lynnwoorde 1 - herfs 2011

7
Die kwaliteit grond waarin ’n plant groei bepaal sy gesond- heid en vitaliteit. In my tuin is ’n pragtige nuwe soort inheemse laventel wat in Kirstenbosch ge- kweek is - die “Mona Lavender”. As die grond droog en sonder voeding is gaan lê die arme plantjie sommer. Met net ’n bietjie water staan dit op en blom. NG Lynnwood leef in ’n gemeenskap waarin mense moet wortelskiet en groei. Ons roeping is om ’n besproeiingspunt te wees wat die gemeenskap kan laat floreer. Die tweede kwartaalfokus van ons gemeente is juis om ’n verskil te maak in die gemeenskap. In hierdie eerste uitgawe van Lynnwoorde kry jy verhale oor en kanale van die Lewende Water wat vloei na elke plek waar ons kom. Floreer in Lynnwood Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood - Herfs 2011 www.nglynnwood.co.za Immanuel van Tonder Herfs 2011 LYNNWOORDE 1 Jou rol in die Gemeenskap - p 3 Lynnwood Bridge Ontwikkeling - p 6 Pinksterfeesprogram - p 10 LEES BINNE:

Upload: ng-lynnwood-gemeente

Post on 16-Mar-2016

257 views

Category:

Documents


31 download

DESCRIPTION

Lynnwoorde 1 - Herfs 2011

TRANSCRIPT

Page 1: Lynnwoorde 1 - Herfs 2011

Die kwaliteit grond waarin ’n plant groei bepaal sy gesond-heid en vitaliteit. In my tuin is ’n pragtige nuwe soort inheemse laventel wat in Kirstenbosch ge-kweek is - die “Mona Lavender”. As die grond droog en sonder voeding is gaan lê die arme plantjie sommer. Met net ’n bietjie water staan dit op en blom. NG Lynnwood leef in ’n gemeenskap waarin mense moet wortelskiet en groei. Ons roeping is om ’n besproeiingspunt te wees wat die gemeenskap kan laat floreer. Die tweede kwartaalfokus van ons gemeente is juis om ’n verskil te maak in die gemeenskap. In hierdie eerste uitgawe van Lynnwoorde kry jy verhale oor en kanale van die Lewende Water wat vloei na elke plek waar ons kom.

Floreer in Lynnwood

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood - Herfs 2011

www.nglynnwood.co.za

Immanuel van Tonder

Herfs 2011 LYNNWOORDE 1

Jou rol in die Gemeenskap - p 3Lynnwood Bridge Ontwikkeling - p 6Pinksterfeesprogram - p 10LEES BINNE:

Page 2: Lynnwoorde 1 - Herfs 2011

Wanneer gemeenskaps-betrokkenheid ter sprake kom kan mense in dié gemeenskap oor die

algemeen in een van drie groepe ingedeel word:

1 Dié wat verkies om glad nie betrokke te raak nie, 2 die wat verkies om slegs betrokke te wees in hulle “binnekring” van die gesin, familie, vriende en kinders se maats, en 3 dié wat onvoorwaardelik betrokke is omdat hulle regtig omgee. Dit is veral laasgenoemde groep wat ’n verskil maak in die gemeenskap. Voorts is daar twee vorme van betrokkenheid: 1 dié wat om verskeie redes slegs betrokke kán of wíl wees deur middel van finansiële en “in natura” bydraes, en 2 diegene wat “hands-on” betrokke is. Beide vorme van betrokkenheid is noodsaaklik en positief, want beide maak ’n verskil. In Lynnwood was daar oor die jare heen talle individue wat onverpoosd en op verskeie maniere by-gedra het om ’n positiewe verskil in die gemeenskap te maak. As onderwerpe soos voedselnood, HIV-verwante probleme, kinderverwaarlosing of ander maatskaplike probleme ter sprake kom is die reaksie dikwels dat “die Kerk iets daaraan moet doen”, want

hulle wil nie betrokke raak nie. Dit lei daartoe dat hierdie probleme nie aangespreek word nie. Kan enigeen hom- of haarself ’n Christen noem en weet van kinders wat blootgestel word, maar steeds te kenne gee dat hulle nie betrokke wil raak nie? Kan een mens werklik ’n verskil maak? Wat kan ek doen? is die vrae wat ek dikwels teëkom. Die antwoord is ’n duidelike “ja!” Bou positiewe verhoudings met jou bure en ondersteun mekaar soos en wanneer nodig. Leer ken jou kinders se vriende. As jy weet dat dit nie goed gaan in ’n gesin nie, bring dit onder die maatskaplike werker se aandag. Kinders word dikwels vir jare lank blootgestel aan verskillende vorme van mishandeling omdat dié wat dit weet nie betrokke wil raak nie! Reik uit na ander mense – talle mense in die gemeenskap se lewens word gekenmerk deur een-saamheid omdat “ons nie betrokke wil raak nie”. Máák jou beskeie bydrae – of dit een blikkie kos of tien rand is. As eenduisend mense dit wel doen, maak dit vir diegene wat selfs dít nie het nie, ’n groot verskil. To smile at someone who is sad; to visit, even for a little while, someone who is lonely; to give some-one shelter from the rain with our umbrella; to read something for someone who is blind; these and other can be small things, very small things, but they are ap-propriate to give our love of God concrete expression. We ourselves feel that what we are doing is just a drop in the ocean. But the ocean would be less because of that missing drop. (Moeder Theresa)

Redaksie Koördineerder Mynhardt van Pletsen

Kerkantoor 012 348 1245Riaan Steyn Leonie du BruynBets Ferreira

Gereelde medewerkersImmanuel van Tonder Pieter Oostuisen Peet Crous Lindy Jordaan Valize Scholtz Erika Theron

Ontwerp Fearika Heyns

Advertensie tariewe Volblad R1000 Halfblad R500 Kwartblad R250 Klein R100

Stephen Covey skryf in die voorwoord van ’n boek deur Alex Pattakos dat hy tydens ’n rustydperk in Hawaii, op die volgende anonieme aanhaling af-gekom het:

Between stimulus and response, there is a space.In that space lies our freedom and our power to choose our response.In our response lies our growth and our happiness. ’n Mens moet hierdie woorde ’n paar keer lees en bedink sodat die betekenis daarvan kan insink. Ons vryheid om te kies hoe ons reageer en die impak daarvan op ons lewens beteken ons is die produk

van ons besluite en keuses en nié van ons omstan-dighede nie. Ons het dus die vryheid om te kies wat ons reaksie op ons omstandighede is en soms ook die ver-moë om ons omstandighede te help vorm. Wat ’n verantwoordelikheid! Ons is verantwoorde-lik vir die rigting wat ons lewens inslaan, ook deur te besluit om dié geleentheid, dié vryheid, dié gaping tussen wat met ons gebeur en ons reaksie, te ignoreer! Ons keuses bepaal ons groei, ons geluk en die sin van ons menswees. Lees gerus verder op die webblad oor ’n paar sleutelbeginsels wat Alex Pattakos ontwikkel het, na aanleiding van Victor Frankl se werk. Beginsels wat mens help om moeilike en uitdagende situasies te hanteer. Ons bid julle die vrede van ons Here toe.

Die vryheid om te kiesDie redaksie onderskryf nie noodwendig die mening van medewerkers nie en het die reg om berigte en briewe te verkort en redak-sioneel te versorg.

Jou rol in die gemeenskap Petro Barnard

Pieter Oosthuizen

Baie welkom by ons spiksplinternuwe gemeente-blad! Hierdie kleurvolle uitgawe behoort vir u baie ure van leesgenot te verskaf! U kan o.a. lees oor NG Lynnwood se be-trokkenheid in die gemeenskap, enkele gedagtes om kop te hou te midde van ‘n gejaagde lewe, asook inligting oor die gemeen-te se 50-jarige feesvieringe en ‘n inspirerende getuienis oor die lewe van ‘n gemeentelid. Baie dankie aan die kommunikasiespan o.l.v. van Mynhardt van Pletsen wat die kommunikasie-strategie van die gemeente met groot entoe-siasme herbedink het! Lynn-woorde gaan voortaan die be-gin van elke kwartaal verskyn.Kommentaar en bydraes word deurentyd verwelkom! Stuur dit gerus per epos aan [email protected]. Die finansiële jaar van die gemeente is ook pas af-gesluit. Namens die Finansiële Bediening wil ons graag elke lidmaat wat op een of ander wyse bygedra het hartlik be-dank! U bydrae het meegehelp om die bediening in Lynnwood-gemeente met groot vrug te laat realiseer. Ten spyte van moei-like finansiële omstandighede is ons baie dankbaar om te kan berig dat die gemeente jaarliks ‘n groei in inkomste toon. Mag u en u geliefdes in die komende Paastyd groot seën ervaar en mag die ge-beure van Jesus se kruisiging en opstanding opnuut vir u besondere betekenis inhou!

Riaan Steyn

Redaksioneel

2 LYNNWOORDE Herfs 2011 Herfs 2011 LYNNWOORDE 3

www.nglynnwood.co.za

InhoudFloreer in Lynnwood 1Immanuel van Tonder

Jou rol in die gemeenskap 3Petro Barnard

Die vryheid om te kies 3Pieter Oosthuizen

In die helder Maanskyn 4Annette Burger

Christoff Joubert se erfporsie 4Immanuel van Tonder

’n Les oor God 5Valize Scholtz

Purehope serves the community 5Maxi van der Merwe

Mabopane uitreik in beeld 5

Wie is Lynnwood regtig? 6Pieter Oosthuizen

Dit gebeur onder ons neuse! 6Mynhardt van Pletsen

Hoe om kop te hou te midde van ’n gejaagde lewe 8Deon van Heerden

Gebed deur die vertalings 8Johann Voges

Oor Paasfees – Om te sterf 10Peet Crous

Pinksterfeesprogram 10

Lynnwood herdenk 11Johann Voges

’n Woord op sy tyd 12Erika Theron

Om nuusbriewe en artikels deur die leraarspan te lees, gaan na www.nglynnwood.co.za. Daar sal jy nie net kan lees nie, maar ook kan kom-mentaar lewer en saamgesels met die leraars, bedieningspan en ander gemeentelede. Sien jou daar!

Page 3: Lynnwoorde 1 - Herfs 2011

Films het soms ’n toneel waar iemand se testament voorgelees word en die familie met afwagting sit en luister na wat hulle gaan erf. Christoff Joubert se lewe het so ’n nalatenskap vir elkeen wat hom geken het en hier lees! Christoff is op 7 April 1961 gebore as seun van Yvonne en Zach Joubert. Op 9-jarige ouderdom word hy gediagnoseer met Friedrichs Ataxie, wat sy breinfunksies aantas sodat sy koördinasie en spierbewegings belemmer word. Hy kon later nie meer praat of skryf nie. Sy intelligensie was glad nie aangetas nie, om die waarheid te sê, hy het ’n bogemiddelde intellek gehad! Hierdie situasie het sy lewe ingrypend verander maar ook gewys dat hy ’n “wonder-kind” is. Regdeur sy lewe het twee eienskappe sy hantering getipeer: deursettingsvermoë en ’n positiewe ingesteldheid! ’n Skoolvriend, Piet van der Merwe, skryf oor hom: “Hy was regtig ’n inspirasie en ’n voor-beeld van positiewe denke. Ek het hom nooit in ’n slegte bui gesien nie!” Die foto hieronder het ek geneem toe Christoff in intensief gelê het. Hy het so spon-taan gelag dat ek nie eers “smile” hoef te gesê het nie. Op Laerskool moes hy met ’n tikmasjien eksamen skryf, toe met ’n stokkie in sy mond en later met ’n “koparm”. Met baie geduld en toewy-ding het hy matriek by Hoërskool Menlopark geslaag met 3 onderskeidings! Daarna het hy ’n BSc-graad in Reke-naarwetenskap en Wiskunde en later ’n Hon-neursgraad aan die Universiteit van Pretoria behaal. Van die gelukkigste tye in sy lewe was toe hy ’n kontrak gekry het om ’n program te skryf vir die bouwerk aan die Pretoria Akade-miese hospitaal. Hierdie werk het hy met groot vreugde en toewyding gedoen. Regdeur sy lewe was daar soveel mense wat hom met liefde en toewyding bygestaan het, maar dit was die liefde en toewyding van sy ouers wat hom deurgedra het! Christoff se geloof was sy diepste bron van vrede. Dr van der Stoep het oor Christoff gesê: “As meer mense met Christoff kontak gehad het, sou almal baie ryker mense gewees het.”

Uit die gemeente...Valize ScholtzAnnette Burger

Christoff Joubert se erfporsieImmanuel van Tonder Maxie van der Merwe

In die helder maanskyn Die jaarlikse Gemeentevroue verwelkomingsaand het op 23 Februarie vrolik afgeskop met Nerine, die gemeentevroue se leidster, wat almal welkom geheet het in die mooi versierde wit en silwer saal. Pieter Oosthuizen het die verrigtinge geopen en metafo-ries, na aanleiding van ons tema “in die helder maanskyn”, daarop gewys hoedat ons ook die lig van God moet weerkaats soos die maan die son se lig weerkaats. Nerine het voorts ons nuwe maatskaplike werker, Bianca du Toit, welkom geheet in die gemeente. Ons moet vanjaar weer die Here se liefde met nuwe ywer reflekteer deur die uitreikaksies, o.a. die brei van komberse; Thabita se naaldwerkklasse vir die huishoudsters; sop en brood in die winter vir minderbevoorregtes; die vervoer van seniors na die inkoopsen-trum; die maak van sweetpakke vir kinders; asook die hulpaksies vir die Jakaranda-kinderhuis. Die huiswerk-hulp het goeie vrugte afgewerp, aangesien al die kinders in Huis 6 waarvoor ons verantwoordelik is, verlede jaar hulle graad geslaag het. Die teeskink op Sondae na die erediens gee geleentheid vir gemeentelede om mekaar beter te leer ken. Die hoogtepunt van die aand was die optrede van die Mu-sica Vivendi sanggroep onder leiding van Marina Mentz. Die groep bestaan reeds 33 jaar. Hulle het ’n pragtige en vrolike uitvoering aangebied wat die gehoor ooglopend baie geniet het! Yvonne Lombard het namens die gehoor almal bedank wat opgetree het. Nerine het die dames wat die saal so pragtig ver-

sier het, bedank, asook die voor-sieners van die verversings en die motorwagte. Hierna het almal gesellig verkeer, die verversings geniet en heerlik gekuier!

’n Les oor God Sondagaand 30 Januarie was weer ’n stampvol erediens by NG Lynnwood. Die geleentheid? Belydenisaf-legging. Ek het nogal ’n love-hate relationship met be-lydenisaflegging. Ek onthou nog die dae toe dit “aanne-ming” genoem was. So asof ons almal weggooikinders is en eers welkom is in die kerk wanneer ons “belydenis van geloof” afgelê het. Dankie tog daardie dae is verby! Onge-lukkig word vrae oor die relevansie van belydenisaflegging nog steeds elke jaar gevra. 2011 se eerste Belydenisaflegging was ’n liefdes-verhaal. Dis moeilik om te beskryf presies hoekom, maar ek het dié aand by die kerk uitgestap met die wete dat ek God se teenwoordigheid in die diens gevoel het en dat dit waarmee ons besig is in die kerk, sin maak. Miskien is dit omdat ek die voorreg gehad het om baie van die jongmense wat belydenis afgelê het en hulle harte te kon leer ken. Miskien is dit die manier waarop die predikante-span ons weer herinner het aan die wonder van die sakramente van doop en nagmaal. Of miskien is dit die gevoel van gemeenskap wat ek ervaar het, toe ons as gemeente vir hierdie jongmense kon bid. Of miskien gaan dit oor wat elkeen van ons uit ’n belydenisaflegging kan leer. Dit wat ons leer of weer opnuut besef is daardie konstante liefdes-element wat my telkens opgewonde oor belydenisaflegging maak. Mens dink belydenis sê iets oor ons, of ten minste iets oor die nuwe belydende lidmate, maar in werklikheid sê belydenis baie meer vir ons van wie God is. Elke jaar wanneer jongmense belydenisa-flegging doen, herinner dit ons dat hulle as babas gedoop is uit God se genade. Elke keer as ons daagliks ons geloof bely deur na ander mense uit te reik is ons eintlik besig om vir die wêreld te sê dat God liefde is.

Herfs 2011 LYNNWOORDE 54 LYNNWOORDE Herfs 2011

Mabopane uitreik in beeld

Purehope serves our community!

Purehope seeks to be a catalyst of hope in a bro-ken and hurting world. Driving down the streets of our city, even of our country, we find brokenness, desperation, need and poverty all around us. We see it in the hopeless faces of people all around us. It seems that things will never change. But it can change, when people come fully alive, when they love, when they live with hope. Through purehope we seek to create spaces for hope to be found, in our own lives, in those around us and in our world. Through our year program we want to help people discover new hope for the kind of life Jesus talks about in the Bible. We want to help every purehoper to discover the hope giving gift they each have to bring to the world through a journey of self discovery and of serving those in need. It really is about learning how to be a person that allows Jesus to come fully alive inside our own heart and really teach us what it means to love one another. The purehope team goes out every week and loves through serving. We love the orphaned children in Mabopane with simple acts as older brothers and sisters, helping with homework, painting, playing and even just serving lunch. We love the inmates in the youth prison at Enthomjeni by being their friends, and helping them dis-cover the dreams God has placed inside of them. We love Danville by having art classes that inspire to tell stories. We love the poor by building temporary homes (in the form of shacks). We love God by loving his people.

Twee pleegsorghusies is gebou Kleuterskool ontvang twee etes per dag

Ingang na Yabana - ’n ontwikkeling vir kwesbare kinders

Onderwyseresse ontvang opleiding

Page 4: Lynnwoorde 1 - Herfs 2011

Dinge gebeur onder ons neuse!Mynhardt van Pletsen

Ek praat van die nuwe Lynnwood Bridge ontwikkeling, wat baie van ons nou al ’n paar keer moes laat jammer sê oor ons gedagtes, taal en gebare as gevolg van hope verkeer, bourom-mel en ander ontwrigting. Hulle sê mens is bang vir die onbekende. So, in die gees van om bewus te wees van wat in ons gemeenskap aan die gang is, wil ek jou uitnooi om meer uit te vind van die opwindende nuwe ontwikkeling, en saam met ons te dink aan al die wonderlike nuwe geleenthede vir die koninkryk, te midde van al die ontwrigting en onbekende veranderinge! Die nuwe Lynnwood Bridge sentrum bestaan uit ’n diverse versameling restaurante, winkels, kantoorkomplekse en selfs ’n state-of-the-art-teater. Massiewe parkeerareas, padverleggings en loopvlakke maak voorsiening vir die ekstra verkeer. Nuwe werks-geleenthede word geskep, en ’n magdom kommersiële potensiaal word ontluik. Lynnwood is besig om ’n gedaanteverwisseling te onder-gaan, en ons mag dit nie mis nie! Jesus het so dikwels in openbare plekke, markpleine en watergate die moedeloses opgespoor en raak-gesels. Kom ons volg Sy voorbeeld deur op hoogte te wees van wat in ons gemeenskap aangaan, en die geleenthede wat op ons voorstoep ontstaan aan te gryp – al soekend na meer van Hom, en na nuwe geleenthede waar ons Hom met ander kan deel! Vir meer inligting oor die ontwikkeling, sien die amptelike persverklaring op ons webblad by www.nglynnwood.co.za.

Wie is LynnWood regtig?’n Perspektief op ons gemeenskap en hoe dit verander het

Pieter Oosthuizen

Lynnwood-gemeente is kerk van die Here Jesus Christus in ons gemeenskap in die ooste van Pre-toria. Ons gemeenskapslewe word intens geraak deur verandering en dit stel ons gemeente voor groot uitdagings. Van die vernaamste redes hiervoor is:

w Al meer besighede vestig hier en nóg ontwikkelings vind plaas; w Sekuriteitskomplekse, woon-stelle, kommunes en erf-onderver-delings word meer;w Ons word ’n meer kosmopoli-tiese samelewing met minder Afrikaanssprekendes;w Al meer vrouens is in voltydse beroepe buite die huis; w Ons werk in Johannesburg of selfs verder; w Mense se werkomgewing het ’n nuwe gemeenskap geword en mense leef tussen die werk en huis;w Ons het meer ouer inwoners maar ook ’n toename in skool-getalle; die impak van skoolbe-drywighede op die lewens van kinders is enorm; kinders word al meer deur ouers vervoer.

Wat is die kerk? Praat mens oor die kerk se verantwoordelikheid, moet ons mekaar eers herinner aan wat die kerk is: Die Griekse woord “ekklesia” beteken om “uitgeroep te wees uit die wêreld”, mense

opsygesit en wat behoort aan die Here. Ons is mense met ’n taak en ’n roeping in die wêreld, die gemeenskappe waarin ons woon en werk. Die Here Jesus het nooit die naam “kerk” gebruik nie, maar dit op ’n verskeidenheid maniere beskryf deur metafore soos lig, sout, familie, gesin, vreemdelinge, bywoners, gestuurdes, ’n gemeen-skap, ens. Elke metafoor gee ’n ander betekenis aan kerkwees en wat ons verantwoordelikheid is. Kort-om: ons moet ’n seën wees en die Here se hande en voete in die gemeenskap wees. Die Duitse teoloog Jürgen Moltmann het gevra: hoe sal dit wees as Christelike gemeen-skappe en gemeentes hulself nie langer beskou as ’n gemeenskap van gelowiges of gemeente van heiliges nie, maar as ’n gemeen-skap van vriende? Hulle sou ander mense dalk makliker laat tuisvoel en deur hul eksklusiwiteit kon breek… selfs gereed wees vir vriendskap met die vriendeloses!’n Paar jaar gelede was daar op Time se buiteblad ’n foto van ’n T-hemp met die woorde: “Jesus yes, the church no!” op die buiteblad. Toe die draer van die T-hemp gevra is wat dit beteken, was sy antwoord: “It (the church) tends to contain and limit my quest for wholeness, rather than liberating me from myself and freeing me to be a better person” As ons regtig kerk in die gemeenskap wil wees, lê daar ’n groot uitdaging vir ons voor!

6 LYNNWOORDE Herfs 2011

Page 5: Lynnwoorde 1 - Herfs 2011

Engela besoek haar oom en tante se plaas in die Karoo. Sy is skaars 18, en sy vermoed dat sy al vroeër op die plaas was. Vir haar is dit ’n ontdekkingsreis om haarself te vind - uit te vind wie sy werklik is, en waar sy vandaan kom. Op die plaas ontmoet sy ’n man met die naam Toemaar. Toe-maar en sy donkie het toevallig dieselfde tyd op die plaas aangekom. Of is dit toeval?

Soos die blyspel ontwikkel leer ons meer van Engela, die ek-sentrieke Oom Frans, sy vrou Tante Koba, die geheimsinnige Hanna, en die intriges wat op die plaas afgespeel het. Oom Frans het ’n obsessie met die drie van Mannetjies Roux. Tante Koba wil weet of hy werklik in Bloemfontein was toe die drie gedruk is. Hanna hou haarself uit die pad, en Toemaar en sy donkie het besluit om ’n klipmuur om die huis te bou. Voor die drama verby is, sal meeste van die karakters ’n begraf-nis bywoon.

’n Atterbury produksie

D I E M U S I E K S P E L S T U U R G R O E T E A A N M A N N E T J I E S R O U X T H E M U S I C A L

alle ander mense se sake te reёl. Hou my gees vry van die relaas van nimmereindigende beson-derhede. Gee my die vleuels om die kern van die saak te kan stel. Ek vra genade om na die verhale van ander mense se kwinte en kwale te luister, maar sluit as-seblief my lippe as ek oor my eie kwellings wil uitwei. Hou my redelik goedgeaard, Here, want ’n iesegrimmige oumens is een van die duiwel se pronkstukke. Bewaar my van skynheiligheid en heilig my lewe. Maak my bedagsaam, maar nie buierig nie; hulpvaardig maar nie baasspelerig nie. As ek dink aan die skat van wysheid waaroor ek beskik, lyk dit vir my jammer dat ek dit nie alles kan gebruik nie, Here. Leer my die groot les dat dit tog af en toe moontlik is dat ek my kon vergis het. Want U weet, o Here, dat ek aan die einde van my lewe tog ’n paar vriende wil oorhê.” Elke Aramese gebed sluit af met die woord “ameyn” wat in Afrikaans sê: “Here, dis my werk-likheid, help my daarmee!” Dis seker hoekom hierdie gebed nie net een vir die oudag kan wees nie, of wat praat ek alles...

Die oudste vertaling wat ons van die Onse Vader-gebed het, is in koine of gewone Grieks - die wêreldtaal in Jesus se tyd. Dit is jare later in Aramees vertaal in ’n poging om die oorspronklike begrip daarvan weer te gee.Vanuit die Grieks vertaal klink ’n strofe (Matteus 6:12) van die Onse Vader soos volg in Afrikaans:“Vergeef ons ons oortredinge, soos ons ook dié vergeef wat teenoor ons oortree” (Nuwe Afri-kaanse Vertaling). Die Boodskap gee dit so weer: “Vergeef ons waar ons nie doen wat U van ons vra nie, net soos ons ander mense vergeef wat nie reg teenoor ons optree nie.” Die Aramese vertaling, in Afrikaans weergegee, klink soos volg: “Here, gee my die genade om myself en die mense om my te waardeer en respekteer vir die by-drae of verskil wat elkeen probeer maak in plaas van om myself of hulle te verwyt of af te kraak vir die foute wat in die proses gemaak is.”Dis hierdie sinnetjie wat my laat dink het aan die gebed wat ie-mand geskryf het oor die oudag: “Here, U weet beter as ek dat ek oud word en dat ek eendag oud sal wees. Help dat ek nie praatsiek word nie, en behoed my veral van die noodlottige gewoonte om iets te sê te hê oor elke onder-werp en by elke geleentheid. Verlos my van die behoefte om

Gebed deur die vertalingsJohann Voges

Hoe om kop te hou te midde van ’n gejaagde lewe Dr Deon van Heerden Ons leef in interessante tye. Die omgewing verander, geboue en paaie verander elke dag. Fami-lies raak groter en families krimp. Kinders gaan skool toe en mense tree af. Vandag se lewe sien heel-wat anders daar uit as dié van 30 jaar gelede. Algemene gesondheid het verbeter en die gemiddelde lewensverwagting is aansienlik hoër. Ons probeer almal beter leef, beter eet en gesonder lewe. Ongeluk-kig het spanning en stres ook baie toegeneem. Almal jaag van punt A tot punt B - of dit nou is om die kinders by die skool te gaan haal of om ’n belangrike projek te voltooi. Ons raak vasgevang in die rat race en ons liggame en gesondheid ly daar-onder. Jy bevind jou konstant in ’n veg-of-vlug situasie. Jy voel deesdae maklik soos ’n nommer. Wanneer laas het jy vir jou buurman gevra: “Hoe gaan dit ou maat?” Wanneer laas het jy om hulp gevra as jy in die knyp is of jou gemoed af is? Hierdie stresgevulde lewe gee oorsprong aan pasiënte se gemoedere wat val. Mense gebruik in sulke gevalle die woord ‘depressie’ baie los. Persoonlik sal ek dit eerder lewensomstandighede noem: Huwelike wat vou, mense wat hulle werk verloor, dalk iemand wat aan die dood afgestaan is... Die belangrikste is om nie op moedverloor se vlakte te sit nie, maar op te staan. Al staan jy stil, die lewe gaan voort. Kry vroegtydig hulp. Fokus op familietyd. Hand-haaf ’n gesonde balans tussen die werk en die huis. Eet gesond en kry genoeg rus. Gaan vir jou jaarlikse roetine-ondersoek en ondersteun mekaar beter.

8 LYNNWOORDE Herfs 2011

Page 6: Lynnwoorde 1 - Herfs 2011

LYNNWOOD HERDENK…Johann Voges

10 LYNNWOORDE Herfs 2011

Pinksterfeesprogram Donderdag 18:30 Kerk Hemelvaart Deelnemende erediens 02 Junie Sondag 09:00 Kerk Pieter Ooshuizen en Gesamentlike erediens 05 Junie Johann Voges 18:30 Kerk Johann Voges Ek wens so dit kon anders wees (Psalm 90) Maandag 09:00 Lynnwood Oord Johann Voges Almal doen sonde waaroor niemand 06 Junie saamstem (Psalm 130) 18:00 Jeugsentrum Huishulpe & tuinwerkers 18:30 Gesinskerk Peet Crous Pikkie Pinkster 18:30 Kerk Johann Voges Almal doen sonde waaroor niemand saamstem (Psalm 130) Dinsdag 09:00 Lynnwood Oord Johann Voges Die paradoks van suksesvol wees 07 Junie (Genesis 32:22-32) 18:00 Jeugsentrum Huishulpe & tuinwerkers 18:30 Gesinskerk Peet Crous Pikkie Pinkster 18:30 Kerk Johann Voges Die paradoks van suksesvol wees (Genesis 32:22-32) Woensdag 09:00 Lynnwood Oord Johann Voges Die soeke na ’n onsigbare God 08 Junie (Johannes 14) 18:00 Jeugsentrum huishulpe & tuinwerkers 18:30 Gesinskerk Peet Crous Pikkie Pinkster 18:30 Kerk Johann Voges Die soeke na ’n onsigbare God (Johannes 14) Donderdag 09:00 Lynnwood Oord Johann Voges Wees daai verandering wat jy wil 09 Junie sien gebeur (1 Korintiёrs 9) 18:00 Jeugsentrum Huishulpe & tuinwerkers 18:30 Gesinskerk Peet Crous Pikkie Pinkster 18:30 Kerk Johann Voges Wees daai verandering wat jy wil sien gebeur (1 Korintiёrs 9) Sondag 09:00 Kerk Johann Voges God se asemhaling in my 12 Junie (Eksodus 3) Pinkstersondag 09:00 Gesinskerk Peet Crous

Herfs 2011 LYNNWOORDE 11

2011

Ons was ’n voorstede-like gemeente wat na 22 jaar (in 1983) besluit het teen verdere afstigting en kies om eerder ’n makrogemeente te bly met ses predikante en vier pastorale hulpe terwille van meer bedie-ningsmoontlikhede. In hierdie tyd was die Engelstalige gemeente, Andrew Murray, vir tien jaar (1999-2009) ook deel van Lynnwood as ’n po-ging om ’n meertalige bediening te in ’n multi-kulturele samelewing tot stand te bring. Natuurlik het ons vir ons

Vyftig jaar gelede, op 16 November 1961, stig Lynn-wood-gemeente van Suidoos-Pre-toria (nou Stellastraat) af met 300 lidmate, ingedeel in 17 kerkraads-wyke met so ongeveer 134 be-soekpunte. Die eerste predikant, Murray Janson, word beroep en op 28 April 1962 bevestig. Hierdie klein voorstedelike gemeentetjie begin met die droom van ecclesia reformata semper reformanda (’n kerk van die refor-masie moet altyd weer reformeer). Natuurlik was dit nie net ’n droom nie, maar oor al die jare die ge-meente se grootste uitdaging: hoe bly jy reformeer as alles en almal om jou altyd aan die verander is. Met tyd het hierdie droom ook al meer spesifiek geraak... ’n re-formerende kerk is ’n gemeente met ’n geloofsverklaring (1991) en later ook met ’n visie daarby... geroep om te dien (2000) en nog meer spesifiek om 24/7 Christene te wees (2009). Dis om daardie fyn aan-voeling te mag hê van watter ver-skil ek as Christen in elke gegewe oomblik kan maak. In Lynnwood-gemeente se leeftyd het 23 predi-kante gekom, gegaan en gebly.

Oor Paasfees Om te sterf Peet Crous Predikante sien nogal mense sterf. Nie in dieselfde mate as dokters en verpleegsters nie, maar steeds. Ten spyte van “die gewoond wees aan sterf” was ek steeds nie dié dag daarop voorbereid nie. Ons gesin het nog in Windhoek gewoon en was vir die skoolvakansie in Pretoria. My skoonsus-hulle het in die Moot gebly en ek het iewers in die huis rondgeswerf. In die Moot is die erwe lank en maer met die gevolg dat die huise na aan mekaar staan op uitgestrekte stukke grond. Ek het langsaan ’n geskree gehoor en toe ek uitgaan, sien ek ’n jong polisieman op die agterste heining van “ons” erf sit terwyl hy skote afvuur. Tussen die “plof-plof ” van die pistool skreeu hy duidelik: “Staan of ek skiet!” Ons lei toe af dat die bure ’n inbraak beleef het en dat die agternasit van die diewe oorgespoel het na “ons terrein”.Op die hoek van die straat sien ek ’n klompie polisie-voertuie. Een van die inbrekers is gevang, maar iets is nie

pluis nie. Die skelm is gewond - twee klein gaatjies in sy rug. Hy moet sit en een van die polisiemanne help hom. Minute daarna blaas hy sy laaste asem uit sonder dat ek ’n dooie duit van die man weet: naam; familie; vreugdes of hartseer. As bewyse word die sterwende se sakke deursoek en in sy sakke is daar ’n vroue polshorlosie en kostuum-juwele - waarskynlik op ’n uitverkoping gekoop by Clicks of Edgars. Sonder om erg te teoretiseer daaroor, dink ek: “Vir wat?” In hierdie tyd van die kerklike jaar dink ons aan nog ’n sterfte - dié van Jesus Christus. Sy sterfte was nie sonder betekenis nie. Mense se lewens was en is op die spel. Jesus sterf sodat ons in oorvloed kan leef. Op die spel is nie kostuumjuwele en ’n vervangbare horlosie nie, maar God se kinders. Die sterwe laat ons nie verdwaas oor die sinneloosheid daarvan nie. Die sin vind ons juis daarin dat Jesus die dood oorwin het en ons saam met Hom kan leef! Leef Christus 24/7 in hierdie tyd.

2011 Pinksterfees by NG Lynnwood… Die vroeë Christene het Pinksterfees begin vier in die plek van die Joodse oesfees, 50 dae na die Pasga. Daarmee het hulle die eerste van die oes gevier van Je-sus se kruisiging op Paas-Vrydag. Dit wat met Jesus se kruisiging en opstanding uit die dood geplant is, kon ons op Pinksterdag oes toe God vir ons sy Heilige Asem gegee het,

te wete... ’n nuwe lewe vir altyd saam met Hom. Ons vier vanjaar se Pinkster in Lynnwood-gemeente met die tema: Hoe bly ek in God se asemhaal 24/7 in vandag se leefwêreld... Ons wil saam nadink oor hoe ek God se lewe in my ervaar as ek van Hom bewus bly waar ek ook al mag wees.

makro-keuse oor die jare ’n prys betaal... oorlamse leierskapstruk-ture; die onpersoonlike karakter van ’n mega-gemeente; altyd besig om strategiese planne uit te dink en die gesukkel om dit te laat werk; daar was altyd te veel mense wat kan en op die ou end ’n handjievol wat altyd wou... en tog het die Here oor vyftig jaar van hierdie gemeente altyd ’n voorbeeld gemaak in die NG Kerk en in die omgewing van wat dit beteken om ’n gemeente te wees wat altyd weer reformeer.Hoe vier ons vanjaar hierdie vyftig jaar van genade? In die eerste semester, met ’n ek-maak-’n-verskil koe-vertjie. Op Sondag 13 Maart is aan elke lidmaat ’n koevertjie uitgedeel met ’n R50 noot in, met die uitdaging om te kyk watter verskil hy of sy kan maak tot en met Pinkstersondag 12 Junie waartydens al die koeverte te-ruggebring word met wat daarin is of kan wees. As jy nie by enige van die eredienste ’n koevertjie ontvang het nie, kan jy joune by die kerkkantoor kom afhaal. Gedurende die tweede semester gaan ons by vyf ere-diensgeleenthede sekere tydperke in ons gemeente se bestaan vier: 31 Julie - gemeentestories tussen die jare 1961 tot 1973; 28 Augustus - die stories tussen 1974 tot 1986; 25 September - dié tussen 1987 tot 1999; 30 Oktober - die stories tussen 2000 en 2011. Op 13 November (naaste aan ons gemeenteverjaarsdag) vier ons dan ons vyftigste bestaans-jaar met ’n gesamentlike fees-erediens.

Page 7: Lynnwoorde 1 - Herfs 2011

Van altyd af is ek maar wild vir “beautiful thoughts” – daardie klaargaar woordjies waarmee mense mekaar troos of vermaan, waarna hulle hulleself op die skouer klop, oortuig dat hulle iemand anders nou perfek op die regte pad gehelp het (en daarmee sommer klaar hul volle medemenslike verantwoordelikheid nagekom het.) Iemand vertel hoe sy, nadat sy klaar ʼn gesin grootgemaak het en haar man pas ʼn buitelandse aanstelling gekry het, moes vrede maak met die implikasies van ʼn onbeplande nuwe swangerskap. Haar nuus het versprei. By die skool keer ʼn welmenende vrou haar in haar motor vas. “Sy staan met haar hand op die vensterraam sodat ek haar uit die aarde sou moes ry as ek wou ontsnap, en sy deel my mee dat ʼn ma se vreugde die atmosfeer in die huis bepaal. Ek moes, sê sy, ‘elke dag bid vir joy.’ Ek het gewens ek het so ʼn tekenprent atomiser gun om haar oombliklik in damp te laat opgaan. Dadadada-kapoefff.” Soms is geen woord die regte woord. Toe my vriendin Ansie du Plessis terminaal siek was, het sy gesê die een persoon van buite wat vir haar die meeste beteken het, was die predikant wat geen poging aangewend het om haar uit haar put uit te praat nie, maar van tyd tot tyd net ʼn rukkie lank woordeloos daar onderin langs haar kom sit het en dan weer weggegaan het. Maar soms het ʼn paar woorde die mag om jou kop permanent in ʼn beter koers te draai, meestal sonder dat daar enige bedoeling was om juis ʼn ewige waarheid kwyt te raak. Soos die

lakoniese opmerking van ’n oom van my wat by sy vrou ingehaak hul gesamentlike negentigs betree het: “As ʼn mens oud word, help dit nie om vir mekaar kwaad te word nie.” Inderdaad. Onlangs woon ek en my man die vergadering van ʼn Parkinson-onder-steuningsgroep by. Die praatjie was hoofsaaklik in Afrikaans. Aan die einde betrek die empatiese en sosiaal-sensitiewe voorsitster ʼn mooi, lang, nog jeugdige swart man met die naam Sydney by die gesprek deur hom te vra of hy nie iets van sy eie ervarings wou deel nie. Dadelik stroom die woorde uit hom. ʼn Katarsis, want dit blyk toe daar bestaan soveel vooroordele en wanopvattings oor sy siekte in sy gemeenskap dat hy net met sy gesin en ouers daaroor openlik kan wees. Één ding wat hy vertel het, het ʼn merkwaardige reaksie by die gehoor uitgelok: ʼn klein ontploffing van lag en uitroepe. My eie duim vlieg spontaan erkennend in die lug. Want in vier sinnetjies vat hy alles saam wat maar gesê kan word oor die lewenshouding wat nodig is om rampspoed na oorlewing om te skakel:“I like white shirts,”sê Sydney. “I wear white shirts. Then I discovered that I always seemed to have food spills on my shirts. So I went to the mall and bought some floral shirts.”

’n Woord op sy tyd Erika Theron

Vars swart olywe uit die Noord-Kaap

KOOP OM SELF IN TE MAAKOESTYD: APRIL

PRYS: R30.00 per kgPlaas bestellings by

[email protected] of kontak Cornelia 082 903 1427

Alles op CD of DVD!Langspeelplate, 78’s, klankkassette, video’s

(bv trou- en vakansievideo’s) Kleurskyfies en foto’s

CD-snitte omgeskakel na MP3012 542-1449

Marié: 083 611 0317 Chris: 083 604 8167

Kitaar ♫ Klavier ♫ Sang Beginners tot intermediêre vlak R950 per kwartaal (10 lesse)

Ekstra hulplesse in Engels & CAT (beskikbaar vir hoërskool)

072 632 1990 - ♫ (Naby Faerie Glen Hospitaal) ♫

[email protected]

BOOMSLOPING en snoei van bome en struike. Kontak Ernst by 083 656 4992.

www.nglynnwood.co.za

12 LYNNWOORDE Herfs 2011