breederivier gazette 3 junie 2014

12
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 18 • 3 Junie 2014 | Tel. 023 626 5212 ’n Leeftyd verswelg HILDERINE SCHRÖDER ’n Robertsonner se harde werk van meer as vyftien jaar is in ’n oogwink vernietig toe sy huis by Adderleystraat 7 verlede Dinsdag (27 Mei) in vlamme opgegaan het. Charles Smit en sy bure kon net magteloos toekyk terwyl die plaasli- ke brandweer teen die vlamme geveg het. Eienaars van huise weerskante van die pragtig gerestoureerde huis het moedig probeer om die brand met tuinslange vanuit hul eie erwe onder beheer te bring. Smit en sy gesin was nie tuis toe die brand uitgebreek het nie en niks kon uit die brandende huis gered word nie. “Ons het letterlik niks oor nie. Net die klere aan ons lywe,” het Smit aan die Gazette gesê. Die skok van hul verlies is steeds enorm, sê hy. “Maar ons het wonderlike krag gekry van Bo. ’n Mens moet dit maar aanvaar, wat anders kan jy doen?” Die inhoud van die huis is alles wat hy in ’n leeftyd opgebou het, vertel Smit. “Al die meubels is erfstukke.” Oor een ding is hy egter baie dank- baar: dat sy kleindogter, Monique (16), en dogter, Natasha (29) nie tuis was toe die brand uitgebreek het nie. Monique was by die skool, terwyl Na- tasha in die buiteland was. Sy was besig om die Camino de Santiago-pel- grimsroete te doen toe sy die nuus van die brand gekry het. Sy het dade- lik haar pelgrimstog kortgeknip. “Al wat sy oor het is dít wat in haar rug- sak was,” sê haar pa hieroor. Forensiese deskundiges het be- vind die brand is deur ’n kortsluiting by ’n staanlamp veroorsaak. Intus- sen het die gesin tydelik by ’n ander huis ingetrek. Bure van die Smitte het verlede week vroegoggend onraad gemerk toe hulle klapgeluide gehoor het. “Ek het eers gedink dis skote of klappers, maar toe ek uitkom sien ek die rook en vlamme,” sê ’n buurvrou wat ano- niem wil bly. Hulle het onmiddellik die nooddienste ontbied. Die plaaslike brandweer het onder skoot gekom ná brandbestryders vol- gens omstanders gesukkel het om konneksies tussen brandweerwaens en die brandslange te maak. Dít is eg- ter by monde van Soyisile Mokweni, bestuurder van die Langeberg Muni- sipaliteit, ontken. Met die brand- weer se aankoms op die toneel was brandbestryders van die Kaapse Wynland Brand- en Reddingsdiens reeds op die toneel en was ’n brand- slang aan die kraan in die straat ge- koppel. “Omdat daar genoeg water in die brandweerwaens was kon die py- pe net gekoppel word voor beamptes met brandbestryding voortgegaan het,” sê hy. LINKS: Brandbestryders het verlede week lank teen die vlamme geveg wat dié huis by Adder- leystraat 7 verswelg het. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖ- DER REGS: Al wat van die eens pragtige huis oorgebly het is mure en dakbalke wat soos walvisbene die lug insteek. BO: Die inhoud van die huis is geheel en al in die brand verkool.

Upload: boland-gazette

Post on 25-Mar-2016

262 views

Category:

Documents


20 download

DESCRIPTION

Breederivier gazette 3 junie 2014

TRANSCRIPT

Page 1: Breederivier gazette 3 junie 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 18 • 3 Junie 2014 | Tel. 023 626 5212

’n Leeftyd verswelgHILDERINE SCHRÖDER

’n Robertsonner se harde werkvan meer as vyftien jaar is in ’noogwink vernietig toe sy huis byAdderleystraat 7 verledeDinsdag(27Mei) in vlamme opgegaan het.

Charles Smit en sy bure kon netmagteloos toekyk terwyl die plaasli-kebrandweer teendievlammegeveghet. Eienaars van huise weerskantevan die pragtig gerestoureerde huishetmoedigprobeeromdiebrandmettuinslangevanuithul eie erweonderbeheer te bring.Smit en sy gesin was nie tuis toe

die brand uitgebreek het nie en nikskon uit die brandende huis geredword nie. “Ons het letterlik niks oornie. Net die klere aan ons lywe,” hetSmit aan die Gazette gesê. Die skokvan hul verlies is steeds enorm, sêhy. “Maar ons het wonderlike krag

gekry vanBo. ’nMensmoet ditmaaraanvaar, wat anders kan jy doen?”Dieinhoudvandiehuis isalleswat

hy in ’n leeftyd opgebou het, vertelSmit. “Al die meubels is erfstukke.”Oor een ding is hy egter baie dank-baar: dat sy kleindogter, Monique(16), en dogter, Natasha (29) nie tuiswas toe die branduitgebreekhet nie.Moniquewasbydieskool, terwylNa-tasha in die buiteland was. Sy wasbesigomdieCaminodeSantiago-pel-grimsroete te doen toe sy die nuusvandie brand gekryhet. Syhet dade-likhaarpelgrimstogkortgeknip. “Alwat sy oor het is dít wat in haar rug-sak was,” sê haar pa hieroor.Forensiese deskundiges het be-

vinddiebrand isdeur ’nkortsluitingby ’n staanlamp veroorsaak. Intus-sen het die gesin tydelik by ’n anderhuis ingetrek.Bure van die Smitte het verlede

week vroegoggend onraad gemerk

toehulleklapgeluidegehoorhet. “Ekhet eers gedinkdis skote of klappers,maar toe ek uitkom sien ek die rookenvlamme,” sê ’n buurvrouwat ano-niem wil bly. Hulle het onmiddellikdie nooddienste ontbied.Dieplaaslikebrandweerhet onder

skootgekomnábrandbestrydersvol-gens omstanders gesukkel het omkonneksies tussen brandweerwaensendiebrandslange temaak.Dít is eg-ter bymonde van SoyisileMokweni,bestuurdervandieLangebergMuni-sipaliteit, ontken. Met die brand-weer se aankoms op die toneel wasbrandbestryders van die KaapseWynland Brand- en Reddingsdiensreeds op die toneel en was ’n brand-slang aan die kraan in die straat ge-koppel.“Omdatdaargenoegwaterindie brandweerwaenswaskondie py-pe net gekoppel word voor beamptesmet brandbestryding voortgegaanhet,” sê hy.

LINKS: Brandbestrydershet verlede week lankteen die vlamme gevegwat dié huis by Adder-leystraat 7 verswelg het.FOTO’S: HILDERINE SCHRÖ­DER

REGS: Alwat vandie eenspragtigehuis oorgebly hetis mure en dakbalke watsoos walvisbene die luginsteek.

BO: Die inhoud van diehuis is geheel en al in diebrand verkool.

Page 2: Breederivier gazette 3 junie 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 3 Junie 20142

Vrou oorlede in ongelukDieMontagu-polisie ondersoek ’n saakvanstrafbare manslag ná ’n vrou die afgelopenaweekoorlede is in ’nongeluk inBurgers-pas buite dié dorp.

Volgens sers. Suria Meyer, polisiewoord-voerder, het die polisie Sondag (1 Junie) om-streeks 04:20 ’n oproep ontvang oor ’n ongelukin die pas. Ao. Chrispian Pokwas en konst.Heinrich de Koker van die A-skof het hul nadie pas gehaas.Diebeampteskonniedie toneel,wat in totale

donkerte gehulwas, dadelik opspoornie,maarPokwas het uiteindelik ’n plek in die pad raak-

gesienwaar die voertuig die padmoontlik konverlaat het.Die bestuurder van die voertuig was by sy

bewussyn,maar het in geweldige pyn verkeer.Die beamptes het lede van soek- en redding ge-kontak om hulle by te staan om na die anderdrie insittendes van die voertuig te soek. Eenvan die insittendes, ’n 35-jarige man, is op dietoneelgestabiliseer.Nóg’npassasier, ’n17-jari-ge meisie, is ’n afstand weg van die toneel ge-vind. Sy het ernstige kopbeserings in die onge-luk opgedoen.Die derde passasier, ’n 23-jarige vrou, is op

die toneel oorlede.

Die wrak van die Volkswagen Golf wat die naweek in ’n ongeluk in die Burgerspas buite Montagu was.

EERSTE SATERDAG VAN ELKEMAAND

) Teetuin en oggendmark by RobertsonMuseum. Navrae: 0 023 626 3681.

SECOND THURSDAY OF EACHMONTH

) The Montagu Alzheimer’s SupportGroup meets at 15:00 in the bottom loungeof Huis Uitvlucht, Montagu.

5-8 JUNIE) Wacky Wine Weekend. Besoekwww.wackywineweekend.com vir die vol-ledige lys van aktiwiteite en deelnemendekelders. Vir navrae, skakel 0 023 626 4364.

DONDERDAG 12 JUNIE) Optog op Bonnievale vir die bewusma-king ten opsigte van die mishandeling vansenior burgers. Navrae: Jacobus Jansen,0 083 658 0438.

SATERDAG 14 & SONDAG 15 JUNIE) Veerpyltjietoernooi by die HoërskoolLangeberg se skoolsaal. Hope pryse is opdie spel. Inskrywings: R20 per speler. Na-vrae: Jonathon Carelse, 0 073 646 0208.

SUNDAY 15 JUNE)South African music icon Wendy Old-field, in an acoustic duo with the guitaristLionel Bastos, will perform at theMontaguMuseumat 19:00. Tickets: R100 (pensionersand scholars: R60) which includes a glassof glühwein.

VRYDAG 20 & SATERDAG 21 JUNIE) Robertson Logos Christian School hoen-derbraai. Navrae: 0 023 626 4364.

SATERDAG 21 JUNIE) Ooskerk Karnaval by die NG kerk Ro-bertson-Oos se gemeentesentrum.)LieweHeksieendieRolskaatsemetMargitMeyer-Rodenbeck om 18:00 by Janeza.Kaartjies R70. Navrae: [email protected] of0 082 978 7020.

TUESDAY 23 JUNE)The Winelands SPCA’s annual generalmeeting takesplaceat 18:30at theKloofpad-stal,Montagu.Wine and snacks are includ-ed.

WOENSDAG 3 SEPTEMBER)Die Ses Snare tree om 18:30 vir 19:00 opbyJaneza.Bespreekvroegtydig. Tafels vanvier of meer.Geen kaartjieverkope. Beprekings: Na-vrae: [email protected] of 0 082 978 7020.Koste: R195 vir volwassenes (sluit bottelwyn in), R100 vir kinders

Wonderful and wacky – join in the fun once more!With excitement building up for weeks now,the Wacky Weekend is finally here!Thousands of visitors from all over are ex-

pected at the festival kicking off on 5 June.The more than 16 600 visitors who attended

the Wacky Wine Weekend last year is a clearindicationof thepopularityof this eventwhichwas also awarded a Klink Award for the BestWine Route Event – Crowd Pleaser.On themenu for festival goers are wine tast-

ing at almost 50 cellars, performances by someof South Africa’s top entertainers – includingArno Carstens and aKING, Ann Jangle, Math-ys Roets and Danie Niehaus and Bobby vanJaarsveld – with the little ones who can lookforward toahost of funactivities suchas jump-ing castles and tractor rides.Serious wine lovers are in for a treat with

anumber of estates offering tastings presentedby the winemakers themselves. These guided

tours will give festival goers a peek into theart of winemaking – from the grape to the bot-tle. Also on offer are awide variety of food-and-wine-pairings at various wineries.Wacky Wine Weekend passports cost R110

each and can be bought at visitors’ first portof call. This acts as registration to theweekendandtakestheformofastylishtastingglasswitha strip around the foot of the glass. Shouldyourglass break, remove the strip at the foot of yourglass, throw away the broken glass, go to anypassport-selling point, hand in tear-off strip,and buy a new glass for R20. Without the tear-off strip, you will need to buy a new passportfor R110. Festival goers should also keep inmind that without the strip on their glasses,their passports are invalid.For a complete list of activities and partici-

pating wineries, visit www.wackywineweek-end.com A fun-filled weekend is ahead with the Wacky Wine Weekend kicking off this Friday. PHOTO: LARESA PERLMAN

Page 3: Breederivier gazette 3 junie 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 3 Junie 2014 3

Standard het besteStandard het bestevoorblaaievoorblaaie

Die verkoopte titel wat aan ’n kor-poratiewe maatskappy behoortmet die beste voorblaaie. Dis hoedaar verlede Vrydagaand by dieSanlam - MDDA-Toekennings virPlaaslike Pers na die Gazette sesusterskoerant, dieStandard, ver-wys is.

Beoordelaars, wat bekroonde joer-naliste soos Henry Jeffreys, voorma-lige Burger-redakteur insluit, het sona dieStandardverwys: “The winnerstood out with its striking use of bigphotographs on its front page, an in-telligent use of type and elegant de-sign. Adverts did not detract from theimpact of news.”

“Die Standard-span verdien terdeëom as wenner vir sy treffendevoorblaaie gekroonte word,” het Bar-rie de Beer, be-stuurder van Bo-land Media, gesê.

“Dis beslis nie ’ngelukskoot nie,maar is die gevolgvan ’n groot pogingweek na week om dieStandard se lesers optreffende wyse met dienuus van die streek in telig.

Theresa en haar spanhet ’n sterk nuussin en ditsorg dat die koerant aktueelis en dat die groot storiesdeeglik gedoen word.”

Die Standard-span met dietoekenning watverlede Vrydag-aand by dieSanlam-MDDA-Toekenningsge-leentheid virPlaaslike Persverwerf is.

Van Standard seuitstaan-voor-blaaie

Page 4: Breederivier gazette 3 junie 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 3 Junie 20144

Stappe oorweeg vir R60HILDERINE SCHRÖDER

Met sy breë bane, kwaliteit padopper-vlak en min skerp draaie is dit moeilikom te dink dat die R60 tussen Robertsonen Worcester onder talle as die pad vandie dood bekendstaan. Soveel ongelukkewas daar al egter op dié pad dat die Wes-Kaapse departement van verkeer noudrastiese stappe oorweeg.

Volgens Kenny Africa, provinsiale ver-keershoof, is daar groot kommer oor die hoëongeluksyfer op dié pad. Hy het gereageeropnavraevandieGazettena ’nongeluknabyGraham Beck se Madeba House onlangs dielewe van die soveelste padgebruiker op diéroete geëis het.Die Gazette het verlede maand berig oor

die dood van Pieter Fourie (55), van Robert-son, wat op slag dood is ná hy beheer oor syvoertuig verloor het ná dié vermoedelik ’nkol losgruisgetrefhet.Fouriewasdiesoveel-ste padgebruiker wat vanjaar sy lewe op diéroete verloor het. In Februarie is drie vrouewatvanKhayelitshana ’nbegrafnis opSwel-lendam op pad was, op slag dood toe die be-stuurder van hul voertuig onverklaarbaar’n U-draai in die pad van ’n aankomendevragmotor gemaak het. Ook dié ongeluk het

naby die Graham Beck Kelder plaasgevind.Die insittendes is op slag dood.Kranse en kruise langs die roete – drie in

slegs 2 km – is stil getuies van die talle nood-lottige ongelukkewat daar al op dié padwas.Volgens Africa kan die meerderheid van

die ongelukke op die R60 aan menslikheids-faktore toegeskryf word. “Mense is ongedul-dig en vat kanse omdat die pad so mooi is,”sê hy. Deur hul ondeurdagte optrede, waar-onder hoë spoed en die gevaarlike verby-steek van voertuie, stel hulle ook ander pad-gebruikers se lewens in gevaar, voeg hy by.Die aantal ongelukke is só kommerwek-

kend dat die departement nou planne ter ta-fel gelê het in ’n poging omdiewetteloosheidopdieroetehokteslaan.Dít sluitondermeerdie inspan van ongemerkte voertuie in, al-dus Africa.Africa doen ’n beroep op padgebruikers

om onverskillige gedrag by die owerhedeaan te meld. “Hulle kan enige swak gedragby die departement aanmeld met die regi-strasienommervandiebetrokkevoertuigendie tyd waarop die voorval plaasgevind het.Die departement sal daadwerklik teen dieoortreder optree.”Oortredingskangedurendekantoorureby

023 342 2357/8 aangemeld word en ná ure by021 946 1646.

Skryf in vir bruidkompetisieMet die afskop van hierdie jaar se Bruidkom-petisie,hetValleiers sestemmevirdieBreede-rivierGazetteseeerste finalisnaEldoretteMe-sadie gegaan.Mesadie sal saam met die volgende paar

maande se wenbruide op 10 Oktober tydens’n galageleentheid by die Lenteskou die kansstaan om as wenbruid gekroon te word.Alle bruide wat vanaf Julie 2013 tot Augus-

tus 2014 getroud is kan inskryf vir die Bruids-kompetisie, wat in samewerking met die Ro-bertson Lenteskou aangebied word.Bruidewat in Robertson,Monta-

gu, Ashton, Bonnievale en McGre-gor woon, kom in aanmerking virdie kompetisie. Die inskrywings-fooi is R60 per vollengte-foto.’nWenner word weekliks. Die 12

finaliste sal op 10 Oktober tydens’n galageleentheid by die Lente-skou teen mekaar te staan kom,waar die algehele wenner gekroonsalword. ’nNaweekvir twee tel on-der die pryse wat vir die Bruid vandie Jaar op die spel is.Verskeie ander pryse is ook op

die spel, waaronder ’n gratis boot-reis van Viljoensdrift, geskenkbe-wyse deur AP Stipp, Country Sty-les, Robertson Apteek en Peckers/BonAppetit, ’n vrugtemandjie vanLocarno Droëvrugte, twee bottelsFour Cousins vonkelwyn en ’n ys-bak van Van Loveren, gratis was-en blaassessies by Cathy & Sarah’sHair, ’n uurlange fotosessie van CPhotography en ’n wegbreekna-week van Rivierzicht-rivieroord.Virmeerinligtingoordiekompe-

tisie, bel Annelda Grootboom bydie Gazette se kantoor by023 626 5212.Diegene wat op trou staan kan

ook uitsien na ’n Bruid-ekspo op 9

en 10 Oktober in die Agri Ekspo-saal by dieskouterrein. Enigeen wat belangstel om ’nstalletjie te bespreek kan die skoukantoor tot12:30 by 023 626 2512 bel. Hierdie is ’n guldegeleentheid vir plaaslike ondernemings watin dié veld spesialiseer en een wat beslis niegemis moet word nie.Lesers kan vir hul gunsteling-bruid stem

deur die woord “Bruid” en die naam van diebruid na 35405 te SMS. SMS’e kos R1,50. Dievolgendewenbruidsal indievolgendeGazettebekendgemaak word.

Die eerste finalis in die Gazette se Bruidskompetisie is EldoretteMesadie. Sy sal saammet die volgende paar maande se wenbrui-de in Oktober die kans staan om as Bruid van die Jaar gekroonte word.

Widad Pretoruis (neé Abrahim), van Robertson, hetop 30 November 2013 die knoop deurgehaak.

Krisna Kleinhans (neé Olivier) van Robertson is op2 November 2013 getroud.

Skenk ’n bietjie warmteDie winter is hier en daarmee saam ’n tydvan beproewing vir baie mense wat dit niebreed het nie en nie die luukse van ’n warmhuis en talle dik komberse het nie.Die Gazette se kombersprojek is daarop

gemik om ’n helpende hand te reik na uitersbehoeftige mense in die Langeberg-omge-wing. ’n Beroep word op Valleiers gedoen

om enige warm klere en komberse te skenkwatdanmetdiehulpvanplaaslikeorganisa-sies aan diegene uitgedeel sal word wat ditnodig het.Komberse en klere kan by die Gazette se

kantoor by Paul Krugerstraat 22 (Absa-ge-bou)afgegeeword.Virmeer inligtingbeldieGazette by 023 626 5212 of 023 626 6299.

Page 5: Breederivier gazette 3 junie 2014

Breederivier GazettePeople - MenseDinsdag 3 Junie 2014 5

Angelo Michaels is ’nRobersonner in murgen been en woon al 29jaar in dié dorp.

) Wat maak dieLangeberg vir jou spe-siaal?Ons mense is baie

vriendelik.) Wat sou jy in die

Langeberg wou ver-ander?Dis salmybaiegelukkig maak as nie-mand op die straathoef te woon nie.

) As jy nie hier gebly het nie, waar soujybly?NeewatdieLangeberg iswaardiedingpyn!

)Watter soort werk doen jy en hoekomge-niet jy dit? Ek is ’n winkelassistent by Foto-First op Robertson. Dit is lekker om mensete help.

) Watter drie mense sou jy graag vir etewilnooi (hedeenverlede) enwaarom?Miche-langelo, William Leonard Roberts ll en Sa-chinTendulkar.Disnetuit respekwatekhul-le sal wil stick vir ’n gatsby.

Angelo Michaels

Meet a localMeet a local

Bly te kenneBly te kenne

Page 6: Breederivier gazette 3 junie 2014

Breederivier Gazette Letters - Briewe Dinsdag 3 Junie 20146

Sê dankie virnooddienste’n Tragedie gebeur in ’n oogwink.

Dié hartseer feit is baie duidelik uit twee be-rigte in hierdie week se Gazette: ’n brand wat’n gesinshuis in puin gelê het en ’n motoronge-luk wat ’n jong vrou se lewe kortgeknip het.

Voorvalle soos dié onderstreep ook die men-se se afhanklikheid van nooddienste soosbrand- en reddingsdienste, ambulansperso-neel en vrywilligers wat vir soek- en redding-spanne werk. Hoe vinnig dié beamptes op ’nnoodsituasie kan reageer, beteken dikwels dieverskil tussen lewe en dood.

Terwyl dit waar is dat nooddienswerkers niealtyd so vinnig reageer as wat omstanders ditgraag sou wou hê nie, moet omstandighede ooksoms in gedagte gehou word. Faktore soos dieafstand wat hulle moet aflê om ’n toneel te be-reik, die toerusting tot hul beskikking en om-standighede op die toneel waar hulle aankom.

Dat menslike foute soms gemaak word, is ’nfeit, maar wat nie uit die oog verloor kan wordnie, is die feit dat nooddienswerkers op ’n daag-likse basis hul eie lewe in gevaar stel om ie-mand anders se lewe of eiendom te red. Dít dik-wels sonder enige woord van dank. In ’n idealewêreld sou hierdie mense die mees modernetoerusting tot hul beskikking gehad het en soudaar in elke dorp ’n brandweer- of ambulans-stasie wees. Omstandighede in Suid-Afrikaverhoed dít egter en nooddienswerkers is ge-noodsaak om die beste te maak van dít wat tothul beskikking is. Die gewone man op straatkan nie veel doen om die druk van nooddienstete verlig nie, maar ’n woord van dank kan baiedoen. Onthou om dankie te sê in die gevallewaar dié klein woordjie dikwels vergete bly.

Julle behandel jul klante ‘soos skuim’Julle behandel jul klante ‘soos skuim’In plaas van moord sal ek maar eerder tweeprominente sakepersone van Robertson ge-lukwens met hul eredoktorsgrade in onbe-skoftheid (vermoedelik verwerf aan dieUniversiteit van Draghoender of Putson-derwater).

Die eienaar van een van ons onderne-mings (wat nie is staat is om my in Afri-kaans te bedien nie) het my voor mense on-beskof vals beskuldig dat ek ’n botteltjievoorskeermiddel wat ek gekoop het en bydie huis oopgemaak en ontdek het halfvolis omdat die prop nie vas was nie, sou laatval het.

Ná ’n onaangename argument is dit metgroot misnoeë vervang en is ek aangesê omin die vervolg nie verder daar te koop nie,so ek is as’t ware uit die winkel gejaag.

In ’n ander insident het een van die eie-

naars van ’n onderneming my summier uiteen van die winkel se kantore gejaag omdatek glo in die kantoor sou “ingebars” het en’n gesprek met een van die winkelpersoneelsou onderbreek het.

Onthou, ek is ’n klant (nie ’n kliënt nie,want wat dié twee sakemense van redelik-heid, bedagsaamheid of kliëntediens weet,is gevaarlik). In stede daarvan dat julleklante op die hande dra, behandel julle hul-le soos skuim, so ’n hele lorrievrag suur-pruime aan julle elkeen.

’n Hele tenkwa (met ’n tenksleepwa) volsoetwyn aan Game op Worcester se perso-neel sowel as Worcester Renault (veral Re-nierenAndré)virdieuitstekendebehande-ling en diens wat ek só ver by julle gekryhet.

KOBUS BENDER, Robertson

Klousule uit 1800’sKlousule uit 1800’sverbied drankverkopeverbied drankverkopeEk wil graag die feite rondom die beperkingvan drankverkope by sekere eiendomme en er-we in McGregor met inwoners van dié dorpdeel. Daar is soveel verkeerde inligting aan in-woners verskaf, dat dit my genoodsaak het omhierdie skrywe te rig.

Op 26 Februarie 1867 het eerw. Henry Tindall’n groot gedeelte van McGregor by A.P. en J.J.Smit gekoop. Dít het Erf 324 geword. Hiérdieerf het Tindall toe in 53 erwe laat verdeel enook ’n klousule laat aanbring wat die verkoopvan wyn en sterk drank verbied het.

Die erwe strek vanaf Kerkstraat tot Keerom-straat. Hierdie beperking is tot vandag nog vankrag.Al isVoortrekkerstraat ’nbesigheidsone,mag jy steeds nie drank by ’n perseel verkoopalvorens jy die beperking (vervat in die klousu-le) deur die hooggeregshof ter syde laat stel nie.Enige persoon of onderneming tussen Kerk- enKeeromstraat word gebind deur dié beperking.

Enigeen wat meer inligting hieroor wil hê,kan my by 072 408 2332 bel.

MITCHELL STANFLIET, McGregor

Dankie vir duiwekongresDankie vir duiwekongres

Ek het onlangs die Wes-Kaapse-duiwekongresop Bonnievale bygewoon. Dit is deur die plaas-like duiweklub gereël en 50 lede van uit die heleWestelike Provinsie het dit bygewoon.

Ons as gemeenskap neem gebeure soos diéso maklik as vanselfsprekend op. Die hoender-tande wat dit laat realiseer – en ek noem hulleso want hulle is uiters skaars, sit ure van hultyd in, skenk skape en nog meer – om onsstreek te promoveer. As daar iets in jou dorpgebeur, is dit nie iemand van buite wat dit reëlnie, dit is net ons medeburgers, wat jaar na jaarsmeek, arm draai en byna die onmoontlike ver-rig om ons dorpe in die Langeberg te bemark.

As ons in geldwaarde die som totaal moet be-reken van wat elke jaar se verrigtinge, soossportdae, geborgde dae, kultuuraangeleenthe-de en feeste inbring, sal ons stomgeslaan wees.

Wat ons egter die meeste sal beïndruk, is diepaar mense wat hiervoor verantwoordelik is,permanent op die foon en agter die rekenaar,en gewoonlik nog op eie koste.

Virhullehaalekmyhoedaf,ekdinkniehullebesef watter kardinale rol hulle speel in onsstreek se ekonomie en toerisme nie. Ek kan netsêdankie,want julledoenditomdatditvir julle’n passie is.

THEUNS COETZEE, Bonnievale

BOLAND MEDIA KUIER BY WOLFKLOOF: Boland Media, waarvan die Gazette deel is, se bestuurdersis verlede Vrydag met Langebergse gasvryheid bederf toe Wolfkloof buite Robertson die gasheer wasvir dié groep se maandelikse statevergadering. Hulle is nie net deur die asemrowende uitsig begroetnie, maar is boonop ook getrakteer op ’n heerlike middagete. Wolfkloof is ’n gewilde bestemmingvir troues, terwyl sy konferensiefasiliteite dit ook die ideale omgewing vir vergaderings maak.

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand?Dis seker een van die dinge wat ek altydsal bewonder wanneer ’n dogtertjie mooiaangetrek is en in die spieël haarself op enaf bekyk. En dis asof sy en die spieël ’n ge-sels begin aanknoop en sy vra: “Spieëltjie,spieëltjie aan die wand, wie is die mooistein die land?”.

En só sien ek ook myself, die Eva-geslagin die spieël waar ons vir etlike ure voordie spieël bestee net om my reg te maak virwerk of enige ander geleentheid. Die grime-ring word aangesit,die uitrusting word el-ke keer omgeruil en die bloes word elke mi-nuut reg getrek. Als word so perfek asmoontlik gedoen, want jy sien, as ek in diestraat of ander mense teëkom wil ek fat-soenlik voorkom. En asof die spieëlkas indie kamer my nie genoeg reflekteer het nie,kyk ek in die badkamerspieël en ook in diekar se truspieëltjie om doodseker te maakals is reg.

So laat dit my wonder hoeveel van ons

bestee hope tyd voor die spieël net om aan-vaarding enerkenningvan ander tekry. Dus be-sluit ek noudie dag omvoor die spie-el te staan enmy van koptot toon teaanskou. Enbegin geselsmet myself en stel vrae. Wie is jy regtig? Watmaak jou gelukkig? Wat is jou doel op die aar-de?

Met al die vrae wat ek aan myself beant-woord raak ek tranerig, want ek besef dat ekdie ware, unieke persoon, myself iewerslangs die pad verloor het. Want ek was te be-sig om na ander se opinies oor my lewe teluister en het vergeet van die persoon wie ek

regtig is. Die een met wie ek tevrede en geluk-kig moet wees.

Ek doen introspeksie endié keer is ek eerlik metmyself, want jy sien, menskan soms voorgee enmaak asof jy oukei is. Jykan maklik uit jou padgaan om ander mensegoedtelaatvoel,maarver-geet soms van jouself. Disasof die stem binne-in myskree en myself aankla en

sê dink vir ’n slag aan jouself.So moet elkeen van ons ook begin te aan-

vaar dat daar altyd iemand sal wees watmooier,maerder,ryker,meergewildenmeertalentvol as jy sal wees. Maar die geheim isas jy jouself kan aanvaar vir die persoon wiejy is, kan jy makliker jou selfvertroue ’n hup-stoot gee. En ander rondom jou sal dit kanraaksien en omhels.

RubriekRubriek

Dis ’n skande dat Robertson-begraafplaas so haglik daar uitsienDis ’n skande dat Robertson-begraafplaas so haglik daar uitsienEk het onlangs my broer se graf in die Robert-son-begraafplaas besoek. Groot was my skokom te sien in watter haglike toestand die be-graafplaas is. Grafte is omgetrap en gebreek,daar is geen heining en toesluithekke nie. Dis’n speelplek vir onopgevoede kinders wat glas-potte op grafte stukkend skiet en ’n dronknesvir mense wat kliphard musiek speel.

Daar was ander besoekers ook wat hul fami-lies se grafte besoek het en my gevoel gedeelhet. Hulle het my ook meegedeel hoe netjies

die begraafplaas in die bo-dorp is. Daar is glo’n ordentlike heining met toesluithek en altydwerkers wat toesien dat die begraafplaas nieverniel en geplunder word nie.

Ek sal graag wil weet wat die storie omtrentdié begraafplaas is. Ek hou die munisipaliteitaanspreeklik omdat ons families moet betaalvir gat en die oopgrawe daarvan en ook tenduurste vir grafstene. Nou word daar niks om-trent die haglike toestand van die begraafplaasgedoen nie. Volgens my ouers is dit al maande

wat die begraafplaas só lyk.Kom kyk hier in Kraaifontein hoe ’n begraaf-

plaas waarop die dorp trots kan wees moet lyk.Daar is geen trots en respek vir die dooies inRobertson nie. Ons geliefdes moet in haglikeomstandighede ter ruste gelê word. Dit is ietsom oor skaam te kry.

M. VAN DER MERWE, BrackenfellDie brief is aan die Langeberg Munisipaliteitvoorgelê vir kommentaar, maar geen terugvoeris ontvang nie. – Red.

Page 7: Breederivier gazette 3 junie 2014

Breederivier GazetteProfile - ProfielDinsdag 3 Junie 2014 7

Hy leef sypassie uitHILDERINESCHRÖDER

Donesio Davids isnie ’n man wat skrikvir ’n uitdaging nie.Op 29 is hy aan diestuur van sy eie suk-sesvolle onderne-ming en is hy ’n in-spirasie vir menigejongmense wat sypad kruis.Die breedgeskou-

erdeDonesioglimlagmaklik en gereeld waar hy in sy gimnasium,Club Active, met die Gazette gesels. Dié hethy twee jaar gelede op die been gebring en ditgaan steeds van krag tot krag, vertel hy trots.Dat hy ’n gimnasium het is eintlik net toe-

val, verklap Donesio. Sy kop het maar nog al-tyd in die rigting van sy eie onderneming ge-staan. “Ek het van kleintyd af ’n passie virbesigheidgehad.”Ditwas toehydiemoontlik-heid van sy eie ondernemingbeginondersoekhet dat hy die behoefte aan ’n gimnasium opRobertson raakgesien het. Kort voor lank hetDonesiohiérdie droomvanhomverwesenlik.Hy is gebore en getoë op Robertson en het

aan die Langeberg Sekondêre Skool gematri-kuleer, waarna hy besigheidsbestuur aan dieUniversiteit Stellenbosch gestudeer het, ver-tel Donesio. Nie dat hy op sy louere rus nahy sy graad voltooi het nie. Dié dinamiese sa-keman is altyd op die uitkyk vir maniere omsy kennis uit te brei. Daarom het hy ook on-langs ’n entrepreneurskursus wat deur dieKaapse Wynland Distriksmunisipaliteit aan-gebied is, voltooi. Hywas een vannet vier stu-dente wat die besigheidsbestuurskool-beenvandiékursusbygewoonensuksesvolvoltooihet.Hyhetnásyuniversiteitstudiesaanvanklik

’n“gewonewerk”gehad,vertelDonesio,maarhy het gou besef dít is nie vir hom nie. “Ekwou uit my gemaksone kom en my passievolg.”Dítwasdieeerstetreenasyeieonderne-ming.Buiten sy werk is die opheffing van jong-

mense in die streek Donesio se ander passie.Deurdie verskeie programmewathyal bydiegimnasium aangebied het, probeer hy jong-mense konstruktief besig hou. “Ek glo dat diegimnasiumsesuksesnienetgemeetkanwordaan hoeveel geld dit maak nie. Dit moet ooksosiale kwessies verlig.”Deur sy kontak met jongmense hoop Done-

sio omhulle te inspireeromookhul eiedromena te jaag. “Daar is baie wat gemaksone-werkdoen terwille van oorlewing ennie hul passievolg nie. Dalkwil hulle eerder ’n dokterwees,maar niemand in hul straat het dit al gedoennie. Ekwil vir hulle wys hulle kan bereik wathulle wil.”Wanneer hy nie by die werk is nie geniet

Donesioditomtydmetsygesin,vrouliefChar-lotte,enkinders,Chad(2)enDonechia(5)deurte bring. As stokperdjie speel hy graag gholf,nogalsaammetRobertsonseeieprofessionelegholfspeler, JacquinHess. “Jacquin is virmy’nrolmodel.Hylewesypassieuit,”sêDonesio.

Donesio DavidsFOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Page 8: Breederivier gazette 3 junie 2014

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 3 Junie 20148

Course instills passion, visionThe CapeWinelands District Municipality(CWDM) in association with StellenboschEntrepreneur and Enterprise Develop-ment has completed the Langeberg leg oftheCWDMTrainingandMentorshipDevel-opment Programme.

Thirty-two entrepreneurs recently receivedcertificates after they completed the pro-gramme.Theprogrammenotonlyoffersbusinesssup-

port to micro or small entrepreneurs, but alsocultivates a fresh entrepreneurial mindset.“I had no hope before joining this pro-

gramme but now I have a passion and a visionfor myself and my business,” says PhakamisaSogiba, one of the entrepreneurs from theLangeberg region.

The programme structure is designed withafour-pillar foundationsystemthat first imple-ments the entrepreneurial mindset shift, fol-lowed by business theory and experiential ap-plication.The four pillars focus and build around: Per-

sonal characteristics (optimistic value and be-lief system), interpersonal skills (buildinggreat relationships), critical and creativethinkingskills (fresh ideasandgooddecisions)and practical skills (skills and knowledge).The formal accredited business training in-

cludes writing a winning business plan, finan-cialmanagement (offered byStellenboschUni-versity’sDepartmentofAccountingandspecif-ically designed for small, medium and microenterprises byCorinnaKirsten, lecturer at theuniversity) and marketing for success.

The accredited training is further supportedby the offering of toolkit workshops and net-working sessions that break down and rein-force aspects of budgeting, recording incomeandexpenses,perfecting thebusiness’ elevatorpitch,andcraftingbusinessvisionandmissionstatements.In addition to the three accredited training

programmes, eight of the top entrepreneurswereselected toparticipate inadditional train-ing andmentoring offered by the StellenboschUniversity’sBusinessSchool-ExecutiveDevel-opment:Centre forAppliedEntrepreneurship.This two-day workshop further challenges

the entrepreneur to successfully implementimproved business processes and practices.

Entrepreneurs fromthe Langeberg areawere recently awardedcertificates after theycompleted the CapeWinelands DistrictMunicipality Trainingand Mentorship De-velopment Pro-gramme.

MAG-sentrum herleefNá ’n afwesigheid van sowat vyfjaar en verskeie uitdagings is dieMAG-Opleidingsentrum op Mon-tagu weer gereed om alles in diestryd tewerpomdie lewenskwali-teit van behoeftige Langebergerste verbeter.Dié gemeenskapsontwikke-

lingsorganisasie is in 1976 op diebeen gebring en hoewel dit aan-vanklik op maatskaplike kwes-sies in die Ashton- en Montagu-area gefokus het, het dit kort voorlank sy fokus verbreed omook ge-meenskapsontwikkelingbysyak-tiwiteite in te sluit. Met die oor-gang na demokrasie het die oplei-dingsentrum veral op werkskep-ping en vaardigheidsontwikkel-ing gefokus en só bygedra tot diesosio-ekonomiese ontwikkelingin plaaslike gemeenskappe.Nou, met ’n nuwe raad van di-

rekteurewatsakestuur,beoogdiésentrum om opnuut ’n positieweimpak in die Langeberg te maakenisweerteruginsygeboubySul-tanasingel 6, Montagu. Die nuweraadbestaanuitTimBanda (hoof-uitvoerende beampte), NiklaasStevoor (voorsitter),DawiddeKo-ker (ondervoorsitter), DoortjieGersbach (tesourier) en ElroyMatthys (assistent tessourier).Volgens Banda sal die oplei-

dingsentrumop vaardigheidsont-

wikkeling fokus. Benewens ge-meenskapsontwikkeling beskikdie sentrum ook oor rugsakreisi-gersakkommodasie en kan 52mensevir jeugkampe,naweekses-sies, spanbousessies en toere ge-huisves word. Die restaurant kanvir onder meer huweliksherden-kings en verjaardagpartytjies ge-huurword, terwyldit ookkantoreen konferensiegeriewe het virverhuring aan ondernemings, in-dividue, groepe of organisasies.Die Montagu Advieskantoor,

wat Valleiers van raad oor ver-skeidenheid kwessies voorsien,wordookvanuitdieopleidingsen-trumsekantore bedryf.HadassahFamilyWholenessCentre, ’nsleu-telvennoot van die MAG-Oplei-dingsentrum, fokus op ondermeer naskoolse opvoedingspro-jekte en verskaf ook ’n biblioteek-diens aan leerders van primêreen sekondêre skole in die Lange-berg-area. In samewerking metverskeie plaaslike organisasiesvoorsien dié instansie ook kos-pakkies aan baie kinders in kleu-terskole in die area.Enigeen wat meer inligting oor

die opleidingsentrum benodig ofvan sy dienste wil gebruik maak,kan Banda by 072 326 0589 bel, ofstuur ’n e-pos na [email protected].

Page 9: Breederivier gazette 3 junie 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 3 Junie 2014 9

’n Skootrekenaar vir jouskool? Skryf nou in!Wil jy ’n skootrekenaar vir jou skool te wen?Die sewe titels van Boland Media (die Gazette, Dis-

triksPos, Hermanus Times, Eikestadnuus, Paarl Post,Worcester Standard en Weslander) wil een skootreke-naar vir een skool in ons verspreidingsgebied weggee.Jy kan ons help om ’n wenner te kies!Ons soek stories by leerders van alle skole in die Bo-

land,Weskus,OverbergenHelderbergoorwaaromhulskool die Beste in die Boland is. Hulle moet dit op onswebwerf laai, en ons publiseer dit dan onder die Jeug-joernalis-afdeling op ons webwerf vir al ons lesers omtesien.Dieideeisnieomtebesluitwatterskool iswaar-lik die beste in die streeknie,maar eerderwatter skoolse leerders vir onsdie beste enmees entoesiastiesemo-tiverings gestuur het.Asons joustoriegepubliseerhet, “share”ditopFace-

book of twiet dit op Twitter. Moedig joumaats aan omook in te skryf envergroot jou skool se kans om tewen.Ons wil graag hê jy moet ons webwerf ontdek en datdit so maklik is soos 1-2-3 om jou nuus op ons webwerfte publiseer en te deel – nie net tydens die kompetisienie,maarheeljaardeur.Dit isvinnig,daar isonbeperk-te spasie, dit kan gedeel word, en dit gaan oor jou.

Hoe skryf jy in?Registreer as gebruiker op ons webwerf (jy kan ook

metFacebookregistreer).Klikdanop“Tellyourstory”.Die aanlynvormpie wat dan verskyn is so maklik omtegebruiksoosFacebook.Dit isbelangrikomjounaamen van in te vul, ’n foto van jouself op te laai en ookjou skool se naam êrens te noem (dit is verbasend hoemaklik ’n mens dit vergeet!).Stories moet ongeveer 300 woorde lank wees en kan

totdie eindevandieJulie-vakansieopgelaaiword.Onssal die wenner in die eerste week van die nuwe kwar-taal aankondig. Wat die wenskool met die skootreke-naar doen, is heeltemal hul eie besluit.Gaan dus na www.bolandgazette.co.za en skryf in!

Langeberg boasts own youth choirAfter a region-wide search and hun-dreds of auditions, the Langeberg Dis-trict Youth Choir finally has its mem-bers.

The Gazette reported in April this yearabout the ambitious plans to found a choirconsisting of members from the entireLangeberg area. That dreamhas nowbeenrealised.Consisting of 60 learners from primary

and high schools in the Langeberg area,the choir is already hard at work buildingup a repertoire.Choir members from Montagu, Ashton

and McGregor are transported to Robert-son Primary School every week for re-hearsals.At the helm of developing the young-

sters’ natural talent is Martin Booysenwho has more than 30 years experience inconducting and training choirs. He is as-sisted by Laurenda Augustyn (assistantconductor) and Marvin Booysen (accom-panist).Choirmembers are fromseveral schools

in the area including Robertson High andPrimary School, Robertson Logos Chris-tianSchool,AshburySecondary,McGegorPrimary, De Villiers Primary, DagbreekPrimary, Vergesig Primary, McgregorWaldorf, Masakheke Combined, KingChristian School, WA Rossouw Primaryand H. Venter Primary.The goal is that the choir, in conjunction

with the Ad Libitum Music Academy, De-partment of Social Development, Grahamand Rhona Beck Development Trust andWestern Cape Educational Department

will becomeanexport product showcasingthe district’s singing talent at prestigeevents,national competitionsandchoir ei-steddfods.The Graham and Rhona Beck Develop-

ment Trust is currently the main sponsorof the project, butmore sponsors are need-ed for this project’s long-term success.Schools and individuals who are inter-

ested in being part of the choir can phone

Booysen on 072 474 7440 or send an emailto [email protected] to arrange anaudition.Anybodywhowould like to get involved

in the project or become part of Friendsof theChoir, cancallBooysenorhis fellow-board members, Martin Booysen(083 976 3135) or Devon de Koker(079 399 8159).

The Langeberg District Youth Choir hopes to become an export product showcasing the area’s singingtalent at events in the rest of the province as well as the country.

BEKAMP MISDAAD! Met inligtingsprojekte in Kinderbeskermingsweek het ledevan die Robertson-polisie se sosiale misdaadeenheid, sektorbevelvoerders enwoordvoerders leerders by De Villiers Primêr en Retreat Primêr besoek en gepraatoor ondermeer seksuelemishandeling van kinders. Hulle het leerders aangemoe-dig om volwassenes in hul vertroue te neem as hulle seksueel misbruik worden só hulp te kry. Hier is beamptes, leerders en personeel van Retreat Primêr.

Page 10: Breederivier gazette 3 junie 2014

Breederivier Gazette Schools - Skole Dinsdag 3 Junie 201410

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

1015

FORTUIN FLORINAMAGDALENAGeb.29/11/1947Gest.2/06/2010Alreeds vier jaar weg vanons. Jou plek is leeg, joustem stil. Ons mis joubaie. Van jou man, kinders,kleinkinders en agterklein-kind.

SWANEPOEL ERIN HGeb.05/06/2013Gest.23/02/2014Jou eerste verjaarsdagweg. Die hartseer lê nogvlak en die gemis is nogbaie groot, maar ons troosis dat jy veilig by Jesus is.Altyd lief vir jou spinne-koppie!!! Van:Mamma,Pappa, ouma, oupa enfamilie.

GELUKWENSINGS

1030

ARENDORF HAYWINBAIE geluk seun met jouverjaarsdag vandag(3 Junie). Hoop jy’t ’ngenotvolle dag. Baie liefvir jou. Van: Mammie, dad-die en Amber.

KYK wie is 80 jaar oud?BAADJIES MAGRIETA(Aunt Mac)Geluk met Mamma se80ste verjaarsdag gister,2 Junie 2014. HoopMamma het die daggeniet. Ons is bevoorregen dankbaar vir die Heredat hy Mamma uitgespaarhet en bid vir nog vele jare.Van: Bonzie, Carol, Maria,Sylvie, Desiré,Henry en aldie kinders, kleinkindersen agterkleinkinders.

SAKE

DIENSTE

2420

EIENDOMME

TE HUUR

3205

NETBALSPELERS PRESTEER: Die leerders aan dieHoërskool Montagu is onlangs in Wes-Kaap-netbal-spanneopgeneem.Van links isDeborahBrown, LaurenAdendorf, Jeanne Joubert en Courtney du Toit.

RUGBYBREKERS: Dié leerders aan dieLaerskool Robertson is onlangs in dieo. 13 Langeberg-rugbyspan opgeneem.Agter is Eon Wolfaardt en Francois Cloe-te, met Kilarno de Klerk voor.

GHOLF: Jean du Plessis,’n leerder aan die Laer-skool Robertson, het on-langs aan die SanlamGlacier-gholftoernooideelgeneem. Hy het ’nderdeplek indieC-divisielosgespeel.

HOKKIE: Getha Kloppersvan die Laerskool Robert-son is onlangs gekies virdie Boland Pinotage-hokkiespan. Sy gaan dieskool en Boland van 27tot 30 Junie by diestreekskampioenskappein Oos-London verteen-woordig.

NETBAL: Leandra vanRensburg, ’n leerder aandie Laerskool Robert-son, is onlangs in dieo.14 Langeberg-netbal-span opgeneem.

SKAAKMAT! Hanno Both-ma van die Laerskool Ro-bertson is gekies vir dieo.12 Boland-skaakspan.Om so lank te fokus oortwee skofte is reeds ’nprestasie, maar wat Han-no se prestasie nóg meeruitsonderlik maak, is diefeit dat hy nou eers in syo.11-jaar is! STOEI: Maxwell Willemse

van die Laerskool Robert-son het die Boland on-langs verteenwoordig bydie Suid-Afrikaansestoeikampioenskappe.Hy het ’n bronsmedaljeby dié geleentheid vero-wer.

WOORDFLINK:Die HoërskoolMontagu se seni-or redenaars-kompetisie is on-langs in die skoolse klubhuis ge-hou.Die toespra-ke was van hoog-staande gehalte en al die deelnemers het die uitda-gende onderwerpe baie goed bemeester. Met diegoeie balans tussen aanbieding en feite wat gehand-haaf is, was dit ook duidelik dat almal baie goeienavorsing gedoen het. Die beoordelaars, Ingrid KrielenSusan vanRooyen, het ’n baiemoeilike taak gehadom die wenners aan te wys, maar uiteindelik hetRandy Januarie (middel) met die louere weggeloop.Sy het die gehoor oortuig dat vandag se tieners ’ngroot behoefte het aan duidelike bakens of rigting-aanwysers wat deur ouers en onderwysers gestelmoet word. Timothy Terreblanche (regs) was tweedemet Franco van Deventer derde.

SKOONHEDE EN BREKERS: Die Hoërskool Montagu het onlangs syjaarlikse Mnr. en Mej. Hoërskool Montagu-kompetisie gehou. Vanjaarse temawas “MovieMagic” en deelnemersmoes soos enige rolprent-karakter probeer aantrek. In die junior afdeling (gr. 8 – 9) is JaydenJohnson en Mareke Conradie onderskeidelik as Mnr. en Mej. HSMJunior aangewys. Die kompetisie in die senior afdeling was baiesterk en die beoordelaars, DianaGagiano (uitvoerende burgemeestervan die Langeberg Munisipaliteit), Hilindie Stemmet en Derek Nieu-wenhuis, het omtrent kop gekrap om die wenners te kies. Uiteindelikis Chantè Lingerfelder en Hadley Hendricks aangewys as Mej. enMnr. Hoërskool Montagu vir 2014. Die ander wenners was Stephanvan Rensburg (tweede prins), Gerhard Niemand (eerste prins), JanaUys (tweede prinses) en Patricia Visser (eerste prinses). Aniel Feytis aangewys as Mnr. Lyf en Karla van Rensburg as Mej. Bene, terwylHadley Hendricks en Jaimmee-lee Wilschut as die Mnr. en Mej. Per-soonlikheid aangewys is. Hier is (agter, van links) Jayden Johnson,burgemeester Gagiano enMareke Conradie. Voor is Chantè Lingerfel-der en Hadley Hendricks.

GELUKWENSINGS

1030

Page 11: Breederivier gazette 3 junie 2014

Breederivier GazetteSchools - SkoleDinsdag 3 Junie 2014 11

VOETWERK: Mishka James, Ansa vander Merwe en Emmie Siepje van dieHoërskool Bonnievale het onlangsaan die Suid-Afrikaanse Danskampi-oenskappe in Rustenburg deelge-neem en uitstekend gevaar. Ansa het’n goue medalje in die solo-afdelinggewen en was ook die trofeewennervir solo's in haar ouderdomsgroep.Mishka het ’n silwer medalje gewenvir hip-hop en goud vir etniese volks-danse. Emmie het ’n goue medaljevir duette verower en ook die trofeeas wenner in die groepafdeling. Ansaen Emmie het ook silwermedaljes los-geslaan in die ope trio-afdeling. Diedrie leerders het ook saam ’n silwermedalje in die ope en kontemporêre afdeling verower. Hulle is deel van die Danza la Vida dansskool enhul instruktrise, Danique Fullard, het ook baie medaljes opgeraap.

NETBAL: Die o.17-netbalspan van die Hoërskool Montagu het derde geëindig in die Topskole-wedstry-de. Hulle gaan die Boland op 7 Junie by die Wes-Kaap-ronde in Kuilsrivier verteenwoordig. Agteris Alloise Williams, Elzaan Pieterse, Amor Fluks en Charnè Schierhout. Voor is Lauren-lee Jacobs,Liza Jansen en Tasneem le Kay.

UITBLINKERS: Kaithlin Kortjé (o.13) en Janke Brink(o.12) van die Hoërskool Bonnievale is opgeneem indie Noord-Boland laerskole-netbalspanne.

NOORD-BOLAND: Agtleerders van die Hoër-skool Bonnievale is indie Noord-Boland net-balspanne opgeneem.Agter (van links) is An-namart Wentzel, Ansavd Merwe, Annelie Wes-sels en Nereen Good-man. Voor is Adri Tam-boer, Lelani Oosthuizen,Adia Willemse en HildaJonker.

BOFBAL: Dié leerders aandie Vergesig Primêre Skoolhet onlangs hul Boland-kleure in bofbal verwerf. Ag-ter (van links) is Lionel-De-an Kühn, Keith Conradie,Eugene Arendolf en ClintonAndries. Voor is AshwonSauls en Keathan Olivier.Jove Carolus was afwesigmet die neem van die foto.Die Langeberg-munisipali-teit word bedank vir sy by-drae wat dié leerders ge-help het om aan die Bo-land-kampioenskappedeel te neem.

HOKKIE: Zelda Adams (o.18) en Anri Uren (o.16) vandie Hoërskool Robertson is onlangs in die Noord-Bo-land Shiraz-hokkiespanne opgeneem. Zelda is ook ge-kies as nie-reisende reserwe vir die Boland B-span.

NETBAL: Vyf leerdersaan die Hoërskool Bon-nievale is na afloop vandie semi-finale Boland-netbalproewe gekiesom aan die finale Bo-landproewe deel teneem. Van links is Ne-reen Goodman (o.14),Ansa van der Merwe enAdia Willemse (albeio.16), Lelani Oosthui-zen (o.17) en AnnelieWessels (o.18).

Page 12: Breederivier gazette 3 junie 2014

Breederivier

Year 18 • 3 Junie 2014 | Tel. 023 626 5212

Neem deel aan gholfdag vir goeie doelDie Montagu Pre-primêre Skool se jaarliksegholfdag, in die vorm van ’n vierbal, vind op13 September bydieMontagu-gholfklub plaas.Valleiers word genooi om hul gewig agter

dié geleentheid te gooi, hetsy deur die borgdaarvan of, beter nog, sélf daaraan deel teneem.Teen R600 kan belangstellendes ’n putjie

borg,waarhulleookhuladvertensiemateriaal

kan aanbring. Om ’n putjie te borg én aan dievierbal deel te neem, kos R1 000. Spanne kanteen R150 per speler vir die vierbal inskryf.Geldelike bydraes of enige skenkingswat as

pryse uitgedeel kan word, word ook verwel-kom.Virmeer inligting, bel dieMontagu Pre-pri-

mêre Skool by 0 023 615 2170.

Uitslae/ResultsGholf:Bonnievale (72): American-scramble –N.

vanZyl, R. vanZyl, T.Wessels enP. le Roux50, C. Cloete, H. de Bot, C. Conradie en F.van Zyl 52, H. Greyling, H. Loodts, N. Loub-ser en B. van Eeden 53.Ceres (72): Enkel-Stableford – F. Pieter-

sen 36, W. van Heerden 36, E. Marais 35, P.Versveld 35, J. van der Merwe 35, B. Mong35.Montagu (72): Enkel-Stableford – S.W.P.

Esterhuyse 39, J. Spangenberg 39, W. Ros-souw 38, M. Michell 35, J. Rossouw 33, U.Engel 33, W. Gassauer 33, J. Nolan 32.Robertson (72): Samespel-Stableford – C.

Sandman en R. Schultz 45, T. Hefer en J.Opperman 43, M. de Kok en A. Koelenberg43, D. Gallop en M. Esterhuizen 41, R. Nelen E. Stipp 40, M. Flores en B. Burchell 40,

N. de Jager en L. Jones 39, M. Tripe en V.Newell 39.Theewaterskloop (72): Houespel – K.

Loesch 70, P. Pete, 73, K. Marais74.Worcester (72): Samespel-Stableford – R.

Viljoen en P. Strauss 48, E. Nortier jr. enS. le Roux 44, W. Esterhuizen en S. Wiese44, W. Wolstenholme en W. Storm 43, L.Lambrechts en E. van Vuuren 42.Rugby:Premierliga:Roses United 32, Saldanha 11; Wesbank

42, Hawston 22; Never Dispair 33, Welling-ton 24; Robertson 34, Vredenburg 28; Ceres16, Delicious 12.Superliga-Oos: Black Leaves 10, Caledon

6; Montagu Villagers 38, Hamlets 38; Stan-dards 27, Safcol 16; Genadendal 20, AshtonUnitd 18; Proteas 31, Kleinmond 34.

GOLF: Robertson golfer Jacquin Hess (right), whois currently participating in the Sunshine Big EasyTour, is still on par in this tough competition afterthe fourth roundplayedat theWingateParkCoun-try Club outside Pretoria. Hess, pictured herewithDarren Fichardt, one of the country’s top players,played rounds of 75, 75 for a final total of(+6)150 to finish in the 34th position. With twotournaments remaining, Hess still has a chanceto finish in the top 30 on the order of merit andthereby qualifying for the Tour Championship.Hess’s tip of the week: Always stay hungry formore success. This will help you to keep improv-ing and to work hard on the right aspects to bemore successful, to keep disciplined and not getcomplacent.

TOERSPANNE: Dié rugby- en netbalspelers van die Hoërskool Bonnievale het onlangs ’n toer na die MosselbaaiSportskool onderneem waar hulle afrigting gekry en wedstryde gespeel het. Die spelers se klere en toerkostesis geborg deur Bonnievale Piggery, Brent Burger, JTF Transport, Bonnievale Spar en ’n mini-gholfdag watdeur vriende van die skool gehou is.

HOKKIE: Wil-mien Uys enMandlaHlwa-tika van dieHoërskoolMontagu, isonlangs inBoland-hok-kiespanneopgeneem.