die bestuur van gevaarlike afvalstowwe ... van...inhoudsopgawe: hoofstuk een: inleiding en algemene...

35
1 DIE BESTUUR VAN GEVAARLIKE AFVALSTOWWE BEDRYFSHANDLEIDING 2010 EIENDOMSDIENSTE KONTAKPERSOON: MEG PITTAWAY E-POS: [email protected]

Upload: trinhkhue

Post on 22-Jun-2018

215 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1

DIE BESTUUR VAN GEVAARLIKE AFVALSTOWWE

BEDRYFSHANDLEIDING

2010

EIENDOMSDIENSTE

KONTAKPERSOON: MEG PITTAWAY

E-POS: [email protected]

INHOUDSOPGAWE: HOOFSTUK EEN: INLEIDING EN ALGEMENE INLIGTING HOOFSTUK TWEE: MINIMALISERING VAN AFVAL HOOFSTUK DRIE: OPTEKENING HOOFSTUK VIER: BESTUUR VAN BIOLOGIESE EN MEDIESE AFVAL

� HOUERS EN BERGING � ETIKETTERING � VERWYDERINGSPROSEDURES

HOOFSTUK VYF: VERWYDERING VAN CHEMIESE AFVAL

� HOUERS EN BERGING � ETIKETTERING � VERWYDERINGSPROSEDURES � VOORKOMING EN SKOONMAAK VAN

STORTINGS HOOFSTUK SES: VERWYDERING VAN RADIOAKTIEWE AFVAL HOOFSTUK SEWE: VERWYDERING VAN ASBESAFVAL HOOFSTUK AGT: VERWYDERING VAN E-AFVAL HOOFSTUK NEGE: KWIK (BATTERYE EN FLUOORGLOEILAMPE) BYLAAG A: LYS VAN ONVERENIGBARE CHEMIKALIEË BYLAAG B: LYS VAN POTENSIEEL PLOFBARE VERBINDINGS BYLAAG 1: LYS VAN TOEPASLIKE WETGEWING EN REGULASIES

WAT DIE VERWYDERING VAN GEVAARLIKE AFVAL BEHEER

BYLAAG 2: LYS VAN VERANTWOORDELIKE PERSONE VIR 2011 BYLAAG 2: VORM VIR AFVALVERWYDERING BYLAAG 3: VERWYDERINGSBLAD

3

HOOFSTUK EEN: INLEIDING EN ALGEMENE INLIGTING Ons visie by Fasiliteitsbestuur aan die Universiteit Stellenbosch (US) is om ’n funksionele en veilige infrastruktuur en fasiliteitsdiens te lewer wat ’n beduidende bydrae tot ’n positiewe studente- en werkplekervaring sal lewer. Die US gee erkenning aan sy verantwoordelikhede om afval en die impak daarvan op hulpbronne en die omgewing te verminder en te minimaliseer deur die korrekte prosedures en praktyke te volg. Verskeie wetsveranderinge het sedert 2000 plaasgevind weens wêreldwye eenparigheid oor die impak van afval op mense- en omgewingsgesondheid. Die Parlement het die Witskrif oor Geïntegreerde Besoedelingsbeheer en Afvalbestuurbeleid vir Suid-Afrika in 2000 aanvaar as die nasionale beleid oor die bestuur van besoedeling en afval. Die Departement van Omgewingsake en Toerisme (DOET) is tans in die proses om konsepwetgewing in te dien wat met holistiese, geïntegreerde afvalbestuur verband hou. Hierdie statutêre hervormings en ’n verklaring in Polokwane in 2000, wat deur DOET aanvaar is met die teikens vir die land om aan internasionale praktyk te voldoen, is gemik op die minimalisering van omgewingsimpakte en grondopvulling om die langtermyndoelwit van ‘sero afval’ te bereik. Die algehele doel van die US se afvalbestuurstrategie is in lyn met dié van die Nasionale Afvalbestuurstrategie, naamlik:

Afval moet deur verskeie prosesse bestuur word wat ’n veilige, gesonde en volhoubare omgewing sal verseker ten einde die regte van individue te beskerm, soos in artikel 24 van die Grondwet vasgelê is. Die reg vereis dat alle belanghebbendes medeverantwoordelikheid moet aanvaar vir die optimale minimalisering van afvalimpakte ten einde omgewingsvolhoubaarheid te verseker. Gevaarlike afval verwys na afval met die potensiaal, selfs in lae konsentrasies, om ’n aanmerklike nadelige uitwerking op openbare gesondheid en die omgewing te hê weens die inherente toksikologiese, chemiese en fisiese eienskappe daarvan. Gevaarlike afval noodsaak streng beheer en bestuur ten einde gevaar en skade en gevolglike aanspreeklikheid te voorkom. Gevaarlike afval mag slegs op ’n opvullingsterrein vir gevaarlike afval weggedoen word. Op grond van die beginsel van voorkomende optrede moet afval altyd as gevaarlik beskou word in gevalle waar daar enige twyfel oor die moontlike gevaar van die afvalstroom vir die mens of die omgewing is.

Om die generering van afval en die omgewingsimpakte van alle vorme van afval te verminder sodat die sosio-ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika, die gesondheid van die mense en die gehalte van die omgewingshulpbronne nie meer deur afval beïnvloed word nie. (NABSI-verslag, 2004, bl. 1)

4

Gevaarlike afval kan as volg omskryf word:

“’n Anorganiese of organiese element of verbinding wat, weens die toksikologiese, fisiese, chemiese of nagloed-eienskappe daarvan, nadelige akute of chroniese impakte op die mens se gesondheid en die omgewing kan hê. Dit kan gegenereer word uit ’n wye verskeidenheid kommersiële, bedryfs-, landbou- en huishoudelike aktiwiteite en kan in vloeibare, slyk- of vaste vorm wees. Hierdie eienskappe dra nie net tot die graad van gevaar by nie, maar is ook van groot belang in die uiteindelike keuse van ’n veilige en omgewingsaanvaarbare metode van wegdoening.” Hierbenewens kan gevaarlike afval omskryf word as afval wat direk of indirek ’n bedreiging vir die mense se gesondheid of die omgewing inhou deur een of meer van die volgende risiko’s in te hou:

• Ontploffing of brand • Infeksies, patogene, parasiete of hul vektors • Chemiese onstabiliteit, reaksies of korrosie • Akute of chroniese toksisiteit • Kanker, mutasies of aangebore gebreke • Toksisiteit of skade aan die ekostelsels of natuurlike hulpbronne • Opeenhoping in biologiese voedselkettings, nagloed in die omgewing, of

veelvuldige uitwerkings

Dit kan tot so ’n mate risiko’s inhou dat dit spesiale aandag verg en nie in die omgewing vrygestel kan word nie, by rioolwater gevoeg kan word nie, of geberg kan word waar dit óf aan lug blootgestel word óf waaruit waterwegsyfering kan ontstaan nie.

Ons het die volgende algemene gevaarlike afvalstrome geïdentifiseer wat by die US gegenereer word:

• Biologiese afval • Mediese afval • Chemiese afval • Radioaktiewe afval • Asbesafval • Kwikafval (batterye en fluoorgloeilampe)

Eiendomsdienste verskaf deur sy Geïntegreerde Afvalbestuurprogram omvattende afvaldienste aan die Universiteit. Hierdie dienste sluit in die bestuur van gevaarlike afval en die identifisering, verwydering en wegdoening van afvalstrome. Eiendomsdienste koördineer met eksterne afvalbestuurkontrakteurs om gevaarlike afval af te haal en daarmee weg te doen. Almal wat gevaarlike afval genereer moet ’n duidelike begrip van die wetgewing en regulasies insake gevaarlike afval, die moontlike boetes en alle omgewings- en veiligheidsrisiko’s hê. Eiendomsdienste bestuur tans die verwydering van afval, maar die primêre genereerders van afval bly verantwoordelik vir die afval. Hierdie is uiteindelik die omgewingshoof se verantwoordelikheid.

5

Die verantwoordelikheid vir afval begin by die korrekte etikettering en berging van chemikalieë tot by die finale opgaring van afval vir verwydering. Hierdie prosesse moet kragtens die regulasies en praktykkodes, soos vervat in die wetgewing wat hierdie prosesse reguleer, bestuur word. Die afval van persone wat nie aan die standaardpraktyke, soos hieronder uiteengesit, voldoen nie, sal nie verwyder word nie. Dit stel die Universiteit aan groot risiko bloot. Dit is noodsaaklik dat hierdie praktyke op alle bedryfsvlakke begryp word en nie aan die laboratoriumassistente oorgelaat word nie. Gekeurde konsultante sal personeel in samewerking met Eiendomsdienste en Risiko- en Beskermingsdienste in die korrekte prosedures oplei. Ten einde te verseker dat enige afval wat gegenereer word aan alle toepaslike Universiteits- en regeringswetgewing voldoen, skakel asseblief met Eiendomsdienste voordat daar met werk met enige gevaarlike materiale begin word. Rig u vrae en kwellings aan Eiendomsdienste, telefoonnommer 021 808 3776, faksnommer 021 808 4669 of e-pos [email protected]. HOOFSTUK TWEE: MINIMALISERING VAN AFVAL Die US moet afval op ’n volhoubare, doeltreffende, billike en doelmatige manier minimaliseer en bestuur ten einde omgewings- en ekonomiese impakte so veel moontlik te minimaliseer. Alle persone wat gevaarlike afval genereer, is verbind aan die praktyke soos hieronder gelys ten einde doeltreffende minimalisering van afval in die hand te werk en aan te moedig, ooreenkomstig die NABS-afvalbestuur-hiërargie, te wete om:

• die vermyding van afval aan te moedig ten einde die generering van afval by die bron te verminder;

• afval in sy oorspronklike vorm so ver moontlik te hergebruik en die moontlikheid te ondersoek dat verskaffers surplus chemikalieë vir hergebruik terugneem (in 2001 het sowat 28 lande ‘terugneem’-mandate vir verpakking gehad, 16 het battery-terugneemwette gehad, en 12 was van voorneme om elektronika-herwinningswettte in werking te stel (Business for Social Responsibility, 2001). Die verlenging van vervaardigers se verantwoordelikheid na die einde van produkte se lewensiklus is voorgeskryf of word ernstig oorweeg in die Europese Unie, Japan, Taiwan, Korea, Brasilië, Peru en Kanada. Die reeks produkte en afvalstrome waarop hierdie opkomende beleid gemik is, sluit verpakking, papiergoedere, verbruikerselektronika, kantoormasjinerie, motors, bande, meubels, elektriese toestelle, geboue en boumateriaal, batterye en huishoudelike gevaarlike afval in);

• die skeiding van afval in verskillende strome voor verwydering vir herwinningsdoeleindes te bevorder; en

• afvalafleiding weg van opvullingsterreine te implementeer deur gevaarlike afval op ’n ekonomiese en omgewingsvolhoubare manier te prosesseer of te behandel ten einde verskeie chemikalieë te neutraliseer sodat hulle omgewingsveilig is, byvoorbeeld die neutralisering van etidiumbromied met ’n houtskoolfilter.

Die US ondersoek tans verskeie inisiatiewe vir die minimalisering van gevaarlike afval deur oorweging van ’n sentrale kuberopbergplek met prosesse om afval

6

omgewingsvriendelik te maak. Dit sal ook geld bespaar deur die vermindering van die koste van afvalbehandeling en wegdoening en gevolglik die aankope van rou materiaal verminder. Volgens die ervaring van internasionale universiteite moet ’n suksesvolle program vir die minimalisering van afval uit die volgende twee komponente bestaan:

• Die tegnologieë wat gebruik word, moet ‘elegant in hul eenvoud’ wees. • Die vervaardigingspersoneel (laboratoriumpersoneel, kantoorwerkers en

algemene instandhoudingspersoneel) moet goed gemotiveer wees om die nodige veranderinge te implementeer en in stand te hou.

Enige idees of voorstelle kan na Meg Pittaway gestuur word by [email protected]. HOOFSTUK DRIE: OPTEKENING Die US maak van eksterne kontrakteurs gebruik om alle gevaarlike afval te verwyder, te vervoer en weg te doen. Die US bly verantwoordelik daarvoor om te verseker dat die kontrakteurs korrek van die afval wegdoen (wieg tot graf), maar ons maak op die kontrakteurs staat om die regte metodes van wegdoening te gebruik, wat verg dat ons die korrekte dokumentasie van die kontrakteurs as bewys ontvang. Elke departement moet ’n persoon aanstel wat die verwydering van afval koördineer en die nodige optekening doen (bylaag 2: Lys van verantwoordelike persone vir 2011) VERANTWOORDELIK AKSIE GENEREERDER VAN AFVAL

Personeellid aangestel as persoon verantwoordelik vir die kontrole van die verwydering, hantering en wegdoening van afval vir ’n spesifieke departement of afdeling. Stel Eiendomsdienste asseblief in kennis van hierdie persoon se besonderhede vir kommunikasiedoeleindes.

’n Volledige inventaris van alle chemikalieë wat bestel word, wat in die omgewing gebruik en geberg word en uiteindelik verwyder word, moet gehou word. Dit moet ook die vervaldatum van alle chemikalieë en gevaarlike verbindings insluit.

Alle afvalhouers moet korrek gemerk word. Koderingstelsel wat die diens beskryf. Hoeveelheid en koste van afvalverwydering.

Korrekte berging van alle afvalhouers. Dien afvalverwyderingsblad by Eiendomsdienste in. Voltooi

die versoekvorm vir die afhaal van chemiese/biologiese afval volledig en stuur dit na Eiendomsdienste by faksnommer 021 808 4669 of e-pos dit na [email protected].

EIENDOMSDIENSTE Stel omvattende verwyderingsblad vir alle genereerders saam.

Genereer ’n taak- en bestelnommer. Dien verwyderingsblad en bestelnommer by kontrakteur in. KONTRAKTEUR Die kontrakteur verwyder dan die afval op ’n bepaalde dag en

vervang die houers met leë houers. Genereer ’n afvalmanifesblad met besonderhede van wat

afgehaal is en wat aan die genereerder afgelewer is. Die verantwoordelike persoon moet dit onderteken en dit

moet deur die genereerder bevestig word. Die afvalmanifesblad word by wegdoenterrein gestempel as

7

bewys van veilige wegdoening en ’n sertifikaat van veilige wegdoening word uitgereik.

Alle sertifikate vir veilige wegdoening word aan Eiendomsdienste oorhandig vir betaling.

EIENDOMSDIENSTE Alle dokumente word gerekonsilieer. Eiendomsdienste hou ’n volledige afskrif van alle dokumente. Die begroting vir afvalbestuur word deur Eiendomsdienste geadministreer. Koste word aan alle omgewing toegewys deur van geboukodes en kamernommers gebruik te maak. Enige afwykings van die normale afvalstrome vir die komende jaar moet teen die einde van Junie aan Eiendomsdienste bekendgemaak word ter voorbereiding vir die volgende jaar se begroting. As u byvoorbeeld weet van navorsing wat groot hoeveelhede afval sal genereer, moet Eiendomsdienste hiervan in kennis gestel word sodat daar daarvoor begroot kan word. ’n Jaarlikse interne veiligheidsoudit, wat deur Eiendomsdienste gekoördineer word, fokus op prosesse en veiligheidsaspekte van fisiese werkplekke. Alle omgewings moet voortgesette risiko-oudits uitvoer, wat insluit die identifisering van moontlike gevaarlike afvalstrome, die risiko rakende die gevaar van berging van sodanige chemikalieë en die identifisering van geskikte bergplekke totdat kontrakteurs afval verwyder. Alle verslae moet geouditeer kan word en genereerders wat afval laat verwyder het, moet afskrifte hou van verwyderingkennisgewings en bewyse van verwydering. Eiendomsdienste sal lukrake kontroles uitvoer om te verseker dat afval korrek geberg word en om te bevestig dat alle genereerders die korrekte stel verslae in stand hou. HOOFSTUK VIER: BESTUUR VAN BIOLOGIESE EN MEDIESE AFVAL Die doel van hierdie afdeling is om inligting, vereistes, riglyne en prosedures te verskaf vir die hantering en wegdoening van gevaarlike biologiese en mediese afval vir alle departemente en eenhede op die US-kampus. WAT IS LEWENSGEVAARLIKE AFVAL? Lewensgevaarlike afval verwys na enige vaste of vloeibare biologiese afval wat gevaarlik is weens die fisiese en/of biologiese aard daarvan. Alle afval wat aansteeklike materiaal bevat of wat, weens die biologiese aard daarvan, skadelik vir mense, diere, plante of die omgewing kan wees, is lewensgevaarlike afval. Dit sluit die volgende in:

• Afval van aansteeklike diere • Mensbloed in grootmaat • Bloedprodukte • Mikrobiologiese afval • Patologiese afval • Skerp instrumente (“sharps”) • Gevaarlike produkte of rekombinante DNS-biotegnologie en genetiese

manipulasie

8

HOUERS EN BERGPLEK VIR LEWENSGEVAARLIKE AFVAL

Skerp instrumente 4-liter vir skerp instrumente 5-liter vir skerp instrumente 7,6-liter vir skerp instrumente

Skerp instrumente 20-liter-ronde emmer met deksel

Afval wat nie uit skerp instrumente bestaan nie 70-liter-herbruikbare blik met bedrukte voering

Afval wat nie uit skerp instrumente bestaan nie Bedrukte voering vir mediese afval 50-liter – 100 mikron 140-liter – 100 mikron

Roto-gevormde herbruikbare ronde dromme 50-liter (gebruik 50-liter-voering) 100-liter (gebruik 140-liter-voering)

9

Trapblikke 50-liter

Anatomiese afval 5-liter-reghoekige wit houer met rooi deksel (fetusse en plasenta)

Farmaseutiese afval Vervalde medikasie 25-liter-groen metaaldrom

25-liter-emmer vir lewensgevaarlike glas en swaar, nat afval

Algemene veiligheid in die laboratorium 1. Lewensgevaarlike afval moet van alle ander afval geskei word. 2. Enige afval wat skeurwonde of prikbeserings kan veroorsaak, moet as skerp

instrumente weggedoen word. Skerp instrumente moet van ander afval geskei word.

3. Afval wat verbrand moet word, moet nie met glas of plastiek gekombineer word nie.

4. Biologiese afval moet nie met chemiese afval of ander laboratoriumafval gekombineer word nie.

10

5. Alle afval moet stewig verpak word en spesifiek gemerk word om die behandelingsmetode aan te dui.

6. Houers moet geskik vir die inhoud daarvan wees, nie lek nie, behoorlik gemerk wees en hul integriteit behou. Houers van lewensgevaarlike materiaal moet toe gehou word.

7. Waar moontlik kan afval geoutoklaaf word voordat dit in mediese afvalhouers geplaas word.

BERGINGSFASILITEITE Biologiese afval moet tydelik verkoel gehou word voor wegdoening, op ’n manier wat nie estetiese (visuele of reuk-) probleme skep nie. Lewensgevaarlike afval moet dadelik weggedoen word en nie opgaar nie. Tydelike bergingsareas vir lewensgevaarlike afval moet skoon en netjies wees met geen toegang vir ongemagtigde persone nie (waarskuwingstekens moet aangebring word). ETIKETTERING VAN AFVAL

Kragtens wetgewing aanvaar die kontrakteur verantwoordelikheid vir die korrekte etikettering en vervoer van biologiese en mediese afval.

VERWYDERING Dit word aan ’n privaat maatskappy uitgekontrakteer, aangesien die vervoer van lewensgevaarlike afval deur wetgewing beheer word. Die genereerder moet verseker dat alle houers stewig toegemaak is en dat alle voering met kabelbande verseël is. Dit is raadsaam om die sakke nie te vol te maak nie, en om die afvalvoering net driekwart vol te maak en te verseël.

1. Voltooi die versoekvorm vir chemiese/biologiese afvalverwydering volledig. 2. Stuur die voltooide vorm na Eiendomsdienste by faksnommer 021 808 4669 of

e-pos dit na [email protected].

11

HOOFSTUK VYF: VERWYDERING VAN CHEMIESE AFVAL Die doel van hierdie afdeling is om inligting, vereistes, riglyne en prosedures te verskaf vir die hantering en wegdoening van gevaarlike chemiese en farmaseutiese afval vir alle departemente en eenhede op die US-kampus. WAT IS CHEMIESE AFVAL? Chemiese afval sluit vaste stowwe, vloeistowwe of gasse in wat enige van die volgende bevat of daarmee besmet is:

• Vlambare oplosmiddels (bv. asetoon, alkohol, asetonitriel)

• Loogwater- toksiese materiaal (bv. swaar metale, plaagdoders)

• Korrodeermiddels (bv. soutsuur, kaliumhidroksiedkorrels)

• Reaktiewe stowwe, soos oksideerders, sianied, sulfied, plofstowwe, onstabiele

materiaal en water-reaktiewe materiaal (bv. natriummetaal, bensoïelperoksied)

• Toksiese materiale, met inbegrip van materiale met mutageniese,

karsinogeniese, akute of chroniese toksisiteit (bv. chloroform, etidiumbromied);

• Polichloorbipeniele (> 50 ppm konsentrasie) • Nieterugstuur-gassilinders

Elke laboratorium moet ’n lêer hê met lyste van afvalstrome, metodes van wegdoening en afskrifte van materiaalveiligheid-datablaaie (MVDB’s) asook protokols vir die voorkoming van storting vir elke chemikalie. Dromme moet ooreenkomstig wetgewing in die laboratoriums geberg word. Houers met gevaarlike afval mag nie oop of met ’n tregter daarin gelaat word nie. Houers moet toe gehou word wanneer dit nie gebruik word nie. GEEN CHEMIESE AFVAL MAG BY DREINS AFGEGOOI WORD NIE.

Opgaring van chemiese afval bly die verantwoordelikheid van die genereerders se hoofde. Hierdie aktiwiteit verhoog die risiko in die fakulteit vir sowel die mense as die omgewing. Genereerders bly verantwoordelik vir koste betrokke by die wegdoen van chemiese afval wat afgehaal en opgegaar is. Elke laboratorium moet sy eie bergingsfasiliteite hê wat deur die laboratoriumbestuurder beheer word, aangesien sentrale bergingsfasiliteite die moontlike risiko kan verhoog omdat personeel wat vir die bergplek verantwoordelik is, dikwels nie daarin opgelei is om die bron, konsentrasie en beste hanteringspraktyke vir al die verskillende soorte chemiese afval te kan identifiseer nie. Ons ondersoek tans die moontlikheid van ’n sentrale databasisstelsel waarin alle inligting oor die chemikalieë op kampus asook die beskikbaarheid van sodanige chemikalieë op kampus opgeteken word. Dit kan die moontlike oordrag van chemikalieë tussen departemente in die hand werk en chemiese afval wat van ongebruikte chemikalieë gegenereer word, verminder.

12

HOUERS EN BERGPLEK VIR CHEMIESE AFVAL Genereerders van chemiese afval moet verseker dat afval gereeld verwyder word en dat groot hoeveelhede chemiese afval nie ter plaatse geberg word nie. Indien daar bestaande voorraadstapels van ou chemikalieë is, sal dit as ’n eenmalige opruiming hanteer word en sal die genereerder steeds verantwoordelik wees vir die koste van die wegdoening van die afval. Weens veiligheidsredes is dit belangrik dat chemiese afval behoorlik in die laboratorium geberg word. Die gebruik van behoorlike houers en prosedures vir berging sal die proses vereenvoudig wanneer afval weggedoen moet word.

BERGINGSFASILITEITE Riglyne vir chemiese berging:

1. Afsonderlike dromme is nodig vir elke soort chemiese afval, soos aangedui.

Hierdie chemiese afvalstrome is by die Vissershok-wegdoenterrein opgeteken, en enige afwykings hiervan sal nie aanvaar word nie en na die Departement teruggestuur word. Die Departement sal vir die koste verantwoordelik gehou word.

2. Alle houers moet geïdentifiseer en korrek gemerk word. Alle dromme moet gekodeer word en alle afval wat in die dromme geplaas gaan word, moet gelys word, asook besonderhede oor die inhoud en die hoeveelheid/persentasie bestanddele.

3. Vloeibare afval moet in hul oorspronklike houers geberg word en nie saamgegooi word nie, aangesien die vloeistowwe moontlik onverenigbaar kan wees, wat tot ’n moontlike reaksie kan lei. Die houers moet goed met vermikuliet beskut wees. Bylaag A gee ’n lys van bekende onverenigbare chemikalieë.

4. Wanneer ’n chemikalie in ’n ander houer gedekanteer word, moet toegesien word dat die houers versoenbaar is met die spesifieke chemikalie wat daarin geberg gaan word.

Chemikalieë Onverenigbare houers Waterstoffluoriedsure Sterk alkali

Glas (sal die glashouer laat oplos)

Alle chemiese afval Plastiekmelk- of -vrugtesapbottels Salpetersuur Hout en sekere metaalhouers Perchloorsuur, organiese peroksiede

Hout en sekere metaalhouers

5. Vaste stowwe kan ook saam met vloeistowwe in hul oorspronklike houers geberg

word, waar van toepassing, en moet goed met vermikuliet beskut wees. 6. Gekapselde afval moet in metaaldromme van geskikte groottes wat goed met

vermikuliet beskut is, geberg word. Alle houers moet in ’n goeie toestand wees, veral die draad van die deksel, en dit moet goed verseël word.

7. Oplosbare afval sal aanvaar word as dit in die dromme vermeng is. Chloor-/niechloor- oplosbare stowwe moet egter geskei word.

8. Gebruik ’n houer van ’n geskikte grootte vir die hoeveelheid afval wat gegenereer is, en moenie die houers te swaar vul nie. Enviroserv kan moontlik weier om houers te verwyder wat te swaar is.

9. Indien ’n nuwe afvalstroom geïdentifiseer word, moet ’n nuwe afvalprofielblad voltooi word en na [email protected] gestuur word vir registrasie by die

13

Vissershok-wegdoenterrein. Indien dit ’n permanente afvalstroom word, sal ’n dromnommer aan die afvalstroom toegeken word.

10. Indien u ’n ongeïdentifiseerde chemiese afvalstroom het, moet u Eiendomsdienste dadelik in kennis stel. ’n Monster van hierdie afval sal deur ’n eksterne kontrakteur geneem moet word en die inhoud sal by Vissershok vir wegdoening verklaar moet word. Dit kan duur wees, en die departement wat die afval gegenereer het, is vir die koste verantwoordelik. Moet asseblief nie onbekende chemikalieë by ’n drein afgooi of dit met ander chemikalieë meng nie. Hierdie onverklaarde chemikalieë sal nie deur enige eksterne kontrakteur verwyder word voordat ’n monster geneem en ’n afvalprofielblad voltooi is nie.

11. Alle afvalhouers moet dig toegemaak word en mag nie lek nie. Houers moet toe gehou word behalwe wanneer dit gevul word.

SPESIALE OF ‘PROBLEEM’-CHEMIKALIEË

1. Skoksensitiewe en peroksiedvormende chemikalieë, plofstowwe Droë pikriensuur is ontplofbaar. Pikriensuur is oplosbaar in water en verskeie oplosbare stowwe. Wanneer dit in ’n oplossing is, word pikriensuur nieontplofbaar en veilig om te vervoer.

Peroksideerbare verbindings soos eter, dioksaan en tetrahidrofuraan absorbeer en reageer met suurstof om potensieel ontplofbare verbindings met verloop van tyd te vorm. Peroksiede is skoksensitiewe verbindings wat kan ontplof as dit aan meganiese skok, intense lig, vinnige temperatuurveranderings of hitte blootgestel word.

Alle peroksiedeerbare verbindings moet weg van hitte en lig geberg word en moet van fisiese skade en ontbrandingsbronne beskerm word. ’n Waarskuwingsetiket moet op alle peroksiedeerbare verbindings geplaas word, soos hieronder aangedui, waarop die datum van ontvangs en die datum waarop die houer vir die eerste keer oopgemaak is, aangedui word.

PEROKSIEDEERBARE VERBINDING

Datum ontvang Datum oopgemaak

Gooi weg of toets binne _______ maande ná oopgemaak.

14

Ontsmetting van leë houers

ETIKETTERING VAN HOUERS Plakkers word deur die afvalwegdoenkontrakteur verskaf en alle inligting moet daarop aangedui word. Die etikette moet akkuraat, leesbaar en volledig verklarend wees. Die naam van die departement en/of laboratoriumgroep, die besonderhede van die kontakpersoon en die datum moet daarop verskyn. Alle dromme moet gekodeer wees en alle afval wat in ’n spesifieke drom moet kom, moet gelys word, tesame met die naam van die inhoud en die hoeveelheid/persentasie bestanddele. VERWYDERING

Die eksterne afvalwegdoenkontrakteur sal slegs afval verwyder indien dit behoorlik verpak en gemerk is. Die afval moet in ’n geskikte houer vervoer word. Die

Tabel 3.3: Algemene peroksiedvormende chemikalieë * LYS A Ernstige peroksiedgevaar by berging met blootstelling aan lug

Gooi binne drie maande weg

Di-isopropiel-eter (isopropiel-eter) Kaliumamied

Divinielasetileen (DVA) a Kaliumamied (natriumamied)

Divinieleter 1,1-dichlooretileen

Kaliummetaal LYS B Peroksiedgevaar met konsentrasie: Moenie distilleer of verdamp sonder om eers vir die teenwoordigheid van peroksiede te toets nie

Gooi weg of toets vir peroksiede ná ses maande

Asetaldehied-diëtielasetaal Diëtileenglikol dimetieleter (diglyme) Kumeen (isopropielbensien) Furaan Sikloheksaan Metielasetileen Siklo-okteen Metielsiklopentaan Siklopenteen Tetrahidrofuraan (THF) Diasetileen (butadieen) Tetralien (tetrahidronaftaleen) Disiklopentadieen Vinieleters Diëtieleter (eter) LYS C

Gevaar van vinnige polimerisasie geïnisieer deur intern gevormde peroksiedea Gooi weg of toets vir peroksiede ná 12 maande

Akrielsuur

Akrielonitriel Tetrafluooretileen (TFE)b

Butadieenb Vinielasetaat

Chloropreen (2-chloro-1, 3-dibutadieen)b Vinylasetileen Chlorotrifluooretileen Vinielchloried Metiel-metakrilaat Vinilideenchloried Stireen Vinielpirideen a Polimeriseerbare monomere moet met ’n poli geberg word

15

kontrakteurs sal afvalhouers asook ander geskikte houers verwyder (soos 25-liter-plastiekdromme wat behoorlik gemerk is).

HANTERING VAN DONASIES VAN CHEMIESE PRODUKTE

Die US is verbind tot die optimale hergebruik en gebruik van chemiese produkte.

Donasies van chemikalieë vanaf ander departemente en eksterne partye vir navorsingsdoeleindes mag slegs aanvaar word indien dit voor die chemikalieë se vervaldatum vir navorsing of onderrig gebruik kan word. Die verpakking, etikettering en berging van die chemikalieë moet volgens regulasies geskied en ontvangerdepartemente moet die korrekte bergingsfasiliteite vir die soort chemikalieë hê. Die ontvanger moet volle verantwoordelikheid vir die chemiese produk aanvaar. Die dekaan van die fakulteit moet die donasies van chemiese produkte skriftelik aanvaar nadat alle toepaslike inligting ontvang is en moet waarborg dat geen bykomende druk op die afval wat gegeneer word, geplaas sal word nie. Enige bykomende koste wat aangegaan word vir die verwydering van geskenkte chemikalieë sal deur die departement wat die afval aanvaar het, gedra word.

VOORKOMING EN SKOONMAAK VAN STORTINGS Chemiese stortings kan in twee basiese soorte verdeel word: eenvoudige stortings, wat self skoongemaak kan word, en lewensbedreigende stortings, wat eksterne bystand verg.

Indien die stortings aan enige van die volgende voorwaardes van ’n gekompliseerde storting voldoen, moet Risiko- en Beskermingsdienste en die Stellenbosch Brandweer onmiddellik ontbied word. Risiko- en Beskermingsdienste sal die besmette kamer of gebou waarin die storting voorgekom het, beveilig, en is verantwoordelik vir noodprosedures tydens ’n toevallige storting of noodontruiming. ’n Storting word as lewensbedreigend beskou wanneer

• ’n persoon beseer is;

• die identiteit van die chemikalie onbekend is;

• veelvuldige chemikalieë betrokke is;

• die chemikalie hoogs toksies, ontvlambaar of reaktief is;

• die storting in ’n ‘openbare ruimte’ soos ’n gang plaasgevind het;

• die storting moontlik na ander dele van die gebou kan versprei, soos deur die

ventilasiestelsel;

• die skoonmaakprosedures nie bekend is nie of toepaslike materiaal nie

geredelik beskikbaar is nie; of

• die storting die omgewing kan bedreig, byvoorbeeld deur waterweë of die

buiteterrein te bereik.

16

• Indien daar nie aan een van hierdie voorwaardes voldoen word nie, is die

storting ’n eenvoudige storting.

Voorkoming van stortings In hierdie afdeling word basiese stappe vir die voorkoming van stortings gegee wat op die berging, vervoer en oordrag van chemikalieë van toepassing is. Algemene voorsorgmaatreëls:

� Verminder wanorde en onnodige materiale in werkareas.

� Verwyder obstruksies en voorwerpe waaroor geval kan word.

� Maak seker alle nodige toerusting is geredelik beskikbaar voordat met werk

begin word.

Voorsorgmaatreëls vir berging:

� Gebruik stewige rakke.

� Groter houers moet nader aan die vloer geplaas word.

� Houers op rakke moenie naby aan die kante geplaas word nie om te verhoed

dat dit afval.

� Rakke moet rande hê om te verhoed dat houers afval.

� Chemikalieë moet eerstens volgens versoenbaarheid en daarna alfabeties

geberg word.

� Ondersoek die bergingsarea gereeld vir lekkende of stukkende houers.

� Gebruik geskikte houers vir berging.

� Gaan houers onder kappe, wasbakke en laboratoriumbanke gereeld vir tekens

van agteruitgang na.

Voorsorgmaatreëls tydens vervoer:

� Gebruik karretjies/trollies, soos nodig.

� Gebruik veiligheidshouers, soos nodig.

� Gebruik bande of kettings om gassilinders vas te maak, soos nodig.

� Dink na oor moontlike gevare voordat chemikalieë vervoer word.

Voorbereiding vir stortings Dit is raadsaam om georganiseerd te werk te gaan in reaksie op ’n storting. Dit is beslis die moeite werd om vooraf protokols in plek te stel en moontlike gevare te evalueer.

17

I. Stel protokols vir reaksie op stortings in plek

Voordat daar met chemikalieë gewerk word, moet vasgestel word wat verkeerd kan gaan en hoe daar op ’n storting gereageer moet word. Op grond van hierdie evaluasie moet skriftelike protokols opgestel word vir stortings. Hierdie protokols moet aan alle persone gekommunikeer word wat deur ’n storting beïnvloed kan word, en behoort deel te vorm van die chemiese lêer in elke laboratorium. Hierbenewens moet basiese skoonmaakmateriaal vir stortings geredelik beskikbaar te wees ingeval iets skeefloop. Voordat daar met chemikalieë begin werk word, moet seker gemaak word dat al die nodige persoonlike beskermende toerusting (PBT)/klere, veiligheidstoerusting en materiale vir inperking/skoonmaak geredelik beskikbaar is. Elke persoon wat by reaksies op stortings of die skoonmaak daarvan betrokke kan wees, moet vertroud wees met die doel en beperkings van alle PBT, veiligheidstoerusting en skoonmaakmiddels.

II. Evalueer die gevare

Wanneer stortings voorkom, kan ’n vinnige, gepaste reaksie ernstige nagevolge voorkom. Die verkeerde reaksie kan sake egter vererger. Ten einde vinnig en gepas te reageer, moet die moontlike gevare van die gebruik van die chemikalieë vooraf geëvalueer word. Die eerste inligtingsbron wat geraadpleeg moet word, is die MVDB. Chemikalieë wat aan die volgende vereistes voldoen, is van grootste belang tydens stortings:

• Reaktief op lug • Reaktief op water • Ontvlambaar • Polimeriseerbaar • Korrosief • Hoogs toksies Op grond van hierdie gevare kan die volgende bepaal word:

• Geskikte PBT vir reaksie op stortings (bv. handskoene en respirators) • Soorte brandonderdrukkingstoerusting • Geskikte skoonmaakmateriale • Noodhulpprosedures

Reaksieprosedures tydens ’n storting

Eenvoudige stortings

� Verhoed die verspreiding van vlamme.

� Beheer die verspreiding van vloeistowwe.

� Neutraliseer sure en basisse.

� Absorbeer vloeistowwe.

� Verwyder en perk die skoonmaakresidu in.

18

� Ontsmet die area en besmette toerusting.

� Gooi die afval weg.

Lewensbedreigende stortings

� Ontruim die area.

� Perk die stortingsarea in.

� Rapporteer die storting.

� Beveilig die area.

� Maak die storting skoon.

Spesiale voorsorgmaatreëls vir ontvlambare vloeistowwe

� Verwyder alle moontlike bronne van ontvlamming, waar moontlik. Indien die

dampe van ’n ontvlambare storting egter naby ’n ontvlammingsbron, soos ’n

pomp, is, is dit raadsaam om die kragtoevoer van ’n afstandstroombreker af te

skakel.

� Gebruik geskikte asemhalingsbeskerming.

� Gebruik stortingskussings of absorberende handdoeke. Bewaar gebruikte

stortingskoonmaakmiddels in ’n stewige plastieksak en merk dit “[Chemiese

naam] stortingsoorblyfsels”.

� Moet nooit ’n stofsuier gebruik om ontvlambare vloeistowwe op te suig nie.

� Ventileer die area deeglik wanneer dit klaar skoongemaak is.

Spesiale voorsorgmaatreëls vir sure

� Spesiale voorsorgmaatreëls moet geneem word wanneer

waterstoffluoriedsuur skoongemaak word. Dra geskikte PBT. Gebruik ’n

chemiese absorbeermiddel wat spesifiek vir waterstoffluoriedsuur ontwerp is,

soos 3MTM chemiese absorbeermiddel. Moenie silika- (sand)-gebaseerde

produkte saam met waterstoffluoriedsuur gebruik nie.

� Beskerm die vel en oë teen direkte kontak met die suur.

� Gebruik geskikte asemhalingsbeskerming.

� Neutraliseer die storting met karbonaat, bikarbonaat, natrium of kalium. Die

neutraliseringsreaksie is soms sterk; wees dus bedag op spatsels.

� Gebruik pH-papier om te bevestig dat die suur geneutraliseer is.

19

Spesiale voorsorgmaatreëls vir poeierstortings

� Maak alle vensters en deure toe voor die skoonmaakproses begin om te

verhoed dat trekke die vorming van stof kan vererger.

� Vee die poeier versigtig op om die generering van stof te beperk. Plaas alle

residu in ’n verseëlde houer.

� Indien nodig, beskerm jou asemhalingstelsel teen stof deur ’n stofmasker of

respirator te gebruik, soos van toepassing.

Stortingbeheerstelle Dit is goeie veiligheidspraktyk om te alle tye stortingbeheermateriaal beskikbaar te hê. Verpakte stortingstelle kan van verskeie verskaffers aangekoop word. HOOFSTUK SES: VERWYDERING VAN RADIOAKTIEWE AFVAL

Wat is radioaktiewe afval?

Radioaktiewe afval is enige materiaal wat ’n konsentrasie radionukliede bevat wat hoër is as wat deur nasionale owerhede as veilig geag word, en waarvoor geen nut gesien word nie. Weens die wye verskeidenheid kerntoepassings wissel die hoeveelhede, soorte en selfs die fisiese vorms van radioaktiewe afval aansienlik – sommige afval bly vir honderde of duisende jare aktief, terwyl ander slegs vir ’n kort tydperk geberg moet word terwyl dit vergaan voordat dit op konvensionele manier weggedoen word. (Internasionale Atoomenergie-agentskap)

Soorte radioaktiewe afval

Hoëvlak-afval sluit in die gebruikte brandstof van kernkraggenerering, of die residuele afval van die herprosessering van gebruikte brandstof. Die weermag genereer ook hoëvlak-afval.

Lae- en intermediêrevlak-afval sluit in items wat met radiasie in kontak gekom het. Dit kan by kernkragaanlegte, hospitale, tandartse, navorsingslaboratoriums en ander kommersiële bedrywighede plaasvind. Sowel die hoeveelheid as die vlak radioaktiwiteit moet in ag geneem word – ’n groot hoeveelheid afval met ’n lae vlak radioaktiwiteit hou minder gevaar in as ’n kleiner hoeveelheid afval met ’n hoë vlak radioaktiwiteit. Gebruikte brandstof (elemente wat uit ’n reaktor verwyder is ná gebruik) vorm byvoorbeeld minder as 1% van die hoeveelheid radioaktiewe afval, maar bevat byna 95% van die totale radioaktiwiteit. (Kantoor vir Burgerlike Radioaktiewe Afvalbestuur)

Wegdoening van radioaktiewe afval: Verandering in wetgewing.

In 2005 is veranderinge gemaak aan die standaarde wat gebruik word om radioaktiewe afval te definieer Radioaktiewe afval (SANS Klas 7) word in die Wet op Atoomenergie, 1967 (Wet 90 van 1967) en die Wet op Gevaarlike Stowwe, 1973 (Wet 15 van 1973) gedek. Sedert die 1990’s was daar aansienlike kontroversie oor die standaarde wat deur die Raad vir Kernveiligheid (nou die Nasionale Kernreguleerder) gebruik is vir radioaktiewe afval wat natuurlik voorkom (NORM),

20

aangesien die mynwese die vlak as te laag en nie ooreenkomstig internasionale standaarde beskou het. Hierbenewens was die standaard wat gebruik is vir die bestuur van niekern- radioaktiewe afval deur die Departement van Gesondheid, die Direktoraat Radiasiebeheer en daarom ook die Minimumvereistes verskillend.

Nuwe standaard:

’n Nuwe standaarddefinisie is gestel wat van toepassing is op sowel NORM-afval as niekern- radioaktiewe afval.

Die nuwe definisie is by die konsep- derde uitgawe van die Minimumvereistes vir die Hantering, Klassifikasie en Wegdoen van Gevaarlike Afval ingesluit, wat die volgende uiteensit:

Klas 7, Radioaktiewe afval: Wegdoening in ’n opvullingsterrein is VERBODE.

• Slegs afval wat as ‘onaktiewe afval’ gedefinieer is, met ander woorde met ’n spesifieke aktiwiteit van minder as 100 becquerel per g (Bq/g) en ’n totale aktiwiteit minder as 4 kBq mag as normale afval weggedoen word.

• Radioaktiewe materiaal met ’n spesifieke aktiwiteit < 100 Bq/g en ’n totale aktiwiteit < 4 kBq moet verbrand of in ’n opvullingsterrein gestort word.

• Die wegdoening van ’n radioaktiewe materiaal met ’n spesifieke aktiwiteit > 100 Bq/g en ’n totale aktiwiteit > 4 kBq is VERBODE: Raadpleeg die Departement van Gesondheid.

Twee belangrike dokumente is gepubliseer (afskrifte word hierby ingesluit):

• Departement van Gesondheid: Direktoraat Radiasiebeheer, Praktykkode vir die bestuur en wegdoen van niekern- radioaktiewe afval, Mei 2005.

• Departement van Minerale en Energie, Beleid oor radioaktiewe afvalbestuur vir die Republiek van Suid-Afrika, 2005.

Niekern- radioaktiewe afval

Die dokument van die Direktoraat Radiasiebeheer dek afval wat by hospitale, klinieke, in die bedryf en vir navorsing gegenereer word, byvoorbeeld koolstof-14 en jodium-129. Die enigste verskil in hierdie nuwe weergawe is die definisie. Die wegdoening van laevlak-niekern- radioaktiewe afval deur verbranding en afvoering na riool word gereguleer.

Radioaktiewe materiale wat natuurlik voorkom

Die belangrikste afval wat potensieel radioaktief is weens die teenwoordigheid van uraan, torium en ander swaar radioaktiewe elemente ontstaan uit mynbou-aktiwiteite. Uraan kom natuurlik in etlike goudmyne in die Witwatersrand en die Vrystaat voor en word in ten minste twee gevalle herwin. Die uitskotte en ander afval wat by hierdie myne voorkom, byvoorbeeld koolas, kan redelik hoë vlakke radiasie toon.

Die definisies van alle soorte NORM-afval word in die dokument gegee wat hierby aangeheg is. Die belangrikste vir ons doeleindes is egter NORM-L, met ander woorde potensieel radioaktiewe afval wat lae konsentrasies NORM- langlewende radionuklied < 100 Bq/g bevat.

21

Soort en oorsprong van afval:

• Mynwese en prosessering van minerale • Generering van fossielbrandstof-elektrisiteit • Afval in grootmaat: onbestraalde uraan (vervaardiging van kernbrandstof)

Wegdoenings-/Bestuursopsies:

• Hergebruik as ondergrondse opvulmateriaal • Ontginning van ekonomies herwinbare minerale, gevolg deur wegdoening in

enige mynuitskotdam of ander genoegsaam ingeperkte opvanggebied • Gemagtigde wegdoening, bv. na ’n gemagtigde opvullingsterrein, soos

uiteengesit in die derde uitgawe van die Minimumvereistes

Nuttige webwerwe: 1. http://www.iaea.org 2. http://www.epa.gov/rpdweb00/source-reduction-management/sources.html

HOOFSTUK SEWE: VERWYDERING VAN ASBESAFVAL

INLEIDING

Asbes is die naam van ’n groep minerale wat natuurlik voorkom wat in sterk, baie fyn vesels verdeel. Hierdie vesels is hitte- en brandbestand en is uiters duursaam. Weens die eienskappe daarvan word asbes in isolasieprodukte, boumateriale, verf en beskermende klere gebruik.

Asbes is geneig om in klein vesels af te breek. ’n Enkele vesel asbes wat ’n duisend keer vergroot is, lyk effens groter as ’n menshaar. Weens die grootte en vorm daarvan, sweef hierdie klein vesels vir lank tydperke in die lug rond. Wanneer dit ingeasem of ingesluk word, kan hierdie vesels maklik die liggaamweefsels penetreer. Weens hul duursaamheid kan hierdie vesels vir baie jare in die menseliggaam oorleef en ’n verskeidenheid siektes veroorsaak.

Blootstelling aan asbesvesels en -stof kan asbestose veroorsaak – ’n longsiekte wat veroorsaak word deur die inaseming van asbesdeeltjies. Dit kan ook, ná ’n latente tydperk van tot 30 jaar en meer, verskeie kankers veroorsaak, veral longkanker en mesotelioom, wat ’n onopereerbare kanker van die bors en buikwand is.

Die gebruik, berging, vervaardiging, vervoer en wegdoening van asbes en afval wat asbes bevat word streng deur die regering gereguleer. Die regulasies wat dit beheer, kan in die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, Wet 85 van 1993, gevind word, asook in die Asbesregulasie 2001 en die Regulasies op die verbod op die gebruik, vervaardiging, invoer en uitvoer van asbes en asbesbevattende materiale 2008.

Die doel van hierdie regulasies is tweeledig: eerstens, om te verhoed dat enige asbes omgewingskade veroorsaak, en tweedens, om te verseker dat blootstelling aan asbesvesels nie werknemers siek maak of die publiek skade aandoen nie.

22

DEFINISIES IN DIE ASBESREGULASIES

♦ Goedgekeurde asbesinspeksie-owerheid beteken ’n goedgekeurde inspeksie-owerheid vir die monitering van asbeskonsentrasies in die lug.

♦ Asbes beteken enige van die volgende minerale:

• Amosiet • Chrisotiel • Krokidoliet • Veselagtige aktinoliet • Veselagtige antofilliet • Veselagtige tremoliet • Of enige mengsel wat enige van hierdie minerale bevat

♦ Asbesstof beteken stof wat deur die lug versprei word of stof wat neergesak het, wat asbesvesels bevat of dit waarskynlik bevat.

♦ Asbesafval beteken ’n ongewenste of oorbodige asbesbevattende neweproduk, vrylating of enige proses of aktiwiteit wat-

• deur enige persoon weggegooi is; • deur enige persoon opgegaar en geberg is met die doel om dit uiteindelik weg

te gooi met of sonder voorafbehandeling wat met die weggooi daarvan verband hou; of

• deur enige persoon geberg is met die doel om dit te herwin, te hergebruik of bruikbare produkte daaruit te ekstraheer.

♦ Asbeswerk beteken werk wat enige persoon aan asbesstof blootstel of waarskynlik sal blootstel.

♦ Blootgestel aan asbes beteken blootgestel of waarskynlik aan asbesstof blootgestel by die werkplek, en ‘blootstelling’ het ’n soortgelyke betekenis.

♦ Metingsprogram beteken ’n program kragtens die moniteringstrategie soos bespreek in OESSM en HSG 173.

♦ Monitering beteken die beplanning en uitvoer van ’n metingsprogram en die optekening van die resultate daarvan.

♦ Beroepsblootstellingsperk of BBP beteken ’n beperkte waarde deur die Minister gestel vir ’n stresfaktor in ’n werkplek.

♦ Beroepsblootstellingsperk vir asbes beteken ’n BBP van 0,2 gereguleerde asbesvesels per milliliter lug gemiddeld oor enige voortgesette tydperk van vier uur gemeet kragtens MDHS 39/4.

♦ Gereguleerde asbesvesel beteken ’n deeltjie asbes met ’n lengte-tot-middellyn-verhouding groter as 3 tot 1, ’n lengte groter as 5 mikrometer en ’n deursnee minder as 3 mikrometer.

♦ Asemhalingsbeperkingstoerusting beteken ’n toestel wat oor die mond en neus gedra word om te verhoed dat lug wat nie veilig is nie ingeasem word, en wat aan die standaard wat deur die Minister goedgekeur is, voldoen.

♦ Asemhalingsone beteken ’n asemhalingsone uiteengesit in regulasie I 0(a). ♦ SANS 10228 beteken die praktykkode vir die identifikasie en klassifikasie van

gevaarlike stowwe en goedere. ♦ SANS 10229 beteken die praktykkode vir die verpakking van gevaarlike goedere

vir pad- en spoorvervoer in Suid-Afrika .

23

♦ Korttermynblootstellingsperk vir asbes beteken ’n blootstellingsperk van 0,6 gereguleerde asbesvesels per milliliter lug oor ’n gemiddeld van 10 minute.

OPSOMMING VAN DIE ASBESREGULASIES

REGULASIE 3: KENNISGEWING VAN ASBESWERK

Die maatskappy mag geen asbeswerk uitvoer sonder skriftelike kennisgewing aan die provinsiale direkteur (Departement van Arbeid) voordat daar met die werk begin word nie.

REGULASIE 4: BLOOTSTELLING AAN ASBES

Die maatskappy sal geen persoon toelaat om in ’n omgewing te werk waarin hy/sy aan asbes wat die voorgeskrewe BBP oorskry, blootgestel sal word nie.

REGULASIE 5: INLIGTING EN OPLEIDING

1. Voordat enige werknemer aan asbesstof blootgestel word, moet die maatskappy, ná beraadslaging met die gesondheids-en-veiligheidskomitee, verseker dat die werknemer genoegsaam en omvattend ingelig en opgelei is in sowel praktiese aspekte as teoretiese kennis ten opsigte van die volgende:

• Die inhoud en omvang van die asbesregulasies . • Die moontlike bronne van blootstelling. • Die moontlike gesondheidsrisiko wat deur blootstelling aan asbes veroorsaak

word, met inbegrip van die gesondheidsrisiko’s vir die werknemer se gesin en ander, wat die gevolg kan wees wanneer asbesbesmette toerusting en klere huis toe geneem word, en die dramaties verhoogde risiko van longkanker vir asbeswerkers wat rook.

• Die maatreëls wat deur die werkgewer geneem is om die werknemer teen enige risiko van blootstelling te beskerm.

• Die voorsorgmaatreëls wat deur die werknemer geneem moet word om hom-/haarself teen die gesondheidsrisiko’s wat verband hou met blootstelling te beskerm, wat insluit die dra en gebruik van beskermende klere en asemhalingsbeskermingstoerusting.

• Die noodsaaklikheid, korrekte gebruik, instandhouding en beperkings van beskermende toerusting, fasiliteite en ingenieursbeheermaatreëls wat verskaf word.

• Die assessering van blootstelling, die doel van lugmonsterneming, die noodsaaklikheid vir mediese toesig en die langtermynvoordele en -beperkings daarvan.

• Die BBP en die betekenis daarvan. • Die belangrikheid van goeie huishouding by die werkplek en persoonlike

higiëne. • Die veilige werksprosedures rakende die gebruik, hantering, prosessering en

berging van enige materiaal wat asbes bevat. • Prosedures wat gevolg moet word in geval van ’n storting of enige ander

soortgelyke noodsituasie wat moontlik tot die vrystelling van asbesstof kan aanleiding gee.

• Prosedures vir die rapportering en regstelling van gebreke wat moontlik tot die vrystelling van asbesstof kan aanleiding gee.

• Die veilige wegdoening van asbesafval.

24

• Prosedures vir optekening.

2. Herhalingskursusse moet ten minste een keer ’n jaar gebied word, of meer gereeld, soos deur die gesondheids-en-veiligheidskomitee aanbeveel. Opleiding moet meer as een keer ’n jaar aangebied word as-

• werkmetodes verander; • die soort werk wat verrig word aanmerklik verander; of • die soort toerusting wat gebruik word om blootstelling te beheer, verander.

3. Opleiding moet gegee word deur ’n bevoegde persoon wat genoegsame persoonlike praktiese ervaring en teoretiese kennis het van alle aspekte van die werk wat deur die werknemer verrig word.

4. Die maatskappy moet verseker dat alle kontrakteurs of enige ander persoon buiten die werknemers wat by die werkplek aan asbes blootgestel kan word genoegsame inligting, onderrig en opleiding ontvang.

5. Die maatskappy moet enige opleiding, sowel prakties as teoreties, wat aan ’n werknemer gebied is, opteken.

6. Die maatskappy sal skriftelik aan die bestuurders van voertuie wat asbes of asbesbevattende materiaal vervoer wat die moontlikheid het om omgewingsbesoedeling te veroorsaak of mensegesondheid te beïnvloed instruksies gee rakende die toevallige storting van asbes.

REGULASIE 6: PLIGTE VAN PERSONE WAT BLOOTGESTEL KAN WORD

Enige persoon wat by die werkplek aan asbes blootgestel word, moet enige regmatige instruksies wat deur of namens die maatskappy rakende die volgende aspekte gegee is, nakom:

• Die voorkoming dat asbesstof deur die lug versprei word. • Die dra en gebruik van PBT en persoonlike beskermende klere. • Die dra van moniteringstoerusting om persoonlike blootstelling aan asbes te

meet. • Rapportering vir mediese toesig. • Die skoonmaak en wegdoening van enige materiaal wat asbes bevat. • Huishouding by die werkplek, persoonlike higiëne, goeie omgewings- en

gesondheidspraktyke, met inbegrip van eet, drink en rook in aangewese areas.

• Inligting en opleiding ontvang.

REGULASIE 7: ASSESSERING VAN MOONTLIKE BLOOTSTELLING

1. Die maatskappy moet onderneem om ses maande ná die inwerkingtreding van die asbesregulasies geassesseer te word, en daarná ten minste elke twee jaar, ten einde te bepaal of enige persoon aan asbes blootgestel word. Die assesseringsuitslag moet opgeteken word.

2. Voordat ’n assessering gedoen word, moet die maatskappy die toepaslike gesondheids-en-veiligheidsverteenwoordiger of gesondheids-en-veiligheidskomitee raadpleeg en hulle skriftelik in kennis stel van die reëlings wat

25

vir die assessering gemaak is, hulle redelike tyd gee om daarop kommentaar te lewer en verseker dat die uitslag van die assessering aan hulle beskikbaar gemaak word vir kommentaar.

3. Wanneer die assessering gedoen word, moet die werkgewer die volgende in aanmerking neem:

• Die teenwoordigheid van enige materiaal wat asbes bevat wat gebruik, geprosesseer, hanteer of geberg word.

• Waar asbes moontlik teenwoordig is, die gemak waarmee die asbesstof vrygestel kan word en die mate waarin ’n persoon blootgestel kan word.

• Die aard van die werk, proses en enige waarskynlike agteruitgang of mislukking van enige beheermaatreëls.

• Die besonderhede van verwagte blootstelling, spesifiek- o of die verwagte blootstelling bo die BBP vir asbes is, sodat die toepaslike

asemhalingsbeskermingstoerusting gekies kan word gedurende die implementering van ingenieursbeheermaatreëls;

o of blootstelling onderbroke is, met inbegrip van die herhaling en duur van blootstelling;

o die getal werknemers wat blootgestel is en enige ander persoon wat moontlik blootgestel is, en hulle verwagte blootstellingswaardes; en

o waar toepaslik, uitslae wat beskikbaar is van enige vorige monitering wat by die werkplek uitgevoer is.

• Die stappe wat gedoen moet word om blootstelling tot die laagste vlak te verminder en die stappe wat gedoen moet word om die vrystelling van asbesstof in die omgewing te verminder.

• Prosedures vir die hantering van noodgevalle. • Prosedures vir die verwydering van asbesafval van die werkplek en die

wegdoening daarvan.

4. Indien die assessering aandui dat enige persoon waarskynlik aan asbes blootgestel sal word, moet die maatskappy verseker dat die blootstelling genoegsaam beheer word.

5. Die maatskappy moet die assessering hersien indien daar rede is om te glo dat die vorige assessering nie meer geldig is nie, beheermaatreëls nie meer doeltreffend is nie, tegnologiese of wetenskaplike vooruitgang doeltreffender beheermaatreëls moontlik maak, of daar ’n beduidende verandering was in-

• werkmetodes; • die soort werk wat verrig word; of • die soort toerusting wat gebruik word om blootstelling te beheer.

REGULASIE 8: LUGMONITERING

In gevalle waar blootstelling meer is as die helfte van die BBP moet die maatskappy verseker dat ’n metingsprogram van die konsentrasie gereguleerde asbesvesels wat deur die lug versprei word waaraan ’n werknemer blootgestel is-

• uitgevoer word slegs nadat die gesondheids-en-veiligheidskomitee of betrokke verteenwoordiger in kennis gestel is;

26

• uitgevoer word deur ’n goedgekeurde asbesinspeksie-owerheid of ’n persoon wie se vermoë om die metings te doen deur ’n goedgekeurde asbesinspeksie-owerheid bekragtig is; en

• verteenwoordigend is van die blootstelling van werknemers aan die asbesvesels wat deur die lug versprei word en bekragtig is.

Die maatskappy moet verseker dat metings ten minste een keer ’n jaar uitgevoer word.

REGULASIE 9: MEDIESE TOESIG

1. Die maatskappy moet verseker dat ’n werknemer onder mediese toesig van ’n beroepsgeneeskundige is as-

• ’n werknemer aan asbesstof blootgestel is wat die BBP vir asbes oorskry; of • ’n beroepsgeneeskundige sertifiseer dat die betrokke werknemer onder

mediese toesig geplaas moet word.

2. Die maatskappy moet, so ver moontlik, verseker dat ’n gestruktureerde mediesetoesig-program deur ’n beroepsgeneeskundige opgestel word, wat ten minste die volgende moet insluit:

’n Aanvanklike gesondheidsevaluering, wat onmiddellik of binne 14 dae nadat ’n persoon in diens getree het deur ’n beroepsgeneeskundige uitgevoer is, wat die volgende behels:

• Evaluering van die werknemer se mediese en beroepsgeskiedenis. • Mediese ondersoeke en toetse, wat X-strale van die bors, toetsing van

longfunksie en ’n geskikte fisiese ondersoek moet insluit. • Enige ander noodsaaklike mediese ondersoek wat na die

beroepsgeneeskundige se mening nodig is om sodanige geneeskundige in staat te stel om ’n behoorlike evaluering te doen.

Die evaluering van die werknemer sal ná die aanvanklike gesondheidsevaluering ten minste elke twee jaar uitgevoer word, of meer gereeld, soos deur ’n beroepsgeneeskundige gespesifiseer.

3. Die maatskappy sal nie ’n werknemer wat ongeskik vir werk gesertifiseer is, toelaat om in ’n plek te werk waar hy/sy aan asbesstof blootgestel sal word nie. Die werknemer mag terugkeer werk toe wanneer ’n beroepsgeneeskundige hom/haar geskik verklaar het.

REGULASIE 10: ASEMHALINGSONE

Die maatskappy moet verseker dat-

• enige werkplek waarin die konsentrasie gereguleerde asbesvesels in die lug sodanig is of kan wees dat die blootstelling van persone die BBP vir asbes oorskry sonder dat asemhalingsbeskermingstoerusting gedra word, as ’n asemhalingsone gesoneer word;

• ’n asemhalingsone duidelik afgebaken word en dat ’n kennisgewing aandui dat die area ’n asemhalingsone is en dat asemhalingsbeskerming daar gedra moet word;

27

• niemand ’n asemhalingsone betree sonder die vereiste asemhalingstoerusting en beskermende klere nie; en

• die rede waarom die BBP vir asbes oorskryf is, geïdentifiseer is en daar dienooreenkomstig opgetree is.

REGULASIE 11: BEHEER OOR BLOOTSTELLING AAN ASBES

Die maatskappy moet verseker dat ’n persoon se blootstelling aan asbes voorkom word of, indien dit nie prakties moontlik is nie, toereikend beheer word. Die beheer van blootstelling word as geskik beskou as die vlak van blootstelling gelyk aan of laer is as die BBP vir asbes.

REGULASIE 12: SKOON TOESTAND VAN PERSEEL EN AANLEG

Die maatskappy moet stappe doen om te verseker dat-

• werkplekke skoon en vry van asbesafval gehou word en wanneer asbes per ongeluk gestort word of asbesstof per ongeluk in die werkplek vrygestel word, remediërende maatreëls uitgevoer word voordat daar met werk voortgegaan word;

• masjinerie, aanleg en toerusting asook eksterne oppervlakke van ventilasietoerusting en interne oppervlakke van geboue vry van asbesstof gehou word;

• stofsuigtoerusting met ’n filtrasiedoeltreffendheid van ten minste 99% vir deeltjies een mikrometer in grootte vir skoonmaak gebruik word, of op sodanige ander manier dat asbesstof nie ontsnap nie en ook nie in die lug vrygestel word tot so ’n mate dat dit enige werkplek of die omgewing besmet nie;

• die stofsuigtoerusting gereeld versien word en die eksterne oppervlakke skoon en vry van asbesstof gehou word; en

• waar die gebruik van stofsuigtoerusting onprakties is, die toepaslike oppervlakke eers klam gemaak word en dat persone wat sodanige skoonmaak doen die toepaslike beskermende klere en asemhalingsbeskermingstoerusting dra.

REGULASIE 13: BEHEER OOR BLOOTSTELLING AAN ASBES VAN PERSONE BUITEN WERKNEMERS

Die maatskappy moet verseker dat die vrystelling van asbes in enige omgewing of waterstelsel voldoen aan die bepalings van die Wet op die Voorkoming van Atmosferiese Besoedeling, 1965 (Wet 45 van 1965), die Wet op Omgewingsbewaring, 1989 (Wet 73 van 1989), die Wet op Nasionale Water, 1998 (Wet 36 van 1998) en die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, 1998 (Wet 107 van 1998). Die maatskappy moet verseker dat toepaslike maatreëls uitgevoer word om die vrystelling van asbesstof in die omgewing wat uit die vervoer van asbes ontstaan, te voorkom.

REGULASIE 16: DOKUMENTASIE

’n Werkgewer moet-

• die uitslae van alle assesserings, lugmonitering, mediesetoesig-verslae en die asbesinventaris boekstaaf. Persoonlike mediese verslae mag slegs aan ’n beroepsgeneeskundige beskikbaar gestel word;

28

• enige persoon toelaat om die verslae van ’n spesifieke werknemer ter insae te lees, onderworpe aan die formele skriftelike toestemming van die werknemer;

• die verslae van alle assesserings en lugmonitering en die asbesinventaris ter insae aan die toepaslike gesondheids-en-veiligheidsverteenwoordiger of -komitee en die inspekteur van die Departement van Arbeid beskikbaar stel;

• alle verslae van assesserings en lugmonitering en die asbesinventaris vir ’n minimumtydperk van 40 jaar bewaar;

• alle mediesetoesig-verslae vir ’n minimumtydperk van 40 jaar bewaar, en indien die maatskappy werk met asbes staak, hierdie verslae per geregistreerde pos aan die Departement van Arbeid stuur, op voorwaarde dat hierdie verslae ten minste die volgende inligting bevat:

o van, voorname, geslag, geboortedatum, naam van gade of naaste familielid en, waar beskikbaar, permanente adres en poskode

o ’n verslag van alle soorte werk met asbes wat uitgevoer is en waar dit plaasgevind het

o indien van toepassing, die ligging, aanvangs- en einddatums van blootstelling en die gemiddelde duur van blootstelling in uur per week

o ’n verslag van enige werk met asbes voor hierdie pos o datums van mediesetoesig-verslae;

• die toetse en ondersoeke van beheerstelsels en enige herstelwerk wat uit die betrokke toetse en ondersoeke gespruit het, boekstaaf, en sodanige verslag vir ten minste drie jaar bewaar; en

• opleiding wat aan werknemers gebied is vir die tydperk waarin sodanige werknemers in diens bly by die werkplek waarin hy/sy aan asbes blootgestel word, boekstaaf.

REGULASIE 17: PERSOONLIKE BESKERMENDE TOERUSTING EN FASILITEITE

1. Die maatskappy moet aan alle persone wat in die werkplek aan asbes blootgestel word geskikte beskermende klere en asemhalingstoerusting verskaf ten einde te verseker dat hul blootstelling toereikend beheer word.

2. In gevalle waar asemhalingstoerusting verskaf word, moet die maatskappy verseker dat die blootstellingsvlak gelyk of laer is as die BBP vir asbes; dat die toerusting korrek en behoorlik gebruik word; dat inligting, onderrig, opleiding en toesig wat noodsaaklik is ten opsigte van die gebruik van die toerusting aan die persone gebied word; en dat die toerusting in ’n goeie en werkende toestand gehou word.

3. Die maatskappy sal-

• geen PBT aan ’n persoon uitreik nie tensy sodanige toerusting skoon, ontsmet en, waar nodig, gesteriliseer is;

• afsonderlike houers of bergingsfasiliteite vir PBT wat nie in gebruik is nie, verskaf; en

• verseker dat alle PBT wat nie in gebruik is nie slegs in die plek wat voorsien is, geberg word.

4. Die maatskappy sal verseker dat alle PBT wat met asbesstof besmet is, skoongemaak word en volgens die volgende prosedures hanteer word:

29

• Indien die toerusting op die perseel skoongemaak word, moet toegesien word dat besmetting nie tydens hantering, vervoer of skoonmaak plaasvind nie.

• Indien die toerusting na ’n kontrakteur gestuur word om skoongemaak te word- o moet die toerusting in ondeurdringbare houers verpak word; o moet die houers dig verseël en duidelik gemerk word, soos aangedui; en o moet die kontrakteur van hierdie regulasies ingelig word en voorsorgmaatreëls

geneem word vir die hantering van asbes-besmette toerusting. • Water wat vir ontsmetting of die skoonmaak van toerusting gebruik word, moet

gefiltreer word voordat dit in enige waterstelsel vrygelaat word.

5. Die maatskappy moet verseker dat geen persoon vuil of besmette PBT uit die werkplek verwyder nie.

6. In gevalle waar PBT wat met asbesstof besmet is, weggedoen moet word, moet dit soos asbesafval hanteer word.

7. Die maatskappy sal die volgende aan werknemers verskaf wat PBT gebruik:

• Opwasfasiliteite wat geredelik toeganklik is en in ’n area geleë is waar die fasiliteite nie besmet sal word nie

• Twee afsonderlike sluitkassies wat gemerk is as “beskermende klere” en “persoonlike klere” onderskeidelik. Die maatskappy moet verseker dat klere afsonderlik in hierdie kassies gehou word

• Afsonderlike kleedkamers gemerk “skoon kleedkamer” en “vuil kleedkamer”, met geskikte versperrings- en badfasiliteite om die besmetting van persoonlike klere met asbesstof te voorkom.

REGULASIE 18: HANDHAWING VAN BEHEERMAATREËLS

Die maatskappy moet verseker dat alle beheertoerusting en -fasiliteite in goeie werkende toestand gehou word, en dat ondersoeke en toetse van beheermaatreëls ten minste elke twee jaar deur ’n goedgekeurde inspeksie-owerheid uitgevoer word.

REGULASIE 19: ETIKETTERING, VERPAKKING, VERVOER EN BERGING

Ten einde die verspreiding van asbesstof te verhoed, moet die maatskappy stappe doen om te verseker dat-

• die asbes wat geberg word of versprei word behoorlik geïdentifiseer, geklassifiseer en hanteer word ingevolge SABS 0228;

• ’n houer of voertuig waarin asbes vervoer word duidelik geïdentifiseer, geklassifiseer en verpak is ingevolge SABS 0228 en SABS 0229; en

• enige artikel of stof wat asbes bevat duidelik en korrek gemerk is.

REGULASIE 20: WEGDOENING VAN ASBES

Die maatskappy moet verseker dat-

• alle asbesafval in houers geplaas word wat die waarskynlikheid van blootstelling tydens hantering sal beperk;

• alle voertuie, herbruikbare houers of enige ander soortgelyke artikels wat in kontak met asbesafval was ná gebruik skoongemaak en ontsmet is op so ’n manier dat dit nie ’n gevaar in of buite die werkplek inhou nie;

30

• alle asbesafval wat blootstelling kan veroorsaak slegs weggedoen word by terreine wat spesifiek hiervoor bestem is en op sodanige manier dat dit nie ’n gevaar in of buite die terrein inhou nie;

• alle persone wat by die verwydering, vervoer en wegdoening van asbesafval betrokke is wat aan daardie afval blootgestel kan wees van PBT voorsien word; en

• waar die dienste van ’n kontrakteur vir die wegdoening van asbesafval gebruik word, ’n bepaling by die kontrak gevoeg word dat die kontrakteur aan die bepalings van die Asbesregulasies sal voldoen.

REGULASIE 21: VERBOD

Geen persoon mag-

• saamgeperste lug gebruik om asbesstof van enige oppervlak of persoon te verwyder nie;

• in ’n area wat nie spesifiek daarvoor bestem is rook, eet, drink of voedsel of drinkgoed aanhou nie; en

• asbes aanwend deur dit te sproei of enige soortgelyke proses te gebruik nie.

KLASSIFIKASIE VAN ASBESAFVAL

Ingevolge SANS 10228, die identifikasie en klassifikasie van gevaarlike stowwe en goedere, word asbes as klas 9: Verskillende gevaarlike stowwe en goedere, geklassifiseer. Na gelang van die soort asbes, val dit verder in Gevaargroep II: Stowwe of goedere wat ’n ernstige risiko inhou, en Gevaargroep III: Stowwe of goedere wat ’n relatiewe lae risiko inhou. Die VN-nommer verander na gelang van die soort asbes.

Daar is ’n spesifieke bepaling vir die vervoer van asbes. Die volgende asbesartikels word nie as gevaarlik beskou nie:

• Asbes wat in ’n natuurlike of kunsmatige binder gedompel of daaraan vas is, sodat gevaarlike hoeveelhede inasembare vesels nie tydens vervoer kan ontsnap nie .

• Vervaardigde artikels wat asbes bevat en nie aan die vereistes van (a) hierbo voldoen nie, op voorwaarde dat dit sodanig verpak is dat gevaarlike hoeveelhede inasembare vesels nie tydens vervoer kan ontsnap nie.

VERPAKKING, VERVOER, BERGING, ETIKETTERING EN INLIGTING

Verpakking In SANS 10229: Verpakking van gevaarlike goedere vir pad- en spoorvervoer in Suid-Afrika, word die verpakkingskriteria vir gevaarlike goedere uiteengesit. Dit is die genereerder van afval se verantwoordelikheid om te verseker dat die afval behoorlik verpak word. Die kriteria vir asbesafval of afval wat asbes bevat, word in regulasie 19: Etikettering, verpakking, vervoer en berging, gestipuleer. Hierdie regulasie stipuleer die volgende:

• Om die verspreiding van asbes te verhoed, moet die asbes wat geberg word of versprei word behoorlik geïdentifiseer, geklassifiseer en hanteer word ingevolge SABS.

31

• ’n Houer of voertuig waarin asbes vervoer word, moet duidelik geïdentifiseer, geklassifiseer en verpak is ingevolge SABS.

• Enige artikel of stof wat asbes bevat, moet duidelik en korrek gemerk wees.

Berging Asbes kan deur die lug, water of lewende mense versprei word. Asbes wat tot moontlike besmetting kan lei, moet daarom-

• streng beheer word; • in houers of op ’n soortgelyke geskikte manier bewaar word wat dit onwaarskynlik

sal maak dat dit na ander areas van die werkplek of deur die wind of lug na ander persele kan versprei; en

• tydens vervoer ingeperk word en duidelik gemerk word sodat dit maklik as asbes geïdentifiseer kan word. Die moet ook ’n gesondheidswaarskuwing bevat.

Die manier van inperking of die soort houer sal afhang van die soort materiaal wat verpak, vervoer of geberg word.

Vervoer Asbesafval moet veilig weggedoen word deur die volgende te verseker:

• Asbesstof moet nie tydens vervoer na die opvullingsterrein vrygestel word nie. Gebruik dig verseëlde houers.

• Asbesslyk moet in dig verseëlde houers geplaas word, aangesien dit maklik tydens vervoer kan uitstort of kan uitdroog.

• Asbesafval moet slegs by ’n goedgekeurde opvullingsterrein weggedoen word wat spesifiek vir hierdie doel bestem is ingevolge die Wet op Omgewingsbewaring.

• Alle werknemers wat by die vervoer en wegdoening van asbesafval betrokke is, moet die vereiste PBT (respirators en klere) ontvang.

• Alle toerusting wat tydens die wegdoening van asbesafval gebruik word, moet deeglik ná die tyd skoongemaak word.

• Alle toevallige stortings van asbesafval moet dadelik skoongemaak word. Die bestuurder van die voertuig wat asbesafval vervoer, moet die nodige opleiding hê en vertroud wees met die stappe wat in sulke gevalle gedoen moet word.

Etikettering en inligting Die bedoeling is om die verkoop van enige artikel wat asbes bevat en waarskynlik gereguleerde asbesvesels sal vrystel wanneer dit gebruik, hanteer, geberg of geprosesseer word, te verbied, tensy-

• dit duidelik met ’n waarskuwingsetiket gemerk is, soos verskaf; en • dit van ’n MVDB vergesel word.

32

DIE VOLGENDE ETIKET MOET OP ALLE ASBESAFVAL GEPLAAS WORD:

WAARSKUWING: ASBES

DIE INASEM VAN ASBESSTOF IS GEVAARLIK VIR DIE GESONDHEID.

VOLG DIE VEILIGHEIDSINSTRUKSIES.

Eiendomsdienste is daartoe verbind om alle asbesprodukte uit te faseer en dit met veiliger produkte te vervang. Eiendomsdienste moet ’n verantwoordelike persoon identifiseer om mense op te lei wat aan asbesprodukte blootgestel word; blootstelling te assesseer, te monitor en te beperk; lugmonitering uit te voer; veiligheidstoerusting te verskaf en te beheer; en ondersteuning en optekening waar te neem, soos in regulasie 155 van 2001 gespesifiseer. Kampusgesondheid is verantwoordelik vir die mediese waarneming en toetsing van blootgestelde personeel.

33

HOOFSTUK AGT: VERWYDERING VAN E-AFVAL Rekenaars, rekenaarskerms en batterye wat gevaarlike materiale bevat en ’n omgewingsrisiko inhou, moet korrek weggedoen word. Die Afdeling Informasietegnologie is verantwoordelik vir die veilige wegdoening van e-afval op alle kampusse en die korrekte herwinning daarvan. Alle omgewings op kampus wat e-afval genereer, moet verseker dat niks in bergingsareas opgegaar word nie. Die Afdeling Informasietegnologie moet geskakel word om alle afval na ’n sentrale bergplek te neem waar dit korrek hanteer en herwin kan word. HOOFSTUK NEGE: KWIK (BATTERYE EN FLUOORGLOEILAMPE) Batterye Elke jaar word ongeveer 50 miljoen batterye in Suid-Afrika verkoop. Ongeveer 2 500 ton batterye word jaarliks in algemene opvullingsterreine weggedoen. Alhoewel sommige alkalibatterye as huishoudelike afval weggedoen kan word, kan herlaaibare batterye en silweroksiedbatterye swaar metale soos kwik en kadmium bevat, wat as gevaarlike stowwe geklassifiseer is en ’n omgewingsbedreiging kan inhou wanneer dit in ’n opvullingsterrien weggedoen word. Die vernaamste uitdagings tydens die implementering van die afvalhiërargie is om die afvalstroom deur herwinning te verminder, en indien herwinning nie moontlik is nie, hierdie afval van die algemene afvalstroom te skei sodat dit veilig weggedoen kan word. Die Afvalklassifikasiestelsel bied sewe subkategorieë van batterye, en toepaslike afvalbestuursmaatreëls moet in elke subkategorie toegepas word. Daar is tans geen regulasies of amptelike evolusionêre kragreaktor-inisiatiewe in plek vir die plaaslike batterybedryf nie. Een internasionale verskaffer van plaaslike batterye het ’n batteryherwinningsinisiatief van stapel gestuur, met dromme wat by sekere verkooppunte geplaas word. Hierdie batterye word dan gesorteer en die herwinbare batterye word Frankryk toe gestuur, aangesien daar tans geen plaaslike batteryherwinningsfasiliteite in Suid-Afrika is nie. Nieherwinbare plaaslike batterye word met beton omhul en na ’n opvullingsterrein gestuur.

Loodsuurbatterye wat in motors gebruik word, word as gevaarlike afval beskou. Daar is ’n gevestigde herwinningsindustrie vir sekere soort batterye (soos loodsuurbatterye).

Die Suid-Afrikaanse Batteryvervaardigersvereniging hef ’n skrootheffing op motorbatterye, wat as toksies beskou word weens die inhoud van lood en swawelsuur. Batteryhandelaars sal gewoonlik een battery terugneem vir elke nuwe battery wat by hulle gekoop word, en sal die heffing in ruil hiervoor betaal. Die heffing wissel van ongeveer R10 vir motorfietsbatterye tot R100 vir motorbatterye. Tegnologiese deurbrake het daartoe gelei dat die onderdele van hierdie batterye bykans volledig herbruikbaar of herwinbaar is, en die heffing het bygedra tot hoë vlakke motorbatteryherwinning.

34

By die US streef ons daarna om die hoeveelheid batterye wat na opvullingsterreine geneem word, te verminder, en ons moedig die gebruik van herlaaibare batterye asook die herwinning van batterye aan. Hiervoor moet batterye by die bron van algemene afval geskei word. Gebruikers word gevra om afsonderlike houers te verskaf vir batterye wat in hul departemente gebruik word. Die moontlikheid van verantwoordelikheid vir herwinning en verskaffing word tans ondersoek.

Fluoorgloeilampe Fluoorgloeilampe bevat ’n klein hoeveelheid kwik, wat in die verligtingsproses gebruik word. Kwik is ’n neurotoksien wat selfs in klein hoeveelhede skadelik kan wees. Die bevordering van kompakte fluoorgloeilampe (KFL’s) deur die regering en Eskom as ’n energiebesparingsmaatreël het gelei tot ’n aansienlike verhoging van die hoeveelheid KFL’s wat weggedoen moet word wanneer dit verval het. Alhoewel fluoorgloeilampe met sukses herwin kan word en die kwik verwyder kan word, is daar tans nie sodanige fasiliteite in die land nie. Daar is tans geen fasiliteite wat KFL’s afsonderlik kan verwyder en bestuur nie, en dit word tans saam met huishoudelike afval weggedoen. Die onmiddellike fokus vir hierdie afvalstroom ten opsigte van die implementering van die afvalhiërargie is op die voorkoming van die onveilige en omgewingskadelike wegdoening van KFL’s. Veilige wegdoening van fluoorgloeilampe Tot 300 ton kwik word elke jaar van fyngedrukte fluoorgloeilampe in Suid-Afrika vrygestel. Dit sluit nie talle ander kwikafvalbronne, soos batterye, in nie. Kwik is hoogs karsinogenies. Klein hoeveelhede daarvan kan ernstige en permanente senuwee- en nierskade veroorsaak. Alhoewel die regering reëls het oor die veilige wegdoening van toksiese afval, gooi die meeste mense dit onwettig weg omdat hulle onkundig is oor die groot gevaar wat kwik inhou. Buise en lampe word in afval- of hysbakdromme gegooi, waarná dit in plaaslike stortingsterreine gegooi word en veiligheids- en omgewingsregulasies sodoende geïgnoreer word. Verligtingstoerusting word in die Afvalkategoriseringstelsel as ’n ondersoort van afval- elektriese en elektroniese toerusting (WEEE) beskou. Alhoewel WEEE of e-afval as ’n afvalstroom in hierdie kategorie beskou word, word verligtingstoerusting afsonderlik hanteer weens die aard van die bedryf en oorweging aan die bestaande geïntegreerde afvalbestuurplanne.

Deur chemikalieë by te voeg, word die kwik afgebreek en die dampe geneutraliseer. Dit maak dit veilig en maklik om hierdie gloeilampe weg te gooi deur werkers wat beskermende klere dra. Die aanvaarbare vlak vir kwik is 0.9 ppb (0.0009 mg/kg of mg/1) vir wegdoening by ’n H:H-afvalterrein, en selfs as die konsentrasie in die afval laer as dit is, mag dit slegs by ’n H:H-afvalterrein weggedoen word as die konsentrasie in die afval minder is as 0.009 ppb (9 x 10-6 mg/kg of mg/1) EN die kwikonderdeel minder as 1% van die totale afvalstroom is. Fluoorbuise wat in groot hoeveelheid bymekaargemaak word, word as uiters gevaarlike afval beskou, aangesien dit ongeveer 2 mg/kg kwik bevat, wat ’n bekende karsinogeen is. Dit mag slegs by ’n H:H-afvalterrein weggedoen word, en slegs ná

35

behandeling. Sodanige behandeling behels die toevoeging van ’n 50% natriumsulfied – 50% swael-oplossing in ’n – 50% swael-oplossing in ’n 1:10 (vol/vol)-verhouding by die buise wat onder beheerde toestande in ’n drom fyngedruk word. Tans word alle fluoorbuise deur ’n eksterne kontrakteur wat deur Eiendomsdienste gekontrakteer is, afgehaal en fyngedruk. Hierdie funksie moet egter onder die aandag van alle laboratoriumbestuurders gebring word, aangesien fluoorbuise wat in laboratoriumtoerusting gebruik word nie voorheen afgehaal is vir korrekte wegdoening daarvan nie.