jaargang ˛ ˝ uitgawe ˙ sterrelig · ja, ons het eintlik nie spesifiek beplan om af te tree nie....

12
Die kleintjies is eintlik gevaarliker as die grotes. Daar is al heelwat kontak gemaak met slange op die landgoed en gelukkig is daar nie van iemand gehoor wat gepik is nie. Onthou, indien ’n kobra ’n troeteldier of mens in die oog spoeg, spoel die oog herhaaldelik uit met slegs water. Melk bevat proteïene wat bind met die proteïene van die gif. Die noodnommer van Rudi J v Vuuren (slangvanger) is 082 333 9635 of kontak sekuriteit by 060 751 8490. Ons wil graag, met die uitdagende tyd waarin ons ons bevind, die mooi woorde van Lied 409 van Izak de Villiers, aan u voorhou: “Hoor jy die Paasfeesklokke? Die Heer het opgestaan! Hy het vir al ons sondes Hom aan die kruis laat slaan. In Hom is nuwe lewe, sy graf is leeg en oop. Hy gaan ons voor – verheerlik- en ons kan op Hom hoop!” Veilig wees tydens die verpligte afsonderingsperiode en ryke seën met die Christelike feesdae! Frikkie, Laetitia en Roelf Uit die HEV-kantoor Die HEV word voor ’n besonderse uitdaging geplaas om watersekerheid aan die inwoners te verskaf. Ons het begrip daarvoor dat Negester oor entoesiastiese tuiniers beskik en vir wie beperkings op tuin natspuit ’n hartseer saak is. Ongelukkig is ons aanklik van goeie reënval om te verseker dat die boorgat standhoudend bly. Alle inwoners word versoek om by die vasgestelde tye vir tuin natspuit te hou. Die tye is soggens voor 10 uur en in die middae na 5 uur. Dit gebeur van tyd tot tyd dat ’n inwoner die HEV inlig dat hy/sy/ons gesien het hoe iemand tuin besproei buite die voorgeskrewe tye. Die vraag wat volg op so nuus- brokkie is: “Wat gaan julle daaromtrent doen?” Daar kan slegs iets gedoen word as skriftelike besonderhede oor die beweerde oortreding van ons huisreëls aan die landgoedbestuurder gegee word. Sulke klagtes kan anoniem deurgestuur word. Alle inwoners is waghonde oor sulke sake! Dit is ons almal se landgoed en in almal se belang dat die huisreëls, veral ten opsigte van water, nagekom word. Ons ervaring is, dat indien ’n klagte meriete het, ’n skriftelike waarskuwing aan die betrokke inwoner die gewenste uitwerking sal hê. Gesondheidsvereistes Die verwerkte inligting wat vanuit die gesondheids- vraelyste verkry is, geniet tans die aandag van die direksie ten einde die beste besluit en optrede aan die inwoners te kan voorhou. Slange Daar is op die oomblik heelwat kobras wat uitgebroei het. Moenie dat die grote van die slang jou mislei nie. STERRELIG Nuusbrief van Negester Klein-Kariba Huiseienaarsvereniging “…en mag die Suiderkruis en Negesterre witter as die stedeligte in jou siel bly skitter” – D.J. Opperman Ons bedank die volgende persone / instansies vir finansiële bydraes tot die Sterrelig Nuusbrief: Majestic Silver Trading 279 (Edms) Bpk Donateurs APRIL 2020 JAARGANG 2 | UITGAWE 6

Upload: others

Post on 27-Sep-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG · Ja, ons het eintlik nie spesifiek beplan om af te tree nie. Ons was per geleentheid by Die Eiland en het daar toe die advertensie van Negester

Die kleintjies is eintlik gevaarliker as die grotes. Daar is al heelwat kontak gemaak met slange op die landgoed en gelukkig is daar nie van iemand gehoor wat gepik is nie. Onthou, indien ’n kobra ’n troeteldier of mens in die oog spoeg, spoel die oog herhaaldelik uit met slegs water. Melk bevat proteïene wat bind met die proteïene van die gif.

Die noodnommer van Rudi J v Vuuren (slangvanger) is 082 333 9635 of kontak sekuriteit by 060 751 8490.

Ons wil graag, met die uitdagende tyd waarin ons ons bevind, die mooi woorde van Lied 409 van Izak de Villiers, aan u voorhou:

“Hoor jy die Paasfeesklokke? Die Heer het opgestaan! Hy het vir al ons sondes Hom aan die kruis laat slaan. In Hom is nuwe lewe, sy graf is leeg en oop. Hy gaan ons voor – verheerlik- en ons kan op Hom hoop!”

Veilig wees tydens die verpligte afsonderingsperiode en ryke seën met die Christelike feesdae!

Frikkie, Laetitia en Roelf

Uit die HEV-kantoorDie HEV word voor ’n besonderse uitdaging geplaas om watersekerheid aan die inwoners te verskaf. Ons het begrip daarvoor dat Negester oor entoesiastiese tuiniers beskik en vir wie beperkings op tuin natspuit ’n hartseer saak is. Ongelukkig is ons a�anklik van goeie reënval om te verseker dat die boorgat standhoudend bly. Alle inwoners word versoek om by die vasgestelde tye vir tuin natspuit te hou. Die tye is soggens voor 10 uur en in die middae na 5 uur.

Dit gebeur van tyd tot tyd dat ’n inwoner die HEV inlig dat hy/sy/ons gesien het hoe iemand tuin besproei buite die voorgeskrewe tye. Die vraag wat volg op so nuus- brokkie is: “Wat gaan julle daaromtrent doen?” Daar kan slegs iets gedoen word as skriftelike besonderhede oor die beweerde oortreding van ons huisreëls aan die landgoedbestuurder gegee word. Sulke klagtes kan anoniem deurgestuur word.

Alle inwoners is waghonde oor sulke sake! Dit is ons almal se landgoed en in almal se belang dat die huisreëls, veral ten opsigte van water, nagekom word. Ons ervaring is, dat indien ’n klagte meriete het, ’n skriftelike waarskuwing aan die betrokke inwoner die gewenste uitwerking sal hê.

Gesondheidsvereistes

Die verwerkte inligting wat vanuit die gesondheids- vraelyste verkry is, geniet tans die aandag van die direksie ten einde die beste besluit en optrede aan die inwoners te kan voorhou.

Slange

Daar is op die oomblik heelwat kobras wat uitgebroei het. Moenie dat die grote van die slang jou mislei nie.

STERRELIGNuusbrief van Negester Klein-Kariba Huiseienaarsvereniging

“…en mag die Suiderkruis en Negesterre witter as die stedeligte in jou siel bly skitter”

– D.J. Opperman

Ons bedank die volgende persone / instansies vir finansiële bydraes tot die Sterrelig Nuusbrief:

Majestic Silver Trading 279 (Edms) Bpk

Donateurs

APRIL 2020JAARGANG 2 | UITGAWE 6

Page 2: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG · Ja, ons het eintlik nie spesifiek beplan om af te tree nie. Ons was per geleentheid by Die Eiland en het daar toe die advertensie van Negester

2April 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 6

Vanuit die ontwikkelaar se kantoorMet die donkerwolk van die Koronavirus wat oor ons koppe hang, sal daar tydens die afsonderingsperiode, soos deur President Ramaphosa afgekondig, geen boubedrywighede op die landgoed plaasvind nie. Slegs noodsaaklike dienste sal gelewer word. Die beplanning en ontwerp van die kapitaalprojekte sal ook waar moontlik, voortgaan met implementering heel waar- skynlik eers in Junie vanjaar.

Stand van huise op 29 Februarie 2020

• Huise voltooi: 146

• Huise in aanbou: 18

• Planne ingedien/tender: 7

• Huise wat beplan word: 40

• Gedienste erwe: 294

• Totale aantal erwe: 419

• Aantal erwe verkoop: 232

Negester Estetiese Komitee (NEK)

Tydens die eerste HEV-vergadering vanjaar het dr. Kotie Kruger uit sy amp as direksielid van die HEV bedank. Hy bly egter aan as direkteur van MST en is steeds beskikbaar om met raad en daad bystand te verleen. Die NEK is hersaamgestel en sien nou soos volg daaruit:

• MST: Madrienne Heymans (koördineerder) en Brett Boyes

• HEV: Frikkie Lloyd en Lood Grobler

• Sekretaresse: Yolanda van der Walt

• Konsultante: Marcel de Beer (argitek)

• Menno Klapwijk (landskap-argitek)

• Louis Roets (siviele ingenieur)

• Nico van Wyk (elektriese ingenieur)

Ontwikkelingsprojekte

Na afloop van die suksesvolle voltooiing van die klubhuis, beoog die ontwikkelaar vanjaar om, bene- wens die deurlopende rehabilitasieprojekte, aandag te gee aan die volgende ontwikkelingsprojekte:

• Heining aangrensend aan ATKV Klein-Kariba

MST het goedkeuring verleen dat die heining opge- gradeer word. Dit word ten volle geëlektrifiseer en word verhoog na 2,4m, in ooreenstemming met die res van die heinings. P&E Fencing is die kontrakteur en hulle het aangedui dat hulle so spoedig as moontlik met die opgradering gaan begin. Sorg word gedra dat

geen oop gedeeltes aan die einde van ’n werksdag gelaat sal word nie.

• Toegangspadbruggie

Opdrag is gegee om voort te gaan met die tenderproses. Indien alles volgens plan verloop, behoort die kontstruksie van die bruggie iewers in Junie 2020 te begin.

• Fase 1Y (erf noord van die HEV-kantore)

Goedkeuring is van die owerhede ontvang en die siviele en elektriese dienste is reeds ontwerp. Konstruksie sal voortgaan sodra omstandighede dit toelaat. Daar is 7 erwe in hierdie fase met ’n gemiddelde erfgrootte van 550 m². Daar is goeie belangstelling van potensiële kopers.

ALTRA JUWELIERSHORLOSIES & SLEUTELS

VERKOOP EN HERSTEL HORLOSIES,SNY EN VERKOOP SLEUTELS

SPAR SentrumLuna Straat, Bela-Bela

014 736 2712

‘STAINLESS STEEL’ JUWELEGEEN ALLERGIESE REAKSIE

VERKLEUR NIEROES NIE

KOM KYK NA ONS NUWER REEKS!!!

Page 3: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG · Ja, ons het eintlik nie spesifiek beplan om af te tree nie. Ons was per geleentheid by Die Eiland en het daar toe die advertensie van Negester

3

Boombrokkies

Die krinkhout is ’n beskermde boom omdat hy vir soveel goed gebruik kan word. Die bas lewer ’n goeie vesel waarvan tou gemaak kan word. Die wortels, wat giftig is, bevat metielsalisilaat en ruik na wintergroenolie. Dit word algemeen, veral deur die Vendastam, benut as geneesmiddel vir ’n legio van kwale en ook as gifstof met vele gebruike.

Waar kom die krinkhout se interessante naam vandaan? Volgens die Woordeboek van die Afrikaanse Taal word die woord “krink” gebruik as sinoniem vir kring. Kyk maar op die foto van ’n dwarssnit deur ’n krink- houtstomp, dan weet mens hoekom die oumense die boom so genoem het.

Ons weet seker almal dat die mooie krinkhout (Securidaca longipendunculata) hier op Negester voorkom. Daar is juis ’n mooi groot boom sigbaar van ons teerpad af, binne Negester, net voor mens links draai op die pad na ons hek toe. Mens ken hierdie bome uit aan hulle liggrys stamme en, natuurlik, aan die pragtige rooipers blomme (sy Engelse naam is juis violet tree) wat saam met die blare in die lente verskyn.

SkopsuileOns eerste kamp van 2020 skop op ’n hoë noot af! Met ’n rekordgetal kampeerders, 29 persone, doen ons dit weer. Ons verwelkom 5 nuwe pare by die Skopsuile! Ons midweekkamp in Februarie het plaasgevind by Bosfontein (presies 15 km van ons huise) van Sondag23 Februarie tot Vrydag 28 Februarie.

Dis ’n pragtige oord met lowergroen bome (Johan se passie), warm/koue swembad, netjies geplaveide staan- plekke en uitstekende ablusiegeriewe.(Vervolg op p.4)

April 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 6

Krinkhout (Securidaca longipendunculata)Foto geneem: Februarie 2019 naby die

jukskeibane en bôma.

Vir die boekwurmsLekker lag, kuier, melktert en tee… dié twee ure… altyd die moeite werd! Die biblioteekkuier van Dinsdag 10 Maart 2020 is hier ter sprake. Om 10:00 het die biblioteekgangers met boeke onder die arm by die HEV-raadsaal bymekaar gekom. Vrolik gedekte tafels het ons ingewag. Ons tema vir die oggend was “Bekendstelling van jou gunsteling outeur”.

Almal het heerlik geluister na baie interessante voorstellings van Philippa Gregory, Milani Vosloo, Annelie Botes, Marie Heese en Susan Coetzer.

Met goeie navorsing oor die outeurs is die boek- wurms nuuskierig gelaat en ek voorspel dat meer as een van ons beslis gaan rondloer om elkeen sy/haar leesvoorkeure te verbreed.

Tee, koffie en heerlik tuisgebakte melktert het die inspirerende oggend se verrigtinge soet-soet afgesluit. Met ’n “tot weersiens” en “lekker lees” sien ons opgewonde uit na die derde byeenkoms.

Hou die Negester-inwoners se WhatsApp-groep dop vir verdere inligting.

“’n Storie is soos die wind.

Dit kom van ‘n ver plek af,

en ons kan dit nie sien nie,

maar ons VOEL dit.”

– Lourens Van der Post

“Daar sit meer helende krag in een verhaal as in ’n rak vol dogmatiese werke.”

– Ferdinand Deist

Moet dit nie weer misloop nie! Jy is seker al klaar spyt…

Gusta Hoare

Page 4: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG · Ja, ons het eintlik nie spesifiek beplan om af te tree nie. Ons was per geleentheid by Die Eiland en het daar toe die advertensie van Negester

4

Skopsuile (vervolg)

Tussen al die fietsry, stap, swem, trekkerritte, kuier, eet en braai vier ons ook Frans se verjaarsdag—wel so paar dae voor die tyd. Die varkie op die spit was ’n uitdaging, vra maar enigeen wat by die kamp was die aand, ons het heerlik gesmul daaraan en verjaarsdagkoek geniet.

Ons lede se ouderdomme wissel van redelik senior tot redelik junior, ons maak ’n opname en die resultaat is: mans 67jr en dames 65jr. Annette Erasmus het die inisiatief geneem en begin om ’n Skopsuile Kabinet saam te stel. By elke kamp sal sy en haar groep besluit

om ministers aan te wys. Annetjie Ras hekel die uiltjies en dan word dit die laaste aand uitgedeel. Die kabinet tot dusver is: Dawid Appel (president), Mary-Anne Vorster (minister van finansies), Johan Heydenrych (minister van bosbou) en Elma van Appel (minister van kommunikasie). Hierdie kamp was weer eens ’n reuse sukses en ons nooi alle Negester-kampeerder om gerus by die Skopsuile aan te sluit! Ons leuse is om positief te wees en nie aan negatiewe praatjies deel te neem nie. Groete tot die volgende kamp. Kontak Dawid Appel by 0827750260 vir meer inligting.

April 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 6

Roelf, vertel vir ons van die paaie wat jy geloop het.

Ek het agter die Soutpansberg grootgeword. Gedurende my skooljare was ek op Potgietersrus, waar ek gema- trikuleer het in 1965. Na my matriek is ek na die Suid-Afrikaanse Polisie en het in 1995 as Kolonel uit die diens getree. Die boerdery het my geroep en het ek toe in die Sterkrivier-omgewing naby Potgietersrus vir 22 jaar met beeste en wild gaan boer. In my tyd in die polisiediens het ek ook verder gestudeer en ’n BA graad in polisiekunde met regsvakke as my hoofvakke behaal. Terwyl ek geboer het het ek ook klas gegee by die Technicon SA in Pietersburg en was dosent in strafreg en ondersoek van misdaad.

Mary-Anne, jou paadjie?

Ek is in Pretoria gebore, en het skoolgegaan by Laerskool en Hoërskool Tuine. Na skool het ek gaan werk by banke en bouverenigings en het toe by Tukkies beland waar ek vir 19 jaar in die administratiewe afde- ling gewerk het. In 1996 is ek en Roelf getroud en het ons Potgietersrus toe verhuis. Daar het ek ook by die munisipaliteit beland as administratiewe beampte. Vanaf 1996 tot my aftrede (ek dink dit was 22 jaar) het ek elke dag 80 km gery van die plaas af werk toe.

Hoe het julle ontmoet?

Roelf se suster het saam met my by Tukkies gewerk en het ons aan mekaar voorgestel. Terloops, tussen my en hom het ons ’n seun en ’n dogter en ses kleinseuns, geen kleindogters nie.

Ons het nou al oor Negester bietjie gesels, vertel meer?

Ja, ons het eintlik nie spesifiek beplan om af te tree nie. Ons was per geleentheid by Die Eiland en het daar toe die advertensie van Negester gesien, kom kyk, en verlief geraak op die plek. Soos die Vader dit beskik het, kry ek toe sommer uit die bloute ook ’n aanbod op my plaas. Ons het daar en dan besluit om af te tree en Negester toe te kom. Ons was die vierde intrekkers hier en het ook van die begin af op die HEV gedien, en doen dit nog steeds. Dit is vir ons heerlik om hier te bly. Negester is besonders, en ek wil graag sien dat Negester uitbrei tot voordeel van almal. Die natuur hier is besonders en ek wil graag sien dat dit behoue bly. Ek is verantwoordelik vir die veiligheid en sekuriteit van Negester en wil graag vir die inwoners ’n veilige hawe hier skep.

Ander belangstellings, stokperdjies?

Roelf doen bietjie houtwerk, maak opvoedkundige kinderspeelgoed en hengel baie graag. Mary-Anne is deel van die lyndansgroep, hou baie van naaldwerk en geniet ons bordspeletjie-aande. Ek is een van 5 susters en my ma het ons van kleins af geleer naaldwerk doen. Roelf is ook baie betrokke by die kerk (Warmbad Moedergemeente) en dan kan ek ook nie wag om elke dag my lyf in die swembad te kry vir die water aerobics nie! Dis heerlik, goeie oefening en groot pret!

Rouel Beukes gesels met: Roelf en Mary-Anne Venter

Roelf en Mary-Anne Venter

Page 5: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG · Ja, ons het eintlik nie spesifiek beplan om af te tree nie. Ons was per geleentheid by Die Eiland en het daar toe die advertensie van Negester

5

’n Rooikat in die Nasionale Bergkwaggapark,Suid-Afrika

Die rooikat (Caracal caracal) is ’n soogdier en ’n karnivoor en lid van die katfamilie (Felidae - Felinae). Daar is 36 wildekatspesies in die wêreld. Die drie hoofgroepe in die katfamilie is: die groot katte (Panthera), die jagluiperd (Acinonyx) en die klein katte (Felis). Die rooikat is lid van die felis-groep en is naby verwant aan die tierboskat (Felis serval).

Die rooikat kom algemeen in Suid-Afrika voor (is ook al op Negester waargeneem) asook in die res van Afrika en Anatolië:

• In Noord-Afrika kom die rooikat in lande soos Marokko, Algerië, Tunisië, Egipte, Libië voor asook in die suide van Soedan.

• In Afrika, suid van die Sahara kom die rooikat voor in lande soos Mauritanië, Senegal, Ethiopië, Somalië, Uganda, Kenia, Tanzanië, Angola, Zambië en Malawi.

• In Suider-Afrika kom die rooikat in lande soos Suid- Afrika, Namibië, Botswana, Zimbabwe en Mosambiek voor.

Die rooikat verkies ’n droë en warm klimaat en kan gevind word in die Bosveld-grasvlaktes, ongelyke veld en bergagtige gebiede waar hy in lang gras en ruigtes kan skuil.

Beskrywing

Die rooikat word beskou as een van die mooiste wildekatte en word herken aan sy rooibruin (taankleurige) pels en lang swart haartossels aan die punte van sy gepunte ore en kort dik stert. Die gesig van die rooikat word belyn deur ’n swart streep wat vertikaal deur elke oog loop en deur sy wit ken en swart bolip. Daar is wit merke op sy keel, ken en maag. Die agterpote is heelwat langer as die voorpote.

Rooikat (Caracal caracal)

April 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 6

Die rooikat is ’n mediumgrootte grasieuse kat, wat groter as die wildekat en kleiner as die luiperd is. Die rooikat se skouerhoogte is tussen 40 en 45 cm. Die volwasse mannetjie weeg 17 kg en die wyfie 11,5 kg. Die rooikat is soepel en kragtig gebou met lang bobene en skerp intrekbare kloue.

Gedrag

Rooikatte is alleenlopende diere wat slegs vir paar- doeleindes bymekaarkom in pare. Elke rooikat sal vir homself ’n jaggebied a�aken wat hy sal probeer oorheers met sy teenwoordigheid.

Die rooikat is ’n skugter dier wat in skeure, boom- stompe en ou erdvarkgate wegkruip gedurende die dag, en meestal aktief is in die nag wanneer hy jag. ’n Wye verskeidenheid prooi word gejag deur die rooikat: van klein diere (soos klein wildsbokke, ape, bobbejane, dassies en hase) tot reptiele en voëls (soos tarentale en poue).

Hulle jag meestal voëls wat op die grond nesmaak, terwyl die voël sit en slaap. Die rooikat is egter ook bekend daarvoor dat hy baie hoog kan spring om voëls, in vlug, met sy skerp kloue uit die lug te kan vang. Groter prooi, wat tot dubbel die gewig kan wees van die rooikat, word bekruip, bespring en met ’n nekbyt gedood.

Rooikatte kan goed boom klim om groter roofdiere te ontduik en om ’n beter perspektief te kry oor die jagveld. ’n Jong mannetjie kan tot 95 km ver beweeg om sy eie gebied af te baken. Wyfies bly naby aan hul geboorteplek en hul gebiede sal soms oorvleuel met dié van hul moeder.

Interaksie met die mens

Groot dele van die rooikat se natuurlike jaggebied en prooi is van hom ontneem deur veeboerdery. Die rooikat word geklassifiseer as ’n probleemdier en word stelselmatig uitgewis deur veeboere. ’n Rooikat kan groot skade aanrig onder ’n trop skape of bokke en sal meer vee doodmaak as wat hy op een slag kan eet.

Baie boere beskou die rooikat as ’n pes wat uitgewis moet word, maar ander meer natuurbewuste boere beperk die rooikatgetalle deur hulle reukafskeiding te gebruik om gebiede af te baken. Hulle vang die rooikatte ook in spesiale vanghokke waarmee hulle die rooikatte kan vervoer na minder bewoonde gebiede. (Vervolg op p.6)

Page 6: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG · Ja, ons het eintlik nie spesifiek beplan om af te tree nie. Ons was per geleentheid by Die Eiland en het daar toe die advertensie van Negester

6April 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 6

KoronavirusSimptome

• Verhoogde temperatuur

• Hoes

• Kortasem en benoudheid op die bors

Voorkoming

• Fokus op goeie algemene gesondheid en kry die griep inspuiting, dit sal u beskerm in die meeste gevalle van griep en verkoue.

• Vermy mense wat simptome van griep of verkoue het.

• Vermy plekke waar baie mense vergader.

• Poog om nie aan u gesig te vat nie.

• Was jou hande gereeld met seep en water tot by jou elmboë vir ten minste 20 sekondes. Indien seep en water nie beskikbaar is nie kan alkohol sproei of gel gebruik word.

• Bedek jou neus en mond met ’n sneesdoekie indien jy nies of hoes en gooi die sneesdoekie onmiddellik weg.

• Nies in jou arm indien jy nie ’n sneesdoekie het nie.

• Maak oppervlaktes skoon met huishoudelike skoon- maakmiddels.

• Kanselleer reisplanne (of stel dit uit) na gebiede waar die koronavirus voorkom.

• Gesigmaskers kan gedra word indien u simptome begin toon. Maskers moet reg hanteer word om verdere verspreiding te voorkom.

• Gesigmaskers is noodsaaklik vir gesondheidswerkers wat in kontak is met persone wat griepsimptome toon.

• Vermy geleenthede waar groot groepe mense saamkom.

• Staan 1 tot 1,5 meter weg van mense.

• Self-isolasie vir 2 weke nadat u ’n hoë risiko area besoek het of waar verdagte gevalle of geïnfekteerde mense geïdentifiseer is.

Indien u blootgestel was, wat dan?

Indien u vermoed dat u blootgestel is of tekens toon dat u die virus onder lede het moet asb. nie u dokter besoek nie, maar eerder skakel.

• Die ander pasiënte in sy spreekkamer is almal siek met ’n moontlike verlaagde immuniteit; u wil nie ander mense blootstel nie.

• Bly asseblief tuis in selfopgelegde isolasie.

• Indien u hospitaal toe moet gaan, kontak die hospitaal vooraf dat reëlings getref kan word. Bedek u neus en mond indien u hoes of nies.

• Was hande. Was hande. Was hande.

• Moenie persoonlike items met ander mense deel nie.

• Sorg dat alle oppervlaktes wat u aangeraak het skoon- gemaak word.

• ’n Vraelys moet deur u dokter ingevul word indien u vermoed dat u in kontak was/geïnfekteerd is. Geen patologiese toetse sal gedoen word sonder die nodige vorms nie.

• Die dokter sal in die geval van enige onsekerheid met NICD skakel.

• Die toetse moet vooraf betaal word en u eis dit terug van u mediese fonds.

• ’n Neus- en keeldepper, wat by u huis geneem kan word, word dan na ’n goedgekeurde laboratoruim gestuur vir toetsing. ’n Opvolgtoets moet na drie dae gedoen word.

• PathCare Bela-Bela is een van die aangewese patoloë vir toetsing asook die vervoer van monsters.

• Skakel PathCare asseblief voordat u opdaag vir monsterneming, indien u verkies dat monsters daar geneem word.

Indien u vermoed dat u aan die virus blootgestel was, of indien u simptome begin toon, of reeds positief getoets is vir Covid-19 infeksie, moet u asseblief sonder versuim die bestuurder van die sorgsentrum in kennis stel.

Delia Venter

Rooikat (vervolg)

Die geheimsinnige en nagtelike lewenswyse van die rooikat ontmoedig navorsers om die rooikat te bestudeer en min is gedokumenteer oor die kat se lewenswyse.

Die inligting relevant tot die bydraes oor soogdiere wat op Negester voorkom, kom van die volgende bronne:

• Stuart’s Field Guide to the larger Mammals of Africa (Chris & Mathilde Stuart)

• The Mammals of the Southern African Subregion (Reay H.N. Smithers)

• Wikipedia

Page 7: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG · Ja, ons het eintlik nie spesifiek beplan om af te tree nie. Ons was per geleentheid by Die Eiland en het daar toe die advertensie van Negester

Voël van die maandGestreepte nuwejaarsvoël

Clamator levaillantii

Eng: Levaillants cuckoo

Daar is al in hierdie rubriek geskryf oor die migrasie van ’n verskeidenheid van ons voëls sowel oor die broei parasitisme wat onder verskeie spesies voorkom.

Hierdie maand was ’n hele klompie van die Negester-inwoners bevoorreg om iets hiervan in aksie te sien. ’n Groep pylvlekkatlagters is opgemerk wat vier onvolwasse gestreepte nuwejaarsvoëls versorg. Dit opsigself is nie vreemd nie, want katlagters is die teikenspesies van die gestreepte nuwejaarsvoëls. Van die vier katlagter spesies wat in Suid-Afrika voorkom is die pylvlek katlagter (oor wie daar al in hierdie rubriek geskryf is) egter die grootste gunsteling.

Die nuwejaarsvoëls kom egter nie in groot getalle in die Bosveld voor nie maar hulle word van tyd-tot-tyd hier op Negester gesien. Dit was dus ’n absolute verrassing om vier gelyktydig te sien. Die katlagters het gedoen wat katlagters gewoonlik doen en dit is om te lawaai terwyl hulle oral op die grond soek na kos. Die jong nuwejaarsvoëls het soos bedorwe brokkies laag in die bome gesit en kerm en kla sodat daar vir hulle kos aangedra kan word. Die groepie is nogal gereeld gesien en oor ’n tydperk van twee weke was daar elke keer minder van die nuwejaarsvoëls soos hulle volwassenheid bereik het.

Nuwejaarsvoëls maak deel uit van die koekoeke wat somerbesoekers is en wat vermoedelik in Ekwatoriaal- en Wes-Afrika oorwinter. Hulle arriveer in November elke jaar om te broei en vertrek weer teen Maart/April. Daar is nie veel bekend oor die paring van die mannetjie en wyfie nie maar hulle werk beslis saam om die katlagters se aandag af te trek sodat die wyfie die eiers in die katlagter se nes kan lê. Hulle sal albei heen-en-weer vlieg om aandag te trek en die wyfie sal dan vinnig tot vier eiers lê terwyl die mannetjie aanhou om aandag op hom te vestig. Die nuwejaarsvoëlkuiken verdra die kleintjies van die katlagter saam met hom in die nes. Dit is uitsonderlik want by ander spesies sal die broei parasiet die ander kleintjies uit die nes gooi, of sal die ander kleintjies verhonger omdat die parasiet groter en sterker is en daarom die meeste kos kry.

Wat die wonderlikste van die hele proses is, is dat die katlagter nie migreer nie en die nuwejaarsvoël ouers geen rol speel in die onvowassenes se lewens nie. Tog weet die jong nuwejaarsvoël wanneer om te vertrek en waarheen hy moet gaan. Die skepping is voorwaar wonderlik!

Die gestreepte nuwejaarsvoël (Clamator levaillantii) kom algemeen voor in Afrika, Suid van die Sahara. Hulle verkies ’n bosagtige habitat en hulle dieet bestaan uit insekte, veral harige wurms. Die volwasse voël is 37.5 cm lank en weeg tussen 105 en 140 gram. Hulle kleur is hoofsaaklik swart, met ’n wit bors met swart spikkels wat dit ’n gestreepte voorkoms gee.

Jan van Biljon

7April 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 6

’n Katlagter saam met die nuwejaarsvoël Onvolwasse nuwejaarsvoël

Page 8: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG · Ja, ons het eintlik nie spesifiek beplan om af te tree nie. Ons was per geleentheid by Die Eiland en het daar toe die advertensie van Negester

8

Gesondheidsorgdienste by Negester Klein-KaribaGedurende die week van 6 tot 10 Januarie 2020 het die gesondheidsorgkomitee ’n behoeftebepalingsondersoek geloods om van inwoners self te verneem wat hulle voorkeur behoeftes rondom gesondheidsorg is. Hon- derd huishoudings het aan die ondersoek deelgeneem. Die ouderdomsverspreiding van die deel nemende groep inwoners was soos volg: 61–70 (51%), 71–80 (29%) en 50–60 (20%). Ons deel graag kortliks met u van die hoogtepunte van die ondersoek.

Voedselverskaffingsdienste

56 van die huishoudings wat aan die ondersoek deelgeneem het, het aangedui dat hulle ’n voed- selverskaffingsdiens sal ondersteun sodra dit ingebruik geneem word. Die gemiddelde bedrae geld wat inwoners bereid is om aan ontbyt te bestee is: R40.00, aan middagetes R50.00 en aan aandetes R60.00. Die benutting van ’n koeponstelsel vir die aankoop van etes word ondersteun.

Huishoudelike dienste

Wat betref die lewering van huishoudelike dienste soos tuindienste, huisskoonmaakdienste, wasgoedienste en ’n linnediens verkies die meeste inwoners op hierdie tydstip selfstandig te kies hoe hulle die dienste wil bekom, maar in die toekoms sal hulle wel, wil gebruik maak van huishoudelike dienste wat deur die Landgoed voorsien word. Voortdurende behoeftebepalings sal gedoen word, ten einde die kantelpunt te bepaal van wanneer die Landgoed die dienste moet oorneem en bestuur.

Vervoerdienste

Uit die terugvoer van die deelnemende inwoners blyk dit daar nie tans ’n behoefte aan ’n vervoerdiens vir inwoners bestaan nie, maar dat hulle wel in die toekoms van so ’n diens gebruik sal maak as dit beskikbaar gestel word.

Gesondheidsorgdienste

Gesondheidsorgdienste te Negester Klein-Kariba word in samewerking met Medwell SA gelewer. Medwell spesialiseer in die lewering van gesondheidsorgdienste wat by wyse van tuisverplegingsdienste geskied. Alle gesondheidsorgdienste in ons Landgoed word gevolglik dienooreenkomstig die gesondheidsorgbeleid/raam- werk van Medwell SA bestuur.

Kliniekdienste

Primêre Gesondheidsorg: Die vraag na die dienste wat by die kliniek as deel van primêre gesondheidsorg- dienste aangebied word, is by al die deelnemende inwoners hoog in aanvraag. Gemiddeld 252 inwoners maak op ’n maandelikse basis van die kliniek se dienste gebruik (Databron: Medwell Statistiek).

Tuisversorgingsdienste

Die doel van tuisversorging behels hoofsaaklik die lewering van tuisverplegingsdienste aan inwoners wat nie meer selfstandig in al hul versorgingsfunksies kan voorsien nie. Hierdie dienste behels ’n 12 of 24 uurlikse plasing van ’n gesondheid sorgwerker by ’n inwoner aan huis. Ten einde ’n vooruitskatting te maak na die vraag van tuisversorgingsdienste is aan die inwoners gevra of hulle beplan om van tuisversorgingsdienste gebruik te maak. 17 inwoners het geantwoord hulle beplan nie om tuisversorgingsdienste in die toekoms te gebruik nie. Terwyl 74 inwoners wel beplan om daarvan gebruik te maak, 9 inwoners het nie die vraag beantwoord nie.

Hierdie diens is reeds in werking. Indien u dit wil benut kan dit met die Sorgsentrumbestuurder gereël word. Terwyl ondersteunendesorg (assisted living) daarteen- oor hoofsaaklik die vorm van ’n kort daaglikse roetine besoek aanneem (die duur kan wissel van 1 tot 2 uur a�angende van die aard van die gesondheidsorgdiens wat benodig word, bv. bad, pilbeheer). (Vervolg op p.9)

April 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 6

Page 9: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG · Ja, ons het eintlik nie spesifiek beplan om af te tree nie. Ons was per geleentheid by Die Eiland en het daar toe die advertensie van Negester

Nuusbriefplasings en advertensiesOns doen ’n beroep op alle belangstellendes, asook die organiseerders van die verskillende belangegroepe, om ons op hoogte te hou van die aktiwiteite, sodat dit geplaas kan word in die nuusbrief en kalender. Berigte en foto’s oor aktiwiteite wat plaasgevind het, is ook welkom. E-pos dit aan [email protected]. Bydraes moet asb. voor of op die 20ste van elke maand ge-e-pos word vir die volgendemaand se plasing.

9April 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 6

Gesondheidsorgdienste by Negester Klein-Kariba (vervolg)

Tot op datum was daar nog nie ’n formele vraag na die dienste van ondersteunendesorg nie. Hierdie diens kan wel op aanvraag beskikbaar gemaak word.

Lewensreg ondersteunende sorgeenhede

Vyftig van die deelnemende inwoners het aangedui aan dat hulle ten gunste van ’n lewensregopsie vir die dienste van ondersteunende versorging in ’n groeps-fasiliteit sal wees, indien dit beskikbaar gemaak word. Die getal nee antwoorde was (30) terwyl die (20) inwoners wat buite stemming gebly het, in die ouderdomsgroep 50–60 val.

Versorging in die sorgsentrum

Alhoewel 60% van die deelnemende inwoners aangedui het dat hulle van die versorgingsdienste in die sorgsentrum gebruik sal maak, dui 22% aan dat hulle hoofsaaklik as gevolg van die koste verbonde aan die diens, nie oorweging sal skenk aan ’n opname in die sorgsentrum nie. Die 18 inwoners wat buite stemming gebly het verteenwoordig die ouderdomsgroep 50–60. Laasgenoemde groep dui aan dat hulle eers oor 20 jaar aan hierdie soort dienste sal aandag gee.

Toekomsstrategie

Op 5 Maart 2020 is die voorafgaande inligting met al die direkteure van Negester Klein-Kariba en Medwell SA bespreek. Opdrag is aan die gesondheidsorgkomitee gegee om die inligting wat uit die behoeftebepaling bekom is, te gebruik om die bestaande gesondheidsorgdienste op aanvraag verder te ontwikkel. Aandag moet ook gegee word aan nuwe behoeftes wat geïdentifiseer is, soos byvoorbeeld die verskaffing van etes en die bekostigbaarheid van gesondheidsorgdienste te Negester.

’n Opregte woord van dankie aan almal wat aan die behoeftebepling deelgeneem het.

Annatjie Moore

Page 10: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG · Ja, ons het eintlik nie spesifiek beplan om af te tree nie. Ons was per geleentheid by Die Eiland en het daar toe die advertensie van Negester

10April 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 6

Belangegroepestruktuur

GesondheidsorgSameroeperDelia Venter

Lief en LeedAnnetjie MeetsRonel Schoeman

Maatskaplike DiensAnnatjie Moore

Geestelike Ondersteuning Herklaas Viljoen

AktiwiteitSwemoefeningeMa tot Do, 15h00 (Negesterswembad)

LyndansMa & Do, 15h00 (Klubhuissaal)

HandwerkDi, 14h00 (behalwe eerste Di van elke maand – 09h00) (HEV-raadsaal)

BiblioteekDi & Do, 12h00–16h00 (Biblioteek)

Vroue BybelstudieWo, 09h00–10h00

FietsryDaagliks, 06h45 (Huis nr. 222)

JukskeiMa tot Sat, 07h00

GholfDi & Do, 07h00 (Koro Creek)

FinansiesSameroeperFrikkie Lloyd

Addisionele lidChris Schoeman

KommunikasieSameroeperAngus Hughes

NuusbriefHenk Hoogenboezem

OmgewingSameroeperArrie Schreiber

VoëlklubJan de Beer

PlanteJohan Heydenrych, Leonora Visagie

DiereLood Grobler, Hannes du Plessis

TerreinJan van Biljon, Wessel Joubert

SportSameroeperTino Erasmus

GholfCoenie Louw

TennisHannes Adendorff

RolbalHerklaas Viljoen

Sport (vervolg)FietsryMarius Blom

WateroefeningeTino Erasmus

JukskeiFlip Snyders

HengelRassie Erasmus

SosiaalSameroeperDerek Grobler

BiblioteekRiana Viljoen, Laetitia Ludwik

LyndansAnnette Swart

KampeerklubDawid Appel

SpeletjiesAnnemie Erasmus

Sosiale funksiesAnnemie Erasmus

HandwerkRita Coetzee

MarkdagAnnatjie Ras

Veiligheid & SekuriteitBen MeyerNeville HoareDolf Denner

Page 11: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG · Ja, ons het eintlik nie spesifiek beplan om af te tree nie. Ons was per geleentheid by Die Eiland en het daar toe die advertensie van Negester

April 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 6 11

Negester Klein-Kariba Advertensies

Page 12: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG · Ja, ons het eintlik nie spesifiek beplan om af te tree nie. Ons was per geleentheid by Die Eiland en het daar toe die advertensie van Negester

SONDAG MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG SATERDAG

43

9 10 1165 7 8

21

16 17 181312 14 15

23 24 252019 21 22

30292726 28

Goeie Vrydag

Gesinsdag

Vryheidsdag

APRIL 2020

Rudi J v Vuuren 082 333 9635(Slange)Hoo�ek 072 213 2225

NoodnommersAmbulans 086 0112 911Medwell 072 312 3499Sekuriteit 060 751 8490

April 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 6 12

Hansie BoshoffSel: 082 419 4642E-pos: [email protected]

Carin BoshoffSel: 071 612 9129E-pos: [email protected]

KantoorSel: 076 791 3083E-pos: [email protected]