vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 geografie graad 12 vraestel 1 vraag 2 2.1...

18
Learning Channel (Pty) Ltd 3rd Floor, The Mills 66 Carr Street Newtown Johannesburg (011) 639-0179 Website: www.learn.co.za Nasionale Seniorsertifikaat Graad 12 Geografie Vraestel 1

Upload: others

Post on 09-Oct-2019

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 VRAAG 2 2.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in Kolom

Learning Channel (Pty) Ltd 3rd Floor, The Mills

66 Carr StreetNewtown

Johannesburg(011) 639-0179

Website: www.learn.co.za

Nasionale SeniorsertifikaatGraad 12

GeografieVraestel 1

Page 2: Vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 VRAAG 2 2.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in Kolom

2 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1

2009 GEOGRAFIE GRAAD 12 VRAESTEL 1

INSTRUKSIES EN INLIGTING1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2. Beantwoord enige DRIE vrae van 100 punte elk.

3. Alle diagramme is in die aangehegte bylaag ingesluit.

4. Waar moontlik, illustreer jou antwoord met benoemde diagramme.

AFDELING A: KLIMAAT EN WEER, FLUVIALE PROSESSE EN STRUKTUUR-LANDVORMSBeantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.

VRAAG 11.1 Bestudeer Figuur 1.1. Kies die regte woord/uitdrukking van die woord/uitdrukking

wat in hakkies gegee word om die sin korrek te voltooi. Skryf slegs die nommer van die vraag en die regte woord/uitdrukking neer.

1.1.1 (Katabatiese/anabatiese) winde sal besoedeling van die nywerhede na die dorpshuise waai in die nag. Hierdie wind is ’n (koue/warm) wind.

1.1.2 Die voorstad by B sal (warmer/kouer) wees as die dorpshuise wat aan die (noordelike aansig/suidelike aansig) van die helling lê.

1.1.3 Temperature in die sakebuurt sal (warmer/kouer) wees as temperature in die dorpshuise. (5 × 2 = 10)

1.2 Verwys weer na Figuur 1.1. Bevestig of die volgende stellings WAAR of VALS is.

1.2.1 Infiltrasie van reënwater sal minder wees in die SSG omdat baie van die oppervlakke ondeurdringbaar is.

1.2.2 Daar sal minder afloop van reënwater in die voorstad wees as gevolg van die steil helling.

1.2.3 Infiltrasie van reënwater sal meer wees by die golfbaan as by die dorpshuise.

1.2.4 Die kanaalpatroon van die rivier is ’n kronkelende patroon.

1.2.5 Die golfbaan is geleë op die binnekromming van die rivier waar daar meer erosie is. (5 × 2 = 10)

1.3 Gebruik Figuur 1.3 om hierdie vraag te beantwoord. Die figuur toon ’n deursnit van die ITKS.

1.3.1 Waarvoor staan die letters ITKS? (1)

1.3.2 Oor watter breedtelyn lê die ITKS? (1)

1.3.3 Watter seisoen is dit in die Suidelike halfrond? Motiveer jou antwoord. (2 × 2) (4)

1.3.4 Noem die planetêre winde wat na die ITKS toe waai. (1 × 2) (2)

1.3.5 Verduidelik hoekom swaar reën aangetoon word by die ITKS. (3 × 2 = 6)

Page 3: Vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 VRAAG 2 2.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in Kolom

2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 3

1.4 Verwys na die sinoptiese sketskaart in Figuur 1.4 om die volgende vrae te beantwoord.

1.4.1 Noem die hoëdrukselle by A, B en C. (3 × 1) (3)

1.4.2 Die middelbreedtesiklone by D en E is verbind. Wat word dit genoem? (1)

1.4.3 Water seisoen word deur hierdie sinoptiese kaart weergegee? Verstrek EEN rede vir jou antwoord. (2 × 2) (4)

1.4.4 Verduidelik waarom die hoëdruksel by C gedurende die winter droë toestande oor die platorand veroorsaak. [Wenk: Jy moet verwys na die inversielaag.] Jy kan ’n diagram gebruik om jou antwoord te illustreer. (4 × 2) (8)

1.4.5 Beskryf en verduidelik die weer wat Kaapstad kan ervaar. (3 × 2) (6)

1.4.6 Dit is moontlik dat die gebied by F bergwinde kan ondervind. Waarom sou dit veroorsaak dat weervoorspellers die publiek waarsku oor die moontlikheid van brande? (2 × 2) (4)

1.5 Kyk na Figuur 1.5 om jou te help om die volgende te antwoord.

1.5.1 Noem die rivierpatroon in Diagram A en die rivierpatroon in Diagram B. (2 × 1) (2)

1.5.2 Beskryf die kenmerke van die patroon in Diagram A. (1 × 2) (2)

1.5.3 Beskryf die rotsstruktuur wat veroorsaak dat die patroon in Diagram B ontwikkel. (2 × 2) (4)

1.5.4 Trek ’n lengteprofiel van punt 1 na 2 op Diagram A. Dui die volgende op jou diagram aan:

a) Die oorsprong van die rivier

b) Die knakpunt-waterval

c) Permanente/eindbasisvlak (3 × 2) (6)

1.5.5 Toon die profiel wat jy geteken het ’n gegradeerde rivier? Motiveer jou antwoord. (2 × 2) (4)

1.5.6 Die knakpunt-waterval is ’n tydelike basisvlak.

a) Wat is ’n tydelike basisvlak? (1 × 2) (2)

b) Noem die proses wat kon veroorsaak dat die waterval stroom-op beweeg. (1 × 2) (2)

c) Die waterval toon aan dat die rivier verjong is omdat die seevlak gedaal het. Wat is die karakter eienskappe van ’n verjongde rivier? (2 × 2) (4)

1.6 Verwys na Figuur 1.6

1.6.1 Noem die hellingelemente by A, B en C. (3 × 1) (3)

1.6.2 Noem TWEE karaktereienskappe van die rots by D. (2 × 1) (2)

1.6.3 Wat is die vorm van die helling tussen X en Z? (1)

1.6.4 Gronduitsakking kom voor tussen X en Z. Beskryf die proses en verduidelik EEN van die faktore wat kan aandui dat dit besig is om te gebeur. (2 × 2) (4)

1.6.5 Hoe dra mense by tot massavermorsing-bewegings? Bespreek TWEE faktore.

(2 × 2) (4)

[100]

Page 4: Vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 VRAAG 2 2.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in Kolom

4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1

VRAAG 22.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in

Kolom A. Skryf slegs die term/uitdrukking langs die nommer van die vraag neer.

KOLOM A KOLOM B2.1.1 Die winde wat die pool-

oostewinde ontmoet by die poolfrontOpdraande

2.1.2 Die winde wat bymekaar kom op die ITKS

Van die binneland na die kus

2.1.3 Die rigting waarin tropiese siklone beweeg

Tropiese oostewinde

2.1.4 Die rigting van ’n bergwind Van oos na wes2.1.5 Die rigting van ’n anabatiese wind Westewinde (5 × 2 = 10)

2.2 Kies die korrekte woord/uitdrukking van die woord/uitdrukking in hakkies wat die sin korrek sal maak. Skryf slegs die nommer van die vraag en die korrekte woord/uitdrukking neer.

2.2.1 Die steil helling van ’n homoklinale rif word die (duik-/eskarp-) helling genoem.

2.2.2 Die duikhelling van ’n cuesta het ’n (steiler/geleideliker) hellingshoek as die duikhelling van ’n skerprugbult.

2.2.3 ’n Cuesta word gevorm deur strata wat (oorhang/horisontaal) is.

2.2.4 ’n (Tralie-/radiaal-) dreineringspatroon word gewoonlik gevind in ’n gebied waar daar homoklinale rûens ewewydig aan mekaar lê.

2.2.5 Die rots waarvan ’n klipkoppie saamgestel is, is (skalie/graniet). (5 × 2) (10)

2.3 Verwys na Figuur 2.3, wat ’n satellietfoto is wat die wolkpatroon oor suidelike Afrika op 22 Februarie aantoon.

2.3.1 Behalwe vir die datum, noem TWEE ander faktore wat daarop dui dat hierdie satellietfoto in die somer geneem is. (2 × 2) (4)

2.3.2 ’n Tropiese sikloon word by A aangetoon.

a) Noem die kenmerk wat duidelik in die middel van A gesien kan word. (1 × 2) (2)

b) Beskryf die drukking en die weer wat in die middel van die tropiese sikloon ervaar word. (2 × 2) (4)

c) In watter rigting sal die winde roteer in hierdie tropiese sikloon? Motiveer jou antwoord. (2 × 2) (4)

d) Voorspel die rigting waarin die tropiese sikloon oor die volgende paar dae sal beweeg. (1 × 2) (2)

e) Bespreek die impak wat stelsel A gaan hê op die plaaslike gemeenskappe in die gebied naby X. (3 × 2) (6)

2.3.3 Figuur 2.3.3 is ’n skets wat die sinoptiese toestande aandui wat geassosieer word met kenmerk B op Figuur 2.3.

a) Noem die hoëdrukselle by P en Q. (2)

b) Noem die winde by S en T en meld die karaktereienskappe van elk. (4)

Page 5: Vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 VRAAG 2 2.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in Kolom

2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 5

c) Verduidelik hoekom kenmerk B geassosieer word met digte wolkbedekking. (2 × 2) (4)

2.4 Die klimaat van ’n stad verskil effens van die klimaat van die landelike gebied wat dit omring. Beskryf op watter manier die volgende weerelemente in ’n stad verskil van die van ’n landelike gebied en verduidelik waarom hulle verskil.

2.4.1 Temperatuur (2 × 2) (4)

2.4.2 Wolkdekking (2 × 2) (4)

2.5 Figuur 2.5 is ’n skets van stroomroof by die Graskop-rivier in Mpumalanga. Verwys na hierdie diagram om die vrae te beantwoord.

2.5.1 Beskryf hoekom en hoe die Graskop-rivier die rivier by X roof. (2 × 2) (4)

2.5.2 Voorsien opskrifte vir die kenmerke van roof gemerk W, X, Y en Z. (4)

2.5.3 Bespreek die veranderinge wat plaasgevind het in die Graskop-rivier na die roof. (2 × 2) (4)

2.6 Figuur 2.6 toon die opvangsgebied van ’n rivierstelsel.

2.6.1 Definieer:

a) Opvangsgebied (1 × 2) (2)

b) Rivierstelsel (1 × 2) (2)

2.6.2 Voorsien opskrifte vir:

a) Die hoë grond by D (1)

b) Die punt waar die twee riviere saamvloei by C (1)

2.6.3 Teken sketse om die waarskynlike vorm van die dwarssnit van die rivier by A en B aan te toon. (2 × 2) (4)

2.6.4 Ontbossing vind naby die dam plaas. Hoe sal dit die dam beïnvloed? Verduidelik jou antwoord. (2 × 2) (4)

2.6.5 Hidroloë (persone wat die vloei van riviere en die water in die riviere monitor) is besorg oor die impak wat die weivelde, die fabriek en die landbougrond op die rivier kan hê. Bespreek waarom hulle bekommerd is oor elkeen van hierdie faktore. (3 × 2) (6)

2.7 Kyk na Figuur 2.7.

2.7.1 Noem die landvorms by X en Y. (2)

2.7.2 Gee die karaktereienskappe van die rotsstruktuur wat aanleiding gegee het tot die ontwikkeling van hierdie landvorms. (1)

2.7.3 Watter landvorm is besig om by Z te ontwikkel? (1)

2.7.4 Bespreek die waarde van hierdie landskap vir mense. (2 × 2) (4)

[100]

Page 6: Vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 VRAAG 2 2.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in Kolom

6 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1

AFDELING B: MENSE EN PLEKKE: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS, MENSE EN HULLE BEHOEFTESBeantwoord ten minste EEN vraag van hierdie afdeling.

VRAAG 33.1 Kies die regte antwoord op die vrae hieronder. Skryf slegs die letter langs die

nommer van die vraag neer.

3.1.1 Die beleid om grond aan mense terug te gee wie se grond tydens Apartheid weggeneem is, word genoem:

A grondherverdeling

B grondbesit

C grondrestitusie

D Agenda 21

3.1.2 Die program van aksie waarop daar ooreengekom is op die Aardberaad in Rio de Janeiro om die sosiale, ekonomiese en omgewingsgehalte van menslike nedersettings te verbeter, word genoem:

A GEAR

B Agenda 21

C Landhervorming

D HOP

3.1.3 Die model vir stedelike grondgebruik wat die stad opdeel in “skywe” wat uitstraal van die sakebuurt word genoem die:

A Konsentriesesone-model

B Groothuur-model

C Veelvuldigekern-model

D Sektormodel

3.1.4 Kragte wat veroorsaak dat mense en aktiwiteite weg beweeg van die sakebuurt word genoem:

A Sentripetale kragte

B Sentrifugale kragte

C Instromingskragte

D Opvolgingskragte

3.1.5 Watter van die volgende is prosesse wat stedelike vernuwing bevorder?

A Gentrifikasie en chelseafikasie

B Instroming en opvolging

C Funksionele magnetisme

D Funksionele gerief (5 × 2) (10)

Page 7: Vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 VRAAG 2 2.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in Kolom

2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 7

3.2 Die sinne hieronder verwys na Suid-Afrika se ekonomiese aktiwiteite. Kies die woorde wat weggelaat is van die lys. Skryf die nommer van die vraag en die regte woord/woorde neer. Lys waaruit die antwoorde gekies moet word:

Mpumalanga, Suidwes-Kaap, Limpopoprovinsie, Sishen, Saldanhabaai, Richardsbaai, suiker, mielies, vrugte, platinum, goud

3.2.1 Die Suidwes-Kaap is die hoof _______________ produksiestreek in die land.

3.2.2 Die Noordwesprovinsie is belangrik aangesien __________ hier gemyn word.

3.2.3 Die hoofhawe waar van daar steenkool uitgevoer word, is ___________.

3.2.4 Die hooflandbouproduk van Suid-Afrika is ____________.

3.2.5 Meeste van die termiese kragstasies in Suid-Afrika word gevind in __________. (5 × 2) (10)

3.3 Bestudeer die Figuur in 3.3 wat ’n nedersetting aantoon.

3.3.1 Wat is ’n nedersetting? (1 × 2) (2)

3.3.2 Is die nedersetting wat in die diagram getoon word ’n landelike of stedelike nedersetting? Motiveer jou antwoord. (2)

3.3.3 Is die nedersetting in die diagram ’n droëpunt- of ’n natpunt-nedersetting? Motiveer jou antwoord. (2)

3.3.4 Is die nedersettingspatroon gekern of versprei? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)

3.3.5 Noem en bespreek TWEE fisiese faktore (water uitgesluit), wat die keuse van die ligging van hierdie nedersetting beïnvloed het. (2 × 2) (4)

3.3.6 Die volhoubaarheid van hierdie dorpie word bedreig deur gronderosie. Beskryf TWEE maniere waarop die gemeenskap gronderosie kan voorkom. (2 × 2) (4)

3.4 Verwys na Figuur 3.4 wat die diensgebiede van vier verskillende funksies aandui wat deur ’n dorp gelewer word.

3.4.1 Die dorp is ’n sentrale plek. Definieer ’n “sentraleplek- stedelike nedersetting” (2)

3.4.2 Wat beteken die volgende terme?

a) Invloedsfeer

b) Drempelbevolking

c) Reikwydte (3 × 2) (6)

3.4.3 Hoe sal die grootte van die invloedsfeer van die dorp vergelyk met die grootte van die invloedsfeer van die nedersetting? Verduidelik jou antwoord. (2 × 2) (4)

3.4.4 Noem een diens/funksie wat jy in ’n dorp sou verwag om te vind. (1)

3.4.5 Watter diens wat deur die dorp gebied word, het die hoogste drempelbevolking en welke diens het die kleinste drempelbevolking? (2 × 2) (4)

3.4.6 Baie plattelandse dorpies in Suid-Afrika soos die een aangetoon in die figuur, ondervind landelike ontvolking.

a) Verduidelik waarom plattelandse dorpe landelike ontvolking ondervind. (2 × 2) (4)

Page 8: Vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 VRAAG 2 2.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in Kolom

8 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1

b) Bespreek EEN strategie wat geïmplementeer kan word om plattelandse dorpies te laat herlewe. (3)

3.5 Bestudeer die kaart en diagram in Figuur 3.5 wat ’n Suid-Afrikaanse nywerheidskompleks aantoon, en beantwoord dan hierdie vrae.

3.5.1 Identifiseer die nywerheidskompleks G (Insetsel A) wat op die kaart verskyn. (1)

3.5.2 Maak ’n voorstel ten opsigte van die hoof primêre ekonomiese faktor (duidelik uit die kaart), wat die ontwikkeling van hierdie nywerheids-kompleks beïnvloed het. (1)

3.5.3 Gee TWEE ander faktore, ook duidelik uit die kaart, wat die nywerhede tot hierdie gebied aangetrek het. (2)

3.5.4 Verduidelik hoe die faktore wat op Insetsel B aangedui word die ontwikkeling van nywerhede in die nywerheidstreek beïnvloed het. (4 × 2) (8)

3.5.5 Identifiseer nywerheidsgebiede B, C en D soos aangetoon op Insetsel A. (3)

3.5.6 Sentralisering van nywerhede in nywerheidskompleks G het baie probleme in die gebied geskep. Noem DRIE van hierdie probleme. (3)

3.5.7 Om ekonomiese ontwikkeling in ander gebiede van Suid-Afrika aan te moedig, het die regering IOS bekend gestel.

a) Wat is IOS en hoe sal hulle ontwikkeling aanmoedig? (2 × 2) (4)

b) Watter tipe aansporing word deur die regering gebruik om besigheidsmanne aan te moedig om na hierdie gebiede te beweeg? (2)

c) Gee EEN voorbeeld van ’n IOS. (1)

3.6 Lees eers die Feiteleêr hieronder:

Feiteleêr:

Volgens die Suid-Afrikaanse grondwet is dit elke persoon se reg om toegang tot skoon water te hê. Nietemin, teen 2005, het 16% van Suid-Afrikaners nie ’n voldoende watervoorraad gehad nie. Maatskappye soos Rand-Water en Umgeni-Water in Durban suiwer en versprei water na verbruikers. Ongeveer 59% word gebruik deur landboubesproeiing, 25% deur huishoudelike en munisipale gebruik in landelike en stedelike gebiede, 6% deur mynbou en groot nywerhede, 2% vir kragopwekking, 4% vir kommersiële woudplantasies. Daar word verwag dat totale waterverbruik met ten minste 30% gaan styg teen 2025. Teen 2030 word verwag dat ons aanvraag na water ons voorraad sal oorskry.

3.6.1 Verduidelik waarom 16% van Suid-Afrikaners nie toegang tot ’n betroubare watervoorraad het nie. (2)

3.6.2 Bespreek TWEE redes vir die toename in die aanvraag na water. (2 × 2) (4)

3.6.3 Watter sektor gebruik die meeste water? (1)

3.6.4 Stel DRIE maniere voor waarop hierdie sektor sy waterverbruik kan verminder. (2 × 2) (4)

3.6.5 Verduidelik waarom daar na die Drakensberg-pompskema as ’n “inter-opvangsgebied-wateroorplasingskema” verwys word. (2 × 2) (4)

[100]

Page 9: Vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 VRAAG 2 2.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in Kolom

2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 9

VRAAG 44.1 Kies die korrekte term/uitdrukking van die woord/uitdrukking in hakkies om die

sin korrek te maak. Skryf slegs die regte term/uitdrukking neer langs die vraagnommer.

4.1.1 Stedelike nedersettings word beskou as (enkelfunksioneel/multifunksioneel).

4.1.2 ’n Metropool is (hoër/laer) as ’n stad in die stedelike hiërargie van nedersettings.

4.1.3 Die (perseel/posisie) van ’n nedersetting verwys na die werklike stuk grond waarop die nedersetting geleë is.

4.1.4 ’n Afgesonderde landelike nedersettingspatroon het groter (sosiale/ekonomiese) voordele as ’n gekernde landelike nedersetting.

4.1.5 Landelike ontwikkelingsprojekte wat deur die gemeenskap daargestel word, word (koöperatiewe/voetsool-) ontwikkelingsprojekte genoem. (5 × 2 = 10)

4.2 Bevestig of die volgende WAAR of VALS is. Skryf slegs die nommer van die vraag en waar of vals.

4.2.1 ’n Positiewe handelsbalans is wanneer die waarde van die land se invoere groter is as die waarde van sy uitvoere.

4.2.2 Die betalingsbalans sluit die land se sigbare invoere en uitvoere in.

4.2.3 Toeriste wat Suid-Afrika besoek, word beskou as ’n onsigbare invoer.

4.2.4 Globalisering is die beweging van idees, goedere en mense tussen lande.

4.2.5 Jaarlikse BBP per jaar verwys na die waarde van die goedere wat vervaardig is en die dienste wat gelewer is deur die permanente inwoners van ’n land gedurende ’n jaar. (5 × 2 = 10)

4.3 Verwys na Figuur 4.3 wat die grondgebruiksones in Port Elizabeth aandui en beantwoord dan die vrae hieronder:

4.3.1 As watter tipe handel- en vervoerstad sal hierdie nedersetting geklassifiseer word? Motiveer jou antwoord. (2)

4.3.2 Die sakebuurt van ’n stad is gewoonlik die middel van die stad. Maak voorstelle waarom dit nie die geval by Port Elizabeth is nie. (1 × 2) (2)

4.3.3 Lys DRIE funksies wat in die sakebuurt aangetref sal word. (3)

4.3.4 Verduidelik TWEE redes vir die ligging van die nywerheids-grondgebruiksone. (2 × 2) (4)

4.3.5 Gee ’n rede vir die ligging van gebied B. (1)

4.3.6 Verduidelik hoe die HOP (Heropbou- en Ontwikkelingsprogramme) gepoog het om die lewenstandaard van die mense wat in gebied B bly, te verbeter. (4 × 2) (8)

4.3.7 Die lughawe is geleë in die landelik-stedelike oorgangsone (gebied C). Verduidelik die karaktereienskappe van hierdie grondgebruiksone. (3 × 2) (6)

4.3.8 Verduidelik die ligging van elk van die woongebiede 1, 2 en 3 en gee EEN rede vir elk. (3 × 2) (6)

4.3.9 As dorpsbeplanner, stel voor waar ’n streek se inkopiesentrum gebou moet word. Gee TWEE redes vir jou antwoord. (3 × 2) (6)

Page 10: Vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 VRAAG 2 2.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in Kolom

10 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1

4.4 Lees die uittreksel hieronder wat verband hou met die Coega Industriële Ontwikkelingsone.

Coega: Poort tot Afrika se renaissance[’n Advertensie vir Coega]

Enige iemand wat iets weet van internasionale handel, sal jou vertel dat Hong Kong, Singapoer en Dubai van die wêreld se besigste hawens het.

Suid-Afrika sal binnekort deel wees van hierdie magtige groep, danksy die voordele wat Coega IDZ naby Port Elizabeth vir ons inhou.

Dit is die ideale ligging vir uitvoergerigte industrieë.

Om mee te begin is daar geen invoerbelasting nie, dus kan vervaardigers grondstowwe teen die laagste koste inbring.

Verder, omdat daar geen uitvoerbelasting is nie, kan hulle veredelde goedere uitstuur teen mededingende pryse.

Vervoerkoste word ook beperk, aangesien Coega reg langs Suid-Afrika se nuutste diepwaterhawe geleë is, waar moderne hantering van houervrag verspreiding sal bespoedig.

Die beproefde kombinasie van ’n belastingvrye nywerheidsone, doelmatig ontwerpte moderne hawe en maklike toegang tot die res van die wêreld, sal mededingende voordele vir uitvoerders inhou.

Om nie eens te praat van die ekonomiese voordele vir die mense van die Oos-Kaap nie. Of die internasionale handelsgeleenthede vir die hele sub-kontinent.

Welkom Coega.

Besoek www.coega.com vir meer inligting

4.4.1 Wat word bedoel met die volgende:

a) Uitvoergerigte nywerhede

b) Veredelde goedere

c) Houerhantering (3 × 2) (6)

4.4.2 Op watter maniere is Coega die ideale ligging vir uitvoergerigte nywerhede? (2 × 2) (4)

4.4.3 Noem TWEE voordele wat Coega vir vervaardigers inhou, soos vermeld in die advertensie (behalwe vir sy ligging). (2)

4.4.4 Die hoof ekonomiese aktiwiteite by Coega is handel en nywerheid. Klassifiseer elk van hierdie aktiwiteite as primêre, sekondêre of tersiêre ekonomiese aktiwiteite. (2)

4.4.5 Skryf ’n kort paragraaf waarin jy verduidelik hoe die mense van die Oos-Kaap gaan voordeel trek uit die ontwikkeling van hierdie IOS. (4 × 2) (8)

4.4.6 Wat sou jy as die betekenis van die opskrif van die artikel voorstel? (1 × 2) (2)

4.4.7 In Januarie 2008 was daar aangekondig dat ’n multibiljoen rand se aluminium smeltery vir Rio-Tinto-Alcan, ’n ankerhuurder, goedgekeur is en dat 150 opgeleide Kanadese opgedaag het om te help met die konstruksie.

Page 11: Vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 VRAAG 2 2.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in Kolom

2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 11

a) Wat verstaan jy onder die term ankerhuurder? (2)

b) Watter invloed sal die opwagting van 150 Kanadese op die ekonomie van die Oos-Kaap hê? (2 × 2) (4)

4.5 Die Departement van Minerale en Energie ondersoek ’n strategie om mielies of suikerriet te gebruik as hoofbestanddeel vir die vervaardiging van bio-etanol. Maar die “Citizens United for Renewable Energy and Sustainability (CURES)” is egter bekommerd dat: “... ’n strategie wat gebaseer is op nywerheidslandbou sal meer probleme vir die omgewing, asook ’n styging in voedselpryse bring ...” (Annie Sugrue).

4.5.1 Hoe word die meeste krag, wat in nywerhede gebruik word, tans in Suid-Afrika opgewek? (1 × 2) (2)

4.5.2 Waarom is dit belangrik om ander metodes van kragopwekking te ondersoek? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2 × 2) (4)

4.5.3 Watter invloed sal die gebruik van mielies of suikerriet vir die vervaardiging van bio-etanol op voedselsekerheid hê? Verduidelik jou antwoord. (2 × 2 ) (4)

4.5.4 In watter streek in Suid-Afrika word die meeste mielies verbou, en waar in Suid-Afrika word die meeste suikerriet verbou? (2)

[100]

Page 12: Vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 VRAAG 2 2.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in Kolom

12 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1

Figuur 1.1

Figuur 1.3

GEOGRAFIE VRAESTEL 1: BYLAE

nywerheidsgebied

dorpshuise

golfbaan

Kreefs- Ewenaar Steenboks- keerkring keerkring

ITKS

Page 13: Vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 VRAAG 2 2.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in Kolom

2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 13

Figuur 1.5

Figuur 1.4

Vulkaniese indringing

3 waterval

see

Diagram A Diagram B

Page 14: Vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 VRAAG 2 2.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in Kolom

14 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1

Figuur 2.3

Figuur 1.6

EUMETSAT van Suid-Afrika 22 Februarie 2000

Hartbeespoortdam

D

Page 15: Vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 VRAAG 2 2.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in Kolom

2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 15

Figuur 2.3.3

Figuur 2.5

Pinnacle-rivier

Graskop-rivier

Sunlight-rivier

Mac-Mac-rivier

Forest-watervalle

Mac-Mac-watervalle

Page 16: Vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 VRAAG 2 2.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in Kolom

16 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1

Figuur 2.6

Figuur 2.7

woud ontbossing damweiveld

fabriek

dorp

landbougrond

stad

Lae weerstandbiedende rots

Page 17: Vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 VRAAG 2 2.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in Kolom

2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 17

Figuur 3.3

Figuur 3.4

SLEUTELRivierKontoerBos en bomeHutteMuskietbesmette moerasBewerkte grondBeeskraalPad

Visrivier

Plattelandse dorp

TeaterSupermarkSkoenwinkelApteek

Dienste

Dorp

Page 18: Vraestel 1 - wcedcurriculum.westerncape.gov.za · 4 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1 VRAAG 2 2.1 Kies die regte term/uitdrukking vanuit Kolom B om te pas by die beskrywing in Kolom

18 2009 Geografie Graad 12 Vraestel 1

Figuur 3.5

Figuur 4.3

Sakebuurt en nywerheidsgebiedVerklaarde mynbougebiedWoonbuurtHoofwegSpoorlyn

Grondstowwe Arbeid

Nywerheid

MarkBrandstof of krag

PadSpoorwegNywerheidsgebiedSakebuurtLae-inkomstegroepMiddelinkomste groepHoë-inkomstegroep

A

B