kathu bulletin 20 junie 2013(geen ads)

9
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop 20 JUNIE 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS Kathu André Botha NÁ die sukses van die Kalahari Bulletin op Upington en Kuruman was ’n volgende logiese stap om nog ’n uitgawe van die koerant op Ka- thu te vestig. “Kathu is lankal nie meer een van daardie plekke waardeur jy ry op pad iewers heen nie. Kathu is nie meer net deel van ’n reis nie, dit het ’n bestemming geword,” het Jo- hanna van Eeden, redakteur van Volksblad, op 13 Junie op die be- kendstellingsgeselligheid vir die Kathu-uitgawe van die Kalahari Bulletin gesê. Groot opgewondenheid heers in die Volksblad-groep oor die sukses wat behaal is met die Kalahari Bul- letin, die jongste koerant in dié groep waarna ook as die Jong Leeu verwys word. Die Kalahari Bulletin op Kuru- man is sedert 2007 een van Volks- blad se plaaslike koerante in Sen- traal-Suid-Afrika. Dit was voor- heen die Kuruman Bulletin en is as ’n belegging in die bloeiende Ku- ruman-Kathu-omgewing deur die groep gekoop. Die koerant is, onder leiding van Annerie Louw, die eer- ste redakteur, en die verkoopspan in ’n interessante, kleurryke en ge- notvolle plaaslike koerant om- vorm. In 2010 is die uitgawe op Uping- ton begin om ook in lesers en adver- teerders van daardie omgewing se behoeftes te voldoen. En nou het dié spogkoerant ook ’n Kathu-uitgawe, die 13de plaasli- ke koerant van die Volksblad- groep. Volgens Christo van Staden, as- sistent-redakteur van Volksblad verantwoordelik vir die groep se plaaslike koerante, volg die uit- breiding op Kathu op die groot suk- ses wat met die bestaande twee uit- gawes van die Bulletin behaal is. “Ons is bewus van die behoefte van gemeenskappe soos Kathu aan ’n plaaslike koerant wat in daardie inwoners se behoefte aan plaaslike nuus voorsien. “Ons voorsien ook in ’n belangri- ke behoefte van adverteerders wat nou blootstelling in al drie omge- wings kry, omdat die advertensies in ’n groot mate deurgaans dieself- de in al drie die uitgawes is. “Ons sien uit daarna om ’n sterk nuuskoerant vir die mense van Kathu en omgewing uit te gee wat as hoofnuusbron en hoofadverten- siebron vir die inwoners kan dien.” Die Kalahari Bulletin se Uping- ton-uitgawe het reeds verskeie mylpale behaal. Dit is vroeër vanjaar op die San- lam-eerbewysaand vir gemeen- skapskoerante as een van die drie beste plaaslike koerante in die land aangewys. Die koerant is met die koms van die Kathu-uitgawe nou amptelik die grootste koerant in die Noord-Kaap met ’n drukoplaag van 28 000. Kalahari Bulletin Kathu en die Volksblad-groep wil deel van die storie van Kathu wees, veral om die stories van die mense te vertel. “Want dit is wat ons doen – ons lê die geskiedenis vas, ons ver- maak, voed op, speel die waghond- rol en word ’n stem vir die gemeen- skap. Ons bied ook adverteerders die geleentheid om met daardie ge- meenskap te kommunikeer,” het Van Eeden gesê. Sy het die span van Kalahari Bul- letin Kathu aan sakelui en belang- hebbendes wat die geselligheid by- gewoon het, voorgestel. Aan die advertensiekant is daar Madri Scheepers, ’n ervare adver- tensiekonsultant wat van Volks- blad se kantoor in Bloemfontein oorgeplaas is. Sy word redaksio- neel bygestaan deur Ilse Watson, die storieverteller en ’n kind van die Kalahari. Ilse het op Sishen grootgeword en sy het ’n passie vir die streek en sy mense. ) Kyk ons webblad www.kalahari- bulletin.co.za vir meer foto’s en ’n video van die redakteur se toe- spraak. Eie koerant vir Kathu VAN links is Fergus Sampson, uitvoerende hoof: Media24 Nuus, Madri Scheepers, advertensiekonsultant, Wilhelm Jooste, hoofbestuurder: Paarl Coldset in Bloemfontein, Tanya Aucamp, bestuurder: kommunikasie: Sishen-myn, Johanna van Eeden, redakteur Volksblad, Ina Knott, hoofbestuurder van die Volksblad-groep, en Ilse Watson, joernalis. Foto: Christo van Staden

Upload: kalaharibulletin

Post on 23-Mar-2016

326 views

Category:

Documents


71 download

DESCRIPTION

Kathu bulletin 20 junie 2013(geen ads)

TRANSCRIPT

Page 1: Kathu bulletin 20 junie 2013(geen ads)

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

20 JUNIE 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS

Kathu

André Botha

NÁ die sukses van die KalahariBulletin op Upington en Kurumanwas ’nvolgende logiese stapomnog’n uitgawe van die koerant op Ka-thu te vestig.“Kathu is lankal nie meer een

van daardie plekke waardeur jy ryop pad iewers heen nie. Kathu isniemeer net deel van ’n reis nie, dithet ’n bestemming geword,” het Jo-hanna van Eeden, redakteur vanVolksblad, op 13 Junie op die be-kendstellingsgeselligheid vir dieKathu-uitgawe van die KalahariBulletin gesê.Groot opgewondenheid heers in

die Volksblad-groep oor die sukseswat behaal ismet dieKalahari Bul-letin, die jongste koerant in diégroep waarna ook as die Jong Leeu

verwys word.Die Kalahari Bulletin op Kuru-

man is sedert 2007 een van Volks-blad se plaaslike koerante in Sen-traal-Suid-Afrika. Dit was voor-heen die Kuruman Bulletin en isas ’n belegging in die bloeiende Ku-ruman-Kathu-omgewing deur diegroep gekoop. Die koerant is, onderleiding van Annerie Louw, die eer-ste redakteur, en die verkoopspanin ’n interessante, kleurryke en ge-notvolle plaaslike koerant om-vorm.In 2010 is die uitgawe op Uping-

tonbeginomook in lesers enadver-teerders van daardie omgewing sebehoeftes te voldoen.En nou het dié spogkoerant ook

’n Kathu-uitgawe, die 13de plaasli-ke koerant van die Volksblad-groep.

Volgens Christo van Staden, as-sistent-redakteur van Volksbladverantwoordelik vir die groep seplaaslike koerante, volg die uit-breiding op Kathu op die groot suk-ses wat met die bestaande twee uit-gawes van die Bulletin behaal is.“Ons is bewus van die behoefte

van gemeenskappe soos Kathu aan’n plaaslike koerant wat in daardieinwoners se behoefte aan plaaslikenuus voorsien.“Ons voorsien ook in ’n belangri-

ke behoefte van adverteerders watnou blootstelling in al drie omge-wings kry, omdat die advertensiesin ’n groot mate deurgaans dieself-de in al drie die uitgawes is.“Ons sien uit daarna om ’n sterk

nuuskoerant vir die mense vanKathu en omgewing uit te gee watas hoofnuusbron en hoofadverten-

siebronvir die inwonerskandien.”Die Kalahari Bulletin se Uping-

ton-uitgawe het reeds verskeiemylpale behaal.Dit is vroeër vanjaar op die San-

lam-eerbewysaand vir gemeen-skapskoerante as een van die driebeste plaaslike koerante in die landaangewys. Die koerant is met diekoms van die Kathu-uitgawe nouamptelik die grootste koerant indie Noord-Kaap met ’n drukoplaagvan 28 000.Kalahari Bulletin Kathu en die

Volksblad-groep wil deel van diestorie vanKathuwees, veral omdiestories van die mense te vertel.“Want dit is wat ons doen – ons

lê die geskiedenis vas, ons ver-maak, voed op, speel die waghond-rol en word ’n stem vir die gemeen-skap. Ons bied ook adverteerders

die geleentheid om met daardie ge-meenskap te kommunikeer,” hetVan Eeden gesê.Syhet die spanvanKalahariBul-

letin Kathu aan sakelui en belang-hebbendes wat die geselligheid by-gewoon het, voorgestel.Aan die advertensiekant is daar

Madri Scheepers, ’n ervare adver-tensiekonsultant wat van Volks-blad se kantoor in Bloemfonteinoorgeplaas is. Sy word redaksio-neel bygestaan deur Ilse Watson,die storieverteller en ’n kind vandie Kalahari.Ilse het op Sishen grootgeword

en sy het ’n passie vir die streek ensy mense.) Kyk ons webblad www.kalahari-bulletin.co.za vir meer foto’s en ’nvideo van die redakteur se toe-spraak.

Eie koerant vir KathuVAN links is Fergus Sampson, uitvoerende hoof: Media24 Nuus, Madri Scheepers, advertensiekonsultant, Wilhelm Jooste, hoofbestuurder: Paarl Coldset in Bloemfontein, Tanya Aucamp,bestuurder: kommunikasie: Sishen­myn, Johanna van Eeden, redakteur Volksblad, Ina Knott, hoofbestuurder van die Volksblad­groep, en Ilse Watson, joernalis. Foto: Christo van Staden

Page 2: Kathu bulletin 20 junie 2013(geen ads)

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013

Charné Kemp

POSTMASBURG se sakekamer het op dieaand van 12 Junie die dringende kwessievan die ontblote asbesvesels op Transnet selokomotief-rangeerwerf bespreek.

Verskeie inwoners was geskok om te hoordat dié gevaarlike asbesvesels moontlik hulgesondheid bedreig.

Die inaseming van asbesvesels veroor-saak siektes soos mesotelioom, asbestose,longkanker en verdikking van die long-wand.Volksblad, moederkoerant van Kalahari

Bulletin, het verskeie briewe van bekom-merde mense en ingeligtes ontvang oor dierou asbes wat glo al maande ontbloot op dierangeerwerf lê. Transnet is in April deur diedepartement van arbeid aangespreek oor diesituasie waarin inwoners en Transnet-per-soneel aan die dodelike asbesvesels blootge-stel kan word.

’n Ingeligte wat anoniem wil bly en wie seeggenoot by Transnet werk, sê die asbes lêsedert Januarie op die terrein. Slegs ’n ge-deelte van die asbes is in sakke gesit en dieres op hope geskraap.

“Daar is glo nie geld om die res weg teneem nie. Die hoeveelhede is glo te veel, watdit duur maak. Onafhanklike konsultantehet bevind dit is ’n groot gevaar vir die per-soneel en inwoners. Die inwoners weet niehiervan nie.”

’n Ander ingeligte beweer in ’n brief datdie spoorlyn tussen Hotazel en Kimberleyderduisende tonne asbes bevat.

“Transnet kan nie bewys dat hy voorheenveilige prosesse gevolg het om die asbes teverwyder nie. Transnet tree nou skielik opomdat die Sishen- en Assmang-ysterertsmy-ne wil uitbrei en hul personeel het die asbesby die spoorlyne ontdek. Andersins sou nie-mand ooit iets hieroor gesê het nie.

“Personeel het oor die laaste dekades seldebeskermende klere gedra en gevaarlike ge-biede is nooit afgesper nie. Baie van die ge-biede is baie naby aan woongebiede.”

’n Bestuurder van ’n onderneming langsdie Transnet-terrein was geskok oor die ont-blote asbes waarvan hy nie bewus wasnie.

“Ons is nou baie bekommerd. Dit is veralmy werkers wat heeldag buite werk wat mykwel. Hulle het nie die soort siekefonds watsiektes soos asbestose sal dek nie.”) Lees nog ’n berig op bl. 3.

Rou asbes kwel inwoners

’n BESTUURDER van ’n fabriek wat anoniem wil bly, sê die dorp is nou ’n stowwerige enongesonde plek.

TRANSNETWERKERS en ­kontrakteurs loop met gesigmaskers op die terrein op Postmasburg wat met asbesvesels besmet is.

INKalahariBulletinKathuvan13Junieis in “SENDING: Groep oorsee” ver-keerdelikberigoordieuitreikgroepwatoorsee gaan. Eerder dat mense gekiesword om te gaan, soos berig is, sluitmense wat hulle geroepe voel hulle bydie groep aan. Die groep is interkerklik,dieselfde mense gaan nie elke keer nie.

Die feit staan só

Page 3: Kathu bulletin 20 junie 2013(geen ads)

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013 3

Charné Kemp

POSTMASBURG. – ’n Skadu van vreeshang oor die dorp nadat die departementvan arbeid ’n waarskuwing aan Transnetuitgereik het oor rou asbes wat ontblootop die rangeerwerf aan die buitewyke vandie dorp lê.Dit volg op die herrie op De Aar waar

inwoners heftig kapsie maak teen Trans-net se planne om 560 000 ton asbes in tweeleengroewe langs die dorp te stort en teverseël.Dié asbes kom van verskeie Transnet-

werwe in die land. Dit sal in die groeweverseël word indien hulle ’n lisensie vandie departement van omgewingsakeverkry.Die departement van arbeid het van die

asbes bewus geword nadat klagtes by syhoofkantoor aangemeld is, sê MothusiLegwale, departementele woordvoerder.“Ons het die klagtes na ons Postmas-

burg-kantoor verwys. Hulle het die werf inApril besoek en alle werk gestaak totdatberoepsgesondheidsmaatreëls deur ’ngoedgekeurde inspeksie-owerheid ingestelis.“Transnet het die gebied afgesper en die

asbes in sakke verpak. Die kennisgewingis in Mei teruggetrek sodat spoorvragwerkkan voortgaan met die voorwaarde dat ditgerehabiliteer kan word. Ons het ook diedepartement van omgewingsake gevra omin te gryp.”Mike Asefovitz, woordvoerder van

Transnet, sê hulle volg die wetsvoorskriftepresies.“Transnet sal niks onverantwoordeliks

doen as dit by die gesondheid van mensekom nie. Daarsonder sal ons nie ’n afval-bestuurslisensie kan kry nie. Die asbes opons rangeerwerwe is juis die rede omveilig daarvan ontslae te raak deur dit indie leengroewe te verseël.”Die asbes op die Postmasburg-rangeer-

werf by ingang nr. 36 is in April deur ’nberoepsveiligheidsmaatskappy ondersoek.Daar is bevind die asbes is tot so diepsoos 350 mm onder as en grond begrawe.Die maatskappy waarsku Transnet in ’n

brief sterk winde en reën kan die asbesversprei, wat die hele omgewing, perso-neel en inwoners ernstig kan bedreig.

Hulle beveel onmiddellike regstellendeaksie aan om die ontblote asbes te stabi-liseer. Die besmette grond moet verwyderword. Tot dan moet die ontblote asbesnatgehou en met plastiek bedek wees.Met Volksblad, moederkoerant van

Kalahari Bulletin, se besoek verledeDonderdag was daar een hoop geel sakkemet asbes en daar was twee hope grondwat met plastiek bedek was. Rou asbesve-sels is op die terrein gesien. Die asbes wasnie natgemaak nie. Daar was nie sigbarewaarskuwingstekens nie en die gebied wasook nie afgesper nie.

Verskeie werkers van fabrieke rondomdie rangeerwerf was onbewus van engeskok oor van die ontblote asbes op dieTransnetwerf.Volgens een fabriekbestuurder maak die

asbes die dorp net ongesonder vir inwo-ners.“Die gehug het in elk geval nou, met die

ontploffing van mynbou, in ’n ongesonde,stowwerige ou myndorp ontaard.”Die inaseming van asbesvesels veroor-

saak siektes soos mesotelioom, asbestose,longkanker en verdikking van die long-wand.

Asbeswek vrees op dorp

WERKERSen inwoners vanPostmasburg voel bedreig deur hope ontblote asbes op die Trans­net­rangeerwerf. Foto’s: Emile Hendricks

SOMMIGE van die hope asbes ismet plastiekbedek. Die terrein tussen die hope asbes enverpakte asbeshope is ookmet vesels bedek.

STUKKE blou asbes is sigbaar op die hopegrond langs die Transnet­spoorlyne waar­langs asbes dekades gelede vanmyne af ver­voer is. Werkers en inwoners van Postmas­burg voel bedreig deur hope ontblote asbesop die Transnet­rangeerwerf. Sommige vandie hope asbes is met plastiek bedek. Die ter­rein tussen die hope asbes en verpakte as­beshope is ook met vesels bedek.

Met Volksblad, moederkoerant van Kalahari Bulletin, sebesoek was daar een hoop geel sakke met asbes en daarwas twee hope grond wat met plastiek bedek was. Rouasbesvesels is op die terrein gesien. Die asbes was nienatgemaak nie. Daar was nie sigbare waarskuwingste­kens nie en die gebied was ook nie afgesper nie.

Page 4: Kathu bulletin 20 junie 2013(geen ads)

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013 7

VANDEESWEEK ondersoek onsdie woord Grasweduwee.Dit beteken ’n vrou wie se man

tydelik weg is.Waar kom dit vandaan? Dié

uitdrukking het oorspronklikverwys na ’n ongetroude vrouwat meer as een man intiem ont-haal. Die vermoede is dat dit bui-te in die gras was eerder as in diewettige huweliksbed. Maar dieeintlike bedoeling was dat sy ’nkindbuite die huwelik gehadhet.’n Ander bron verklaar met

groot oortuiging dat die uitdruk-king oorspronklik uit Brits-Indiëgekomhetwaar die vroue en kin-ders vir die versengende dae vandie somer na die bergstreke ge-stuur is. Daarwas dit nie net koe-ler nie, maar daar was ook gras– geskei van hul mans was hulledus grasweduwees. Na die voor-beeld het daar ook later graswe-wenaars ontstaan.In Amerika het daar ’n ander

verklaring ontstaan: Tydens die

goudstormloop in Kalifornië hetdie man dikwels vrou en kindersby familie laat loseer terwyl hygaan goud grawe het. In Ameri-kaans het dit bekend gestaan asputting a wife to grass – ’n uit-drukking wat eintlik gebruik isvir ’n perd wat te oud was om tewerk. Die tydelike skeiding soudanvandie vrou ’n grasweduweemaak. Dit is alles gissings. Dieoorspronklike woord wat latergrass in Engels geword het, wasgrace. Die vrou was ’n grace wi-dow. Dit het verwys na die grace,die grasie of genade wat die vrouvan die pous ontvang het omhaar man te skei – ’n toegewingwat in die vroeë dae slegs deurdie Katolieke Kerk toegestaankon word. Dié verklaring wordgestaaf deur die Franse bena-ming veuve de grâce (genadewe-duwee) en die Latynse viduca degratia. (Vandag noem die Fransedié soort voëlvryevrou ’nhalfwe-duwee.) Omdat die Franse woordgrâce amper soos die Engelsgrassklink,was dit voorspelbaardat die oorspronklike betekenisverlore sou raak.

) Met erkenning aan MaroelaMedia).

3/22

NW-15

2/21

NW-5

-1/20

NW-5

WANNEER dit by troetelna-me vir geliefdes kom, is oordie wêreld heen beslis nie ’ntekort aan kreatiwiteit nie.Wat sou jy dink as jou

geliefde jou “vlooi”, “mybaba-olifantjie” of selfs “myblomkooltjie” noem?Wel, bogenoemde is

bekende troetelname inander tale, volgens ’nBBC-artikel. ’n Bekendetroetelnaam in Japanees is“tamago gata no kao” watletterlik beteken “ ’n eiermet oë”. Wanneer dit bykomplimente kom, is diéeen van die mooistes wat jykan kry, omdat ’n ovaalvor-mige gesig as aantreklik indie Japanse kultuur beskouword.As bogenoemde jou nie

aanstaan nie, kan jy dieFranse troetelnaam “ma

puce”, wat my vlooi beteken,oorweeg. Die troetelnaamhet waarskynlikvanweë dieverhouding tussen die mensen die vlooi sy oorsprong .Voorheen is die een-tot-een-versorgingsaktiwiteit omvlooie van mekaar se lyf afte verwyder as ’n baieintieme en genotvolleaktiwiteit beskou.“Chang noi” beteken my

klein olifantjie en is ’ngewilde troetelnaam onderThaise mense. Olifante,veral wit olifante, is ’nteken van geluk en een vandie geliefste diere inThailand. My blomkooltjie(petit chou) in Frans en mypampoentjie (chuchuzinho)in Portugees is ook volgensdie talekenner Paul Noblegewild en gelykstaande aan“my liefling” en “my skat”.

Wêreld is vrotvan kreatiewetroetelname

Enige van ons vorige uitgawes gemis? Gaan kyk gerusna ons webblad by www.kalaharibulletin.co.za

– kliek op Kalahari Bulletin Kathu.

IS daar enigiets op jou dorp wat jou pla? Teveel slaggate? Te veel rommel wat rondlê?Stuur vir ons jou briewe, ons plaas dit metgraagte.Het jy iets gelees in ons koerant waarop jy

kommentaar wil lewer? Skryf aan [email protected].

Ilse Watson

DIE polisie op Deben het onlangs inligtingontvang oor ’n Nigeriese man wat dwelms insy besit het.Konstabels Dirkie Bok en Gregory Nyl het

op die inligting gereageer en die verdagte, Sa-muel Nsude (25), is agtervolg. Hulle het na ’nhuis in Colored Village, Deben, gegaan en dieperseel deursoek. ’n Swart plastieksak is ge-vind en daarbinne was ’n ryspakkie vol vandie dwelm tik weggesteek. Die verdagte hetaandie polisie verduidelik dat hyniks vandiedwelms in die pakkie weet nie. Hy is in hegte-nis geneem en aangekla.Nsude het op 31 Mei in die hof verskyn

waartydens hy aansoek om borgtog gedoenhet. Die aanklaer het dit geweier enNsude salweer op 16 Julie in die hof verskyn.) Die sonkragaanleg wat gebou word onge-veer 5 km buitekant Deben, op die plaas Bet-hel, het reeds verskeie probleme vir die De-ben-polisie veroorsaak. Koperkabelsword ge-steel en drie gevalle is reeds aangemeld. Diegeldelike verlies is reeds R200 000. Enigeenmet meer inligting in verband met die steelvan koperkabels word versoek om die Deben-polisie by 053-791-9200 te bel.) Die winkel Ietsie van Alles op Deben wasookdie teikenvandiewe.Die beskuldigde, Pa-trick Matlankanyane, het ’n pak hoender ge-steel. Hy is onmiddellik in hegtenis geneemen het op 7 Junie in die hof op Kathu verskyn.Die landdroshof het hom skuldig bevind enMatlankanyane moes erkenning van skuldbetaal.

Verdagtesvasgetrek

The

independent

voice of the

Rivercity

The

independent

voice of the

Rivercity

Page 5: Kathu bulletin 20 junie 2013(geen ads)

8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013

Brandbestryders kry opleiding

LEDE van die redding­ en brandbestrydingsdiens van Sishen se vliegveld in aksie tydens die opleiding. Foto: Verskaf

Ilse Watson

VERSKEIE lede van Sishen-vliegveld se redding- enbrandbestrydingsdiens,Ezekiel Mokoa, brandweer-hoof, enbrandweermanMacWitbooi het die brandbe-strydingsopleiding Hot Zo-ne Practical Fire FightingTraining in Johannesburgbygewoon.

Kollegas van Tommy’sField Airport van Postmas-burg het ook aan die oplei-ding deelgeneem.

Die doel van die opleiding-sessies was om personeelaan die gepaste reaksie opvliegtuie wat aan die brandslaan bekend te stel. Die he-wigheid van hierdie soortbrande mag verskil afhan-

gende van die hoeveelheidpetrol wat in die vliegtuigteenwoordig is wanneer dieongeluk plaasvind. Vlieg-tuigpetrol kan temperaturevan tussen 1 000°Cen2 000°Cbereik.

Die brandweermanne isook geleer om die hitte vanbrandende petrol te ver-staan en te weet hoe om ditte hanteer. Hulle moes leerom die korrekte veiligheids-maatreëls in plek te stel enook om passasiers en kajuit-lede vinnig en doeltreffendvan die vliegtuig te verwy-der.

Saam met genoemde op-leiding het die brandweer-manne ook geleer om bran-de rondom vliegtuigenjinsen wiele te hanteer.

Page 6: Kathu bulletin 20 junie 2013(geen ads)

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013 9

Ilse Watson

STAP langs die stofstrate van Deben en ver-stom jou oor die aantal windpompe wat operwe staan. Deben is ’n nedersetting in dieNoord-Kaap, ongeveer 26 km noordoos vanKathuengeleë aandie oewer vandieGa-Mo-gararivier. Die dorp het in 1907 ontstaan toetrekboere van die suidelike Vrystaat hulle

hier gevestig het. Die eerste munisipaliteithet in 1951 beheer oor die dorp verkry. Dienaam Deben beteken “die plek van die put”en is afgelei van die Tswana-woord deben.Die ekonomie is grootliks op beesboerde-

ry gegrond en elke inwoner moet sy eie wa-ter voorsien. Daarom is daar so baie wind-pompe op die dorp. Met die swak ekonomie-se omstandighede van die laaste klompiejare het verskeie inwoners egter hul wind-pompeafgebreekomvir dompelpompeplekte maak. (Alle foto’s deur Ilse Watson).

Windpompe oral

Page 7: Kathu bulletin 20 junie 2013(geen ads)

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013

Marietjie Gericke

DRIE besonderse aspekte laat dieVryfees bo ander kunstefeeste indie land uittroon, sê RoxanneKonco, bemarkingsbestuurder vandie Vryfees.

Sy sê: Dit is die enigste kunste-fees in die land waarop produk-sies in toegeruste teaters aange-bied word (nie in skoolsale nie).

Vanjaar word ál die produksiesop die Kovsie-kampus aangebiedwat beteken ál die teaters is binneloopafstand van mekaar. Jy kandus jou motor gratis parkeer endit eers weer aanskakel nadat jy’n hele dag lank alles gesien hetwat jy wou.

Die Vryfees is die enigstekunstefees waar jy nie toegangs-geld moet betaal om tussen diestalletjies op die kunstemarkter-rein rond te drentel nie. Vir diéwat nie weet nie:

Op ander feeste moet jy betaalom by die kos- en produkstalle-tjies te kom waar jy weer geldmoet uithaal as jy wil koop en eet.Nuut op die feesOnder die nuwighede op

vanjaar se Vryfees is die TownshipArts Experience en ’n wareburlesk-produksie deur ’n Suid-Afrikaanse geselskap wat ookinternasionaal optree.

Dié Big Top Burlesque toon metsang, musiek en dans die kunsvan subtiele humor en prikkeling– dit is sensueel, vermaaklik,snaaks en baie sexy.HoogtepunteOm hoogtepunte uit te lig bly ’n

tameletjie, want soveel hoofde,soveel sinne. Maar ’n produksiewat op die KKNK die toets met ’ntriomfantlike gejuig deurstaan het,is Laurika, Dorothy & Zoid:Liedjie vir jou.

Van die land se topkunstenaarsis hierby betrokke. Behalwe diedrie sangers is daar Antjie Krogas teksskrywer, Anna-Mart vander Merwe as stemkunstenaar en

die instrumentaliste Melissa vander Spuy, Schalk van der Merween Henry Steel.

Die produksie is ’n viering vanDorothy Masuka wat oor 60 jaarhaar spoor in ons musiek-erfenisgelaat het.

Ander beproefde hoogtepunte isdie dansproduksie SpectacularSpectacular met onder andere

Shaleen Surtie-Richards (ja, jylees reg), Droomland met ChrisChameleon en die BloemfonteinseKinderkoor en Steve Hofmeyr metsy beste liedjies die afgelope 25jaar.

Onder die dramas skop dievarke modder in almal se gesigte.The three little pigs het pas dieprys vir die beste drama op die

Woordfees ontvang, is gekeur virdie Edinburg-fees in Skotland enis vir verskeie pryse op die KKNKen Grahamstad-fees benoem. Maakook regmerkies by Die Leo’s (metSandra Prinsloo en Tobie Cronjé),Kanna hy kô hystoe (Adam Smallse trefferstuk), Kinders van stilte(vertaling van Children of a lessergod) en Vrek (onkonvensioneleteater oor hidrobreking, oftewelfracking). Musiekliefhebbers kanvanjaar met ’n geruste gemoedtoe-oë kies. Of dit klassiek,kabaret of musiekteater is, ditbeloof iets besonders, hoewel ’nTas vol Lloyd Webber deur dieBloemfonteinse Stadsorkes dalk ’nekstra regmerkie moet kry, omdatdit ’n klank- én visuele skouspelgaan wees. Elke liefhebber van

kontemporêre musiek sal sygunsteling-kunstenaar in dieprogram vind en as daar nie ’nkomedie is wat jou ten minstegaan laat giggel nie, kan jy jougeld terugvra.

Fliekvlooie het vanjaar ’n feesvan kortes en langes, oues ennuwes, in Afrikaans, Engels envreemde tale, en alles ’n keur vandie bestes uit onder meer dieSilwerskerm- en die KaapseWynlandfees.

Feesgangers op soek na ernstigepitkos sal dit in die boekbespre-kings en diskoers-reeks vind,terwyl dié met ’n aanvoeling virdie visuele kunste vermoedelikdubbel bevredig sal word deur dieHer-verbeelding van die Anglo-Boe-reoorlog in die Stegmann-galery.

Vryfees is uniek in land

KINDERS van die Stilte.’n PRODUKSIE wat op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees die toets met ’n triomfantelike gejuig deurstaanhet, is Laurika, Dorothy en Zoid in Liedjie vir Jou. Van die land se topkunstenaars is hierby betrokke.Foto: Verskaf

DIT is al oor en oor bewys:Komedies is die stapelvoedselvan Afrikaanse kunstefeeste endit is te verstane, want wie wilhuil as jy eerder kan lag?

Jy sal nie ’n fout maak metenige van die 13 komedies opvanjaar se Vryfees nie.

Elize Cawood en WilsonDunster se eerste Vryfees-op-trede gaan oor twee ougetroudes wat ’n krisis beleef.Hulle weet vandag is baiebelangrik, maar nie een kanonthou wat die dessitse datumso belangrik maak nie. IlneFourie het die-hoe-se-wat-se-wie-nou-weer? vir dié teater-egpaargeskryf.

Iemand wat Strip! met Walde-mar Schultz en Johann Nel op dieKKNK gesien het, sê dit het baiemeer gebied as wat hy verwaghet.

Dieselfde word van Tjop en dopgesê, ’n satire oor jonkwees engrootword, en ook van Diemonster in die gang, ’n Hennievan Greunen-vertaling oor “daaivreemde mense wat daaropaandring dat hulle jou familie is”.

Gys de Villiers-aanhangers kandié akteur in sy solostuk Witmanne se wapens sien.

Marion Holm bied haar sketsein HOLM: geMARIONneer, enLida en Johan Botha is te sien inOuma en oupa op toer.

Vir ’n local-is-lekker-geur,maak ’n regmerkie by NicoLuwes se Buite-egtelike oupa enIlne Fourie se ValenPYNsdag,waarin sy self die oujongnooiFreda Fourie speel.Platform 9 gaan oor twee

vriende, gespeel deur TheodoreJantjies en Maurice Page, sewaarneming van “interessantekarakters” op ’n stasie.

Laastens is daar tweekomedies wat nie misgeloopmag word nie: Woza Andries?en Rekmerke. Rekmerke oor diepuik akteurs Stian Bam enNicole Holm en Woza Andries?omdat dit ’n uit-die-boks-,anderste, aweregse komedie is.

Ons gaanweer lag

’n TONEEL uit Rekmerke

Page 8: Kathu bulletin 20 junie 2013(geen ads)

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013 15

PREFERENCEWILL BE GIVENTO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINEWITHTHE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN.

Only candidates who meet the stated requirements will be considered.APPLICATIONS RECEIVED AFTERTHE CLOSING DATEWILL NOT BE CONSIDERED.

How to apply:Interested applicants can forward an abridged CV to:

[email protected] or fax: 086 236 1188.The onus is on you to ensure that the reference

number is reflected on your application.Closing date: 5 July 2013.

If you have not been contacted within 30 days after theclosing date, kindly deem your application as unsuccessful.

www.ayandambanga.co.za 112951

Exciting Career OpportunitiesKuruman

United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent onsustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growingmanganese mine.UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman.Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and2 million tonnes of manganese each year’With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock yourtalents.

Control Room Operator(Technical and Operational) (Ref.CRO(TO) 112951)

Patterson Grade C Lower based on previous experienceThe Control Room operator is a shift role responsible for the effective operational control andmonitoring of the Process Plant through the control room control and management systems andto coordinate the general Mine situation as may be required.Responsibilities: • Mine operation within required parameters • Steady control of productioncircuit • React appropriately to abnormal activities and notify relevant Senior Officials and/orOperators by radio/telephone • Direct the activities of personnel on the mine to correct defects byallocating relevant tasks • Assist Engineering personnel to maintain equipment in Control Roomarea • Take charge during breakdowns and emergencies and notify standby personnel • Maintainand operate relevant fire/evacuation alarm system • Control entire process through utilization ofrelevant control systems like SCADA • Ensure that the activities in the Control Room area matchthe requirements of the whole mine • Maintain steady volume control of the circuit by monitoringit within entire mine parameters • Call in expertise where needed • Ensure correct proceduresare followed during start up and shut down of relevant circuits and equipment • Identify andcommunicate possible hazards and risks to responsible and affected personnel • Promote safetyawareness in allocation of all tasks over radio/telephone • Compile accurate shift report at theend of each shift • Generate report and trends for management on request • Log any incidents,instructions and important changes made in the plant and record breakdowns should they occur• Changing tasks and machine settings on the shift to minimize the effect of unexpected problems• Stopping the operation if the working conditions are unsafe and pose hazardous environment• Enter job requests into the “KARABO” maintenance system.Minimum requirements: • Matric or equivalent education • Artisan trade qualification • Minimumof 5 years’ experience as an Artisan in the mining industry • Computer literacy and role specificcomputer skills • Report writing and communication skills • Systematic approach • High degreeof numeracy.Key attributes (amongst others): • Ability to function within a team environment • Ability towork under pressure and be independent • System knowledge and application of relevantpolicies and procedures • Planning and organising skills • Interpersonal skills • SHE knowledge• Administration skills • Self-starter • Attention to detail • Results driven • Statutory knowledge ofrelevant legislation.

Receptionist (Ref.R 112951)

Patterson Level B LowerThe incumbent will be responsible for providing secretarial, clerical and administrative support inorder to ensure that UMK services are provided in an effective and efficient manner.Responsibilities: • Provide office support services to the Head of Department in order toensure efficiency and effectiveness within the UMK administration building • Receive, direct andrelay telephonic messages and fax messages • Greet, assist and/or direct visitors • Receivemail and distribute to the relevant staff member • Maintain the general filing system and file allcorrespondence •Assist in the planning and preparation ofmeetings, conferences and conferencetelephonic calls • Make preparations for UMK management meetings • Respond to immediatecommunity inquiries • Provide word-processing and secretarial support to UMK management• Monitor the use of supplies and equipment in the UMK office complex • Coordinate the repairand maintenance of office equipment • Perform receptionist functions • Assist UMK managementand other staff as requested • Perform other related duties as required.Minimum requirements: • Matric with 3 years’ relevant experience in office administration or asa receptionist • Analytical, problem solving and decision making skills • Computer skills includingthe ability to use spreadsheet and word processing programs at a highly proficient level • Stressmanagement skills • Time management skills • Ability to handle more than one request at a time• Effective verbal and listening communication skills.Key attributes (amongst others): • Computer literacy with Microsoft Excel, Word, Power Point,Outlook and Internet • Mining system knowledge • Data analysis and trend reporting • Measurablevalue adding initiatives • Demonstrate sound work ethics • Possess cultural awareness andsensitivity.

Please note that the reference MUST be quoted on your application.Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medicalcertificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric andother assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentialsmay be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.

Ilse Watson

TALLE kinders in klaskamers oor die wê-reld heen het nie lessenaars waarby hullekan sit en werk nie. Net in Suid-Afrika isna raming ’n tekort van ongeveer 3,6 miljoenlessenaars.’n Tutudesk is ’n gerieflike hulpmiddel

wat ’n kind kan gebruik om op te skryf. ’nSkryf-oppervlak is uiters belangrik vir ’nkind se geletterdheidsontwikkeling en syba-siese onderrig.Kumba in samewerking met Media24 het

500 van die Tutudesks laat maak en dit wordnou aan laerskoolkinders oor die Noord-Kaap uitgedeel.

Dié soort hulpmiddel gaan ’n groot verskilin kinders se lewe maak.Die lessenaars word aan die volgende pri-

mêre skole versprei: Relikile, Mapoteng,Vlakfontein, AB Kolwane, Maikaelelo, Lar-eng, March, Maipeing, Boitshireletso, Ma-kolokomeng, Tsoe, Bojeklakgoma, Hotazel,Gamasego en Manyeding.

Skool ontvang skootlessenaarsSkool ontvang skootlessenaars

LEERLINGE van die gr.O­klas van die Primê­re Skool Mapoteng ontvang skootlessenaarsvan Oduetse Kolberg, praktisyn vir plaaslikegemeenskapsontwikkeling: Kumba Sishen­myn, en Thobega Mmasabata, departe­mentshoof van die skool, deel lessenaars aandie leerlinge uit. Foto: Ilse Watson

Ilse Watson

IN 2012 het die departement van transforma-sie en nakoming ’n projek begin om aan jonghoërskoolmeisies die geleentheid te bied omloopbane in die mynbedryf na te streef.Die span van die Sishen-myn het aan die

departement van volhoubare ontwikkelingopleiding ontvang. Rina Botha van die Sis-hen-mynhet voorgestel dat hulle op die JohnTaolo Gaetsewe-distrik en die //KharaHais-munisipaliteit fokus.Die idee agter die projek was om te verse-

ker dat myningenieurs, -tegnici en -spesia-liste opgelei sal word sodat hulle in die toe-komsposisies in diemynbedryf ten volle toe-gerus kan beklee.Die projek het ’n groot verskil in die myn-

bedryf, asook in die lewe van die jong leer-linge, gemaak. Hulle het goeie sekondêre op-leiding ontvang deurdat hulle in verskeietopskole in die Noord-Kaap geplaas is.Gr. 9- en gr. 10-leerlinge is aan wiskunde

en wetenskap as spesialisvakke blootgestel.Hulle moes ook psigometriese toetse onder-gaan. Altesaam 15 leerlinge was suksesvolin hul aansoeke om aan die spesiale oplei-ding deel te neem.Die leerlinge is in die Hoërskool Noord-

Kaap in Kimberley en die Hoërskool Uping-ton geplaas. Hulle is van skooluniforms,skryfbehoeftes, boeke, ’n skooltas en sakgeldvoorsien enhul reiskoste is ook deur die pro-jek ingesluit.Daar was ook ’n toesighouer-onderwyser

by elke skool betrokke.Die akademiese vordering van die leerlin-

ge word dopgehou en eindelik sal hulle omKumba-universiteitsbeurse kan aansoekdoen.“Daar is dinge in die lewe wat ’n mens

snags lekker laat slaap. Die projek is een vandaardie dinge.“Dit is ongelooflik om deel van so ’n formi-

dabele span te wees,” sê Faith Mazabane,een van die leerlinge.

Sishen slyp jonges

REGS: Leerlinge vandie Hoërskool Uping­ton is van links, voor:Shahiema Engel­brecht, Marika Coet­zee en Chante Sim­boya ; agter: CobusWiese en HeinrichJaar. Foto: Verskaf

LEERLINGE van die Hoërskool Noord­Kaap saam met die span van die Sishen­myn. Vanlinks is, voor: Dudeetsang Moholoeng, Nomathemba Dilodilo, Papadi Kwatwe en TsholofeloDipone; tweede ry: Boitshepo Seinolo, Maggie Moitse, Domonique Roux (Sishen­myn) enElsie Kgaje; derde ry: Angel Thetele, Alicia Cloete en Ezekiel Masilo (almal van die Sishen­myn); agter: Faith Mazabane (Sishen­myn), Reaobaka Mooketsi, Maetsego Tlhaganyane,Tlotlo Bogodile en Elsa van Wyk (Sishen­myn). Foto: Verskaf

Page 9: Kathu bulletin 20 junie 2013(geen ads)

16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013

Ilse Watson

DIE Kalahari Buiteklub het sy jaarliksespoggeleentheid gehou waarop topsport-presteerders vir hul sportprestasies vereeris.Die tema was Sofiatown en die 160 gaste

is deur die seremoniemeester, Natasha Ma-shoeu, en die groep Obsession Live ver-maak.Die gasspreker was Bruce Fordyce. Hy

hou die rekord vir die meeste oorwinningsin die Comrades-ultramarathon. Uit die ne-ge keer dat hy deelgeneem en gewen het, wasagt keer agtereenvolgens.Sportklubs van Kathu verskaf deurlo-

pend oor die jaar heen hul benoemingsvan hul onderskeie presteerders aan dieKalahari Buiteklub en dan het die groepbeoordelaars die moeilike taak om diewenners in die verskillende kategorieë tekies.Die volgende wenners is op die spogge-

leentheid aangekondig:Vir sy deurbraak in sport, Pieter Benja-

min Meyer van die Perderuiterklub.

Okker deKlerk vir langafstand-skiet is diesportman van die jaar en Boeta Wessels enRegardDreyer (rugby) is as die afrigters vandie jaar aangewys.Die eerste rugbyspan van die Kathu-sport-

klub het met die span van die jaar-eerbewysweggestap.Die lewenslange prestasie-eerbewys is

aan Pieter Pretorius vir karate oorhan-dig.Francina Rown (jukskei) is as die sport-

vrou van die jaar aangewys.Die sportgeleentheid van die jaar is aan

die internasionale uithourit van die Perde-ruitersklub toegeken.Johannes Hager (skiet) is as die junior

sportman van die jaar aangewys.Alwyn Lubbe (swem) is vir sy terugkeer

na sport beloon en hy het ook met die Spirit-eerbewys weggestap.Die sportster van die jaar-eerbewys is aan

Hendrik Boshoff (rolbal) oorhandig.Llewellyn Jenner (golf) is met die voorsit-

terseerbewys vereer.Die Perderuitersklub het met die klub van

die jaar-eerbewys weggestap.

Ilse Watson

DIE Sishen-rugbyklub het sy wedstrydteen Kimberley-Polisie met ’n eindtelling

van 39-12 gewen.In die o.15-sokkerliga het die span van

Sesheng United sy wedstryd teen MadridUnited met ’n telling van 5-4 gewen.

Klub vereer sypresteerders

VAN links is Hannes Cronjé (hoofbestuurder van die Sishen­myn), Hendrik Boshoff (sportstervan die jaar), Anita Meyer (klub van die jaar), Francina Rown (sportvrou van die jaar), GregJennings (Kalahari Buiteklubbestuurder) en Bruce Fordyce (gasspreker). Foto: Verskaf

Sishen maak skoonskip

Sportredaksie

REËL 10: Vuilspel

Definisie van vuilspel:Vuilspel is enigiets wat ’n speler op die

speelperk doenwat teen die letter en geesvan die reëls van die spel is. Dit sluit ob-struksie, onregverdige spel, herhaaldeoortredings, gevaarlike spel en wange-drag in wat tot nadeel van die spel strek.

Gevaarlike spel en wangedrag (ver-volg van verlede week):(g) Gevaarlike stormloop: ’n Speler magnie ’n teenstander wat die bal dra, storm-loop of platloop sonder om te probeer omso ’n speler vas te vat nie.(h) ’n Spelermagnie in ’n losskrumof los-gemaal instorm nie.Instorm sluit in enige kontak gemaaksonder gebruik van die arms, of sonderom ’n speler vas te vat.(i) ’n Springer in die lug doodvat: ’n Spe-

ler mag nie ’n teenstander wat in ’n lyn-staan of in algemene spel in die lug springomdie bal te vang se voete onder homuit-pluk of hom stamp of doodvat nie.(j) Deur ’n speler op te lig en daardie spe-ler dan te laat val of af te dryf grond toeterwyl daardie speler se voete nog vandiegrond af is, op so ’n wyse dat die spelerse kop en/of bolyf met die grond kontakmaak, is gevaarlike spel.(k) Gevaarlike spel in ’n skrum, los-skrum of losgemaal: Voorryspelers magmekaar nie storm in ’n skrum nie.) Spelers in die voorry mag nie hul teen-standers opsetlik van hul voete lig, of op-waarts uit die skrum druk nie.) Spelersmagnie in ’n losskrumof losge-maal instorm sonder om te bind aan ’nander speler in die losskrumof losgemaalnie.) Spelers mag nie opsetlik ’n skrum, los-skrum of losgemaal laat ineenstort nie.Dié reël word volgende keer verder be-

spreek.

Vuilspel op rugbyveldword só gedefinieer