inhoudsopgawe du rand 13 hoofstuk 1 so vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. die aktualiteit...

32
Inhoudsopgawe ’n Woord vooraf ................................................................................................................ 9 Deel A: Die Bybelboek wat ons vandag nog raak 1. So vars en aktueel soos vanoggend se koerant ................................. 13 2. ’n Kunstige woordtapisserie van/vir die eindtyd .......................... 41 3. Openbaring het in ’n benarde krisissituasie ontstaan .................. 72 4. Elke geskrif het sy eie doel .............................................................................. 102 Deel B: God is deur Christus in sy kerk teenwoordig (1:1-3:22) 5. “Wat hier volg, is deur Jesus Christus geopenbaar” (1:1-20) .... 117 6. Briefboodskappe aan die eerste drie gemeentes: Efese, Smirna en Pergamum (2:1-17) ....................................................................... 145 7. Briefboodskappe aan die ander vier gemeentes: Tiatira, Sardis, Filadelfia en Laodisea (2:18-3:22) ............................................... 179 Deel C: God is deur Christus besig om in die heelal verlossing en oordeel te laat ontplooi (4:1-11:19) 8. Liedere in die hemelhof om die Skepper te loof (4:1-11) ............ 223 9. Nie die Leeu nie, maar die Lam is waardig om die boekrol oop te maak (5:1-14) ............................................................................................. 245 10. Seël vir seël word gebreek om God se oordeel te laat ontvou (6:1-17; 8:1) ................................................................................................ 263 11. Die 144 000 verseëldes op die aarde en die groot menigte oorwinnaars in die hemel (7:1-17) .............................................................. 295 12. Ook die trompetgeskal kondig God se oordeelsvoltrekking aan (8:2-9:21; 11:14-19) ........................................................................................ 322 13. Al moet jou getuienis jou lewe kos (10:1-11:13) ................................ 352

Upload: nguyenhanh

Post on 07-Sep-2018

215 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

Inhoudsopgawe

’n Woord vooraf ................................................................................................................ 9

Deel A: Die Bybelboek wat ons vandag nog raak

1. So vars en aktueel soos vanoggend se koerant ................................. 13 2. ’n Kunstige woordtapisserie van/vir die eindtyd .......................... 41 3. Openbaring het in ’n benarde krisissituasie ontstaan .................. 72 4. Elke geskrif het sy eie doel .............................................................................. 102

Deel B: God is deur Christus in sy kerk teenwoordig (1:1-3:22)

5. “Wat hier volg, is deur Jesus Christus geopenbaar” (1:1-20) .... 117 6. Briefboodskappe aan die eerste drie gemeentes: Efese, Smirna en Pergamum (2:1-17) ....................................................................... 145 7. Briefboodskappe aan die ander vier gemeentes: Tiatira, Sardis, Filadelfi a en Laodisea (2:18-3:22) ............................................... 179

Deel C: God is deur Christus besig om in die heelal verlossing en oordeel te laat ontplooi (4:1-11:19)

8. Liedere in die hemelhof om die Skepper te loof (4:1-11) ............ 223 9. Nie die Leeu nie, maar die Lam is waardig om die boekrol oop te maak (5:1-14) ............................................................................................. 24510. Seël vir seël word gebreek om God se oordeel te laat ontvou (6:1-17; 8:1) ................................................................................................ 26311. Die 144 000 verseëldes op die aarde en die groot menigte oorwinnaars in die hemel (7:1-17) .............................................................. 29512. Ook die trompetgeskal kondig God se oordeelsvoltrekking aan (8:2-9:21; 11:14-19) ........................................................................................ 32213. Al moet jou getuienis jou lewe kos (10:1-11:13) ................................ 352

978-1-77000-459-7.indd 7978-1-77000-459-7.indd 7 8/20/07 9:15:10 AM8/20/07 9:15:10 AM

Page 2: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

Deel D: God is deur Christus besig om in die geskiedenis verlossing en oordeel te laat ontplooi (12:1-22:21)

14. Die Christuskind word gebore in ’n atmosfeer van stryd tussen God en die Bose (12:1-17) ................................................................. 38715. Die draak se trawante en grondpersoneel kom sit hand by: twee monsters – een uit die see en een uit die aarde (12:18-13:18) ................................................................................................................ 41116. ’n Kykie op die uiteinde van die gelowiges teenoor die uiteinde van die goddeloses (14:1-20) ..................................................... 43617. Gloeiende kole reën uit die hemel neer as deel van God se fi nale oordeelsvoltrekking (15:1-16:21) ............................................. 46118. Kom, kyk hoe God se oordeel voltrek word oor Babilon, die berugte moeder van alle sedeloses (17:1-19:5) .......................... 49119. Byt net vas – God laat die Satan, die antichris, die vals profeet en goddeloses nie met moord wegkom nie (19:6-21:8) ................ 53320. Die nuwe Jerusalem is die bruid, die vrou van die Lam (21:9-22:5) ..................................................................................................................... 58921. “Ja, Ek kom gou!” Amen! Kom, Here Jesus! (22:6-21) .................. 614

Register van belangrike onderwerpe ....................................................... 635 Vir dié wat verder wil lees ............................................................................... 660

978-1-77000-459-7.indd 8978-1-77000-459-7.indd 8 9/13/07 8:24:06 PM9/13/07 8:24:06 PM

Page 3: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

9Jan du Rand

’n Woord vooraf

Kan ’n mens die boek Openbaring se ingewikkelde maar bete ke nis-volle simboliek, beeldspraak en visioene regtig verstaan? Die ver haal van Openbaring is so boeiend, eintlik uitdagend, om dat die krag tige taalgebruik elke leser vernuftig betrek om deel van die ver tel ling te word. Terloops, jy hoef nie elke woord in Openbaring te ver staan om Openbaring regtig te kan verstaan nie!

Wie die hand aan Openbaring waag, speel egter op ’n trein spoor. Soveel waagmoed kan gevaarlik wees. Die bekende Au gustinus het nie verniet in sy De Civitate Dei die opmerking ge maak nie dat “die boek wat die Apokalips heet baie onduidelike stel lings bevat om die verstand terdeë te oefen”.

Openbaring word in hierdie boek aan die woord gestel as ’n dra-ma tie se vertelling wat roer en ontroer. Dit bring insig in ons he de en ver lede, asook uitsig op ons toekoms. En hierdie uitsig bring insig vir elke dag. Die grootste gevaar “op die treinspoor” is vir seker om na willekeur óns interpretasies op Openbaring te pro jekteer in plaas daar van om net na die boodskap te luister en op ’n ma nier ge moeds-rus te kry oor ons hede en toekoms in die groter be te ke nis kontoe re daar van.

Waaroor gaan die groot kontoere in Openbaring? Dit gaan oor er-ken ning van God se alleenheerskappy op aarde. In die hemel word Hy reeds erken en geloof as die alleenheerser, maar nog nie op aarde nie. Daarom het God sy Seun, die geslagte Lam, die Heilige Gees en die gelowiges (die kerk) gestuur om tussen Christus se twee komste (sy menswording en wederkoms) die wêreld te oortuig dat Hy die al leenheerser is. Só word elke gelowige deel van God se program vir hier die mensegeskiedenis.

Die A-Z van Openbaring probeer Openbaring se kontoere op ’n ver-staanbare ma nier verken en interpreteer, en verryk die inhoud met

978-1-77000-459-7.indd 9978-1-77000-459-7.indd 9 8/23/07 4:18:42 PM8/23/07 4:18:42 PM

Page 4: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

10 DIE A-Z VAN OPENBARING

ver dere ver dui delikings in blokke. Só word jare se navorsing vir ’n breër groep men se toegankliker gemaak.

Ek het sover moontlik die nuutste publikasies probeer inwerk, ver-al die kommentare van Osborne, Beale, Prigent en Aune, om maar en ke les te noem. Van uiteenlopende interpretasies, al sou ek nie saam-stem nie, het ek deeglik kennis geneem en hulle objektief weer ge gee, nie om hulle op ’n slagveld te gebruik nie, maar as verryking van my standpunte. Openbaring herinner ’n uitlêer gou daaraan om ne de rig te bly en slegs te sê: Ek verstaan dit só …

Ek is ’n groot dankie verskuldig aan Chris Johnsen en Sua du Ples-sis vir hulle leiding en hulle hele span by Christelike Uitgewersmaat-skappy vir die afronding van hier die publikasie met soveel fi nesse.

Dekades lank al is ek bevoorreg om in die boeiende greep van Open baring te kon leef en werk. En steeds maak die 22 opwindende hoof stuk ke met hemelse drakrag my opgewonde. Toe ek soms aan Gees fl ou te gely het, het Openbaring my weer nuwe perspektiewe laat kry en bemoedig. Daarom bid ek dieselfde toe vir elkeen wat hier die boek gaan lees en wat, soos ek, katvoet moet loop deur soveel he den-daagse mynvelde heen op pad na Sionsberg waar die 144 000 ’n af-spraak met die Lam het.

Jan A du RandJunie 2007

978-1-77000-459-7.indd 10978-1-77000-459-7.indd 10 5/15/08 11:56:00 AM5/15/08 11:56:00 AM

Page 5: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

Dee

l ADie Bybelboek wat

ons vandag nog raak

978-1-77000-459-7.indd 11978-1-77000-459-7.indd 11 5/15/08 11:56:10 AM5/15/08 11:56:10 AM

Page 6: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

13Jan du Rand

Hoofstuk 1

So vars en aktueel soos vanoggend se koerant

1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig

Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap het die afge lo-pe dekades dramaties toegeneem. ’n Mens sou tereg kon vra waar om. ’n Eenvoudige antwoord sou kon wees: Want dit raak ons daag likse be staan. Die TV, radio, internet en ander media vertel im mers elke dag van oorlog en konfl ik, hongersnood, aardbewings, oor stro mings, tsoe namis en aardverwarming, en dit raak ons. Daar om vra die he den-daagse gelowige ou én nuwe vrae, soos: Waar pas God en ons in die hui dige prentjie in? Waarop stuur alles af? Ons soek konkrete en rig-ting gewende antwoorde, want ons en ons hele leef wêreld se be staan en voortbestaan is op die spel.

Is dit moontlik om in hierdie postmoderne wêreld met sy ont plof-fende en boeiende wetenskap en tegnologie gerusstellende antwoor-de in die boek Openbaring te vind? Teen dié tyd weet ons al, tot ons ont steltenis, dat die Bybel en Openbaring nie soos ’n “geestelike munt-ou tomaat” klinkklare antwoorde gee as dit met vrae gevoer word nie. Ons besef dat baie hedendaagse vrae aan Openbaring op mis ver stan-de gebaseer is. Ons kan ook nie met die hulp van ’n (sak) rekenaar asem rowende berekeninge oor die eindtyd, eindpersone en einddin-ge uit Openbaring produseer nie.

Reeds in die tweede eeu na Christus het ’n groep Montaniste – na aanleiding van hulle “berekeninge” op grond van die gegewens in Open baring 21-22 – na die Frigiese woestyn vertrek om eerste te sien hoe die hemelse Jerusalem neerdaal aarde toe. Sulke “berekende” ver-wag tings het ongelukkig deur die hele geskiedenis heen telkens tot he wi ge teleurstellings gelei.

978-1-77000-459-7.indd 13978-1-77000-459-7.indd 13 8/20/07 9:15:17 AM8/20/07 9:15:17 AM

Page 7: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

14 DIE A-Z VAN OPENBARING

In hierdie boek wil ek juis probeer aantoon dat die geestelike bood-skap van Openbaring binne die Nuwe-Testamentiese verband die tin-telende drakrag het om ons met gesonde verwagtings te laat uit sien na die wederkoms van die Here Jesus.

Twee toonaangewende teoloë het uiteenlopende maar belang wek -kende uitsprake oor Openbaring gegee. Ernst Käsemann het ge sê apokaliptiek (“openbaring”) is “die moeder van alle teologie”. Klaus Koch, daarenteen, het ’n boek geskryf met die titel Ratlos vor der Apo-kalyptik. Die een is oorstelp en wil alle teologie terugvoer tot apo ka-liptiek, en die ander is raadop oor apokaliptiek. In ’n delfproses na die betekenis van die boek Openbaring moet die ondersoeker daar om al lereers weet dat hy of sy nie alles weet wat daar te wete is nie. Die beste en mees gebalanseerde vertrekpunt in ons soeke na per spek tie-we vanuit die boek Openbaring is om die Christelike deug ne de rig-heid nooit uit die oog te verloor nie.

2. Antwoorde op ons moderne vrae?

Ek kyk na die boek Openbaring soos na ’n briljant geslypte, veelkanti-ge diamant. Wanneer God se ewige genadelig daarop skyn, breek die diamant die strale oop om ons hede en ons toekoms te verlig. Ja, Open baring is nie net ’n boek om die toekoms uit af te lees nie, maar help ons in werklikheid om die hede beter te verstaan. Insig in die hede bring dan uitsig op God se toekoms. En uitsig op God se groter verlossingskontoere gee insig in ons daaglikse lewe. Openbaring pro-beer veral twee van ons belangrikste vrae beantwoord:

• Wie is in beheer van hierdie mensewêreld waarvan ons deel is?• Wat is die betekenis van al die hartseer gebeure in ons daaglikse

geskiedenis?

Die eerste vraag is ’n vraag oor God, en die tweede is ’n vraag oor God se rol in die geskiedenis. By hierdie twee vrae sal ons later weer stil staan.

Die boek Openbaring is aanvanklik gerig aan Christene in Klein- Asië aan die einde van die eerste eeu na Christus, om hulle te bemoe-dig in hulle swaarkry en krisissituasie. Wat ons huidige vrae ook al is, Open baring is op sy boeiendste wanneer die lesers daarvan in ’n kri sis verkeer. Wanneer Christene in hulle geloofsbelewenis ’n krisis

978-1-77000-459-7.indd 14978-1-77000-459-7.indd 14 8/20/07 9:15:18 AM8/20/07 9:15:18 AM

Page 8: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

15Jan du Rand

er vaar – soos die verwêreldliking van hulle waardes, of vervolging, hoe verfynd ook al – sê Openbaring: Hou moed en leef wat jy glo! God is in beheer, ook van die geskiedenis waarvan ons nou deel is.

Min geskrifte gryp die verbeelding van mense so aan soos Open-baring. Vele kunstenaars, musici en skrywers het al inspirasie gevind in die veelbesproke simboliek en beeldspraak van Openbaring. Oli-vier Messiaen het sy Kwartet vir die eindtyd na aanleiding van Open ba-ring gekomponeer; toe Händel Openbaring 4-5 en 19 gelees het, het dit hom so besiel dat hy die bekende Messias gekomponeer het. Om nie eens te praat van Albrecht Dürer se treffende houtsneewerk, Mi-chelangelo se Laaste avondmaal in die Sixtynse kapel, William Blake se America, a Prophecy en Ernesto Cardenal se Apocalypse nie.

Hoeveel mense in nood en krisisse het nie al in Openbaring 1 nuwe insig en uitsig gekry nie! Ook die liedere, gebede en lofprysings in Openbaring het neerslag gevind in vele kerkliturgieë.

3. Ons baat by al die kosbare navorsing

Navorsing oor die boek Openbaring het veral gedurende die afgelope 35 jaar gedy. Die redes hiervoor is die volgende:

• Openbaring word nie meer slegs as ’n profetiese geskrif beskryf nie, maar ook as ’n apokalips (’n bepaalde literatuursoort). As apo-ka lips word dit vergelyk met testamente, verhale oor hemelse rei se en apokaliptiese bewegings, wat die navorsing uiters interes sant maak. Hierdie “diamant” het ’n bepaalde ontstaansgeskiede nis en verpakking, en ons moet daarvan kennis neem.

• Argeologiese vondste, soos dié by Ras Sjamra, het ons gehelp om die mitologiese elemente in Openbaring in ’n nuwe lig te sien. By voor-beeld: Vir die verhaal van ’n vrou wat geboorte gee aan ’n ko nings-kind terwyl ’n teenstander hulle wil vernietig, bestaan ’n reeks pa-ral lelle verhale in verskillende kulture. Buitebybelse apo ka lip se uit die tweede tempelperiode gee aan ons ’n goeie aan dui ding van die tydgees in die Nabye Ooste vanaf 200 vC tot 100 nC. Ook die mi-to logiese motiewe uit die Jerusalem-tempelkultus ná die ver nie ti-ging van die tempel deur die Babiloniërs is van groot hulp vir die verstaan van Openbaring. Die inhoud sen treer rond om Christus, maar die vergelyking van Openbaring se for maat en raam werk met dié van buitebybelse bronne kan ons in ter pretasie ver ryk.

978-1-77000-459-7.indd 15978-1-77000-459-7.indd 15 8/20/07 9:15:18 AM8/20/07 9:15:18 AM

Page 9: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

16 DIE A-Z VAN OPENBARING

• Vanuit die sosiale wetenskappe, veral die sosiologie van kennis, en die taalkunde en literêre wêreld het kosbare vergelykings gekom om die Christene van Klein- Asië aan die einde van die eerste eeu na Christus binne hulle sosiale omgewings beter te verstaan. So sio-logiese teorieë en metodes het ons gehelp om verskillende mil len-nia listiese bewegings uit die antieke tyd beter te verstaan. Só kon ons vasstel wat apokaliptiek presies behels. Ons keer later te rug na ’n bespreking van dié verskynsel.

4. ’n Paar foutiewe en misplaaste sienings

Enkele eensydige opvattings oor Openbaring skep ongelukkig eer der verwarring as wat dit verheldering bring:

• “Openbaring se boodskap handel net oor die toekoms.” Openba ring is juis boeiend omdat dit op die toekoms én die hede gerig is. Dit bemoedig die Christene wat nóú na die toekoms op pad is.

• “Om sulke moeilike simboliek en taalgebruik te verstaan verg bui-ten gewone uitlegmetodes.” Openbaring moet net soos die res van die Nuwe Testament gelees en verstaan word. Die kernsaak is die er-kenning van God se alleenheerskappy op die aarde, net soos dit reeds in die hemel erken word.

• “Openbaring is uitsluitlik ’n ‘Christus-boek’.” Openbaring moet eer-der gesien word as ’n “God-boek”. God is in beheer van die ge skie-denis, en Hy het die Bruidegom voorsien om as Lam geslag te word en die bruid (die kerk) te verlos.

• “Openbaring voorsien ons van ’n mistieke tydtafel vir die eindtyd en eind gebeure.” Die simboliese getalle en taal van Openbaring het ’n teo logiese betekenis en funksie, en hulle kan nie gebruik word om by voorbeeld die datum van Christus se wederkoms te bere ken nie. Som mige misbruik Openbaring as ’n propagandadoku ment om hul le toekomsidees te “bewys”.

• “Die verstaan van Openbaring is eksklusief vir geleerdes bedoel.” Open baring is bedoel vir alle gelowiges, om hulle te help om moed te skep en perspektief te vind. In die oënskynlik ingewikkelde beeld-spraak en simboliek lê die eenvoudige evangelieboodskap van God se verlossing verpak. As ons daarin kan slaag om die “ver war rende” verpakking beheersd weg te neem, lê die “dia mant” oop en bloot in al sy skoonheid.

978-1-77000-459-7.indd 16978-1-77000-459-7.indd 16 8/20/07 9:15:19 AM8/20/07 9:15:19 AM

Page 10: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

17Jan du Rand

Die boek Openbaring is nie net apokalipties van aard nie, maar ook pro fe-ties (1:3; 22:7, 10, 18-19).

Johannes skryf onder sy eie naam en maak die Goddelike openbaring open lik bekend. Wanneer die Godspraak (orakels) in hoofstuk 2-3 be kend-ge maak word, word telkens gesê dat daar na die Gees se woorde geluister moet word (bv 2:7). Ook die sewe profesieë van 21:2-22:17, wat uitsprake oor die nuwe lewe bevat, is profeties van aard. Soos ’n profeet, maak Jo han-nes God se oordeel en verlossing aan die gemeentes in hulle hede be kend.

Openbaring 1:1 herinner aan die tipiese openingswoorde van ’n He breeu-se profesie (lees bv Jes 1:1; Am 1:1). En in Openbaring 10:8-11 kry Jo han nes ’n profetiese roeping wat volledig klink soos dié van Esegiël (Eseg 3:1-3).

Ook die uitdrukking “deur die Gees meegevoer” (Op 1:10; 4:2; 17:3; 21:10) is normaalweg gebruik deur ’n profetiese fi guur wat ’n Goddelike open baring ontvang het. Tog is Johannes nie maar net die voortsetting van die Ou-Testamentiese profete nie. Hy maak uitdruklik die openbaring van Je sus Christus aan die gemeentes bekend (22:10). Hy interpreteer die Ou-Tes tamentiese profete in die lig van die Christusgebeure. Hy maak bekend “wat nou daar is en hierna gaan gebeur” (1:19).

Johannes vervul ’n dubbele funksie: as siener in die apokaliptiese for-maat, en as profeet in die bekendmaking van die Goddelike wil vir die he de en toekoms. Daarom kan Openbaring herskryf word as apokaliptiek wat deur profetiese insig gelouter is, maar ook as profesie gevoed deur apo ka-lip tie se visioene.

5. Lees elke literatuursoort anders

Een van die redes waarom Openbaring mense steeds so boei, is juis omdat dit ’n apokaliptiese geskrif is. Die boek Openbaring begin let-ter lik met die woorde “die openbaring deur Jesus Christus … ” “Open-ba ring” is die vertaling van die Griekse woord apokalupsis, waarvan ons woorde apokaliptiek en apokalips afgelei is. Openbaring is egter nie nét ’n apokaliptiese geskrif nie.

Openbaring as profesieOpenbaring as profesie

978-1-77000-459-7.indd 17978-1-77000-459-7.indd 17 8/20/07 9:15:19 AM8/20/07 9:15:19 AM

Page 11: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

18 DIE A-Z VAN OPENBARING

Openbaring is ook ’n brief wat gerig is aan die sewe gemeentes in Klein-Asië (1:11; lees ook 1:4; 22:16). Dié gemeentes het in die vorm van ’n perdeskoen gelê. Die volgorde waar in die gemeentes in Openbaring ge noem word, hang saam met die roete wat die bood skapper gevolg het. Hy het by Pat mos be gin en die omsendbrief toe in ’n perde skoen-roete af ge le wer.

Volgens die algemene gebruik van destyds is die brief Openbaring aan ’n bepaalde adres gerig: die gemeentes in Klein- Asië. Dié sewe ge meentes verteenwoordig die universele kerk. Die situasies in die ge noemde sewe gemeentes is dus voorbeelde van moontlike situasies in die kerk as geheel.

Die persoonlike aanslag van elke briefboodskap, toegespits op ’n spe si fi eke gemeente, maak die boek Openbaring ’n besonderse om-send brief. Elke gemeente wat genoem word, is verteenwoordigend van die hele kerk van Christus.

Elke briefboodskap aan die sewe gemeentes moet gesien word as ’n inleiding tot die brief Openbaring as geheel. Die gemeente in Efe-se, byvoorbeeld, sou 2:1-7 gelees het as hulle inleiding tot die res van die brief Openbaring. Elke gemeente, ook Kolosse en Hiërapolis wat in Klein-Asië geleë was, moes oorwinnaars wees (2:7, 11, 17, 26-28; 3:5, 12, 21). “Oorwinning” word egter eers later in die brief Open ba-ring verduidelik as die uitkoms van die stryd in die eindtyd. Slegs die oorwinnaars sal die nuwe Jerusalem kan binnegaan.

Openbaring is egter ook ’n profesie (1:3). Johannes was waarskyn-lik ’n Joods-Christelike profeet wat tussen die gemeentes van Klein-

’n apokalips (1:1)

’n brief (1:4-6)

’n profesie (1:3)

Openbaring is:

978-1-77000-459-7.indd 18978-1-77000-459-7.indd 18 8/20/07 9:15:20 AM8/20/07 9:15:20 AM

Page 12: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

19Jan du Rand

Asië rondgereis en daar gepreek het. Rondreisende Christelike pro fe-te het gewoonlik God se wil aan gemeentes verduidelik tydens hul le sa mekomste en dienste. Hulle het ook die openbarings wat hul le van God ontvang het, verduidelik (1 Kor 14:30). Sommige pro fe te het ook visioene ontvang, waaroor hulle aan die gemeentes ver slag moes doen (Hand 10:9-11:18). Ons vind die Goduitsprake of ora kels in dié de le van Openbaring waar God self aan die woord is. Let by voor beeld op die inleidende Openbaring 1:8 waar God sê: “Ek is die Al fa en die Omega … ” In 22:12-13 sê Jesus self: “Kyk, Ek kom gou … ” (lees ook 13:9-10; 14:13; 16:15). Die rondgaande profeet Jo hannes het dié God-uitsprake mondelings aan die gemeentes be kend gemaak.

In 10:8-11 kry ons ’n besonderse kykie op profeetskap wanneer Jo-han nes beskryf hoe hy die oop boek van die engel moes ontvang en dit moes opeet. Dit herinner ons aan Esegiël 2:9-3:3. Net soos God in die verlede aan die Ou-Testamentiese profete verskyn het, só maak Hy Hom aan die profeet Johannes bekend. Johannes se uitspraak oor die val van Babilon (Op 18:1-19:8) herinner aan elke uitspraak wat in die Ou Testament oor Babilon uitgespreek is (Jes 13:1-14:23; 21:1-10; Jer 25:12-38).

Openbaring is laastens ook ’n apokalips. En hieroor kan ’n mens baie sê. Ná die ballingskap van Israel het ’n aantal apokaliptiese ge skrif te ontstaan wat soos volg gedefi nieer kan word:

• Dit bevat ’n openbaring of onthulling.• Dié openbaring word deur ’n bonatuurlike bemiddelaar, by voor-

beeld ’n engel of, in die geval van die boek Openbaring, deur Je sus Chris tus, aan ’n aardse ontvanger gegee.

• Die ontvanger is gewoonlik ’n siener of ’n dromer.• Die inhoud van die openbaring is verlossing uit die huidige bose

wê reld.• Verlossing kom nie voort uit hierdie wêreld nie, maar van buite

hier die wêreld (vanaf die bonatuurlike of transendente).

’n Paar van die bekendste apokaliptiese geskrifte is Daniël 7-12, 1 He-nog, 4 Esra, 2 en 3 Barug, die Apokalips van Abraham, die Apo ka-lips van Sefanja, die Testament van Abraham en die Testament van Le vi. Hierdie geskrifte is vanuit ’n apokaliptiese perspektief ge skryf. Ook Openbaring is ’n geskrif wat vanuit ’n apokalipties- es ka to lo gie-se perspektief geskryf is. Dit wil sê, dit gaan in hierdie boek oor die einddinge en eindgebeure, maar die verlossing moet van bui te kom.

978-1-77000-459-7.indd 19978-1-77000-459-7.indd 19 1/14/08 11:09:14 AM1/14/08 11:09:14 AM

Page 13: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

20 DIE A-Z VAN OPENBARING

Uit hierdie wêreld kan die verlossing nie voortkom nie. Ons kan Open-baring daarom soveel beter verstaan as ons begryp wat apo ka lip tiek as literatuursoort presies inhou.

Apokaliptiek het te make met die denkinhoud van geskrifte wat van-uit ’n apokaliptiese perspektief geskryf is. Dit gaan oor die ideo lo gie se den ke of krisisdenke wat ontstaan wanneer die waardes, gebrui ke en reëls van ’n bepaalde samelewing betekenisloos word vir ’n be paal-de ge deel te van daardie samelewing. So ’n groep mense kan hul le nie meer vereenselwig met die res van die samelewing nie, en vorm dan al gaande hulle eie simboliese betekenissisteem. Hulle beleef ver wy-de ring van die samelewing, onttrek hulle aan die samelewing, vorm ’n subkultuur en staan dan bekend as ’n marginale groep wat bots met die res van die samelewing.

Terwyl dié minderheid al hoe meer ver vreem raak van die sa me-lewing, doen die meerderheid hulle bes om steeds die bestaande in-stellings en waardes te handhaaf. Die min der heid kan eenvoudig nie sien hoe ’n oplossing vir die krisis waar in hul le verkeer uit die huidi-ge geskiedenis kan voortkom nie. Daar om ver wag hulle dat verlos-sing alleenlik moontlik is deur ’n radikale breuk, waardeur verlossing van buite moet kom. God moet van buite die geskiedenis ingryp om die apokaliptiese krisis op te los. Hierdie groep interpreteer hulle he-de en toekoms vanuit so ’n totaal nuwe toe koms wanneer God sal in gryp. Daarom beskou hulle die toekoms as ’n utopie, en die hede as ’n moeisame op-pad-wees daarheen.

Om die hede te oorleef skep die apokaliptiese groep allerlei bete-ke nissimbole om hulle daaglikse leefwyse draaglik te maak en hulle voort durend te herinner aan die utopie wat wag. Dit is te verstane dat die hede of status quo pessimisties beskou sal word omdat dit nie meer betekenisvol is nie. Die nuwe toekoms is nie hier nie, maar el ders in God se toekoms. Al kry hulle nou swaar, sal God met die Bo se af re ken in die nuwe tyd of utopie wat sal aanbreek. Hy sal die Bo se oor deel en intree vir sy getroue apokaliptiese minderheid.

Die apokaliptiese minderheid vind dus nie meer sin in hierdie be-staan de wêreld nie, en sien hartstogtelik uit na die aanbreek van die nu we wêreld. En tog leef hulle nougeset en streef hulle na ’n eties kor-rek te lewe omdat hulle die huidige tyd sien as ’n voorbereiding vir die wêreld wat kom. Hulle hou die simboliese wêreld of utopie al tyd in gedagte terwyl hulle die slegte hede probeer oorleef.

Kortom, die apokaliptiese groep vervreem hulleself van die huidi ge samelewing en skep nuwe simbole waarvolgens hulle kan leef. Die toe-

978-1-77000-459-7.indd 20978-1-77000-459-7.indd 20 8/20/07 9:15:21 AM8/20/07 9:15:21 AM

Page 14: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

21Jan du Rand

koms gee dan sin en betekenis aan die daaglikse hede.Ons kry heelwat voorbeelde van sulke apokaliptiese denkgroepe

in die antieke geskiedenis. Dink maar aan die Joodse volk toe hulle in die tweede eeu voor Christus oorheers is deur die Hellenisties-Si rie se Seleukiede (Dan 7-12). Ook die Christene van Klein- Asië is deur die be wind van die Romeine in ’n krisis gedompel, en ’n apokaliptiese ideo logie het binne die raamwerk van protes ontstaan. Dié Christene se protes was eerder ’n denkprotes, nie soseer ’n fi sieke protes nie.

Die denke van die verontregte apokaliptiese Christene het neerslag ge vind in die boek Openbaring. In 6:9-10 hoor ons die noodroep van die Christene tot God om tog reg aan hulle te laat geskied deur wraak te neem op die bose vyand. Die gelowiges het geleef vanuit ’n be wus-syn van ’n simboliese wêreld (utopie) waarin hulle die vol ge lin ge van die Lam is.

Apokaliptiek as bepaalde denkinhoud is dus ’n onderdeel van es ka-to lo gie, wat die eindtyd en einddinge beskryf. Apokaliptiese es ka to lo gie fo kus op God se oordeel en verlossing, wat nie bloot die ver vul ling van beloftes in die geskiedenis is nie, maar juis van buite die ge skie-de nis kom. Vanuit ’n buitewêreldse of bonatuurlike tyd en ruimte sal God verlossing en herstel bring. Daarteenoor konsentreer profetiese es ka tologie op God se verlossing wat nog op hierdie aarde en in hier-die geskiedenis sal plaasvind. Die boek Openbaring se bood skap sluit by albei aan, maar in wese is dit geskryf vanuit ’n apo ka lip tiese per-spek tief: God se groot uitkoms wag in die toekoms, in die nu we Je ru-salem.

Noudat ons weet wat apokaliptiek alles inhou, kan ons sê wat apo-kaliptisisme presies is. Dit is die benaming van ’n apokaliptiese groep of beweging wat as sosiale sisteem iewers gevind kan word. So ’n so-sia le konteks het gewoonlik ontstaan wanneer ’n groep mense, besiel deur ’n apokaliptiese denkinhoud, hulle afgesonder het (letterlik, of in hulle denke en deur hulle geskrifte).

’n Paar voorbeelde van sulke apokaliptiese sosiale groeperings is:

• Kumraangemeenskap: Hulle het hulle uit Jerusalem onttrek en hul le gevestig in ’n nuwe simboliese omgewing waar hulle as ’n “ge sui-werde” gemeenskap op die Messias sou wag. Hulle kon hul le net nie meer vereenselwig met die korrupsie van die Je rusa lem tem pel en sy priesters nie.

• Hasidiërs (“vromes” of “lojales aan die wet”): Hulle het hulle in ’n simboliese omgewing onttrek as fanatiese bewakers van die wet

978-1-77000-459-7.indd 21978-1-77000-459-7.indd 21 8/20/07 9:15:22 AM8/20/07 9:15:22 AM

Page 15: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

22 DIE A-Z VAN OPENBARING

na dat die Romeine die lewe vir hulle ondraaglik gemaak het. Hul-le lojaliteit het gelê by die Makkabeërs, maar hulle het ge wa pen-de verset teen die Siriërs vermy. Die latere Fariseërs as wets on der-houers sou uit dié apokaliptiese beweging voortkom.

• Selote: Hulle was in verset teen Rome en het hulle apokaliptiese per spektiewe deur gewelddadige teenstand uitgeleef. Slegs God is Koning, en daarom het hulle nie belasting aan die keiser van Ro me betaal nie. Hulle ywer vir die wet en vir God het hulle die wa pen laat opneem.

Al drie hierdie groepe het hulle sosiale reaksie geput uit die apo ka lip-tiese perspektief, waarvolgens hulle hulle vervreem het van die gang-bare meerderheid en in die proses hulle eie simboliese wêreld ge kon-strueer het.

In die lig van al hierdie inligting is dit noodsaaklik vir ons ver staan van Openbaring dat ons sal probeer vasstel wat die sosio-his to rie se si-tua sie en belewenis van die eerste historiese lesers van die boek Open-ba ring was, asook die simboliese wêreld wat hulle gekonstrueer het.

In dié historiese omstandighede van daaglikse bekommernis en swaar kry het die Christene gefokus op die toekoms wanneer God ver-los sing vir die getroues sal bring en tegelykertyd die goddeloses sal straf.

Die belangrike vraag bly egter steeds of Openbaring in alle op sig te as ’n apokalips beskou moet word. Om die antwoord op hier die vraag te kry moet ons kortliks kyk na die tipiese eienskappe van ’n apo kalips, en daarna bepaal of Openbaring volledig daarby in pas. Die uitslag sal aandui of ons Openbaring soos ’n apokalips moet lees, en dus anders as ’n Evangelie-vertelling of ’n Pauliniese ar gu men tatiewe brief. Elke literatuursoort word immers anders gelees, en só ’n leesstrategie lei ons tot die betekenisvolle verstaan van ’n By bel boek se inhoud.

Dit bevat ’n eiesoortige siening van die geskiedenis. Gelowiges rig hul le lewe geheel en al in volgens die uitkoms van die geskiedenis in die toe-koms. God se toekoms bepaal ook die hede.Die huidige wêreld word vervang met die toekomstige. Die huidige bo se

Tipiese eienskappe van ’n apokalipsTipiese eienskappe van ’n apokalips

978-1-77000-459-7.indd 22978-1-77000-459-7.indd 22 8/20/07 9:15:22 AM8/20/07 9:15:22 AM

Page 16: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

23Jan du Rand

wê reld word vervang met die toekomstige wêreld wat vol seëninge is. Die nuwe Jerusalem is ’n voorbeeld van ’n toekomstige heerlikheid teenoor die aardse ondraaglikheid.Dit weerspieël ’n pessimisme oor die huidige wêreld met sy bose mag te. Die verlossing wag aan die einde, buite hierdie huidige bose be de ling.Dit bevat ’n deterministiese lewensuitkyk, wat beteken die enkeling glo dat alles wat gebeur onafwendbaar en vooraf so bestem is. God be paal elk een se lot.Daar is ’n tweeslagtigheid (dualisme) tussen die huidige bose hede en die toekomstige verlossing.Pseudonimiteit, met ander woorde, dit is geskryf onder ’n skuilnaam, wat die naam van ’n bekende Bybelfi guur soos Adam, Henog, Moses en Abra-ham sou kon wees.Simboliese taalgebruik en beeldspraak roep ’n verskeidenheid bete ke nis-moontlikhede op.Dit bevat visioene waarin engele en bonatuurlike wesens ’n prominente rol speel en wat gewoonlik moeilik verstaanbaar is.Dit bevat openbarings of bekendmakings, veral oor die toekoms van die wêreld. Sulke openbarings word deur tussengangers bekendge maak.Dit maak geheime oor die geskiedenis, hemel, hel en einde op ’n af ge leë plek en tyd, byvoorbeeld op ’n eiland en in die nag, aan die sie ner bekend. Daniël 8:26 bevat ’n oproep om die inhoud van die bood skap geheim te hou.Die eindtyd neem ’n prominente plek in, veral in krisistye, byvoor beeld ty dens die Makkabese opstand of die Joodse oorlog (66-70 nC). Aan die ein de sal God fi naal ingryp.Die lot van die lesers word gesaghebbend deur apokalipse beskryf. Die hui-dige bose wêreld is nie hulle fi nale bestemming nie omdat hulle lot deur God bepaal is.Oordeel vorm altyd deel van apokalipse. Aan die einde sal die god de loses nie God se oordeel vryspring nie.Dit het ’n etiese gerigtheid waarin die wet en wysheid ’n rol speel. Bose dade word veroordeel, en die getroues word aangespoor om hul le voor te berei vir die einde.Dit is gewoonlik in verhaalvorm geskryf. Dikwels is dit ’n dramatiese ver-telling, soos Openbaring.

Ons het nou ’n goeie geheelbeeld van die eienskappe van ’n apoka-

978-1-77000-459-7.indd 23978-1-77000-459-7.indd 23 8/20/07 9:15:23 AM8/20/07 9:15:23 AM

Page 17: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

24 DIE A-Z VAN OPENBARING

lips. As ons Openbaring vergelyk met die tipiese eienskappe van ’n apokalips wat hier genoem word, kan ons tot ’n gevolgtrekking kom oor die vraag: Is Openbaring ’n volwaardige apokalips?

6. Is Openbaring dan ’n volwaardige apokalips?

• Openbaring se geskiedenissiening verskil radikaal van dié van ti pie-se apokalipse. Die hede is nie maar net boos en sonder be te ke nis en laat ons die dae aftel tot die toekoms aanbreek nie. Die Chris-tus gebeure het die hede reeds eindgebeure gemaak, en die ge lo-wi ges kan nou reeds die verlossing geniet wat die offer van die Lam gebring het. Die Christusgebeure het nuwe betekenis aan die ge skie denis gegee (hfst 12).

• Die tipiese pessimisme oor die huidige bedeling val weg in die lig van die Christusgebeure. Jesus Christus se dood en opstanding as keerpunt in God se verlossingsverhaal het optimisme gebring (11:15).

• Verlossing lê nie meer net in die toekoms nie, maar het met die Chris-tusgebeure reeds ’n werklikheid geword. Lyding en swaar kry moet daarom met optimisme as tydelik gesien word (12:10).

• Openbaring is nie pseudoniem, met ander woorde, onder ’n skuil-naam geskryf nie. Die skrywer noem homself Johannes (1:4, 9) en hy staan duidelik in ’n verhouding met die gemeentes in Klein- Asië.

• Johannes se visioene kom nie uit sy eie ervaring nie, maar het ’n God-delike oorsprong. Daarom dra Openbaring Goddelike gesag.

• Die briefboodskappe in hoofstuk 2-3 wys nie net op ’n besonder heg-te verhouding tussen Johannes en die gemeentes nie, maar ook op die verhouding tussen Christus en sy kerk (1:9-20). Die teologiese agtergrond van God se stryd met die Bose gee aan Openbaring ’n eiesoortige boodskap.

• Die boodskap van Openbaring moenie, soos in die geval van an der apo kalipse, geheim gehou word nie (22:18). Dit is gemik op die ge-meentes in Klein- Asië wat aan die einde van die eerste eeu na Chris-tus ’n krisis beleef het.

• Nie al die visioene in Openbaring word deur ’n engel of tussen fi-guur verduidelik soos in ’n tipiese apokalips nie.

Die gevolgtrekking wat ons hieruit maak, is dat Openbaring geskryf is

978-1-77000-459-7.indd 24978-1-77000-459-7.indd 24 8/20/07 9:15:24 AM8/20/07 9:15:24 AM

Page 18: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

25Jan du Rand

vanuit ’n apokaliptiese perspektief. Formeel pas dit goed in by die ti piese vorm van apokalipse, maar inhoudelik verskil dit drasties daar van. Die Christusgebeure het alles in ’n nuwe lig geplaas. Die hede is nie meer troosteloos en boos nie, maar moet met optimisme beleef word omdat Christus reeds volledig verlossing gebring het. Wanneer Hy weer kom, sal Hy die verlossing volmaak afrond.

’n Leser in 100 nC sou vanuit die eietydse, bekende godsdienstige tra di sies en mitologiese beeldspraak en motiewe die boek Openba ring be ter kon verstaan as byvoorbeeld ’n leser in die 21ste eeu. La te re mis-ver stande het ontstaan omdat bogenoemde verstaans raam werk nie meer algemeen was nie, en allerlei skeefgetrekte in ter preta sies die be-te ke nis van Openbaring dikwels moeiliker gemaak het as wat dit reg-tig is.

Vanuit nog ’n hoek bekyk, sou ’n mens kon sê dat Openbaring ook sterk profeties- eskatologiese trekke vertoon. Die Christelike ge-meen skap het hulleself gesien as gelowiges wat reeds verlos was op grond van die dood en opstanding van Christus. Die Judaïstiese ge-meen skappe het egter steeds vanuit ’n pessimistiese hoek na hulle he de gekyk omdat verlossing eers in die toekoms deur Goddelike in-grype sou aanbreek. Johannes stel homself ook bekend as “dienaar” en “ getuie”, en sy geskrif as ’n “profesie” (1:2-3; lees ook 19:10; 22:9). Die indruk wat Openbaring laat, is dat Johannes as profeet visioene be leef en dit dan veral ten opsigte van formaat en inhoud in ’n apo ka-liptiese styl gegiet het.

Openbaring moet dus nie suiwer profeties gelees en verstaan word nie, maar ook nie suiwer Joods- apokalipties nie. Kenmerkende pa tro-ne en motiewe wat ooreenstem met apokaliptiese geskrifte laat die skaal egter swaarder oorkantel na die apokaliptiese. Dink by voor-beeld aan die beskrywing van die klimakse en katastrofes in die eind-ge beure as gevolg van die sondige optrede van ongelowiges (6:12-17; 9:13-21). Die Goddelike ingrype in 12:1-2, 5 en 21:1 is tipies van apo-kalipse, asook die beklemtoning van oordeel en straf deur die seëls, trompette en bakke (hfst 6; 8-10; 15-16). Vir die gelowiges wag daar egter verlossing (hfst 7; 10-11; 19-22).

Daarom is Openbaring ’n dramatiese apokaliptiese vertelling (narra-tief) aan ’n spesifi eke groep Christenlesers met ’n apokaliptiese per-spek tief. Niemand mag daaraan verander nie (22:18), en die profetie-se in houd oor die dood van Christus, die Lam, het die hoorders moed laat skep omdat God in beheer is.

Soos apokalipse, is Openbaring ook ge rig op die eindtyd sonder om

978-1-77000-459-7.indd 25978-1-77000-459-7.indd 25 8/20/07 9:15:24 AM8/20/07 9:15:24 AM

Page 19: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

26 DIE A-Z VAN OPENBARING

die hede te verwaarloos omdat Chris tus se koms en optrede reeds ’n werklikheid is. Daarom het Open baring as apokaliptiese geskrif ook die sosiologiese funksie om ’n be paalde gemeenskap van Christene wat in ’n krisis verkeer te be moe dig en op te skerp met die oog op die einde.

Joodse apokalipse

Die Apokalips van Abraham (eerste eeu voor Christus): Hoofstuk 1-8 gaan oor sy jeug, en hoofstuk 9-32 oor sy hemelse reis en apokaliptiese vi si oe ne. Dit her inner nogal aan Daniël.1 Henog (Etiopies; derde eeu voor Christus): Dit bevat Henog se le wens-verhaal en bestaan uit die volgende dele:

“Die Boek van die Sieners” (1-36): Dit vertel van ’n buitewêreldse reis.“Die Gelykenisse van Henog” (37-71): Dit vertel van ’n hemelse reis. “Menseseun”-voorstelling.“Die Astronomiese boek” (72-82): Dit vertel van hemelliggame wat He nog gesien het.“Die Apokalips van die Weke” (91, 93): Die koms van die nuwe.“Die Brief van Henog” (91-104): Die geskiedenis van Israel.“Die Boek van Drome” (83-90): Twee drome van Henog.“Die Apokalips van Diere” (1 Henog: Etiopiese [eerste eeu voor Chris-tus], Slawiese [laaste eeu na Christus]: Die geskiedenis van Israel van-af die skepping tot met die fi nale herstel.“Die Brief van Henog” (92-105): Die Testament van Henog.

2 Henog, of Die Boek van Geheime (Slawies).Daniël: Hoofstuk 1-6 berig oor Daniël en sy vriende, en hoofstuk 7-12 oor apokaliptiese visioene.4 Esra (eerste eeu na Christus): Dit skets die dualisme tussen die hui dige bose wêreld en die toekomstige goeie wêreld, asook die val van Jeru sa-lem. Later in die Christelike kerk het ook ’n 5 en 6 Esra ont staan.Barug (eerste eeu na Christus): Die val van Jerusalem.Die Apokalips van Sefanja: Dit het ontstaan in Joodse kringe in Egipte, en gaan oor die onderwêreld en straf vir die goddeloses.

ssss

ssss

s••

••

Samevattende grepe uit ’n paar apokriewe apokalipseSamevattende grepe uit ’n paar apokriewe apokalipse

978-1-77000-459-7.indd 26978-1-77000-459-7.indd 26 8/20/07 9:15:25 AM8/20/07 9:15:25 AM

Page 20: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

27Jan du Rand

Vroeg-Christelike apokalipse

Die Openbaring aan Johannes (eerste eeu na Christus): Briefbood skap pe (hfst 1-3), die ontplooiing van God se oordeel en verlossing met die nuwe Jerusalem as klimaks (hfst 4-22).Die Leer van Jakob (tweede eeu na Christus): ’n Oorsig oor die ge skiedenis vanuit die perspektief van Jakob se leer wat tot in die hemel gestrek het (Gen 28:10-17).Die Apokalips van Petrus (tweede eeu na Christus): Grepe oor die einde wat aansluit by Markus 13. Die tweede deel gaan oor Moses en Elia op die Olyfberg.Die Herder van Hermas (140 nC): Visioene oor die vraag of Christene ná hulle doop nog sonde kan doen. Sommige beskou dié geskrif nie as apo-kalipties nie.Die Apokalips van Paulus (derde eeu na Christus): Paulus se reis deur die hemel na aanleiding van 2 Korintiërs 12:1-4.Verskeie ander soos Die Apokalips van Johannes (daar is drie), Die Apo-kalips van Maria (daar is twee), Die Apokalips van Esra (daar is twee) en Die Apokalips van Daniël (daar is sewe).

7. Kan ons die daaglikse voorbladgebeure terugvoer naOpenbaring?

’n NaslaanfunksieDaar is nog ’n rede waarom Openbaring in hierdie tyd so aktueel ge-word het. Mense gryp daarna as ’n naslaanwerk om te probeer be-paal of sekere daaglikse gebeure reeds daarin voorspel is. Die kon-fl ik tussen die Israeli’s en die Palestyne, die uitwissing van mense in Rwan da en Oos-Timor, die aardbewings in Japan en China, die oor log in Afganistan en Irak, die oorstromings in Pakistan, die tsoena mi in Thai land en Maleisië en die armoede en hongersnood in Afri ka laat ge lo wiges vrae vra oor God se betrokkenheid by hierdie din ge, en hoe ons dit moet interpreteer terwyl ons die eindtyd beleef.

Sê Open baring iets oor sulke “tekens van die tyd”? Ja, Openbaring sê heel wat oor die eindtyd as die tydperk wat Christus se wederkoms voor afgaan, omdat God reeds besig is om hierdie wêreld voor te be rei vir die volmaakte wat dan sal aanbreek. Die antwoord is egter ook nee, want sensasionele, reglynige assosiasies tussen huidige wê reld-

978-1-77000-459-7.indd 27978-1-77000-459-7.indd 27 8/20/07 9:15:25 AM8/20/07 9:15:25 AM

Page 21: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

28 DIE A-Z VAN OPENBARING

gebeure en “tekens” volgens Openbaring forseer dikwels die Woord van God om te sê wat nie regtig daar staan nie. ’n Belangriker vraag is: Hoe moet ons die boek Openbaring lees?

“Tekens” en die eindtydKom ons plaas die eindtyd in ’n breër perspektief en probeer dan vas-stel of Openbaring wel “tekens” gee.

In die Ou Testament is tyd nie gesien as ’n abstrakte, onbepaalde be grip nie, maar eerder as ’n bestaande tyd of bepalende tydstip. Tyd was die draer van Goddelike gebeure in die geskiedenis, wat uit-loop op ’n bepaalde bestemming soos deur God vasgestel. Vanuit ’n Christe li ke interpretasie loop dié Godbepaalde geskiedenis uit op Je-sus Chris tus se wederkoms. Só ’n siening van tyd en eindtyd word die li niê re per spektief genoem. Die menslike geskiedenis verloop op ’n li niê re God de like lyn vanaf die skepping tot met die wederkoms van Chris tus. Die laaste deel van dié lyn, wat die wederkoms voor af-gaan, is dan die eindtyd.

Hierteenoor kry ons die tipiese Griekse sikliese opvatting waar vol-gens die geskiedenis in kringlope herhaal word.

Openbaring volg duidelik die Judaïstiese siening dat God die gang van die geskiedenis bepaal vanaf die skepping tot met die we der koms met opspraakwekkende stroomversnellings tussenin, soos die mens-wording van Christus en die uitstorting van die Heilige Gees. Só gee God rigting en koers aan die geskiedenis. Sy beloftes bind verlede, he de en toekoms aan mekaar. Hy het ook ’n nuwe be de ling voorsien, en dit gee die tinteling aan die huidige geskiedenis om progressief na die Goddelike eindbestemming uit te sien.

Tussen “hierdie bedeling” en die verwagte “toekomstige bede ling” lê die sogenaamde “ dag van die Here”. Dit is die dag wanneer die He re sal kom om alles nuut te maak (Jes 55:3; Jer 31:31-34). Vol gens ’n in ter pretasie van die Nuwe Testament het die “nuwe tyd” of eindtyd aan ge breek met Jesus se menswording (Mark 1:15). Toe het die “toe-koms tige” die “alreedse” geword. Hierdie bedeling as eind tyd deel vol le dig in God se verlossing in afwagting van die vol maakte wat eers sal aanbreek wanneer Christus weer kom. Met Jesus se mens wording het God se eindtyd vir ons aangebreek (1 Pet 1:20; 1 Joh 2:18). Hy maak al les nuut (Hand 2:17). Die “huidige bedeling”, vol gens die tipiese Ju-daïs tiese apokaliptiese verwagting, is dus al ler mins ’n pessimistiese af tel ling van die dae na die einde wanneer ver lossing sal aanbreek. Open baring sien die hede as ’n optimistiese en opgewonde lewe in

978-1-77000-459-7.indd 28978-1-77000-459-7.indd 28 8/20/07 9:15:26 AM8/20/07 9:15:26 AM

Page 22: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

29Jan du Rand

die eindtyd wat Christus se tweede koms voor af gaan.Openbaring begelei die leser om dié eindtyd met perspektief te be-

leef. Hierdie eindtyd stuur af op die dag wanneer die heerskappy van God volmaak erken sal word. Volgens Openbaring word God reeds as alleenheerser in die hemel erken, en moet Hy ook op die aar de as al leenheerser erken word (Op 11:15). Openbaring vervul ’n be son der-se rol om ons te help om ons plek in God se groot geskiede nis met hier die wêreld te laat raaksien.

Die eerste lesers van Openbaring het gewerk met ’n denkraam werk wat hulle vanuit hulle Joodse agtergrond geërf het. Daarvol gens sou die Messias as die Gesalfde van God kom om die Mes siaan se ryk te vestig as voorbereiding vir die fi nale ryk van God wat moet aan breek. Dié Messias sou dan die nasies in ’n veldslag verower om al les en al-mal aan God te oorhandig (1 Kor 15:28). Volgens Openba ring word die koningskap van God reeds volledig in die hemel er ken, en moet dit ook op die aarde so volledig erken word voordat die volmaakte met Christus se wederkoms aanbreek.

Tekens en datums?Al was daar reeds vele pogings om die datum van Christus se we-der koms op grond van Openbaring te bereken, voorsien Open ba ring nié aan ons ’n presiese datum van die wederkoms nie. Maar wat dan van die “tekens” wat die wederkoms voorafgaan? Hierop kan ons ant-woord dat ons altyd in gedagte moet hou dat elke geslag nog hier die “tekens” geïnterpreteer het asof dit daarop dui dat die we der koms in hulle leeftyd sou plaasvind.

Hoe vergesog ook al, gee ek ter wille van interessantheid ’n paar “datums” wat voorspel is as die tyd van Christus se we der koms:

Soveel interpretasies oor Openbaring, soveel berekende raaiskote oor wan-neer Christus weer sou kom:

500: Volgens die berekening van ’n teoloog in die derde eeu na Chris tus,

Spekulasie oor Christus se wederkoms

Spekulasie oor Christus se wederkoms

978-1-77000-459-7.indd 29978-1-77000-459-7.indd 29 8/20/07 9:15:26 AM8/20/07 9:15:26 AM

Page 23: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

30 DIE A-Z VAN OPENBARING

na aanleiding van die afmetings van Noag se ark.1000: ’n Romantiese datum.1666: Rampe (builepes) tref Londen. Die laaste drie syfers lewer ook ’n by-

drae.1910: Die herverskyning van Halley se komeet dien as teken.1914: Russell van die Jehovasgetuies voorspel dat die wederkoms in 1914

sal plaasvind, en hersien dit later tot 1918.1948: Die stigting van die staat Israel is vir baie die vervulling van pro fe-

sieë.1967: Die Jode herower Jerusalem. Baie meen die tyd van heidene is ver-

by.1977: ’n Byeplaag in Texas. Baie sien dit as ’n vervulling van Openbaring

9:3-12.1988: Na aanleiding van die boek 888 Reasons Why the Rapture is in 1988.1993: As die jaar 2000 die einde van ’n 6 000 jaar lange siklus is, is die we-

derkoms sewe jaar vroeër om ruimte te laat vir die groot vervolging wat sewe jaar sou duur.

1997: Die vredesverdrag tussen Rabin en Arafat op 13 September 1993 met 1 260 dae daarby getel, gee 24 Februarie 1997 as die datum van die wederkoms.

1998: Die esoteriese 666 x 3 = 1998.2000: Die getal 2 000 ÷ 3 = die apokaliptiese 666.

Al hierdie datums – hoe vindingryk dit ook al bereken is – het gekom en gegaan, sonder dat die wederkoms plaasgevind het. Ook “tekens” het gekom en gegaan. Maar al kan ons nie die presiese datum van Christus se wederkoms uit Openbaring afl ei nie, steek daar tog meer betekenis in die sogenaamde “tekens”.

Wat sê die webwerwe oor die “tekens”?Op verskeie (veral Amerikaanse) webwerwe word hedendaagse ge-beu re in verband gebring met die “tekens” in Openbaring of Ou-Tes-ta mentiese profesieë. Om ’n paar te noem sal nie kwaad doen nie, maar wys weereens hoe gevaarlik dit is om die Bybel subjektief en emo sioneel te lees. Sonder om name te noem, het ek onder meer die vol gende voorbeelde raakgeloop waarin “tekens” en hedendaagse ge-beu re met mekaar verbind word:

978-1-77000-459-7.indd 30978-1-77000-459-7.indd 30 9/13/07 8:25:30 PM9/13/07 8:25:30 PM

Page 24: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

31Jan du Rand

• Openbaring 8:7-8 sê dat ’n derde van die aarde sal verbrand. Dit kan slegs deur kernwapens vermag word. Ook die “kwaadaardi ge en pynlike swere” van 16:2 is volgens ’n sekere letterlike inter pre ta-sie die gevolg van kernbesoedeling.

• Openbaring 9 en 16 praat van enorme groot leërs met miljoene sol-date (“miljoene der miljoene en nog ’n keer soveel”, 9:16). Volgens die interpretasie van Signs of the Times sou so ’n groot leër eers in ons tyd moontlik wees.

• Openbaring 11 vertel van die twee getuies wat, volgens die Signs of the Times se interpretasie, drie en ’n half jaar van “groot ver-drukking” in Jerusalem verkondig en dan deur die antichris dood-gemaak word. Ná 1957, toe die Spoetnik-satelliet gelanseer is, sou die “hele wêreld” die twee dooie getuies in die hoofstraat kon sien lê. ’n TV-kamera kan vandag, volgens Signs of the Times, aan die “hele wêreld” wys hoe die getuies drie en ’n half dae lank in die grootpad lê.

• Openbaring 12 vertel, volgens die Signs of the Times, van die volk Israel. In die middel van die “groot verdrukking” sal die Satan die antichris bemagtig om die Joodse staat aan te val. Die Jode sal na die “woestyn” vlug, waar God hulle sal onderhou (12:14). Ese giël 37 en Sagaria 12 word ook ingespan om die herstel van Is rael in 1948 te regverdig. In 1967 is Israel bevry van die heidense juk.

• Openbaring 13 vertel dat die godsdienstige leier, die vals profeet, ’n beeld van die antichris sal maak wat die wêreld sal dronkslaan. Moderne tegnologie is dié “beeld”, volgens die Signs of the Times se interpretasie.

• Openbaring 13 vertel ook van die merk van die dier wat die wê reld-ekonomie sal beheer. Dit is volgens die Signs of the Times se in ter-pretasie die rekenaartegnologie.

• Natuurverskynsels en -rampe word ook direk aan Openbaring 6, 9 en 16 gekoppel.

• Politieke gebeure in die eindtyd, soos die posisie en rol van Israel (Sag 12), China (Op 9:13-16; 16:12-13) en Europa (17:12-13), is al-les bepalend. Volgens die Signs of the Times se interpretasies sal die an ti chris uit Europa kom.

• Die oorlog in Afganistan en Irak ná 11 September 2001 is volgens som mige interpretasies die aanloop tot Armageddon, die finale veld slag.

• Die stryd om water in Turkye, Irak en Brittanje herinner aan die plae in Openbaring. Om nie eens te praat van die rol van olie in die

978-1-77000-459-7.indd 31978-1-77000-459-7.indd 31 8/20/07 9:15:27 AM8/20/07 9:15:27 AM

Page 25: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

32 DIE A-Z VAN OPENBARING

verhouding tussen die Weste en die groeiende Ooste nie.

Só kan ’n mens voortgaan om tientalle voorbeelde op te haal van let-ter like en opspraakwekkende interpretasies van die Ou Tes ta ment en Openbaring. Dit is dalk baie interessant, maar berus op ’n on ge nu-anseerde gebruik van die Bybel. In die latere uitleg van Open baring sal die Skrifgedeeltes wat hierbo genoem is vollediger behandel word.

Ons moet ’n geestelike geloofsoog ontwikkel om die “tekens” raak te sien. In Openbaring ontvou God se verlossing en oordeel oor die mens dom. Die regverdiges ontvang verlossing (7:1-8; 10:1-11:14) en die goddeloses word in hierdie wêreld en bedeling reeds geoordeel. Die oordeel word, volgens Openbaring, simbolies verduidelik met drie ree k se oordeelsvoltrekkings, naamlik die sewe seëls, die sewe trom pet-te en die sewe bakke wat uitgegooi word.

“Tekens” en oordeelsvoltrekking in OpenbaringDie volgende tabel met die simboliek van die oordeelsvoltrekking van God gee ’n oorsig oor wat soms as “tekens” beskryf word:

7 seëls(6:1-8:6)

7 trompette(8:7-11:19)

7 bakke(16:1-21)

1. Ruiter op wit perd met pyl en boog en oorwinnaarskroon: simboliseer vals profesie.

1. Hael en vuur met bloed gemeng val op die aarde en vernietig ’n derde van die aarde en natuur.

1. Op die land uitgegooi: kwaadaardige sere op dié wat die dier aanbid.

2. Ruiter op vuurrooi perd met groot swaard: simboliseer oorlog en bloedvergieting.

2. Vuurspuwende berg word in see gegooi; die see word bloed. ’n Derde van seelewe vernietig en ’n derde van skepe vergaan.

2. Op die see uitgegooi: Die see word bloed.

3. Ruiter op swart perd met skaal in hand: simboliseer hongersnood en infl asie.

3. Ster wat soos fakkel brand, val in riviere en drinkwater en maak dit bitter.

3. Op die riviere en waterbronne gegooi: Dit word bloed.

978-1-77000-459-7.indd 32978-1-77000-459-7.indd 32 8/20/07 9:15:28 AM8/20/07 9:15:28 AM

Page 26: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

33Jan du Rand

4. Ruiter op vaal perd se naam is Die Dood: tref die aarde met die dood.

4. ’n Derde van die son, maan en sterre verduister.

4. Op die son uitgegooi: Die hitte verbrand mense.

5. Siele van mense wat doodgemaak is aan die voet van altaar, wat roep om geregtigheid van God.

5. Sprinkane uit onderaardse diepte pynig mense soos skerpioene.

5. Op die troon van die dier uitgegooi: Duisternis en pyn volg.

6. Groot aardbewing: son word swart; maan word soos bloed; sterre aan die hemel op die aarde; hemel verdwyn.

6. Perde en ruiters maak ’n derde van die mensdom dood.

6. Op die Eufraatrivier uitgegooi: Dit maak die pad oop vir konings uit die ooste.

7. ’n Halfuur stilte voor die off erande.

7. Stemme in die hemel loof God se Koningskap, gevolg deur weerlig, ’n aardbewing en haelstorm.

7. ’n Stem uit die hemel roep: “Dit is verby!” Dit word gevolg deur donderweer en ’n groot aardbewing.

Lees die “tekens” met ’n gebalanseerde perspektiefDie “tekens” in die uiteensetting is hoofsaaklik afgelei van die tien plae voor dat Is rael toegelaat is om uit Egipte te trek (Eks 7-11). Vanuit ’n teo logiese pers pektief is Israel se uittog uit Egipte na die Beloofde Land, saam met die tien plae om die goddelose farao te straf, parallel aan die nu we volk van God se intog in die “nuwe Jerusalem” en die oor deels vol trekking oor die goddeloses, uitgedruk in die “tekens” van die seëls, trompette en bakke.

Dit is ’n geldige vraag of ons reeds in ons tyd enige van dié tekens kan sien gebeur. Die antwoord is ja en nee. Ons kan dit nie werklik aan skou, soos dat die see letterlik in bloed verander, nie. Maar ja, ons kan die tekens sien gebeur omdat die “saak” waaroor dit gaan –die oordeelsvoltrekking – nou reeds ontvou. Natuurrampe, soos aard-bewings, tsoenamis en hongersnood, is beslis deel van God se be-trokkenheid by hierdie wêreld. Hy is besig om skepping en skep sels voor te berei vir die groot en fi nale einde wanneer Christus weer kom.

978-1-77000-459-7.indd 33978-1-77000-459-7.indd 33 8/20/07 9:15:28 AM8/20/07 9:15:28 AM

Page 27: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

34 DIE A-Z VAN OPENBARING

Ons moet die rampe nie noodwendig as straf verstaan nie, maar wel as deel van God se “eindprogram” wat verlossing en oor deel insluit. Dit is ook deel van sy program om die mensdom telkens te herinner aan ons afhanklikheid van God en ons op te roep tot be ke ring, soos in Openbaring. God is dus nie liefdeloos nie, maar bloot reg verdig en besig om sy “eindprogram” te laat ontvou.

Ons sou moeilik ’n bepaalde seël of trompet of bak kon verbind aan ’n sekere gebeurtenis in ons tyd, soos ’n aardbewing of ’n oor stro-ming. En tog moet ons met oop oë deur die lewe gaan en raaksien wat rondom ons gebeur. Ons moet altyd probeer om die groter prent raak te sien. MIV en vigs is ongetwyfeld deel van God se oordeel wat reeds oor hierdie wêreld voltrek word.

Dadelik sal iemand vra waar om onskuldiges, soos babas, dan ook daardeur geraak word. Dit is ’n gel di ge vraag. Onskuldiges sal on ge-lukkig, by wyse van beeld spraak, soms in die kruisvuur tussen God en die Bose beland.

8. Openbaring vertel aan die lesers meer oor God se tydtafel in hierdie mensegeskiedenis

Die boek Openbaring het veral twee groepe “eerste lesers”. Die eerste lees het plaasgevind in 95-96 nC toe mense tydens die bewind van kei-ser Domitianus die boek histories die eerste keer gehoor en gelees het. Die tweede groep “eerste lesers” sluit in elkeen wat dit vanaf 95-96 nC tot in die hede vir die eerste keer gelees het of lees.

Volgens Irenaeus van Efese se oorlewerings het Openbaring ont-staan aan die einde van die bewind van die Romeinse keiser Do mi-tianus, wat vanaf 81-96 nC regeer het. Die doel is egter nie om ’n pre-siese dag en datum vir die ontstaan van die boek Openbaring vas te stel nie, maar eerder om die tydvak waarin dit ontstaan het te ti peer.

Gedurende dié tydperk is die naam Babilon simbolies vir Rome ge bruik (14:8; 16:19; 17:5; 18:2, 10, 21). Net soos Babilon die volk in bal-ling skap weggevoer het, het Rome die “nuwe Babilon” geword wat die “nuwe volk” van God, die Christene, geteister het. Die gebruik van die naam Babilon dui waarskynlik op ’n tyd ná die vernietiging van die tempel in Jerusalem in 70 nC, toe Titus, die Romeinse keiser, dit verower het.

Ons kry in 1:9 spore van vervolging en verdrukking van die Chris-tene wanneer Johannes vertel dat hy na die eiland Patmos verban is.

978-1-77000-459-7.indd 34978-1-77000-459-7.indd 34 8/20/07 9:15:29 AM8/20/07 9:15:29 AM

Page 28: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

35Jan du Rand

Openbaring 2:13 dui daarop dat Antipas in Pergamum weens sy ge-loof tereggestel is. Dit is moontlik dat Christenvervolging ty dens die bewind van keiser Domitianus plaasgevind het.

Die tussentestamentêre tydvak word gewoonlik gereken as dié tydperk tus-sen die terugkeer van God se volk uit die Babiloniese ballingskap (538 vC) en die menswording van Jesus Christus.

Die Persiese Ryk, met koning Kores as die belangrikste heerser, het ge-strek vanaf 539-332 vC. Daarna is die Persiese Ryk deur Aleksander die Gro te ver ower. Aramees is toe as die amptelike taal van Asië en Pa les ti na ver klaar, en Jerusalem is as die geestelike en rasionele tuiste van die Jo de te rug ont-vang. Ná die ballingskap het die Sionstad, Je ru sa lem, die sa me bin den de sim-bool van die Jodedom geword. Daarom neem Je ru salem so ’n pro mi nen te plek in in die geskrifte van die tus sen tes ta men têre tydvak en in die boek Open ba ring.

Aleksander die Grote se Hel le nis tiese (Griekse) tyd vak het Grieks ’n wê-reld taal gemaak. Die Griek se oo rheersing is in 300 vC opgevolg deur die Egip tiese oor heer sing (die Pto le meërs), en vanaf on ge veer 200 vC deur die Si rie se be wind (Se leu kiede).

Gedurende die Siriese bewind (200-141 vC) het iets plaasgevind wat weer klank vind in die boek Openbaring. Koning Antiogus IV (175-164 vC) het die Griekse leefstyl op die Joodse bevolking afgedwing, die hoë pries ter-skap gemanipuleer, die besnydenis en onderhouding van die Sab bat ver-bied, ’n brandoff eraltaar vir Zeus (die Griekse hoofgod) in die tempel laat op rig en daarop geoff er. Dié drie en ’n half jaar lange skrik be wind van An ti o-gus IV het simbolies geword van die tydperk van ver vol ging wat die ge lo wi-ges moet verduur. Dit word weergegee in die simboliese getalle 3½ jaar, 42 maande en 1 260 dae in Openbaring. Net soos Antiogus IV die volk van God ge teister het, só word die nuwe geloofsvolk van God ’n tyd lank ver volg. Antiogus IV het ook die naam Epifanes (“verskyning”) vir hom toe ge ëi en en homself beskou as die verskyning van die god Zeus. Die Jo de het nie ge noeë geneem met dié vergrieksing van die Jodedom nie.

Daar om het die Makkabese opstand en die Hasmonese Ryk (140-63 vC) ge volg. Gedurende hierdie besonderse tydvak is die tempeldiens op nuut

’n Kort oorsig van die tussentestamentêre tydvak

’n Kort oorsig van die tussentestamentêre tydvak

978-1-77000-459-7.indd 35978-1-77000-459-7.indd 35 8/20/07 9:15:29 AM8/20/07 9:15:29 AM

Page 29: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

36 DIE A-Z VAN OPENBARING

in ge stel, en het die Sadduseërs, Fariseërs en Kumraangemeen skap, as voor-beeld van ’n tipiese apokaliptiese groep, op die voorgrond ge tree. Die Kum-raangemeenskap het hulle aan die noordwestelike oe wer van die Dooie See af gesonder om daar ’n waardige tuiste vir die Mes sias voor te berei wan neer Hy sou kom, omdat die tempel in Jerusalem vol gens hulle korrup ge word het. In 63 vC het Palestina onder Romein se be wind gekom.

In die tussentestamentêre tydvak het heelwat apokriewe apokaliptie se geskrifte die lig gesien. Sommige sien apokaliptiek as die verleng stuk van pro fesie. Profesie word gesien as die interpretasie van die huidi ge ge beure, en apokaliptiek as die interpretasie van die toekoms en hiernamaals. ’n Paar van dié apokaliptiese geskrifte wat ook in Openbaring neerslag vind, is: Die Si billynse Orakels, Henog (in meer as een vertaling), Die Hemelvaart van Mo ses, 4 Esra, 1 en 2 Barug, Die Testament van die Twaalf Patriarge, Die Apo kalips van Abraham, Die Apokalips van Elia, Die Apokalips van Esra, Die Apokalips van Sefanja en Die Apokalips van Esegiël, asook sommige Kum raangeskrifte.

Keiserverering het hoogty gevier tydens Domitianus se bewind as kei-ser, veral in die provinsies. Domitianus moes aangespreek word as do minus et deus (heer en god). In sommige gevalle het keiservere ring selfs ontaard in keiseraanbidding. Vir Domitianus is daar ’n tem pel in Efese opgerig, waar hy waarskynlik aanbid is.

As ons alles in ag neem, kan ons Openbaring dus in 95-96 nC da-teer, gedurende keiser Domitianus se bewind. Dit val in die tyd perk toe die Christene van Klein- Asië knellende alledaagse om stan dig he-de beleef het op ekonomiese, politieke, sosiale, kulturele en gods diens-ti ge terrein. Later meer hieroor.

Kyk ons na die breër prent, besef ons dat die tyd toe “ryp” geword het om Jesus, die Messias, te ontvang. Volgens God se “tydtafel” van ver lossingsgebeure het die laaste dekade van die eerste eeu na Chris-tus ’n besondere plek in die antieke wêreldgebeure ingeneem.

Ter wille van ’n groter geheelbeeld begin die tydlyn wat volg met Esra se te rug keer na Jerusalem in 458 vC en gaan dit voort tot en met die skryf van die boek Openbaring in 95-96 nC. Die fokus val op Pa le-stina/Ju dea se politieke en godsdienstige ervarings.

978-1-77000-459-7.indd 36978-1-77000-459-7.indd 36 8/20/07 9:15:30 AM8/20/07 9:15:30 AM

Page 30: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

37Jan du Rand

Palestina/Judea Persië

Esra keer terug na Jerusalem 458 vC

Nehemia keer terug na Jerusalem 444 vC

Maleagi se bediening 430 vC

Griekeland

333 vC Aleksander die Grote verslaan Persië en verower Jerusalem

323 vC Dood van Aleksander die Grote

Egipte

323 vC Ptolemeus Soter begin regeer

Simon word hoëpriester 300 vC

Eliëser word hoëpriester 291 vC

Onias II word hoëpriester 250 vC

204 vC Ptolemeus Epifanes regeer

Sirië

198 vC Antiogus regeer

187 vC Seleukus IV regeer

Onias III word hoëpriester 180 vC

175 vC Antiogus IV Epifanes regeer

Verdrukking van Jode 168 vC

Tempel word ontheiligMakkabeërs kom in opstand

167 vC

Judas Makkabeus word leier 166 vC

164 vC Antiogus V heers

Dood van Judas Makkabeus, word opgevolg deur Jonatan

161 vC

Belangrike datums in dietussentestamentêre periode

Belangrike datums in dietussentestamentêre periode

978-1-77000-459-7.indd 37978-1-77000-459-7.indd 37 8/20/07 9:15:30 AM8/20/07 9:15:30 AM

Page 31: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

38 DIE A-Z VAN OPENBARING

Simon Makkabeus volg Jonatan op 144 vC

Johannes Hirkanus volg Simon op 135 vC

130 vC Siriërs uitgedryf

Aristobulus in konfl ik met Hirkanus II 68 vC

Rome

Judea val voor Rome 63 vC Pompejus vestig Romeinse protektoraat

54 vC Krassus plunder tempel

Antipater goewerneur van Galilea 48 vC Dood van Pompejus

47 vC

Herodes die Grote koning van Judea 43 vC Julius Caesar se sluipmoord

37 vC

27 vC Oktavianus word keiser Augustus

Herodes herbou tempel

Geboorte van Johannes die Doper 7 vC

Geboorte van Jesus 6 vC

6/5 vC

Jesus besoek tempel

4 vC Dood van Herodes die GroteRegering van Argelaos, Herodes Antipas en Herodes Filippus

8 nC

14 nC Dood van keiser AugustusKeiser Tiberius regeer

Johannes die Doper se bediening 17 nC Kajafas is die hoëpriester

27 nC

Jesus gekruisig 30/33 nC

Stefanus se steniging 33 nC

Paulus se bekering 34 nC

37 nC Tiberius dood, wordopgevolg deur Kaligula

978-1-77000-459-7.indd 38978-1-77000-459-7.indd 38 5/11/09 4:06:36 PM5/11/09 4:06:36 PM

Page 32: Inhoudsopgawe du Rand 13 Hoofstuk 1 So vars en aktueel soos vanoggend se koerant 1. Die aktualiteit en dinamiek bring uitsig en insig Belangstelling in die boek Openbaring en sy boodskap

39Jan du Rand

Saulus (Paulus) besoek Jerusalem 40 nC

Bekering van Kornelius 41 nC Dood van Kaligula Klaudius word keiser

43 nC Herodes Agrippa word koning

Paulus en Barnabas se eerste sendingreis

48-49 nC

Jerusalem-vergadering 50 nC

Paulus se tweede sendingreis 50-52 nC

Paulus se briewe geskryf 50-64 nC

54 nC Nero word keiser

Paulus na Rome 59 nC

60 nC Festus volg Feliks op

Paulus se marteldood 64 nC

68 nC Dood van Nero

70 nC Verwoesting van Jerusalem en die tempelVerstrooiing van Jode deur die Romeinse Ryk

Matteus, Markus en Lukas geskryf 70-75 nC

Johannes en Johannesbriewe geskryf 90 nC

Openbaring geskryf 95-96 nC

978-1-77000-459-7.indd 39978-1-77000-459-7.indd 39 8/20/07 9:15:31 AM8/20/07 9:15:31 AM