1 bphil joernalistiek november 2015 - wordpress.comleme gegee. daar is nie ’n stukkie koelte in...

8
FOTO’S: MIZAN VAN DER MERWE 1 BPHIL JOERNALISTIEK November 2015

Upload: others

Post on 09-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 1 BPHIL JOERNALISTIEK November 2015 - WordPress.comleme gegee. Daar is nie ’n stukkie koelte in sig nie en ’n mens kan nie help om in jou geestesoog te sien hoe die mans se bloed,

FOTO’S: MIZAN VAN DER MERWE

1 BPHIL JOERNALISTIEK November 2015

Page 2: 1 BPHIL JOERNALISTIEK November 2015 - WordPress.comleme gegee. Daar is nie ’n stukkie koelte in sig nie en ’n mens kan nie help om in jou geestesoog te sien hoe die mans se bloed,

Dag uitstappies ROBBENEILAND

IN DIE SPORELOOP

VAN REUSE

REEDS SEDERT JANuARIE IS ’N uITSTAppIE RObbENEIlAND TOE IN DIE bphIl JOERNAlISTIEkSTuDENTE VAN uNIVERSITEIT STEllENbOSch (uS) SE JAARbEplANNINg AANgETEkEN. SOMMIgES hET REEDS DIé hISTO-RIESE lANDMERk bESOEk, MAAR VIR ANDER lEDE VAN DIE gROEp IS DIT ’N EERSTE. MIZAN VAN DER MERWE DEEl hAAR ERVARINg.

BPHIL JOERNALISTIEK NOVEMBER 2015 2

Page 3: 1 BPHIL JOERNALISTIEK November 2015 - WordPress.comleme gegee. Daar is nie ’n stukkie koelte in sig nie en ’n mens kan nie help om in jou geestesoog te sien hoe die mans se bloed,

3 BPHIL JOERNALISTIEK November 2015

Soos kinders op pad na ‘n skoolu-itstappie met bruinpapiersakke gevul met allerlei lekkernye, klim die studente een vir een in

die bus. Met die intrapslag is dit duide-lik hierdie is nie sommer enige hierjou bus nie. Daar is min dinge so ongemak-lik soos om op ’n bedompige dag in ’n ou vuil bus te ry, veral as dit lyk asof hy uitmekaar gaan val. Dit was gelukkig nie die geval nie. Dié bus het gelyk asof die groep studente sy eerste passasiers gaan wees.

Ná die agterste sitplekke met die standaard blou bussitplek patrone en hope onnodige beenspasie ingeneem is, is die gordyne voor die vensters toegetrek in ’n poging om vir die son weg te kruip. Hoewel dit nog vroegog-gend is, het die wolklose dag se be-lowende hitte reeds sy teenwoordigheid begin duidelik maak.

HIER GAAN ONSMet ’n geritsel van bruinpapiersakke

trek die bus uit die parkeerterrein. Vir een of ander onbekende rede verk-ies busdienste in die Stellenbosch en Kaapstad-omgewing om op die N2 te ry eerder as op die N1. ’n Knellende kwes-sie wat deeglik en in groot ontsteltenis onder die studente bespreek word.

“Hoekom vat ons nie die N1 nie? Ons ry mos nou ’n m**rse ompad. Die N1 is net soveel beter!”

Ná daar vrede gemaak is met die keuse van die roete, vaar die studente verder hul kospakkies in. Ander luister

musiek, bespreek die eksamen wat om die draai is en van die mansstudente daag mekaar op QuizUp uit. Niemand gee veel aandag aan die pad Kaapstad toe nie, aangesien dit ’n pad is wat al vir die meeste Kapenaars soos ’n gewoonte

geword het. Die bus hop en wieg tot by die V&A

Waterfront in Kaapstad en met die uittrapslag word die studente gegroet met ’n ligte seebries en ’n wolklose uitsig van die stad.

Page 4: 1 BPHIL JOERNALISTIEK November 2015 - WordPress.comleme gegee. Daar is nie ’n stukkie koelte in sig nie en ’n mens kan nie help om in jou geestesoog te sien hoe die mans se bloed,

BPHIL JOERNALISTIEK NOVEMBER 2015 4

Dunti dia dus, sus. Fugit vel intur aperumque arunt, sitationse cusciam invelic idebitio volupti onsersp iciissimet es assum acest, temo tempo-ria henem ide escid eos sum volut vent laborep taquamus doluptae. Rio. gia nate si quia seque

DIE WAGTYDPERKDie beplande toer na Robbeneiland

vertrek volgens die R300 per persoon kaartjie eers om 11:00. Vanweë goeie beplanning van verskeie partye is daar dus genoeg tyd vir die groep opgewon-de studente om die uitsig van die hawe en Tafelberg te geniet voordat hulle op die toer vertrek.

Volgens die kaartjies sluit die hekke reeds 10 minute voor die toer begin. Toe die groep studente teen 10:40 die voorportaal van die Nelson Mandela Gateway binnegaan, word hul gegroet deur honderde toeriste wat ongeduldig in rye wag. Ons maak ons tuis op die trappe wat lei tot die kronkelende rye wat vir die boot wag, maar elke minuut het soos ’n ewigheid gevoel. Een vir een begin toeriste en studente op die grond rus vir hul moeë voete vind. Mense skuur onrustig verby mekaar op soek na ’n badkamer, ’n verlore vriend of iemand wat vir hulle kan sê hoe lank hul nog gaan moet wag.

Om 11:11 volg die ironiese afkondig-ing: “All passengers joining the 11am tour to Robben Island, please note there has been a slight delay, but we will be

departing shortly. We apologize for the inconvenience.”

Grappies oor Afrika-tyd, die klem op die woord “slight” en groot sugte van frustrasie vul die lug saam met die gehuil van ’n buitelandse baba iewers in ’n stootwaentjie.

Na wat soos ’n ewigheid gevoel het, begin die toeriste een vir een opstaan. Die rye beweeg vinnig vorentoe. Op pad na die deur wat lei tot die boot wat ons na Robbeneiland gaan vervoer, is die mure gevul met reuse foto’s en herdenkings van dit wat tydens apart-heid gebeur het. Die ry beweeg egter te vinnig om werklik in te neem wat alles teen die mure beteken.

Ná almal se sakke deur die sekuriteit-skandeerders gestuur is, stap almal na Thembikile wat in sy spierwit glorie in die hawe vir sy passasiers lê en wag.

Die boot het twee verdiepings gevul met dieselfde standaard blou sitpl-ekoortreksels wat jou herinner aan publieke vervoer. Vir ’n oomblik lyk dit asof jy in ’n baie breë vliegtuig is, maar die gewieg van die boot en die uitsig van die see bring jou vinnig terug na die realiteit.

MET ’N GESKOMMEL EN ’N GESKUDDie boot slaan koers in Robbeneiland

toe en die onderste verdieping se pas-sasiers word in kennis gestel dat hulle toegelaat word om op die buite dek te staan sodat hulle ook die geleentheid het om die uitsig van die see en verd-wynende vasteland te kan geniet.

Hoe verder die boot die see in vaar, hoe beter word die uitsig van die verd-wynende vasteland. Verby die rimpe-lende blou seewater, waak Tafelberg oor Kaapstad, wat met elke kilometer meer beeldskoon word. In die oomblik, met elke sentimeter wat ons wegvaar, word alles wat jy op die vasteland gelos het al hoe meer irrelevant en onnodig.

Tussen die reuk van sonbrandmiddels wat versprei word in ’n poging om die nagevolge van die son se woede te keer, word pille uitgedeel om te verseker die inhoud van die bruinpapiersakke ontsnap nie die studente se liggame nie.

Onverstaanbare gesprekke tussen buitelanders dreun bo die gesuis van die water wat deur die boot se propel-lers (as dit is wat ’n mens dit noem) uit-gespoeg word. Verbete klou passasiers aan mekaar, sigbare relings en selfs die

Dag uitstappies ROBBENEILAND

Page 5: 1 BPHIL JOERNALISTIEK November 2015 - WordPress.comleme gegee. Daar is nie ’n stukkie koelte in sig nie en ’n mens kan nie help om in jou geestesoog te sien hoe die mans se bloed,

Onverstaanbare gesprekke tussen buitelanders dreun bo die gesuis van die water wat deur die boot se propel-lers (as dit is wat ’n mens dit noem) uit-gespoeg word. Verbete klou passasiers aan mekaar, sigbare relings en selfs die toue wat die badkamerdeure toehou in ’n poging om nie heen en weer gesling-er te word nie.

Na ontelbare liters blou seewater tus-sen ons en die vasteland inbeweeg het, kom die boot tot stilstand by Robbenei-land. Daar hang ’n onaangename reuk van seewater en dooie visse in die lug.

OP DIE EILANDOns word verwelkom op die onu-

ithoubare warm eiland met die woorde “freedom cannot be manacled” geverf in reuse letters op ’n muur gevul met bekende magsfigure in Suid-Afrika. Ná ons die poorte van die eiland wat eens op ’n tyd die wegsteekplek vir apart-heidsmisdadigers was, betree het met die woorde “we serve with pride” word die toergroep in verskillende groepe verdeel. Ná ’n paar minute in die skroe-iende son kom ’n bus tot ons redding. Die bus lyk ongelukkig nie soos die bus wat ons van Stellenbosch af vervoer het

nie, maar nietemin bied dit skuiling teen die son en vinnig-vinnig probeer ons die vyftig plus mense in ons groep in die bus akkommodeer.

Vir Ntoza Talakumeni, die toerleier wat ons op die bus vergesel het, is die eiland nie ’n vreemde area nie, maar lê eerder besaai met herinneringe van die jare toe hy hier ’n gevangene was. Die bus skommel en skud teen die vaal geplavei-de bult op, verby grys leiklip geboue en dor stukke aarde wat dringend reën of besproeiing nodig het.

Die bus hop voort tussen die verskil-lende areas van die eiland, terwyl die toergids feite en interessante brokkies inligting oor die geskiedenis van die verskillende geboue, areas en die eiland self voorhou.

Van die areas wat die bus tot stilstand laat kom het, is die “Leper graveyard”, die area waar al die gevangenes en per-soneellede begrawe is wat weens mel-aatsheid gesterf het. Daarna het die bus ook by die kalksteengroef (Lime Quarry) gestop, waar die gevangenes tydens hul vonnis klippe gekap het. Volgens die toerleier het dié aktiwiteit vir die gevangenes onder meer TB en oogprob-leme gegee. Daar is nie ’n stukkie koelte

in sig nie en ’n mens kan nie help om in jou geestesoog te sien hoe die mans se bloed, sweet en trane hier gevloei en in die dor aarde gespat het nie.

Die toer neem ons ook verby ander ikoniese geboue soos die leefkwartiere, die skool en die asemrowende kerk waar heelwat paartjies deur die loop van die jare die knoop deurgehak het. Ongeluk-kig word ’n mens nie toegelaat om van die bus af te klim en die geboue van na-der te beskou nie, wat werklik jammer is aangesien dit nie ’n area is waar ’n mens sommer gou weer gaan beleef nie.

Voor die bus die toergroepe na die tronk neem, stop hulle vir ongeveer 20 minute by ’n klein winkeltjie met ’n ongelooflike uitsig van Tafelberg. Hier het toergangers die geleentheid om foto’s te neem, hul blaas te verlig en om ’n fortuin vir eet- en drinkgoed te betaal. Vanweë die hitte het die meeste van ons besluit om onsself te bederf met ’n heerlike sjokolade roomys, maar moes ongeveer R30 opdok vir die lekkerny.

LOOP IN DIE SPORE VAN REUSEMet stowwerige skoene en ’n arm wat

die son uit sy oë probeer hou, het ons toergids Sipho Msomi ons buite die in-

5 BPHIL JOERNALISTIEK November 2015

Page 6: 1 BPHIL JOERNALISTIEK November 2015 - WordPress.comleme gegee. Daar is nie ’n stukkie koelte in sig nie en ’n mens kan nie help om in jou geestesoog te sien hoe die mans se bloed,

BPHIL JOERNALISTIEK NOVEMBER 2015 6

gang van die tronk verwelkom. Msomi was ook destyds ’n gevangene op die eiland weens sy affiliasie met die ANC tydens apartheid. Hy is in 1984 skuldig bevind en na die eiland gestuur as die 24ste skuldige politieke oortreder.

Tydens die toer van die tronk neem die toergids jou deur die terrein, tot binne die tronk se vertrekke, aanhoud-ingsareas en selle. Met elke stop vertel hy in detail hoe die lewe in die tronk vir die gevangenes was asook hoe die stelsel gewerk het.

In een van die groter gevangeneskam-ers vertel hy stories van dit waarvoor hulle geveg het tydens hul vonnis.

Volgens Msumi het hul gereeld baklei vir basiese behoeftes soos onderrig, beter klere en beddens en het soms selfs op eetstakings gegaan om te verseker hul noodkrete word gehoor. Volgens hom is hulle soms gestraf hiervoor deur in afgesonderde gevang-enisskap opgesluit te word of om deur die tronkbewaarders gemartel te word vir inligting.

Hoewel die tronk heeltemal verlate en duidelik gerestoureer is, hang daar ’n somber gevoel van jare se seer en onregverdige behandeling is die lug. Deur die loop van die toer is daar ook die geleentheid om deur van die gange in die tronk te loop en om te sien hoe die verskillende selle van ouds gelyk het. Toergangers kry ook die geleent-heid om vlugtig buite Nelson Mandela,

Dag uitstappies ROBBENEILAND

Page 7: 1 BPHIL JOERNALISTIEK November 2015 - WordPress.comleme gegee. Daar is nie ’n stukkie koelte in sig nie en ’n mens kan nie help om in jou geestesoog te sien hoe die mans se bloed,

“voormalige gevangene te Robbeneiland en die eerste demokratiese president van Suid-Afrika se sel te stop en ’n foto daarvan te neem.

Vanweë die boot die oggend laat vertrek het, moes die toer deur die tronk aangejaag word om op te maak vir die verlore tyd. Om 14:20 het al die toer-gangers weer hul sitplekke op die boot ingeneem, maar teen daardie tyd was die boot eintlik veronderstel om reeds veilig in die hawe te wees.

AL SLINGER-SLINGER TERUG Op pad na die eiland was die boot-

rit ’n vulletjie teen die rit terug na die vasteland. Soos te vore het ons onsself tuisgemaak op die agterste dek, maar ons was nie voorbereid op die angsbe-laaide rit wat vir ons voorgelê het nie.

“Die boot moet nou vir my rustig raak, ek het nie rêrig opgelet toe die mans die safety ding met die lifejackets en goed gedoen het nie,” sê een van die ontstel-

de studente ná sy op haar gesig geland het toe die boot ’n groot golf getref het.

Ná van ons dit nie meer kon uithou buite nie, in vrees dat ons kameras waterskade gaan opdoen, het ons pro-beer om ons sitplekke te gaan inneem. Jy hoef nie eens self te probeer loop het nie, want die boot het so op en af geslinger dat dit jou vanself laat beweeg het. Tot groot vermaak van ’n Duitse paartjie is ek op ’n stadium geforseer om

7 BPHIL JOERNALISTIEK November 2015

verbete aan ‘n paal vas te klou omdat ek nie regop kon bly terwyl mense hul sitplekke inneem nie. Met elke golf wat sigbaar verby die vensters van die onderste verdieping vir ons geloer het, het ek benoud na die helder oranje reddingsbaadjies onder die sitplekke geloer en gebid dat ons dit nie nodig gaan kry nie.

Met diep asemteue tussen die benoude gille en die gehuil van die buitelandse baba, bereik ons uiteinde-lik 25 minute later die vasteland. Die passasiers kon nie vinnig genoeg van die boot afkom nie. Toergangers word links en regs uit die pad gestamp deur haastige mense wat van die boot af pro-beer klim en van ons het tot die gevol-gtrekking gekom dat sommige toeriste werklik sleg gemanierd is.

KOM ONS MAAK AANSTALTESOm 15:00 maak ’n groep gebrande,

baie honger studente met moeë treë

Die boot moet nou vir my rustig raak, ek het nie opgelet toe die mans die safety ding met die lifejackets en goed gedoen het nie

Page 8: 1 BPHIL JOERNALISTIEK November 2015 - WordPress.comleme gegee. Daar is nie ’n stukkie koelte in sig nie en ’n mens kan nie help om in jou geestesoog te sien hoe die mans se bloed,

BPHIL JOERNALISTIEK NOVEMBER 2015 8

Dag uitstappies ROBBENEILAND

aanstaltes na die bus waarmee hul die oggend afgeskop het.

Die meeste het egter geen herin-nering van die rit terug Stellenbosch toe nie. Ná almal hul plekke in die bus ingeneem het en weggelê het aan die oorblyfsels van hul kospakkies, het daar ’n doodse stilte oor die bus gedaal soos almal een vir een aan die slaap geraak het.

Robbeneiland is een van daardie geskiedkundige plekke in Suid-Afrika wat so ryk aan geskiedenis is, dat jy nie werklik ’n regte Suid-Afrikaner kan wees as jy nog nie daar besoek afgelê het nie. Die kaartjies is wel nogal duur, veral as jy ’n hele gesin het wat wil saamgaan, maar op een of ander stadium in jou lewe is dit ’n ervaring wat jy doodeen-voudig van jou moet-doen lysie moet afmerk.

KONTAKbESONDERHEDEDie toere word deur Calvyn Tours be-hartig en die kaartjies kan aanlyn deur Webtickets gekoop word. Tel: +27 (0)21 4095100Adres: Nelson Mandela Gateway, Clock Tower Precinct, V&A Waterfront

• Webtuiste: http://www.rob-ben-island.org.za/

• Robbeneiland is omtrent 9km van die kus van Kaap-stad af.

• Die eiland se naam verwys na die Nederlandse woord vir ‘seals’ weens die rob pop-ulasie wat destyds deur vroeë settelaars waargeneem is.

• Die boot vaar teen 30 knope en neem ongeveer 20 tot 30 minute afhangende van die weer.

• Die verskillende toergroepe vertrek om 9:00, 11:00 en 13:00.

• Elke toer neem ongeveer 3 en ’n half ure en sluit die retoer bootvaart in.

• Die kaartjieprys (R300 per

volwassene en R160 per kind) sluit ’n begeleide toer van Robbeneiland, die rit soontoe en terug op die boot asook toegang tot die Nelson Mandela Gateway in.

• Al die toere op die eiland word deur voormalige pol-itieke gevangenes van Rob-beneiland behartig en bied ’n unieke insig tot die gesk-iedenis van die eiland.

• Daar is eet- en drinkgoed asook aandenkings te koop tydens toer.

• • Trek gemaklike stap-skoene aan en neem ’n hoed, sonbril en sonbrandgoed saam.

VINNIGE FEITE OOR DIE TOERE