natuurwetenskap graad 9 assessering- itembank...
TRANSCRIPT
NATUURWETENSKAP GRAAD 9
ASSESSERING-
ITEMBANK
2010
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 1
KU – KENNISGEBIED: LEWE EN LEWENDE DINGE SOORT VRAAG
o VEELKEUSE GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 o LU 2 AS: 1 (Geheueverfrisser)
VRAAG 1 1.1 Alle lewende organismes bestaan uit
A diatome B sellulose C selle: D geeneen van bogenoemde nie
Vrae 1.2 en 1.3 is gebaseer op die onderstaande tabel, wat die soorte
kos toon wat deur verskillende diere in ‘n gemeenskap geëet word. Dit toets ook jou kennis van die Natuurwetenskappe.
Kos geëet in die gemeenskap
Diere in die
gemeenskap Skeerbekmuise Sprinkane Valke Slange Plante
Skeerbekmuise X
Valke X X Sprinkane X
Spinnekoppe X Slange X
1.2 Watter van die organismes in hierdie gemeenskap sou onder normale
omstandighede oor die grootste hoeveelheid gestoorde energie beskik? A Sprinkane B Plante C Slange D Valke
1.3 Watter diere in die gemeenskap sou geklassifiseer kon word as herbivore?
A Slange B Spinnekoppe C Valke D Sprinkane (3 x 2) (6)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 2
SOORT VRAAG:
o VERSKAF BYSKRIFTE VIR ‘N DIAGRAM GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 o LU 2 AS: 1 (Geheueverfrisser)
1.4 Bestudeer die diagram van ‘n mikroskoop wat hier getoon word.
1.4.1 Skryf die letters a tot e in jou antwoordboek en verskaf die korrekte
byskrif by elkeen. (5)
‘n Mikroskoop
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 3
SOORT VRAAG
o VERSKAF BYSKRIFTE VIR ‘N DIAGRAM o TOEPASSINGSVRAE GEBASEER OP DIE DIAGRAM
GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 o LU 2 AS 1 (Geheueverfrisser) o LU 2 AS 4 (Toepassing)
1.5 Bestudeer die diagram hieronder.
Kop
B
A
C Stert
Spermsel van ‘n mens
1.5.1 Gee byskrifte vir dele A, B en C. (3) 1.5.2 Die sperm is die manlike gameet. Dit swem na die vroulike gameet toe.
Skryf TWEE maniere neer waarin die bou van die sperm dit in staat stel om te swem. (2)
1.5.3 Noem die proses wanneer ‘n manlike gameet met ‘n vroulike versmelt. (1) 1.5.4 Wat noem ons hierdie soort voortplanting? (1) (7) SOORT VRAAG:
o GEVALLESTUDIE o VERSKAF BYSKRIFTE VIR ‘N DIAGRAM EN BEANTWOORD TOEPASSINGSVRAE
GEBASSEER OP DIE DIAGRAM GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 en 3 o LU 2 AS 4 (Toepassing) o LU 3 – AS 2 (Volhoubaarheid)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 4
VRAAG 2 2.1 Lees die paragraaf hieronder ten opsigte van organismes in ‘n tuin.
‘n Tuinier het onkruid uitgetrek en dit gebruik om ‘n komposhoop mee te begin. Die komposhoop is spoedig deur groot getalle erdwurms en slakke ingeneem. Die tuinier het toe opgelet dat ‘n krimpvarkie deur die komposhoop grawe en van die erdwurms en slakke vreet. Elke nou en dan het die krimpvarkie opgehou grawe om homself te krap. Dit was omdat daar groot getalle vlooie op hom was, wat oorleef het deur van sy bloed te suig.
Die diagram hieronder toon ‘n piramiede van biomassa vir bogenoemde organismes.
2.1.1 Verskaf die naam van ten minste EEN organisme, in bogenoemde
tuin, op elkeen van die VIER vlakke van die piramiede van biomassa hieronder. (4)
1
4
2
3
2.1.2 Tuiniers gooi onkruid op komposhope om te verrot of te ontbind.
Beskryf hoe die onkruid verrot of ontbind. (2) 2.1.3 Tuiniers werk dan die ontbinde kompos in die tuingrond in.
Verduidelik waarom tuiniers dit doen. (2) (8)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 5
SOORT VRAAG:o TOEPASSINGSVRAE GEBASEER OP DIE DIAGRAM
GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:o LEERUITKOMS 2: o LU 2 AS 4 (Toepassing)
2.2 Die diagram hieronder toon sommige van die organe wat help om toestande binne ons liggame konstant te hou.
Brein
Longe Vel
Lewer
Blaas
Nier
Diagram van sommige organe van die menslike liggaam
Watter van die organe in die diagram:
2.2.1 produseer sweet? (1) 2.2.2 produseer ureum? (1) 2.2.3 produseer urine? (1) 2.2.4 stoor urine? (1) (4)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 6
SOORT VRAAG:
o GEVALLESTUDIE EN TOEPASSINGSVRAE DAAROP GEBASEER o TEKEN 'N TABEL o TREK ‘N LYNGRAFIEK
GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 1 o LU 1 – AS 3 (Evalueer data)
2.3 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
In ‘n ondersoek is plante van dieselfde spesie en dieselfde aanvanklike lengte elke dag blootgestel aan dieselfde ligintensiteit. Die aantal ure wat die plante aan lig blootgestel is, per dag, was verskillend vir elke plant. Al die ander omgewingsfaktore was dieselfde. Aan die einde van die ondersoek is die finale lengte van elke plant gemeet. Die data is soos volg opgeteken: 8 uur - 25 cm; 4 uur - 12 cm; 2 uur - 5 cm; 14 uur- 35 cm; 12 uur- 35 cm; 10 uur- 34 cm; 6 uur- 18 cm
2.3.1 Stel ‘n tabel op om die data van hierdie ondersoek te organiseer. (5) 2.3.2 Noem EEN moontlike rede waarom die plant wat net aan 2 uur
sonlig per dag blootgestel is, die kortste was. (2) 2.3.3 Gebruik die gegewe inligting om ‘n lyngrafiek te trek. (10) 2.3.4 Indien ‘n ander plant, van dieselfde soort, in die ondersoek gebruik
is en aan 16 uur daglig per dag blootgestel is: (a) Wat sou die finale lengte van die plant moontlik gewees het?(1)
(b) Verduidelik jou antwoord in Vraag 2.3.4 (a) hierbo. (2)
(20)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 7
NASIENRIGLYNE 1.1 C 1.2 B 1.3 D (6) 1.4 a Okulêre lens (oogstuk/ okulêr)
b Neusstuk c objektief lense / objektiewe d platform / tafel e ligbron (1 x 5) (5)
1.5 1.5.1 A sitoplasma /grondplasma/ hialoplasma B selmembraan C nukleus/selkern (3) 1.5.2
• (Lang) stert • Stroombelynde kop • Mitochondrion in nekgedeelte
(alhoewel nie aangedui op skets – verskaf energie aan die spermsel om te swem – strukturele eienskappe stel sperm in staat om te swem – krediet) enige twee (2)
1.5.3 Smelt saam / verenig / bevrugting (1) 1.5.4 Seksueel / geslagtelik (1) (7) 2.1 2.1.1
1 Kompos / blare / onkruid / plante 2 erdwurms en slakke
3 krimpvarkie 4 vlooie
(4)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 8
2.1.2 Afgebreek / verteer deur mikrobes / bakterieë / mikro-organismes (2) 2.1.3 Kompos bevat voedingstowwe / organiese materiaal / sellulose / vesel
wat die struktuur van grond verbeter / terretensievermoë/waterhouvermoë verbeter/ verhoog waterkapasiteit / water kapasiteit verhoog wat plante beter laat groei (2)
(8) 2.2 2.2.1 Vel 2.2.2 Lewer 2.2.3 Nier 2.2.4 Blaas (4) 2.3 2.3.1 Teken ‘n tabel
‘n Tabel om die verwantskap tussen daaglikse ligblootstelling en
plantegroei aan te toon.
Daaglikse Ligblootstelling (uur)
Finale lengte (cm)
2 5 4 12 6 18 8 25
10 34 12 35 14 35
Puntetoekenning vir tekening van tabel Teken tabel Opskrif Korrekte byskrif van kolom en eenheid, bv. Daaglikse ligblootstelling in uur Korrek – Finale lengte in cm. Data in tabel: Alles korrek / 3 of 4 korrek (5) 2.3.2
• Die plant blootgestel aan 2 uur lig per dag het die kleinste hoeveelheid kos geproduseer . OF
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 9
• Plante benodig 12–14 uur lig per dag om optimaal te groei . OF
• Die plant blootgestel aan 2 uur lig per dag het vir die kortste tyd gefotosinteer (2)
2.3.3 Grafiek
Verwantskap tussen plantegroei en daaglikse blootstelling
aan lig oor ‘n sestien uur periode.
Fina
le le
ngte
(cm
)
Daaglikse Ligblootselling (uur)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 10
Rubriek vir die puntetoewysing van die grafiek Korrekte soort grafiek 1 Titel van grafiek 1 Korrekte byskrif vir X-as met inbegrip van korrekte eenhede
1
Korrekte byskrif vir Y-as met inbegrip van korrekte eenhede
1
Gepaste skaal vir X-as 1 Gepaste skaal vir Y-as 1 Aanstip van punte vir grafiek 3. al 11
punte korrek aangestip
2: ses of meer punte
korrek aangestip
1: vyf of minder van die punte korrek
aangestip
0: geen punte
aangestip
Alle aangestipte punte verbind 1 Verkeerde soort grafiek geteken: Punte sal verloor word vir “korrekte soort grafiek” sowel as vir “aanstip van punte”. (10)
2.3.4 (a) Die finale lenggte van ‘n plant van dieselfde spesie blootgestel aan 16 uur lig per dag sal moontlik wees (óf as ‘n presiese hoogte, óf groter, kleiner, dieselfde) en die voorspelling ondersteun.
Leerders kan hulle voorspellings as volg maak:
(a) (b) 35 sentimeters Omdat die plant maksimum groei bereik het
korter As gevolg van dehidrering / beperkende faktore/
stres op die plant
Groter/langer/hoër
As gevolg van meer lig, meer groei
(32) TOTAAL LEWE EN LEWENDE DINGE: 50
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 11
KU – KENNISGEBIED: MATERIE EN MATERIAAL VRAAG 3 3.1 SOORT VRAAG
o VEELKEUSE GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 o LU 2 AS 1 (Geheueverfrisser) o LU 2 AS 4 (Toepassing)
3.1.1 Die element in Periode 4 en Groep 1 van die Periodieke Tabel word
geklassifiseer as 'n A metaal B nie-metaal C halfmetaal D edelgas
3.1.2 Baie voedselsoorte bevat chemiese bymiddels. ‘n Blikkie geroomde rys
bevat koeksoda as ‘n suurreguleerder. Natriumkarbonaat is ‘n ioniese verbinding wat natrium-ione (Na+) en karbonaat-ione (CO3
2−) bevat.
Watter formule van A, B, C of D is die formule vir natriumkarbonaat?
A NaCO3B Na2CO3C Na(CO3)2D Na(CO3)3
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 12
3.1.3 ‘n Blikkie nierboontjies bevat kalsiumchloried as ‘n verdikker.
Kalsiumchloried bevat kalsium-ione (Ca2+) en chloried-ione (Cl−).
Die diagram hieronder stel die elektronstruktuur van ‘n chloor-atoom voor.
Watter elektronstruktuur, A, B, C of D verteenwoordig ‘n chloried- ioon?
B D C A
(6)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 13
SOORT VRAAG:o VUL DIE WOORDE IN DIE SPASIES IN
GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 o LU 2 AS 1 (Geheueverfrisser)
3.2 Gebruik onderstaande woorde om elk van die vrae wat volg te beantwoord.
Smeebaar elektrone hard ione lae sag 3.2.1 Diamante word gebruik in snygereedskap omdat dit …………… is. (2)
diamantpuntboor
3.2.2 Kopermetaal kan vir elektriese bedrading gebruik word omdat dit
………….. het wat vry kan beweeg in metale. (2)
Koper 3.2.3 Grafiet kan in potlode gebruik word omdat dit ……………. het wat
oormekaar kan skuif. (2)
Grafiet
(6)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 14
SOORT VRAAG
o KIES DIE BESTE WOORD/WOORDE o TOEPASSING o CHEMIESE SIMBOOL- EN WOORDVERGELYKINGS o BALANSERING VAN VERGELYKINGS
GESKIKTE VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 o LU 2 AS 1 (Geheueverfrisser) o LU 2 AS 4 (Toepassing)
3.3 ‘n Leerder het twee eksperimente met ammoniumchloried uitgevoer. In die
eerste eksperiment het die leerder ‘n klein hoeveelheid ammonium-chloried in 'n proefbuis verhit. Twee reaksies het in die proefbuis plaasgevind. Die eksperiment word in die illustrasie hieronder getoon.
Na ‘n kort rukkie
Glaswol
Ammonium-chloried
Koeler deel van proefbuis
Hitte
Ammonium-chloried
Ammoniumchloried-eksperiment
Reaksie 1 ammoniumchloried → ammonium + waterstofchloried (kleurlose gasse) Reaksie 2 ammonium + waterstofchloried → ammoniumchloried
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 15
3.3.1 Kies die beste woord om te beskryf hoe elke reaksie plaasgevind het.
(a) Reaksie 1 vind plaas teen ‘n temperatuur. (1) hoë
lae
(b) Reaksie 2 vind plaas teen ‘n temperatuur. (1)
hoë
lae 3.3.2 Kies die beste woord om Reaksie 1 en 2 te beskryf.
ontbranding verplasing oksidasie reduksie omkeerbaar (1) 3.3.3 Verskaf ‘n moontlike rede vir die glaswol bo-op die proefbuis. (2) 3.3.4 In die tweede eksperiment het die leerder ‘n klein hoeveelheid
ammoniumchloried met ‘n bietjie water in ‘n beker gemeng. Die temperatuur van die water is gemeet voor en na die ammoniumchloried bygevoeg is. Die resultate word in die volgende tabel aangetoon:
Temperatuur voor die ammoniumchloried bygevoeg is 20 °C
Temperatuur na die ammoniumchloried bygevoeg is 16 °C
Kies die beste woord om die proses wat plaasgevind het te beskryf.
ontbranding verplasing endotermies eksotermies yskoud (1) (6) 3.4 Gegee: Monsters van Na, Ar, As, Rb 3.4.1 Watter TWEE van die gegewe elemente se chemiese eienskappe
is die naaste aan mekaar? (2) 3.4.2 Gee TWEE redes vir jou antwoord in Vraag 3.4.1 ten opsigte van
die Periodieke Tabel van Elemente. (4) (6)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 16
3.5 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Element Lewis Elektron-struktuurdiagram
Elektron-sirkeldiagram
Sleutel = elektron
Magnesium
Aluminium
3.5.1 Identifiseer TWEE items inligting wat getoon word in die
elektron-sirkeldiagramme wat nie in die Lewis elektron- struktuurdiagramme voorkom nie. (2)
3.5.2 Bepaal die massagetal van die magnesium-atoom wat voorgestel
word deur die elektronstruktuurdiagram. (1) 3.5.3 Verduidelik hoekom Lewis elektronstruktuurdiagramme gewoonlik meer
geskik is as elektron-sirkeldiagramme vir die illustrasie van chemiese bindings. (2)
(5) NOTA: VRAAG 3.6.1 IS ‘N INTEGRASIE VAN MATERIE EN MATERIAAL MET LEWE EN LEWENDE DINGE SOWEL AS DIE AARDE EN RUIMTE. 3.6 3.6.1 Noem die element wat in die grootste hoeveelhede voorkom in die
(a) aardkors en in die menslike liggaam. (2) (b) Skryf die simbool neer van die element wat hierbo genoem is. (2)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 17
3.6.2 ‘n Stuk magnesiumlint reageer met ‘n oormaat soutsuur om waterige
magnesiumchloried en waterstofgas te produseer. Balanseer die chemiese simboolvergelyking van hierdie reaksie. (4)
(8) SOORT VRAAG:
o ONDERSOEK GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 1 o LU 1 – AS 3 (Evalueer data)
NOTA: VRAAG 3.7 IS ‘N INTEGRASIE VAN MATERIE EN MATERIAAL MET DIE AARDE EN DIE RUIMTE 3.7 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
‘n Groep leerders het navorsing gedoen oor die pH-verskille in monsters wat van twee verskillende dele ( A en B) van die Liesbeeckrivier afkomstig is.
Die leerders het ‘n pH-lesing van 4 gekry by A en ‘n pH-lesing van 6 by B.
3.7.1 Vergelyk die waterstof-ioonkonsentrasie in A met die
waterstof-ioonkonsentrasie in B. (2) 3.7.2 Wat is die kleur van blou lakmoespapier in monster A? (1) 3.7.3 Noem twee chemikalieё waarmee monster A geneutraliseer kan
word. (2) (5) SOORT VRAAG
o TOEPASSING GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 o LU 2 AS 1 (Geheueverfrisser) o LU 2 AS 4 (Toepassing)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 18
NOTA: VRAAG 3.8 IS ‘N INTEGRASIE VAN MATERIE EN MATERIAAL MET DIE AARDE EN DIE RUIMTE 3.8 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die elektrolise van natriumchloried is ‘n belangrike industriële proses. Dit produseer drie belangrike produkte.
Die apparaat in die diagram hieronder kan gebruik word om hierdie elektrolise in die laboratorium te toon.
+ ─
Gas A
Natriumchloried- oplossing
Koolstofelektrode
Versamelbuis
Chloor
APPARAAT OM ELEKTROLISE VAN ‘N NATRIUM-CHLORIEDOPLOSSING TE ILLUSTREER
3.8.1 Benoem gas A. (2) 3.8.2 Chloried-ione beweeg na die positiewe elektrode. Verduidelik waarom. (2) 3.8.3 Die oplossing in die buis om die negatiewe elektrode word alkalies.
Noem die ioon wat die oplossing alkalies maak. (2) 3.8.4 Hierdie proses het baie hoë energiekostes. Verduidelik waarom. (2) (8)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 19
NASIENRIGLYNE 3.1 3.1.1 A 3.1.2 B 3.1.3 A 3.1.4 C (8) 3.2 3.2.1 Hard 3.2.2 Elektrone 3.2.3 Lae (6) 3.3 3.3.1
(a) Hoog (1)
(b) Laag (1) 3.3.2 Omkeerbaar (1) 3.3.3 Om te keer dat materiaal uitstort (2) 3.3.4 Endotermies (1) (6) 3.4 3.4.1 Na en Rb. (2) 3.4.2
• Dieselfde getal valensie-elektrone • Elemente in dieselfde groep (familie) /Groep 1 het soortgelyke
chemiese eienskappe • Albei verloor een elektron wanneer hulle reageer.
Enige twee verduidelikings (4) (6)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 20
3.5 3.5.1 Die elektron sirkeldiagram toon:
• Die totale getal protone en die totale getal neutrone in ‘n atoom • getal elektrone in elke binneste sirkel • Totale getal protone in ‘n atoom
Die getal elektron-sirkels (enige twee) (2) 3.5.2 23. (1) 3.5.3 Lewis elektronstruktuur-diagramme toon alleenlik valensie-elektrone
wat betrokke is by binding OF Toon slegs elektrone betrokke by binding (2)
(5) 3.6 3.6.1
(a) Suurstof is die volopste in albei. (2) (b) O [Moet slegs in hoofletters geskryf word.] / O2 (2) 3.6.2 Mg(s) + 2HCl (aq) MgCl2 (aq) + H2(g). (4) (8) 3.7 3.7.1
• Monster A het meer waterstofione • Monster B het minder waterstofione.
(2) OF
• Monster A het ‘n hoër konsentrasie waterstofione • Monster B het ‘n laer konsentrasie waterstofione
3.7.2 rooi (1) 3.7.3 natriumhidroksied / kalk /NH3 / enige basis (2) (5)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 21
3.8 3.8.1 waterstof (2) 3.8.2 hulle het ‘n negatiewe lading / aanvaar teenoorgestelde ladings ens. (2) 3.8.3 hidroksied (2) 3.8.4 neem baie energie / elektrisiteit om ‘n klein hoeveelheid te produseer / nie energie-doeltreffend nie, koste van elektrisiteit (2) (8) TOTAAL: MATERIE EN MATERIAAL 50
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 22
KU – KENNISGEBIED: ENERGIE EN VERANDERING SOORT VRAAG
o VEELKEUSE GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 1 o LU 1 – AS 3 (Evalueer data)
VRAAG 4 4.1 Vraag 4.1.1 tot 4.1.3 verwys na die twee eksperimente oor uitstraling wat deur Thembisa en van die ander leerders in haar klas gedoen is. Die apparaat wat hulle gebruik het, word in onderstaande diagram getoon.
Hierdie kan het ‘n blink silwer
Stralingsverwarm
Gelyke
Hierdie kan het 'n dofswart
Eksperiment 1
• Thembisa het dieselfde volume koue water in twee houers geplaas. • Toe het sy die verwarmer aangeskakel. • Tien minute later het sy die temperatuur van die water in elke houer
gemeet.
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 23
Eksperiment 2
• Thembisa het albei houers met kookwater gevul. • Die keer het sy die verwarmer af gelos. • Tien minute later het sy die temperatuur van die water in die twee houers
gemeet. Die tabel hieronder toon haar resultate.
Eksperiment 1 Eksperiment 2 Aanvanklike temperatuur van water in grade C
Finale temperatuur van water in grade C
Aanvanklike temperatuur van water in grade C
Finale temperatuur van water in grade C
Blink silwer houer
Dowwe swart houer
Dowwe swart houer
Blink silwer houer
Blink silwer houer
Dowwe swart houer
Dowwe swart houer
Blink silwer houer
15 15 27 19 100 100 84 95
4.1.1 Wat was die onafhanklike veranderlike in die twee eksperimente?
A Die finale temperatuur van die water B Die aanvanklike temperatuur van die water C Die tyd dat die water net so gelaat is D Die volume water
4.1.2 Eksperiment 1 wys dat ‘n blink silwer oppervlakte
A ‘n goeie absorbeerder is van straling. B ‘n goeie geleier is van straling C ‘n goeie vrysteller is van straling D ‘n goeie weerkaatser is van straling.
4.1.3 Eksperiment 2 wys dat ‘n blink silwer oppervlakte ...
A ‘n goeie absorbeerder is van straling. B ‘n goeie geleier is van straling. C ‘n goeie vrysteller is van straling. D ‘n goeie weerkaatser is van straling. (6)
SOORT VRAAG:o KIES DIE BESTE WOORD
GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 o LU 2 AS 1 (Geheueverfrisser)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 24
4.2 Bestudeer die diagram hieronder wat die verskillende wyses toon hoe ‘n
verwarmer energie na ‘n kamer oordra.
Die verwarmer is van metaal sodat dit hitte goed oordra deur … 3 …
Warm lug styg op deur
Die gebuigde oppervlakte is blink gemaak om die rigting van die hitte deur … 2 …te verander
Swart “brandstof-effek” kole dra hitte goed oor deur …1 …
…. 4 …. Pas die woorde in A, B, C en D in die ruimtes 1 tot 4 van die diagram in.
A Geleiding B Geleiding C Straling D Weerkaatsing (4)
SOORT VRAAG
o TOEPASSING GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 o LU 2 AS 1 (Geheueverfrisser) o LU 2 AS 4 (Toepassing)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 25
4.3 Alkohol of kwik: Watter termometer om te gebruik? LET WEL: VRAAG 4.3 IS ‘N INTEGRASIE VAN ENERGIE EN VERANDERING MET MATERIE EN MATERIAAL
Bestudeer die inligting gegee in onderstaande tabel en beantwoord dan die vrae wat volg.
Eienskap Alkohol Kwik Omvang (temperature –80°C tot 110°C –39°C tot 375°C waar dit die beste werk) Maklik om skoon
te maak as Moeilik om skoon te maak as daar uitgestort is. Indien dit deur die vel geabsorbeer word, kan dit ‘n gesondheidsgevaar wees.
daar uitgestort is
4.3.1 Watter termometer sou die beste wees om in baie koue toestande
te gebruik, soos by – 40˚C? (1) 4.3.2 Watter termometer sal die beste wees om die kookpunt van ‘n
vloeistof bokant 100˚C te meet? (1)
4.3.3 Watter termometer is die beste om in skoolsituasies te gebruik? Verduidelik jou antwoord. (1 + 2= 3) (5)
SOORT VRAAG
o TOEPASSING o DATA-INTERPRETASIE
GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 o LU 2 AS 4 (Toepassing)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 26
LET WEL: VRAAG 4.4 IS ‘N INTEGRASIE VAN ENERGIE EN VERANDERING MET MATERIE EN MATERIALE 4.4 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
’n Grafiek toon stof X wat begin as ‘n vaste stof onder sy smeltpunt en gelykmatig verhit word
A
B
C
D
E
F
Tem
pera
tuur
( o C
)
Tyd (minute)
4.4.1 Identifiseer die proses wat plaasvind tydens die lynsegment DE van die verhittingskurwe. (1) 4.4.2 Identifiseer ‘n lynsegment waarin die gemiddelde kinetiese energie toeneem. (1) 4.4.3 Teken die volgende blok oor in jou antwoordboek. Teken ten minste vyf (5) simbole (●) binne-in die blok wat die partikels van stof X verteenwoordig soos dit op punt F in die grafiek verskyn.
. (2) 4.4.4 Beskryf wat besig is om te gebeur wat betref partikelgedrag of energie met stof X in lynsegment BC. (3)
(7)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 27
SOORT VRAAGo TOEPASSING
GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 en 3 o LU 2 AS 4 (Toepassing) o LU 3 - AS2 (Volhoubaarheid)
4.5 LET WEL: VRAAG 4.3 IS ‘N INTEGRASIE VAN ENERGIE EN VERANDERING MET MATERIE EN MATERIALE SOWEL AS DIE AARDE EN DAARBUITE.
Die Maluti-berge in Lesotho het winters wat baie koud is. Die temperatuur in die laaglande daal by tye tot −7°C en die in die hooglande daal tot −18°C. Sou dit raadsaam wees om water in die winter in ‘n motor se verkoeler te los in die Maluti’s? Verduidelik jou antwoord. (5)
SOORT VRAAG
o TOEPASSING GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 o LU 2 AS 4 (Toepassing)
4.6 Lesego stel hierdie stroombaan op om uit te vind of die sterkte van ‘n gloeilamp verander indien die stroom deur die gloeilamp verander.
A
V
12 V
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 28
4.6.1 Hoe verander Lesego die stroom deur die gloeilamp? (2) 4.6.2 Om die sterkte van die gloeilamp te bereken, meet Lesego die stroom
deur die gloeilamp sowel as die potensiaalverskil oor die gloeilamp. Watter apparaat gebruik Lesego om die potensiaalverskil te meet? (1)
Die volgende tabel is deur Lesego opgestel.
Stroom deur die gloeilamp in amps 0.10 0.15 0.20 0.25 0.30 0.10 0.30 0.80 1.75 0.65 Sterkte van die gloeilamp in watts
4.6.3 Een van die berekenings van Lesego is verkeerd.
Skryf die waarde neer van die een wat verkeerd is. (1) 4.6.4 Lesego let op dat na gelang die stroom sterker word, die gloeilamp helderder brand.
Watter apparaat kan Lesego gebruik om die helderheid van die gloeilamp te meet? (1)
(5) SOORT VRAAG
o TOEPASSING GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 o LU 2 AS 4 (Toepassing)
4.7 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ‘n Katrolstelsel word gebruik op ‘n bouterrein om sakkies sement
op te hys. ‘n Bouer, wat bestendig aan die tou trek, lig ‘n sakkie sement van 25 kg teen ‘n konstante spoed.
w
Sakkie sement
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 29
4.7.1 Bereken die gewig (W) van een sakkie sement. Toon duidelik aan
hoe jy jou antwoord uitwerk. gravitasiekrag = 10 N/kg (4)
4.7.2 Bereken hoeveel werk gedoen word elke keer as die bouer ‘n sakkie
sement oplig. Toon duidelik aan hoe jy jou antwoord uitwerk. (4)
(6) SOORT VRAAG:
o ONDERSOEK o TOEPASSING
GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 1 en 2 o LU 1 – AS 3 (Evalueer data) o LU 2 AS 4 (Toepassing)
4.8 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Om gesien te word waar jy op ‘n donker nag langs die pad loop,
moet jy klere dra wat lig vanaf motorligte reflekteer (weerkaats). Vuyani het ondersoek ingestel na watter klere lig die beste reflekteer.
Hy het klein vierkante materiaal van verskillende kleure op ‘n swart kaart vasgesit aan een muur van 'n donker laboratorium. Hy het sy flits aangeskakel en vanaf die ander kant van die kamer in die rigting van die vierkante begin beweeg. Sodra hy ‘n gekleurde vierkant kon sien, het hy die afstand tussen sy flits en die vierkant gemeet.
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 30
4.8.1 Hoekom het Vuyani die ondersoek in ‘n donker laboratorium
gedoen? (2) 4.8.2 Noem EEN veranderlike wat Vuyani dieselfde moes hou vir elke
blokkie. (1) Vuyani se resultate word in die tabel hieronder aangedui. Kleur Afstand vanaf
flits na vierkant (meter)
Blou 2.3 Oranje 3.4 Groen 3.2 Bruin 2.1 Rooi 3.0
4.8.3 Bestudeer die resultate. Watter kleur klere behoort Vuyani aan te
beveel vir iemand wat in die nag loop? (1) 4.8.4 Gee ‘n rede vir jou keuse in Vraag 4.8.3 hierbo. (2) 4.8.5 ‘n Ander leerder wat dieselfde eksperiment uitgevoer het, onder
soortgelyke omstandighede, kry nie dieselfde resultate nie.
Gee TWEE redes waarom daar verskille tussen die leerders se resultate kan wees. (4) (10)
NASIENRIGLYNE 4.1 4.1.1 B 4.1.2 D 4.1.3 C (6) 4.2
1 C 2 D 3 A 4 B (1 x 4) (4)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 31
4.3 Alkohol of kwik: Watter termometer om te gebruik? 4.3.1 Alkohol-termometer (1) 4.3.2 Kwik-termometer (1) 4.3.3 Watter termometer is die beste om in skoolsituasies te
gebruik?
• Indien ‘n kwiktermometer breek en iemand die kwik aanraak terwyl hy die gestorte kwik probeer opruim, kan die kwik deur die vel opgeneem word en ‘n gesondheidsgevaar wees.
• Kwik is moeilik om op te ruim omdat dit nie deur gewone skoonmaakmateriaal geabsorbeer word nie.
• nadeel van alkoholtermometer, bv. alkohol wat gestort word, is ontvlambaar enige een (3)
(5)
4.4 4.4.1
• kook • verdamping • vloeistof – dampekwilibrium enige een (1)
4.4.2
• AB • CD • EF enige een (1)
4.4.3 Skets:
Puntetoekenning • Vyf partikels geteken
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 32
• Partikels soos in die gasfase enige twee (2) 4.4.4
• Die potensiële energie (PE) van die partikels vermeerder. • Die kinetiese energie (KE) bly dieselfde. • Partikels meer gedisorganiseerd/ wanordelik. • Partikels sprei verder uitmekaar. • Intermolekulêre kragte van aantrekking/ aantrekkende kragte
verminder. Enige drie (3)
(7) 4.5 Die Maluti-berge in Lesotho het winters wat koud is (met laaglande
waar dit so laag daal as −7°C en die hooglande tot −18°C by tye). Dit sou nie raadsaam wees nie, aangesien die temperatuur van die lug
in die winter onder die vriespunt van water daal.Water kan vries, uitsit, en die verkoeler breek. Dit sal selfs raadsaam wees om ‘n ander middel te gebruik (soos antivriesmiddel/ teenvriesmiddel) Enige vier (5)
4.6 4.6.1 Verstel die (verstelbare) weerstand (2) Moenie die kragtoevoer verander nie. 4.6.2 Voltmeter (1) 4.6.3 0.65 (1) 4.6.4
• LDR en ohm-meter / ammeter en voltmeter • ligsensor (en datalogskrywer) enige een (1)
(5)
4.7 4.7.1 Gewig = massa x swaartekrag
W = m x g 25 kg x 10 N/kg 250 N (4)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 33
4.7.2 Werk (gedoen) W = F x s
Krag (toegepas) x afstand (beweeg)
Aanvaar W = F x d
= 250 N x 5 m = 1250 joules J (j) nie aanvaarbaar nie.
(4) (8)
4.8 4.8.1
• Sodat slegs lig van die flits gereflekteer word • sodat wanneer die flits afgeskakel is die blokkies nie gesien kan word
nie • Om beter te kan oordeel wanneer die vierkante sigbaar word • Om die lig van buite uit te sluit
enige twee (2) 4.8.2 Oppervlakte van die vierkante/ selfde soort materiaal (1) 4.8.3 Oranje (1) 4.8.4 Kan van die verste afstand gesien word (2) 4.8.5
• Sensitiwiteit van leerders se sigverskille, afhanklik van leerders se oordeel
• moeilik om akkurate meting van die muur tot by die flits te neem
• leeders se resultate nie herhaal ter wille van akkuraatheid nie • dit is nie moontlik om die mate op presies dieselfde manier oor te
neem nie. • herhaalde metings is nie altyd presies nie
Enige twee (2 x 2) (4) (10)
ENERGIE EN VERANDERING 50
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 34
KU – KENNISGEBIED: AARDE EN DIE RUIMTE SOORT VRAAG
o VEELKEUSE GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 o LU 2 AS 4 (Toepassing)
LET WEL: VRAAG 5 IS ‘N INTEGRASIE VAN AARDE EN DIE RUIMTE MET
LEWE EN LEWENDE DINGE. VRAAG 5 5.1
Die diagram hieronder toon ‘n deursnit deur grondlae wat nie omgedolwe is nie en wat ‘n fossiel insluit.
Rots bestaande uit ronde klippies wat saamgesmelt is
kleigrond
Sandsteen
Kalksteen
5.1.1 Wat kan afgelei word uit die ouderdom van die fossiel?
A Dit is jonger as die kleigrond. B Dit is ouer as die kleigrond. C Dit is ouer as die sandsteen. D Dit is jonger as die sandsteen.
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 35
5.1.2 Wat is die volgorde van evolusie van lewe op Aarde, volgens die
fossielrekord? A vis → amfibieë → soogdiere → organismes met sagte liggame B vis → organismes met sagte liggame → soogdiere → amfibieë C Organismes met sagte liggame → amfibieë → vis → soogdiere D Organismes met sagte liggame → vis → amfibieë → soogdiere
5.1.3 Landmassas en nabygeleё water word deur die oggendson verhit op 'n
helder, kalm dag. Na ‘n paar uur kom ‘n oppervlakte wind op. Watter kaart hieronder dui die wind se rigting die beste aan?
A D C B
5.1.4 Die model hieronder illustreer stroom-erosie tussen punt X en Y in ‘n
stroom.
Mengsel van los slik, sand en klippies (klein gladde klippies)
Stroom
Water vloei af
Waterkraan
Stroomtafel
Houtblokkie
X
Y
As ‘n tweede houtblokkie onder die stroomtafel by X geplaas word, sal dit die spoed waarteen die stroom beweeg … A stadiger maak en die tempo van erosie verminder? B stadiger maak en die tempo van erosie verhoog? C vermeerder en die tempo van die erosie verminder? D verhoog en die tempo van erosie verhoog?
(3 x 2) (6)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 36
SOORT VRAAG
o TOEPASSING GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 o LU 2 AS 4 (Toepassing)
5.2 Die diagram hieronder toon ‘n model van die watersiklus. Die pyltjies toon
die beweging van watermolekules deur die watersiklus. Die omkringde syfers verteenwoordig die prosesse wat plaasvind soos die watermolekules die verskillende stadiums van die watersiklus bereik.
Waterdamp van plante
Grondwater
Oseaan
Waterdamp van oseaan
5.2 Identifiseer die watersiklusproses wat by elke omkringde syfer
plaasvind. (6) SOORT VRAAG
o TOEPASSING GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 o LU 2 AS 4 (Toepassing)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 37
5.3 5.3.1 Die meeste kragstasies in Suid-Afrika verbrand steenkool om hitte vry te
stel. Die volgende sinne beskryf wat gebeur om die hitte-energie in elektriese energie om te skakel. Die sinne is in die verkeerde volgorde. A Die turbine draai ‘n elektriese kragopwekker. B Water word verhit om stoom te produseer. C Elektrisiteit word geproduseer. D Stoom word gebruik om ‘n turbine te draai.
Rangskik die sinne in die korrekte volgorde. Eindig met die letter C.
(6)
C
5.3.2 Kragstasies vermors baie energie.
Bestudeer die onderstaande grafieke wat die energie-oordrag toon in twee verskillende soorte steenkoolverbrandingskragstasies.
_X_ % elektrisiteit 100% energie in steen-koolal
70% energie vermors
NormaleKrag- stasie
Energie-oordrag in ‘n normale kragstasie
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 38
Gek
ombi
neer
de
hiite
kra
gsta
sie
30% elektrisiteit
20% energie vermors _Y___% hitte-energie vir huise, kantore, fabrieke, ens.
100% energie in steen-koolal
Energieoordrag in gekombineerde hitte en elektrisiteit-kragstasie
(a) Skryf die TWEE weggelate presentasies , X en Y op die grafieke neer. (4)
(b) Gee ‘n rede waarom die gekombineerde hitte- en elektrisiteit-
kragstasie meer doeltreffend is as die normale kragstasie. (2) (12) SOORT VRAAG
o TOEPASSING GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 o LU 2 AS 4 (Toepassing)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 39
5.4 Bestudeer die onderstaande grafiek wat die verwagte verandering in die wêreldaanvraag na energie aandui. Dit toon ook hoe die verskaffing van verskillende energiebronne na verwagting sal verander. 5.4.1 Watter energiebron toon die grootste verandering in gebruik tydens hierdie jare? (2)
199 2010
Olie
Aardgas
Ener
gie
Jaar2000 2020
Wêreldenergiegebruik
Steenkool
2030
’n Grafiek wat die verwagte verandering in wêreldgebruik van energie toon
Hernubaar
Kern
5.4.2 Gebruik die grafiek om te bepaal wanneer die gebruik van olie en steenkool eweveel is. (2) 5.4.3 Vandag vertrou ons op steenkool, olie en gas om in die meeste van
ons energiebehoeftes te voorsien.Verduidelik: (a) Hoekom ons alternatiewe energiebronne moet ontwikkel. (3) (b) Wat sou ons kon doen om fossielbrandstof te spaar sodat
dit langer sal hou? (3) (10)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 40
SOORT VRAAG
o GEVALLESTUDIE EN TOEPASSINGSVRAE DAAROP GEBASEER GESKIK VIR ASSESSERING VAN LEERUITKOMS/TE:
o LEERUITKOMS: 2 en 3 o LU 2 AS 4 (Toepassing) o LU 3 - AS2 (Volhoubaarheid)
5.5 Aardverwarming
Die uitwerking van aardverwarming op die omgewing en sommige menslike aktiwiteite wat daartoe kan bydra.
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 41
Bestudeer die gedeelte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NS GRADE 9 CTA 2006: LEARNER BOOK
Aardverwarming bring mee dat poolstreke se ys smelt wat die seevlak laat rys. Hierdie
styging in seevlak sal veroorsaak dat kusland en stede ingesluk word, sodat mense
gedwing sal word om laagliggende yslande te verlaat en moeraslande aan die kus
heeltemaal oorstroom word. Aardverwarming kan ook die wêreldwye verspreiding van
siektes soos malaria veroorsaak. Malaria is tans hoofsaaklik tot die tropiese streke van
die wêreld beperk. Klimaatsveranderinge kan uitloop op die uitwissing van baie plant-
en dierspesies a.g.v. ‘n skaarste aan areas met ‘n klimaat wat hulle voortbestaan
bevorder. Aardverwarming sal verskillende effekte hê op verskillende dele van die
aarde.
Aardverwarming loop nie net uit op ‘n toename in die gemiddelde temperatuur van die
aarde vir elke seisoen nie, maar kan na verwagting veranderinge in weerpatrone
meebring wat kan uitloop op meer reën tydens die reënseisoen, langer droogtes, en
kragtiger storms. Alhoewel die gevolge van toekomstige klimaatsveranderinge
onbekend is, voorspel sommige wetenskaplikes dat sodanige weersveranderinge beter
landbou-opbrengste waar die temperature en reënval na verwagting sal toeneem, tot
gevolg kan hê. ‘n Dramatiese afname in reënval kan egter lei tot ernstige droogtes en
laer opbrengste van landbougewasse, soos in sommige dele van Afrika.
Soos wat ons meer en meer fossielbrandstof verbrand vir ons energiebehoeftes,
besoedel ons die lug, vermeerder ons die vlak van kweekhuisgasse in die atmosfeer
en veroorsaak dit aardverwarming.
Aardverwarming
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 42
5.5.1 Verduidelik wat die term "aardverwarming” beteken. (2)
5.5.2 Noem TWEE menslike aktiwiteite wat beskou word as die
belangrikste bydraers tot aardverwarming en verduidelik hoe ELKEEN tot die probleem kan bydra. (6)
5.5.3 Noem TWEE negatiewe gevolge van aardverwarming indien dit
vir baie jare sou voortduur. (4)
5.5.4 Verduidelik wat ‘n mens kan doen om aardverwarming te help verminder. (2)
5.5.5 Op watter manier sal aardverwarming die Suid-Afrikaanse ekonomie affekteer? (2)
(16)
NASIENRIGLYNE 5.1 5.1.1 B 5.1.2 D 5.1.3 A 5.1.4 C (8) 5.2
Nommer Watersiklusproses 1. verdamping 2. transpirasie 3. kondensasie 4. Presipitasie / neerslag 5. afloopwater / water wat afvloei 6. infiltrasie / die proses van water wat deur
water filtreer / dit deurdring / insink / deursypel / deurvloei / grond binnedring /perkolasie
(6) 5.3 5.3.1 (6)
B D A C
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 43
5.3.2 (a) X 30% Y 50% (4) (b) Minder verlies van energie
OF Gedeelte van hitte-energie word goed gebruik
(2) (12) 5.4 5.4.1 Olie (2) 5.4.2 2005 (2) 5.4.3 (a) - reserwes van steenkool / olie / gas word uitgeput
OF - geen olie om petrol, plastiek, chemikalieë, middels, ens. te produseer nie
- Aanvraag (na energie) groei vinniger as die totale (energie) voorsiening
- tradisionele brandstowwe sal nie in toekomstige behoeftes kan voorsien nie - Geen gas of olie vir opwekking van elektrisiteit nie – afhanklik van ander bronne enige drie (3)
(b) -Vervang die gebruik van fossielbrandstof met alternatiewe
(bv. biobrandstof / waterstof / elektrisiteit vir motors - Bewaar voorraad deur minder energie te verbruik
(3) (10)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 44
5.5 5.5.1 Aardverwarming is ‘n toename in die gemiddelde temperatuur op Aarde. (2)
5.5.2
Menslike Aktiwiteit Verduideliking verbrand fossielbrandstof Voeg CO2 by atmosfeer / veroorsaak
suurreën Fabrieke / motors Voeg CO2 en / of NO, NO2/ SO2 by
tot atmosfeer ontbossing Verminder fotosintese
Verminder die verwydering van CO2 uit die atmosfeer
Addisionele notas:
• Suurreën verminder die pH-inhoud van dammetjies en mere en kan met
die tyd saam sekere waterlewe vernietig.
• Verhoogde konsentrasies van besoedelende stowwe kan gedrag en
normale lewensprosesse affekteer en kan misvormdheid veroorsaak,
soos bv. laer fertiliteitskoers van die meeste organismes en kan asma,
oogdefekte, ens. veroorsaak.
Enige 2 (2 + 4) (6)
5.5.3
Aanvaarbare response sluit in, maar is nie beperk nie tot:
• Smelting van pole se yskappe
• Sneeubedekking neem wêreldwyd af
• Groot vloede tydens storms / seevlak rys
• Hoёr reënval in sommige gebiede. Ook veroorsaak deur toename
in verdamping van water in ander
• Gesondheid van mense en diere word geaffekteer aangesien
sommige siektes in warmer klimaat floreer en versprei / toename in
sterftes en beserings van hittegolwe, vloede, storms, vure en
Droogtes.
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 45
• Plant- en diergetalle verander, in reaksie op klimaatsverandering /
sommige voëls migreer en maak vroeër nes terwyl ander nie meer
migreer nie
enige twee (4)
LET WEL: Geen krediet indien daar ‘n aanduiding is dat die Aarde warmer sal word nie, tensy dit vergesel word van verdere inligting wat ‘n negatiewe gevolg illustreer.
5.5.4 Wat kan ‘n mens doen om aardverwarming te help verminder?
Aanvaarbare response sluit in, maar is nie beperk nie tot:
• Plant ‘n boom .
• Verminder, herbenut en hersirkuleer tuis en by die werk.
• Koop toestelle wat energiedoeltreffend is wanneer jy weer moet
koop.
• Ry minder met die motor
• Wanneer die motor vervang moet word, kies ‘n voertuig wat ligter
op brandstof is.
• Gaan bande weekliks na en maak seker die banddruk is korrek
• Moedig jou skool of besigheid aan om uitlaatgasse te beperk.
• Skakel elektriese toestelle af wat nie gebruik word nie.
• Gebruik die lugreëling minder: Draai jou termostaat 2° warmer
• Vervang ‘n gewone gloeilamp met ‘n kompakte fluoorlamp (CFL)
• Beskerm bedreigde spesies, moerasland en woude
(enige twee) (2)
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 46
5.5.5 Uitwerking van aardverwarming op Suid-Afrika en sy ekonomie
b) Uitwerking van aardverwarming op Suid-Afrika en sy ekonomie
Die meeste boere se inkomste sal verminder. As gevolg
van onvoldoende voedselproduksie sal SA voedsel van
buurlande moet invoer vir sy inwoners. Meer finansiële
bronne sal gebruik moet word vir die verskaffing van
voedselaanvullings en medikasie om wanvoeding en die
effekte daarvan te beveg. (enige twee) (2)
(16)
TOTAAL VAN AARDE EN RUIMTE: 50
2010 GRAAD 9 NATUURWETENSKAP-ASSESSERING: PROVINSIALE VOORBEELD 47