drakensberger december 2015.pdf · buffalo valley advertensie 2 jatro advertensie 4 voorwoord 5...

32
DRAKENSBERGER BEESTELERSGENOOTSKAP CATTLE BREEDERS’ SOCIETY Die Winsbees The Profit Breed Nuusbrief/Newsletter • Des/Dec 2015

Upload: others

Post on 27-Sep-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

DRAKENSBERGERBEESTELERSGENOOTSKAP • CATTLE BREEDERS’ SOCIETY

Die WinsbeesThe Profit Breed

Nuusbrief/Newsletter • Des/Dec 2015

Page 2: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

Tel: 0828097941 – John Roos • Webblad: www.buffalovalley co.za • Epos: [email protected]

Ons wens u liefde en vrede toe oor die feestydperk. Dankie vir u ondersteuning gedurende 2015. Voorspoed vir 2016!

40 Veldgetoetste Stoet bulle 3 jaar oud60 geregistreerde vroulike diere 2.5 tot 7.5 jaar oud dragtig en / of met kalwers

AANBOD:onder beskerming van die DBTG

35ste Produksieveiling

op 25 Mei 2016

Diere loop op strawwe rooiwater en galsiekte suurveld en is landwyd aangepas

Buffalo ValleyBuffalo ValleyBuffalo Valley

Page 3: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

Tel: 0828097941 – John Roos • Webblad: www.buffalovalley co.za • Epos: [email protected]

Ons wens u liefde en vrede toe oor die feestydperk. Dankie vir u ondersteuning gedurende 2015. Voorspoed vir 2016!

40 Veldgetoetste Stoet bulle 3 jaar oud60 geregistreerde vroulike diere 2.5 tot 7.5 jaar oud dragtig en / of met kalwers

AANBOD:onder beskerming van die DBTG

35ste Produksieveiling

op 25 Mei 2016

Diere loop op strawwe rooiwater en galsiekte suurveld en is landwyd aangepas

Buffalo ValleyBuffalo ValleyBuffalo Valley

Die Raad van die Drakensberger Beestelersgenootskap aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige uitsprake in hierdie uitgawe nie.

Buffalo Valley advertensie 2Jatro advertensie 4Voorwoord 5Jaarverslag 2015 6Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13Drakensberger Veilings 2015 15Karoo Drakensberger Klub veiling 15AJV & Dinee 2015 186+ Inligtingsdag 19Hoëveld Drakensberger Studiegroep - Piet de Villiers 19Vrystaat Drakensberger Studiegroep - Piet de Villiers 20Die bul maak ‘n verskil - Danie Bosman 22Die Drakensberger en kruisteling 24Brandfort Tour - Rodney Neuman 24Nampo 2015 - Fanie van Dyk 25Gauteng/Rand keuringstoer 2015 - Fanie van Dyk 262015 Mpumalanga keuringstoer - Jean van der Merwe 27KwaZulu-Natal toer - Johann Fourie 28Nuwe gesigte op die raad: Gauteng - Jean van der Merwe 29 KZN - Louis Botha 292015 Jeugskou aktiwiteite - Johan van Staden 30Partytjie tyd 31Leer Ronandé Wiese ken 31Neuman Broers advertensie 32

INHOUDCONTENTS2015DRAKENSBERGER BEESTELERSGENOOTSKAP / CATTLE BREEEDERS SOCIETY

Oranje Print & Packaging 2015 (058 481 2105) 142041)

3Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 4: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

ALGEHELE UITVERKOPINGAA

NBOD

: 1 Kuddevaar (Tandarts)3 Bulle x 3½ jaar12 Bulle x 2½ jaar20 Bulle x 1½ jaar120 Koeie met kalwers (3 in 1)25 Dragtige verse50 Kalfboek verse

JATRO DRAKENSBERGER STOET

JATRO DRAKENSBERGER STOET

VAN DIE

NAVRAE: Johan Rautenbach - 082 780 1189 • [email protected]

TANDARTS

TE BLESBOKFONTEIN, LINDLEYOP DINSDAG 23 FEBRUARIE 2016

JATRO STOET• 3 x Farmers

Weekly trofees• 3 x Platinum bul

toekennings• LNR Vleisbeesver-

beteringskudde van die jaar 2005

• Stamboek Voortreflik-heidstoekenning vir vleisbeeste 2007

• Beste TKP in ras vir die afgelope 15 jaar

Page 5: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

VOORWOORD

2015 Snel ten einde, nog ‘n jaar is verby,

uitdagings is oorbrug en die nuwe seisoen is vol

belofte. Die weerprofete waarsku oor Elnino maar

ons as boere glo in ons Hemelse Vader. Hy sal

sorg en voorsien. Die uniekheid maak dat die

Drakensbergers te midde van ‘n uiterse moeilike

jaar nog steeds presteer en produseer.

Ons kantoor in Bloemfontein vlot

mooi en met Ronandé Wiese aan

die stuur gebeur dinge vinnig en

gou. Sy vat raak en daarvan getuig

hierdie Nuusbrief en die 2016

Kalender. Baie lede het haar

reeds ontmoet en word telefoon

gesprekke nou by gesigte geplaas. Chantelle

Milligan, die debiteure klerk, het die Sekretariaat

se diens verlaat en is Eleanor de Jager in haar

plek aangestel. Ek glo en vertrou dat ons ook saam met haar ‘n

pad sal loop. Alda Fourie help ons met die Bemarking en doen

uitstekende werk. Die Raad het vanjaar ‘n nuwe projek geloods

om Dagboeke te laat druk en sal ons dit versprei onder ons

getroue bulkopers wat op veilings “Onder Beskerming van die

Genootskap” bulle aankoop. Dit bevat ook riglyne om u kalwers

voor te berei vir die voerkraal.

Die Raad se gesig het ook verander met die verkiesing van

Louis Botha en Jean van der Merwe as Raadslede. Aan Carel Nel

en Gawie Roux, julle het by wyse van spreke berge versit in al die

jare op die Raad en sal ons nogsteeds van jul kundigheid en diens

gebruik maak.

Ek wens u ‘n Geseënde Feestyd toe en mag u saam met die

gesin voorspoed en seën ervaar in 2016.

Magiel en Linda Blom

2015

5Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 6: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

KANTOOR EN DIE SEKRETARIAATDie eerste volle jaar by die Sekretariaat het gepaard gegaan met ‘n paar groeipyne maar sake verloop nou vlot. Ek moet meld dat mnr. Chris Els uit sy pad gegaan het om te help waar daar probleme was. Lizanne Vermeulen wat as sekretaresse toegewys is aan die Drakensbergers het ook uit haar pad gegaan om te help. Haar swangerskap gedurende 2015 het egter sy tol geëis en sy het heelwat gesondheidsprobleme ondervind. Sy het op 12 Augustus 2015 die lewe geskenk aan ‘n dogtertjie. Ons wens haar en Ben sterkte toe met die grootmaak van Lené.

Ronandé Wiese het as tydelike sekretaresse opgetree en is sedert 1 September voltyds vir die Drakensbergers aangestel. Sy hanteer ook die Miniatuurperde. Ronandé het al verskeie jare saam met Elsa van den Berg gewerk en ken dus die opset by SA Stamboek. Haar pos by Stamboek is afgeskaf en daarom het sy aansoek gedoen vir hierdie pos. Sy het baie vinnig geleer en doen reeds uitstekende werk. Met die aanloop tot hierdie vergadering, het Dagbestuur- en Raadsvergaderings, veilings en spesiale keurings skielik vir haar nuwe betekenis gekry. Sover het sy die toets met onderskeiding geslaag en sien ons daarna uit om die pad vorentoe saam met haar te stap.

FINANSIESHierdie afdeling by die Sekretariaat hanteer 28 verskillende rasse se finansies en u moet begrip hê vir

hierdie dames se werkslading. Me. Yvonne Binding is as rekenmeester verantwoordelik vir die uitbetaling van eise, navrae en die dag-tot-dag bestuur van die finansies. Me. Chantelle Milligan is die debiteureklerk en verantwoordelik vir die fakturering van lede. Ons het aan die begin maar gesukkel om gewoond te raak aan die finansiële stelsel by die Sekretariaat. Ek moet meld dat die Raad dit nou onder die knie het en dat dit voortaan net beter sal gaan. Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om Yvonne te bedank vir haar geduld met ons. Moet asseblief nooit huiwer om ons op foute van ons kant af te wys nie. Navrae is baie vinnig hanteer en antwoorde was altyd korrek gegee.

Ek kan u verseker dat die Genootskap se fondse in veilige hande is en alle betalings is openlik en deurdag. Alle eise wat die kantoor ontvang word aan Rodney Neuman en myself gestuur om na te gaan of die eis geldig is. Rodney keur die geldige eise eers goed voor dit op die stelsel gelaai word deur Yvonne. Die lys van transaksies word dan deur mnr. Els goedgekeur voordat die betaling deurgaan. Aan die einde van die maand word die grootboekrekening, debiteurelys en bankstate aan elke Raadslid gestuur vir kontrole. Die begroting word deur Willie Landman opgestel en deur hierdie vergadering goedgekeur. Hy waak getrou oor elke item en sou daar enige neiging wees tot oorspandering, sal hy die Raad daarop wys. Soos gesien in die finansiële state is geen gelde onbehoorlik spandeer nie en het ons onderspandeer. Dit is dan ook die rede hoekom ons dit

JAARVERSLAG

Aan ons Skepper en Hemelse Vader bring ek al die lof, eer en dank vir die seëninge wat Hy so mildelik op ons elkeen uitstort en dat Hy Sy hand van bewaring oor ons hou. In ‘n uiters uitdagende jaar het die Drakensbergers steeds presteer en hul kant gebring. Eerstens wil ek elkeen bedank vir sy/haar betrokkenheid by die aktiwiteite wat gedurende die jaar deur die Genootskap aangebied is. Ek wil nie name noem nie want daar is te veel, maar sal enkele uitsonderings maak. Ek meld dit wat ons hierdie jaar gedoen het.

2 15

6 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 7: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

nie vanjaar kon regverdig om fooie te verhoog nie.Ek wil die Dagbestuur en Yvonne Binding spesiaal

bedank vir hul getroue en noukeurige bestuur van die Genootskap se finansies.

REKLAMENa verlede jaar se AJV het ‘n paar Raadslede met me. Alda Fourie van Xcellenté Business Solutions vergader om moontlike betrokkenheid by die reklame van die Ras te bespreek. Die besluit om van haar dienste gebruik te maak het ons bemarking net positief beïnvloed. Sy is ook by SA Stamboek en Bloemfontein Skou betrokke.

Alda het baie druk van die Raadslede afgehaal deurdat sy deurlopend al die bemarkingsaksies opgevolg en betyds afgehandel het. Sy het die Veeplaas-pakket (advertensies, artikels, handelsnuus, veilingsdatums en resultate asook radio-onderhoude) deeglik bestuur en elke moontlike kans op blootstelling benut. Sy vat nie “nee” vir ‘n antwoord nie en skakel net weer môre. Haar deeglike beplanning en werk met die Landbouweekblad Bylaag span die kroon op ons reklame vir die jaar.

Die Raad het ‘n redelike lang lys met moontlikhede opgestel en aan haar deurgegee. Sy het na elke detail gekyk om te pas by die tema “Die ware winsbees se kommersiële suksesverhaal” en heelwat artikels het in die proses gesneuwel en nie die Bylaag gehaal nie. Sy het advertensies gewerf en ook uiters mededingende pryse bekom by Landbouweekblad. Daardie voordeel is aan u, as teler, gegee.

Die vertaling van die Bylaag in Engels, ‘n eerste vir ons Genootskap, was ook haar inisiatief en daardeur het ons adverteerders dubbele blootstelling gekry teen geen ekstra koste nie.

Alda het al die advertensies hanteer en het kontak met Landbouweekblad, Farmer’s Weekly en Veeplaas vir moontlike advertensie opsies vir die komende jaar. Daar het ook ‘n advertensie en artikel in die Junie uitgawe van Agriforum in Namibië verskyn. Hier wil ek dr. Hannes Dreyer se betrokkenheid ook noem. Daar verskyn ook artikels in Landbouweekblad en Farmer’s Weekly.

Ons het die afgelope jaar R321,167.00 op Raspromo-sie spandeer wat neerkom op R32.37 per dier gehef.

Onder reklame is die volgende gedoen:• NAMPO (hier moet ek Pieter Esterhuizen en Henk

Delport uitsonder). Sonder dat ons gevra het, is die stalletjie mooi en netjies skoongemaak en uitgeverf. Dit was ‘n groot bederf en ‘n groot dankie daarvoor. Fanie van Dyk en Piet de Villiers het die stalletjie beman en Gawie en Frik Roux het die diere binne voorsien en Black Hills buite. Noordwes se manne was ook op hul pos daar.

• Vir Val-Boeredag voorsien Neuman Broers die beeste saam met Louis Botha.

• By Potchefstroom Lenteskou stal Black Hills beeste uit.

• By Ermelo skou is Petrus Taljaard daar met sy beeste.• Clocolan skou: Henk Delport verteenwoordig ons

daar met sy beeste.• By Ficksburg herlei Henk Delport die fietsroetes deur

sy grond en verby sy Drakensbergers vir blootstelling.• Marthinus Willemse is betrokke by die Memel

voerkraal projek.• Tukkies se finalejaar Landbou-studente besoek Vrede

oor drie dae en dr. Hannes Dreyer sorg dat Neuman Broers en Louis Botha die Drakensbergers op die voorgrond hou.

• Op Vryheidveiling behaal dr. Hans Schütte die eerste plek met ‘n groep van 3 bulle.

• By die Bloemfontein Skou vertoon Gawie en Frik Roux hul bul GR120036 in die Groeitoetsklas. Edmund Schroeder se Koei SS030032 ontvang die Landbouweekblad Elite koei toekenning. Tydens die Jakaranda Skou in Pretoria ontvang GR060606 van Gawie en Frik Roux die Farmer’s Weekly toekenning.

• Jean van der Merwe sorg vir blootstelling op Facebook en ander sosiale media.

INLIGTINGSDAE word aangebied by Black Hills op Rooipoortjie, Potchefstroom (Fox in the Hills dag), Neuman Broers op Newlands Vrede, Gawie en Frik Roux op Rondebossie, Ventersburg, 6+ Telers op Helderfontein by Carel Nel te Brandfort en die Noord-Oos- Vrystaat studiegroep hou twee byeenkomste by Thys le Roux en Gawie Roux. Piet de Villiers is ook hier betrokke.

Drakensbergers word ook vertoon op die Jeugskou waar Johan van Staden die wêreld vol ry vir die skoue. Johan doen hier uitsonderlik goed vir die Drakensbergers deurdat hy sy diere aan die vertoners beskikbaar stel. Daar verskyn een Nuusbrief gedurende Desember met Lizanne en Carel Nel aan die stuur. Die kalender verskyn, maar met die poskantoorstaking is dit eers in Februarie 2015 beskikbaar.

TEGNIESGawie Roux is die Raadslid in beheer en het in samewerking met SA Stamboek die nuwe katalogus formaat bewerk. ‘n Projek om die verspreiding van speen data oor die land in substreke op te deel is gedoen en ons wag op die finale verslag. Oom Eli van der Merwe was ook betrokke by die tegniese komitee.

NAVORSINGDr. Johann Fourie is die Raadslid in beheer en daar is verskeie projekte aan die gang. Me. Lené Pienaar van die LNR is besig met ‘n studie oor die samestelling van die Drakensberger waar sy al die beskikbare DNA profiele gebruik. Prof. Frikkie Neser van UVS is ook betrokke by projekte. Die Drakensberger sal eers later deel word van die Vaalharts kruisteelprojek, as gevolg van die beperking op weidingskapasiteit.

‘n Genomikaprojek by die Universiteit van Pretoria is aan die gang waar 35 volledige SNP ontledings van belangrike voorouers gedoen is. Die “Beef Genomics Programme” is reeds bevestig en die Drakensberger is deel daarvan en word deur die staat befonds. Die projekplan is reeds in samewerking met drs. Japie en Bobbie van der Westhuizen van SA Stamboek saamgestel. Daar sal jaarliks ongeveer 200 SNP ontledings gedoen word uit die projek. As Genootskap sal ons net verantwoordelik wees vir die gedeelte van die bestuursfooi wat ons as persentasie van die projek gebruik. Die koste van SNP ontledings is naby R1 700.00 per SNP en is gekoppel aan die Rand/Dollar wisselkoers, want alle ontledings word tans in die buiteland gedoen. Elke lid se bydrae tot hierdie projek is die deeglike insamel van produksiedata en die sukses sal afhang van dit wat u op die plaas meet en aanteken.

7Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 8: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

Ons sal beslis meer data moet insamel en die minimum data wat vir keuring vereis word, is net nie meer goed genoeg nie. Ek is dus verheug oor die toename van bulle wat by die Rouvus Groeitoetsstasie getoets word. Op die plaas groeitoetse neem ongelukkig baie af en ek wil ‘n beroep op u elkeen doen om dit te ondersteun. Gewigte van kalf en moeder by geboorte en speen word al hoe belangriker.

Om u ‘n idee te gee - by die huidige DNA ontledings word 17 merkers deur middel van “mikro-satelliete “ opgespoor en aan die hand daarvan word ouerskappe bepaal. Met SNP ontledings tydens genomika word reeds met 700 000 merkers of allele gewerk. (Veeplaas 6/8, p.73) en daar is reeds merkers vir elke aspek van die dier en sy samestelling. Die poena geen is reeds geïdentifiseer as alleel 303 of 305 en daar is reeds verskeie diere getoets daarvoor. Genomika is nie die alfa en omega van beesboerdery nie, maar daar is beduidende voordele soos ontwikkeling aangaan. Johann Fourie, Henk Delport en ekself het al van hierdie werkswinkels bygewoon.

KEURINGS EN KEURDERS OPLEIDINGJean van der Merwe het ons kursusmateriaal opdateer en op die webtuiste beskikbaar gestel. Dit is uitstekende werk gedoen, Jean. Gedurende Januarie 2015 is daar ‘n

Beginnerskursus op Gryshoek naby Volksrust gehou. Van die 15 deelnemers het 12 geslaag. Die aanbieders van die kursus was Piet de Villiers, Pikkie Uys en Jean van der Merwe.

Die Grootfontein kursus by Middelburg in die Oos-Kaap is weer aangebied. Jean van der Merwe het gesorg dat al die materiaal ook in Engels beskikbaar is en het ook gesorg vir die druk en bind daarvan. Aanbieders was Piet de Villiers, Johannes Retief, Grant Naude en Clift Frewen.

Die keurdersvergadering is by ons ou kantoorgebou op Volksrust gehou en die aand het die keurders, leerders en die Raad tot vroegoggend besin oor die pad vorentoe. Die volgende oggend vertrek almal Gryshoek toe en is die prakties gedoen soos wat elke groep, soos hul op toer gaan, reeds saamgewerk het. Carel Nel, Fanie van Dyk en Pikkie Uys was die kursusleiers.

As ek in geheel na ons keurdersopleiding kyk, sien ek dat die verlies van verskeie senior keurders ‘n uitwerking in die praktyk het. Die gevolg is dat praktiese opleiding dringend meer aandag moet kry. Goeie beeskenners of “stockmen” kan alleen deur meer praktiese ervaring gebou word. Hierdie saak is al by verskeie geleenthede geopper maar nog nie uitgevoer nie. Vir ons nuwe jaar sal hierdie saak aandag moet kry.

Hier volg nou ‘n opsomming van die keuringstoere.BULLE VERSE 1STE AAN-

VAARDINGSTELER

Gesie

n

Goed

geke

ur

Afge

keur

Staa

n oo

r

Gesie

n

Goed

geke

ur

Afge

keur

Staa

n oo

r

Gesie

n

Goed

geke

ur

TOTA

AL

Mpumalanga 80 58 18 4 150 136 14   82 49 243

Noord-Wes Gauteng 67 51 16 0 162 140 18 1 21 15 206

Vrystaat 23 16 7   259 217 42   581 170 403

Volksrust Natal 47 32 13 2 116 110 6   40 32 174

Brandfort 44 31 13   121 100 20 1     131

Oos-Kaap 1 0 1   13 12 1   1 1 13

Noord-Kaap Namibië 123 90 35   148 139 9   22 19 248

Karoo 88 52 29 7 134 118 15 1 10 9 179

Gryshoek 0 0 0   0 0 0       0

  473 330 132 13 1,103 972 125 3 757 295 1,597

(a) Km gereis (b) KM GEREIS TOTAAL TARIEF R-WAARDE

Mpumalanga 1,462.00 390.00 1,852.00 R 3.35 R 6,204.20

Noord-Wes Gauteng 1,470.00 847.00 2,317.00 R 3.35 R 7,761.95

Vrystaat 680.00   680.00 R 3.35 R2,278.00

Volksrust Natal 1,495.00 - 1,495.00 R 3.35 R 5,008.25

Brandfort 975.00 140.00 1,115.00 R 3.35 R 3,735.25

Oos-Kaap 905.00 - 905.00 R 3.35 R3,031.75

Noord-Kaap Namibië 1,100.00 3,347.00 4,447.00 R 3.35 R14,897.45

Karoo   2,900.00 2,900.00 R 3.35 R 9,715.00

Totaal     15,711.00 R 3.35 R52,631.85

8 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 9: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

Ons keurders het geweldige opofferings gemaak deur hul boerderye en families agter te laat om hierdie taak te verrig. Dit bly egter ‘n uiters noodsaaklike deel van ons keuringstelsel en u bydrae word waardeer. Telers word versoek om hul korrekte keuringsdokumente beskikbaar te hê vir die keurders.

LEDE EN GETALLENuwe lede aangesluit

Theunissen Drakensbergers: JP Theunissen (Parys)Rooipad Drakensbergers: Werner Vermeulen (Dibeng)BTS Drakensbergers: Claude Bentley en Hardus Holtshauzen (Secunda)Indele Drakensberger:s Francois Dreyer (Memel)Vicking Pony Properties 28: Niel Pienaar (Verkykerskop)

Lede bedankR V FergusonP S DegenierMarico Vallei DrakensbergersT Niemand (oorlede)

Totaal lede 75Spesiale lede 8Ere-lede 6

DIE RAADDie Raad van 9 lede word deur u as lede by die AJV verkies en ek kan meld dat elkeen sy kant gebring het. Die dagbestuur, naamlik Magiel Blom, Willie Landman, Rodney Neuman en Johann Fourie is verantwoordelik vir die dag-tot-dag bestuur. Tegnologie het dit baie maklik gemaak om te kommunikeer. Besonderse dank aan hierdie manne vir hul tyd en die opofferinge wat hul maak. Ek glo nie u is bewus van hoeveel tyd daar aan die Genootskap se sake bestee word nie. Ons het vyf Raadsvergaderings asook vyf Dagbestuursvergaderings gehad (as telecons). Verskeie telefoongesprekke en e-posse het ook gevolg. Daar is notules van al hierdie vergaderings gehou en sake is opgevolg. Hieronder volg die streke en portefeuljes soos aan elke Raadslid toegeken.

SPESIALE KEURINGS 2014/15

BULLE VERSE 1STE AANVAARDINGS

JAAR TELER

Gesie

n

Goed

geke

ur

Afge

keur

Gesie

n

Goed

geke

ur

Afge

keur

Gesie

n

Goed

geke

ur

Afge

keur

2014 J A Rautenbach 30 17 13      

Jacobsz Familie 36 29 7      

P Taljaard 6 6     11 11 0

Rouvus 42 34 8 47 40 7

Black Hills 5 3 2      

Dr J Fourie 5 5 0      

Neuman Broers  100 80  20      

J P Botha 31 23 8      

Dr J Fourie 15 13 2 55 52 3

Cumin Drakensbergers 9 6 3

Delram/Rouvus - - - - - -

2015 W Watermeyer 4 4

Theunissen Drakensbergers 3 3 4 3 1

Black Hills 17 17

Cumin Drakensbergers 20 8 12

J A Rautenbach 36 21 15

D F du Toit 12 11 1

Rouvus 21 11 -

TOTAAL 351 260 91 105 95 10 32 31 1

RaadMagiel Blom Gauteng en Limpopo asook al die komitees.Willie Landman Ooste van Noordwes en Botswana, al die komiteebegrotings en reklame.Rodney Neuman Oos-Vrystaat, SHDK, borge, finansies en nasionale veiling.Johann Fourie Weste van Noordwes en Noord-Kaap, NWDK, navorsing en voerkrale.Gawie Roux Noord- en Wes-Vrystaat, VDK, tegniese komitee en kalender.Fanie van Dyk Suid-Vrystaat en Karoo, Nampo. Johannes Retief is mede-verantwoordelik vir die Oos-Kaap en Karoo gebied.Carel Nel Wes-Kaap en Namibië, 6+ Groep, voortgesette opleiding van keurders en 2014 se nuusbrief (eindredakteur).Pikkie Uys Mpumalanga en Kwazulu-Natal en keurders opleiding. Edmund Schroeder is medeverantwoordelik vir KwaZulu-Natal.Henk Delport Nampo en korporatiewe skakeling.John Roos Ere-president.Dr Hannes Dreyer Gekoöpteer as tegniese raadgewer.Gert du Preez Gekoöpteer namens die kommersiële boere.

9Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 10: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

Die Hoëveld Studiegroep het Gert du Preez aangewys as hul verteenwoordiger. Alhoewel elke Raadslid medeverantwoordelik is vir die kommersiële boere in sy streek, bly die die verkose verteenwoordiger van die Hoëveld Studiegroep en Noord-Oos-Vrystaat hul spreekbuis.

Die kommersiële telers is en bly ‘n belangrike bron van genetika. Die kwaliteit van hul diere spreek vanself en verskeie diere uit daardie kuddes is tot ons Hulpstamboek A register toegelaat. My grootste bekommernis is dat daar soveel uitstaande genetika in daardie kuddes is waartoe ons nooit toegang kan verkry nie. Ons het al sover gegaan om nuwe diere as Eerste Aanvaardings gratis toe te laat en geen heffings op hul te plaas nie, net hul direkte keuringskoste en Stamboek fooie. Ek het egter minder reaksie gekry as verwag.

VOERKRAAL AANGELEENTHEDEDie voerkraal aspek is seker die grootste remmende faktor in die uitbreiding van die Drakensberger ras en kan as die albatros om ons nek genoem word. Die Raad onder dr. Johann Fourie se leiding, het al uit sy pad gegaan om die probleme aan te spreek. Johann Fourie en Willie Landman het die voerkraalvereniging besoek en voerkrale is besoek, soos onlangs deur die 6+ Telers na Beefmaster in Christiana. Nagraadse studie is gedoen en verskeie navorsingsprojekte is geloods. In samewerking met MSD is 500+ kalwers geïmmuniseer met Respiravax en was die mortaliteit slegs 0.6%, by verre beter as die voerkraal gemiddeld. ‘n Groep van 250 kalwers is met

Bovishield, geskenk deur Zoetis, onder toesig van dr. Ben Potgieter van Ermelo geïmmuniseer. Die mortaliteit was 0%. Hierdie kalwers is almal uit kommersiële kuddes geneem. Hierdie proewe word meestal in die oostelike gebiede van die land gedoen en ons sal dit moet uitbrei na die westelike gebiede. Wat is die verhouding wat die kommersiële boer met die aankoper van sy kalwers het? Dit blyk een van die grootste probleme in die ooste te wees - verwagting dat die kalf moet presteer ten spyte van herkoms of teler insette. Dit het tyd geword om pa te staan vir dit wat jy produseer en trots op jou diere se prestasieverslag, na die voerfase, aan te dring. As die kliënte (kopers) verwag dat die telers moet pa staan vir hul produk (die bul). Kan dieselfde nie verwag word van hul produk (die kalf)?

Om ons en ons bulkopers toe te rus met kennis, het ons besluit om ‘n dagboek saam te stel met die nodige immuniseringsinligting en ook navorsingsresultate, sodat dit byderhand is as die oningeligte aankopers ons verder wil boelie. Alda Fourie is reeds besig met die samestelling daarvan. Die kopers op amptelike veilings die afgelope 3 jaar sal in aanmerking kom vir so ‘n dagboek, asook elke lid wat sy rekening reeds betaal het - ongeveer 400 dagboeke teen ‘n beraamde koste van R38,000.00.

VEILINGSDie Nasionale Veiling in April 2015 het ons veilingsjaar ingelui en diere van uitstaande kwaliteit is aangebied.

Produksie-, Alle Ras- en Klubveilings het gevolg en op elke veiling was daar Beskermhere teenwoordig om die beste kwaliteit te verseker.

Die hoogste prys vir ‘n bul behaal is R234,000.00 vir F110012 van LA Neuman op Neuman Broers se veiling, gekoop deur Cronjé Boerdery van Vrede.

Buffalo Valley se 48ste produksieveiling bulle verkoop 67% bulle teen gemiddeld R29,881.00 en 9% vroulike diere teen gemiddeld R14,268.00. KwaZulu-Natal se Bulveiling verkoop slegs 2 bulle teen ‘n gemiddeld van R20,500.00. Rouvus veiling behaal die hoogste prys van R100,000.00 en Delram Boerderye ‘n gemiddeld van R38,709.00 met 96% verkope.

Karoo Drakensbergers hou hul beste veiling met 100% verkope en gemiddeld van R27,231.00. By die Oos-Transvaalse Alleras veiling te Ermelo verkoop Petrus Taljaard drie bulle teen gemiddeld R26,333.00. Neuman Broers veiling se gemiddeld is R43 415.00 en verkope van 94%. 115 Graadverse verkoop teen @ R10,922.00. By Kuruman bulveiling verkoop Johann Fourie 2 bulle (100%) teen gemiddeld van R32,000.00.

By Calela veiling is die verkope 70% met gemiddeld van R27,278.00. BTS Drakensbergers koop die duurste bul vir R42,000.00. Moeilikheid & Bracherleigh se verkope is 54% met gemiddeld R24,538.50 en 6 verse vir R7,417.00. PM

Opsomming van die Nasionale Veiling: Bulle

VERKOPER AANBOD VERKOOP % Gem. Prys HOOGSTE Koper Hp Bul

CH Nel 2 2 100 R58,750.00 R67,500.00 JPJ van VuurenBlack Hills Drakensbergers 2 2 100 R41,250.00 R50,000.00 Dr HA SchütteVan Dyk Broers 2 2 100 R33,750.00 R40,000.00 JG GeyserDF du Toit 1 1 100 R32,500.00 R32,500.00 Otjiwa BoerderyDr J Fourie 2 2 100 R30,000.00 R35,000.00 Dr HA SchütteJA Rautenbach 2 1 50 R30,000.00 R30,000.00 JG GeyserEM Schroeder 2 1 50 R30,000.00 R30,000.00 JA RautenbachELJ van der Merwe 3 2 67 R28,750.00 R32,500.00 Black Hills DrakensbergersHJ van Staden 3 2 67 R26,500.00 R30,000.00 CH NelJP Botha 2 2 100 R25,000.00 R25,000.00 PWB UysBezuidenhout Broers 1 0 - - - -JPJ van Vuuren 1 0 - - - -J & E Dhooge 1 0 - - -Die Rodora Drakensbergers 1 0 - - - -TOTAAL 24 16 67 R34 218.75 R67 500.00

VERKOPER AANBOD VERKOOP % Gem. Prys HOOGSTE Koper Hp Bul

Neuman Broers 2 2 100 R23,750.00 R25,000.00 LC BothaLA Neuman 2 2 100 R20,000.00 R20,000.00 Bts DrakensbergersJH Potgieter 2 2 100 R20,000.00 R20,000.00 JI Van Zyl NaudeJP Botha 2 2 100 R18,500.00 R20,000.00 PWB UysJ & E Dhooge 2 2 100 R17,500.00 R20,000.00 Dr. FJ BarnardHJ van Staden 2 2 100 R14,500.00 R16,000.00 Schalk BurgerDie Rodora Drakensbergers 2 2 100 R13,250.00 R13,500.00 Theunissen DrakensbergersPWB Uys 2 2 100 R11,500.00 R12,000.00 Dr FJ BarnardMe. LA Foster 2 2 100 R9,000.00 R9,000.00 DF du ToitELJ Van Der Merwe 2 2 100 R8,750.00 R10,000.00 PWB UysMe. M de Villliers 2 0 - - - -TOTAAL 22 20 91 R19,050.00 R25,000.00

10 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 11: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

Erasmus koop die duurste bul vir R37 500.00. Vrystaat DK se veilingverkope haal 5% met ‘n

gemiddeld van R29,500.00. Die hoogste prys is R46,000.00 (verkoper Johan Rautenbach en koper Hannes Rautenbach). By OTDK se veiling is die verkope 54% en die gemiddeld R24,654.00. Die duurste bul verkoper is Peet van Vuuren met koper Gerhardus van Rensburg teen R40,000.00. 6+ Telers se veiling verkope is 24% met gemiddeld van R24,500.00. Vroulike diere haal 100% verkope met koeie en kalwers teen R9,955.00 en dragtige koeie teen R7,166.00.

VEEGETALLE EN VERDELING VOLGENS STREEK

VRYS

TAAT

MPU

MA-

LANG

A

NOOR

DWES

NOOR

D-KA

AP

GAUT

ENG

KWAZ

U-LU

-NAT

AL

OOS-

KAAP

NAM

IBIë

AUST

RALI

ë

TOTA

AL

5,103 4,136 1,308 1,044 1,017 642 518 339 37 14 14436.1% 29.24% 9.25% 7.38% 7.19% 4.54% 3.66% 2.4% 0.26% 100%

Ek noem enkele syfers ten opsigte van ons TKP soos op 1 Julie 2015.

Ras gemiddelde TKPJaar 2011 2012 2013 2014 2015

Dae 432 430 428 427 424

Kuddes met TKP van minder as 400 daeNAAM KOEIE 1STE KALF TOTAAL TKP

KUDDES BO 100 DIERE

JA Rautenbach 90 40 130 383Neuman Broers 120 37 157 385Neusberg Drakensbergers 95 19 114 396LA Neuman 127 48 175 39830 tot 99 koeieEM Schroeder 42 14 56 365Nitique Boerdery 16 14 30 370Black Hills Drakensbergers 22 10 32 371MC Blom 31 7 38 378Van Dyk Broers 62 21 83 386Otjiwa Boerdery 45 1 46 388Bezuidenhout Broers 53 15 68 394CH Nel 70 20 90 395Morgenzon Landbou 66 7 73 395Me. L A Foster 40 17 57 395DF du Toit 65 20 85 397Kuddes bo 20 koeieJI van Zyl Naude 17 8 25 375JG Ehlers 18 6 24 382

Daar is 1,840 laat geboortes gedurende die jaar aangeteken met ‘n groot persentasie meer as 150 dae laat, waar ons genoodsaak is om boetes te hef. Kommerwekkend is die aantal kuddes wat nie kalwers vir 2014 ingeskryf het nie. Ons ras se genetiese analise word hierdeur totaal onakkuraat gemaak en die invloed op kudde analises is ook uiters negatief.

PRESTASIES VAN KUDDES.Toekennings vir 2015AS van Niekerk Trofee vir beste TKP vir kuddes 35 tot 99 koeie:E Schroeder – 365 dae oor 56 koeie

Embee trofee vir beste TKP vir kuddes met meer as 100 koeie:Johan Rautenbach – 383 dae oor 130 koeie

AECI trofee vir die kudde wat die beste vordering getoon het die afgelope jaar:Genomineerdes: LA Neuman Otjiwa Boerdery Nitique Boerdery

Eppie Nel trofee vir die persoon wat die meeste gedoen het vir rasbevordering 2014:Genomineerdes: Jean van der Merwe Pikkie Uys

Pfizer Trofee vir die bul met die beste VOV:Gawie en Frik Roux GR130070 met VOV van 4.97

VBRSA se trofee vir die veld getoetste bul wat die hoogste prys behaal:LA Neuman - F1100012 vir R234,000.00

Toekenning vir kudde met beste speen data geborg deur Rouvus: E Schroeder

11Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 12: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

STATISTIEKE VOLGENS SA STAMBOEK SE JAARVERSLAGSA Stamboek statistieke soos op 31 Desember 2014

Kuddes Kuddes Manlik Manlik Vroulik Vroulik Totaal Totaal

Jaar 2013 2014 2013 2014 2013 1014 2013 2014

Drakensberger 81 75 5 325 5 170 12 757 11 641 18 082 16 811

Alle Rasse by Stamboek 2,298 2,077 130,404 101,319 356,978 283,553 487,382 384,872

PRESTASIE GEMIDDELDEManlik

DRB DRB DRB DRB Stamboek rasse Stamboek rasse

Jaar 2013 2014 2013 2014 2013 2014

Geboorte 1 628 diere2,086 diere1,565 geweeg

35.56kg 34.8 kg 35.1 kg 35.3 kg

Speen 1 338 diere 1,551 diere 232kg 214.6 kg 232 kg 224.3 kg

12 maande 763 diere 777 diere 261 kg 252.9 kg 301 kg 290.2 kg

18 maande 419 diere 447 diere 362kg 366 kg 421 kg 398.2 kg

Vroulik

DRB DRB DRB DRB Stamboek rasse Stamboek rasse

Jaar 2013 2014 2013 2014 2013 2014

Geboorte 1 691 diere2,011 diere 1,583 geweeg

33.5kg 32.8 kg 33kg 33.34 kg

Speen 1 362 diere 1,572 diere 214kg 197.5 kg 217 kg 209.1 kg

12 maande 1 144 diere 1,099 diere 228 kg 237.7 kg 258 kg 252.8 kg

18 maande 768 diere 831 diere 313kg 317.7 kg 334 kg 328.2 kg

GROEI TOETSESentrale toetse DRB

Sentrale toetse DRB

Alle Stam-boek rasse

Alle Stam-boek rasse

Op die plaas toetse DRB

Op die plaas toetse DRB

Alle Stam-boek rasse

Alle Stam-boek rasse

Jaar 2013 2014 2013 2014 2013 2014 2013 2014

Aantal 63 89 860 807 208 245 10,157 10,387

Finale gewig kg 375 392.2 410 423.2 407 400.7 409 408.3

GDT gram 1,526 1,503 1,659 1,728 1,200 1,094 1130 1,300

VOV 5.95 6.3 5.83 6.01

Skrotum mm 320 334.3 328 339.6 332 336.4 327 338.6

RTU 61 diere 89 585 diere 753 diere 46 1720

Drakensberger Drakensberger Alle Stamboek rasse Alle Stamboek rasse

Jaar 2013 2014 2013 2014

OEK 32.8 maande 1.012 dae 30 maande 962 dae

TKP 419 dae 424 dae 409 dae 415 dae

Koei/kalf geboorte 7.19% (466 kg) 471 kg 6.72% (491 kg) 492 kg

Koei/kalf speen 43.06% (497 kg) 494 kg 43.75% (496 kg) 496 kg

As daar na hierdie syfers gekyk word, is dit baie duidelik dat die Drakensberger telers inderdaad baie het om op trots te wees. Die memorisering van sommige van hierdie syfers sal die kompeterende wêreld waarin ons, ons bevind, makliker maak. Is dit nie so dat ‘n ander persoon, met ‘n enkele feit, ‘n groot hoeveelheid twyfel kan saai deur ‘n goed gemikte opmerking op die regte tyd nie? Hierdie syfers vertel die ware storie - gebruik dit tot almal se voordeel.

Die Drakensberger koei se gewig neem toe met 23 kg (verlede jaar 31 kg) terwyl sy haar kalf soog teenoor al die rasse se gemiddelde toename van 4 kg (verlede jaar 5 kg).

Ek sluit die jaarverslag deur aan Linda hulde te bring vir haar bystand deur die jaar en by elke geleentheid

wat ons namens die Genootskap bygewoon het. Ook haar geduld met die laat nagte wat ek in die kantoor deurbring vir die Genootskap.

Ten slotte moet ek noem dat Bean, die papegaai, my dag soos volg opsom: Wanneer die telefoon lui sal hy antwoord: “Hi Rodney”, en as ek gewoon by hom verby loop: “Ja Johann” - tot vervelens toe leef hul elke dag in my lewe en getuig hy van die tyd wat ons saam op die telefoon spandeer

Magiel BlomSeptember 2015

12 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 13: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

te bly? Ons is mos trotse Drakensberger vleisbeestelers!

Moet ons nie al die hulpbronne tot ons beskiking gebruik om die Drakensberger voor te plaas nie?1. Ons Drakensbergers het beslis die genetiese vermoë

om voorentoe te boer. Hulle kom uit die suurveld van Afrika. Hulle was trekosse wat ossewaens oor die Drakensberge getrek het. Nou is hulle vleisbeeste wat vir geen ras terugstaan nie. Hulle gedy waar Europese rasse onder dieselfde omstandighede moeiliker produseer.

Toe die veeverbeteringswetgewing destyds ingestel was, was die Drakensberger beeste nie deel daarvan nie. Gelukkig het ons voorgangers hulle beeste weggesteek en bly verbeter. Later is besef dat die Drakensberger sy plek as ‘n vleisbees volstaan en is hulle aanvaar deur die veeverbeteringprojek.

2. Ons genootskap het die beginsel van prestasietoetsing aanvaar en onderskryf:

“Om te meet is om te weet “ Hierdie proses is verder ontwikkel met die weeg van

die kalf en koei met geboorte en met speen en weer op 12 en 18 maande. Fase C en D met skandering het nog meer inligting bygebring

3. Ons Standaard van Voortreflikheid is met die keuring ontwikkel en toegepas om ‘n bees te kry wat funk-sioneel reg is. Bul en koei moet kan produseer, moet kan loop vreet, ensovoorts. Ons telers het ook die vermoë ontwikkel om’n dier op voorkoms te evalueer.

Al drie bogenoemde gee ons die vermoë om vandag steeds beter en beter vleisbeeste te teel, maar al drie moet saam gebruik en toegepas word.

Ons moet almal saamwerk en ‘n Drakensberger aan die mark beskikbaar stel wat beter is as die ander rasse.

Ons het die genetika. Ons het die wetenskaplike

inligting van ons diere se prestasievlakke met die Genetiese Evaluasie tot ons beskikking. Ons het die keuring van ons beeste nog verder versterk deur ons Beskermhere by die veilings.

Laat ons al drie gebruik om die Drakensberger die Winsbees onder die vleisbeeste te maak.

As genoeg van ons saamstaan gaan ons dit doen, want ONS BEES KAN.

Nie een teler, selfs nie ‘n paar van ons grootste telers gaan dit alleen regkry as ons nie almal saamwerk nie.

Hoekom? Omdat swak bulle wat op veilings aangebied word, alles tot niet maak. Ons kompeteer in ‘n mark waar klem gelê word op die goedkoop produksie van proteïen. Hoenders en varke is ons reeds voor. Hierdie produsente voer egter hoë konsentrate uit ‘n sak. Ons diere produseer vleis van gras en oesreste.

Die Drakensberger saam met die ander Afrika beeste het hier die voorsprong en die Drakensberger is oor die jare deur geteel om die beste Afrika vleisbees te wees.

Wat is die doel van my besprekingspunt? Om u bewus te maak van wat ons het en gedagtes uit te lok oor hoe ons die Dakensberger meer mededingend kan maak.

Wat moet ons teel?Die mark soek steeds na ’n bees wat op gras en oesreste gedy. Daarom is ‘n aangepaste, vrugbare, mediumraam, goed bespierde bul en koei met melk en goeie voeromset, my strewe. Om dit te bereik is streng keuring en aktiewe prestasietoetsing nodig.

Die verbetering van die voeromset verhouding van ons beeste gaan ons ook meer mededingend maak in die mark wat bekostigbare proteïen soek.

Win$beesWat moet ons doen om die

• DEUR: Eli van der Merwe

13Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 14: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

‘n Goeie voorbeeld is Gawie en Frik Roux met hulle Fase C wat gewys het dat die Drakensberger die genetika het om met die regte seleksie, voeromset sterk te vebeter.

Die gebruik van Fase C is een van die maniere om ons ras bo die ander uit te lig. Fase D help maar net as deel van prestasietoetsing.

SA Stamboek het inligting oor die persentasie verspreiding van die aantal sterre van die Drakensberger bekend gemaak.

U sal merk dat 30% van koeie en net meer as 25% bulle geen sterre het nie. Hulle is gekeurde diere waarvan die genetiese waarde heeltemaal onbekend is. Hierdie SP diere is vir ons ras verlore omdat geen bruikbare inligting oor hulle beskikbaar is om sinvol met hulle te kan teel.

Hier moet ons stilstaan om oor Veldbulle te praat. Ek weet nie hoeveel van die beeste met geen sterre Veldbulle is nie. Wat ek wel weet is dat die boere wat aan die veldbultoetsing deelneem, ernstig is om reg te teel, en dat selfs meer inligting oor hulle bulle ingesamel word as wat ek met my prestasietoetsing doen. Hierdie inligting word nie in die ras se Genetiese Data reflekteer nie. Hierdie diere het waardevolle genetiese inligting wat nie vir ons beskikbaar is nie. Ek vra dat hierdie probleem asseblief deur SA Stamboek en SA Veldbul aangespreek word sodat metings oor en weer aanvaar kan word. Die huidige situasie is nadelig vir ons ras en belemmer vooruitgang.

Die indeks van 100 dui die gemiddelde teelwaarde van lewendige diere in ons ras aan, en dit lê tussen 2.5 en 3 sterre. Die genetiese variasie in ‘n bevolking het dus 50% diere wat ‘n indeks het wat hoër is as 100, en 50% wat laer is as 100.

Hierdie reël oor genetiese variasie geld ook vir elke kudde wat sy eie gemiddelde teelwaarde het. Dit meen ongelukkig ook dat die helfte van die bulle wat jaarliks gebore word, swakker is as daardie kudde se gemiddeld.

Hierin lê die genetiese vermoë om ‘n eienskap van ‘n dier te versterk of te verswak. Dit is byvoorbeeld moontlik om geboortegewig te verhoog maar ook te verlaag deur ‘n bul of koei te gebruik wat die verlangde eienskap het.

Hierdie feit is baie belangrik vir genetiese verandering in ‘n ras. Ons kan in beide rigtings teel. Groter of kleiner, meer vleis of minder vleis. Dit is ook moontlik om kleiner en gelyktydig meer vleis te teel deur die regte bul of koeie te vind.

Hierdie genetiese vermoë is ons wapen om ons beeste te verbeter. Maar verkeerde gebruik kan ons Drakensbergers kelder.

As bulle wat onder rasgemiddeld is gebruik word om mee te teel, boer jy verseker agteruit en nie vorentoe nie.

Die SA Stamboek se Genetiese Evaluasie wat vier keer per jaar op datum gebring word, is ‘n kragtige bron van inligting en hulpmiddel om seleksie aan te help.

Dit wys baie duidelik in watter rigting jou kudde beweeg. Is geboortegewig onder beheer, is speengewig en melk voldoende, is jou plaas instaat om aan jou diere se onderhoudsbehoeftes te voorsien, ensovoorts?

Ons sleutel tot sukses om ons ras te laat uitstyg bo al die ander is om beter vleisbulle aan die mark te verskaf. Nie een teler alleen gaan dit regkry nie. Ons moet almal saamwerk. Waar staan elkeen van ons kuddes vandag teenoor die rasgemiddel? Met jou kudde se Genetiese Evaluasie kry u inligting van waar u kudde staan teenoor die ras.

Logix se Genetiese Evaluasie gee ‘n bladsy “Opsomming: Logix Ster Gradering” wat aandui hoeveel van u diere, bulle en koeie, met ouderdomsgroepe in elke ster groep val. Dit gee ‘n oorsig van waar u kudde staan teenoor die rasgemiddeld en sal vir u aandui of die kudde in die regte rigting vorder.‘n Goeie bull en ‘n goeie koei teel vinnig ‘n beter Drakensberger met meer vleis, hoër speengewig en VOV.Weeg jou diere. Dit betaal. Gebruik prestasietoetsing ten volle.

Hoe gaan ons, ons ras verbeter om die Drakensberger ‘n gesogte bees te maak? Ons gaan dit bereik deur geen bulle wat onder ras gemiddelde is op veilings onder die Beskerming van die Drakensberger Ras aan te bied nie.

Wat is u mening oor die pad vorentoe en hoe moet ons dit implementeer?

14 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 15: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

BULLE KOEIE VERSE

Aanbod Verkoop % Gem Hoogste Aanbod Verkoop % Gem Hoogste Aanbod Verkoop % Gem Hoogste

Nasionale veiling 24 16 67 34 219,00 67 500,00 22 20 91 19 050,00 25 000,00

Buffalo Valley 35 21 60 29 881,00 60 000,00 49 42 86 14 286,00 20 000,00

KZ-Natal Vryheid 8 2 25 20 500,00 22 000,00

Rouvus 27 23 85 38 709,00 100 000,00

Karoo DK 13 13 100 27 231,00 39 000,00

OTV Ermelo 3 3 100 26 333,00 30 000,00

Neuman Broers 50 47 94 43 415,00 234 000,00

Kurumam 2 2 100 32 000,00 32 000,00

Calela 26 18 69 27 278,00 42 000,00

Davel & Bracher 25 13 52 24 539,00 37 500,00 6 6 100 7 417,00 7 500,00

VDK Lindley 20 17 85 29 500,00 46 000,00

OTDK 24 13 54 24 654,00 40 000,00

6 Plus Groep 34 7 21 24 429,00 29 000,00 23,00 23,00 100 9 282,00 11 000,00 4 4 100 7 000,00 7 000,00

SHDK Vrede 22 17 77 30 118,00 50 000,00

NWDK Klerksdorp 26 20 77 29 400,00 42 000,00

Rouxville 8 7 88 22 857,00 26 000,00

347 239 69 31 531,00 234 000,00 72 65 12 496,00 20 000,00 32 30 15 117,00 25 000,00

Veiling$ DRAKENSBERGER VEILINGS 2015

Vroeg Maandagmôre 3 Augustus vertrek ek en Linnie na Hanover. Ons moet 13H00 op Gordonsfontein wees waar die ‘screening’ van die bulle plaasvind. Die ligging van die veiling het geskuif, en sal voortaan op

Gordonsfontein aangebied word. Die Retiefs het ‘n groot stoor daar opgesit wat dien as ‘n veiling kompleks vir hul Drakensberger bulle en hul skape. Al die bulle, behalwe een wat onttrek is, slaag die ‘screening’.

Die volgende dag met die veiling was daar baie mense van omtrent elke Karoo dorp. Dit was vir my baie interressant dat Johannes omtrent al daardie mense ken, en hul hom! Dit was ook sy verjaarsdag. Baie baie geluk weereens Johannes!! Die Retiefs het 5 bulle aangebied en is almal verkoop.

Wat Grant Naude se bulle aan betref, hulle het ook die ‘screening’ geslaag, en al hul bulle is ook verkoop. Grant se bulle het besondere mooi agterkwarte gehad. Oom Quinton Naude was in Bloemfontein vir behandeling. Sterkte aan oom Quinton, ek hoop en bid dat Oom een van die dae 100% sal wees.

Wat Neusberg aan betref wil ek vir Cliff en Kobus baie geluk sê met hul aanbod. Ook hul bied 5 bulle aan, en al 5 slaag ook hul ‘screening’. Al hierdie bulle word ook verkoop. Ek dink dit het tyd geword dat Buffalo Valley vir hul ‘n bul daar gaan koop…

AANBOD:J.J Retief: (Nadau) 5 Bulle verkoop teen Gem. R 29 000 \Hoogste prys: R 39 000Grant Naude: (Nitique) 3 Bulle verkoop teen Gem. R30 000 \ Hoogste prys R 30 000PG Steyn: (Neusberg) 5 Bulle verkoop teen Gem. R23 800 \ Hoogste prys R29 000

Dit was weereens vir my en Linnie heerlik om daar te kon wees, jul voel al soos familie!! Baie dankie ook aan Amanda vir haar gasvryheid en dat ons daar by jul kon geslaap het. Dankie vir elkeen van julle en wat julle vir Drakensberger SA doen daar in die Karoo. Ek hoor daar loop nou nog ‘n klomp Drakensbergers in Oudtshoorn. Een groot jammerte is dat ons Drakensbergers so verwaarloos word by Grootfontein Landboukollege. Dit is ook jammer hulle wil nie van jul kennis, en beeste gebruik maak nie.

Dink net watter fenominale verbetering kon hulle in hul kudde teweeg gebring het as hul van jul genetika of bulsaad gebruik gemaak het. Dit sou ‘n wen-wen situasie gewees het. Groete Fanie

KAROO DRAKENSBERGER KLUB VEILING

15Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 16: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13
Page 17: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13
Page 18: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

Die Jaarvergadering van die Drakensberger-beestelersgenootskap is op 16 September op Vrede gehou. Dr Hennie Davel van Oranjeville en voormalige hoofbestuurder van Senwes het as gasspreker opgetree.

Dr Davel het verwys na die regeringsinvloed op die landbou en verwys na belangrike ekonomiese besluite wat boere in die toekoms sal moet neem om voort te bestaan.

Die geleentheid is afgesluit met ‘n dinee waartydens dr Johann Fourie (vorige president van die genootskap) en mnr CT du Plessis van Voermol as sprekers opgetree het. Tydens die dinee is ook die pryse vir telers wat

goed presteer het, deur mnr Magiel Blom oorhandig, die huidige President van die Genootskap.

Die 46ste veiling van die Suidelike Hoeveld Drakensberger Klub is op 17 die September by Vrede Veilingskrale gehou. Die hoogste prys van R50 000 is deur mnre Dries en Andries van der Walt van Tweeling, betaal vir lot nr 7 van mnr Louis Botha van die Mambane stoet. Ongeveer 80% van die bulle aangebied is verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R30 100. Mnr Louis Botha het uitsekend presteer met ‘n 100% verkope teen ‘n gemiddelde prys van R32 750. Black Hills-stoet het 3 bulle (100%) verkoop teen R34 000 stuk.

Mnre Magiel Blom (President van die Genootskap), Gawie Roux (namens Johan Rautenbach beste TKP kuddes groter as 100 koeie), Jean van der Merwe en Pikkie Uys (gesamentlik wenner van die Eppie Nel wisseltrofee vir rasbevordering), Frik Roux (Pfizer wisseltrofee bul met beste voeromset). Edwin Schroeder (AS van Niekerk wisseltrofee beste TKP kuddes onder 100 koeie en Rouvus trofee vir beste speengewig) en Rodney Neuman (AECI wisseltrofee vir stoet met beste vordering Frelon en VBRSA trofee vir beste veldbul).

ajv & dinee

18 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 19: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

Die studiegroep is vanjaar 10 jaar oud en is nog steeds ‘n lewenskragtige organisasie met 130 lede. Die meeste lede waarvan

ek weet is steeds besig om hulle kuddes uit te brei en groter te maak, asook om die gehalte en suiwerheid van hulle diere te verbeter met die gebruik van voortreflike bulle. Daar is ook lede wat met die hulp van dr. Hannes Dreyer se veldbultoetsing vir hulle self kommersiele bulle uit hul kuddes selekteer, en hierdie diere is uiters voortreflik t.o.v. gehardheid, aanpasbaarheid, bespiering en breedte.

Dan is daar ‘n nuwe tendens om kruisteling op kommersiele Drakensberger koeie toe te pas, en hiervoor gebruik lede Hereford Beefmaster en Brahmanbulle. Met

Drakensberger koeie as goeie moederlyn word daar goeie wins gemaak met aansienlik swaarder kalwers.

Ons het a.g.v. omstandighede nie vanjaar ons jaarlikse byeenkoms gehad nie. Die reeling bly dieselfde vir volgende jaar. Ons gaan met ‘n bus vol lojale entoesiastiese lede ‘n besoek aflê by vier van ons lede se kommersiele kuddes nl. Mnre. Naas Steyn, Johan Hanche, Jan van Zyl en Hannes Lombard. Die datum vir die besoek is Dinsdag 9 Februarie 2016. Ons vertrek vanaf die Skouterrein op Standerton om 08:00. Die volgende versamelpunt is Morgenzon Landbou Akademie waar die voertuie gelos word.

‘n Groot stuk hartseer is dat ons in die jaar wat verby is, vier van ons baie lojale lede aan die dood

moes afgee. Ons eerste voorsitter, oom Koos du Preez, dr. Bill te Water, oom Billy Lyons en tannie Hannetjie Britz is oorlede. Ons eer hul nagedagtenis en die groot impak wat hulle in hul leeftyd gemaak het en nog steeds baie lojaal aan die Drakensberger beesras was.

Ons wens al ons lede ‘n voorspoedige boerderyjaar toe, asook mooi Kers- en Nuwerjaarswense.

Laat weet my solank per e-pos of selfoon as u ons safari gaan meemaak op Dinsdag 9 Februarie 2016. My selfoonnommer is 0731433985 of e-pos [email protected]

Groetnis.Piet de Villiers

Tuiste van die

KOMMERSIËLE DRAKENSBERGER TELERS

Hoëveld Drakensberger Studiegroep

Op 22 Augustus 2015 het die 6 + Drakensberger telers hul jaarlikse Inligtingsdag aangebied op die plaas Helderfontein Brandfort.

Die dag is bygewoon deur ‘n hele paar entoesiastiese boere met ‘n groot liefde vir ons

Drakesberger ras.  Hulle het van vêr gekom om te luister na Siebert Vermeulen.  Zoetis en Putter Voere was die borge wat die dag help moontlik maak het.  Die dag is afgesluit met ‘n heerlike steak ete.

6+ Drakensberger Telers

Inligtingsdag

19Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 20: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

Die jaarlikse byeenkoms van die Vrystaat Drakensberger Studiegroep was sommer ‘n baie aangename byeenkoms. Ons was

meer as 60 entoesiastiese mense bymekaar op die plaas van Gawie en Frik Roux.

Die dag het begin met heerlike verversings waarvoor ons baie dank verskuldig is aan Mona, Ilse, Pieter en Maggie. Ons kon met blink oë uitsien na ‘n interessante dag.

Die program was baie leersaam en insiggewend. Eerste aan die woord was Manus Putter van Putter Voere, wat ‘n kenner is van dierevoeding. Hy het gekonsentreer op die voeding en voorbereiding van bulle.

Tweedens was Peter Milton aan die woord wat met sy uitgebreide kennis van beesteling en veral voerkraalomstandighede, baie nuwe kennis met ons gedeel het.

Derdens was Siebert Vermeulen van Stamboek aan die woord. Hy het ons geleer hoe om ‘n veilingskatalogus se data te interpreteer by die uitsoek van bulle tydens stoetveilings. Verder het hy ons prakties gewys hoe ‘n R.T.U. (real time ultrasound) skandering gedoen word. Die skandering meet ultrasonies, die grootte van die oogspier, marmering en die dikte van vetneerlegging op die bees se lende.

Na die formele agenda, het Frik Roux ons met hulle vragmotor die veld in gevat, waar ons ‘n groep koeie met kalwers en ‘n groep verse met kalwers besigtig het. Opvallend was die bespiering en spierdefinisie van die kalwers en goeie kondisie van die diere, in ‘n nie te gawe somerseisoen nie.

Na ‘n stewige middagete is ons om 02:30 huis toe. Ons het groot dank en waardering vir die

DRAKENSBERGER STUDIEGROEP

vrystaat

20 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 21: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

2015 was ‘n jaar met vele hoogtepunte vir die 6 + Drakensberger Telers. Graag wil ons elke koper en elke vriend bedank vir hul ondersteuning hierdie jaar.

Ons bedank ook graag die Raad vir hul bekwame leiding op vele terreine.Mag julle almal ‘n Geseende Kerstyd beleef saam met julle geliefdes en mag voorspoed en guns

2016 kosbaar maak vir elk ene.

Roux familie, wat ons baie gasvry ontvang het en ‘n groot entoesiasme vir ons beesras by elkeen gelaat het. Ons bedank ook vir Gerde le Roux en Jaco de Villiers wat die pers verteenwoordig het en mooi foto’s geneem het van ons bedrywighede op Kalkfontein.

Dit is met leedwese dat ons moes verneem van die afsterwe van oom Hein Smith, een van ons lede wat na ‘n wrede plaasaanval aan sy wonde en trauma gesterf het. Ons meegevoel gaan uit na hul naasbestaandes.

Ons volgende vergadering vind plaas op Saterdag 6 Februarie 2016 op Blesbokfontein, die plaas van Johan en Petro Rautenbach. Dit is tussen Reitz en Lindley geleë en ons sal die padbeskrywing daarheen deurgee wanneer ons die program gefinaliseer het en gekommunikeer het. Hou asseblief die e-pos dop vir die kennis i.v.m. die vergadering. Ek sal ook telefonies met almal skakel. As lede die dag gaan bywoon, laat weet my solank asseblief by my selnommer 0731433985 of e-pos [email protected]

Piet De VilliersSEKRETARIS: VDBS

21Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 22: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

Die ekonomiese en genetiese bydrae van teelbulle in vleisbeeskuddes is van soveel belang dat

seleksie met groot omsigtigheid moet geskied. Die eerste fase van seleksie word in die meeste gevalle reeds deur die betrokke telersgenootskap en telers onderneem. Dit is ‘n groot hulp, veral as die bulle prestasiegetoets is en die swakker presteerders reeds uitgeskot is. Hulle selekteer ook volgens funksionele voorkomsnorme wat slegs tot voordeel van die koper strek. Die veilingskatalogusse is volledig saamgestel sodat ‘n fyner evaluasie vir die koper moontlik is.

BYDRAE VAN KUDDEBULLEDie bydrae van kuddebulle kan soos volg opgesom word:Die bul voorsien 50% van die genetiese samestelling van elke kalweroes, maar maak fisies slegs 3-4% van die teelkudde uit.

Dogters van die bulle vorm die toekomstige koeikudde. Die genetiese samestelling van ‘n koeikudde word hoofsaaklik bepaal deur die bulle wat die afgelope 15 jaar gebruik is.

Dit is raadsaam om ‘n bul nie oormatig lank te gebruik nie ten einde inteling te vermy.

Indien die kuddebul versigtig met die hulp van teelwaardes en voorkoms evaluasie uitgesoek word, sal die bul ‘n betekenisvolle verskil in ‘n kudde maak.

BELANGRIKE WETENSKAPLIKE BEGINSELSVARIASIE: Variasie bestaan by al die eienskappe van ‘n vleisbees. Dit is voordelig omdat dit die geleentheid skep om ‘n ras / kudde te verbeter.

ERFBAARHEID: Dit is dié gedeelte van ‘n meting wat geneties is en oorgeërf word. Hoe hoër die erfbaarheid van ‘n eienskap, hoe vinniger sal vordering plaasvind. Indien ‘n eienskap 40% oorerflik is, beteken dit dat wat gemeet word, word 40% deur die genotipe en 60% deur omgewing bepaal.

KORRELASIES: Dit is belangrik om kennis te dra van die korrelasies tussen eienskappe. Somtyds is dit positief en voordelig en soms na-delig. Groei per dag naspeen in ‘n groeitoets is negatief (70%) geko-rreleer met voeromsetverhouding. Dit beteken daar sal diere wees met goeie groei na speen, maar die voeromsetverhouding sal swakker as verwag wees. Dit is dus beter om albei eienskappe te meet. Melk en bespiering is geneig om negatief

gekorreleer te wees. Die meer be-spierde diere se voedsel word dus eerder na spiergroei gekanaliseer as na melk.

STAMBOME EN FAMILIES: In die Stoetbedryf is stambome belangrik ten einde inteling te vermy en omdat teelwaarde berekenings van stambome gebruik maak om akkurate teelwaardes te bereken. Enige vorm van inteling (paring van pa met dogter byvoorbeeld) het ‘n negatiewe effek op produksie veral reproduksie en oorlewing.

SELEKSIE GEBASEER OP TEELWAARDESDie eienskappe op die katalogus wat werklik belangrik is, is: Geboortedirek (GD), Speendirek (SD), speenmaternaal (SM), GDT, Skrotum omvang (SO) en Hoogte. Oogspieroppervlakte se syfer moet by die boer verkry word, omdat dit nie in die katalogus verskyn nie. Dit is nie nodig om aandag aan al die eienskappe te gee nie. Omkring enige van die eienskappe wat te hoog of te laag volgens ‘n eie standaard is. Die standaard kan die rasgemiddeld wat op die katalogus verskyn wees, of ‘n eie standaard.

Evalueer al die bulle visueel met die klem op die bulle wat geen kringe toon nie en gee ‘n

die bulMAAK ‘N VERSKIL

• Deur: D.J. Bosman, Pri. Sci. Nat. (Veekunde) KZN | 11 Julie, 2015

22 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 23: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

voorkomspunt. Indien melk in die kudde verlang word, sorg dat die speenmaternale teelwaarde minstens bo rasgemiddeld.

DIE EKONOMIESE INVLOED VAN VOEROMSETVERHOUDINGVoeromsetverhouding is ekonomies van groter belang as naspeengroei en bespiering. Die beste groeiers (2000g per dag) met ‘n onder gemiddelde voeromsetverhouding (8.0) sal ekonomies in voerkraal afronding, swakker presteer as ‘n swakker groeier (1500g) met ‘n goeie voeromsetverhouding (5.0). Wins is meer afhanklik van voeromsetverhouding as na speengroei (GDT).

FUNKSIONELE VOORKOMS VAN ‘N BUL Alle eienskappe kan nie gemeet word nie. Voorkoms evaluasie volgens norme van funksionele doeltreffendheid is gesond, mits die wetenskap rondom elke eienskap in ag geneem word. Dit is belangrik dat eienskappe wat visueel evalueer word funksioneel korrek moet wees, omdat hulle oorerflik is en die produksiewaarde van die bul beïnvloed. Reproduksie, aanpasbaarheid, bespiering, raamwerk en kloue is bespreek.

OPSOMMINGDie seleksie van bulle vir ‘n kudde is ‘n kritiese en belangrike besluit. Maak ten volle gebruik van al die beskikbare hulpmiddels en bestuur die bulle korrek sodat hulle ‘n hoë persentasie vroulike diere beset kry.

Die beginsels is deurgans toegelig deur praktiese besprekings in die kraal. Kontak ons gerus vir die volledige notas van die dag ([email protected]).

Sien julle volgende jaar weer by die inligtingsdag, Saterdag 2 Julie 2016!

23Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 24: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

Waneer jy deur die land reis is dit opvallend hoe deurmekaar geteel die beeskuddes van ons boere is. Ek glo dat nie veel beesboere mooi weet wat die genetiese samestelling van hulle kuddes is nie .Die doelwit is om basterkrag deur

middel van kruisteling te benut maar die saamgestelde rasse wat vir kruisteling gebruik word is Basters wat op basters gebruik word en al die saamgestelde rasse is verwant aanmekaar so waar kom die basterkrag dan vandaan as jy allegaartjies met allegaartjies paar. Die enigste manier om sinvol te kruis is D.M.V twee of drie suiwerrasse, daar is groot sukses behaal deur telers wat n suiwer moederlyn aanhou en dan met hulle te kruis, hier is die Drakensberger veral populer weens hulle goeie moeder eienskappe, maklike kalwing en baie melk Drakensberger bulle kan op die deurmekaar kuddes gebruik word om n tipe te teel omdat hulle totaal onverwant is aan enige ander beesras ter wereld

Die Drakensberger en

KRUIS- TELING• Deur: John Roos

Brandfort Tour • Deur: Rodney Neuman

On the morning of the 25th March 2015 Carel Hancke, Callie Watermeyer and I departed for the

Brandtfort tour from Vrede at 5am which meant that Carel and Callie would have to leave their homes at an impressive 3h30am. Our first stop was near Kroonstad where Frik Roux joined us and the next 280km of our journey felt short thanks to great company and common interests.

Upon arrival at oom Daan Bothma, Carel Nel was awaiting us with the third learner inspector, namely Mane Prinsloo. Inspection started with 7 bulls where 5 were approved as well as 10 of the 14 Heifers. After all paper work had been done we enjoyed a cool drink and departed for Frannie du Toit’s farm close to Bultfontein.

Here we found that all 3 breeders namely Carel Nel, Fanie van Dyk and Frannie du Toit’s heifers were grouped together. 79 Heifers were seen and 67 were approved.

Once again it struck me what a special relationship these 6+ breeders have in aiding one another in their breeding goals. The heifers that were approved were of a very good quality and high standard. Of the 2 bulls that Frannie wanted to enter in the National Sale only 1 was recommended.

Lunch was enjoyed at the Du Toit family followed by the inspection at Van Dyk Bros. Here 23 bulls were seen and 15 approved.

On route to Bezuidenhout Bros we passed the farm Helderfontein belonging to Carel Nel who had asked us to inspect the 2 bulls

he entered for the National Sale. Both bulls were of excellent quality but I was blown away by one specific bull called Pamflet and there was no doubt in my mind that I would want it to breed in my own herd.

Arriving at the Bezuidenhout Bros we inspected 14 bulls of which 11 were approved as well as 23 of the 28 heifers.

At 5pm the inspection tour came to an end and after a fruitful and successful day in the field we hit the long road back home.

Although Callie Watermeyer is still a junior inspector, his wisdom and knowledge of cattle highly impressed me. To the 3 learner inspectors Frik, Carel and Mane - your enthusiasm and commitment is admirable and I look forward to your contribution to the future of the Drakenberger Society.

24 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 25: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

Ja waar begin ‘n mens, seker by Nampo 2014. Nampo het ‘n spanpoging geword en elke jaar dink ek ons kan nie nog verbeter nie, en dan is ek verkeerd.

Ons stalletjie het weereens kop en skouers uitgestaan teenoor ons bure. Baie dankie Pieter Ezterhuizen vir die skoonmaak en was van die mure, die installasie  van die  nuwe kolligte en die hulp om die baniere teen die

mure vas te kry. Hy was seker ‘n duisend maal op en af teen die leer.

Pieter het ook voor die aanvang van Nampo gaan meet hoe skuins die baniere moet wees om perfek teen die skuins dak te pas. Dankie ook vir die meubels wat jy elke jaar vir ons leen en aanry, Pieter. Dankie ook aan jou vrou vir die blomme wat sy vir ons in die lekbakke geplant het, dit was sowaar ‘n treffer!

Baie dankie Henk Delport vir die maak van die banniere asook al die sakke wat ons elke dag kon uitdeel. Dankie ook vir jou hulp met die regmaak van ons stalletjie. Dankie ook vir die yskas en al die koeldrank wat jy daar vir ons gebruik ingepak het. Ek waardeer dit baie!

Baie dankie ook aan Chris Els van die Sekretariaat in Bloemfontein, vir die aanry van ons promosiemateriaal. Chris en die dames van die kantoor moes die Engelse weergawe van die Bylaag vanaf die parkeerarea indra. Dankie julle, ek waardeer dit baie!!

Baie baie dankie oom Gawie Roux vir jou diere wat jy so mooi versorg en afgerig het, sodat ons hul kon gebruik. Dankie ook vir jou arbeiders wat jy die week afgestaan het om die diere elke oggend tussen 6 en 7 vm (dis vrek koud daardie tyd vandie oggend) te was. Oom Gawie het Maandagmiddag ‘n uur en ‘n half gesukkel om by die stalletjie te kom nadat hy al by die hek in was.

Baie dankie ook aan Jean van der Merwe en Willie Landman vir die verse vir die buitestal wat julle versorg en gebring het. Dankie ook vir die aankoop van die TV en die opsit van dit teen die muur.

Baie dankie ook aan Piet De Villiers dat jy weereens saam my op NAMPO was vir die week. Piet het ‘n slag met mense en hy is baie baie passievol oor Drakensbergerbeeste. Sy oudstudente loop nie daar verby sonder om eers te kom kuier en te gesels oor die beeste nie. Piet sê vir Linda dankie dat sy weereens vir ‘n week alleen by die huis moes bly. Sy moet haar aftrede geniet. Nou kan julle twee saam rondry. Baie dankie nogmaals.

Dan aan elkeen wat kom inloer en gesels het. Ek waardeer dit, asook elkeen wat ek dalk oorgeslaan het.

Dankie ook aan die wat moes kom afbreek, en afhaal, en opvou en moet berg en stoor tot volgende jaar.

 Baie, baie dankieFanieNs.  NAMPO BLY DIE BELANGRIKSTE LANDBOUVER-TOONVENSTER IN DIE LAND, OM BY UIT TE STAL. 

DRAKENSBERGER UITSTALLING BY

nampo 2015

25Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 26: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

Vroeg die Maandagoggend kry ek en Petrus Taljaard asook Martin van Wyk mekaar by dr Johann Fourie se huis in Klerksdorp. Ons vertrek daarna na Jakkalsfontein om Johann se mooi diere te keur. Hy en Jaco hou ons besig tot so eenuur en toe braai hul vir ons heerlike wors by die kraal.

Ons vertrek daarna na Jan en Elna Dhooge. Ek en Jan loop, ewe kruppel. Jan sou kort daarna gaan vir ‘n operasie. Met Jan se diere gaan dit goed, en hy is baie trots op sy diere. Met sy keuring het dit goed gegaan. Daarna vertrek

ons na dr Frik Barnard in Centurion. Dis donker toe ons in  Johannesburg inry en so ry ons toe ons afdraai mis, en toe ons weer sien toe wys die padbord Bloemfontein! Toe weet  ek,... ons het verdwaal!

Gelukkig ken Frik Johannesburg soos die palm van sy hand en hy kom haal ons toe! Ons slaap by sy dogter en skoonseun op die plaas. Vroeg die volgende oggend het Monja Esterhuizen by ons aangesluit. Met die keuring het dit relatief goed gegaan. Petrus Taljaard bied toe aan dat  hy haar afgekeurde bulletjies sal ruil vir verse. Baie aangename mense met ‘n buitengewone positiewe belangstelling in Drakensbergers. Hulle gaan nog diep spore trap in Drakensberger geledere.

Ons vertrek daarna na Peet van Vuuren hul. Peet sukkel met sy een oog. Lyk my ons Drakensberger telers word oud. Sterkte met die oog Peet!

Daarna ry ons na Hannes en Martin van Wyk toe, en soos gewoonlik wag Johan van Tonder ons in, waarna hy ook toe help met die keuring, aangesien dit sy kudde was. Hy het sommer so terloops ook vir Martin ‘n paar opdragte gegee oor die beeste, asof dit nog syne is.

Toe vertrek ons na Johan van Staden hul toe. Hy wag ons in by die kraal en ons begin dadelik by hom te keur. Johan het ‘n plan met sy kudde en hy neem deel in sy omgewing aan slagkompetisies ens.

Sy kinders is ywerige jeugskou deelnemers, veral klein Manie. Sy oupa sou baie trots op hom gewees het! Net jammer om te hoor, die man het altwee sy arms gebreek.

Sterkte Manie en geluk ook met die twee verse wat jy op die Nasionale Veiling gekoop het. Ek dink jy was verseker die jongste Drakensberger koper in ‘n baie lang tyd !

Na ‘n heerlike nagrus by die van Stadens is ons toe na Cumin Drakensbergers. Daar moes ek vining help gewigte inlees op Beefpro, sodat ons genoeg syfers kon hê vir die keuring.

By die kraal het ons ‘n groot verrassing gekry. Hul beeste is baie baie, mooi met baie vleis. Ek dink Rodney moet ‘n draai daar gaan maak…. Hy sal weet hoekom….

Fanie en Mede keurder Petrus Taljaard en Leerling Keurder Martin van Wyk

GAUTENG\RANDKeuringstoer

2015

Ons vat toe die langpad terug Klerksdorp toe. Petrus kry sy bakkie by Johann en ons gaan na Crous boerdery by Viljoenskroon. Daar gekom vertel hul vir my van hul minimum bewerkingspraktyk. Hul is baie groot saaiboere. Hul beeste het baie mooi verbeter vandat ek die eerste keer daar was.

Hierdie drie- manskap gaan dit nog ver neem in Drakensberger geledere. Jan se oupa en ouma het ook by my kom kuier op Nampo, en ons het heerlik gekuier en gesels oor die Drakensbergers.

Dankie vir elkeen op die toer vir alles wat julle vir ons keurders gedoen het en met jul geduld wanneer jul vir ons moes wag. Baie dankieDrakensberger Groete

26 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 27: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

die 2015 Mpumalanga Keuringstoer skop af by nuwe jong telers, Werner Krynauw, waar ‘n paar eerste aanvaarding verse gekeur is naby Belfast. Werner en sy broer boer ook met wild en lewer “free range” eiers aan die rand. Hou die manne dop vir die toekoms! Daarna is daar

by die ervare en bewese Kobus Davel (Moeilikheid) en Mike Bracher (Bracherleigh) stoetbulle en verse gekeur.

Net anderkant Dulstroom is Graham Esterhuizen (Mother 7 Drakensberger stoet) se verse en bulle gekeur en die dag se werk met ‘n gawe glas yskoue water en ‘n koppie koffie afgesluit.

Van Dulstroom vertrek ons na oom Eli en tannie Shirley naby Pelgrimsrus (Blyde stoet), reg langs Mount Sheba. Hier is ons hartlik onthaal deur twee ervare en wel belese mense, langs ‘n warm kaggel met osstert potjie. Na ‘n heerlike nag se rus in die berge, begin keuring die volgende oggend by oom Eli omstreeks 6:00 met koffie en beskuit. Die Blyde stoet het ons bederf met topklas diere om te keur en ook vier bulle en twee verse om te punt vir die nasionale veiling. Diere met syfers (5 ster bul) en ook top visuele voorkoms is net van die diere wat gesif is vir die Naionale Veiling. Na ‘n kort glas sap en ‘n uitstappie na die kudde koeie tussen die denne plantasies, vertrek ons 13:00 na Jannie Jacobs naby Ermelo.

Na ‘n span dragtige verse by Jannie Jacobs gekeur is en ons van naderby “no till” geplante mielies in die droogte gaan inspekteer het, is die dag afgesluit deur ‘n heerlike aandete saam met Petrus Taljaard en sy gesin. Vroeg oggend is ‘n groot span diere gekeur by Talman stoet, ondermeer ‘n groot span eerste aanvaarding verse uit die Talman kommersieële kudde. Beide die Talman en Calela stoeterye was tussen die keuring deur betrokke by die Ermelo Skou.

Die toer is afgesluit by die huidige President van die genootskap, oom Magiel Blom (Embee stoet). Die keurders is hartlik ontvang en is selfs na die tyd bederf met heerlike tuisgemaakte kerrieboontjies. Hier pas Werner Vermeulen sy kerrieboontjies op in die studeerkamer van die stoetkudde, met legio toekennings.

Wat ‘n voorreg om met die ras te boer en tussen mede telers te beweeg. Dit maak ‘n mens trots om die kwaliteit te sien en saam die bestes uit te wys.

2015 MPUMALANGA KEURINGSTOER

27Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 28: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

natal toerd

ie Natal toer beland toe op my agenda, saam met ene mnr Jan Crous van Viljoenskroon se wêreld, groot saaiboere wat alles wetenskaplik doen. Sekere bewerkings is beter as

ander, sommige maatskappye se mielies groei beter as ander in hulle omgewing, baie tegniese dinge wat hy vertel. Ek het baie geluister.Drakensberger beeste, stoet en kommersieel.

Eerste oorslaap is by Edwin Schroeder en sy vrou, ons het uiteindelik Dundee op die GPS gekry, die straat ook! Die navigator en “disc jockey” sit links voor. Dit is Edwin se beurt om kos te maak die Sondagaand, sluk dit af met n KWV’tjie, praat beeste en wat alles goed is in die omgewing, van toeka se tyd af.

Die keuring by Edwin is gemaklik en baie mooi diere word gesien, gekeur ook natuurlik, met die droogte wat ongemaklik indring in alles wat gedoen word.

Vandaar na dr Hans Schütte, nadat die flenters geryde wiel, op die “net hier anderkant” paaie van daardie mooi wêreld, geruil word. Teen n skuinste, met n patetiese domkrag, met n flukse span wielruilers, Jan Crous en Neil Pienaar, wat saam met sy vrou Elisna, vroeg die oggend, in hulle verwysingsraamwerk, by die toer aangesluit het. Ry met hulle eie voertuig nogal, pasgetroud en alles.

Die diere by dr Schütte beïndruk

ons soveel dat daar 100% van die vroulike diere gekeur word. Werklikwaar ‘n pragtige aanbieding.Die bulle is ewe mooi en potensiële stoetbulle word beskou en gepunt. Tevredenheid is aan die orde van die dag.

Vandaar na Volkmar Böhmer, waar die irriterende hadida’s wat skrik as hulle opvlieg, ook n plek op die huis se dak het. Hulle is goeie wagvoëls, sê Volkmar. Het nooit so daaraan gedink nie. Die goed raas mos vreeslik. Bloedstollende krete weerklink deur die klowe as hulle opstyg. Die keuring verloop al donderend, soos ons boontoe praat as die donderslag tref, reg langs ons, en soos ons daar weg don…..huis toe, skuiling toe, tot die weer ons ‘n kansie geee. Die donker vang ons, genoeg vir die dag.

Die keuring word die volgende dag eers voltooi, met dr Schütte daar met koffie en dies meer, ook met ‘n spaarband wat hy op Paulpietersburg bekom het. My dankbaarheid aan u, ek sal die geskenk altyd onthou en waardeer. Die diere is netjies en die volgende keuring is by ene Udo Beneke, waar daar die vorige nag vertoef is, met heerlike, gebraaide vleis, opregte gasvryheid en Jägermeister, op ys, na ete, vir goeie gesondheid en spangees, wat natuurlik essensieël is vir ‘n keuringstoer. Die keuring verloop glad, Udo bied diere aan wat tot voordeel van sy stoet en vir die ras oor die algemeen is. Mooi kalwers

gesien. Niks bosvarke nie, die arme goed is afgemaai totdat daar van hulle en hulle familie niks oorgebly het nie. Die nageslag sal maar op Google moet kyk hoe het die arme goed gelyk. Pateties dat die mens homself so aanstel dat hy ‘n hele spesie tot uitwissing vermoor.

Die volgende spannetjie wat regstaan is Willie Watermeyer en sy broer Callie, waar die algemene indruk wat my bybly is, hierdie diere, vroulike diere is gekeur, het baie goeie vleiseienskappe. Die beplanning wat gemaak is, die planne wat uitgevoer is, het gewerk. Julle wou meer vleis in die kudde inbring, julle het. Baie goed gedoen.

Piet de Villiers, met sy mooi plaas, is volgende, Jan Crous behartig hierdie keuring, hy kyk, Neil en Elisna word konsulteer, Piet spreek ook ‘n woord, besluite word gemaak, bevestig, neergepen.

Laatmiddag, op die hoëveld, die son nie te rof nie, Drakensbergers, bekende en nuwe telers bymekaar, die ideale afsluiting van n keurings-toer. Vandaar die uitmekaar gaan van toerlede, veilige reise, blye weersiens, om die volgende dag weer vasgevang te word in die daaglikse roetine, die gewone planne, die beeslose klagtes.

Wonder waar die volgende keuringstoer gaan afskop, en eindig?

Mooi loop en groete.J F

28 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 29: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

ek is gebore in Kimberley, matrikuleer in 1994 aan die Hoërskool Roodepoort en verwerf ‘n B.Ing. graad aan die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU). Daarna verwerf ek my M.Ing. en later

‘n MBA aan die Noordwes Universiteit op die Potchefstroom kampus. Gedurende my laaste jaar van my M.Ing. trou ek met my universiteitsliefde, Marelize in 2000. Ek begin my loopbaan in 2001 by M-Tech Industrial, ‘n

meganiese ingenieursmaatskappy in Potchefstroom. Ek is huidiglik ‘n programbestuurder van die konsultasie afdeling by M-Tech waar ons werk doen vir die myne, ESKOM en internasionaal in Australie en Amerika.

Marelize en ek het ‘n seun, Marno (8 jaar) en ‘n dogter, Renate (5 jaar). Marelize werk by die Studente Voorligtingsdiens by die NWU. Dit is in Potchefstroom waar ek vir Willie Landman ontmoet het en saam begin fietsry, werk, en later saam begin boer het. In 2009 is die Black Hills Drakensberger stoet begin uit die kommersiele kudde waarmee Willie begin het. Ons boer tussen Potchefstroom en Parys in die Noordwes provinsie.

Ons inheemse blink swart beeste het diep in my hart ingeklim en gun my die geleentheid om nader aan die natuur te leef. Die Black Hills kudde streef daarna om uitsonderlike en vrugbare vroulike diere te teel waaruit top bulle ook geteel kan word. Ons agtergrond as ingenieurs gee ons ‘n natuurlike aangetrokkenheid om sterk klem te lê op teelwaardes en syfers. Syfers is egter net ‘n deel van ons teelbeleid; funksionele voorkoms maak die prentjie volledig.

Behalwe om gebruik te maak van prestasie toetsing, ras keuring en raad van goeie vriende in die ras, maak ons ook staat op die raad en ervaring van oom Danie Bosman. Volgens oom Danie het ons doelgerigte teling al goeie vordering in die kudde teweeg gebring.

Ek voel ons ras is onderwaardeer in Suid Afrika. Die vleis wat ons Drakensbergers dra, staan nie terug vir enige ander ras nie. Bo-op dit het ons ras eeue se natuurlike seleksie voordeel wat veral voordelig is tydens swaar tye. Soos ons, is ons ras deel van die land, in goeie en slegte tye. Mag die blink swart kuddes net groei en meer word!

Nuwe Raadslid vir Gauteng streek:

jean van der merwe

Louis is gebore op 16 Oktober 1961 in Vrede. Hy het grootgeword op die plaas, Rosedale. Hy was in Vrede op skool en ook in die koshuis. Hy het aan Hoërskool Vrede gematrikuleer. Na skool het hy diensplig gaan doen op Oudtshoorn, waar hy homself as offisier bekwaam het.

Nadat hy sy 2 jaar diensplig voltooi het, het hy plaastoe gekom om saam met sy pa, Koos Botha te kom boer. Dit was dan ook sy pa wat hom alles van die Drakensberg bees en Letelle skaap geleer het en na wie hy tot en met sy dood opgekyk het. Na sy pa se dood het Louis die Mambane Stoet oorgeneem. Die Mambane Stoet is sedert 1954 geregistreer wat dit vandag een van die oudste kuddes in die Drakensberger Genootskap maak. Louis glo sy pa, wat jare lank self op die Raad gedien het en ook ere-president van die genootskap was, sou trots wees op die Mambane Stoet en ook baie in sy skik wees met die vordering van die ras.

Louis is op 21 September 1992 met Melisia getroud, wat op daardie stadium skoolgehou het op Memel. Uit die huwelik is 2 dogters gebore, Sandra, is tans ‘n Arbeidsterapie-student is aan die Universiteit van Pretoria en Wilinda is in graad 11 aan Hoërskool Vrede. Louis geniet sy dogters ongelooflik baie en sy dogters is sy groot dryfkrag in die boerdery.

Louis glo – The secret of life is not only to do what you like, but to like what you do.

nuwe raadslid - kzn: LOUIS BOTHA

29Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 30: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

skoolvakansie in Williston plaasgevind (So ±60km van Sutherland af) Die diere en die busse was 15 uur op die pad in elke rigting.

Die Gautengspan het ‘n 3de plek by Nasionaal losgeslaan, eerste was Wes Kaap en tweede Noord-Wes. Ons is dankbaar almal is veilig terug by hul tuistes. Volgende jaar vind die Jeugskou in Morgenson plaas tydens die Oktober vakansie.Vir die van u wat al van Grasmunt Grabouw gehoor het-kom kyk volgende jaar hoe lyk sy bulkalwers.

Hier is fotos van die klein mannetjies (ons juniors) met die groot harte van die 2015 Gauteng Jeugskou span.

BO: Manie van Staden met Yster, ‘n eerste aanvaarding bul. 25 maande oud 740kg en AB op tande. Sy nageslag sal ons graag wil sien.Kyk die happy lines op die bul. Foto op Williston geneem

REGS: WJ Grobler met Goliat. ‘n SP bul 23 maande oud 660kg, steeds ‘n A graad – geen permanente tande en ‘n halfbroer van die kalf wat destyds in die restaurant kompetisie ‘n 5de plek gekry het.Foto op Williston geneem.

Bonheim Groete Johan van Staden

bonheim Drakensbergers het weereens in 2015 bulle voorsien vir die Gauteng Jeugskou span. Ons het lekker geskou in Pretoria

as deel van die groter wordende Landbouskou in September 2105.

Tydens die 9de klubveiling van die NWDK klub vroeg in Oktober 2015 hou ons ‘n tentoonstelling van ons juniors met twee van die Jeugskou bulle voor die veiling begin. Graag wil ek ook hier my dank aan die ander klublede oordra vir die geleentheid om die kinders met hul bulle ook meer blootstelling aan die publiek en spesifiek die groter Drakenberger familie te kon gee. Dit was voorwaar vir hulle ‘n baie lekker geleentheid om met trots deel van n 100% Drakensberger geleentheid te kon wees – onthou ons is oral waar ons andersins skou – omring deur langore en bykans al die ander beesrasse wat in SA aangetref word. Na 10 jaar se deelname as beoordeelaar, afrigter en later jare skoumeester wat vee vir die kinders voorsien, vra ek myself dikwels die vraag, Waar het dit alles begin?

Ek deel graag die volgende wysheid wat in my Pa, Manie van Staden die stigter van Bonheim Drakensbergers se studeerkamer gehang het, met u.

Voorwaar baie waarhede ook vir die tyd, seisoen en omstandighede waaronder ons leef.

Die dryf agter die totale jeugskou kan opgesom word uit die leuse wat ABSA elke jaar op ons kinders se spandrag druk tydens die Pretoria skou, behalwe vir borge se logo’s voor op die T-hempde staan daar groot op elke kind se rug geskryf “ Future Farmer”. Hierdie jaar was Veeplaas ‘n groot borg.

Die Nasionale Jeugskou het gedurende die afgelope Oktober

2015jeugskou aktiwiteite

And this is the reply an American farmer sent to his son at collegeMy son, you say you want to be a farmer, and there are many things you do not understand.Farming is a mode of life and living, and not a job of getting cash on hand.If you can love the land and country living and not lose faith when dust is rolling highIf jou can buy when other folks are selling and sell when other folks want to buy,If you can keep your farmwork up to season and still have time to have a little funIf you can plan a programme that will give you feed for your stock in any kind of yearIf you can keep your mind at peace while ploughingIf you can remember every time you need them, where you last left the hammer, the saw, or screwIf you can take advice from an old-timer and yet with modern methods keep abreastIf you can work in filth and not be filthyIf you can work with badly-worn machinery and not make the atmosphere around you blue If you can be a friend to all about you, and leave a honoured name when you are deadIf you can do all this and keep your manly charm, My son, you have the makings of a farmer-and you,re the man who,s wanted on the farm

30 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 31: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13

2015jeugskou aktiwiteite

Lané se Drakensberger

partytjieLané is so lief vir die Drakensberger

ras dat sy al die laaste 3 jaar vir ‘n Drakensberger partytjie vra. Haar entosiasme vir die ras ewenaar enige

tyd vir oom Piet de Villiers. Sy sê sy gaan haar Drakensberger hempie elke keer dra wat ons dorp toe gaan. Sy is van plan om eendag as sy groot is ‘n stoere Drakensberger teler te wees en sy sê sy gaan net met ‘n Drakensberger boer trou, of sy gaan hom leer om met dié swart bees te boer.

As gevolg hiervan gaan die Drakensberger in die toekoms net so sinoniem met die Vermeulens van die Kalahari wees, as met die Uyse van Wakkerstroom.

Haar oupa Vermeulen het haar eerste Drakensberger koei vir haar gegee toe sy 2 jaar oud geword het. So hier kom nog groot dinge.

ek is gebore in Koster en het aan die Hoërskool Handel en Tegniese skool gematrikuleer. In die mooie Rosestad (Bloemfontein) het ek die liefde van my lewe ontmoet. Ek is met Heindrich Wiese getroud in 2001. Ons is ryklik geseën met 2 pragtige kinders, Wiandro (9) my seun en Zelney (8) my dogter.

Ek het by Absa Bank vir 13 jaar gewerk. In 2009 het ek by SA Stamboek begin werk as ‘n Data-koördineerder. Ek is op 1 September 2015 as sekretaresse vir die Drakensberger Beeste,

SA Miniatuurperde en Hackney perde aangestel. Dit is voorwaar ‘n nuwe ervaring en leerproses vir my, maar gelukkig pas ek baie vinnig aan en hou ek van ‘n uitdaging. Ek is ‘n spontane mens wat die buitelewe en natuur geniet. My passie is in die lewe is om voluit te leef.

Ek wens al die telers ‘n Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar vir 2016 toe. “Ons dien ‘n groot God wat ons toelaat om elke dag opnuut te begin”.

Ronandé Wiese

ons maak kennis met

ronande

31Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 32: DRAKENSBERGER December 2015.pdf · Buffalo Valley advertensie 2 Jatro advertensie 4 Voorwoord 5 Jaarverslag 2015 6 Wat moet ons doen om die Winsbees te bly - Eli van der Merwe 13