seniorsertifikaat-eksamen - best...

51
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL V2 2015 PUNTE: 80 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.

Upload: phungkhanh

Post on 28-Feb-2019

273 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

AFRIKAANS HUISTAAL V2

2015

PUNTE: 80

TYD: 2½ uur

Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.

Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel

beantwoord.

2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die

inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en kies die tipe vraag wat jy wil beantwoord. Neem die voorskrifte by elke vraag in ag.

3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

AFDELING A: Gedigte (30) AFDELING B: Roman (25) AFDELING C: Drama (25)

4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B

en EEN uit AFDELING C. AFDELING A: GEDIGTE Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae. Ongesiene gedig – VERPLIGTE vraag AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag.

5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

• Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer

het. • Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG.

As jy die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou te help.

6. LENGTE VAN ANTWOORDE

• Die lengte van die opstelvraag vir die gedig is 250–300 woorde. • Die lengte van die opstelvraag vir die roman en drama is elk

400–450 woorde. • Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur

die puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord jou vrae bondig en relevant.

Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.

9. Beantwoord ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy. 10. Voorgestelde tydsindeling:

AFDELING A: ongeveer 40 minute AFDELING B: ongeveer 55 minute AFDELING C: ongeveer 55 minute

11. Skryf netjies en leesbaar.

Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INHOUDSOPGAWE Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele vraestel deur te lees.

AFDELING A: GEDIGTE Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY 1. “last grave at dimbaza” Opstelvraag 10 6

2. Kwatryne Kontekstuele vraag 10 7

3. Die huis luister Kontekstuele vraag 10 8

4. Vroegherfs Kontekstuele vraag 10 9

EN

Ongesiene gedig: Verpligtend 5. Highpriest van die Socialism Kontekstuele vraag 10 10 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag.* 6. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 11

7. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 11

8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 13

9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 14

10. Vatmaar Opstelvraag 25 16

11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 16 AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag.* 12. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 19

13. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 19

14. Mis Opstelvraag 25 21

15. Mis Kontekstuele vraag 25 21 *LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG

uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy al die vereiste vrae beantwoord het.

AFDELING VRAAG-

NOMMER GETAL VRAE

BEANTWOORD MERK

(9) A: Gedigte (Voorgeskrewe gedigte)

1–4 2

A: Gedigte (Ongesiene gedig)

5 1

B: Roman (Opstelvraag of kontekstuele vraag)

6–11 1

C: Drama (Opstelvraag of kontekstuele vraag)

12–15 1

LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit

AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A: GEDIGTE VOORGESKREWE GEDIGTE Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAG 1: OPSTELVRAAG Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vraag wat volg. “last grave at dimbaza” – Fanie Olivier 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35

beauty douglas was born op ’n wintersnag so all forlorn omring deur die sterre se liggies en koerante kaal klip en nuuskierige hande en tien ander gesiggies a ’n dogter oplaas ’n dogter om beeste te kry om die wêreld te wei a dis lekker om ’n vader te is te is die ma het ’n briefie geskryf aan haar man op die myne om te sê van die kind en te vra van die geld want dit was sy kind die dogter was syne om te sê: o my man o my man ek het beeste gebaar op ’n wintersnag so all forlorn met die sterre se goud en die mielies klaar beauty douglas your daughter was born sy hart het oopgeskiet tussen lae klip opgeskiet boontoe en oopgevou in ’n laatnagbrief: my vrou my vrou sê aan beauty douglas haar pa het haar lief hy’t sy brief gepos met sy viersentseël ’n lugposbrief aan beauty douglas om te sê hy’t haar lief die adres was mnxesha oor kingwilliamstown kaap saans as hy sy moegheid streel het hy gedroom van sy meisiekind en op ’n sonskynmiddag twee maande later het ’n brief uit mnxesha hom teruggevind: “beauty douglas was born she died”

[Uit: skimmellig, 1978]

Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Die briewe in hierdie gedig word in ’n spesifieke milieu geskryf. Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 200–250 woorde.

[10]

OF VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg. Kwatryne – Ina Rousseau 10 1 Agter die skerms, lank reeds gegrimeer 2 aanskou ek die verhoog se glans en kleur 3 en wag dat u my toelaat om oplaas 4 my rol te gaan vertolk, O Regisseur. 11 1 As daar applous was vir die laaste maal 2 en U die décor moeg na onder haal, 3 sal U vir ons wat ons kostuums uittrek 4 volgens ons moeite en geduld betaal? 12 1 In hierdie klug vergeet soms ’n akteur 2 heel onverwags sy reëls en loer versteur 3 na die coulisses links en regs 4 maar geen souffleur se stem dring tot hom deur. 13 1 Ofskoon die saal se ligte nie meer brand 2 vra menigeen aan die verhoog se kant 3 nog steeds: Is ek van hierdie klug die held 4 of teen die agterdoek ’n figurant? [Uit: Die verlate tuin, 1954] 2.1 Watter soort eindrym kom in dié kwatryne voor? (1) 2.2 Wie is die spreker in kwatryn 10? Dink jy dat dit dieselfde spreker is as in

kwatryn 13? Motiveer jou antwoord.

(2) 2.3 Kwatryn 10 kan na aanleiding van die inhoud in twee dele verdeel word.

Noem die dele waarin die kwatryn verdeel word.

(2) 2.4 Verwys na kwatryn 11. Benoem die beeldspraak in versreël 3, gee die verklaring van dié

beeldspraak in jou eie woorde weer en motiveer of dié beeld met die ander kwatryne verband hou.

(3)

Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.5 In kwatryn 11 en kwatryn 13 word elk ’n vraag gevra. Watter een van dié

vrae is vir jou die belangrikste? Motiveer jou antwoord.

(1) 2.6 Wat is die oorkoepelende tema van die kwatryne? (1) [10] OF VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg. Die huis luister – Daniel Hugo 1 my kamers is hol soos ’n binne-oor 2 ek hoor hoe die bewoners roesemoes 3 liefde maak, verwyt, mekaar vertroos, skoor 4 soek met die goor hede, nooit tevrede 5 aanhou kibbel oor kon en sou en moes 6 luister, ek bewaar julle verlede 7 my fondamente kraak onder die las 8 my plafonne raak voos van die eggo’s 9 te veel vloeke laat my pleisterwerk bars 10 jare se trane laat my rame roes 11 so word ons saam verweer deur dit wat was 12 my dakplate en julle gebede 13 fluister en knal al hoe harder om hulp 14 ongehoord in elke nag se oorskulp [Uit: Dooiemansdeur, 1991] 3.1 Wie is die spreker in hierdie gedig? (1) 3.2 Watter woord in versreël 3 dui aan dat daar onmin in die huis is en watter

stylfiguur word in strofe 1 gebruik om aan te toon dat die onmin aanhou?

(2) 3.3 Watter ooreenkoms is daar tussen die inwoners en die huis? (1) 3.4 Wat is die boodskap van die gedig? Waarom is hierdie boodskap vandag

steeds relevant?

(3) 3.5 Wat bereik die spreker met die deurlopende gebruik van beelde wat met

“oor” en “gehoor” te doen het?

(1) 3.6 Wat suggereer die weglating van die punt in versreël 14 omtrent die gebede

(versreël 12)?

(2) [10] OF

Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg. Vroegherfs – NP van Wyk Louw 1 Die jaar word ryp in goue akkerblare, 2 in wingerd wat verbruin, en witter lug 3 wat daglank van die nuwe wind en klare 4 son deurspoel word; elke blom word vrug, 5 tot selfs die traagstes; en die eerste blare val 6 so stilweg in die rook-vaal bos en laan, 7 dat die takke van die lang populiere al 8 teen elke ligte môre witter staan. 9 O Heer, laat hierdie dae heilig word: 10 laat alles val wat pronk en sieraad was 11 of enkel jeug, en vér was van die pyn; 12 laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort 13 my waan, tot al die hoogheid eindelik vas 14 en nakend uit my teerder jeug verskyn. [Uit: Die halwe kring, 1937] 4.1 Die titel dui op ’n veranderde seisoen. Haal ’n frase uit versreël 3 aan wat

hierby aansluit.

(1) 4.2 In versreël 2–4 en 5–6 maak die spreker van enjambement gebruik. Hoe sluit dié enjambemente by herfs aan? Haal ’n frase uit versreël 5–6 aan

om jou antwoord te motiveer.

(3) 4.3 Benoem die beeldspraak in versreël 9. Verduidelik wat die spreker vir ons

deur die gebruik van dié beeld wil sê.

(2) 4.4 Watter stemming heers in versreël 9–14? Bewys jou antwoord met ’n frase uit

dié versreëls.

(2) 4.5 Sal “nakend” (versreël 14) dieselfde as “kaal/sonder klere” beteken? Motiveer

jou antwoord deur na die inhoud van die oktaaf te verwys.

(1) 4.6 Kan die veranderinge in die natuur soos wat dit in “Vroegherfs” weergegee

word, ook op die mens van toepassing gemaak word? Motiveer jou antwoord.

(1) [10] EN

Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND) Beantwoord VRAAG 5. VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg. Highpriest van die Socialism – Adam Small 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15

’n Profit* van die liberation djy*? ’n socialist? djy met djou* hys-palys met djou lang slap mouterkar djy met daai kamma sed bek van djou oorie plight van die oppressed met djou tears en djou woera warra* oppie stage met djou skorrelsvol yt daai plush hotels ennie first class vannie jets djou spiritual hys oppie level vannie people? nou sal my djou verbeel! En hoe lyk dit met ordinary living vi’ daai five star style Hoe lyk dit met djou blink suits vir overalls en soe Hoe lyk dit met djou skorrelsvol vir take away fish ’n chips?

[Uit: http://versindaba.co.za/gedigte/adam-small/] *Profit: profeet *djy: jy *djou: jou *woera warra: baie praat

5.1 Waarna verwys “Profit”/profeet binne die konteks van die gedig? (1) 5.2 Op watter wyse hef die spreker sy/haar ongeloof in versreël 1–2 uit? Gee

bewyse uit die gedig wat die spreker as redes vir sy/haar ongeloof aanvoer.

(3) 5.3 Haal DRIE woorde uit versreël 3–5 aan om te bewys dat die aangesprokene

nie bedoel wat hy/sy sê nie.

(1) 5.4 Bewys uit die gedig dat die spreker van kontraste gebruik maak om die lewe

van die onderdrukte teenoor die lewe van die aangesprokene uit te hef.

(2) 5.5 Watter siening huldig die spreker in dié gedig? Stem jy saam met dié

siening? Motiveer jou antwoord.

(2) 5.6 Waarom kan hierdie gedig as ’n voorbeeld van ’n vrye vers beskou word? (1) [10]

TOTAAL AFDELING A: 30

Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. VRAAG 6: OPSTELVRAAG DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker Die intrige van Die kwart-voor-sewe-lelie bestaan uit twee verhaallyne. Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.

[25]

OF VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker Lees die onderstaande uittreksels en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS 1 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23

“Tja,” het die tannie gesug. “’n Mens kan deesdae maar net bid dat daar nog beskermengele oor is om na ons kinders te kyk.” “Ek het een,” het ek gesê. As ons mekaar moes leer ken, wat die idee van die naweek was, moes ons seker al die karakters aan mekaar voorstel. “’n Wat?” het die oom gevra. “’n Beskermengel. Ek het hom van my ouma geërf.” “Hom?” het die tannie gevra. “Ek dag engele is vroue.” “Nee, myne is ’n man.” Die oom het my nadenkend aangekyk om te sien of ek die gek skeer. My ernstige gesig moes hom oortuig het. “Weet Piet daarvan?” het hy gevra. “Ja, oom. Hy gee nie om nie.” Peter het nie sterk gevoelens oor die Engel gehad nie. Omdat hy hom nooit in aksie gesien het nie, het hy nie regtig geglo dat hy bestaan nie, maar hy was bereid om toegewings te maak. “Kan jy hom sien?” het die tannie verwonderd gevra. “O ja.” Sy het stadig deur die kombuis gekyk, verby die wit geverfde kombuiskaste, die stel blou en wit gekraakte porseleinflesse met aanwysings daarop soos “Thee” en “Rijs”, die outydse beskuittrommel waarvoor EIsa haar agtertande sou gee, die plafon met sy vlieëgompapier en terug na my. “Is hy nou hier?” Ek het ook om my gekyk, maar meer spesifiek na die venster. “Nee.” Die oom het vinnig opgestaan. “Kwit,” het hy gesê. “Die kind sien gesigte ...”

7.1 Iris sê dat sy die Engel van haar ouma geërf het. Hoe het die Engel, volgens hom, in Iris se lewe gekom? (1)

Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.2 Iris maak die bestaan van die Engel aan Peter se ouers en Bettie bekend.

Waarom maak Iris dit aan hierdie karakters bekend en wat was Bettie se reaksie op dié bekendmaking?

(3)

7.3 Hoe het die Engel die tannie se siening van engele in reël 1–2 verkeerd

bewys?

(1) 7.4 Watter gevaar het Iris se spesiale gawes, volgens die oom, vir sy duiwe

ingehou? Gee ’n voorbeeld uit die roman waar hy haar hulp inroep om haar spesiale gawes in te span.

(2)

7.5 Herlees reël 16–20. Watter eienskap van Elsa maak dat sy “haar agtertande” sou gee om so ’n

beskuitblik te hê?

(1) 7.6 Het die oom se toegewing ten opsigte van die Engel sy duiweboerdery

beïnvloed? Motiveer jou antwoord.

(1) EN TEKS 2 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21

“Ek is nie verantwoordelik vir jou en jou mense nie,” het hy kalm gesê. “Ek gaan dit ook nie weer vir jou sê nie. Jy sien jouself as ’n kind wat leer loop en my as die ma wat met haar arms beskermend weerskante van die kleuter saamloop om te keer dat hy nie val nie. Ek is nie ’n loopring nie. Ek maak nie reg waar jy verbrou het nie. Ek skakel nie stowe of sweisapparate af nie. As jy môre op die dak loop en gly en afval, sal ek jou nie vang nie. Om op die dak te loop, is jou keuse. Peter se werk is sy keuse.” Ek het my op ons bed neergewerp en gehuil, nie net van skok nie, maar ook omdat ek beskaamd was oor my uitbarsting. “Gaan terug hospitaal toe en gaan sit by Peter. Hou sy hand vas in plaas van om so liederlik jammer vir jouself te voel.” “Ek is jammer vir hom,” het ek myself verdedig, maar opgestaan en my hare gekam. “En ry versigtig,” het hy gemaan voor ek loop. Hy het geglimlag. “Vergewe my,” het ek gesê. “Ek was ontsteld. As ek net kon seker wees sy oë sal weer aangroei. Of wat ook al nodig is.” “Die lewende sel is ’n besondere organisme. Dit het die vermoë om homself te regenereer.” “Dink jy so?” het ek gevra, meteens weer vol moed. “Ek weet dit.” “Jy’s ’n engel,” het ek gesê en vir hom gewaai.

7.7 In Teks 2 tree die Engel ook as raadgewer op. Noem nog voorbeelde in die roman waar hy vir Iris raad gee. (2) 7.8 Gee voorbeelde waar Johanna, Peter en Billy as engele in Iris se lewe

optree.

(3)

Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.9 Die Engel se optrede in die roman stem ooreen met sy woorde in reël 6–7,

maar dit weerspreek ook dié woorde.

Motiveer hierdie stelling met voorbeelde uit die roman. (2) 7.10 Herlees reël 17–18. Watter troos bied Johanna aan Iris en hoe realiseer die Engel se woorde in

Peter se lewe?

(2) 7.11 Herlees reël 1–2 (Teks 1) en reël 1–7 (Teks 2). Hoe verskil die tannie se siening oor die rol van ’n beskermengel in mense se

lewens van dié van Iris s’n oor haar Engel? Waar het die Engel vir Iris self as beskermengel gefaal en wat gee die Engel as rede vir sy onbetrokkenheid?

(4)

7.12 “Jy’s ’n engel,” sê Iris. (Reël 21) Sou Iris as karakter ontwikkel het indien die Engel nie in die roman

voorgekom het nie? Motiveer jou antwoord.

(3) [25] OF VRAAG 8: OPSTELVRAAG MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Die karakter, Ouma Essie, speel in die verloop van die verhaal ’n belangrike rol as bewaarder van die geloof op Manaka en in haar verhouding met die mense van Barotseland. Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.

[25]

OF

Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Lees die onderstaande uittreksels en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS 1 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19

En die toue waarmee die dwarsbalke aan die stutpale vas is, sal hou. Al waaroor Baas jammer is, is dat hulle van die worsboom se takke moes afsaag om die boot se stuurkajuit verby te kry. Die houtbankies onder die boom het ook in die slag gebly. “Eendag sal ons dit vervang,” sê hy vir die ses honde. Lady is nie by nie. Sy is weer op hitte. Hy het haar toegemaak in die draadhok wat hy vir die doel gebou het. Vir nog ’n klomp hondjies is daar nie tyd nie. Hy moet huis bou en die gereedskap en die materiaal vir die werkery aan die romp en die kajuite bestel en aanry. Hy klim teen die boot op om sy tuisgemaakte leer van mopaniepale te toets. Die kiaathoutdwarslatte vat sy honderd kilogram met gemak. Hy gaan haal die blik verf onder uit die ruim en verf die naam Zambezi Joy dood. Dan klim hy tot op die stuurkajuit se dak en stut sy pontboot se nuwe naam teen die bakboord maslig se paal om te kyk hoe dit Iyk. Dit is die naam wat hy tydens sy omswerwinge tussen Livingstone en Mambova tydsaam in groot sierletters op die plank geverf het. Maar hy skroef dit nie vas nie. Nog nie. Dit sal hy doen wanneer die finale laag verf aangebring is. Zambezi Grace is die naam op die vergulde kiaathoutplank. Ná twee en negentig jaar het Manaka weer ’n Chipman vir ’n baas.

9.1 Noem hoe Teks 1 binne die konteks van die roman inpas. (1) 9.2 Herlees reël 2–4. Wie het oorspronklik die bankies onder die worsboom gebou en watter

simboliek kan ons daaraan heg? Waarom is dit ironies dat juis Baas jammer is oor die afsaag van die worsboom se takke en die in die slag bly van die houtbankies?

(3)

9.3 Herlees reël 5. Wat is die volle implikasie van Baas se woorde? Waarom is dié implikasie in

hierdie stadium nie geloofwaardig nie?

(2) 9.4 Hoe kom Brindle aan sy einde en waarop dui sy dood? (2) 9.5 Herlees reël 18. Hoe weet ons die boot is nie na Grace Tibelelo vernoem nie? (1) 9.6 Watter boodskap kom in Teks 1 sterk na vore as jy die einde van die roman

in gedagte hou?

(1) EN

Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

TEKS 2

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22

“Hoe opwindend,” sê Nanna du Pisani vir haar man toe die sendelinge van Fumi, indoena Daaimon se gehuggie, af wegry. Oom Scholtzie ry met die Dyna, die tweetonpaklorrie met sy dubbele agterwiele, voor hulle uit. “Dink jy nie ook so nie, muluti Krieseltjie?” Haar glimlag wys ’n tergerige kuiltjie in haar wang. “Dit was net jammer van die stank. Hoe kan enige mens met die reuk van daardie bokke saamleef? Veral die ou grote met die baard, en die verskriklike sak?” “Moenie banaal wees nie!” Griesel se hande gaan oop en toe oor die Datsun 1200-bakkie se stuurwiel. Deur elke knik stamp sy kop teen die dak. Agter op die bakkie val hulle tasse en ander besittings onder die kappie rond. “En nou vir die opwinding om in ons nuwe huis in te trek. Ek kan nie wag nie! En jy, muluti?” Sy haal die skets van die geboue by Manaka Evangelical Mission wat oom Scholtzie in Grootfontein vir hulle geteken het uit die paneelkissie. “Hierdie drie vertrekke wat die kantoor, die woonkamer en die slaapkamer was, is mos groot genoeg om in te woon tot ons aangebou het. Dis net jammer van die sinkdak. Ons moet ’n grasdak gehad het! Dis mos Afrika. Ek sal dit vir ons baie gesellig maak. Jy sal sien.” Griesel swenk wild uit vir iemand wat armswaaiend uit die bosse gestorm kom. Die bakkie tref ’n slaggat en skuur met ’n geknars teen ’n wal tot stilstand. Nanna val skuins oor die rathefboom.

9.7 Griesel se kleredrag en sy optrede tydens hierdie vergadering bewys dat

Griesel nie in Barotseland tuis voel nie.

Motiveer dié stelling. (2) 9.8 Wat is oom Scholtzie se rol by die vergadering? (1) 9.9 Herlees reël 9. By watter ander geleentheid berispe Griesel vir Nanna? Is hierdie TWEE

berispinge aanvaarbaar? Gee redes vir jou antwoord.

(3) 9.10 Herlees reël 12–13. Watter karaktereienskap van Nanna kom in hierdie reëls na vore? Noem ’n

handeling van Nanna uit die roman wat vir die leser aandui dat sy tuis voel by die plaaslike bevolking en haal die woorde uit Teks 2 aan wat hierby aansluit.

(3)

9.11 Wie is die persoon wat uit die bos gestorm kom; wat het Nanna van sý vrou

ontvang en hoe reageer Griesel daarop? Sou jy die wyse waarop die verteller Griesel uitbeeld as geslaagd beskou? Motiveer jou antwoord.

(4)

9.12 Watter verband is daar tussen Teks 1 en Teks 2 ten opsigte van godsdiens? (2) [25] OF

Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 10: OPSTELVRAAG VATMAAR – AHM Scholtz Slegte dinge wat met onskuldige karakters soos Tant Wonnie, Norman Boonzaaier en Kenneth Kleinhans gebeur, kan wel soms ’n gelukkige en sinvolle einde inhou. Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.

[25]

OF VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG VATMAAR – AHM Scholtz Lees die uittreksels hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS 1 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19

Toe hy terugkom, was die man weg met al sy aardse besittings. Hy het nie van die plek gehou nie, maar teruggeloop dorp toe, gebroke oor die verlies van sy goed. Hy het by die nuwe hotel, wat net daardie week oopgemaak het, werk as kelner of chef-boy gaan vra. Die bestuurder het gesê: Jy is heeltemal anders as hierdie mense. Daar is jou kamer – en hy het na die nuwe bediendekamers gewys. Ek sal soveel betaal as wat jy vir my werd lyk, verstaan jy? Ja, Miester Peterson, het hy gesê. Hy het ’n splinternuwe, eie kamer gehad, die eerste in sy lewe. Die chef, Mister Pierre du Pont, het baie gedrink en Harry Look het gou geleer om net soos hy te kook, die skottelgoed te was en nog kelner ook te wees. Op ’n dag het Mister du Pont siek geword. Die bestuurder was bekommerd en het gesê hy weet nie waar om ’n kok te kry om uit te help tot Pierre weer beter is nie. Hy het nooit opgelet dat Harry al klaar meeste van die tyd gekook het nie. Wag, kyk vanaand, Miester Peterson, het Harry gesê. Mister Peterson het gedink: Goed dan wag ek tot vanaand. Daardie aand was dit net soos altyd. Party mense het glad gevra: Harry, sê vir my, het Pierre so gou beter geword?

11.1 Hoe sluit reël 1 by die naam, Vatmaar, aan? (4) 11.2 Herlees reël 5. Dink jy dat die oordeel wat Mister Peterson hier fel, regverdig is? Motiveer

jou antwoord en noem ’n spesifieke voorbeeld as bewys vir jou antwoord.

(2) 11.3 Op watter wyse tree MacNamara rassities teenoor Harry Look op en wat is

Harry Look se reaksie op dié optrede?

(3)

Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

11.4 Harry Look het met die fa-fee-game-of-chance in Du Toitspan begin. 11.4.1 Vergelyk die houding van Chan Look met dié van Lisa ten opsigte

van die fa-fee-game-of-chance.

(2) 11.4.2 Watter karaktereienskap kan jy van Lisa uit haar houding teenoor

die fa-fee-game-of-chance aflei?

(1) 11.5 Dink jy dat die fa-fee-game-of-chance tot voordeel van die mense op

Vatmaar is? Motiveer jou antwoord.

(1) EN TEKS 2 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28

Na hy haar ’n kyk en ’n skelm glimlag gegee het, het Mineer de Bruin weggery. Hulle het na die charge-office geloop, met die poeliesman op die perd agter hulle aan. Party mense het hulle koppe geskud en ander het gelag. Een ouerige vrou het gesê: Ek wil nie graag in haar skoene staan nie. ’n Ander bemoeisieke het gevra: Wat het sy gedoen, Konstabel? Sy’s ’n dief, het hy gesê. Hulle moes buite wag dat die poeliesman afklim en die toom aan die ysterpaal met die ysterpenne vasmaak. Toe het hy Tant Wonnie die kantoor ingestoot met die woorde: Loop, jou skelm! ’n Sersant het agter die toonbank gestaan. What have you here, Constable Prins? het hy gevra. Sy’t haar madam se goue ring in Vatmaar gesteel, Sarge. And did you tell her madam to be in court tomorrow? Ja, ek het, Sarge. Die sersant het die pen in die inkpot gedoop en geskryf: Theft of a golden wedding ring. Name of her madam? Die konstabel het sy sakboekie uitgehaal. Martha September, het hy gesê. You from the Cape, Constable? Ja, van Stellenbosch af. Have you noticed that all these mixed-blood people who are descended from slaves are either Afrika or one of the calender months, from January to December? Ja, Sarge, ek het. Hy het sy pen in die inkpot gesteek en gevra: And the name of the culprit? Yvonne Miller, adres ook Vatmaar, Sarge. You are doing a fine job, Constable Prins, ridding this place Vatmaar of thieves. I’ll put your name on the promotion list.

11.6 Waarom is ‘Mineer de Bruin’ se reaksie teenoor Tant Wonnie nie regverdig

nie?

(1) 11.7 Hoe sluit die gebeure in Teks 2 aan by die feit dat die waarheid sal seëvier

en geregtigheid sal geskied?

(3)

Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

11.8 Gee redes waarom jy dink dat Settie September vir Tant Wonnie van diefstal

beskuldig het.

(2) 11.9 Wie kom Tant Wonnie in die tronk teë wat met Harry Look

(Teks 1) se seun in verband gebring kan word en wat is dié persoon se verband met Harry Look se seun?

(2)

11.10 Herlees reël 27. Hoe verskil die sersant se siening van die mense in Vatmaar se sienings ten

opsigte van diefstal? Hoekom het die mense van Vatmaar so maklik geglo dat Tant Wonnie ’n dief is?

(3)

11.11 Vroeër in die roman noem Ta Vuurmaak vir Oom Chai skelm-slim. Dink jy hy sal dieselfde van Tant Wonnie sê? Motiveer jou antwoord. (1) [25]

TOTAAL AFDELING B: 25

Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. VRAAG 12: OPSTELVRAAG KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small Die ruimte waarin Krismis van Map Jacobs afspeel, dwing die Cavernelis-gesin en vir Map Jacobs om uit hulle situasie te probeer ontsnap. Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.

[25]

OF VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small Lees die uittreksels hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS 1 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24

MAP: APOSTEL GEORGE: MAP: APOSTEL GEORGE: MAP: APOSTEL GEORGE:

Skullag en vuil en vieslik! Here, kan jy die merke sien, al die merke wat ek my laat merk het ... ’Cause ek wil somewhere ge-belong het? Kan jy sien die merke? (Hy praat nou met God.) Kan jy sien die tattoos, al die merke? (Sy stem raak ’n oomblik weg. Huil hy?) ‘it was ’n terrible gesoek seker, vir ’n identity, Here Jesus! ’n Verskriklike Map. Van al die merke, al die tattoos, call hulle toe vir my Map Jacobs ... En Apostel George, wat jy gestuur het, Here, hy’s reg, ek wiet, ‘is verskriklike merke dié, maar dis nog altyd deel van my kaart, ‘it wys waar ek gewies het, elke merk, ek wiet ... Hoe sal jy wiet waarnatoe om te gaan, sê Apostel George ... So sê die Here, Map ... ... as jy nie acknowledge waar kom jy vandaan nie? So hierso acknowledge ek nou, my Here ... In die teenwoordigheid van my ma en van Apostel George ... Lyster jy, my Here ... Praise the Lord! Map is tierend en ootmoedig nou. Jy moet die guts hê, en alles sê voor God! Never mind die judge of die koort van hierdie wêreld, maar voor die Here moet jy erken ... jy moet die guts hê, sê Apostel George ... Never mind even Blanchie ... Sê die Here, Map ...

Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

13.1 Hoekom is die naam Map betekenisvol? Noem waarom ons kan sê dat

Map se vel sy tronk is en noem ook wat gesuggereer word deur die gedeelte, “... maar dis nog altyd deel van my kaart ...” (reël 10).

(3)

13.2 In Teks 1 is dit duidelik dat Map berou oor sy vorige lewe het. Noem gebeure

uit die drama waaroor hy berou kan hê.

(3) 13.3 Die vraag wat Map gaan doen as hy vrygelaat word, is die oorsaak van die

gebeure in die drama.

13.3.1 Motiveer hierdie stelling. (1) 13.3.2

Dink jy dat Map op parool vrygelaat moet word? Motiveer jou antwoord.

(3)

13.4 Op watter wyse skakel die dialoog in Teks 1 met die tema van die drama? (1) 13.5 Teen die einde van die drama kan Map ’n kruis en ’n saksofoon vir hom laat

tatoeëer.

Motiveer hierdie stelling. (2) EN TEKS 2 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19

MAP: Ma! Tommy Sobotker vertel vir my van Blanchie ... van daai wit varke wat haar verlei ... vir Blanchie, Ma ... wat het moet ons gebeur, Ma, moet my en moet haar? (Bewoë.) Ons was same op skool, in die Elsiesrivier ... alles het mooi gelyk, ek het gehou van haar, sy’t gehou van my, en toe ... kom al die dinge wat gebeur het ... Wat het moet ons gebéúr, Ma? (Huil amper; dan driftig.) Lyster, julle ammal! (Hy spreek die straat aan.) Ek mind nie wat Blanchie gedoen het meanwhile nie, ek mind van niks, even as ‘it waar is sy het ’n abortion gehad van ’n wit vark of van enige iemand ... Here Jesus, wie is ekke om te mind! Apostel George, ja, jy sê vir my, wie is ekke om te mind, ek is soes niks, soes niets ... soes niks ... Niets ... (Die straat raas.) ‘Is net ... Hoekô avoid jy vir my, Blanchie? ... Hoekô avoid sy vir my? ... (Dan sagter.) Here! Ma! Apostel George! Hoekô avoid sy vir my? ... Ek wil so graag net moet haar práát, net vir haar sê, ek is sorry ... Blanchie ... Ek het ... aangevang ... Apostel George het my gewys, en ek was al lankal ge-convince, ek het shit aangevang ... en ek is sorry, Blanchie ... ek was nie meer die ou wat jy op skool geken het nie, ek het ’n regte vark geword, maar nou, ek het weer ge-change, ek het weer ’n mens geword, ...

13.6 Wat is die toon van Map se dialoog in sowel Teks 1 as Teks 2? (1) 13.7 Herlees reël 1–2 en reël 18–19. Waarom verwys Map na die mans as “daai wit varke” (reël 1–2) wat Blanchie

verlei? Watter rol speel hulle in Blanchie en haar pa se droom op ’n beter lewe? Wat is die verskil tussen die “wit varke” en Map wat homself “’n regte vark” (reël 18) noem?

(4)

Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

13.8 Map sê later in die drama aan sy ma: “... ek is ’n anner man, ôldou, ek is of course oek nog Map Jacobs ...”

Wat bedoel Map met hierdie woorde? Watter bewys is daar in die drama dat

Map wel ’n “ge-changde man” is?

(2) 13.9 ’n Tronk wat ’n ruimte van gevangenskap is, raak ’n ruimte van bevryding

terwyl die Kaapse Vlakte Map se tronk bly.

Wat is die ironie in hierdie stelling na aanleiding van Map se situasie? (2) 13.10 Map se dialoog in Teks 2 stel dit dat Antie Grootmeisie aanwesig is, maar

haar stem word nooit gehoor nie.

Noem EEN funksie van haar stilte in die drama. (1) 13.11 Watter voordeel hou Map se belydenis vir sy en Blanchie se verhouding in?

Hoe sluit dít by die saksofoonmusiek aan die einde van die drama aan?

(2) [25]

OF

VRAAG 14: OPSTELVRAAG MIS – Reza de Wet Die mismotief is ’n duidelike motief in die drama. Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.

[25]

OF VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG MIS – Reza de Wet Lees die onderstaande uittreksels en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS 1 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15

KONSTABEL: My ma en pa hou elk ’n skerf gerookte glas vas. My ma kyk na my. Haar hare waai oor haar gesig. Net een oog steek uit. “Gaan kombuis toe en kry vir jou ook glas,” sê sy met haar mond vol hare. Ek gaan kombuis toe. Ek dink miskien help die glas vir die wind. In die kombuis kook tant Hannie moerbeikonfyt. Haar vingers is rooi van die moerbeie. Sy suig haar voorvinger en vee die ander aan ’n witdoek af. Sy gee vir my ’n lang, skerp stuk gerookte glas. “Hou dit tussen jou duim en jou voorvinger vas,” sê sy. Sy vra nog waar my broer is, toe staan hy in die deur. Sy gee vir hom ook glas. Sy hurk en maak haar arms oop. Ons staan nader. “Weet julle dan nie?” fluister sy en lag. “Die sonsverduistering. Dis amper hier. Die gerookte glas is om deur te kyk. Anders is die son te skerp. As julle mooi kyk, sal julle sien ...” sy skuif haar een hand met blink ringe oor haar ander hand “... hoe

Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

16 17 18 19 20 21

die maan se skaduwee oor die son gly.” Ons wou so naby aan die son kom as wat ons kon. Ons klim die perskeboom en gaan sit op die dak. Op die nok van die dak. Die wind druis in ons ore. In die agtertuin skel die hoenders en waai teen die draad vas en die kwepers val soos hael. In die voortuin vlieg die blomme weg.

15.1 Watter stemming word deur die verwysings na die wind in reël 5 en 18–19

geskep? Hoekom pas dié stemming ook by die res van die drama?

(2) 15.2 Haal ’n frase uit reël 5–7 aan wat op ’n vaardigheid waaroor tant Hannie

beskik, dui en noem die ander karakter in die drama wat oor 'n soortgelyke vaardigheid beskik.

(2)

15.3 Herlees reël 9–10. Aan watter ander verskyning herinner die verskyning in bogenoemde reëls?

Is hierdie ander verskyning noodsaaklik vir die verloop van die drama? Motiveer jou antwoord.

(2)

15.4 Waarom verwys die sonverduistering na die blindheid van die vrouens? (1) 15.5 Hoe word spanning in Teks 1 geskep? (1) 15.6 Waarin transformeer Konstabel? Waarom kan hy nie Konstabel bly nie en

waarom is dié transformasie noodsaaklik? By watter ruimte sluit die transformasie aan?

(4)

EN TEKS 2

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13

GERTIE: KONSTABEL: GERTIE: KONSTABEL: GERTIE: KONSTABEL:

En hoe maak u nou weer die keuse? Ek bedoel tussen u Moeder en tant Hannie, as ek haar so mag noem? Sekerlik, Juffrou. Dit is die stem. Dit hang alles van die stem af. Werklik? Hoe interessant. (Kort stilte) Sal u my asseblief tog so ’n ietsie van hierdie tant Hannie vertel? Sy is nooit getroud nie. Sy was beeldskoon, maar veels te kieskeurig. My aarde. Ons klink nogal baie eenders. (Skaam laggie) Ek is ook glad nie te onaardig nie. (Kort stilte) Kan u vir my nog so ’n ietsie vertel? Sy was veral bekend vir haar hare. Lang, goue, golwende hare.

Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/2015 SSE

Kopiereg voorbehou

14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29

GERTIE: KONSTABEL: GERTIE: KONSTABEL: GERTIE: KONSTABEL: GERTIE: KONSTABEL:

(raak aan haar yl haartjies) Merkwaardig! Dit is presies hoe my hare Iyk. (bly) Werklik? Ja. Net so! (Kort stilte) Vertel nog. Asseblief. Sy was lank en slank ... en soepel. (byna skril van opgewondenheid) Net soos ek! Dis al die oefening. Dit hou my fiks! Ek het baie gekyk hoe die grootmense dans. En sy kon dans. Niemand kon soos sy dans nie. (baie opgewonde) Net so! (Spring op) Ek is die voorste danser in ons kontrei. Terwyl die KONSTABEL verder praat, voer GERTlE dromerig die bewegings uit wat hy beskryf. Met die hartseerwals het sy haar Iyf so agteroor gebuig met haar kop terug. Haar nek was lank en melkwit en haar oë halftoe.

15.7

Watter karaktereienskap van Gertie kom duidelik in haar dialoog in reël 1–2 na vore en hoe kan dit tot haar voordeel strek?

(2)

15.8 Herlees reël 9–10. Hoe probeer Gertie Konstabel in hierdie reëls beïnvloed? Is haar optrede

funksioneel? Motiveer jou antwoord.

(3) 15.9 Wat suggereer Konstabel met sy woord in reël 16? (1) 15.10 Wat noem ons die kursiefgedrukte gedeelte in reël 17? Wat is na jou mening

die funksies daarvan in dié reël?

(3) 15.11 Herlees reël 23–24. Hierdie is die derde leuen wat Gertie in Teks 2 vertel. Noem nog EEN ander

leuen wat sy later in die drama vertel.

(1) 15.12 Watter karaktereienskap van tant Hannie kom in die twee tekste voor?

Haal ’n frase uit Teks 1 en ook uit Teks 2 aan wat op die ooreenkoms dui.

(3) [25]

TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

AFRIKAANS HUISTAAL V2

2015

MEMORANDUM

PUNTE: 80

Hierdie memorandum bestaan uit 27 bladsye.

Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

NASIENRIGLYNE 1. As ’n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste

antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)

2. As ’n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

3. As ’n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

4. As ’n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer.

5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die memorandum nagesien.

6. As ’n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelfout nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.

7. Literêre opstel As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die memorandum is slegs ’n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die literêre opstelle na te sien.

8. Kontekstuele vrae As ’n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ’n vraag dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

9. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/motivering/bewys verdien die punt.

Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A: GEDIGTE VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

LET WEL:

• Dis ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Inleidingsparagraaf Die kandidate kan enige gepaste inleidingsparagraaf aanbied, bv.

• Dié gedig beeld die lewe van diegene wat in ’n bepaalde ruimte/tyd/omgewing/tydperk/ apartheidbestel/tuislandbeleid uitgelewer is, uit.

• Volgens die kultuur waarin beauty gebore is, sal daar eendag vir haar lobola (beeste) betaal word deur haar toekomstige skoonouers wat tot moontlike rykdom vir haar eie ouers sal lei./bv. versreël 16: ek het beeste gebaar

• Die ruimte wat in die gedig/tydens die geboorte voorkom, getuig van armoede, want daar is nie kos nie/die baba is in die buitelug gebore./Bv. versreël 18: en die mielies klaar/versreël 3: omring deur die sterre se liggies/versreël 4: en koerante kaal klip.

• Die ruimte waarin die pa hom bevind, is die myn, want dit is waar die meeste trekarbeiders gewerk het./hy verdien geld vir sy gesin./Bv. versreël 20: oopgeskiet tussen lae klip

• Die geboorte van die baba is ook ’n tydsaanduiding, want die baba is in ’n eensame nag in die winter gebore./Bv. versreël 2: op ’n wintersnag so all forlorn

• In die aand, nadat hy moeg gewerk is, droom die pa van sy dogter, want die goeie nuus/opgewondenheid streel sy moegheid weg./Bv. versreël 30: saans as hy sy moegheid streel

• In die briewe kan ’n bepaalde milieu van die gedig raakgelees word. o Die eerste brief is deur beauty se ma uit Dimbaza (die tuisland,

Ciskei)/apartheidsjare gestuur. � Sy sê beauty is onder die sterre/in armoede /op ’n wintersnag gebore./Bv.

versreël 17–18: op ’n wintersnag so all forlorn met die sterre se goud. � Dit is die gebruik dat die pa, wat in die stad werk/’n trekarbeider is, geld huis

toe sal stuur. Daarom het die ma vir die pa gevra om geld te stuur./Bv. versreël 13: en te vra van die geld

� Die vroue versorg die landerye terwyl die man in die stad werk./Die ma het aan die pa vertel dat die mielies (hul kos) klaar is./dat die mielies klaar geplant is./die oes klaar is./Bv. versreël 18: en die mielies klaar

� Die ma het aan haar man gesê dat sy beeste gebaar het, dus was daar volgens die kulturele gebruik, die vooruitsig op lobola./’n rykmanswêreld./Bv. versreël 16: o my man ek het beeste gebaar.

o Die pa het die tweede brief vanuit die stad/myne/as trekarbeider gestuur. � Die pa het die brief in die laatnag gelees, want hy het toe eers tyd gekry/in

die dag gewerk./Bv. versreël 22: in ’n laatnagbrief: my vrou

Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

� Terwyl die pa ver van die huisgesin gewerk het, kon hy nie by die geboorte wees nie, en het die boodskap aan beauty gestuur dat hy haar liefhet, bv. versreël 27: om te sê hy het haar lief

� Die pa het sy brief per lugpos gestuur om die boodskap vinnig by haar uit te kry, bv. versreël 25–26: hy’t sy brief gepos ... ’n lugposbrief aan beauty douglas

o Die derde brief wat die ma op ’n sonskynmiddag/uit die tuisland/dorp/Mnxesha aan die pa op die myne gestuur het, het slegs die tragiese nuus bevat dat beauty dood is./Bv. versreël 34–35: “beauty douglas was born she died”

Slotparagraaf Die kandidate kan enige gepaste slotparagraaf aanbied, bv.

• Dié tyd en ruimte (milieu) waarvan die spreker in die gedig praat, dra by tot die begrip van die gedig.

10

OF

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Kwatryne – Ina Rousseau

Vraag Antwoord Punt 2.1 Gebroke rym √

1

2.2 ’n Akteur/mens/onbekende persoon. √ Ja. Kwatryne 10 en 13 vorm ’n gedagte-eenheid, daarom kan dit een spreker wees./ Omdat die spreker universeel van toepassing is, kan dit dieselfde spreker wees. √

OF

Nee. Kwatryn 13 vorm ’n afsonderlike gedig, daarom is dit ’n ander spreker. √

1 1

2.3 In die eerste deel word die stelling/waarneming gemaak/beeld geskep/(akteursrol). √ In die tweede deel word die stelling van toepassing gemaak./bring kontras wat groei tot ’n bepaalde beeld oor die lewe./(lewensrol)√

1 1

2.4 Metafoor √ Aan die einde van jou lewe word jou kostuums/maskers uitgetrek/ondergaan jy ’n gedaanteverwisseling/staan jy ongegrimeer/as jou ware self om verantwoording te doen voor die spelleier van die lewe. √ Ja. Die beelde wat in hierdie kwatryne gebruik word, sluit by toneelspel/drama aan. √

1 1 1

Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.5 Die kandidaat gee sy/haar eie motivering hoekom hy/sy die betrokke vraag

gekies het, bv. Kwatryn 11/sal U vir ons wat ons kostuums uittrek volgens ons moeite en geduld betaal? Ek sal wil weet of ek vergoed sal word vir my goeie dade/lewe en of dit tevergeefs was. √

OF Kwatryn 13/Is ek van hierdie klug die held of teen die agterdoek ’n figurant? Dit is belangrik om erkenning te ontvang vir die lewe wat ek voluit geleef het en waarin ek nie net bloot bestaan het nie. √ Die motivering verdien die punt.

1

2.6 Die lewe is ’n toneelspel./Die mens is slegs ’n akteur in die lewe./God is die groot regisseur van die lewe. √

1

10 OF VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Die huis luister – Daniel Hugo

Vraag Antwoord Punt 3.1 Die huis. √

1

3.2 verwyt/skoor √ Polisindeton/herhaling van en √

1 1

3.3 Die inwoners sowel as die huis gaan agteruit./Die huis sowel as die inwoners word afgetakel. √

1

3.4 Huismense/gesinne moet na mekaar luister./beter met mekaar kommunikeer. √ Kommunikasie tussen gesinslede is nie altyd goed nie. √ Afwesige ouers/gesinslede veroorsaak dat daar nie genoeg met mekaar gekommunikeer word nie./na mekaar geluister word nie. √ Die kandidaat bied sy eie redes aan vir TWEE punte, EEN punt elk.

1 2

3.5 Die spreker wil beklemtoon dat die gesinne nie na mekaar luister nie./juis die nie-hoor van die inwoners beklemtoon./wil hê dat die lesers bedag daarop moet wees om kommunikasie te herstel. √

1

3.6 Die inwoners gaan bly bid. √ Die rusie/onmin/roesemoes/probleme gaan voort. √

2

10 OF

Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Vroegherfs – NP van Wyk Louw

Vraag Antwoord Punt 4.1 nuwe wind √

1

4.2 Die enjambement dui op die vloeiende proses van herfswording./Die wordingsproses. √ Die enjambement dui op die vallende blare. √ die eerste blare val so stilweg (in die rook-vaal bos en laan) √

2 1

4.3 Personifikasie √ Hy wil gestroop/gesuiwer word van dit wat oorbodig is in sy lewe. √

1 1

4.4 ’n Gewyde/smekende/pleitende stemming. √ O Heer/Heer laat √

1 1

4.5 Nee. In die gedig beteken nakend gestroop./gesuiwerd./onbevlek. √ Ja, kan nie as antwoord aangebied word nie.

1

4.6 Ja. Die mens word gestroop/gesuiwer van sy eie waan./sy hoogmoed./gesuiwer om in die proses meer (geestelik) volwasse te raak.

OF

Nee. Die natuur is te wispelturig om op ’n mens se lewe van toepassing gemaak te word./ Groei word nie met herfs assosieer nie, eerder met lente. √ Die kandidaat gee sy eie gepaste motivering vir een punt.

1

10 EN VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Highpriest van die Socialism – Adam Small

Vraag Antwoord Punt 5.1 Na iemand wat die bevrydingstryd lei/bevrydingsaktivis/politikus. √

1

Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5.2 Die retoriese vraag/vrae druk sy/haar ongeloof/skok uit. √

Die bevryder woon in ’n weelderige huis. Die bevryder ry met ’n luukse motor./het duur pakke klere./het hope kos. Die bevryder leef in vyfster-weelde./hotelle. Die bevryder maak van eersteklas lugvervoer gebruik. √√ Die kandidaat bied sy eie redes aan vir TWEE punte, EEN punt elk. Die kandidaat mag die aanhaling uit die gedig as antwoord aanbied.

1 2

5.3 (met daai) kamma (sed bek) √

1

5.4 Die onderdrukte leef ’n ordinary living-leefstyl teenoor die aangesprokene se five star style./ Die onderdruktes se klere is dié van werkers, overalls/oorpakke teenoor die aangesprokene se blink suits./ Terwyl die onderdruktes take away fish ’n chips/vis en skyfies eet, geniet die aangesprokene skorrelsvol yt daai plush hotels. √√ Die kandidaat bied enige TWEE kontraste aan vir EEN punt elk. In elke geval moet beide kante van die kontras aangebied word vir een punt.

2

5.5 Die bevryder van die onderdruktes/valse profeet het hom-/haarself verryk terwyl daar nie bevryding van die massa plaasgevind het nie. √ Die kandidaat gee sy eie, gepaste motivering, bv. Ja. Terwyl daar korrupsie en verryking in die land heers, word die meerderheid mense nie van hul armoede bevry nie. √

OF Nee. Diegene wat die bevrydingstryd lei, is geregtig om hulself te verryk vir al die opofferings wat hulle in die stryd moes maak. √

1 1

5.6 Daar is geen eindrym nie./Die versreëls se lengte verskil./Inkonsekwente hoofletter- en leestekengebruik. √

1

10

TOTAAL AFDELING A: 30

Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. VRAAG 6: LITERÊRE OPSTEL Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding, bv.

• Daar is twee verhaallyne, dié van Iris se werklikheid/die realistiese wêreld en haar fantasiewêreld/droomwêreld, wat parallel met mekaar loop.

• Die verhaallyn wat die werklikheid bevat, handel oor Iris se geboorte, haar gesin, grootwordjare, ontmoeting met Riekie/Peter, oorsese besoeke en troue.

• Iris het ’n saai, voorstedelike bestaan in ’n gesin waarvan sy die buitestander is omdat sy voel dat niemand regtig na haar luister nie./Bl. 9: Niemand het nog ooit regtig na my geluister nie.

• Iris is die jongste van drie dogters en word dikwels uitgesluit uit haar susters se gesprekke omdat sy te jonk is om haar eie mening te hê./Bl. 34: Dit was altyd dieselfde ou storie. Ek was te jonk. Ek kon nog nie saampraat nie.

• Iris se pa is ’n stil, rustige en gemoedelike mens, maar nie die tradisionele pa waarop Iris kon steun nie omdat hy fisies afwesig is noudat hy op sy wildsplaas gaan boer./Bl. 73: Nou het hy ons kort en kragtig vertel dat hy sy vennote uitgekoop het en van plan is om met beeste te boer./Bl. 76: Met Pa uit die huis ... was Ma meer op my aangewys ...”

• Iris droom van haar eie blomtyd en het ’n obsessie om eendag te blom omdat sy iets groots in die lewe wil bereik en sien die geleentheid om ’n modelkontrak los te slaan as ’n moontlike blomtyd./Bl. 131: “En dat ek glo ek sal eenkeer blom. Nou, soos ek dit sien ... wie sê dis nie nou my kans nie?”

• Na matriek studeer Iris aan die universiteit en behaal ’n graad in letterkunde, maar verkies om as stoelassistent by die tandarts, dokter Anders, te gaan werk omdat sy ’n werk wil hê wat nie te veeleisend is nie./tyd gee om aan haar fantasiewêreld te spandeer./Bl. 42: Ek wou nie ’n werk hê wat my gedagtes in beslag sou neem nie.

• Die verhaallyn wat die fantasiewêreld bevat, handel oor haar fantasieë oor Richard, Eduard, Peter, Greta en die Engel.

• Iris se fantasiewêreld word reeds in die titel van die roman ingelei, want die blomnaam, kwart-voor-sewe-lelie, bestaan nie in botaniese kringe of in die omgangstaal nie; dit is ’n fiktiewe naam wat pas by die verbeeldingswêreld wat sy vir haarself skep./Bl. 187: Dit was maar altyd daar, een van daardie groen plante wat jaar na jaar ’n hoek vol maak sonder om iets dramaties te doen./Bl. 186: ... Ma se kwart-voor-sewe-lelie ...”/Bl. 104: “Hulle blom net een keer per jaar ...”

• Iris skep vir haarself ’n fantasiewêreld omdat sy daarin van die onwelkome werklikheid kan ontvlug. /Bl. 14: Ek het dikwels soos Aspoestertjie gevoel behalwe dat my susters nóg stief nóg lelik was./Bl. 9: “Heeltemal anders,” het Ma saamgestem./ Bl.24: “Haai, sussie, ek sien swarigheid vir jou as jy nie gou van jou romantiese drogbeelde ontslae raak nie.”

Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Iris sien haarself as ’n godin wat ander hoër gode moet dien omdat dit een van die betekenisse van haar naam is./Bl. 10: Die een god in die besonder het die gesig gehad van André Visser ...

• Hannes se vriend Riekie begin Iris uitneem, maar sy omskep hom in ’n fantasie-karakter omdat sy uitgekuier raak met hom./Bl. 11: ... ek het hom oorgeskryf tot iets meer na my sin ... het ek sy naam verander na Richard, uitgespreek as Rigardt ...

• Met Elsa se troue skep sy die karakter, Eduard, ’n onbekende Fransman omdat Riekie as strooijonker haar koud gelaat het en Elsa se troue nie ingepas het by Iris se romantiese prentjie van troues nie./Bl. 22: Terwyl die dominee se stem oor ons koppe gedreun het ... het ek sit en borduur aan die storie in my kop.

• Met Elsa se swangerskap skep Iris ’n nuwe fantasie omdat sy swangerskap nie as romanties ervaar nie, maar dit tog self wil beleef sonder om in die moeilikheid te kom./Bl. 28: Daarvoor was ek te nugter, maar in my verhaal sou ek verwagtings, babas en geboorte omskep tot ’n fantasie.

• Greta, as Iris se alter ego, leen haar skouer vir Peter, ’n aantreklike Engelse buitelander, om sy hart uit te praat, wat later lei tot ’n nag van passie omdat Iris self ’n swangerskap wou ervaar./Bl. 29: ... hulle bring die nag in mekaar se arms deur ...

• Iris skryf Peter uit die verhaal deur hom te laat sterf in ’n motorongeluk omdat hy met haar wil trou toe hy uitvind dat sy swanger is en Iris nie wil trou nie./Bl. 31: Hy is ’n paar dae later in ’n motorongeluk dood. (Wel, ek moes hom van die toneel af kry, moes ek nie?)

• Peter se broer, Eduard, kom op die toneel omdat hy Greta wil ondersteun met die swangerskap van sy broer se buite-egtelike kind, maar raak self betrokke by die geboorte van die seuntjie en ’n verhouding ontstaan tussen hulle, maar Iris besluit om die twee karakters te laat verdwyn omdat sy moeg was vir hulle./Bl. 213: Af en toe het ek nog met hulle lewe gespeel, maar die vlam was weg ... hulle fut was uit.

• Iris kuier by Kara en Claude in Frankryk en sien die Engel vir die eerste keer, want hy verskyn en praat met haar wanneer iemand haar op die partytjie ontstel./Bl. 92: ... het ek die vae omlyning van ’n Engel gesien ... Sou die man al die pad saamgevlieg het of was dit ’n plaaslike engel?

• Die Engel is deel van Iris se fantasie, want die Engel sê self dat sy hom opgeroep het./Bl. 178: “Jy het my opgeroep ... Jy het my een van jou fantasieë gemaak.”

• Die Engel tree op as Iris se raadgewer, want hy sê sy is taktloos en dom om met Peter oor haar naam te praat en oor Brian se eerste vrou./Bl. 131: “Jy’s dwaas,” het die Engel gesê./Bl. 153: “Taktloos,” het die Engel in my oor gesug. “Ons probeer olie op die waters gooi, nie ’n brandende fakkel nie.”

• Iris voel dat die Engel haar faal as beskermengel omdat hy nie Bettie se gifdrinkery en Pieter se ongeluk keer nie./Bl. 177: “As beskermengel het jy gefaal.”

• Met die Engel ook by is Greta en Eduard eenkant gestoot, want Iris se verbeeldingsvlugte het oorbevolk geraak en haar fantasiekarakters al vaer./Bl. 110: ... bly my hoofkarakters altyd huiwer in die voorstede van my brein. En die rede waarom hulle nou na vore kom, kon wees omdat ek alleen en skrikkerig in ’n vreemde plek was. Greta se habitat. Daarby was my eie Eduard vir my op daardie tydstip ewe vaag as Greta s’n.

• Iris verwar Peter met die Engel toe Peter onverwags terugkeer en ’n figuur in die donker oor haar val./Bl. 205: ... het ek gewonder of die Engel besig was om my terug te betaal vir my onoordeelkundige bekendmaking van sy bestaan.

• Die Engel lei Iris om haar werklikheid te aanvaar en in plaas daarvan om in haar fantasieë te ontvlug, self verantwoordelikheid vir haar besluite te aanvaar omdat die lewe nie ’n storieboek is nie en help hy haar besef dat ’n naam net ’n naam is./Bl. 187: “Die lewe is nie ’n storieboek nie.” ... “En ’n naam is net ’n naam.”

• Peter aanvaar die Engel in sy en Iris se werklikheid omdat hy nie opdringerig is of Iris se tyd in beslag neem nie./Bl. 219: Die Engel het hy aanvaar.

Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Fantasie en werklikheid oorvleuel wanneer sy Peter ontmoet en ’n verhouding met hom begin omdat sy werklikheid sterker was./Bl. 112: ... ek, skepper van romantiese maaksels.

• Fantasie speel ’n groter rol as die werklikheid: Iris se beroepskeuse is ’n aanduiding dat fantasie ’n sterker rol speel as die werklikheid./Werklikhede soos Elsa se troue en swangerskap word ook omskep in fantasieë en makliker om te verwerk.

• Die werklikheid verdring die fantasieë, daarom speel dit ’n groter rol. Alhoewel Iris se liefdeslewe oorheers word deur fantasieë, is die werklikheid aangenamer en sterker en verdring dit later die verbeeldingswêreld.

Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot, bv.

• Dit is as gevolg van die omstandighede van Iris se werklikheid wat sy vir haar ’n fantasiewêreld skep waarheen sy kan ontvlug, maar hoe sterker die werklikheid raak, hoe meer oorvleuel die twee verhaallyne van haar lewe totdat haar fantasiewêreld vervang word deur die realiteit.

25

OF VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker

Vraag Antwoord Punt 7.1 Iris het hom opgedroom./deel van haar fantasieë gemaak. √

1

7.2

Die Engel is deel van haar lewe daarom moes hulle daarvan weet./As hulle mekaar leer ken, moet sy hulle van die Engel vertel./Engele was deel van die gesprek. √ Iris was desperaat om Bettie te troos./haar bui te verander./Dit was ’n laaste desperate poging om met Bettie te gesels. √ Sy het gelag en gelag totdat sy hik./Dit was vir haar baie snaaks. √

1 1 1

7.3 Hy het nie vir Peter tydens die sweisongeluk beskerm nie. √

1

7.4

Sy kan die wyfies se broeiery beïnvloed./Sy kan veroorsaak dat hul die eiers uit die neste skop. √ Hy vra haar om uit te vind waarom ’n wyfieduif eiers uit die nes skop. √

1 1

7.5 Sy is ’n versamelaar./Sy maak antieke ware bymekaar./Sy is ’n tuisteskepper wat daarvan hou om goedjies bymekaar te maak./ Sy is ’n voorbeeld van ’n tradisionele huisvrou van daardie tyd.√

1

7.6 Nee. Die duiwe is nog steeds veilig, al is Iris by die duiwe./Die broeipaar sal nog altyd kleintjies kan kry./ √

1

7.7 Hy gee haar die raad om nie oor haar naam met Peter te praat nie./ Hy gee haar die raad om Peter te laat slaap wanneer Peter moeg is./ Hy gee haar die raad om nie oor Brian se eerste vrou met hom te praat nie./ Hy gee haar die raad om haar eie lewe te leef. √ √ Die kandidaat bied sy eie redes aan vir TWEE punte, EEN punt elk.

2

Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.8

Johanna neem die rol van die verstrooide ma oor./ondersteun haar deur haar hele lewe. √ Billy besorg Iris in New York veilig in haar hotel/dien as haar biegvader/ gee vir haar perspektief op haar naam./blomtyd. √ Peter gee vir haar die geleentheid om in haar bekende omgewing te kan aanbly. √

1 1 1

7.9

Die Engel het haar toegelaat om haar eie besluite te neem, bv. hy laat haar toe om self te besluit oor die modelkontrak./ Die Engel beskerm nie vir Iris of ander karakters soos sy gevra het nie, bv. sy breek haar enkel in Vermont./hy pas nie die gifbottel op nie.

EN

Die Engel het Iris soms beskerm, bv. hy stamp haar uit die pad van die skaatsplankryer./hy beskerm haar in Frankryk toe ’n gas haar oor Suid-Afrika konfronteer. √

2

7.10

Hy kan ’n glasoog kry en niemand sal die verskil opmerk nie. √ Peter se oë herstel volkome. √

1 1

7.11

Die tannie het ’n tradisionele siening van ’n verhewe wese wat in sekere gevalle na mense omsien. √ Iris se Engel leef in haar werklikheid en moet haar van raad en beskerming voorsien. √ Toe sy haar been in Vermont gebreek het. √ Hy beskou homself nie as ’n beskermengel nie. √

1 1 1 1

7.12 Die kandidaat kan Ja of Nee as antwoord aanbied. Die kandidaat se eie mening, bv. Nee. Iris sou permanent in haar verbeeldingswêreld gebly het en nie die realiteit aanvaar het nie. √ Iris sou heel moontlik die modelkontrak aanvaar het en nie liefde in haar lewe ervaar het nie. √ Iris sou haar hele lewe deur na ’n volmaakte oomblik gesoek het. √ Die leerder bied enige DRIE sinne in konteks van die roman aan vir EEN punt ELK.

1 1 1

25

OF

Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 8: LITERÊRE OPSTEL Manaka plek van die horings – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding, bv.

• Die karakter, ouma Essie, se rol as versoener en bewaarder van geloof kan nie gering geskat word nie.

• Vir Ouma Essie is die bewaring van die geloof op Manaka ’n natuurlike optrede omdat sy in ’n Christelike omgewing grootgeword het./Bl. 116: “Die enigste pa en ma wat ek ooit geken het, was wit mense. Dit was eerwaarde Phil Kruger en mevrou Bessie.”/sy deur die Kruger sendelingegpaar aangeneem is en op ’n Vrystaatse sendingstasie grootgemaak is./Bl. 116: “Hulle het my aangeneem en my saam met hulle kinders grootgemaak.”

• Haar studierigting veroorsaak ook dat sy ’n bewaarder van die geloof sal wees, omdat sy die eerste swart meisie was wat by die Bybelkollege in Witsieshoek ingeskryf was./Bl. 116:”..., het hulle dit reggekry om my by die Bybelkollege op Witsieshoek in te skryf. Ek was die eerste swart meisie wat ooit daar toegelaat is.”

• Haar troue met Joseph Sitali Mulambwa dwing haar om die geloof te bewaar, omdat hulle na die Senagagebied vir sendingwerk gaan./Bl. 117: “Ons is deur die kerk tot by Ngweze gebring.”

• Omdat sy God se woord wil versprei, begin sy met die herstelwerk op die sendingstasie./Bl.118: “Tot daar weer ’n kerkgebou is, sal hierdie boom die kerk wees ...”

• Sy staan by haar Christelike beginsels omdat sy die khuta oor hul afdwaling van die godsdiens berispe./Bl. 167: “..., dan is dit tyd dat die mense van hierdie hele stam vra hoekom die vergadering nie meer met ’n gebed oopgemaak word ...”/ sy die khuta aanval wat die kerk se goed steel./Bl. 166: “En het iemand al gevra hoekom is daar hier rond nou skielik mense met die kerk se sinkplate op hulle huise se dakke?”

• Haar geloof is sterk, want sy verdryf meneer Chisupo./Bl. 148: Sy klap sy hand weg en wys vir hom ook vinger./Bl. 149: “Hy hoort nie hier nie.”

• Ouma Essie is as Christen baie bekend in die Senanga-omgewing en selfs die polisiemanne uit Mongue weet van haar./Bl. 211: “Dra ons groete oor aan die Profeet van die Bybel,” sê inspekteur Matibe en salueer. Daarom het sy dus ’n invloed op elkeen van hulle.

• Mense het respek vir haar as Christen, want sy het selfs op Riekert, die diamantsmokkelaar, ’n invloed./Bl. 133: “As daar nou een swarte is wat reguit hemel toe sal gaan, is dit sy.”

• Ouma Essie se invloed op die mense is beduidend, want sy oortuig mnr. Kebbey om Baas gratis na die hospitaal te vervoer./Bl. 47: “Toe! Loop nou na jou huis toe en gaan haal die sleutels.”

• Ouma Essie glo dat ’n Christen aan sy dade geken word, daarom verskaf sy huisvesting aan ’n wildvreemde man wie se voertuig gebreek het./Bl. 74: “Daar het al op ’n tyd ’n wit mens by ons geslaap. Hy het ’n week daar gebly.”

• Ouma Essie gee vir haar medemens om, want sy duld nie dat die khuta Grace inloop nie./Bl. 165: “Die mens met wie daar gepraat moet word oor die salaris van die sendelinge se tolk, is nie Tibelelo nie.”/sy gee vir Baas ’n hondjie in die plek van Brindle./Bl. 239: “Dit is ’n hond wat ouma Essie gister al vir jou gestuur het,” sê Grace.

Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Ouma Essie verseker kontinuïteit in die uitdra van God se woord en werk, omdat sy telkens as tussenganger tussen Baas en die khuta en Baas en die sendelinge optree./Bl. 170: “Sonder meneer Baas sal hulle nie in Barotseland kan bly nie.” /Bl. 118: “En hoekom sal die Here nou sy hand wegvat net oor iets wat tussen mense gebeur?”

• Ouma Essie gee betekenis aan die daar wees van die sendelinge, want sy sorg vir die sendelinge as sy die werk aan die sendingstasie orkestreer./Bl. 118: “Die ander man wat wit is, sal vir julle sê wat om te doen om ’n dak oor julle koppe te kry.”/Bl. 119: “Die meubels wat nog op die lorrie is, kan nou by die kerk afgelaai word.”

• Ouma Essie en Baas het vanuit die staanspoor ’n goeie verhouding, omdat sy die twyfel in Baas oor geloof wat jy kan verloor besweer./Bl. 202: “Jou reg om ’n Christen te wees maak van jou ’n Christen.”/ sy in die verlede dieselfde twyfel as Baas ervaar het./ bl. 163: “Maar toe ek van my huis hier by Manaka weggevat word, en van my kerk af ... Toe het ek, toe ek al ’n ou vrou was, my Bybel in die rivier gegooi, muluti.”

Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot, bv.

• Ouma Essie speel dus ’n integrale deel in die verhaal.

25

OF VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG Manaka plek van die Horings – Pieter Pieterse Vraag Antwoord Punt 9.1 Baas het teruggekeer na Manaka/herstel die Zambezi Joy.√ 1

9.2 Dennis Chipman(oupagrootjie) √

Dit is simbolies van die verkondiging van die Woord. √ In hierdie stadium lees Baas nie meer sy Bybel nie; dus sou hy nie die Woord verkondig nie.√

1 1 1

9.3 Hy sal toelaat dat die Woord weer op Manaka verkondig word. √ Baas beskou homself op hierdie stadium nie as ’n Christen nie; dus is sy onderneming nie geloofwaardig nie. √

1 1

9.4 ’n Buffel gaffel hom dood. √ Dit dui op ’n nuwe fase in Baas se lewe. √

1 1

9.5 Hy noem die boot Grace nog voordat daar ʼn vriendskap tussen hulle ontwikkel het. √ 1

9.6 Moenie moed opgee nie./Hou aan om jou droom na te volg. √ 1

9.7 Hy dra ’n donker pak met dofwit strepies teenoor die khuta se verslete klere √ en hy was sy hande nadat hy meneer Kebbey gegroet het. √

2

9.8 Hy is die tussenganger tussen die Du Pisani’s en die khuta. √ 1

Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

9.9 Met hul aankoms op Manaka het hulle ’n soetwyntjie gedrink./

Nanna het privaataangeleenthede in die openbaar bespreek./ Hy was kwaad en vermaan haar om nie vir almal geld en werk te gee nie. √

EN

Die berisping oor die “grote met die baard” is nie aanvaarbaar nie, want Nanna het Griesel geterg. √

EN Die berisping is nie aanvaarbaar nie, die wyndrinkery was menslik, maar Griesel is net gesteld op die beeld na buite./omdat Griesel dubbele standaarde het, sy inbraak in Baas se slaaphut kan ook ’n slegte beeld na buite skep. Die berisping is aanvaarbaar aangesien ’n huwelikspaar hulle sake in privaatheid moet oplos./ Die berisping is nie aanvaarbaar nie , daar is nie ’n plek waar Nanna en Griesel kan praat nie, want hulle het nie hul eie huis op Manaka nie./ Die berisping is nie aanvaarbaar nie, want Nanna se handeling dui op haar weelsynwerk/omgee vir haar medemens wat van sendelinge verwag word. √

1 1 1

9.10 Positiwiteit. √ Sy laat toe dat ’n dogtertjie aan haar hare vat./trek vir die kinders gesigte tydens die khuta-vergadering./het by ouma Essie gaan slaap./sy gee geld vir die plaaslike bevolking.

1 1

Dis mos Afrika. √ Die kandidaat moet ’n handeling as antwoord aanbied wat daarop dui dat Nanna Afrika-gebruike aanvaar.

1

9.11 Meneer Johnnie. √ (Nanna ontvang) ’n pampoen. √ Hy was kwaad en vermaan haar om nie vir almal geld en werk te gee nie. √ Ja. Griesel het hom misgis met die omgewing en omstandighede op Manaka en was dus ongelukkig./Hy het nie tuis gevoel nie en moet dus so optree./Griesel beskou hom as die inwoners se meerdere en moet dus so optree. √ Nee. Ek sou ook geïrriteerd wees, die kerk het sekere beloftes aan Griesel gemaak en dit kan nie nagekom word nie. √

1 1 1 1

9.12 Baas impliseer in Teks 1 dat hy die godsdiens weer op Manaka wil laat herleef √ en in Teks 2 arriveer die sendelinge om dit te doen. √

2

25

Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 10: LITERÊRE OPSTEL Vatmaar – AHM Scholtz Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidate voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding, bv. • Slegte dinge wat met onskuldige mense gebeur, kan wel soms ’n gelukkige en sinvolle

einde inhou.

• Die karakter, Tant Wonnie, ervaar intense hartseer omdat haar lewensmaat, Heinrich, in die oorlog sterf en ses van haar kinders in die Groot Griep./Bl. 180–181: My Heinrich het nooit van die oorlog af teruggekom nie ... ek het ses met 1918 se Groot Griep verloor. Hulle is almal saam in een sloot begrawe ...

• Tant Wonnie sukkel voort in armoede na Heinrich se dood omdat sy nie wettiglik met hom getroud was nie en dus nie geregtig was op sy oorlogspensioen nie./Bl. 206: Toe ek die telegram kry dat jou pa dood is, is ek na die army se pay-office toe ... Ek het gesê ek is nooit met die ring getroud nie ... Sorry I can’t help you.

• Tant Wonnie ervaar haar eerste vernedering as vrou terwyl sy op Schoongesicht werk omdat Piet de Bruin haar probeer verkrag./Bl. 135: Jou vuilgat, jou vuilgat! het ek gesê ... Piet de Bruin het soos ’n gekweste bul weggeloop. En van daardie dag af probeer hy my terugbetaal.

• Tant Wonnie is na haar liefdeswerk by Sannah Vosloo slegter daaraan toe as voor sy Schoongesicht toe is omdat haar huis leeg gesteel is toe sy terugkeer na Sannah se dood./Bl. 136: Toe hulle by die kamer kom, staan die deur oop. Alles wat binne was, was geplunder.

• Tant Wonnie word van diefstal beskuldig en daarvoor in hegtenis geneem en ervaar intense vernedering omdat Settie September glo dat sy haar goue ring gesteel het./Bl. 125: Baas, hierie vrou, sê Mevrou September en wys na Tant Wonnie, het my trouring gesteel./omdat sy geboei word en te voet voor die polisieman op sy perd na die polisiekantoor moet stap./Bl. 127: Die poliesman: Jy moet voor die perd uit loop, ’n prisonier ry nooit saam met die gereg nie.

• Tant Wonnie verloor haar sewende kind as gevolg van Mevrou Bosman se verkeerde vermoede dat haar man verantwoordelik is vir Kaatjie se swangerskap omdat dit uitloop op ’n mislukte poging tot ’n aborsie, tronkstraf en haar dood tydens die geboorte./Bl. 268: Toe haar kind die laaste swakke asem uitblaas, het sy buite teen die ou doringboom gaan staan. Haar oë was oop, maar sy het niks gesien nie ...

• Tant Wonnie het ten spyte van die gemeenskap se uitjouery dat sy ’n dief is, haar nie laat onderkry nie./Bl. 127: Sy het haar kop gelig en na hulle gekyk, want hulle het haar nie bang gemaak nie.

• Tant Wonnie vind vertroosting vir haar vernedering omdat sy vasklou aan haar man, Heinrich, se woorde op ’n poskaart./Bl. 130: ... it is said God is within us at all times

• Tant Wonnie omskep haar negatiewe omstandighede in iets positiefs omdat sy nou weet waar om God te vind./Bl. 131: Hulle het van my ’n dief gemaak, maar ek is nie ’n dief nie. My Meester wat in my binneste woon, ek het U gevind.

• Tant Wonnie ontvang vergoeding vir haar vernedering om soos ’n misdadiger in die hof te staan as die magistraat haar onskuldig bevind en die hof gelas om vir haar ’n rok en skoene te koop en haar ook finansieel te vergoed vir haar onkoste en ongerief./Bl. 180: You are free to go, Mrs Muller ... Tant Wonnie se innerlike wese het verby haar uiterlike omstandighede gestraal en by almal respek afgedwing.

Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Tant Wonnie se waardigheid word na haar vryspraak herstel omdat die

oorlogspensioen wat sy met behulp van die magistraat ontvang, haar in staat stel om nie meer ander mense se wasgoed te doen nie en Suzan nie meer die Venters se bokke hoef te melk nie./Bl. 194: Die Venters se lui seuns kan van nou af hulle se eie melkwerk doen.

• Tant Wonnie word vergoed vir haar jare se swaarkry in een kamertjie as sy die geleentheid kry om haar huis te kan terugkoop omdat die Wingroves besluit om te verhuis./Bl. 239: Hy (Wingrove) het opgestaan, ’n stuk papier uit sy trommel gaan haal en gesê: Hier is die koopbrief wat ek graag prokureur toe wil vat, Won, en ons hou dit op twintig pond.

• Ondanks die onreg teen haar, word Tant Wonnie nie bitter nie, maar staan sy vas in haar goedheid omdat haar oorgawe aan God ’n anker is wat haar in moeilike tye staande hou./Bl. 129: Die Here weet beter, my kind, sê tant Wonnie.

• Tant Wonnie word na haar dood vereer deur die Ster-van-Behtlehem-blomme wat oor haar graf groei, want die lelies versinnebeeld haar suiwer, vredeliewende gees en die verganglikheid van alle lewe./Bl. 316: ... sodat die Ster-van-Behtlehem-blomme ook oor haar kon groei ...

• Tant Wonnie word vir haar goedheid beloon en sy leef op haar oudag sonder finansiële kommer, want sy is terug in haar ou huis en ontvang haar man se oorlogspensioen./Bl. 241: (Oom Flip): Dit is nou julle s’n, die sleutels het ek in die deure gelos ...

• Die newekarakter, Norman, het onaangename herinneringe aan sy tyd in die konsentrasiekamp omdat sy ma daar dood is./Bl. 196: Hy onthou hoe hulle sy ma in die graf gesit het ... en hoe hy moes inspring om die kappie oor haar gesig te trek om te keer dat die klippe en sand daarop val.

• Norman is as 13-jarige weeskind na die beëindiging van die Anglo-Boereoorlog aan sy eie lot oorgelaat en om te oorleef, moes hy kos steel./Bl. 198: Hy moes kos steel om aan die lewe te bly en sy lyf was vol hale soos hy met die riem geslaan is.

• Norman ervaar vernedering van die wit Bob White as hy die wasgoed terugneem en sy voete twee maal deur Bob getrap word./Bl. 202: Mommy, who is this dirty Boer?

• Norman se geluk draai toe hy een aand op heterdaad betrap word omdat hy ’n swart vrou se pappot wou steel./Bl. 198: Hy het net ’n stok opgetel gehad om die pot aan die hingsel op te lift, toe ’n swart vrou in Afrikaans vir hom sê: Nee, nie doen, vra, jy kry.

• Norman ervaar vir die eerste keer na sy ma se dood die vertroeteling van ’n ma as Ma Khumalo vir hom kos gee, hom bad en die blase aan sy voete behandel./Bl. 199: Toe het sy haar arms om hom gesit en gesê: Ek niks, jy niks ... Hy het die trane in haar oë gesien... Hy het sy skouers opgetrek en daar het ook uit sy oë trane geloop, die eerste keer vandat hy die kappie oor sy ma se gesig getrek het met haar begrafnis.

• Norman se beplande diefstal van die pappot het ’n positiewe uitvloeisel as hy die swart vrou Ma noem en haar as sodanig aanvaar./Bl. 199: Hy het haar uit sy hart uit Ma genoem, want hy het geweet sy het die plek van sy oorlede moeder ingeneem.

• Norman het Ma Khumalo as sy nuwe ma aanvaar omdat hy haar dadelik liefgekry het./Bl. 201: Ek het haar daar en dan liefgekry, die verbond tussen ons was verseël.

• Norman kom tot ander insigte oor swart mense nadat hy net slegte dinge oor hulle gehoor het./Bl. 200: Ek het soveel slegte dinge oor swart mense gehoor. Ek gaan hier bly, al moet ek myself ook swart maak ... hierdie swart aija is ’n moeder want ek het haar borste gevoel toe sy my vasgehou het.

• Norman word wees gelaat deur die Boere-oorlog, maar verdien ’n medalje vir dapperheid in die Eerste Wêreldoorlog soos opgeteken in sy army-uitbetaalboekie./ Bl. 216: He even has a military medal for bravery.

• Die karakter, Kenneth, voel deel van Kaatjie se onskuldige lyding as die meerderwaardige Bosmanvrou haar as haar eiendom beskou omdat sy eers toestemming moes gee dat hy Kaatjie mag besoek./Bl. 152: Ek moet eers my miesies vra.

Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Kenneth word seergemaak deur Mevrou Bosman se rassisme as sy na Kaatjie verwys

as haar “kindermeid”./Bl. 150: Hy moes hom inhou om nie vir hierdie vrou te gaan vra waar haar “meid” is nie.

• Kenneth was bekommerd dat sy ouers nie die ongeletterde Kaatjie sou aanvaar nie omdat hul statusbewus was en sy beslis nie in hul klas nie./Bl. 153: En nou sy Kaatjie – sy’s nie geleerd soos hulle nie ... sy het nog nooit met ’n mes en vurk geëet nie en sy kan nie lees nie.

• Kenneth het ook gely toe Tant Wonnie in aanhouding was omdat hy lief was vir Kaatjie en haar moeder onvoorwaardelik aanvaar het./Bl. 150: Jou moeder is ook my moeder, wie of wat sy ook al is. Ek sal haar aanvaar al is sy ook ’n dief.

• Kenny se ongeluk by die Masonic Temple dra by tot die kommer oor Kaatjie omdat hy haar nie kon kontak nie en toe moes hy by Mevrou Bosman hoor dat sy haar werk gelos het./Bl. 283: Kaatjie, my Kaatjie, is al wat in sy kop bly maal het ... en toe hy sterk genoeg was om op krukke te loop, het hy dadelik telefoon toe geloop.

• Die wreedheid van Mevrou Bosman teenoor die karakter, Kenneth, wie se boodskappe en briewe aan Kaatjie onderskep is, dra by tot die paartjie se lyding omdat geen nuus enigeen van hulle bereik nie./Bl. 250: Mevrou Bosman het vir Mister Burns gesê hy moenie moeite doen nie, sy sal sommer die boodskap gee ... Sy het gelieg.

• Mevrou Bosman se oneerlikheid lei daartoe dat Kenneth geskok uitvind van Kaatjie se dood, want hy het nie geweet dat Kaatjie swanger is, en met die baba se geboorte dood is nie./Bl. 318: Wanneer Kenny van die werk af gekom het, het hy sy kind opgetel en gesoen ...

• Uit Kenneth se seer na Kaatjie se dood verrys Kliniek Katrina omdat hy haar nagedagtenis wou eer./Bl. 298: Om die herinnering aan my geliefde lewendag te hou, wil ek graag ’n kliniek ter nagedagtenis aan haar bou.

• Ten spyte van hul teenspoed bly Kenneth positief omdat hy voel dat hulle nie alles in die brand verloor het nie, maar nog mekaar het./Bl. 323: Maar ons het darem nie alles verloor nie, ons het nog steeds mekaar, my Als.

• Kenneth ploeg terug in die gemeenskap as hy instem om ’n sokkerspan vir Vatmaar op die been te bring./Bl. 304: Dit was ’n trotse Kenneth Kleinhans wat daardie Saterdagmiddag – met die hele Vatmaar wat om die sokkerveld staan – die bal van Boytjie Afrika gekry het om op die middellyn te gaan stel.

Die kandidate voorsien die opstel van ’n gepaste slot, bv. • Dit is duidelik dat die onskuldige lyding van die karakters in Vatmaar, naas die negatiewe, • ook positiewe gevolge vir die karkters inhou.

OF

VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG Vatmaar – AHM Scholtz Vraag Antwoord Punt 11.1 Elkeen kon iets vat as hy dit nodig het. √

Die nedersetting se naam is Vatmaar wat ontstaan het met die gesteelde goed van oom Chai en George Lewies. √ In Vatmaar is daar ’n gees om te deel wat joune is. √ Dit sluit aan by die filosofie om met jou broer wat ’n behoefte het te deel. √

1 1 1 1

Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

11.2 Ja.

Harry Look het niks gevat/homself toegeëien nie, maar hard gewerk om self te kan koop wat hy wil hê. √ Harry Look het genoeg geld gehad om die Angus General Dealer Shop te koop. √

OF

Nee. Die mense van Vatmaar behoort dieselfde as die ander behandel te word. √ Mister Pieterson het afsonderlike bediendekamers vir die werkers. √ Die kandidaat gee ’n gepaste motivering binne konteks van die roman.

2

11.3 MacNamara noem vir Harry Look ’n skelnaam./Ching Chong. √ Harry Look behandel hom nog steeds met respek. √ Harry kan die koopprys met gemak in goue munte betaal.√

1 1 1

11.4.1 Chan Look sê dat hy die arm mense kan help as hulle wen. √ Lisa wil nie dat fa-fee in die winkel gespeel word nie, want dis onwettig. √ Beide die houdings van die karakters moet vir TWEE punte aangebied word.

1 1

11.4.2 Eerlikheid √

1

11.5 Ja. Indien hulle wen, is die uitbetaling meer as waarmee hulle aanvanklik gedobbel het. √

OF Nee. Die mense van Vatmaar is reeds arm en verspil nou geld op dobbel. √

1

11.6 Tant Wonnie is onskuldig aan die diefstal./ Hy kry haar terug nadat Tant Wonnie sy duim gebyt het. √

1

11.7 Die magistraat het geglo dat Tant Wonnie die waarheid praat. √ Tant Wonnie is vrygelaat. √ Die magistraat het vir Tant Wonnie gehelp om ’n huweliksertifikaat te kry sodat sy vir pensioen kon aansoek doen. √

3

11.8 Settie September haat wit bruinmense/is rassisties. √ Settie September wil haar baasskap bewys. √

1 1

11.9 Neels Vool √ Chan Look betaal die seun se boete sodat hy tronkstraf vryspring. √

1 1

Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

11.10 Die sersant is van mening dat daar baie diewe in Vatmaar bly. √

Die mense van Vatmaar beskou dit nie as diefstal nie, maar eerder om iets van iemand anders te gebruik as jy dit nodig het. √ Beide die sienings van die karakters moet vir TWEE punte aangebied word. Die mense wil hul eie misbruik van Tant Wonnie regverdig./Tant Wonnie tree nie op soos die mense van Vatmaar dink/optree nie, maar nou het sy aan hulle bewys dat sy net soos hulle is. √ Die kandidaat gee sy eie, gepaste rede.

1 1 1

11.11 Nee. Tant Wonnie leef eerlik/misbruik nie ander mense nie. √

1

25

TOTAAL AFDELING B: 25

Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. VRAAG 12: LITERÊRE OPSTEL Die Krismis van Map Jacobs – Adam Small Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding, bv.

• Die omstandighede op die Kaapse Vlakte dwing die Cavernelis-gesin en Map om ’n ander heenkome te vind.

• Daar is geen infrastruktuur of behoorlike fasiliteite in die ruimte nie, daarom word Cavernelis gedwing om ’n beter tuiste vir sy gesin te soek./Bl. 49: Never mind the match-box houses, die sement-strippies wat pass vir strate, never mind die busfares ennie trainfares wat julle moet betaal om te travel werk toe. Never mind lat jul nie amenities en facilities in die township het nie!

• Die ruimte is gevaarlik, want daar is moord, verkragting en bendegeweld, daarom doen Cavernelis alles in sy vermoë om so gou moontlik geld te verdien om weg te kom./Bl 31: ... toe het ek deurmekaar geraak moet ... moet die elemente./Bl. 32: ‘it was drie gangs./Bl. 33: ... en ek het net gesê skud hulle,

• Cavernelis word oor sy Bolandse aksent gespot, daarom wil hy nie in hierdie township/op die Kaapse Vlakte woon nie./Bl. 20: Mister Cavernelis praat darem mooie taal, nè./Hoge Afrikaans./Kan ek help dat ek van die Boland ... van up-country af ... kom?

• Cavernelis voel hy is beter as die ander inwoners, daarom wil hy nie met die ander inwoners meng nie./Bl. 3: Dis hoekom ek sê ons moet úit hier ... /Bl.11: ... vir ’n plot grond en ’n huis in Grassy Park, of even in Belhar./Bl.16: Betere mense kamma as ons!

• Blanchie sal enige iets doen om van haar omstandighede te ontsnap, omdat sy vasgevang voel in die township/Bl. 3: Blanchie se sake, dit het niks met hulle te make nie!/Bl. 21: ... julle wil mos hierso van ons af weg!

• Cavernelis voel hom in die Kaapse Vlakte ontuis en wil so vinnig moontlik daar weg, daarom beoefen hy twee beroepe./Bl. 3: Ja, hoekom jy jou vrek werk by die polony factory, week in en week uit, en dan elke aand ook nog, en weekends ook nog canvass, canvass, canvass met die soft goods ...

• Cavernelis moedig Blanchie se vriendskappe oor die kleurgrens aan, omdat hy ’n obsessie het om weg te kom uit die woonbuurt uit./Bl. 18: Daar’s mos geld in daai, man, wat like annerkant die colour line sit, ... /Bl. 21: ... , soes daai whitey-vrinne van julle oek sê! Cavernelis laat Blanchie misbruik onder die dekmantel van modelwerk en skoonheidskompetisies, omdat dit kan beteken dat hulle vinniger uit die township kan wegkom./Bl. 7: ... Shit, man, daai ou dêrre haitie-taitie vrek van ’n Cavernelis, hy úse haar, man ... hy use sy eie vlees en bloed so, ... /Bl. 17: Nei because haar daddy stuur vir haar yt op die lonely hearts biesagheit, even op die Sondag!

• Maud ondersteun oënskynlik Cavernelis se strewe om uit die township weg te kom, want sy probeer ’n ietsie inkry met naaldwerk./Bl. 42: ... , wat kan sý tog inkry moet die naaimasjientjie, moet die dressmaking ...

• Blanchie word moontlik deur Cavernelis beïnvloed om enige werk te doen om uit die omstandighede te ontsnap, daarom werk sy by die Lonely Hearts masseursalon./ Bl. 7: ... Shit, man, daai ou dêrre haitie-taitie vrek van ’n Cavernelis, hy úse haar, man ... hy use sy eie vlees en bloed so, ... /Bl. 18: Sy allow haar om ge-use te word deur daai ou dêrre van haar, ...

Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Blanchie is bereid om vir haar ’n modeltoekoms te koop, want dit is ’n beter toekoms./Bl. 18: Beauty competitions, like, vi’ Blanchie ... en dan kry sy mos so–called contracts ... Modelling, like!

• Cavernelis se pogings om (fisies) te ontsnap was onsuksesvol, want hy pleeg selfmoord./Bl. 61: Onder sy arm is Cavernelis se soft goods-suitcase, soos dit platgetrap is deur die trein.

• Cavernelis kan psigies ook nie ontsnap nie, want toe dit duidelik word dat Blanchie nie ʼn oorsese modelkontrak gaan kry nie en sy hom daarvoor verwyt, besef Cavernelis sy skuld.

• Maud se pogings om Cavernelis se droom vinniger te laat realiseer was ook nie suksesvol nie, want sonder Cavernelis sal sy altyd op die Kaapse Vlakte gevange bly.

• Blanchie se pogings was ook futiel, want die modelkontrak was nie hare nie en dus bly sy op die Kaapse Vlakte.

• Ten spyte van sy talente en ambisie kan Map slegs ’n bode word, omdat dit ’n ruimte is waar armoede en werkloosheid deel van hul bestaan is./Bl. 24: ... , daar’s ’n job, dis die enigste werk wat hulle vir my wil gee, vir messanger ... Ons het problems gehad met geld ...

• Die ruimte ontwortel alle families en vernietig familiebande en geskiedenis, daarom word Map gedwing om sy identiteit elders te soek./Bl 16: Hy was mos altyd die leader ... Ennie leader moet die responsibility vat ... /Bl. 24: ... Ek wil oek iets gewies het ... /Bl. 31: ’Cause ek wil somewhere ge-belong het? Bl. 50: Yt Claremont en yt Woodstock yt ge-bulldoze ... tóé, Coloureds, ýt, ýt gaan bly dáárso, ...

• Map wil vir hom ’n beter lewe buite die township probeer skep, daarom probeer hy ’n goeie werk kry./Bl. 31: ... en toe ek ’n job soek, ’n goeie werk, ...

• Alle geleenthede word Map ontsê, daarom wend hy hom na die bendes./Bl. 31: ... , en toe ek ’n job soek, ’n goeie werk, well, ’it was alles vir whites only.

• In die tronk kom Map kragdadig tot bekering en raak geestelik vry, want hy het ʼn duidelike skuldbesef en ware berou./Bl. 9: Ek is ’n gechange-de man, ek ... het die Here Jesus gevind hierso, ... /Bl. 27: Vergewe my, God! Ek was so vuil, Here ... / Bl. 30: ... Vat my, en maak moet my soos U wil!

• Map word fisies vry, omdat hy nie na sy bendebedrywighede terugkeer nie, maar na werk onder moeilike omstandighede soek./Bl. 10: Ek moet ’n werk kry, sy sê sy’s besig om vir my yt te vind, ek het vir haar gesê enige soort werk.

• Daar is die moontlikheid van ʼn nuwe begin, want hy word met sy ma en Blanchie versoen en alle struikelblokke word uit die weg geruim./Bl. 60: Ek het vir jou ... alles gevertel ... Blanchie./Bl. 61: Blanchie sak knielend neer op die grond, haar arms om Map./Bl. 62. Johnnie ...

• Map se vryheid wat hy verkry deur sy bekering is suksesvol, want as jy eenmaal ’n kind van God is, is jy altyd ’n kind van God.

• Map se fisiese vryheid is dalk nie so suksesvol nie, want die kans wat hy het om ’n werk te kry, is maar skraal en dan bly die vraag of Map sterk genoeg is om nie by bendes betrokke te raak nie.

• Die versoening met Blanchie en sy ma is definitief suksesvol, want die saksofoon speel weer aan die einde en die wind waai weer - alles aanduidings dat die verhouding met Blanchie weer gaan wees soos aan die begin en sy ma noem hom Johnie wat daarop dui dat haar vergifnis vir hom volkome is.

Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot, bv.

• Die omstandighede op die Kaapse Vlakte dwing die Cavernelis-gesin en Map om ’n ander heenkome te vind, maar die meeste pogings was nie suksesvol nie.

25

OF

Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG Die Krismis van Map Jacobs – Adam Small Vraag Antwoord Punt 13.1 Die merke op sy vel identifiseer Map as ’n bendelid/wys op sy tatoeëermerke. √

Dit wat Map gedoen het, en waarvan die merke op sy vel getuig, sal vir ewig met hom wees. √ Die tatoeëermerke is soos ’n landkaart, in Engels ’n “map”, oor sy lyf./ Hy gaan nooit werklik uit hierdie gevangenisskap ontsnap nie./ Map se omstandighede gaan nooit verander nie. √ Die kandidaat gee enige TWEE antwoorde vir een punt elk.

1 1 1

13.2 Sy betrokkenheid by bendes/Ivan Philander se moord. √ Sy ma en suster se verkragting. √ Sy suster se dood. √

1 1 1

13.3.1 Die vrees by die ander karakters oor wat Map se reaksie gaan wees as hy alles van Blanchie uitvind, skep die moontlikheid vir die handeling in die res van die drama. √

1

13.3.2 Leerder se eie mening binne konteks van die drama, bv. Ek dink parool moet aan Map Jacobs toegestaan word omdat hy sy misdaad erken het √ en ware berou toon √ en tot bekering gekom het./alles bely het. √

OF

Ek dink parool moet nie aan Map Jacobs toegestaan word nie omdat hy verantwoordelik was vir die dood van twee mense √ en sy “skuldbelydenis”/”bekering” net ’n manier is om vinniger vrygelaat te word √ en hy die volle vonnis moet uitdien.√

3

13.4 Dit sluit aan by die tema van die uitsiglose bestaan van die gemeenskap./hul swak kans om daaruit te ontsnap.

1

13.5 Leerder se eie mening, bv. Map kan ’n kruis op sy lyf tatoeëer as teken van sy bekering/die vergewing van sy sonde. √ Map kan ’n saxofoon laat tatoeëer as simbool van hoop/goedheid vir die “nuwe” lewe van Map./leierskap in die gemeenskap. √ Die kandidaat kan enige aanvaarbare, gemotiveerde mening binne konteks aanbied.

1 1

13.6 Smekend/dringend/ootmoedigend/emosioneel √

1

13.7 Hulle het Blanchie as ’n prostituut gebruik. √ Hulle betaal Blanchie wat die geld gebruik om uit die omstandighede te probeer ontsnap. √ Die wit mans misbruik vroue./het nie verantwoordelikheid vir hulle dade aanvaar nie. √ Map het ’n vark geword in sy optrede as bendeleier./die misdaad wat hy gepleeg het./ Map het verantwoordelikheid aanvaar./vergifnis ontvang. √ Beide kante van die verskil word vir TWEE punte aagebied.

1 1 1 1

Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

13.8 Die “tattoos”/tatoeëermerke op Map se lyf sal altyd bewyse wees van die slegte kant

van sy lewe/hy kan nie daarvan wegkom nie. √ Hy het so verander dat hy Blanchie alles wat sy gedoen het, kan vergewe./ Hy is nie meer die bendeleier wat almal geken het nie./ Hy vergewe vir Blanchie./ Hy doen niks aan Cavernelis nie./ Hy neem nie wraak teenoor oompie Paulsen nie. √

1 1

13.9 Map word in die tronk toegesluit vir sy misdaad, maar hy kom in die tronk tot bekering/ontvang geestelike bevryding. √ Alhoewel Map oral in die Kaapse Vlakte kan rondloop, is hy ’n gevangene van die politieke situasie/word hy nie in die gemeenskap aanvaar nie/is hy nie welkom om by die Kersorkes aan te sluit nie/kry hy nie werk nie. √

1 1

13.10 Dit skep spanning./Dit bewys dat sy Map nog nie vergewe het nie./Dit dwing Map om met die waarheid uit te kom./Dit dwing Map om sy gevoelens te openbaar./Die gemeenskap word voortdurend aan die voorval herinner. √

1

13.11 Hulle verhouding kan herstel/groei. √ Hulle verhouding gaan weer soos aan die begin van die drama wees. √

1 1

25

OF VRAAG 14: LITERÊRE OPSTEL Mis – Reza de Wet Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL:

• Dis ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding, bv. • Reeds in die titel van die drama is dit duidelik dat die leser/kyker met mis in een of ander

betekenis gekonfronteer gaan word.

• Die titel Mis kan ’n aanduiding wees dat iemand gemis/vermis gaan word, soos wat die meisies op dieselfde datum die afgelope twee jaar weggeraak het/vermis is./Bl. 19: Dit het alles twee jaar gelede begin. … Met Sannie Koen! … Eers het almal gedink sy het sommer weggeloop. … En presies ’n jaar later is dit toe Rienie Pieterse.

• Miem en Meisie verkoop die mis as ’n bron van inkomste, want Gabriël kan nie finansieel vir die gesin sorg nie./Bl. 6: So dertig perdemis en tien vark. ja, ons doen goed die maand.

• Die woord mis dui op bemesting wat gebruik word, want die grond word met die mis bewerk./Bl. 6: Vroeglente wil almal die grond bewerk.

• Miem en Meisie se lewe word deur mis gereël, want hulle moet beskikbaar wees wanneer die besendings mis opgelaai word./Bl. 48: Ek moet vroeg op. Die besending mis word sewe-uur gelaai.

• Die vroue voer ’n onaangename, mislike bestaan, want die misreuk veroorsaak dat hul nie besoekers ontvang nie./Bl. 26: Ek weet nie wat om te sê nie. Ek is nie gewoond aan mense nie.

Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Hul bestaan is nie higiënies nie, want die omgewing is vol vlieë en brommers as gevolg van die

mis./Bl. 26: Maar in die somer is dit baie erg. Die stank ... en die vieslike vlieë. Swerms vlieë. En brommers. Groot, blink brommers.

• Die mis waarmee Meisie daagliks moet werk, is ook vir haar tekenend dat haar jongmeisielewe verbygaan/is ook vir haar ’n teken dat sy die geleenthede wat ander meisie het, mis, want sy kry nie geleentheid om haarself te versorg nie./mis die geleenthede wat ander jong meisies het./ Bl. 27: Kos, slopemmer! Sakke! Eers was my hande sag. (Strek haar vingers uit) En nou, eelte op al my vingerpunte!

• Die woord mis kan ook op menslike ontlasting dui, want Gabriël se slopemmer moet afkatrol word en buite uitgegooi word./Bl. 5: Onthou tog die slopemmer! Dis al twee dae!

• Die slopemmer speel ’n rol in Meisie se besluit om saam met Konstabel te gaan, want hulle kan gesels toe sy die slopemmer moet uitneem./Bl. 38: Dankie. As dit vol is, is dit baie swaar. As jy een kant vat, dan vat ek die ander kant. … En as ons baie gesels, dan hoef ons nie die musiek te hoor nie.

• Die woord mis kan ook daarop dui dat die vroue leidrade mis/dit nie sien nie/ miskyk, want Miem en Gertie sien nie die ware kleure van Konstabel raak nie./Bl. 21: maar dit val my op dat u u miskien blind staar teen die feite.

• Mis sluit by die godsdienstige begrip van die Heilige Mis (gebede en gesange) aan, want die vroue bieg teenoor die Konstabel en lê hul diepste gevoelens bloot./Bl. 28: Nou goed, ek sal vir u vertel en dan sal ek daarvan vergeet. Vir altyd en vir ewig.

• Die woord mis kan op die handeling van Konstabel dui wat met dié van ’n priester ooreenstem, want Meisie kniel voor Konstabel asof hy ’n priester is wat iemand wil seën wanneer hy Meisie se gesig wil sien./Bl. 37: (steek sy hand uit en raak aan haar) Goed so. Kniel nou. Hier. Reg voor my.

• Die godsdienstige betekenis van die mis (in die Heilige Mis) is teenwoordig in die aannemingsrokke wat die meisies dra wanneer hulle verdwyn./Bl. 19: Sy het geen tas gevat nie en sy is weg in haar aannemingsrok ... sonder skoene!

• Die woord mis kan daarop dui dat Miem haar man mis, want hy bly al sewe jaar lank op die solder./Bl. 31: Vir sewe jaar het ek hom nog nie met ’n oog gesien nie. (Tranerig) Dit is vir my ’n groot beproewing.

• Die mis veroorsaak dat Meisie nie vrye tyd het nie, want die mis moet daagliks bewerk word./Bl. 27: Ek kry my werk nooit klaar nie.

• Die mis veroorsaak dat Meisie vereensaam, want daar is nie vriende wat vir haar wil kom kuier nie./Bl 26: Ek ... het roosbome voor my venster geplant. (Stilte) En dis hoekom ... niemand wil kom kuier nie. Dit ruik so aaklig. En wie sou nou tee wou drink? Die vlieë het mis aan hulle pote.

• Die woord mis kan op verlange dui, want die vroue verlang elkeen na iemand of iets soos Meisie wat na die sirkus verlang./Bl. 28: Ek mag nie daaroor praat nie. Ek mag nie daaraan dink nie. Om te dink, is om te doen.

• Die daaglikse mis as bemesting in Meisie se lewe, sluit aan by Meisie wat van haar omstandighede wil ontvlug en uiteindelik saam met die Konstabel weggaan./Bl. 51: Sy dans na die agterdeur. Voordat sy oor die drumpel dans, staan sy stil en kyk om na die Konstabel.

Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slot, bv. • Die titel van die drama is ’n metafoor vir die mis wat in die drama voorkom.

OF

Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 15 KONTEKSTUELE VRAAG Mis – Reza de Wet Vraag Antwoord Punt 15.1 Onheilspellende/onrustige √

Die hele drama is onheilspellend as gevolg van die verdwyning van die meisies en Konstabel se verskyning. √

1 1

15.2 kook tant Hannie moerbeikonfyt. √ Meisie √

1 1

15.3 Die verskyning van konstabel. √ Ja. Die verskyning skep die moontlikheid vir die handeling in die res van die drama./Dit is die motoriese moment in die drama. √ Die kandidaat kan nie nee as ’n antwoord verskaf nie.

1 1

15.4 Die vrouens sien nie die konstabel vir wie hy is nie. √

1

15.5 Deur intensifisering./Die waai van die wind./Die magiese./Die hoenders wat teen die draad waai./Blomme wat wegvlieg./Die kwepers val soos hael. √

1

15.6

’n Towenaar/hofnar √ In sy uniform is hy die beskermer. √ Die transformasie is noodsaaklik om Meisie uit haar omstandighede te bevry. √ Magiese/sirkusruimte. √

1 2 1

15.7 Nuuskierigheid. √ Sy kan meer van Konstabel uitvind en hom moontlik so in haar geïnteresseerd kry./Sy kan haarself so bevry. √

1 1

15.8 Sy wil hê Konstabel moet in haar belangstel. √ Dit is funksioneel, want die leser/gehoor besef net weer hoe skynheilig Gertie is. √ So verkry die dramaturg die gehoor se simpatie vir Gertie. √

1 2

15.9 Hy wil Gertie laat dink oor die onwaarheid/leuen. √

1

15.10 Neweteks/subteks/toneelaanwysings √ Gertie besef sy vertel nie die waarheid nie en voel ietwat ongemaklik. √ Gertie wag vir ’n reaksie vanaf Konstabel se kant. √

1 2

15.11 Gertie het nie buite gaan oefen nie, maar aangetrek. √

1

Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

15.12 In albei word sy as sensueel/verleidelik geteken. √

Teks 1: Haar vingers is rooi van die moerbeie./Sy suig haar voorvinger ... √

EN

Teks 2: Lang goue golwende hare./Sy was lank en slank ... en soepel./Met die hartseerwals het sy haar lyf so agteroor gebuig met haar kop terug./Haar nek was lank en melkwit ... √

1 1 1

[25] TOTAAL AFDELING C: 25

GROOTTOTAAL: 80

Afrikaans Huistaal/V2 27 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE]

Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD Interpretasie van onderwerp Diepte van argument, verantwoordbaarheid en insig in teks 7 PUNTE

6–7 5 4 3 0–2 Diepgaande interpretasie van onderwerp -Reeks treffende argumente wat behoorlik uit die gedig gerugsteun is -Uitstekende begrip van die genre en gedig

-Toon begrip van die onderwerp en het die onderwerp goed geïnterpreteer -Respons redelik gedetailleerd -Enkele deeglike argumente gegee, maar nie almal ewe goed gemotiveer nie -Begrip van genre en gedig duidelik

-Redelike interpretasie van die onderwerp. -Enkele goeie punte ter ondersteuning van die onderwerp -Enkele argumente word ondersteun, maar bewyse nie altyd oortuigend nie -Basiese begrip van genre en gedig

-Onbevredigende interpretasie van die onderwerp -Byna geen punte wat die onderwerp ondersteun nie -Onvoldoende begrip van genre en gedig

-Geen begrip van die onderwerp nie -Geen verwysing na die gedig nie -Leerder het nie die genre en gedig onder die knie nie

STRUKTUUR & TAAL Struktuur, logiese vloei en aanbieding Taalgebruik, toon en styl gebruik in opstel 3 PUNTE

3 2 1 1 0

-Samehangende struktuur -Argumente goed gestruktureer en daar is duidelike ontwikkeling -Taalgebruik, toon en styl is volwasse, dit beïndruk en is korrek -Grammatika, spelling en punktuasie feitlik foutvry

-Duidelike struktuur en logiese vloei van argument -Vloei van argumente kan gevolg word -Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek

-Enkele bewyse van struktuur -‘n Goed gestruktureerde logiese vloei en samehang ontbreek in die opstel -Geringe taalfoute; toon en styl meestal gepas

-Struktuur toon tekens van swak beplanning -Argumente nie logies gerangskik nie -Taalfoute beduidend -Toon en styl nie geskik nie

-Struktuur swak -Ernstige taalfoute -Foutiewe styl

VERSPREIDING VAN PUNTE

9–10 7 5 4 0–2

Afrikaans Huistaal/V2 28 DBE/2015 SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou

AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE]

Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD Interpretasie van onderwerp Diepte van argument, verantwoordbaarheid en insig in teks 15 PUNTE

12–15 9–11 6–8 4–5 0–3 -Uitsonderlike respons: 14–15 Uitstekende respons: 12–13 -Diepgaande interpretasie van onderwerp -Reeks treffende argumente wat behoorlik uit die roman/drama gerugsteun is -Uitstekende begrip van die genre en teks

-Toon begrip van die onderwerp en het die onderwerp goed geïnterpreteer -Respons redelik gedetailleerd -Enkele deeglike argumente gegee, maar nie almal ewe goed gemotiveer nie -Begrip van genre en teks duidelik

-Redelike interpretasie van die onderwerp; nie alle aspekte in detail ondersoek nie -Enkele goeie punte ter ondersteuning van die onderwerp -Enkele argumente word ondersteun, maar bewyse nie altyd oortuigend nie -Basiese begrip van genre en teks

-Onbevredigende interpretasie van die onderwerp: byna geen aspekte in detail ondersoek nie -Min punte wat die onderwerp ondersteun -Baie min relevante argumente -Weinig begrip van genre en teks

-Geen begrip van die onderwerp nie -Swak poging om die vraag te beantwoord -Argumente oortuig nie -Leerder het nie die genre en teks onder die knie nie

STRUKTUUR & TAAL Struktuur, logiese vloei en aanbieding Taalgebruik, toon en styl gebruik in opstel 10 PUNTE

8–10 6–7 4–5 2–3 0–1 -Samehangende struktuur -Uitstekende inleiding en slot -Argumente goed gestruktureer en daar is duidelike ontwikkeling -Taalgebruik, toon en styl is volwasse, dit beïndruk en is korrek

-Duidelike struktuur -Logiese vloei van argument -Inleiding, slot en ander paragrawe samehangend georganiseer -Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek

-Enkele bewyse van struktuur -Logika en samehang is duidelik, maar met foute -Enkele taalfoute; toon en styl meestal gepas -Paragrafering meestal korrek

-Struktuur toon tekens van swak beplanning -Argumente nie logies gerangskik nie -Taalfoute beduidend -Toon en styl nie geskik nie -Paragrafering foutief

-Gebrek aan beplande struktuur belemmer vloei van argumente -Taalfoute en foutiewe styl laat hierdie skryfstuk misluk -Styl en toon nie geskik nie -Paragrafering foutief

VERSPREIDING VAN PUNTE

20–25 15–19 10–14 5–9 0–4