graad 11 november 2013 meganiese tegnologie · c om krag oor te bring d om onderdele met betrekking...

21
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye, insluitende ʼn antwoordblad en ʼn formuleblad.

Upload: others

Post on 30-Aug-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

NOVEMBER 2013

MEGANIESE TEGNOLOGIE

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye, insluitende ʼn antwoordblad

en ʼn formuleblad.

Page 2: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

2 MEGANIESE TEGNOLOGIE (NOVEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou sentrum en eksamennommer in die betrokke spasies wat op jou

antwoordeboek verskaf word. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Bestudeer alle vrae deeglik. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik is. 5. Skryf duidelik en leesbaar. 6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. 7. Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars, asook teken-

en wiskundige instrumente gebruik. 8. Die waarde van die gravitasie versnellingskonstante moet as 10 m/s2 geneem

word. 9. Gebruik die onderstaande kriteria om jou te help met die beplanning van jou tyd:

VRAAG ONDERWERP PUNTE

1 Meervoudigekeuse-vrae 20

2 Veiligheid 10

3 Gereedskap en toerusting 12

4 Materiale 13

5 Terminologie (Vervaardigingsproses) 30

6 Samevoegingsmetodes 25

7 Kragte 30

8 Instandhouding 15

9 Stelsels en beheer 25

10 Pompe 20

TOTAAL: 200

Page 3: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

(NOVEMBER 2013) MEGANIESE TEGNOLOGIE 3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoord vir die volgende vrae voorsien. Kies die korrekte antwoord deur ʼn kruis oor die letter in die ooreenstemmende blok te trek op jou ANTWOORDBLAD, byvoorbeeld:

1.21 A B C D

1.1 Watter EEN van die volgende is NIE die verantwoordelikheid van ʼn persoon in

beheer van masjinerie NIE? A Hierdie persoon moet masjiene installeer en behoorlik in stand hou B Hierdie persoon moet nie masjinerie herstel nie C Hierdie persoon moet verseker dat veiligheidskerms in ʼn goeie toestand is

en behoorlik gebruik word D Hierdie persoon moet enigeen keer wat ʼn gevaarlike masjien wil gebruik (1) 1.2 Waarna moet opgelet word as daar met ʼn boorpers boorwerk gedoen word?

Watter een pas NIE? A Kies die regte boor vir die tipe materiaal B Klein werkstukke kan met die hand vasgehou word op die tafel gedurende

boorwerk C Moenie ʼn boor by die werkstuk in dwing nie D Stel die boor op die regte spoed (r/min) (1) 1.3 In watter klas hefboom sal jy die pyp-buig apparaat soos aangetoon in

FIGUUR 1.3 klassifiseer?

FIGUUR 1.3 A Eerste klas B Tweede klas C Derde klas D Nie een van bogenoemde (1)

Page 4: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

4 MEGANIESE TEGNOLOGIE (NOVEMBER 2013)

1.4 Identifiseer die onderdeel van ʼn senterdraaibank wat in FIGUUR 1.4 aangetoon word.

FIGUUR 1.4 A Beiteltoring B Saamgestelde slee C Vaste bril D Bewegende bril (1) 1.5 Die definisie vir dopverharding sal wees … A om ʼn slytbestande oppervlak oor ʼn taai kern te skep. B om ʼn uiters harde oppervlak oor ʼn sagte kern te skep. C om ʼn hoë karbiedoppervlak oor ʼn harde kern te skep. D Nie een van bogenoemde nie. (1) 1.6 Wanneer die uitgloeiingsproses uitgevoer word, word die warm werkstuk …

afgekoel. A vinnig B geleidelik C stadig D nie (1)

1.7

FIGUUR 1.7 Die sweissimbool gemerk FIGUUR 1.7 dui ... aan. A op perseelgesweis B rond-vormige stuiksweislas C reg rondom gesweis D materiaalverwydering verbode (1)

Page 5: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

(NOVEMBER 2013) MEGANIESE TEGNOLOGIE 5

1.8 Bestudeer die skets van ʼn tapsdraai prosedure wat op ʼn draaibank uitgevoer kan word.

FIGUUR 1.8 Watter van die onderstaande antwoorde verteenwoordig die prosedure in die

skets? A Loskop-oorstellingsmetode B Saamgesteldeslee metode C Tapsdraai hegstukmetode D Parallelmetode (1) 1.9 Identifiseer die tipe sweislas in FIGUUR 1.9 aangetoon.

FIGUUR 1.9 A Hoeklas B Kantlas C Stuiklas D Oorslaglas (1) 1.10 Watter sweisposisie word in FIGUUR 1.10 geïllustreer?

FIGUUR 1.10 A Onderhandsweising (plat posisie) B Bohand-/omhoogsweising C Skuinssweising D Horisontale sweising (1)

Page 6: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

6 MEGANIESE TEGNOLOGIE (NOVEMBER 2013)

1.11 Watter konsep beskryf “GVL’e” die beste? A ʼn Gekonsentreerde vallende las B ʼn Gelykmatige verdeelde las C ʼn Gevoelige las D Geen van bogenoemde (1) 1.12 Watter draaimetode word in FIGUUR 1.12 aangetoon?

FIGUUR 1.12 A Groefsteek B Eksterne skroefdraad sny C Interne skroefdraad sny D Boorwerk (1) 1.13 Oorverhitting van ʼn enjin kan as gevolg van die onklaarraking van die

verkoelingstelsel wees. Watter rede(s) kan dit wees? A Lekkasie op die stelsel se pype (slange) B Lekkasie as gevolg van ʼn beskadigde silinderkoppakstuk C ʼn Gebreekte waaierband D Al die bogenoemde (1) 1.14 Wat sal gebeur as die olie in ʼn motorenjin te vuil word? A Die olie-kanale kan verstop word B Die vuil olie sirkuleer en bevorder verdere slytasie C Die olie kan nie meer effektief hitte versprei nie D Al die bogenoemde (1) 1.15 Wat is die doel/werking van ʼn nie-terugslagklep in ʼn hidrouliese stelsel? A Om die druk in ʼn stelsel te verlaag B Om net ʼn bepaalde hoeveelheid olie deur te laat C Om vloei in een rigting toe te laat D A en C (1)

Page 7: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

(NOVEMBER 2013) MEGANIESE TEGNOLOGIE 7

1.16 Waarom moet die battery ontkoppel word as daar boogsweiswerk aan ʼn moderne voertuig gedoen word?

A Die boogsweismasjien sal nie ʼn boog kan voortbring nie B Elektroniese komponente mag beskadig word C Die GS-stroom kan na WS-stroom verander D Nie een van die bogenoemde (1) 1.17 Watter EEN is NIE ʼn basiese skroefdraadaanwending NIE? A Om onderdele by mekaar te hou B Om nie beweging oor te bring nie C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig die pomp se werkaksie

soos aangetoon in FIGUUR 1.18?

FIGUUR 1.18 A Wederkerige beweging B Draaiwiel met wieke C ʼn Lugstroom D Slinger- of waaierblaaie in ʼn omhulsel (1) 1.19 Watter van die volgende ratte sal in ʼn motor-ewenaar (diff) gevind word? A Wurmratte B Keëlratte C Reguittand ratte D Enkel heliese ratte (1)

Page 8: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

8 MEGANIESE TEGNOLOGIE (NOVEMBER 2013)

1.20 FIGUUR 1.20 dui ʼn balk met driepuntladings aan. Die linker reaksiekrag is 3,25 N.

FIGUUR 1.20 Wat sal die regter reaksiekrag se waarde wees? A 2,125 N B 2,46 N C 3,67 N D 2,75 N (1) [20] VRAAG 2: VEILIGHEID 2.1 Verduidelik TWEE oorsake van ongelukke in ʼn werkswinkelomgewing. (2) 2.2 Nadat jy ʼn sweislas gesweis het, moet jy die las glad slyp met ʼn hoekslyper om

dit ʼn perfekte afwerking te gee deur ʼn hoekslyper te gebruik. Identifiseer enige TWEE veiligheidsmaatreëls om gedurende die gebruik van die hoekslyper na te kom. (2)

2.3 Die skool se oksi-asetileensweisapparaat moet hervul word. Identifiseer DRIE

veiligheidsreëls wanneer die apparaat hanteer word. (3) 2.4 Dui die belangrikheid van die volgende veiligheidsfaktor in ʼn werkwinkel aan: 2.4.1 Beligting (1) 2.4.2 Ventilasie (1) 2.5 Transmissie-aandrywings speel ʼn belangrike rol in masjiene, maar kan ook

baie gevaarlik wees as nie bedek is nie. Hoe sal jy ongelukke voorkom wanneer daar met transmissiebande, kettings of kettingratte gewerk word? (1)

[10]

Page 9: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

(NOVEMBER 2013) MEGANIESE TEGNOLOGIE 9

VRAAG 3: GEREEDSKAP EN TOERUSTING 3.1 FIGUUR 3.1 hieronder toon ʼn presisie-meetgereedskap aan.

FIGUUR 3.1 3.1.1 Identifiseer die meetgereedskap verteenwoordig in FIGUUR 3.1 hierbo. (1) 3.1.2 Verskaf byskrifte vir die dele genommer 1 tot 4. (4) 3.1.3 Versorging moet toegepas word om ʼn lang lewensduur vir die

instrument te verseker. Noem TWEE versorgingsmaatreëls om die lewensduur van die meetinstrument te verleng. (2)

3.2 FIGUUR 3.2 hieronder dui ʼn binne-mikrometerlesing.

FIGUUR 3.2 Skryf die lesing in die korrekte orde neer. (1) 3.3 Watter gereedskapstuk sal jy gebruik as jy ʼn onbekende skroefdraadsteek op ʼn

bout wil bepaal? (1) 3.4 In watter eenheid word wringkrag aangedui/bereken? (1)

3.5

FIGUUR 3.5 Gee TWEE redes vir die gebruik van ʼn wringsleutel op ʼn enjin. (2) [12]

Page 10: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

10 MEGANIESE TEGNOLOGIE (NOVEMBER 2013)

VRAAG 4: MATERIALE 4.1 Verduidelik die term hittebehandeling. (2) 4.2 In die werkswinkel moet metale aan sekere vereistes voldoen en daarom

sekere eienskappe hê. Gee die definisie van die volgende metaaleienskap: ELASTISITEIT. (2)

4.3 Tabuleer die volgende hittebehandelingsprosesse en identifiseer EEN

EIENSKAP.

PROSES EIENSKAP

4.3.1 Verharding (1)

4.3.2 Tempering (1)

4.3.3 Uitgloeiing (1)

4.3.4 Normalisering (1)

4.4 Die nokas is een onderdeel wat dopverhard word. Daar is drie metodes van

dopverharding. Noem enige TWEE metodes van dopverharding. (2) 4.5 Wat sal gebeur as koolryke staal dopverhard word? (2) 4.6 Staalblussing van temperature bo 7 000 ºC is ʼn baie ingrypende behandeling

en is dikwels die rede vir werkstuk kraak of vertrekking daarvan. Gee ʼn rede hoekom pekel bo kraanwater verkies word. (1)

[13] VRAAG 5: TERMINOLOGIE (VERVAARDIGINGSPROSES) 5.1 Jy moet ʼn taps op jou werkstuk sny deur die saamgestelde sleë metode te

gebruik. Die afmetings van die taps is soos volg: Die groot diameter moet 39,6 mm wees en die klein diameter moet 22 mm wees en die lengte van die taps is 50 mm. Bereken die hoek waarteen die saamgestelde sleë gestel moet word om die taps te kan sny. (5)

5.2 Noem TWEE voordele van tapsdraaiwerk met die saamgestelde sleë-metode. (2) 5.3 Sipho is ʼn ambagsman wat ʼn freesmasjien by Gearmax bedien. Bepaal deur

berekening die indeksering in elk van die volgende gevalle wat hy sal volg: 5.3.1 ʼn Rat met 23 tande (Eenvoudige indeksering) (3) 5.3.2 ʼn Pentagoon (5) (3)

Page 11: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

(NOVEMBER 2013) MEGANIESE TEGNOLOGIE 11

5.4 Voltooi die volgende: 5.4.1 Gee die eenheid vir druk/spanning. (1) 5.4.2 Gee die eenheid vir oppervlakte. (1) 5.4.3 Gee die eenheid vir spoed/snelheid. (1) 5.4.4 Sewe kilometer = … meter (skakel om) (1) 5.4.5 Gee die betekenis vir RPM. (1) 5.4.6 Gee die betekenis vir SSD (PCD). (1)

5.5

FIGUUR 5.5 FIGUUR 5.5 toon die werkende onderdele van die verdeelkop. Benoem die

onderdele genommer 1–5. (5) 5.6 Beskryf in SES logiese stappe hoe om ʼn frees met die wyserplaataanwyser te

sentreer. (6) [30]

Page 12: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

12 MEGANIESE TEGNOLOGIE (NOVEMBER 2013)

VRAAG 6: SAMEVOEGINGSMETODES

6.1

FIGUUR 6.1 Wat beteken die sweissimbole soos in FIGUUR 6.1 aangetoon, gemerk 1–4? (4)

6.2

FIGUUR 6.2 FIGUUR 6.2 hierbo dui ʼn deursnee aansig van ʼn boogsweislas aan. Benoem

die dele genommer 1–10. (10) 6.3 6.3.1 Beskryf in SES stappe hoe die aansit (aansteek) prosedure sal werk vir

die oksiasetileentoerusting. (6) 6.3.2 Watter gasbottel gebruik linksom skroefdraad? (1) 6.3.3 Wat beteken dit om ʼn silinder te SNUIF? (1)

Page 13: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

(NOVEMBER 2013) MEGANIESE TEGNOLOGIE 13

6.4 Daar bestaan VYF hoofsoorte sweislasse. Hierdie lasse kan deur middel van sweissoldering, gassweising of boogsweising gevorm word. IDENTIFISEER die DRIE sweislasse wat hieronder geïllustreer is.

6.4.1

(1)

6.4.2

(1)

6.4.3

(1)

[25]

VRAAG 7: KRAGTE

7.1 Die balk word aan twee puntlaste onderwerp en word aan elke kant deur RL en RR ondersteun soos in FIGUUR 7.1 aangedui.

FIGUUR 7.1

7.1.1 Bereken die grootte van RL en RR (6)

7.1.2 Toets of die balk in ewewig is (2)

7.2 FIGUUR 7.2 dui ʼn oopbeksleutel aan wat gebruik word om ʼn moer mee vas te draai.

FIGUUR 7.2 WENK:

Bereken die krag (P) wat toegepas moet word om ʼn wringkrag van 21,6 N.m op te wek as die lengte van die sleutel 350 mm is. (4)

Page 14: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

14 MEGANIESE TEGNOLOGIE (NOVEMBER 2013)

7.3 Bereken die omvang en die rigting van die resultantkrag (R) in die kragteparallelogram hieronder.

KRAG VERTIKAAL HORISONTAAL

6 N Y = … X = …

4 N Y = 4 sin 0º 0 N X = 4 cos 0º 4 N

TOTAAL (12)

7.4

BEREKEN die drukspanning in ʼn 25 mm ronde staal staaf as dit onderwerp

word aan ʼn druklas van 12 kN. Die antwoord moet in MPa wees. (6) [30] VRAAG 8: ONDERHOUD 8.1 By ʼn motorratkas is die onderdele in kontak met mekaar en kan wrywing nooit

geheel en al uitgeskakel word nie, maar wel met behulp van smeermiddels drasties verminder word. Beantwoord die volgende vrae.

8.1.1 Wat is die doel van enige smeermiddel? (1) 8.1.2 Wat beteken die term wrywing? (1) 8.2 Aluminium wat oor staal beweeg/gly het ʼn wrywingskoëffisiënt (µ) van 0,4.

Bereken die wrywingskrag (F) indien die aluminium ʼn massa van 7 kg het. (4) 8.3 Verduidelik die onderstaande smeerbegrippe/afkorting: 8.3.1 Viskositeit (1) 8.3.2 Smeervermoë (1) 8.3.3 SAE (1) 8.4 Enige draaivoorwerp in ʼn motorenjin of motorvoertuig moet die minste

moontlike vibrasie veroorsaak wanneer dit op spoed wentel. 8.4.1 Hoe kan ongebalanseerde onderdele gebalanseer word? Noem TWEE

maniere. (2) 8.4.2 Noem VIER belangrike aspekte wat jy moet weet van wielsporing

voordat wielsporing verstel word. (4) [15]

Page 15: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

(NOVEMBER 2013) MEGANIESE TEGNOLOGIE 15

VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER 9.1 Die FIGUUR dui ʼn saamgestelde rat-aandrywing aan.

FIGUUR 9.1 9.1.1 As rat A kloksgewys draai, in watter rigting sal rat D draai? (1) 9.1.2 Identifiseer rat A in hierdie saamgestelde ratsisteem. (1) 9.1.3 Bereken die spoed van rat D in r/min as rat A teen 480 r/min draai. (4) 9.2 Skroefdraad is fundamenteel in die industriële proses. FIGUUR 9.2 is ʼn

eksterne metrieke skroefdraad wat vervaardig kan word deur dit te sny in ʼn draaibank.

FIGUUR 9.2 IDENTIFISEER die byskrifte (A, B en C) op die skroefdraad soos aangedui in

FIGUUR 9.2 en skryf elkeen se DEFINISIE neer. (3 + 3) (6) 9.3 ʼn Koppelaar is ʼn toestel waarin twee asse of draaionderdele gekoppel of los

van mekaar kan wees. Na gelang van die manier waarop dit krag oorbring, kan koppelaars in drie kategorieë verdeel word. Noem die DRIE kategorieë. (3)

Page 16: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

16 MEGANIESE TEGNOLOGIE (NOVEMBER 2013)

9.4 ʼn Krag van 300 N word op suier A van ʼn hidrouliese pers uitgeoefen.

FIGUUR 9.4 Bereken die: 9.4.1 druk in die sisteem opgewek in kPa. (3) 9.4.2 las wat gelig kan word deur die hidrouliese pers in kN. (4) 9.5 Nokmeganismes word algemeen gebruik om kleppe in motorvoertuie enjins te

laat werk.

FIGUUR 9.5 Identifiseer die DRIE dele 1–3 soos aangedui. (3) [25]

Page 17: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

(NOVEMBER 2013) MEGANIESE TEGNOLOGIE 17

VRAAG 10: POMPE 10.1 Die werkbeginsel van ʼn suierpomp is die vorentoe-en-agtertoe- of op-en-af

beweging wat uit ʼn sirkelbeweging ontwikkel.

FIGUUR 10.1 Noem die TWEE hoofverskille tussen ʼn suierpomp en plunjerpomp. (2) 10.2 Pompsyfering is ʼn aanduiding van die hoeveelheid vloeistof wat nie gelewer

word nie, maar verlore gaan. Lys VIER redes vir pompsyfering. (4)

10.3

FIGUUR 10.3 Benoem die onderdele van die sentrifugale pomp wat as ʼn waterpomp in ʼn

motorvoertuig gebruik word, gemerk 1–6. (6) 10.4 Skryf VIER voordele wat die sentrifugale pomp bo dié van ʼn suierpomp bied

neer. (4) 10.5 Die monopomp is ʼn roterende pomp met ʼn heliese metaalwurm wat binne ʼn

rubberstator draai. Noem TWEE tipiese areas waar ʼn monopomp gebruik word. (2)

10.6 Die funksie van enjinolie is om metaal-teen-metaalkontak tussen

enjinonderdele te voorkom. VERDUIDELIK die noodsaaklikheid van oliedruk in ʼn enjin. (2)

[20] TOTAAL: 200

Page 18: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

18 MEGANIESE TEGNOLOGIE (NOVEMBER 2013)

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 FORMULEBLAD 1. MAATBLOKKIES: Stel nr.M.50

Reeks toename in mm getal blokkies

1,0025 tot 1,0075 0,0025 3

1,01 tot 1,09 0,01 9

1,1 tot 1,9 0,1 9

1 tot 25 1,0 25

50; 75; 100 3

0,5 1

2. WRYWING: µ = wrywingskoëffisiënt N = Normaalkrag 3. WRINGKRAG (TORSIE) T: T = Krag x Afstand waar T = N.m 4. BANDAANDRYWINGS

4.1 Bandspoed =

4.2 Bandspoed = ( )

(t =banddikte)

4.3 Bandmassa/kilogram =

(A = dikte wydte)

4.4 Spoedverhouding =

4.5 Uitset spoed =

4.6 Oopbandlengte = ( )

( )

4.7 Gekruisdebandlente = ( )

( )

4.8 Drywing (P) =

4.9 Verhouding tussen die stywe en slap kant =

4.10 Drywing (P) = ( )

4.11 Wydte =

4.12 DiaA x NA = DiaB x NB

Page 19: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

(NOVEMBER 2013) MEGANIESE TEGNOLOGIE 19

5. RATAANDRYWINGS: REGUITTANDRAT

5.1 Drywing (P) =

5.2 Ratverhouding =

5.3

5.4 Wringkrag =

5.5 Wringkrag oorgedra =

5.6 TA x NA = TB x NB

6. HIDROULIKA

6.1 Druk =

Krag (F)

Area (A)

6.2 Volume = dwarsdeursneeopppervlakte x slaglengte (ℓ of s)

6.3 Arbeid verrig = krag x afstand

Page 20: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig
Page 21: GRAAD 11 NOVEMBER 2013 MEGANIESE TEGNOLOGIE · C Om krag oor te bring D Om onderdele met betrekking tot mekaar te verstel (1) 1.18 Watter van die volgende beskrywings verteenwoordig

20 MEGANIESE TEGNOLOGIE (NOVEMBER 2013)

VRAAG 1 moet op hierdie antwoordblad beantwoord word NAAM:

ANTWOORDBLAD

VRAAG 1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Voorbeeld

1.21 A B C D

1.1 A B C D

1.2 A B C D

1.3 A B C D

1.4 A B C D

1.5 A B C D

1.6 A B C D

1.7 A B C D

1.8 A B C D

1.9 A B C D

1.10 A B C D

1.11 A B C D

1.12 A B C D

1.13 A B C D

1.14 A B C D

1.15 A B C D

1.16 A B C D

1.17 A B C D

1.18 A B C D

1.19 A B C D

1.20 A B C D

TOTAAL

Skeur die antwoordblad af en handig saam met jou antwoordeboek in.