lewe soos god van jou vra - ng nelspruit suidngnelspruitsuid.co.za/docs/lewe soos god van jou...

15
Lewe Soos God Van Jou Vra _____________________________________________________________________________________________________________________________________ Dr. Jean Strydom

Upload: others

Post on 01-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Lewe soos God van jou vra - NG Nelspruit Suidngnelspruitsuid.co.za/Docs/Lewe soos God van jou vra.pdf · 2015-05-13 · van die Here geken aan hulle Christelike Leefwyse en die karaktereienskappe

Lewe

Soos God

Van Jou Vra _____________________________________________________________________________________________________________________________________

Dr. Jean Strydom

Page 2: Lewe soos God van jou vra - NG Nelspruit Suidngnelspruitsuid.co.za/Docs/Lewe soos God van jou vra.pdf · 2015-05-13 · van die Here geken aan hulle Christelike Leefwyse en die karaktereienskappe

2

Inhoudsopgawe: Lewe soos God van jou vra

1. Inleiding p. 3

2. Geroep om vrug te dra p. 4

3. Opregte liefde werk in jou p. 6

4. Leef volgens die Bybel se eise p. 9

5. Streef na eerlikheid p. 11

6. Kry perspektief op lyding p.13

Page 3: Lewe soos God van jou vra - NG Nelspruit Suidngnelspruitsuid.co.za/Docs/Lewe soos God van jou vra.pdf · 2015-05-13 · van die Here geken aan hulle Christelike Leefwyse en die karaktereienskappe

3

Inleiding

’n Vraag wat onmiddellik by ʼn mens opkom as ons oor hierdie onderwerp (Lewe soos God van jou vra)

nadink is, of ons as kinders van die Here werklik waar ’n ander leefwyse moet handhaaf? Moet ons

letterlik anders wees as die deursnee christen en ander mense daar buite, en beteken dit dat ons dag

tot dag manier van leef moet getuig van ons Hemelse burgerskap?

Kom ons kyk na God se antwoord op hierdie vraag. Paulus, skryf in sy brief aan Titus: Tit. 2:11-14

(NLV) “Die liefdevolle goedheid [genade] van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar

geword. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd

[met selfbeheersing], met opregtheid en toewyding aan God, in die huidige tyd [teenswoordige wêreld]

te leef. Ons verwag ook dat die seën waarop ons hoop, ’n werklikheid word. By daardie geleentheid sal

die heerlikheid van ons groot God en Verlosser, Jesus Christus, ook sigbaar word. Hy het sy lewe vir ons

gegee om ons los te koop van alles wat voor God verkeerd is en om ons te reinig van alle sonde sodat

ons dy volk kan wees wat net aan Hom gehoort, entoesiasties om die goeie te doen.”

Hieruit kan ons aflei dat ons, as wedergebore kinders van die Here, wel geroep word tot ’n Christelike

Leefwyse, gebaseer op die volgende:

a) omdat ons die goddelose leefwyse en wêreldse begeertes af gelê het

b) omdat Jesus ons losgekoop het en ons van ons sondes gereinig het

c) omdat ons net aan Hom behoort

d) en laastens die goeie met entoesiasme wil doen.

Jesus sê in Luk 6:43–45 dat ’n boom aan sy vrugte geken word. Net so word ware wedergebore kinders

van die Here geken aan hulle Christelike Leefwyse en die karaktereienskappe (vrugte) wat dit

voortbring. Jesus som dit so mooi op in die laaste gedeelte van vers 45: “Waarvan die hart vol is loop

die mond van oor.”

Onthou dat ’n Christelike Leefwyse beteken dat ons in alle opsigte die karaktereienskappe wat pas by

’n Christelike Leefwyse met entoesiasme moet uitleef. Ons moet geken word aan die vrugte wat ons

dra en uit die gesprekke wat ons voer.

In hierdie studie gaan ons kyk na enkele aspekte van hierdie Christelike leefwyse.

Page 4: Lewe soos God van jou vra - NG Nelspruit Suidngnelspruitsuid.co.za/Docs/Lewe soos God van jou vra.pdf · 2015-05-13 · van die Here geken aan hulle Christelike Leefwyse en die karaktereienskappe

4

Geroep om vrug te dra

Het jy al aan jouself gedink as God se saailand? As ‘n hektaar grond waarin Hy geploeg het, saad

geplant het en met opgewondenheid uitsien na die vrug van sy arbeid. Want dis presies wat 1

Korintiёrs 3:9 ons leer wanneer Paulus skryf: Ons is Gód se werkspan. Julle is Gód se saailand, Gód se

gebou, nie ons s’n nie. Kinders van die Here is elkeen ‘n stukkie land waarin daar gedurig gewerk word.

Die Gees van God, sy Woord, geestelike leiers, ander mense en medegelowige vriende skoffel gedurig

in ons land. Soms word ons lewens kragdadig gevul met geloofswaarhede en sorg die opbouende

voedingstowwe dat ons harte stewig geplant staan. Maar dan is daar dié tye wat dit maar beroerd met

ons geestelike lewens gaan. Dis die tye wanneer ons hartlande tragies lyk en verwaarloos word. Ja,

ons weet mos hoe lyk ‘n stuk land wat onder droogte gebuk gaan, kultivars wat nie hul volle potensiaal

bereik nie of onkruid wat geheel en al begin oorneem. Dis ook juis dan wat parasiete soos jaloesie,

wrokkigheid, bitterheid en onvergewensgesindheid die mooi dinge in ons lewe oorneem en ons al

minder soos Christus se saailand lyk! Juis omdat ons lewens so vaal en onvrugbaar word wanneer ons

sonder God leef, is dit so belangrik dat ons daagliks in Hom gewortel sal bly, Hom sal toelaat om in ons

harte te ploeg en Hom sal vra om gereeld die wilde lote van ons lewens te snoei.

Oliver Cromwell het gesê: “Hy wat ophou om beter te wees, hou ook op om goed te wees.” Kom ek en

jy maak werk daarvan om ons hartland met goeie dinge te vul sodat die mooi in ons net sterker en

beter sal groei. Ja, kom ons pluk elke dag die ongewenste onkruide uit ons harte uit en vul dit met die

lewende water van Goddelike liefde.

God wil dat jy vrug dra In Johannes 15:4-5 verduidelik Jesus hoe sy volgelinge moet vrugte dra. Hy verwag dit van ons, maar sê

darem ook wat die geheim daarvan is.

1. Wie is in hierdie vergelyking die wingerdstok en wie is die lote?

2. Wat moet gebeur voordat die loot kan vrugte dra?

3. Hoekom het die loot die wingerdstok nodig?

4. Wat dink jy beteken dit “om in Christus te bly”?

Lees Galasiërs 5:22-23 oor die vrug van die Gees.

1. Praat kortliks oor elke vrug en hoekom jy dink hierdie spesifieke eienskappe as vrugte uitgelig

word?

2. Ondersoek jou eie lewe: wat behoort jy te doen om nog meer vrug te dra?

Page 5: Lewe soos God van jou vra - NG Nelspruit Suidngnelspruitsuid.co.za/Docs/Lewe soos God van jou vra.pdf · 2015-05-13 · van die Here geken aan hulle Christelike Leefwyse en die karaktereienskappe

5

God se Gees verander jou Ten einde vrugte te kan dra moet jy naby of “in Christus” leef. In die proses om naby Christus te leef

vind daar veranderinge binne elke mens plaas. Die wonder van God is dat Hy nie iets van jou verwag

sonder om jou te help om dit reg te kry nie.

1. Met watter doel verander God se Gees jou lewe? (1 Pet. 1:15)

2. Die Bybel praat van belangrike aspekte van jou lewe waar die verandering wys. Soek die

Bybelverse hieronder op en bespreek dit kortliks.

a. Fil. 4:8

b. Kol. 4:6

c. 1 Pet. 2:12

3. Watter verhouding bestaan daar tussen hierdie aspekte van jou lewe?

4. Lees Ef. 4:23-24

a. Wat sal met jou gedagtes gebeur namate God se Gees jou verander?

b. Hoe, dink jy, kan jou kennis van die Bybel jou help om te verander en te groei?

5. Lees 2 Pet. 1:1-8. Hierdie gedeelte gaan oor die verandering in ʼn Christen se lewe.

a. Hoe het God jou vir dié verandering gereed gemaak?

b. Wat sê vers 7-8 oor die liefde wat vrug dra?

c. Bespreek 2 Pet. 1:3

Die vreugde van ʼn nuutgemaakte lewe 1. Wat leer Jesus ons in Joh. 15:11, 16:24, 17:13?

2. Wat belowe Jesus aan almal wat “afsien van” baie dinge om Hom te volg? (Luk. 18:29-30)

As ʼn mens behep is met vrae soos: “Wat kan ek daaruit kry?” of “wat moet ek laat staan?”, wys dit dat

jy nog onvolwasse dink oor God se verhouding met jou as gelowige. God wil hê dat jou lewe die

hoogste moontlike kwaliteit moet hê. Hy het ook bepaalde voorskrifte gegee oor hoe jy kan lewe.

1. Lees Fil. 3:4-14 en bespreek die verskillende aspekte van Paulus se nuwe gesindheid en manier

van lewe wat anders was as sy ou lewe.

2. Jesus noem in sy bergpreek agt basiese eienskappe van ʼn nuutgemaakte, gelukkige lewe. Lees

Matt. 5:3-12 en praat kortliks oor hierdie eienskappe

Page 6: Lewe soos God van jou vra - NG Nelspruit Suidngnelspruitsuid.co.za/Docs/Lewe soos God van jou vra.pdf · 2015-05-13 · van die Here geken aan hulle Christelike Leefwyse en die karaktereienskappe

6

Opregte liefde werk in jou

Liefde kan nie weggesteek word nie. Dis iets wat in baie opsigte glashelder sigbaar is. Dink maar aan ‘n

verliefde paartjie. Wanneer hulle in mekaar se oё verdrink is daar mos geen twyfel by omstanders dat

hulle mekaar liefhet nie ... of ten minste dínk dat hulle mekaar liefhet nie. Dink ook aan die toevou-

liefde van ‘n ma vir haar kind, die manier hoe sy hom/haar koester, beskerm en eenvoudig alles vir

hom/haar sal doen. Of dink aan die ongelooflike liefde van iemand soos Moeder Teresa wat sonder

skroom haar lewe vir armes opgeoffer het.

Omdat liefde ‘n hartsding is, kan dit nooit aangeplak word nie. Om voor te gee dat jy iemand liefhet as

jy nie regtig so voel nie, sal vroeёr of later in jou oё, jou woorde of jou dade wys. Maar die teendeel is

ook waar. Wanneer ons regtig – sonder enige voorbehoud – iemand anders met ons liefde omarm, is

dit meer as bloot sigbaar. Dis hoorbaar in ons woorde en ons stem, voelbaar in ons aanraking, sigbaar

in ons oё en tasbaar in ons dade.

In Matteus 12:35 lees ons: Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. ‘n Goeie mens bring uit die

oorvloed van sy hart goeie dinge te voorskyn en ‘n slegte mens bring uit die oorvloed slegte dinge in sy

hart slegte dinge te voorskyn.

As ons dus liefde wil leef, moet ons by die kern van ons hart begin. Dis in die stilte van ons binnekamer

waar ons ons liefdeloosheid, vooroordele, onvergewensgesindheid in eerlikheid voor die Gees van God

moet uitpak en vra: Vader, neem alles uit my hart uit wat verhinder dat ek onvoorwaardelik lief kan hê.

En plaas dan in die plek daarvan ‘n groot dosis van u onvoorwaardelike omgee-liefde.

Johan Wolfgang von Goethe sê “Liefde is ‘n vlam wat neig om met die tyd al dowwer te brand. Maar

elke keer wanneer ‘n mens onselfsugtige liefde aan ‘n ander gee, vat die vuur weer vlam.”

Lank nadat ek en jy nie meer hier is nie, gaan ander ons onthou: Nie noodwendig vir ons besittings,

prestasies of die groot dinge wat ons gedoen het nie, maar vir die klein verskilmaakgoedjies wat ons in

hul lewens teweeggebring het. Hulle gaan onthou hoe ons hulle onvoorwaardelik vergewe het, hoe

ons net die beste vir hulle gegun het en hoe ons hulle belange op die hart gedra het. Hulle gaan

terugdink aan die kere toe ons rede gehad het om kwaad te wees en tog steeds vriendelik was ... en

hulle gaan onthou hoe hulle gevoel het wanneer ons by hulle was. Wanneer mense aan ons dink, sal

hulle onthou hoe ons hulle waardig behandel het en hoe ons met ons liefde van hulle iets spesiaals

gemaak het. Die liefde is ‘n onsigbare band wat mense se harte op so ‘n wyse aan mekaar verbind dat

hulle ondanks hul afsterwe steeds naby aan mekaar is. Geen wonder dat Paulus so groot saak met die

liefde gehad het nie... ware liefde bestaan tóg vir altyd.

Page 7: Lewe soos God van jou vra - NG Nelspruit Suidngnelspruitsuid.co.za/Docs/Lewe soos God van jou vra.pdf · 2015-05-13 · van die Here geken aan hulle Christelike Leefwyse en die karaktereienskappe

7

“Die liefde gee niks behalwe homself nie en neem niks behalwe van homself nie; die liefde besit nie en

word ook nie besit nie, want liefde is voldoende vir liefde. Wanneer die liefde jou waardig ag, rig dit jou

lewensgang”- Kahlil Gibran.

Wat is opregte liefde? 1. Lees die bekende 1 Kor. 13:4-8 en bespreek die eienskappe van opregte liefde wat hierin

voorkom

2. Lees 1 Joh. 4:7-21

a. Watter belangrike waarheid oor God leer ons in die gedeelte (v 8)?

b. Wat, dink jy, is die verskil tussen die woorde: “God is liefde” en “Liefde is God”?

c. Wat het God gedoen om sy liefde aan ons te bewys?

d. Hoekom moet ons liefhê?

e. Kan ʼn mens terselfdertyd iemand liefhê en hom vrees?

f. Vertel vir die ander hoe jy liefde verstaan?

Wie om lief te hê 1. Hoekom was dit vir Jesus so belangrik dat sy volgelinge mekaar en ander liefhet? (Joh. 13:34-

35)

2. Hoe dink jy moet opregte liefde bewys word?

3. Dink jy ʼn mens kan voorwaardes aan jou liefde vir ander koppel?

Liefde in Nederigheid Ons sou lank kon spekuleer hoekom nederigheid so laag op Christene se skaal registreer, maar dalk

hou dit verband met die feit dat krag ons meer beïndruk as broosheid en gebrokenheid. Ons wil eerder

vreeslose amasones en kragmanne vir die Heer wees as weerlose dienaars. Nederigheid is nie om

verskoning te vra dat jy leef nie. Nederigheid is om jou plek voor God en ander te ken en uit te leef.

Nederigheid, in die woorde van 1 Petrus 5 en Jakobus 4 is om niks aan God se voete te wees nie. Eers

as jy klei in sy hande geword het, kan Hy 'n dienskneghart in jou binneste laat klop.

Nederigheid ontstaan waar jy uit die regte oogpunt na jouself en na God kyk. Wat sê die volgende

verse hieroor?

a. Jer. 9:23-24

b. 2 Kor 10:18

c. Fil. 2:3

Page 8: Lewe soos God van jou vra - NG Nelspruit Suidngnelspruitsuid.co.za/Docs/Lewe soos God van jou vra.pdf · 2015-05-13 · van die Here geken aan hulle Christelike Leefwyse en die karaktereienskappe

8

2. Lees 1 Pet. 5:5-6. Dink na oor hoe God ʼn nederige mens sien. Hoekom dink jy is so ʼn mens se

lewe vir God baie werd?

3. Lees Rom. 12:3

a. Wat dink jy is die gevolge as ʼn mens te veel van jouself dink?

b. Wat dink jy is die gevolge as ʼn mens te min van jouself dink?

4. Enige beheptheid met jouself is hoogmoed. Waarteen waarsku die volgende verse ons?

a. 2 Kor 10:12

b. Jak 3:16

5. Lees Spreuke 8:13

a. Hoe voel God oor hoogmoed?

Liefde deur jou woorde 1. Wat kan die regte woorde doen?

a. Spr. 12:25

b. Spr. 16:23

c. Spr. 22:11

2. Teen watter sondes van die mond word jy gewaarsku?

a. Spr. 10:19

b. Spr. 17:9

c. Spr. 27:2

3. ʼn Mens kan uit 1 Tess. 2:1-12 agterkom hoe lief Paulus vir die Tessalonisense was. Kyk bietjie

vanuit die teks hoe Paulus met hulle gepraat het.

Liefde in goeie dade Liefde is nie maar net ʼn warm gevoel binne jou nie. Dit is om doelbewus ander se beswil te soek. ʼn

Mens kan net weet dat iemand jou liefhet as dit uit sy optrede duidelik word.

1. Wat is die verhouding tussen jou redding en goeie dade?

2. Hoekom dink jy doen ʼn Christen goeie dade?

3. Wat moet die belangrikste aansporing vir jou optrede wees ? (1 Kor 10:31)

4. Dink na oor 1 Joh. 3;17. Sal jy gewillig wees om jou baadjie uit te trek om dit vir ʼn arm gelowige

te gee? Jy kan miskien ʼn keer onthou toe jy iemand anders kon gehelp het, maar dit nie gedoen

het nie. Wat kan jy doen as jy weer so ʼn kans kry?

Page 9: Lewe soos God van jou vra - NG Nelspruit Suidngnelspruitsuid.co.za/Docs/Lewe soos God van jou vra.pdf · 2015-05-13 · van die Here geken aan hulle Christelike Leefwyse en die karaktereienskappe

9

Leef volgens die Bybel se eise

Rein in hierdie sin beteken skoon, foutloos, d.w.s. sonder enige vlekke. Soos wat die Psalmdigter in

Psalm 51:11-12 smeek dat God al sy skuld sal uitwis en daardeur vir hom ‘n rein hart sal skep.

Om rein te lewe is seker die moeilikste opdrag wat enige christen kan ontvang omdat almal van nature

sondaars is en dit ‘n ewige stryd is om die kwaad in ons lewe af te weer.

Met die saligspreking in Matteus 5 spoor Jesus ons aan om rein te lewe, om satan die stryd aan te sê.

‘n Rein hart beteken nie noodwendig ‘n sondelose lewe nie, maar wel ‘n toegewyde lewe wat op

Christus gerig is. Al dink jy dat alles met jou hart in orde is, sal dit goed wees indien jy kan bid dat die

Here self jou hart moet ondersoek en die onrus moet raaksien en die kwaad aan jou moet openbaar.

Jesus belowe in hierdie saligspreking dat mense met rein harte vir God sal sien. Om God te sien

beteken eerstens dat hulle ‘n voller, ryker, heerliker gemeenskap met God sal hê – ‘n gemeenskap wat

nouer en inniger word hoe langer jy Jesus ken. Tweedens beteken dit om God te sien dat sy kinders by

Jesus se wederkoms die nuwe hemel en die nuwe aarde sal beërwe en God inderwaarheid alles, en in

almal sal wees. Slegs hulle wat hul harte ten volle aan Jesus oorgegee het, is rein van harte. Ons kan

rein van harte lewe, deur hom as ‘n toegewyde en getroue dissipel met oorgawe te volg.

God se eise

1. Wat dink jy beteken die woord reinheid. Gee jou eie definisie.

2. Wat beloof God aan mense wat volgens sy eise lewe? (Matt. 5:8 en Ps. 24:3-6)

3. Hoe beskryf God mense wat losbandig lewe? (Ef. 4:17-19)

Die eis om persoonlike reinheid

1. Hoekom dink jy moet ons ʼn losbandige lewe vermy? (1 Kor. 6: 13-20)

2. Watter aspekte van jou lewe moet jy volgens Ef. 5:3-5 rein hou?

3. Waar begin die wêreld se standaarde volgens 1 Joh. 2:15-16?

4. Watter verskonings het jy al gehoor vir onsedelike gedrag?

Page 10: Lewe soos God van jou vra - NG Nelspruit Suidngnelspruitsuid.co.za/Docs/Lewe soos God van jou vra.pdf · 2015-05-13 · van die Here geken aan hulle Christelike Leefwyse en die karaktereienskappe

10

ʼn Rein lewe

1. Lees Jak. 1:14-15.

a. Hoe kom jy in die greep van versoekings en sonde?

b. Wat moet jy doen om te keer dat jy aan die versoeking toegee om te sondig?

2. Watter belangrike eise vir ʼn rein lewe gee Paulus in 2 Tim. 2:22?

3. Dis onmoontlik om ʼn verkeerde gedagte uit jou kop te sit, tensy jy dit met iets goeds kan

vervang. Paulus sê ons moet met die ou sondige mens breek en nuut word. In Ef. 4:22-24

verduidelik Paulus hoe. Gaan lees die gedeelte en praat in die groep daaroor.

4. Wat kan ons doen om rein te lewe soos God dit wil hê?

a. Ps. 51:9

b. Spr. 4:14-15

c. Rom. 13:14

d. 1 Pet. 1:22

Page 11: Lewe soos God van jou vra - NG Nelspruit Suidngnelspruitsuid.co.za/Docs/Lewe soos God van jou vra.pdf · 2015-05-13 · van die Here geken aan hulle Christelike Leefwyse en die karaktereienskappe

11

Streef na eerlikheid

Mense stry baie oor wat reg of verkeerd, wat goed of sleg is. Ons is nou maar eenmaal geneig om ons

gedrag te regverdig en om God se eise vir eerlikheid tot ons vlak te probeer aftrek. Ons kan sommige

sondes maklik wegpraat of ignoreer: “Ons is ook maar net mense”, is die verskoning. Maar God is

heilig, en ons mag nie toelaat dat ons standaarde enigiets laer is as die standaarde wat God vir ons

lewe stel nie.

Ons leef in ’n samelewing wat tot ’n groot mate morele standaarde vir eerlikheid en eerbaarheid

agterweë gelaat het. Mense kom net doodgewoon nie meer hulle beloftes na as dit hulle nie pas nie.

Hulle probeer wegkom deur leuens op hulle belastingvorms in te vul en steel enigiets by die werk

waarmee hulle nie uitgevang kan word nie. En maatskappye doen dieselfde – hulle eerbiedig nie ’n

waarborg nie en sal elke denkbare verskoning daarvoor opdis. Selfs in die kerk het morele kompromieë

ook ingesluip. Geen wonder ons bemark die evangelie nie aggressief of pro-aktief nie, omdat die kerk

skaamkry vir die getuienis waarvoor dit staan. En ons water die etiese eise van die Bybel af om te

voorkom dat die samelewing ons verwerp. Skynheiligheid is in baie gevalle ’n hoër aangeskrewe

waarde, as integriteit onder Christene. Reeds van die vroegste tye af het God die mens geroep en ook

toegerus om onderskeidend van die wêreld te leef. Daarvoor het Hy Moses die wette gegee, om sy

volk te leer om rein en heilig te wees, sodat hulle in sy teenwoordigheid mag kom, en soos Hy, anders

as die samelewing sal wees. Hulle lyk en klink anders, want hulle verteenwoordig Een wat totaal en al

is. Om anders te wees, kos dikwels ’n prys. Integriteit is ook duur. Is integriteit nog ’n opsie? Deur die

genade en krag van God is dit wel moontlik, vir die mens wat aan God gehoorsaam wil wees.

Die strewe na eerlikheid 1. Hoe eerlik wil God hê moet ons wees? (Lev. 19:11; Jak. 5:12)

2. Lees Jeremia 17:9

a. Watter werklikheid in jou lewe maak dit moeilik om altyd 100% eerlik te wees?

b. Kan jy aan ʼn voorbeeld dink toe jy jou optrede probeer regverdig het, al het jy geweet jy

is verkeerd?

c. Op watter manier het God jou oortuig dat jy verkeerd is?

3. Kyk na die volgende maniere waarop ʼn mens bedrieg kan word:

a. Deur jouself (Jak 1:22; 1 Joh. 1:8)

b. Deur ander mense (Rom. 16:17-18; Ef. 4:14)

c. Deur Satan (2 Kor. 11:3-4; Gen. 3:1)

Page 12: Lewe soos God van jou vra - NG Nelspruit Suidngnelspruitsuid.co.za/Docs/Lewe soos God van jou vra.pdf · 2015-05-13 · van die Here geken aan hulle Christelike Leefwyse en die karaktereienskappe

12

4. As ʼn mens dan so maklik bedrieg word, hoe word jy oortuig dat jy sonde gedoen het?

a. Ps. 139;23-24

b. Heb. 4:12

Oneerlikheid ontmasker 1. Vergelyk 2 Kor. 8:21 en Hand. 24:16

a. Watter riglyne het Paulus in sy daaglikse lewe gehelp?

b. Wat, dink jy, het Paulus gedoen om die saak reg te stel toe God hom op sy sonde gewys

het?

c. Wat moet gebeur om ten einde weer ʼn skoon gewete te verkry?

2. ʼn Mens moet oppas vir skynheiligheid: Hoe het Jesus skynheilige mense beskryf? (Mark 7:6-8)

3. Lees Hand. 5:1-11

a. Wat het veroorsaak dat Ananias en Saffira oneerlik teenoor die Heilige Gees was?

b. Watter invloed het die twee se dood op die ander gelowiges in Jerusalem gehad?

4. Lees Ps. 15:1-5 en maak ʼn lys van ten minste vyf eienskappe van iemand wat eerlik is.

5. Wat kan jy uit Paulus se lewenswyse aflei uit wat hy in 1 Tess. 2:10 sê?

Om eerlik te lewe 1. Jy moet in elke aspek van jou lewe eerlik wees. Watter aspekte dink jy verwaarloos ʼn mens te

maklik?

2. Lees 1 Sam. 15:10-23

a. Wat dink jy van Saul se antwoorde?

b. In watter opsig was hy ongehoorsaam?

c. Hoe het Saul op hierdie aanklag gereageer?

d. Hoe het hy sy ongehoorsaamheid probeer regverdig?

e. Wat is vir die Here aanneemlik?

Eerlike woorde 1. Wat kan ʼn mens uit iemand se woorde aflei? (Matt. 12:34-35)

2. Hoe beskryf die Bybel die tong? (Ps. 52:3-5 ; Jak. 3:5-9)

3. Hoekom pas leuens en beledigings nie by ʼn Christen nie? (Kol. 3:8-10)

Page 13: Lewe soos God van jou vra - NG Nelspruit Suidngnelspruitsuid.co.za/Docs/Lewe soos God van jou vra.pdf · 2015-05-13 · van die Here geken aan hulle Christelike Leefwyse en die karaktereienskappe

13

Kry perspektief op lyding

ʼn Christen spring nie lyding vry nie. Siekte, smart, die dood, teleurstelling en pyn kom oor elke mens se

lewe. Maar ʼn Christen weet dat God lyding gebruik om uiteindelik sy doel met ons lewe te bereik. Ons

word daardeur geslyp en gevorm.

Nuwe mense is vry van sonde en vry van die wet, maar nie vry van lyding nie. Ons leef in ‘n gebroke

wêreld. Ons is wel verlos van die vloek en skuld van sonde, maar nie van die gevolge van die sonde nie.

Daarom is daar baie ellende en hartseer in hierdie wêreld en veroorsaak dit dat mense ly. Paulus praat

in Rom. 8:18 van die lyding wat ons nou moet verduur. Hy praat egter ook van ‘n toekomstige

heerlikheid. ‘n Heerlikheid wat die swaarkry in hierdie lewe ver oortref. Hy staan as’t ware met ‘n skaal

voor hom, daardie ou soort skale wat ‘n skaalbak aan elke kant het. In die een skaalbak pak hy al die

ellende en hartseer en swaar van hierdie lewe. In die ander sit hy die heerlikheid wat die Here ons

eendag sal gee. Wanneer hy die skaal inwerking stel, dan sien ons hoe die skaal heeltemal oorhel na

die kant van die heerlikheid. Die toekoms is groter en beter as die hede. Selfs die skepping weet dit.

Want die skepping smag na daardie dag wanneer God sy kinders openlik bekend sal stel (Rom. 8 : 19

NLV). In vers 22 skryf Paulus : “Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in

barensnood is tot nou toe.” (OAV).

Maar nog groter as die verlange van die skepping is die verlange van die nuwe mens. Die nuwe mens

sug ook. Ons het reeds ‘n voorsmakie van dit wat wag, omdat ons die Heilige Gees ontvang het. Paulus

noem die Heilige Gees die eerste gawe van God. “...Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat

Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry” (Rom. 8:23). ‘n Mens kan

hierdie eerste gawe van God ook ‘n eerste paaiement of deposito noem. Daarom sien ons saam met

die skepping verlangend, uit na Jesus se wederkoms en die herskepping van alle dinge.

Nou verseker Paulus ons ook dat God al hierdie swaarkry, pyn en gesukkel van hierdie lewe tot ons

beswil aanwend. “Ons kan nou van een saak seker wees: God gebruik elke ding wat in ons lewe gebeur

om sy doel te bereik. Vir ons wat God liefhet, werk alles tot ons beswil uit” (Rom. 8:28 Die Boodskap).

“God is vir ons, wie kan teen ons wees?” (v. 31).

“En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het

verbygegaan; - - - Kyk, die tabernakel van God is by die mense en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy

volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar

sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die

eerste dinge het verbygegaan” (Openb. 21:1,3,4).

Page 14: Lewe soos God van jou vra - NG Nelspruit Suidngnelspruitsuid.co.za/Docs/Lewe soos God van jou vra.pdf · 2015-05-13 · van die Here geken aan hulle Christelike Leefwyse en die karaktereienskappe

14

God is altyd in beheer 1. Wat leer jy vanuit die onderstaande verse oor hoe God dinge sien en wat sy oogmerk met die

skepping is?

a. Jes. 45:5-7

b. Jes. 46:9-10

2. Wat het Josef gesê oor die ongelukkige omstandighede en die moeilike mense wat oor sy pad

gekom het? (Gen. 50:20)

3. Lees Rom. 8:28

a. Tot watter slotsom kom Paulus?

b. Vir wie is hierdie belofte?

4. Kan jy aan ʼn ervaring in jou lewe dink wat op daardie tydstip nie gelyk het of dit enige goeie

gevolge kan hê nie, maar wat later vir jou voordelig was?

Die doel van lyding 1. Waarom dink jy laat God toe dat jy ly?

a. Joh. 15:2

b. Heb. 12:5-7

c. 1 Pet. 1:6-7

2. Hoekom moet ons nie verbaas wees as ons moet ly omdat ons Christus ken nie? (1 Pet. 4:12-

16)

3. Lees Joh. 15:18-21 en bespreek dit.

Jou reaksie op lyding 1. Lees Luk. 6:22-23

a. Watter verskillende vorme van lyding kan jy verwag?

b. Hoe moet jy reageer?

2. Lees Jak. 1:2-4

a. Wat moet jou houding wees as allerlei beproewings oor jou pad kom?

b. Hoekom kan jy dit met hierdie gesindheid hanteer?

3. Watter gesindheid sien jy by die volgende mense in hulle lyding?

a. Job, toe hy alles verloor het (Job 1:20-22)

b. Die apostels, toe hulle voor die Raad was (Hand. 5:40-41)

Page 15: Lewe soos God van jou vra - NG Nelspruit Suidngnelspruitsuid.co.za/Docs/Lewe soos God van jou vra.pdf · 2015-05-13 · van die Here geken aan hulle Christelike Leefwyse en die karaktereienskappe

15

c. Stefanus, terwyl die klippe op hom reën (Hand. 7:59-60)

d. Paulus, terwyl hy in die tronk sit (Kol 1:24-25, 28-29)

Die resultaat van lyding 1. Lees Rom. 5:3-5. Wat is ʼn moontlike resultaat van lyding?

2. Hoe verander God jou lewe as Hy jou in liefde tug? (Heb. 12:10-11)

3. Lees 2 Kor. 1:3-5

a. Wat sê die gedeelte vir jou oor die positiewe gevolge van lyding?

b. Hoe kan jy in iemand wat swaarkry se lewe ʼn verskil maak?

4. Lees Ps. 119:67. 71

a. Wat kan swaarkry vir jou Christenskap beteken?

5. Lees 2 Kor. 4:7-12

a. Bespreek die gedeelte in die lig van lyding