tshwane wes graad 10 lewenswetenskappe …pnhs.co.za/sites/pnhs.co.za/files/grade 10 lw junie...

12
TSHWANE WES GRAAD 10 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE 2014 PUNTE: 150 TYD: 2½ ure Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye

Upload: dangliem

Post on 30-Jan-2018

335 views

Category:

Documents


39 download

TRANSCRIPT

Page 1: TSHWANE WES GRAAD 10 LEWENSWETENSKAPPE …pnhs.co.za/sites/pnhs.co.za/files/Grade 10 LW Junie 2014.pdf · D. areolêre bindweefsel . 1.1.4 Die funksie van die kraakbeen in die voet

TSHWANE WES

GRAAD 10

LEWENSWETENSKAPPE

JUNIE 2014

PUNTE: 150 TYD: 2½ ure

Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye

Page 2: TSHWANE WES GRAAD 10 LEWENSWETENSKAPPE …pnhs.co.za/sites/pnhs.co.za/files/Grade 10 LW Junie 2014.pdf · D. areolêre bindweefsel . 1.1.4 Die funksie van die kraakbeen in die voet

AFDELING A: VRAAG 1: 1.1 Die volgende vrae word voorsien van vier moontlike antwoorde. Kies die korrekte

antwoord an skryf slegs die letter (A-D) langs die vraagnommer neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

1.1.1 Twee soorte gespesialiseerde epidermale selle sluit in......

A. Wortelhare en xileem

B. Sluitselle en floeëm

C. Xileem en floeëm

D. Wortelhare en sluitselle

1.1.2 Watter van die volgende is ‘n belangrike komponente van selmembrane en

tonoplaste?

A. lipiede en proteïene

B. koolhidrate

C. koolhidrate en lipiede

D. koolhidrate, lipiede en proteïene

1.1.3 Watter van die volgende weefsels sal NIE ‘n rol speel in die beweging van die

voet nie ?

A. tendons

B. spiere

C. ligamente

D. areolêre bindweefsel

Page 3: TSHWANE WES GRAAD 10 LEWENSWETENSKAPPE …pnhs.co.za/sites/pnhs.co.za/files/Grade 10 LW Junie 2014.pdf · D. areolêre bindweefsel . 1.1.4 Die funksie van die kraakbeen in die voet

1.1.4 Die funksie van die kraakbeen in die voet is om

A. spier aan been te bind

B. been aan been te bind

C. wrywing te voorkom tussen bene

D. spier aan vel te bind

Bestudeer die volgende skets van ‘n wortel en beantwoord dan die vrae:

1.1.5 Dui die nommer aan van die deel wat verantwoordelik is vir die vervoer van

water na die blare...

A. 1

B. 5

C. 6

D. 7

Vraag 1.1.6 en 1.1.7 verwys na die volgende lys van verbindings wat ‘n rol speel in

die metabolise prosesse van die menslike liggaam.

i) Oxygen

ii) Proteins

iii) Carbon Dioxide

iv) Water

v) Glucose

Page 4: TSHWANE WES GRAAD 10 LEWENSWETENSKAPPE …pnhs.co.za/sites/pnhs.co.za/files/Grade 10 LW Junie 2014.pdf · D. areolêre bindweefsel . 1.1.4 Die funksie van die kraakbeen in die voet

1.1.6 Watter van die verbindings is organies in die natuur?

A. (i), (iii), en (iv)

B. (ii), (iv) en (v)

C. (ii) en (v)

D. (i) en (iii)

1.1.7 Ruimtevaarders behoort die volgende saam te neem wanneer hulle ‘n

ruimtevaart onderneem?

A.(i), (ii), (iii), (iv) en (v)

B.(i), (ii), (iv) en (v)

C.(ii), (iv) en (v)

D.(iii), (iv) en (v)

1.1.8 Aktiewe absorpsie benodig baie energie, wat daarom ‘n groot

hoeveelheid........... teenwoordig wees

A.chloroplaste

B.ribosome

C.mitochondriums

D.vakuole

Vraag 1.1.9 verwys na die volgende diagramme hieronder:

Page 5: TSHWANE WES GRAAD 10 LEWENSWETENSKAPPE …pnhs.co.za/sites/pnhs.co.za/files/Grade 10 LW Junie 2014.pdf · D. areolêre bindweefsel . 1.1.4 Die funksie van die kraakbeen in die voet

1.1.9 Die weefsel verteenwoordig in skets C is?

A.Kollenchiem

B.Xileem

C.Kurk

D.Floeëm

[9 x 2 =18]

1.2. Gee die korrekte biologies term vir elk van die volgende beskrywings hieronder.Skryf slegs die korrekte nommer en die korrekte term langs dit neer. 1.2.1 Waterdruppels word uitgeforseer deur klein opening op die rand van die blare.

1.2.2 Die proses waar somatiese selle verdeel om twee identiese selle te vorm.

1.2.3 Die weefsel wat senu-impulse vervoer vanaf die sintuigorgane na die sentrale

senuweestelsel.

1.2.4 Die fase waar die chromatiede na die pole beweeg.

1.2.5 Die liggaam wat twee chromatiede verbind tydens profase.

1.2.6 ‘n Kankergewas wat die die weefsels van die liggaam binnegaan nie en wat

omsluit is met ‘n kapsel.

1.2.7 Sifvate en begeleidende selle vorm deel van hierdie weefsel.

1.2.8 Die monomere (boublokke) van proteïene. [8]

1.3 Die volgende vrae bestaan uit ‘n STELLING in die eerste kolom en ITEMS

(gemerk A en B) in die tweede kolom. Kies watter item(s) A; B; Beide of

Geeneen, na die stelling verwys. Skryf slegs die vraagnommer en slegs die

korrekte letter (A of B), of die woorde (Beide of Geen) langs die vraagnommer

neer .

KOLOM 1 KOLOM 2

1.3.1 Beskerm onderliggende weefsels A: B:

Kolomepiteel Plaveiselepiteel

1.3.2 DNA replikasie A: B:

Profase Metafase

1.3.3 Speel ‘n rol in bloedstolling A: B:

Vitamine B1 Vitamine K

1.3.4 Verhouding van suurstof en waterstof is 2:1 A: B:

Koolhidrate Lipiede

1.3.5 Vervoer van water A: B:

Sifvate Begeleidende selle

(5x2) [10]

1.4 Sommige waspoeiers word beskryf as waspoeiers wat biologiese aksie besit

omdat hulle ensieme bevat. Hierdie waspoeiers word gebruik vir die verwydering

van vlekke soos eier en bloed. Die vervaardigers bevel aan dat die waspoeiers

meer effektief is in louwarm water as in koue of kokende water

Page 6: TSHWANE WES GRAAD 10 LEWENSWETENSKAPPE …pnhs.co.za/sites/pnhs.co.za/files/Grade 10 LW Junie 2014.pdf · D. areolêre bindweefsel . 1.1.4 Die funksie van die kraakbeen in die voet

Bestudeer die grafieke hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg

1.4.1 By watter temperatuur het die ensiem die beste gewerk? (2) 1.4.2 By watter ph het die ensiem sy optimum bereik? (2) 1.4.3 Hoekom het die werking van die ensiem gestop toe die ph verhoog is? (2) 1.4.4 Wat was die ensiemaktiwiteit by ‘n ph van 6? (2) 1.4.5 Hoekom het die vervaardigers van die biologiese waspoeier voorgestel

dat die waspoeier minder effektief sal wees by baie hoë temperature? Verduidelik. (3)

1.4.6 Wanneer pynappel saam met gelatien gebruik word, sal geblikte pynappel beter wees as vars pynappel. Verduidelik waarom? (3)

[14] Section A total = 50

Ensiè

me

aktiw

iteit

Ensiè

me

aktiw

iteit

Page 7: TSHWANE WES GRAAD 10 LEWENSWETENSKAPPE …pnhs.co.za/sites/pnhs.co.za/files/Grade 10 LW Junie 2014.pdf · D. areolêre bindweefsel . 1.1.4 Die funksie van die kraakbeen in die voet

AFDELING B

VRAAG 2

2.1 Bestudeer die tabel hieronder en voltooi die antwoorde op jou antwoordblad.

Skryf slegs die antwoordnommer en die antwoord neer.

[12]

2.1.7 (1)

2.1.5 (1)

2.1.3 (1)

2.1.1 (1) 2.1.2 (2)

2.1.4 (2)

2.1.6 (2)

2.1.8 (2)

Die Fases van Mitose FASE

WAT GEBEUR

Page 8: TSHWANE WES GRAAD 10 LEWENSWETENSKAPPE …pnhs.co.za/sites/pnhs.co.za/files/Grade 10 LW Junie 2014.pdf · D. areolêre bindweefsel . 1.1.4 Die funksie van die kraakbeen in die voet

2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg:

GETAL/mm3 PIETER JOHAN SANDRA

Eritrosiete/

Rooibloedselle

5000 500 2100 000 8200 000

Leukosiete

Witbloedselle

6100 5100 510

Trombosiete

Bloedplaatjies

100 255 000 249 000

2.2.1 Watter persoon is waarskynlik anaemies? (1)

2.2.2 Gee ‘n rede vir jou antwoord in vraag 2.2.1? (2)

2.2.3 Watter persoon sal waarskynlik siek word wanneer hy aan ‘n virus

blootgestel word? (1)

2.2.4 Gee ‘n rede vir jou antwoord in vraag 2.2.3? (2)

[6]

2.3 Bestudeer die mikrograwe hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Struktuur A.

Struktuur B

Page 9: TSHWANE WES GRAAD 10 LEWENSWETENSKAPPE …pnhs.co.za/sites/pnhs.co.za/files/Grade 10 LW Junie 2014.pdf · D. areolêre bindweefsel . 1.1.4 Die funksie van die kraakbeen in die voet

2.3.1 Verskaf gepaste opskrifte vir mikrograwe A en B onderskeidelik. (4)

2.3.2 Watter van die organeel hierbo getoon sal jy vind in plantselle en of in

dierselle? (3)

2.3.3 Verduidelik die funksie van die organel getoon in mikrograaf A? (2)

2.3.4 Verduidelik die funksie van die organel getoon in mikrograaf B? (2)

2.3.5 Tabuleer 2 verskille tussen die selwand en die selmembraan? (6)

17]

QUESTION 3

3.1 Bestudeer die diagram hieronder van van ‘n proses en beantwoord dan die vrae:

3.1.1 Watter proses vind hierbo plaas? (1)

3.1.2 Waarom het die watervlak van die suiwer water na ‘n ruk gedaal? (4)

3.1.3 Indien die suikermolekules beweeg het deur die selektiewe deurlaatbare

membraan, vanaf die suiker water na die suiwer water, sou dit dieselfde

proses gewees het wat jy in vraag 3.1.1 genoem het? (2)

3.1.4 Definieer die term ‘selektief deurlaatbare membraan’ ? (2)

3.1.5 Wat is die naam van die model van die membraan wat ons vandag aanvaar en

gebruik? (1)

3.1.6 Wat is die belangrikheid van proses wat in die diagram getoon word? (2)

[12]

Suiker Water Suiwer water

waterwater

Selektiewe deurlaatbare membraan

Page 10: TSHWANE WES GRAAD 10 LEWENSWETENSKAPPE …pnhs.co.za/sites/pnhs.co.za/files/Grade 10 LW Junie 2014.pdf · D. areolêre bindweefsel . 1.1.4 Die funksie van die kraakbeen in die voet

3.2 Bestudeer die sketse van verskillende tipes skelette en beantwoord dan die vrae

wat volg.

3.2.1 Noem die tipes skelette wat voorgestel word deur A, B, en C

onderskeidelik? (3)

3.2.3 Gee 2 voordele en 2 nadele van skelet nommer B? (4)

3.3 Lees die volgende leesstuk en beantwoord dan die vrae wat volg en

beantwoord dan die vrae

C B A

Page 11: TSHWANE WES GRAAD 10 LEWENSWETENSKAPPE …pnhs.co.za/sites/pnhs.co.za/files/Grade 10 LW Junie 2014.pdf · D. areolêre bindweefsel . 1.1.4 Die funksie van die kraakbeen in die voet

‘n Gebreekte werwel

Hierdie is ‘n foto van ‘n X-strale van ‘n herstelde werwelkolom wat ‘n erg

gebreekte en versplinterde tweede lumbale werwel gehad het. Die pasiënt is ‘n

44-jarige man, wat vyf meter ver geval het op ‘n rotshang. Die gewig van sy

liggaam het die werwel vergruis, wat veroorsaak het dat die na binne toe

ingetuimel het en na buite gesplinter het, binne in die omliggende weefsel, en

naelskraaps die rugmurg gemis het.

Spesialiste het ‘n lang insnyding gemaak in die man se rug en die gebreekte

splinters verwyder. Hulle het ‘n stukke been van die sakrum en dit in die

oorblywende, beskadigde werwel ingebou. Die onstabiele werwelkolom was to

versterk met ‘n onbeweeglike staal struktuur wat die lewende beenweefsel van die

sakrum ge-ondersteun het, terwyl dit saamgesmelt het met die oorblywende

lumbale werwel.

Die geneesheer het die pasiënt aangesê om vir drie maande plat te lê en net vir

kort periodes op te staan, met die ondersteuning van ‘n liggaamstut. Dit was sodat

die bene aanmekaar kon groei. Na 3 maande ontwikkel die staalstut metaal

uitputting, en daarom moet daar voldoende beengroei plaasvind gedurende

hierdie periode.

Die prognose vir die volle hersteltyd na omtrent 18 maande, is baie positief. Die

staalondersteuning (sigbaar in die X-strale) sal in die rug van die pasiënt bly vir

die res van sy lewe. Die pasiënt is aanbeveel om daagliks op plat oppervlakte te

stap om sy bene, spiere en bloedsirkulasie te verbeter, en dat hy moet aanvullings

van kalsium en fosfor inneem wat been-bou minerale is.

Ingrid Hoffman

3.3.1 Noem 2 funksies van die werwelkolom? (2)

3.3.2 Wat sal gebeur as die pasiënt se werwelkolom en rugmurg beskadig sou

word? (2)

3.3.3 Hoeveel lumbale werwels is daar in die menslike skelet? (1)

3.3.4 Die pasiënt was aangemoedig om te loop. Noem die drie tipes gewrigte wat

betrokke is wanneer jy jou bene gebruik om uit die bed te klim en te loop? (3)

3.3.5 Watter vitamien speel ‘n rol in die vorming van bene? (1)

3.3.6 Noem twee tipes voedsel wat die persoon in sy dieët behoort in te sluit? (2)

3.3.7 Is die sakrum deel van die aksiale- of die aanhangselskelet? (2)

Page 12: TSHWANE WES GRAAD 10 LEWENSWETENSKAPPE …pnhs.co.za/sites/pnhs.co.za/files/Grade 10 LW Junie 2014.pdf · D. areolêre bindweefsel . 1.1.4 Die funksie van die kraakbeen in die voet

3.3.8 Identifiseer die tipe spierweefsel, waarna in die stuk verwys word, wat

versterk behoort te word? (1)

3.3.9 Verduidelik die term antagonistiese spiere? (2)

[16]

3.4 Bestudeer die tekenprent hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg:

3.4.1 Verduidelik wat Kloning is? (2)

3.4.2 Wat wil die prent vir ons sê oor kloning? (2)

3.4.3 Dink jy kloning van mense moet toegelaat word? Verduidelik jou antwoord?(4)

3.4.4 Gee 2 nadele van kloning? (2)

[10]

Totaal vir Afdeling B: 80 punte

AFDELING C

Vraag 4

4.1 Transpirasie is ‘n belangrike deel van die watersiklus in die natuur.

Skryf ‘n opstel en verduidelik wat transpirasie is. Sluit ook in jou opstel in, die

eksterne faktore wat transpirasie beïnvloed. Verduidelik ook hoe die struktuur

van blare aangepas is om transpirasie te verminder. Vergelyk ook die verskil

tussen guttasie en transpirasie. Sintese(3)

Inhoud (17) [20]

Totaal Afdeling C: 20 punte Groot totaal 150 punte