fase onderwysershandleiding intermediêre

48
Intermediêre Fase Onderwysershandleiding Graad 5 Tale: Huistaal

Upload: others

Post on 16-Oct-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

Inte

rmed

iêre

Fas

e On

derw

yser

shan

dlei

ding

Graad

5

Tale: Huistaal

Page 2: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

Indeks

Deel 1: Inleiding ..................................................................................................................... 1 Deel 2: Fokusareas van die Grondslag vir Leer.................................................................. 2

1 Geletterdheid-fokustyd ..................................................................................... 2 2 Taalontwikkelingstyd ........................................................................................ 4 3 Lees vir Genot .................................................................................................. 5

Deel 3: Tydsindeling .............................................................................................................. 6

1 Struktuur vir die Grondslagrooster vir Leer rooster .......................................... 6 2 Spesifikasies uit die Grondslag Onderrigdokument.......................................... 6

Deel 4: Assessering............................................................................................................... 7

1 Formele en informele assessering ................................................................... 7 2 Assesseringstake ............................................................................................. 7 3 Riglyn oor lengte (aantal woorde) van geskrewe werk..................................... 8 4 Voorbeeld van ’n optekenvel ............................................................................ 9

Deel 5: Integrasie ................................................................................................................. 10 Deel 6: Hulpbronne .............................................................................................................. 10

1 Leeruitkomste en Assesseringstandaarde Graad 5 (Huistaal) ........................................................................................................ 10

2 Aanbevole tekste............................................................................................ 15 3 Skryfraamwerke ............................................................................................. 15

Deel 7: Glossarium van terme ............................................................................................ 18 Verwysings ........................................................................................................................... 45

Page 3: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre
Page 4: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 1 -

Deel 1: Inleiding

Hierdie dokument is geïnspireer deur die Grondslag vir Leer-strategie wat deur die Minister van Onderwys, Grace Naledi Madisa Pandor, op 13 Maart 2008 in die Staatskoerant gepubliseer is. Die inhoud van hierdie skedules kom hoofsaaklik uit die Assesseringsraamwerk (April 2008) wat die pasaangeërs en mylpale per graad en per kwartaal verskaf. Die Assesseringsraamwerk vorm deel van die Grondslag vir Leer-strategie. As dit saam gelees word, vorm die ‘mylpale’-dokument ’n Leerprogram vir die Intermediêre Fase. Buiten die feit dat die ‘mylpale’-dokument die pasaangeërs aandui, spesifiseer dit ook wat geassesseer moet word. Dit is saamgestel om ’n goed gebalanseerde assesseringsprogram vir elke kwartaal daar te stel. Al die uitkomste word binne elke assesseringstaak geïntegreer. Hierdie skedules is ontwerp om by die voorgestelde raamwerk in die ‘Grondslag’-dokument te pas. Dit bevat fokusareas uit die Grondslag vir Leer-dokument en sluit gedeelde lees en skryf, woord- en sinsvlakwerk, geleide groep- en individuele werk, Skryf, en Luister en Praat, in. Die idee is om met heelklas-aktiwiteite te begin, dan na geleide groepwerk te beweeg en vandaar na individuele werk oor te gaan. Die kategorieë in die linkerkantste kolom van die werkskedule gee ’n idee van die aard van die aktiwiteit. Ons besef dat hierdie dokument onder groot druk saamgestel is en dat daar enkele swak punte kan voorkom. Die grootste versekering wat onderwysers uit hierdie dokument kan kry, is dat daar nie van onderwysers verwag sal word om ander voorbeelde van beplanning soos Leerprogramme en werkskedules op te stel nie. Indien onderwysers so voel, kan hulle die kernonderrig in hulle eie lesplanne uitbrei. Sleutelwoorde uit die assesseringstandaarde is verwyder om ’n ‘skoner’ gevoel te gee en om dit makliker te maak om te lees. Wees asseblief verseker daarvan dat ons wegspringpunt die NKV was en dat ons die assesseringstandaarde aan die ‘mylpale’ gekoppel het om te verseker dat ons onsself na behore voorberei vir die toetse wat deur die nasionale Departement van Onderwys opgestel gaan word. Die nommer van die gepaste assesseringstandaard gee vir onafhanklik-denkende onderwysers ’n geleentheid om hul eie aktiwiteite te skep omdat dit steeds daarop fokus om dieselfde standaard te ontwikkel. Alhoewel dit soms lyk asof Dink as ’n uitkoms nie spesifiek vir onderrig uitgesonder word nie, moet u asseblief onthou dat geen taalaktiwiteit sonder taal of sonder dat daar daaroor gedink is, gedoen kan word nie. Slegs skole wat deurlopend goed gedoen het (gemiddeld meer as 80% in WKOD diagnostiese toetse) sal daarvan vrygestel word om hierdie skedules te gebruik. Daar word egter kennis geneem dat sommige van hierdie skole ’n afname in Geletterdheids- en Gesyferdheidsvlakke getoon het tydens die laaste rondte van toetsing. Hierdie skole moet dus seker maak dat al die mylpale in hul eie programme gedek word. Daar word van alle ander skole verwag om hierdie werkskedules te gebruik.

Page 5: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 2 -

Deel 2: Fokusareas van Grondslag vir Leer

1 Geletterdheid-fokustyd

1.1 Gedeelde lees en skryf (hele klas) Gedeelde lees is ’n klasaktiwiteit waar ’n algemene teks, bv. ’n ‘groot boek’, gedigte, plakkaat of uittreksel uit ’n teks gebruik word. Onderwysers moet gedeelde lees gebruik om saam met die klas te lees, terwyl daar gefokus word op begrip en spesifieke kenmerke soos woordbou en spelpatrone, punktuasie, die uitleg en doel, en die struktuur en organisasie van sinne. Gedeelde lees bied ’n konteks waarin woordvlakvaardighede toegepas en onderrig kan word en om leerders te leer hoe om ander leeswenke te gebruik om betekenis af te lei, en om foute te identifiseer en self te korrigeer. Gedeelde lees, saam met skryf, bied ook die konteks waarbinne leerders se grammatikale bewustheid en hul begrip van sinskonstruksie en punktuasie ontwikkel kan word. Gedeelde lees word gebruik om leesvaardighede uit te brei in lyn met die oogmerke van die Assesseringsraamwerk. Onderwysers moet hierdie werk ook as ’n konteks gebruik om grammatika, punktuasie en woordeskatwerk te onderrig en te versterk. Omdat onderwysers lees ondersteun, kan leerders uit tekste werk wat bo hulle onafhanklike leesvlakke is. Dit is veral waardevol vir die minder vaardige lesers wat toegang verkry tot tekste wat ryker en meer kompleks is as wat hulle andersins sou kon lees. Dit bou selfvertroue en leer meer gevorderde vaardighede wat weer op hulle beurt ’n invloed op ander onafhanklike leeswerk het. Gedeelde skryfwerk bied baie geleentheid vir leerders om vaardighede te leer, toe te pas en te versterk in die konteks van ’n groter groep met baie leiding van die onderwyser. Onderwysers moet tekste gebruik om idees en strukture vir skryf te gee, en in samewerking met die klas, tekste saamstel, terwyl daar vir hulle geleer word hoe om te beplan en idees in volgorde te skryf, te verduidelik en te struktureer. Gedeelde skryfwerk word ook gebruik om grammatikale en spelvaardighede te onderrig, om die kenmerke van uitleg en aanbieding te demonstreer en om op redigering en drilwerk te fokus. Dit moet ook die beginpunt van daaropvolgende onafhanklike skryfwerk wees. Waar moontlik behoort gedeelde lees en gedeelde skryfwerk met mekaar verbind word. Byvoorbeeld: ’n onderwyser kan oor ’n tydperk van drie dae (a) ’n teks bekendstel (b) daaraan werk d.m.v. gedeelde lees en dan (c) die teks as ’n ‘raamwerk’ vir skryf of as ’n stimulus vir uitbreiding en/of aanpassing daarvan of kommentaar daaroor gebruik. 1.2 Woord- en sinsvlakwerk (hele klas) Daar moet ’n sistematiese, gereelde en herhaalde onderrig van fonetiese bewustheid wees. Onderwysers moet die progressie wat in die woordvlak-doelwitte uiteengesit is, noukeurig volg. Albei word in terme van onderrig en die verwagtinge van wat leerders aan die einde van die kwartaal moet bereik, uiteengesit. Hierdie doelwitte kan as ’n lys van kriteria gebruik word om vordering te assesseer. Die werk moet ’n spesifieke onderrigfokus in die Geletterdheid-fokustyd kry. Alhoewel dit noodsaaklik is dat hierdie dekoderingsvaardighede in gedeelde lees geoefen en toegepas word, moet dit ook in goed gestruktureerde aktiwiteite onderrig word. Dit sal leerders help om reëlmatighede in spraak te hoor en onderskei en om te sien hoe dit aansluit by letters en letterkombinasies by spel en lees. Die meerderheid van leerders kan hierdie basiese fonetiese vaardighede vinnig en maklik leer. Woordherkenning, grafiese kennis en woordeskatwerk moet ook gedurende hierdie periode onderrigfokus ontvang. Hierdie tyd moet gebruik word om spel- en woordeskatwerk te dek, asook om grammatika en punktuasie te onderrig. Sinsvlak-doelwitte moet gedek word in die konteks van gedeelde lees en skryf en dit bly ’n belangrike konteks vir die onderrig van vaardighede. Desnieteenstaande sal onderwysers gebalanseerde woord- en sinsvlakwerk vir die tweede deel van die Geletterdheid-fokustyd regdeur elke kwartaal moet doen, om te verseker dat al die doelwitte gedek word.

Page 6: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 3 -

1.3 Geleide groep- en individuele werk (groepe/individue) Hierdie afdeling van Geletterdheid-fokustyd het twee aanvullende doelwitte: om die onderwyser in staat te stel om vir ’n volgehoue tydperk, minstens een groep, met verskillende vaardighede, per dag deur middel van ‘geleide’ lees of skryf, te onderrig; terwyl ander leerders onafhanklik in pare of groepe werk – sonder toegang tot die onderwyser. Geleide lees is die teenoorgestelde van gedeelde lees. Die wesenlike verskille is dat die onderwyser by geleide lees op onafhanklike lees en skryf fokus, eerder as om die prosesse vir die leerders te modelleer. Geleide lees behoort ’n fundamentele deel van ’n skool se geletterdheidsprogram wees. Eintlik neem dit die plek in van ’n geïndividualiseerde leesprogram, en as ’n goed gestruktureerde groepaktiwiteit maak dit ’n groot verskil aan die hoeveelheid tyd wat daar aan volgehoue groeponderrig (4-6 leerders) geskenk kan word. Die groepe behoort individuele afskrifte van dieselfde teks te hê. Die tekste moet versigtig gekies word om by die leesvlak van die groep te pas. Aan die begin moet leerders aan tekste met gegradeerde moeilikheidsvlakke bekend gestel word en soos hulle vorder, sal hierdie tekste dikwels uit leesskemas of programme geselekteer word. Dit kan gewoonlik uit bestaande boekevoorraad en omsigtige aanvulling opgebou word. Onderwysers moet eers die teks aan die groep bekendstel om hulle met die konteks van die storie vertroud te maak en enige sleutelwoorde wat hulle behoort te ken, uitwys. Die leerders lees dan die teks onafhanklik terwyl die onderwyser elke leerder in die groep bystaan. Dieselfde beginsels geld gedurende die volgende vlak. Soos leerders egter vorder, moet die onderrig meer fokus op geleide stillees met vrae om die leeswerk te lei of na te gaan, punte wat aandag nodig het, probleme wat opgelos moet word, ens. om die teksvlak-doelwitte in die Assesseringsraamwerk te bereik. Geleide skryfwerk – net soos by geleide lees, moet hierdie skryfsessies om onafhanklike skryf gaan. Dit sal gewoonlik met lees skakel, en sal dikwels uit die gedeelde skryfsessie vloei. Hierdie sessies moet ook gebruik word om spesifieke doelwitte te bereik en op spesifieke aspekte van die skryfproses, eerder as op die voltooiing van ’n enkele stuk werk, fokus. Hierdie onderriginsette kan dikwels gedurende onafhanklike werk in daaropvolgende sessies voortgesit word. Leerders fokus byvoorbeeld op: beplanning van ’n stuk skryfwerk wat later onafhanklik voortgesit moet word; skryf ’n brief; verleng of verkort ’n teks om uit te brei; som op, ens. Konstruksie van komplekse sinne; trek punte in ’n argument bymekaar; redigeer werk en deel dit in paragrawe, opskrifte, ens. in vir duidelikheid en aanbieding. Onafhanklike werk – die klas moet met omsigtigheid bestuur word en leerders moet behoorlik onderrig word sodat hulle duidelik verstaan wat hulle moet doen en nie die onderwyser in die rede val nie. Daar is baie vorme van organisasie: van ’n rondomtalie van vaardigheidsgroepe met ’n rotering van aktiwiteite vir elke groep, tot by individuele werk, bv. ’n heleklas-skryfaktiwiteit wat uit ’n vroeëre gedeelde skryfsessie spruit. 1.3.1 Onafhanklike take moet ’n reeks van doelwitte dek, insluitende:

• onafhanklike lees en skryf; • fonetiese en spelondersoeke en -praktyk; begripswerk; aantekeninge maak; • hersiening en evaluering; proeflees en redigeer; • woordeskatuitbreiding en woordeboekwerk; • handskrifpraktyk; en • oefen en ondersoek van grammatika, punktuasie en sinskonstruksie; voorbereiding van

aanbiedings vir die klas.

Leerders moet geleer word om nie die onderwyser te onderbreek nie en daar behoort genoeg hulpbronne en alternatiewe strategieë te wees vir hulle om op terug te val as hulle vasbrand. Hulle

Page 7: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 4 -

moet ook die belangrikheid van onafhanklikheid vir geletterdheid verstaan, en hoe om op hulle eie hulpbronne te gebruik om probleme op te los en take sukesvol te voltooi. 1.3.2 Tyd vir besinning met die hele klas Die voltooiing is net so belangrik as enige ander deel van die les. Dit is nie tyd om op te ruim nie en behoort duidelik as ’n aparte sessie waarby die hele klas betrokke is, uitgelig te word. Dit moet gebruik word om:

• die onderwyser in staat te stel om idees te deel, sekere onderrigpunte te herbeklemtoon, wanopvattings op te klaar en nuwe onderrigpunte te ontwikkel;

• leerders in staat te stel om oor dit wat hulle geleer het te besin en dit te verduidelik en hul gedagtes te orden;

• leerders in staat te stel om te hersien en nuwe vaardighede wat vroeër in die les verwerf is, te oefen;

• ’n atmosfeer van konstruktiewe kritieklewering te ontwikkel en om terugvoering en aanmoediging te verskaf;

• vir die onderwyser geleenthede te bied om die werk van sommige van die leerders te monitor en assesseer; en om

• vir die leerders geleenthede te bied om sleutelkwessies in hul werk uit te lig en te bespreek. 1.3.3 Skakels met die res van die kurrikulum Waar gepas, moet geletterdheidsonderrig met werk in ander areas van die kurrikulum in verband gebring word. Leerders soek en herwin miskien inligting uit die wetenskappe, skryf instruksies vir ’n tegnologie-onderwerp, bestudeer mites of outobiografieë wat gekoppel is aan ’n Geskiedeniseenheid gedurende Geletterdheid-fokustyd. Desnieteenstaande moet die onderrigfokus op die letterkundige doelwitte van die Raamwerk wees en leerders moet met tekste werk. Met ander woorde, alhoewel skakels met die kurrikulum fundamenteel tot doeltreffende geletterdheidsonderrig is, moet ander vakke as instrumente vir geletterdheidswerk gebruik word en geletterdheid self nie van sy primêre fokus in die Geletterdheid-fokustyd ontneem nie.

2 Taalontwikkelingstyd

2.1 Skryf (Driemaal per week – eenmaal in EAT en tweemaal in TVLO)

Leerders kry ’n skryfraamwerk, en deur ’n gedeelde teks as model te gebruik, doen hulle hul eie skryfwerk, bv. ’n groetekaartjie, ’n reeks instruksies, brief, inligtingsparagraaf, storie, ens. Een stuk skryfwerk word oor ’n tydperk van twee weke in ’n dinkskrum bespreek, dan opgestel, hersien, geredigeer en ‘gepubliseer’. Daar moet ook ruimte geskep word sodat leerders onafhanklike skryfwerk sonder ’n raamwerk kan doen om hulle die geleentheid te gee om probleme met karakters en gebeure en hulle invloed op mekaar, ens. op te los

2.2 Luister en praat (Tweemaal per week – eenmaal in EAT en eenmaal in TVLO)

• Leer 3-7 woordeskatwoorde gebaseer op ’n storie. • Lees die storie hardop vir die klas voor. • Leerders moet met die storie werk: reageer op die storie; vertel die storie in groepe oor;

dramatiseer die storie; bespreek die storie krities; skryf nuwe woordeskat in persoonlike woordeboeke neer; debatteer kwessies in die storie, ens.

Page 8: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 5 -

3 Lees vir genot Almal, insluitende die onderwyser, lees ’n boek van hulle keuse en teken dit op ’n leesrekordkaart aan. In die laaste 10 minute, deel leerders hul response op hulle boeke in pare, groepe of met die hele klas.

Faktore wat krities is tot die kweek van ’n leesgewoonte en die ontwikkeling van leesbegrip

• Toegang tot boeke (en ander interessante leesmateriaal),

• ’n boek se aantrekkingskrag,

• ’n bevorderlike / stimulerende leesomgewing,

• volgehoue besinning oor wat gelees / gesien is,

• aanmoediging om te lees deur die onderwyser,

• ’n aktiewe biblioteek,

• selfgerigte behoefte om te lees,

• onderwyser vorm leesgedrag en -waardes, en

• leeshelpers (mentors) vir leerders wat sukkel om te lees.

Ons moet ten alle tye leerdervaardigheid en -selfvertroue bou om leerders in staat te stel om te groei en bereid te wees om kanse te vat in die leerposes.

Page 9: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 6 -

Deel 3: Tydsindeling

1 Struktuur van die Grondslag vir Leer rooster

Dag 1 Dag 2 Dag 3 Dag 4 Dag 5 Gedeelde lees of gedeelde skryf (15 min.) Werk met hele klas

Gedeelde lees of gedeelde skryf (15 min.) Werk met hele klas

Gedeelde lees of gedeelde skryf (15 min.) Werk met hele klas

Gedeelde lees of gedeelde skryf (15 min.) Werk met hele klas

Gedeelde lees of gedeelde skryf (15 min.) Werk met hele klas

Woord- en sinsvlakwerk (15 min.) Werk met hele klas

Woord- en sinsvlakwerk (15 min.) Werk met hele klas

Woord- en sinsvlakwerk (15 min.) Werk met hele klas

Woord- en sinsvlakwerk (15 min.) Werk met hele klas

Woord- en sinsvlakwerk (15 min.) Werk met hele klas

Gel

ette

rdh

eid

-fo

kust

yd

Groep, geleide en onafhanklike lees / skryf (30 min.) Werk met gegradeerde groepe of onafhanklike individue

Groep, geleide en onafhanklike lees / skryf (30 min.) Werk met gegradeerde groepe of onafhanklike individue

Groep, geleide en onafhanklike lees / skryf (30 min.) Werk met gegradeerde groepe of onafhanklike individue

Groep, geleide en onafhanklike lees / skryf (30 min.) Werk met gegradeerde groepe of onafhanklike individue

Groep, geleide en onafhanklike lees / skryf (30 min.) Werk met gegradeerde groepe of onafhanklike individue

Taa

lon

twik

kelin

g Skryf TVLO /

HT (30 min.) Onafhanklike werk

Luister en praat EAT / HT (30 min.) Onafhanklike werk

Skryf EAT / HT (30 min.) Onafhanklike werk

Luister en praat TVLO / HT (30 min.) Onafhanklike werk

Skryf TVLO / HT OF Luister en praat TAT (30 min.) Onafhanklike werk

2 Spesifikasies uit die Grondslag Onderrigdokument

2.1 Geletterdheid-fokustyd (60 min.) 3 X per week in TVLO/HT 2 X per week in EAT/HT

2.2 Taalontwikkeling (30 min.) Leerders doen Skryf en Luister en Praat in die TVLO elkeen een maal per week en een maal per week in die EAT. Die TAT kan in die vyfde weeklikse tydgleuf bekend gestel word.

Page 10: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 7 -

Deel 4: Assessering

1 Formele en informele assessering Nie alle uitkomste wat per taak gelys word, kan formeel geassesseer word nie. Dit is inderwaarheid onmoontlik om sommige van die assesseringstandaarde met pen en papier te meet, bv. leerdergedrag en -houdings in ’n kommunikasiesituasie. Hierdie informele waarnemings ‘word nie formeel vir bevorderingsdoeleindes opgeteken nie, maar kan in ag geneem word wanneer ’n onderwyser ’n professionele oordeel oor die vordering van ’n leerder moet fel’ (Assesseringsriglyne vir AOO). Optekening moet teen die Leeruitkoms gedoen word ‘omdat dit vir die onderwyser ’n sistematiese manier bied om te evalueer hoe goed die leerders in ’n spesifieke Leeruitkoms vorder (Assesseringsriglyne vir AOO). Uitkomste moet gedurende assessering geïntegreer word. Luister en Praat (mondeling) moet terselfdertyd geassesseer word, al word daar steeds tussen die twee uitkomste onderskei. Skryf, Taal en Dink kan ook in een aktiwiteit geïntegreer word. Al ses (NKV) Leeruitkomste kan in twee of drie aktiwiteite geassesseer word en al die Leeruitkomste moet in elke Assesseringstaak geassesseer word. Totale punte vir een Leeruitkoms moet na die ‘gewigte’ herlei word soos in die voorbeeld optekenblad hieronder aangedui is. ’n Toets van 100 punte vir Taalstruktuur en -gebruik binne ’n taak, moet na 10 (die totale gewig van Taal) herlei word.

2 Assesseringstake

2.1 Die Assesseringsraamwerk Die Assesseringsraamwerk is ’n pasaangeër-dokument en dit skryf twee take voor wat oor elke kwartaal versprei is. Die uitkomste (en standaarde) per taak in hierdie dokument kom uit die Assesseringsraamwerk wat die nasionale riglyn en deel van die Grondslag vir Leer-strategie is. Alle uitkomste is binne elke assesseringstaak gedek om ’n meer gebalanseerde oorsig van leerderbevoegdheid en -prestasie in Tale te gee. Ten minste een van die take moet ’n ondersoek insluit wat fokus op die ontwikkeling van Dink en Redeneer (LU 5).

2.2 Die Assesseringsriglyne vir Tale Hierdie is die beslissende dokument oor assessering en daar moet daarby gehou word. Dit spesifiseer die aantal take wat per kwartaal gedoen moet word (bl. 8). Dit spesifiseer ook die vorme van assessering en gee voorbeelde van assesseringstake, asook geskikte rubrieke vir assessering. Vir assessering om regverdig te wees, moet leerders vooraf weet hoeveel elke kriterium (standaard) werd is en hoe dit gemerk gaan word. Hulle moet ’n ‘kontrolelys, rubriek, ens.’ kry sodat hulle presies weet hoe hulle werk geassesseer gaan word. ’n Reeks van verskillende take moet gedoen word om voorsiening te maak vir leerders met verskillende vermoëns en om verskillende vaardighede te ontwikkel. Hierdie dokument gee verskillende ‘kategorieë’ van assessering wat gebruik kan word (bl. 32-33). Dit gee ook vorme van assessering (bl. 30 – 33). Verdere riglyne oor assessering kan ook in die Nasionale Beleid oor Assessering en Kwalifikasies vir Skole in die Algemene Onderwys- en Opleidingsband gevind word.

Page 11: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 8 -

2.3 'Gewig' in assessering Om gebalanseerde assessering wat die leerder se bevoegdheid in Tale weerspieël, te verseker, is daar ’n arbitrêre ‘gewig’ aan Leeruitkomste toegeken. Dit is tegnies onmoontlik om Uitkomste op ’n wetenskaplike wyse van mekaar te skei omdat hulle almal op die een of ander manier verband hou. Die toekenning van ‘gewig’ is ’n meganisme om te verseker dat kennis oor Taal nie meer gewig dra as die leerder se vermoë om die taal te gebruik nie. Behalwe vir die feit dat Leeruitkoms 6 (LU 6) daarna streef om die gebruik van die taal en kennis van die taal te ontwikkel, is taal inherent deel van al die ander uitkomste, meer sigbaar in praat en skryf. Daar word dus verwag dat toetse (en eksamens) oor die taal onder LU 6 binne ’n taak sal val en kan dus nie dieselfde ‘gewig’ dra as ’n assesseringstaak nie. Dit beteken dat toetse en eksamens in hierdie take ingesluit moet word en nie aparte take moet wees nie. ’n Toets wat op Taalgebruik en -struktuur fokus, moet dus by ’n taak ingesluit word voor die ‘gewigstoekenning’ van 10 punte vir LU 6 gedoen word. Om te verseker dat die primêre behoeftes van Geletterdheid aangespreek word, het lees en skryf ’n swaarder ‘gewigstoekenning’ gekry – alhoewel Taalstruktuur en -gebruik, asook Dink en Redeneer as prosesvaardighede onafskeidbaar is van lees en skryf. Indien spesifieke denkvaardighede nie uitdruklik onderrig (of geassesseer) word nie, beteken dit nie dat leerders nie dink nie of dat hulle denkvaardighede nie geassesseer word nie.

3 Riglyne oor lengte (aantal woorde) van geskrewe werk

Die onderstaande tabelle bied ’n riglyn oor die aantal woorde waarna gemik moet word wanneer daar in elke graad geskryf word, afhangende van die vorm van assessering. Hierdie tabel verwys hoofsaaklik na kreatiewe en funksionele skryfwerk. Dit verwys na die minimum aantal woorde wat per taak verwag word.

Leerders word nie tot die verwagte aantal woorde beperk nie en moet aangemoedig word om meer te skryf. Onderwysers moet hul diskresie gebruik wanneer hulle op die aantal woorde wat vir elke assesseringsvorm gebruik gaan word, besluit. Wanneer daar byvoorbeeld ’n boekresensie geskryf word, moet die aantal woorde tot nie meer nie as 100 woorde beperk word sodat leerders kan leer om hulself binne daardie beperkings uit te druk.

Huistaal Graad Kwartaal 1 Kwartaal 2 Kwartaal 3 Kwartaal 4 4 80 100 130 160+ 5 110 140 170 200+ 6 150 180 210 240+

Eerste Addisionele Taal Graad Kwartaal 1 Kwartaal 2 Kwartaal 3 Kwartaal 4 4 60 80 100 120+ 5 100 120 140 160+ 6 140 160 180 200+

Navorsingstake Navorsingstake is ’n belangrike kenmerk van die werkskedules. Kyk asseblief na u Assesseringsriglyne vir Tale (Intermediêre en Senior Fase) (bl. 67 – 73) vir breedvoerige inligting en rubrieke vir navorsingstake. Dit is die uitvoer van ’n reeks navorsingsverwante mikro- en makro- take. Dit moet gebaseer wees op inligting wat uit ’n wye verskeidenheid van bronne kom; in verskillende formate aangebied word en bewys lewer van seleksie, assimilasie, gestruktureerde debat, vergelyking van inligting, asook interpretasie van visuele data.

Page 12: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 9 -

4 Voorbeeld van ’n optekenvel

10 10 20 20 10 10 80 100 4

1 Abrahams Hassiem

2 Alexander Roxanee

3 Arends Leighvoh

4 Beukes Melissa

5 Bitterhout Jerome

6 Botha Byron

7 Claasen Shaun

8 Collins Diana

9 Dalvey Toyhiera

10 Davids Tanya

11 De Waal Donahue

12 Du Plessis Cushker

13 Hendricks Brian

14 Hendricks Francis

15 Isaacs Jeffrey

16 Jordaan Maryke

17 Josephs Shamshaad

18 Josephs Audra

19 Kilowan Liana

20 Le Roux Bianca

Tota

al v

ir D

ink

Tota

al v

ir T

aal

Datum

Graad 5 Huistaal Kwartaal 1

Assesseringstaak 1

Tota

al v

ir T

aak

Tota

al v

ir S

kryf

Tota

al v

ir L

ees

Tota

al v

ir P

raat

Tota

al v

ir L

uis

ter

Per

senta

sie

Ko

de

Uitkomste moet tydens assessering geïntegreer word. Luister en Praat (mondeling) behoort terselfdertyd

geassesseer te word terwyl daar ook tussen die twee uitkomste onderskei word. Skryf, Taal en Dink kan ook

binne een aktiwiteit geïntegreer word. Alle ses (NKV) leeruitkomste kan binne twee of drie aktiwiteite

geassesseer word en alle leeruitkomste moet in elke Assesseringstaak geassesseer word. Totale punte vir

een LU moet herlei word na die ‘bostaande’ gewig. ’n Toets van 100 punte vir Taalstruktuur en -gebruik

binne ’n taak, moet herlei word na 10 (die totale gewig van taal).

Page 13: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 10 -

Deel 5: Integrasie

Al die leeruitkomste integreer natuurlik binne Tale. Luister en praat, lees en kyk, skryf, dink en redeneer, en kennis van klanke, woorde en grammatika behoort almal geïntegreer te word wanneer dit onderrig en geassesseer word. Leerders moet na ’n spesifieke teks luister, daaroor dink, mondelings of skriftelik op vrae daaroor reageer, en ’n nuwe teks in reaksie daarop skep. Op hierdie manier word alle uitkomste geïntegreer. Integrasie met ander leerareas behoort deurlopend op ’n natuurlike en ongedwonge manier plaas te vind. Wanneer ons van niefiksietekste gebruik maak, kan dit ’n teks uit ’n ander leerarea wees. Daar moet ’n teksgebaseerde benadering gevolg word waar daar met ’n gedeelde teks begin word en ons die groep en individuele aktiwiteite vandaar opbou. Tekste soos grafieke, tabelle en kaarte uit ander leerareas behoort almal in die taalklasse gebruik te word. Die fokus van ons onderrig moet dan op die taalvaardighede wees wat ons gebruik om verskillende soorte tekste te verstaan en nie op die inhoud uit die ander leerarea nie. Wanneer ons byvoorbeeld tabelle lees, fokus ons op inligting uit byskrifte en die interpretasie van die inhoud van die tabel. Daar kan afleidings uit ’n tabel gemaak word asook besin word oor die implikasies van die inhoud van die tabel op die leser. Op hierdie manier ontwikkel ons taalvaardigheid terwyl ons ’n verskeidenheid van tekste lees. ’n Sleutelkwessie is hier ‘natuurlike integrasie’.

Deel 6: Hulpbronne

1 Leeruitkomste en Assesseringstandaarde Graad 5 (Huistaal)

Ons weet dit wanneer die leerder:

Luister 5.1.1 Geniet dit om na verskillende soorte mondelinge tekste te luister (soos stories,

mites, dreunsang, grappe, raaisels en kort toneelstukke) en reageer gepas. 5.1.2 Identifiseer die hoofboodskap en temas in mondelinge tekste en bring dit in verband

met die daaglikse lewe. Let asseblief op formateringsfoute hierdonder!

5.1.3 Identifiseer kenmerke van mondelinge tekste (struktuur, taal, toon, register, ens.) wat

dit gepas vir verskillende doeleindes en teikengroepe maak. 5.1.4 Bespreek hoe taal gebruik word om atmosfeer te skep. 5.1.6 Luister na verskillende soorte informatiewe tekste (aanwysings, instruksies,

toesprake, radiogeselsprogramme, televisiedokumentêre), neem kennis van hoofidees of spesifieke besonderhede en gebruik inligting op ’n gepaste manier.

5.1.8 Luister aktief, oorweeg ander standpunte en reageer op sensitiewe wyse op idees en

voorstelle. 5.1.9 Bespreek die sosiale, morele en kulturele waardes, houdings en veronderstellings in

mondelinge tekste en lewer kommentaar op wat in- en uitgesluit is (soos: Is die storie se boodskap waar vir alle situasies? Watter omstandighede word nie in hierdie storie gedek nie?).

Page 14: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 11 -

Praat 5.2.1 Dra ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende

teikengroepe en doeleindes oor: • gebruik taal denkend vir interpersoonlike kommunikasie (soos: prys iemand se pogings;

verskil van iemand); • gebruik taal vir skeppende en beeldryke selfuitdrukking (soos: gee uitdrukking aan gevoelens en

gedagtes; dramatiseer); • deel idees en lug mening oor minder bekende onderwerpe en gebeurtenisse deur spekulasie en

hipotese te gebruik; • beskryf gebeurtenisse, gee terugvoering en gee aanwysings op ’n logiese manier; • stel kritiese vrae wat nie voor die hand liggende antwoorde het nie en kan denkend reageer; • lug en regverdig eie mening met redes. 5.2.2 Gebruik interaksievaardighede en -strategieë in groepsituasies: • neem beurte, hou by die onderwerp, stel relevante vrae, help die bespreking om te vloei en

reageer met empatie en respek op ander se idees; • gee gebalanseerde en opbouende terugvoering; • gebruik gepaste intonasie en gesigsuitdrukkings; • toon sensitiwiteit vir ander se regte en gevoelens tydens groepwerk. 5.2.3 Gebruik gepaste liggaamstaal en aanbiedingsvaardighede: • verskuif oogkontak om so ’n groot moontlike deel van die gehoor in te sluit; • gebruik gepaste intonasie en gesigsuitdrukkings; • pas tempo en volume vir klem aan; • gebruik pouses gepas en pas toon volgens die doel aan. 5.2.4 Gebruik gepaste woorde en strukture vir verskillende doeleindes en teikengroepe: • gebruik taal met die gepaste register in minder bekende situasies; • gebruik die gepaste grammatikale strukture en taalidioom vir die doel; • gebruik taal sorgvuldig om komplekse dog algemene gevoelens soos woede, ongeduld, simpatie

en bewondering uit te druk; • identifiseer en bevraagteken diskriminerende taalgebruik. Lees en Kyk 5.3.1 Lees ’n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos

gedigte, boekresensies, kort romans, omsendbriewe, naslaanboeke): • lees onafhanklik deur ’n verskeidenheid lees- en begripstrategieë gepas vir verskillende

doeleindes te gebruik: • vluglees vir die algemene idee, • soeklees vir spesifieke besonderhede, • ondersoek inhoudsopgawe, opskrifte en indeks om ’n algemene oorsig te verkry, • gebruik vroeëre kennis of tekstuele leidrade om betekenis vas te stel en afleidings te maak, • maak voorspellings oor inhoud en slot, • maak storiekaarte of maak aantekeninge van hoofpunte om begrip na te gaan; • voer luidlees duidelik uit en pas leesspoed volgens doel en gehoor aan. 5.3.2 Kyk na en lewer kommentaar op verskeie visuele en multimedia-tekste (soos

advertensies, video's/films, TV-dramas, en, indien beskikbaar, rekenaarprogramme en CD-ROM's):

• bespreek die boodskap wat oorgedra word; • identifiseer en bespreek grafiese tegnieke soos kleur, keuse van beelde, soort en grootte van

letterwerk, simbole, uitleg.

Page 15: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 12 -

5.3.3 Beskryf en ontleed emosionele reaksie op tekste. 5.3.4 Bespreek hoe skrywers en visuele kunstenaars op verskillende maniere met lesers in

wisselwerking tree en hoe hulle taal en visuele kenmerke gebruik om verskillende wêreldbeskouinge oor te dra.

5.3.5 Toon begrip van fiksie-tekste: • bespreek die hoofidee, intrige, ruimte, atmosfeer en karakters; • maak afleidings oor intrige en karakters; • bespreek temas en vraagstukke en lug menings met redes daarvoor. 5.3.7 Verstaan die woordeskat en bespreek hoe skrywers taal gebruik om ’n sekere effek

te bereik. 5.3.8 Herken die verskillende strukture, taalgebruik, doel en teikengroep van verskillende

soorte tekste: • identifiseer die manier waarop verskillende soorte tekste gestruktureer is (soos fabels, briewe,

boekresensies); • identifiseer die eienskappe van verskillende skryfvorme, soos wetenskapsfiksie, rillers; • identifiseer die doel van verskillende tekste en hoe taal en register na aanleiding van doel en

teikengroep verskil. 5.3.9 Identifiseer en bespreek omgewings-, kulturele en sosiale waardes in tekste: • identifiseer en bespreek vertelperspektief en die doel en effek daarvan; • herken en bespreek stereotipes en hoe dit geskep word; • bespreek en vergelyk die hantering van verskillende sosiale en kulturele vraagstukke deur

verskillende skrywers. 5.3.10 Verstaan en reageer gepas op verskeie informatiewe tekste: • identifiseer hoof- en ondersteunende gedagtes, maak aantekeninge van spesifieke

besonderhede en som inligting op; • lees en voer redelik komplekse instruksies uit en volg aanwysings met die minimum hulp. 5.3.11 Interpreteer en bespreek komplekser visuele tekste (soos tabelle, plakkate,

diagramme, staafgrafieke, kaarte) en kan ’n teks van een vorm na ’n ander verander (soos ’n tabel met data na ’n grafiek).

5.3.12 Kies relevante tekste en pas navorsingsvaardighede toe om inligting in

woordeboeke, naslaanboeke en handboeke, uit gemeenskapsbronne en die elektroniese media (indien beskikbaar) te verkry.

Skryf 5.4.1 Skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe: • skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes (soos

dagboekinskrywings, humoristiese staaltjies, stories, gedigte); • skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe

uitgedruk word (soos kennisgewings, verslae); • skryf en ontwerp visuele tekste waarin inligting duidelik en skeppend aangebied word (soos

advertensies, omsendbriewe, kaarte met prente en byskrifte); • verander inligting van een formaat na ’n ander (soos ’n tabel na ’n paragraaf of grafiek). 5.4.2 Ontwikkel en organiseer idees deur die skryfproses: • kies en ontleed ’n onderwerp en hou ’n dinkskrum oor idees met behulp van kopkaarte,

vloeidiagramme en lyste; • ontwikkel die onderwerp deur relevante bronne te raadpleeg, gepaste inligting te kies en idees te

organiseer;

Page 16: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 13 -

• skryf ’n konsep-/eerste weergawe met ’n sentrale idee en goed ontwikkelde paragrawe; • gebruik enkelvoudige en saamgestelde sinne met bewustheid van die spesifieke doel en

teikengroep; • hersien werk deur op inhoud, gepaste taal, struktuur en styl te fokus en terugvoering van

klasmaats en onderwyser te gebruik; proeflees en korrigeer finale konsep;

• lewer finale weergawe in en besin oor die assessering van die stuk. 5.4.3 Lewer netjiese, leesbare werk met aandag aan aanbieding (soos: omslag, titel,

opskrifte, gepaste grafika). 5.4.4 Pas kennis van taal op verskeie vlakke toe: • woordvlak:

• kies en eksperimenteer met ’n wye verskeidenheid woorde uit verskeie bronne, • raadpleeg woordeboek of tesourus om woorde na te gaan;

• sinsvlak: • brei sinne met byvoeglike en bywoordelike bepalings en bysinne uit, • wissel tydsvorme korrek en konsekwent, • gebruik die direkte en indirekte rede gepas en doeltreffend;

• paragraafvlak: • skryf ’n kernsin en sluit relevante inligting in om ’n samehangende paragraaf te ontwikkel, • toon verskillende maniere om paragrawe te skakel, • gebruik gepaste grammatika, spelling en punktuasie.

Dink en Redeneer 5.5.1 Gebruik taal om te dink en te redeneer: • identifiseer oorsaak en gevolg in mondelinge en geskrewe tekste en verduidelik die verband

daartussen; • doen skattings gebaseer op bekende inligting; • onderskei tussen die voordele en nadele van iets en verduidelik dit; • bevraagteken en ontwikkel verskillende perspektiewe op bekende onderwerpe; • bespreek die invloed van konteks op inligting. 5.5.2 Gebruik taal om te ondersoek: • formuleer relevante vrae om rigting aan die inligtingsoektog te gee; • gebruik onderhoude om inligting te verkry; • bespreek hoe onderhoude as ’n manier om inligting te verkry, werk; • soek inligting in ander relevante bronne. 5.5.3 Verwerk inligting: • versamel en kategoriseer relevante idees en verduidelik die redes vir die kategorisering; • onderskei tussen algemene en spesifieke inligting; • organiseer inligting onder verskillende hofies; • orden ’n reeks stappe of gebeurtenisse op ’n logiese manier en verduidelik die logika; • organiseer inligting in ’n paragraaf, tabel, tydlyn, diagram of ander gepaste grafiese voorstelling; • evalueer en maak gevolgtrekkings en verduidelik redes daarvoor. 5.5.4 Gebruik taal om skeppend te dink: • vorm hipoteses oor die moontlike resultate of slot van ’n reeks stappe of gebeurtenisse; • voorspel wat in ’n denkbeeldige situasie sou kon gebeur; • besin oor vorige prosesse of aktiwiteite en lesse vir toekomstige gebruik; • eksperimenteer met die visuele en klankeffekte van taal; • ondersoek woordassosiasies en konsepte om uit ’n ander hoek na onderwerpe te kyk.

Page 17: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 14 -

Taalstruktuur en -gebruik 5.6.1 Werk met woorde: • skep eie persoonlike spellys; • toon kennis van die kompleksiteit van alfabetiese volgorde waar die orde volgens die 1ste letter

gegee word; • spel dikwels gebruikte woorde korrek en herken uitsonderings in spelpatrone; • gebruik skryftekens (kappie, deelteken, koppelteken, afkappingsteken) doeltreffend in alledaagse

woorde; • gebruik hoofletters korrek; • gaan spelling en betekenis in ’n woordeboek na; • herken en gebruik korrekte woordverdelings; • ontwikkel woordeskat deur woordvorming,

deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herken en deur betekenis uit die konteks af te lei;

• begin besef dat talle woorde uit verskillende komponente bestaan; • gebruik algemene voor- en agtervoegsels, klankverandering, samestelling en afleiding om

woordeskat uit te brei; • begryp dat tale woorde by mekaar leen en gebruik nuutskeppinge; • gebruik alledaagse afkortings en akronieme. 5.6.2 Werk met sinne: • begryp dat sinne uit verskillende komponente bestaan (onderwerp, voorwerp, gesegde) en

verstaan die funksie van elk; • gebruik enkelvoudige sinne, saamgestelde en veelvoudige sinne doeltreffend; • brei sinne uit deur adjektiewe, bywoorde, byvoeglike en bywoordelike bepalings en bysinne by te

voeg; • gebruik voegwoorde en betreklike voornaamwoorde doeltreffend om sinne te verbind; • gebruik die korrekte woordorde en verstaan hoe woordorde betekenis kan beïnvloed; • gebruik en wissel tydsvorme doeltreffend en gepas; • gebruik die aktiewe (bedrywende) en die passiewe (lydende) vorm doeltreffend – ook wanneer

die onderwerp onbekend is of die passief gepas is; • verstaan en gebruik die ontkennende vorm gepas; • gebruik en wissel die direkte en indirekte rede doeltreffend, met korrekte punktuasie,

voornaamwoorde en bywoorde; • gebruik hoofletters en punktuasie korrek: punt, komma, vraagteken, uitroepteken, dubbelpunt,

afkappingsteken, aanhalingstekens; • verstaan die funksie en gebruik van alledaagse selfstandige naamwoorde, asook getal, geslag

en verkleinwoorde; • verstaan die funksie en gebruik van algemeen gebruikte hoofwerkwoorde (selfstandige

werkwoorde) en medewerkwoorde (hulpwerkwoorde van tyd en wyse), asook van algemene deelwoorde;

• verstaan die funksie en gebruik van alledaagse adjektiewe: verbuiging, trappe van vergelyking, intensiewe vorme, letterlike en figuurlike betekenis;

• verstaan die funksie en gebruik van alledaagse bywoorde (tyd, wyse, plek); • verstaan die funksie en gebruik van alledaagse voornaamwoorde (persoonlik, besitlik, vraend,

betreklik); • gebruik voorsetsels doeltreffend; • verstaan en gebruik gepaste sinonieme, antonieme, homonieme en homofone. 5.6.3 Werk met tekste: • gebruik kern- en ondersteunende sinne om ’n samehangende paragraaf te vorm; • gebruik voegwoorde en woorde wat tyd, oorsaak en gevolg aandui om logiese sinne en

paragrawe te skep.

Page 18: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 15 -

5.6.4 Ontwikkel bewustheid en gebruik van styl: • gebruik ’n verskeidenheid sinslengtes en -soorte; • wissel woordorde gepas vir fokus en klem; • gebruik duidelike en samehangende sinne sonder te veel woorde en met die korrekte

grammatikale struktuur; • gebruik taal met die gepaste formaliteitsgraad (register) in minder bekende situasies en toon

bewustheid van teikengroep; • pas toon en woordkeuse vir verskillende teikengroepe en doeleindes aan; • toon kennis van die gebruik van bekende idiomatiese uitdrukkings; • verstaan en gebruik eenvoudige vorms van beeldspraak en figuurlike taal (soos personifikasie,

vergelyking). 5.6.5 Ontwikkel kritiese taalbewustheid: • herken en bevraagteken taal wat gebruik word om rasse-, geslag- en ander stereotipes te skep. 5.6.6 Gebruik metataal: • gebruik die woordeskat wat nodig is om oor taal te praat (terme soos: aktiewe en passiewe vorm,

akronieme, teikengroep, personifikasie, diskriminerend, ens.).

2 Aanbevole tekste Toesprake Radioprogramme Mondelinge gedigte (soos prysgedigte, ballades) Vertellinge (soos stories, fabels, mites) Instruksies Aanwysings Nuus Verslae (weer, sport, ens.) Dreunsang Praatjies/kort lesings Debatte Toneelstukke Grappies, staaltjies Gedigte Vertellinge (soos stories, fabels, mites) Briewe Boekresensies Dagboekinskrywings

Joernaalinskrywings Prosedures (soos instruksies, resepte) Verslae Naslaanboeke (soos woordeboeke, ensiklopedieë) Handboeke (uit ander leerareas) Plakkate Foto's Grafieke en sirkeldiagramme Tabelle Kopkaarte / geheuekaarte Diagramme TV-dramas Rolprente TV-strokiesverhale Video's, CD-ROM's en internet (waar beskikbaar) Opvoerings Uitstallings

3 Skryfraamwerke

3.1 Begeleide skryfwerk Skryfraamwerke is ’n manier om vir leerders ondersteuning of ’n ‘steier’ (scaffold) te gee om hulle te help om onafhanklike vaardighede vir verskillende tipes van skryf te ontwikkel, byvoorbeeld: koppe, subhofies en verbindingswoorde om paragrawe te verbind wanneer ’n verduidelikende inligtingsteks geskryf word; die uitleg, aanhef, opening- en afsluiting wanneer briewe geskryf word; of aanvangsinne om teenstellende punte tydens ’n argument te maak.

Page 19: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 16 -

Om doeltreffend te wees, moet skryfraamwerke: a) genoeg steun bied om leerders te help wat ’n nuwe of moeilike taak aanpak, maar nie

soveel dat die skryfwerk bloot die invul van woorde in sinne word nie, want dit bied geen ruimte vir die leerder om te verbeter nie. Die skryfraamwerk moet van die leerder verwag om eie deurlopende teks, op gepaste vlak te skryf;

b) deel van die beplanning- en konsepstadiums wees, en die leerders help om hul gedagtes te

orden en dit wat hulle wil skryf, te organiseer; c) behoorlik gestruktureer wees om te pas by die tipe van teks en styl van skryf wat geoefen

word – ’n raamwerk vir ’n beskrywing sal anders lyk as dié vir instruksies; d) so ontwerp en progressief gebruik word, dat minder steiering vir moeiliker take gegee word

soos die leerder ondervinding en vaardighede verwerf; e) saam met leestekste gebruik word wat lyk soos die tipe van skryfwerk wat geoefen moet

word. As skryfraamwerke so gebruik word, kan dit leerders help om hulle versameling van skryfgenres uit te bou, hulle leer wat die vereistes vir ’n meer formele register is, en samehangendheid van skryfwerk verbeter – en dit alles stel leerders in staat om verskillende skryftake onafhanklik in hul eie lewens aan te pak. http://www.dcsf.gov.uk/curriculum_esol/tree/skryf/skryfcomp/accessguidance/41/ 3.2 Skryfwerk vir die strategiese leser

1. Identifiseer duidelik wie die teikengehoor van die artikel is. Uitleg, opskrifte, subhofies, treffer-aanhalings, en grafika moet die artikel vergesel. Jou onmiddellike seine (titel / opskrif, subtitel, opening en toon) moet vir lesers in staat stel om te besluit of hulle die artikel wil oorslaan, vluglees, of agteroorsit en alles lees.

2. Visualiseer en moedig ’n strategiese leser aan wat kies wat, wanneer en hoe om te lees,

vertolkend lees en die artikel as ’n geheel interpreteer. Respekteer jou leser.

3. Moenie net vir diegene skryf wat op ’n deurlopende manier lees nie, maar skryf ook vir diegene wat vluglees en op ’n terugkerende en nie-liniêre wyse lees. Byvoorbeeld, die eerste verwysing na alle name wat later in die artikel voorkom, kan in vetdruk wees sodat die strategiese lesers wat in die middel van die artikel begin, vinnig kan agterkom wie aangehaal word.

4. Skryf sodat dit deur middel van kognitiewe strategieë wat aan lesers bekend is, gedekodeer

kan word. Neem kennis dat dit die normale raad om ‘eenvoudig en duidelik’ te skryf, omkeer deur die aandag van skryf na die lees te verskuif. Wat ‘eenvoudig en duidelik’ is, hang van die gehoor af.

5. Modelleer en fasiliteer kognitiewe strategieë soos kategorisering, skakeling van idees, evaluering van bewyse, verduideliking, probleemoplossing, besinning, analisering, sintetisering.

6. Beloon die leser wat metakognitiewe strategieë gebruik deur die leser te help om te besluit wat om te lees, om sleutelwoorde of opsommings te vind en die struktuur en konteks van die artikel te identifiseer voordat die artikel gelees word. Een van die belangrikste rolle van uitleg is om diesulke metakognitiewe prosessering aan te help.

Page 20: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 17 -

7. Modelleer en moedig denke (kritiese, analitiese, kreatiewe, interpersoonlike, ruimtelike, ens.) aan.

8. Gebruik vooraf-organiseerders (bv., opsommings of openingsvrae) en ander diesulke

instrumente om aandag te fokus, ’n oorsig te gee, en konteks te definieer (sluit grafiese instrumente in).

9. Spreek misverstande aan wat kan ontstaan indien jou lesers die artikel in die verkeerde konteks interpreteer. (Stel konteks vas, verduidelik verwarrende terme, plekke, name of gebeure.)

10. Stel jou onderwerp duidelik. Wys op die artikel se kategorieë deur van opskrifte, subhofies,

kantlynkassies, kassies, rame, inligtingsgrafika, of enige ander instrumente gebruik te maak.

11. Sonder om alles vir die leser te doen, help lesers om die kern van die artikel te onttrek. Help hulle om vlakke van belangrikheid (of vlakke van detail) te onderskei, om belangrike inligting van minder belangrike inligting te skei, en om inligting wat uit hulle perspektief belangrik is, te vind.

12. Antisipeer misverstande aan wat kan ontstaan indien jou lesers die artikel in die verkeerde konteks interpreteer. (Stel konteks vas, verduidelik verwarrende terme, plekke, name of gebeure.)

13. Help lesers om te onderskei tussen inligting wat bloot opgemerk behoort te word en

inligting wat die moeite werd is om deeglik te lees, in te neem en te onthou. http://www.longleaf.net/ggrow/StrategicLeser/StratTable1.html 3.3 Raamwerk vir ’n paragraaf:

• verstaan dat paragrawe gewoonlik uit meer as een sin bestaan • verstaan dat paragrawe onder hofies gerangskik kan word in sekere tipes van tekste, bv.

verslae

• verstaan dat paragrawe op mekaar volg en dat hulle met sleutelwoorde en -frases verbind word, bv. In die eerste plek, daarmee saam, egter, ten slotte

• verstaan sleutelaspekte van basiese paragraafstruktuur, bv. onderwerpsinne of algemene

stelling gevolg deur ’n uitbreiding of verduideliking en/of voorbeelde

Page 21: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 18 -

Deel 7: Glossarium van terme

A aandagstreep (-) ʼn Aandagstreep is ’n leesteken wat gewoonlik by informele skryfwerk gebruik word (soos in briewe aan vriende, poskaarte of notas). Aandagstrepe kan soms ander leestekens vervang (dubbelpunt (:), kommapunt (;), komma (,)) of hakies: Dit was ’n lekker dag buite – almal het dit geniet. aanhalingstekens sien direkte en indirekte rede aanvul In die sinne Laurinda is ’n vinnige atleet of Laurinda is baie fiks, is ‘Laurinda’ die onderwerp en is ‘is’ die werkwoord. Nie een van die twee sinne het ’n voorwerp nie. Die res van die sin (vinnige atleet / baie fiks) word ’n aanvulling genoem. ’n Aanvulling vertel ’n mens gewoonlik meer van die onderwerp van die sin (veral na die werkwoord is, maar ook na verbindingswerkwoorde soos lyk asof, lyk, kry, word). Die aanvulling word in die voorbeelde onderstreep: Hierdie appels is heerlik. Waarom het jy ’n onderwyser geword? Jy lyk nie baie gesond nie. Dit is Japie. Hy is ’n vriend van my. ’n Aanvulling kan ook na die voorwerp van ’n sin verwys. Byvoorbeeld: Ek het die boek baie interessant gevind. (baie interessant verwys na die boek, wat die voorwerp van gevind is). aanwysing ʼn bron van inligting. Leerders sal tydens lees kontekstuele, grammatikale, grafiese en fonologiese aanwysings gebruik om die betekenis van onbekende woorde te ontsyfer. Vlot lesers gebruik verskillende aanwysings en kruisverwys. addendum ’n deel wat by ’n dokument gevoeg word wat bykomende inligting, inligting ter illustrasie of inligting wat nie noodsaaklik is nie, bevat. adjektief ’n Adjektief is ’n woord wat iets of iemand beskryf. Oud, wit, besig, versigtig en aaklig is almal adjektiewe. Adjektiewe kom of voor ’n selfstandige naamwoord of na werkwoorde soos is, kry, sien(skakelwerkwoorde): ’n besige dag – Ek is besig mooi skoene – daardie skoene lyk mooi Adjektiewe (en bywoorde) kan vergelykende en oortreffende trappe hê. Die vergelykende vorm is adjektief + -er (woorde met een lettergreep) en adjektief + meer (woorde met meer as een lettergreep)

oud – ouer verlate – meer verlate Die ooreenstemmende oortreffende trap is -ste of mees … oud – oudste verlate – mees verlate affiks ’n Morfeem wat nie opsigself ’n woord is nie, maar wat aan ’n woord vas is. ’n Affiks kan ’n voorvoegsel (ongesiens, versteur) of ’n agtervoegsel (koploos, hakkelaar) wees. afkappingsteken (') ’n Afkappingsteken is ’n leesteken wat gebruik word om aan te dui dat daar letters uitgelaat is, bv. daar’s of om in sekere gevalle meervoud aan te dui, bv. foto – foto’s ma – ma’s.

Page 22: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 19 -

In formele geskrewe styl gebruik mens nie die verkorte vorm nie. afkorting ’n Afkorting is ’n verkorte weergawe van ’n woord of groep woorde. Byvoorbeeld: alg. (algemeen) onbep. (onbepaald) PR (Presidentsraad) ens. (ensovoorts) EU (Europese Unie) Sekere afkortings soos (byvoorbeeld, NATO, FIFA en UNESCO) is akronieme. Sommige woorde is so afgekort dat slegs ’n deel van die oorspronklike woord gebruik word. Voorbeelde is: foon (telefoon) afleibaar die leser kan betekenisse lees wat nie direk uitgespel word nie. Byvoorbeeld, die leser kan afleidings maak oor die tyd van die jaar uit inligting oor temperatuur, die weer, ens., asook uit die optrede van die karakters en die dialoog. afleiding om die oorsprong van ’n woord of gesegde na te spoor. agtervoegsel ’n agtervoegsel is ’n morfeem wat aan die einde van ’n woord bygevoeg word. Daar is twee hoofkategorieë:

a. ’n Verbuigingsagtervoegsel wat ’n woord van enkelvoud na meervoud verander, bv. hande.

b. ’n Afgeleide agtervoegsel wat die woordklas verander, byvoorbeeld van ’n werkwoord na ’n selfstandige naamwoord (werker) of van ’n selfstandige naamwoord na ’n adjektief (ongelukkig).

akroniem ’n Akroniem is ’n afkorting wat bestaan uit die beginletters van ’n groep woorde, en as ’n enkel woord uitgespreek word. Byvoorbeeld: Vigs – (verworwe immuniteitsgebreksindroom) NATO – (North Atlantic Treaty Organization) RAM – (Random Access Memory) Akronieme is in teenstelling met afkortings waar aparte letters uitgespreek word: VSA (uitgespreek as V-S-A) aksent kenmerk van uitspraak wat verskil na aanleiding van die spreker se streeks- en sosiale herkoms. Alle mondelinge taal, insluitend Standaardafrikaans, word met ’n aksent gepraat. Die term aksent verwys slegs na uitspraak. sien ook dialek aktief en passief Baie werkwoorde kan aktief of passief wees. Byvoorbeeld, byt: Die hond byt Ben. (aktief) Ben is deur die hond gebyt. (passief) In die aktiewe sin, voer die onderwerp (die hond) die aksie uit. In die passiewe sin, is die onderwerp (Ben) aan die ontvangkant van die aksie. Die twee sinne gee soortgelyke inligting, maar daar is ’n verskil in fokus. Die eerste is oor wat die hond gedoen het; die tweede is wat met Ben gebeur het. Alle passiewe vorme bestaan uit die werkwoord is + verlede deelwoord: aktief Iemand het jou gesien. / Ons moet hulle vind. / Ek het dit herstel. passief Jy is gesien./ Hulle moet gevind word. / Dit is reggemaak.

Page 23: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 20 -

In ’n passiewe sin kan die ‘doener’ (agent) geïdentifiseer word deur deur … te gebruik: Ben is deur die hond gebyt. Die agent in passiewe sinne is egter dikwels onbekend of onbelangrik en word dus nie geïdentifiseer nie: Die rekenaar is reggemaak. Passiewe vorme kom algemeen voor by onpersoonlike, formele style. Byvoorbeeld: Daar is ooreengekom dat … (teenoor Ons het saamgestem dat …). Aansoekvorms kan by die onderstaande adres verkry word. alliterasie ’n frase waar woorde wat langs mekaar of naby mekaar staan met dieselfde letter/klank begin: woedende winde waai woes ; sewe slange seil stadig. analogie persepsie of ooreenkoms tussen twee dinge; verbind iets bekends met iets nuuts; in spelling, die gebruik van bekende spelling om onbekende woorde te spel: uit-ruit-kuit-buit-luid; by lees, gebruik kennis van woorde om voorheen ongesiene woorde aan te durf. Klem op analogie moedig leerders aan om bestaande kennis op nuwe situasies toe te pas. Analogie kan ook in letterkunde gebruik word om ’n parallel tussen twee situasies te trek, byvoorbeeld om dieregedrag te gebruik om aandag te vestig op menslike gedrag. Hy gedra hom soos ’n muis. antoniem ’n woord met ’n teenoorgestelde betekenis as die ander: warm – koud, droog – nat, lig – swaar, lig – donker. ’n Woord kan ook meer as een woord as antoniem hê: koud – lou / warm, groot – klein / miniatuur / mini. assonansie herhaling van klinkerklanke: bok in die hok; groot boot; klein brein. asterisk (*) ’n asterisk is ’n simbool wat gebruik word om die leser na voetnotas aan die einde van die teks te verwys. Dit kan ook gebruik word om letters te vervang in kru- of vloekwoorde. B ballade ’n gedig of liedjie wat ’n storie vertel. Gekenmerk deur kort, reëlmatige verse met ’n rymskema. beeldspraak gebruik van taal om ’n duidelike sensoriese beeld te skep – gewoonlik visueel. Kan die volgende insluit: vergelyking, metafoor, personifikasie sien figuurlike taal begrip die vlak waarop ’n teks verstaan word. bepaling ’n Bepaling is ’n groep woorde wat ’n gebeurtenis (sy het water gedrink) of ’n situasie (sy is dors/sy wou iets hê om te drink) uitdruk. Dit bevat gewoonlik ’n onderwerp (sy in die voorbeelde) en ’n werkwoord (is, wou hê). Let op hoe ’n bepaling van ’n frase verskil: ’n groot hond (’n frase – dit verwys na die hond, maar sê nie wat hy gedoen het of wat gebeur het nie) ’n groot hond het my gejaag (’n sin – die hond het iets gedoen)

Page 24: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 21 -

’n Bepaling kan uit meer as een sinsdeel bestaan: Dit het gereën. (een sin) Dit het gereën en ons was koud. (twee hoofsinne deur en verbind) Dit het gereën toe ons uitgaan. (hoofsin met ’n bysin – die bysin is onderstreep) ’n Hoofbepaling is op sy eie volwaardig en dit kan ’n volledige sin vorm (Dit het gereën.) ’n Bysin [ondergeskikte sin] (toe ons uitgegaan het) is deel van die hoofbepaling en kan nie alleen staan nie. Die bysin word in die volgende voorbeelde onderstreep: Jy sal jouself seermaak as jy nie versigtig is nie. Alhoewel dit koud was, was die weer nie sleg nie. Waar is die drie koeke wat ek vanoggend gekoop het? Japie, wat woedend was, begin skree. Wat jy gesê het, is nie waar nie. Alhoewel die meeste bepalings ’n onderwerp en werkwoord vereis, is dit nie met bysinne dieselfde nie. In baie gevalle kan die werkwoord afgelei word. Byvoorbeeld: Die weer, hoewel redelik koel, was nie te sleg nie. (= hoewel dit redelik koel was) Bly om tuis te wees, het Gabriël in sy leunstoel gaan sit. (= hy was bly om by die huis te wees) sien ook bywoordelike bepaling, sin besprekingsteks ʼn teks (geskrewe of gesproke) wat alle kante van ’n saak gee. ’n Besprekingsteks begin gewoonlik deur die kwessies bekend te stel voordat daar stellings daarvoor of daarteen gemaak word. Hierdie stellings word deur bewyse toegelig. Dit sluit dikwels af deur ’n mening ten gunste van die een of ander kant te gee, of om die leser/hoorder te vra om te besluit. ’n Voorbeeld van ’n besprekingsteks sou wees om argumente vir of teen die dra van skooluniforms te gee, of vir of teen die nuwe Gautrein te gee. betreklike (byvoeglike) bepaling ʼn betreklike bepaling is een wat definieer of inligting oor iets of iemand gee. Betreklike sinsdele begin gewoonlik met betreklike voornaamwoorde (wie/wie se/wat/watter): Ken jy die mense wat in die huis op die hoek bly? (definieer 'die mense') Die koekies wat Thomas vanoggend gekoop het, is almal op. (definieer 'die koekies') Ons hotel, wat net twee minute van die strand geleë was, was baie luuks. (gee meer inligting oor die hotel) bibliografie ’n lys van tekste wat vir lesers gegee word. Die lys kan die volgende bevat:

a. tekste wat deur die skrywer geraadpleeg is;

b. tekste wat oor ’n spesifieke onderwerp geskryf is;

c. tekste wat deur ’n spesifieke outeur geskryf is.

biografie ’n lewensstorie van ’n individu wat deur iemand anders geskryf is. Dit word gewoonlik in die derdepersoon geskryf. letterkombinasies Die proses waartydens foneme in groter elemente soos trosse, lettergrepe en woorde gekombineer word. Verwys ook na ’n kombinasie van twee of meer foneme, veral aan die begin en

Page 25: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 22 -

einde van woorde: st, str, nt, pl, nd. bostele in geskrewe of getikte skrif, is baie letters dieselfde hoogte: a, c, e, m, n, o, r, s, u, v, w, x, z, (alhoewel z soms ’n stertletter is). Sommige letters het deeltjies wat bo verbysteek: b, d, f, h, k, l, t: Hierdie dele word bostele genoem. bywoorde Bywoorde gee ekstra betekenis aan ’n werkwoord, ’n adjektief, ’n ander bywoord, of ’n hele sin: Ek het die partytjie regtig geniet. Sy is regtig gaaf. Hy werk regtig stadig. Hy behoort regtig beter te doen. (bywoord + werkwoord) (bywoord + adjektief) (bywoord + bywoord) (bywoord + sin) Bywoorde sê in baie gevalle vir ons: hoe (wyse) waar (plek) wanneer (tyd) hoe dikwels stadig, gelukkig, gevaarlik hier, daar, buite nou, gister, later, binnekort dikwels, nooit, gereeld Ander bywoorde wys ’n graad van intensiteit: baie stadig, redelik gevaarlik, regtig goed die houding van die spreker teenoor dit wat hy/sy sê: miskien gelukkig duidelik verbindings in betekenis tussen sinne (sien verbindingswoorde): egter boonop laastens ’n Bywoordelike frase is ’n groep woorde wat op dieselfde manier as ’n enkele bywoord funksioneer. Byvoorbeeld: per motor, skool toe, verlede week, driemaal per dag, in die eerste plek:Hulle is gister weg. (bywoord) Sy het my skeef aangekyk. (bywoord) Hulle is ’n paar dae gelede weg. (bywoordelike frase) Sy het op ’n vreemde manier na my gekyk. (bywoordelike frase) Soortgelyk, het die bywoordelike bysin dieselfde funksie as ’n bywoord. Byvoorbeeld: Dit het gister gereën (bywoord) Dit het gereën terwyl ons buite was. (bywoordelike bysin). C chronologies skryf skryf georganiseerd in terme van volgorde van gebeure. cinquain ’n gedig met ’n standaard lettergreeppatroon soos ’n haikoe, wat deur Adelaide Crapsey, ’n Amerikaanse digteres, ontwikkel is. Vyf reëls en ’n totaal van 22 lettergrepe in die reeks: 2, 4, 6, 8,

Page 26: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 23 -

2. clerihew ’n 4-reël vers met twee rymende koeplette. Reëls kan enige lengte wees. Die eerste reël is die naam van die persoon oor wie die rympie geskryf is: Jeremia Smit Staan heeldag en spit Al is hy ’n ou man Is hy heeldag aan die gang Vernoem na sy uitvinder E. Clerihew Bentley wat in 1956 oorlede is. cliché ’n oorgebruikte frase of mening: so siek soos ’n hond; haar oë skitter soos sterre; pyn in die nek. Kan idiomaties wees. cloze ’n oefening waar sekere woorde uit die teks weggelaat is en daar spasies is. Die leerder se taak is om die ontbrekende woorde in te vul. Die onderwyser kies die woorde wat weggelaat word, afhangende van die leertaak. Woorde kan op ’n spesifieke manier weggelaat word, bv. adjektiewe, samevoegings of lukraak (elke agste woord). Cloze-prosedures kan gebruik word om leesbaarheid te meet. D dekodeer Dit beteken letterlik om ’n boodskap wat in kode geskryf of gesê word in ’n taal wat maklik verstaanbaar is, te omskep. By lees verwys dit na leerders se vermoë om woorde te lees – om die visuele kode van letters in ’n woord te omskep.

determineerders Determineerders is van die mees gebruikte woorde in ’n taal, bv. die, ’n, my, hierdie. Determineerders word saam met selfstandige naamwoorde gebruik (hierdie boek, my beste vriend, ’n nuwe motor). Die determineerder beperk verwysing van die selfstandige naamwoord op die een of ander wyse. Determineerders sluit in: lidwoorde ’n, die aanwysend hierdie/daardie besitting my/jou/sy/haar/hulle/julle/ons kwantifiserend sommige, enige, nie, baie, min, bietjie, alle, geen, elke, genoeg getalle drie, vyftig, drieduisend, ens. sommige vraagwoorde watter (watter motor?), wie se (wie se jas?)

Wanneer hierdie woorde as determineerders gebruik word, word hulle deur ’n selfstandige naamwoord gevolg (alhoewel nie noodwendig onmiddellik nie): Hierdie boek is joune Sommige nuwe huise Watter kleur verkies jy? Baie determineerders kan ook as voornaamwoorde gebruik word. Dit sluit in aanwysende voornaamwoorde, vraagwoorde, getalle en die meeste kwantifiseerders. Wanneer hierdie woorde as voornaamwoorde gebruik word, word hulle nie deur ’n selfstandige naamwoord gevolg nie, hul verwysing sluit die selfstandige naamwoord in: Dit is joune (= hierdie boek, geld, ens.)

Page 27: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 24 -

Ek het ’n paar. Watter een verkies jy? dialek ʼn Dialek is ’n variëteit van ’n taal wat in ’n spesifieke gebied gebruik word en deur sekere grammatikale of woordeskatkenmerke uitgeken kan word. Voorbeelde is: Suidwestelike Afrikaans uit Boplaas deur Boerneef: Kort-kort klits ek die sweet van my voorkop af, maar hoe warmder ek word, hoe vinniger maak ek die pad korter. Griekwa-Afrikaans uit Ses Griekwapsalms deur Hans du Plessis Ek slat my oge op My kyk vang die verste kop: Waavanaf sal my hulp nou kom? Kaapse Afrikaans uit Kanna hy kô hys toe deur Adam Small: JAKOP: Kietie Kietie: Dja Jakop JAKOP: Hulle moet die geloef hê. Daai’s die ienagste wat ek vir hulle sien. dialoog ʼn gesprek tussen twee partye. Kan geskrewe of gesproke wees. doodsberig openbare kennisgewing van die dood van ’n individu. Kan die lewensverhaal van die persoon insluit. dubbele negatief In Afrikaans word die dubbele negatief altyd gebruik. Byvoorbeeld: Ek kan nie nou kom nie. Ek het niemand gesien nie. dubbelpunt (:) ’n dubbelpunt is ’n leesteken wat gebruik word om ’n lys in te lei of gevolg word deur ’n voorbeeld (soos in hierdie glossarium). Dit kan ook voor ’n tweede sinsdeel gebruik word wat op die eerste uitbrei of dit verklaar: Hy het bitter koud gekry: die temperatuur was onder vriespunt. dubbelsinnigheid ’n frase of stelling wat meer as een moontlike interpretasie het. Dit ontstaan soms as gevolg van onduidelike grammatikale verhoudings. Byvoorbeeld, in die frase: 'polisie skiet man met mes', is dit nie duidelik of die man die mes gehad het, en of die polisie ’n mes gebruik het om die man mee te skiet nie. Albei interpretasies is moontlik, alhoewel net een logies is. In poësie, kan dubbelsinnigheid betekenisse na die figuurlike neem. Dubbelsinnigheid is dikwels ’n bron van humor. Dit kan per abuis of met opset gebruik word. E ellips/weglating Ellips is die weglating van woorde om herhaling te vermy. Byvoorbeeld: Ek dink nie dit gaan reën nie, maar dit kan dalk. (= kan dalk reën) 'Waar is jy gebore?' 'Bloemfontein.' (= Ek is in Bloemfontein gebore.) ’n Ellips is ook ’n term vir die drie stippels (…) wat wys dat iets weggelaat of onvolledig is.

enkelvoud en meervoud Enkelvoudige vorme word gebruik om na een ding, persoon, ens. te verwys. Byvoorbeeld: boom,

Page 28: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 25 -

student, tand. Baie selfstandige naamwoorde (telbare selfstandige naamwoorde) kan enkelvoud (net een) of meervoud (meer as een) wees. Die meervoud word gewoonlik deur ’n -e op die einde aangedui: bome, studente, tande. Soms word die meervoud deur ’n -s aan die einde aangedui: partytjies, storms, seuns. By lang klanke voeg ons ’n klinker by en verloor ons ’n klinker: boom / bome By woorde wat op -i, -o, -u en beklemtoonde -a eindig, las ons ’n -‘s by: ma’s, impi’s, solo’s Wanneer die woord in die enkelvoud op ’n -f eindig, val die -f weg en word -we aangelas: dief / diewe Woorde wat op -heid eindig verander na -hede: moeilikheid / moeilikhede Woorde wat op ’n beklemtoonde -ie eindig, kry ’n -ë by: kalorie / kalorieë Sommige meervoude is onreëlmatig: buurman / bure, speelding / speelgoed Ander selfstandige naamwoorde (versamelname) kry nie meervoude nie, bv. botter, katoen, elektrisiteit, geld, geluk. empatie met iets anders identifiseer: ’n karakter in ’n storie, of ’n historiese figuur; die vermoë om situasies uit ’n ander se oogpunt te sien. Om letterlik saam met iets te voel. epos ʼn gedig of storie oor die avonture van ’n helde- of legendariese figuur, wat dikwels te make het met nasionale identiteit, byvoorbeeld Koning Artur of Odysseus. etimologie die studie van die oorsprong en geskiedenis van woorde. evaluerend die leser kan ’n mening lug oor die doeltreffendheid van die teks t.o.v. die doel daarvan.

F fabel ʼn kort storie wat uitgedink en geskryf is om ’n sedeles oor te dra. Diere word dikwels as karakters ingespan, bv. Aesop se Fabels. sien vergelyking

feit aanvaarde, waarneembare of bewysbare waarheid. Wat as die waarheid aanvaar word, kan oor tyd verander indien daar nuwe feite aan die lig kom. Feite moet ondersteun word deur bewyse; indien bewyse nie beskikbaar is nie, kan dit slegs die status van ’n mening kry. Fiksietekste maak dikwels van feitelike inligting gebruik, soos in die geval van historiese fiksie, of fiksie wat inligting oor wetenskap, die kunste, ens. bevat. In hierdie tekste is dit belangrik dat die skrywers die gepaste navorsing doen. feeverhaal ʼn storie wat vir leerders geskryf of vertel word wat elemente van die magiese, towery en towervolk soos kabouters, feetjies en elwe bevat.

fiksie teks wat deur ’n skrywer of spreker opgemaak is. Karakters, agtergrond en gebeure word deur die skepper opgemaak. In sommige gevalle kan van hierdie elemente feitelik wees, bv. die agtergrond kan ’n bekende stad of gebied wees, of die teks kan op ’n historiese voorval gebaseer wees. figuurlike taal gebruik van metafoor of vergelyking om ’n spesifieke gevoel of stemming te skep. ’n Skrywer kan ’n karakter se militêre benadering tot die lewe beskryf deur frases en woorde wat op die weermag

Page 29: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 26 -

betrekking het, te gebruik: hy is soos ’n ongeleide missiel (metafoor); hy marsjeer die kamer binne; hy paradeer sy kennis voor almal. Die skrywer kan ook die karakter met ’n voël vergelyk: sy kwetter van vroeg tot laat; sy kuif staan vanoggend soos ’n kwêvoël s’n.

flapteks inligting oor ’n boek, ontwerp om lesers se aandag te trek, gewoonlik op die agterkant of binneste flap van die boek se omslag gedruk word. Lig voornemende lese in oor die genre, waar dit afspeel, ens. foneme ʼn foneem is die kleinste eenheid van klank in ’n woord en wat in sommige gevalle twee verskillende woorde van mekaar onderskei soos in golf en gholf. fonologiese bewustheid bewustheid van klanke binne woorde – word byvoorbeeld getoon deur die vermoë om rym en alliterasie te genereer, asook om komponentklanke te segmenteer en te vermeng. formaat die manier waarop ’n teks gerangskik of aangebied word, byvoorbeeld as ’n boek, pamflet, opstel, video, oudioband. Kan ook verwys na die struktuur van die teks, byvoorbeeld, die gebruik van opskrifte en subhofies, diagramme/foto’s met onderskrifte. frase ʼn frase is ’n groep woorde wat as ’n eenheid optree. Hond is ’n woord, maar die hond, ’n groot hond of daardie hond daar is almal frases. Streng gesproke kan ’n frase ook net uit een woord bestaan. In die sin Honde is bakgat is honde en bakgat albei eenwoord-frases. ʼn Frase kan as ’n selfstandige naamwoord, ’n adjektief (byvoeglike naamwoord) of ’n bywoord optree: ʼn naamwoord-frase ʼn groot hond, my vorige vakansie ’n byvoeglike frase (sy’s nie) so oud soos jy nie, (Ek’s) regtig honger ’n bywoordelike frase (hulle is) vyf minute gelede weg, (sy stap) baie stadig Indien ’n frase met ’n voorsetsel begin (soos met die rivier langs) kan dit ’n voorsetselfrase genoem word. ’n Voorsetselfrase kan ’n byvoeglike of bywoordelike betekenis hê: byvoeglik (die man) met die lang hare G gedeelde lees By gedeelde lees modelleer die onderwyser, as ervare leser, die leesproses deur die teks aan die leerders voor te lees. Die teks wat gekies word, is moontlik op ’n vlak wat te moeilik is vir die leerders om onafhanklik te lees. Die onderwyser demonstreer die gebruik van leidrade en strategieë soos sintaksis, aanvangsletter, herlees. Leerders kry geleentheid om saam, alleen of in ’n koor te lees, en word later aangemoedig om ’n stuk of die hele teks weer te lees. gedeelde skryf ʼn Klaskamerproses waar die onderwyser die skryfproses vir die leerders modelleer; vry van die probleme van skryf, kan die leerders waarneem en daarna betrokke raak by die beplanning, komposisie, herskryf, redigering en publisering deur middel van die onderwyser. Gedeelde skryf is van nature interaktief en is gepas vir die onderrig van alle vorme en genres. gedig ʼn teks wat elemente soos ritme, rym of sintaksis en woordeskat gebruik om ’n idee op ’n intense manier oor te dra. Digters kan ook alliterasie, figuurlike taal en ander tegnieke gebruik. Prosa kan

Page 30: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 27 -

soms poëties wees. geheuebrug (eselbrug) ʼn instrument om geheue aan te help, om byvoorbeeld bepaalde spelpatrone te leer: GA Watermeyer X om te help om die aksentstrepies reg te kry. gehoor die mense wat deur die teks aanspreek word. Die term verwys na luisteraars, lesers van boeke, rolprent-/TV-gehore en gebruikers van inligtingstegnologie. geleide lees ʼn klaskameraktiwiteit waar leerders in groepe volgens leesvermoë onderrig word. Die onderwyser werk met elke groep op ’n teks wat met omsigtigheid gekies is om die gepaste vlak van uitdaging vir die groep te bied. Dit word as ’n ‘mini-les’ beskou. Uitdagings kan in terme van leesleidrade en -strategieë, taal en woordeskat, of gesofistikeerde aspekte van grammatika, afleiding, soeklees, vluglees, ens. ingedeel word. Geleide lees-sessies het ’n soortgelyke formaat:

a. die onderwyser stel die teks bekend en gee die doel van die lees daarvan, byvoorbeeld herinner leerders aan strategieë en leidrade wat nuttig sal wees, of vra hulle om spesifieke inligting te soek;

b. leerders lees onafhanklik, los probleme op soos hulle deur die teks lees. Vlotter lesers sal stillees. Die onderwyser is beskikbaar om te help waar nodig. Sy / hy kan leerders na gepaste leidrade lei, byvoorbeeld die gebruik van sintaksis, prentleidrade, aanvangsletter, ens.;

c. die onderwyser bespreek die teks met die leerders, vestig aandag op suksesvolle strategieë en fokus op begrip, met verwysing na die aanvanklike fokus.

geleide skryf ʼn Klaskameraktiwiteit waar leerders volgens skryfvermoë gegroepeer word. Die onderwyser werk met elke groep aan ’n taak wat met omsigtigheid gekies is om die gepaste vlak van uitdaging aan die groep te bied. Dit word as ’n ‘mini-les’ beskou. Uitdagings kan in terme van spelling, lettervorming, eenvoudige punktuasie, taal en woordeskat, of gesofistikeerde aspekte van generiese struktuur, beplanning en redigering, gebruik van beelde, ens. bestaan. geletterdheid kommunikasievaardigheid. Die term geletterdheid is oorspronklik, en mees algemeen op geskrewe kommunikasie van toepassing. Dit kan egter ook op ander vorme van toepassing wees, soos in rekenaargeletterdheid. gelykenis ʼn kort storie wat vertel word om ’n sedeles of plig te illustreer. Gelykenisse word dikwels met die Nuwe Testament geassosieer; maar daar is baie stories en moderne tekste wat as gelykenisse geklassifiseer kan word. sien fabel generiese struktuur die manier waarop elemente van ’n teks gerangskik word om by die doel te pas. Die struktuur kan deur die lesers opgemerk word, en skrywers sal hierdie kennis gebruik om hul skryfwerk te struktureer volgens die doel daarvan. sien besprekingsteks, instruksieteks, verhalende teks, vertellende teks, verslagteks genre Hierdie term verwys na die verskillende tipes van skryfwerk, elk met sy eie spesifieke kenmerke wat verwys na die oorsprong (legende of volksverhaal) of leser se belangstelling – die tipe van

Page 31: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 28 -

boeke wat individue kies om te lees: avontuur, liefdesverhaal, wetenskapfiksie. Tekste met hierdie spesifieke kenmerke – dikwels verwant tot die storie-elemente, taalpatrone, struktuur, woordeskat – kan beskryf word as om tot ’n bepaalde genre te behoort. Hierdie kenmerke is nuttig om by die bespreking van teks te gebruik en om die ontwikkeling van skryfvaardighede te ontwikkel. Tekste kan op verskillende vlakke werk en so meer as een genre verteenwoordig; sommige tekste sal kombinasies wees, byvoorbeeld historiese roman. gesegde die gesegde is daardie deel van die sin wat nie die onderwerp is nie, maar inligting oor die onderwerp gee. In die sin Klara gaan skool toe is Klara die onderwerp en gaan skool toe die gesegde. glossarium deel van ’n teks, dikwels ’n addendum, wat terme definieer wat die skrywer / redigeerder voel nie aan die teikengehoor bekend is nie. grafskrif gebeitelde woorde op ’n grafsteen. Kan deur die oorledene of sy / haar familie gekies word. Sommige mense sal uittreksels uit die Bybel of uit die literatuur kies; ander sal hul eie grafskrif skep. grammatika die konvensies wat die verhouding tussen die woorde in enige taal beheer. Dit sluit in die studie van woorde, woordorde en veranderinge in woorde; gebruik van infleksie, ens. Studie van grammatika is belangrik aangesien dit beide lees- en skryfvaardighede verbeter; dit ondersteun doeltreffende kommunikasie. grammatikale grens ʼn grammatikale grens is die rant van ’n grammatikale eenheid (ʼn sin, bepaling of frase) wat in geskrewe taal aangedui word deur ’n leesteken soos ’n komma, punt, dubbelpunt; kommapunt of aandagstreep. H haikoe (Soek asseblief Afrikaanse voorbeelde hiervan) Japannese vorm. Die gedig bestaan uit drie versreëls en 17 lettergrepe in totaal in die patroon van 5, 7, 5: Loving, faithful, fun Trusting en loyal en true Chocolate-brown Suki halfrym (Voorbeelde?) woorde at amper rym: polish/relish; pun/man. homofoon woorde wat dieselfde klink, maar verskillend gespel word en verskillende betekenisse het: hard/hart; hael/haal; skeur/skeer homoniem woorde wat dieselfde gespel word, maar verskillende betekenisse het: die put is amper leeg/ek putgroot genot uit hierdie boek; die boere trek laer by die rivier/ons huis is laer as julle huis. hulpwerkwoorde Hierdie werkwoorde word gewoonlik saam met ander werkwoorde gebruik. Byvoorbeeld: Ons sal gaan.

Page 32: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 29 -

Linda het aangekom. Kan jy speel? In hierdie sinne is gaan, aankom en speel die hoofwerkwoorde. Sal, het en kan is hulpwerkwoorde, en gee ekstra betekenis aan die hoofwerkwoord. Die mees algemene hulpwerkwoorde is wil, kan, sal en moet . I idioom ’n uitdrukking wat nie letterlik bedoel word nie en waarvan die betekenis nie uit die afsonderlike woorde afgelei kan word nie. Byvoorbeeld: Jy is nog nie droog agter die ore nie. Jy is nog ’n kind. Agteros kom ook in die kraal. Die stadige persoon kry ook sy werk klaar. Hy praat twak. Hy praat nonsens. Sy is skoonveld. Sy is weg. imperatief sien sin indirekte rede Daar is twee maniere om verslag te doen oor dit wat iemand gesê het, die direkte en die indirekte rede. In die direkte rede gebruik ons altyd die spreker se oorspronklike woorde (soos in ’n spraakborrel). In teks gebruik ons aanhalingstekens om die begin en einde van die woorde aan te dui ('…' of "…"): Helena sê, 'Ek gaan Kaap toe'. 'Wat wil jy hê?' vra sy. By indirekte rede (oorvertelde woorde) sê ons wat gesê is, maar gebruik ons nie die spreker se oorspronklike woorde nie. Ons verander dikwels die voornaamwoorde en tye van die werkwoord, en ons gebruik nie aanhalingstekens nie: Helena het gesê dat sy Kaap toe gaan. Sy het gevra wat hy / sy wou hê. infinitief die basisvorm van die werkwoord sonder enige bykomende voorvoegsels. Byvoorbeeld, speel is ’n infinitiewe vorm (in teenstelling met gespeel). Die infinitief word met baie hulpwerkwoorde gebruik: Ek sal speel Hy wil speel Kan jy speel? Die infinitief word dikwels met te / om te gebruik (te verkoop / om te speel): Ek hou daarvan om met ’n bal te speel. Die huis is te koop / te huur. Hy is bang om te klop. Om ’n leuen te vertel, is verkeerd. infleksie om die einde van die woord te verander om getal of ander grammatikale kenmerk aan te dui. Voorbeeld: loop – geloop/lopende skoen – skoene oud – ouer/oudste sien ook agtervoegsel inligtingsteks teks wat geskryf word om inligting oor te dra. Voorbeelde is verduideliking, verslag, prosedure, oorvertelling.

Page 33: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 30 -

innovering van teks ʼn klaskamerstrategie waar die onderwyser ’n bekende teks gebruik as model vir ’n nuwe skryfstuk. instruksieteks teks wat geskryf word om lesers te help om sekere doelwitte te bereik. Die teks kan bestaan uit ’n stelling van die bedoelde uitkoms, die materiaal wat benodig word om dit te bereik en ’n reeks aksies in chronologiese volgorde. Verbindingswoorde sal dikwels tydverwant wees, werkwoorde kan imperatief wees en sal dikwels aan die begin van sinne voorkom om ’n reeks bevele te vorm. Voorbeelde van diesulke tekste is resepte en instruksies.

interne rym plasing van rymwoorde binne ’n versreël. 'Though the threat of snow was growing slowly...' sien ook assonansie en rym intonasie Intonasie is die manier waarop sekere veranderinge in die musikale toonhoogte van die stem gebruik word om spraak te struktureer en tot betekenis by te dra. Intonasie kan, byvoorbeeld, vrae van stellings onderskei (soos in Definitief? Definitief!), of teenstellende en emosionele beklemtoning aandui (soos ‘Ek het gesê twee en nie drie nie …’ of ‘Ek verpes daardie advertensie!’) J jargon taal wat deur ’n spesifieke professionele of belangegroep gebruik word. Dit mag woordeskat insluit wat vir mense buite die groep onbekend is, soms opsetlik. K kalligram ’n gedig wat in skoonskrif (kalligrafie) geskryf is. Die vorms van die letters of die lettertipe wat gekies is, verteenwoordig ’n aspek van die gedig se onderwerp, bv.: dun, antieke, groei. ’n Gedig oor vrees kan in bewerige letters geskryf word om die siddering van vrees te verteenwoordig. karakter ’n individu in ’n storie, verhoogdrama of gedig wie se persoonlikheid uit sy / haar aksies en dialoog afgelei kan word. Skrywers kan ook fisieke beskrywings gebruik om vir die leser leidrade oor die individu te gee. klingel (advertensie) ʼn kort rympie of reël wat gebruik word om aandag te trek of onvergeetlik is. Kan op alliterasie of rym gebaseer wees. Dikwels met advertensies geassosieer. koeplet twee opeenvolgende versreëls wat in lengte of rym gepaar is. kombinasiewoord ʼn woord wat gemaak word deur twee woorde met mekaar te vermeng: komma (,) ’n komma is ’n leesteken wat die leser help deur sinne in dele op te deel. Dit stem soms ooreen met ruspouses in spraak. Ons gebruik veral kommas om: Items in ’n lys te skei (maar nie gewoonlik voor en nie): My gunstelingsportsoorte is sokker, tennis, swem en gimnastiek. Ek het tuisgekom, gebad en gaan slaap.

Page 34: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 31 -

om bykomende inligting uit te wys: Shamiela, my baas, is 28 jaar oud. na ’n bysin waarmee ’n sin begin: Alhoewel dit koud was, het ons nie ons jasse gedra nie. By gebruik van baie bywoorde (bv. egter, aan die ander kant, nietemin, byvoorbeeld, ens.): Nietemin, het ek op die ou einde besluit om nie te gaan nie. kommapunt (;) ʼn kommapunt kan gebruik word om twee hoofsinsdele formaat? in ’n sin te skei: Ek het van die boek gehou; dit was ’n plesier om te lees. Dit kan ook as twee aparte sinne geskryf word: Ek het van die boek gehou. Dit was ’n plesier om te lees. Waar twee sinsdele egter na aan mekaar in betekenis is (soos in bogenoemde voorbeeld), sou ’n skrywer kon verkies om ’n kommapunt, eerder dan twee sinne te gebruik. Kommapunte kan ook gebruik word om items op ’n lys te skei indien hierdie items uit langerige frases bestaan. Byvoorbeeld: Ek het groot, sappige tamaties; ’n halwe kilogram ongesoute botter; ’n kilogram vars pasta, verkieslik tagliatelle; en ’n botteltjie swart olywe gekoop. In ’n eenvoudige lys, sou kommas gebruik word. kommentaar ’n stel aantekeninge wat verduidelik, of verdere besonderhede of inligting oor ’n teks gee. Byvoorbeeld, kommentaar kan die beeldspraak in ’n gedig of stuk prosa verduidelik; alternatiewelik kan dit die leser se aandag op sekere dele in ’n rolprent vestig. Die doel van kommentaar is om begrip te verdiep. konkrete gedig ’n gedig waar die uitleg van die woorde ’n aspek van die onderwerp voorstel. In sommige gevalle word hierdie gedigte as beeldhouwerk voorgestel. Konkrete gedigte verbloem die onderskeid tussen visuele en linguistiese kuns, net soos ander vormgedigte dit ook doen. konsonant ʼn konsonant is ’n spraakklank wat die lugvloei deur die stemkanaal versper; byvoorbeeld, die lugvloei word deur die lippe versper by p en deur die tong by l. Die term verwys na al die letters in die alfabet behalwe a,e,i,o,u. Die letter y is diftong of tweeklank. koppelteken (-) ʼn koppelteken word soms gebruik om twee dele van ’n saamgestelde selfstandige naamwoord te verbind, soos drama-opvoering, maar hierdie woorde word gewoonlik as een woord geskryf, bv. sokkerbal, modegier, maagpyn. Koppeltekens word in die volgende gevalle gebruik:

a. by ’n opeenhoping van vokale: twee-uur b. by samestellings met afkortings of syfers: Graad 10-leerder c. by verbindings met hulle: Sipho-hulle d. plekname met rigting: Victoria-Wes e. herhaling van woorde: stil-stil f. wanneer ’n woord aan die einde van ’n sin afgebreek word??.

L legende ʼn tradisionele storie oor heroïese karakters soos Koning Arthur, wat op die waarheid gebaseer is, maar deur die jare oordryf is. lettergreep elke maatslag in ’n woord is ’n lettergreep. Woorde met net een maatslag (kat, tronk, blom) word

Page 35: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 32 -

eenlettergrepig genoem; woorde met meer as een maatslag (donker, lafaard, algemeen) word meerlettergrepig genoem. letterlik Die leser het toegang tot oppervlakkige detail van die teks en kan detail onthou wat direk oorgedra is. letterstring ʼn groep letters wat saam ’n foneem of morfeem verteenwoordig. lettervers ’n poëtiese vorm wat volgens die eerste letter van ’n sleutelwoord georganiseer word – of aan die begin van ’n reël, of met reëls rondom: Whistling wildly - Blowing In ’n - rain Northern - round Direction. - en round. lidwoord ’n en die is lidwoorde. ’n is die onbepaalde lidwoord en die is ’n bepaalde lidwoord. Lidwoorde is ’n tipe van determineerder. limeriek ʼn vyf-reël komiese vers met die lettergreeppatroon van 8 8 6 6 8 met ’n rymskema van a b b a. Vroeër jare het die limeriek reël 1 in reël 5 herhaal, maar dit word nie meer vandag toegepas nie. lofrede geskrewe of toespraak, die doel daarvan om ’n benoemde persoon of ding se lof te besing. Dit verwys soms na die rede by ’n begrafnis. logogram ʼn simbool of karakter wat ’n morfeem of woord verteenwoordig. Daar is ’n aantal logogramme wat onmiddellik herkenbaar is, £, &, %. M meervoud sien enkelvoud

mening ʼn oortuiging van ’n individu of groep individue waarvoor daar nie genoeg bewyse is om dit as feit te verklaar nie. Kan in skryfwerk as feit aangebied word.

metataal die taal wat ons gebruik wanneer ons oor die taal self praat. Diegene wat die konsepte verstaan, kan met akkuraatheid oor die taal praat; die verwerwing van metataal word dus gesien as ’n belangrike stap in die ontwikkeling van bewustheid en vaardigheid in kommunikasie, veral geskrewe taal.

metafoor waar die skrywer oor iets skryf asof dit iets anders is. Fowler beskryf dit as ’n ‘verbeeldingryke plaasvervanging’. Byvoorbeeld: hy is ’n bobbejaan; ’n gifappeltjie; Jou jas aan die kapstok / is ’n man sonder bene.

modale hulpwerkwoorde Die modale hulpwerkwoorde is:

Page 36: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 33 -

kan / kon wil / wou sal / sou moet / behoort

Hierdie hulpwerkwoorde word gebruik om idees soos moontlikheid, gewilligheid, voorspelling, spekulasie, afleiding en noodsaaklikheid uit te druk. Hulle word deur die infinitief gevolg en behoort word gevolg deur te + infinitief: Ek kan jou help. Ons sal miskien vanaand uitgaan. Jy behoort iets te eet. Susan sal binnekort hier wees. Ek moet nou gaan. Hierdie werkwoorde kan ook saam met ander werkwoorde voorkom Ek sal om 11h30 gaan. Jy moes my gevra het. Hulle moes besig gewees het om te werk. modellering in geletterdheid verwys dit na die demonstrasie van ’n aspek van lees of skryf aan leerders deur ’n kenner. Dit sal direkte onderrig ondersteun. monoloog ʼn teks wat deur ’n enkele persoon gevoer word. In dramatiese situasies, kan dit ’n ‘eenmansvertoning’ wees, in ’n ander situasie kan dit verwys na ’n spreker wat die gesprek monopoliseer. morfeem die kleinste eenheid van betekenis. ’n Woord kan uit een morfeem (huis), twee morfeme (huis/e) of drie en meer morfeme (be/huis/ing) bestaan. Voor- en agtervoegsels is morfeme. mite ’n antieke tradisionele storie oor gode of helde wat ’n probleem of bekommernis oor die menslike bestaan aanspreek. Dit kan ’n verduideliking van ’n feit of fenomeen insluit. N O ode liriese gedig wat gewoonlik aan iets opgedra is en in die tweede persoon geskryf word. Daar is geen vaste rym- of ritmepatroon nie. Taal kan ongewoon, en soms selfs selfbewustelik poëties wees. omgangstaal behoort aan gesprekke / taal wat in bekende, informele kontekste gebruik word. In teenstelling met formele of letterkundige taal. onchronologies skryfwyse skryfwerk is sonder verwysing na tyd georganiseer. Hierdie skryfwerk word gewoonlik volgens karaktereienskappe en kenmerke georganiseer, byvoorbeeld ’n verslag oor ’n dorp kan volgens bevolking, ligging en fasiliteite georganiseer wees. onderskeid die vermoë om die verskil tussen twee dinge te onderskei, byvoorbeeld foneme. Sommige pare klanke is vir leerders moeiliker as ander om te onderskei, byvoorbeeld k/g, t/d, en p/b.

Page 37: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 34 -

onderwerp en voorwerp In die sin Jannie skop die bal, is 'Jannie' die onderwerp en ‘die bal’ die voorwerp. Die onderwerp is die persoon of ding waaroor iets gaan of waaroor daar iets gesê word. In sinne met ’n onderwerp en voorwerp, doen die onderwerp gewoonlik die aksie terwyl die voorwerp die persoon of ding is wat daardeur (die aksie) geraak word. In stelsinne kom die onderwerp gewoonlik voor die werkwoord en die voorwerp na die werkwoord. Sommige werkwoorde (bv. gee, wys, koop) kan twee voorwerpe hê, direk en indirek. Byvoorbeeld:Sy gee vir die man geld. Hier is 'geld' die direkte voorwerp (= dit wat sy gee). 'Die man' is die indirekte voorwerp (= die persoon wat die direkte voorwerp ontvang). Wanneer ’n werkwoord ’n onderwerp het, is dit oordraagbaar, d.w.s. kry werk, hou van sjokolade, dek die tafel. Indien daar geen voorwerp is nie, is dit nie oordraagbaar nie, bv. gaan, praat, jok). sien ook aktief en passief onomatopee woorde wat die klank waarmee die betekenis geassosieer word, eggo: piet-my-vrou; sis; klak. beginklank (konsonante) vervang voorbeelde onset the onset of a word or syllable is the initial consonant or consonant cluster: clang; trike; sun. Some words or syllables have no onset: or; out; end; at; on; earth. sien rime ooreenstemming pas twee aparte tipes van inligting bymekaar: byvoorbeeld, letters of letterstringe met die foneme wat hulle verteenwoordig, pas een geskrewe woord by een gesproke woord. oorredende teks teks wat daarop gemik is om die leser van iets te oortuig. ’n Oorredende teks bestaan gewoonlik uit ’n stelling van die mening, argumente en bewyse vir die hipotese, moontlik ’n paar argumente en bewyse wat ’n ander standpunt steun, en dan ten slotte ’n opsomming of aanbeveling. Verbindingswoorde sal op redenering van betrekking wees (dus, om hierdie rede). ’n Voorbeeld van so ’n teks kan ’n opstel oor herwinning wees, of oor wie die belangrikste Afrikaanse skrywer is. Advertensies is ook ’n vorm van oorredende teks. sien ook besprekingsteks outobiografie ’n lewensverhaal van ’n individu wat deur daardie persoon geskryf is. Dit word gewoonlik in die eerstepersoon geskryf. P palindroom ʼn woord of frase wat dieselfde van links-na-regs en van regs-na-links lees: lol paragraaf ʼn deel van ’n skryfstuk. ’n Nuwe paragraaf toon ’n verandering van fokus, verandering in tyd, verandering in plek of ’n verandering van spreker in ’n stuk dialoog aan. ’n Nuwe paragraaf begin op ’n nuwe reël, gewoonlik met ’n spasie van een reël wat dit van die vorige paragraaf skei. Sommige skrywers begin ’n nuwe paragraaf ingekeep van die kantlyn. Paragrafering help skrywers om hul gedagtes te orden, en help lesers om die storielyn, argument of dialoog te volg. parentese ’n woord of frase wat by ’n sin ingevoeg word om iets te verduidelik. Dit kan tussen hakies, aandagstrepe of kommas geplaas word:

Page 38: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 35 -

Sarel en Emma (sy oudste leerders) kom volgende naweek kuier. Maryna is meesal vrolik – sy sing soggens! – maar haar verantwoordelikhede kry haar onder. Sandra is, volgens my, die beste student. Die term parentese kan ook na die hakies verwys. parodie ʼn letterkundige karikatuur: ’n weergawe van ’n storie of gedig wat spesifieke aspekte van taal of vorm beklemtoon vir humoristiese effek. passief sien aktief persoon In grammatika word daar ’n onderskeid getref tussen die eerste-, tweede- en derdepersoon. Die eerstepersoon word gebruik wanneer daar na jouself (ek / ons) verwys word; die tweedepersoon verwys na die luisteraar of leser (jy); en die derdepersoon verwys na iets of iemand anders (hy / sy/ dit / my maat / die boeke, ens.) personifikasie ʼn vorm van metafoor waar taal wat na menslike aksie, motivering en emosie verwys, gebruik word om na nie-menslike agente, voorwerpe of abstrakte konsepte te verwys: die son glimlag vandag vir ons; Liefde is blind. persoonlike woordeboek ʼn persoonlike, deurlopende rekord van woorde wat geleer word. Leerders kan, met die onderwyser se leiding besluit watter woorde geleer moet word. Hierdie woorde kan in ’n lêer gebêre word sodat die leerder gedurende die week, met ’n maat of die onderwyser, of tuis daaraan kan werk. Wanneer die woorde geleer is, kan dit by die leerder se rekord gevoeg word. prosa geskrewe taal wat nie poëtiese of dramatiese vorme volg nie. prosesteks sien instruksieteks voornaamwoord daar is verskillende soorte voornaamwoorde, insluitende: persoonlike voornaamwoorde Ek/my, jy, hy/sy, sy/haar, ons, hulle, dit Ek hou van hom. Hulle wil dit nie hê nie. besitlike voornaamwoorde myne, joune, hare, syne, ons s’n, hulle s’n Is hierdie boek joune of myne? wederkerende voornaamwoorde myself, haarself, hulleself, ens. Ek het myself seergemaak. Geniet julleself! onbepaalde voornaamwoorde iemand, iets, enigiets, niemand, alles, ens. Iemand wil jou oor iets sien. vraende voornaamwoorde wie, watter, wat Wie het dit gedoen? Wat het gebeur? relatiewe voornaamwoorde vir wie, wie se, wat Die persoon wat dit gedoen het … Sommige van die determineerders kan ook as voornaamwoorde gebruik word, insluitende: hierdie/daardie/hiervan Byvoorbeeld:

Page 39: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 36 -

Wil jy hiervan hê? Voornaamwoorde ‘vervang’ dikwels ’n selfstandige naamwoord of selfstandige naamwoordfrase om herhaling te vermy: Ek het jou pa gesien, maar nie met hom gepraat nie. (= jou pa) 'Ons gaan weg vir die naweek. Dis lekker.' (= die feit dat julle weggaan) punktuasie ’n manier om teks te merk om lesers se begrip daarvan te vergemaklik. Die mees algemeen gebruikte leestekens in Afrikaans is die punt, komma, kommapunt, uitroepteken, vraagteken, afkappingsteken, ellips, aandagstreep en aanhalingstekens. Q R raaisel ʼn vraag of stelling, soms in rymvorm, wat ’n probleem is wat die leser of luisteraar moet oplos. rap (kletsrym) ʼn vorm van mondelinge digkuns met ’n sterk ritme en vinnige pas. Word met Karibiese en Afro-Karibiese kulture geassosieer en is nou-al in ander letterkundige tradisies geassimileer. Rap word dikwels in moderne musiek gebruik. hervertelling recount teks ʼn teks wat geskryf word om inligting of vermaak oor te vertel. ’n Fiksionele verhalende oorvertelling kan bestaan uit ’n beskrywing van die agtergrond, ’n beginpunt, ’n probleem, ’n verslag en ’n slot. Die taal is beskrywend en daar kan dialoog voorkom. Karakters is gedefinieer en het dikwels name. ʼn Niefiksie-oorvertelling kan begin met ’n inleiding wat die agtergrond skets en dan gebeure in chronologiese volgorde weergee. ’n Voorbeeld hiervan is die tipe van teks wat ’n besoek beskryf, koerantweergawes of selfs biografieë. rededeel sien woordklas redigeer om geskrewe werk aan te pas, jou eie of dié van iemand anders, ter voorbereiding vir publikasie. Hierdie proses vind plaas nadat die eerste / konsepweergawe geskryf is, hersiening (grootskaalse herstrukturering) en voor daar geproeflees word (’n finale nagaan vir spel-/skryffoute, ens.). Dit behels die nagaan van feite, klein of groot stylverbeteringe op sinsvlak en nagaan van akkuraatheid en korrekte grammatika.

register die reeks woorde wat in ’n spesifieke situasie gebruik word om by ’n spesifieke teikengehoor te pas (gebruik wetenskaplike taal wanneer ’n tesis geskryf word).

renga ʼn reeks haikoes, elkeen gekoppel aan die volgende een deur middel van twee reëls van sewe lettergrepe elk, soms deur verskillende digters geskryf, en vorm ’n reeks voltooide gedigte.

retoriese uitdrukking ’n uitdrukking waar die luisteraar (wat nie die konvensies van die taal ken nie) iets anders sal aflei as dit wat die skrywer / spreker bedoel. Byvoorbeeld: Ken jy sy naam? is skynbaar ’n vraag met ’n ja- of nee-antwoord, maar inderwaarheid vra die spreker eintlik: Wat is sy naam? Retoriese uitdrukkings is dikwels vrae wat bevele wegsteek: Wil julle julle boeke uithaal? beteken gewoonlik Haal julle boeke uit! ritme ritme is die min of meer gereelde afwisseling van ligte en swaar note (beklemtoning) in spraak of

Page 40: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 37 -

musiek. Sommige vorme van digkuns gebruik baie gereelde ritmiese patrone. rym rym kom voor wanneer woorde dieselfde beklemtoonde klinkerfoneme het, bv. sy / kry; skool / voël, of daaropvolgende konsonant(e), bv. duld / wild / milt. rymlose verse poësie wat met ritme en meter, maar sonder rym geskryf word. Word veral met jambiese pentameter (reël met tien lettergrepe en met ’n onbeklemtoonde / beklemtoonde lettergreeppatroon) soos in die werk van Shakespeare. S saamgestelde woord ’n woord wat uit twee woorde bestaan: kopstut, besemstok, sokkerbal. samehang ’n Doeltreffende teks moet verstaanbaar en samehangend wees. Die term samehang verwys na die onderliggende logika en konsekwentheid van ’n teks. Die idees wat uitgedruk word, moet relevant tot mekaar wees sodat die leser die betekenis kan volg. Die term samehang verwys na grammatikale kenmerke in ’n teks wat daarvoor sorg dat die dele inmekaarpas. Een manier is om verbindingswoorde te gebruik: Ek het gaan sit en die televisie aangeskakel. Net toe, hoor ek ’n vreemde geluid. Die frase ‘net toe’ verbind hierdie gebeure in tyd. Samehang word ook bereik deur spesifieke woorde (soos voornaamwoorde) te gebruik wat terugverwys na ander dele van die teks. In die volgende voorbeelde word hierdie woorde onderstreep: Daar het ’n man by die deur gewag. Ek het hom nog nooit vantevore gesien nie. Ons het nie ’n motor nie. Ons het een gehad, maar ons het dit verkoop. Ek wonder of Amanda haar bestuurstoets gaan slaag. Ek hoop sy kry dit reg. (= Ek hoop Amanda slaag haar bestuurstoets.) segment om ’n woord of deel van ’n woord tot sy komponentfoneme af te breek, byvoorbeeld: k-a-t; p-r-e-t; g-r-o-n-d; s-k-i-m. selfstandige naamwoord ʼn selfstandige naamwoord is ’n woord wat iets of iemand voorstel. In die sin My jonger suster het geld in ’n kompetisie gewen’, is 'suster', 'geld' en 'kompetisie' selfstandige naamwoorde. Baie selfstandige naamwoorde (telbare selfstandige naamwoorde) kan enkelvoud (net een) of meervoud (meer as een) wees. Byvoorbeeld suster / susters, probleem / probleme, partytjie / partytjies. Ander selfstandige naamwoorde (massaname) het gewoonlik nie meervoude nie. Byvoorbeeld: botter, katoen, elektrisiteit, geld, geluk. ʼn versamelwoord is ’n woord wat na ’n groep verwys. Byvoorbeeld, span, swerm, skool. Eiename is die name van plekke, mense en organisasies, ens. Hulle begin met ’n hoofletter: Amanda, Bloemfontein, Microsoft, Islam, November. naamwoordfrase is ’n wyer term as selfstandige naamwoord. Dit kan verwys na ’n enkele selfstandige naamwoord (geld), of ’n voornaamwoord (dit) of ’n groep woorde wat op dieselfde manier as ’n selfstandige naamwoord in ’n sin funksioneer, byvoorbeeld: ʼn klomp geld my jonger suster ʼn nuwe motor die beste span in die wêreld Soortgelyk funksioneer, ’n selfstandige naamwoordbepaling op dieselfde manier as ’n selfstandige naamwoord. Byvoorbeeld: Die storie was nie waar nie. (selfstandige naamwoord)

Page 41: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 38 -

Wat jy gesê het, is nie waar nie. (selfstandige naamwoordbepaling) sin ʼn sin kan enkelvoudig, saamgesteld of kompleks wees. ʼn Enkelvoudige sin bestaan uit een bepaling: Dit was laat. ʼn Saamgestelde sin bestaan uit twee of meer sinsdele wat deur en, of, maar of so verbind word. Die sinsdele is dra ewe veel gewig (hulle is albei hoofsinsdele): Dit was laat, maar ek was nie moeg nie. ʼn Komplekse sin bestaan uit ’n hoofbepaling wat op sigself meer as een ondergeskikte sinsdeel bevat: Alhoewel dit laat was, was ek nie moeg nie. (ondergeskikte bepaling begin met alhoewel) Enkelvoudige sinne kan as volg volgens hulle struktuur gegroepeer word: verklarend (vir stellings, voorstelle, ens.): Die klas gil triomfantelik. Miskien kan ons daarna eet. ondervraend (vir vrae, versoeke, ens.): Is jou suster hier? Kan jy my wys hoe? imperatief (vir bevele, instruksies, ens.): Hou vas! Draai by die tweede een links. emotief (vir uitroepe): Kyk hoe gelukkig lyk sy. Wat ’n jammerte! Wanneer ons skryf, begin ons sinne met ’n hoofletter en eindig ons met ’n punt (of uitroepteken of vraagteken). skandeer hierdie woord het twee relevante betekenisse:

a. om vinnig? na ’n teks te kyk en inligting te probeer vind deur ’n sleutelwoord te vind;

b. ʼn reël uit ’n gedig wat konformeer tot die ritme (meter) van die res van die gedig word skandering genoem.

skryfraamwerk ʼn struktuur om skryf aan te help. ’n Skryfraamwerk neem dikwels die vorm van openingsfrases of -paragrawe aan en kan moontlike woordeskat insluit. Dit verskaf dikwels ’n templaat vir ’n spesifieke soort van teks. sleng woorde en frases wat in ’n informele konteks gebruik word, dikwels aan streke gekoppel is of gebruik word deur mense wat met ’n bepaalde groep identifiseer. Dit kan die groep van ander groepe onderskei. spreekwoord ʼn gesegde wat oor die jare baie min verander het en die een of ander oortuiging oor die wêreld beskryf: elke hond kry sy dag; oos, wes, tuis bes; goedkoop is duurkoop. staaltjie ’n kort geskrewe of mondelinge weergawe van ’n amusante insident, dikwels om iets te illustreer. stamwoord ʼn woord waarby voor- en agtervoegsels gevoeg kan word om ander woorde te maak; byvoorbeeld in ongelukkig is die stamwoord geluk.

stertletter In geskrewe of getikte skrif is baie letters ewe hoog: a, c, e, m, n, o, r, s, u, v, w, x, z. Sommige letters het deeltjies wat na onder verbysteek: g, j, p, q, y. Hierdie deeltjies word stertjies genoem. By sommige lettertipes het die f en z stertjies.

Page 42: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 39 -

sonnet ʼn gedig van 14 reëls. Kan enige rymskema volg. Twee voorbeelde van rymskemas is:

a. Petrargiese rymskema: a b b a a b b a gevolg deur twee of drie ander rymskemas in die oorblywende ses reëls;

b. Elizabethaanse rymskema: a b a b c d c d e f e f g g

sinoniem woorde met dieselfde of baie soortgelyke betekenis as ’n ander woord: nat / klam. Keer dat dieselfde woorde te veel gebruik word; verskaf verskeidenheid. sinopsis/samevatting ʼn kort opsomming of oorsig oor ’n paragraaf, hoofstuk of boek. sintaksis sintaksis is die studie van sinstruktuur, d.w.s. hoe woorde saam in ’n sin gebruik word. Standaardafrikaans Standaardafrikaans is die vorm van Afrikaans wat in openbare kommunikasie, veral in skryfwerk, gebruik word. Dit is die vorm wat in skole onderrig word en deur opgevoede sprekers gebruik word. Dit word nie tot ’n bepaalde streek beperk nie en kan sonder enige aksent gepraat word. Daar is verskille in woordeskat en grammatika tussen Standaardafrikaans en ander dialekte. Byvoorbeeld: Ons is beroof en Kyk na daardie bome is standaard. Ons is gerob en Kykie bome is nie standaard nie. sien ook dialek storiedraaiboek ʼn plan vir ’n visuele teks (video, rolprent, ens.) wat die storielyn en kritieke gebeure deur middel van ’n reeks prentjies wys. Leerders kan ’n storiedraaiboek opstel nadat hulle iets gelees het om begrip te toon; storiedraaiboeke kan ook gebruik word om ’n skryfstuk te beplan. T tanka Japannese gedig wat op die haikoe gebaseer is, maar twee bykomende reëls bevat wat ’n algehele prentjie, geleentheid of stemming weergee. Tradisioneel het die ontvanger van ’n haikoe wat deur ’n vriend aan die Japannese hof geskryf is, twee reëls bygevoeg (om dit ’n totaal van vyf reëls met 31 lettergrepe in die patroon 5 7 5 7 7 te maak) en dit terug gestuur. teks taal wat georganiseer is om te kommunikeer. Sluit geskrewe, gesproke en elektroniese vorme in. tekstipes hierdie term beskryf tekste wat ’n bepaalde doel deel: om in te lig / oorreed / beskryf. Hele tekste of dele van tekste met spesifieke kenmerke – taalpatrone, struktuur, woordeskat – wat help om hierdie doel te bereik, kan beskryf word as om by ’n spesifieke tekstipe te hoort. Hierdie kenmerke is nie verpligtend nie, maar nuttig wanneer teks bespreek word en om die ontwikkeling van ’n reeks skryfvaardighede te ondersteun. Tekste kan uit gemengde genres bestaan: bv. ’n gidsboek kan prosedureteks (die roete of paadjie) bevat, asook verslag doen (inligting oor uitstallings gee). tema die onderwerp van ’n skryfstuk. Dit hoef nie eksplisiet uitgespel te word nie, maar dit kan deur die leser afgelei word. Baie tradisionele stories het byvoorbeeld dieselfde temas: die goeie triomfeer oor die slegte, bedrewenheid bo krag, meegevoel bo skoonheid.

tesourus

Page 43: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 40 -

ʼn naslaanbron waar woorde volgens betekenis gegroepeer word. ’n Tesourus kan skrywers help om woorde te kies, die volle reeks alternatiewe in ag te neem en woorde wat dikwels gebruik word, soos sê, lekker, gaan af te wissel. toutologie die gebruik van ’n ekstra woord in ’n frase of sin wat onnodiglik ’n idee herhaal; hierdie jaarlikse byeenkoms word elke jaar gehou. treurdig/elegie ʼn treurdig of klaaglied is ’n weeklag vir iets of iemand wat dood is. tussenwerpsel ’n tussenwerpsel is ’n woord soos Eina, Sjoe!, O! of Vervlaks! wat ’n emosie soos pyn, verbasing, woede, ens. uitbeeld. ’n Tussenwerpsel word deur ’n uitroepteken (!) gevolg. sien ook uitroep tye tye is werkwoordvorme wat dikwels tyd aandui. Daar is vyf belangrike tydsvorme in Afrikaans: teenwoordige tyd: Ek hoor die lawaai. verlede tyd: Ek het die lawaai gehoor. Historiese teenwoordige tyd: Toe ek daar kom, sien ek hy is baie siek. toekomende tyd: Ek sal jou help. verlede toekomende tyd: Ek sou jou gehelp het. sien ook werkwoord

U uitroepsin ’n Uitroep is ’n uitdrukking van emosie (vreugde, verwondering, woede, verbasing, ens.) en word gewoonlik in geskrewe taal gevolg deur ’n uitroepteken (!). Uitroepe kan ook tussenwerpsels wees: O gits! Genade! Eina! Sommige uitroepe begin met wat of hoe: Wat ’n mooi dag! Hoe dom kan hy wees! Wat ’n stemmige dogtertjie. Uitroepe soos hierdie is spesiale tipes van sinne en hoef nie werkwoorde te bevat nie. sien ook tussenwerpsel, sin uitroepteken (!) ’n Uitroepteken word aan die einde van ’n sin (wat ’n uitroep, bevel of verklaring) kan wees of ’n tussenwerpsel gebruik om sterk emosie uit te druk: Wat ’n jammerte! Gee pad! Dis ’n doel! Grote Griet! sien ook uitroep, sin

V

Page 44: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 41 -

verbindingswoorde ʼn Verbindingswoord is ’n woord of frase wat sinsdele of sinne verbind. Verbindingswoorde kan voegwoorde (bv. maar, wanneer, omdat) of verbindingsbywoorde (bv. egter, dan, dus) wees. Verbindingsbywoorde (en bywoordelike frases en sinsdele) behou die samehang van ’n teks op verskillende maniere, insluitend:

Toevoeging ook, boonop, buitendien Teenstelling egter, desnieteenstaande, aan die ander kant Bekragtig Buitendien, nietemin, in elk geval Verduidelik byvoorbeeld, met ander woorde, daarom lys eerstens, ten slotte dui resultaat aan dus, as gevolg daarvan dui tyd aan toe, intussen, later

Kommas word dikwels gebruik om verbindingsbywoorde of bywoordelike frases af te baken: Eerstens, is dit die begin van … Ek het nie baie van die rolprent gehou nie. Daleen, aan die ander kant, was mal daaroor. Verbindingsbywoorde en voegwoorde werk op verskillende maniere. Voegwoorde (soos maar en alhoewel) verbind sinsdele binne ’n sin. Verbindingsbywoorde (soos egter) verbind idees, maar die sinsdele bly aparte sinne: Ek was kwaad, maar ek het niks gesê nie. (maar is ’n voegwoord – een sin) Alhoewel ek kwaad was, het ek niks gesê nie. (alhoewel is ’n voegwoord – een sin) Ek was kwaad. Ek het egter niks gesê nie. (egter is ’n bywoord – twee sinne) verduidelikingsteks word geskryf om te verduidelik hoe of waarom iets gebeur, bv. hoe riviervalleie gevorm word of hoekom die Romeine paaie gebou het. Hierdie tekste bestaan gewoonlik uit ’n beskrywing van die fenomeen en dan ’n verduidelikende reeks feite. Die skrywer sal normaalweg verbindingswoorde gebruik om oorsaak en gevolg (bv. dus, as gevolg hiervan) en tyd (later, intussen) uit te druk. Die passief word dikwels in diesulke tekste gebruik. Byvoorbeeld: Romeinse paaie word beskou as ’n wonderwerk van ingenieurswese.

vergelyking die skrywer skep ’n beeld in die leser se gedagtes deur die onderwerp met iets anders te vergelyk: so vry soos ’n voëltjie; so sterk soos ’n bees. Baie vergelykings is idiomaties: hy rook soos ’n skoorsteen. verhalende gedig ʼn gedig wat ’n storie vertel. Dikwels ’n ballade. verhalende teks teks wat gebeure in chronologiese volgorde oorvertel. Kan suiwer fiksie wees, of inligting insluit. Kan in prosa- of digvorm wees. verklarende sien sin verkleining ʼn term wat kleinheid impliseer. Dit kan verwys na fisieke kleinheid of kan as ’n troetelterm gebruik word. Dit kan ’n erkende woord wees, bv. Klein Karel of kan gevorm word deur ’n agtervoegsel by ’n naam of selfstandige naamwoord te voeg: lammetjie, Jannie, huisie. verkorting sien afkappingsteken vers ʼn stel reëls in digkuns, die patroon wat regdeur die gedig herhaal word.

verslagteks

Page 45: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 42 -

ʼn onchronologiese teks wat geskryf is om te beskryf of te klassifiseer. Die teks begin dikwels met ’n algemene klassifisering, beweeg na ’n beskrywing of spesifieke kenmerke en eindig met ’n opsomming. Dit word dikwels in die teenwoordige tyd geskryf met algemene verwysings soos (mense, katte, geboue). ’n Voorbeeld hiervan is ’n verslag oor soogdiere of laekoste behuising, ’n reisgids of die beskrywing van ’n toneel. verwysingsteks ’n informatiewe teks wat op ’n behoorlik gedefinieerde wyse georganiseer is, byvoorbeeld alfabeties, en vir studiedoeleindes gebruik word. vloeidiagram ʼn diagrammatiese verteenwoordiging van:

a. gebeure in ’n storie;

b. ʼn proses; of

c. ’n aktiwiteit.

ʼn Vloeidiagram illustreer die gebeure en ondersoek moontlike gevolge van besluite. vluglees lees om ’n aanvanklike oorsig oor die onderwerp en hoofgedagtes van die teks te kry.

voegwoord ʼn Woord wat gebruik word om woorde, sinsnedes binne ’n sin, of sinne te verbind. Byvoorbeeld, in die volgende sinne is maar en as voegwoorde: Dit het gereën, maar dit was nie koud nie. Ons kan nie uitgaan as die weer sleg is nie. Daar is twee soorte voegwoorde: a. Koördinerende (aaneenskakelende) voegwoorde (en, maar?, of en so) verbind twee bepalings van gelykstaande gewig. Byvoorbeeld: Wil jy nou gaan of sal ons nog ’n bietjie wag. En, maar en of word ook gebruik om woorde of frases binne ’n bepaling te verbind. b. Neweskikkende voegwoorde (bv. wanneer, terwyl, voor, na, sedert, totdat, as, omdat, alhoewel, dat) kom altyd aan die begin van ’n bysin: Ons was honger omdat ons heeldag nie geëet het nie. Alhoewel ons baie te ete gehad het, was ons nog steeds honger. Ons was honger toe ons by die huis kom. sien ook verbindingswoorde voetnota bykomende inligting wat onderaan ’n bladsy eerder as in die hoofgedeelte van die teks gedruk word. vokale ʼn foneem wat sonder hoorbare wrywing of sluiting gevorm word. Elke lettergreep het ’n vokaal. ’n Vokaalfoneem kan deur een of meer letters voorgestel word. vorm sien aktief en passief vormgedig ʼn gedig waar die uitleg van die woorde ’n aspek van die onderwerp weerspieël. Daar is baie verskillende vorme van vormgedigte. sien kalligramme, konkrete gedigte

voorsetsel

Page 46: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 43 -

ʼn voorsetsel is ’n woord soos oor, by en met. Dit word gewoonlik deur ’n selfstandige naamwoordfrase gevolg. Die voorsetsel en die selfstandige naamwoordfrase word in die voorbeelde hieronder onderstreep: Ons het om middernag tuisgekom. Het jy per motor gereis? Kom jy saam met my? Hulle spring oor ’n heining. Wat is die naam van hierdie straat? Ek het gedurende die rolprent aan die slaap geraak. Voorsetsels verwys dikwels na tyd (om middernag/gedurende die rolprent/ Hy werk net op ’n Maandag hier), plek (by die stasie/op ’n veld) of rigting (na die stasie/oor ’n heining). Daar is heelwat ander betekenisse, insluitende besit (van hierdie huis), wyse (per motor) en begeleiding (met my). In formele styl kan die voorsetsel voor wie of watter staan: (met wie, oor watter, ens.): Met wie wil u praat? Sommige voorsetsels kan ook as bywoorde gebruik word (sonder dat dit deur ’n selfstandige naamwoord of voornaamwoord gevolg word): Ons klim in die bus. (voorsetsel – gevolg deur ’n selfstandige naamwoordfrase) Die bus stop en ons klim in. (bywoord – sonder ’n selfstandige naamwoord of voornaamwoord daarna)

voorvoegsel ʼn voorvoegsel is ’n morfeem wat by die begin van ’n woord gevoeg kan word om die betekenis te verander. Byvoorbeeld: oneetbaar supermark onwillekeurig voorwaarde ’n Voorwaardelike sin is een waar een ding van iets anders afhang. Die voorwaardelike sinne bevat dikwels die voegwoord as of indien. Ek sal jou help as ek kan. Indien die weer sleg is, sal ons dalk nie kan gaan nie. Ander voegwoorde wat in voorwaardes gebruik word, is: tensy, mits en solank as wat. ’n Voorwaardelike sin kan na ’n denkbeeldige situasie verwys. Byvoorbeeld: Ek sou jou help as ek kon. (maar inderwaarheid kan ek nie) Wat sou jy in my skoene gedoen het? As die weer beter was, sou ons strand toe kon gaan. Die term ‘voorwaardelik’ word soms gebruik om te verwys na die vorm sou = werkwoord: sou kon gaan, sou kon help, ens. sien ook hulpwerkwoord vraagteken (?) ʼn vraagteken word aan die einde van ’n vraagsin gebruik (bv. Wie was dit?). vrye vers poësie wat nie deur rym- of ritmepatrone ingeperk word nie.

W weergawe voorlopige geskrewe vorm van ’n dokument: ’n teks wat deur middel van ’n aantal verskillende weergawes ontwikkel word voordat die finale weergawe gefinaliseer en uiteindelik gepubliseer word. werkwoord woord / groep woorde wat ’n aksie of die toestand van wees beskryf. Werkwoorde kan in verskillende tye gebruik word: teenwoordige tyd – Ek eet, Ek wil eet.

Page 47: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 44 -

historiese teenwoordige tyd – Toe ek daar kom, was hy reeds siek. verlede tyd – Ek het geëet. toekomende tyd – Ek gaan eet. verlede toekomende tyd – Ek sou jou gehelp het. Werkwoorde kan aktief of passief wees: aktief – Die hond byt Bennie. passief – Bennie is deur die hond gebyt. selfstandige werkwoorde – kan alleen staan as gesegde koppelwerkwoorde – kan nooit selfstandig optree nie: Susan lyk moeg. deeltjiewerkwoorde – bestaan uit ’n selfstandige werkwoord wat voorafgegaan word deur nog ’n woord (deeltjie): inkyk, bystaan hulpwerkwoorde – help die selfstandige werkwoord om tyd, wyse en vorm (lydende vorm) uit te druk. Hulle is: te wees, te doen, te hê, moet, moes, behoort, sal, wil, nodig hê, gebruik. ’n Hulpwerkwoord dui aan dat iets moontlik kan gebeur: kan/mag, ens. of sê vir ons dat iets gebeur het of gaan gebeur: het/was. Die hulpwerkwoord gebruik ’n deelwoord of infinitief om ’n werkwoordfrase te vorm: Ons mag moontlik later huis toe gaan. skakelwerkwoorde – help ook selfstandige werkwoorde: Die bok het nog lank bly leef.

woordeskat keuse van sinonieme, byvoorbeeld berispe/bestraf/betig/skrobbeer, seleksie van adjektiewe en bywoorde woordklas Die belangrikste woordklasse is werkwoord, selfstandige naamwoord, adjektief, bywoord, voornaamwoord, determineerder, voorsetsel en voegwoord. Hierdie klasse word elkeen apart in hierdie glossarium behandel. Neem kennis dat ’n woord tot meer as een klas kan behoort. Byvoorbeeld: stap werkwoord (Ek stap) of selfstandige naamwoord (ʼn snaakse stap) hard adjektief (dit is harde werk) of bywoord (Ek werk hard) woordspeling ʼn spel met woorde; gebruik woorde met dieselfde klanke, maar verskillende betekenisse vir humor. Woordspeling word dikwels in koerantopskrifte gebruik. Glossarium is aangepas uit UK Literacy Hour http://www.standards.dfes.gov.uk/primary/publications/literacy/nls_framework/glossary/

Page 48: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre

- 45 -

VERWYSINGS

Republiek van Suid-Afrika, STAATSKOERANT, No. 30880, DEPARTEMENT VAN ONDERWYS, 14 Maart 2008 Republiek van Suid-Afrika, Assesseringsraamwerk, Intermediêre Fase, DEPARTEMENT VAN ONDERWYS, April 2008 http://www.standards.dfes.gov.uk/primary/publications/literacy/nls_framework/glossary/

http://www.dcsf.gov.uk/curriculum_esol/tree/skryf/skryfcomp/accessguidance/41/

http://www.longleaf.net/ggrow/StrategicLeser/StratTable1.html