rapport inrat 17 maart 2013

11
InRat Bylae tot Rapport 17 Maart 2013 Daar’s lewe in sukkelende stasiewa-segment 7 Spesiale Nissan GT-R vir SA het meer brul en byt Sprint GT is byna volmaak en sy prys ’n verrassing Isuzu KB wil ander eentonners deur die modder kom sleep 3 4 5 Die Subaru Forester is dood. Lank lewe die ware koning 6 FOTO: DESMOND LOUW

Upload: justus-visagie

Post on 15-Mar-2016

299 views

Category:

Documents


15 download

DESCRIPTION

Die Maart 2013-uitgawe van InRat - Rapport se maandelikse motorblad

TRANSCRIPT

Page 1: Rapport InRat 17 Maart 2013

InRatBylae tot Rapport 17 Maart 2013

Daar’s lewe in sukkelende stasiewa­segment

7

Spesiale Nissan GT­R virSA het meer brul en byt

Sprint GT is byna volmaaken sy prys ’n verrassing

Isuzu KBwil ander eentonnersdeur die modderkom sleep 3

4

5 Die Subaru Forester is dood.Lank lewe die ware koning

6

FOTO: DESMOND LOUW

Page 2: Rapport InRat 17 Maart 2013

2 InRat 17 Maart 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

InRatRedakteurJustus VisagieE­pos: [email protected]: 021 406 3226

Mej.Dipstiekgee raadBeste mej. Dipstiek

Ek wil baie graag ’n klein oopdakkarretjie koop, maar my vriendespot my en sê net meisies of haarkappers ry sulke karre. Stem jysaam, en wat stel jy voor? My begroting is omtrent R250 000, maarek sal beslis nie omgee om minder uit te gee nie.

Ek hoor graag van jou.Chris, Durbanville

Hallo ChrisJou vriende is reg: Die meeste klein oopdakmotortjies is vir vroue

en haarkappers. Jy weet dit ook – dis hoekom jy raad gevra het!Gelukkig is Dipstiek heel bewus van styl en sy weet van enkele

uitsonderings. Hier is hulle: Die Porsche Boxster, die Nissan 350ZRoadster en veral die Honda S2000. ’n Ouer Porsche 911 Targa salook deug. Let wel, daar is geen viersitplek­afslaankappe op hierdielys nie.

Die 350Z en die S2000 pas straks by jou begroting in. Die 350Zhet ’n ikoniese ontwerp; Dipstiek dink hy is mooier as sy opvolger,die 370Z. Die laaste van die 350Z’s het heelwat meer krag as dievroeë weergawes. Koop dus die jongste een wat jy kan. Die Z saleendag versamelaarstatus hê.

Die Honda S2000, wat nie meer gemaak word nie, is reeds ’nversamelstuk, en al is hy meer beknop as die Z, is dit ’n besonderestuk ingenieurswese met ’n enjin wat soos ’n motorfiets s’n kan“rev” – tot 9 000 r/min. – en taai genoeg is om dit te kan vat. On­derdele is egter nie volop nie.

Dan is daar twee grensgevalle in jou prysklas, naamlik die MazdaMX­5 en VW Golf. Jy kan hulle oorweeg, maar dan moet jy in jouvrye tyd aan hokgevegte deelneem, ’n bierbottel met jou tande kanoopmaak en ’n telefoongids kan opskeur. Anders gaan jy beslis ge­spot word.

Dipstiek wil liewer niks sê van die seildak­Mini Cooper, VW Eos,oopdak­Renault Mégane en Peugeot 307CC nie.

@ Mej. Dipstiek is ’n geregistreerde maatskaplike werktuigkundige. Stuur joukwelvrae gerus aan D.I.P.S.T.I.E.K., per adres [email protected].

Ek en my wieleElma Maspero van Johannesburg is ’n te­

levisie­ en radioaanbieder wat bekend­heid verwerf het as Lady Rugga. In

haar vrye tyd slaan sy graag gholfballe langshaar man, Richard, en sy het ’n voorliefdevir vinnige karre.

Wat ry jy, en wat is jou ryding se beste enswakste eienskappe? Ek ry ’n Volkswagen Jetta4 1.6 met ’n outomatiese ratkas. Hy is allesbehal­we vinnig, rats of glamorous, maar dit was ’nwinskopie met verskriklike lae kilometers en mygholfsak pas lag­lag in die enorme bagasiebak.Die outomatiese ratkas is ook ’n absolute moet inJohannesburg.

Jou beste herinnering met jou kar? Ek enmy sussie Minette het laasjaar Oppikoppi toe ge­ry. Ons het nou wel nie in ’n rekordtyd daar aan­gekom nie, maar die kattebak was ons klerekas,omdat die tent te klein was.

Watter vervoermiddel sal jy koop met R5miljoen? Kan mens ’n seiljag of helikopter kryvir R5 miljoen? Of ’n lugballon! Ek dink ’n lug­ballon sal perfek wees.

Gee my ’n oplossing vir die volgende ver­voerprobleme: brandstof wat ál duurderword en die oormag motors en vragmotorsop ons paaie. Ek dink ons behoort almal meerfiets te ry en, waar moontlik, naby aan die werkte woon. Vragmotors sou nie so broodnodig ge­wees het as ons spoorweg­infrastruktuur voldoen­de was nie. Ek reken daar kan groter klem ge­plaas word op die opgradering van ons spoorweë– vir passasiers én vragvervoer.

Het jy al ooit geryloop? Nee, gelukkig nie!Het jy al ooit ’n kar se vensters van binne

laat toewasem? Dit hang af wat jy bedoel! InNieu­Seeland het ek en my man in November2011 (aan die einde van die Wêreldbeker­rugby­toernooi) een oggend met ons gehuurde motortjiebyna vasgeval in die geweldige sneeu wat oornagby die Whakapapa­ski­oord geval het. Gelukkighet die oord se bussie ons gou opgepik!

Vertel my van jou eerste kar. Wie’t jou ge­leer bestuur en het jy Die Toets maklik ge­slaag? My ouers het in 1981, toe hulle getroud is,’n silwer VW Golf gekoop. Ek het in matriek –23 jaar later! – met ou Agatha leer bestuur (onsmoes ’n klassieke naam vir haar kies). My Pa hetmy vroeg in matriek leer bestuur en dit het aan­vanklik maar moeilik gegaan. Ek het die toets dieeerste keer gedop, maar toe ek hom uiteindelikdeurkom, was daar geen keer aan my nie. Dees­

dae is ek veral ’n meester van parallel­parkering!Swets jy ander padgebruikers in die pri­

vaatheid (en klankdigtheid) van jou eie mo­tor? O, ja! Wie doen dit nié? My man is die ge­duldigste mens wat ek ken, en selfs hy laat waaiwanneer taxi’s voor hom intrek. Ek sit sommerdie toeter by en maak my frustrasie duidelik.

Wie gaan vanjaar Formule 1 wen? Ek hetbaie lanklaas Grand Prix gekyk – mag ek gou myoom bel?

Waarna luister jy wanneer jy ry?Ek is ’n groot radioliefhebber. Ek kan na by­

kans enige stasie luister en spring gereeld uit blo­te nuuskierigheid van die een na die ander – nieagter musiek aan nie, maar om te hoor wat anderradioaanbieders doen.

Watter toestel wil jy die graagste in jou karingebou hê? As ek in my kar kon klim, ’n plekin die GPS intik en met die druk van ’n knoppiedaar kon wees, sou ek die gelukkigste persoon opaarde wees.

Enigiets anders wat ons van jou en motorsmoet weet? Ek is mal daaroor om vinnig te ry.En ek is mal oor groot karre – gee my ’n lekkerfris 4x4 of ’n BMW 7­Reeks eerder as ’n klein,plat nommertjie.

ELMA MASPERO(NÉE SMIT)

KopKrap

Vul­in­die­woorde 02

3­letterwoordeAgtOudRat

4­letterwoordeHelpLaanReisSnel

5­letterwoordeKaartRobot6­letterwoordeSirkelSkrape

7­letterwoordeDeurpadRigtingVerkeer11­letterwoordVersekering

V E R S E K E R I N G

Verskaf deur XWord.co.za

Skryf elke woord in die lys hieronderop die regte plek in

’n Wenner omvan te droomDaar word ’n Porsche Boxster toe sowaar as

Suid­Afrika se Motor van die Jaar aangewys.’n Omstrede keuse, want hy kos omtrentR600 000. Die reaksie?

; “Dis so ’n eksklusiewe kar. Ek dink die kompe­tisie is belaglik,” sê Corlette Heyns, wat vir InRatskryf.

; “Ek en my gesin doen alles saam. My dogterssal nie in die Boxster kan saamry nie,” sê AttieBekker, InRat se advertensiebaas.

; “Ek voel die Toyota 86 moes gewen het,” isdie mening van Willem van der Berg, wat vir InRatskryf en redakteur is van Bikeroutes.co.za.

; “Dis onvanpas in hierdie tyd van gordel styf­trek, sê Angelique Arde van die tydskrif PersonalFinance.

Ook op Facebook het lede van die breë publiekhulle ongeloof uitgespreek.

Is daar dan meriete in die Boxster se oorwin­ning? Beslis. Hoe die kompetisie werk, is dat dieBoxster eintlik met ander sportmotors soos dieMercedes­Benz SLK 200 AT, Audi TTS Roadster*en BMW Z4 28i AT meeding. Om te wen moet dieBoxster dus aansienlik beter as die hierdie groepiewees. Luidens berigte (of dan lofliedere) is hy.

Daarby moet die Porsche uitnemendheid in diemotorwêreld verteenwoordig. Die kompetisie­orga­niseerder, Christo Valentyn, sê oor die vraag of diePorsche “verdien” om te wen die vraag moet eer­der wees “is dit ’n waardige wenner?”. “Daarop isdie antwoord ja,” sê hy. “Die paneel het bevind dieBoxster troon uit bo sy direkte mededingers enverskuif die doelpale in sy segment. Hy voldoendus aan die vereiste van uitnemendheid, wat dit

’n waardige wenner maak.”As ’n mens hierdie kriteria opweeg, is dit ver­

staanbaar dat die Porsche kan wen. Anders moetons sê Johan van Waterkloof mag nie universi­teitstoelating kry nie omdat hy meer bevoorreggrootgeword het as Gift van Alexandria.

Nee, die Boxster is nie ’n motor vir die massasnie en die meeste van ons sal nooit een ry nie. Ekdalk ook nie (ons wag nog dat Porsche een aanInRat beskikbaar stel). Ek het wel die nuwe Por­sche 911 Carrera Cabrio PDK gery en dit was soos’n droom. Dit beteken nie die Toyota 86 is niemeer my eerste keuse nie. Hy’s waarskynlik netsoveel pret soos die Boxster, teen die helfte vandie prys. En binnekort gaan sy dak ook kan oop­vou. Dan sal daai Porsche met een oog oop moetslaap.

Justus Visagie @ryveilig op TwitterVolg ook @RapportInRat op Twitter

Hierdie uitgawe van InRatword opgedra aan ArnoOberholzer, die psigiater(of “kop­mechanic”, sooshy homself genoem het)wat vir InRat geskryf het.Hy is op 1 Maart oorledená ’n motorfietsongeluk.

* Die TTS Roadster word nie meer in Suid­Afrika verkoop nie en die TTRS Roadster is in dieBoxster S se prysklas.

AdvertensiesAttie BekkerE­pos: [email protected]: 011 713 9545

SA se Motor vandie Jaar, diePorsche BoxsterFOTO: PORSCHE

Page 3: Rapport InRat 17 Maart 2013

17 Maart 2013 InRat 3| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

NuutIsuzu mik hoogmet KB nr. 6General Motors Suid­Afrika het

groot planne met sy sesde geslagIsuzu KB­bakkie wat vandeesweek

in ’n Groot Vyf­wildreservaat bekend ge­stel is – in só ’n mate dat die GM­pak­draers sommer van die Groot Ses praat.

Dis nie ydel geselsies nie, want diejongste KB is nie net in alle opsigte beteras sy voorganger nie, maar sy bou­volu­mes gaan ook groter wees. GMSA beplanom die bakkie na tot 21 lande uit te voer.

Ook die omvattende modelreeks metdrie bakvorms (enkel­, dubbel­ en ver­lengde kajuit), vier afwerkingsvlakke (Ba­sies, Fleetside, LE en LX), vier enjinkeu­ses (drie turbodiesels en ’n petrolenjin)en sewe 4x4’s, beklemtoon die erns waar­mee GMSA hierdie produk bejeën.

Tereg so, want die KB is al 40 jaar ’nstaatmaker in die plaaslike mark (as ’nmens die Chev LUV as sy voorloper er­ken), en was in ’n stadium ook die top­verkoperbakkie. Om dié gloriejare te laatherleef het GM sy huiswerk goed gedoen.

Altesame 1.3 miljoen toetskilometers isin die KB se plaaslike ontwikkeling afge­lê, en ’n rits aanpassings is aangebring,waaronder beter plaatmetaal vir die laai­bak, ’n aangepaste agteras met elektronie­se sluitewenaar, ’n stewiger koppelaar,beter luginduksie­ en verkoelingstelsel,asook fyn verstellings vir die veerstelsel.

Dit het vrugte afgewerp, want met onstoetsrit het die KB se rygerief en dieplooibaarheid van sy veerstelsel in allepadomstandighede beïndruk. Sy groterasafstand (45 mm langer) en 50 mm bre­er wielsporing dra beslis hiertoe by.

Nog ’n pluspunt is sy uitmuntende die­

selenjins. Isuzu is ’n voorloper wat die­seltegnologie betref – meer as 23 miljoendiesels het al sy fabrieke verlaat.

Dit word gestaaf deur die verbeterde3.0 D­Teq in die topweergawes, wat nou130 kW en 380 Nm wringkrag lewer. Diéenjin het die minimum turbotraagheid,werk stil en glad, en handhaaf ’n balanstussen kraglewering en suinige verbruik.

Die 2.5 D­Teq (85 kW en 280 Nm) isnet so uit die vorige geslag oorgedra, ter­wyl ’n 2,5 liter­diesel met laedrukturbo(85 kW en 170 Nm) later kom.

Die enkele petrolenjin is ’n 2,4 liter­viersilinder (in die Basis­, Fleetside­ enLE­modelle), lewer 112 kW en 233 Nm, enhet verbaas met sy gewilligheid.

’n Nuwe vyfgang­outokas is nou be­skikbaar in die 3.0 D­Teq 4x4­dubbelka­juit, en dié model behoort gewild tewees. Die res het vyfganghandratkaste.

Stileringsgewys wyk die nuwe KB vansy voorganger se hoekige lyne af, en hoe­wel konvensioneel, is die ontwerp skoonen prakties. Die turbo­tussenverkoeler isnou vorentoe geskuif, wat ’n luginlaat opdie enjinkap oorbodig maak. Nie net dradit by tot sy ontwerp­eenvoud nie, maarlaat die bakkie ook voldoen aan die jong­ste vereistes vir voetgangerveiligheid éndra by tot ’n laer sleurkoëffisiënt.

Die nuwe KB is 260 mm langer, 60 mmbreër en 60 mm hoër as sy voorganger,wat meer binneruimte en ’n groter laai­bak moontlik maak. Binne is daar meerskouerruimte vir die voorste passasiers,die deuropeninge is groter (die VerlengdeKajuit­model het nou Flex­deurtjies watna agter oopmaak) en in die dubbelkajui­

te het die agterste passasiers 25 mmmeer beenruimte.

Die instrumentepaneel het eenvoudige,funksionele lyne, maar sy harde plastiek­afwerking pla. Die res van die binneruimis netjies en ruim, met genoeg pak­ enbêreplekke, en nuutontwerpte, gerieflikesitplekke voor en agter.

Nog ’n verbetering is die vierwieldryf­beheer wat nou deur ’n Terrain Com­mand­draaiknop op die middelkonsolebeheer word, en ’n sluitewenaar is stan­daard in die Fleetline­, LX­ en LE­model­le, terwyl die LE­ en LX­modelle outoma­tiese lugreëling het.

Die nuwe KB presteer as dit kom bysleepvermoë en laaikapasiteit. Die KB 300het ’n sleepvermoë van 3 500 kg, terwyldie ander 2 100 kg kan sleep. Die LX 3004x2­dubbelkajuit kan 1 133 kg laai, en dieKB 240­basismodel tot 1 146 kg.

Met uithaler­enjins, nuutgevonde ruim­te, stewige gedrag op en van die pad af,goeie laairuimte en klasleier­sleepvermoëis die nuwe KB die regte produk op dieregte tyd. Met sy mededingende pryse,lojale klantebasis en ’n indrukwekkendegeskiedenis is hy slaggereed vir die ver­kopestryd in die mededingende eenton­bakkiemark. – Ferdi de Vos

PRYSEDIESELEnkelkajuitKB 250 D-Teq – R229 300KB 250 Fleetside D-Teq – R242 700KB 250 Fleetside D-Teq (veiligheidstelsels)– R244 900KB 250 LE – R274 800KB 250 LE 4x4 – R315 700KB 300 LX – R311 700KB 300 LX 4x2 – R362 300Verlengde KajuitKB 250 V/kajuit LE – R290 700KB 300 V/kajuit LX – R359 400KB 300 V/kajuit LX 4x4 – R412 300DubbelkajuitKB 250 Dubbelkajuit LE – R363 200KB 250 Dubbelkajuit LE 4x4 – R384 100KB 300 Dubbelkajuit LX – R410 400KB 300 Dubbelkajuit LX (outo) – R423 400KB 300 Dubbelkajuit LX 4x4 – R464 400PETROLEnkelkajuitIsuzu KB 240 Basismodel – R218 900Isuzu KB 240 Fleetside – R233 700Isuzu KB 240 Fleetside 4x4 – R258 500Isuzu KB 240 LE – R253 200DubbelkajuitIsuzu KB 240 Dubbelkajuit LE – R309 100Isuzu KB 240 Dubbelkaj. LE 4x4 – R380 200

Isuzu KB­reeksDie nuweIsuzu KB ishier om indie FordRanger enVW Ama­rok se slaaite krapFOTO:QUICKPIC

ONS IS SO SEKER

DAT ONS JOU R400 KONTANT SAL BETAAL AS ONS NIE KAN NIE.

KAN SNY

SMS ‘SPAAR’ NA 44166EN ONS SAL JOU DADELIK TERUGSKAKEL. O

UTP/198

/A

STANDAARD TARIEWE GELD.

*T’S EN V’S GELD.*T’S EN V’S GELD.

DAT ONS JOU HUIDIGE

Nuus

Vlagskip­diesel vir i20­reeksPraat van goeie tydsberekening.

Met brandstofpryse wat nuwehoogtes bereik, het Hyundai nou, kort opdie hakke van sy intreevlak­1,2 liter Moti­on, ook ’n suinige turbodiesel in sy i20­reeks bekend gestel.

Hyundai noem dié vlagskip die 1.4CRDi Glide.

Sy viersilinder­turbodiesel ontwikkel66 kW teen 4 000 r/min. en 220 Nmwringkrag van 1 500 r/min. tot 2 750 r/min. Met sy sesgang­handratkas is dieverbruik 5 liter/100 km in die gekombi­neerde Europese verbruiktoetssiklus. Dis’n welkome 20 km/liter, wat ’n realistiese

reikafstand van sowat 1 000 km betekenmet sy 45 liter­tenk.

Sy CO2 ­uitlaatgaslesing van net110g/km beteken dat g’n sogenaamde“groen taks” betaalbaar is nie, en dis ookgoeie nuus dat die enjin volgens Hyundaitevrede sal wees met die onsuiwerder500 ppm­diesel.

Op ons roete, wat die Bainskloofpas in­gesluit het, het die klein diesel se wring­krag ons beïndruk, maar dit kos kwistigeratgebruik om hom binne sy optimaletoerkurwe te hou.

Eerste rat is kort (wees ook bedag opdie kort koppelaarspeling) terwyl sesde

net ’n snelrat is vir platpad­gebruik englad nie deug vir bergwerk nie.

Die CRDi se Glide­afwerking beteken’n “volhuis” toerusting wat dit, gemeetaan die toerustingvlakke van sy mededin­gers, ’n stewige waardepakket maak.

Ingesluit in die koopprys van onderR200 000 is ’n vyfjaar­ of 150 000 km­waarborg, ’n vyfjaar­ of 150 000 km­pad­bystandpakket en ’n driejaar­ of60 000 km­diensplan. Diensintervalle is15 000 km.

Alles in ag genome behoort diéi20­model stewige aanklank te vind indie mark, maar dalk moet Hyundai oor­weeg om ook ’n intreevlak­diesel beskik­baar te stel. – Ferdi de Vos

PRYSHyundai i20 1.4 CRDi – R195 900

Hyundai i20 1.4 CRDi

Met petrolpryse wat weghol soos korrup­sie in die regering is dit tyd om ’n kleinturbodiesel te oorweeg. Soos die Hyundaii20 CRDi Glide | FOTO: QUICKPIC

Page 4: Rapport InRat 17 Maart 2013

4 InRat 17 Maart 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Produkte vir Amarok- Suspensies- Onderstelbeskermingsplate- Snorkels- Kant-beskermstawe

- Suspensies- Onderstelbeskermingsplate

- SuspensiesProdukte vir T4 en T5 Produkte vir Touareg

Nuut

Die lewe op die kruin is nie makliknie. Of jy die seemonster Godzillais wat Tokio platslaan, of Godzille

wat Tokyo (Sexwhale) se party in dieWes­Kaap verslaan, daar is altyd iemandwat jou wil onttroon.

Die Nissan GT­R R35, wat in 2009 ver­skyn het om sy opposisie se baantye vanFuji tot die Nürburgring te vernietig,word ook Godzilla genoem. En sy skep­per weet hy moet dié monster se tandeskerp hou sodat hy sy legendariese statuskan behou.

Dis presies wat Kazutoshi Mizuno ensy ingenieurs gedoen het by die Nürburg­ringbaan en die 24­uur­uithouren watdaar gehou word.

Sover is die GT­R R35 jaarliks verbeter– met ingrypende veranderings in 2011 –en dan ook onlangs vir vanjaar. Nissanhet ook ’n spesiale baangefokusde weer­gawe vir Suid­Afrika onthul – vir diege­ne wat Godzilla liewer Saterdae op dierenbaan ry as om in die buurt af te show.Later meer oor dié weergawe. Dís watnuut is in die 2013­reeks.

Die 3.8 liter­V6­enjin ontwikkel steeds397 kW en 628 Nm, maar reageer gouerop versnellerinsette teen medium en hoë

enjinomwentelings danksy nuwe brand­stof­inspuiters wat meer beheerbaar is.Die turbo ’n nuwe uitlaatklep, en olie­druk in die enjin word stabieler gehou.

Dan is die vering aangepas vir ’n sag­ter rit, maar ook om die motor se swaar­

tepunt te verlaag. Nissan sê die GT­R sebak is stewiger gemaak sodat die stuurbeter reageer en die motor stabieler voel.

Diegene wat meen die GT­R se binne­ruim steek af by die Porsche 911 s’n, salbly wees om te hoor dat ook hier verbe­

terings aangebring is. Daar is ook ’n op­sie van handgestikte donkeroranje leerbe­kleedsel teen R50 000.

Die Track Pack­GT­R kry onder meerrensitplekke van koolstofvesel, spesiale20”­wiele, ’n sportuitlaatstelsel en sport­vering. Daar’s ook ’n lugverdeler vankoolstofvesel voor om die bakvorm glib­beriger te maak. En die agtersitplek kanuitgehaal word. (Gerugte dat dit aanmense op plotte verkoop word vir hullestoep kon teen druktyd nog nie bevestigword nie…)

Voor en nadat jy jou in die GT­R op ’nrenbaan begewe, moet jy die motor – on­geag watter variant jy ry – na ’n Nissan­hoëverrigtingsentrum neem sodat hulledie motor kan nagaan, die wielsporingstel en smeer waar nodig. Dit kos onge­veer R2 700; word nie deur die diensplangedek nie; en as jy dit nie doen nie, ver­val die motor se waarborg.

Elke GT­R het ’n driejaar­ of50 000 km­diensplan en ’n driejaar­ of100 000 km­waarborg. Die motor moet el­ke ses maande of 10 000 km versienword. Pryse begin by R1 398 200 en dieTrack Pack­weergawe kos R1 743 700.

– Justus Visagie

Die motor wat Helen (God)Zille eintlik behoort te ry – om by haar onverskrokkenheidte pas | FOTO: NISSAN

Godzilla bly maar ’n monster2013 Nissan GT­R (R35)

Nuut

Tot onlangs toe was die Spark net inL en LS­gewaad beskikbaar, maar

toe maak die Spark Campus verlede jaarsy verskyning as ’n goed toegerusde ba­sismodel. Nou het Chevrolet vyf Sparksom van te kies, waaronder die SparkPronto, ’n mikro­paneelwa. Die ander nu­weling is die luukse LT.

Die Spark se voorkoms is subtiel ver­ander. Die voorkant is ligweg verfraaimet nuwe hoofligte en ’n breër sierroos­ter. Al die Sparks se stertligte lyk ookietwat anders, maar jy sal fyn moet kyk.Die bestaande LS en topklas LT se mis­lighulsels het nou ’n chroomrandjie, enalbei kry ’n drukvlerkie agter op die dak.’n Chroomgordellyn is ook op die LTaangebring én sy bagasiebakdeksel kry ’nhorisontale chroomstrepie. Klein verande­ringe is aangebring aan die posisie vandie knoppies in die middelkonsole en diegehalte van die plastiek in die modernebinneruim lyk ook beter.

Die ster van die bekendstelling, metopsionele sportstrepe, was inderdaad die

Spark LT. Nou hoef jy nie meer ’n nier teverkoop om in ’n koel ryding gesien teword nie, want jy kan die Sports DecalPackage (R3 021) aanskaf in swart, wit ofsilwer strepe. Dit laat die Spark LT soos’n klein spierpaleis lyk, veral saam metdie mooi allooiwieletjies en dakrelings.Die driehoekige chroom­uitlaatpyp lykveral ougat, en daar’s flikkerliggies in diesyspieëls. Jy kan ook die kajuit opdollieom by die kleur van jou Spark LT te pas– die knalrooi LT wat ek by die bekend­stelling bestuur het, het rooi­en­grys vi­nielsitplekke gehad en ook rooi insetselsin die swart instrumentepaneel. Dis ’nkombinasie wat werk en kos niks ekstranie. Daar is ook drie ander prettige bin­nekleure te kies.

As jy die Spark Pronto se bagasiebak­deksel oplig, sien jy heel eerste daar isnie agtersitplekke nie. Volgens Chevroletis daar ’n nismark vir ’n klein aflewe­ringsvoertuig, en die Pronto is die ant­woord daarop. Hy het dieselfde veilig­heidskenmerke as die Spark Campus,

maar sy laairuim gee jou pakplek van876 liter. Die Pronto sal ook goed werkvir ’n jong paartjie se sporttoerusting –maar dan moet hulle nog nie dink aan ’ngesin nie. Die agterste deure het ongeluk­kig vensters, wat beteken enige skelmkan loer wat beskikbaar is, en die Prontohet nie ’n alarm nie.

Ons toetsrit in die Natalse Noordkushet gewys die Spark is stewig en soliedop die pad – dit voel nie asof hy wil oor­tiep of omwaai nie. En tipies Chevy ska­kel die ratte lekker glad oor. Die Spark­reeks se lewendige 1.2 liter­enjintjies blyonveranderd met kraglewering van 60kW en 108 Nm, met heelwat krag wat

reeds teen lae enjintoere beskikbaar is.Veiligheidskenmerke? Selfs die intree­

vlak­Campus en ­Pronto het onder meersluitweerremme (met elektroniese rem­kragverspreiding), twee lugsakke, ’n sleu­telgeaktiveerde sentrale sluitstelsel, stuur­kolom wat in ’n botsing meegee, hoëremlig, immobiliseerder, lugreëling enkragstuur. Alle Sparks, met die uitsonde­ring van die Pronto, het ’n alarm.

Die Spark, Spark LS en Spark LT kry’n afstandbeheerde sentrale sluitstelsel by,en die LS en LT se deure sluit vanselfwanneer jy wegtrek. Die LT het twee by­komende sylugsakke en parkeersensorsagter. Isofix­ankerpunte vir kinderstoel­tjies is standaard by almal behalwe diePronto­paneelwa.

Die waarborg en padbystanddiens duurvyf jaar of 120 000 km. Die versiening­periode is jaarliks of elke 15 000 km.

’n Opsionele diensplan van drie jaar of60 000 km is beskikbaar teen R6 600.– Ané Theron

PRYSESpark 1.2 Pronto – R101 500Spark 1.2 Campus – R106 100Spark 1.2 – R113 600Spark 1.2 LS – R123 000Spark 1.2 LT – R136 500

Die Spark­reeks het ’n nuwe niggie vandie bo­dorp bygekry | FOTO: QUICKPIC

Spark kry nuwe vonkChevy Spark

Page 5: Rapport InRat 17 Maart 2013

17 Maart 2013 InRat 5| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

NuutDie muis wat brulDie onverskrokke Volkswagen word

onregverdig gespot omdat hy kleinenjins inspan, soos die 1,2 liter­TSI in dieGolf en Touran, en die 2,0 liter­TDI indie Amarok. “Net melk en Coke kom intwee liter,” spot die Hilux­ en Cruiser­manne. Maar hoe klink die gedagte van’n piepklein eenliter­driesilinderenjin in’n Ford Fiesta? Malligheid? Aikôna. Onshet hom onlangs gery en hy trek soos ’nJohn Deere, danksy ’n maksimum kragle­wering van 92 kW en 170 Nm.

Enjinmakers maak geruime tyd al hulleprodukte kleiner en kombineer dit danmet ’n turbo. Dis deel van ’n groter wed­loop om motoreienaars meer skiet virhulle (brandstof)skille te gee. Doeltreffen­der enjins, dus.

Ford sê die nuwe enjin sal in idealeomstandighede gemiddeld slegs 4,3 li­ter/100 km gebruik. Dit het toevallig mo­torvervaardigers se wensdenkery onderbespreking geplaas, want nie een van onskon met die toetsrit naby daardie syferkom nie. Selfs teen 100 km/h op ’n ge­lykpad het die verbruikmeter by 6­7 li­ter/100 km rondgehang. En volgens diehoofingenieur, Andrew Fraser, is ver­bruikmeters akkuraat.

Aan die positiewe kant het die kook­

water­enjintjie warm verrigting – hy kan(gewone) 1,6 liters uitstof, veral in diesuurstofarm binneland. Die Fiesta sestuur, vering en hantering is ook puik.Boonop voel jy die pad deur die stuur­wiel, wat mense wat daarvan hou om tebestuur sal waardeer.

Dan is daar die sogenaamde FordSYNC (in die top­Fiestas) wat die eienaarin staat stel om sy telefoon en iPod metstembevele te beheer. In die goedkoperFiestas is dit ’n R6 670­opsie.

Die nuwe Fiesta het sowaar nog ’nkaart teen sy bors – eintlik ’n sleutel. Hynoem dit MyKey, en dis die beste dingsedert die opsporings­program wat ver­nuftige ouers stilletjies op hulle kindersse slimfone installeer. (Wat!? Jy weet nievan dié app nie?).

Die MyKey­stelsel maak dit vir ouersmoontlik om die Fiesta met groter ge­moedsrus aan jong bestuurders te leen.Pretbederwer­pa kan die motor program­meer sodat die topspoed en die volumevan die klankstelsel beperk word. Diejongeling kan ook nie veiligheidstelsels(soos glybeheer) afsit nie en die radiospeel baie sag totdat die sitplekgordelsvas is – as Pa dit so beveel.

Al is die verbruiksyfer van die eenliter

besonder optimisties, is dié Fiesta nie dieenigste motor op die mark wat aan hier­die waan ly nie. Die nuwe Fiesta­reeks isuitmuntend en staan nie ’n enkele treeterug vir enige van sy teenstanders nie.

– Justus Visagie

PRYSEFiesta 1.4 Ambiente – R164 400Fiesta 1.6 TDCi Ambiente – R178 400Fiesta 1.4 Trend – R 187 600Fiesta 1.6 TDCi Trend – R 201 400Fiesta 1.0 EcoBoost Trend – R211 200Fiesta 1.0 EcoBoost Titanium – R231 500

Ford Fiesta

Alle nuwe Fiestas het vier deure en ’nagterluik. Die tweedeurmodel is ongeluk­kig iets van die verlede | FOTO: QUICKPIC

Nuut

Horatio Hornblower. Diegene watdie meeste – of dalk al twaalf –boeke oor dié fiktiewe held in die

Britse vloot gelees het, sal jou gou vertelwatter van sy avonture hulle gunsteling­verhaal is. Dit beteken nie ander Horn­blower­avonture is van mindere waardenie; dis net dat sekere boeke oor sy eska­pades meer aanklank vind by spesifiekelesers.

Subaru se Forester het sedert 1997 virhom ’n stewige nismark uitgekerf en –soos die Hornblower­boeke – ’n lojale ge­volg opgebou. In die proses het hierdiesportnutswa een van Subaru se gewildsteén belangrikste modelle geword.

Tog erken Subaru die eienaarsverwag­tinge wat met die eerste geslag Forestergeskep en in die tweede uitgebou is, hetin die derde weergawe verwater geraak –veral wat veldryvermoë betref.

Subaru gee egter die versekering datdie oorspronklike Forester se kerneien­skappe terug is in weergawe 4.0. En,soos daardie spesiale Hornblower­boek,behoort die nuweling meer aanklank bysy teikenmark te vind, maar ook onderander kopers.

Waarom? Wel, buiten vir sy beter af­werking en ergonomie, ’n string tegnolo­giese verfynings, nuutgevonde ruimte enuitstekende veiligheidstelsels, word ’nmens onmiddellik getref deur die nuweForester se ritgehalte en rygerief.

Heelwat moeite is gedoen om die jong­ste weergawe se bewese veerstelsel –MacPherson­stutte voor en dubbelmikkeagter – verder te verfyn. Op rowwegrondpaaie en klipperige terrein is sy ritheerlik soepel, terwyl hy op teer en glad­de gruis stewig geplant en maklik be­heerbaar voel.

Die outomatiese Foresters het behalweSubaru se simmetriese vierwielaandry­wing ook ’n nuwe X­Mode­funksie watveldry vergemaklik. Dié stelsel, soortge­lyk aan BMW se xDrive, beheer die en­jinspoed, die middelste en agterste ewe­naar, die remme en kloubeheerfunksieom wieltol verder te keer.

Anders as Hornblower is die jongsteForester­ontwerp nie juis avontuurlik nie.Dis in die pas met Subaru se jongstekorporatiewe stilering, maar sy lyne enneusstilering (met uitsondering van die

XT se aggressiewe sygleuwe) trek nogalop dié van die vorige Hyundai Santa Fe.

Die nuweling het ’n langer afstand tus­sen die voor­ en agteras en is ruimerbinne met 505 liter pakplek (488 liter virmodelle met ’n elektriese agterklap). Diebinne­afwerking is smaakvol en die stile­ring, veral die instrumentpaneel se ont­werp, gegrond op dié van die stylvolleXV. Sy sitplekposisie is hoër, die vloeragter is herontwerp vir beter ruimtebe­nutting, en sy deure maak ook wyer oopas sy voorganger s’n.

Die 2.0 X­intreemodel se viersilinderen­jin (110 kW en 198 Nm) is gekoppel aan’n sesgang­handratkas, terwyl die volgen­de drie, met X­, XS­ en XS Premium­af­werking, almal ’n 2,5 liter­enjin het(125 kW en 235 Nm) wat krag deur ’nnuwe outomatiese palwisselratkas (CVT)na al vier wiele stuur. Vir eers is daarg’n dieselweergawe nie.

Die reeks word afgerond deur dieavontuurlustige 2.0 XT Lineartronic metturboaangejaagde direkte­inspuiting­enjinwat ’n stewige 177 kW en 350 Nm uit­skop vir ’n 0­100 km/h­versneltyd van 7,5sek. en topspoed van 210 km/h.

Hoewel hy minder krag uitskap as diévan die tweede geslag­XT Prodrive Fores­ter (185 kW en 360 Nm), is die nuwe XTmeer verfynd en bestuursvriendelik, en

’n beter verrigtingspakket as sy wille­wragtig­voorganger.

Die reeks het ’n omvattende toerusting­vlak, met ’n veelfunksie­inligtingstelsel,trukamera en veelfunksie­stuurwiel asstandaardtoerusting in die intreemodel.Die XS het ook allooiwiele, ’n elektries­verstelbare bestuurdersitplek en ratspaneagter die stuurwiel, terwyl die XS Premi­um en XT onder meer ’n dubbelvolume­sondak, leerbekleedsel en kragbeheerdeagterklap bykry.

Voeg daarby die modelreeks se vyfster­gradering in die streng Europese bot­stoets, en dis duidelik dat die nuwelingin alle opsigte ’n volwaardige Forester is– ’n ryding waarmee gesinne Hornblo­wer­avonture kan beleef.

O, en vir diegene wat dalk wonder oordie Hornblower­analogie... Wel, dalk hetdie letterkundiges of CS Forester­aanhan­gers dit al uitgewerk. – Ferdi de Vos

PRYSE2.0 X sesgang-handrat – R329 0002.5 X Lineartronic CVT – R359 0002.5 XS Lineartronic CVT – R389 0002.5 XS Premium Lineartronic CVT –R429 0002.0 XT Turbo Lineartronic CVT – R529 000; Pryse sluit ’n driejaar- of 75 000 kmdiensplan in.

Volwaardig ForesterSubaru Forester

Die Forester beskik weer oor die eienskappe wat die eerste twee modelreekse so ge­wild gemaak het | FOTO: SUBARU

Knap ku­bussieKan die Fiat Qubo werklik as ’n

nuwe model beskryf word?Wel, hy’s dalk nuut in Suid­Afrika,maar dié snoetbussie is al vyf jaarin Europa en elders beskikbaar.

Fiat­Chrysler het as deel van ’nmarkuitbreidingsveldtog (en moont­lik ook weens trae Europese verko­pe) besluit om die Qubo hierheen tebring, en al het hy ’n boksvorm,bring dié ryding welkome styl indie intreeklas vir veeldoelvoertuie.

Vergeleke met die Toyota Avanzaen Nissan Livina met hul bussielynesorg die Qubo se forse neus en uit­geboude wielboë vir ’n fris houdingwat sy hoogte verbloem.

Hoewel die vyfsitplekveeldoelerop die Fiorino­paneelwa gegrond is,laat gekleurde buffers en syskortesaam met netjies gestileerde agter­en syruite die voertuig soos ’n pas­sasiersryding lyk.

Die Qubo se groot skuifdeureweerkante, wat in­ en uitklim mak­liker maak – plus sestien verskillen­de sitplekkombinasies (die sitplekkekan ook opgevou of uitgehaal wordas deel van Fiat se “vrye ruim­te”­konsep) – maak dit ook meerveeldoelig as sy mededingers.

’n Diep en breë laairuimte van330 liter (650 liter as jy tot teen diedak gaan) dra verder daartoe by,veral as ’n mens in ag neem diéspasie word ’n massiewe 2 500 literas jy die sitplekke uithaal. Dan kanjy items van tot 2,5 m inpas.

Ook die moderne T­vormige in­strumentepaneel is in die pas metwat jy in dié klas veeldoeler ver­wag, met oorgenoeg pakplek in diemiddelkonsole en paneelkissie. ’nBlue&Me­stelsel met MP3­leser enUSB­sok, asook ’n leerbedektestuurwiel met stuurgemonteerde be­heerknoppies, is standaard.

Onder die enjinkap is ’n 1,3 liter­Multijet­turbodiesel (55 kW en 190Nm), of ’n 1,4 liter­petrol (54 kW en118 Nm). Volgens Fiat gee die diesel­Qubo ’n gekombineerde verbruiksi­klus van net 4,6 liter/100 km.

Met die bekendstellingsrit was ditgou duidelik die gewillige diesel metsy heerlike wringkrag is die modelwat ons verkies. Onthou tog om diehoogste graad diesel (50 ppm) in tegooi, want die enjin is vir “skoon”Euro 4­vlak­brandstof ontwerp.

Hoewel die petrolweergawe lekkerdraf as hy eers op spoed is, kos dit’n gekarring van die vyfgang­hand­ratkas om hom daar te kry. En ter­wyl dié 1,4 liter dalk nog op kus­vlak kan deug, gaan hy in die Hoë­veld beslis swaar trek.

Teen R199 900 vir die diesel,waarby ’n driejaar­ of 100 000 km­waarborg en ­diensplan ingesluit is(met diensintervalle 30 000 km),teenoor R207 500 vir die petrolaan­gedrewe Avanza 1.5 TX en R211 700vir die Grand Livina 1.6, meen onsdie Qubo behoort hoog te pryk opdie wenslys van jonger gesinne wat’n stylvolle veeldoelbussie wil hê.

– Ferdi de Vos

PRYSEQubo 1.4 petrol – R177 990Qubo 1.3 turbodiesel – R199 990

Die Fiat Qubo bring welkome stylna ’n vervelige marksegmentFOTO: QUICKPIC

Fiat Qubo Nuut

Page 6: Rapport InRat 17 Maart 2013

6 InRat 17 Maart 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

17 Maart 2013 InRat 7| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

PadToets

Goed, dalk is die laaste een nie veelvan ’n ikoon nie. Wel, nog nie.Triumph het byna sy ikoonstatus

verloor toe hy 23 jaar gelede amper ban­krot gespeel het. Maar die Britse vervaar­diger is besig om hom as legende te her­vestig: Toonaangewende modelle soos diemoderne Speed Triple en Daytona, her­siene retro­modelle soos die Bonneville,en ’n motorfiets wat eintlik in ’n klasvan sy eie behoort, die 2.3 liter­TriumphRocket III, het Triumph laat groei, envandag het hy ’n 5%­markaandeel in diewêreld en 15% van die Britse mark.

Met die Sprint GT 1050 blaas Triumphlewe in die sporttoer­kategorie. Dis ’ngrootskaalse opkikkering van die vorigeSprint ST – ja, die bike het sommer ’nnuwe naam kry. Die GT staan vir granturismo,’n aanduiding van Triumph seklemverskuiwing met dié fiets: ’n bietjie

minder sport en meer toer.As Bob Dylan vra hoeveel paaie ’n

man moet stap voor jy hom ’n man kannoem, het hy dalk gedink aan sy eie daeop die 1965 Tiger, want hier gaan dit oorhoeveel paaie jy kan ry. Lang paaie. DieGT maak dit maklik om by die langpad­hardeboude aan te sluit.

Die GT behou die aluminium­balkraamwaaraan die legendariese reguit driesilin­derenjin hang. Dié enjin het ’n evolusieondergaan sedert dit oorspronklik in dieDaytona en Speed Triple gebruik is. Metdie gedaanteverwisseling van ST na GTis die enjinbeheerstelsel geherkalibreer enlewer hy nou maksimum wringkrag teen6 300 r/min. – dis 1 200 r/min. laer asdie ST se syfer. Maksimum kragleweringis met 3 kW verhoog, en die veranderingvan die uitlaatstelsel na ’n vryvloeiendedrie­in­een­pyp dra hiertoe by.

Die ratverhoudings en wringkrag­aan­passings verleen aan die GT uitnemendelangpadvermoëns. Dis selde nodig omaan die rathefboom te karring en diefiets versnel lag­lag as jy ’n voertuig ver­bysteek. ’n Wielbasis wat 7.6 cm langeris as die ST s’n verbeter stabiliteit teenhoë snelheid, iets wat veral merkbaar iswanneer die naald tot op maksimum ge­druk word. Of so sê hulle.

Die GT se ongeveerde gewig (alles on­der die veerstelsel) is ook verminder omdie wiele beter op die pad te hou, ietswat die ekstra kraglewering selfs meerwerd maak met versnelling en in draaie.

Vergeleke met eergister se Triumphs isdie GT sommer luuks. Buiten die TR6van Great Escape­faam het Steve Mc­Queen ’n aangepaste Triumph gebruikvir sy eie deelname aan woestynrenne.Daai was goggas­tussen­tande dae vanbike­ry. Met ’n nuwe windskerm is dieGT se rygemak aansienlik verbeter: Diebestuurder en passasier sit gemaklik op’n dik sitplek en die uitlaat is aan diekant pleks van onder die sitplek, wathelp om die passasiersitplek laer en uitdie “wind” te hou. ’n Nuttige grypraamis ook aangebring as die passasier ietssoek om aan te klou.

Die vering kan verstel word vir ekstragewig – as jy ’n groot passasier het ofdie 31 liter­sykoffers (standaard) volstop.’n Opsionele top box van 55 liter is ookbeskikbaar. As dit nie genoeg is nie, koop’n groot stasiewa.

Op die roete van Randburg na Tzaneenhet die GT tot sy reg gekom. Sluitweer­remme is standaard en stel jou in staatom so ’n raps later te begin rem voor ’ndraai, wat help om te vergoed vir dielanger wielbasis.

Die uitstaande kenmerk van die Tri­umph Sprint GT is nie enige spesifieketalent nie, maar eerder hoe goed allesharmoniseer en vertroue inboesem sodatjy die fiets kan geniet. Wees maar versig­tig vir daai versneller: Die GT kan metgemak hoë snelhede bereik en handhaaf,sommer so ongemerk.

Daar is ongelukkig ’n groot tekort aankleurkeuses vir die GT: Pacific Blue ofLunar Silver, presies een opsie meer asvir ’n Model T Ford. En vir ’n fiets watop toer gemik is, bly die 20 liter­petrol­tenk ietwat knap. Die GT is darem niedors nie – hy was die wenner van ’n To­tal­besparingsrit in die Padfietsklas(1 001 cc en hoër). Maar eintlik soek eknou vir fout waar daar bitter min is omte kry. Met die GT is Triumph in die kol.– Louis Fourie

Die Sprint GT is ’n toerfiets wat dinkhy’s ’n superfiets | FOTO: TIM MOOLMAN

Pasop vir dietoergogga…

MARLON BRANDO OP ’N TRIUMPH THUNDERBIRD. STEVEMCQUEEN OP ’N TRIUMPH TR6 TROPHY. BOB DYLAN OP ’NTRIUMPH TIGER. LOUIS FOURIE OP ’N TRIUMPH SPRINT GT.

PRYS R109 500

ENJIN 1050 cc, waterverkoel,reguit driesilinder

RATKAS Sesgang,kettingaandrywing

KRAG96 kW @ 9 200 r/min.en 108 Nm @ 6 300r/min.

VERBRUIK 5,8F/100 km (reikaf-stand 340 km)

BRANDSTOFTENK 20F

SITPLEKHOOGTE 815 mm

GEWIG265 kg (saam metbrandstof en andervloeistowwe)

NAVERKOPE

Tweejaarwaarborg entweejaar-AA-lidmaat-skap. Versien elke10 000 km

OORWEEGOOKBMW R1200RT,Honda VFR1200F,Yamaha FJR1300

Syfers

Triumph Sprint GT

Boudjies… of borsies?Die Audi A4 was nog altyd, soos die

BMW 3 en Merc C, hoog in aan­vraag, en die verkoopsyfers bewys dit.Selfs al ry jy ’n ouerige model, kan nie­mand stry dié motors beïndruk die sta­tusbewustes onder ons net so éffens nie.

Die A4 is onlangs vernuwe – om dieaanslag van die nuwe 3­Reeks te weer­staan. Omdat ek die nuwe BMW 320­tur­bodiesel bestuur het kort ná sy bekend­stelling, kon ek my nie weerhou om dietwee te vergelyk ten opsigte van ont­werp­ en gemakskenmerke nie.

Die A4 is ongetwyfeld ’n mooi motor,hoewel dit jammer is daar’s nie veel aansy uiterlike wat hom van ander Audi­se­dans onderskei nie. Sy binneruim, hoewelgesofistikeerd en stylvol, beskik ook nieoor die 3­Reeks se karaktervolle gevoelnie. Die leersitplekke se insetsels van ele­gante gaatjies­suède het my laat wonderhoe lank dit mooi gaan bly – behoedejou as jy iets daarop gaan mors. As jy

beplan om ’n jong gesin rond te ry, kiesiets meer alledaags.

Die BMW se beheerknoppies is ookmeer bereikbaar. In die A4 moet ’n mensver strek as iemand jou die kans gee omverby te steek en jy wil die knoppie virdie noodflikkerligte druk.

Die A4 se peperduur MMI 3G­naviga­siestelsel (R22 200) is ook taamlik inge­wikkeld, en die lugreëlingknoppies onno­dig moeilik om te “tune”, terwyl die3­Reeks se navigasiestelsel (ook R22 200)logieser is én lekkerder om te gebruik.

Met die kragtige drieliter­turbo onderdie kap verg dit ’n goeie skoot selfbeheer­sing om by die spoedgrens te hou. Ekhet BMW se funksie gemis waar die mo­tor se spoed plus die wettige snelheids­perk op die pad teen die voorruit gepro­jekteer word – al kos dié heads­up display’n stywe R14 700. Die A4 het darem ’n“bestuurdersinligtingstelsel” wat soortge­lyke inligting tussen die snelheidsmeter

en toereteller vertoon, maar jy moet tog’n sekonde of twee jou oë van die pad af­haal om dit te sien.

Die A4 se drieliterenjin is nie vraatsigmet die sous as jy sy vurige verrigting inag neem nie, en die ritrekenaar het ’nverbruik van sowat 10 liter/100km aange­dui. ’n Funksie wat die enjin afsit wan­neer die kar stilstaan, sorg dat jy nie pe­trol mors by ’n rooi verkeerslig nie.

Die Audi se stuur is hiper­akkuraat envertel jou mooi wat die voorwiele doen.Die vering is ook nie besonder hard vir’n sportsedan nie.

Ek vermoed dié Audi se direkte mede­dinger, die BMW 335i, is die een vir my.Maar as die A4 nog altyd jou hartsnaregeroer het, gaan die ontrimpelde 3.0T FSIwaarskynlik jou voete onder jou uitslaan.Soos party ouens van boudjies hou enander van borsies (ons praat van Kentuc­ky Fried Chicken), sal jy uiteindelik selfmoet besluit of jy ’n Audi­ of ’n BMW­mens is. – Ané Theron

PRYS R504 000ENJIN 3.0 liter-V6-turbopetrol, 200 kW en400 NmRATKAS Sewegang-dubbelkoppelaar-outo,quattro-vierwielaandrywingVERRIGTING 0-100 km/h in 5,4 sek. en 250km/h topsnelheid; 8,1F/100 kmOORWEEG OOK BMW 335i Steptronic,Volvo S60 T6 Geartronic R-Design

Die A4 lyk soos enige ander Audi­sedan,maar wie gee om as dit vir die groter A6aangesien word? | FOTO: ANÉ THERON

KitsToetsAudi A4 3.0T FSI S­tronic

Vervaardiger se syfers

Nuut

Eendag, nie te ver in die toekomsnie, sal ’n monument vir die “histo­riese” sedan opgerig word. Jy weet,

daai vierdeur bokse­op­wiele waarin baievan ons grootgeword het. En dié monu­ment sal reg langsaan ’n nuwer een hê –vir stasiewaens. Besoekers sal in hullewaterstofaangedrewe 4x4’s en “cross­overs” opdaag om hulle te verkyk aan dievreemde boksvorms van dié klassieke enveteraanmotors.

Audi dink waarskynlik ook so. Daaromsal elkeen van sy drie stasiewa­modelle

(of, soos Audi dit noem, Avants) voortaanspesiale talente hê om hulle bo die vlakvan die gepeupel se stasiewa te verhef.

Die jongste en veelsydigste is die A4allroad; ja so met ’n kleinletter­a gespel,net soos die q in quattro, wat op sybeurt aandui hy kan met vier wiele trek.

Dink aan die A4 allroad as ’n paar lig­te velddrafskoene teenoor ’n Toyota LandCruiser wat dan ’n paar rotsklimskoeneof swaardiens­staptoerskoene is.

Soos sy Q7­, Q5­ en Q3­boeties is dieA4 allroad nie ontwerp om die taaiste

4x4­roetes te tem nie, maar om ’n reis opgoeie grondpaaie veilig en maklik temaak. Sy pens, wat met staalplate be­skerm word, ry 18 cm bo die grond; aan­sienlik hoër as die ander A4 Avants s’n.Dit gee die allroad daardie allerbelangrikesypaadjie­parkeervermoë asook die vaar­digheid om wydsbeen oor hoë middel­mannetjies in die veld te ry.

Die ander twee Avants is die baie vin­nige S4 (245 kW) en die helvinnige RS4(331 kW). Maar dis die allroad wat onsonlangs op grond­ en teerpaaie gery het,en hy het ’n ontsagwekkende greep opalbei oppervlakke getoon. Selfs toe ’n on­ervare kollega skerp grondpaddraaie teen’n hoë spoed gevat het… met net eenhand op die stuur.

Op teerpaaie, waar veel hoër snelhedebehaal word, het die afwesigheid van ba­krol beïndruk (wanneer ’n kar oorleun in’n draai).

Op sinkplaatpaaie was die rit heel ge­rieflik, maar die petrolweergawe wat onsgery het, het soms ’n sagte ratelgeluidvan die middelkonsole laat hoor en die

skokbrekers het twee keer deurgestamp.Diegene wat gereeld groot afstande opbedenklike grondpaaie gaan aflê, moetliefs ’n Toyota Fortuner of Nissan Path­finder koop, omdat die allroad nie virlangdurige hardearbeid gemaak is nie.

Nee, die allroad is bedoel vir daai mooi“aktiewe leefstyl”­mense waaroor bemar­kers fantaseer (en wat dikwels net ’n fan­tasie is).

Al gebruik jy die allroad slegs vir joudaaglikse pendeltog en die rit gim toe, saljy deksels oulik lyk in dié unieke ryding.Die son het nog nie heeltemal gesak virdié waens nie.

– Justus Visagie

PRYSEA4 allroad 2.0T FSI quattro® S-tronic –R433 000A4 allroad 2.0 TDI quattro® S-tronic –R438 000S4 Avant 3.0T S-tronic – R637 000RS4 Avant S-tronic – R875 500; ’n Omvattende onderhoudsplan van vyfjaar of 100 000 km is ingesluit.

Twee allroad­weergawes is beskikbaar –’n petrol en diesel, al twee turbo­aange­jaag en baie lewendig. Die petrolenjinskop 155 kW en 350 Nm wringkrag uit,terwyl die dieselweergawe, wat suiniger ismet brandstof, ’n maksimum van 130 kWen 380 Nm lewer | FOTO’S: MOTORPICS

Met die ontrimpeling wat die A4­reeksverlede jaar ontvang het, is die kajuitselfs ’n lekkerder plek om te wees

Modernegeskiedenis

Audi allroad

Hier’s spasie vir die nasie!Wanneer ek in die verkeer agter ’n

Toyota Avanza beland, wonder ekhoekom iemand so ’n broodblik­op­wielekoop. Toe vind ek uit wat hy kos.

Ja, Toyota se ontwerpers was dalk tebesig met die fraaie Auris om hulle teveel te bemoei met die Avanza. En diebinneruim is omtrent so opwindend soos’n vyfdag­interskole­krieketwedstryd.

Kom ons vergeet dus van die visuele,en fokus eerder op sy sakpas­prys enfunksionaliteit. En troos jou daaraan datsy eenvoud met hope gebruiksvriendelik­heid gepaardgaan. Dan moet jy jou ookafvra hoe ’n mens die sewesitplek­mense­karweiertjie sal gebruik. Het jy spannekinders wat gedurig rondgekarwei moetword? Of het jy dalk ’n gastehuis wat ge­reeld besoekers by die lughawe moetgaan op­ of aflaai?

My week met die Avanza 1.5 SX outo­maties (R191 500) het my nogal laat won­der of laasgenoemde wel moontlik is.Daar ís heelwat sitplekke, maar met ’ngas se agterstewe op elkeen wonder ekwaar die bagasie sal inpas. As jy die der­de ry sitplekke platslaan, is daar heelwatplek vir koffers in die bagasiebak, maarnie vir meer as drie gaste s’n nie (hoog­stens vier). Die konfigurasie en rondskuif

van die sitplekke is belaglik maklik – jyhet amper net jou pinkie daarvoor nodig,wat beteken die derde ry is ook besondertoeganklik.

Beenspasie is beperk. Tensy die agter­bankers Japanners is, of korter is as1.7 m, gaan dit ’n stywerige affêre wees.Die gaste kan hulle darem verlustig aandie mooi Suid­Afrikaanse landskap, wantsig na alle kante toe is uitstekend vir diebestuurder én passassiers. Die lugreëlingwerk ook besonder goed, en ek het op­hou tel aan al die bêreplekke vir water­bottels en ander los items tot by die heelagterste sitplekke.

Die 1.5 liter­enjin is waarskynlik niegebou vir resies jaag nie en dreun taam­lik deurdringend wanneer jy die lepelhard trap. Die enjin skop net 76 kW uit,maar omdat die Avanza se bakwerk ligis, het hy darem genoeg lewe in hom om’n gaping te kan vat, veral in die stad.(Die viergang­ outomatiese ratkas, wat al­tyd ’n wenner is in swaar verkeer, verge­maklik dinge verder.)

Ek dink die Avanza gaan ’n beter koopwees vir ’n sokkerma in die stad metkortbeen­spruitjies; iemand wat nie meeras ’n kwartmiljoen kan of wil hoes vir ’nMazda5 of Chevrolet Orlando nie. Teen

R191 500 is die Avanza ’n ou staatmakerwat prys, brandstofdoeltreffendheid,ruimte en betroubaarheid betref. Lugsak­ke voor, sluitweerremme met elektronieseremkragverspreiding, kragstuur, ’n immo­biliseerder, alarm, kinderslotte agter so­wel as ’n volgrootte noodwiel vorm deelvan die begrotingsvriendelike pakket.

– Ané Theron

SYFERSPRYS R191 500ENJIN 1.5F-petrol; 76 kW en 136 NmRATKAS viergang-outomaties, voorwielaan-drywingVERRIGTING 0-100 km/h in ± 12 sek. Top-snelheid onbekend. 7.2F/100kmOORWEEG OOK Doeltreffender voorbehoe-ding, ’n Grand Livina 1.6 Acenta

Die Avanza se bak het spiere bygekry, maar gaan steeds geen skoonheidstitel verowernie | FOTO: QUICKPIC

KitsToetsToyota Avanza 1.5 SX outo

Page 7: Rapport InRat 17 Maart 2013

8 InRat 17 Maart 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

PadToets

Gou, noem die name van vyf top­klas Japannese gholfspelers.

Goed, diegene wat gholf volg, salmoontlik Ryo Ishikawa kan noem. Endalk Shingo Katayama. Of miskien AiMiyazato, Isao Aoki en Masashi Ozaki.Maar dis hoogs onwaarskynlik.

Noem nou die name van die top­ Ame­rikaanse, Duitse of Suid­Afrikaansegholfsterre? Glad nie moeilik nie, nè.

Lexus sit met dieselfde dilemma. Wan­neer die vleisbraai­gesprek oor weeldewa­ens gaan, hoor jy BMW, Mercedes­Benz,Audi, Land Rover en selfs Jaguar, Jeep enVolvo. Maar Lexus is gewoonlik net ’nnagedagte...

Sedert sy ontstaan in 1989 het Lexushom goed in die Amerikaanse weelde­mark gevestig, maar hy sukkel steeds om’n stewige vastrapplek in Suid­Afrika –én Europa – te kry, ondanks ’n beweserekord vir betroubaarheid en bougehalte.

Die rede is die sterk beeld en hoë pro­fiel wat die Duitse Drie plaaslik het, watdit moeilik maak vir Lexus (en ja, ookander weelde­handelsmerke) om sy stem­pel af te druk en die verbeelding aan tegryp – net soos ’n Japannese gholfspeler.

Konserwatiewe ontwerpe in ’n tyd datveral Merc en Audi die stileringsgrenseverskuif, het ook nie gehelp nie. Maarnou, soos Ishikawa met sy pienk uitrus­ting in die Amerikaanse Ope gholftoer­nooi, kom Lexus ook met nuwe, meer ge­

waagde, ontwerpe vorendag.Hierdie nuwe stileringsrigting, geken­

merk deur ’n opmerklik nuwe sierrooster,is in die GS­reeks vergestalt toe dit in2011 by die Pebble Beach Concours d’Ele­gance (ja, op die beroemde Amerikaansegholfbaan) die eerste keer aan die wêreldgewys is.

Die spoelroosterkonsep het sy oor­sprong in die lang geskiedenis van Toyo­ta (waarvan Lexus deel is), want voordatdie motorreus begin karre bou het, hethy weeframe vir die tekstielbedryf ver­vaardig, en die spoel met sy kenmerken­de vorm was letterlik die spilpunt vanhierdie weefmasjiene.

In GS­gedaante vorm die sierrooster ’naantreklike lugdinamiese geheel met dieaggressiewe voorbuffer, versonke projek­tortipe hoofligte en LED­dagryligte – wathom breed en doelgerig laat vertoon.

Aan die kante langs is daar trekke vansy derdegeslag­voorganger, maar sy atle­tieser lyne word saamgevat in ’n buffermet geïntegreerde lugverspreider enL­vormige LED­agterligte met spesialevinne om aërodinamika te verbeter.

Die EX se deure maak lekker wyd oop,en soos ’n mens kan verwag, is dié waweelderig: Daar’s sagte leer vir die sit­plekke, stroke in die middelkonsole watuit een stuk aluminium gesny is, en net­jiese houtgrein­afwerking.

Hoewel die buite­afmetings feitlik die­

selfde is as dié van sy voorganger, hetdie nuwe GS meer kop­, knie­, been­ envoetruimte, asook ’n groter, dieper enbreër bagasieruim – volgens Lexus byna25% groter.

Die bestuurdersposisie is ook beter, endie Remote Touch­aanraakstelsel vir dieuitstekende klankstelsel en S­Flow kli­maatbeheer (wat ’n waarnemingsensorgebruik om lugvloei op passasiers te rig)is verskuif vir beter ergonomie.

’n Analoë horlosie rond die binne­de­tail mooi af, maar alles word oorheersdeur ’n enorme elektroniese vertoon­skerm met ’n tru­kamerafunksie. Diéstelsel, met nuwe glybeheer­knoppe watbeter werk, is beter as sy voorganger s’n,maar steeds ’n nagmerrie om te gebruiken geensins intuïtief nie.

Die GS350 se juweel van ’n enjin, tesa­me met die EX se lys standaardtoerus­ting wat langer is as ’n Buthelezi­toe­spraak, vergoed egter daarvoor. Druk dieaansitterknop en die 3.5 liter­V6 metwisselende kleptydreëling (VVT­i) gromheerlik. Met 233 kW en 378 Nm wring­krag hoef hy wat verrigting betref, virg’n Duitser terug te staan nie.

Druk hom deur die toere met sy ses­gang ECT­i­ outomatiese opvolgratkas inSport­modus (Eco en Normal is ook be­skikbaar met die Drive Mode Select­be­heer), en veral bo 4 000 r/min. begin syseepgladde V6 opgewonde saamgesels.

Asof die enjinklank nie inspirerend ge­noeg is nie, is die nuwe GS ook dinamiesgesproke ’n belewenis. Behalwe dat hywyer trap, is sy onderstel stewiger en lig­ter (dansky rojale gebruik van alumini­um), en ondervinding met die LexusLFA­supermotor sorg vir ’n nuwe sub­raam en hersiene veringverstelling agter.

Sy hantering is nou soos ’n ligter dogfermer dryfstok in ’n goeie gholfspeler sehande: meer beheer met minder moeite.En selfs wanneer die 18­duim­agterbandeop die klougrens protesteer, bly die GSstewig op koers.

Bygesê, die string standaard­veiligheid­stelsels laat jou nie rêrig toe om na har­telus te speel nie, behalwe as jy die VSC­en TRC­glybeheerstelsel voor jou rit af­skakel. Ook die stuur is ’n aks te lig teenlaer snelhede, maar dis waarskynlik ’nkwessie van smaak.

In die geheel gesien, verweef die nuweGS350 EX nou weelde en heerlike sporti­witeit om ’n moderne en aantreklike ta­pisserie te vorm. Met model­nuwelingesoos dié moet die Lexus­handelsmerkdopgehou word. Net soos jong Ishikawa...

– Ferdi de Vos

Die GS350 EX kos ’n stywe R584 900,maar omtrent als waarvoor jy in dieDuitse weeldewaens ekstra betaal, is bydie prys ingesluit | FOTO: QUICKPICWeelde verweef

met sportiwiteit

PRYS R584 900

ENJIN 3.5F-V6-petrol

RATKAS Sesgang-outo,agterwielaandrywing

KRAG233 kW @ 6 400 r/min.en378 Nm @ 4 800 r/min.

VERRIGTING0-100 km/h in6.3 sekondes en235 km/h topsnelheid

VERBRUIK 9.4F/100 km en223g CO2/km

BRANDSTOFTENK 66F

BAGASIEBAK 530F

NAVERKOPE

Vierjaar- of100 000 km-waarborgmet omvattende on-derhoudsplan. Versienelke 15 000 km

OORWEEG OOK

Mercedes-Benz E300outomaties, BMW 528ioutomaties, Audi A5Sportback 3.0 TFSI

Syfers

Lexus GS350 EX

’n Alles­in­een­kar watnet aanhou ryNá omtrent ses maande by ons was

dit tyd dat InRat die Fortuner groet.Aanvanklik wou ons nie ’n Toyota gehadhet nie, want wat skryf ’n mens noueintlik oor ’n voertuig wat nooit ernstiglol nie? Gelukkig was daar af en toe ’nfout – nie iets wat ’n eienaar wil hê nie.Maar wie wil nou net goeie nuus lees?(Goeie nuus verkoop mos nie koerantenie, al gee sommige lesers voor hulle wilnie van die “slegte nuus” lees nie, terwylhulle Huisgenoot dan skelm deurblaai…)

Wat het gelol? Die lugsakke se waar­skuwingsliggie het gebrand en die klank­stelsel wou soms nie van ’n USB­stokkieaf musiek speel nie. Market Toyota inKaapstad, wat puik diens lewer, het albeifoute kosteloos (onder waarborg) herstel.Twee maande later het die lugsakliggiewéér geskyn, maar dit was omdat dieskede vir die bestuurder se sitplekgordelstukkend was. Nadat dit (weer kosteloos)vervang is, het die waarskuwingsliggienie weer aangegaan nie.

Met die odometer op amper 20 000 kmhet ons die ’Tuner laat versien. Dit wasook kosteloos, omdat die voertuig ’ndiensplan het tot 90 000 km of vyf jaar(wat ook al eerste bereik word). Indiendie diensplan nie meer geldig was nie,sou die versiening ’n raps oor R2 000 ge­kos het.

In die tyd dat die Fortuner by onswas, het ons ongeveer 10 000 km afgelêen die verbruik was gemiddeld 10,9 li­ter/100 km (of 9,2 km/liter).

Hiervan het ons nie gehou nie; Net vier gange vir die outomatiese

ratkas. Dit het nie werklik gepla nie,maar die dieselverbruik sou waarskynliklaer gewees het met ’n sesgangratkas. DieAmarok is dan al met ’n agtgang­ outo­matiese ratkas te kry!

; Die gebrek aan satellietnavigasie.Die skerm is daar – hoe duur kan ditdan vir Toyota SA wees om GPS in diefabriek by te sit?

; Die agtersitplekke (die derde ry) kan

nie in die vloer invou nie en die stuur­wiel kan nie nader gestel word nie.

; Daar’s niks wat die bagasieruim be­dek nie – jou goed lê oop en bloot. Ge­lukkig is die ruite getint.

; Die kar moet elke 10 000 km ge­diens word.

; Fortuners is so volop soos kakiebos.Hiervan het ons gehou; Hy is táái. Ná 11 000 km hardepad

met meestal vernielsugtige motorskry­wers (voor hy nog by InRat aangekomhet), asook ’n rowwe ryery in Lesotho askameravoertuig, was daar nooit ’n piep of’n ratelgeluid te hoor nie.

; Omdat die bandprofiel so hoog is, isdit omtrent onmoontlik om die allooiwie­le teen sypaadjies te krap.

; Die agtersitplekke (derde ry) kanheeltemal uitgehaal word (en nie net plat­vou nie).

; Luginlate in die dak hou die tweedeen derde ry insittendes koel.

; Voldoende veiligheidseienskappesoos ses lugsakke en stabiliteitsbeheer.

; Die gevoel dat jy hom net kan pak,jou visums kry en koers kies Noord­Afri­ka toe – sonder meganiese teëspoed.

; Sy veldryvermoë.Die Fortuner is nie volmaak nie, maar

watter motor is? Nie eens die PorscheBoxster nie. Maar as jy ’n staatmaker wilhê wat relatief bekostigbaar is, nie te veelvan sy waarde verloor nie, en die skool­lopie net so goed soos ’n week in diegramadoelas hanteer, is daar eintlik neteen keuse: ’n Fortuner.

– Justus Visagie

Ons Fortuner in aksie toe hy teen dieChev Trailblazer te staan gekom het. DieFortuner het gewen | FOTO: PEET MOCKE

OnsRydingFortuner 3.0 D­4D 4x4 outo

Vervaardiger se syfers

Page 8: Rapport InRat 17 Maart 2013

17 Maart 2013 InRat 9| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

HAVASW

W-D

618

56/A

Volvo Car Financial Services

vir nog fantastiese aanbiedinge besoek jou volvo handelaar vandag

volvocars.co.za

BF&W. Bepalings en Voorwaardes geld. *Modelle mag verskil van wat vertoon word. Totale koste sluit aanvangs- en maandelikse versieningskoste in. Prys sluit BTW en CO² emissiebelasting in. Rentekoers gekoppel. Aanbod eindig 31 Maart 2013. Alle finansieringsaanbiedinge onderhewig aan kredietgoedkeuringdeur Volvo Car Finansiële Dienste. ’n Afdeling van Wesbank. ’n Afdeling van FirstRand Bank Ltd. ’n Gemagtigde Verskaffer van Finansiële Dienste en Krediet. NCRCP20.

SEIL DEUR 2013 MET WINSKOPE WATRONDOM JOU ONTWERP IS

volvomadeforyou.co.za

your VOLVO S60

jou VOLVO S60

yours from r4 495 PM* 0%DEPOSIT

joune vanaf r4 495 PM* 0%DEPOSITO

your VOLVO S60yours from r4 495 PM* 0%DEPOSIT

jou VOLVO C30joune vanaf r3 430 PM*

jou VOLVO XC60 & volvo V60JOUNE MIN R25 000 **

DIE WÊRELD HET TOE NIE TOT ’n EINDE GEKOM NIE– GAAN BELEEF DIT

VEELSYDIGHEID IS STYLVOLLER AS OOIT

**Sit DIT teen jou INRUILBEDRAG, TREK DIT van jou inruilprys afof struktureer JOU EIE PERFEKTE aanbod.

Periode kleinhandelprys rentekoers Ballon Deposit0 Totale koste vir kliËnt

60 Months R322 900 3.09% R90 412 0% R355 721Periode kleinhandelprys rentekoers Ballon Deposit0 Totale koste vir kliËnt

60 Months R276 300 3.59% R77 308 10% R279 674

om jou beterrond te karweiVerdere aanbiedinge sluit in die Volvo S60 T3 Handrat Essentialteen R3 960 pm met slegs ‘n 10% deposito.

maak dit ’nstylvolle jaarMeer aanbiedinge sluit in die Volvo C30 2.0 Handrat Essentialteen R4 100 pm met slegs ‘n 0% deposito.

PadToets

Ons almal ken daai verspotte vakan­siesindroom wat Desembermaandekuslangs uitbreek. Sodra die Groot

Trek binnelanders die Kaap tref, is daarewe skielik ’n aansteeklike, lawwe luimin die lug – al dryf die verkeer ons teenDuiwelspiek uit.

Dis juis aan die vooraand van die soge­naamde silly season dat ek toevallig agterdie stuur van die derde geslag (of tweedeNuwe) Kewer ingeskuif het. Ek was eint­lik nog besig om ’n Mercedes B­klas teevalueer toe ek en InRat se redakteurmekaar by ’n vulstasie kry om in ’n kon­vooi na ’n werksfunksie buite Stellen­bosch te ry – hy met die Kewer en ekmet die Merc.

Maar die oomblik toe dié wulpse bult­rugbesie my oog tref, het ek op die plekKewer­koors ontwikkel, wat my soos ’nlawwe vakansieromanse gehipnotiseerhet. Ek moes eenvoudig dadelik met dieKewer ry.

Ná die 40 km­rit na die Spier­wyn­landgoed was ek behoorlik verslaaf aandié ougat besie. Eers het ek gesmeek… endaarna botweg geweier om die sleutel te­rug te gee.

Wat maak die Kewer so betowerend?Ag, sommer die hele pakket. Hy bied virseker meer as sy voorganger: ’n beter rit,hantering, gemak, verrigting, voorkomsen veiligheid. Dis ook ’n ryding wat metjou hart praat; ’n pretbuks wat my weer

soos ’n agtienjarige student laat voel het.Laf, ondeund en lus vir die lewe.

Die jongste Kewer word gekenmerkdeur skoner, skerper lyne wat hom spor­tief en dapper laat lyk. Sy soliede bak­

werk lyk ook meer na ’n oorspronklikeVolla s’n as die 2001­weergawe. Die neusis platter en langer, sy lyfie breër, én hy’t’n breër spoor.

Binne verras ’n interessante mengel­moes van retro­ en moderne ontwerp­elemente. Die oop metaaloppervlakke on­der die vensters en paneelbord (dieselfdekleur as die bakwerk), die leersitplekke(R8 600) met horisontale stiksels asookdie piepklein metaalpaneelkissie herinneralles sterk aan eersdae se Volkies. Anderelemente, soos die radio en lugreëlingska­kelaars, is by die Golf geleen.

Die toename in afmetings beteken meerpassasier­ en bêreplek, maar langerate salin die fetus­posisie moet sit op die agter­bank. Die deure maak wyd oop en toe­gang tot dié sitplekke is maklik.

Die onderstel is die Golf 6 s’n, wat be­teken hy word met sy voorpote aange­dryf, anders as die oorspronklike Volksie.Sy groter wielspoor sorg vir uitstekendehantering. Ek het hom geraps om ’n paardraaie, maar die Kewer se 16 duim­poot­jies het bly klou soos ’n krismiskeweraan ’n gaatjiesgordyn.

Van sy beskeie enjin­kapasiteit het eknie veel verwag nie, maar die 1.2 turbo severrigting het my verbaas. Wat ek diemeeste geniet het, was die enjinkrag watoombliklik beskikbaar is sodra jy aan die

petrolpedaal raak. Daar’s geen gewag virdie turbo om aan die gang te kom nie, endie ratverhoudings is goed gespasieer metkort, egalige oorgooie.

My ry­ervaring in die stad en op diesnelweg was een groot avontuur. Op diesnelweg was dit opvallend hoe stil sybinneruim is. Jy hoor skaars pad­, enjin­en windgeraas.

Die vering voel ferm, maar tog is dierit nie stamperig nie. (Kewer­entoesiastekan gerus die Maart­uitgawe van dieplaaslike Top Gear koop – twee skrywersvan dié publikasie het die einste Kewerwat ek bestuur het, na Die Hel in dieKaroo geneem – op die uitdagende “slegs4x4”­pad. Die Kewer het oorleef, sonderernstige beserings.)

Sy veiligheidskenmerke is omvangryken sluit stabiliteitsbeheer, wegtrekhulp enses lugsakke in.

Standaard­geriefstoerusting is maarsnoep. Snelheidsbeheer, agt luidsprekers,’n immo­alarmstelsel en lugreëling is om­trent so ver as wat dit gaan. Vir die resmoet jy ekstra hoes.

Die Kewer is geen winskopie nie, maardaar’s dinge waaraan aan ’n mens nie ’nprys kan heg nie. Soos die betowerendeskoenlappers­in­jou­maag­ekstase wat jybeleef agter die stuur van ’n Kewer.– Corlette Heyns

Die nuweNuwe Keweris meersportkoepeeen minderblommekindFOTO:QUICKPIC

Somerromansemet ’n Kewer

PRYS R240 100

ENJIN 1.2F-viersilinder-turbopetrol

RATKAS Sesgang-handrat,voorwielaandrywing

KRAG77 kW @ 5 500 r/min.en 175 Nm @ 1 550-4 100 r/min.

VERRIGTING0-100 km/h in10.9 sekondes en180 km/h topsnelheid

VERBRUIK 5.9F/100 km en137g CO2/km

BRANDSTOFTENK 55F

BAGASIEBAK 310F

NAVERKOPE

Driejaar- of 120 000km-waarborg, en vyf-jaar- of 60 000 km-diensplan. Versien elke15 000 km.

OORWEEG OOKAudi A1 1.4 TFSI At-traction, Mini CooperCoupé

Syfers

Volkswagen Kewer 1.2 TSI Design

Vervaardiger se syfers

Page 9: Rapport InRat 17 Maart 2013

10 InRat 17 Maart 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

PadToets

Die afgelope tien jaar het bakkiesomtrent in uitgerysde spiertiereontaard. Krag is nie meer genoeg

nie – grootte wys ook nou wie’s baas.Ek het die 3.2 liter turbodiesel 4x4 ou­

tomaties van Mazda op ’n pretrit na Xai­Xai in Mosambiek geneem, en sommermet die wegtrekslag verhewe gevoel. Jysien die wêreld anders as jy skielik injou bure se erf kan inkyk. Nie eens diegroot oranje Putco­busse kon my intimi­deer nie.

Hoewel ek meer van ’n “cruiser” is watdaarvan hou om dinge rustig te vat, hetdit nogal selfdissipline gekos om nie teen160 km/h voort te stoom nie. Die bakkiehet baie woema. Teen 140 km/h moet jynet ’n bietjie harder op die versnellerdruk om die jaagduiwels gas te gee – metswart dieselwolke wat uit die uitlaatpypbol wanneer jy in die groot syspieël kyk.

Die spieëls is maklik drie of vier keergroter as dié van ’n gewone motor. Ditlyk omtrent so groot soos my bromponiese sitplek. Vir my is die spieëls nood­saaklik, want die hoë bak en kappie be­

perk jou sig in die middelste truspieëtjieaansienlik. Gelukkig het die BT­50 ’nmusiekinstrument vir wanneer jy in tru­rat ry: Hoe nader jy aan iets agter joukom, hoe vinniger begin die instrumentpiep. Die spesiaal gemaakte kap met ge­tinte vensters kon agter en aan weers­kante sluit, sodat jy vinnig kan raakvatwat jy wil hê. My rugsak en die paarsakkies kruideniersware het bra verwesegelyk in die kort, breë bak – byna soosdie klompie Leeus­ondersteuners opCoca­Colapark verlede jaar. Met ’n breed­te van meer as 1,5 m is daar oorgenoegpakplek vir twee gesinne se bagasie – énhulle osse en esels.

Om die bakkie se tenk vol te maakruk natuurlik jou sak. Met ’n brandstof­tenk van 80 liter sal dit nou meer asR1 000 kos om hom vol te maak, endaarmee gaan jy omtrent 900 km ry. Metmy rustige styl was ek in my noppies omte sien hoe die dieselverbruik dag ná dagdaal, totdat die instrumentepaneel later ’nsyfer van 8.2 liter/100 km wys (in die outaal 12.2 km/liter). Dis natuurlik ook

danksy die feit dat ek en my bagasiesaam net sowat 100 kg geweeg het.

Wat voorkoms betref, het die nuwe

BT­50, wat plaaslik aanmekaar gesitword, nie meer aparte modderskermsnie. Dis nou een soliede bak met kurweswat pragtig gegiet is en ’n gladde, vloei­ende indruk wek. Ek is nie mal oor dievooraansig nie, en die agterkant kangaan met ’n Disprin.

Die instrumente is groot en maklikleesbaar, met heelwat inligting wat in dievierkantjie tussen die toereteller en snel­heidsmeter aangedui word. Die Blue­tooth­ radio­en­foonstelsel is maklik be­heerbaar danksy ’n paneeltjie op diestuurwiel wat jy met jou linkerduim kanverstel. Ek het meestal CD’s by die voor­laaier ingedruk, maar die bakkie het ook’n USB­sok.

Kort ná die verpligtinge by die grens­pos en die eerste billike tolhek in Mo­sambiek, moet ek besluit of ek diegrondpad oor Moamba na Xai­Xai gaanneem, of teerpad langs deur Maputogaan ry. Dit kos nie veel wik en weegvoor ek links draai nie. Teerpad is virmotors en ek is immers agter die stuurvan ’n vuurvreter­willewragtag.

Die grondpad begin kort ná Moamba…en dan begin die avontuur.

Die papnat pad word plek­plek ’nmoddersous wat al my konsentrasie verg– dis beslis nie ’n roete wat ek in diereënseisoen in ’n motor sal aandurf nie.Voor die dieper damme in die pad skakelek oor na 4x4 en ry dan deur ’n erewagvan bruin water. Anderkant uit skakel ekterug na 4x2 – ek geniet die verstellingssoos ’n kaptein op ’n militêre missie. Eenkeer begin die bakkie in die modder gly,maar gelukkig onthou ek die raad van ’nvriend: Wanneer jy na links gly, moet jydie stuurwiel na links draai, hoe vreemddit ook al voel. Die Mazda beur voortsoos ’n boot deur slik. Ek voel hoe myhart bokspring. Vrou­alleen, sonder ’nselfoon of kaart, op ’n afgeleë grondpadin ’n land van Shona en Portugees… dieavontuur is groot, werklik en verruklik.

Op ’n kol hou ek stil vir ’n trop beestewat die pad vol staan. Ek klim uit om ’nbietjie bene te rek. Toe dit later duidelikword dat hulle nie gaan beweeg nie, be­styg ek die bakkie en voer my Putco­be­weging met kalm deernis uit.

Die grondpad na Xai­Xai is sowat50 km korter, maar toe ek die aansluitingna die teerpad kry, is ek nie seker of eknoodwendig tyd gespaar het nie. Maardie bakkie spog nou met modder­ere­kleure. Wanneer ek met die tweespoor­sementpaadjie teen die beboste duin uitrytot by die vakansiehuis waar ek afsaal,vergeet ek die eerste keer dat ek ’n outo­matiese voertuig ry en trap die “koppe­laar” – die ABS­soort – lekker diep in.Dis net die sitplekgordel wat keer dat ekdeur die voorruit vlieg.

Wat is ’n avontuurbakkie sonder ’n biet­jie grimering? | FOTO: EPPY STRYDOM

Hoog& droog

WANNEER ’N MENS IN ’N SEDAN SIT EN ’N BULLEBAKKIETREK LANGS JOU IN, ERVAAR JY ’N GEVOEL VAN INTIMIDA­SIE, EN SOMS DINK JY OOK OOR DIE KLEINMANNETJIE­SIN­DROOM. MAAR KLIM SELF IN SO ’N BAKKIE EN KYK SOOS ’NKONING BO­OOR DIE KARRE UIT… EN MAAK KENNIS METJOU EIE ARROGANSIE. DEUR EPPY STRYDOM.

PRYS R474 500

ENJIN 3.2F-viersilinder-turbodiesel

RATKAS Sesgang-outo,vierwielaandrywing

KRAG147 kW @ 3 000 r/min.en 470 Nm @ 1 750-2 500 r/min.

VERRIGTING0-100 km/h in sowat11 sekondes en top-snelheid onbekend

VERBRUIK 9.1F/100 km en238g CO2/km

BRANDSTOFTENK 80F

BAK1.55 m lank en1.56 m breed.1 082 kg vragvermoë

NAVERKOPE

Vierjaar- of120 000 km-waarborg,en vyfjaar- of90 000 km-diensplan.Versien elke 15 000 km

OORWEEG OOK

Ford Ranger 3.2 TDCiXLT 4x4 outomaties;Toyota Hilux 3.0 D-4D4x4 outomaties; of dienuwe Isuzu

Syfers

Mazda BT­50 3.2 SLE 4x4 Dubbelkajuit

Cruzie­roer­my­nieDie Cruze­sedan het naam gemaak

met sy gawe prys, betreklik goeiebougehalte, ’n string standaard­

items en ’n vyfster­botstoetsgradering inEuropa. Maar gits, dis ’n oninspirerendestuk metaal. My ketel het meer houdingas dié knaap. General Motors het onlangsdie luikrugweergawe hier begin verkoop.Is hy opwindend?

Daar’s heelwat positiewe dinge wat diekortgat­Cruze ’n aantreklike opsie maakvir die gemiddelde salaristrekker. Sooshoe prakties sy binneruim uitgelê is, methope beenruimte vir die voorste en agter­ste passasiers en genoeg kopruimte virhemelbesems agter. Vier of vyf grootmen­se sal lag­lag van die Kaap tot in Mpu­malanga kan ry.

Die laairuim sluk 413 liter – dís grootvir ’n luikrug, en net ’n raps kleiner as

byvoorbeeld die Polo Vivo sedan s’n.Die sitplekke is lekker groot en ferm,

en die seilagtige bekleedsel van goeie ge­halte. As jou peuter se McFlurry onder­stebo op die sitplek land, gaan jy daremnie te veel swets terwyl jy die gemorsskoonmaak nie. Die leerstuurwiel vat lek­ker, maar die plastiek in die kajuit is tehard en goedkoop na my smaak.

Die 1.6 LS se standaardtoerusting sluitin ’n ritrekenaar, Bluetooth en ’n USB­prop, stuurwielbeheerknoppies met snel­heidsbeheer, elektriese ruite en syspieëls(wat boonop verhitbaar is), lugreëling en’n sentrale sluitstelsel.

Wat veiligheid betref, kry jy daardie al­lerbelangrike stabiliteitsbeheer, sluitweer­remme met remkragverspreiding en ’nvolle ses lugsakke.

Die 1.6 liter­petrolenjin se werkverrig­

ting is wat ’n mens verwag van daardiegrootte. Teen bulte uit moet jy die ratkie­rie woel om op dreef te bly. Die ratteskakel maklik en glad oor, maar op dieooppad het ek ’n sesde rat gesoek. Diekar voel stewig, en met die hantering en

stuur kan ek ook nie regtig fout vindnie. Daar’s min wat skeel met die Cruze­buks. Hy gaan dalk nie motorentoesiastese hartsnare roer nie, maar hy’s daremminder vaal as sy sedan­boetie. Vir ko­pers wat groter waarde heg aan funksio­naliteit as opwinding, sal dié waarde­vir­geld­luikrug nommerpas wees.

Jy kan mos altyd begin valskerm­spring as jy meer opwinding soek, ofhoe? – Corlette Heyns

PRYS R215 600ENJIN 1.6 liter-viersilinderpetrol; 91 kW en155 NmRATKAS Vyfgang-handrat, voorwielaan-drywingVERRIGTING 0-100 km/h in 12.8 sek. en188 km/h topsnelheid; 6.7 liter/100 kmOORWEEG OOK Ford Focus 1.6 Ambiente,Hyundai i30 GLS, Toyota Auris 1.6Xi

Een van die uitstaande kenmerke van dieluikrug­model is hope kopruimte agterFOTO: QUICKPIC

KitsToetsChev Cruze 1.6 LS luikrug

Vervaardiger se syfers

Page 10: Rapport InRat 17 Maart 2013

17 Maart 2013 InRat 11| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

MotorSport

Groen vlag vir Formule EenFormule Een

Vandag is D­dag vir vanjaar seFormule Een­seisoen, en teen die

tyd dat jy dié verslag lees, kan die uitslagvan die Australiese Grand Prix in Mel­bourne dalk al bekend wees.

Op grond van hulle vertonings in dieamptelike toetssessies in Spanje was diespanne van Mercedes en Ferrari beslisdie voorseisoen­gunstelinge, met McLarenen Lotus op hulle hakke, terwyl ForceIndia en die kampioenspan, Red Bull, be­stendig dog onopwindend gelyk het.

Ondervinding het egter geleer dié toets­sessies is geensins ’n barometer vir ren­pas nie, en daarom kan Red Bull nie on­derskat word nie. Verlede maand het onsvoorspel Mark Webber is die man omdop te hou, met sy spanmaat en die ver­dedigende kampioen, Sebastien Vettel, dienaasgunsteling.

Indien dit ’n warm Australiese herfs­dag is, kan bandeverwering ’n groot rolspeel, wat spanne met die beste strategiesal bevoordeel – veral Lotus en KimiRaikkonen, en Ferrari se Fernando Alon­so en Felipe Massa.

Maar wie weet, dalk kan Nico Rosbergen Lewis Hamilton hulle Mercedes­voor­vertoning ook in ’n rensege omskep, ter­wyl McLaren se Jenson Button kan ver­ras, mits sy motor hou.

Wêreld­tydrenreeks (WRC)Sébastien Ogier en Julien Ingrassia het

die veelsydigheid van hulle VW Polo Rverlede naweek bevestig deur die Mex­ikaanse tydren te oorheers. Die Fransepaar het 16 van die 23 trajekte gewen, endaarmee gewys die Polo is nie net goedop teer en sneeu nie, maar ook op gruis­paaie. Ná dié oorwinning, saam met ’ntweede plek in Monaco en ’n sege inSwede, is hulle nou in die WRC­reeks 31punte voor hulle naaste teenstanders, Sé­bastien Loeb en Daniel Elena (CitroënDS3), wat nie aan die Mexikaanse rondedeelgeneem nie.

Ogier was 3 min. 28.9 sek. voor MikkoHirvonen (Citroën DS3), met die BelgThierry Neuville (Ford Fiesta) wat sy eer­ste WRC­podiumplek behaal het.

Die vierde ronde in Portugal is van 11tot 14 April.

SA TydrenkampioenskapVars terug uit Brittanje, waar hulle met

’n Ford Fiesta WRC­motor aan die Mal­colm Wilson­Tydren deelgeneem en vyfdealgeheel geëindig het, het Mark Cronjé enRobin Houghton (Ford­Handelaarspan Fi­esta S2000) verlede week in die Total­tydren in snikhete toestande in KwaZulu­Natal koning gekraai. Die huidige SAkampioene het 10 van die 13 trajekte ge­wen en die ren meer as ’n minuut voordie staatmakers Jannie Habig en RobertPaisley (Basil Read­Ford Fiesta) voltooi.Derde was JP Dameaux en Hilton Auf­fray in hulle Span Total­Toyota Auris,wat hulle ook ’n sege in die S2000­uitda­ging besorg het.

Vir die Sasol Racing VW­span was dietydren ’n nagmerrie. Hergen Fekken enPierre Arries (VW Polo S2000) is ná ’nongeluk vroeg uit, en kort daarna is En­zo Kuun (met Guy Hodgson) ook van diepad af. Die jong Henk Lategan, saam metBarry White, het die VW­vlag hoog laatwapper en was Vrydagaand algeheel der­de, maar in Saterdag se eerste trajek hethy teen ’n brug gebots en hulle Polo hetaan die brand geslaan. Hulle was onge­deerd. Ook Johnny Gemmell­CarolynSwan se Castrol­Yaris het aan die brand

geraak ná ’n slegte landing wat die uit­laatstelsel gebreek en kragstuur­vloeistoflaat ontvlam het. Die vlamme is geblus,maar hulle kon nie voortjaag nie. Hullehet die volgende dag ingevolge Superally­regulasies weer deelgeneem en is uitein­delik dertiende geplaas.

In die tweewieldryf­kampioenskap virS1600­motors het die nuwelinge ThiloHimmel en Armand du Toit, in die nuut­ontwikkelde tydren­Toyota Etios verrasdeur die klas gerieflik te wen. Hulle isgevolg deur Guy Botterill­Simon Vacy Ly­le (Toyota RunX) en Ashley Haigh­Smith­Craig Parry (Ford Fiesta). Die volgendenasionale ren, die Sasol­tydren, is op 19en 20 April in Mpumalanga.

Nasionale VeldrenkampioenskapFord Racing se nuutontwikkelde Ford

Ranger het ’n droom­wêrelddebuut ge­maak deur die RFS 400­veldren, die eer­ste ronde in die Donaldson­ nasionaleveldrenreeks, oortuigend te wen in diehande van die jong Lance Woolridge enWard Huxtable.

Daarmee het die 21­jarige Woolridgeook die jongste jaer in die plaaslike veld­ren­geskiedenis geword wat ’n nasionalekampioenskapsren wen. En om alles tekroon was sy gesoute spanmaats ChrisVisser en Japie Badenhorst tweede in ’nsoortgelyke Ranger 5.0 V8.

Woolridge het ook die vinnigste tyd indie voorloper­tydtoets opgestel en dit op­gevolg met ’n foutlose vertoning in dieren. Visser en Badenhorst het petrol­drukprobleme met hulle Ranger ervaar,maar deurgedruk en van vyfde tot tweeplek opgeskuif. Malcolm Kock en JohanBurger was derde in ’n Toyota Hilux.

Die Ford­span het met dié vertoningdeeglik met hulle aartsvyande, die Cas­trol­Toyota Hilux­spanne van DuncanVos­Rob Howie en Anthony Taylor­Den­nis Murphy, afgereken.

Die spesiale voertuig­afdeling en klas Ais deur Clint Gibson en Gary Campbell(Dirt Components Porter) gewen, met diehuidige kampioene, Evan Hutchison­Da­nie Stassen (Motorite BAT Venom) twee­de, gevolg deur Lance Trethewey­CarlWichmann (LT Earthmovers BAT) enDaniel Brookes­Gavan Gray (Ducatus

Property BAT).Die volgende ronde in die reeks, die

nuwe Nkomazi 400, is op 12 en 13 Aprilin die distrik Malelane, Mpumalanga.

Motorsportman van die JaarDie Dakar­held Giniel de Villiers is

einde verlede maand as Bridgestone endie SA Gilde van Motorjoernaliste se Mo­torsportman van die Jaar aangewys vir2012. De Villiers, wat dié toekenning in2006 ook gewen het, is vereer vir sy der­de plek in verlede jaar se Dakar­ren,asook sy eerste plek in die klas vir pe­trolaangedrewe 4x4­voertuie.

Vanjaar se wenner van die Colin Wat­ling­toekenning vir uitstaande bydrae totmotorsport is Glyn Hall, motorsportbaasvan die Toyota­Motorsportspan wat verle­de jaar die Suid­Afrikaanse veldrenjaers,­navigators, en ­vervaardigerskampioen­skappe gewen het, tweede was in die na­sionale tydrenreeks en derde en tiendewas in die Dakar­ren.

In memoriam: Dave CharltonDave Charlton, een van Suid­Afrika se

suksesvolste en mees gerespekteerde ren­jaers, is einde verlede maand in die ou­derdom van 76 in Johannesburg oorlede.

David William Charlton, oftewel Char­lie, is in Yorkshire, Engeland, gebore,maar sy ouers het na Suid­Afrika geïm­migreer toe hy tien was.

Hy het in Springs grootgeword en in1960 op 24 aan sy eerste motorren, opdie Oos­Londense Grand Prix­baan, deel­geneem – en dit gewen. Hy het ook sylaaste wedren, een vir bekendes in 1990op die Zwartkops­renbaan, gewen.

Charlton het aan dertien Formule EenGrand Prix­wedrenne deelgeneem en wasononderbroke van 1970 tot 1975 Suid­Afrika se kampioenrenjaer.

Hy het in 1965 in sy eerste wêreldkam­pioenskap­Grand Prix gejaag en daarnatussen 1967 en 1975 aan nog ses Suid­Afrikaanse Grands Prix deelgeneem.Charlton het in 1971 in die Britse GrandPrix gejaag met ’n Lotus 72 in LuckyStrike en Sasol­kleure, en in 1972 aan dieFranse, Duitse en Britse rondes van dieF1­wêreldkampioenskap deelgeneem.– Ferdi de Vos

Scuderia Ferrari toets en oefen in Melbourne vir vanjaar se eerste Formule Een­ronde wat daar gehou word | FOTO: FERRARI

Dave Charlton, een van SA se suksesvol­ste renjaers, is verlede maand oorlede

Page 11: Rapport InRat 17 Maart 2013

sing

h&so

nsK

IA/4

071/

INRA

T-Ro

cks

12 InRat 17 Maart 2013