oriËnteringshandleiding vir onderwysers julie 2013 · benadering tot dans, drama, musiek en...
TRANSCRIPT
NKV KABV
SENIOR FASE
Graad 7-9
SKEPPENDE KUNSTE
ORIËNTERINGSHANDLEIDING VIR
ONDERWYSERS
Julie 2013
NKV KABV SF Graad 7 - 9 2 SKEPPENDE KUNSTE
Geagte Onderwysers
Welkom by die NKV KABV SF Skeppende Kunste-oriënteringsessie. Die doel hiervan is
om vir jou ’n oorsig te gee van die vereistes vir Skeppende Kunste soos in die
Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) gestipuleer. Die aktiwiteite sal jou
bekendstel aan die inhoud en progressie van vaardighede oor Graad 6-10 en
beplanning vir onderrig, leer en assessering.
Die fokus van hierdie oriëntering sal op praktiese aktiwiteite wees om die
onderwerpe, inhoud en vaardighede in elke kunsvorm te ondersoek. Die praktiese
benadering tot Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste behoort onderwysers in staat
te stel om ingeligte besluite te neem met die seleksie van die kunsvorms wat vanaf
2014 in skole onderrig moet word.
Die WKOD is groot dank aan die leieronderwysers verskuldig wat ure bestee het om
vir hierdie sessie voor te berei. Ons bedank hulle vir hulle bydrae. Dit word nie van
leieronderwysers verwag om al die antwoorde op vrae wat jy mag hê, te ken nie. Jy
word aangemoedig om jou vrae via die leieronderwyser aan die vakadviseur te rig,
wat dit so gou doenlik sal beantwoord.
Hierdie handleiding is deur die Direktoraat: Kurrikulum AOO en die ondersteuning van
die Kurrikulumbeplanners vir Dansstudies, Musiek en Visuele Kunste in die Direktoraat:
Kurrikulum VOO van die Wes-Kaap Onderwysdepartement saamgestel. Die inhoud
van hierdie Onderwyseroriënteringshandleiding is gebaseer op die
opleidingsmateriaal wat deur die Nasionale Departement van Basiese Onderwys
ontwikkel is.
NKV KABV SF Graad 7 - 9 3 SKEPPENDE KUNSTE
INHOUD
SESSIE 1: INLEIDING TOT SKEPPENDE KUNSTE
Aktiwiteit 1 (60 minute)
Generiese oorsig en oorsig van Skeppende Kunste in die Senior Fase
Aktiwiteit 2
Oorweging van onderwerpe en inhoud per kunsvorm (30 minute)
Aktiwiteit 3
Volg progressie oor die fases per kunsvorm (30 minute)
SESSIE 2: WAT DIE KLASKAMER BETREF
Aktiwiteit 4 (50 minute)
Ondersoek Dans – onderwerpe, sleutelbegrippe en progressie oor fases,
inklusiwiteit
Aktiwiteit 5 (50 minute)
Ondersoek Drama – onderwerpe, sleutelbegrippe en progressie oor fases,
inklusiwiteit
Aktiwiteit 6 (50 minute)
Ondersoek Musiek – onderwerpe, sleutelbegrippe en progressie oor fases,
inklusiwiteit
Aktiwiteit 7 (50 minute)
Ondersoek Visuele Kunste – onderwerpe, sleutelbegrippe en progressie
oor fases, inklusiwiteit
Aktiwiteit 8 (40 minute)
Begrip van assessering in Skeppende Kunste
Bylae 1 - 5
NKV KABV SF Graad 7 - 9 4 SKEPPENDE KUNSTE
Oriënteringsuitkomste: Aan die einde van hierdie oriëntering sal u in staat wees om:
Die sleutelkenmerke van die vak Skeppende Kunste te verstaan ten einde ‟n ingeligte
besluit te neem oor die keuse van kunsvorms wat vanaf 2014 by u skool gevolg sal word.
Die doel van Skeppende Kunste te verstaan.
Die onderwerpe en inhoud vir Skeppende Kunste in die Senior Fase vir elke kunsvorm
te verstaan.
Die begrippe en vaardighede in die onderwerpe te verstaan en in die klaskamer toe te
pas.
Die skakeling en oorgang van kennis en vaardighede vir elke kunsvorm van die
Intermediêre Fase na die Senior Fase en die Senior Fase na die Verdere Onderwys en
Opleiding (VOO-fase) te verbind.
Die tydstoekenning per week en per jaar vir elke kunsvorm te identifiseer.
Die minimum fasiliteite en hulpbronne wat vir die vak Skeppende Kunste benodig
word, te identifiseer.
Aan praktiese aktiwiteite in Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste deel te neem ten
einde vaardigheid en ‟n begrip van die konsepte in die vier kunsvorms te ontwikkel.
Hulpbronne vir doeltreffende onderrig, leer en assessering te identifiseer.
Die program vir assessering van Skeppende Kunste te verstaan.
Die verskillende vorme van assessering wat vir elke kunsvorm gestipuleer word, te
verduidelik.
Te verduidelik hoe assessering in die Skeppende Kunste-vak opgeteken moet word.
NKV KABV SF Graad 7 - 9 5 SKEPPENDE KUNSTE
Oorsig van Skeppende Kunste in die Senior Fase 30 min
Aktiwiteit 1 Generiese oorsig en oorsig van die vak (Bylae 1)
Bespreking gelei deur fasiliteerder
Hulpbronne
NKV Kurrikulum-en-Assesseringbeleidsverklaring (KABV): Skeppende Kunste
SKEPPENDE KUNSTE verskaf blootstelling aan en bestudering van ‟n reeks kunsvorms: DANS, DRAMA, MUSIEK en VISUELE KUNSTE
(insluitend ontwerp en kunsvlyt) vanaf Graad R tot Graad 9. Die voorneme van die vak Skeppende Kunste is om:
kreatiewe, uitdrukkingsvolle en innoverende individue en spanne te ontwikkel;
leerders met blootstelling en ondervindinge in dans, drama, musiek en visuele
kunste te voorsien;
toegang tot basiese kunsopvoeding vir alle leerders te bied;
kunstalent, aanleg en entoesiasme te identifiseer en te koester;
leerders met die nodige basiese vaardighede toe te rus om sodoende verdere studies
in die kunsvorm van hulle keuse na te volg;
‟n bewustheid van die kunste van diverse kulture te ontwikkel;
leerders aan ‟n reeks loopbane in die kunste bloot te stel;
kunsgeletterdheid en waardering te ontwikkel;
toekomstige gehore en kunsverbruikers te ontwikkel; en
lewensvaardighede deur middel van die kunste te ontwikkel.
(KABV: bl. 8, 9)
HOOFBERIG!
NKV KABV SF Graad 7 - 9 6 SKEPPENDE KUNSTE
In graad 7, 8 en 9, word twee uur per week (vyfdagsiklus) aan Skeppende Kunste toegeken.
Leerders bestudeer slegs TWEE kunsvorms, maar skole kan VIER kunsvorms
aanbied. Een uur per week word vir elkeen van die twee kunsvorms toegeken.
Dit maak voorsiening vir diepte van studie en berei leerders voor vir vakkeuses in die kunste in Graad 10 tot Graad 12.
Die kunsvorms moet dwarsdeur die jaar onderrig word en nie in halfjaar-modules nie.
SELEKSIE VAN KUNSVORMS BY ELKE SKOOL:
Word volgens die kriteria hieronder deur elke skool bepaal: o Beskikbaarheid van die minimum fasiliteite en hulpbronne wat vir elke vak benodig
word.
o Beskikbaarheid van onderwysers wat by die skool in die kunste spesialiseer of toeganklik tot die skool is (bv. rondreisende onderwysers, ouers, kunstenaars in die gemeenskap).
o Leerders se vermoëns/talente en voorkeure.
Minimum vereistes per kunsvorm
KUNSVORM MINIMUM FASILITEITE HULPBRONNE
DANS Dansateljee/saal/dubbelklaskamer (oop ruimte verkieslik met ‟n geveerde houtvloer)
Musiekstelsel met CD-speler/ iPod
DRAMA Groot klaskamer of saal
Musiekstelsel
MUSIEK Normale klaskamer en ruimte vir oefen
Musiekstelsel, musiekinstrumente
VISUELE KUNSTE
Kunskamer of gepaste ruimte
Visuele Kunste-toerusting, verbruikersgoedere
(KABV, bl. 9-12)
Wanneer skole kies watter kunsvorms om aan te bied, moet daar tydens die toewysing of seleksie van leerders kennis geneem word van die EISE WAT DIE KUNSVORM STEL. Instruksie • Deelnemers volg die Skeppende Kunste KABV-dokument volgens die bladsynommers
wat deur die fasiliteerder aangetoon word. • Kort kommentaar en bespreking deur deelnemers. • Samevatting deur fasiliteerder
JONGSTE NUUS!
NKV KABV SF Graad 7 - 9 7 SKEPPENDE KUNSTE
Oorweging van onderwerpe en inhoud per kunsvorm 30 min
Aktiwiteit 2
In groepe volgens die kunsvorms: Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste, lees die
OORSIG VAN DIE ONDERWERPE in die KABV (bl. 13-23).
DANS (KABV bl. 13 - 14; uitgebreide lees bl. 24 - 35)
Bespreek die stelling op bladsy 13 van die KABV en die implikasies daarvan vir
Dans-onderrig by u skool.
’n Danskurrikulum kan nie die behoeftes van elke dansvorm aanspreek nie. In lyn met
internasionale pariteit is hierdie kurrikulum met die drie populêrste dansvorms in Suid-
Afrika in gedagte geskryf: Afrika-dans, klassieke ballet en kontemporêre dans. Indien
ander dansvorms oorweeg word, moet die Departement van Basiese Opvoeding (DBO)
met besonderhede van presies hoe die dansvorm aangepas sal word, voorsien word om
die vereistes van die kurrikulum na te kom.
Onderwerp 1: Dansuitvoering
Gaan deur ‟n seleksie van sommige van die begrippe en vaardighede wat in
Onderwerp 1 behandel word en voltooi die tabel om aan te dui hoe progressie van
Graad 7 na Graad 9 plaasvind. Gebruik voorbeelde om die progressie van graad na
graad te illustreer.
Graad 7 Graad 8 Graad 9
Danskonvensies: groet,
gebruik van ruimte, beheer.
Danskonvensies: Danskonvensies:
Opwarming:
Passies van ‟n Suid-
Afrikaanse dans
NKV KABV SF Graad 7 - 9 8 SKEPPENDE KUNSTE
Gewigsverplasing van
kant tot kant, vorentoe en
agtertoe.
Afkoeling en strekking
Onderwerp 2: Dansimprovisasie en komposisie
Watter elemente van Dans word in Graad 7-9 ondersoek? Dui in onderstaande tabel
aan.
Graad 7 Graad 8 Graad 9
Onderwerp 3: Dansteorie
Hoe word Dansgeletterdheid in Graad 7-9 behandel? Dui in onderstaande tabel aan.
Graad 7 Graad 8 Graad 9
Dansgeletterdheid - eie en
ander;
hoe bewegings betekenis
oordra.
DRAMA (KABV bl. 15 - 16; uitgebreide lees bl. 36 - 48)
Onderwerp 1: Ontwikkeling van dramavaardighede
In pare, kies een oefening in Graad 7, 8 of 9 vir Stemontwikkeling of een oefening vir
Fisiese Ontwikkeling. Verduidelik kortliks en/of demonstreer die oefening aan jou maat.
Maak kort aantekeninge om die oefening uiteen te sit. Verander maats.
Graad 7 Graad 8 Graad 9
Stemontwikkeling
Fisiese ontwikkeling
NKV KABV SF Graad 7 - 9 9 SKEPPENDE KUNSTE
Onderwerp 2: Drama-elemente in toneelskepping
Bespreek die verskillende fokusareas van klaskamerdrama (toneelskepping) in Graad 7,
8 en 9.
Graad 7 Graad 8 Graad 9
Onderwerp 3: Interpretasie en opvoering van „n keuse van dramatiese vorms
Lys die dramatiese vorms wat in Graad 7, 8 en 9 bestudeer word.
Graad 7 Graad 8 Graad 9
Onderwerp 4: Waardering en besinning
Dui aan hoe u sal verseker dat u leerders die inhoud en vaardighede kan aanleer wat in
hierdie onderwerp beskryf word.
Graad 7 Graad 8 Graad 9
Onderwerp 5: Media en loopbane
In watter graad word STEREOTIPERING behandel? Hoe word stereotipering in hierdie
onderwerp aan drama gekoppel?
Stereotipering
MUSIEK (KABV bl. 17 - 20; uitgebreide lees bl. 49 - 60)
Onderwerp 1: Musiekgeletterdheid
In hierdie onderwerp is die klem op hoe om musiek te lees en analiseer, asook hoe om
eie musiek te skryf. Stel in die onderstaande tabel voor hoe lettername in die skryf van
toonlere ontwikkel, soos op bl. 17 (KABV) aangedui.
NKV KABV SF Graad 7 - 9 10 SKEPPENDE KUNSTE
Graad 7 Graad 8 Graad 9
Demonstreer hoe progressie vanaf die klap/speel van kort ritmiese frases tot die lees/speel van musiek in die sleutels plaasvind, soos vanaf Graad 7 tot 9 aangedui. Maak kort ondersteunende aantekeninge in onderstaande tabel.
Graad 7 Graad 8 Graad 9
Onderwerp 2: Musiekbeluistering
‟n Sterk fokus van Musiek is die ontwikkeling van ‟n leerder se ouditiewe vermoë. Dit stel leerders in staat om verskillende elemente, instrumente en style van musiek te identifiseer. Hoe sal jy leerders vanaf Graad 7-9 aan verskillende style van musiek bekendstel? Maak kort ondersteunende aantekeninge in die onderstaande tabel.
Graad 7 Graad 8 Graad 9
Instrumente word in families verdeel. Hoe sal u leerders onderrig om hierdie families te identifiseer deur na opnames van musiek te luister? Maak kort aantekeninge in onderstaande tabel.
Graad 7 Graad 8 Graad 9
Onderwerp 3: Uitvoering/aanbieding en skepping van musiek
Stel voor hoe progressie van Graad 7 na 9 in die skepping van eie musiek plaasvind.
Graad 7 Graad 8 Graad 9
NKV KABV SF Graad 7 - 9 11 SKEPPENDE KUNSTE
Visuele Kunste (KABV bl. 21-22; uitgebreide lees bl. 61-74)
Onderwerp 1: Skep in 2D
Bespreek kortliks hoe die leerder se waarneming en interpretasie van sy/haar EIE visuele wêreld in die drie grade uitgebrei word. Gebruik voorbeelde om die progressie van graad na graad te illustreer.
Graad 7 Graad 8 Graad 9
Onderwerp 2: Skep in 3D
Gee voorbeelde van die temas wat in Graad 7-9 in die skepping van 3D verken word. U kan na die voorbeelde in die KABV of na u eie ervarings verwys.
Graad 7 Graad 8 Graad 9
Onderwerp 3: Visuele geletterdheid
Dui in die tabel hieronder aan hoe die rol van die kunstenaar in die drie grade verken word.
Graad 7 Graad 8 Graad 9
Lees die volgende aantekening op bl. 22 (KABV), Graad 8 Onderwerp 3:
Beplanning en voorbereiding: met leiding, versamel hulpbronne, visuele inligting en
voorlopige tekeninge en sketse vir voorbereiding vir die finale projekte. Bespreek hoe
Onderwerp 3 by Onderwerp 1 en/of 2 in ‟n les geïntegreer kan word.
Graad 8
Terugvoering deur deelnemers
o Elke groep stel ‟n skrywer aan en ‟n persoon om terugvoering aan die volle groep te
gee, met die fokus op die inhoud en vaardighede wat in die onderwerp van hulle
gekose kunsvorm beskryf word.
o Samevatting deur fasiliteerder.
NKV KABV SF Graad 7 - 9 12 SKEPPENDE KUNSTE
Progressie oor die fases 30 min
Aktiwiteit 3
In groepe volgens die kunsvorms: Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste:
1) kyk na die ONDERWERPE in elke kunsvorm in die Senior Fase (tabel hieronder)
2) kyk na die lys onderwerpe in u gekose kunsvorm (Bylae 2) oor die fases:
Intermediêre Fase na die Senior Fase
Senior Fase na die Verdere Onderwys en Opleiding (VOO-fase)
3) bespreek hoe progressie in elke onderwerp tussen die grade en fases plaasvind.
SKEPPENDE KUNSTE: SENIOR FASE-ONDERWERPE
DANS DRAMA MUSIEK VISUELE KUNSTE
Onderwerp 1
Dansuitvoering
Onderwerp 1
Ontwikkeling van
dramavaardighede
Onderwerp 1
Musiekgeletterdheid
Onderwerp 1
Skep in 2D
Onderwerp 2
Dansimprovisasie en
komposisie
Onderwerp 2
Drama-elemente in
toneelskepping
Onderwerp 2
Musiekbeluistering
Onderwerp 2
Skep in 3D
Onderwerp 3
Dansteorie
Onderwerp 3
Interpretasie en
opvoering van „n
keuse van
dramatiese vorms
Onderwerp 3
Uitvoering/aanbieding
en skepping van
musiek
Onderwerp 3
Visuele geletterdheid
Onderwerp 4
Waardering en
besinning
Onderwerp 5
Media en loopbane
Terugvoering deur deelnemers
o Elke groep stel ‟n skrywer aan en ‟n persoon om terugvoering aan die volle groep te
gee, met die fokus op die onderwerpe van hulle gekose kunsvorm.
o Samevatting deur fasiliteerder.
NKV KABV SF Graad 7 - 9 13 SKEPPENDE KUNSTE
Aktiwiteit 4 Ondersoek die begrippe en inhoud van Dans 50 min
Bespreking gelei deur fasiliteerder
Die drie onderwerpe, die gewigstoekenning en hoe dit geïntegreer is om tyd optimaal
te benut.
Die sikliese aard van dansonderrig en die behoefte om ten minste twee keer ‟n week te
oefen om fiksheid en geheue van bewegings te bou.
Onderwerp 1: Danskonvensies 10 min
Aktiwiteit deur die fasiliteer gelei om begrippe en vaardighede te demonstreer:
beheermeganisme in dans
Stel kontroles vir “vries”
Loop vinnig na enige plek in die kamer om ‟n oop ruimte te vind. Fasiliteerder sê “vries”
of gebruik handkontrole (hou hand hoog in die lug en wag vir rustigheid en stilte) nadat
deelnemers vir ‟n rukkie geloop het.
Die deelnemers moet op die sein van die fasiliteerder ophou beweeg en vries waar
hulle is.
Herhaal nog ‟n paar keer en wissel dan die lokomotoriese bewegings af deur rigtings,
vlakke en vorms te gebruik, bv.
o Loop agteruit, vries op ‟n lae vlak.
o Galop sywaarts, vries deur ‟n ronde vorm te maak.
o Hardloop in diagonale lyne, vries op ‟n hoë vlak en maak ‟n driehoekige vorm, ens.
Ontwikkeling van ruimtelike bewustheid
Loop agter ‟n maat en handhaaf deurentyd dieselfde afstand.
Loop langsaan ‟n maat en bly in pas met mekaar; gebruik periferiese sig, kyk vorentoe
maar sien maat deur kant toe te kyk.
Terugvoering deur deelnemers oor hulle ervaring en wat hulle in die oefening geleer het.
Samevatting van begrippe deur fasiliteerder:
o Danskonvensies verskaf struktuur vir dissipline in die klas.
NKV KABV SF Graad 7 - 9 14 SKEPPENDE KUNSTE
o Dit is noodsaaklik om die danskonvensies en kontroles aan die begin van die jaar vas te stel en dit deur die loop van die jaar te versterk.
o Fasiliteerder beklemtoon die belangrikheid van dissipline in die dansklas en verduidelik die reëls oor geen botsing, stoot of geselsery in die klas.
Onderwerp 1: Opwarming en bou van vaardighede 20 min
Ruggraatopwarming 10 min
Instruksies:
Staan met voete parallel onder die heupe, laat sak jou kop en verslap jou knieë. Voel
die gewig van jou kop soos jy vorentoe afrol.
Wanneer jou kop af is, reik jou sitbene dak se kant toe.
Doen die beweging omgekeerd en ontrol een werwel op ‟n slag. Jou kop lig laaste op.
Herhaal die oefening twee keer op 8 tellings, twee keer op 4 tellings en vier keer op 2
tellings, met spoed wat geleidelik toeneem.
Swaaie en uitvalstande ("lunges") 5 min
Probeer verskillende maniere om jou arms te swaai: afsonderlik, saam, vorentoe en
agtertoe, beweeg met 3 treë en van kant tot kant.
Maak halfsirkels en volle sirkels met jou arms en buig die knieë met elke swaai; jy
behoort baie ontspanne te voel.
Uitvalstande (“lunges”) en uitreikbewegings (“reaches”) is maklike, vloeiende bewegings
om jou spiere en gewrigte op te warm.
Instruksies:
Staan met jou voete wyd uitmekaar (in tweede posisie) met voete gemaklik na buite
gedraai.
Buig een knie en verskuif jou gewig oor die gebuigde knie.
Maak daardie knie reguit en buig die ander een, met jou gewig wat na die gebuigde
knie verskuif.
Hou aan om hierdie bewegings te herhaal, met gladde verplasing van jou gewig van
een knie na die ander.
Voeg armbewegings by – reik uit in alle rigtings – vorentoe, sywaarts, agtertoe,
opwaarts, afwaarts, oor jou koop, oor jou lyf.
Kniebuigings en hakswewe ("rises") 5 min
Stadige buiging van die knieë is baie goed vir die opwarming van alle beenspiere: die sterk
kuit- en dyspiere en die knie- en enkelgewrigte. Knieë is baie kwesbaar; maak dus seker
om jou knieë in lyn met die middelste tone te bring sodat jy nie jou knieë verdraai nie.
NKV KABV SF Graad 7 - 9 15 SKEPPENDE KUNSTE
Instruksies:
Staan met jou voete parallel, effens uitmekaar.
Buig jou knieë gladweg; behou ‟n reguit rug.
Maak jou bene reguit.
Lig jouself op albei voete. Soos jy oplig, ervaar ‟n gevoel van teen die vloer vasdruk;
maak seker jy hou jou gewig op jou groottone en hou die binnekant van jou enkels in
lyn met jou groottone. Een manier om dit te doen, is om jou te verbeel dat jy ‟n lemoen
tussen jou dye vashou.
Soos jy jou hakke grond toe laat sak, reik op bo jou kop om jou postuur te versterk.
Herhaal dit vier keer en dan met die voete in 1ste en 2de posisie uitgedraai.
Voeg armbewegings by om met die bene te koördineer.
Terugvoering deur deelnemers: Bespreking waarom opwarming belangrik is.
Samevatting deur fasiliteerder:
o Maak in elke dansklas seker dat jy passies doen, heen en weer beweeg (“travelling
movements”) en dans-kombinasies doen.
Onderwerp 2: Improvisasie: Inhoud en begrippe 20 min
Inleiding tot metodologie vir die onderrig van improvisasie deur middel van
natuurlike beweging.
Improviseer met ‟n rekwisiet 5 min
Instruksie:
Kies enige rekwisiet, bv. stoel / tafel / hoed / stok / koerantpapier / boks.
Improviseer oor, onder, rondom of binne die rekwisiet.
Gebruik die rekwisiet as ‟n verlengstuk van jou liggaam.
Gebruik die rekwisiet asof dit iets anders verteenwoordig, bv. ‟n gevangenis, ‟n
wegkruipplek, klere, ‟n boot, ens.
Ontmoet en verlaat 5 min
Instruksies:
In pare, begin ver van mekaar af en beweeg na mekaar toe en verlaat mekaar dan
weer. Hou die aksies nie-verbaal.
Voeg emosies of idees by, bv.
o Ontmoet vriendelik en verlaat kwaad
o Ontmoet stadig en hartseer en verlaat vinnig
o Ontmoet en verlaat mekaar asof julle vreemdeling/ beste vriende is
NKV KABV SF Graad 7 - 9 16 SKEPPENDE KUNSTE
Ontwikkeling van bewegingswoordeskat: Natuurlike gebare 10 min
Hierdie aktiwiteit is vir alle ouderdomme en is inklusief. Dit kan op ‟n stoel uitgevoer word.
Instruksies:
Bespreek wat ‟n natuurlike gebaar is. Verduidelik dat dit ‟n alledaagse beweging is wat ‟n
idee of gedagte of emosie uitdruk. Ons gebruik almal die hele tyd natuurlike gebare,
meestal sonder dat ons daarvan bewus is. Ons reageer ook op ander mense se gebare,
want ons lees onbewustelik hulle liggaamstaal.
Watter gebare gebruik jy daagliks? (Byvoorbeeld waai, byt jou naels, praat met jou
hande (beduie), stamp liggies aan mense, stamp jou voet, sug en vou jou arms, ens.).
Noem algemene natuurlike gebare en vra leerders om dit so realisties as moontlik uit te
voer, bv.
o waai
o groet met ‟n handskud
o bedek jou gesig
o vee jou hand oor jou neus
o draai ‟n lok van jou hare
o krap jou kop
Kies jou eie natuurlike gebaar wat jy gereeld doen. Oefen dit ‟n paar keer. Begin dit dan
abstrak te doen deur:
o die beweging te oordryf
o dit met vertraagde beweging te doen
o dit teen dubbel die spoed te doen
o die ritme van die beweging te verander
Kies twee van die bewegings uit bovermelde lys wat goed gewerk het en skakel dit aan
mekaar in ‟n bewegingsekwens. Hou aan om die sekwens te oefen sodat jy nie vergeet
nie.
Met ‟n maat, kombineer julle twee komposisies.
Dink aan ‟n interessante begin en einde; probeer iets vind wat julle nog nooit voorheen
gesien of gedoen het nie.
NKV KABV SF Graad 7 - 9 17 SKEPPENDE KUNSTE
Aktiwiteit 5 Ondersoek Drama 50 min
Bespreking gelei deur fasiliteerder
Die vyf onderwerpe, hoe dit in die verskillende kwartale van Graad 7 tot 9 verken word
Die metodologie van drama-onderrig; die aard van progressie in vaardighede.
Onderwerp 1: Ontwikkeling van dramavaardighede Onderwerp 3: Interpretasie en opvoering van dramatiese vorms 30 min
POSTUUR: NEUTRALE POSISIE
Staan met die voete heupwydte uitmekaar, knieë oor die middeltone en ontspanne, heupe
word nie vorentoe of agtertoe gestoot nie, die rugwerwel groei dak se kant toe, die skouers is
ontspanne en die arms hang gemaklik langs die sye, die ken is in lyn met die vloer, die kroon
van die kop reik op na die dak. Verseker dat jy in ‟n toestand van rustende oplettendheid en
gereedheid is.
ASEMHALING Dit is die proses waar lug by die longe ingeneem en uitgelaat word. Die gebruik van die volgende liggaamsdele/organe is belangrik vir stemontwikkeling:
diafragma
tussenribspiere
larinks
resonators
Aktiwiteit 5.1:
Oefening om ons asembeheer en -kapasiteit te ontwikkel.
Doen sugoefening vir ontspanning en asemhaling.
Slaak ‟n diep sug van verligting. Voel die verligting diep binne-in jou lyf. Laat die asem
vervang word. Herhaal die sug uit.
Verbeel jou jy is baie ontspanne. Dis ‟n heerlike sonskyndag en jy sug van lekkerkry.
Asem in en sug ... (sug)
Verbeel jou nou dat jy baie laat vir iets is. Jy gaan in groot moeilikheid wees. Jy jaag en jy
is gespanne. Jy arriveer en vind uit dat die afspraaktyd verander is. Jy is glad nie laat nie!
Slaak ‟n sug van verligting ... (sug)
En jy het pas die beste, heerlikste maaltyd ooit geëet. Sug van lekkerte oor die maaltyd
NKV KABV SF Graad 7 - 9 18 SKEPPENDE KUNSTE
wat jy nou net geëet het ... (sug)
Aktiwiteit 5.2:
Blaas nou uit op “fff”.
Hou aan uitasem op “fffff” en wissel af met die stemhebbende “vvvvv”. Maak nou staccato-
tipe “f-v-f-v-f-v” klanke.
Herhaal met “ssss”.
Voeg die stemhebbende “zzzz” by en sluit af met staccato “s-z-s-z”.
Ontspan.
Jy het nou jou diafragma geoefen; dis ‟n belangrike spier vir asembeheer en jy het ook daaraan gewerk om jou asemkapasiteit te verhoog.
Aktiwiteit 5.3:
In dieselfde ontspanne posisie, met jou skouers wat ontspanne is, asem in op die telling
van vier, hou vir vier en blaas vir vier stadige tellings uit.
Probeer om die volgende groep woorde met een asem te sê, met ‟n stil maar volgehoue
toonhoogte:
o die dae van die week
ARTIKULASIE
(ontwikkeling van duidelike en helder spraak deur op die korrekte vorming van klinkers en
konsonante te fokus)
Organe van artikulasie: lippe, kakebeen, tong, sagte en harde verhemelte
Oefeninge om die buigsaamheid van die organe van artikulasie te ontwikkel:
1. Strek die mond en tong en maak die kakebeen los: maak jou mond so wyd as moontlik
oop. Maak dit nou so styf as moontlik toe en maak dit weereens G-R-O-O-T oop en
herhaal.
2. Gaap nou; strek jou kakebeen en mond en asem uit met ‟n “aaaahh”-klank, en herhaal.
3. Glimlag breed. Probeer jou mond strek totdat dit voel asof die hoeke van jou mond aan
jou ore raak en blaas dan ‟n soentjie. En ontspan, en herhaal.
4. Steek nou jou tong uit vir sover as wat dit kan gaan, trek dit terug in en steek dit uit, hou en
herhaal. Probeer om jou linkeroor met jou tong aan te raak, trek dit terug en beweeg dit
nou na die regteroor en herhaal. Steek nou jou tong uit en probeer om aan jou neus
daarmee te raak en beweeg dit afwaarts en probeer om aan jou ken te raak, en herhaal.
5. Verbeel jou jy het ‟n groot stuk kougom in jou mond. Begin daaraan kou. Verbeel jou dis
baie taai en jy moet al jou mond- en lipspiere gebruik.
Wanneer die mond losgemaak is, kan ons aan artikulasie begin werk. Ons sal met die lippe
begin, dan na die punt van die tong beweeg en dan na die agterkant van die tong en die sagte
verhemelte.
NKV KABV SF Graad 7 - 9 19 SKEPPENDE KUNSTE
Oefeninge om die formasie van klanke te verbeter (artikulasie)
Met die fokus op die lippe: babbedy-bebbedy-bibbedy-bobbedy-bubbedy pappity-peppity-pippity-poppity-puppity
Met die fokus op die sagte verhemelte en agterkant van die tong:
gaggedy-geggedy-giggedy-goggedy-guggedy kakkety-kekkety-kikkety-kokkety-kukkety
Met die fokus op die punt van die tong: daddedy-deddedy-diddedy-doddedy-duddedy tattety-tettety-tittety-tottety-tuttety
Engelse snelsêers ("tongue twisters")
Unique New York (herhaal verskeie kere)
Proper Copper Coffee Pot (herhaal verskeie kere)
For a month to dwell in a dungeon cell. Growing thin and wizened in a solitary prison, Is a poor lookout for a soldier stout who is longing for the rattle of a complicated battle. Yes he‟s longing for the rattle of a complicated battle For the rum tum tum of the military drum. And the guns that go BOOM BOOM
Afrikaanse snelsêers ("tongue twisters")
My liewe neef Louw, my neus jeuk nou, jeuk my liewe neef Louw se neus ook nou?
Die dikke, domme Daantjie Deysel druk die dom-onnosel donkie dwarsdeur die driedubbele doringdraad.
Sannie sê sy sal sewe sakke sout sleep, sewe sakke sout is swaar sowaar.
Wie weet waar Willie Wouter woon? Willie Wouter woon waar die weste winde waai!
ixiXhosa snelsêers ("tongue twisters")
Amaqand‟enqil‟aqhumkile;
Ndiqhele ukucheba ixhego inkqayi;
Iqaqa laziqikaqika kuqaqaqa eqawukeni kwaqhawuk‟ uqhoqhoqho
Iqaqa aliziva kunuka;
Gqi ngomgqomo uqhutywa ngamaqheya, elinye iqheya laqhokra ngegqudu enkqayini
ndaqonda ukuba liqhunyiwe;
Ndiqhel‟ ukuqhuqh‟ amaqab‟inkweth‟ eQamgqobowa;
Ixhego lequmuqethu liguqe ngamadolo;
Baxabana ooxam bexabana ngengxogxo bexakwe yingxubakaxaka
Baxakekil‟ooxam baxox‟ ubuxumbululu bobuxelegu,
POUSE: wanneer klank ophou
Waarom pouseer ons?
om sin te maak van dit wat ons lees/sê
om asem te haal
vir effek – om iets te beklemtoon, om verwagting te skep
NKV KABV SF Graad 7 - 9 20 SKEPPENDE KUNSTE
vir ritme
om emosie uit te druk
PROJEKSIE:
Die volgende oefeninge versterk asemhaling en die stemtoon sodat optimale projeksie kan
plaasvind:
Roep uit asof jy ver weg is – strek die klanke van die klinkers uit, oppas om nie skril te
klink nie. Visualiseer dat jou stem ‟n stroom verf is. Besluit oor die kleur van jou stem
(verf).
“Verf” die persoon voor jou met jou stem. Asem in en “verf” vyf meter/tien meter weg – na
die agterkant van die vertrek toe.
KLEM
Sien hoe klem die betekenis van een sin op agt maniere kan verander.
1. Ek weet nie waar hy is nie (stelling van 'n feit).
2. Ek weet nie waar hy is nie (iemand anders mag wel weet).
3. Ek weet nie waar hy is nie (teenspraak).
4. Ek weet nie waar hy is nie (maar ek kan raai).
5. Ek weet nie waar hy is nie (hy het heeltemal verdwyn).
6. Ek weet nie waar hy is nie (ek weet waar die ander is).
7. Ek weet nie waar hy is nie (ek weet waar hy was).
8. Ek weet nie waar hy is nie? (Maar natuurlik weet ek!).
TEMPO
Verdeel in pare. A en B
A vertel vir B in vier sinne wat hy/sy tot dusver vanoggend gedoen het.
A vertel die storie teen ‟n baie vinnige tempo. B moet die storie herhaal. A mag nie
herhaal as B onseker is nie
A vertel die storie teen ‟n beheerbare en wisselende tempo. B moet woord vir woord
herhaal en kleur byvoeg. Ruil maats.
TOON Die kwaliteit van die stem wat die spreker voortbring. Uitdrukking van gevoel, emosie en bui.
"Weg na die woud op die
vlerke van die wind!"
NKV KABV SF Graad 7 - 9 21 SKEPPENDE KUNSTE
Deelnemers lees en interpreteer individueel die uittreksel (op die volgende bladsy) hardop en skenk aandag aan die volgende:
artikulasie,
geregverdigde gebruik van pouse en klem,
projeksie,
toon,
tempo en
gepaste gebruik van emosie/gevoel en stemtoon.
PROSA-UITTREKSEL
VUUR
Eerste Vrou het vir lank stilgebly. Vugiswe, haar Kalabaskind, het stilgesit. Vuur het
geflikker. Hy het nog hout nodig gehad.
“Waar het jy Vuur gekry, Eerste Vrou?” het Vugiswe gevra.
“Aan die einde van die groot droogte, net voor Nkulunkulu die reën gestuur het, was
die aarde baie droog. Riviere en watergate was leeg. Die aarde het gehuil vir water.
Een dag het Weerlig al die Magtige Een se skepping geterg. Hy het heen en weer in
die lug beweeg, hierdie kant toe en daardie kant toe en Donder het hom gejaag en vir
hom gebrul. Om van Donder te ontsnap, het hy na die woude geflits en aan ‟n droë
msasaboom gelek. Vuur het skielik met groot vlamme uit die boom in die lug
opgeskiet, hoër as wat ek my arms kan strek. Vuur het van boom tot boom gejaag
en die takke met sy knetterende, rokende honger verteer. Hy het oor die gras
beweeg, deur hope blare, oor die grys rotse wat van sy hitte gekraak het en het oor
die droë rivierbeddings gespring.
‟n Rookwolk het Son van ons oë weggesteek en net toe ons dink ons gaan sekerlik
sterf, het Nkulunkulu die reën gestuur.
Die aarde het gesis en gesuis, die swart stof het by ons grasdak afgeloop en swart
water het in die riviere gevloei. Reën is sterker as vuur en ons het dus geweet dat
ons gered is. Maar voor Vuur gesterf het, het Eerste Man ‟n stuk van sy vlam gegryp
en dit onder die kookpot ingegooi.
Ons het nou Vuur om ons warm te hou en ons kos mee te kook, maar Vugiswe, jy
moet nooit ooit vir Vuur uit jou sig verloor nie. Hy is ondeund en kan nie vertrou word
nie. Hy sal die gras oplek en die bome eet. Hou hom in een plek vasgeketting en hy
sal jou beste vriend wees.”
Vertaling van: The Calabash Child, Afrika-volksverhale aangepas en oorvertel deur Diane Pitcher,
gepubliseer deur David Philip.
NKV KABV SF Graad 7 - 9 22 SKEPPENDE KUNSTE
ONDERWERP 2: DRAMA-ELEMENTE IN TONEELSKEPPING 20 min
Instruksie
Fasiliteerder bespreek die belangrikste stadiums in die ontwikkeling van 'n
klaskamerdrama soos aangedui in Bylae 3.
Groepe moet onderstaande riglyn gebruik om die volgende te bespreek en prakties te
demonstreer:
o Navorsing en stimulus om ‟n klaskamerdrama te ontwikkel,
o Isolering van ‟n onderwerp,
o Vorming en strukturering van die improvisasie,
o Verkenning van dramatiese spanning,
o Karakterontwikkeling,
o Style van tonele,
o Taal van die drama,
o Teikengehoor en doel van die drama,
o Simbole,
o Basiese verhoogkonvensies.
Terugvoering deur deelnemers
Samevatting deur fasiliteerder.
NKV KABV SF Graad 7 - 9 23 SKEPPENDE KUNSTE
Aktiwiteit 6 Verken Musiek 50 min Die elemente waaruit musiek bestaan, sluit in:
Ritme – patroon van klanke in tyd en maatslae/pols
Maatslag – slae/polsslae/tellings in ‟n maat (2, 3, 4 slae, ens.)
Toonhoogte – hoe laag of hoog ‟n klank is
Tempo – stadig of vinnig
Tekstuur – aantal „lae‟ asook die tipe „lae‟ wat in ‟n musikale werk is
Tekstuur kan monofonies (enkele melodielyn), polifonies (twee of meer melodielyne) en homofonies (‟n hoofmelodie vergesel van akkoorde) wees
Timbre – toonkleur (instrumente)
Slag en maatslag - gereelde ritmiese patroon. Maatslag: rëelmatige polsslae/telling, maatslag kan tweeslag (twee slae), drieslag (drie slae) en vierslag (vier slae) wees
Dinamika - hoe hard of sag
Aktiwiteit 6.1 Doelwitte: Identifisering van musikale styl, ritme, maatslag, tekstuur, styl, herhaling, instrumente. Luister na The Quest uitgevoer deur Heavy Spirits (CD). Die deelnemers beantwoord die volgende vrae:
Wat is die styl van die musiek?
Slaan/tik op jou lessenaar terwyl die musiek speel en identifiseer hoeveel slae daar in die maat (maatslag) is.
Sing/neurie/fluit die herhalende patroon wat deur die baskitaar gespeel word.
Noem twee uitstaande eienskappe van die lied.
Noem drie instrumente wat jy in hierdie lied hoor.
Wat noem ons die herhalende patroon in die bas?
Hoe sou jy die melodieë beskryf wat deur die solo-instrumente bo die herhalende bas gespeel word?
Hoe sal jy die tekstuur van die stuk beskryf?
Aktiwiteit 6.2 Doelwitte: Inleiding tot Westerse klassieke musiekgenres (tipe werk). Identifisering van nabootsing, instrumentasie en die lees van eenvoudige ritmiese patrone. Luister na Beethoven se Simfonie Nr. 5.
NKV KABV SF Graad 7 - 9 24 SKEPPENDE KUNSTE
Verdeel die klas in vyf groepe Groep 1: Handtromme Groep 2: Tamboeryne Groep 3: Driehoeke Groep 4: Simbale Groep 5: Klap Die groepe oefen die volgende ritmiese patroon deur nabootsing of die notering te lees.
Speel die paar mate van die Beethoven-simfonie met die deelnemers, saam met bovermelde ritmiese patroon. Vrae:
Wat is die styl van hierdie stuk?
Watter ritmiese patroon is prominent in hierdie stuk?
Waaraan herinner hierdie ritmiese patroon jou?
Wat is die maatslag (slae in die maat) van die stuk?
Watter instrumente speel hierdie patroon?
Gee jou eie beskrywing van die simfonie.
Gee ‟n gepaste naam vir hierdie simfonie Aktiwiteit 6.3 Doel: Om die deelnemers aan ritmiese improvisasie bekend te stel. Ons het in die eerste jazz-stuk herhaling asook improvisasie ervaar. Deelnemers kan hul eie improvisasies op ‟n herhalende patroon skep (ostinato in klassieke musiek of riff in jazz of populêre musiek). Onderrig die volgende riff/ostinato aan die deelnemers:
Voorsien deelnemers van nie-melodiese instrumente en individuele deelnemers (solo‟s) skep op die aanduiding van die fasiliteerder hul eie improvisasies op die bogenoemde patroon.
NKV KABV SF Graad 7 - 9 25 SKEPPENDE KUNSTE
Aktiwiteit 7 Ondersoek Visuele Kunste 50 min
Onderwerp 3: Visuele Geletterdheid (PowerPoint-voorlegging, Bylae 4) (20 min)
In groepe
Inleiding tot die onderrig van visuele geletterdheid (stillewe) volgens:
o beskrywing, o bespreking (analise) en o betekenis/boodskap.
Terugvoering deur deelnemers
Samevatting deur fasiliteerder
Onderwerp 2: Skep in 2D (30 min)
Teken:
Verdeel die bladsy vrylik in drie horisontale of vertikale bande.
Trek die vorm van jou hand ten minste twee keer op die papier na. Dit behoort op sekere plekke te oorvleuel.
Omskep hierdie hande in fantasieplante deur blare, are, gestileerde blomme, ens. by te voeg.
Die verskillende vorms kan nou ingevul word. Die volgende is riglyne/aanwysers vir potlood: Lyn:
o Skryf jou naam oor en oor in hoofletters om ‟n vorm te vul. o Doen dieselfde in ‟n ander vorm, maar gebruik kursiewe skrif. o Krabbel om ‟n vorm met lyne te vul. o Begin deur ‟n vloeiende, golwende lyn in ‟n vorm te teken. o Herhaal die lyn oor en oor om ‟n optiese kunseffek in ‟n vorm te skep.
Toonwaardes
o Vul ‟n paar blokke met toonwaardes deur van lig na donker te gaan. o Gebruik verskillende tegnieke soos arsering (“hatching”), kruisarsering (“cross-taching”),
stippeling, ens. Tekstuur
o Vryf oor skurwe oppervlaktes om ‟n paar vorms te vul. o Probeer om interessante teksture in ‟n paar blokke na te boots, bv. hare, boombas, ens.
Patroon o Gebruik verskillende patrone om ‟n paar vorms te vul. Sien die voorbeeld hieronder.
Begin om die algehele effek te oorweeg. Kyk hoe jy eenheid in jou komposisie kan skep, bv. om
sekere vorms te omlyn, sekere areas te herhaal, ens. Probeer om ‟n fokuspunt te skep en oorweeg
NKV KABV SF Graad 7 - 9 26 SKEPPENDE KUNSTE
versigtig hoe jy kontraste tussen donker en ligte areas kan skep.
Jy kan ook begin om pen en/of viltpen in sekere areas te begin gebruik om definisie aan die werk te
gee. Hierdie projek werk met ‟n verskeidenheid media – vanaf teken tot verf.
Wanneer met kleur gewerk word, sal dit ‟n goeie idee wees om dit tot twee kleure te beperk. Jy wil nie
‟n effek van lapwerk hê nie.
Inspirasie vir patrone: Sien Zentangle-borde op Pinterest.
Die volgende visuele voorbeeld is van ‟n leerder se kunswerk. Leerders moes hul eie Sprokieswêreld vir Alice skep. Die hande is as basis vir die plante gebruik. Die boom was swart ink wat deur 'n strooitjie geblaas is en toe in ‟n boom verander is. Leerders moes baie patrone en teksture op die agtergrond gebruik. Hulle kon ander elemente van die Alice-storie insluit.
Gemengde media – swart en wit akrielverf, viltpen, potlood, swart ink, fotokopieë
Terugvoering deur deelnemers
Samevatting deur fasiliteerder
NKV KABV SF Graad 7 - 9 27 SKEPPENDE KUNSTE
Assessering 40 min Aktiwiteit 8:
Voorlegging gelei deur fasiliteerder Hulpbronne: Skeppende Kunste KABV, Afdeling 4: bl. 75-87.
PowerPoint-voorlegging oor assesseringsvereistes vir Skeppende Kunste. Sien Bylae 5.
Instruksie
Groepe word aan elke kunsvorm toegewys – Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste.
Elke groep identifiseer en som die assesseringsvereistes vir hulle kunsvorm op.
Groepe word na Skeppende Kunste KABV, Afdeling 4 verwys.
Terugvoering deur deelnemers
Samevatting deur fasiliteerder
Dans: bl. 78 - 79
Drama: bl. 79 - 80
Musiek: bl. 81 - 82
Visuele Kunste: bl. 82 - 83
DANS: ASSESSERINGSVEREISTES
Kwartaal Graad 7 Graad 8 Graad 9
Kwartaal 1
Kwartaal 2
Kwartaal 3
Kwartaal 4
NKV KABV SF Graad 7 - 9 28 SKEPPENDE KUNSTE
DRAMA: ASSESSERINGSVEREISTES
Kwartaal Graad 7 Graad 8 Graad 9
Kwartaal 1
Kwartaal 2
Kwartaal 3
Kwartaal 4
MUSIEK: ASSESSERINGSVEREISTES
Kwartaal Graad 7 Graad 8 Graad 9
Kwartaal 1
Kwartaal 2
Kwartaal 3
Kwartaal 4
VISUELE KUNSTE: ASSESSERINGSVEREISTES
Kwartaal Graad 7 Graad 8 Graad 9
Kwartaal 1
Kwartaal 2
Kwartaal 3
Kwartaal 4
NKV KABV SF Graad 7 - 9 29 SKEPPENDE KUNSTE
Bylae 1
NKV KABV SF Graad 7 - 9 30 SKEPPENDE KUNSTE
Bylae 2
SKEPPENDE KUNSTE: OPSOMMING VAN ONDERWERPE GRAAD R - 9
Grondslagfase
Intermediêre Fase
Senior Fase
Uitvoerende Kunste het twee onderwerpe
Uitvoerende Kunste het vier onderwerpe
Dans het drie onderwerpe
Drama het vyf onderwerpe
Musiek het drie onderwerpe
Visuele Kunste het drie onderwerpe
Visuele Kunste het drie onderwerpe
Visuele Kunste het drie onderwerpe
SKEPPENDE KUNSTE: INTERMEDIÊRE FASE-ONDERWERPE
Visuele Kunste Uitvoerende Kunste
1. Skep in 2D 1. Opwarming en spel
2. Skep in 3D 2. Improviseer en skep
3. Visuele geletterdheid 3. Lees, interpretasie en opvoering
4. Waardering en nadenke
SKEPPENDE KUNSTE: SENIOR FASE-ONDERWERPE
Dans Drama Musiek
Visuele Kunste
Afrika-dans
Klassieke
ballet en
Kontemporêre
dans.
Onderwerp 1 Dansuitvoering
Onderwerp 1 Ontwikkeling van dramavaardighede
Onderwerp 1 Musiekgeletterdheid
Onderwerp 1 Skep in 2D
Onderwerp 2 Dansimprovisasie en komposisie
Onderwerp 2 Drama-elemente in toneelskepping
Onderwerp 2 Musiekbeluistering
Onderwerp 2 Skep in 3D
Onderwerp 3 Dansteorie
Onderwerp 3 Interpretasie en opvoering van „n keuse van dramatiese vorms
Onderwerp 3 Uitvoering/ aanbieding en skepping van musiek
Onderwerp 3 Visuele geletterdheid
Onderwerp 4 Waardering en besinning
Onderwerp 5 Media en loopbane
'n Danskurrikulum kan nie die behoeftes van elke dansvorm aanspreek nie. In lyn met internasionale pariteit is
hierdie kurrikulum met die drie populêrste dansvorms in Suid-Afrika in gedagte geskryf.
NKV KABV SF Graad 7 - 9 31 SKEPPENDE KUNSTE
VOO KUNSTE-VAKKE SE ONDERWERPE
DANSSTUDIES DRAMATIESE
KUNSTE
MUSIEK ONTWERP VISUELE
KUNSTE
Dansuitvoering/-opvoering
Persoonlike hulpbron-ontwikkeling
Musiekvoordrag en improvisasie
Ontwerpproses en faktore wat die proses beïnvloed Ontwerp in 'n besigheidskonteks
Konseptualisering deur ontwikkeling en verwesenliking van kreatiewe idees
Danskomposisie Toneelspel en aanbieding
Musiek-geletterdheid
Ontwerp-produksie, tydsbestuur en veilige praktyk
Die maak van kreatiewe kunswerke, bestuur van die proses en aanbieding deur veilige praktyk
Dansgeskiedenis en -geletterdheid
Opvoeringstekste in konteks
Algemene musiekkennis en analise
Ontwerpteorie:
ontwerp-geskiedenis
ontwerp-geletterdheid
ontwerp in 'n sosio-kulturele/ omgewings- en volhoubare konteks
Visuele kultuurstudies: klem op visuele geletterdheid
Teater- en/of filmproduksie
NKV KABV SF Graad 7 - 9 32 SKEPPENDE KUNSTE
Bylae 3
ONDERWERP 2: ONTWIKKELING ‟N KORT DRAMA VIR AANBIEDING
1. Navorsing en bespreking
Doen navorsing in groepe. Raadpleeg verskillende bronne en identifiseer 'n tema met betrekking
tot 'n sosiale of omgewingskwessie vir die drama:
statistiek oor enige relevante kwessie
anekdotiese navorsing
eie ervaring
artikels in koerante en tydskrifte
gedigte, liedere, slagspreuke
video's en rolprente
bandopnames van onderhoude met vriende, gemeenskapslede, ens.
2. Isolering van ‟n onderwerp
Na voltooiing van die navorsing, vind ‟n onderwerp vir julle klaskamerdrama.
Soos julle vorder, moet die volgende oorweeg word:
Wat: Wat gebeur, wat is my storielyn, hoe sal dit ontwikkel, wat sal die begin, middel en einde
wees? Wat sal die klimaks wees? Is die storie interessant, is daar dramatiese spanning?
Wie: Wie is die karakters? Wat is hulle verwantskap aan mekaar? Hoe sal dit deur liggaam en
stem aangetoon word? Wat is die houding en funksie van elk van die karakters? Hoe sal ‟n
spesifieke rol gekarakteriseer word, het hy/sy enige spesifieke maniertjies, spraakpatrone? Wat is
die geskiedenis van die karakter? Ouderdom? Fisieke eienskappe?
Waar: Waar vind die aksie plaas? Wat is die ligging? Watter effek sal dit hê op die manier
waarop leerders optree? Is dit by die skool, in die kerk?
Wanneer: Wanneer vind die storie plaas? Is dit laat in die aand, in die verlede?
Aan wie: Wie sal die gehoor wees? Vriende en mense van ons ouderdom? Ouers en bekende
volwassenes? Jongmense? Skares op straat?
3. Vorming en strukturering van die improvisasie
Leerders vertel die storielyn van die drama in hul groepe, EEN SIN OP ‟N SLAG. Hulle teken ‟n breinkaart in hul werkboeke waarin hulle die volgende vrae beantwoord:
Wat is die belangrike gebeure in die storie?
Wat gebeur aan die begin van die storie?
Hoe eindig dit?
Wat is die belangrike oomblikke of tonele met konflik in die storie? Leerders maak in groepe drie tablo‟s (gevriesde standbeelde, deur die liggaam en gesigsuitdrukking te gebruik) een vir die begin van die storie, een vir die klimaks van die storie en een vir die einde van die storie.
Toon duidelik die aksiepunte (die begin, die klimaks en die einde van die storie) deur die tablo.
Maak seker om uit te beeld waar die storie plaasvind (as dit byvoorbeeld in ‟n grot
plaasvind, kan julle miskien almal saambondel omdat ruimte beperk is, ens.).
Ander faktore om in te sluit en te bespreek tydens die ontwikkeling van die tablo, is:
o nabyheid van mense t.o.v. mekaar,
NKV KABV SF Graad 7 - 9 33 SKEPPENDE KUNSTE
o gebruik van vlakke,
o fokuspunt in die uitbeelding,
o ruimtelike ooreenkomste ten opsigte van waar/hoe die gehoor die tablo sien (aan die
einde, in die rondte, in die hoek, ens.)
As ‟n groep, bespreek wat moet gebeur om die drama vanaf die eerste tablo, na die tweede en uiteindelik tot die einde te ontwikkel.
Improviseer nou elkeen van hierdie aksiepunte. Maak seker dat julle slegs die belangrikste elemente van die aksiepunte wys.
Skryf in leerdersboeke neer wat elke tablo kommunikeer.
Voer weer die improvisasie uit – meer as een keer as dit nodig is.
Monitors (diegene wat nie in daardie spesifieke toneel is nie) neem waar en bespreek die
volgende sodat tonele ‟n vorm kan aanneem en ontwikkel:
Die belangrikste oomblikke/hoogtepunte
Woorde of dialoog wat veral doeltreffend is
Sinvolle en belangrike bewegings
Enige simbole wat ontstaan
Alle dialoog is hoorbaar
Alle onnodige of verwarrende woorde en bewegings moet uitgesny word om die volgende
te verseker:
o Duidelike fokus
o Die stuk moet lank genoeg wees om spanning te ontwikkel, maar nie so lank dat dit
die spanning verloor nie.
Op hierdie stadium teken die leerders die improvisasie in hulle werkboek op as opsommende
notas of as ‟n teks sodat dit verder ontwikkel kan word.
4. Verken dramatiese spanning (die krag wat drama dryf – jy kan nie daaraan raak nie, jy kan
dit slegs ervaar.)
Leerders identifiseer en ontwikkel enige van die volgende bronne van dramatiese spanning deur die sleutelvrae te vra:
Was daar ‟n ingewikkelde, moeilike, of belangrike taak wat in die drama uitgevoer moes word (bv. om ‟n
oplossing vir ‟n moeilike probleem te vind, ens.)?
Is daar snaakse/ humoristiese aksie in die drama?
Is daar ‟n element van verrassing in die drama?
Is daar ‟n element van spanning in die drama?
Is daar misterie in die drama?
Is daar ‟n misverstand tussen die karakters?
Is daar ‟n seremonie (troue/prysuitdeling/begrafnis/verjaardagpartytjie) in die drama?
Is daar konflik tussen die karakters?
Ervaar die karakters ‟n dilemma wat opgelos moet word?
NKV KABV SF Graad 7 - 9 34 SKEPPENDE KUNSTE
5. Karakterontwikkeling
Aktiwiteit 1: Die ritueel van wakker word
Besin oor die karakter in die klaskamerdrama.
Leerders verbeel hulle dat hulle in die karakter se slaapkamer wakker word. Hulle voer die karakter se oggendritueel uit.
Verken die manier waarop die karakter miskien sou aantrek, loop, praat en interaksie met ander sou hê.
Onderwyser maak verdere voorstelle soos leerders deur die proses vorder.
Leerders bespreek daarna wat hulle gedurende hierdie aktiwiteit oor hulle karakters verken het.
Aktiwiteit 2: Die Wagspeletjie
Besluit oor ‟n ligging waar verskeie soorte mense kan wag, byvoorbeeld ‟n bushalte, ‟n hospitaal, ‟n tandarts se wagkamer, vir ‟n werksonderhoud.
Elke leerder neem beurte om die ruimte binne te kom, in karakter.
Vokale en fisieke karakter-keuses moet duidelik wees. Die karakters skakel met mekaar.
Al die karakters vries op ‟n sein.
Die onderwyser gee ‟n instruksie soos “Wanneer julle weer ontvries, sal julle karakters ‟n krisis in die gesig staar. Die gebou is aan die brand (of die bus het gaan staan, of die persoon wat ‟n onderhoud met jou moes voer, is afgedank, ens.).”
Hoe verander hulle gedrag onder druk? Bespreek na die tyd of alle karakters duidelik uitgebeeld is en watter verhoudinge geskep is.
Aktiwiteit 3: In die warm stoel.
Bou ‟n karakter deur die Warm Stoel-oefening:
Die leerder wat die karakter gaan skep, sit omring deur ander lede van die groep. Sy/hy is in die “warm stoel”.
Die ander leerders vra een vir een vir hom/haar vrae. Elke leerder moet aan ‟n verskillende vraag dink. ‟n Karakter ontwikkel geleidelik uit sy/haar antwoorde.
Die vrae word meer oorspronklik en kreatief en delf dieper soos die karakter ‟n vorm aanneem.
Die leerder in die warm stoel begin sonder enige vooropgestelde idees (buiten dit wat hy/ sy van die scenario of storielyn weet). Die karakter ontwikkel slegs uit die vrae en antwoorde.
Sodoende help die hele groep om die karakter te bou.
Aktiwiteit 4: Ten einde ‟n karakter se fisiese kenmerke uit te beeld, word leerders gevra om hulle waarnemingsvermoëns te gebruik deur na mense rondom hulle te kyk en sekere fisiese karaktertrekke na te boots wat moontlik gepas vir hul eie karakter sal wees.
Reageer, in karakter, op die verskeie tekens wat die onderwyser gee.
Onderwyser (direkte instruksie): Voer in karakter (of jy nou ‟n bekende popster, ‟n baie ou
dame, ‟n dinamiese politikus is) die volgende aksies uit:
o Bolyf: Neem ‟n koue stort, sukkel in ‟n haelstorm o Emosie: Wys wanhoop, selfvertroue, angstigheid, ekstase o Kostuum: Loop asof jy te groot skoene, te klein skoene, ‟n jas, aandrok/-pak dra o Voete en bene: Loop kaalvoet oor doringrige gras, op ‟n warm pad, kniediep in die see o Hande en arms: Raak aan pels, skraap koue pap uit ‟n pot met jou hande, sny jou
vinger, plaas jou hand op ‟n jellievis o Gebare: Druk in karakter uit:
"Bring dit hiernatoe" "Hoe kon jy!" "Ek is lief vir jou" "Kyk daar" "Kom dadelik hiernatoe"
NKV KABV SF Graad 7 - 9 35 SKEPPENDE KUNSTE
6. Style van tonele
Elke groep voer hulle toneel op verskillende maniere op:
Beweging en Verteller: die verteller vertel ‟n storie van die toneel in die derde persoon, terwyl die
karakters die aksie mimeer.
Slegs beweging: voer die toneel sonder enige woord op. Bewegings kan meer simbolies
gemaak word: gebruik ‟n trom of gepaste musiek om te help. Gebruik ‟n rekwisiet om fokus van
bespreking aan te dui, gebruik verskillende vlakke om ‟n verandering in status aan te toon.
‟n Gespesialiseerde styl: verander die toneel in ‟n sprokie, ‟n melodrama, ‟n musikale sang- en
dansvertoning, ‟n poppekasvertoning, ‟n sepie op televisie, ‟n animasie-strokiesboek!
Verander die ligging of tyd: voer weer jou storie op ‟n heeltemal ander plek of tyd op, maar een
waar dit kon gebeur het: die steentydperk, in die toekoms op ‟n verre planeet
Verander die raamwerk: voer die storie op asof dit met terugflitse deur ‟n sielkundige,
maatskaplike werker, die skoolhoof vertel word; of hanteer dit as ‟n legende wat deur
afstammelinge vertel word.
7. Taal: verken hoe dramatiese taal deur die situasie, die rolle en verhoudings van die karakter
gevorm word
Die gepaste stemregister van elke karakter bestaan uit: o die woorde wat deur die karakters gesê word
o die manier waarop die woorde gesê word
o liggaamstaal en gebare
8. Teikengehoor en Doel van die Drama: Oorweeg die volgende terwyl die drama ontwikkel word:
Wie sal die gehoor wees? Watter konteks sal hulle verteenwoordig ten opsigte van: o Ouderdomsgroep / Ekonomiese agtergrond / Sosiale agtergrond / Politiese agtergrond
Watter doel sal die klaskamerdrama vir die gehoor dien? o Om op te voed / Kennis te ontwikkel / Te vermaak / Te mobiliseer / In te lig / Bewus te maak
9. Simbole (voorwerpe kan simbolies wees en ‟n dieper betekenis van die toneelstuk weerspieël)
Oorweeg hoe die gebruik van simbole opgevoer kan word om die dieper betekenis in die teks oor te dra.
Verken die gebruik van rekwisiete, stelstukke, ens. as simbole om die betekenis en boodskap van die klaskamerdrama te versterk.
10. Basiese verhoogkonvensies:
Verken verhoogruimte, bv. middelverhoog, boverhoog, onderverhoog, ens.
Gebruik van opvoerruimte: plasing van akteurs, indikasie van ‟n fiktiewe plek in die drama, ontwerp van bewegingspatrone, ens.
Vaslegging: bewegingspatrone op die verhoog.
AGTERVERHOOG AGTERVERHOOG AGTERVERHOOG
SY
VE
RH
OO
G
AGTERVERHOOG
REGS
AGTERVERHOOG
MIDDEL
AGTERVERHOOG
LINKS
SY
VE
RH
OO
G
MIDDELVERHOOG
REGS
MIDDELVERHOOG MIDDELVERHOOG
LINKS
VOORVERHOOG
REGS
VOORVERHOOG
MIDDEL
VOORVERHOOG
LINKS
VOORVERHOOG
NKV KABV SF Graad 7 - 9 36 SKEPPENDE KUNSTE
Plasing van die gehoor in verhouding met die tipe verhoog.
Oorweeg hoe die ruimte opgestel moet word sodat die gehoor die drama ten beste kan geniet.
Maak seker dat die leerders verstaan dat die gehoor die aksie duidelik moet kan sien en dat
belangrike oomblikke vir hulle aandag uitgelig moet word.
Onderwyser gee vir leerders verskillende voorstelle oor hoe om ruimte te gebruik, bv.
A. “Teater in die rondte” is waar die gehoor aan alle kante van die aksie sit. Ten spyte van die
bewoording, kan die uitvoeringsruimte rond, vierkantig of enige ander vorm wees.
A
B
C
B. “In die hoek” is ’n toneelkonvensie soortgelyk aan ’n tongverhoog, waar daar ’n agterkant vir
die opvoerruimte is (die twee mure van die hoek), sodat dekor daar geplaas kan word. Die gehoor sit aan twee of drie kante van die aksie.
C. “Aan die einde” is soortgelyk aan ’n prosceniumboog-verhoog, waar die gehoor in rye sit en na
die aksie kyk en daar ’n verdeling tussen die akteurs en gehoor is.
NKV KABV SF Graad 7 - 9 37 SKEPPENDE KUNSTE
Bylae 4 SKEPPENDE KUNSTE – DIE ONDERRIG VAN VISUELE GELETTERDHEIDSVAARDIGHEDE “Geletterdheid” beteken gewoonlik die vermoë om te lees en skryf, maar dit kan verwys na die vermoë om verskillende soorte tekens buiten woorde, soos beelde, te lees. Die proliferasie van beelde in ons kultuur – in koerante en tydskrifte, in reklame, op televisie en op die Internet – maak visuele geletterdheid (die vermoë om beelde te lees) ‟n noodsaaklike vaardigheid. Die eerste vlak van visuele geletterdheid is eenvoudige kennis: basiese identifisering van die onderwerp of elemente in ‟n foto, kunswerk, ens. Terwyl akkurate waarneming belangrik is, is ‟n begrip van wat ons sien en van visuele verwantskappe ewe belangrik. Hierdie hoër vlakke van vaardigheid in visuele geletterdheid vereis kritiese denke en is noodsaaklik om enige inhoudsarea te verstaan waar inligting by wyse van visuele formate oorgedra word, byvoorbeeld grafieke en kaarte. Dit is dus belangrik om leerders met die hulpmiddels of vaardighede toe te rus om hierdie “beelde” te lees. Onthou, onderrig is ‟n proses – ‟n Graad 7-leerders sal nie op die vlak van ‟n Graad 12-leerder antwoorde gee nie. Wanneer hulle dus kennis van hierdie elemente het, wat deur hul praktiese werk versterk word, moet hulle een of ander riglyn/”resep” kry om na kunswerke te kyk. HOE OM NA KUNSWERKE TE KYK EN DIT TE BESPREEK Die volgende is ‟n riglyn (“resep”) oor hoe mens ‟n kunswerk kan bespreek. 1. INLIGTING OP ETIKET
Kunstenaar, titel van werk, medium, datum, grootte.
2. BESKRYWING
Identifiseer dinge wat jy kan sien – benoem en beskryf dit. Verseker dat jou beskrywing nie evaluerend, eiewys of interpreterend is nie – sê slegs wat jy sien.
Bespreek kortliks die hoofvoorwerpe in die kunswerk en die posisie daarvan in verhouding met mekaar, bv. die koei is onder die boom. Noem slegs dit wat jy met jou oë kan sien – asof jy dit aan ‟n blinde persoon beskryf.
Onderwerp, bv. landskap, stillewe, portret, ens.
Behoort die werk aan ‟n spesifieke kunsbeweging?
3. BESPREKING (Analise)
Tegniek
Styl, bv. naturalisme, abstrak, ekspressionisme, ens.
Formele elemente – lyn, vorm, formaat, kleur, tekstuur, toon, patroon, ruimte.
Komposisie en fokuspunte
Komposisie/ontwerpbeginsels soos klem, kontraste, skaal, proporsie, balans, ritme, ens.
(Onthou – konsentreer op die uitstaande elemente en beginsels in ‟n kunswerk.)
4. INTERPRETASIE, BETEKENIS EN BOODSKAP
Deur alle bovermelde punte te bespreek, sal die kyker ‟n beter begrip van ‟n kunswerk kry. Die kyker is egter nie die kunstenaar nie en ons sal miskien nooit weet wat die kunstenaar heeltemal bedoel nie, maar ons vorm ons eie ingeligte opinie op voorwaarde dat die opinie gestaaf is.
Kontekstuele faktore – die konteks van die werk speel ‟n groot rol in die bepaling van betekenis – die biografie van die kunstenaar, politiese en sosiale situasies, historiese faktore en/of fisieke plek, bv. ‟n werk wat gedurende Apartheid Suid-Afrika geskep is.
NKV KABV SF Graad 7 - 9 38 SKEPPENDE KUNSTE
Gebruik die inligting wat deur jou BESKRYWING en BESPREKING (ANALISE) ingewin is om jou te help om die INHOUD van werke te identifiseer (wat die kunswerk jou van die menslike ervaring vertel). Dit het met die BOODSKAP van die werk te doen.
Verdedig jou hipotese met bewyse uit ander bronne soos kunsgeskiedenis, vorige ervarings waaraan die werk jou herinner of veronderstelde doeleindes: om te prys, kritiseer, voorspel, ‟n geleentheid vas te lê, ‟n politiese of sosiale standpunt te stel, spot, en dies meer.
Kyk na die simboliese betekenisse, waar moontlik, bv. ‟n duif wat vrede aantoon. AKTIWITEIT 1
William Heda, Breakfast with Blackberry Pie, olieverf op doek, 1631
AGTERGRONDINLIGTING: Skilderye is gedurende die Baroktydperk deur die ryk Nederlandse burgers versamel om in hulle huise te vertoon Die basiese tipe Nederlandse stillewe is teen 1640 gevestig. Die komposisie het gewoonlik uit ‟n tafel teen ‟n oop agtergrond bestaan, met die voorwerpe wat in ‟n algemeen opwaartse en diagonale rigting geplaas is. Die voorwerpe op die tafel was oor die algemeen glase, silwer borde en die oorblyfsels van ‟n heerlike maaltyd, wat die idee van ydelheid en die verganklikheid van menselewe oorgedra het.
Die volgende is ‟n riglyn vir die onderrig van visuele geletterdheid deur van Heda se skildery gebruik te maak. Dit is belangrik om vrae te vra om die leerders se réponse te lei.
Wat is die media?
Beskryf kortliks die toneel in die skildery.
Beskryf enige lyne wat jy in die werk sien.
Beskryf die kleure wat in hierdie werk gebruik word. (Is dit helder, dood, ens.?)
Bespreek die toonwaardes en teksture in hierdie skildery.
Bespreek die aanwending van die verf. Is dit gemeng, plat of sien jy duidelike kwashale?
Komposisie beteken hoe mense, geboue en/of ander elemente binne die ruimte of formaat van ‟n skildery gerangskik is. Neem ‟n pen en merk die hoofvorms in die werk.
Wat is die hooffokuspunt in die skildery en hoe word dit bereik?
NKV KABV SF Graad 7 - 9 39 SKEPPENDE KUNSTE
Is die skildery „besig‟, van naby of kloustrofobies, of is daar oop ruimtes?
Is daar ‟n sin van balans en/of ritme in die werk en hoe is dit bereik?
Is daar diepte in hierdie werk? Hoe is dit bereik?
Wat is die styl van hierdie skildery?
Dink jy dit was ryk of arm mense wat hierdie voorwerpe besit het? Gee redes vir jou antwoord.
Sou jy hulle ontbyt geniet het? Gee redes vir jou antwoord.
Waarom dink jy het Heda twee glase op hul sye aangetoon?
Dink jy daar is ‟n dieper boodskap in hierdie skildery?
AKTIWITEIT 2
Willie Bester is ‟n Suid-Afrikaanse kunstenaar wie se kuns uit sy eie bitter ervarings gedurende apartheid ontstaan het. Die gevoel om vasgevang en van basiese mense-regte ontneem te wees, het sy artistiese uitdrukking gevorm. Hy gebruik kuns om kommentaar op sosiale en politiese ongeregtigheid in Suid-Afrika te lewer.
Stel 10 vrae oor hierdie skildery om leerders te lei. (Gebruik die resep/riglyn om jou vrae te struktureer.)
Willie Bester, Still life with Chair and Paraffin lamp, gemengde media, 1991
NKV KABV SF Graad 7 - 9 40 SKEPPENDE KUNSTE
BYLAE 5: BEGRIP VAN ASSESSERING IN SKEPPENDE KUNSTE
Program van Assessering
Formele assessering
(SBA gedurende die jaar) Jaareindeksamen
40% 60%
Assessering van praktiese werk in twee kunsvorms 30%
Taak/geskrewe toets in twee kunsvorms 10%
Uitvoering/aanbieding in elke kunsvorm
40%
Geskrewe eksamenvraestel/le met vrae
van elke geselekteerde kunsvorm 20%
Assessering per kwartaal
Kwartaal 1
Praktiese assessering
Kunsvorm 1: 10 punte (5%)
Kunsvorm 2: 10 punte (5%)
Totaal 10%
Kwartaal 2
Geskrewe taak of toets
Kunsvorm 1 10 punte (5%)
Kunsvorm 2 10 punte (5%)
Praktiese taak/toets
Kunsvorm 1: 10 punte (5%)
Kunsvorm 2: 10 punte (5%)
Totaal 20%
Kwartaal 3
Praktiese assessering
Kunsvorm 1: 10 punte (5%)
Kunsvorm 2: 10 punte (5%)
Totaal 10%
Kwartaal 4
Praktiese eksamen
Kunsvorm 1: 40 punte (20%)
Kunsvorm 2: 40 punte (20%)
Geskrewe eksamen
Kunsvorm 1: 20 punte (10%)
Kunsvorm 2: 20 punte (10%)
Totaal 60%
Praktiese klaswerk gedurende die jaar moet tot die finale praktiese eksamens in die twee kunsvorms lei.
VOORBEELD: OPTEKENINGSBLAD VIR SKEPPENDE KUNSTE
Kwartaal 1
Tota
al
Kw
arta
al 1
% Kwartaal 2
Tota
al
Kw
arta
al 2
% Kwartaal 3
Tota
al
Kw
arta
al 3
%
SBA
80
(÷2
=40
)
Kwartaal 4
Tota
al
Kw
arta
al 4
%
EKSA
MEN
12
0 (
÷2=
60
)
Fin
aal
%
Ku
nsv
orm
1
Ku
nsv
orm
2
Ku
nsv
orm
1
Pra
ktie
s
Ku
nsv
orm
1:
Ge
skre
we
Ku
nsv
orm
2:
Pra
ktie
se e
ksam
en
Ku
nsv
orm
2:
Ge
skre
we
eks
ame
n
Ku
nsv
orm
1
Ku
nsv
orm
2
Ku
nsv
orm
1:
Pra
ktie
se e
ksam
en
Ku
nsv
orm
1:
Ge
skre
we
eks
ame
n
Ku
nsv
orm
2:
Pra
ktie
se e
ksam
en
Ku
nsv
orm
2:
Ge
skre
we
eks
ame
n
Leerder 10 10 20 10 10 10 10 40 10 10 20 80 40 20 40 20 120 200 100
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
11.
12.
SBA 40% EKSAMEN 60%
Die NASIONALE KODES, tesame met eerder die BESKRYWERS of PERSENTASIES OF ALBEI, moet vir die optekening en rapportering van leerderprestasie in
Graad 7-9 gebruik word. Kommentaar moet gebruik word om leerderprestasie te kwalifiseer. (NPA: bl. 14)
Opsomming van Vakassesseringsprogramme Vak Graad Kwartaal 1 Kwartaal 2 Kwartaal 3 Kwartaal 4
Totale aantal take
Huistaal
7
Taak 1: Mondeling Taak 2: Skryfwerk Taak 3: Toets
Taak 1: Mondeling Taak 2: Toets Taak 3: Halfjaareksamen
Taak 1: Mondeling Taak 2: Skryfwerk Taak 3: Toets
Taak 1: Mondeling Taak 2: Jaareindeksamen
11
8
Taak 1: Mondeling Taak 2: Skryfwerk Taak 3: Toets
Taak 1: Mondeling Taak 2: Skryfwerk Taak 3: Halfjaareksamen
Taak 1: Mondeling Taak 2: Skryfwerk Taak 3: Toets
Taak 1: Mondeling Taak 2: Jaareindeksamen
11
9
Taak 1: Mondeling Taak 2: Skryfwerk Taak 3: Toets
Taak 1: Mondeling Taak 2: Skryfwerk Taak 3: Halfjaareksamen
Taak 1: Mondeling Taak 2: Skryfwerk Taak 3: Toets
Taak 1: Mondeling Taak 2: Jaareindeksamen
11
Eerste Addisionele Taal 7
Taak 1: Mondeling Taak 2: Skryfwerk Taak 3: Toets
Taak 1: Mondeling Taak 2: Toets Taak 3: Halfjaareksamen
Taak 1: Mondeling Taak 2: Skryfwerk Taak 3: Toets
Taak 1: Mondeling Taak 2: Jaareindeksamen
11
8
Taak 1: Mondeling Taak 2: Skryfwerk Taak 3: Toets
Taak 1: Mondeling Taak 2: Skryfwerk Taak 3: Halfjaareksamen
Taak 1: Mondeling Taak 2: Skryfwerk Taak 3: Toets
Taak 1: Mondeling Taak 2: Jaareindeksamen
11
9
Taak 1: Mondeling Taak 2: Skryfwerk Taak 3: Toets
Taak 1: Mondeling Taak 2: Skryfwerk Taak 3: Halfjaareksamen
Taak 1: Mondeling Taak 2: Skryfwerk Taak 3: Toets
Taak 1: Mondeling Taak 2: Jaareindeksamen
11
Wiskunde 7
Toets Opdrag
Toets Eksamen Ondersoek
Toets Opdrag Projek
Opdrag Ondersoek Eindeksamen
10 + 1 jaareind-eksamen
8 Toets Opdrag
Toets Eksamen Ondersoek
Toets Opdrag Projek
Opdrag Ondersoek Eindeksamen
10 + 1 jaareind-eksamen
9 Toets Opdrag
Toets Eksamen Ondersoek
Toets Opdrag Projek
Opdrag Ondersoek Eindeksamen
10 + 1 jaareind-eksamen
Lewensoriëntering
7
Geskrewe taak Halfjaareksamen Projek Eksamen 4 +
4 x LOT LOT LOT LOT LOT
8
Geskrewe taak Halfjaareksamen Projek Eksamen 4 +
4 x LOT LOT LOT LOT LOT
9 Geskrewe taak Halfjaareksamen Projek Eksamen 4
+ 4 x LOT LOT LOT LOT LOT
Natuur-wetenskappe
7
1x Toets 1x Praktiese Taak / Ondersoek
1x Toets 1x Praktiese Taak / Ondersoek 1x Eksamen
1x Toets 1x Praktiese Taak / Ondersoek
1x Praktiese Taak / Ondersoek 1x Projek 1x Eksamen
10
8
1x Toets 1x Praktiese Taak / Ondersoek
1x Toets 1x Praktiese Taak / Ondersoek 1x Eksamen
1x Toets 1x Praktiese Taak / Ondersoek
1x Praktiese Taak / Ondersoek 1x Projek 1x Eksamen
10
9
1x Toets 1x Praktiese Taak / Ondersoek
1x Toets 1x Praktiese Taak / Ondersoek 1x Eksamen
1x Toets 1x Praktiese Taak / Ondersoek
1x Praktiese Taak / Ondersoek 1x Projek 1x Eksamen
10
NKV KABV SF Graad 7 - 9 43 SKEPPENDE KUNSTE
Vak Graad Kwartaal 1 Kwartaal 2 Kwartaal 3 Kwartaal 4 Totale
aantal take
Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis en Geografie) AANBEVELING (NIE IN DIE KABV-DOKUMENT GESPESIFISEER NIE)
7
Projek (Geo) Brongebaseerd, paragraaf en opstel (Gesk)
Halfjaareksamen (Geo) Halfjaareksamen (Gesk)
Datahantering (Gesk) Brongebaseerd, paragraaf en opstel skryf (Gesk)
Jaareindeksamen (Geo) Jaareindeksamen (Gesk)
8
8
Kaartvaardighede (Geo) Brongebaseerd, paragraaf en uitgebreide skryfwerk (Gesk)
Halfjaareksamen (Geo) Halfjaareksamen (Gesk)
Projek (Geo) Brongebaseerd, paragraaf en opstel skryf (Gesk)
Jaareindeksamen (Geo) Jaareindeksamen (Gesk)
8
9
Kaartvaardighede (Geo) Brongebaseerd, paragraaf en uitgebreide skryfwerk (Gesk)
Halfjaareksamen (Geo) Halfjaareksamen (Gesk)
Toets / gevallestudie (Geo) Mondelinge Geskiedenis-projek
Jaareindeksamen (Geo) Jaareindeksamen (Gesk)
8
Ekonomiese en Bestuurs-wetenskappe
7 Opdrag Gekontroleerde toets
Gevallestudie Halfjaareksamen
Projek Gekontroleerde toets
Eindeksamen 6 + 1 jaareind-eksamen
8 Datarespons Gekontroleerde toets
Projek Halfjaareksamen
Gevallestudie Gekontroleerde toets
Eindeksamen 6 + 1 jaareind-eksamen
9 Opdrag Gekontroleerde toets
Klastoets/ Datarespons Halfjaareksamen
Projek Gekontroleerde toets
Eindeksamen 6 + 1 jaareind-eksamen
Skeppende Kunste
7
Kuns-vorm 1*
1x Prakties 1x Geskrewe/toets 1x Prakties/toets
1x Prakties 1x Praktiese eksamen 1x Geskrewe eksamen
6 (jaareind-eksamen ingesluit)
Kuns-vorm
2*
1x Prakties 1x Geskrewe/toets 1x Prakties/toets
1x Prakties 1x Praktiese eksamen 1x Geskrewe eksamen
6 (jaareind-eksamen ingesluit)
8
Kuns-vorm 1*
1x Prakties 1x Geskrewe/toets 1x Prakties/toets
1x Prakties 1x Praktiese eksamen 1x Geskrewe eksamen
6 (jaareind-eksamen ingesluit)
Kuns-vorm
2*
1x Prakties 1x Geskrewe/toets 1x Prakties/toets
1x Prakties 1x Praktiese eksamen 1x Geskrewe eksamen
6 (jaareind-eksamen ingesluit)
9
Kuns-vorm 1*
1x Prakties 1x Geskrewe/toets 1x Prakties/toets
1x Prakties 1x Praktiese eksamen 1x Geskrewe eksamen
6 (jaareind-eksamen ingesluit)
Kuns-vorm
2*
1x Prakties 1x Geskrewe/toets 1x Prakties/toets
1x Prakties 1x Praktiese eksamen 1x Geskrewe eksamen
6 (jaareind-eksamen ingesluit)
Tegnologie 7
1x Toets 1x Mini-PAT
1x Toets/Eksamen 1x Mini-PAT
1x Toets 1x Mini-PAT
1x Mini-PAT en Eindeksamen
7 + 1 jaareind-eksamen
8 1x Toets 1x Mini-PAT
1x Toets/Eksamen 1x Mini-PAT
1x Toets 1x Mini-PAT
1x Mini-PAT en Eindeksamen
7 + 1 jaareind-eksamen
9 1x Toets 1x Mini-PAT
1x Toets/Eksamen 1x Mini-PAT
1x Toets 1x Mini-PAT
1x Mini-PAT en Eindeksamen
7 + 1 jaareind-eksamen