1001.1 afrikaans eerste taal sg (primêre taal)...

20
1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) VRAESTEL 1 NOVEMBER 2006 TYD: 2 UUR PUNTE: 75 SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2006 Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” – AFRIKAANS EERSTE TAAL STANDAARDGRAAD (PRIMêRE TAAL) VRAESTEL 1 Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Upload: others

Post on 18-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners

1001.1

AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) VRAESTEL 1 NOVEMBER 2006

TYD: 2 UUR PUNTE: 75

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN

2006

Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” –

AFRIKAANS EERSTE TAAL STANDAARDGRAAD (PRIMêRE TAAL) VRAESTEL 1

Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Page 2: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1001.1) AFRIKAANS 1STE TAAL SG/V1

PRIMêRE TAAL

2

VOORSKRIFTE 1. Hierdie vraestel bestaan uit Afdeling A: Leesbegrip, Advertensie en Opsomming Afdeling B: Taalgebruik in konteks en Redigering 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin die antwoorde op elkeen van vrae 1 tot 8 op 'n skoon bladsy van jou

antwoordboek. 4. Skryf die nommer van die vraag in die middel boaan die bladsy. 5. Laat die kantstroke oop. 6. Nommer elke antwoord net soos die vraag op die vraestel genommer is. 7. Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van 'n vraag. 8. Netjiese, leesbare skrif en goed versorgde taal sal in jou guns tel.

Page 3: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1001.1) AFRIKAANS 1STE TAAL SG/V1

PRIMêRE TAAL

3

AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees die onderstaande artikel sorgvuldig deur en beantwoord dan die vrae streng volgens die instruksies. Die paragrawe is geriefshalwe genommer.

Maak skoolsport weer

Sports!

Nuwe navorsing wys ons kinders raak regte pokkels. Hulle oefen ál minder en eet ál ongesonder. Bring LO en pret op die sportveld terug,

sê die kenners.

1. Die dae toe kinders smiddae vir die blote lekkerte op die sportveld rondgehol het, is lank verby. Deesdae gaan alles oor wen - en in die proses verloor ál meer kinders belangstelling in oefening. Die gevolg? Ons skole kweek deesdae meer pokkels as presteerders.

2. Terwyl ‘n handvol kinders glorie verwerf op die sportveld, beland die grootste gros minder kraniges met snoepgoed voor die TV of rekenaar. Dis hoekom Suid- Afrikaanse kinders ál vetter word, blyk uit onrusbarende nuwe navorsing deur die Suid-Afrikaanse Voedingskundepaneel (Sanep) en die Universiteit van Kaapstad (UK). 3. Die owerheid kyk juis na planne om LO by skole weer verpligtend te maak. 4. Waar geeneen van die kinders in peilings in die vorige dekade oorgewig was nie, haal ons

bloedjies Amerika se swaargewigte fluks in. Daar is meer as 25 persent van alle kinders reeds oorgewig.

5. Ná hul opname oor oefening onder kinders kan Sanep nou bevestig: Suid-Afrika stuur op 'n

gesondheidskrisis af. Ons kinders oefen ál minder, eet ongesond en raak ál vetter. Doeltreffende, gereelde liggaamsopvoeding bestaan nie by die meeste staatskole nie, ouers gee nie die regte leiding nie en só neig ons na ‘n generasie met swak eetgewoontes en geen oefenkultuur nie.

6. Te min oefening kan boonop kinders se skoolwerk knou, vertel 'n opvoedkundige. Ironies

genoeg het baie skole juis LO-onnies besnoei ten gunste van die akademie - dalk 'n baie groot fout ...

Page 4: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1001.1) AFRIKAANS 1STE TAAL SG/V1

PRIMêRE TAAL

4

7. Oordrewe klem op mededingende sport deur skole sowel as ouers en die verering van 'n

elite-groepie kinders word in die Sanep-verslag uitgesonder. Kinders buite die uitsoekgroep verkies dikwels om nie deel te neem nie, aangesien sport by baie skole nie meer verpligtend is nie.

8. Gewigsprobleme kom nou ook ál meer onder plattelandse kinders voor waar dit voorheen

amper ongehoord was. 9. Die UK-studie wys tot dusver dat kinders in Suid-Afrika, ontwikkelende land ofte nie, net

so onaktief is soos dié in die meeste ontwikkelde lande. So bekommerd is die UK en die Mediese Navorsingsraad (MNR) oor ons onaktiewe kinders dat hulle nou 'n handves vir liggaamlike aktiwiteit en sport vir die jeug met riglyne vir skole, onderwysers en ouers ontwikkel het. Die gedagte is dat dit tot die herinstelling van liggaamsopvoeding as verpligte vak in alle skole sal lei.

10. Die opstellers van die handves vra ook vir die beskerming van kinders teen fisieke en

emosionele mishandeling en middelmisbruik om prestasie te verbeter. 11. Volgens dr. Karen Sharwood van die UK kan kinders byvoorbeeld hul natuurlike

ontwikkeling met voedselaanvullings belemmer. Sy meen skoolsport het te gespesialiseerd geraak. Verder sê sy dat onderwysers, afrigters en ouers moet aanvaar dat deelname so goed is soos wen.

12. Prof. Tim Noakes van die Sportwetenskapinstituut sê dat elitisme in skoolsport en 'n gebrek

aan oefening regstreeks met vetsug onder kinders verbind kan word, maar dat dit uiteraard nie ál oorsaak is nie. Hy meen ook dat televisie en die golf van ander elektroniese vermaak, die feit dat kinders skool toe aangery word omdat stap as onveilig beskou word, 'n gebrek aan fietsbane en die kitskosadvertensies waarmee hulle gebombardeer word, 'n groot rol speel.

13. Deur beweging ontdek kinders wie hulle is en wat hulle kan doen en word hul selfbeeld

gevorm. Daarsonder bly hul selfbeeld ongedefinieer en is hulle meer vatbaar vir beïnvloeding.

14. Die Regering het hom wel nou verbind tot sport en LO vir almal. Volgens Tommy Makhode,

woordvoerder van die Minister van Onderwys, het die Ministers van Onderwys en Sport 'n memorandum onderteken wat onder meer vereis dat alle skole sal moet sorg vir liggaamsopvoeding gedurende of ná skooltyd. Skole sal ook moet sorg vir die verskaffing van buitemuurse bedrywighede sodat kinders aktiewer is.

15. “Die onderwysers is daar,” sê Tommy. “LO is deel van hul opleiding. Skole sal moet

toesien dat LO meer aandag kry wanneer vakke aan onderwysers toegewys word.”

(Aangepas uit Huisgenoot, 26 Mei 2005)

Page 5: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1001.1) AFRIKAANS 1STE TAAL SG/V1

PRIMêRE TAAL

5

Beantwoord die volgende vrae telkens in een afgeronde, saaklike volsin. 1.1 Watter twee redes word in die artikel aangevoer vir die feit dat ons kinders

regte pokkels raak? [2] 1.2 Wat was die aanvanklike doel met die opstel van die handves vir liggaamlike aktiwiteit en sport vir die jeug deur die Universiteit van Kaapstad en die Mediese Navorsingsraad? [2] 1.3 Watter gevaar bestaan daar volgens die artikel indien kinders enige voedsel- aanvullings sou gebruik om beter te presteer? [2] 1.4 Watter redes voer die Regering aan waarom LO by skole weer verpligtend gemaak moet word? [2] Beantwoord die volgende vrae kortliks. Volsinne word nie vereis nie. 1.5 Tot watter sorgwekkende gevolgtrekking kom Sanep in hul nuwe navorsing? [2] 1.6 Opvoedkundiges sê dat ongereelde oefening nie kinders se skoolwerk beïnvloed nie. 1.6.1 Dui aan of bogenoemde stelling waar of onwaar is. (1) 1.6.2 Motiveer jou antwoord op 1.6.1 deur 'n sinsnede van nie meer as

9 woorde nie uit die leesstuk aan te haal. (1) [2] 1.7 Watter woord in paragraaf 7 impliseer dat dit in sport nie net oor

deelname gaan nie, maar oor wen? [1] 1.8 Skryf twee agtereenvolgende woorde uit paragraaf 2 neer wat impliseer dat nie al die kinders in sport uitblink nie. [1] 1.9 Wie, behalwe onderwysers en afrigters, moet toesien dat kinders aan sport deelneem? [1] 1.10 Skryf elke keer 'n woord uit die leesstuk neer wat min of meer dieselfde beteken as die onderstaande woorde. (Let wel: Jy moet telkens by die betrokke nommer slegs een woord as

antwoord gee.) 1.10.1 reëls waarvolgens gewerk of gehandel moet word (paragraaf 9) (1) 1.10.2 natuurlik (paragraaf 12) (1) [2] /17/

Page 6: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1001.1) AFRIKAANS 1STE TAAL SG/V1

PRIMêRE TAAL

6

VRAAG 2 Bestudeer die advertensie en beantwoord dan die vrae.

2.1 Wie is die adverteerder van die produk? [1] 2.2 Watter produk word bemark? [1] 2.3 Wat is die adverteerder se slagspreuk/leuse? [1] 2.4 Hoekom sal voornemende kliënte minder betaal? [1] 2.5 Watter voordele spruit uit die vinnige beantwoording van die oproepe? (Beantwoord in een volsin.) [2] 2.6 Wat beteken “Ons betaal so vinnig soos dit gebeur”? (Verduidelik in 'n volsin.) [2] /8/

Page 7: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1001.1) AFRIKAANS 1STE TAAL SG/V1

PRIMêRE TAAL

7

VRAAG 3: OPSOMMING LET WEL:

• By hierdie vraag word punte soos volg toegeken: Inhoud (1 punt per kernfeit) = 7 punte Korrekte aantal woorde = 1 punt Korrekte taalgebruik = 1 punt Korrekte formaat = 1 punt Totaal = 10 punte

• Oorskryding van die lengtevereistes sal gepenaliseer word. • Telegramstyl is onaanvaarbaar. • Beantwoord die vraag in volsinne.

Lees die onderstaande artikel en voer dan die daaropvolgende opdrag streng volgens die instruksies uit.

Bespaar só petrol

Met die hoë brandstofpryse raak dit vir almal belangriker om brandstof te bespaar. Snik en betaal is die voorland vir die manne van die dikwiel 4x4’s wat hulle nie steur aan die nuwe petrolpryse nie. Maar mense met gewone karre huil net so hard, en daarby het hulle ook nie altyd die soort geld soos die windmakerige manne met hul groot voertuie nie. Daar is egter raad vir diegene wat wel brandstof wil bespaar, sodat 'n mens straks nog ewe ver as voorheen met 'n tenk petrol kan kom.

Page 8: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1001.1) AFRIKAANS 1STE TAAL SG/V1

PRIMêRE TAAL

8

'n Motor se enjin wat in 'n goeie toestand is, gebruik baie minder petrol as 'n kar waarna die eienaar nooit behoorlik omsien nie. 'n Verstopte lugfilter kan die petrolverbruik met 10% opjaag. 'n Motor wat nie gereeld gediens word nie, is swaar op brandstof. Spoed is lekker, maar te veel daarvan is onwettig. As jy die lepel looi, gebruik jou motor tot die helfte van sy krag om windweerstand baas te raak. Hoe vinniger jy ry, hoe meer petrol gebruik jy. Ry dus liewer stadiger en moenie jaag nie. Papperige bande maak brandstofverbruik meer en verminder die leeftyd van jou bande. Hou maar by die vervaardigers se spesifikasies. Jou kar is nie vinniger as jy die oktaangraad met die hoë syfer kies nie, hy gebruik net meer petrol. Kies dus die regte oktaangehalte as jy petrol ingooi. Moenie jaag tot by die volgende robot nie - versnel egalig, hou jou spoed en moenie rem nie behalwe as daar iets in die pad is. As jy glad ry, kan jy jou petrolverbruik met tot 20% verminder. Ons weet dit is moeilik, maar moenie jou motor se enjin by stopstrate en verkeersligte vinniger laat loop nie. Dis lekker om jou arm by die venster te laat uithang om ander padgebruikers te beïndruk met jou wiele. Oop vensters skep egter 'n rem-effek wat brandstofverbruik met tot 20% verhoog. (Aangepas uit Metro Burger, 12 Mei 2005) Maak 'n puntsgewyse opsomming van die 7 wenke aan motoriste oor brandstofbesparing. Gee jou antwoord in volsinne onder mekaar in nie meer as 48 woorde nie. Skryf die getal woorde wat jy gebruik het, onder jou antwoord neer. /10/

Totaal vir Afdeling A: /35/

Page 9: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1001.1) AFRIKAANS 1STE TAAL SG/V1

PRIMêRE TAAL

9

AFDELING B: TAALGEBRUIK IN KONTEKS (KOMMUNIKATIEWE TAALLEER) VRAAG 4 Lees die leesstuk deur en beantwoord dan die vrae. Die paragrawe is geriefshalwe genommer.

Rooftog gefnuik danksy wenk

1. GRABOUW. – 'n Beplande roof is gefnuik en 'n verdagte wat (4.1.1 bind) word met die moord vroeër dié maand op 'n buurtwaglid hier, is in hegtenis geneem nadat die polisie inligting oor die beplande misdaad ontvang en betyds opgetree het. 2. Die lede van die Misdaadinligting-versamelingseenheid in Kaapstad het die polisie op Grabouw in kennis (4.2.1) dat 'n aantal rowers 'n besigheid op die dorp wil beroof. 3. Volgens supt. Riaan Pool 'n polisiewoordvoerder het die polisie omstreeks 03:00 gister-oggend 'n voertuigkontrolepunt op die N2 naby Grabouw (4.1.2 stel) nadat 'n volledige beskrywing van die voertuie en die verdagtes aan hulle deurgestuur is. 4. 'n Honda Ballade en Nissan-bakkie is kort na 04:00 gestop en lede van die polisie wat langs die pad weggekruip het, het die ses verdagtes in hegtenis geneem. 5. Daar is op vier onwettige vuurwapens beslag gelê en die verdagtes tussen die ouderdom-me van 22 en 35 jaar sal môre in die landdroshof op Grabouw (4.2.2) op 'n klag van onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. 6. Een man (28) sal ook aangekla word van moord. 'n Buurtwaglid is op 10 Junie doodgeskiet toe 'n onbekende man op buurtwaglede losgebrand en een lid in die bors getref het. (Aangepas uit Die Burger, 21 Junie 2005) 4.1 Skryf die nommers 4.1.1 en 4.1.2 onder mekaar neer en gee elke keer die

korrekte vorm van die woord tussen hakies. [2] 4.2 Skryf die nommers 4.2.1 en 4.2.2 onder mekaar neer en gee elke keer die ontbrekende woord om die uitdrukking te voltooi. [2] 4.3 Skryf 'n woord uit die eerste twee paragrawe neer wat “verhinder” beteken. [1] 4.4 Skryf twee agtereenvolgende woorde uit paragraaf 5 neer wat dieselfde

beteken as “in besit geneem”. [1] 4.5 Skryf die volgende tye in woorde: 4.5.1 03:00 (1) 4.5.2 04:00 (1) [2]

Page 10: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1001.1) AFRIKAANS 1STE TAAL SG/V1

PRIMêRE TAAL

10

4.6 Vorm 'n persoonsnaam van “misdaad”. [1] 4.7 Skryf die onderstreepte gedeelte in paragraaf 3 net so oor en voorsien dit

van die ontbrekende leestekens. [1] 4.8 Skryf die afkorting in paragraaf 3 (supt.) voluit: [1] 4.9 Herskryf die onderstaande gedeelte deur met die onderstreepte woorde te begin

'n Onbekende man het 'n buurtwaglid doodgeskiet. [1] /12/ VRAAG 5 Bestudeer die onderstaande koerantkop en beantwoord dan die vrae.

Polisie slaan groot slag 5.1 “Slaan” word figuurlik gebruik in die opskrif. Gebruik die woord “slaan”

in 'n kort sinnetjie sodat dit 'n letterlike betekenis het. [1] 5.2 Verduidelik die (figuurlike) betekenis van die opskrif. [1] 5.3 Voltooi die onderstaande idioom wat die volgende beteken: Iemand toon waartoe hy of sy in staat is. Sy slag … [1] 5.4 Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies in die

onderstaande sin:

Hy is gewaarsku dat hy gaan (slag) kry indien hy weer sou oortree. [1] 5.5 Herskryf die onderstaande sin sodat dit in die verlede tyd is.

Die polisie slaan ‘n groot slag. [1] /5/

Page 11: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1001.1) AFRIKAANS 1STE TAAL SG/V1

PRIMêRE TAAL

11

VRAAG 6 Lees die onderstaande leesstuk deur en beantwoord dan die daaropvolgende vrae: Mei is Teentabakmaand. 'n Goeie tyd om my tabakervaringe te deel. 2 Die eerste is net 'n vae rookgevulde herinnering. Die presiese tyd en plek is lankal 'n foto in ‘n geskiedenisboek êrens. 3 Ek kan glad nie onthou hoe dit was om my eerste sigaret te rook nie. Maar soos Job sy geboortedag vervloek het, vervloek ek daardie dag. 4 Ek kan nie eens vra hoekom iemand my nie gewaarsku het nie, want ek is gewaarsku, maar ek wou nie hoor nie. 5 Waarskuwings teen die gevare van rook is by die een oor in en by die ander uit. Dis dan so koel om met 'n sigaret uit te hang. Niks kan jou daai pure plesier verskaf wat 'n long vol rook jou kan bied nie. 6 Vandag, meer as 'n dekade sedert daai eerste dampie, sit ek met 'n geskende been ná drie operasies. Vergete is daardie nikotien-gevulde plesiertjies. 7 Vier maande in 'n hospitaalbed in Bloem-fontein om te wonder of rook regtig die moeite werd is. 'n Klein kamervenster my enigste kontak met die buitewêreld. Hoe het ek nie in daardie uur van pyn gesmag om net my longe een keer vol Bloemfon-teinse lug te adem nie. Tevergeefs was die verlange na vars lug, want op die spyskaart was lug gevul met hospitaalreuke.

8 En toe kom die besef dat daardie lug waarna ek so smag elke dag van die afgelope dekade beskikbaar was, maar ek het verkies om dit met nikotien te vervang. 9 Hoekom was ek in die hospitaal? Hoekom al die pyn? Rook! En nogmaals verdomde rook! Weens al die gerokery het ek Burger se siekte ontwikkel. Met dié siekte word die liggaam se immuniteitstelsel deur die liggaam se eie weefsel aangeval. 10 Jou are verstop en bloed kom nie by die verste gedeeltes van jou liggaam uit nie. 11 Die pyn van die operasie is onbeskryflik. Die onsekerheid oor of die dokters jou been kan red, kan 'n mens mal maak. 12 Die liggaamlike pyn was die minste. 13 'n Maand voor ek hospitaal toe is, is my pa oorlede aan 'n niersiekte. Wat het dit met rook te doen, kan jy vra. 14 So nege jaar gelede is sy been geamputeer (6.8) presies dieselfde siekte. Die siekte het ook sy niere aangetas. 15 Aan rokers: Ek het die letsels om te wys dat rook gevaarlik is. Hulle lê nie net op my been nie, maar ook op my ma se gesig wat die lewe moet aandurf sonder haar man van meer as dertig jaar. (Aangepas uit MetroBurger, 12 Mei 2005)

6.1 Verduidelik wat die idiomatiese uitdrukking “by die een oor in en by die

ander uit” beteken. [1] 6.2 Maak die volgende sin ontkennend/negatief: Vergete is daardie nikotien-gevulde plesiertjies. [1] 6.3 Gee binne die konteks van paragraaf 5 die intensiewe vorm van vol. [1] 6.4 Gee 'n antoniem (woord met min of meer die teenoorgestelde betekenis) vir “minste” (par. 12). [1]

Page 12: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1001.1) AFRIKAANS 1STE TAAL SG/V1

PRIMêRE TAAL

12

6.5 Gee die verkleinwoord van “rook” (par. 7). [1] 6.6 Gee die korrekte afkorting vir “dokters” (par. 11). [1] 6.7 Beklemtoon (plaas die korrekte aksenttekens op) die woord “een” (par. 7). [1] 6.8 Gee die ontbrekende woord (voorsetsel) in paragraaf 14. [1] /8/

Page 13: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1001.1) AFRIKAANS 1STE TAAL SG/V1

PRIMêRE TAAL

13

VRAAG 7 Bestudeer die stokiesprent (aangepas uit: Rapport, 12 Junie 2005) en beantwoord dan die vrae.

7.1 Wat beteken die uitdrukking “hiet en gebied” in raam 1? [1]

Page 14: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1001.1) AFRIKAANS 1STE TAAL SG/V1

PRIMêRE TAAL

14

7.2 Skryf die onderstaande sin in die indirekte rede: Willie sê: “Ek is nou moeg daarvoor dat jy my so hiet en gebied. Begin jou antwoord só: Willie sê ….. [1] 7.3 Gee die korrekte vorm van die woord in raam 7. [1] 7.4 Gee 'n sinoniem ('n woord met min of meer dieselfde betekenis) as “begrafnisondernemer” (raam 8). [1] 7.5 Gee die oortreffende trap van die woord “moeg” (raam 1). [1] /5/

Page 15: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1001.1) AFRIKAANS 1STE TAAL SG/V1

PRIMêRE TAAL

15

VRAAG 8 (REDIGERING) Lees die onderstaande berig deur en voer dan die opdragte uit:

WAT SKENKERORGANE WIL WEET

1 Baie water het in die see geloop sedert mnr. Louis Washkansky se hart in 1967 meer 2 bekender as mnr. Washkansky geword het. 3 Maar as daardie jaar - met dank aan die ywer en vernuf van dr. Chris Barnard en sy hart- 4 oorplantingspan in die Groote Schuur-hospitaal - die jaar was dat die mediese wêreld 5 opgewonde geraak het oor die hart, moet vanjaar die jaar wees dat die kommersiele 6 wêreld die outjie onder die loep sit. 7 Ons verwys na “Vrou met hart met swak plekkie vir kerrie”. 8 “Sy het nooit haar mond aan kerrie gesit, tot die dag dat dié ouma van Alberton 'n hart- 9 oorplanting ondergaan het,” berig Lizel Steenkamp in Rapport (5/6/2005). 10 'n Hartchirurg by die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal word as volg aangehaal: “As 11 die skenker van 'n lewer (dus) van sjokolade hou sal die ontvanger ook passievol daaroor 12 wees…” 13 Dié dokters-orders behoort beslis bemarkers van kerrie, sjokolade en al die dinge waarmee 14 ons in hierdie lewe organne sou kon paai, hul ore te laat spits. Dit kan immers die aanbreek 15 van 'n era van orgaanoorplantingborgskappe aandui. 16 Die leeftyd van 'n kerrie- of sjokolade-liefhebber - of hy of sy nou 'n hart, lewer of Jan Alleman 17 is - is immers waar bemarkers hul aandag moet bepaal. 18 Hiermee word plegtig voorspel dat die grootste vernuwing in korporatiewe orgaanoorplanting 19 egter nie geleë gaan wees in die toetrede van groot maatskappye tot die operasietafel nie, 20 maar wel in die rol van die Internet in hierdie hele ruilbare fees. 21 In Oktober verlede jaar het dokters in 'n Amerikaanse hospitaal byna 'n nieroorplanting 22 van die tafel afgevee nadat dit gekom het aan die lig dat die skenker en die behoeftige 23 mekaar oor die Internet ontmoet het. 24 Hierdie brokkie het die etiek gevaarligte laat flikker, berig die Britse nuuswebblad 25 www.guardian.co.uk/online. 26 Die storm oor orgaanskenking in die algemeen het dalk bedaar sedertdien die 27 Washkansky-skrede, maar nou kan etici maar weer naderstaan vir rondte nommer twee: skenking 28 op die Web.

(Aangepas uit Die Burger, 18 Junie 2005)

Page 16: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (1001.1) AFRIKAANS 1STE TAAL SG/V1

PRIMêRE TAAL

16

8.1 In reëls 1 en 2 is die trappe van vergelyking verkeerd gebruik.

Korrigeer die fout. [1] 8.2 Die onderstreepte uitdrukking in reël 6 is foutief. Vervang een woord sodat die uitdrukking korrek lees. Skryf slegs die korrekte woord neer. [1] 8.3 'n Skryfteken ontbreek in die woord “kommersiele” (reël 5).

Herskryf die woord met die skryfteken op die regte plek. [1] 8.4 In die onderstreepte gedeelte in reël 8 kom daar 'n taalfout voor. Skryf die onderstreepte gedeelte oor en stel die fout reg. [1] 8.5 Daar is 'n leestekenfout in reël 11. Skryf dié leesteken neer. [1] 8.6 In reël 14 is 'n woord verkeerd gespel. Skryf dié woord korrek neer. [1] 8.7 In reël 19 is 'n verkeerde voorsetsel gebruik. Vervang dit met die korrekte woord. [1]

8.8 In die onderstreepte gedeelte in reël 22 kom daar 'n woordordefout voor.

Skryf die onderstreepte gedeelte oor en verbeter die woordorde. [1] 8.9 Die onderstreepte woord in reël 24 is 'n taalfout. Gee die korrekte vorm van

die woord. [1] 8.10 Die woord “sedertdien” in reël 26 is 'n verkeerde woordkeuse. Gee die

woord (voegwoord) wat die sin taalkundig korrek sal laat lees. [1] /10/ Totaal vir Afdeling B: /40/ GROOTTOTAAL: /75/

Page 17: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners
Page 18: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners
Page 19: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners
Page 20: 1001.1 AFRIKAANS EERSTE TAAL SG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-02-16 · Bring LO en pret op die sportveld terug, sê die kenners