koue bokkeveld opleidingsentrum se jeugprogram is baie meer indiepte, gefokus en deur-lopend as...

4
In ‘n tyd en konteks waar baie jong mense droog maak moet ons erkenning gee aan die jeug op ons plase. ‘n Derde van die plukkers wat ons opgelei het, is na 1991 gebore en 2% is in 1997 gebore. As sentrum is ons baie bewus van die potensiaal en die uitdagings wat die jong mense stel. Daar is verskeie projekte wat gewis resul- tate lewer o.a. die musiek insette, die kampe en die interns. Die 2016 Wamkelekile was ook die mees suksesvolle een dusvêr. Die gehalte van ons programme vir die jong teiken mark het baie verbeter. Ons kort egter beter inkoop van sommige plase. Sit jong mense op die agenda in die winter. Werk vir jou plaas ‘n strategie uit. Kry ons om jou te help. Hier is van die uitdagings wat ons erken. Daar is baie jong werkers met swak punte of wat nie skool voltooi het nie. Ons probeer Abet meer toeganklik kry vir hulle. Tans nog ‘n redelike frustrasie. Ons kyk na beter werk gereedheid insette vir beide die interns en skoolver- laters. Dit is skokkend hoe onrealisties en onvoorbereid die kinders is vir werk. Verder glo ons nog ons moet alles moontlik doen om die beeld van landbou te verbeter. Elsenburg se samewerk- ing met die huisvesting van ons jeug vir ‘n oriëntasie week is ‘n stap in die regte rigting. Dit sou baie help as meer plase moeite sou maak met vakansie-werk opsies. Daar is plase wat die goed doen en ‘n konsep is by ons beskikbaar (www.kbos.co.za). Die rol van die ouers kan nie misken word nie en daar maak manne- kampe, Fruitful Families en oueraande waardevolle by- draes. Die meeste van die kinders en jeug reageer baie goed op die orde en struktuur wat die projekte bied. Baie dankie vir die plase wat moeite maak met hulle kinders veral die goeie nasorg. Spesiale dankie aan Core Vrugte wat die huidige jeugprogram borg sowel as die verskeie staatsdeparte- mente wat ons ondersteun. HAAL ONS HOED AF VIR JONG WERKERS Herfs brief/ April 2016 Koue Bokkeveld Opleidingsentrum Lees binne: Jeug insette 2 Internskap studente 3 Plukkursus 3 Diensorganisasies 3 Leerlingskappe 4 Bestuurskursusse 4 Landboutoekennings 4

Upload: dinhthuan

Post on 27-Jun-2018

217 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

In ‘n tyd en konteks waar baie

jong mense droog maak moet ons

erkenning gee aan die jeug op ons

plase. ‘n Derde van die plukkers

wat ons opgelei het, is na 1991

gebore en 2% is in 1997 gebore.

As sentrum is ons baie bewus van

die potensiaal en die uitdagings

wat die jong mense stel. Daar is

verskeie projekte wat gewis resul-

tate lewer o.a. die musiek insette,

die kampe en die interns. Die 2016

Wamkelekile was ook die mees

suksesvolle een dusvêr. Die

gehalte van ons programme vir die

jong teiken mark het baie verbeter.

Ons kort egter beter inkoop van

sommige plase. Sit jong mense op

die agenda in die winter. Werk vir

jou plaas ‘n strategie uit. Kry ons

om jou te help.

Hier is van die uitdagings wat ons

erken. Daar is baie jong werkers

met swak punte of wat nie skool

voltooi het nie. Ons probeer Abet

meer toeganklik kry vir hulle. Tans

nog ‘n redelike frustrasie. Ons kyk

na beter werk gereedheid insette

vir beide die interns en skoolver-

laters. Dit is skokkend hoe

onrealisties en onvoorbereid die

kinders is vir werk. Verder glo ons

nog ons moet alles moontlik doen

om die beeld van landbou te

verbeter. Elsenburg se samewerk-

ing met die huisvesting van ons

jeug vir ‘n oriëntasie week is ‘n

stap in die regte rigting. Dit sou

baie help as meer plase moeite sou

maak met vakansie-werk opsies.

Daar is plase wat die goed doen en

‘n konsep is by ons beskikbaar

(www.kbos.co.za). Die rol van die

ouers kan nie misken word

nie en daar maak manne-

kampe, Fruitful Families en

oueraande waardevolle by-

draes.

Die meeste van die kinders

en jeug reageer baie goed op

die orde en struktuur wat die

projekte bied. Baie dankie

vir die plase wat moeite

maak met hulle kinders –

veral die goeie nasorg.

Spesiale dankie aan Core

Vrugte wat die huidige

jeugprogram borg sowel as

die verskeie staatsdeparte-

mente wat ons ondersteun.

HAAL ONS HOED AF VIR JONG WERKERS Herfs brief/

April 2016

Koue Bokkeveld Opleidingsentrum

Lees binne:

Jeug insette 2

Internskap studente 3

Plukkursus 3

Diensorganisasies 3

Leerlingskappe 4

Bestuurskursusse 4

Landboutoekennings 4

2016 se jeugprogram is baie

meer indiepte, gefokus en deur-

lopend as vorige jare. Die groot

byeenkomste word maandeliks

gehou in die Koue Bokkeveld,

Warm Bokkeveld en Wolseley.

Altesaam is daar 112 leerders

wat ingeskryf is vir hierdie pro-

gram. Een van die doelwitte is

om ‘n pad met hierdie leerders

te stap na die jaar verby is. Elke

maand is daar ook klein-

groepies waar die leerders op

hulle eie plase moet by mekaar

kom en ‘n opdrag voltooi wat

verband hou met die groot by-

eenkoms se onderwerp.

Ons fokus op onderwerpe soos

volg:

Kwesbare jeug

Omgewing bewaring

Anti-Bullying

Sport aktiwiteite

Alkohol en Dwelms

Verhoudings met vriende, familie

en intieme maats

Intieme geweld en mishandeling

Aan die einde van die jaar wag daar

ook ‘n verrasing vir leerders wat al

die sessies bygewoon het. Weereens

baie dankie aan Core Vrugte vir hulle

bydrae. Maak seker die res van julle

mis nie uit op Jeugdag nie!

Ubuntu kamp (jong werkerende

jeug 18-35 jaar oud) maar ook vir

alle ouderdomme

Ons het ook ‘n skoleprogram wat

ons die eerste week in Desember

aanbied vir plaaslike laerskole.

Gesamentlik met Bella Vista Hoër

en Skurweberg bied ons graad 9 en

12 aande. Ons het ook ’n matriek

projek waar ons kwartaalliks met

drie potensiële graad 12 leerders

van verskeie hoërskole ontmoet en

Ontwikkelingskampe is een van

die mees suksesvolste maniere

om ‘n positiewe impak op die

jeug te hê. Die sentrum hou

jaarliks kampe vir verskil-

lende ouderdomme:

Junior kamp (Gr.7’s)

Senior kamp (Gr.9-12)

Elsenburg kamp (Gr.11)

Ontwikkelingskamp vir seuns

(tot 21 jaar oud)

hulle rapporte monitor. Die jeug

kan ook hulle talent verder ont-

wikkel deur deel te neem aan die

talentkompetisie en selfs ook vir

die ATKV rieldans kompetisie

inskryf. Pace program is die ou

voorligting toetse. Dit is duidelik

dat ons geen verskoning het om

nie seker te maak dat die jeug die

ondersteuning kry wat hulle nodig

het nie. Raak betrokke; sien die

verskil!

Bladsy 2

Jeug ontwikkelingskampe en ander projekte

Koue Bokkeveld Opleidingsentrum

J e u g p r o g r a m

Ons musiekprojek gaan

vanjaar sy negende

bestaansjaar vier. Ons

spog met ‘n som van 188

leerders wat deelneem

aan die projek, 13 blok-

fluit groepe en drie kitaar

groepe. Waarvan twee

nuwe groepe van Laer-

skool Koue Bokkeveld en

Skurweberg is. Dit was

ook vir ons ‘n groot

voorreg om 13 van ons

kitaar leerders van Boy

Muller te beloon deur hulle

te neem vir opleiding deur

Hein Jack by W.Heuer in

Stellenbosch. Die leerders

het ook Dalene Matthee se

die gewilde roman, Fiela se

Kind, geniet by die Woord-

fees (Sien ons webtuiste vir

meer besoderhede).

Musiekprojek

“We cannot

always build

the future for

our youth, but

we can build

our youth for

the future”

-Franklin D.

Rooseveldt-

Met al die negatiwiteit rondom stu-

dente en stakings was dit vir Lona

Odendaal ongelooflik om te hoor

hoe die interns hulle lewensdoel en

drome formuleer tydens Module 1

van Bright Star Life Skills wat deel

vorm van die mentor program vir

internskap studente.

Die aanhalings kom uit die engelse

groep - 7 Xhosa manne, tans besig

met internskap op 5 verkillende

plase.

1 Landbou "Graduate Placement"

CPUT; 4 ND Agriculture Interns,

CPUT; 1 HR intern, Westcoast

College en 1 Werkswinkel Artisan,

Northlink College.

“My life purpose is to change other

people's life through agriculture. If

I can get a sponsor or funding to

open vegetable projects in rural

communities where people have

unused agri potential soils. They

do have rich soils but they are not

using it.”

“I feel my purpose in life is to im-

prove the lives of people in rural

communities by giving them the

opportunity to produce food for

themselves. I feel I owe it to my-

self to at least teach them that they

can do more for themselves rather

than waiting for the government.”

“I wish to, after 5-10 years work

experience to go back to the Eastern

Cape and apply my agricultural

knowledge and experience to help

others. This is my purpose in life, I

feel I will live a doubtful life if I

don't do this.”

“I hope to own my own workshop

one day, so that I can create jobs for

other young people.”

“My purpose is to serve the commu-

nity that raised me, by helping them

make better decisions that will help

them grow in the agriculture indus-

try. To show them what pieces must

come together to make a whole, a

successful agriculturalist.”

Die sentrum se jeug ontwik-

keling programme is nie moont-

lik sonder die verhoudings, wat

ons met ander diens organisasies

bou nie. Die samewerking en

d e e l n a m e v a n h i e r d i e

oranisasies is ‘n uitsondering.

Ons wil net weereens hartlik ons

dank betuig aan elkeen van hulle

Dankie ook aan Patmos vir hulle

bydrae.

Herfs brief/April 2016

Ons vat hande vir effektiewe jeug ontwikkeling

Internskap studente reik na die sterre

Die jonger generasie plukkers

Bladsy 3

“Education

is the most

powerful

weapon

which you

can use to

change the

world”

-Nelson

Mandela-

verstaan die belangrik-

heid van kwaliteit en is

meer gefokus op hulle

werk. Sterk en jong

leiers speel ‘n kardinale

rol in ander jong mense

se lewens. Daarom is dit

nodig om in hierdie

persone se ontwikkeling

te belê deur goeie, ef-

fektiewe en toepaslike

opleiding.

2016 se plukkursus was

weereens van ‘n hoë ge-

halte met ‘n toenemende

aantal nuwe plukkers op

sommige plase. Die

plukkers is meestal jonk

en nog vol energie. Ons

het hierdie seisoen 28

groepe (977 mense) op-

gelei en 387 individue

geassesseer. Die jonger

generasie leer vinniger,

Departement van Landbou het die

naam van Plaaswerker van die Jaar

verander na 2016 Wes-Kaapse

Prestige Landboutoekennings.

Kategorieë vir inskrywings is soos

volg:

Algemene werker

Trekkerdrywer

Administratiewe personeel

Tegniese Operateur

Besproeiingspesialis

Sosiale Ontwikkeling

Voorman/Spanleier/Toesighouer

Junior bestuur

‘n Wenner in ‘n spesifieke katego-

rie mag nie weer die volgende jaar

in dieselfde kategorie deelneem

nie, maar wel in ‘n hoër kategorie

Highlights:

13 April: Gr. 12 aand (KBV)

24 April: Witzenberg gemende

koor– Stellenbosch Endler

30 April: Agriseta WSP’s sluit

1 Mei: ATKV Suidoosterfees

11 Mei: Gr. 9 aand (KBV)

19 Mei: Bestuursdag

24 Mei: Situasie Leierskap

28 Mei: Nuweland

4 Junie: Kultuurdag

16 Junie: Jeugdag

23 Junie: Afrikaanse leiersdag

23 Julie: Vroue uitstappie

28 Julie: Landboutoekennings

29 Julie: Agri got Talent

(indien van toepassing). ’n Streek-

wenner mag na een jaar deelneem.

Inskrywingsfooi is R 120 p/p. Vir

enige navrae kontak Edna;

[email protected] vir die handleid-

ing gaan besoek ons webtuiste.

Belangrike datums:

Inskrywingsvorms: vanaf 30 Maart

Inskywings sluit: 6 Mei

Onderhoud datums: 6-9 Junie,

KBV en Ceres

Streek prysuitdeling:

28 Julie, Kaleo

Provinsiale beoordeling:

12 Oktober, Kromme Rhee

Provinsiale prysuitdeling:

5 November, T.B.C

Wes-Kaapse Prestige Landboutoekennings

WIE DOEN WAT?

Daar is nog soms verwarring rondom kur-

sus navrae. Alhoewel Zelda help met

kursus bemarking, is Carmen en Yolanda

gewoonlik beter ingelig oor inskrywings,

datums, kursus-vereistes ens. omdat hulle

elke dag daarmee werk.

Die kantoor het ook verskuif. Zelda han-

teer nou ontvangs en antwoord op uit-

breiding 1 en Carmen antwoord op uit-

breiding 6. Ons gaan ook stelselmatig

voort om Joy se rol kleiner te maak. Die

proses is op koers en vorder goed.

Plaas besoeke Zelda se plaasbesoek is

ingebring as ‘n ekstra

bemarkingspoging. Dit

vervang nie Joy en Landi

se besoeke nie. Gebruik

ons! Die resultate is bes-

lis die beste as die plaas

besluit watter hulp beno-

dig word en die afspraak

met ons maak. Weereens

is daar plase wat ons maksi-

maal benut en plase wat ons

skynbaar nie benodig nie.

Ons sal wel, as ‘n vangnet

en om goeie diens te verse-

ker, begin om van ons kant

af besoeke na die oes te reël.

Leerlingskappe Ons het ‘n rekord getal leerling-

skap allokasie hierdie jaar ont-

vang, asook ‘n versoek om weer

op Stellenbosch te help. Daar is

dus ‘n nuwe Afrikaanse NQF 1 in

die KBV noord en ‘n nuwe Xhosa

groep in Witzenberg Vallei.

Die groepe is basies reeds vol,

maar plase wat dalk nie op die

uitnodiging gereageer het nie, en

nou spyt is, kan Jacob kontak.

Moeilike kursusse vir bestuur Ons het vir 2016 meer gevorderde kursusse as ooit tevore. Met

Situasie Leierskap en Steen-en Kernvrug Gewasbeskerming, sowel

as KID en die Bestuur van Monitors, is daar ongelooflike geleen-

thede vir bestuur om kennis plaaslik te bekom. Al hierdie kursusse is

beide intellektueel uitdagend en prakties relevant. Dalk moet ons oor

die opleiding van plaasbestuur dink soos die professionele beroepe

dink oor hulle groei. Om geregistreerd te bly vir hulle beroep moet

hulle jaarliks CPD punte verwerf en dit forseer hulle om ‘n benader-

ing van “LIFE LONG LEARNING” toe te pas. Die 2016 bestuursdag

fokus op die strategiese denkers in die ondernemings. Benut dus asb.

bg. kursusse vir die groei van die produksie manne