€¦  · web viewsie – kwartaal. 1. numeriese en meetkundige patrone ... dit word dus aan...

5
Graad 9 Lesplan: 1+4 Intervensie – Kwartaal 1 NUMERIESE EN MEETKUNDIGE PATRONE: Hersiening (Les 4) (Konsep) PROVINSIE: DISTRIK: SKOOL: NAAM VAN OPVOEDER: DATUM: TYDSDUUR: 1 uur 1. ONDERWERP: NUMERIESE EN MEETKUNDIGE PATRONE: Hersiening (Les 4) 2. BEGRIPPE EN VAARDIGHEDE WAT BEREIK MOET WORD: Aan die einde van die les moet die leerders instaat wees om: Numeriese en meetkundige patrone te ondersoek en uit te brei deur die verwantskappe tussen getalle, isluitend patrone, waar te neem: - voorgestel in fisiese en diagramvorm - nie beperk tot reekse wat ‘n konstante verskil of verhouding behels nie. - in tabelle voorgestel - wat die leerders self geskep het WISKUNDE LESPLAN GRAAD 9 KWARTAAL1: JANUARIE – MAART

Upload: hoangdiep

Post on 18-Sep-2018

233 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Graad 9 Lesplan: 1+4 Intervensie – Kwartaal 1NUMERIESE EN MEETKUNDIGE PATRONE: Hersiening (Les 4)

(Konsep)

PROVINSIE:

DISTRIK:

SKOOL:

NAAM VAN OPVOEDER:

DATUM:

TYDSDUUR: 1 uur

1. ONDERWERP: NUMERIESE EN MEETKUNDIGE PATRONE: Hersiening (Les 4)

2. BEGRIPPE EN VAARDIGHEDE WAT BEREIK MOET WORD:

Aan die einde van die les moet die leerders instaat wees om: Numeriese en meetkundige patrone te ondersoek en uit te brei deur die verwantskappe

tussen getalle, isluitend patrone, waar te neem:- voorgestel in fisiese en diagramvorm- nie beperk tot reekse wat ‘n konstante verskil of verhouding behels nie.- in tabelle voorgestel- wat die leerders self geskep het- algebraḯse voorstelling Beskryf en bewys die verhoudings of verwantskappe wat waargeneem is in eie woorde of

in algebraḯse taal

3. HULPMIDDELS: DBO Werkboeke, Sasol-Inzalo boek1, Handboeke

WISKUNDE LESPLAN GRAAD 9

KWARTAAL1: JANUARIE – MAART

Graad 9 Lesplan: 1+4 Intervensie – Kwartaal 1NUMERIESE EN MEETKUNDIGE PATRONE: Hersiening (Les 4)

(Konsep)

4. VORIGE KENNIS: Basiese bewerkings met heelgetalle. Meetkundige patrone in Graad 8 gedoen. Heelgetalle (Integers).

5. NASIEN EN VERBETERING VAN TUISWERK (voorgestelde tyd: 10 minute)Tuiswerk bied onderwysers ‘n geleentheid om leerders se vordering in die bemeestering van wiskunde konsepte te kan nagaan en om probleem areas wat onmiddelike aandag nodig te identifiseer. Dit word dus aan beveel dat fokus geplaas moet word op die hantering van foute gemaak deur leerders wat later tot wanbegrippe kan lei.

6. INLEIDING(Voorgestelde tyd: 10 Minute)

Vra leerders om in pare te werk.6; 12; 18; …Laat hulle die patroon uitbrei deur die volgende 3 terme te bepaal en die patroon in hul eie woorde te beskryf.

7. LES AANBIEDING/ONTWIKKELING (Voorgestelde tyd: 20 minute)

Onderrigaktiwiteite Leeraktiwiteite (van leerders word verwag om)

Doen die volgende aktiwiteit met leerders. Laat hulle toe om dit stapsgewys te doen en dit te bespreek.

Bou huise met vuurhoudjies

(a) Bou ‘n huis met vyf vuurhoudjies.

(b) Hou aan om die huise te bou soos in die prentjie aangedui, bv.

(c) Die huise moet ‘n muur in gemeen het.

(d) Stel ‘n tabel daar om te bepaal hoeveel vuurhoudjies word benodig om meer huise te bou.

(e) Hoeveel vuurhoudjies word benodig om 6 huise te maak?

(f) Beskryf in jou eie woorde hoe die patroon groei.

(g) Skryf die algemene reël vir die patroon neer.

(h) Gebruik die reël om te bepaal hoeveel vuurhoudjies benodig word om 99 huise te bou?

in groepe huise te bou met vuurhoudjies volgens die instruksies van die onderwyser.

Besprekings te hou soos wat hulle met die aktiwiteit besig is.

Die tabel te voltooi terwyl hulle die huise bou met vuurhoudjies.

Bladsy 2 of 4

Graad 9 Lesplan: 1+4 Intervensie – Kwartaal 1NUMERIESE EN MEETKUNDIGE PATRONE: Hersiening (Les 4)

(Konsep)

1. ‘n Reghoekige teëlpatroon is hieronder geteken.

(a) Kleur figuur 6 in.(b) Voltooi die onderstaande tabel:

Nommer van Figuur

1 2 3 4 5 6 7 8 9

Aantal grys teëls

(c) Hoeveel grys teëls in figuur 20?(d) Skryf neer die reël vir die totale aantal vierkante per

figuur.

in groepe te werk en die meetkundige patrone uit te brei.

gedurende besprekings ‘n reël af te lei wat die meetkundige patroon beskryf.

8. KLASWERK(Voorgestelde tyd: 15 minute)

Kies noukeurig die oefening wat die verskillende kognitiewe vlakke aandui vanaf die Sasol-Inzalo boek 1, DBO werkboeke, ANA vraestelle en enige handboeke wat gebruik word in u skool. Die volgende is vrae wat die begrip van numeriese patrone kan bevorder.

1. Gegee:A: 1; 4; 7; 10…B: 1; 4; 9; 16…

Vir elk van die bogenoemde reekse:

(a) Voeg nog 2 meer terme by elke reeks by.

(b) Skryf ‘n reël vir die reeks neer.

(c) Gebruik die reël om die 10de term in die reeks te bepaal2. Bepaal die ontbrekende terme in, in elk van die onderstaande reekse:

a) . . .; . . . ; . . . 12; 21; . . . 39; 48; 57

b) . . . ; . . . ;. . . 1024; 2048; 4096; . . .; . . . ; . . .Sasol-Inzalo boek 1 DBO Werkboek Handboek

Bladsy 87 tot 98.

Bladsy 3 of 4

Graad 9 Lesplan: 1+4 Intervensie – Kwartaal 1NUMERIESE EN MEETKUNDIGE PATRONE: Hersiening (Les 4)

(Konsep)

9. VASLEGGING/GEVOLGTREKKING/TUISWERK (Voorgestelde tyd: 5 minute)

a) Vra leerders om oor die dag se les na te dink.

b) Die primệre doel van Tuiswerk is om elke leerder die geleentheid te bied om die bemeestering van wiskundige vaardighede wat in die klas onderrig is, te demonstreer. Dus moet tuiswerk doelgerig wees en die beginsel van ‘minder is meer’ word aanbeveel, m.a.w.. gee leerders ‘n paar hoë orde aktiwiteite wat ‘n verskeidenheid vaardighede aanspreek eerder as baie aktiwiteite wat nie leerders se begripsvermoë bevorder nie.Kies geskikte aktiwiteite noukeurig vanaf die Sasol-inzalo boek 1, DBO werkboeke en/of handboeke vir leerders se tuiswerk. Die gekose aktiwiteite moet die verskillende kognitiewe vlakke aanspreek.

Aanbevole Tuiswerk: DBO werkboek 1 – Bladsy 68 tot 71

Bladsy 4 of 4