maluti 20131218

8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 18 DESEMBER 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I GESEËNDE KERSFEES. Merry Christmas. Jesaja 9:5: Vir ons is ’n Seun gebore, aan ons is ’n Seun gegee; Hy sal heers, en hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Foto: Magic Photography Geseënde Kersfees Merry Christmas

Upload: maluti-news

Post on 08-Mar-2016

342 views

Category:

Documents


61 download

DESCRIPTION

Maluti 20131218

TRANSCRIPT

Page 1: Maluti 20131218

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 18 DESEMBER 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

GESEËNDE KERSFEES. Merry Christmas. Jesaja 9:5: Vir ons is ’n Seun gebore, aan ons is ’n Seun gegee; Hy sal heers, en hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God,Ewige Vader, Vredevors. Foto: Magic Photography

Geseënde Kersfees

Merry Christmas

Page 2: Maluti 20131218

2 MALUTI, WOENSDAG 18 DESEMBER 2013

’n SESTIENJARIGE SEUN het met sy lewegeboet nadat hy ’n vrou wat beroof is, tehulp gesnel het.

Nathan van Reenen, seun van bekendekunstenaar Peter van Reenen van PaulRoux, het naby die Moses Mabhida-stadionin Durban gesien hoe die vrou beroof word.

Nathan, wat net ure tevore met die busvan George aangekom het, is deur ’n vriendvan sy broer, Luke, by die bushalte gekry.Hulle het sy goed by die vriend se huis gaan

aflaai, waarna hulle uitgegaan het. Op padterug na die vriend se huis het hulle gesienhoe die vrou beroof word.

Nathan het uitgespring om die dief aan tekeer. ’n Stoeiery het ontstaan, waartydens diedief ’n mes uitgepluk en Nathan in die keelgesteek het. Hy het te voet gevlug.

Nathan is na die Addington-hospitaalgeneem, maar het kort daarna gesterf.

Nathan sou reeds die vorige aand inDurban aangekom het, maar het die bus op

George verpas. Nathan sou vir sowat tweeweke by Luke kuier, waarna hulle vir Kers-fees en Nuwejaar by hul pa op Paul Rouxsou kuier.

Dit is die tweede treurspel wat die VanReenens tref. Lorenz, die oudste seun, hetagt jaar gelede verongeluk. Kort daarna isdie egpaar geskei, waarna Peter Paul Rouxtoe verhuis het.

Nathan is Saterdag in die familiekerkhof inGolden Gate by sy ouboet begrawe.

Tiener (16) doodgesteek nadat hy vrou wou red

PERSONEELLEDE van Marais & Crowtherse Bethlehem-, Ficksburg- en Bloemfontein-kantoor het Vrydag op Bethlehem vir huljaareindgeselligheid bymekaargekom.

Dit was egter ’n afsluiting met ’n verskil.Die personeellede is in 12 spanne met 4 ledeelk verdeel, waarna hulle aan ’n “AmazingRace” op Bethlehem moes deelneem.

Corina Vorster en haar span het dieleidrade saamgestel. Die spanne moes ondermeer ’n kwekery, Andras Findt, Bethlehem-droogskoonmakers en Maluti en Vrystaat sekantoor besoek. Hul derde wenk was omPolka Dot te besoek. Hier moes hulle ontbyteet voordat hulle hul volgende wenk konontvang.

Hulle moes ook na die elektroniesekennisgewingbord naby die Metropolitan-sen-trum gaan waarop nog ’n leidraad verskynhet. Daar was 13 opdragte. Gerhard vanRensburg sê sy span was die wenner.

Alina Mosia, ’n werker, sê: “Dit was baiesoos wegkruipertjie. Ons het baie pret gehaden baie gelag.”

Personeel soek en vind op prettige afsluiting

EEN van Marais & Crowther se spanne wat aan die “Amazing Race” deelgeneem het, is vanlinks Theunis Saayman, Karin Boshoff, Marie van Rooyen en Alina Mosia.

LOURENSSTRAUSS, Audrey Swartz, Jean Jusjong en Alet Millmanwas een vanMarais &Crow-ther se spanne watMaluti se kantoor besoek het tydens die “Amazing Race” waaraan hulle moesdeelneem.

Page 3: Maluti 20131218

MALUTI, WOENSDAG 18 DESEMBER 2013 3

Karen Herbert

HY kon nie ophou glimlag toe hydie sleutel draai en dit sluit dieHyundai i10 oop nie.Johan Lombaard (28) van

Bloemfontein was Vrydagaand diegelukkige wenner in Engo se VirOns Kinders-kompetisie.Johan en sy vrou, Yvette, was

saam met die ander vier finalisteop die trekkingsgeleentheid waarelkeen ’n sleutel getrek het enprobeer het om die motor oop tesluit. Dié klerk van die departe-ment van justisie was oorstelp vanvreugde toe hy die motordeuroopsluit.Johan sê hy was aanvanklik

baie skepties toe Engo hom belen sê hy is een van die finalisteom dié motor te wen.“Ek het dit eers gaan Google en

toe sien ek dit is die waarheid.”Hy gaan sy huidige motor vir sy

skoonpa gee en klim met ’n grootglimlag agter die stuur van sywenmotor in. Johan het sy kaartjieop die Vryfees gekoop.Die ander finaliste was Gerard

Shahim van Viljoenskroon, JanRoos van Clarens, ElmarieLourens van Ficksburg en JosephHabate van Reitz. Elkeen van diefinaliste het ook geskenkbewyseter waarde van R1 130 ontvang.’n Rekordbedrag van meer as

R384 000 is vanjaar in Engo seVir ons Kinders-projek ingesamel.Die projek is vanjaar die vyfdekeer aangebied.Magda van Niekerk, Engo se

direkteur: vakkundige dienste, sêdie doel van die projek is omekstra geld in te samel om hoop

te gee en versorging te versekeraan veral kinders wat deur diekinderhof in ’n plek van veiligheidgeplaas is.Die kinder- en jeugsorgsentrums

is afhanklik van die ekstra geldom hul voortbestaan te versekeromdat staatsubsidies in slegsongeveer 50% van die begrotebehoeftes voorsien om meer as800 kinders in Engo-jeugsorgsen-trums ’n kans in die lewe te gee.Die kinderhof het dié kinders uit

haglike omstandighede verwyderof die kinders het albei ouersverloor.Daar word ook deur sopkombui-

se en ander dienste na nogongeveer 2 500 kinders sebasiese behoeftes omgesien.

Man oorstelp van vreugde toe hy motor wen

JOHAN LOMBAARD van Bloemfontein is die gelukkige wennervan die Huyndai i10. Saam met hom is sy vrou, Yvette.

DIE finaliste wat ’n kans gestaan het om die Hyundai i10 te wen is van links Jan Roosvan Clarens, Elmarie Lourens van Ficksburg, Johan Lombaard van Bloemfontein, GerardShahim van Viljoenskroon en Joseph Habate van Reitz.

OP die trekkingsgeleentheid van Engo se Vir Ons Kinders-kompetisie is van links AldaFourie, mede-organiseerder van dié projek, Jana du Plessis, seremoniemeester, JohanGunther van Radio Rosestad, Johanna van Eeden, redakteur van Volksblad, en CelestéSerfontein, verkoopsbestuurder van Hyundai Bloemfontein. Volksblad se sentrale plaaslikekoerante het publisiteit saam met Radio Rosestad se lugtyd verleen en Hyundai het dieHyundai i10 geborg. Foto’s: Karen Herbert

Page 4: Maluti 20131218

4 MALUTI, WOENSDAG 18 DESEMBER 2013

Ontvang gradeop afsluitingJD KRUGER (links) en Refiloe Kambule is tweevan die Japsnoet-versorgingsoord se kleuterswat grade ontvang het op die kleuterskool se af-sluitingsgeselligheid wat in die Sonskyn-diens-sentrum se saal gehou is.

RJ DE KOK hou die kruis vas in die opvoeringvan die Houtkruis op Japsnoet se konsert.

DIÉ kleuters het ook konsert gehou. Hulle isvan links Bokang Nakeli, Reithutile Mokamosoen Bokang Keele.

Groot en klein besing sy lofPSALM 8: “Kinders en suige-linge besing die magtige werkwat U tot stand gebring het. Soword u teenstanders tot swyegebring.”’n Uitgesproke, welspreken-

de sogenaamde agnostikushet in Engeland gereis en oral vergaderings ge-hou om mense van die dwaasheid van geloofte oortuig. Hy het met soveel oortuiging diedwaasheid van geloof in God verkondig dat nie-mand tydens so ’n vergadering diemoed gehadhet om op te staan en vir God te getuig nie.Op een so ’n vergadering het ’n seuntjie en

sy sussie gedink die man gaan oor die Herepraat. Hulle kon geen kop of stert uitmaakwaar-van hy so geleerd praat nie, maar toe hy sy ge-wone uitdaging rig dat enigiemand wat vir dieHere wil getuig dit op die verhoog kan komdoen, het dié twee kinders gedink hy is ernstig.Hand aan hand het hulle voor almal se verbaas-de oë vorentoe geloop. “Onswil iets vir die Heresing,” sê die seun aan die man.Met sy hand beduie hy vir hulle om voort te

gaan, terwyl hy met ’n breë glimlag terugstaan.Hulle vat hande en begin sing: “Staan op,

staan op vir Jesus, o helde van die kruis. Ver-

hoog sy krygsbaniere deur aldie strydgedruis.”Terwyl hulle sing staan ie-

mand in die gehoor op en beginsaamsing en toe nog een ennog een . . . “Die stryd lei totoorwinning, die Heiland keer

op keer, tot Hy oor elke vyand vir ewig heersas Heer.”Teen dié tyd het amper almal in die gehoor

saamgesing. Die man het stil sy goed gevat enverdwyn.Met Jesus se intog in Jerusalem het hy die

krag van getuienis, al is dit uit ’n kind se mond,beklemtoon. Blindes en kreupeles het daar indie tempel na Hom toe gekom, en Hy het hullegesond gemaak. Maar toe die priesterhoofdeen die skrifgeleerdes die wonderlike dinge sienwat Hy doen, en ook die kinders wat in die tem-pel aanhou uitroep: “Prys die Seun van Dawid!”was hulle verontwaardig.

Hulle sê toe vir Hom: “Hoor jy wat sê hulledaar?” “Ja,” antwoord Jesus. “Het julle nooit ge-lees nie: U het daarvoor gesorg dat kinders ensuigelinge u lof sing?” (Mattheus 24: 14 tot 16)– www.kragvirvandag.co.za;

ds. Manie Colyn.

Geesgenoot

Die NG kerk Bethlehem-Oos het ’n Kersete vir die bejaardes van Bergprag aangebied.Elkeen het ’n geskenk en Kerskoek ontvang. Van links is Magriet van Huyssteen, Aldavan Biljon, Ben Venter (NG kerk Bethlehem-Oos), Vera van Heerden en Annetjie Kruger.

Vertoon hul kunswerkeOUERS en familielede van kinders wat kunslesse van Barbara Prinsloo ontvang, het verledeWoensdagmiddag ’n kunsuitstalling by Prinsloo in Jordania bygewoon. Prinsloo (tweede regs,agter) bied die afgelope twee jaar kunslesse vir voorskoolse en laerskoolkinders aan. Daarword van verskillende mediums gebruik gemaak om lesse so interessant moontlik te hou.

PERSOONLIKEDIENSTE

DAGSORG& CRÈCHES

1410

Voltydse dagmoeder:Open 6 Januarie 2014.Ouderdom: 0-3 jaar. 082551 8334.

LENINGS

1445

Want a Loan?R1 000 to R15 000.

Call 058 303 0530 or send a'Please Call Me' to 073 560 7857.

ALGEMENE &HUISDIENSTE

TE HUUR

1820

VLOERLENGTE TAFELDOEKE,kandelare, eetgerei. Peto Odendaal.Lombardstraat 7. 058 303 2392.

ALLERLEI

1845

FOR ALL TOMB-STONES and repairs todamaged tombstones, aswell as epitaphs, etc.Phone 058 303 4840. BHM.

VOERTUIE

KOMMERSIEEL

3060

5-ton-trok met toebak vir vervoervan meubels en enige ander.Bethlehem en omgewing. Verskafdrywer. Skakel 076 158 1438.

Page 5: Maluti 20131218

MALUTI, WOENSDAG 18 DESEMBER 2013 5

DIE personeel van die Frontier Inn & Casino wens almal ’n geseënde feestyd toe.

Geseënde Kersfees

Page 6: Maluti 20131218

6 MALUTI, WOENSDAG 18 DESEMBER 2013

BEING left stranded by a flat car battery canhappen to anyone of us – even if you drivethe most modern of cars. That is why it isbest to make sure you are aware of how tojump-start your vehicle.While the jump-starting procedure is

relatively standard for all vehicles on the roadtoday, boost starting can cause seriousdamage to the vehicle’s electrical system andcomputer. It is therefore important to firstconsult the owner’s manual for any specificboost-starting instructions, as well as toensure that the different locations areidentified for the jump-start terminals in yourcar. In many modern cars these terminals areplaced at strategic areas of the vehicle dueto the battery being fitted in awkwardlocations.Once the terminals are located and jumper

cables are on hand, he advises lining up thecar with the flat battery as close as possibleto another vehicle with the booster battery.

Next make sure both cars’ handbrakes areup, that the gear selector is in Neutral orPark position, and that both cars are turnedoff and not touching each other before youconnect the cables. It is important to remem-ber that over 300 volts goes through yoursystem when the two batteries are connectedand the transients can destroy equipment. Toprevent that, make sure all headlights,indicators, car radios and airconditioners areoff and radar detectors and cell phones areunplugged. Unplug all accessories fromcigarette lighters and other power socketsfrom both cars and remove the keys from theflat car’s ignition until jumper cables arehooked up.Familiarise yourself with the Positive (+)

and Negative (-) terminals of both carbatteries so you know exactly which one iswhich. All batteries are clearly marked, so ifyou can’t find it, it’s probably under caked-oncorrosion around the terminals. Wipe off any

battery acid that may have leaked. If thebattery is cracked and liquid is leaking out,you should not go any further. If you try tojump-start the battery with a crack in it, it willexplode. It also doesn’t make any sense tojump a cracked battery, as it will die in a fewminutes anyway. Bite the bullet and buy anew battery.But if all seems well, simply clean off any

corrosion around the dead battery terminalsand if you have tools, loosen the wires fromthe terminals, clean them off and thenretighten the wires to the shiny posts.Corroded posts prevent the power from

getting through the cables and into yourbattery to revive it. If you have a file, try tofile the metal battery posts until they areshiny. If you are in a pinch, use pliers toclamp down and scrape off corrosion too asthe metal is somewhat soft.Now you are ready to connect the car

battery jumper cables. Usually the Positive

battery cable is red or orange, and theNegative or ground cable is black - butalways check for yourself just to be sure.Remember that the cables must be connec-ted in the correct order for safety reasons.Then do the following:) First connect one positive end of thejumper cable to the positive terminal of thedead battery.) Then connect the other positive end of thejumper cable to the positive terminal of thegood battery.) Next connect the one negative end of thejumper cable to the negative terminal of thegood battery.) Connect the other negative end of thejumper cable to a shiny nut or bolt on thedead vehicle. This will need to be a groun-ded piece on the engine or on the frame ofthe vehicle. You should only connect to thenegative terminal on the dead battery as alast option to avoid an explosion by spark.) Now, as the car batteries are hookedtogether, let them run for a minute or twobefore you try to start the dead vehicle.Once the dead vehicle starts, remove thecables in the reverse order that you connec-ted them.

DEUR nie jou ryding behoorlik in stand tehou nie, kan dit jou baie geld kos enlewensgevaarlik wees. In Suid-Afrika kantalle ongelukke juis toegeskryf word aanonderdele wat ingee.Die nagaan van water en olie word

hoofsaaklik aan petroljoggies by vulstasiesoorgelaat.Dít terwyl dié vlakke juis nagegaan moet

word voor die voertuig se eerste aanskake-ling vir die dag.En daar is nog dinge onder die enjinkap

wat nagegaan moet word, soos dieremvloeistof en die ruitveërhouer sewatervlak.Daarbenewens moet die voertuig se

bande ook gereeld nagegaan word.Banddruk word die akkuraatste weergegeeas die bande koud is en daar moet gekykword of die bande eweredig afloop engenoeg loopvlak het.Die olievlak en banddruk moet een keer

per week nagegaan word.Bestuurders word verder aangeraai om

by voertuie se versieningskedule te housoos deur die vervaardiger aanbeveelword.Voertuie wat nie deeglik in stand gehou

word nie en onpadwaardig raak, kan huleienaar ook in die moeilikheid laat belandas daar ’n ongeluk is.Behalwe aanspreeklikheid kan verseke-

raars weier om eise uit te betaal indien dievoertuig onpadwaardig was.Wenke vir voertuiginstandhouding:

) Bande, ook die noodwiel.) Remvloeistof.) Moontlike slytasie van remskoene.) Skokbrekers.) Wielsporing en wielbalans.) Uitlaatstelsel.) Stuurmeganismes.) Sigbare krake in en verwering van beldeen pype.) Krake in die windskerm.) Ruitveërs – die son en ouderdomverweer die rubber.) Battery en batterywater.) Alle buiteligte.) Olievlak en filters (olie en lug).) Watervlakke.) Teenvriesmiddels vir winter- en somer-toestande.) Deeglike werking van alle sitplekgordels.

Jump-start car the right way

Hou rydingin stand,spaar geld,lewens

Bestuurders word verderaangeraai om by voertuie seversieningskedule te housoos deur die vervaardigeraanbeveel word.

Page 7: Maluti 20131218

MALUTI, WOENSDAG 18 DESEMBER 2013 7

TOE Hyundai se Veloster in 2011 die eerstekeer in Suid-Afrika gewys is, het diédriedeurryding behoorlik die tonge losgehad.Baie mense beskou die Veloster as die

opvolger van die ou Tiburon. Kyk, dieTiburon, of Tib soos hy genoem word, wasallesbehalwe ’n ware sportmotor. Hy is deursy flou verrigting en lomp hantering in diesteek gelaat, maar het deur sy voorkomsvergoed.Die Veloster hou dieselfde bekoring vir

baie mense in. Wat dit boonop spesiaalmaak, is die deur-rangskikking wat andersas ’n driedeurluikrug is. Aan die bestuurderse kant is een deur en twee kleiner deureaan die passasierskant.Die Veloster het reg gelyk en die belofte

van ’n turbo-model wat die gewone 1600-model sou aanvul, het die belangstellinglewend gehou. So oulik as wat die Velosteris, het die gewone 1600-enjin dit net virbaie mense nie gedoen nie. Hoewel nieheeltemal traag nie, is daar van sprankel-verrigting geen sprake nie.Nou is die turbo-model hier. Die 1600

pomp ’n stewige 150 kW uit met wringkragvan 265 Nm wat reeds teen 1 750 r/minbeskikbaar is.Hyundai reken die outjie sal 7.4 sekondes

neem vir die outomatiese model om by 100km/h uit te kom en 7.8 sekondes vir diehandratmodel.Die Veloster se plaaslike sukses hang

egter nie van sy 0-100 km/h-lopie af nie,maar van sy prys.

Waar die gewone 1600 al by dieR270 000 draai, gaan die turbomodelwaarskynlik sowat R300 000 kos.Nie net is die swak wisselkoers ’n

probleem vir invoerders nie, maar Hyundaimoet darem vir die ekstra woema ’ndeeglike premie ook inoes.Sou hy vir dié prys of dalk selfs ’n raps

meer verhandel, sou hy steeds ’n stewigehou teen een van sy vernaamste mededin-gers, Volkswagen se Scirocco, en selfs dieMini Cooper S, inkry. Die nuwe Koreaanseblits sal in die eerste helfte van aanstaandejaar plaaslik beskikbaar wees

Veloster se sukseshang af van sy prys

DIE Hyundai Veloster.

Page 8: Maluti 20131218

8 MALUTI, WOENSDAG 18 DESEMBER 2013

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

DIE Rolf Busch-gholfakademie se tiende gholfkliniek word nou op Bethlehem aangebied. Die spelers moes ’n paar dae die reën trotseer, maarvir elkeen is dit die moeite werd, want die wenner in die A- en B-afdeling ontvang ’n Mizuno-gholfstel.

DIE 36ste Mieliemarathon vind op 18Januarie plaas.Louis Massyn, wat aan sy 33ste

Mieliemarathon gaan deelneem, vradat sy mede-atlete van die Bethle-hem-marathonklub hom sal onder-steun deur die wedloop saam methom te hardloop.Dit is nie net sy 33ste Mieliemara-

thon nie, maar ook sy 350ste mara-thon waaraan hy gaan deelneem.Vir diegene wat nie 42 km wil

hardloop nie, is daar ook ’n 21 km-en ’n 10 km-afstand waaraan deelge-neem kan word.

Hardloop saam

MARTHIE KNOETZE (links) en Lettie Burgervan Frankfort het die Riemland-parekompetisiegewen. Die rolbaltoernooi is by die Bethlehem-buiteklub beslis. André Viljoen en Ben Cronjévan Reitz het die mans-parespel gewen. Diemans was afwesig toe die foto geneem is.

Verfyn tegniek op kliniekVerfyn tegniek op kliniek

VAN links is Hannelore Constable, Catelen Briedenhann, Lindie Oost-huizen en Danelle Marais, die enigste meisies wat aan die gholfkliniekvan die Rolf Busch-gholfakademie deelneem.

GEN TAUTE oefen syhoue tydens die gholf-kliniek wat op Bethle-hem gehou is.

Vir meer foto’s ennuus gaan na

www.malutinews.co.za