laerskool george-suid assesseringsbeleid · 10.1 afwesigheid gedurende assessering 10.2...

18
LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID IMPLEMENTERING : JANUARIE 2016 HERSIENING : 2019 OPGESTEL DEUR: B. ALBERTYN Adjunkhoof : Akademie: Kurrikulumkoördineerder R. DU TOIT Departementshoof : Akademie: Grondslagfase M. ROUX Departementshoof : Gr. R M. BOSHOFF Departementshoof : Inligtingstegnologie

Upload: others

Post on 03-Jan-2020

29 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID · 10.1 Afwesigheid gedurende assessering 10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering ... Vertolk

LAERSKOOL GEORGE-SUID

ASSESSERINGSBELEID

IMPLEMENTERING : JANUARIE 2016 HERSIENING : 2019

OPGESTEL DEUR: B. ALBERTYN Adjunkhoof : Akademie: Kurrikulumkoördineerder R. DU TOIT Departementshoof : Akademie: Grondslagfase M. ROUX Departementshoof : Gr. R M. BOSHOFF Departementshoof : Inligtingstegnologie

Page 2: LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID · 10.1 Afwesigheid gedurende assessering 10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering ... Vertolk

LGS: ASSESSERINGSBELEID

BELEIDSDOKUMENT Bladsy 2

INHOUDSOPGAWE

1. Doel 2. Beginsels 3. Doel van assessering 3.1 Assessering van Leer 3.2 Kriteria vir effektiewe assessering 4. Rolspelers 4.1 Leerder 4.2 Onderwyser/es 4.3 Program koördineerder 4.4 Kurrikulum komitee 4.5 Dagbestuur 4.6 Kurrikulumkoördineerder 4.7 Kurrikulumbestuurder 4.8 SAOK 4.9 Ouers / voogde 4.10 Gemeenskap 5. Assesseringsdiagram 6. Assessering 6.1 Assesseringsplan 6.2 Assesseringsmetodes-, tegnieke en instrumente 7. Kontaktyd 8. Dokumentasie 8.1 Opvoedersportefeulje 8.2 Leerderprofiel 8.3 Leerderportefeulje 8.4 Riglyne vir voltooiing van rapporte 9. Punteverwerking 9.1 Rekordering 9.2 WKOD-skedules 9.3 Akademiese verslag 9.4 Prestasiekodes 9.5 Promosie en progressie 9.6 Slaagvereistes 9.7 Ingrypingsverslae 10. Algemeen 10.1 Afwesigheid gedurende assessering

10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering 11. Leerondersteuning / intervensie 12. Pre-Primêre afdeling 12.1 Pre-Gr. R 12.2 Gr. R 13. Bylaes

Page 3: LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID · 10.1 Afwesigheid gedurende assessering 10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering ... Vertolk

LGS: ASSESSERINGSBELEID

BELEIDSDOKUMENT Bladsy 3

ASSESSERINGSBELEID Implementeringsdatum JANUARIE 2016

1. DOEL VAN HIERDIE BELEID Met hierdie Assesseringsbeleid streef Laerskool George-Suid daarna om die

beleidsuitgangspunte van die Departement van Onderwys te interpreteer en sinvol te implimenteer. In die gees van “uitnemende onderrig”, soos verwoord in die Skool se missie, word daar gepoog om hedendaagse navorsings-gebaseerde opvattings en standaarde aangaande assessering te belyn.

Die Beleid moet ook duidelike riglyne en antwoorde verskaf aan personeel t.o.v. alle

dimensies van Assessering in ons skool.Die doel van hierdie beleid is ook om ’n raamwerk daar te stel waarbinne assesseringspraktyke by Laerskool George-Suid:

o geldig, betroubaar en verantwoordbaar kan wees, en o aan die hand van duidelike beginsels binne vakke, gerig en geëvalueer kan word.

2. BEGINSELS Alle beginsels van die KABV-kurrikulum word ten volle onderskryf in hierdie Beleid. Dit sluit aspekte in soos:

ondersteuning en bestuur van assessering;

interne en eksterne gehalteversekeringsprosesse;

die beginsel dat almal kan leer;

dat assessering’n proses is waarin leerkragte aktiewe fasiliteerders is;

voortdurende opleiding aan onderwysers;

die toepassing van nuutste navorsing in onderrigtegnieke; en

die benutting van tegnologie om die administrasie proses te vergemaklik.

“Leerkragte moet onderrig!” 3. DOEL VAN ASSESSERING

Assessering moet op die doeltreffendste wyse moontlik ‘n aanduiding van leerderprestasie verskaf en moet verseker dat leerders kennis en vaardighede integreer en toepas. Assessering moet leerders ook help om hulle eie prestasie te evalueer, om doelwitte vir vordering te stel en dit behoort verdere leer aan te moedig. Assessering by Laerskool George Suid moet die onderrig- en leerproses verbeter.

Die volgende doelwitte is integraal tot assessering: o Bevorder individuele groei o Monitor van vordering o Aktiewe fasilitering van leer

Leerkragte moet kennis neem van die duidelike onderskeid tussen Assessering vir Leer (Formatiewe Assessering) en Assessering van Leer (Summatiewe Assessering) waarvoor spesifieke vereistes vir vorderingsdoeleindes vasgestel is. Neem asseblief kennis dat alle assessering, of dit vir formatiewe of summatiewe doeleindes beplan is, uiteindelik bydra tot die formatiewe proseswat die leerder in die leerproses ondersteun, en dat terugvoering ’n kritieke element is om te verseker dat assessering leer bevorder. Die WKOD stel die vereistes vir Assessering van Leer,maar Assessering vir Leer is die professionele verantwoordelikheid van die leerkrag.(Omsendbrief 3/2004)

Page 4: LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID · 10.1 Afwesigheid gedurende assessering 10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering ... Vertolk

LGS: ASSESSERINGSBELEID

BELEIDSDOKUMENT Bladsy 4

3.1 ASSESSERING VIR LEER:

Leerkragte moet verseker dat geskikte, voldoende en geldige assessering vir leer plaasvind. ’n Volledige program van assessering is noodsaakliken behoort meer as genoeg geleenthede te skep vir diagnostiese assessering, wat ’n integrale deel van die onderrig- en leerprosesuitmaak. Deurlopende assessering stel die onderwyser in staat om in noue kontak van leerderbehoeftes te bly en om die pas en reikwydte van lesse ooreenkomstig aan te pas - sodat remediëring en verryking volgens behoefte voorsien kan word. Onderwysers moet rekord hou van Assessering vir Leer wat plaasvind.

As bestuurder van die kurrikulum, sal die skoolhoof verseker dat voldoende maatreëls in die skool in plek gestel is om assessering vir leer te ondersteun en te monitor, en om te verseker dat onderrig en leer positief deur die proses ondersteun en bevorder word.

KABV is voorskriftelik en die aantal assesseringstake per vak, is’n poging om deurlopende assessering te standaardiseer en om die minimum aantal assessering-items, wat vir vorderingsdoeleindes vereis word, vas te stel en die kwaliteit van die items aan te spreek.

Hierdie assesseringsaktiwiteite, sowel as die assessering vir leeraktiwiteite waarop die onderwyser besluit het, moet ’n integrale deel van die onderrig- en leerproses vorm.

Onderwysers moet rekord van alle assesseringsaktiwiteite hou, en verseker dat leerders voldoende en toepaslike terugvoering na elke assesserings-aktiwiteit ontvang.

Leerders, en hul ouers/voogde, behoort vroegtydig in kennis gestel te word van aktiwiteite wat vir summatiewe rekordhoudingsdoeleindes gebruik gaan word, watter assesseringskriteria gebruik sal word, asook die rubriek van die assesseringstaak, en datums vir inlewering sodat hulle effektief vooruit kan beplan.

Elke item wat opgeteken word, moet onderworpe wees aan ’n interne kwaliteits-versekeringproses, wat moderering, byvoorbeeld, deur ’n Departementshoof, vakhoof, Kurrikulum komitee of Mede-vakleerkrag, kan insluit.

3.2 KRITERIA VIR EFFEKTIEWE ASSESSERING Hierdie kriteria behoort egter nie in isolasie oorweeg of toegepas te word nie, maar sover as moontlik in balans tot mekaar.

Geldigheid Die assessering meet wat dit veronderstel is om te meet en die afleidings en aksies wat op die assesseringsresultate gebaseer is, is gepas en akkuraat.

Betroubaarheid Die resultate van assesseringstake of geleenthede is herhaalbaar in verskillende kontekste.

Page 5: LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID · 10.1 Afwesigheid gedurende assessering 10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering ... Vertolk

LGS: ASSESSERINGSBELEID

BELEIDSDOKUMENT Bladsy 5

Akademiese Eerlikheid Die nodige prosedures bestaan om oneerlikheid so ver moontlik te verhoed, te bespeur en te hanteer. Dit impliseer dat alle betrokkenes op hoogte is van die WKOD se riglyne en beleide in die verband.

Deursigtigheid Inligting oor assessering is aan leerders bekend. Dit sluit in inligting oor die redes vir die assessering, wanneer dit sal plaasvind, metodes wat gebruik sal word, die kriteria waaraan dit gemeet sal word en die wyse waarop die finale punt bereken sal word.

Regverdigheid Assesseringsisteme is billik deurdat alle leerders regverdig behandel word, sonder vooroordeel en met die nodige hulp om onvermoë of agterstande te oorkom.

Haalbaarheid Die koste en praktiese implikasies van die assesseringsproses is redelik binne die konteks en die doel van die assessering.

Tydige terugvoer Leerkragte gee tydige terugvoer oor formatiewe en summatiewe assesseringstake. Die terugvoer stel die leerder in staat om die gedeeltes wat bevredigend afgehandel is te identifiseer en duidelik te weet watter gedeeltes verdere studie benodig.

4. ROLSPELERS 4.1 VERANTWOORDELIKHEDE: LEERDER

Maak seker dat hy/sy op hoogte is van die reëls en voorskrifte met betrekking tot assessering;

Verbind hom-/haarself daartoe om ’n eerlike en pligsgetroue poging aan in asses-seringstake aan te wend.

4.2 VERANTWOORDELIKHEDE: ONDERWYSER/ES

Pas die kriteria vir effektiewe assessering suksesvol in die praktyk toe;

Rubrieks moet vooraf aan die leerders bekend wees, daar kan selfs oor sommige kriteria vooraf met leerders onderhandel word.

Wend assessering effektief aan vir verskillende doeleindes; en

Neem, in samewerking met die Kurrikulum Komitee, verantwoordelikheid vir sy/haar eie verdere ontwikkeling en/of opleiding in assesseringsvaardighede.

4.3 VERANTWOORDELIKHEDE: PROGRAMKOÖRDINEERDER (GRAADHOOF)

Moniteer en neem aksie om sake wat aandag verdien, op te volg en toe te sien: o Dat die uitkomste van die program bereik word; o Dat toepaslike assesseringskriteria en assesseringsmetodes gebruik word; o Dat geïntegreerde assessering plaasvind; o Dat leerder terugvoer oor modules opgeneem en opgevolg word; o Dat leerderprestasie in die program as geheel opgeneem en opgevolg word. o Ontwikkeling van nuwe leerstrategie. o Bestuur van hulpbronne

Page 6: LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID · 10.1 Afwesigheid gedurende assessering 10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering ... Vertolk

LGS: ASSESSERINGSBELEID

BELEIDSDOKUMENT Bladsy 6

4.4 VERANTWOORDELIKHEDE: KURRIKULUM- & MODERERINGSKOMITEE (Vakhoofde o.l.v. Adjunkhoof & Akademiese Departementshoof)

Bring problematiese tendense in verband met assessering onder die aandag van die relevante persone;

Oriënteer leerders via hul klasonderwysers ten opsigte van assessering en hul verantwoordelikhede in die verband; en

Sorg dat die assesseringsbeleid en hul verbintenis daartoe aan leerders bekend is.

Ontwikkel ‘n moniteringsisteem vir die verskillende vakke se assesseringspraktyke, om te verseker dat dit voldoen aan skoolbeleid;

Identifiseer prosedures, meganismes en ‘n leerondersteuningsisteem om afwyking van die skool se assesseringsbeleid te hanteer;

Moniteer leerders se persepsie oor die gehalte van hul assessering deur middel van module- en leerkragterugvoer en ontwikkel ’n leerondersteuningsisteem. Waar dit blyk dat die assessering nie op standaard is nie, moet intervensie deur die betrokke leerkrag ’n belangrike rol speel.

Verseker ten tye van vakindelings, asook deurlopend, dat leerkragte wat by assessering van leerders betrokke is, voldoende toepaslike opleiding en/of ervaring het.

Vertolk die sukses van die beleid deur middel van die bestaande jaarlikse uitslae te monitor om sodoende:

Die beste praktyke in assessering in verskillende vakke te deel;

Om toe te sien dat moontlike onvoorsiene probleme met die implementering van die assesseringsbeleid bespreek word;

Vakhoofde en leerkragte te adviseer met die implementering van die assesserings-beleid; en

Te verseker dat hierdie assesseringsbeleid vier jaar na implementering (in 2019) hersien word.

4.5 VERANTWOORDELIKHEDE VAN DIE SKOOL (DAGBESTUUR) Skool verseker dat hul assesseringstrategieë met betrekking tot die beplanning, uitvoering en monitering van hul assesseringspraktyke in lyn is met die WKOD se Assesseringsbeleid.

Verseker dat assessering spesifiek aandag geniet in alle Fases van onderrig; Vestig en onderhou gehalteversekeringsprosesse van hul programme waarin

spesifiek aandag gegee word aan assesseringspraktyke; Ontwikkel en implementeer prosedures vir die bevordering van beste praktyke in

assessering (bv. deur voorbeelde van goeie assesseringspraktyke bekend te stel); en Beskik oor prosedures en meganismes om probleme met die implementering van die

Skool se assesseringsbeleid te identifiseer en te hanteer. Adviseer vakhoofde (tydens die beplanning van akademiese programme), oor

metodes om die gehalte van hul assesseringsprosesse te verhoog; Ondersteun vakhoofde tydens die formulering en/of aanpassing van prosesse wat op

die versekering van die gehalte van assessering betrekking het; en Verseker dat die Skool se beleid, prosesse en strategieë t.o.v. assessering voldoen

aan WKOD beleid en vereistes. Verskaf ondersteuning aan leerkragte t.o.v. die ontwikkeling en implementering van

gepaste assesseringspraktyke;

Page 7: LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID · 10.1 Afwesigheid gedurende assessering 10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering ... Vertolk

LGS: ASSESSERINGSBELEID

BELEIDSDOKUMENT Bladsy 7

Bied opleiding aan leerkragte byvoorbeeld deur middel van werkswinkels en ‘n kort kursus in assessering;

Konsulteer met individuele leerkragte, ouers, vakadviseurs, WKOD-kundiges en buite-kundiges; en

Doen behoefte-gerigte navorsing oor tersaaklike aspekte van assessering. 4.6 VERANTWOORDELIKHEDE: KURRIKULUMKOÖRDINEERDER (ADJUNKHOOF)

Koördineer die implementering van Laerskool George-Suid en die WKOD se strategieë vir leer en onderrig, die skool en die verskillende vakke se assesserings-beleide, en die skoolbeleid insake Assessering en Erkenning van Prestasies (Erkenningsgeleenthede);

Koördineer die jaarlikse programhersieningsprosesse binne die skool.

Koördineer die rooster vir assesseringstake i.s.m. die Graadhoofde en Departe-mentshoof;

Opstel van die assesseringsrooster met toepaslike riglyne.

4.7 VERANTWOORDELIKHEDE: KURRIKULUMBESTUURDER (SKOOLHOOF) Moet alle nuwe toepaslike dokumente met ontvangs bestudeer en bespreek met die

Kurrikulum Koördineerder en saam besluit oor: Implementeringswyse en –datum Toepaslike opleiding reël of self aanbied Opgradering van skool- en vakbeleide Moet hierna alle nuwe toepaslike dokumente, beskikbaar stelaan die onderskeie

rolspelers. Voortsmoet hy verseker dat die nodige ondersteuning t.o.v. mannekrag, finansies,

toerusting, ens. beskikbaar is. Die mees geskikte leerkrag indeel by die vakke of graad.

4.8 VERANTWOORDELIKHEDE: SAOK

Nou saamwerk met die eksamenbeamptes wat by die distrikskantoor gebaseer is;

Alle onreëlmatighede deur onderwysers in die interne assesseringsproses ondersoek;

Alle onreëlmatighede in interne assessering deur enige ander persoon betrokke by die interne assesseringsproses ondersoek;

Alle onreëlmatighede wat gepleeg is deur leerders tydens die interne assesserings-prosesondersoek;

Enige ander interne onreëlmatigheid ondersoek soos en wanneer versoek deur diedistriksdirekteur of sy of haar genomineerde; en

Alle interne assesseringsonreëlmatighede rapporteer, via die distrikskantore, aan diedistriksassesserings-onreëlmatighedekomitee (DAOK).

4.9 VERANTWOORDELIKHEDE: OUERS/VOOG (Sien ook voorgeskrewe gedragkode vir ouers) Moet ondersteunend wees teenoor sy/haar kind en leerkrag. Hulp verleen t.o.v. akademiese uitdagings. Homself/haarself beskikbaar stel om hul kundigheid te deel. Nooit die leerkrag se gesag sal ondermyn nie. Bereid wees om aanpassings te maak vir Leer.

Page 8: LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID · 10.1 Afwesigheid gedurende assessering 10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering ... Vertolk

LGS: ASSESSERINGSBELEID

BELEIDSDOKUMENT Bladsy 8

4.10 VERANTWOORDELIKHEDE: GEMEENSKAP Moet begrip toon vir veranderde behoeftes t.o.v. drastiese veranderinge binne die

onderwys. Moet ondersteuning bied t.o.v. die beveiliging van skole en hul leerders. Moet skool en sy aktiwiteite respekteer en andersom.

5. ASSESSERINGSDIAGRAM

LEERDERS Leer vind plaas LEERKRAGTE Aktiewe fasiliteerders VAKHOOFDE Uitvoering van beleide KURRIKULUMKOMITEE Interpretasie en verwerking van beleide DAGBESTUUR Interne gehalteversekering KURRIKULUMKOöRDINEERDER Lei, ontwikkel en voorsien in behoeftes van skoolkurrikulum t.o.v.hulpbronne, opleiding, ondersteuningsmateriaal, ens. KURRIKULUMBESTUURDER Bestuur personeel om kurrikulum ten beste uit te voer.

6. ASSESSERING Die Assesseringsbeleid van die WKOD word streng gevolg. Alle assesseringstake word volgens die KABV-beleidsdokumente opgestel.

Formele assesseringstake(FAT’s) is assesseringstake wat as bewys van assessering gebruik word.

FAT’s is ‘n versameling van bewyse van take wat gedoen is.

Slegs formele assesseringstake word gerekordeer.

Deurlopende aktiwiteite word as inoefening en vaslegging gebruik en nie gerekordeer nie. Dit is die versameling van bewyse en inligting in verband met die leerder se vordering.

Ons volg die voorgeskrewe assesseringsprogram waarop assesseringstake per week, per kwartaal, aangedui word. Vakhoofde en Departementshoofde kontroleer beplanning en modereer alle assesseringstake volgens voorskrifte.

OUERS Ondersteunend

Page 9: LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID · 10.1 Afwesigheid gedurende assessering 10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering ... Vertolk

LGS: ASSESSERINGSBELEID

BELEIDSDOKUMENT Bladsy 9

Assesseringstake moet volgens Bloom se taksonomie opgestel word.

6.1 ASSESSERINGSPLAN ‘n Kwartaallikse assesseringsplan word deur kollegas in die graad opgestel en aan ouers en leerders beskikbaar gestel sodat almal ingelig kan wees oor take wat geassesseer gaan word. Om dit te verhoed dat die lading van die aantal take te veel word vir die leer-ders, sowel as vir die leerkragte, word ‘n Assesseringsjaarplan opgestel en toegesien word dat werksopdragte in verskillende vakke geïntegreer word. Sien Bylae D:LGS Beleid tov van take en projekte Neem kennis van onderstaande voorskrifte, maar fokus op Bylae D 6.2 ASSESSERINGSMETODES, -TEGNIEKE EN -INSTRUMENTE

VLAK 1 VLAK 2 VLAK 3 VLAK4 VLAK 5 VLAK 6

VE

RS

KIL

LE

ND

E V

LA

KK

E Onthou

Herroep

van informasie

Begrip

Om te verstaan

Toepassing

Om konsep in 'n

nuwe situasie

te gebruik

Ontleding en

Analisering

Breek op

Evaluering

Om die waarde

van iets te

beoordeel

Skepping

Om 'n nuwe

struktuur/

betekenis te

skep deur

samevoeging

van elemente

SL

EU

TE

LW

OO

RD

E

Herken

Lys

Beskryf

Identifiseer

Herroep

Benoem

Plaas/Pas

Vind

Interpreteer

Opsom

Aflei

Omskryf

Klassifiseer

Vergelyk

Verduidelik

Toelig

Implementeer

Voer uit

Gebruik

Vergelyk

Organiseer

Dekonstrueer

Bevind(ing)

Skets

Vind

Struktureer

Integreer

Nagaan

Hipotese

Kritiseer

Eksperimenteer

Beoordeel

Toets

Opspoor

Monitor

Ontwerp

Bou

Beplan

Produseer

Vind uit

Bedink

Maak

BLOOM SE TAKSONOMIE

ASSESSERINGSMETODES Dit is die proses wat opvoedersvolg om ’n leerder te assesseer.

ASSESSERINGSTEGNIEKE Dit is wat die leerder moet doen en bewys om geassesseer te word.

ASSESSERINGSINSTRUMENTE Dit is die instrument wat ‘n opvoeder gebruik om vaardighedete assesseer.

Page 10: LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID · 10.1 Afwesigheid gedurende assessering 10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering ... Vertolk

LGS: ASSESSERINGSBELEID

BELEIDSDOKUMENT Bladsy 10

ASSESSERINGSMETODES ASSESSERINGSTEGNIEKE ASSESSERINGSINSTRUMENTE

Selfassessering Maatassessering

Groepassessering Opvoederassessering

Observasie Konferensie

Observasie werkvelle Joernale

Werkskaarte Vraagstelling

Rubrieks Kaartlees

Toetse Projekte Naslaan Rolspel Drama

Aanbiedings Opstelle

Opvoerings Debatte

Onderhoude Demonstrasies

Musiek Gedigte Modelle Plakkate

Kontrolelyste Uitstallings

Lees

7. KONTAKTYD Elke leerkrag is professioneel, ten volle opgelei en verseker die beste moontlike onderrig binne sy/haar vermoë. Kontaktyd moet ten volle benut word. Sien die tydstoekenning soos voorgeskryf deur die KABV-beleid:

GRONDSLAGFASE TYDSTOEDELING:

AANTAL UUR PER WEEK

VAK GR. 1-2 GR. 3

Huistaal 8 8

Eerste addisionele taal 2 3

Wiskunde 7 7

Lewensoriëntering 6 7

TOTAAL 23 25

INTERMEDIêRE FASE TYDSTOEDELING:

AANTAL UUR PER WEEK

VAK GR. 4-6

Huistaal 6

Eerste addisionele taal 5

Wiskunde 6

Natuurwetenskappe en Tegnologie 3.5

Sosiale Wetenskappe 3

Lewensoriëntering 4

TOTAAL 27.5

SENIOR FASE TYDSTOEDELING:

AANTAL UUR PER WEEK

VAK GR. 7

Huistaal 5

Eerste addisionele taal 4

Wiskunde 4.5

Natuurwetenskappe 3

Sosiale Wetenskappe 3

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe 2

Skeppende Kunste 2

Tegnologie 2

Lewensoriëntering 2

TOTAAL 27.5

Page 11: LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID · 10.1 Afwesigheid gedurende assessering 10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering ... Vertolk

LGS: ASSESSERINGSBELEID

BELEIDSDOKUMENT Bladsy 11

8. ALGEMENE DOKUMENTASIE

8.1 INHOUD VAN OPVOEDERSPORTEFEULJE Assesseringsbeleid KABV-vakdokument Onderrig- en lesplanne (Daaglikse beplanning) Klaslys Bewyse van intervensie Assesseringsprogram wat die volgende insluit:

o Alle assesseringstake o Rubrieks o Rekorderingskaarte met kodering van leerders se prestasies en vordering

(Dit kan in ‘n aparte lêer gehou word) 8.2 LEERDERPROFIEL Vertroulike inligting – hou buite bereik, sig van leerders; Bestaan uit: persoonlike besonderhede van leerder, alle verslae, waarnemingsblad

en afskrif van geboortesertifikaat. Kodering van kwartaalvordering word daarin aangedui. Daar moet ook aangedui word of ‘n leerder vorder en of die leerder dalk meer tyd in ‘n

graad moet deurbring. Inligting wat kan verander word met potlood aangebring en die res met swart

“fineliner”. Afwesighede moet ook hierin aangedui word. 8.3. LEERDERPORTEFEULJE Weerspieël die ware weergawe van leerder se vordering. Assesseringsboeke(Toetsboeke) en werkboeke kan as deel van portefeulje gebruik

word. 8.4.RIGLYNE VIR DIE VOLTOOIING VAN RAPPORTE Die rapporte word volgens die WKOD-skedules gedruk. Die personeel moet slegs hul handtekening en skoolstempel daarop aanbring. Die leerder se naam, van en geboortedatum, datum, datum waarop skole heropen en

aantal dae afwesig moet op die rapport verskyn. Daar moet plek gelaat word vir die volgende handtekeninge: skoolhoof en ouer /

voog. Opmerkings moet positief, opbouend, eerlik, aanmoedigend en op ouers gerig wees. Die personeel moet aandui by watter rapporte die skoolhoof ‘n opmerking moet skryf. Die Graadhoof en Departementshoof kontroleer rapporte voordat dit by die skoolhoof

ingehandig word. Die rapporte word per hand uitgegee op die dag waarop die skole sluit.

Page 12: LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID · 10.1 Afwesigheid gedurende assessering 10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering ... Vertolk

LGS: ASSESSERINGSBELEID

BELEIDSDOKUMENT Bladsy 12

9. PUNTEVERWERKING 9.1 REKORDERING

Personeel handig punte-totale by Rekenaarfasiliteerder in.

Excel-puntelyste per vak, per graad, word opgestel volgens spesifieke punte-totale.

Formules word op hierdie puntelyste ingestel sodat punte verwerk word volgens voorgeskrewe gewigswaarde van die WKOD-skedules.

Die Rekenaarfasiliteerder moet seker maak dat die volgorde van die klaslyste wat op die Excel-puntelyste gebruik word, ooreenstem met die volgorde van die klaslyste waarvolgens die skedules opgestel is.

Punte van leerders wat vir spesifieke afdelings afwesig was, word verwerk deurdat die vorige kwartaal se punt volgens die punte-totaal verwerk word. Dokterssertifikate moet as bewys van afwesigheid ingehandig word.

Sodra die assessering voltooi is en punte deur personeel ingetik is, tik die sekretaresse die punte en afwesighede op die WKOD-skedules in.

Die skedules word deur vakonderwysers gekontroleer.

Die Grondslagfase-kollegas tik hul klas se rapportopmerkings op die skedules in.

Die Intersen-kollegas tik hul rapportopmerkings op Excelformaat in en sodra dit uitge-druk en gekontroleer is, tik die sekretaresse dit op die skedules in.

Skedules en rapporte word deur die Rekenaarfasiliteerder gefinaliseer en uitgedruk.

Die skoolstempel word deur die klasassistent op al die rapporte aangebring.

Klasonderwysers kontroleer die rapporte en bring hul handtekeninge daarop aan.

Klasonderwysers bring plakker-notas op rapporte aan waarby die skoolhoof ‘n opmerking moet skryf.

Graadhoofde en die Departementshoof kontroleer die rapporte.

Rapporte word deur die Departementshoof by die skoolhoof ingehandig sodat al die rapporte geteken kan word voordat dit die laaste dag waarop die skool sluit, uitgegee word.

9.2 WKOD-SKEDULES Skedules is op Cemis beskikbaar en word deur die Rekenaarfasiliteerder afgelaai en gestoor. Die volgende inligting word deur die Rekenaarfasiliteerder op die skedules ingetik:

Afwesighede

Aantal jare in graad Die kodes, persentasies, opmerkings en RP en NRP sal outomaties op die skedules verskyn. Statistieke sal ook op die skedules beskikbaar wees. 9.3 AKADEMIESE VERSLAG Nadat alle punte gefinaliseer is, stel die Rekenaarfasiliteerder ‘n akademiese verslag oor die kwartaal se promosie-punte op waarin Excel-punte, grafieke, merietelyste, prestasie-kodes en vakgemiddeldes uiteengesit word. Die top 10 word na aanleiding van die Excel-puntelyste saamgestel en tydens ‘n saalbyeenkoms en in die Loerienuus bekend gemaak.

Page 13: LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID · 10.1 Afwesigheid gedurende assessering 10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering ... Vertolk

LGS: ASSESSERINGSBELEID

BELEIDSDOKUMENT Bladsy 13

9.4 PRESTASIEKODES Punte word volgens die volgende kodes en persentasies en kodes deurgegee:

PRESTASIEKODES VIR SENIOR FASE

KODES OMSKRYWING %

7 Uitmuntende prestasie 80 – 100

6 Verdienstelike prestasie 70 – 79

5 Beduidende prestasie 60 – 69

4 Voldoende prestasie 50 – 59

3 Matige prestasie 40 – 49

2 Basiese prestasie 30– 39

1 Ontoereikende prestasie 0 – 29

Sodra die akademiese verslag saamgestel is, voer die Rekenaarfasiliteerder kwartaalliks die verskillende prestasiekodes van Gr. 1-7 op die Cemis-program in. 9.5 PROMOSIE EN PROGRESSIE

Die Kringbestuurder stel die datum vas vir die promosie en progressie wat aan die einde van die jaar plaasvind.

‘n Paneel besoek die skool en kontroleer alle skedules en verslae.

‘n A3-uitdrukstuk van die skedules, die Ingrypingsverslae, alle ander verslae en die Leerderprofiel moet aan die paneel voorgelê word.

‘n Ekstra getekende A3-uitdrukstuk van die skedules moet aan die paneel oorhandig word wat by die Distrikskantoor ingehandig moet word.

Die promosies word aan die einde van die jaar deur die Rekenaarfasiliteerder op die Cemis-program aangedui.

‘n Uitdrukstuk van die promosies moet vir die paneel gebind word en indien dit die goedkeuring van die Kringbestuurder wegdra, sal hy die promosies op Cemis afteken.

9.6 SLAAGVEREISTES

MINIMUM SLAAGVEREISTES: PROMOSIES EN PROGRESSIE

GRONDSLAGFASE

Huistaal 4

Eerste addisionele taal 3

Wiskunde 3

Lewensoriëntering

MINIMUM SLAAGVEREISTES: PROMOSIES EN PROGRESSIE

INTEREDIêRE FASE

Huistaal 4

Eerste addisionele taal 3

Wiskunde 3

Natuurwetenskappe en Tegnologie 3 in 2 van die

oorblywende vakke Sosiale Wetenskappe

Lewensoriëntering

Page 14: LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID · 10.1 Afwesigheid gedurende assessering 10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering ... Vertolk

LGS: ASSESSERINGSBELEID

BELEIDSDOKUMENT Bladsy 14

9.7 INGRYPINGSVERSLAE Die volgende moet in hierdie verslag per leerder beskikbaar wees:

Ingrypingsblad

Waarnemeningsblad

Afskrif van die rapport

Afskrif van Leerondersteuningsrapport

Afskrif van alle relevante verslae

Afskrif van Eksamen-antwoordstelle

‘n Voorbeeld van bogenoemde moet vir die Promosie en progressie gebind word. ‘n Afskrif van die Ingrypingsverslag moet in die Leerderprofiel geliasseer word. 10. ALGEMEEN 10.1 AFWESIGHEID GEDURENDE ASSESSERING

Slegs ‘n doktersertifikaat word aanvaar indien ‘n leerder nie ‘n assesseringsessie voltooi of bywoon nie.

Siek leerders word nie blootgestel aan assesseringsessies nie, aangesien hul nie hul bessal kan lewer nie.

Daar mag nie addisionele tyd en verskuiwing van sessies plaasvind nie;

Alle assesseringsessies moet sover prakties moontlik dieselfde tyd of voor, tussen pouses plaasvind.

Slegs die skoolhoof mag toestemming verleen dat ‘n leerder a.g.v. enige ander rede bv. dood, emosionele stres, ens. nie die assesseringsessie hoef te voltooi of by te woon nie.

Leerders wat ongeveer 2 weke voor die einde van ‘n kwartaal by die skool toegelaat word, sal die betrokke kwartaal nie geassesseer word nie.

10.2 AKKOMMODERING VAN NUWE LEERDERS

Met nuwe toelatings moet die vorige skool se rapport ingehandig word.

Laerskool George-Suid aanvaar vorige skool se bona fides t.o.v. leerderprestasies en gebruik dit net so as deel van ons assessering.

MINIMUM SLAAGVEREISTES: PROMOSIES EN PROGRESSIE

SENIOR FASE

Huistaal 4

Eerste addisionele taal 3

Wiskunde 3

Natuurwetenskappe en Tegnologie

3 in 2 van die

oorblywende vakke

Sosiale Wetenskappe

Ekonomiese Bestuurswetenskappe

Skeppende Kunste

Tegnologie

Lewensoriëntering

Page 15: LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID · 10.1 Afwesigheid gedurende assessering 10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering ... Vertolk

LGS: ASSESSERINGSBELEID

BELEIDSDOKUMENT Bladsy 15

‘n Standaardiseringstoets in lyn met die Departementele ANA toetsing vir Tale en Wiskunde kan by toelating geskryf word om te bepaal of leerder wel in die regte graad is volgens sy akademiese standaard.

10.3 INKLUSIWITEIT Laerskool George-Suid ondersteun die Nasionale Onderwysdepartement se beleid t.o.v. inklusiwiteit, maar kan ongelukkig nie altyd daarin slaag om voldoende onderrig vir leerders met fisieke gestremhede en verstandelikegeremdhede aan te bied nie. 10.4 ALTERNATIEWE ASSSESSERING Laerskool George-Suid sal waar moontlik enige leerder op ‘n billike en regverdige wyse ondersteun om beter akademiese prestasies te behaal indien hul probleme ondervind om hul kennis skriftelik in ‘n eksamensituasie weer te gee. Toestemming vir alternatiewe assessering moet jaarliks by die Distrikskantoor verkry word. ‘n Volledige verslag en motivering oor die betrokke leerder moet ingehandig word. Leerders wat probleme ondervind met die aflê van skriftelike assesserings, word wel op een van die volgende wyses ondersteun gedurende die assesseringsproses wat deur ons Leerondersteuningsleerkrag gefasiliteer word:

Amaneunsis (“scribe and read”): die fasiliteerder lees en skryf namens leerder.

“Scribe only”: leerder lees self die vraestel en die fasiliteerder skryf sy/haar antwoorde op die antwoordstel in.

“Read only”: die fasiliteerder lees die vrae vir die leerder voor en die leerder skryf self sy/haar antwoorde in.

“Extra time”: indien ‘n leerder te stadig skryf, word ‘n vergunning van ekstra tyd vir hom/haar gemaak.

Indien ‘n leerder se spelling baie swak is, word die spelling op die antwoordstel in sekere afdelings van die vraestel nie in ag geneem nie. Hy/sy sal nie punte verloor a.g.v. verkeerde spelling nie.

11. LEERONDERSTEUNING& INTERVENSIE (BYLAE A) Hierdie fasset van die skool se hooffokus is leerondersteuning en skep vangeleenthede vir leerders om nuwe vaardighede en belangstellings te ontwikkel. Dit bied ook verder die geleentheid om leerders se selfbeeld te ontwikkel. Dit is ook ‘n ontwikkelingsfase wat jaarliks aangepas sal word. Leerders wie se prestasies na afloop van die formele assessering nie na wense is nie, word deur die klasonderwyseres na die Leerondersteuningsleerkrag verwys. ‘n OOS-vorm sal deur die klasonderwyser/es op die rekenaar voltooi word. Die nodige dokumen-tasie (alle verslae) sal voorberei word en op die weeklikse vergadering (gewoonlik Maandae) aan die SOS-span voorgelê word vir finale assessering en verwysing. Hierdie span maak dan die nodige aanbevelings en sien toe dat ‘n opvolg-program gevolg word. Verslae word Junie en Desember opgestel vir elke leerder wat Leerondersteuning ontvang en word saam met die akademiese verslae uitgestuur.

Page 16: LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID · 10.1 Afwesigheid gedurende assessering 10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering ... Vertolk

LGS: ASSESSERINGSBELEID

BELEIDSDOKUMENT Bladsy 16

12. PRE-GRAAD R EN GRAAD R:

Assessering in Graad R en Pre-graad R is informeel van aard en leerders moet nie blootgestel word aan ‘n “toets”-situasie nie. Daarom is daar nie assesseringsaktiwiteite in KABV vir Graad R ingelsuit nie. Elke aktiwiteit wat vir assessering gebruik word, is versigtig beplan sodat ‘n verskeidenheid vaardighede geïntegreer word.

Assessering in Graad R en Pre-graad R vind meestal plaas deur middel van waarneming, waartydens die onderwyser die bevindinge van die assessering op ‘n kontroleys afmerk en aanteken. Sodoende word ‘n volledige prentjie van elke leerder se sterk punte en struikelblokke geleidelik gedurende die jaar gevorm. Dit bied geleentheid om hindernisse aan te spreek en sterk punte te bevorder.

WKOD skedules word Junie en Desember voltooi. (Slegs vir graad R)

Rapporte word elektronies gedoen. 12.1 RIGLYNE VIR DIE VOLTOOIING VAN GRAAD R-RAPPORTE:

Gr. R gee aan die einde van die 1ste kwartaal ‘n vorderingsverslag uit en ‘n rapport aan die einde van die 2de, 3de en 4de kwartaal.

Die leerder se naam, van en geboortedatum, datum en datum waarop skole heropen moet op die rapport aangebring word.

Daar moet plek gelaat word vir die volgende handtekeninge: onderwyseres, skoolhoof en ouer / voog.

Opmerkings moet positief, opbouend, eerlik, aanmoedigend en op ouers gerig wees.

Graadhoof en Departementshoof kontroleer rapporte voordat dit gedruk word. Nadat dit gedruk is, word dit aan onderwyseresse teruggegee om te teken. Die Departementshoof kontroleer dit weer voordat dit by die skoolhoof ingehandig

word. Die rapporte word per hand uitgegee op die dag waarop die skole sluit.

VORDERINGSVERSLAG - MAART

Uitstekend U Redelik R

Goed G Benodig aandag B

RAPPORT - JUNIE, SEPTEMBER EN DESEMBER

ASSESSERINGSKODES

Uitmuntende prestasie 7 Gemiddelde prestasie 3

Verdienstelike prestasie 6 Basiese prestasie 2

Beduidende prestasie 5 Nie bereik nie 1

Bevredigende prestasie 4

ASSESSERINGSKRITERIA

Uitstekend U Redelik R

Goed G Benodig aandag B

Nog nie hieraan blootgestel nie. NN

Page 17: LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID · 10.1 Afwesigheid gedurende assessering 10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering ... Vertolk

LGS: ASSESSERINGSBELEID

BELEIDSDOKUMENT Bladsy 17

12.2 RIGLYNE VIR DIE VOLTOOIING VAN PRE-GRAAD R-RAPPORTE:

Rapporte word elektronies gedoen. Opmerkings word met die hand geskryf. Elke afdeling op rapport word met ‘n blou of rooi regmerk afgemerk.

Pre-Gr. R gee aan die einde van die 1ste kwartaal ‘n Vorderingsverslag uit en Junie en Desember gee hul ‘n informele rapport uit.

Die opmerkings moet met swart “fine-liner” ingevul word.

Geen Tipex mag gebruik word nie.

Die onderwyseres se skrif moet netjies en duidelik leesbaar wees.

Die leerder se naam, van en geboortedatum, datum, datum waarop skole heropen en aantal dae afwesig moet op die rapport verskyn.

Daar moet plek gelaat word vir die volgende handtekeninge: onderwyseres, skoolhoof en ouer / voog.

Opmerkings moet positief, opbouend, eerlik, aanmoedigend en op ouers gerig wees.

Graadhoof en Departementshoof kontroleer rapporte voordat dit gedruk word.

Nadat dit gedruk is, word dit aan onderwyseresse teruggegee om te teken.

Die Departementshoof moet die rapporte weer kontroleer voordat dit by die skoolhoof ingehandig word.

Die rapporte word per hand uitgegee op die dag waarop die skole sluit.

PRESTASIEKODES VIR PRE-GRAAD R

Hanteer vaardigheid met gemak.

Benodig meer tyd om

vaardigheid baas te raak.

Page 18: LAERSKOOL GEORGE-SUID ASSESSERINGSBELEID · 10.1 Afwesigheid gedurende assessering 10.2 Akkommodering van nuwe leerders 10.3 Inklusiwiteit 10.4 Alternatiewe assessering ... Vertolk

LGS: ASSESSERINGSBELEID

BELEIDSDOKUMENT Bladsy 18

13. BYLAES Hierdie proses word bestuur en voortdurend aangepas by die behoeftes van die leerders. 13.1 Leerondersteuning en intervensie (Bylae A) 13.2 Skoolassesseringsonreëlmatighede-komitee (Bylae B) 13.3 Musiekassessering en Koor-keuring (Bylae C) 13.4 Take en Projekte (Bylae D) 12.5 Eksamenriglyne (Bylae E) 12.6 Assesseringsaddendum (Bylae F) 12.7 Vakbeleide 12.8 WKOD-omsendbriewe en dokumentasie