memorandum  · web viewaddisioneel tot die fondskrediet word daar vir sekere lede wat op 1...

22
1 van 1. INLEIDING Hierdie handleiding is opgestel om u as „n lid van die Universiteit van Stellenbosch Aftredefonds (“die Fonds”) by te staan noudat u besluit het om die Fonds voor u aftrede te verlaat. Indien u besig is om te beplan vir u aftrede, moet u asseblief die “Handleiding tot die Aftredeproses” van die Universiteit van Stellenbosch Aftredefonds bestudeer. Wanneer u die Fonds verlaat, het u belangrike besluite om te neem wat u langtermyn finansiële sekuriteit kan beïnvloed. U word dus aangeraai om „n finansiële adviseur te nader om u by te staan, indien u voel dat dit nodig is. 2. AGTERGROND: HOE WERK DIE FONDS? Die Fonds is „n “vaste bydrae fonds”. Dit beteken dat bydraes teen „n vaste persentasie van u pensioengewende salaris, op „n maandelikse basis, in die Fonds betaal word. Hierdie bydraes word belê ten einde beleggingsinkomste te verdien. Alle beleggingsinkomste insluitende rente-en kapitaalgroei word aan u toegeken in die vorm van „n maandelikse rente. Let op dat die Fonds se bates in gebalanseerde beleggingsportefeuljes belê word, wat substansiële beleggings in aandele insluit. Hierdie tipe bates het volatiele markwaardes en dit is moontlik dat die beleggingsgroei oor periodes negatief kan wees. UNIVERSITEIT STELLENBOSCH AFTREDEFONDSHANDLEIDING TOT DIE ONTTREKKINGSPROSES (uitgesonderd met aftrede)

Upload: dangcong

Post on 15-Sep-2018

222 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1 van 11

1. INLEIDINGHierdie handleiding is opgestel om u as „n lid van die Universiteit van Stellenbosch

Aftredefonds (“die Fonds”) by te staan noudat u besluit het om die Fonds voor u aftrede te

verlaat.

Indien u besig is om te beplan vir u aftrede, moet u asseblief die “Handleiding tot die

Aftredeproses” van die Universiteit van Stellenbosch Aftredefonds bestudeer.

Wanneer u die Fonds verlaat, het u belangrike besluite om te neem wat u langtermyn

finansiële sekuriteit kan beïnvloed. U word dus aangeraai om „n finansiële adviseur te

nader om u by te staan, indien u voel dat dit nodig is.

2. AGTERGROND: HOE WERK DIE FONDS?Die Fonds is „n “vaste bydrae fonds”. Dit beteken dat bydraes teen „n vaste persentasie

van u pensioengewende salaris, op „n maandelikse basis, in die Fonds betaal word.

Hierdie bydraes word belê ten einde beleggingsinkomste te verdien. Alle

beleggingsinkomste insluitende rente-en kapitaalgroei word aan u toegeken in die vorm

van „n maandelikse rente. Let op dat die Fonds se bates in gebalanseerde

beleggingsportefeuljes belê word, wat substansiële beleggings in aandele insluit. Hierdie

tipe bates het volatiele markwaardes en dit is moontlik dat die beleggingsgroei oor

periodes negatief kan wees.

Daar word maandeliks addisionele bydraes deur die Universiteit gemaak om

versekeringspremies ten opsigte van sterftedekking en ongeskiktheidsinkomstevoordele te

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH AFTREDEFONDSHANDLEIDING TOT DIE

ONTTREKKINGSPROSES(uitgesonderd met aftrede)

2 van 11

betaal. Die administratiewe uitgawes van die Fonds word uit Fondsbates betaal. Die

geakkumuleerde bydraes met beleggingsgroei daarop verteenwoordig u Fondskrediet.

Addisioneel tot die Fondskrediet word daar vir sekere lede wat op 1 November 1994 van

die Pensioenfonds vir Geassosieerde Inrigtings (PGI) of die Pensioenfonds vir Tydelike

Werknemers (PTW), na die Fonds oorgedra het, ‟n addisionele Aftreereserwerekening

(ARR) bedrag in die Fonds gehou. Hierdie ARR bedrag is destyds bereken ten einde te

poog om die effek van die onderbefondsing van die PGI en PTW goed te maak by aftrede,

gebaseer op sekere aktuariële aannames.

Die ARR bedrag word geakkumuleer met dieselfde beleggingsgroei as wat op die normale

bydraes toegeken word.

In terme van die ooreenkoms wat met lede getref is toe die Fonds gestig is, word die ARR

bedrag nie uitbetaal by bedanking of afdanking nie. ‟n Gedeelte van die geakkumuleerde

ARR word wel betaal by personeelvermindering. Laasgenoemde word verder onder die

volgende afdeling bespreek.

3. VOORDEEL BY BEëINDIGING VAN FONDSLIDMAATSKAPIndien u die Fonds voor u aftrede verlaat, sal u geregtig word op „n onttrekkingsvoordeel

gelyk aan u Fondskrediet.

Indien u die Fonds verlaat as gevolg van ‟n personeelvermindering sal u ook geregtig

word op ‟n gedeelte van u geakkumuleerde ARR bedrag. Hierdie gedeelte sal bereken

word as die verhouding waartoe u verstreke diens by die Universiteit staan tot u totale

potensiële diens tot en met die Fonds se normale aftree-ouderdom (nl. 60 jaar of sodanige

later ouderdom (nie later as 65 jaar nie) soos in die Lid se dienskontrak met die

Werkgewer gespesifiseer en skriftelik deur die Werkgewer aan die Trustees meegedeel

is). Die volgende voorbeeld verduidelik hoe hierdie berekening gedoen word:

Aanvaar ‟n lid met 7 jaar verstreke diens, op ouderdom 51 jaar. Só ‟n lid met ‟n normale

aftree-ouderdom van 60 het dus nog 9 jaar potensiële diens tot normale aftree-ouderdom,

dit is 60 minus 51 jaar. Die lid se totale potensiële diensjare is dus 16 jaar (7 jaar

verstreke diens plus 9 jaar toekomstige diens).

3 van 11

By personeelvermindering sal hierdie lid dus 7/16 des (dit is 43.75%) van sy of haar

geakkumuleerde ARR bedrag ontvang.

Die belangrikste besluit wat u moet neem wanneer u die Fonds verlaat, is of u u

onttrekkingsvoordeel as „n kontant enkelbedrag wil ontvang, en of u dit eerder wil bewaar

vir u aftrede deur dit oor te dra na „n ander aftreebesparingsproduk.

Indien u u voordeel in kontant neem, sal dit belas word. Indien u dit bewaar deur dit oor te

dra na „n ander goedgekeurde fonds (insluitend „n bewaringsfonds) of „n aftree

annuïteitsfonds, sal dit nie belas word op die datum van onttrekking uit die Fonds nie.

Die Fonds se administrateurs, Alexander Forbes Finansiële Dienste, sal u

onttrekkingsvoordeel bereken op die datum wat u die Fonds verlaat. Die Administrateurs

sal ook aansoek doen by die Ontvanger van Inkomste vir „n belastingaanwysing en sal die

netto voordeel betaal.

U verskillende opsies met betrekking tot die betaling van u voordele word hieronder verder

bespreek.

4. KONTANT VOORDEELIndien u besluit om u volle onttrekkingsvoordeel as „n enkelbedrag kontantvoordeel te

ontvang, sal die voordeel belas word teen die hoogste van u gemiddelde belastingkoers in

die huidige of vorige belastingjaar. Die eerste R22 500 van die voordeel is egter

belastingvry. Indien u voorheen geld vanaf ‟n pensioenfonds oorgedra het, is daardie

oordragwaarde ook belastingvry. (Let wel, ‟n oordrag vanaf ‟n pensioenfonds na ‟n

voorsorgfonds is onderhewig aan belasting)

Die Fonds se administrateurs is verplig om hierdie belasting van u voordeel af te trek,

voordat die netto voordeel aan u betaal word.

Indien u jaarlikse salaris hoër as R60 000 is (of wat ook al die limiet mag wees soos van

van tyd tot tyd deur Suid Afrikaanse Inkomstediens bepaal), sal die bedrag van belasting

betaalbaar, deur u plaaslike belastingkantoor bepaal word. Nadat die administrateurs u

voordeel bereken het, sal hulle vir hierdie belastingaanwysing aansoek doen. Die

administrateurs sal slegs die balans van u voordeel aan u betaal nadat hierdie

4 van 11

belastingaanwysing ontvang is. Indien u belastingsake nie in orde of op datum is nie, sal

daar vertragings wees om die voordeel aan u te betaal.

Indien belasting van u voordeel verhaal word, sal dit outomaties aan die Ontvanger van

Inkomste oorbetaal word, en sal u „n IRP5 vorm van die administrateurs ontvang wat

bewys lewer dat die belasting betaal is.

Die onttrekkingseisvorm wat deur u voltooi moet word, maak voorsiening daarvoor dat u

bankrekeningbesonderhede ingevul kan word en dan sal die geld direk in u rekening

inbetaal word.

5. BEWARING VAN VOORDEELU mag versoek dat u onttrekkingsvoordeel bewaar word vir u latere aftrede. In so „n geval

moet u voordeel oorgedra word na „n ander goedgekeurde fonds. Die nuwe fonds moet

ontvangs erken van die oordragwaarde deur „n Erkenning van Ontvangs (EVO) vorm te

onderteken. Sodra die administrateurs van USAF hierdie vorm ontvang, sal u plaaslike

belastingkantoor versoek word om „n nul belastingaanwysing uit te reik, wat beteken dat

daar geen belasting op hierdie oordrag betaalbaar is nie.

Die fonds waarheen u besluit om u voordeel oor te plaas, sal in een van die volgende

kategorië val.

5.1 U nuwe werkgewer se fonds

Indien u die Universiteit verlaat om by „n nuwe werkgewer aan te sluit wat „n aftredefonds

aan hul personeel bied, mag u geregtig wees om u onttrekkingsvoordeel na daardie fonds

oor te plaas. Dit is egter onderhewig daaraan dat die reëls van die nuwe fonds wel so „n

oordrag toelaat.

Die voordele wat u uiteindelik onder die nuwe fonds sal geniet, en die opsies wat daar aan

u gebied sal word, sal afhang van die nuwe fonds se reëls en voordeelstruktuur.

Daar is nie normaalweg enige kostes met betrekking tot so „n oordrag betaalbaar nie.

5 van 11

5.2 Aftree-annuïteitsfonds

„n Aftree-annuïteitsfonds is „n individuele polis wat by „n versekeringsmaatskappy

opgestel word. Geld word in die polis belê totdat u besluit om af te tree. Wanneer u aftree

kan u tot een derde van die waarde van die polis as „n kontant enkelbedrag neem. Die

balans moet dan gebruik word om „n pensioen aan te koop. Hierdie pensioen kan

normaalweg by enige versekeringsmaatskappy aangekoop word. U mag nie u fondse uit

hierdie polis onttrek voordat u onder die polis aftree nie.

Indien u reeds „n aftree-annuïteitspolis het, kan u versoek dat u geld na u bestaande polis

oorgeplaas word. Dui asseblief baie duidelik op u onttrekkingsvorm die naam van u aftree-

annuïteitspolis, sowel as die polisnommer aan.

U finansiële adviseur sal u van verdere inligting kan verskaf rondom die verskillende

aftree-annuïteitsfondse wat beskikbaar is, en die verskillende beleggingsopsies wat die

polisse bied.

5.3 Bewaringsfonds

Bewaringsfondse word spesifiek opgestel om die onttrekkingsvoordele onder

aftredefondse te ontvang. Geld wat oorgeplaas word na „n bewaringsfonds word belê

totdat u besluit om af te tree. Daar bestaan bewaringspensioenfondse en voorsorgfondse.

Omrede USAF ‟n voorsorgfonds is, mag u slegs van bewaringsvoorsorgfondse gebruik

maak.

Wanneer u onder ‟n bewaringsvoorsorgfonds aftree, mag u kies om u volle aftreevoordeel

in kontant te ontvang, of om ‟n gedeelte daarvan aan te wend om ‟n eksterne pensioen

aan te koop.

„n Unieke eienskap van „n bewaringsfonds is dat u toegelaat word om een enkele

onttrekking uit hierdie fonds te maak, voor u werklike aftreedatum. So „n onttrekking is

belasbaar.

U mag nie u onttrekkingsvoordeel na meer as een bewaringsfonds oorplaas nie.

6 van 11

6. DERDE DIMENSIE UITKEERPOLISSEIndien u voorheen die opsie gekry, en besluit het om ‟n gedeelte van u Fondswaarde binne

‟n Derde Dimensie (3D) uitkeerpolis te belê, moet u sekere verdere besluite in hierdie

verband neem. Indien u nie in 3D polisse belê het nie, kan u hierdie Afdeling 6 ignoreer.

Wanneer u bedank het u die volgende keuses met betrekking tot u 3D polis:

i) U kan versoek om die 3D polis onder die Fonds te verkontant, en hierdie opbrengs

by u Fondskrediet voeg.

Daarna kan u kies om die Fondskrediet (wat nou die 3D polis se opbrengs insluit), as

‟n kontant voordeel te ontvang of om dit te bewaar vir aftrede.

ii) Alternatiewelik kan u versoek om sessie van die uitkeerpolis te neem, in watter geval

die Fonds sal reël dat die eienaarskap van die polis aan u oorgedra word. U neem

dus eienaarskap van die polis. In so ‟n geval sal die Ontvanger van Inkomste egter

ag dat u hierdie gedeelte van u voordeel as ‟n “kontant” bedrag ontvang het, en sal u

gevolglik nie die balans van u Fondsvoordeel na ‟n bewaringsfonds kan oorplaas nie

(sien ook 9.3). U sal die balans van die voordeel wel na ‟n uittree annuïteitsfonds

kan oorplaas.

Die werking en aanwending van 3D polisse is redelik ingewikkeld en u word ten sterkste

aangeraai om met ‟n kundige finansiële adviseur te skakel sou u in so ‟n polis belê het.

7. WATTER FONDS?Voordat u besluit na watter fonds u u onttrekkingsvoordeel wil oorplaas, moet u die

volgende in ag neem:

i) Watter langtermyn risiko‟s is u gewillig om te aanvaar in u aftreebeplanning?

ii) Wil u toegang hê tot u fondse voordat u aftree, in geval van werklike nood?

ii) Hoeveel aanpasbaarheid en keuses wil u hê?

iv) Wat is die kostes betrokke?

v) Wil u sessie neem van u 3D polisse?

7 van 11

8. U FINANSIëLE ADVISEURDit mag vir u van waarde wees om met „n finansiële adviseur te gesels voordat u besluit

na watter fonds of in watter formaat u u onttrekkingsvoordeel wil neem. Die vraag is egter

hoe kies „n mens „n finansiële adviseur?

Finansiële adviseurs val normaalweg in een van twee kategorië:

i) Agente (ook genoem verteenwoordigers), is persone wat gekoppel is aan „n

spesifieke versekeringsmaatskappy en gewoonlik slegs die produkte van daardie

maatskappy verkoop; of

ii) Onafhanklike makelaars, wat u kan adviseer van produkte van verskeie

versekeringsmaatskappye.

Baie persone kies hul finansiële adviseurs op die basis van aanbevelings wat aan hulle

gemaak word deur vriende of familie. U finansiële adviseur moet egter gekwalifiseerd,

kundig en betroubaar wees. U betaal inderwaarheid vir hierdie kundigheid. U finansiële

adviseur moet ook u persoonlike omstandighede en behoeftes verstaan.

Let asseblief op dat die Trustees van die Fonds nie in „n posisie is om enige adviseur of

groep van adviseurs aan te beveel nie. U moet u eie keuse van adviseur maak. Indien u

egter nie „n besluit kan maak nie, kan u die plaaslike kantoor van enige van die groter

versekeringsmaatskappye skakel. Vra dan om met „n agent van daardie maatskappy te

gesels. Alternatiewelik kan u ook die dienste van „n onafhanklike makelaar gebruik.

Onafhanklike makelaars kan in hulle eie diens wees of kan behoort aan een van die groter

finansiële dienste maatskappye wat „n groot aantal makelaars in diens het.

Finansiële adviseurs word besoldig deur middel van kommissie soos neergelê deur die

versekeringswet. Hierdie besoldiging is ten opsigte van die werk wat hulle vir u doen en

die kundigheid wat hulle bied. U word dus aangeraai om omvattende advies van u

adviseur in te win.

U mag versoek dat u adviseur die vlak van kommisie wat hy of sy verdien aan u bekend

maak.

8 van 11

9. ADDISIONELE INLIGTING9.1 Hoe stel ek die fondsadministrateurs in kennis dat ek beplan om van die Universiteit

van Stellenbosch Aftredefonds te onttrek?

Wanneer u bedank uit u posisie by die Universiteit moet u twee dokumente invul. Die

eerste is die Universiteit se bedankingsvorm en die tweede is „n onttrekkingseisvorm.

Nadat u die onttrekkingseisvorm voltooi het, sal die Afdeling Menslike Hulpbronne die

vorm stuur na die Fonds se administrateurs, Alexander Forbes Finansiële Dienste.

Beide vorms is beskikbaar by die Afdeling Menslike Hulpbronne.

9.2 Wanneer kan ek verwag dat my onttrekkingsvoordeel aan my betaal word?

Die Administrateurs sal poog om u onttrekkingsvoordeel so spoedig moontlik te

betaal, nadat die volgende prosedures afgehandel is:

i) U onttrekkingseisvorm voltooi is;

ii) U aangedui het na watter fonds u u onttrekkingsvoordeel wil oorbetaal (indien u

gekies het om u voordeel te bewaar); en

iii) U onttrekkingseisvorm nagegaan is by die Afdeling Menslike Hulpbronne.

Die administrateurs u voordeel bereken het, insluitend die beleggingsopbrengs wat u

verdien het en „n Belastingaanwysing deur u plaaslike belastingkantoor uitgereik is.

Die algemene redes vir vertragings in die betaling van onttrekkingsvoordele, is dat

die onttrekkingseisvorm nie volledig voltooi is nie, of dat die Ontvanger van Inkomste

nie „n belastingaanwysing wil uitreik nie as gevolg van probleme met die lid se

belastingopgawes.

9.3 Kan ek „n gedeelte van my onttrekkingsvoordeel as „n enkelbedrag neem en die

balans na „n bewaringsfonds oorplaas?

Nee. Die enigste omstandighede waar dit wel deur die Ontvanger van Inkomste

toegelaat word, is waar ‟n gedeelte van u onttrekkingsvoordeel gebruik word om

werkgewerskuld in terme van Seksie 37D van die Wet op Pensioenfondse af te los.

In so ‟n geval sal die kontantgedeelte wat aangewend word om die skuld af te los, as

u een toegelate onttrekking onder die bewaringsfonds geag word, en ook belasbaar

wees.

9 van 11

9.4 Mag ek „n gedeelte van my onttrekkingsvoordeel aan „n derde party sedeer?

Nee. In terme van die pensioenfondswet mag u geen gedeelte van u

onttrekkingsvoordeel aan „n derde party sedeer nie.

Die enigste uitsonderings op hierdie reël is in die geval van „n waarborg wat „n fonds

mag bied vir „n behuisingslening, en „n egskeidingsbevel wat deur die hof uitgereik

word wat u Fondsvoordele insluit.

9.5 In die geval dat my onttrekkingsvoordeel laat aan my betaal word, sal ek enige rente

verdien?

Ja. Die Trustees het bepaal dat rente op laat betaling van voordele betaal moet

word.

Hierdie rentekoers is gekoppel aan 32 dae vaste deposito koerse wat beskikbaar is

by die grootste kommersiële banke.

9.6 Belasting op onopgeëiste voordele

Dit is belangrik dat lede kennis neem van die implikasies van die Suid-Afrikaanse

Inkomstedienste (SAID) se Algemene Nota 35 (“General Note 35”).

Volgens GN 35, wat oor onopgeëiste voordele handel, sal „n voordeel wat nog SES

maande na die toevaldatum (nl. die datum waarop die lid „n fonds verlaat) in „n fonds

bly, geag word onopgeëis te wees en moet die administrateur van die fonds by die

kantoor van die Ontvanger vir „n aanwysing aansoek doen. Die SAID hef tans

belasting op hierdie onopgeëiste voordele teen ‟n koers van 40%.

Soos u seker weet, is onttrekkingsvoordele uit ‟n aftreefonds belasbaar behalwe as

dit na ‟n ander goedgekeurde pensioen-, voorsorg- of aftreeannuïteitsfonds oorgedra

word (onderworpe aan die bepalings van die Inkomstebelastingwet). As ‟n lid dus

beplan om sy voordeel belastingvry na ‟n ander fonds oor te plaas maar langer as

ses maande neem om hierdie opdrag aan die administrateur van die fonds deur te

gee, is die administrateur verplig om die Ontvanger in kennis te stel dat die voordeel

“onopgeëis” is en sal die Ontvanger die voordeel teen 40% belas. Versuim om

oordragopsies binne ses maande na onttrekking uit te oefen, sal veroorsaak dat die

10 van 11

lid sy opsie om die belasting op sy/haar onttrekkingsvoordeel tot ‟n toekomstige

datum te kan uitstel, verbeur. Sulke lede se voordele sal dan ten volle belas word as

enkelbedrag kontantonttrekkings.

Indien ‟n lid se onopgeëiste voordeel teen 40% belas is en die lid kom later na vore

om sy voordeel in kontant op te eis, sal ‟n belastingaanslag weer uitgereik word.

Indien ‟n lid egter te veel belasting betaal het, moet die lid direk met die SAID skakel

om die verskuldigde belasting terug te eis.

Ten slotte moet lede kennis neem dat indien die onttrekkingsopdrag nie binne die

voorgeskrewe tydsraamwerk ontvang word nie, hul voordele aan boetes en rente

onderworpe sal wees wanneer dit belas word. Indien die werkgewer of die lid

versuim om die nodige onttrekkingsopdrag aan die Fonds te verskaf, sal dit

negatiewe gevolge vir die Fonds hê, veral waar die potensiële boetes en rente vir

versuim om vir „n belastingaanslag aansoek te doen en die belasting in die tydperk

soos voorgeskryf deur die SAID, te betaal, groter is as die lid se voordeel in die

fonds. Die balans van hierdie boetes sal dan deur die fonds gedra moet word, wat dit

dan daarna by die party wat die verlies veroorsaak het sal moet terugeis.

10. SAMEVATTINGU mag dalk lus voel om u onttrekkingsvoordeel op „n nuwe motor of „n vakansie te

spandeer. Onthou egter dat hierdie voordeel „n belangrike element van u toekomstige

finansiële sekuriteit is. Die Fonds wil u aanraai om u onttrekkingsvoordeel te bewaar

sodat u „n gemaklike en finansieel stabiele aftrede kan bekostig. U word ook aanbeveel

om die advies van „n betroubare finansiële adviseur in te win rondom die belegging van

hierdie voordeel vir u aftrede.

NOTAHierdie handleiding is nie „n totaal omvattende dokument nie. Dit is eerder opgestel om

sekere van die belangrikste aspekte rondom u bedanking by die Universiteit aan u uit te

wys.

11 van 11

Die handleiding sal van tyd tot tyd opdateer word, maar mag dalk op sekere stadiums nie

ten volle op datum wees nie. U finansiële adviseur sal beskikbaar wees om u van die

jongste veranderings in wetgewing in te lig.

Die handleiding beskryf verskillende voordele wat gebied word onder die Universiteit van

Stellenbosch Aftredefonds. Die voordele wat lede onder die Fonds geniet, is uiteengesit in

die geregistreerde Reëls van die Fonds. Terwyl alles moontlik gedoen is om seker te

maak dat hierdie handleiding akkuraat is, sal die Fonds se Reëls die finale uitspraak lewer

in geval van enige verskille.

Hierdie handleiding dek nie die vrystaande Groeplewensversekeringskema van die

Universiteit van Stellenbosch nie.

RM0379-USAF Handleiding tot die Ontrekkingsproses (Januarie 2011)