e rvaar die krag van lewens- veranderende geloof · onthou, elke keer dat jy met die woord van god...

28
KAY ARTHUR DAVID ARTHUR PETE DE LACY rvaar die Krag E van Lewens- veranderende Geloof

Upload: others

Post on 01-Aug-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

KAY ARTHURDAVID ARTHURPETE DE LACY

rvaar die KragEvan Lewens-veranderende Geloof

Page 2: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

Tensy anders aangedui is alle kaarte en tabelle in hierdie boek, sowel as die “Voordat Jy Begin . . .”-inleidende gedeelte, aangepas en saamgevat uit The New Inductive Study Bible, Kopiereg © 2000 deur Precept Ministries International

Omslagontwerp deur Koechel Peterson & Associates, Inc., Minneapolis, Minnesota

This work is a translation from the original New Inductive Study Series, Experiencing the Power of Life-Changing Faith, authored by Kay Arthur, David Arthur and Pete de Lacey Published by Harvest House PublishersEugene, Oregon 97402www.harvesthousepublishers.com© 2011 Precept Ministries International

Nuwe Induktiewe StudiereeksErvaar Die Krag van Lewensveranderende GeloofGepubliseer deur Precept Ministries South Africamet toestemming van Harvest House PublishersPosbus 539, Howard Place, 7450, Suid-AfrikaTel: +27 (0)21 531-1836Webtuiste: www.precept.org.zamet toestemming van Harvest House PublishersEugene, Oregon 97402www.harvesthousepublishers.com© 2011 Precept Ministries International

ISBN 978-1-62119-698-3

Harvest House Publishers behou die reg om sy eie publikasies in hierdie streek te ver-sprei en te verkoop.

Skrifaanhalings geneem uit die Bybel in Afrikaans 1933/1953 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953.

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag gereproduseer of oorge-dra word in enige vorm of op enige manier, elektronies of meganies, sonder die skrifte-like verlof van die kopiereghouers nie. Dié beperking sluit in foto-afdrukke, opnames of enige ander stelsel van berging en opsporing van inligting.

Gedruk deur Bevan Group, Kaapstad2018

10 9 8 7 6 5 4 3 2 1 0

Page 3: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

Inhoudmmmm

Voordat Jy Begin . . . 5

Uiteindelik Vry 13

ROMEINE

Week Een Die Krag van Redding vir Elkeen

wat Glo? 17

Week Twee Geen verontskuldiging vir die Jode nie 29

Week Drie Jode sowel as Heidene het Verlossing Nodig 39

Week Vier Die Belofte van Abraham 47

Week Vyf Deur een man 57

Week Ses Sal Ons Sondig Sodat die Genade Meer Kan Word? 65

Week Sewe Waarom die Wet? 77

Week Agt Leef Deur Die Gees 85

Week Nege Israel Het Nie Deur Geloof Gevolg Nie 93

Page 4: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

Week Tien Geloof Is Deur Die Gehoor 103

Week Elf Het God Israel Verwerp? 111

Week Twaalf Stel Julle Liggame as ’n Lewende Offer 119

Week Dertien Wees Verdraagsaam Teenoor Die wat Swak is. 129

Aantekeninge 130

Page 5: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

5

E R V A A R D I E K R A G V A N

L E W E N S V E R A N D E R E N D E G E L O O F

Voordat Jy Begin…mmmm

Die lees van instruksies is soms moeilik en selde genotvol! Gewoonlik wil jy net wegspring! Dan, nadat jy alles probeer het, maar sonder sukses, sal jy die instruksies lees. Ek verstaan, maar moet asseblief nie hierdie studie so aanpak nie! Die volgende kort instruksies vorm ’n uiters belangrike deel van ’n sinvolle begin. Die paar bladsye wat volg, sal jou geweldig baie help.

EERSTENSVir jou studie van Romeine benodig jy, benewens hierdie

boek, nog vier dinge:1. ’n Bybel waarin jy gewillig is om te merk. Dit is

essensieel om die teks te merk. ’n Ideale Bybel vir hierdie doel is die 1953- of 1983-uitgawe in groot druk van die Afrikaanse Bybel. Die groter, maklik leesbare druk maak die merkwerk makliker en die kantlyne laat ruimte vir aantekeninge.

Hierdie Bybels bevat geen kommentare nie en is ook nie saamgestel op grond van spesifieke teologiese standpunte nie. Hulle dien slegs as hulpmiddels wat jou toelaat om die waarheid self te ontdek deur die induktiewe studiemetode. [Die verskillende tabelle en kaarte wat deel van hierdie studie uitmaak, is ontleen aan die New Inductive Study Bible (NISB)].

Ongeag die Bybel wat jy gebruik, sal jy verplig wees om daarin te merk, wat my bring by die tweede item wat jy benodig . . .

Page 6: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

2. ’n Fynpunt-, vierkleurige balpuntpen of fynpunt-penne van verskillende kleure waarmee jy in jou Bybel kan skryf.

3. Kleurpotlode of ’n Pentel-potlood met agt verskillende kleure lood (verkrygbaar by Precept Ministries South Africa, 187 Ringwoodrylaan, Pinelands, Kaapstad, ons webtuiste www.precept.org.za, of telefonies by +27(0)21-531-1836).

4. ’n Aantekeningboek vir die uitvoer van opdragte en neerskryf van jou insigte.

TWEEDENS1. Wanneer jy Romeine, Romeine en Romeine bestu-

deer, sal jy spesifieke instruksies vir elke dag se studie ontvang.

Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand). Waarom? Omdat elke gedeelte van die Christen se wapenrusting verband hou met God se Woord, en ons een en enigste aanvalswapen die swaard van die Gees, die Woord van God is. Die vyand wil hê dat jou swaard stomp moet wees. Moenie met hom saamwerk nie. Jy hoef dit nie te doen nie!

2. Terwyl jy elke hoofstuk lees, moet jy jouself leer om die 5 W’s en H-vrae te vra: wie, wat, wanneer, waar, waarom en hoe. Deur vrae soos dié te vra, kan jy presies vasstel wat God se Woord sê. Wanneer jy die teks deur middel van die 5 W’s en H-vrae ondervra, vra dan vrae soos die volgende:

a. Waaroor handel die hoofstuk?b. Wie is die hoofkarakters?c. Wanneer vind hierdie gebeurtenis of lering plaas?d. Waar vind dit plaas?e. Waarom word dit gedoen of gesê?f. Hoe het dit gebeur?

6 Voordat Jy Begin

Page 7: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

Voordat Jy Begin 7

3. Die wanneer van gebeure of leringe is baie belangrik, en behoort op ’n maklik herkenbare manier in jou Bybel gemerk te word. Ek doen dit deur ’n horlosie soos dié in die kantlyn van my Bybel, langs die vers waarin die aanduiding van tyd voorkom, aan te bring. Jy kan ook ’n horlosie oor die tydverwante woord of frase teken, of jy kan die verwysings na tyd op ’n spesifieke manier inkleur of onderstreep.

Onthou, tyd kan op verskeie maniere uitgedruk word: deur ’n spesifieke jaar, maand of dag te noem, deur melding te maak van ’n gebeurtenis soos ’n fees, die jaar van iemand se regering, ensovoorts. Tyd kan ook deur woorde soos toe, nadat, in daardie tyd, ensovoorts, aangedui word.

4. Dwarsdeur die boeke van Romeine, sal jou aandag op sekere sleutelwoorde gevestig word. Die doel van die kleurpotlode en gekleurde pen is juis om sleutelwoorde te merk. As jy ’n gewoonte daarvan maak om jou Bybel op hierdie manier te merk, sal jy vind dat dit ’n beduidende verskil maak aan die doeltreffendheid van jou studie en hoeveel jy daarvan onthou.

’n Sleutelwoord is ’n prominente woord wat herhaal-delik deur die outeur gebruik word om sy boodskap aan die leser oor te dra. Sommige sleutelwoorde sal reg deur die boek voorkom, terwyl ander net in spesifieke hoofstukke of segmente gekonsentreer sal wees. Wanneer jy ’n sleutelwoord merk, moet jy ook die sinonieme daarvan (woorde met dieselfde betekenis binne ’n betrokke konteks) en alle relevante voornaamwoorde soos hy, sy, haar dit, ons, hulle en julle op dieselfde manier as die sleutelwoord merk. Ek sal as deel van jou daaglikse opdragte voorstelle maak vir die merk van sleutelwoorde.

Die merk van woorde vir maklike uitkenning kan gedoen word deur die gebruik van kleure, simbole, of ’n kombinasie

Page 8: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

8 Voordat Jy Begin

van kleure en simbole. Kleure is egter makliker om te onderskei as simbole. Wanneer ek simbole gebruik, hou ek hulle baie eenvoudig. Ek kleur byvoorbeeld die woord bekeer geel in en trek dan ’n rooi pyltjie oor die woord, só: bekeer. Die simbool weerspieël die betekenis van die woord, in hierdie geval ’n verandering van gedagte. Wanneer jy sleutelwoorde merk, moet jy dit só doen dat jy die betrokke merke maklik kan onthou.

Wanneer ek die lede van die Godheid merk (wat ek nie elke keer doen nie), kleur ek elke naam geel in. Maar dan gebruik ek ’n pers pen om die Vader met ’n driehoek, wat die Drie-eenheid simboliseer, te merk, só: God. Ek merk die Seun só: Jesus, en die Heilige Gees só: Gees.

Bedink ’n kleur-koderingstelsel vir die merk van sleutelwoorde dwarsdeur jou Bybel, sodat jy, wanneer jy jou Bybel oopmaak, dadelik kan sien waar spesifieke sleutelwoorde gebruik word.

Wanneer ’n mens sleutelwoorde begin merk, vergeet jy maklik hoe jy hulle aanvanklik gemerk het. Skryf die sleutelwoorde op ’n indekskaartjie. Merk hulle soos jy beplan om hulle in jou Bybel te merk en gebruik die kaartjie as bladwyser. Miskien kan jy een bladwyser maak vir woorde wat jy dwarsdeur jou Bybel merk en nóg een vir die spesifieke Bybelboek wat jy bestudeer.

Wanneer jy opdrag kry om ’n sleutelwoord te merk, is dit normaalweg die 1953 Afrikaanse Vertaling se weergawe van die woord. As die 1983 Afrikaanse Vertaling egter die woord anders vertaal, sal die woord wat in laasgenoemde gebruik word, in ’n eindnota aangedui word.

5. Omdat plekke belangrik is in die studie van ’n historiese of biografiese boek van die Bybel, sal jy dit nuttig vind om hulle op ’n kenmerkende manier te merk. Ek onderstreep eenvoudig elke verwysing na ’n plek in groen

Page 9: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

Voordat Jy Begin 9

(gras en bome is groen!). Daar is kaarte by hierdie studie ingesluit sodat jy plekke kan identifiseer en daardeur jouself van die geografiese konteks kan vergewis.

6. Sodra jy die studie van ’n hoofstuk voltooi het, moet jy die tema van daardie hoofstuk op die OORSIGWERKBLAD langs die toepaslike nommer neerskryf. Dié tabel word in hierdie studie aan die einde van elke boek voorsien. (As jy oor ’n New Inductive Study Bible (NISB) beskik, kan jy ook die hoofstuk-temas op die “AT A GLANCE”-tabel aan die einde van elke boek in jou Bybel neerskryf (sodoende sal jy ’n permanente rekord van jou studies byderhand hê).

7. As jy hierdie studie binne klasverband doen en die lesse te veeleisend vind, doen jy eenvoudig wat jy kan. Om ’n bietjie te doen, is beter as om niks te doen nie. Moenie ’n alles-of-niks mens wees wanneer dit by Bybelstudie kom nie!

8. Begin altyd jou studie met gebed. Terwyl jy jou deel bydra om die Woord van God akkuraat te hanteer, moet jy onthou dat die Bybel ’n goddelik-geïnspireerde boek is —

deur God aan jou gegee sodat jy Hom en sy weë mag ken.

Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. Want wie van die mense weet wat in ’n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. (1 Korinthiërs 2:10, 11).

Vra God dus om sy waarheid aan jou te openbaar, jou in alle waarheid te lei en te begelei. Hy sal, as jy Hom vra.

DERDENSHierdie studie is so ontwerp dat jy daagliks met God se

Woord besig sal wees. Aangesien die mens nie van brood

Page 10: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

alleen leef nie, maar van elke woord wat uit die mond van God uitgaan, het elkeen van ons ’n daaglikse porsie nodig.

Die opdragte vir elke week strek oor sewe dae. Jy sal egter oplet dat die sewende dag van die ander dae verskil. Op die sewende dag val die kollig op ’n belangrike waarheid wat gedurende die week se studie behandel is.

Daar sal een of twee verse wees om te memoriseer en in Jou hart te Bewaar. Dan volg daar ’n Skrifgedeelte om te Lees en Bespreek. Hierdie gedeelte sal besonder nuttig wees vir diegene wat die materiaal binne klasverband gebruik. Dit sal die klas dwing om hul aandag op ’n kritieke gedeelte van die Skrif te vestig. Om die individu sowel as die klas te help, is daar ’n stel Vrae Vir Bespreking of persoonLike studie. Dit word gevolg deur ’n gedagte Vir die week, wat jou sal help verstaan hoe om in die lig van wat jy geleer het, te wandel.

Wanneer jy die week se les bespreek, moet jy seker maak dat jy jou antwoorde en insigte uit die Bybel self ondersteun. Dán sal jy God se Woord hanteer op ’n manier wat sy goedkeuring wegdra. Ondersoek altyd jou insigte deur die teks noukeurig waar te neem om te sien wat dit sê. Voordat jy dan besluit wat ’n Skrifgedeelte beteken, moet jy seker maak dat jy dit in die lig van die betrokke konteks interpreteer.

Die Skrif sal nooit die Skrif weerspreek nie. As dit ooit vir jou so voorkom, kan jy seker wees dat iets iewers uit konteks gehaal is. As jy ’n gedeelte teëkom wat moeilik is om te interpreteer, hou eers daardie interpretasie terug tot wanneer jy die gedeelte deegliker kan bestudeer.

Boeke in die Nuwe Induktiewe Studiereeks is oorsigtelike kursusse. As jy ’n sekere boek van die Bybel dieper wil bestudeer, stel ons voor dat jy ’n Voorskrif-op-Voorskrif studie oor daardie boek doen. Skakel Precept Ministries SA by +27(0)21-531-1836 of besoek ons webtuiste by www.precept.org vir meer inligting.

10 Voordat Jy Begin

Page 11: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

Romeine

Page 12: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)
Page 13: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

Bring ’n lewe vír God vir jou vreugde en vryheid mee? Of voel jy in plaas daarvan skuldig, asof jy nooit goed genoeg sal wees om God te behaag nie, ongeag wat jy doen? Hoop jy dat genoeg goeie werke daartoe sal bydra dat God op een of ander manier jou tekortkominge sal miskyk en jou ten spyte daarvan sal liefhê?

Het die woord geloof alle betekenis vir jou verloor? Het dit maar net nóg ’n holruggeryde Christelike term geword wat geen aanklank vind by jou daaglikse lewe nie? Voel geloof soms na niks meer as ’n ydele wens nie?

As jy op sommige van hierdie vrae “ja” wil antwoord, is jy nie alleen nie. Baie Christene worstel met die mag van sonde en wonder of hulle dit ooit sal oorkom. Maar God het ’n oplossing vir hierdie probleem voorsien! Hy gee aan ons ’n rede om te hoop, soos jy self uit sy Woord sal leer. Gedurende die volgende paar weke sal jy, terwyl jy Romeine bestudeer, ’n groter waardering van dít wat God vir jou gedoen het, ondervind. Terwyl jy op sy genade en liefde vertrou, sal jy vrede vind. Hierdie vrede is eg — dit verander reeds vir eeue en eeue mense se lewens.

Byna 500 jaar gelede het Martin Luther, as monnik, met dieselfde kwessies geworstel. Hy is gepynig deur skuld,

13

E R V A A R D I E K R A G V A N

L E W E N S V E R A N D E R E N D E G E L O O F

UiteindeLik Vrymmmm

Page 14: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

14 romeine

daarom het hy gebid en gevas en homself op allerhande maniere gestraf, in die hoop dat hy sy vlees kon onderwerp en sy sonde onder beheer kon kry. Maar niks het oënskynlik gewerk nie. Sy pogings om God te behaag, was ’n eindelose stryd en hy het, ten spyte van al sy pogings, selde oorwinning gesmaak. Al wat oorgebly het, was ’n diep-gepynigde siel.

Terwyl hy egter die boek Romeine bestudeer het, net soos jy vandag doen, het hy tot die besef gekom dat regverdigheid slegs deur geloof kom, deur vertroue op God se genade om ons van die mag van sonde te bevry. Hierdie insig het hom verander van ’n gepynigde siel, vasgevang in sonde, na ’n man wat die diep en wonderbare vrede wat slegs God ons kan gee, geken het.

Wat het volgende gebeur? God het Luther gebruik om die historiese Protestantse Reformasie teweeg te bring. Die kerk was vasgevang in afgodediens, waardeur hulle met behulp van mensgemaakte reëls probeer het om regverdig te word. Hoe is Luther getransformeer? Die Heilige Gees het die heel eerste hoofstuk van hierdie kosbare boek, Romeine, gebruik! Daarna het die Heilige Gees Luther gelei om die kerk te transformeer! Die kerk het ’n verstommende herlewing ondervind met hul terugkeer na die bevrydende waarhede van Romeine 1.

Soos die boek Romeine Martin Luther verander het, kan dit jou ook verander. As jy geworstel het om God te behaag, as jy elke geestelike oefening wat mense jou aangeraai het, probeer het in ’n poging om aan God se heilige wet gelykvormig te word, vergeet van alles en begin dadelik om Romeine te bestudeer! As jy sukkel om goed genoeg te wees om God te behaag, sal die boodskap van Romeine jou vrymaak. Dit sal jou die versekering gee dat geloof in

Page 15: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

Christus alleen, geloof in sy evangelie, al wat nodig is om welgevallig in God se oë te wees. In hierdie geregtigheid het jy nou die ewige lewe en vrede met God en kan jy voortgaan om deur geloof te leef.

Dit stop egter nie by ’n gevoel van vryheid nie. Romeine sal jou ook leer dat jou daaglikse wandel voor God ’n kwessie van geloof is — geloof wat nie alleen red nie, maar ook heilig maak (jou afsonder en anders maak). Volgelinge van Christus lewe elke oomblik deur geloof. Geloof sal om drie redes altyd onlosmaaklik deel wees van jou Christelike lewenswandel: (1) Jy sal nooit volmaak gehoorsaam kan wees nie, (2) die daaglikse lewe is ’n eindelose stryd om goed te wees in God se oë en (3) sonder geloof kan ons God nie behaag nie.

Romeine sal jou leer van die almagtige, soewereine God, wat altyd optree in oneindige liefde, wysheid, regverdigheid, genade en trou en wat nie, soos die mens, van plan verander nadat Hy ’n belofte gemaak het nie. Ons het geloof nodig om die soewereiniteit van God oor ons lewens te aanvaar, veral wanneer ons omstandighede moeilik raak. Ons is nooit suksesvol as ons probeer om onafhanklik van God te funksioneer nie. Jesus het gesê: “Sonder My kan julle niks doen nie” (Johannes 15:5).

Romeine sal jou selfs leer hoe om God te dien deur ’n lewe van geloof te leef onder ’n menslike regering (soos Rome in die eerste eeu na Christus), binne ’n geloofsgemeenskap en met alle mense. Die regverdige leef in geloof binne elkeen van hierdie gemeenskappe.

Anders as enige ander sendbrief in die Nuwe Testament, verduidelik Romeine basiese waarhede en leerstellings in plaas daarvan om spesifieke probleme in die kerk aan te spreek. Dit beteken egter nie dat dit nie ’n praktiese boek is

uiteindeLik Vry 15

Page 16: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

nie. Uit Romeine leer ons basiese waarhede waarop ons ons lewens kan grondves.

Daar wag ’n groot skat op jou wanneer jy die kosbare juwele wat in die boek Romeine versteek is, ontgin. Soek getrou, delf diep en geniet die vrug van jou arbeid. Die vrug is soet en oor en oor die moeite werd.

16 romeine

Page 17: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

Ons beskou die evangelie (die goeie nuus) dikwels as ’n belangrike waarheid wat ons behoort te glo. Dit is egter nie alleen waar nie; dit is ook kragtig! Dit kan lewens verander

— ons eie en dié van almal wat glo. As dit ons hartsbegeerte is dat ander ook die lewensveranderende krag van ware geloof mag ondervind, moet ons die evangelie ken, sodat ons dit met hulle kan deel.

Reg aan die begin van hierdie boek skryf Paulus aan die Romeine dat hy hom nie oor die evangelie skaam nie, “want dit is ’n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek” (Romeine 1:16). Paulus weet dat dit die krag het om enigiemand te verander en dit is sy passie dat alle mense hierdie evangelie sal glo en gered sal word.

In die eerste vyf hoofstukke van Romeine sit Paulus noukeurig uiteen waarom sowel die Grieke as die Jode gered moet word en hoe redding plaasvind. Ons sou baie teologiese terme kon gebruik om hierdie waarhede oor te dra, maar ons sal eerder fokus op wat Romeine leer

17

W E E K E E N

Die Krag Van God tot Redding Vir ELkeen

Wat GLo

mmmm

Page 18: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

oor sonde en dood, geloof en redding, geregtigheid en ongeregtigheid.

Teen die tyd dat ons die eerste vyf weke voltooi het, sal ons miskien verstaan hoe Martin Luther gevoel het toe sy nuwe geloof hom vrygemaak het. Miskien sal dit vir jou ’n splinternuwe ondervinding wees. Dit sal jou beslis help om aan ander uit die Skrif te verduidelik hoe geloof lei tot regverdigheid.

Dit is egter nie genoeg om te weet hoe om die evangelie te verduidelik nie, of hoe? Ons moet in staat wees om ons rol in God se plan van redding vir die verlorenes raak te sien. Die almagtige God van hemel en aarde het jou naam, geliefde, ingeskryf in sy ontsagwekkende plan. Hy het aan jou sy woorde van belofte vir verlossing uit die koninkryk van die duisternis gegee. Opgesluit in sy wonderlike evangelie lê die pad na die koninkryk van ewige lig. Is jy gretig om ’n belangrike deel van sy plan vir die wêreld te wees? Hunker jy daarna om die evangelie met ander te deel? Glo jy waarlik dat alle mense redding nodig het?

Om in die leerstellings van Romeine te delf, sal makliker wees as jy die historiese agtergrond van Paulus se brief en van die ontvangers daarvan verstaan. Om die waarheid te sê, is die belangrike eerste stap by die studie van enige brief om die historiese agtergrond te bepaal deur alles moontlik oor die skrywer en die ontvangers van die brief te wete te kom. Lees Romeine 1:1-15. Kleur elke verwysing na Paulus (insluitlende voornaamwoorde) met een kleur,

18 romeine

Page 19: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

week een 19

soos byvoorbeeld blou. Lys dan in jou aantekeningboek alles wat jy omtrent Paulus leer.

Lees vers 1-15 weer ’n keer. Kleur hierdie keer elke verwysing na die ontvangers van die brief. Gebruik oranje of enige ander kleur van jou keuse. Lys dan wat jy oor die ontvangers leer.

Blaai nou na Romeine 15:15-32 en merk weer alle verwysings wat na Paulus en na die ontvangers verwys. Voeg dít wat jy omtrent elkeen leer, by die lyste wat jy uit Romeine 1:1-15 gemaak het. Die ontdekking van die historiese agtergrond beteken onder andere dat jy sal oplet waar gebeure plaasgevind het. Merk verwysings na geografiese plekke deur hulle met ’n groen dubbellyn te onderstreep. Dink dan na oor wanneer in sy bediening Paulus hierdie brief geskryf het. Om jou te help, kan jy die verslag in Handelinge 28:11-31 lees. Dit handel oor sy besoek aan Rome en jy kan dit vergelyk met wat jy in Romeine 1:13 gelees het.

Buiten vir hierdie twee verse, sal jy egter sien dat Romeine nie oor Paulus of diegene in Rome aan wie hy skryf, handel nie. Die kollig val eerder op die vele fundamentele waarhede wat in die boek geopenbaar word. Al die groot leerstellings oor verlossing is hier te vinde. Daar is geen boek wat die weg na redding en ’n lewe van geregtigheid vir elke mens uitstippel soos die boek Romeine nie. Sodra jy die grondwaarhede in hierdie boek gesnap het, sal jy gereed wees om die kosbare juwele van waarheid dwarsdeur die hele Bybel te ontgin. Romeine is ’n primêre of grondliggende brief, in die sin dat dit help om die speelveld gereed te maak vir die wonderlike

Page 20: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

boodskap van die evangelie van Jesus Christus. Romeine word dikwels beskryf as: “Die grondwet van ons geloof”.

Ons sal dwarsdeur al 16 hoofstukke van Romeine sleutelwoorde merk. Sommige van hulle is in ’n paar hoofstukke gelokaliseer, terwyl ander dwarsdeur die boek voorkom. Jy sal ’n bladwyser met sleutelwoorde daarop moet maak. ’n Gewone indekskaartjie is geskik vir hierdie doel. Maak aantekeninge op jou bladwyser om jou te herinner aan watter woorde om in elke hoofstuk te merk. As jy getrou die woorde merk, sal jy beloon word met wonderlike insigte in die belangrikste lering oor sonde, redding, regverdigmaking en heiligmaking.

Hierdie is egter nie alleen ’n leerstellige boek nie. Jy sal ook leer verstaan hoe om prakties te leef in die lig van al die wonderbaarlike dinge wat God vir jou gedoen het. Ons het só baie om waar te neem, só baie om te leer. Is jy gereed?

’n Wyse persoon het eenmaal gesê: “Herhaling is die moeder van leer.” In induktiewe Bybelstudie is lees en herlees die sleutel tot die begrip van die boodskap. Lees vandag weereens Romeine 1:1-15 en merk elke verwysing na Jesus só: Jesus. Gebruik pers om die simbool te teken en geel om die middel in te kleur. Wanneer jy klaar is, kan jy alles wat jy oor Jesus leer, aanteken in die aantekeningboek waarin jy beoog om al jou studienotas oor Romeine te skryf.

20 romeine

Page 21: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

Lees vandag die hele Romeine 1 en merk elke verwysing na die evangelie (insluitende voornaamwoorde en sinonieme) só: evangelie. Gebruik rooi vir die megafoon en kleur dit groen in. Merk ook die woord geloof só: geloof. Gebruik pers vir die boeksimbool en kleur dit groen in. Merk glo op dieselfde manier omdat hulle in Grieks dieselfde woord is — geloof is die naamwoord-vorm en glo die werkwoord-vorm. Merk genade blou met ’n geel randjie en toorn met ’n rooi T.

Die merk van sleutelwoorde is om verskeie redes belangrik. Dit verstadig jou studie en laat woorde op die bladsy uitstaan. Sodra jy die sleutelwoorde in jou Bybel gemerk het, is jy gereed vir waarnemings omtrent hulle. Vra die 5 W’s en H-vrae oor elke sleutelwoord — wie, wat, wanneer, waar, waarom en hoe. Maak ’n lys vir elke woord en skryf neer wat jy uit elke verwysing leer. As die merk van woorde vir jou ’n vreemde idee is, moet jy jou nie daaroor kwel nie. Ons belowe dat ons nie probeer om jou net besig te hou nie, net so min as wat dit bedoel is om jou Bybel in te kleur! As jy vir ’n rukkie lank met die merk van sleutelwoorde geëksperimenteer het, sal jy die waarde daarvan besef. Dit het ’n ongelooflike invloed op jou waarneming van die teks!

Lees weer deur Romeine 1 en merk regverdige, geregtigheid en ongeregtigheid. Hierdie woorde kom nie dikwels in hierdie hoofstuk voor nie, maar staan sentraal

week een 21

Page 22: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

in die boodskap van hierdie boek. Kies ’n kleur of merk geregtigheid met ’n hoofletter R en ongeregtigheid met ’n hoofletter R met ’n skuinsstreep daardeur, so: ongeregtigheid.

Jy mag dalk in die versoeking kom om net die sleutelwoorde te merk en voort te gaan met jou studie, maar moet dit nie doen nie! Elke keer dat jy ’n sleutelwoord merk, moet jy ’n bietjie tyd afstaan om te vas te stel wat jy leer.

Let op dat Paulus van Jode en Grieke melding maak. Jy hoef nie hierdie woorde te merk nie, maar dit is belangrik dat jy hulle waarneem. Wees ook op die uitkyk vir sinonieme vir heidene. Paulus gebruik Griek(e) vir heiden(e).

In Romeine 1 is daar ’n keerpunt by vers 18. Paulus verklaar in vers 15 dat hy verlang om die evangelie aan hulle wat in Rome is, te verkondig. In vers 16-18 verstrek hy drie redes, wat elkeen met die woord want begin. Lys Paulus se redes in jou aantekeningboek.

Romeine 1:20-32 beskryf mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk. Hierdie verse sluit etlike sleutelfrases in wat gemerk moet word: verruil en God het hulle oorgegee. Lees Romeine 1:20-32 en merk hierdie frases. Let op die progressie van gebeure terwyl jy waarneem wat die mense gedoen het en hoe God daarop gereageer het. Skryf uit wat die mense verruil het, só: “Hulle het _________________ verruil vir _______________.” Skryf onder elkeen van hierdie “ruiltransaksies” hoe

22 romeine

Page 23: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

God gereageer het in die frase “God het hulle oorgegee _________________.” Wat is die uiteinde van hierdie reeks verruilings? Met ander woorde, waartoe gee dit aanleiding?

Lees Romeine 1 nog een keer. Laat ons nou hierdie hoofstuk saam beredeneer. Paulus begin deur homself en sy gehoor te identifiseer. Hy is ’n apostel onder die heidene en skryf aan “al die geliefdes van God . . . wat in Rome is”. Kan jy uit hierdie eerste hoofstuk agterkom of die “geliefdes” Jode of heidene is? Paulus verklaar wel in in vers 16 dat die evangelie vir die Jode en die heidene is, maar met wie praat hy oënskynlik in Romeine 1? Wie beskryf hy in Romeine 1:20-32, waar hy die agteruitgang van dié wat die waarheid onderdruk, beskryf? Wat is die belangrikste punt wat hy oor hierdie mense maak? Behoort hulle verskoon te word omdat hulle geen idee gehad het dat God bestaan nie, of is God se toorn geregverdig? Watter verse dui dít aan?

Dit is so belangrik dat jy die vrae direk uit die teks sal beantwoord, selfs al moet jy herbesin oor dit wat jy vir baie jare geglo het.

Lees Psalm 19:1-3; 50:6 en 97:6 en vergelyk dié gedeeltes met Romeine 1:18-20.

Wanneer ons briewe in die Bybel bestudeer, kan ons tred hou met die opeenvolging van gebeure en die gedagtevloei deur die hoofgedagtes van ’n hoofstuk in ’n tema saam te vat. Nadat jy vandeesweek verskeie kere deur hoofstuk 1 gelees het, wat sou jy sê is die

week een 23

Page 24: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

hooftema van Romeine 1? Skryf dit op die ROMEINE- OORSIGWERKBLAD op bladsy 139.

Bewaar in jou hart: Romeine 1:16-17

Lees en bespreek: Romeine 1:16-32

Vrae Vir Bespreking of persoonlike studie

Ӱ Wat het jy geleer oor hulle wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk? Wat sal hulle uiteinde wees?

Ӱ Weet hierdie mense van God? Hoe? Is hulle sonder verskoning? Toon aan hoe jou antwoord deur die teks ondersteun word.

Ӱ Bespreek wat hierdie mense gedoen het. Wat het hulle verruil? Hoe het God in elke geval gereageer? Waaraan het God hulle oorgegee?

Ӱ Waarom dink jy wou Paulus die evangelie aan die heidene verkondig? Baseer jou antwoord op dít wat jy uit hierdie verse geleer het.

Ӱ Waarvan sou die heidene gered word? Hoe kan hulle gered word?

Ӱ Wat het die krag om mense wat glo, te red? Dink jy daardie krag is steeds beskikbaar, of was dit tot Paulus se preke beperk? Het jy al ooit daardie krag in aksie gesien?

Ӱ Watter vrae, wat nie in hierdie hoofstuk beantwoord is nie, kom in jou gedagtes op? Onthou, daar is nog 12 weke oor om Romeine te bestudeer en antwoorde op jou vrae te vind. Nou moet jy eenvoudig die vrae

24 romeine

Page 25: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

25

neerskryf, sodat jy hulle nie vergeet terwyl jy die boek Romeine bestudeer nie.

gedagte Vir die Week

Paulus wou die evangelie aan die heidene verkondig omdat dit ’n krag van God tot redding is vir elkeen wat glo. In die evangelie word die regverdigheid van God geopenbaar. Maar die toorn van God word ook “van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk.”

Almal weet dat God bestaan, want die skepping self is ’n toonbeeld van sy onsigbare attribute van ewige krag en goddelikheid, sy onverganklike natuur. Alhoewel hierdie attribute onsigbaar is, sê Paulus dat hulle van die skepping van die wêreld af “verstaan en duidelik gesien” word. God het aan alle mense sy krag en goddelikheid geopenbaar, sodat niemand enige verontskuldiging voor Hom het nie. God se toorn oor ongeregtigheid is geregverdig.

Alhoewel alle mense God geken het, het hulle Hom nie as God geëer, verheerlik of gedank nie. Terwyl hulle voorgegee het dat hulle wys was, het hulle dwaas geword. Die dwaasheid van die mens! Die skepping self verklaar wie God is en wat die aard van sy karakter is, maar die mense het vir hulself ander gode uitgedink, ander skepsels, ander produkte van hul eie denke wat hoegenaamd niks met God te doen het nie. Psalm 14:1 sê onomwonde dat hierdie poging belaglik is: “Die dwaas sê in sy hart: ‘Daar is geen God nie.’”

Die ganse mensdom het ’n geleentheid gehad om God te erken, omdat Hy Hom deur die geskape wêreld

week een 25

Page 26: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

geopenbaar het. Die eerste Skrifgedeeltes, naamlik die Ou Testament is aan slegs ’n klein groepie mense — die Jode

— gegee. Van die begin af het die hele mensdom egter die skepping ontvang. Toe die mensdom God se openbaring van Homself in die skepping verwerp het, het Hy hulle oorgegee aan onreinheid, skandelike hartstogte en ’n slegte gesindheid. Hy het hulle oorgegee aan die begeerlikheid van hulle hart, wat uitgeloop het op ’n reeks afgryslike verruilings.

Hierdie agteruitgang — ’n afwaartse spiraal tot in die aaklige dieptes van boosheid — insluitende die aanbidding van afgode, allerhande skepsels in plaas van die Skepper en dade van seksuele immoraliteit. Dit het gegaan van harte tot liggame en gedagtes na dade. Op grond hiervan het die mense die straf ontvang wat hulle verdien het. God is regverdig. Hy gee aan mense die geleentheid om Hom te erken en as hulle weier, kry hulle hul verdiende loon — die toorn van God.

Nogtans gaan mense voort om God te bespot en te ontken dat Hy bestaan. Hulle ontken dat Hy aan die begin die wêreld geskape het en dit aan die einde sal oordeel. Alhoewel hulle besef dat sulke gedrag die dood verdien, gee hulle hartgrondig hul goedkeuring aan dié wat, net soos hulle, in sonde volhard.

Ellende hou van geselskap. Ken jy enigiemand wat só leef? Het jy vriende, bure, kollegas of selfs familielede wat hulself en plesier, trouens enigiets wat hulle gelukkig of goed laat voel, najaag en verafgood? Ons ken almal sulke mense. Bloei jou hart om hulle te help? Sien jy hoe hulle op die onafwendbare — die toorn van God — afstuur en wil jy hê dat hulle daarvan gered sal word?

26 romeine

Page 27: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)

week een 27

Dít is ons wêreld — die wêreld waarin ons leef, ’n wêreld wat boos is en voortstorm na die oordeel van God. Maar die evangelie is die krag van God tot redding vir elkeen wat glo. Dít is goeie nuus!

Die waarheid is: Sonder Christus gaan mense hel toe. Die geleentheid is: met Christus kan mense gered word. Hulle kan deur die evangelie — die goeie nuus van die verlossing in Jesus Christus — gered word.

Glo jy in die evangelie? Is jy gereed om die goeie nuus oor te dra aan dié wat verlore gaan?

Page 28: E rvaar die Krag van Lewens- veranderende Geloof · Onthou, elke keer dat jy met die Woord van God besig raak, betree jy meer intensiewe oorlogvoering teen die duiwel (ons vyand)