plus-kant ervaar joernalistebynadaaglik-se bevrediging wanneer hul werkuitgesaai of gepubliseer word. Joer-naliste kry die bykomende bevredi-ging dat hulle kan meehelp om dieopenbare mening te vorm. Veralweens die swak besoldiging verlaatbaie joernaliste eindelik die beroepvir meer lonende werk . . . ”Wel, ekhet jare gewag ennooit kon

droom ek sou die geleentheid gegunword om ’n beroep as joernalis te be-oefen nie.Ink is inmygene endaaromwasdit

seker bedoel om oor my pad te kom.Maar ek is nie net ’n joernalis nie.

Ek is ’n vryskutfotojoernalis virVolksblad en dieKalahari Bulletin enek is in 2011 aan die oewer van dieOranjerivier, kamera in die hand,deur ’n bobaasjoernalis gevang engrootgemaak omdie onselfsugtige be-roep passievol uit te leef.Die joernalistiek is nie vir almal

nie. Dit is nie ’n beroep wat jý nood-wendig wil kies nie, maar ’n beroepwat jou kom haal. Om dit te beoefenmoet jy hare op jou tande hê en em-mers vol passie in jou hart dra.Dit is ’n wêreld van inligting en

emosie waarin nie een dag ooit die-selfde kán wees as die vorige nie.Die adrenalien wat elke storie,

klein of groot, bring, is iets wat net ’njoernalis kan verstaan. En, ja, dit isnie noodwendig ’n beroep wat gouemuntstukke in jou sak gaan sit nie,maar dit bring vir jou as mens waar-de wat geen geld kan koop nie.Ek ag my een van die gelukkigste

joernaliste in Suid-Afrika. Daar isjoernaliste wat net daarvan kandroom om die stories van die Kalaha-ri en sy mense te vertel.In my tyd hier het ek die voorreg

gehad om nuus uit elke oord te dek.Sommige stories is ontstellend, an-

der laat my krul van die lag en anderis sommer net interessant.Maar dit is die mense en omstan-

dighede van elke liewe storie wat ekwegbêre en koester. Ek sal nooit dieberoep verlaat nie, maak nie saakhoeveel ek verdiennie.Geld is nie diedoelwit nie. Dit is hoe jy dit ervaar enuitleef wat van jou ’n joernalis maak.

MET die droogte wat al geruime tyd in die Kalahari heers, is hierdie ’n gesig wat ’n mens beslis nie wil siennie. Hierdie foto is verlede Vrydag geneem toe die Billy Duvenhage­wildkamp net buite Kuruman weer gebrandhet. Ons nooi lesers om hul foto’s van die Kalahari vir ons te stuur. Ons sal dit graag plaas. Foto’s moet1 MB of groter wees. Stuur dit aan die redakteur, Ilse Watson, by [email protected].

Foto: Johan van Wyk

’n KALENDER vir 2014, saamgesteluit die beste foto’s wat in Kontrei-kiekies, fotokompetisie van Volks-blad-Kontrei en sy vennote, Klop-pers, Exporama en Fotoskool, ont-vang is, is nou beskikbaar.Altesaam75 pragfoto’smaakdit ’n

funksionele, dog aanskoulike Kers-geskenk. Die kalender is A3-grootteen is op glanspapier van goeie gehal-te gedruk. Elkemaand is op ’n afson-derlike bladsy en vakansiedae enskoolkwartale word aangedui. Ja-nuarie 2015 is ook ingesluit. Slegs

500 kalenders teen R70 elk is be-skikbaar. Spring dus vinnig omdit in die hande te kry.Die kalender is byVolksblad se

kantore in Bloemfontein, Wel-kom en Kimberley en op Kroon-stad, Bethlehem, Kuruman enUpington beskikbaar.

Pragkalendervir 2014 noubeskikbaar

DIE Maart­bladsy van Volksblad se2014­kalender.

14/30 12/27 11/2823/35 21/29 19/30

W-10 WSW-10 SW-5NNO-5 SSW-5 SSO-5

15/30 14/31

NW W NW

13/29

MaOusus vier haar 80stejaar van genade

JAN BUYS, KURUMAN

ONS moeder (Ousus)maak 80 jaar oud môre. Wat’n genade-voorreg uit diehand van God.Op die foto staan sy langs

haar fiets op pad na dieKalahari-hostel waar sy virbaie jare as ’n kok gewerkhet. Die foto is jare geledein Wrenchville geneem enbaie van die grootmensevan vroeër jare het Wrench-ville as Vaaldraai geken. Mymoeder se ouers wasVoortrekkers, JohannesPetrus Dawid (oupa Jan)Esterhuizen en ChristinaMaria Esterhuizen (oumaNon) wat uit die Koegas/Prieska-omgewing huloorsprong het.

Die dag toe hulle inVaaldraai op die Witkolwaar die windpomp en damwas, aankom, was daar net’n gebulk van beeste. Mymoeder en haar broers wasop hul perde besig om diebeeste aan te keer.As jong meisie ontmoet

sy vir Gert Buys, diewelbekende verwer in dieKuruman-omgewing, en tienkinders (vyf dogters en vyfseuns) is uit die huwelikgebore.My moeder het as

huisvrou swaar gekry en sohaar man ondersteun dathy vir al sy kindersgeleerdheid kon gee.Vandag kan ons met

waardering en trotsterugkyk op ons ouers selewe en ná ’n huwelik van58 jaar is hulle steedssaam. Ons sê baie geluk virons moeder met haarverjaardag. OUSUS BUYS Foto: Verskaf

Page 5: Kathu bulletin 13 nov 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013 5

Page 6: Kathu bulletin 13 nov 2013

6 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

Emile Joubert

MET die feestyd wat wink, wordgereeld gevra: Watter wyne moetvir dié feesdae gekies word?Dié vraag help die Orange River

Cellars om een van sy grootstebates, veelsydigheid, te illustreer.Met so ’n omvattende wynreeks

hoef die wynliefhebber voor,tydens en ná die Kersmaal net eenwynnaam te soek en dit is OrangeRiver Cellars.Kersoggend – darem laterig in

die oggend wanneer die son algoed op is – kan een van dieOrange River Cellars se vonkelwy-ne nadergetrek word.Trek die bolkurk met ’n aanlok-

like pop en skink jou vonkelwyn-glas half vol. Maak net seker dievonkelwyn is yskoud. Sit dit

sommer die vorige aand al in dieyskas.Die half vol glas word nou

volgemaak met lemoensap en daarsit jy met die allerheerlikstemanier om die feesdag in te wy.Hulle noem die mengsel van sap

en vonkelwyn ’n Bucks Fizz, maarhy is sommer net lekker.Teen die tyd begin die reuke van

die Kersmaal deur die huis trek.Of dalk word vanjaar buite vleis

gebraai en staan die vleis enpluimvee en dalk vis in skottels enwag om die kole te groet. Een vandie Orange River Cellars se witwyne sal dié lekkerte op ’n gepastemanier inwy. Die twee staatma-kers is chenin blanc en colombard.Al twee is fris, vrugtige, droë, witwyne met die colombard wat soeffe voller in die mond lê.

Hoe ook al, wanneer almal tafeltoe skuif, hoort daar twee of drievan die wyne op die tafel te wees.Voorgeregte kan wissel van

garnaalkelkie, vleisslaai, kouehoender of miskien ’n sop.Maar wees verseker die chenin

blanc of colombard sal ’n heerlikeaanvulling tot die huiskok se hardewerkwees.Die fris, suiwer,witwynekry ook sommer jou maagsappe aandie gang wat help dat die kos beterverteer word. Een van die grootstevoordele van die Orange River Cel-lars se wyne is dit is van nature laagin alkohol.Waar normale wit wyne tussen

13% en 14% alkohol bevat, staandie Orange River Cellars se wynein die omgewing van 12%.Waaruit sal die hoofgereg

vanjaar bestaan? Kalkoen, skaap-boud, beestong of miskien ’nlekker gerookte ham?Kalkoen mag ’n wit soort vleis

wees, en, ja, dit sal voortrefliksmaak saam met een van diebogenoemde wyne, maar moeniebang wees om te eksperimenteeren jou kalkoen te nuttig saam met’n glasie van die Orange RiverCellars Pinotage wat so effe koudin die yskas gemaak is nie.Vir die lam is daar niks beter as

een van die Orange River Cellarsse klassieke rooi wyne nie –cabernet sauvignon of shiraz.Die sagte vrug en volrondheid

van die twee staatmakers sal

behoorlik geregtigheid laat geskiedaan die harde werk wat die kokgedoen het om die meesterstuk nadie tafel te bring. Ham en beestonghet ’n speserygeur danksy dienaeltjies wat tradi- sioneel in dieham is en die tong se mosterdsou-sie. Wel, kry vir jou ’n yskouebottel van die Orange RiverCellars Rosé.Die sonnige vrugtegeure van die

wyn is ’n perfekte smaakgenootvir die ham of tong en boonop isdie pienk kleur sommer heerlikfeestelik.Vir die soetigheid om die maal

af te sluit het die Orange RiverCellars ook net die regte ding:muskadel. Wit of rooi, effe koudgemaak in die yskas. DaardieKerspoeding, koekstruif of roomysgaan hande klap vir die wyn.

Kies die regte drink-smaakgenoot vir die Kersmaal

VERSKEIE eiendomme, erwe,voertuie, sleepwaens, gereed-skap en ander los bates opDealesville en Postmasburgkom volgende week as een op-drag onder SA Auction Groupse hamer.Die veiling begin op Woens-

dag 20 November op Dealesvil-le waar agt leë erwe opgeveilsal word, sowel as ’n kommer-siële eiendom met ’n werkwin-kel van 285 m² en ’n werkers-woonhuis.Diegene wat daarin belang-

stel om eiendom op Dealesvillete koop kan ook op ’n residen-siëlewoningbie,maardie eien-domwat heelwat aandag lok, is’n kommersiële eiendom in diedorp se hoofstraat wat ’n gewil-

de restaurant huisves. Ditword as ’n winsgewende lopen-de saak opgeveil.Op 22 November sal die vei-

lingopPostmasburgvoortgesitword waar twee netjiese resi-densiële eiendomme verkoopsal word.Die eiendom in Camstraat

sluit ’n werkwinkel van 60 m²en ’n lapa van 26 m² in. Nog ’nresidensiële eiendom, ’n drie-slaapkamerwoning, sal inEvkomstraat opgeveil word.Bel Marna Bester, die

besigheidsontwikkelingskon-sultant van die SA AuctionGroup, by 079-339-5915 virmeerinligting oor enige van dieeiendomme, of besoek geruswww.saauctiongroup.co.za.

Eiendom, losbates opgeveil

Page 7: Kathu bulletin 13 nov 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013 7

THE Anglo Zimele-funded enterprise, DNLFoods, has recently been awarded the tenderto run the admin andplant kiosks at the SishenMine. DNLFoods is owned byDanny andNellyLeibrandt who have been entrepreneurs forabout ten years.The Leibrandts started their first business,

Butterfield Bakery, in 2004 which has since be-come a household name in local communitiesaround Kathu.Danny said the Kumba Sishen Mine had ad-

vertised a tender a few months ago for the ki-osk, and he had seen this as awonderful oppor-tunity. This was how DNL Foods was born.He secured a three-year contract to run the

plant and admin kiosk. Their services includeserving food to Sishen Mine employees forbreakfast and lunch. The business created em-ployment for 29 people who are all from localcommunities in the Gamaraga Municipality.Danny said that with the assistance of Anglo

Zimele, Anglo American’s funding company,they hadmanaged to buy equipment and stockfor the bakery.Danny, a former production manager for a

steel company, and his wife, Nelly, used to runa mini-catering business from home. Theycredit their success to hard work and dedica-tion. “Hardwork, longhours, commitment andpatience is what you need to run a successfulbusiness,” he said.DNL Foods will open two more shops in the

near future, which also form part of the tenderat the Life of Mine and at Sishen’s new board-ing centre.“We, as sustainable development and Kum-

ba at large, are committed to making smallbusiness become sustainable and successful,”said Sishenmine LEDpractitioner John Seret-se.“The awarding of the tender to DNL Foods

demonstrates that Anglo-American KumbaIron Ore lives its values by empowering localentrepreneurs. Such ventures truly support lo-cal economic development.”

DNL Foods tofeedSishenMine

SOME of the dishes served by DNL Foods atthe Sishen Mine’s kiosk. Photo: Provided

DIE Bothithong-polisie digby Kuru-man is op soek na verdagtes ná diemoord op ’n 81-jarige vrou.Volgens lt. Olebogeng Tawana is

Gadifele Mokae deur ’n familieliddood in haar huis gekry. Mokae hetalleen gebly.Die familielid het haar besoek toe

hulle op die wrede toneel afkom.Tawana sê Mokae se huis is

geplunder en haar lyk het halfnaakop die grond gelê.Die voorval het vermoedelik

verlede Woensdag in die vroeëoggendure plaasgevind.Daar is ’n moontlikheid dat Mokae

verkrag is, maar ’n lykskouing moetnog gehou word om dit te bevestig.Niemand is tot dusver in hegtenis

geneem nie. Die polisie vra datenigeen met inligting die Bothi-thong-polisie by 053-773-1148 of ao.Moleko Reuben by 082-373-7095 bel.

Verdagtesgesoek

Page 8: Kathu bulletin 13 nov 2013

8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

Ilse Watson

SONDAG in die vroeë oggendure het die be-stuurder van ’n Golf 5 met nog drie passasiersglo beheer oor diemotor verloor en in die San-tam-gebou (digby die Wimpy) ingejaag.Diemotor het onder op die grondverdieping

te lande gekom. Op die ongelukstoneel lê on-oopgemaakte blikkies bier – ’n aanduiding dat

die mense in die motor moontlik onder die in-vloed van drank was.Volgens omstanders is drie mense oorlede

en die vierde een is in die Kuruman-hospitaalopgeneem.’n Werknemer van Santam, Hulde Morri-

son, is erg omgekrap oor dié ongeluk.“My selfoonnommer staan groot op die deur

van die kantoor.

“Die polisie het my nie eens gebel om myin te lig dat daar ’n ongeluk by ons kantoorwas nie.“Ek het eers ná 06:00 daarvan gehoor. Tus-

sen 04:00 en 06:20 kon enigiemand by die kan-toor ingekom het en al ons rekenaars en toe-rusting gesteel het.”Morrison sê die eienaar van die gebou gaan

’n versoek aan die Ga-Segonyana-munisipali-

teit rig om spoedwalle in die pad aan te bring.“Dit is nou al die derde ongeluk waarin

voertuie in ons gebou injaag. So kan dit nieaangaan nie,” sê Morrison.Sy kon ook eers na 11:00 sekuriteitswagte

in die hande kry om die kantoorgebou op tepas.Die gebreekte ruite van die gebou sou eers

Maandag herstel kon word.

Drie dood, een beseer toe Golf in gebou belandOP die onderste verdieping van Santam se kantoor – stukke van die motor lê op die vloer.

DIE venster van die Santam­kantoor wat in dieongeluk beskadig is. Foto’s: Ilse Watson

IN die gat in het die Golf 5 gery en hieronderte lande gekom.

Page 9: Kathu bulletin 13 nov 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013 9

Ilse Watson

THEHephzibahPostmasburgworship teamrecently launched its debut album.The CD was officialy launched by Elroy

Phete, the mayor of the Tsantsabane Muni-cipality.The launch took place at the civic hall and

people from as far as Upington andOlifants-hoek attended.This project was started in July 2011 with

the establishing of the Hephzibah Churchin Postmasburg. As part of the normalchurch activities a worship team was esta-

blished that conducted worship and praiseactivities at events.In June 2013 Hephzibah Postmasburg de-

cided to launch the CD project to fund socialprogrammes driven through the Tsantsaba-neCentreofHope, anon-governmental orga-nisation that assists in youth development.Hephzibah Postmasburg believes that

music is a very influential medium of com-munication.The CD, titled The indespensable song, is

a must for everyone to sing and listen to.The message of the CD is: Nothing is im-

possible.

Hephzibahworship teamlaunches debut album

FROM the left are Shaunette Heyns, Brumilda Jacobs, Sania Jacobs, Francis Jacobs, Mar­che Adams, Tabita Jacobs and Jestien Fredericks. Photo: Supplied

Ilse Watson

DIE Laerskool Kathu het verlede week aan diekultuuraand van die Laerskool Kuruman deel-geneem.Die temawasAn adventure inmusic. Dit was

’n besonderse aand van sang en gedigte.

Die skoolkoor van Lareng Primêr en die Ka-gung-jeugkoor was ook deel van die optrede.Oudleerlinge van Kuruman Primêr, Janli

Roodt en Tshidiso Molema, het die gehoor methul pragtige sang vermaak.Die twee meisies is nou albei leerlinge aan

die Hoërskool Kalahari.

Kore vermaak op aand

DIE Laerskool Kathu se koor het alte mooi gesing en fraai in hul uniforms vertoon. Foto:Ilse Watson

Page 10: Kathu bulletin 13 nov 2013

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

Benneli Olivier Van der Walt

DIE Laerskool Kathu het verlede week sy prys-uitdeling vir seniors gehou. Die skool het op diespoggerige geleentheid erkenning aan die leer-linge vir hul hardewerk oor die jaar heen gegee.Die verrigtinge is deur ds. Heinrich Viljoen

geopen. “Wees vriendelik met mekaar. Moeniedit vir mense moeilik maak om vir jou lief tewees nie,” het hy gesê.EsméReynekehet die eerbewyseaandie gr. 4-

en gr. 5-leerlinge oorhandig. Carel Reyneke hetdie eerbewyse aan die gr. 6- en gr. 7-leerlingeoorhanding.Die toptien in gr. 4 is Jacobus Solomon, Ro-

nald Capes, JanaGouws, AnikaGerber, El-Cha-né Lombaard, Louisa Thompson, CherwinBrown, Karlene Ludik, Janeske de Klerk enKarla Lötz. Rudi Botma het die eerbewyse aandie toptien-leerlinge van die skool oorhandig.Die toptien in gr. 5 is Deoné Goussard, Kalin-

ka Botma, Kaylee Stonestreet, Adina van Wyk,Charl Coetzer, Rohan Combrinck, Amonique

Isaacs, Michelle Breedt, Kimberleigh Kwela enNadia Greef.Die toptien in gr. 6 is Carla Cronjé, Talana

Rossouw, Chané Gricius, Rowan Wolstenhol-me, Lehandra Smit, Marissa Lötter, LambertKock, SantieVermaak, JacobusCronjé enBian-ca Barnard.Die toptien in gr. 7 is Mariné Vos, Elizna Rey-

neke, Farron Eland, Hein van Wyk, ChristoBreedt, George Rademeyer, Lisa Coetzee, AldoJensch, Danelle Venter en Herman van Nie-kerk.Die dux-leerling vir 2013 is Mariné Vos. Die

veelsydigste gr. 7-leerling vir 2013 is EliznaRey-neke. Die veelsydigste sportvrou is Chané Gri-cius. Die sportman vir 2013 is Herman van Nie-kerk.Die nuwe leerlingraad vir 2014 is ook aange-

kondig. Die nuwe hoofseun, SP Griessel, het in’n roerende toespraak die skool bedank vir dievertroue wat in hom en die res van die leerling-raadslede gestel is. Die gr. 7-leerlinge het met ’nlied van die skool afskeid geneem.

Leerlinge vereer

DIE nuwe hoofseun, SPGriessel, was aangedaan toehy sy eerste toespraak ashoofseun gelewer het.

DIE hoofleiers vir 2014 is van links Carla Cronjé (onderhoofmeisie), SP Griessel (hoofseun),Talana Rossouw (hoofmeisie) en Kevin Hirst (onderhoofseun).

DIE gr. 7­leerlinge het met die sing van ’n lied van die skool afskeid geneem.

MARINÉ VOS is die dux­leerling en sportvrou vir 2013. Sy het ook verskeie ander eerbewyseontvang. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

ELIZNA VAN NIEKERK is dieveelsydigste gr. 7­leerling vir2013.

DIE nuwe leerlingraad vir 2014.

HERMAN VAN NIEKERK isdie sportman vir 2013.

Page 11: Kathu bulletin 13 nov 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013 11

Benneli Olivier van der Walt

TUINMAAKTYD is hier.Diemaakengebruikvankompos is diehoek-

steen van ’n goeie organiese tuin.Dit geld jou tuin se blomme en jou groente-

tuin.Kompos word van herbenutte tuin- en kom-

buisafval gemaak en kan ook papier-produkteinsluit.Kompos word gebruik om die tuin se grond

te voed en ompotplantgrondmengsels temaak.Wanneer jou kompos reg is om in die tuin tegebruik sal dit ’n ryk, donker kleur hê met ’nsoet reuk en krummelrige tekstuur.Dit is glad nie moeilik om jou eie kompos te

maak nie. Jymoet net die regte bestanddele ge-bruik en die natuur toelaat om sy gang te gaan.Hier volg ’n paarwenke om joumet diemaak

van tuisgemaakte kompos te help.

Die komposhouerJy kan jou kompos in enige groterige houer

maak. Die ideale komposhouermoet op ’n plekin jou tuin staanwaar jy ditmaklik kanbereik.Dit moenie gate aan die kante hê nie. Jy kanjou houermet karton insuleer. Die houermoet’n deksel hê.Plaas jou komposhouer in halfskadu. Sit die

komposhouer reg op die grond neer, nie op se-ment of bakstene nie.Maakook seker joukomposhouer isnienaby

’n waterpunt nie.

Waarvan kan jy kompos maak?Jy kan kompos maak van enigiets wat voor-

heen gelewe het.Daar is egter sekere produktewat liewer ver-

my moet word. Vleis, suiwelprodukte en ge-kookte kos kan ongediertes lok en moenie indie komposmengsel gebruik word nie.’n Goeie komposmengsel bestaan uit

“groen” en “bruin” bestanddele. Die groen be-standdele is stikstofryke materiale.Voorbeelde van groen bestanddele sluit in

brandnetels, gesnyde gras, rou groenteskille,teesakkies en koffie-aftreksels, jong, groen on-kruid (vermy onkruid met sade) en herbivoor-en voëlmis.Party groen bestanddele soos gesnyde gras

en onkruid raak vinnig verrot. Hulle dien dusas “opwekkers” vir die komposmengsel. Moe-nie die gesnyde gras en onkruid op hul eie laatverrot nie, want dit sal net begin stink.Die “bruin”bestanddele bestaan uit koolstof-

ryke materiale en verrot stadig. Voorbeeldevan bruin bestanddele is: kartonbokse (eier-houers en ontbytgraanbokse), koerantpapier,ou tydskrifte, strooi, houtkrulle, heiningknip-sels, ou beddingplante en herfsblare.Ou plante en rowwe plantmateriaal verrot

stadiger, maar verleen massa aan die kompos-mengsel. Houtprodukte verrot nog stadiger enmoet eerder in klein stukkies opgekap word.Ander materiale wat vir jou kompos-meng-

sel gepas is, is die as van die braaivleisvuur(nie te veel nie), eierdoppe en katoen.

Wat mag nie in die mengsel wees nie?Materiale wat glad nie in jou komposmeng-

sel hoort nie, is alle soorte vleis, vis, gekooktekos, steenkool, katsand, hondemis of babadoe-ke.Volgende week kyk ons na hoe om jou kom-

poshoop te begin en na die verskillende tegnie-ke wat die beste kompos lewer.

Maakmakliktuinkompos

Benneli Olivier Van der Walt

DIE somer is hier, en dit beteken almal wil tydin die swembad bestee.Hier volg tien waardevolle wenkewat jy kan

volg om die kinders veilig in die swembad tehou.1. Maak seker daar is altyd ’n verantwoorde-

like ouer by die swembad. Self die sterksteswemmer kan in die moeilikheid beland.2. ’n Klein swembad kan net so gevaarlik

soos ’n groot een wees. Dit word streng aanbe-veel dat dieselfde heinings en bedekkings bysowel klein as groot swembaddens gebruikword.3. Maak seker die kinders swemnie naby die

swembad se dreineringspype nie.4. Moenie om die swembad hardloop nie.

Gladde oppervlakke om of naby die swembadis gevaarlik en kan tot beserings lei.5. Beskerm jou kinders teen die Kalahari se

son. Maak seker jou kinders dra die regte son-skerm.6. Onthou, dit verg net ’n oomblik vir iets om

in die water verkeerd te gaan. Wees deurentydbewus van wat by die swembad gebeur.7. Maak seker jy het altyd ’n noodhulptassie

gereed.8.Wees die “grootmens”. Stel reëls op en ver-

duidelik aan die kinders dat dit daar is omhul-le te beskerm.9. Bly altyduit die swembadwannerdieweer

swaar is.10.Wanneer die kindersmoeg raak, is dit tyd

om uit die swembad te klim.

Hou swembad veilig

Page 12: Kathu bulletin 13 nov 2013

12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

Yolandi van Deventer

DIE woord stres het sy afkoms vandie ou Latynse woord stringere watbeteken om styf te span. Dit was indaardie jare meer van toepassing opfisika, maar dit het in die 1930’s diebetekenis bygekry om te verwys nadie fisieke en psigiese aspek.Ons gebruik soveel maal die woord stres,

maar besef nie altyd wat dit is nie; ook niedie gevolge daarvan op die liggaam en dieemosionele welstand nie.Stres verwys na die mens se reaksie op ’n

stressor, soos ’n omgewingstoestand of sti-mulus. Dit is die liggaam se manier om opuitdagings te reageer. Dit kan positiewe ofnegatiewe stres wees.Wanneer verwys word na positiewe stres

beteken dit sommige mense kan meer gefo-kus in stresvolle omstandighede wees en ge-volglik produktiewer wees. Negatiewe stresis wanneer die liggaam negatief op stres rea-geer en dan verlaag produktiwiteit. Kortom:Stres is alomteenwoordig inonsdaaglikse le-we. Tekens van kognitiewe stres is byvoor-beeld konsentrasie en geheue wat ingekortis, asook konstante bekommernis, emosiessoos irritasie,vinnigehumeur,depressie, ge-

voelens van isolasie of oorweldiging,fisieke ongesteldheid (pyne en skete,diarree of hardlywigheid, hartklop-pings, swak spysvertering) of ge-dragsimptome (angstige gewoontessoos naels byt en om alkohol, medi-syneof sigarette tegebruikomteont-span). Die blootstelling aan langter-

myn-, konstante stres kan liggaamlike siek-tetoestande tot gevolg hê soos maagsere,verhoogde bloeddruk, versnelde veroude-ringsproses, lae immuniteit en verswaktewondgenesing.Wanneer ’n mens ’n baie stresvolle tyd be-

leef, sal die volgende nuttig wees om te doen:) Probeer genoeg rus en slaap kry.) Doen oefening soos byvoorbeeld joga.) Volg ’n gesonde, gebalanseerde dieet.) Voldoende beplanning en tydbestuur.) Fokus op ’n positiewe uitkoms.) Diep asemhalingsoefeninge.) Leer uit vorige foute en besluit om dit niete herhaal nie.Wanneer ’n mens voel jy kan dit nie meer

uithounie, of die fisieke en emosionele simp-tome raak te erg, is dit wys om ’n geneesheerte gaan spreek.) Gesondheidswenke verskaf deur die Me-diclinic Kathu.

Verminder só stres Jong sakelui wys hul slag

Die leerlinge van Laerskool Kathu het ’n Kersfees­kleredag gehou.Foto’s: Benneli Olivier van der Walt

RIKUS VAN ZYL se Smulhoekie het roomys enworsies op ’n stokkie verkoop.

DIHANDA ROUX het lekkers en verrassings­pakkies verkoop.

FRANCO EN DANDRÉ LABUSCHAGNE het ’n Soek die prys­stalletjie gehad.

DIE Laerskool Kathu het verlede week ’n en-trepreneursdag gehou.Die jong sakemense het allerhande interes-

sante ware te koop aangebied.Op die dag het die leerlinge ook ’n “gewone

klere-dag” gehad. Die tema was Kersfees!

Page 13: Kathu bulletin 13 nov 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013 13

Ilse Watson

KATHU se Voortrekkers hetverlede Vrydagaand hul jaarlikseafsluitingsgeselligheid gehou.

Die geleentheid is amptelikmet die sing van die volksliedgeopen.

Elke groep van Die Voortrek-kers is na vore geroep en al diekinders het die sertifikate,waarvoor hulle oor die afgelopejaar heen hard gewerk het,ontvang.

Die aand is met ’n ete engesellige kuier afgesluit.

Sluit jaar plegtig af

VAN links is Junior Hager, Elizna Reyneke, Cheree vanWyk, Danel Ven­ter, Anria Wolstenhome, Johane Steyn en nig Jeanne Louw – die gr. 7’swat verlede Vrydag hul sertifikate ontvang het. Foto’s: Ilse Watson

GR. 6­LEERLINGE wat onder meer die kommando­, ge­bieds­ enmeerkatkampe bygewoon het. Hier is Zanzel Prins­loo (links) en Marie­Louise Steyn.

HIER is neef Dawid van denBerg (middel) met Leon Bezui­denhout (links) en Paul Bester.Albei is gr. 5­leerlinge.

GR. 1­LEERLINGE op die afsluitingsaand. Van links isMarius Dippenaar, Frans Bezuidenhout, nig AnnamarieMostert, Jorina Mostert en Abigail Smit.

DIE gr. 4­leerlinge. Van links is nig Susan van der Bergby Simone Widd, Inge Kruger en Jeanne Kruger.

VAN link is Janco Liebenberg, nig Santie van der Merwe en Michiel vander Merwe (gr. 9).

VAN links is: Marisce Flemming (Jeugleier vir 2013), Anine Botha, nigSantie van derMerwe,Hans­Jurie Swanepoel enReghardt Hager (Jeug­leier vir 2014)­ almal gr.10 leerlinge.

DIE gr.11­ Voortrekkers. Van links is Zanri Prinsloo, Jannes Flemming,nig Rita van Vuuren, Carla Mostert en Surita van der Merwe.

Page 14: Kathu bulletin 13 nov 2013

14 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

ALGEMENE

KENNISGEWINGS

GEMEENSKAPS-

KENNISGEWINGS

1210

The Rainman: Bennie. Huise enbesigheidsbesproeiing, nuwe instal-lasies en opgradering. Rain Buster.Skakel 076 790 3944.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

SKOONMAAK-

DIENSTE

1805

ELEKTRIES

1810

ELEKTRIESE HEININGS:Beveilig u eiendom. Vir professio-nele, geakkrediteerde installasies.Skakel Francois 072 156 4035.

HEKMOTORS EN GARAGE-DEURE: Motorhestel en installasies.

Skakel Okker 082 829 0292.

VOLWASSENES

PRIVAAT

2015

WARRIOR (VIAGRA)Nou nuut in Kuruman. R150 vir 6.100% medies getoets en geld-terug-waarborg. Veilig vir hoë bloeddruk

en hartprobleme.STIMULANT (VIAGRA)

Steeds beskikbaar. R150 vir 6. 100%getoets en veilig. Veilig vir hoë

bloeddruk en hoë suiker.Diskrete diens Jimmy's Drank-winkel h/v Livingston- en Short-

straat.Dennis 073 522 8346.

VAKATURES

2020

Survey Assistants: Needed in yourarea. Company expanding. R4 000advance payment to active assi-stants plus commision.Send short [email protected] or call 0110839919

VOERTUIE

4×4’s

3035

NISSAN NAVARA, 2008, D/C, 4x4,outomaties, kappie, trekstang, lugr.177 500 km. Prys: R195 000. Skakel083 310 0272 alle ure.

MOTORS TE KOOP

3025

BANTAM, 1999, R34 500. Rustler,1999, R32 500. Nissan 1400, 1996,R28 500. Phone 071 967 0285.

CASH FOR CARS AND BAKKIES.Phone 071 967 0285. SMS or Whats-App.

GOLF 1.3, 1996, goeie toestand.Ideale studentemotor. Skakel083 772 2316.

JETTA 3, 1999, R32 500. Corolla,1994, R27 500. Sentra, 1995,R22 000. Phone 071 967 0285.

OPEL, 1990, R15 500. Uno, 1995,R15 500. BMW, 318i, 1997, R19 500.Phone 072 472 8686.

RANGER, 2002, R42 500. Colt,1997, R37 500. Isuzu, 1997, R38 500.Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.

YARIS, 2007, R49 500. Golf, 2007,R49 500. Corolla 160i, 2001, R39 500.Phone 071 967 0285.

SLEEPWAENS

3040

NATIONAL TRAILER RENTAL isnou deel van V-Tec Trailers Kuruman- die eenrigtingverhuringspesialiste,reeds met 45 takke in Suid-Afrika.Jy kan dit bv. huur vanaf Kurumanna Kaapstad en dit daar los. Daaris 'n tak in Windhoek, Namibië. Onsverskuif na Cillierslaan 12. Ska-kel 083 310 0272/083 254 3120.

V-TEC TRAILERS, KURUMAN:Ons diens en herstel ook sleepwaensen verkoop nuwe sleepwaens, onder-dele en tweedehandse sleepwaens.Dryf ook handel in nuwe en tweede-handse Challenger- en Karet-sleep-waens. Ons verskuif na Cilliers-laan 12. Skakel Louwrens 083 3100272/053 712 1072.

EIENDOMME

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

'BACHELOR'-WOONSTEL,gemeubileer of ongemeubileer. Kragingesluit. Privaat en veilig. R2 900.Skakel 084 651 3000.

TE HUUR

3205

TE KOOP

3201

WERK

ADMINISTRATIEF

3605

ADMIN DATA CAPTURING/listingworkers needed. For info SMSname/address to 074 927 5124 or e-mail to [email protected]

BETREKKINGS

GESOEK

3670

Admin Data Capturing / Listing Wor-kers needed for info. SMSname/address to 074 927 5124 or e-mail to [email protected]

Poste beskikbaar: Sekuriteits-/kleinhandelindustrie: CCTV opera-teurs, voorraadbeheer. Wagte, toe-sighouers. PSIRA-sertifikaat hoogsvoordelig. Poste in Upington,Post-masburg, Kuruman. De Aar en Kim-berley. Faks CV na 051 552 3671 viraandag: Francois.

BOEDELKENNIS-

GEWINGS

BOEDELS:

KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

A.C.W. Cloete

In die boedel van wyle Anna Catha-rina Wilhelmina Cloete, weduwee,woonagtig te Plaas Lymington,Dibeng, distrik Kuruman.

Boedelnommer: 1962/2013Skuldeisers en skuldenaars in boge-melde boedel word versoek om hulvordering in te lewer en hul skuldete betaal by die kantore van onderge-noemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf15 November 2013.DUVENHAGE & VAN DERMERWEPosbus 63Kuruman8460

BOEDELS:

LIKWIDASIE EN

DISTRIBUSIE4205

S. Coetzee

In die insolvente boedel van StefanCoetzee.

Meester se verwysing: K35/2008Ingevolge Artikel 108(2) van dieInsolvensiewet, Wet Nr 24 van 1936,soos gewysig, word hierby kennisgegee dat die likwidasie- en distri-busierekening in bogenoemde boedelter insae van skuldeisers en kontri-butante sal lê vir 14 dae vanaf 15November 2013 in die kantore vandie Meester van die Hooggeregshofte Kimberley en die Landdroskantoorte Kuruman.G.J.S. VAN ZYLDUVENHAGE & VAN DER MERWEPosbus 63HoofstraatKuruman8460

S Coetzee

In the Insolvent Estate of StefanCoetzee.

Master's Reference No. K35/2008Pursuant to Section 108(2) of theInsolvency Act, Act No. 24 of 1936,as amended, notice is hereby giventhat the liquidation account andplans of distribution or contributionin the abovementioned estate will lieopen for inspection by creditors orcontributories for 14 days from 15November 2013, at the office of theMaster of the Supreme Court, Kim-berley and the Magistrate, Kuruman.GJS VAN ZYLC/o DUVENHAGE & VAN DERMERWEP.O. Box 63Main streetKuruman8460

SOEK, KOOP, VERKOOP VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 15: Kathu bulletin 13 nov 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013 15

Page 16: Kathu bulletin 13 nov 2013

16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

Page 17: Kathu bulletin 13 nov 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013 17

K

E

N

N

I

S

G

E

W

I

N

G

S

K

E

N

N

I

S

G

E

W

I

N

G

S

Page 18: Kathu bulletin 13 nov 2013

18 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

ONTMOET vir VeraTitus en haar Tiger.Baie verknog aanme­kaar loop hulle sog­gens handaanhand–of is dit nou poot aanhand – in die stratevan Paballelo vir ’nbietjie oefening. Tigeris net te tevrede daar­mee om op sy agter­pote saam met synooi te loop. Soversoos die twee stap,hoor jy net hoe die in­woners van Paballelogroet: “Moooorrrre­eee, Tiger. Môre, Ve­ra”.

Foto’s: Anena Burger

VERA TITUS en Tiger stap in die strate van Paballelo.

Hand aanhand opgereeldewandeling

DIT is tog lekker om klein te wees. Klein Lisa Lee (5) en Lourens de Jager (6) speel telekker in die koelte uit die warm middagson. Foto: Anena Burger

Lekker omklein te weesAS ek eendag groot is,

bou ek vir my ’n huismet plek vir al die diere,van ’n olifant tot ’n muis.

In elkeen van die slaap-kamers hou ek ’n beertjieaan,

en weet jy, in die voor-

huis, daar woon die bobbe-jaan.–Met dank aanwww.kin-derwerf.co.za.

Page 19: Kathu bulletin 13 nov 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013 19

Benneli Olivier Van der Walt

DIE Sishen-gholfklub op Kathu het verledeVrydag sy jaareindgeselligheid gehou. Dieklub het ook pryse en meriete-eerbewyse aandie topspelers vir 2012 en 2013 oorhandig.Japie van Dyk, klubbestuurder, was die se-

remoniemeester op die geleentheid. Hy het aldie spelers vir hul betrokkenheid oor die jaarheen bedank.Die jaarlikse meriete-eerbewyse vir 2012 is

deur Greg Jennings van die Sishen-gholfkluboorhandig. Die meriete-manswenner vir 2012is Wouter de Klerk. Die 2012-meriete-vroue-wenner is Petra Oosthuizen.Op die aand is die junior pryse vir 2013 ook

aan die klub se jong gholfspelers oorhandig.Die beste junior mansgholfspeler vir 2013 isJuranDreyer. Die beste junior vrouegholfspe-ler is Angelique Swanepoel.Lyle Pedro is die junior gholfspeler wat die

beste vordering in 2013 getoon het.Die junior gholfspan se bestuurder, RiasRa-

bie, het die pryse oorhandig.Die junior gholfspan word deur Maurice

Prinsloo, ’n professionele gholfspeler, afgerig.Die aand se vermaak is deur Fanie Oosthui-

zen van Tool Equip and Allied verskaf.Die Sishen-gholfklub is as die Noord-Kaap

en Vrystaat se beste klub vir 2013 aangewys.Dit is die eerste keer dat twee vroue van

die klub provinsiale kleure vir 2013 verwerfhet.

Gholfklub hou jaareindpartytjie

DIE groep junior gholfspelers het sertifikate vir uitstekende prestasies ontvang. Van links is, voor: Ramon Rabie, Francois Gouws en Charl Olivier;agter: Chante de Lange, Angelique Swanepoel, Leon van Jaarsveld en Juran Dreyer. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

RIASRABIE (links) oorhandig sy trofee aan JuranDreyerwat as die beste junior mansgholfspelervir 2013 aangewys is.

FANIE OOSTHUIZEN het die aand se vermaakverskaf.

RIAS RABIE (links) wens Angelique Swane­poel geluk. Sy is die beste junior vroue­gholf­speler vir 2013.

WOUTER DE KLERK (links) het die merieteprys vir beste speler in 2012 van Greg Jenningsvan die Sishen­gholfklub ontvang.

Page 20: Kathu bulletin 13 nov 2013

20 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

Benneli Olivier Van derWalt

DIELaerskoolKathuhet ’nwê-reldbekerkrieket-en-netbal-dag gehou.Die krieket- en netbalspanne

het verskillende voorste sport-nasies verteenwoordig.Die o.11- eno.13-krieketspan-

ne het in drie afdelings ge-speel. Die o.11-bekerwennerwas die Wes-Indiese span. Dieplaatwenner was die Britsespan.Die klerewenner (die span

wat die meeste soos die warespangelykhet)was dieAustra-liese span.Die o.13-bekerwenner was

die Nieu-Seelandse span. Dieplaatwenner was die Wes-In-diese span. Die klerewennerwas die Bangladesjiese span.

‘Wêreld’ ding by skoolmee

DIE wenner in die netbal is Nieu­Seeland. Van links is Farren Eland, Janel du Plessis, Anika van der Walt, Shané Gricius, Nadia Greeff, LeanéRedelinghuys, Lorainne Strauss en Kutlwano Windwaai. Foto’s: Verskaf

AUSTRALIË was die netbal­naaswenner. Van links is LichéPrinsloo,Marilaan Liebenberg,Abigail Bloem, IngeGerber, Bi­anca du Preez, Alicia Peacock,Christel van Rensburg en Ber­nice Boorman.

DIE o.13­krieketspan van Nieu­Seeland het die beker gewen. Van linksis Aljeano Strauss, Landon Gordon, Jacques Koekemoer, Gionanni Ro­sant, Herman van Niekerk (kaptein) en Henri Kock.

DIE o.13­klerewenner was Bangladesh. Van links is Rudolf Lombaard,Jo­Dean Faro, SJ Voster, Warren Horn, Leon Steyn en Erik Rademeyer(kaptein).