roeping&riglyne - vcho

20
ROEPING RIGLYNE & TERMYNBLAD VAN DIE VERENIGING VIR CHRISTELIKE HOËR ONDERWYS ISSN 1029-8754 Jaargang 69 Nr. 1 70 2019 VHO 1ste Kwartaal, 2021 Die Kat, Kasteel, Kaapstad as eertydse kultuursentrum

Upload: others

Post on 08-Jun-2022

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

ROEPING RIGLYNE&TERMYNBLAD VAN DIE VERENIGING VIR CHRISTELIKE HOËR ONDERWYS ISSN 1029-8754

Jaargang 69 Nr. 1

702019

VHO 1ste Kwartaal, 2021

Die Kat, Kasteel, Kaapstad as eertydse kultuursentrum

Page 2: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal, 2021 Roeping en Riglyne2

Psalm 47 is ʼn maskiel. Dit is ʼn besondere soort psalm wat oorkruis gesing word dat die dieper betekenis daarvan na vore kan kom. Dit word in tien verse verdeel wat verder in 2 dele saamgebring kan word:Deel AVers 2: Alle volke julle moet handklap. Julle moet skree tot God deur ʼn uitroep van jubel.Vers 3: Want JHWH Eljon is vreeslik, ʼn groot Koning oor die hele aarde.Vers 4: Hy onderwerp volke onder ons en nasies onder ons voete.Vers 5: Hy kies vir ons ons erfdeel die trots van Jakob wat Hy liefhet. SelaDeel BVers 6: Hy het opgegaan, God met ʼn skree JHWH met die klank van die Shofar.Vers 7: Julle moet sing tot God, julle moet sing. Julle moet sing tot ons Koning, julle moet sing.Vers 8: Want ʼn Koning van die hele aarde is God, julle moet sing ʼn MASKIEL.Vers 9: Hy regeer, God oor die nasies God sit op sy heilige troon.Vers 10: Die prinse van die volke vergader saam ʼn volk van die God van Abraham, want aan God behoort die skilde van die aarde Hy is hoog verhewe.

IN DIE SKRIFLIG:Psalm 47: Oorlogsbuit en oorlogskild gaan saam

Dr Michiel Durand

IN HIERDIE UITGAWEIn die Skriflig: Psalm 47 bl 2Reformasie en revolusie: Enkele gedagtes bl 4Gehoorsaamheid en verset in Bybelse Lig bl 8Die Nuwe Testament en burgerlike ongehoorsaamheid bl 11George Claassen ondersteun die strekking van Ben du Toit bl 13Marxisme in ons openbare onderwys bl 15Huwelik in Bybelse perspektief bl 18

Vervolg op bl. 3

Hierdie psalm vertoon sekere belangrike eienskappe:Ten eerste word daar verskillende woorde gebruik om na God te verwys: Die woord ELOHIEM wat letterlik gode beteken kom 8 keer voor. Ons vertaal hierdie woord as reël met die woord God. Die eienaam van JHWH word 2 keer gebruik. Die eienaam van God is JHWH en kan derhalwe nie vertaal word nie – veral nie vertaal word met HERE nie. Maar ʼn baie skaars woord word ook gebruik, naamlik die titel van God ELJON – wat vertaal word met die Allerhoogste. Die woord ELJON kom meestal voor in die Psalms.Wat hierdie psalm verder besonder maak is dat na God drie keer as die Koning verwys word.Opvallend in Psalm 47 is die twee keer wat die Hebreeuse woord KIE gebuik word – wat vertaal word met WANT.

Reformasie & Godverheerlikende kultuur en onderwys staan antiteties teenoor

Revolusie & Godonterende kultuur en onderwys

Page 3: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal 2021Roeping en Riglyne 3

gesing word bereik die singer die betekenis wat in die psalm verweef is.Die Septuaginta vertaal die Hebreeuse woord MASKIEL met INTELLIGENTE LIED – wat nie voldoende aandag gee aan die oorkruising spesifiek nie. Net so ook by die Afrikaanse vertaling wat die woord MASKIEL vertaal met ʼn LIED VAN ONDERWYSING – wat ook nie reg laat geskied aan die gedagte van oorkruising nie.In Psalm 47 is dit wel belangrik dat die verloop van die psalm as ʼn oorkruising van konsepte verstaan moet word – indien dit nie selfs in oorkruising gesing behoort te word nie. Dit gaan daarom dat Psalm 47 nie bloot verstaan moet word as vers 2 wat gevolg word deur vers 3 en daarna vers 4 tot en met vers 10 nie. Psalm 47 word in twee verdeel deur die merker SELA. Hierdie twee dele moet oorkruis word om die dieper betekenis te verkry. Daarom moet by Psalm 47 die volgende gebeur: Vers 2 moet gevolg word deur verse 6 en 7. Vers 3 moet gevolg word deur vers 8. Vers 4 moet gevolg word deur vers 9. En laastens moet vers 5 gevolg word deur vers 10.Wanneer ons dan in gedagte hou dat Psalm 47 ʼn maskiel is – dan moet ons DEEL A en DEEL B saam verstaan (selfs saam sing). Dit beteken dat verse 2 saam met verse 6 en 7 verstaan moet word. So ook moet vers 3 saam met vers 8 verstaan word. Asook vers 4 saam met vers 9 verstaan word. En laastens vers 5 saam met vers 10 verstaan word.Vers 2 daarna verse 6 en 7:Eers kry al die volke die opdrag om ʼn oorlogsgil aan te hef tot God en in die hande te klap (vers 2). Daarna hoor ons dat God opgaan en dat Hy ook ʼn oorlogsgil aanhef – maar God gaan op met die klanke van die Shofar (vers 6). En daarna word die volk van God opgeroep om te sing tot hul God en Koning. Hierdie opdrag is so

belangrik dat juis die volk van God tot Hom moet sing dat die opdrag vier keer herhaal word (vers 7).Deur die verloop van hierdie kombinasie van verse hoor ons ʼn toenemende geluid en geklank van oorlog – die oorlogskree en handklap van die heidene, die oorlogskree en Shofarklanke van God, en die viermaal aanhits tot sang van die volk van God – terwyl God opgaan.Verse 3 en 8 gee die rede waarom daar ʼn opdrag aan die heidene is om ʼn oorlogskree aan te hef en te handklap; en waarom daar ʼn opdrag aan die volk van God is om te sing; en waarom God opgaan met ʼn oorlogsgil en basuinklanke – en alles kom neer op die volgende: God is ʼn groot Koning oor die hele aarde – en JHWH die Allerhoogste is vreeslik.Die feit dat die heidenvolke se opdrag enersyds en die volk van God se opdrag andersyds, asook dat God tydens hierdie klanke opgaan en self ʼn oorlogskree aanhef – alles dieselfde rede het in verse 3 en 8 – naamlik dat JHWH die Allerhoogste vreeslik is en dat Hy ʼn groot Koning oor die hele aarde is – bied ʼn wonderlike samebinding van alle mense en God. Almal moet geluid maak – want God is Koning van die hele aarde – God is Koning van sy volk asook alle ander volke. Alle mense – gelowig en ongelowig word in verband met JHWH die Allerhoogste die vreeslike en groot Koning gebring.Verse 4 en 9 volg dan op mekaar.Hierdie twee verse leer ons hoe God die vreeslike en groot Koning oor alle mense – gelowig en ongelowig regeer: Eerstens hier op aarde – Hy werp die heidenvolke en nasies onder die voete van sy volk (vers 4). Tweedens in die hemel – God sit op sy heilige troon (vers 9). Trouens dit is waarheen God opgegaan het.Vervolg op bl. 5

Elke keer wanneer ons beveel word om te skree, uit te roep met jubel en te sing (verse 2 en 6) word die rede vir hierdie bevel gegee ten opsigte van ʼn kenmerk van hoedanig ons koning is:In verse 3 en 8 word die redes gegee waarom ons hierdie sing opdrag kry – naamlik dat God JHWH die Allerhoogste ʼn groot Koning is – en ʼn koning is oor die hele aarde.By die heidenvolke was dit anders. By die heidenvolke was dit die koning wat die god was – en die koning het slegs oor ʼn gedeelte van die aarde regeer.Ook opvallend in Psalm 47 is dat daar drie verskillende woorde vir volk gebruik word – naamlik AMIEM, GOJIEM, OMIEM. Die woord AM of meervoud AMIEM is die algemene woord van volk. Terwyl die woord GOJIEM gebruik word om na die heidenvolke te verwys. Die woord OMIEM word gewoonlik vertaal met nasies. Maar dit is beter om die woord OMIEM te verstaan as volke wat ook familiëel aan mekaar behoort.In Psalm 47 word dus drie woorde vir God gebruik en drie woorde vir volk gebruik. Dit is belangrik want die psalm gaan oor hierdie twee partye. Die mens en God – dit is die twee partye. In deel A word die mens in fokus gestel – in Deel B word God in fokus gestel.Hierdie tweedeling word veral duidelik gemaak deur die gebruik van die poëtiese merker SELA – wat tussen verse 5 en 6 gebruik word. Hierdie tweedeling is belangrik wanneer ons daaraan dink dat die psalm ʼn spesifieke soort psalm is, naamlik ʼn MASKIEL.Maskiel beteken om oorkruis te bind – ʼn oorkruising van soorte. Twee hande kan oorkruis wees – byvoorbeeld wanneer Israel Manasse en Efraim seën, dan oorkruis Israel sy hande tydens die uitspreek van die seëning van die twee seuns. Wanneer ʼn maskiel dan in oorkruising

Page 4: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal, 2021 Roeping en Riglyne4

Reformasie en revolusie: Enkele gedagtesFrancois van Zyl

KonteksDie stryd om beheer oor kommu- nikasie en inligting oorheers tans gebeure op die politieke en ideo-logiese terreine. ʼn Epiese stryd speel af rondom die bepaling van die algemene amptelike storielyn (“narratief”), die werksaamhede van die Waanbeweging (Woke movement), ‘drognuus’ asook, onder andere, ontwikkeling rondom omvattende data (“Big Data”), kunsmatige inligting (“Artificial Intelligence”). Binne die geraas van hierdie stryd word die dieper wortels van die menslike bestaan verberg – die stryd om die waarheid, ons beskawingstaak en die rol wat die magte van reformasie en revolusie in hierdie stryd speel. Die onderstaande lig enkele aspekte in hierdie verband uit.

Terug na die KultuuropdragDie Kultuuropdrag – om die Here se geskepte aarde te vul, onderwerp en te beheers – staan sentraal in hierdie debat. Die geskepte aarde is deur die Here voorberei sodat die mens dit verder kan ontplooi. So het hy nie net vir homself van voedsel, klere en ʼn woonplek voorsien en sy kinders geleer en opgevoed nie. Hy het ook tegnieke en prosesse ontwikkel en instellings geskep waardeur die hulpbronne wat die aarde bied ontwikkel en beheer kon word. Die mens is voortdurend besig om te orden, te beheer, gerief te bewerkstellig, mooi te maak, ensomeer. Die mens kry ʼn opdrag van die Here (sy Woord) en as antwoordgewende wese gee hy deurlopend ʼn antwoord op die Here se Woord. Hierdie antwoord weerspieël die mens se besef van sy verantwoordelik (mandaat), hoekom hy antwoord (doel en rigting) en hoe hy antwoord (wyse en mate).

KultuurOntplooiingswerk word omvat in die konsep ‘kultuur’ wat beskryf kan word as die proses en resultaat van die mens (binne ʼn bepaalde gemeenskap) se werksaamheid en aksies om beskikbare fisiese en geestelike materiaal te omvorm in iets wat deur ander mense gedeel kan word. Kulturele werk is dus om vorm te gee aan iets. Dit is ʼn voortdurende taak sonder ʼn einddatum. Vanuit ʼn ‘groep’ perspektief kan die konsep ‘kultuur’ verder gesien word as die geakkumuleerde, oor tyd gedeelde, kennis en ervaring van ʼn groep mense (insluitende gedrag, emosie en kognitiewe elemente) wat gebruik word om hulleself intern (t.o.v. groepdinamika) effektief te laat funksioneer, ten einde doelmatig alle eksterne probleme wat die groep se voortbestaan en ontwikkeling bedreig, aan te spreek. Dit wil sê, die onderling gedeelde basiese aannames wat die groep aangeleer het om effektief intern as groep te integreer en om ekstern aan te pas (om te oorleef en voort te bestaan). ʼn Situasie waar sulke aannames so goed werk dat dit beskou word as geldig en dus aan nuwelinge (nageslag of inkommers) in die groep geleer/oorgedra word. Kultuur is dus nie die einddoel nie maar ʼn middel om die doel (van sinvolle voortbestaan tot God se eer en verheerliking) te bereik. Dit is beide ʼn proses en resultaat van die proses.

BeskawingWaar ‘kultuur’ gerig is op vorm-gewing, het ‘beskawing’ te doen met die mate en koers van hierdie vormgewing (kultuurontsluiting). Hierdie mate en koers word

grootliks bepaal deur die tipe reli-gie wat op die beskawingsvormer se hart beslag gelê het. Dit is ʼn bekende en aangetekende feit dat die Christelike religie grootliks bygedra het tot volgehoue beskawingvorming – hoofsaaklik vanweë die feit dat die mens wat tot God se eer werk, volgens God se belofte geseën word.Die resultaat van hierdie beskawingswerk vind sy neerslag merendeels in die Westerse beskawing, in ag genome dat die Westerse beskawing soos dit vandag daar uitsien, ook die resultaat is van die werking van ʼn verskeidenheid van nie-Christelike magte, soos die invloed van die Griekse, Romeinse en die Frankiese/Germaanse kulture. Terwyl dit tans grootliks deur die Humanisme geïnfiltreer is, is die Joods-Christelike invloed op die Westerse beskawing nog steeds betekenisvol.Die geakkumuleerde, oor tyd gedeelde, kennis en ervaring van ʼn groep mense wat aangewend word om hulleself intern effektief te laat funksioneer, ten einde doelmatig alle eksterne probleme wat die groep se voortbestaan en ontwikkeling bedreig, aan te spreek, kan saamgevat word as die idees, praktyke en instellings wat vir daardie beskawing geld.

Page 5: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal 2021Roeping en Riglyne 5

Westerse idees, praktyke en instellingsDie idees, praktyke en instellings wat algemeen aanvaar word in die Westerse beskawing kan breedweg soos volg uitgebeeld word:

Vanuit ʼn Christelike perspektief word hierdie idees en praktyke gemeet aan die Bybelse beginsels van wat goed en sleg; waar en vals; reg en verkeerd; mooi en lelik; nuttig en waardeloos; gepas en onvanpas; opbouend en afbrekend; sinvol en onsinvol; ordelik en chaoties; eerbiedig en minagtend; verantwoordbaar en onaanspreeklik is, ensomeer. ʼn Ontleding van die ontwik-kelingsgang van samelewings-instellings in die Westerse be- skawing toon ʼn groeiende outo-nomiteit van onderdele van die stelsel, elke onderdeel met sy

eie kenmerkende doel, gesag en reëls. Gedurende die agrariese era (voor die Industriële Revo-lusie) het die grootfamilie (Gross- familie) die basis van die same-lewingsorde gevorm. Alle funk-sies, soos voedselproduksie; arbeid (die bewerking van die grond); verdediging van die stam/regspleging; opvoeding van die kinders; godsdiens; mediese versorging ensomeer is vanuit die stam verrig. So is die hele lewe binne die grootfamilie geleef en was al die lewensfunksies deel van die grootfamilie stelsel. Ná die Industriële Revolusie

krimp hierdie grootfamiliestelsel tot die gesin en word die ander lewensfunksies soos vervat in voeding, arbeid, verdediging, op- voeding, mediese versorging in afsonderlike strukture gevestig. Hierdie strukturele differensiasie-proses wat uitloop in afsonderlike samelewingstrukture en wat vir spesialisfunksies in die same-lewing voorsiening maak, is een van die belangrikste ontwikkelings in die mens se bestaan. In wese is dit ʼn kern gestaltegewing aan die mens se Kultuuropdrag om die aarde te vul, onderwerp en beheers.

Vervolg op bl. 6

Vervolg van bl. 3: Psalm 47Daarna kom die hoogtepunt van die psalm. Die afsluiting – naamlik vers 5 gevolg deur vers 10. Hierdie twee verse deel sekere hoogtepunte: Vers 5 verwys na Jakob – die stamvader van die volk Israel – en vers 10 verwys na Abraham – die stamvader van alle gelowiges. Daar is nog ʼn belangrike gemene deler: Vers 5 verwys na God wat uitverkies en aan sy volk ʼn erfdeel toeken – en

vers 10 verwys na God wat prinse uitkies uit die heidenvolke en ʼn volk van gelowiges saamstel.Maar dan is daar ʼn laaste verband tussen verse 5 en 10 – en dit is die verband wat gestel word tussen die erfdeel wat God uitkies en skenk aan sy volk – en God aan wie die skilde van die aarde behoort. Hierdie verband lyk moontlik aanvanklik vreemd – maar die sleutel is in die

verwysing na Abraham. Hierdie verwysing bring ons terug by die Koningslaagte waar Abram en Melgisedek mekaar ontmoet het voor die stad Salem ...In die Koningslaagte ontmoet twee partye mekaar: Melgisedek – die koningpriester van Salem – en Abram – die krygsheer met buit van die konings van Sodom wat hy oorwin het. Melgisedek bring die offer van brood en wyn Vervolg op bl. 10

Page 6: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal, 2021 Roeping en Riglyne6

Die ontwikkelingsgang van ongedifferensieerdheid na gedifferen-sieerdheid kan soos volg uitgebeeld word:

Vervolg van bl. 5: Reformasie en revolusie

Tekenend van gedifferensieerde samelewingsinstellings binne ʼn Christelike perspektief is dat elkeen uniek is; dat hulle nie hulle gesag as instelling van enige ander instelling verkry nie en steeds ook een samelewingsgeheel vorm (die beginsels van soewerein-in-eie-kring en enkaptiese vervlegting).Die wyse waarop die samelewing gestruktureer word, is die kernsaak in die debat oor beskawing en ontwikkeling. Soos verder aangedui sal word, is die aanslag teen die reformerende ontwikkelingsgang die regresssiewe mag om terug te val in die ontwikkeling en byvoorbeeld by die stamverband te bly, óf om die verdere differensiasie te herskep volgens utopiese menslike strewes. Beide alternatiewe is in wese revolusionêr omdat dit ʼn opstand is teen God en sy orde. Vir beskawingsontwikkeling om tot sy volle wasdom te kom, moet dit voldoen aan die beginsels (soos deur die reformerende denkers ontwikkel) van differensiasie (ontsluiting van die onontwikkelde en die vorming van nuwe dele), integrasie (versekering dat die individuele dele sinvol en koherent bydra tot die geheel en

ook in harmonie met die geheel bly in die ontsluitingsproses) en kontinuïteit (versekering dat daar geleidelike, standhoudende, aaneenlopende en ordelike verandering plaasvind). Beskawingsontwikkeling vir die Christen omvat dus die idees, praktyke en instellings wat vir hom oor eeue gewerk het om intern effektief as gemeenskap te integreer en ekstern as gemeenskap aan te pas, ten einde sinvol voort te bestaan op basis van hierdie beskawingsbeginsels.

Reformasie en revolusieWeens die Sondeval word beskawingsontwikkeling voort-durend deur verskillende magte teengewerk. So, word die beginsel van kontinuïteit aangetas deur die verkeerdelike siening dat genoeg ontwikkeling gedoen is ten opsigte van die idees, prak-tyke en instellings van die huidige beskawing met gevolglike ver-starring en agteruitgang in be-skawingsontwikkeling. ʼn Gedagte wat nie in lyn is met die oogmerke van die Kultuuropdrag nie, as-of die Kultuuropdrag klaar sy doel gedien het. Alternatiewelik word daar terugbeweeg in die ontwikkelingsgang na ʼn meer on-gedifferensieerde toestand, iets

wat in stryd is met die reforme-rende beginsel van voortdurende ontwikkeling.ʼn Belangrike kenmerk van Refor-masiewerk is die voortdurende evaluering van ontwikkelingswerk wat gedoen is ten opsigte van idees, praktyke en instellings en die indentifisering van verdere verbetering daarvan. Vandaar die strewe na “Semper Reformanda” (altyd reformerend). Daar kan nie beweer word dat ʼn spesifieke idee, praktyk en instelling nou genoegsaam is en vir ewig geldig sal wees nie, want die mens leef immers in ʼn sondegebroke wêreld. Wat wel gesê kan word, is dat dit wat die mens tans het, breedweg die beste tot in hierdie stadium binne die gebroke werklikheid is, gegewe die omstandighede en ontwikkelingsvlak in ʼn bepaalde beskawing. Die aanslag teen reformerende werk word egter veral ook ge-openbaar deur die miskenning van die beginsels van differensiasie en integrasie. Warse sienings oor die verhouding tussen samelewingsinstellings (wan-voorstelling van die geheel-dele verhouding waar een instelling al die ander instellings as ondergeskiktes insluit; bv. Kom-munistiese staat; Roomse kerk; Volk-/stamverabsolutering ens.), die verskuiwing van die unieke doel van instellings, asook die omkering van die rol van gesag binne instellings, is maar enkele voorbeelde hiervan. Wat hierdie aanslag verder ingrypend maak, is nie net die feit dat mense verskil ten opsigte van die oorspronklike orde soos God dit daargestel het nie, maar selfs beweer dat daar geen orde is nie. Dit debat is dus nie meer oor die feit dat daar ʼn ander waarheid is nie maar eerder dat daar geen waarheid is nie. Inderdaad, het ons nie te make met ʼn Copernicaanse

Page 7: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal 2021Roeping en Riglyne 7

omwenteling nie maar veel eerder ʼn totale omkeer van die orde. Ten diepste die aard van revolusie.

Bedreiging teen Reformasie binne eie konteksIn eie konteks word die idees, praktyke en instellings van ʼn Christelik Westerse beskawing tans deur drie denkraamwerke en waardestelsels bedreig, naamlik:• Die tradisionele Afrika

stamkultuur (tipe van volk-/stamverabsolutering);

• Marxisme/Kommunisme/So-sialisme in die huidige mani-festasies daarvan; en

• ʼn Verskeidenheid radikale lewens- en wêreldbeskouings wat oor die afgelope eeu na vore getree het, wat breedweg as sekulêre postmodernisme beskryf kan word.

Hierdie denkraamwerke werk individueel en soms in kombinasie teen Christelik reformerende werk in. Hoewel dit nie so opvallend is as veral in Wes-Europa nie, kan die bedreiging

van Islam (radikale Moslem teokrasie) in die toekoms groter word. Daarby kan voorsien word dat die Chinese denkraamwerk/waardestelsel, wat hoofsaaklik geskoei is op ʼn mengsel van Sosialisme/Kommunisme en die Confucianisme (met hulle klem op die familie), ook in die toekoms by hierdie ontleding gevoeg sou kon word.Hierdie bedreiging binne die Suid-Afrikaanse konteks kan breedweg soos volg saamgevat kan word:

Tradisioneel Afrika stamkultuur Kommunisme/Sosialisme Sekulêre postmodernismeIdees en praktyke:Negering van die individu; geen privaateienaarskap, individuele verantwoordelikheid, diverse leefstyl, geloofsbelydenis of private geloof nie; min/geen keusevryheid; (almal moet deelneem aan die publieke ritueel; onverdraagsaamheid teenoor andersdenkendes en andersdoeners); Jy is slegs “mens deur ander mense” (Ubuntu) en kan slegs vry wees as jy jou onderwerp aan die wil van die gemeenskap.

Idees en praktyke:Volledige beheersing van denke en aksies van die staatsburgers; Geen privaateienaarskap nie; Welvaart “herverdeling” eerder as om welvaart te skep; Doelwit nie om almal ewe ryk te maak nie maar eerder om almal ewe arm te maak (uitgesonder natuurlik die heersende elite); Strewe na ʼn utopie van vryheid, gelykheid en broederskap.

Idees en praktyke:Leuenagtige rewolusionêre denkwyse waar die opstandige “vrye” vergoddelikte sondelose individu die orde en strukture (wat nie deur die mens daargestel is nie) wil vernietig en vervang deur ʼn utopiese orde van vryheid, gelykheid en eenheid. Onder die pretensie van hierdie “lofwaardige” beginsels vernietig hy op militante, intolerante wyse alle teenstand daarteen om homself te dien.

Instellings:Ongedifferensiëerde stamverband gebaseer op sakraliteit en magiese kragte met groepslojaliteit en groepharmonie as hoogste waardes;Geen burgerlike samelewingsinstellings nie, slegs die oorkoepelende, omvattende en ingeslote gemeenskap “people”.

Instellings:Vernietiging van die burgerlike samelewings-instellings; Verstaatliking van die samelewing ter bereiking van ʼn totalitêre en utopiese toestand waar die staat alle geestelike, sedelike en ander lewensbetrekkinge reël en ondergeskik stel aan die offisiële ideologie van die party/diktator; Die staat is sentraal tot ekonomiese ontwikkeling, die nasionale identiteit en sosiale welvaart en word gebruik as instrument om die ekonomie te bevry van “uitbuitende eksterne magte” en dit sogenaamd in die hande van die inheemse bevolking te plaas.

Instellings:ʼn Gedekonstrueerde losse globale versameling individue binne ʼn vrye, gelyke, geslaglose, raslose en staatlose gemeenskap onder gesag van die vergoddellikte individu.

In kort, hierdie drie magte poog om Christelik reformerende werk te verhoed en sien die draers van die Christelike Westerse beskawing in Afrika as die belangrikste struikelblok om hulle utopie van vryheid,

gelykheid en broederskap (binne een groot stam “people”/ staat/gedekonstrueerde samelewing) te verwesenlik.

Wat staan ons te doen?Dit sou belangrik wees dat

die Kultuuropdrag opnuut verstaan word – dat ons ʼn verantwoordelikheid ten opsigte daarvan het, dat dit tot eer en verheerliking van die Here uitgevoer moet word en dat ons dit voortdurend moet nastreef.Vervolg op bl. 12

Page 8: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal, 2021 Roeping en Riglyne8

Gehoorsaamheid en verset in Bybelse LigGeneem uit: Die Protestantse staatsbeskouing en verset, VCHO-publikasie

Gehoorsaamheid aan die staatsowerheidDie Calvinistiese eis van ge-hoorsaamheid aan die gesags-instellinge wat oor die mens gestel is, wentel rondom Romeine 13:1-7. Dit lui, volgens die 1953-vertaling, soos volg:1. Laat elke mens hom onderwerp

aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel,

2. sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.

3. Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang;

4. want hy is ʼn dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ʼn dienaar van God, ʼn wreker om die een wat kwaad doen te straf.

5. Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete.

6. Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is.

7. Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is; belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.

Wat die plig van die onderdaan teenoor die staatsowerheid betref, bepaal die tweede gedeelte van artikel 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis soos volg:“Verder is elkeen, van watter hoedanigheid, toestand of staat hy ook mag wees verplig om hom aan die owerhede te onderwerp, belastings te betaal, aan hulle eer en eerbied te betoon en hulle

gehoorsaam te wees in alles wat nie stry met die Woord van God nie; vir hulle voorbidding te doen, sodat die Here hulle mag bestuur in al hulle weë en ons ʼn rustige en stil lewe kan ly in alle Godvrug en waardigheid. Hierin verwerp ons die Wederdopers en ander oproerige mense en in die algemeen almal wat die owerhede en regeerders verwerp en die regterlike gesag omver wil werp, die gemeenskap van goedere invoer en die eerbaarheid wat God onder die mense ingestel het, in verwarring bring.”In verskeie Calvinistiese geloofs-belydenisse word die hooflyne van die gehoorsaamheidsplig in artikel 36 verwoord. Die Boheemse Geloofsbelydenis van 1609 bepaal in artikel 16 dat dit beveel word in Gods Woord dat almal gehoorsaam moet wees aan die owerhede in alle dinge – egter alleen in die dinge wat nie stry teen God en sy Woord nie. Wat die geloof en belydenis betref verklaar dié belydenis, dat die mense slegs gehoorsaam moet wees aan Gods Woord en hul leraars, soos Christus self sê: “Gee aan die keiser wat die keiser toekom en aan God wat

God toekom.” Indien iemand die gelowige sou dwing om dinge te doen wat teen God ingaan en stry met Sy Woord, wat ewig bly, laat hulle leer om die Apostels se voorbeeld te volg wat vir die magistraat van Jerusalem geantwoord het dat dit betaamlik is om God meer gehoorsaam te wees as die mense.Die Teses van Zwingli van 1523 lui dat die wêreldlike owerheid mag het en bevestig word uit die leer van Christus. Alle Christene is gehoorsaamheid verskuldig aan die owerheid, niemand uitgesonder nie, dit wil sê in soverre die owerheid nie iets teen God gebied nie.Dit is opvallend uit al hierdie verwysings dat die gehoorsaam-heidsplig telkens gekwalifiseer word met verwysing na Hande-linge 5:29: “... Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense”.Die vraag is egter: “Wat was Calvyn se standpunt met betrekking tot die onderdaan se verset teen die staatlike owerheid?”

Calvyn se burgerlike versetleerCalvyn gaan van die standpunt uit dat God meer gehoorsaam moet word as die menslike gesagsdraers. Wanneer die menslike gesagsdraers bevele gee wat indruis teen die norme soos deur God gegee, moet die gesagsonderdaniges weier om hieraan gehoorsaam te wees.Eerstens is dit opvallend, by die eksplisering van Calvyn se versetbeskouing, dat private individue en groepe as sodanig geen reg van verset teen die owerheid het nie, selfs al sou die vors sy gesag misbruik. Gewapende verset onder hierdie omstandighede sou neerkom op verset teen God self. Elke

Page 9: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal 2021Roeping en Riglyne 9

owerheid is ʼn dienaar van God – selfs al is dit ʼn tirannieke of roofsugtige bewind. Selfs al sou die onderaan lyding en verontregting verduur vanweë die pligsversuim van die owerheid, sou verset steeds ongeoorloof wees. Hiermee verskoon Calvyn hoegenaamd nie die onregplegende owerheid nie, want so ʼn owerheid sal op die regte tyd sy straf ontvang. In sy Institusie (4:20:31) skryf Calvyn:Hierdie verbiedinge, ja vrome gesindheid is ons tot die uiterste verskuldig aan al ons owerhede, hoedanig hulle ook is. ... Daarom, indien ons deur ʼn hardvogtige vors wreed onderdruk word, indien ons deur ʼn hebsugtige of weelderige owerheid beroof en geplunder word, indien ons deur ʼn sorgelose owerheid verontagsaam en uiteindelik deur ʼn goddelose en heiligskennende owerheid onderdruk word ter wille van ons vroomheid, dan moet in eerste plek die gedagte in ons opkom van ons sonde, wat sonder twyfel deur sulke gésels van die Here gekasty word. Dan sal die ootmoedigheid ons onlydsaamheid beteuel. Verder moet ook hierdie gedagte in ons opkom, dat dit nie vir ons is om sulke rampe te genees nie, maar dat dit slegs vir ons oorbly dat ons die hulp van die Here inroep in wie se hand die harte van die konings en die neigings van die koninkryk is (Spreuke 21:1). God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode (Psalm 82:1).

Vir die individuele burger geld die woorde parendum et patiendum, met ander woorde Calvyn erken nie die reg van aktiewe verset en opstand van die individuele burger nie.Tweedens is dit opvallend dat Calvyn op dié uitgangspunt een belangrike uitsondering maak, naamlik dat God meer gehoorsaam moet word as die mens:“Maar by die gehoorsaamheid wat die mense, soos ons bepaal het, aan die heerskappy van die owerhede verskuldig is, moet

altyd hierdie uitsondering gemaak word, of liewer hierop veral gelet word, dat die gehoorsaamheid ons nie mag weglei van die gehoorsaamheid aan Hom ...” (Institusie, 4:20:32).Hiermee word die onderdaan nie alleen veroorloof nie, maar inderdaad verplig om bevele wat indruis teen die Woord van God te verontagsaam. Slegs hierdie bepaalde bevel mag dan verontagsaam word, met die geduldige lyding wat daarop mag volg. Calvyn stel hiermee dus die beginsel van passiewe verset. Hy stel dit met verwysing na Handelinge 5:29 dat die individu homself moet troos met die gedagte dat hy dan die gehoorsaamheid betoon wat die Here eis, wanneer hy alles ly eerder as om “af te wyk van die vroomheid” (Institusie, 4:20:32).Die derde belangrike komponent van Calvyn se versetleer is daarop ingestel dat die reg van aktiewe verset slegs uitgaan van die ingestelde magistratus populares. Hierdie ampte was feodale reste van stande-verteenwoordiging wat selfstandige ampte gevorm het en, soos die staat, verplig was om reg te vorm en te handhaaf met ʼn dwingende gesag wat van God ontvang is.In die sestiende eeuse staats-lewe het dié owerhede as volksowerhede gefunksioneer. Volgens Calvyn het hulle, volgens hul owerheidskarakter, die bevoegdheid besit om die volksvryhede met die swaardmag teen die regerende vors te verdedig.Die relevante gedeelte uit Calvyn se Institusie (4:20:31) lui in die Nederlands soos volg:Ik spreek steeds over particuliere personen. Want indien er nu enige volksmagistraten zijn aangesteld om de willekeur der koningen te verdwingen ... en zoals wellicht de macht is, die bij de tegenwoordige stand van zaken in ieder koninkrijk

de drie stenden bekleden, wanneer ze hun voornaamste vergaderinge houden, dan is het er zover vandaan, dat it hun zou verbieden in overeenstemming met hun plicht de woedende ongebondenheid der koningen tegen te gaan, dat ik veeleer beweer, dat, indin zij het door de vingers zien, wanneer de koningen met gewelddadigheid optreden en het arme volk kwellen, hun veizen, dat ze het niet opmerken, niet vrij is van misdadige trouweloosheid: want dan verraden zijn bedriegelijke de vrijheid van het volk, van welke ze weten, dat ze haar volgens Gods ordinantie behoren te beschermen.

Calvyn se standpunt oor die reg van verset, kan soos volg saamgevat word:Alle burgers het die reg tot passiewe verset slegs wanneer die bevele bots met die gebooie van God.Slegs die volksowerhede (magi-stratus populares) het die reg van verset met wapengeweld teen die owerheid. Volgens Calvyn is die individuele burger nie toegerus met die swaardmag nie en kan die burgery hom nie verder wend as passiewe verset nie.Die vraag is nou of die verdwyning van die amp van magistratus populares die einde van die reg tot aktiewe verset laat verval het.Volgens die Nederlander, De Gaay Fortman, met verwysing na Romeine 13:4, moet die Griekse woord exousiai só verstaan word dat die toetssteen vir verset bepaal word deur die woorde “jou ten goede”. Waar die politieke gesagsdraers nie meer besef dat die gesag in belang van die staatsburgers uitgeoefen moet word nie, daar hou dit op om owerheid te wees. De Gaay Fortman wys daarop dat dit goed is dat ons in die eeu van die totalitêre staat daaraan herinner word dat slegs die gesag wat die toets van “jou ten goede” deurstaan, in die sin van Romeine 13, owerheid is. Nie elke politieke maghebber is owerheid nie.Vervolg op bl. 10

Page 10: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal, 2021 Roeping en Riglyne10

In sy bekende werk Ongeloof en revolusie wys die Nederlandse Christen-staatsfilosoof, Groen van Prinsterer, daarop dat gesag nie sinoniem is met oormag en geweld nie. Hy voeg by:... maar ek wil geen uitlegging (van Romeine 13) onderskryf wat ons sou verplig om die booswig wat die moordtuig voorhou, gehoorsaam te wees, of die gekroonde rower, wat gister die wettige vors verdryf het, vandag as ʼn deur God ingestelde gesag te beskou nie.Hieruit blyk duidelik dat aktiewe verset teen die owerheid, volgens Romeine 13, dus onder bepaalde omstandighede geoorloof is; selfs die verpligting om in opstand te kom waar die eer van God dit vereis, mits sodanige verset deur die volksleiers as volksverset van stapel gestuur word.

Implikasies van die Calvinis-tiese versetleerWaar die owerheid die publieke regsorde eensydiglik handhaaf, of vanweë die verval van die staatsowerheid se vermoë om

wet en orde te handhaaf, sou daar ʼn plig op die burgery wees om die staatsowerheid met ʼn meer effektiewe regeergesag te vervang.Indien die reg en orde verval, sodat die individu nie seker is van sy lewe, goed of naam nie, maak die owerheid hom skuldig aan ampsversuim. Dan mag die burgery in verset kom.Ook in die geval van ʼn owerheid wat die staatsburgery se vryheids-fere ontneem en die burgers onderdruk, sou wapengeweld as geoorloof beskou word.Die taak wat op die Christelike volk se skouers rus het L. van der Walt by geleentheid soos volg geformuleer:... die Christelike beskawingsmon-dige burgery sal toesien dat hul owerheid hul nie sal dwing om die mens meer te gehoorsaam as God nie. Die owerheidsgesag word hier vanself getemper deur die goed geordende volksinvloed. Die suiwer denkende Christenburger het in die verlede nog altyd ʼn ruime volksinvloed op die staatsbeleid, in die geheel en in die besonder gehad.

Dit wil dus blyk dat, waar die beskawingsrype Christen-burgers deur polities-onmondiges deur middel van naakte magsdruk getiranniseer word, massa-optogte gehou word wat op ʼn onbeteuelde wyse tot roof, plundering en geweld lei en die staatsowerheid dit gedoog, sonder om in te gryp en reg en orde te handhaaf, die tyd vir Christen-burgers aangebreek het om met aktiewe verset hulself teen die staatsowerheid van die dag te verset.Vir die Calvinis geld immers die waarheid dat gesag onder mense, deur geweld verkry, geen gesag is nie, maar wel oormag. Niemand mag oor sy eie persoon of oor iemand anders beskik behalwe deur die wil van God nie. In sy werk, De overheid, stel A. Kuyper dit soos volg:Zoo gaat dus Gods souverein gezag over geheel onzen persoon in al onze verhoudingen, waarin we tot andere personen staan en steeds is het God zelf, die omnipraesent ons Zijnen wil oplegt en absolute onderwerping aan dien wil eischt.

Vervolg van bl. 5: Psalm 47na Abram en Abram gee ʼn tiende van die buit aan Melgisedek. Hierdie verloop van die ontmoeting tussen Melgisedek en Abram word in die konteks van JHWH die Allerhoogste gestel – dit gebeur in Genesis 14:20 waar Melgisedek God seën: Geseënd is God die Allerhoogste wat jou vyande in jou hand gegee (MAGAN) het. Sodoende word Abram se oorwinning oor sy vyand in verband gebring met JHWH wat Abram geseën het met hierdie oorwinning. In Genesis 15:1 word dit voortgesit: En na hierdie dinge het die woord van JHWH tot Abram in ʼn gesig gekom en gespreek: Vrees nie Abram Ek is ʼn skild (MAGEIN) vir jou en jou loon is baie groot.In verloop van die gebeure in die Koningslaagte word die verband

gestel tussen God wat oorlogsbuit gee en God wat ʼn skild is vir die gelowige kryger. Hierdie verband word veral heg gemaak in Genesis deur gebruik te maak van dieselfde stamwoorde vir gee (MAGAN) en skild (MAGEIN).In Psalm 47 word die verband tussen God wat oorlogsbuit gee aan sy gelowige krygers – en God wat die skild is vir sy gelowige krygers – verkry deur die feit dat Psalm 47 ʼn maskiel is. Dit beteken dat vers 5 en vers 10 saam verstaan moet word.In vers 5 leer ons dat God die heidenvolke se grondgebied as erfdeel aan sy gelowiges skenk – letterlik onder hulle voete werp. Daarna leer ons in vers 10 dat aan God al die skilde van die aarde behoort. Sodoende word God

se handeling van gee van buit deur middel van die oorwinning van sy gelowige krygers oor die heidenvolke – in verband gebring met God as skild vir sy volk.Treffend is dat die meervoud gebruik word vir skild – naamlik skilde – want God versamel nie net een volk meer nie – maar Hy versamel prinse van talle volke wat vergader – en God is ʼn skild vir elkeen van hulle. Aan God behoort die skilde van die aarde. Hy sal die buit aan al sy krygers oor die aarde skenk. Oorlogsloon en die skild van oorwinning gaan saam.

Want JHWH Eljon is vreeslik, ʼn groot Koning

oor die hele aarde.

Page 11: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal 2021Roeping en Riglyne 11

Die Nuwe Testament en burgerlike ongehoorsaamheid

Verbatim-uittreksel uit die verhandeling: “Burgerlike ongehoorsaamheid in die lig van die gereformeerde etiek” deur mev. S.C. de Bruyn (November

1992:92-95), met goedkeuring

InleidingIn die Nuwe Testament is daar in die historiese literatuur, in die leerstellige geskrifte en die profetiese-apokaliptiese literatuur belangrike uitsprake wat met burgerlike ongehoorsaamheid verband hou. In die historiese literatuur word veral aandag gegee aan Handelinge 4:19-20 en 5:29. In die leerstellige geskrifte word die betekenis van die uitsprake in Romeine 13:1-7, 1 Timoteus 2:1-2, Titus 3:1 en 1 Petrus 2:13-17 ondersoek. In die profeties-apokaliptiese literatuur word Openbaring 13 ondersoek.

Die historiese literatuurDie belangrikste uitsprake in die historiese literatuur is dié in Handelinge 4:19-20 en 5:29. Vanweë die nou verband tussen die twee gedeeltes sal hulle saam behandel word.Die Joodse Raad het Petrus en Johannes verbied om die evangelie van verlossing deur Jesus Christus te verkondig (Hand. 4:18). Die twee apostels het daarop geantwoord: “Julle moet maar self besluit wat voor God reg is: om aan julle gehoorsaam te wees of aan God. Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie” (Hand. 4:19-20). Deur dit te sê, ontken hulle nie die gesag van die Joodse Raad nie, maar maak hulle dit ondergeskik aan dié van God (De Villiers, 1977:113). Hierdie vraag moet dien om die lede van die Joodse Raad voor die aangesig van God te stel en tot insig ten opsigte van hulle goddelose weg te bring (Grosheide, 1950:67).Die apostels het met hulle optrede voortgegaan (Hand. 5:12-16).

Die noodwendige gevolg was dat hulle weer deur die Joodse Raad in hegtenis geneem is. Toe hulle tot verantwoording geroep is, het hulle, in aansluiting by wat hulle reeds volgens Handelinge 4:19-20 gesê het, die Joodse Raad geantwoord met die uitspraak wat in ʼn sekere sin as locus classicus oor burgerlike ongehoorsaamheid beskou kan word. “ʼn Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!” (Hand. 5:29). In hierdie woorde word ʼn beginsel vasgelê wat vir geen misverstand vat- baar is nie, naamlik dat gehoor-saamheid aan God altyd prioriteit bo gehoorsaamheid aan mense geniet.In die 1983-vertaling lui die uitspraak: “ʼn Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!” In die 1953-vertaling word meer in plaas van eerder gebruik. Hoewel albei vertalings moontlik is (Louw & Nida, 1989: 688, 794), gebruik die meeste verklaarders, onder andere Calvyn (1970:103) en Eloff (1982:71) meer in plaas van eerder.Die woord meer (mallon in Grieks) dui daarop dat Petrus nie die onderwerping aan die owerheid ontken nie, maar er-ken ʼn meerdere, belangriker gehoorsaamheid, naamlik gehoor- saamheid aan God (Eloff, 1982: 71). Calvyn (1970:183) beklem- toon ook die feit dat om God te gehoorsaam, die onderdaan ook gehoorsaamheid aan die dienaar van God moet bewys. Maar steeds bly dit: in die eerste plek gehoorsaamheid aan God en dan in die tweede plek gehoor-saamheid aan die dienaar van God.

Die gehoorsaamheid aan God moet voorrang geniet bo enige ander gehoorsaamheid aan ʼn menslike gesagsinstansie soos die Joodse Raad. Die Wil van God was vir die destydse Jode die maatstaf van wat goed en reg is (Harrison, 1975:99; De Villiers, 1977:91). Dog die Joodse Raad stel God se gesag ondergeskik aan hulle eie besluite (Calvyn, 1970:147; Harrison, 1975:86).Die owerhede wat deur God in hulle ampte aangestel is, moet gehoorsaam word, want die gehoorsaamheid aan God kom ook tot openbaring in gehoorsaamheid aan die dienaars van God. Indien owerhede erns maak met hulle amp sal hulle God gehoorsaam en nie eise aan hulle onderdane stel wat teen God se wet indruis nie (Calvyn, 1970:183). Hulle sal so optree dat hulle God, die hoogste Koning, Vader en Here sy plek nie ontneem nie (Calvyn, 1970:148). Maar indien die owerhede God nie bo alles eer en sy Wil eerbiedig nie, moet hulle net gehoorsaam word in soverre hulle nie God se gesag krenk nie (Calvyn, 1970:183). Daarom, al verbied die Joodse Raad die prediking van die apostels, kan Petrus en Johannes nie anders nie as om aan God gehoorsaamheid te betoon, die Joodse Raad se verbod (te – Red.) verontagsaam en voort te gaan om deur prediking en wonderdade Jesus Christus as Verlosser en Saligmaker te verkondig, want dit is immers die Wil van God (vgl. Hand. 1:8; Grosheide, 1950:67).Die onderwerping aan die owerhede is gewoonlik in har-monie met die gehoorsaamheid

Page 12: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal, 2021 Roeping en Riglyne12

aan God, maar hierdie gebeure in Handelinge 4 en 5 is die uitsondering (Eloff, 1982:71).Die Joodse Raad het die apostels toe laat slaan en hulle vrygelaat. Hieruit blyk dat die apostels ook moes ly en bereid was om te ly ter wille van hulle meerdere gehoorsaamheid aan God. Trouens, hulle was selfs bly dat hulle dit kon ondergaan (Hand. 5:41). Hier was geen sprake van aktiewe verset teenoor die owerheid nie. Hierteenoor word

daar in hierdie eeu op aktiewe verset beroep gedoen, indien die owerheid nie in ooreenstemming met God se Wil, volgens die mens se oordeel, sou optree nie (onderstreping deur Red.).

SamevattingUit die optrede van die apostels voor die Joodse Raad blyk die volgende duidelik:• gehoorsaamheid aan God het

vir hulle voorrang gehad bo

gehoorsaamheid aan mense of ʼn menslike gesagsinstansie, gevolglik kan daar sprake wees van meerdere gehoor-saamheid aan God;

• gehoorsaamheid aan God was die enigste rede waarom die bevel van die Joodse Raad nie gehoorsaam is nie;

• die apostels was bereid om te ly en het ook gely vanweë hulle besluit om aan God meer gehoorsaam te wees as aan mense.

Voorts sou dit belangrik wees om die proses en resultaat van kultuurvorming en beskawingsontwikkeling weer onder aandag te bring, asook die idees, praktyke en samelewingsinstellings wat uit ʼn Christelike beskawing voortvloei. In samehang daarmee ook om duidelikheid te verskaf oor die wyse waarop kultuurvorming en beskawingsontwikkeling bedreig word.In die finale instansie sou dit belangrik wees om die beginsels van differensiasie, integrasie en kontinuïteit in beskawingsontwikkeling toe te pas. Méér duidelikheid oor wat ons te doen staan, is egter maar net deel van die oplossing. Baie meer dinkwerk sal gedoen moet word oor hoe dit gedoen

moet word, sowel as die verantwoordelikheid ten opsigte van hierdie belangrike taak. Meer as ooit word dit nou duidelik dat die Christelik-Westerse beskawing in ʼn doodstryd betrokke is. Die voer van so ʼn stryd vereis strategie in die ware sin van die woord. Strategie voorveronderstel moei- lik versoenbare (soms totaal on- versoenbare) en dus oppone-rende wille wat streef na teen-stellende belange en doelwitte en sodoende konflik veroorsaak. Die opponerende wille monster mag en wend dit op kreatiewe wyses aan vir die een om sy wil op die ander af te dwing of om die situasie sodanig te beheer dat hy sy doelstellings vis-a-vis die ander kan bereik. Strategie is ʼn denkwyse en nie ʼn plan nie. Planne volg uit ʼn

denkwyse wat daarna uitgevoer word en uiteraard deurentyd gemonitor en geëvalueer word. Strategie is die keuses van taktieke en in die finale instansie die patroon van besluite oor tyd. Dit gaan oor posisionering in die toekoms. Vir die voortbestaan van die Christelike beskawing is ʼn strategie (ontwerp en uitvoering daarvan) van kardinale belang. So ʼn strategie behoort in samewerking met ander beskawingsbeskermers, waar hulle ookal is, ontwikkel te word. Dit behoort ook alle belanghebbers binne al die samelewingsinstellings te betrek.Op hierdie manier kan ons effektief gestalte gee aan ons beskawingstaak en die rol van reformasie en revolusie verreken.

Vervolg van bl. 7: Reformasie en revolusie

Die taak en rol van ʼn ChristenonderwyserOpgestel deur Pieter Bisschoff

01. ʼn Gelowige onderwyser

DoelwitteOm ʼn onderwyser te wees, is geen maklike taak nie. Die Here gee in sy Woord duidelike aanduidings hoe volwassenes sy kinders moet onderrig. Aan hierdie norme moet Christen-onderwysers uitvoering verleen in die beoefening van hul beroep. Onderwysers wat hulle daarmee besig hou, tree as instrumente in God se diens op om sy kinders tot sy eer op te voed.

Vervolg op bl. 14

Page 13: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal 2021Roeping en Riglyne 13

George Claassen ondersteun die strekking van Ben du Toit se geskrif: God: Is daar ʼn ander antwoord?

(Rapport, 24 Januarie)Prof. Danie Strauss

Claassen vra waarom mense “so bang [is] om van die kettings van onkunde en die donkerte van religie bevry te word?” Saam met die bioloog Coyne beaam hy dat die werklike stryd “tussen religie en rasionele denke” is en dat die wetenskap die leiding moet gee.

Kontinuïteit en diskontinuïteitCoyne worstel met die probleem van kontinuïteit en diskontinuïteit en verdedig die siening dat ʼn spesie uit diskrete “clusters” le-wende dinge bestaan:“And at first sight, their existence looks like a problem for evolu-tionary theory. Evolution is, after all, a continuous process, so how can it produce groups of animals and plants that are discrete and discontinuous, separated from others by gaps in appearance and behavior?”

StasisVolgens Gould en Eldredge ver-toon ook die fossiele rekord ʼn algemene “stasis-” of “kon-stansie-”patroon. Die meeste neo-Darwiniste glo in die “im-perfection” van die fossiele-rekord en hou aan die kontinuïteitsgeloof vas wat reeds deur die 17de eeuse filosoof, Leibniz, as spekulatiewe aanname geformuleer is: natura non facit saltus (die natuur maak geen spronge nie).In 2002 haal Gould egter vir Curtis en Barnes aan wat sy eie siening soos volg weergee:“Typically, a species would appear abruptly in the fossil strata, last 5 million to 10 million years, and disappear, apparently not much different than when it first appeared. Another species, related but distinctly different—‘fully formed’—would take its place, persist with little change,

and disappear equally abruptly. Suppose, Eldredge and Gould argued, that these long periods of no change (‘stasis’ is the word they use) punctuated by gaps are not flaws in the record but are the record, the evidence of what really happens” (Gould, 2002:998-999).

“Natural selection exemplified gradualism”Gould stel ook dat “the theory of natural selection is, in essence, Adam Smith’s economics trans-ferred to nature” (2002:122). “Natural selection exemplified gradualism, not vice versa – and the various forms of gradualism converged to a single, coordinated view of life that extended its compass far beyond natural selection and even evolution itself” (2002:154-155).Die verskil tussen die (spekula-tiewe) kontinuïteitspostulaat (die natuur maak nie spronge nie) enersyds en die diskontinuïteite in die paleontologiese rekord en die huidige natuurlike sisteem aan die ander kant, word duidelik deur Gould verstaan. Hy het besef dat “Darwin’s expectations defined evolution as gradual change”. Hierop reageer hy skerp: “These stories begin from the same foundational fallacy and then proceed in an identically erroneous way. They start with the most dangerous of mental traps: a hidden assumption, depicted as self-evident, if recognized at all — namely, a basic definition of evolution as continuous flux” (2002:913).

Geloof in “feite”Gould relativeer ook die geloof in “feite”, wat toon dat hy op hoogte is met die strekking van die 20ste eeuse wetenskapsfilosofie:

“Facts have no independent existence in science, or in any human endeavor; theories grant differing weights, values, and descriptions, even to the most empirical and undeniable of observations” (2002:759).

From no mind to mind “sheer magic”Die dierkundige, Bernard Rensch, het reeds ‘proto-psigiese’ eienskappe by materie aangeneem – as gevolg van die vermeende kontinuïteit van molekules tot mense (hy praat van ‘protopsychische Materie’ (Rensch, 1991:213). Dobzhansky vermeld Albert Schweitzer wat meen dat die bestaan van die menslike gewete, van die lewe en van die heelal self “alles dele van die mysterium tremendum” (geweldige misterie) is.Dobzhansky meld die bioloog Wright wat ʼn soortgelyke oor-tuiging huldig. As verstand (mind) totaal af-wesig is in die nie-lewende heelal, sal die voorkoms daarvan onverklaarbaar wees. “The emer-gence of mind from no mind at all is sheer magic.”

Page 14: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal, 2021 Roeping en Riglyne14

“Die enigste enigste oplossing is om ‘mind’ universeel te ag, nie net in alle organismes en in hul selle nie, maar ook in molekules, atome, en elementêre deeltjies” (sien Dobzhansky, 1967:28).

Diskontinuïteite in die natuurDit is duidelik dat die spekulatiewe kontinuïteitsgeloof gekonfronteer is met ʼn ontsagwekkende misterie. Dit vloei voort uit die geloof dat die natuur geen spronge maak nie. In die fisika is hierdie geloofsartikel weerlê deur die ontdekking van die (diskrete) kwantumstruktuur van energie (Planck), asook deur die diskontinue patroon van die tans lewende plante en diere (Coyne). Dit word ook bevraagteken deur die diskontinuïtiete van die paleontologiese rekord (Gould). Die hoofstroom biologiese “gradualists” aanvaar kontinuïteit op grond van hul moderne wetenskapsreligie. “Die geloof in die wetenskap is die heersende religie van ons tyd” sê die fisikus Von Weizsäcker (2002:106). Stegmüller stel pertinent: “ʼn Mens moet eers in iets glo alvorens iets anders regverdig kan word” (Stegmüller, 1969:314).

Popper stel tereg dat die geloof in die rede nie sélf rasioneel is nie. Hy praat van “an irrational faith in reason”. Stegmüller draai die algemene siening van die verhouding tussen wete(nskap) en geloof op sy kop: “In die wetenskap word geglo; In die religie weet ʼn mens, (of beweer ʼn mens dat jy weet).”Die immunoloog George Klein beweer dat sy “atheism is not based on science, but is an a priori faith commitment”. Hy is geen agnostikus: “I am not an agnostic. I am an atheist. My attitude is not based on science, but rather on faith... The absence of a Creator, the non-existence of God is my childhood faith, my adult belief, unshakable and holy” (sien Lennox, 2007:34).ʼn Afvallige religie bly eenvoudig religieus van aard!

LiteratuurClouser, R.A., 2005. The Myth of Religious Neutrality: An Essay on the Hidden Role of Religious Belief in Theories, University of Notre Dame Press (new revised edition, first edition 1991), Notre Dame.Coyne, J.A., 2009. Why Evolution is True, Oxford University Press, Oxford.Dobzhansky, Th. 1967. The Biology of Ultimate Concern. New York: New American Library.Gould, S.J., 2002. The Structure of Evolutionary Theory, University Press, Cambridge.Lennox, J.C. 2007. God’s Undertaker, Has Science Buried God? Oxford: Lion.Rensch, B., 1991. Das Universale Weltbild, Evolution und Naturphilosphie, Wissenschaftliche Buchgesellschaft, Darmstadt.Strauss, D.F.M., 2009. Philosophy: Discipline of the Disciplines. Grand Rapids: Paideia Press.

Die onderwyser as lewende kurrikulumDie meeste volwassenes kan getuig van ʼn persoon of persone wat ʼn besonderse invloed op hul lewens uitgeoefen het. Een so ʼn geval was ʼn onderwyser wat onder die leerlinge as oom Sakkie bekend gestaan het. Vir oom Sakkie was sy taak as onderwyser nooit ʼn werk nie, maar ʼn leefwyse. Nooit sou jy hom ʼn negatiewe opmerking oor die beroep, ʼn leerling of sy kollegas hoor maak nie. Vir hom was elke leerling belangrik en daarom het hy selfs gratis die hare van seuns uit arm gesinne gesny. Oom Sakkie het altyd ferm, maar met waardigheid opgetree. Hy

Vervolg van bl. 12: Die taak en rol van ’n Christenonderwyserhet nooit baie gepraat nie, maar as hy het, is daar geluister. Jare na sy afsterwe het talle van sy oudleerlinge nog gereeld vertel van die besonderse invloed wat hy op hul lewens uitgeoefen het. Soortgelyke verhale kan seker ook van baie ander gelowige onderwysers vertel word wat deur hul optrede ʼn beslissende rol in hul leerlinge se geloofsvorming gespeel het. In die meeste gevalle is en was sulke onderwysers onbewus van die groot invloed wat hulle op die leerlinge se denke en dade uitoefen of uitgeoefen het. En tog kan die invloed wat ʼn onderwyser bewustelik of onbewustelik op sy of haar leerlinge uitoefen,

ʼn besliste rol in ʼn leerling se vorming speel. Jesus Christus self dui die belangrikheid van die verhouding tussen ʼn onderwyser en sy leerlinge aan deur te sê dat leerlinge soos hul onderwysers sal word as hulle hul opleiding voltooi het. Let wel: nie soos dit wat hulle in die kurrikulum leer nie, maar sal word soos die persoon wat hulle onderrig het.Gelowige onderwysers moet besef dat die voorbeeld wat hulle in diens van die Here stel rigtinggewend mag wees. Leerlinge in graad een sal byvoorbeeld alles wat hulle juffrou sê en doen, as waar en reg beskou. In sommige gevalle

Vervolg op bl. 20

Page 15: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal 2021Roeping en Riglyne 15

Marxisme in ons openbare onderwys: Christelike onderwys die enigste alternatief

Hugo Hayes

InleidingMet die steeds voortsnellende (neo-)Marxistiese revolusie in Suid-Afrika, kan na 26 jaar met stelligheid verklaar word dat die oorgang van 1994 ʼn algehele om-mekeer van ekonomiese, kerklik-godsdienstige, sosio-maatskap-like en politieke omstandighede teweeggebring het. Suid-Afrika is nie meer die geroemde land van weleer nie en alle lewensterreine, ook dié van die onderwys, is hieraan onderhewig. In die bestek van twee onderwys-periodes van ongeveer twaalf jaar elk het reeds twee geslagte van ons eie jongmense (Afrikanernageslag) die uitwerking van ʼn onderwys-bedeling deurloop wat nie-chris-telik na sy aard en wese is. Desondanks het ouers hulle dit laat welgeval dat hulle kinders aan hierdie soort onderwys on-derwerp word. Waar ons tans reeds ʼn derde tydperk daarvan binnegegaan het, wonder ʼn mens onwillekeurig wat die onver-mydelike gevolge van hierdie onderwys is (en nog sal wees), veral waar ons ons tans in ʼn fase van verhewigde revolusionêre klimaat bevind. Wat was en is die neerslag hiervan in ons eie jongmense se lewens? Dit bring ʼn mens by die vraag na wát die werklike betekenis van die begrip ‘kurrikulum’ behels.

KurrikulumDie kurrikulum soos deur die onderwysowerhede vasgestel, maak die skering en inslag van ʼn bepaalde onderwysbedeling uit. Uit die kurrikulum word ʼn mens veel wys van waarhéén die owerhede met die onderwys van ʼn land op gang wil wees/is; m.a.w. watter doelstellings bereik wil word. In Suid-Afrika met ʼn staatsbeheerde onderwys-

bestel is dit ongelukkig so dat die onderwysowerhede veel verder gaan as net dit wat in die omstandighede van hulle verwag behoort te word. Die onderwysowerhede wil volle beheer en seggenskap oor die onderwys uitoefen, deur ook dié vir hulle ideologiese uitkomste te reserveer. En dit staan uiteraard teenoor die Christelike onderwysideaal, wat nog deur-gaans in ons volksgeledere voorgestaan is en oor nou reeds sewentig jaar heen deur VCHO bepleit word. Teen die agtergrond van die revolusie sou ʼn mens derhalwe kon verwag dat die onderwys een van die terreine is waar die ideologiese stryd gevoer word. En dit is inderdaad ook so wanneer na die kurrikulumvereistes en die politieke inmenging in die bestuur van die onderwys gekyk word (met die provinsie Gauteng as sprekende voorbeeld).Alhoewel daar soms beperkend oor die aard en inhoud van die kurrikulum gedink mag word, het dit ʼn veel meer omvattende betekenis as bv. slegs die formele leerplan. Dit sluit trouens nie slegs die leerplan as sodanig nie, maar ook die doelwitte met leerinhoude (uitkomste), strategieë vir onderrig en leer en die wyse van assessering in. Die kurrikulum integreer die geheel van dit wat met die onderwys van ʼn land in vooruitsig gestel word en kan as die ‘bloudruk’ daarvan gesien word. Geen wonder dus dat onderwysers hedendaags met soveel administratiewe sake be-las word dat hulle kwalik by werk-like opvoeding kan uitkom nie; die owerhede wil seker maak dat daar aan die kurrikulumvereistes voldoen word, ter bereiking van die ideologiese uitkomste.

Werklike opvoeding is van sekondêre belang.In die ontwikkeling van ʼn kurrikulum moet noodwendig met die volgende belangrike komponente rekening gehou word:Beskouing oor – die wese van die mens; die verwerwing van kennis of die kennisleer;die leer oor die werklikheid of die ontologie enonderrig en leer (metode).Die kurrikulum van die openbare onderwys kan ook aan hierdie komponente uitgeken word, maar by nadere ondersoek dui dit op ʼn geheel ander uitgangspunt as ons Christelike, oor wat met die onderwys bereik wil word. Reformatoriese onderwyskun-diges in die Christelike tradisie is dit eens dat geen kurrikulum ʼn neutrale inslag kan hê nie. Die kurrikulum hou onlosmaaklik verband met wat genoem kan word die religie aan die oorsprong daarvan. Trouens, elkeen, hetsy die Christelike of nie-christelike, is religieus bepaald. Dus moet verklaar word dat, indien die kurrikulum nie-christelik van inslag is, dieselfde van die religie aan die oorsprong daarvan gesê kan word. Daar is gevolglik ʼn ander religieuse

Page 16: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal, 2021 Roeping en Riglyne16

oortuiging as dié van die Christendom aan die werk in die openbare onderwys, wat beteken dat die onderwysowerhede dit vanuit geheel ander (grond)motiewe benader. Sodanige onderliggende motiewe vind neerslag in die kurrikulum, maar ouers is merendeels nie daarvan bewus nie. Vir die grondmotief van die Christen-dom, te wete skepping, sondeval en verlossing, is daar geen plek in die openbare kurrikulum nie. Intussen is die onderwys-owerhede (nou reeds vir meer as twee dekades) ongestoord besig om beslag te gee aan die ideo-logieë wat na hulle (religieuse) oortuigings gemodelleer is. Ons Afrikanerkinders word dus voortdurend aan vreemde ideologie onderwerp, wat daarop afgestem is om hulle van hul Godgegewe identiteite te beroof. Dit hou ten diepste verband met die vestiging van hulle mens- en werklikheidsbeskouings, wat van kritiese belang is in enige mens se opvoeding tot volwassenheid en toerusting met kennis.

Lewens- en wêreldbeskouingʼn Lewens- en wêreldbeskouing inkorporeer die geheel van iemand se oortuigings oor wat in verband met ʼn (G)godheid en die werklikheid geglo en uitgeleef word. Dit is ondenkbaar dat iemand opgevoed en met kennis toegerus word, sonder dat dit gepaard gaan met die verwerwing van ʼn lewens- en wêreldbeskouing. Dit is beslis ook die geval met die opvoeding en onderwys van ons kinders in die openbare onderwys en die vraag is dus: met welke werklikheidsbeskouing verlaat hulle uiteindelik die skool/universiteit?Dit kan vervolgens aangetoon word dat lewens- en wêreld-beskouing oor ʼn teoretiese onderbou (nader aangedui as filosofie) beskik, wat op bepaalde

beginsels, uitgangspunte en vooronderstellings gebaseer is. Dit betrek ons belydenis oor God-Drieënig, ons beskouing oor wie en wat die mens is, asook die hoe en die wat betreffende die werklikheid en die plek en verantwoordelikheid wat die mens ten opsigte daarvan inneem, op grond van die religie wat op die hart van die mens beslag lê. Verskil in werklikheidsbeskouing is aanduidend van verskil in religieuse oortuiging en laas-genoemde weer bepalend van die lewensfilosofie van elke mens of instelling soos die onderwys. Religie (hartsverbondenheid), le-wensfilosofie (beginsels, uitgangs-punte en vooronderstellings) en werklikheidsbeskouing ((anti-)normatiewe toepassing)) is on-afskeidbaar in hulle onderlinge samehorigheid. Vir die belydende Christen kan daar geen ander Bron wees nie as die geopenbaarde Woord van God, waarkragtens die religieuse Oorsprong en verhouding, die vergestalting van ʼn lewensfilosofie en die gepaard-gaande werklikheidsbeskouing sy beslag (moet) kry. Verwysende na die onderwys, benodig ons dus ʼn filosofie waarvan die beginsels en uitgangspunte normatief aan die eise van die Woord moet beantwoord. Ons benodig ʼn filosofie wat getrou is aan die Waarheid en die werklikheid. Eers dán kan ons van Christelike onderwys begin praat.

MensbeskouingHumanistieseDie mensbeskouing van die openbare onderwysbedeling kan sondermeer uitgeken word aan die tipies humanistiese trekke daarvan. Die mens self staan in die sentrum, met verwysing na, bv, begrippe soos “leerder-gesentreerde onderrig en leer”. Dit gaan oor die optimalisering van die behoeftes en strewes van menswees; die ontplooiing van

die menslike self as outonome wese. Die mens is op die voorgrond en lê self die maatstaf vir gedrag en optredes aan. Die mens beskik oor natuurlike regte tot selfhandhawing, asook handhawing binne die samelewing. Die mens mag nie in sy vryheid gebind word nie om, bv., uiting te kan gee aan seksuele drange en oriëntasie, daarom is spesiale voorsorg nodig, ten einde die gevolge daarvan teen te werk. Binne die groter konteks van die demokrasie is dit die meerderheid (“we the people”) wat bepaal wat reg en wat verkeerd is. Die algemeen-geldende versugting is dié van ongebreidelde vryheid. Daarom is die gerigtheid van openbare onderwys die mens self (die humane), met al die komplikasies wat daarmee saamhang.Christelike Ons Christelike beskouing oor wie en wat die mens is, is op die Bybelse openbaring gebaseer. Dit stel die mens in ʼn ondergeskikte verhouding teenoor God-Drieënig, wat, ooreenkomstig ons reformatoriese belydenis, soewerein is in sy Wese. Daarteenoor is die mens onself-genoegsaam en kan nie waarlik mens wees sonder om in ʼn deur Jesus Christus-herstelde verhouding met God te bestaan en te lewe nie. Die doel van die opvoeding kan derhalwe nie wees dat die mens tot ʼn grootheid opsigself nie, maar tot volwassenheid en vryheid in Christus gebring word, sodat hy of sy hulle verantwoordelikheid binne hierdie verhouding kan begryp en daaraan uitvoering kan gee. Kragtens die Woord van God verstaan ons dat daar universele beginsels is waarvolgens die mens moet lewe, deurdat hy of sy dit in gedrag, gesindhede en optredes wat normatief moet beantwoord aan die volmaakte wil van God vir ons lewens, sal verwesenlik.

Page 17: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal 2021Roeping en Riglyne 17

Dit behoort duidelik te wees dat die onderwysdoelstellings van die humanistiese en die Christelike benaderings nie met mekaar ooreenstem nie, maar in hulle (religieuse) gerigthede (mens teenoor God respektiewelik) uiteenlopend en onversoenbaar is.

Werklikheidsbeskouing(Neo-)MarxistieseMarxistiese idees word doelbewus in leerinhoude van ons openbare onderwys gepropageer en vind derhalwe neerslag in onderskeie skoolvakke. Marxisme werk met die idee van “sosiale geregtigheid”, wat op die oor af goed mag klink, maar met uiters gevaarlike gevolge vir die samelewing. Dit behels ʼn oorbeklemtoning van die sosiale komponent, ten koste van die werklikheidsgeheel soos vanuit Bybelse perspektief gesien. Ongelykheid wat die werklikheid kenmerk word as ʼn skuldoorsaak aan die deur van die sg. bevoorregtes (die wat besit) gewyt, wat as die uitbuiters of onderdrukkers ge-etiketteer word. Daarteenoor die minderbevoorregtes wat hulle as (voorheen-)benadeeldes in ʼn posisie van ongelykheid bevind. Hierdie ongelykheid word as ʼn groepskuld aan die ‘onderdruk-kers’ toegereken, wat met alle moontlike middele beveg moet word. Dit huisves die gedagte van durende konflik tussen sosiale klasse, ter wille van die stryd om verwesenliking van sosiale geregtigheid, wat as die groot gelykmaking ge-idealiseer word. Alle mag, gesag en rykdom moet uiteindelik in die hande van die onderdruktes oorgaan. Enige afbrekende of vernietigende op-trede word in die lig hiervan as geregverdigd gesien (dink maar in hierdie opsig aan die sporadiese vandalisme/vernietiging wat die samelewing van tyd tot tyd ruk en

o.m. deur politieke partye soos die EFF aangeblaas word). Die ‘bevryding’ van die onderdruktes moet deur die proses van algehele gelykmaking van die samelewing bewerk word, die ‘utopie’ waarin almal as vry gereken sal kan word en dié wat nie in daardie soort vryheid belangstel nie, moet daar ingedwing word. Die Marxistiese ideologie ten slotte, is deur-en-deur materialisties en ʼn doodskoot vir die menslike gees.ChristelikeVolgens ons Christelike beskou-ing, in Bybelse lig, word die goddelike skeppingsorde ge-handhaaf, met verrekening van die sondeval. Hoewel alle mense in die oog van God gelyk is, bestaan daar ongelykheid in die samelewing onderling. Daar is diegene wat met meer en andere wat met minder bedeeld is – ook in materiële sin – en die Bybel spreek hom nie daarteen uit nie. Wel spreek die Bybel hom uit oor belangrike beginsels soos barmhartigheid, mededeelsaamheid en verant-woordbaarheid. Die Bybelse boodskap is primêr daarop gerig dat mense, ongeag hulle posisie en stand, van hulle sondetoestand verlos word, sodat hulle mede-verantwoordelikheid vir die versorging/welwese van God se skepping kan aanvaar.

Leerinhoude (vakinhoude)Aandag moet ten slotte op die noodsaak en relevansie van leerinhoude, wat die bereiking van die vooropgestelde onderwys-doelstellings moontlik sal maak, gevestig word. Ook in hierdie opsig is dit die onderwysowerhede wat bepaal wat die voorgeskrewe leermateriaal sal wees. Vir die openbare skole is dit leermateriaal met ʼn Marxistiese ondertoon in veral sekere van die vakke waarin sekere kennis en idees

van die Marxisme op ʼn subtiele wyse opgedis word, sodat dit algaande in die ontvanklike gemoedere van kinders vasgelê word. Van kinders wat nog aan die grootword is, kan dit nie verwag word dat hulle in staat sal wees om te kan onderskei nie. Die gevaar is wesenlik dat hulle die kennis en idees van die Marxisme internaliseer en hulle lewens- en wêreldbeskouing dien- ooreenkomstig gevorm word. Oor hierdie gevaar skryf O.A. Henning, latere dosent in Pedagogiek aan die UV, soos volg:“Dit is gemeenplaas dat die peda- gogie as hoogs doeltreffende instrument geld om bewussyns-verandering te bewerkstellig. Ook die linksgesindes besef dit terdeë” (Henning, 1985:127).In die finale instansie is dit dus die leerinhoude in elke vakgebied waaraan kinders en jongmense blootgestel word, wat deurslaggewend staan in hulle lewensbeskoulike vorming. Ons pleidooi oor dekades heen by VCHO is dat ouers en onderwysers hulle moet vergewis van die aard, begronding en strekking van leerinhoude in al die vakgebiede op skool en aan die universiteit. Die enigste wat vir Christenouers en -onderwysers van gereformeerde belydenis aanvaarbaar behoort te wees is Christelike vakonderrig. Dit beklemtoon by herhaling die noodsaak aan geskikte en toepaslike vakhandboeke van ʼn Christelike inslag.

BronnelysHenning, O.A. 1985. Die uitdaging van die neo-Marxisme op die gebied van die wetenskap. In: Instituut vir Reformatoriese Studie, Potchefstroomse Uni-versiteit vir CHO.

Page 18: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal, 2021 Roeping en Riglyne18

Die huwelik in Bybelse perspektiefHierdie bydrae geneem uit: Die selfmoord van ʼn nasie, deur ds JW Jansen

van Ryssen, ds JH Kruger en dr BJ de Klerk en redaksioneel verwerk

Hierdie is ʼn vervolg op die deel wat in die April 2020-uitgawe verskyn, en met die eerste par. hieronder geëindig het:Dit is eenvoudig ontstellend hoe die onmagtige individualisme van ons tyd ons van hierdie eg-christelike lewensbeskouing wat deur alle eeue heen erken en eerbiedig was, afgebring het. As alle opstand teen die ellende van die sonde maar in ons plek gemaak het vir die liefde tot God en tot onuitspreeklike dankbaarheid jeëns Hom, kan dit nie anders nie of hierdie blye gevoel word weer in ons herbore, en ons verheug ons met eerbiedige erkentlikheid daarin as ons van God ʼn groot gesin mag ontvang. Daarby moet ons altyd in gedagte hou wat ons huweliksformulier sê, nl. dat, naas die plig om die menslike geslag te bou, wat ons positiewe daad is, daar ook ʼn Godsdaad is. Dit behaag God om aan ons kinders te gee. Daarin is ons passief. In die belewing van hierdie twee waarhede, die bou van die mens, en die gee van God, bestaan die kuns van die huwelik. “Nooit lijdelijk de dingen aan God overlaten, maar ook niet ijdel eigen wegen gaan. Beide dus: onderzoeken wat wij moeten

en vragen wat God belieft.”1 Kinders is ʼn seën van die Here en is die vervulling van die beloftes van die Verbond. Die saak van die verbond sal straks die nuwe hemel en die nuwe aarde vul. Die geseënde vader en moeder, wat dié beloftes gelowig aanvaar, jubel saam met die psalmdigter:Seuns is ʼn erfdeel van die Heer;die gawe van die moederskootis ʼn beloning eind’loos groot.Soos pyle wat die vyand keer, so is die seuns ʼn bron van vreug,die seuns gebore uit krag van die jeug.Gelukkig wie dit so mag gaan,Wat soos ʼn held sy hand kan vulmet sulke pyle; dit is hulwat nie verleë hoef te staanwanneer die vyand in die poortvermetel spreek sy hoë woord.(Ps. 127:3, 4.)In hierdie psalm hoor ons duidelik die taal van die geloof, wat vashou aan die Verbond en geniet in die Verbond.In ons Christelike kringe word die ouerskap nog steeds beskou tegelyk as plig en as seën. Die gelowige egpaar ondersoek met biddende harte wat hulle moet doen en wat God behaag en so word hulle huwelikslewe verinnig en hul huweliksgeluk verdiep. Dr. Honig sê so mooi van die lewe van so ʼn gelowige egpaar: “In dié wonderbare wezensgemeenschap word het ons duidelik: dat de wesenseenheid van liefde en schoonheid die het huwelijk is, de schoonste vorm is, die de verhouding der menschen kan aannemen. Daarboven uit in liefde en schouwende heerlijkheid, gaat alleen de verhouding van Schepper en schepsel, van God en onze ziel, door de gemeenschap die Hij ons met Christus in Zichzelven bereiden wil, en waardoor onze laaste 1 Wielenga, a.w., p. 139.

menschelijke eenzaamheid door Zijne volheid werdt vervuld.”2

(c) KuisheidDie woord ‘kuisheid’ beteken reinheid van sedes in verband met die seksuele lewe.3 Die seksuele omgang is ʼn wesenlike bestanddeel van die skone huwelikslewe waardeur die paradyslug nog steeds waai. Gods Woord praat dan ook sober en eerlik in verband met hierdie intieme sake en erken volmondig die wettigheid van liggaamlike gemeenskap tussen twee getroudes, wat mekaar voor die aangesig van die Here trou gesweer het. Maar dit vermaan ook ernstig om hierin met ʼn rein gewete te lewe. Ons mag ons liggame nie aan kwade begeerlikhede oorgee nie soos die heidene wat God nie ken nie.Gods Woord vermaan tot kuisheid in die huwelik. Reinheid van sedes is nou verbonde aan ʼn duursame geluk. Sodra onkuisheid soos ʼn giftige slang die bloeiende tuin van die huwelikslewe binnesluip, val daar ʼn skaduwee oor die onbevange en gelukkige omgang tussen man en vrou. Twee mense wat die oë vir mekaar moet neerslaan, kan die lewenspad nie meer met ʼn sonnige lag op die aangesig hand aan hand aflê nie. Daar het iets tussen hulle ingekom, ʼn donker wolk het hulle stralende hemel bedek … dit is die sonde wat hulle lewe versomber.4 Die huwelik is nie ʼn vrybrief wat reg gee tot die uitoefening van ʼn onbeperkte bevrediging van die sinnelike luste nie. As man en vrou in die huwelik alleen ʼn middel sien om hulle sinnelike

2 T.a.p., p. 128.3 Knap, a.w., p.13. Vgl. ook Geesink: Geref. Ethiek, II, p. 288.4 Knap, a.w., p. 39.

Page 19: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal 2021Roeping en Riglyne 19

drifte te bevredig, word hierdie verhouding juis ʼn gelegitimeerde geleentheid om kwaad te doen deur onmatigheid of perversiteit. Die verkeerde omgang, die misbruik van die s.g. seksuele vryheid het dikwels ten gevolge dat die drifte onnatuurlik opgesweep word, sodat hulle nie meer versadig kan word nie.5 Onkuisheid maak die huwelik tot ʼn spotbeeld; ʼn Volkome en onverliesbare geluk in die huwelik is slegs moontlik as ʼn mens in elke opsig in die gebaande weë van Gods Woord bly. En Gods Woord waarsku nie net teen die skending van die huwelikstrou nie, maar dring daarop aan dat die getroudes in kuisheid sal saamwoon, soos die huweliksformulier man en vrou plegtig laat belowe om heilig met mekaar te lewe. Die getroude lewe moet nie net bly binne die grense van welvoeglikheid nie, maar moet ook onder die tug van ons Christelike beginsels staan.“Heilig met mekaar lewe.” Onder hierdie heiligheid moet ook verstaan word dat die seksuele omgang in heilige verband en volgens orde moet geskied. Die band van die gemeenskap van die heiliges moet eerste tot uiting kom. Dr. Wielenga sê so mooi: “Iedere sexueele omgang, die alléén op het lichamelijke betrekking heeft, is den mensch as geestelijk geordineerd schepsel en speciaal als Christen, onwaardig. Ook aan den ingang van den huwelijkstempel klinkt het absolute woord der Schrift: ‘Hetzij ge dan eet, hetzij ge drinkt, of wat ge ook doet, doet het al ter ere Gods’ (1 Cor. 10:31). De Christen heeft niet het recht één ding, selfs niet op het terrein dat schijnbaar ver van het godsdienstig leven verwijderd ligt, uit te zonderen.”6

As ons huweliksformulier oor die heilighou van die huwelik praat dan noem dit die liggaam van

5 Wielenga, a.w., p. 155. Sien ook Geesink: Geref. Ethiek II, p. 288.6 A.w., p. 156.

die mens ʼn tempel van God. Die keuse van hierdie beeld is juis en pragtig: die liggaam van Gods kind ʼn tempel van God. ʼn Sterker argument vir sedelike heiligheid is nie denkbaar nie. Die tempel is ʼn gebou wat deur Gods bondsvolk aan Hom gewy word. In onderskeiding van sy eie huis praat die gelowige van die huis van God. Hy sê: “Hoe lieflik is u wonings, O! Here van die leërskare!” (Ps. 84:2).Die beeld van die Tempel sê vir ons in die eerste plek: jou liggaam is nie joue nie, dit is God s’n. As die liggaam tempel van God genoem word, beteken dit: dit is Gods kunswerk. Geen spier, geen sel, geen aar, geen orgaan nie, of God het dit bedink en gemaak. Hy is die boumeester en kunstenaar. Ook die geslagsorgane is Gods maaksel. Ook hierdie werk is kunswerk, miskien die mees wonderlike van die hele tempel, omdat wat kreatuur is self middel tot skepping word.Die tweede gedagte wat hierdie beeld by ons wil tuisbring is: van God sluit in tot God. Die skepping is regsgrond van die absolute besit. En nou sê Dr. Wielenga so raak: “De moederzonde van den modernen mens is, dat bij zich eigenaar beschouwdt van zijn lichaam. Hy gebruikt het gelijk hij wil. Hij vernietigt het als hij wil. Deze zonde huist in ons aller natuur en zij begint zich te openbaren, zodra de menzch één van zijn organen in dienst stelt van zijn geëmancipeerd ik. Met name in de sexueele dingen heerst de waan, dat de mensch self-beschikker van zijn lichaam is. Omdat het geslachtelijk leven zich in de eenzaamheid afspeelt, kan de mensch zich gemakkerlijker verbeelden souverein te zijn. Reeds het kind begint ermee, als het de verborgen sexueele vermogens van zijn lichaam ontdekt en misbruikt.”“Bij al deze handelingen is het lichaam tegelijk instrument en

doel. De Shcrift zegt: ‘Alle Zonde, die een mensch zou kunnen doen, is buiten het lichaam. Doch de hoereerder zondigt tegen zijn eigen lichaam’ (1 Cor. 6:18). De zin dezer woorden is: bij ontucht gaat het niet, gelijk bij diefstal, laster, moord, om doeleinden buiten het lichaam, maar om dingen, die onmiddellik met het lichaam in verband staan. Aangezien nu dit lichaam Gods tempel is, is het karakter dezer zonde het uiterste tegendeel van de verheerlijking Gods, terwijl de reinhouding van het lichaam een zeer speciale deugd tot verheerlijking van God is.”7

Hoër eer, verhewener taak, kan die mens nie te beurt val as om tegelyk priester en tempel van God te wees nie.En daar volg nou ʼn waarskuwing: want as iemand die tempel van God skend, sal God hom skend. God laat die vernieling van sy heiligdom nie toe nie. Hy straf die vernieling met vernieling.Onder Israël het dit beteken: uitroeiing. Op die sonde van tempel-ontheiliging het daar net een straf bestaan – die dood.Die mens kan nooit iets teen die tempel van sy liggaam doen sonder om deur skadelike gevolge gestraf te word nie. Hierdie instrument is uiters gevoelig vir misbruik en storende invloede. Die delikate senuweestelsel word verswak. Die elastisiteit, die volhardingskrag van die liggaam word aangetas. Ook op die denkvermoë, op die geestelike eienskappe, veral op die gewete, werk hierdie kwaad slopend in.8

Mag ons dan luister na die ernstige vermaning wat ons vaders ons in die huweliksformulier voorhou dat “die getroudes in hierdie staat ook heilig met mekaar moet lewe, sodat die tempel van God, nl. ons liggaam nie verontreinig word nie; want as iemand die tempel van God skend, sal God hom skend.”

7 A.w., pp. 160, 161.8 Dupont, a.w., p. 162 v.v.

Page 20: ROEPING&RIGLYNE - VCHO

1ste Kwartaal, 2021 Roeping en Riglyne20

Die Hoofbestuur van die VCHO verklaar hiermee dat die standpunte van outeurs in Roeping en Riglyne nie noodwendig die amptelike standpunt van die VCHO is nie.

ROEPINGen

RIGLYNE

REDAKTEURKERNREDAKSIE: Prof A.W.G. Raath,Prof D.F.M. Strauss.

Die Uitvoerende BeamptePosbus 1824Van Schalkwykstraat 21, UniversitasBloemfontein9300 / 9301

Tel. (051) 525 2267 of(051) 525 2341Faks (051) 522 4513E-pos: [email protected]: http://www.vcho.co.za

HOOFBESTUURProf A.W.G. Raath (Bloemfontein, Voorsitter), Prof P.H. Stoker (Potchefstroom, Ondervoorsitter), Prof J.A.E. Adendorff (Pretoria), Prof E.J. van Niekerk (Pretoria), Prof I.H. Horn (Pretoria), Prof H.G. Stoker (Potchefstroom), Dr A.L.A. Buys (Pretoria), Dr M. Diedericks (Pretoria) en Ds R. Bain (Potchefstroom).Uitvoerende Beampte: Mnr H.J. Hayes

VHO

word die juffrou se kleredrag selfs deur dogters nageboots. Dit beteken beslis nie dat slegs onderwysers in die grondslagfase as ʼn rolmodel vir hulle leerlinge optree nie. Nie net ʼn onderwyser se woorde nie, maar veral ook hul dade vorm die leerlinge. Die wyse waarop onderwysers met hulle kollegas omgaan, ʼn krisis hanteer of leerlinge teregwys word dikwels sonder dat hulle dit besef, fyn dopgehou en vorm later weer deel van die leerlinge se eie gedragspatrone. ʼn Verkeerde sêding wat ʼn onderwyser in ʼn oomblik van woede vir ʼn leerling toesnou kan jare later nog deur leerlinge in soortgelyke omstandighede gebruik word. Gelowige onderwysers moet daarom noukeurig let op hulle taalgebruik, kleredrag, werketiek en selfs hoe hulle buite klasverband optree. Hulle besef dat hul lewens in ʼn sekere sin ʼn lewende boek is waaruit die leerlinge leer wat konsepte soos liefde of toewyding in praktyk beteken. Só help onderwysers aktief meewerk aan die vorming van leerlinge se lewens- en wêreldbeskouing.

God gebruik onderwysers as medewerkers in Sy diens Op verskeie plekke in die skrif word ouers en ander volwassenes opgeroep om die volgende

geslag in die weë van die Here te onderrig. Dit is nodig aangesien die kinders se vertroue op die Here sal toeneem namate hulle al meer van die Here se woorde en werke leer ken. ʼn Leerling wat byvoorbeeld in Geskiedenis leer dat God se wil in alles geskied, kan in die vertroue leef dat God alle dinge wat met hom of haar gebeur ten goede sal laat meewerk. Hierdie geloofsgroei word nie deur die onderwyser se mooi woorde of oorredingvermoë bewerk nie, maar deur God self. Daarom mag ʼn onderwyser nooit angstig raak as ʼn leerling nie in die geloof groei nie. Die onderwyser ontvang slegs die taak om te verkondig. Dit is die Here self wat die geloof gee, wanneer en soos Hy wil. Die Christen-onderwys tree as beelddraer van die Here vir sy leerlinge op. Deur sy of haar optrede moet die onderwyser God se liefde, genade en reg prakties vir die leerlinge laat vergestalt. Daarom mag gelowige onderwysers hulself nooit vervies vir moeilike of ongeskikte leer-linge nie. Net so verkeerd is dit om bewustelik jou oë weg te draai vir iets wat verkeerd is of om ʼn probleemgeval na ʼn kollega aan te stuur. Al is dit moeilik, moet ʼn gelowige onderwyser die Here se reg aan hul leerlinge bly bedien. Dit mag nie anders

nie aangesien God self aan die onderwyser die bevoegdheid daartoe verleen. Hulle gesag is nie geleë in die pos wat hulle beklee of die beheerliggaam wat hulle aangestel het nie, maar in die Here wat hulle geroep het vir hul taak. Die onderwyser wat dit besef, hou goeie moed, selfs al is die omstandighede hoe moeilik.Net soos die apostel Paulus na homself as ʼn werktuig in die hande van die Here verwys, is gelowige onderwysers ook werktuie in hul hemelse Vader se hand. As mede-arbeiders in Sy diens moet elke gelowige onderwyser Sy wil uitvoer. Nooit gee Hy sy gesag as Leermeester af of dra dit oor aan ʼn ander persoon of persone nie. Hy is die Een wat bly onderrig al gebruik Hy vir die doel ouers en onderwysers in sy diens. Hierdie is ʼn groot en heerlike taak, maar tegelykertyd ook ʼn uiters verantwoordelike opdrag. Geen onderwyser mag sy leerlinge mislei deur aan hulle te vertel dat geloof niks met ʼn vakgebied te doen het nie. Wie dit doen, besef nie dat hy of sy eendag daaroor verantwoording sal moet doen nie. God se koningskap is immers nie net beperk tot die kerk of binnekamer nie. Hy is ook Koning van Wiskunde, Taalkunde, Lewensoriëntering, Tegnologie, Geografie, ens. (Word vervolg)

Vervolg van bl. 14: Die taak en rol van ’n Christenonderwyser